Fransi Nieuwoudt. leweroep

 

leweroep

Vredefortkoepel

 

volgens oorlewering

het T.T. Cloete gepraat van die mooie

gloor by Kopjeskraal

 

‘n meteoriet het hier

in beeldverhaal

klippe papierdun verpulp

drifkoppe gepenetreer met

ruimtesaad en so

die moes van aardse moer

buitentoe gesmyt

as geelklei

kwartsietsye basterrooibos

die skielike skuinste

van ‘n denkbeeldige as

 

(c) Fransi Nieuwoudt / Julie 2016

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Fransi Nieuwoudt. leweroep”

  1. Ek bly in Parys en boer as fotograaf gereeld op die Kopjeskraalpad, Fransi jy het die gebeure van daai dag pragtig verwoord en ons area al te mooi beskryf, dankie!

  2. Fransi :

    Baie dankie. 🙂 Ek waardeer jou woorde.