Paul Celan – Vertaling in Afrikaans

Paul Celan – vertaal deur Helize van Vuuren

 

Paul Celan (1920-1970) – postuum-gepubliseerde Lichtzwang, 1970.

 

Met klein klipwerke volgestopte

skenkend-verskenkte

hande.

 

Die gesprek spin

van punt na punt,

geskroei van

sproeiende brandlug.

 

’n Teken

kam dit bymekaar

as antwoord op ’n

broeiende rotskuns.

 

*

 

Mit Mikrolithen gespickte

schenkend-verschenkte

Hände.

 

Das Gespräch, das sich spinnt

von Spitze zu Spitze,

angesengt von

sprühender Brandluft.

 

Ein Zeichen

kämmt es zusammen

zur Antwort auf eine

grübelnde Felskunst.

 

________

 

Mosselhope: met

die kibbiestok krap ek daardeur,

die riviere traserend na die af-

smeltende ys-

tuiste,

na hom, wie se

teken op die bekrapte

vuurklip sit in

die asem van die ghwarriebos.

 

Namtappe woel.

 

Niks later.

 

Geen

urnepot, geen

deurboorde skulpe,

geen stervoetige

kuitbeen.

 

Onverstild,

onverknoop, kunsloos,

styg die allesveranderende stadig

skurend

agter my aan.

 

*

 

Muschelhaufen: mit

der Geröllkeule fuhr ich dazwischen,

den Flüssen folgend in die ab-

schmelzende Eis-

heimat,

zu ihm, dem nach wessen

Zeichen zu ritzenden

Feuerstein im

Zwergbirkenhauch.

 

Lemmingen wühlten.

 

Kein Später.

 

Keine

Schalenurne, keine

Durchbruchscheibe,

Keine Sternfuß-

Fibel.

 

Ungestillt,

unverknüpft, kunstlos,

stieg das Allverwandelnde langsam

schabend

hinter mir her.

_________

 

Strooi oker in my oë:

jy woon nie

meer daarin,

 

spaar

met graf-

gawes, spaar,

 

loop die klipalmanak langs,

op jou hande,

 

stryk met hul droom

oor die uitgedorde

slaapbeenkom,

strooi by die

groot

vurk in die pad

die oker

driemaal, negemaal.

 

*

 

Streu Ocker in meine Augen

du lebst nicht

mehr drin,

 

spar mit Grab-

beigaben, spar.

 

Schreite die Steinreihen ab,

auf den Händen,

 

mit ihrem Traum

streich über die

ausgemünzte

Schläfenbeinschuppe,

 

An der

großen

Gabelung er-

zähl dich dem Ocker

dreimal, neunmal.

 

 

(Helize van Vuuren, verwerk en vertaal 16-18 September 2016)

Bookmark and Share

21 Kommentare op “Paul Celan – Vertaling in Afrikaans”

  1. De Waal Venter :

    Ek vind die vertaling baie bevredigend. Die vertaler het m.i. daarin geslaag om die moeilike Duitse teks knap in Afrikaans weer te gee.

    ’n Vertaler kies om ’n gedig op ’n sekere manier te vertaal, maar dit sluit nie ander moontlike vertalings uit nie. As mens kyk na die eerste gedig se reëls: “Mit Mikrolithen gespickte … Hände” sien jy in die vertaling: “Met klein klipwerke volgestopte … hande.” Baie aanvaarbaar – die hande is volgestop of volgepak met klein klippies.

    Die filosoof Robdert André wys ook op ’n ander moontlik heid: Er könnte darin bestehen, daß die gespickten Hände als die ge-speak-ten auch die “sprechenden” (to speak) Hände sind, die mit Paronomasien bestückt sind.

    Bron:Gespräche von Text zu Text. Celan – Heidegger – Hölderlin. p 215
    Robert André

    Volgens André kan dit wees dat die digter die woordspeling op “gespickten” ook in gedagte gehad het.

    Iets anders wat my opgeval het is die vertaler se pogings om die gedigte in ’n Afrika-konteks te plaas. In die algemeen heeltemal geslaagd, dink ek.

    In die tweede gedig word die “geröllkeule” ’n “kibbiestok”. Die Duitse woord dui op iets soos ’n stukkie dryfhout wat langs ’n stroom uitgespoel het. Die kibbiestok is daardie stok wat die San en Khoisan gebruik het om uintjies ens. uit te grawe. Die stok is deur ’n ronde klip met ’n gat in die middel gesteek om dit gewig te gee en dit meer doeltreffend te maak.

    Die Duitse “Lemmingen”, ’n Europese diertjie, word “namptappe” – ’n “brilmuis” wat in die sandsteen-berge van die Kaap woon.

    Die “Zwergbirken” – ’n dwerg-berkeboom, word ’n Suid-Afrikaanse ghwarriebos.

    Sommige vertalers probeer die “vreemde” atmosfeer van ’n gedig behou wanneer dit vertaal word sodat die leser insig kan kry in die bron-kultuur. Ander vertalers, soos Helize van Vuuren wil die gedig “bekend” en “huislik” vir die leser maak. Albei benaderings is na my mening aanvaarbaar.

  2. Balt Verhagen :

    Ek het Helize van Vuuren se vertalings van PAUL Celan met waardering gelees en besluit om, as weerwoord (of kommentaar ?) gister ‘n paar van die meer vertroudes self te vertaal. Ek sien ook dat de Waal Venter haar geloof het en met goedkeuring praat oor die meer vertroude, Afrikaanse terme wat sy gebruik.

    VAN HARE EN KLIPPE
    – Drie gedigte van PAUL CELAN (uit: Von Schwelle zu Schwelle)

    EK WEET

    En jy, ook jy-:
    ver-papie
    Soos alles gewieg in die nag.

    Hierdie gefladder van vlerke rondom:
    Ek hoor hulle – ek sien hulle nie!

    En jy,
    Soos alles uit die dag uitgelig:
    ver-papie.

    En oë, wat jou soek
    en onder hulle my oog

    Een blik:
    nog ‘n draad wat jou toespin

    Hierdie laat, laat lig
    Ek weet: dié drade straal.

    ICH WEISS

    Und du, auch du-:
    Verpuppt
    Wie alles Nachtgewiegte

    Dies Flattern, Flüglen rings:
    ich hörs – ich sehe es nicht!

    Und Du, wie alles Tagenthobende:
    Verpuppt.

    Und Augen, dir dich suchen
    Und mein Aug darunter.

    Ein Blick:
    Ein Faden mehr, der Dich umspinnt.

    Dies späte, späte Licht,
    Ich weiß, die Fäden glänzen

    DIE STAPEL

    Naas my lewe jy, nes ek
    ‘n klip
    in die ingesinkte wange van die nag.

    O hierdie stapel, geliefde
    Waar ons sonder ophou rondrol
    ons, klippe
    van sypeltjie tot sypeltjie
    altyd ronder van heen en weer.
    Meer soos mekaar. Vreemder.

    O hierdie dronk oog
    Wat soos ons hier ronddool
    en af en toe
    stomverbaas binne-in ons kyk.

    DIE HALDE

    Neben mir lebst Du, gleich mir:
    Als ein Stein
    In der einesunkenen Wange der Nacht.

    O dies Halde, Geliebte,
    Wo wir pausenlos rollen,
    Wir Steine,
    Von Rinnsal zu Rinnsal.
    Runder Mal zu Mal.
    Ähnlicher. Fremder.

    O dieses trunkene Aug,
    Das hier umherirrt wie wir
    Und uns zuweilen
    Staunend in eins schaut.

    EN DIE SKONE

    En die skone wat jy geroof het en die hare
    wat jy roof:
    Watter kam
    Kam dié mooi hare ooit weer glad?
    Watter kam, in welke hand?

    En die klippe deur jou gestapel,
    jy nog steeds stapel:
    Waarheen trek hul skaduwees
    En hoe ver?

    En die wind wat daaroor skeer
    Die wind
    gryp hy van dié skad’wees net ene,
    reken hy dit jou toe?

    UND DAS SCHÖNE

    Und das schöne das du rauftest, und das Haar
    Das du raufst:
    Welcher Kamm
    Kämmt es wieder glatt, das schöne Haar?
    Welcher kamm
    In wessen Hand?

    Und die Steine, die du haüftest,
    Die du haüfst:
    Wohin werfen sie die Schatten,
    Und wie weit?

    Und der wind, der drüber hinstreicht
    Und der Wind: rafft er diesen Schatten einen,
    mißt er ihn dir zu?
    ______________

    Ek was nog onbewus van twee vroeër vertalings van Celan se “Todesfuge” in Versindaba, ‘n gedig wat in die vyftiger jare deur die digter-kunstenaar Adorno sterk afgekeur is met “kein Kunst nach Auschwitz” – geen kuns ná Auschwitz. Die blote naam van dié vernietigingskamp is nog steeds die grootste aanklag teen die Nazi-bewind wat só ‘n diep skande en ellende oor die Duitse volk afgeroep het. Uiteindelik het hierdie gedig verpligte leerstof op Duitse skole geword. Die groot omswaai wat Duitsland in die laaste halfeeu beleef het tot een van die vrysinnigste van die Eurostate is ongetwyfeld bewerkstellig deur die jeug sistematies met die harde weklikheid van hul verlede en die werking van simboliek daarop te konfronteer.

    Die twee vertalers van dié gedig het lof ontvang vir, o.a. die gebruik van Magriet vir Margarethe, die argetipiese Duitse dorpsmeisie uit Goethe se Faust, met ‘n haardos soos Lorelei, vêr van die ellende en massamoord van die kamp verwyder. Dit en verskeie ander “ver-Afrikaansings” doen m.i. afbreuk aan die sterk doelgergte, simboliese kontras met die veraste hare van die joodse meisie Shulamith. Soos de Waal self sê: die gebruik daarvan is ‘n keuse wat die vertaler self moet afweeg nagelang die aard van die gedig wat hy konfronteer. Nog ‘n opmerking hier: namtappe is lokale knaagdiertjies maar het nie die alombekende mite van massaselfmoord van lemminge in dié beeldspraak nie.

    Anders is die oer-Afrikaanse terme wat Uys Krige in sy vertaling (herskepping) van Lorca se gedig oor die dood van die stiervegter gebruik waarin steeds sterk Spaanse boere- en plattelandse beelde gebruik word:

    …en die liefde, gedrenk in trane van sneeu
    verwarm hom op die klipkoppies van die veeplase

  3. Dankie, mede-lesers, vir die stimulerende reaksies.
    De Waal, “Geröllkeule” is wél presies die Duitse argeologiese benaming van ‘n “kibbiestok” (ook “verswaarstok” in Nederlands genoem: stok met ronde, deurboorde klip aan sy punt, waarmee jagter-versamelaar vroue veldkos versamel het). “Mikrolithen” sou mens kon vertaal as “mikroliete” volgens die WAT aanlyn, of meer toeganklike “klipwerktuie”, maar dit steur die ritme, en “klipwerke” sinspeel op die poësie. Gedenk NP van Wyk Louw 1954 “Klipwerk”.

    “Van hare en klippe” is ‘n mooi titel, Balt. Ek sien egter in Ton Naaijkens se Nederlandse vertaling (2003) vertaal hy “Halde” met “helling”, wat meer sin maak vir die onophoudelike gerol van die klippe. Afwaarts teen ‘n helling, nader na die einde toe…Ek wou nie “lemminge” gebruik nie, omdat dit ‘n bekende is hier nie, en verduisterend sou inwerk. Maar fassinerend dat hul ook so in massa-migrasie in die see omkom, nes die springbokke van ouds waaroor Opperman se “Springbokke” (Dolosse, 1963 – https://www.academia.edu/22509746/_Springbokke_van_DJ_Opperman
    gaan. Rotte het glo per skepe hier aangekom en is nie inheems nie. “Muise” is miskien dan verkieslik bo “namtap”. Maar waarom nie die bedreigde diertjie verewig op papier voor almal vergeet het wat dit is nie?

    Ja, niemand kan Uys Krige nadoen nie…
    Oor die Celan-vertalings as verafrikaansing was my dryfveer om die vreemde benamings (“Geröllkeule”, “Lemmingen” en “Schläfenbeinschubbe” byvoorbeeld) nie in die weg van lesers te laat staan nie, en ook as ‘n eksperiment omdat die oorsprong van die mens hier digby huis is…Blombosgrot (Stilbaai), Byneskransgrot (Gansbaai,) De Keldersgrot (ditto), Klasiesrivier – die hele Ooskaap het grotte met begraaf-plekke vol dooie Voormense…met hul grafgawes saam met hul begrawe: halssnoere met deurboorde skulpies, rooi oker…Die dooie Eerste Mense loop hier tussen die lewendes, op hul hande…en bloedrooi oker was die geliefde kleur in dié geweste volgens die navorser Ian Watts – https://independent.academia.edu/IanWatts

    Die vertaalde frase “Niks later” is ‘n begrips-fout van my, en moet wees “Geen later” (vertaling van “Kein später”): daar sal vir my geen “later” meer wees nie, word hier gesuggereer…Duidelik uit die toon van dié “ingedonkerde” verse, geskryf tussen twee selfmoordpogings, met die tweede suksesvol.

  4. “…it will be a matter of negotiation
    between the translator, the reader
    and the original author, whose unique
    voice should remain in the text.”
    (Umberto Eco, Mouse or Rat?
    Translation as Negotiation)

  5. De Waal Venter :

    Mens sou dink die leser het nie ‘n keuse nie. Teen die tyd dat die teks by hom of haar uitkom, het die vertaler klaar besluit watter stempel daarop afgedruk word. Daar is nie meer kans vir “onderhandelinge” nie 🙂 En dit is nie dikwels dat daar onderhandelinge is tussen die oorspronklike outeur en vertalers nie. Ek weet vertalers het Eco dikwels geraadpleeg oor sy tekste. Dieselfde geld vir Tomas Tranströmer. Maar dit is nie alle skrywers beskore nie.

  6. helize van vuuren :

    Vertaling as dialoog, en vertaling as interpretasie, is nog aspekte wat boeiend is. Opvallend by die vergelyking van Celan laatwerk-vertaling is hoe gesoute vertalers soos Ton Naaijkens en Pierre Joris soms van mekaar verskil, miskien selfs “klei-trap” in hul interpretasie en vertaling van ‘n teks. Soos byvoorbeeld met Celan se “Herzschall-Fibeln, eingezäunt” (ontstaan in die Luxemburgtuin op 23 September 1967):

    Herzschall-Fibeln, eingezäunt

    das Kranichpaar
    denkt sich dir vor,

    aspektral
    verschenkt sich das Licht deiner Blume,

    dem Fangbein der Mantis
    begegnet dein über-
    sterniges
    Immer.

    ‘n “Fibel” kan ‘n kinderboek wees met eenvoudige prentjies, maar ook ‘n borspeld of “clasp”. Die vers gaan oor ‘n kraanvoëlpaar (kraanvoël geassosieer met langlewendheid) agter ‘n heining, waarskynlik in die park, en ‘n “ek” met ‘n liggewende blom (sy gesig agter die heining, waar hy staan en kyk na die ingehokte vogels?). Plus die vangbeen van ‘n mantis wat die spreker se gewaande idee van “altyd” bedreig (hy vang insekte deur hul in die nek te byt, en hul sentrale senuwee deur te byt, waarop onmiddellike dood volg, en hy hul rustig kan opvreet). Celan kry dié inligting oor die mantis as mities-profetiese siener by die Grieke uit Jean-Henri Fabre se groot insekteboek.

    In Wiedemann se bekommentarieërde Celanversameling (2003:814) verduidelik sy “Herzschall-Fibel/aspektral/Gehörberatung” met verwysing na Celan se leesnotas: dit verwys na aspektrale “Gehörberatung”: “Bei der Schallspektroskopie wird der Schall in seine sinusförmigen Bestandteile zerlegt, das Ergebnis (resultaat/produk) der Analyse wird in Form eines sogenannten Schallspektrums aufgezeichnet (zu latein “spectare” für “schauen”).” Fabre skryf ook spesifiek oor die mantis se voorbene as roofbene, of vangbene, in kontras met sy vreedsame-lykende lyf.

    Naaijkens, 2003:614-615
    “Leerboeken van hartklanken, omheind,/ het kraanvogelpaar/gaat je voor in het denken”

    Joris, 2015: 274-275
    “Heartsound-fibulas, fenced in /the pair of cranes/ thinks itself before you”

    HvV:
    “Hartklop-steek, ingehok/die kraanvoëlpaar/ waan hulself voor jou”

    Al wat duidelik is in dié vers, is simbole van langlewendheid teenoor bruuske dreigende dood.
    En ligspel van blom, en klop van hart…een middag in die Luxemburgtuin. Hoe te vertaal? Hoe te interpreteer?

  7. Interessant ook wat Paul Celan self
    (wat uit 7 tale vertaal het) oor vertaling
    in n brief aan Werner Weber skryf:
    “Denn die Sprachen, so sehr sie einander zu entsprechen scheinen,
    sind verschieden – geschieden durch
    Abgruende…das uebertragene Gedicht
    muss, wenn es in der zweiten Sprache
    noch einmal dasein will, dieses Anders-
    und Verschiedenseins, dieses Geschiedenseins eingedenk bleiben.”
    (Ueber die Abgruende der Sprachen hinweg – Paul Celans Ungaretti-Uebersetzungen, literaturkritik.de)

  8. De Waal Venter :

    Die drie vertalings wat Helize aanbied, demonstreer baie goed hoe vertalers konsepte verskillend kan vertolk en heel verskillende betekenisse aan ’n gedig kan gee, maar tegelykertyd kan elke vertaler sy of haar weergawe verdedig en motiveer.

    ’n Leser wat die brontaal asook die teikentaal kan verstaan, is beter in staat om die waarde of legitimiteit van ’n vertaling te beoordeel.

    Ek wil die “dilemma” van vertalers graag verder toelig aan die hand van twee aanhalings uit gedigte van die 2011 Nobel Prys wenner, die Sweedse digter, Tomas Tranströmer. Eerstens net ’n kort tipering van die digter om effens meer perspektief te gee:

    Bron: http://www.planetlyrik.de

    Tranströmers Verse seien „von philosophischer Tiefe und zugleich von verblüffender Einfachheit“, urteilte die Welt. Auch jenseits des Atlantiks wurde die Vergabe der international bedeutendsten Literaturauszeichnung an Tranströmer gewürdigt: Die New York Times erklärte, in Tranströmers Sprache scheine „jedes Wort auf den Millimeter abgemessen zu sein“. So viel Einigkeit war selten.

    Die eerste gedig van Tomas Tranströmer:

    ROMANSKA BÅGAR (fragment)

    En ängel utan ansikte omfamnade mig
    och viskade genom hela kroppen:
    “Skäms inte föratt du är människa, var stolt!
    Inne i dig öppnar sig valv bakom valv oändligt.
    Du blir aldrif färdig, och det är som det skall.”

    Duitse vertaling uit “planetlyrik”:

    Ein Engel ohne Gesicht umarmte mich und flüsterte
    durch den ganzen Körper: ‚
    Schäm dich nicht, Mensch zu sein, sei stolz!
    In dir öffnet sich Gewölbe um Gewölbe, endlos.
    Du wirst nie fertig, und es ist, wie es sein soll.’“

    De Waal Venter se vertaling:

    Romaanse welwinge

    In die geweldige Romaanse kerk het toeriste saamgedrom in die halfdonkerte.
    Gewelf na gewelf het gegaap, geen gebeelbeeld nie.
    ‘n Paar kersvlammetjies het geflikker.
    ‘n Engel sonder gesig het my omhels
    en deur my hele liggaam gefluister:
    “Moenie skaam wees om mens te wees nie, wees trots!
    Binne jou open welwing na welwing oneindig.
    Jy bly altyd onvoltooid, en dit is hoe dit hoort.”
    Ek was blind van trane
    en uitgestoot op die piazza siedend met sonlig
    saam met mnr en mev Jones, herr Tanaka en signora Sabatini.
    En binne hulle almal open welwing na welwing oneindig.

    …..

    Kom ons kyk net na een frase:
    valv bakom valv (Sweeds)
    Gewölbe um Gewölbe (Duits)
    welwing na welwing (Afrikaans)

    Die Afrikaanse vertaler kon kies uit: verwulf, gewelf, welf, welfsel, welwing.

    Die gekose woord is toe “welwing”. Hoekom? En is dit die regte keuse?
    Moontlik het die vertaler die meeste gehou van die “gevoel” van die woord “welwing” wat hom dalk herinner het aan “opwelling” (van emosie) – die woord het vir hom waarskynlik ’n “empatiese” atmosfeer, meer as by die ander woorde. Hier moet die leser natuurlik beoordeel of die keuse die “regte” een was.

    Die tweede gedig van Tanströmer is \:

    Från Mars – 79

    Trött på alla som kommer med ord, ord men inget språk
    for jag till den snötäckta ön.
    Det vilda har inga ord.
    De oskrivna sidorna breder ut sig åt alla håll!
    Jag stöter på spåren av rådjurksklövar i snön.
    Språk men ing ord.

    Hier is ’n Nederlandse weergawe:

    UIT MAART ’79

    Moe van iedereen die met woorden komt, met woorden maar niet met taal

    begaf ik mij naar het sneeuwbedekte eiland.

    Het ongerepte heeft geen woorden.

    De ongeschreven bladzijden breiden zich naar alle kanten uit!

    In de sneeuw stuit ik op hoefsporen van een ree.

    Taal maar geen woorden.

    …….

    En hier is De Waal venter se Afrikaanse vertaling:

    Van Maart 1979

    Moeg vir almal wat kom met woorde, woorde maar geen taal nie
    ek gee pad na die sneeubedekte eiland.
    Die wildernis het nie woorde nie.
    Die ongeskrewe bladsye sprei uit na alle kante!
    Ek kom af op spore van takbokke in die sneeu.
    Taal maar geen woorde nie.

    Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

    Ons kyk weer na ’n enkele frase uit die gedig:
    Jag stöter på spåren av rådjurksklövar i snön. (Sweeds)
    In de sneeuw stuit ik op hoefsporen van een ree. (Nederlands)
    Ek kom af op spore van takbokke in die sneeu. (Afrikaans)

    In Sweeds en Nederlands kry die leser die gevoel dat die “ek” in die gedig skerp tot stilstand kom met die gewaar van die bokspore, amper asof dit iets fisies is soos ’n klip.

    “Jag stöter”
    “stuit ik”

    Die Afrikaanse vertaler voel dat die spore eerder ontdek word dan beskou word. Die “ek” “kom af” op die spore.

    Weer eens sal die leser moet besluit hoe ver of na aan die kol die vertaling is.

  9. Waldemar Gouws :

    Die “dialoog-“aspek van vertaling wat vir Helize van Vuuren boei, word ongelukkig nie toegelig nie, want haar klem val hierbo veral op die uitdagings t.o.v. begrip en interpretasie. Ontstaan en vind die dialoog plaas tussen die twee tale wat ter sprake kom (so abstrakkerig), of tussen ‘n digter en die vertalers waar lg. self ook digters is, Mens moet erken dat geen gedig waarlik vertaal kan word nie, skryf Ilja Kaminski, maar dat ‘n nuwe verskuns wel uit die oorspronklikes kan ontspring. ‘n Literȇre tradisie kom tot stand by wyse van ‘n soort handdruk tussen die digter van die oorspronklike teks en die vertalers. Celan het bv. ‘n vers van Emily Dickinson vertaal wat toe op sy beurt uit die Duits hervertaal is na Engels deur John Felstiner. Hier is eers Dickinson se gedig, en dan die terugvertaalde een (ek het nie ook die vers in Duits nie):
    Let down the board, Oh Death –
    The tired Flocks come in
    Whose bleating ceases to repeat
    Whose wandering is done –

    So lyk die verskil:
    Off with the barrier, Death!
    The flock comes in, there comes
    who bleated and now never bleats,
    who no more wanders, comes.

    Dit lyk my Celan het, om te verwys na De Waal Venter se vertaling van die Tranströmergedig “Van Maart 1979,” Dickinson se taal geїnterpreteer eerder as haar woorde.

  10. helize van vuuren :

    Die “verwantskap- en ontmoetingslyn” is wat die ek met die ander verbind in dialoog, die ‘meridiaan’ van Celan. Paul Celan se dialogiese opvatting van poësie sluit sy vertalings in. Hul kan verstaan word as dialoog met meesal gestorwe digters, soos veral met sy “broer” en geesgenoot, Osip Mandelstam. Die digter-vertaler voer in sy vertaalde verse ‘n soort dialoog met die oorspronklike verse.

    Tussen vers en vertaling bestaan daar ‘n ruimte. Daar is nie een korrekte lesing van ‘n teks nie en ook nie een geldige vertaling nie. Dit is in hierdie ruimte dat die dialoog plaasvind – gedurende die proses van interpretasie. Dis uit hierdie dialoog dat die uiteindelike vertaling vorm kry. En nooit gelyk kan wees aan die oorspronklike in vorm of inhoud nie…want in ‘n ander taal gegiet, ‘n ander kultuur, miskien ook ‘n ander tyd, met ‘n ander geskiedenis.

    Celan het later in sy lewe opgemerk dat die leser die gedig moet “waarneem”, “aanskou”, “saamdra” in plaas van dit in sy eie vorm “oor te dra”. Sy vertalings was ook tweestemmig…Versvertaling is vir Celan ‘n vorm van identiteits- en werklikheidsoeke op die omweg na die ander – sien F. Pennone-Autze – Paul Celans Übersetzungspoetik (2007. Tübingen: Max Niemeyer Verlag).

    Miskien net so gepas vir ons tyd, ‘n vertaalde Mandelstam-vers uit 1931:

    You and I will sit for a while in the kitchen.
    The white kerosene smells sweetly.

    A sharp knife, a loaf of bread.
    Why don’t you pump the petroleum stove tight?

    You can collect some strings,
    and tie up our basket before sunrise,

    then we will escape to the railway station.
    No one will find us.

    Leningrad, January 1931

    (vertalers Olga Andreyev Carlisle & Robert Lowell)
    http://www.nybooks.com/articles/1965/12/23/nine-poems-by-ossip-mandelstam/

  11. Dankie vir jou toeligting oor die dialoog in poësie, Helize. Ek het nou weer heelwat bygeleer!

    ’n Baie opvallende voorbeeld van dialoog in poësie is te kry in Pablo Neruda se twaalf canto’s “Hoogtes van Macchu Picchu.” In party van hulle spreek hy die mense, lank reeds oorlede, aan wat as slawe en arbeiders die geboue van Macchu Picchu opgerig het onder die streng oë van die heersers. Tegelykertyd is hierdie mense dan ook die armes en verdruktes van Neruda se land, Chile. Heelwat van sy oeuvre (buiten sy “politieke” werk) handel oor die gewone mense en hulle sorge en swaarkry.

    So praat hy met die mense:

    “Die arme hand, die voet, die arme lewe …
    Het die dae van ontrafelende lig
    in jou, soos die reën
    op die vaandels van die fees,
    het hulle blomblaar na blomblaar van hulle donker voedsel
    in die leë mond laat val?”

    “La pobre mano, el pie, la pbre vida …
    Los días de la luz deshilachada
    en ti, como la lluvia …”

    Hoogtes van Macchu Picchu: X

    Klip op klip
    .

    Klip op klip, en die mens, waar was hy?
    Lug op lug, en die mens, waar was hy?
    Tyd op tyd, en die mens, waar was hy?
    Was jy ook die gebroke stukkie
    van die onklaar mens, van die leë arend
    wat deur vandag se strate, deur die voetstappe,
    wat deur die blare van die dooie herfs
    aanhou die siel vergruis tot by die graf?
    Die arme hand, die voet, die arme lewe …
    Het die dae van ontrafelende lig
    in jou, soos die reën
    op die vaandels van die fees,
    het hulle blomblaar na blomblaar van hulle donker voedsel
    in die leë mond laat val?
    Honger, koraal van die mens,
    honger, geheime plant, wortel van die houtkappers,
    honger, het die rand van jou rif opgeklim
    tot hierdie hoë drywende torings?
    .
    Ek ondervra jou, sout van die paaie,
    wys my die lepel, laat my, argitektuur,
    laat my klip-meeldrade kou met ’n stokkie,
    terwyl ek teen al die trappe opklim tot in die niks
    en skraap aan die kern tot ek raak aan die mens.
    .
    Macchu Picchu, het jy
    klip op klip gepak en heel onder, lappe?
    Laag bo laag steenkool en op die bodem die traan?
    Vuur na goud, en binne dit, die sidderende rooi
    reëndruppel van bloed.
    .
    Gee my terug die slaaf wat jy begrawe het!
    Skud die harde brood
    van die armsaliges, wys my die klere
    van die bediende en sy venster.
    Vertel my hoe hy geslaap het terwyl hy geleef het.
    Vertel my of hy gesnork het, of sy drome
    half oop was soos ’n swart gat
    deur uitputting gemaak op die muur.
    Die muur! Die muur! As elke klipvloer
    neersak op sy drome, en as hy onder haar,
    soos onder die maan, aan die slaap raak!
    Antieke Amerika, versonke bruid,
    gaan weg uit die oerwoud na die leë hoogtes van die gode,
    onder die bruidsbaniere van lig en respek,
    smelt saam met die gedreun van tamboere en lanse,
    ook, jou vingers ook,
    hulle wat die abstrakte roos en die rand van die koue,
    dat die bebloede bors van die nuwe koring gevat word
    na die net van stralende materiaal, tot die verharde holtes,
    ook, ook, begrawe Amerika, het jy wag gehou in die diepste dieptes,
    in die bitter binnegoed, soos ’n arend, die honger?

    Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter…

    Hier is ’n kort kommentaar op Canto X deur William Little.

    The Heights of Macchu Picchu (1945)
    Pablo Neruda (1904-1971)
    Introduction
    William Little

    Apostrophe to Hunger with Questions

    In this intense Canto the poet asks if the men and women of the past were like
    new living people? That is, were they hungry, too? The poet speaks familiarly to a
    silent interlocutor who is at once hunger and/or Machu Picchu personified.
    Despite the interrogation of the dead in this Canto, its vector is upward (e.g.,
    “these high, detached, open-aired towers”).

    Die dialoë van Fernando Pessoa

    Nog ’n baie sterk voorbeeld van ’n tipe dialoog in poësie is Fernando Pessoa se dialoë met sy heteronieme en ook die heteronieme se dialoë met mekaar en met die digter self. Maar daaroor, miskien later.

  12. Helize van Vuuren :

    Dankie vir kennismaking met d Machu Picchu-vers, De Waal, en vir d memorabele “honger” in “die bitter binnegoed”. Meer toepaslik kan dit skaars vandag hier te lande…

  13. helize van vuuren :

    What is translation? On a platter
    A poet’s pale and glaring head,
    A parrot’s screech, a monkey’s chatter,
    And profanation of the dead.

    Vladimir Nabokov, 1954 (inset van “On translating ‘Eugene Onegin'”

  14. Marlene van Niekerk :

    Die gedig
    (Vry na Nabokov “The Poem” New Yorker 10 Junie, 1944)

    Nie die gedig wat jy teen sononder tolk
    as jy hardop dink,
    die lindeboom in indiese ink,
    die telefoondraad teen ‘n rosige wolk;

    nie die spieël in jou, en haar delikate kaal
    skouer wat daar nog na-glim;
    nie die liedjie uit die sak van die skort –
    die klein musiekie wat die tyd verkort;

    ook nie die munte en baksteen op die stapel
    koerante in die aand in die reën;
    nie die lyf se kakofone kwelgees,
    nie dit wat jy soveel beter kan vertel in geykte taal –

    Maar die gedig wat stort van hoogtes onbeklim
    – wanneer jy wag op die plons van die klip
    ver benede, en gryp na jou pen,
    en dan die rilling, en dan –

    in die wirwar van klanke, tint en traseer
    die luiperds van woorde,
    die blaarinsekte met poupluim-oë
    die stil intense mimetiese patroon van volmaakte sin.

    The Poem

    Not the sunset poem you make when you think
    aloud,
    with its linden tree in India ink
    and the telegraph wires across its pink
    cloud;

    nor the mirror in you and her delicate bare
    shoulder still glimmering there;
    not the lyrical click of a pocket rhyme —
    the tiny music that tells the time;

    and not the pennies and weights on those
    evening papers piled up in the rain;
    not the cacodemons of carnal pain;
    not the things you can say so much better in plain
    prose —

    but the poem that hurtles from heights unknown
    — when you wait for the splash of the stone
    deep below, and grope for your pen,
    and then comes the shiver, and then —

    in the tangle of sounds, the leopards of words,
    the leaflike insects, the eye-spotted birds
    fuse and form a silent, intense
    mimetic pattern of perfect sense.

  15. Hierdie vertaalde gedig is ’n aangename leeservaring. Marlene sê dit is ’n “vry vertaling” van die Nabokov gedig. Dele van die gedig stem nou ooreen met die oorspronklike en ander dele wyk af. Dit is juis hierdie afwykings wat baie interessant is.

    Ek wil net na twee voorbeelde kyk.Die eerste is die heel eerste reël:

    Not the sunset poem you make when you think
    aloud,
    Nie die gedig wat jy teen sononder tolk
    as jy hardop dink,

    Die eerste deel van die Engelse reël is dubbelsinnig. ’n “Sunset poem” kan ’n gedig wees oor ’n sonsondergang, of dit kan ’n gedig wees wat, soos Marlene dit weergee, “teen sononder” geskryf word. Daar is dus in die Afrikaans ’n verskraling van betekenis – nie noodwendig ’n swakheid nie, dit verskerp juis die leser se ervaring van wat die gedig kan wees.

    ’n Baie interessante “vryheid” wat in die Afrikaanse weergawe geneem word, is die woord “tolk”

    Nie die gedig wat jy teen sononder tolk
    Not the sunset poem you make

    Die vertaler gebruik die ongewone woord (in hierdie konteks) “tolk” om aan te dui hoe die gedig ontstaan het. In Engels is die gedig “gemaak”. In Afrikaans is daar die aanduiding van vertolking. Dit maak die leser onmiddellik bewus van ’n proses waar daar ’n gedig in een vorm bestaan en dat dit dan oorgesit (vertolk) word in ’n ander vorm. Is dit die doel van die vertaler om die leser van die vertaalproses bewus te maak?

    Anders gesien, kan “tolk” iets beteken soos dat die digter die intuïetiewe prosesse in sy kop “vertolk” in ’n taalvorm wat lesers kan verstaan. Kom ons gebruik die metafoor van die Muse wat die digter die gedig in rou vorm ingee en wat hy dan omsit in die verstaanbare gedig.

    Die tweede voorbeeld is die reëls:

    not the lyrical click of a pocket rhyme —
    the tiny music that tells the time;
    nie die liedjie uit die sak van die skort –
    die klein musiekie wat die tyd verkort;

    Die Afrikaanse reël is ’n vernuftige vertaling. Die vertaler het die idee herskep in plaas van streng op die spore van die oorspronklike reel te loop. Ek neem aan “pocket rhyme” beteken iets soos ’n eenvoudige of self kinderlike versie. In Afrikaans word dit ’n liedjie uit ’n voorskootsak, dus iets wat moontlik geneurie word wanneer die persoon met voorskoot huiwerk doen of werk by ’n visstalletjie of iets dergeliks. Die Afrikaanse reël is ietwat verarm deurdat dit nie die beskrywende woord “click” bevat wat in die Engels voorkom nie.

    Die volgende reël is ’n verbetering op die oorspronklike. Die “klein musiekie” of geneurie, “verkort die tyd”. Dit is presies wat gebeur wanneer mens amper onbewus ’n wysie neurie. Die Engels is ietwat vaag: “music that tells the time.” Hoe vertel die musiek mens hoe laat dit is? Die leser moet eers gaan sit en dink. Wat wil die digter nou eintlik sê? Bedoel hy dalk dat dit mens laat voel of die tyd vinniger verbygaan?

    Dit is nie ongewoon dat ’n vertaler op die oorspronklike gedig kan “verbeter” nie. Ongelukkig kan die vertaalde weergawe ook swakker wees as die oospronklike. In die hande van ’n swak vertaler kan dit ’n onaangename leeservaring word.

    In hierdie “vry vertaling” kan mens duidelik sien hoe ’n gedig ’n ander, nuwe woordkunswerk kan word en uiteindelik baie getrou kan weergee wat die oorspronklike digter wou kommunikeer.

  16. helize van vuuren :

    Bloed vul die are
    en ‘n fluistering gaan langs die rye:
    “Ek is gebore in vier-en-negentig,
    Ek is gebore in twee-en-negentig.”
    En terwyl ek verfrommel in my vuis
    my uitdowende geboortejaar,
    fluister my bloedlose mond:
    Ek is gebore op die nag tussen die eerste
    en die tweede Oktober in ‘n
    onbetroubare jaar en die eeue
    omring my met vlamme.

    Maart 1937

    Osip Mandelstam (1891-1938), geskryf met die aanvang van die Groot Skoonmaak – (verwerk/vertaal HvVuuren, 3 Okt. 2016)

  17. Marlene van Niekerk :

    Tydsgewrig
    (Vry na Mandelstam – vertaal en verwerk uit etlike Engelse vertalings)

    Hierdie tydsgewrig, skepsel van ‘n paar dekades,
    wie sal jou in die oog kan kyk
    en met musikale bloed die werwels
    van drie eeue aanmekaar sement?
    Bloed die vloeibare beton lek uit die weerlose geslag
    en die luise, die vlermuise, die steekvlieë
    verlustig hul in die aantog van ontbinding.

    ‘n Verkragte moet end uit haar beendere dra
    wyl die getye speel met haar ontmaakte rugstring.
    Kindertyd van ons vaderland.
    jou skillerbont lyf
    Is alweer geoffer soos ‘n verskalf,
    jou kop op ‘n kortspies in die jaart van Yengeni.

    Vir ‘n egte Renaissance
    moet die mismaakte karkas
    gevoed word deur die bloed van fluite,
    maar ons tydperk liefkoos met verdriet
    die vloed en eb,
    en in die gras lê die slange
    die meetsnoere uit van ons dae.

    Die bot sal weer kom,
    skeute groen sal weer uitloop,
    maar jou rug is gebreek,
    my bloedmooie jammerlike era
    van sogenaamde bevryding.
    Met die glimlag van ‘n idioot
    wreed en swak sal jy terugkyk,
    soos ‘n dier, eenmaal lenig,
    na die spore van jou eie pote.

    Bloed die argitek syg uit die geskonde geslag
    en sy laaste stuipe sing in die lou
    klaende kraakbeen van die see,
    ‘n vis wat brand in die monding.
    En uit die hoë voëlnet van die lug
    uit die mis, uit die ewige gebergtes
    giet en giet die onverskilligheid
    oor jou noodlottige wonde

    The Age
    My age, my beast, who will ever
    Look into your eyes
    And with his own blood glue together
    The backbones of two centuries?
    Blood the builder gushes
    From the throat of earthly things,
    Only the parasite trembles
    On the threshold of new days.

    As long as it holds life, a creature
    Must carry to the end a spine,
    And a wave plays
    With the unseen backbone.
    Like a child’s tender cartilage
    Is the age of earth’s infancy—
    Once more, like a sacrificial lamb,
    The crown of life’s skull is offered up.

    To wrest the age from captivity,
    To begin a new world,
    The knees of gnarled and knotted days
    Must fit together like a flute.
    It is the age that rocks the wave
    With human yearning,
    And in the grass an adder breathes
    The golden measure of the age.

    And again the buds will swell,
    Shoots of greenery will spring up,
    But your backbone is broken,
    My beautiful, pathetic age.
    And with a senseless smile
    You look back, both cruel and weak,
    Like a beast that once was lithe,
    Upon the prints of your own paws.

    Blood the builder gushes
    From the throat of earthly things,
    And the seas’ warm cartilage
    splashes ashore like a burning fish.
    And from the high bird netting,
    From humid billows of azure
    Cool indifference pours, pours down
    On your mortal injury.

    1922
    (Translated by James MacGavran)
    https://tropicsofmeta.wordpress.com/2013/07/18/4-poems-by-osip-mandelstam/

    Century

    You brute of a century, who could look
    into the centres of your eyes
    and with their blood glue back
    two centuries to a severed spine?
    Blood the builder flows from the throat
    of everything terrestrial.
    It’s only on the era’s threshold
    that the parasite will tremble.

    As long as creation stays alive,
    it hauls around its vertebrae.
    A wave will play, as if its rise
    were the spine that we can’t see.
    The century’s new-born lands
    resemble the soft gristle of a child.
    Dragged by the head, like a lamb,
    life heads off to the knife.

    To free the century from confinement,
    so that the new world might appear,
    we’ll have to take a flute to bind
    the knees of our tangled era.
    This is the century that heaves
    human anguish like a wave,
    and in the grass the viper breathes
    by the century’s golden ratio.

    The buds continue to swell,
    the green leaves of crops will splash.
    Hey, my terrible, splendid century,
    your spine’s now thoroughly smashed.
    Cruel and weak, with that senseless smile,
    you turn your eyes back towards us,
    a wild beast that used to be lithe,
    now on the trail of its own claws.

    Blood the builder flows from the throat
    of all terrestrial things,
    the warm gristle of the ocean
    laps at the coast like a hot fish.
    And from the birds’ high gauze,
    the moist masses in the blue,
    indifference pours and pours
    onto your fatal wound.

    1922
    Translated from the Russian by Alistair Noon
    http://www.asymptotejournal.com/poetry/osip-mandelstam-three-poems/

  18. Hierdie reëls is die agste afdeling van Osip Mandelstam se lang gedig “Verses on the unknown sodier” (soos dit in Engels vertaal is deur Ilya Bernstein).

    VERSES ON THE UNKNOWN SOLDIER

    8

    Blood fills the aortas
    And a whisper runs down the rows:
    “I was born in ninety-four,
    I was born in ninety-two.”
    And as I squeeze in my fist
    The faded year of my birth,
    My bloodless mouth whispers:
    I was born on the night from the second
    To the third of January in one
    Unreliable year and the centuries
    Surround me with flames.

    Dit verwys na Helize van Vuuren se vertaling hierbo. Ek weet nie of Helize hierdie vertaling gebruik het nie, of dalk die oorspronklike Russies?

    Nietemin, hier kom weer eens interessante “afwykings” voor in hierdie verwerking/vertaling.

    In die Engelse weergawe vul bloed die “aortas”. In die vertaling word dit are. Die aorta is die groot slagaar direk uit die hart wat vars bloed na die res van die liggaam voer. In are is daar suurstofarme bloed wat teruggaan hart toe om weer verryk te word. In Mandestam se lang “oratorio” kom die woord “bloed” dikwels voor in verskillende rolle. Vir my voel dit of die woordkeuse “aorta” of “slagaar” ’n sterker impak het as “are”. Wanneer ’n slagaar raakgesny word, spuit die bloed, wanneer ’n aar raakgesny word, loop die bloed net.

    Die twee reëls:
    “En terwyl ek verfrommel in my vuis
    my uitdowende geboortejaar,”

    is weer vir my sterker as die Engelse weergawe. “Verfrommel” is meer dinamies en emosioneel sterker as “squeeze”. Dieselfde geld vir “uitdowend” teenoor “faded”. Die Engelse woord is ’n adjektief, terwyl “uitdowende” ’n werkwoord is wat aksie en handeling aandui.

    Dit is interesant dat die datums in die Afrikaans verskil van die Engelse weergawe. Is hierdie Afrikaanse vertaling dalk gebaseer op ’n ander Engelse vertaling? Maar waarom verskil die datums?

    Weer eens ’n goeie leeservaring en ’n aanwins vir ons Afrikaanse vertaalskat.

  19. helize van vuuren :

    “Januarie” (Mandelstam se geboortemaand, en tyd van broeiende Russiese omwentelinge) het ek doelbewus vervang met “Oktober” (verwerker se geboortemaand en tydsgewrig nóú met broeiende SA’se opstande), vir groter toepaslikheid.

    Ek ken geen Russies (buiten “nazdarovja”), en het Ilya Bernstein se boeiende Engelse vertaling gebruik (http://epc.buffalo.edu/library/Mandelstam_Poems_Ilya-Bernstein.pdf)

  20. Dankie vir die verduideliking. Ja, dit is ‘n vernuftige kinkel.

  21. Hartslag-steek, ingehok

    die kraanvoëlpaar
    kom by jou op,

    onegalig
    verdof stadig die lig van jou blom,

    die mantis se roofbeen
    stoot teen jou bo-
    besterde
    Altyd.
    Paul Celan Lichtzwang, 1970
    (verwerk en vert. HvVuuren, 21/10/16)
    ___________________________________________

    Herzschall-Fibeln, eingezäunt

    das Kranichpaar
    denkt sich dir vor,

    aspektral
    verschenkt sich das Licht deiner Blume,

    dem Fangbein der Mantis
    begegnet dein über-
    sterniges
    Immer.
    Paul Celan Lichtzwang, 1970