Andries Bezuidenhout. Then you got away

songs-of-love-and-hate

Daar is Leonard Cohen toe nou dood. Ek het gister sy nuwe plaat gaan koop en in die kar rondgery om daarna te luister. Dis pragtig. Ek treur nie oor sy dood nie. Almal het dit verwag en hy het dit self voorspel – dis die tema van sy laaste plaat. Op Facebook plak mense memes met aanhalings uit sy musiek en gedigte. Ek plaas self ʼn skakel na ʼn lewendige opname van “Avalanche”, een van sy mooiste en donkerste liedere, asook ʼn blog van lank gelede wat handel oor hoe hy Lorca vertaal het.

Dis eers toe iemand ʼn skakel na ʼn ou, ou opname uit 1970 op Facebook plaas dat ek emosioneel word – “Solidarity forever”, ʼn ou vakbondlied. Toe besef ek hoe verlore daardie wêreld is – in tye van Donald Trump, ons eie Plunderpresident, ʼn homofobiese NG Kerk vol hatige patriarge, studente wat geboue, klaviere en orrels afbrand.

Ek het ʼn paar jaar gelede al die pad Berlyn toe gereis om Leonard Cohen in lewende lywe te kon hoor speel. Hy sou Suid-Afrika toe gekom het, maar toe wil die land nie ʼn visum aan die Dalai Lama toestaan nie. Hy het die geskeduleerde konsert stilweg gekanselleer. As alternatief het ons Berlyn gekies, omdat dit ʼn stad met soveel historiese trauma is en omdat dit dalk juis toepaslik is om na ʼn Joodse sanger in die Waldbühne te luister. First we take Manhattan, then we take Berlin.

Nou is ons terug in die 1930s, aan die einde van Weimar – ter plaatse en elders in die wêreld. Dis dalk goed dat Cohen net die begin van die al die gruwels beleef het en toe besluit het om sy rug op dit als te keer.

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Then you got away”

  1. helize van vuuren :
  2. Dankie Helize. Dis een van sy heel mooistes.

  3. Ons het verlede week ʼn dokumentêre film oor die lewe van Janis Joplin by die vriende in Johannesburg gaan kyk (juis die vriende saam met wie ons Berlyn toe is vir Cohen se vertoning). Joplin is direk na skool Universiteit toe in Texas. Sy is deur een van die Broederskappe (“Fraternities”) in hul koerant aangewys as die lelikste man op die kampus. (Dis so Trumpagtig.) ʼn Mens verstaan Cohen se lied vir Joplin soveel beter as mens hiervan bewus is. “We are ugly but we have the music.”

  4. Tessa :

    Dankie Andries.

  5. Waldemar Gouws :

    Leonard Cohen se verduideliking destyds in 1987 (hy was toe 52) van gepaste en onvanpaste vrae wat mens oor ‘n gedig kan opper, bly steeds aktueel:

    There is a clarity that is perceived by the heart and clarity that is perceived by the mind. You know, clarity is not a fixed idea. Sometimes something that is clear to the heart needs quite complex expression. You just let the words or tune speak to you and it’s very clear. You give yourself to the kiss or the embrace and while it is going on there’s not any need to know what is going on. You just dissolve into it… But if there is an obscurity in my work, it’s something that no one can penetrate, not even me… You just try to be faithful to that interior landscape that has its own rules, its own mechanisms, and it’s important to be faithful to them. If someone says “I love the song, what the fuck does it mean?” the question is not as important as the declaration.

    (Uit: Boucher, David. 2004. Dylan & Cohen: Poets of Rock and Roll. New York: Continuum, p.162)