Melanie Grobler. Liza se klavier

Liza se klavier

 

Die een wat ’n hoëveldwolk

om haar lyf dra, speel die klavier

 

’n blaar val in ’n stroom

en ’n voël vlieg verby die skemer

 

die kadense word ligspikkels

op die swart skoenlapper

 

wat aanmekaar om die tak van die

berk in die briesie vlerk

 

soms bly iets verborge

tog bly die reuk van boegoe val

na die ondergrondse kamers

van die hart.

 

Bring nou die laaste somer rose

vir Liza se klavier.

 

© Melanie Grobler / 2016

Bookmark and Share

Comments are closed.