Wicus Luwes. ‘n Reis deur Bukowski se Los Angeles

Wie sou kon dink dat daar slegs 26,3 myl tussen 1931 en 1994 sou wees. Slegs 28 minute volgens ‘n GPS met heelparty kronkels en hobbels. Die lewenspad sorteer posstukke om die pot aan die kook te hou. Dit koester ‘n ongesonde liefde vir alkohol en die dinge wat daarmee gepaard gaan. Dit stuur kortverhale via faksmasjien uit ‘n siekbed. Ek het my lyf toeris gehou en gaan soek na die lewenslyn of lewenspad van Charles Bukowski. Ek het my verbeel dat ek sy werk met meer insig sou kon lees as ek sy wêreld kon betree. Hedendaagse tegnologie maak dit moontlik om ‘n bekostigbare reis te onderneem deur dieselfde strate waar Bukowski geloop het. Daar is twee maniere waarop jy die reis kan onderneem: Die een reis is ‘n virtuele reis en die ander is fisies. ‘n Reis as kubertoeris via ‘n rekenaar met internetverbinding behoort minder van ‘n duik in jou beursie te laat. Die ander manier is via duur vliegkaartjies.

 

air and light and time and space
– Charles Bukowski

‘- you know, I’ve either had a family, a job, something
has always been in the
way
but now
I’ve sold my house, I’ve found this
place, a large studio, you should see the space and
the light.
for the first time in my life I’m going to have a place and
the time to
create.’
no baby, if you’re going to create
you’re going to create whether you work
16 hours a day in a coal mine
or
you’re going to create in a small room with 3 children
while you’re on
welfare,
you’re going to create with part of your mind and your
body blown
away,
you’re going to create blind
crippled
demented,
you’re going to create with a cat crawling up your
back while
the whole city trembles in earthquakes, bombardment,
flood and fire.
baby, air and light and time and space
have nothing to do with it
and don’t create anything
except maybe a longer life to find
new excuses
for.

 

Indien jy die virtuele of kuber-reis wil meemaak, sal jy ‘n rekenaar of slimfoon benodig. Gaan soek bloot op ‘n internet soekenjin na ‘Google Street View’. Google se Street View is ‘n gratis internetblad wat foto’s van ‘n enorme hoeveelheid plekke tot hul beskikking het. Hul dateer hul foto’s ongeveer elke twee jaar op. ‘Google Street View’ laat jou toe om op en af in ‘n straat te kyk deur middel van ‘n vloeibare foto.

Stappe om te volg:
1. Maak die program oop wat jy gebruik vir internet-toegang
2. Soek vir ‘Google Maps’ of ‘Google Street View’ (of klik op die volgende adres: https://www.google.co.za/maps)
3. Google Maps of Google Street View sal dan ‘n blok bied waar jy kan soek (‘search’).
4. Tik die volgende adres in: 2122 S. Longwood Ave., Los Angeles CA en klik op die vergrootglas.
5. Daar sal ‘n kaart op die skerm oopmaak en ‘n klein foto van die plek. Klik of dubbel-klik met die muis op die foto. Google Street View sal dan oopmaak.

Bukowski se ouerhuis behoort op hierdie stadium voor jou te verskyn. Die adres: 2122 S. Longwood Ave., Los Angeles CA. Dit is die huis waar Bukowski se vader besluit het om sy seun se tikmasjien, klere en skryfwerk op die grasperk te gooi. Die man was nie ingenome met sy seun se skryfwerk nie en het uiting aan sy woede gegee. Met ‘n bietjie verbeelding kan jy die spektakel sien afspeel. Bukowski het van 1931 tot 1939 by die huis gebly, maar het baie kere teruggetrek na die huis toe. Dit is ook die huis waar sy vader op ‘n stadium gemaak het of hy na sy werkplek toe gaan, alhoewel hy sy werk verloor het. ‘n Fiktiewe weergawe van hierdie tuiste verskyn in sy magnum opus, ‘Ham or Rye’.

Skermskoot van 2122 S. Longwood Ave., Los Angeles CA op Google Street View

Bukowski het heelwat getrek en ook ‘n tyd lank in New Orleans en Philadelphia gebly. Hy het verskeie betrekkinge onderneem en het selfs joernalistiek en Engels aan die Los Angeles Stadskollege studeer – hy het egter nie sy studies voltooi nie. Ek wil ons virtuele reis ‘n ekstra dimensie gee. Buiten die rekenaar, is daar slimfone en VR (virtuele realiteit)  toestelle of VR-brille. Indien jy Google Street View installeer op jou Android of Mac slimfoon kan jy amper volledig in die straat loop. Indien jy nie so ‘n VR-kopstuk of VR-bril het nie, kan jy die internet gebruik om dit te soek. Soek vir ‘Google cardboard’ op die internet. Die goedkoopste kos in die omgewing van R100. Jy plaas jou slimfoon in die toestel of stukkie karton met lense en word in ‘n multidimensionele virtuele wêreld ingetrek. Jy moet dit sien om dit te glo. Sien video om meer daaroor uit te vind. (‘n Restaurant-groep met ‘n wilde weste-tema, wat onlangs in die nuus was vir ‘n onnodige bakleiery, verkoop die VR-kartonboksies teen R20 as deel van hul kinder-klub.)

Google Cardboard met ‘n slimfoon daarbinne

Bukowski in Terminal Annex Poskantoor

‘n Volgende stop in ons virtuele reis, is die Terminal Annex Poskantoor (Adres om in te tik: 900 N. Alameda St.,  Los Angeles CA) Bukowski het ‘n aan-en-af verhouding met die poskantoor gehad. Hy het meer as een keer die poskantoor bedank, net om weer later daar te gaan werk. Hy het onder andere as possorteerder gewerk en ek kan net dink hoe die adresse en briewe sy gedagtes op loop moes gesit het. Hy het die vloei van kommunikasie en korrespondensie goed verstaan. Sy eerste roman, Post Office, verskyn in 1970 en verskyn by Black Sparrow Press. Bukowski ontmoet John Martin van Black Sparrow Press vir die eerste keer in 1966. Martin het alles probeer om Bukowski aan die skryf te hou en het selfs ‘n deel van sy eie salaris aangebied indien hy skryfwerk voltyds sou aanpak. Martin het hom heelwat dinge geleer, soos om met koolstof-papier te tik, sodat daar meer as een kopie van sy skryfwerk sou wees.

Dis altyd interessant om ‘n skrywer se invloede na te speur. Bukowski het van 1935 af gereeld na die Baldwin Hills Biblioteek toe gegaan (Adres om in te tik: 2906 S La Brea Ave, Los Angeles, CA). Bukowski het die werk van John Fante in Los Angeles se hoofbiblioteek raakgelees – dit het ‘n groot indruk op hom gemaak. (Adres om in te tik: 630 W 5th St, Los Angeles, CA 90071). Fante se werk is later op aandrang van Bukowski in herdruk geplaas deur Black Sparrow Press.

Pink Elephant Drankwinkel soos op Google Street View

Bukowski se liefde vir alkohol is welbekend. Hy het soveel ‘bestuur onder die invloed’-veroordelings teen hom opgestapel, dat sy prokureur bekommerd was dat hy hom nie veel langer uit die tronk sou kon hou nie. Die oplossing was the Pink Elephant drankwinkel. Die Pink Elephant het ‘n afleweringsdiens gehad wat Bukowski en sy prokureur goed te pas gekom het. (Adres om in te tik: 1836 N Western Ave, Los Angeles, CA 90027)

Dit bring ons by laaste huis waarin hy gewoon het, ‘n skamele 26,3 myl of 28 minute weg van die huis van sy kinderjare. (Adres om in te tik: 1148 W. santa Cruz St., san Pedro,CA 90731) Bukowski het in baie slegte gehuggies en plekke gewoon, maar kon later jare ‘n beter huis bekostig as gevolg van boekverkope. Dit was ‘n dubbelverdieping met ‘n uitsig oor die San Pedro-waterfront. Die plekke waar hy gebly het, word op so ‘n manier deel van die konteks wanneer ek sy werke lees. Sy stories lyk anders as die eerste keer toe ek dit gelees het. Die treffendste van sy werke, bly vir my die grafskrif van sy laaste rusplek by Green Hills Gedenkpark. Dit lui kort en kragtig: ‘Don’t try’. Dit word die metafoor vir soveel meer.

Iemand het vir Bukowski gevra: “How do you do? How do you write, create?”
Bukowski het as volg geantwoord: “You don’t try. That’s very important: not to try, either for Cadillacs, creation or immortality. You wait, and if nothing happens, you wait some more. It’s like a bug high on the wall. You wait for it to come to you. When it gets close enough you reach out, slap out and kill it. Or if you like its looks you make a pet out of it.”

safe
– Charles Bukowski

the house next door makes me
sad.
both man and wife rise early and
go to work.
they arrive home in early evening.
they have a young boy and a girl.
by 9 p.m. all the lights in the house
are out.
the next morning both man and
wife rise early again and go to
work.
they return in early evening.
By 9 p.m. all the lights are
out.

the house next door makes me
sad.
the people are nice people, I
like them.

but I feel them drowning.
and I can’t save them.

they are surviving.
they are not
homeless.

but the price is
terrible.

sometimes during the day
I will look at the house
and the house will look at
me
and the house will
weep, yes, it does, I
feel it.

Bronne:
http://hellopoetry.com/charles-bukowski/
http://www.complex.com/pop-culture/2014/03/bukowskis-los-angeles/the-san-pedro-house
https://bukowski.net/timeline/
https://maps.google.com

Bookmark and Share

Los kommentaar