Fernand Florizoone – Vertaling in Afrikaans

Fernand Florizoone – vertaal deur Hans du Plessis

 

HOTAZEL

(Koksijde, Fernand Florizoone)

.

Volstrys en akkeldis

skryf Hotazel innie sand,

ennie son breek dae

in troppe lammerse yt,

Klaas Skawagter bêre hom hoed,

oener oerdyne sand

vee bokklokke die dae

oor onse kalari weg,

in ou strate vannie tyd

spryt spriete dyngras yt,

en vylskemer flytie wind

’n waterslang.

 

dag loop op nag se rig

dies wat kom en dies wat gan

dié keer aljimmers trig

 

***

 

KOKSIJDE

Een kokkel en een zee

schrijven in het zand Koksijde,

de zon waait de dagen open

in een schaakspel baadsters,

de laatste paardenvisser

hangt zijn net te drogen,

onder acht eeuwen zand

luidt de abdij het getij

over het land,

op de zandeeuwen

priemt jonge helm duingras

en achter het duin zingt de wind

een zeemeermin.

 

Eb en vloed,

wie kwam

komt altijd weer.

 

Fernand Florizoone

Uit: De grens is geen begrenzing (1978)

Bookmark and Share

12 Kommentare op “Fernand Florizoone – Vertaling in Afrikaans”

  1. Balt Verhagen :

    Hans du Plessis se gewaagde vertaling van hierdie gedig in Kaaps werk meesterlik. Hy skuiwe weg van die see tot sy amper antipode: die selfbeskrywende Hotazel. Omgewing èn taal kon nie verder van Florizoon se Belgiese kusplekkie af wees nie. Tòg benader hy die hooftemas in die Nederlandse gedig feilloos.

    Ek het self gewonder hoe dié gedig in sê Kaapse samehang in Afrikaans sou klink. Aangesien ek nie met die aangewese Kaaps vertroud is nie – soos in Uys Krige se pioniersgedigte Ballade van die Groot Begeer en later op voortgebou in Adam Small se Kitaar my Kruis – het ek besluit om self ‘n poging te doen in hopelik gangbare Afrikaans.

    KAAPSE SEE
    Alikruikel en die see
    Skryf hier sandgeskiedenis,
    Die son waai nuwe dae aan
    In baaier-skaakspel,
    Strandvisser se nette
    Droë op die melkbos,
    Tussen oerou duine
    Skryf stapels skulpe
    Khoi én landsargeologie,
    Uit millennia se strandrand
    Spruit jong gras
    En sing die duinwind
    Troppe van dolfyne

    Land- en seewind
    wie gekom het
    kom altyd weer.

  2. lisbeth santander :

    weklik mooi, word dit Balt, in hierdie vars Kaapse see aanpassing.

  3. Balt, Hans du Plessis se vertaling is in Griekwa-Afrikaans – nie Kaaps nie.

  4. Balt Verhagen :

    @ Lisbeth
    Balsem vir die siel. Dankie. Ek sou lankal ‘n Versindaba blog geskrywe het, maar dis slegs toeganklik vir skywers met reeds gepubliseerde werk.
    My publikasies is hoofsaaklik in die natuurwetenskappe. My eie jeugpoësie het dink ek potensiaal maar ek sou ek skrikkerig wees om dit by ‘n uitgewer aan te bied.
    @Daniel
    Dankbaar vir die interessante regstelling. Dié onderskeid kom as ‘n verrassing. Kan jy my neus draai na bronnemateriaal i.v.m.?

  5. Balt Verhagen :

    @ Lisbeth Santander.
    Jou kommentaar is in Afrikaans maar ek proe Vlaams/Nederlands. Die ‘net gee niks. My nommer is in die Jhb gids. Dalk vind ek uit. Lekker naweek.

  6. Balt, daar is talle bronne oor Griekwa-Afrikaans, maar ek kan jou verwys na my boek Halala Afrikaans! (Protea Boekhuis). Hans du Plessis is een van die grootste kenners van hierdie variant van Afrikaans. Hy is veral bekend vir sy Griekwa-Psalms.

  7. lisbeth santander :

    Mmmm….ik stel het aan mijn stenenhart ter overwegen.
    Verrassend dat een natuurwetenschappelijke uit het grootstad zulke mooie poëtische taal kunt schrijven…en dat over het zuiderzee…

  8. Hans du Plessis :

    Dankie Balt. Daniël is reg, die vertaling is in Griekwa-Afrikaans. Afrikaans het drie hoofvariëteite, nl. Kaapse Afrikaans, Oranjerivierafrikaans en Transvaalse Afrikaans. Elkeen hiervan het vele subvariëteite. Griekwa-Afrikaans is byvoorbeeld ʼn subvariëteit van Oranjerivierafrikaans. Jy kan verder hieroor lees in Christo van Rensburg se boek, So kry ons Afrikaans (Lapa-uitgewers).

  9. lisbeth santander :

    92 jaar en in 1925 gebore, is Vlaming Fernand Florizoone…merkwaardig! nog ‘n Florizoone vertaling van nog ‘n see-vers uit 2010:

    Die reël
    Vir Caroline en Frederik
    Dit staan geskryf
    in die reël van die tuin van Eden
    waarom daar vonk is,
    waarom die liefdesroep,

    hul het saamgedrink
    uit die daeraad.

    seewyd soen hul
    die grense weg.

  10. Gerard Scharn :

    Geachte meneer du Plessis,

    werkelijk een prachtige vertaling!

  11. Hans du Plessis :

    Baie dankie, Gerard.

  12. Balt Verhagen :

    @ Hans
    Persoonlike sake het my vir dae van ons interessante gesprek gehou. Indien jy weer loer nog baie dankie vir die waardevolle verwysings
    @ Lisbeth
    Je stenen hart produceert gevoelige uitingen èn vertalingen. De wetenschappen en het andere hebben atijd geconcureert. De driëentachtig jarige verwelkomt verdere gedachtewsseling: balt.verhagen@gmail.com