Leon Retief. Die DNS-sepie Episode 3

Nude Descending a Staircase. Marcel Duchamp

DIE DNS-SEPIE EPISODE 3

“I have never seen Francis Crick in a modest mood.” So begin James Watson se beroemde (en tereg ietwat berugte) boek The Double Helix, waarmee hy heelwat mense die harnas ingejaag het – Watson het nie geskroom om te sê wat hy van mense, instansies of gebeure dink nie. Vir ‘n bietjie balans behoort Crick se kort semi-outobiografie, What Mad Pursuit, ook gelees te word.

 

THE DNA MOLECULE

 

is The Nude Descending a Staircase
a circular one.

See the undersurfaces of the spiral treads
and the spaces in between.

She is descending and at the same
time ascending and she moves around herself.

For she is the staircase
“a protoplasmic framework an internal scaffolding

that twists and turns.”
She is a double helix mounting and dismounting

around the swivel of her imaginary spine.
The Nude named DNA can be constructed

as a model with matches and a ribbon of tape.
Be sure to use only 4 colors on 2 white strands

of twistable tape.
“Only matches of complementary colors

may be placed opposite each other.
The pairs are to be red and green

and yellow and blue.”
Make your model as high as the Empire

State Building and you
Have an acceptable replica of The Nude.

But and this is harder you must make her move in a continuous coil
an alpha-helix a double spiral

downward and upward at once
and you must make her increase

while at the same time occupying the same field.
She must be made “to maintain a basic topography”

changing yet remaining stable if she
is to perform her function which

is to produce and reproduce the microsphere.
Such a sphere is invisible to but

omnipresent in the naked eye
of The Nude.

It contains “a central region and
an outer membrane” making it able to divide

“to make exact copies of itself without limit.”
The Nude has “the capacity for replication

and transcription of all genesis.
She ingests and regurgitates

the genetic material it being
the material of her own cell-self.

From single she becomes double and
from double single.

As a woman ingests the demon sperm and with
the same membrane regurgitates

the mitotic double of herself
upon the slide of time

so the DNA molecule produces with a little pop
at the waistline of its viscous drop

a new microsphere the same size as herself
which proceeds singly to grow

in order to divide
and double itself.

So from single to double and double to single and
mounting while descending she expands while contracts

she proliferates while disappearing
at both of her ends.

Remember that red can only be
opposite green and blue opposite yellow.

Remember that the complementary pairs
of matches must differ slightly in length

“for nature’s pairs can be made only with units
whose structures permit an interplay of forces between the partners.”

I fixed a blue match opposite a red
match of the same length

in defiance of the rules pointed them away
from the center on the double-stranded tape.

I saw laid a number of eggs on eggs on the sticky side
of a twig.

I saw a worm with many feet grow out
of an egg.

The worm climbed the twig a single helix and
gobbled the magnified edge of a leaf

in quick enormous bites.
It then secreted out of itself a gray floss

with which it wrapped itself tail first and so on
until it had completely muffled

and encased itself head last as in a mummy pouch.
I saw plushy iridescent wings push moistly out

of the pouch.
At first glued

together they began to part.
On each wing I saw a large blue eye

open forever in the expression of resurrection.
The new Nude released the flanges of her wings

stretching herself to touch
at all points the outermost rim of the noösphere.

I saw that for her body from which the wings expanded
she had retained the worm.

 

May Swenson

 

Baie fisici was ontsteld oor hul vakgebied se aandeel in die menseslagting van WO2 en heelwat het hulle tot `n vreedsame veld soos biologie gewend. Een was Maurice Wilkins wat hom aangesluit het by John Randall se pas gestigte eenheid vir biofisika te King’s College, Londen, waar hy en sy doktorale student Raymond Gosling die enigste twee was wat oor DNS navorsing gedoen het. Dit was juis daar in King’s College waar `n ontsaglike deurmekaarspul ontstaan het – misverstande, botsende persoonlikhede, vergeetagtigheid en professionele jaloesie als in een pot geroer met dubbele porsies kerrie en rissies by. Glad nie so vreedsaam soos hulle gedink het nie…

Randall het Rosalind Franklin, ‘n briljante kristallograaf, gevra om by sy laboratorium aan te sluit en in ‘n brief aan haar verduidelik dat sy oor DNS navorsing moet doen. Hy het die voorwaardes van Franklin se aanstelling nooit met Wilkins bespreek nie en Wilkins self het eers dekades later van die brief bewus geword. Franklin het daar begin werk terwyl Wilkins met vakansie was en met sy terugkeer was hy verstom om te vind dat die nuwe aankomeling nie net navorsing doen oor die onderwerp wat hy as sy eie beskou het nie maar dat Gosling nou onder haar leiding werk. Nóg Randall nóg Wilkins het ooit oor die aangeleentheid met mekaar gepraat en die hele situasie is vererger deur Wilkins en Franklin se botsende persoonlikhede: Wilkins was taamlik depressief en het konflik ten alle koste vermy; Franklin kon mense dik die donner in maak sonder dat sy dit eers agterkom. Alhoewel beide briljant was het Franklin gou uitgevind haar kristallografiese vermoëns was beter as Wilkins s’n en ek kry die indruk dat sy hom so ietwat geminag het.

Wilkins het op grond van kristallografiese data begin vermoed dat DNS moontlik ‘n heliese struktuur mag hê. Toe hy Franklin daarvan vertel het sy hom woedend toegesnou dat hy nie haar data vir haar mag interpreteer nie. Om die vrede te probeer bewaar het Randall besluit dat Franklin en Wilkins op onderskeidelik die A- en B-vorms van DNS moet konsentreer. Dit het sake egter nie veel verbeter nie.

Intussen het Watson by Crick se kantoor in Cambridge se Cavendish Laboratorium ingetrek. Crick moes navorsing doen oor hemoglobien en Watson oor die tabakmosaïekvirus, maar beide het spoedig besef dat hulle ‘n belangstelling in DNS se struktuur het, waarskynlik omdat Wilkins en Crick vriende was en dikwels oor hierdie onderwerp gesels het.

In November 1951 het Franklin haar resultate aan ‘n vergadering van die King’s Collegegroep voorgedra. Haar data het daarop gedui dat DNS ‘n heliese struktuur mag hê en ook dat dit monoklinies mag wees – ‘n kristallografiese term wat beteken dat die molekuul rotasie-simmetrie moet besit en dat subeenhede, indien teenwoordig, in teenoorgestelde rigtings rondom mekaar moet wentel, soos Swenson in haar gedig geskryf het: “mounting while descending.”

Watson was teenwoordig maar sy kennis van kristallografie was op daardie stadium maar karig. Hy het nie als verstaan wat Franklin gesê het nie, geen aantekeninge gemaak nie en ook baie van haar voordrag vergeet toe hy die volgende dag met sy kantoormaat daaroor gepraat het. Al wat hy onthou het, so wil dit my voorkom, was dat Franklin ‘n heliese struktuur genoem het.

Begeester deur hierdie idee het hulle ‘n model van ‘n driedubbele heliks gemaak. Franklin het dit een kyk gegee en in vlamme afgeskiet – haar voordrag het juis getoon dat so ‘n struktuur nie moontlik was nie maar Watson het dit nie begryp nie. As hy die ander besonderhede van Franklin se praatjie onthou en aan Crick vertel het, sou hulle die struktuur heelwat vroeër ontrafel het. Die atmosfeer by King’s College was teen hierdie tyd so giftig dat Franklin besluit het om oor ‘n paar maande, teen die einde van 1952, na Birbeck College te versit en DNS te laat vaar.

Franklin het haar werk anders benader as die twee by Cavendish. Volgens haar moes die data lei tot die struktuur – dikwels ‘n heeltemal suksesvolle aanslag maar dit het haar tydelik op ‘n dwaalspoor gelei en sy het besluit dat die A-vorm nie helies kan wees nie. Watson en Crick se invalshoek was: Kom ons kyk of die strukture wat ons uitdink by die data pas.

Toe Randall verneem van Crick en Watson se werk was hy taamlik vererg en het gesorg dat sir Lawrence Bragg, die Cavendish Laboratorium se main konyn, ‘n stokkie in die twee se wiele steek. Crick het teruggekeer na hemoglobien en Watson na die tabakmosaïekvirus en hoe om kristallografie te bemeester. Hulle het egter aanhou dink oor DNS. Crick het geweet van die verhoudings tussen A:T en C:G wat ek voorheen genoem het en ‘n chemikus gevra om uit te werk of die basisse met mekaar kan verbind. Toe hy verneem dat dit wel die geval is het hy onmiddellik besef dat dit ‘n meganisme vir DNS-replikasie kan verskaf.

Franklin se resultate is opgesom in ‘n verslag wat in November 1952 aan die Britse Mediese Navorsingsraad verskaf is – essensieel was dit net ‘n duideliker samevatting van haar praatjie van November 1951. Een van die mense wat die verslag ontvang het was Max Perutz van Cambridge.

Linus Pauling, ‘n gedugte chemikus van die VSA (hy het in 1954 ‘n Nobelprys gekry) het intussen begin dink oor DNS en ook ‘n driedubbele heliks voorgestel – anders as dié van Watson en Crick maar ewe verkeerd. Trouens, dit was vir Pauling eintlik ‘n verleentheid, want sy molekule was nie eers ‘n suur nie terwyl die S in DNS tog “suur” beteken! ‘n Onverstaanbare fout deur ‘n briljante gees in die geskiedenis van chemie.

Dit het Bragg egter oorreed om hulle toe te laat om weer aan DNS te werk: Pauling het Bragg se laboratorium ‘n paar jaar tevore die loef afgesteek in ‘n wetenskaplike tydren om die α-heliese struktuur van keratien te ontrafel en Bragg wou nie weer die verloorder wees nie.

Watson het tydens ‘n besoek aan King’s sonder sukses probeer om Franklin te oortuig dat DNS helies moet wees en daarna by Wilkins se laboratorium ingeloer waar hy ‘n foto (foto 51) getoon is van DNS se B-vorm. Hierdie foto is deur Gosling geneem terwyl hy onder Franklin se toesig gewerk het maar dit was nou in Wilkins se besit omdat hy nou weer Gosling se studieleier was. Dit het vir maande in ‘n laai gelê sonder dat iemand daarna gekyk het. Watson het onmiddellik besef dat die X-vorm in die middel net op een ding kan dui: ‘n heliks.

Photo 51

In Cambridge het Perutz die King’s College-verslag aan Crick en Watson gewys. Dit het niks bevat wat Watson nie reeds die vorige jaar tydens Franklin se lesing gehoor (en vergeet en nie verstaan) het nie maar dit het Crick laat besef dat DNS twee inmekaarpassende dele het en nie drie nie. ‘n Kollega, Jerry Donohue, het hom daarop gewys dat hy die verkeerde vorms van die vier basisse gebruik het. Met die korrekte strukture het als mooi inmekaar gepas.

Intussen het Franklin, heeltemal op haar eie, ook tot die besef gekom dat DNS ‘n dubbele heliks moet wees en ook ander eienskappe begin ontrafel maar Watson en Crick het haar met ‘n kortkop geklop. Hulle het ‘n model gebou wat aan al die vereistes van die kristallografiese data voldoen het en Wilkins en Franklin uitgenooi om te kom kyk.

Watson, Crick en die dubbele heliks.

Die twee besoekers het dadelik besef dat hierdie die korrekte struktuur was. Daar is ooreengekom dat dit gepubliseer sou word met Watson en Crick as enigste skrywers terwyl die ondersteunende data van Franklin en Wilkins in ander (maar aparte) artikels met drukkersink sou kennis maak.

Hierdie werk het in 1962 aan Watson, Crick en Wilkins die Nobelprys vir medisyne en fisiologie besorg. Franklin is in 1958 aan ovariale karsinoom oorlede. Baie mense was en is van mening dat sy hierdie prys postuum met hulle moes deel – dit sou moontlik gewees het aangesien die statute van die Nobel komitee eers in 1974 sodanig gewysig is dat dit nie na iemand se dood toegeken mag word nie. Nadoodse toekennings was egter baie skaars – tot op daardie tydstip is dit net twee keer postuum toegeken.

Daar is ook bewerings gemaak dat Franklin se werk deur Watson en Crick gesteel is, wat glad nie die geval was nie. Dit is wel so dat sy moontlik nie bewus was tot watter mate hulle van haar data gebruik gemaak het nie – indien sy dit wel geweet het, het sy nooit enige tekens van ontevredenheid getoon nie. Trouens; sy en Crick het later groot vriende geword.

Watson het in The Double Helix geïmpliseer dat die verslag wat Perutz aan hom en Crick gewys het vertroulik was. Dit het Perutz baie ontstel, want hierdie dokument was openbare besit en vrylik beskikbaar aan enigeen wat dit wou lees. Voorts was die verslag bloot ‘n samevatting van Franklin se lesing, met die inhoud waarvan Watson nie verstaan het nie en baie van vergeet het. Daar is ook beweer dat Wilkins nie foto 51 aan Watson en Crick moes gewys het nie omdat dit deur Gosling geneem is terwyl hy onder Franklin se toesig gewerk het. Teen daardie tyd was Gosling, foto en al, egter weer onder Wilkins se toesig en het die foto dus aan Wilkins behoort. Gosling het inderdaad later gesê Wilkins was heeltemal geregtig daarop om sy foto aan Crick te wys.

Raymond Gosling is in 2015 oorlede en het min of meer in die vergetelheid verdwyn. Hy was wel een van die mede-ontwikkelaars van vaskulêre sonografie, steeds ‘n belangrike tegniek in die arsenaal van moderne medisyne.

Maurice Wilkins het Randall opgevolg as hoof van die eenheid by King’s College waar hy verdere werk oor die heliese struktuur gedoen het en is in 2004 oorlede.

James Watson is nou 89. Hy het relatief min verdere navorsing gedoen, hom later toegespits op die administrasie van navorsing en was vir twee jaar hoof van die Menslike-Genoomprojek van die National Institutes of Health, maar het bedank omdat hy gekant was teen die patentering van gene wat deur lede van hierdie en Craig Venter se projek bepleit is.

Dalk was Francis Crick nie nederig nie, maar om Winston Churchill oor Clement Attlee te parafraseer, hy het baie redes gehad om nie nederig te wees nie. Hy het later nog heelwat belangrike navorsing oor molekulêre genetika gedoen en hom daarna tot neurobiologie gewend waar hy eweneens aansien verwerf het. Hy is in 2004 oorlede aan kolonkarsinoom maar het nog op sy sterfdag afrondingswerk gedoen aan ‘n artikel wat hy oor sy navorsing wou publiseer.

 

The Wonder of It

 

How wild, how witch-like weird that life should be!

That insensate rock dared dream of me,

And take to bursting out and burgeoning –

          Oh long ago – yo ho! –

And wearing green! How stark and strange a thing

That life should be!

 

Oh mystic mad, a rigadoon of glee,

That dust should rise, and leap alive, and flee

A-foot, a-wing, and shake the deeps with cries –

         Oh, far away – yo-hay!

What moony masque, what arrogant disguise

That life should be!

 

Harriet Monroe

Bookmark and Share

Los kommentaar