De Waal Venter. Waarom poësie in Afrikaans vertaal?

                                                      Uys Krige

Vir die luit en die kitaar, deur Uys krige, is in 1950 met die Akademieprys vir Vertaalde Werke bekroon. In sy commendatio tydens die oorhandiging van die prys het Meyer de Villiers (Tydskrif vir Wetenskap en Kuns) gesê: “Hierdie bundel verteenwoordig die belangrikste groep vertaalde gedigte in ons letterkunde en die bekroning is ’n blyk van waardering vir die jare lange arbeid van Krige om die kultuur van die Romaanse volke vir Suid-Afrika te vertolk.”

Sedert daardie tyd het daar nie veel vertaalde werk uit die Romaanse letterkundes in Afrikaans verskyn nie. Digters soos Pablo Neruda, Octavio Paz, Antonio Gamoneda, Cesar Vallejo, Fernando Pessoa en Jacques Roubaud, om net ’n paar te noem, kan eintlik nie in Afrikaans geniet word nie. Ek weet ook nie van gedigte  wat in Afrikaans vertaal is van die Sweedse Nobelpryswenner, Tomas Tranströmer, nie.

In hierdie gedig maak mens kennis met Tranströmer se byna mistieke besinning oor menswees. Sy beelde is met die eerste lees vreemd en oënskynlik onsamehangend. Maar as mens die gedig herlees en daaroor nadink begin dit vorm aanneem en kom daar begrippe na vore wat aanvanklik nie duidelik was nie.

Portret met kommentaar

Porträt med kommentar

Tomas Tranströmer

Hier is ’n portret van ’n man wat ek geken het –

hy sit by ’n tafel met die koerant oop voor hom.

Die oë kyk af deur ’n bril.

Sy pak klere word oorspoel met die skittering van dennewoude.

Dit is ’n bleek en halfklaar gesig.

Maar mens vertrou hom altyd.

Daarom huiwer mense om naby hom te kom

uit vrees dat hulle sal teenspoed te kry.

Sy pa het altyd geld gemaak soos bossies.

Maar niemand daar het eintlik veilig gevoel by die huis nie –

altyd ’n gevoel dat vreemde gedagtes

snags by die huis ingebreek het.

Die koerant, daardie groot vuil skoenlapper,

die stoel, die tafel en die gesig is rustend.

Die lewe het gaan staan in groot kristalle.

Maar mag dit daar bly staan tot verdere kennisgewing!

Dit wat ek is in hom is rustend.

Dit bestaan. Hy is nie daarvan bewus nie

en daarom lewe dit, bestaan.

Wat is ek? Af en toe lank gelede

het ek vir ’n paar sekondes taamlik naby gekom

aan wat EK is, Ek is, Ek is.

Maar die omblik toe ek MYSELF sien

verloor ek MY en daar was net ’n gaping

waardeur ek geval het soos Alice.

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

Tomas Tranströmer

Hierdie digters se werk kan almal in Engels gelees word en is dus toegangklik vir Suid-Afrikaners. Die groot skat vertaalde werk in Engels werk verrykend in op daardie letterkunde. Dit gee die geweldige omvang en trefkrag van Engels nog meer stukrag. Ons Afrikaanse letterkunde sou graag ook wou deel in hierdie rykdom.

Voordele van vertaalde werk

Maar wat is die voordele van vertaalde werk van internasionaal erkende digters? Wat is die “rykdom” wat dit bied?

Daar is heelwat voordele aan vertalings van goeie poësie. Mens kan sê dat daar nuwe wêrelde oopgaan vir die leser. Carol Rumens stel dit só in “The Guardian – Books”:

“So why translate? My first answer is that poetry in translation simply adds to the sum total of human pleasure obtainable through a single language. It opens up new language worlds within our own tongues, as every good poem does. It revitalises our daily, cliche-haunted vocabulary. It disturbs our assumptions, jolts us with rhythms flatter or stronger than we’re used to. It extends us in the way real travelling does, giving us new sounds, sights and smells. Every unique poetry village sharpens us to life.”

Niemand ken al die tale nie

Edith Grossman, een van die beste vertalers van Romaanse tale in Engels, meen dat daar soveel werk van gehalte is in verskeie tale, dat selfs die mees talentvolle leser nie naastenby gedigte in al die tale kan lees nie.

There are roughly six thousand extant languages in the world. Let us hypothesize that approximately one thousand of them are written. Not even the most gifted linguist could read complex literary texts in one thousand languages. We tend to be in awe of the few people who can read even ten languages well, and it clearly is an astonishing feat, although we have to remember that if there were no translations, even those multilingual prodigies would be deprived of any encounter with works written in the 990 tongues they don’t know. If this is true for the linguistically gifted, imagine the impact that the disappearance of translations would have on the rest of us. Translation expands our ability to explore through literature the thoughts and feelings of people from another society or another time. It permits us to savor the transformation of the foreign into the familiar and for a brief time to live outside our own skins, our own preconceptions and misconceptions. It expands and deepens our world, our consciousness, in countless, indescribable ways.”

Grossman stel dit baie raak: vertaalde werk stel ons in staat om mense van ander kulture en tale se gedagtewêrelde te verken en sodoende ons eie denkwêreld te verbreed.

Hier is ’n gedig deur die Portugese digter, Fernando Pessoa, wat nes Tranströmer besin oor sy bestaan en die aard van sy psige. Hy is die digter wat van ’n hele handvol “heteronieme” gebruik gemaak het – dit is digterspersoonlikhede wat hy geskep het wat in verskillende, kenmerkende style geskryf het. In ’n ander gedig het Pessoa gesê dat hy vele “siele” het.

Fernando Pessoa

Vivem em nós inúmeros;

Se penso ou sinto, ignoro

Quem é que pensa ou sente.

Talloses lewe in ons

Talloses lewe in ons;

wanneer ek dink of voel, weet ek nie

wie dit is wat dink of voel nie.

Ek is maar net die plek

waar gevoel of gedink word.

Ek het meer as net een siel.

Daar is meer ekke as myself.

Nietemin bestaan ek,

onbekommerd oor hulle almal.

Ek maak hulle stil: ek praat.

Die botsende drange

van wat ek voel en nie voel nie

worstel in wie ek is.

Ek ignoreer hulle. Hulle dikteer niks

aan die ek wat ek ken nie: Ek skryf.

Uit Portugees vertaal deur De Waal Venter

’n Taal se gesondheid

Robert Bly is ’n kenner en een van die bekendste vertalers van Pablo Nerud se werk. Hy meen dat vertalings uit ander tale onmisbaar is vir ’n taal se “gesondheid”.

“The impact of the kind of artistic discovery that translation enables is profoundly important to the health and vitality of any language and any literature. It may be one of the reasons that histories of national literatures so often seem to exclude supremely significant connections among writers.

“National literature” is a narrowing, confining concept based on the distinction between native and foreign, which is certainly a valid and useful differentiation in some areas and under certain circumstances, but in writing it is obviated by translation, which dedicates itself to denying and negating the impact of divine punishment for the construction of the Tower of Babel, or at least to overcoming its worst divisive effects. Translation asserts the possibility of a coherent, unified experience of literature in the world’s multiplicity of languages. At the same time, translation celebrates the differences among languages and the many varieties of human experience and perception they can express. I do not believe this is a contradiction. Rather, it testifies to the comprehensive, inclusive embrace of both literature and translation.”

Die rykdom van ander letterkundes

Julie R Enscher het in “Huffpost” ’n onderhoud gevoer met Lawrence Schimel:

“What do you see as the value of poetry in translation?

Lawrence Schimel: Just look at the value of poetry in one’s own language, and then imagine all the richness that exists in the poetries of all the other languages of the world. It is thanks to translation that we can have access to and be enriched by those verses. José Saramago once said: “Writers create national literatures, translators create universal literature.” In general, translation is one of the greatest forms of empathy, I think, of showing how we are alike instead of highlighting our differences.As the Barbadian author Karen Lord said recently: “A diet of single-worldview literature is at best boring, at worst propaganda. Without diverse books, the mind is stunted.”

Poësie wys ons hoe baie ons gemeen het, hoe mense uit verskeie kulture die selfde waardes deel. Dit is iets wa veral in hierdie tyd, waar daar dikwels rassespanninge voorkom, baie belangrik is.

Hier is weer ’n gedig wat oor die geaardheid en bestaan van die mens handel, maar weer uit ’n ander hoek. Dit is geskryf deur die Franse digter Jacques Roubaud.

Jacques Roubaud

IDENTITÉ

Jacques Roubaud

Quelle identité serait tienne, de ta mort ?

tu es, diraient certains, la tombe et son dedans,

               et la pierre tombale avec ton nom

Identiteit

Watter identiteit kan joune wees, dié van die dood?

Jy is, sal party sê, die graf, en sy binnekant,

en die grafsteen met jou naam

maar dit is niks anders as om te sê:

lewend, was jy hierdie liggaam geklee en ongeklee,

hierdie liggaam wat jou gedagtes (of jou siel) bevat het

en die liggaam wat ook die naam gedra het, joune

identiteit duur nie voort in die wêreld behalwe deur hierdie analogie

jy is, sou ander sê, soos jy herskep word

in die geheue, as hulle onthou, van hulle

wat, al is dit net vir ’n oomblik, jou geken het

so sou jy wees, maar verdeeld, veranderlik, teenstellend

afhanklik, in flitse,

en wanneer daardie ander dood is, sal jy nie meer wees nie.

en ongetwyfeld, weer eens ontleen die idee van

lewe na dood sy eienskappe van die wêreld aan jou lewe

maar, vir my is dit heeltemal anders:

elke keer as ek aan jou dink, hou jy op om te bestaan.

Uit Frans vertaal deur De Waal Venter

Hoe kan ons die vertaalskat in Afrikaans vergroot?

Uitgewers in Suid-Afrika is in die algemeen nie baie geīnteresseerd daarin om vertaalde poësie te publiseer nie. Van die redes daarvoor kan wees dat daar nie werk van gehalte aangebied word nie. Ook dat al die bekende Europese digters se werk in Engelse vertaling beskikbaar is, ’n taal wat alle Suid-Afrikaners kan lees. Derdens is daar ’n koste-faktor. Vertaalregte van digters soos Pablo Neruda is taamlik duur. Die behoefte na goeie Afrikaanse vertalings is egter daar. Mens kan net hoop dat daar mettertyd meer belangstelling gaan kom by vertalers en uitgewers.

Bookmark and Share

10 Kommentare op “De Waal Venter. Waarom poësie in Afrikaans vertaal?”

  1. De Waal, ek moet jou darem attent maak op die vertalings van Nederlandse digters wat Protea Boekhuis uitgegee het: Herman de Coninck, Gerrit Komrij, Miriam Van hee, Rutger Kopland, Alfred Schaffer, Leonard Nolens, Anna Enquist.

  2. Van digters uit die Romaanse taalgebied gepraat: daar is ook Catherine du Toit en medewerkers se vertaling van Michel Houellebecq, uitgegee deur Hond, 2012.

  3. Daar is Henning Pieterse se vertaling van Rilke, Delamaine du Toit van Dante, N.A. Blanckenberg van Vergilius, ensovoorts.

  4. Peter Blum se vertalings van Baudelaire. Barend Toerien se vertalings van Morgenstern. Hennie Aucamp en Arnold Blumer se vertalings van Brecht se liedtekste.

  5. Baie dankie vir die inligting, Daniel. Ek was vaagweg bewus van party van die vertalings, maar nou het ons dit in swart-op-wit! Ek dink ons kan ook Cas Vos se onlangse Dante vertaling hierby voeg. Ek merk onder die vertalings wat jy genoem het, geen Spaanse en Sweedse vertalings nie.

  6. De Waal, jy is sekerlik ook bewus van Uys Krige se vertalings uit Spaans in “Spaans-Amerikaanse keuse” (Human & Rousseau, 1969) en “Verse van Lorca” (Human & Rousseau, 1987).

  7. De Waal Venter is duidelik diep gemoeid met Afrikaanse poësie waarvan heelwat eie gepubliseerde werk. Dit is dus verrassend dat hy beweer dat ná Uys Krige se “Vir die Luit en die Kitaar” (1950) daar nie verder vertalings uit die Romaanse taalruimte was nie. Van die einste Uys het in 1969 by Human en Rossouw ‘n digbundel “Spaans-Amerkaanse Keuse” verskyn (soos Daniel Hugo reeds genoem het) met ‘n veertigtal gedigte uit nege verskillende lande, in ‘n verskeidenheid van style en onderwerpe. Almal, soos die voorbeelde in die 1950 bundel getuig, herskeppings in Afrikaans, eerder as vertalings. Sien ook Desmond Painter se Versindaba blog van Junie 2010.

    Ook noem hy nie Krige se werk “Eluard en die Surrealisme” (1962) nie.

    Uys se Klaaglied vir Ignatio Sanchez-Meijias van Federico Garcia Lorca . het ek al tientalle jare uit my kop maar het ek eers onlangs in Spaans aangedurf. Dit was ‘n openbaring. In sy herskepping neem Uys se weergawe geen vertaal-digterlike vryhede nie – slegs waar dit gaan oor landskaplike- en boerebeskrywings: “…die liefde, gedrenk in trane van sneeu, verwarm hom op die klipkoppies van die veeplase…” – oer-Afrikaanse beelde.

    De Waal kla dat lesers nie meer toegang tot sulke vertaalwerk het nie. Hierdie utgawes is al veertig en meer jare uit druk en sal ongetwyfeld in die huidige vernuwingsklimaat verwelkom word, veral met die baie leesbare inleidende tekste van die erudiete digter-vertaler self, veral as persoonlikhede soos De Waal en Painter dit sou aanbeveel. Die tydstip, 30 jaar na Uys se dood, is ook uitgeknip daarvoor.

    Dan nog ‘n besonder belangrike werk wat De Waal, as DA verteenwoordiger, naby aan die hart sal lê. Uys was diep ontstel toe die Nasionale Party in 1952 kleurlinge van die kieserslys wou verwyder en het openbare protesvergaderings toegespreek. In ‘n bevlieging van poësie na sy kop (soos hy later sê hopelik ook sy hart) skrywe hy in twee maande ‘n siklus van 28 soms werklik epiese gedigte wat die hele tragedie van die Kaapse kleurlinge kaleidoskopies oopvlek. Meer as vyf jaar moes hy sukkel om ‘n uitgewer te vind; uiteindelik het “Ballade van die Groot Begeer en ander gedigte” in 1960 by Balkema verskyn. Die oplaag was klein en is nou selfs moeilik om antikwaries te vind. Dis prakties onbekend omdat daar toe ‘n literêre en politieke “fatwa” oor hom utgespreek is. Dis nòg ‘n sterk kandidaat vir herpublikasie, nou van ‘n unieke persoonlike èn geskiedkundige digbundel waarop die Afrikaanse letterkunde trots behoort te wees.

    In die jare wagtyd het Uys die gedigte in MS versprei (o.a. na my, toe in Pretoria) en voorgelees, o.a. ook aan die jeugdige Adam Small wat in 1958 ‘n gereëlde besoeker by die Kriges was. Dit was ongetwyfeld ‘n openbaring aan die jong skrywer van sy tweede bundeltjie van godsdienstige liefdesgediggies. Vier jaar later verskyn sy nou beroemde “Kitaar my Kruis”, gou-gou akademies opgehemel. Die eintlike bron van hierdie inspirasie het hy, na my beste wete, nooit erken nie.

  8. Eerstens wil ek my dank uitspreek teenoor Balt Verhagen vir hierdie interessante en insiggewende kommentaar. Lyk my daar is heelwat van Uys Krige se lewe en bedrywighede wat nie algemeen bekend is nie.

    Balt praat van ’n vernuwingsklimaat – ek hoop dit kry sterk vorm en lei tot herdruk van Uys Krige se vertalings. Ek dink Ballade van die Groot Begeer” sal veral betekenisvol wees in hierdie tyd. Na my mening aanvaar die meeste Afrikaanssprekende mense vandag waarskynlik dat Afrikaans nie aan net ’n groep sprekers behoort nie, maar dat dit alle sprekers se taal is – in al sy verskillende gestaltes. Dan hoef mens ook net te dink aan die woelinge rondom die bestaan en reg om te bestaan van Afrikaans.

    Ja, ek wil uitgewers graag geesdriftig aanmoedig om herpublisering van Uys Krige se belangrike werk te oorweeg. Daar is ’n hele nuwe geslag wat waarskynlik min weet van sy oeuvre.

    Tweedens wil ek net weer onder die aandag bring dat jonger Spaanssprekende digters se werk taamlik onbekend is vir die meeste huidige lesers van Afrikaanse poësie. Daar is die bekendes soos Neruda en Octavio Paz, maar ook baie knap, nóg jonger, digters soos Pedro Serrana, David Huerta, Tamara Kamenszein en Coral Bracho, asook die Nobelpryswenner, die Sweedse Tomas Tranströmer, wat nog in Afrikaans ontdek moet word.

    Ter illustrasie plaas ek hier ’n gedig van Coral Bracho.

    Una avispa sobre el agua
    .
    La superficie del agua es tensa
    para una avispa,
    es un sendero múltiple fluyendo siempr

    Coral Bracho (1951 – )
    .
    ’n Perdeby op water
    .
    Die wateroppervlak is styfgespan
    vir ’n perdeby,
    dit is ’n netwerk paadjies, altyd vloeiend
    soos die aanraking van die tyd
    op die diep stilte
    van ’n klein plekkie.
    .
    Kort is hierdie
    drywende tydjie; kort
    die malende entjie
    met onophoudelike doolhowe,
    onsekere maalpoele, vlamme,
    en deursigtige
    verwikkeldheid.

    Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

  9. Dit verheug my dat jy so positief op my kommentaar reageer de Waal. Inderdaad, Uys se invloed loop diep en te lank was te veel mense wat saak maak nie bewus òf bereid om dit te erken nie. Iets wat betreklik onlangs eers bekend geword: Oud-hoofregter Albie Sachs vertel hoe hy as jong regte-student in Kaapstad só deur Uys se privaat lesings oor die Romantiese digters begeester was dat dit van hom ‘n oortuigde aktivis gemaak het – wat Uys self seker ook was. Is jy bekend met John Kannemeyer se biografie Die Goue Seun? Dis ‘n baie leesbare, onuitputlike bron van inligting oor Uys wie ek, al was ek baie jonger as mentor en vriend beskou het.

    Jy noem Ballade van die Groot Begeer in een asem met sy vertaalde werk. Dis oorspronklike werk dié, opgewel uit diep liefde vir ons bruin Afrikaners en verontwaardiging oor wat hulle deur sy eie mense aangedoen is. As daar een duidelike baken bestaan van die geldigheid van Afrikaans in die stryd teen apartheid, is dit hierdie versameling soms vlammende, altyd menslike gedigte. Lag en ‘n traan. Dit, meer nog as enige ander van Uys se wonderlike oeuvre, moet toeganklik vir jonger geslagte bly. Ek sal graag met jou persoonlik in verbinding kom om dit en moontlik ander sake te bespreek. balt.verhagen@gmail.com

    Dankie vir die attent maak op jonger digters in Spaans. Ek het sommer voor die voet een van hul gedigte aangedurf

    NADALESCA
    Pedro Serrana (1957- )

    El pino crece, ofrece
    de sus manos a mis manos.
    Árbol de ralladuras,
    se desprende de sí,
    como el agua del cuenco..

    Naaldboom? Oor niemendal?

    Die denneboom groei, bied
    van sy hande in myne
    ‘n krapperige boom
    – vanselfsprekend,
    soos water in die bak
    of die spruit.
    Op my kinders se lippe
    gloei ligkringe
    soos by my, een vir een
    soos sterre van genot.
    In gedagte versamel
    uit die hoek oopgemaak
    in duisend glanse en neute.
    Aarsel en sif dan af
    soos die tombola
    gelykenis van die woning
    homself verhelder
    deur die nagliggies.
    Verwyl die ure
    soos ‘n boom in drome
    die vlerke welwend
    om ons op te pas
    Vanaf ons kinderjare
    maak jy kringe van ligte
    Vonke van vader na kinders.
    Versamel ons sorge
    versamel ons as
    Giet dit in my oë, bring hulle lig
    Vertaal deur Balt Verhagen 25.10.17

  10. Hallo Balt
    Ek het juis onlangs “Die Goue Seun” weer gelees. Dit is ‘n baie nuttige en insiggewende boek oor Uys.

    Dit lyk my daar is ‘n sterk herlewing van belangstelling in Uys Krige se werk. Johan Myburg het gereël dat daar werk van Corné Coetzee, uit sy eie oeuvre en ook myne, voorgelees gaan word op 9 November. Maar daar gaan ook van Uys Krige se vertalings voorgelees word deur Grethe Fox. (Uys Krige is haar oom). Dit gaan by David Krut Books in Johannesburg plaasvind.

    Ek hou van jou vertaling van Serrana. Dis nie maklik om hom omgedig tye kry nie!

Los kommentaar