Wicus Luwes. Vier huise van Neruda (en Jung se droom)

Jung het een nag ‘n droom gehad. Die droom het afgespeel in ‘n huis wat onbekend was aan hom. Hy het egter besef dat die huis aan hom behoort. Jung was op die boonste verdieping van ‘n dubbelverdieping-huis. Die kamer waar hy was, was keurig gemeubileer in die Rococo-styl. Hy het goed gevoel oor die voorkoms van die gebou en het by homself gedink dat hy eintlik glad nie te sleg daar uitgesien het nie. Hy het verder besef dat hy nie weet hoe die onderste verdieping lyk nie. Hy is uit nuuskierigheid met die trappe af. Die grondvloer het uit die vyftiende of sestiende eeu gedateer. Die meubels en versierings het middeleeus gevoel en die vloere was van rooi bakstene gemaak. Hy het van die een kamer na die volgende kamer gegaan. Agter ‘n swaar deur was daar kliptrappe na ‘n keldervlak. Die keldervlak het ‘n Romeinse tema gehad. Die huis het selfs dieper afgewentel – tot in ‘n grot. In die grot het hy op potskerwe en twee skedels afgekom – amper asof hy op ‘n argeologiese uitgrawing afgekom het. Dit was op hierdie stadium dat hy wakker geword het. (Foto hierbo: Jung’s Dream House deur Marc Luscher)

Ek het ook al so ‘n droom gehad oor ‘n huis en dit is eintlik waarom Jung se huis my in die eerste plek geïnteresseer het. As ek my hoogs betroubare supermark tydskrifbronne moet glo, word die dromer deur die huis gesimboliseer. Jung en Freud het beide hierdie droom van Jung probeer uitlê – hul interpretasies het weliswaar verskil. Die huis word gereken as Jung se menslike psige. Drome word gesien as ‘n manier waarop die brein gebeure en emosies van die dag probeer liasseer. Die huis ontlok natuurlik verskillende emosies by verskillende mense. Die huis is ‘n veilige vesting vir die moeë werker; die huis is ‘n plek van trauma vir
iemand wat pas deur ‘n huisbraak geraak is.

Ek het verder daaraan gedink om Pablo Neruda, die digter en diplomaat, se huise kortliks as vier vlakke van bewustheid te bespreek. Dit is nou natuurlik nie drome van Neruda nie, maar eerder vier adresse waar hy gebly het. ‘n Mens kan selfs hierdie huise as toeris besoek. (Indien jy iets soos Google Maps / Google Street View of Apple se GPS-program tot jou beskikking het, kan jy ‘n virtuele toer met my meemaak. Ek het in ‘n rubriek oor Charles Bukowski ‘n soortgelyke virtuele toer onderneem deur huise waar Bukowski gebly het. Klik HIER om daardie toer mee te maak.)

Die vraag is wat die doel van so ‘n besoek aan Neruda se huise sou wees. Sou jy ‘n dieper insig in sy werk of omgewing wou verkry? Sou dit jou eie interpretasie van sy werk verdiep? Die een eienskap van ‘n suksesvolle digter, is die emosionele raakpunte wat hy jou laat ervaar. Anders gestel: Is die reis wat jy onderneem na buite of miskien na binne?

Die vier huise van Pablo Neruda se gedigte kan as volg gesien word:Sy liefdeshuis of liefdesverse, soos vervat in ‘Twenty Love Poems’ en ‘Los versos del Capitan’; sy
materialistiese huis of gedigte, soos in ‘Residentia en la tierra’; sy epiese digkuns met ‘Canto general’ as voorbeeld. Verder is daar sy algemene gedigte – ek sou dit moontlik koppel aan ‘n basispunt leefhuis of tuiste.

Foto: Casa de Isla Negra

Isla Negra / Temuco

Casa de Isla Negra is die huis waar Neruda ‘Canto general’ geskryf het. Die huis is as ‘n soort ‘boot’ beplan. Die huis is met skepe in bottels, kaarte en skulpe versier. Die huis by Isla Negra was Neruda se gunsteling – hy is dan ook daar begrawe. Die huis is 96 km van Santiago en was een van Neruda se drie huise in Chili. Ek dink aan die Isla Negra-huis as sy epiese huis as gevolg van ‘Canto general’ se epiese aard. Isla Negra is bekend om sy storms en Neruda het sy ‘Ode to a storm’ in hierdie huis geskryf na so ‘n groot storm. (Die adres is: Poeta Neruda s/n, Isla Negra, El Quisco, Región de Valparaíso, Chile)

Ode to the Storm

deur Pablo Neruda

Last night
she
came,
livid,
night-blue,
wine-red:
the tempest
with her
hair of water
, eyes of cold fire-
last night she wanted
to sleep on earth.
She came all of a sudden
newly unleashed
out of her furious planet,
her cavern in the sky;
she longed for sleep
and made her bed:
sweeping jungles and highways,
sweeping mountains,
washing ocean stones,
and then
as if they were feathers,
ravaging pine trees
to make her bed.
She took the lightning
from her quiver of fire,
dropped thunderclaps
like great barrels.
All of a sudden
there was a silence:
a single leaf
gliding on air
like a flying violin-
then,
before
it touched the earth,
you took it
in your hands, great storm,
put all your winds to work
blowing their horns,
set the whole night
galloping with its horses,
all the ice whistling,
the wild
trees
groaning in misery
like prisoners,
the earth
moaning, a woman
giving birth,
in a single blow
you blotted out
the noise of grass
or stars,
tore
the numbed silence
like a handkerchief-
the world filled
with sound, fury and fire,
and when the lightning flashes
fell like hair
from your shining forehead,
fell like swords
from your warrior’s belt
and when we were about to think
that the world was ending,
then,
rain,
rain,
only
rain,
all earth, all
sky,
at rest,
the night
fell, bleeding to death
on human sleep,
nothing but rain,
water
of time and sky:
nothing had fallen
except a broken branch,
an empty nest.

With your musical
fingers,
with your hell-roar,
your fire
of volcanoes at night,
you played
at lifting a leaf,
gave strength to rivers,
taught
men
to be men,
the weak to fear,
the tender to cry,
the windows
to rattle-
but
when
you prepared to destroy us, when
like a dagger
fury fell from the sky,
when all the light
and shadow trembled
and the pines devoured
themselves howling
on the edge of the midnight sea,
you, delicate storm,
my betrothed,
wild as you were,
did us no wrong:
but returned
to your star
and rain,
green rain,
rain full
of dreams and seeds,
mother
of harvests
rain,
world-washing rain,
draining it,
making it new,
rain for us men
and for the seeds,
rain
for the forgetting
of the dead
and for
tomorrow’s bread-
only the rain
you left behind,
water and music,
for this,
I love you
storm,
reckon with me,
come back,
wake me up,
illuminate me,
show me your path
so that the chosen voice,
the stormy voice of man
may join and sing your song with you.

 

Daar is ook heelwat van Neruda se gedigte al in Afrikaans beskikbaar: http://versindaba.co.za/2013/10/06/pablo-neruda-vertaling-in-afrikaans/

 

Alhoewel die huis slegs uit een vlak bestaan, het hy ‘n soort toring of koepel laat bou as herinnering aan die huis van sy jeug in Temuco. Die meeste mense speur suksesse of mislukking terug na hul jeug. Ek sou sê dat die Temuco-huis dalk die ‘basispunt’ huis van Neruda kan wees, aangesien dit die fondasie van al sy daaropvolgende huise sou wees. Sy vader het nie sy skryfwerk goedgekeur nie, maar Neruda het in Temuco sy eerste skryfwerk begin publiseer in nuusbriewe ens. (Ek het nie die adres van die Temuco-huis nie, maar gaan kyk gerus na die gebied in geheel: Google Earth)

Ek het ‘n interessante artikel deur Anja van Kralingen op die webwerf van Appliedjung.com gelees. Van Kralingen se artikel poog om Jung se droom te gebruik om die leser te begelei om sy/haar eie droom na aanleiding daarvan te interpreteer. Dit sou seker tot ‘n mindere of meerdere mate van toepassing kon wees op drome oor huise. Die boonste vlak van die huis verwys na jou eie verhaal of die manier hoe jy jou eie lewe opgebou het. Die grondvlak verwys na jou familie – daar behoort kamers op die vlak te wees wat beide die vader en moeder verteenwoordig. Broers, susters, oumas en oupas kan natuurlik ook in vader en moederskant ingedeel word. Die kelderverdieping verwys na die kultuur waar jy in lewe of waarmee jy jouself vereenselwig. Die grot verwys na die groter familie(s) of kultuurlyn(e) –
daar waar twee wortels of miskien twee pilare bymekaargekom het. Die doel met die interpretasie van die droom, is om jouself beter te verstaan. Die interpretasie sou help om jouself beter te verstaan of moontlik om te verstaan hoe jou psige geliasseer word. Die groter doel is dan om te besef wie jy is, of hoe jy jouself sien. Met
hierdie doel op die horison, sou elke vloer van jou droom natuurlik vanuit jou eie oogpunt beoordeel moet word. Dit gaan dus oor die manier hoe jy jou kultuurgroep en jouself sien en nie hoe ander mense dit sien nie – persepsies eerder as feite. Ek redeneer ook by myself dat die interpretasie van drome net so gevaarlik is as om ‘n tuisdiagnose te maak deur op die internet soekenjin in te tik: I have a fever.

Foto: La Sebastiana

La Sebastiana

Neruda se versoek was moeilik: Hy wou ‘n huis naby aan die handel en wandel van die stad hê, maar afgesonder genoeg om te kon skryf. Hy wou verkieslik onsigbare bure hê. Die huis moes nie te groot of te klein wees nie. Dit moes interessant wees, maar nie ongemaklik nie.  Die voorwaardes is grootliks beantwoord deur die ‘La Sebastiana’-huis. Die huis se naam verwys na die vorige eienaar, Sebastian Colloa. Dit het baie trappe gehad en was onvoltooid. (Die trappe het my laat dink aan die verskillende vlakke van Jung se droom.) Ek sou dit wou gebruik om as simbool van Neruda se materialistiese gedigte te staan. Daar is seker ‘n bietjie ironie verskuil daarin om ‘n materialistiese huis aan ‘n kommunistiese skrywer te gee.

Die huis het drie jaar geneem om voltooi te word. Neruda het die huis met kaarte en ander maritieme objekte versier. Daar was onder andere ook ‘n groot portret van Walt Whitman. Een van die bouers het Neruda op ‘n dag gevra of die man in die portret sy vader is. Neruda het geantwoord: “Ja, hy is my vader in digkuns.” (Ek wonder of Whitman in die grondvlak of keldervlak van Neruda se droom sou wees, indien Jung se droom daarop toegepas sou word?) Die adres van die ‘La Sebastiana’-huis is: Ricardo de Ferrari 692, Valparaíso, Región de Valparaíso, Chile .

Foto: La Chascona

La Chascona

Die naam ‘La Chascona’ verwys na verstrengelde hare. Die ‘verstrengelde hare’ het na Matilde Urrutia, sy derde vrou, verwys. Dit was ‘n soort liefdesnaam of bynaam vir haar en haar menigte rooi lokke. ‘n Ander inwonder (en kunstenaar) van die straat waarin ‘La Chascona’ gebou is, Diego Rivera, het ‘n portret van Matilde gemaak. Matilde het twee gesigte in die kunswerk gehad en Neruda se profiel was ook weggesteek tussen die lokke. Ek dink dit is veilig om te sê dat ‘La Chascona’ die liefdeshuis van Neruda is – aangesien dit die liefde van Neruda was wat tot en met sy dood by hom was. Tydens die huis se ontwerp het Neruda en Utteria die huis baie verander. Die argitek het op ‘n stadium te kenne gegee dat die planne vir die huis lankal nie meer sy ontwerp is nie. Neruda se begrafnis het ook by hierdie huis plaasgevind. Die klank van water het Neruda en Utteria die eerste keer na die oop erf aangetrek. Die water het egter die huis oorstroom en tydens die begrafnis het die gaste deur die modder en water heen die dood (en lewe) van Neruda gedenk.

Foto: Diego Rivero se ‘La Chascona’

Daar is mense wat Neruda se huise as deel van ‘n soort pelgrimstog besoek. Een van die reis-artikels het berig dat hulle ‘n Spaanse vrou by een van die huise teegekom het wat sit en huil. Die oomblik het haar oorweldig. Ek wonder hoe drome oor huise geïnterpreteer sou kon word as ons dit in ‘liefdes’, ‘materialisme’, ‘epiese’ en algemene/universele temas in sou deel. Neruda se gedigte gee aan baie mense pelgrimstogte na hul eie psige. Sy gedigte is al vir dekades deel van hoe ons liefde en daaglikse emosies ervaar. Ek vermoed dat daar iewers ‘n foto of portret van Neruda in iemand se strandhuis hang, want ek dink hy is baie mense se vader in digkuns. (Adres vir Google Maps / Street view: Fernando Márquez de La Plata 0192, Santiago, Providencia, Región Metropolitana, Chile)

Ek het een aand ‘n droom oor ‘n huis gehad en dit pla my steeds. Eintlik het ek dit al ‘n paar keer in my lewe gehad. Die huis se voorportaal en buitekant verander met elke droom, maar die binnekant bly dieselfde. Ek besef dat die huis heel waarskynlik my eie psige verteenwoordig. Ek besef dat Jung my reisagent en Neruda my reisgenoot op hierdie reis kan wees. Ek sou graag die veranderende voorportaal met hul wou bespreek, want die huis bly altyd dieselfde.

If You Forget Me
deur: Pablo Neruda
uit: Los versos del Capitán (The Captain’s Verses)

If you think it long and mad,
the wind of banners
that passes through my life,
and you decide
to leave me at the shore
of the heart where I have roots,
remember
that on that day,
at that hour,
I shall lift my arms
and my roots will set off
to seek another land.

 

Bronne:

Jung’s dream house and discovering your own archetypal home


http://meetpneruda.tripod.com/id9.html
https://mobile.nytimes.com/2015/12/20/travel/pablo-neruda-chile.html

Foto-bronne:
http://luscher.org/Jung’s_Dream_House/Jung’s_Dream_House_front_open_SM.jpg
http://spicychile.blogspot.co.za/2009/11/pablo-neruda.html
https://trip101.com/article/la-chascona-pablo-neruda-s-house-museum-in-santiago-de-chile

 

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Wicus Luwes. Vier huise van Neruda (en Jung se droom)”

  1. ‘n Knap en insiggewende essay, Wicus. Dankie hiervoor. Die volgende stelling wat jy maak is baie waar: “Neruda se gedigte gee aan baie mense pelgrimstogte na hul eie psige. Sy gedigte is al vir dekades deel van hoe ons liefde en daaglikse emosies ervaar.” Daar behoort baie meer van sy werk in Afrikaans beskikbaar te wees.

    Hier is ‘n fragment uit een van sy gedigte wat ‘n idee gee van hoe hy oor huise gedinkhet:

    Buenos días… ¿Puedo pasar?…

    Môre … kan ek inloer?

    Môre … kan ek inloer? My naam
    is Pablo Neruda, ek’s ‘n digter. Kom nou net
    uit die noorde, die suide, die middel, van die
    see, daardie een van my wat ek in Copiapó besoek het.
    Ek kom van my huis op Isla Negra en
    ek vra toestemming om by jou huis in te stap, sodat
    jy my gedigte kan lees, sodat ons kan gesels …

  2. Wicus Luwes :

    Dis lekker en interessant om ‘n skrywer uit een so ‘n perspektief te bekyk. Dankie ook vir die vertaling van Neruda se gedigte en die vele ander. Ek geniet dit baie om dit in my/ons moedertaal te lees. Doen asb so voort!

  3. Joan Hambidge :

    Uitstekende stuk. Ek het die huise besoek in Chili.

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2016/01/reisjoernaal-chili-2015-deel-xviii.html

    Hou ook van jou verwysing na die droom.

  4. Wicus Luwes :

    Sjoe, dit moes interessant gewees het. Ek hoop om ook eendag die huise self te besoek.

Los kommentaar