Pieter Fourie. Drie gedigte
gehuggie
[laatlammers]
fien fyndraai kry die tip
hotel in rep-en-roer
drie trewwelers ingeboek
haar hare word getony
vanaand rooi spykerskoene
vir wulpsloop aangeglip
haar ou beproefde lokaas
trefseker in lounge as wip
douvoordag
kroegmandeur kry gewis
die dankieklop
sy blowdjoppie as bonus
*
aunt agie allesweet
het per abuis
haar van vergeet
ook met die bybel raak sy
nou net so deurmekaar
dat nie eers dominee
als kan uitklaar of verklaar
maar weet wil sy weet
was lot se vrou dan so dom
om sewe sakke sout te sluk
en wie se esel het ou simson
se kakebeen skoon afgeëet
*
ou hennerik haarnet
het die wind verpes
met sy kapokkies geboer
die kuikentjies sy doepa
wat seuntjies lok vir loer
na ʼn skelmspeelsoentjie
en ʼn “net ons geheimpie”
stap die grootman huis toe
spoghaantjie in sy handjie
[© Pieter Fourie/ 2018]