Nini Bennett. Die estetika van staal

Dit is meedoënlose poësie – en dit praat die taal van skroewe, spykers, gebreekte klip en die stof van atome.

I swallowed an iron moon

they called it a screw

I swallowed industrial wastewater and unemployment forms

bent over machines, our youth died young

I swallowed labor, I swallowed poverty

swallowed pedestrian bridges, swallowed this rusted-out life

I can’t swallow any more

everything I’ve swallowed roils up in my throat

I spread across my country

a poem of shame

Uit die vers “Iron moon”, soos opgeneem in A new day.

Die 24-jarige Chinese fabriekswerker Xu Lizhi is die digter. In September 2014 het Xu selfmoord gepleeg deur sy liggaam van die sewentiende verdieping uit ’n gebou in die suidelike distrik van Shenzhen te slinger. Tog vorm dié tragedie net een digterstem in die groeiende en protesterende koor fabriekswerkers in China. Xu Lizhi was werksaam by Foxconn, ’n vervaardiger van elektronika en een van die grootste verskaffers van Apple iPhones. In stede daarvan dat Xu – soos die ander voor hom – ingesluk word deur China se ekonomiese groei en transformasie, was sy opoffering nie tevergeefs nie. Na sy dood het vriende ’n versameling van sy verse laat publiseer in ’n plaaslike Shenzhen-koerant; ’n rare eer vir ’n digter afkomstig uit ’n metropool met dertien miljoen inwoners. Die nuwe gesig van Chinese poësie is dié van die werkersklas, wat onder meer as “migranteliteratuur” geklassifiseer word. Verby is die dae wat die kuns van arbeiders as minderwaardig beskou is – die Chinese letterkunde het immers ’n lang en glorieryke geskiedenis met poësie as die mees gerespekteerde nasionale kultuurbate, ’n erfenis wat geassosieer is met die dinastie en met formele of hoër onderrig. Die tradisionele siening was dat skrywers en lesers gekultiveerd is in teenstelling met die ongekultiveerde werkersklas. Volgens Paul Carter is verplasings- of migranteliteratuur die beskouing van literêre uitsette van verskillende lande waarin daar ’n konstruksie, sowel as ’n verwerking plaasvind van die verplaastes se ervaring in ’n wêreldruimte waarin beweging die norm is. Verplasingsliteratuur fokus op kwessies soos identiteit, kulturele wortels, emigrasie, die postkoloniale wêreld, en die politiek van ballingskap en vlugtelingskap. Binne hierdie verplasingspoësie het ’n unieke werkersklaspoësie van die ontheemde fabriekswerkers in China ontstaan.

Ná die verskyning van Xu se verse in die koerant, het vertalers begin om sy werk te bundel, en A new day het die lig gesien. Een van die vertalers, Eleanor Goodman het tydens die saamstel van Xu se nagelate verse die behoefte onder digtende fabriekswerkers raakgesien, en ’n tweede versamelbundel, Iron moon, het verskyn. Waar dokumentêre programme oor China se groeiende ekonomie dekades gelede ’n antropologiese invalshoek gehad het, word daar vandag gefokus op die lot van vlugtelingwerkers, die skeppende werkersklas-individu wat sedert die middel negentigs tradisionele poësie begin uitdaag het met ’n vars en intimiderende eerlikheid. Die dokumentêre film, Iron moon (weer na analogie van Xu se gelyknamige vers) het opnuut die aandag gevestig op verplasingspoësie. In klassieke Chinese poësie word die maan gesien as metafoor van eensaamheid, romantiek of kameraderie; en ’n jukstaposisie van die maan met yster vorm ’n amalgaam van uiterstes. Hierdie ontluistering van die “tradisionele” maan word bewustelik deur fabriekswerkers ingespan om hulle vernietigende werkservaring te verbeeld.

Opvallend van hierdie poësie is die personifikasie van fabriekswerktuig, wat op sy beurt lei tot die objektivering van menswees. Die digter berig oor moordende 14-uur skofte met geen werksekerheid nie; oor toksiese gasse en besoedelde riviere, oor “vampiermasjiene” wat nie net werkers se jeug nie, maar ook hulle gesondheid en ledemate verteer (soos die baie ongelukke in fabrieke getuig.) Die meeste van hierdie poësie word na werk op ’n selfoon getik en aanlyn gepubliseer. Die industrialisasie van China, in tandem met vinnige internet-toegang, het ongeëwenaarde nuwe moontlikhede vir die skrywers van werkersklasletterkunde geskep. Soortgelyk aan die industriële rewolusie in Engeland, bied hierdie poësie ’n nuwe (of versteurde) siening van tyd en ruimte: die ontwrigting van menstruele siklusse; die vervaging van dag en nag en die gevoel van ankerloosheid waar beide die stad, sowel as die platteland as onbewoonbaar ervaar word. Deur poësie te skryf, eis die fabriekswerker ’n stem as individu op. Die neerskryf van hierdie gedagtes / verse is in wese die doel self, ’n strewe na selfvervulling in ’n milieu waar daar ook vervreemding heers teenoor ánder werkers en teenoor die glansbeeld van ’n vooruitstrewende ekonomie. Die digter, Zheng Xiaoqiong noem hierdie mikro-narratiewe van die fabrieksdigters nie om dowe neute die “estetika van staal”  nie: die lotgevalle van uitbuiting, menseregtevergrype, uitputting, ’n gemeganiseerde leefstyl, swak lone, en min of geen vooruitsigte binne ’n groter konteks van besoedeling bied ’n tipe ekopoësie wat nie op ’n veilige afstand geskryf is nie, maar eerstehands, gebore uit dure ondervinding.

Die volgende reëls in ’n vers van Xiaoqiong beeld die naatlose simbiose van mens en masjien uit:

I speak this sharp-edged, oiled language

of cast iron–the language of silent workers

a language of tightened screws the crimping and memories of iron sheets

a language like callouses fierce crying unlucky

hurting hungry language back pay of the machines’ roar occupational

diseases

language of severed fingers life’s foundational language in the dark place

of unemployment

between the damp steel bars these sad languages

. . . . . . . . I speak them softly

En elders betreur ’n digter haar lot só: “: “My finest five years went into the input feeder of a machine. / I watched those five youthful years come out of the machine’s / asshole—each formed into an elliptical plastic toy.”

Hierdie poësie eggo die waarskuwing van Erich Fromm in 1956: “The danger of the past was that men became slaves. The danger of the future is that men may become robots.” Die willose voetsoldate van die antieke Qin-dinastie is nou die outomate van die toekoms – die verontmenslikte en gesinchroniseerde beliggaming van ’n toekomstige metropool. Vervolgens die slotreëls uit Xu se gedig, “Terracotta army on the assembly line”, asook twee verse oor ’n monteerlyn:

(. . .)  these workers who can’t tell night from day

wearing

electrostatic clothes

electrostatic hats

electrostatic shoes

electrostatic gloves

electrostatic bracelets

all at the ready

silently awaiting their orders

when the bell rings

they’re sent back to the Qin

*

I fall asleep, just standing like that

The paper before my eyes fades yellow

With a steel pen I chisel on it uneven black

Full of working words

Workshop, assembly line, machine, work card, overtime, wages …

They’ve trained me to become docile

Don’t know how to shout or rebel

How to complain or denounce

Only how to silently suffer exhaustion

When I first set foot in this place

I hoped only for that grey pay slip on the tenth of each month

To grant me some belated solace

For this I had to grind away my corners, grind away my words

Refuse to skip work, refuse sick leave, refuse leave for private reasons

Refuse to be late, refuse to leave early

By the assembly line I stood straight like iron, hands like flight,

How many days, how many nights

Did I – just like that – standing fall asleep?

Xu Lizhi

Die metafoor van die monteerlyn is sinoniem met Chinese poësie. Die digter Shu Ting het nooit haar skoolopleiding voltooi nie; sy het by die Kulturele Rewolusie aangesluit en in ’n sementfabriek begin werk. In die sewentigerjare het sy begin poësie skryf, en in die tagtigerjare is sy verskeie kere bekroon vir haar werk.

Assembly line

In time’s assembly line

Night presses against night.

We come off the factory night-shift

In line as we march towards home.

Over our heads in a row

The assembly line of stars

Stretches across the sky.

Beside us, little trees

Stand numb in assembly lines.

The stars must be exhausted

After thousands of years

Of journeys which never change.

The little trees are all sick,

Choked on smog and monotony,

Stripped of their color and shape.

It’s not hard to feel for them;

We share the same tempo and rhythm.

Yes, I’m numb to my own existence

As if, like the trees and stars

– perhaps just out of habit

– perhaps just out of sorrow,

I’m unable to show concern

For my own manufactured fate.

Shu Ting

Met erkenning aan Lucas Klein, Carolyn Kizer en Eleanor Goodman vir die vertalings van aangehaalde verse in hierdie blog.

 

Verwysings

http://edition.cnn.com/2010/WORLD/asiapcf/06/28/china.migrant.workers/index.html

https://www.washingtonpost.com/news/worldviews/wp/2014/11/12/the-haunting-poetry-of-a-chinese-factory-worker-who-committed-suicide/?noredirect=on&utm_term=.1773f5c7a406

http://uk.businessinsider.com/foxconn-factory-workers-suicide-poems-2014-11?IR=T

https://www.metafilter.com/167398/The-Chinese-factory-workers-who-write-poetry-on-their-phones

http://www.clb.org.hk/en/content/obituary-peanut-creatively-cynical-world-worker-poet-xu-lizhi

Foster, R., Y. T’Sjoen en T. Vaessens (reds.). 2009. Oor grense. ’n Vergelykende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poësie. Leuven: Uitgeverij Acco.

McClatchy, J.D. 1996. The vintage book of contemporary world poetry. New York: Vintage Books.

 

Bookmark and Share

Comments are closed.