Louis Esterhuizen. Oorgang

Oorgang

 

Op die hoek van strate staan jy

die robot jou trae metgesel groengeelrooi

jy soek iets tussenin

 

op die hoek van strate waar jy

tussendeur verkeer toeters blinknat staal

soek na lappies groen

 

vir die bus wat stilstand bring

by die halte wat nie meer is waar jy hier

op alle hoeke huiwer

 

in die sirkel van ʼn skerpskutter se visier

met die kruispunt se skryfsel

gefokus op jou oog –

 

dáár: die kontak tussen wysvinger

en sneller,

 

in daardie hemelse oomblik leef jy

as die somtotaal van hoeke

en strate

met iets tussenin.

 

Asof dit genade is.

 

 

(c) Louis Esterhuizen / Julie 2018

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Louis Esterhuizen. Oorgang”

  1. Skerp gedig, Louis. In die sin van skerp emosionele impak en skerp vervlegting van verskeie liggings en posionering van die spreker/waarnemer in die gedig. Die “hoekigheid” van die gedig gee die leser nie kans om te ontspan met die lees nie, hy moet gdurig sy perspektiewe dophou om uit te vind waar hy nou eintlik is en waarheen die gedig hom neem.