Ilse van Staden. mot en roes

mot en roes

 

skielik van onthou:

bokse vol ou boeke

waar ek jare gebêre het

stil waters

vir een een-

dag en dig notas opgegaar

vol woorde sorgvul gestoorde

waar weer

my hand dit mak sou vind

maar nie boekgehou

met motte en met

muf en rotte en nou

is hierdeels geskrifte al

wat veel woordelikheid oorhou

 

© Ilse van Staden / 2018

Bookmark and Share

Los kommentaar