Hilda Smits. vir hj

vir hj

wou skryf oor die geheim van jou

voor(t)spoed op ‘n trein onder die lug so wit soos nul & bome wat groei

tot honger vlieë soos motte swaar & sagter as die reën

tot Vuillard of tot onkruid op teen die regop ruit op waar-

agter jou Slowakaanse liggaam van deeg soos ‘n bruid soos ‘n hele

waarheid jou mond se glim, oë neergeslaan soos hande wat weet die kamer –

a is ‘n leuen wat ek van jou lomp & met liefde

in Český Krumlov is kastele van water & vure wat heelnag

 

 

(© Hilda Smits, 2018)

Bookmark and Share

6 Kommentare op “Hilda Smits. vir hj”

  1. Annora Eksteen :

    Lieflik gediggie… evokatief. Ek hoop ek het nou die woord reg gebruik. Dit is sommer so reisend…

  2. Hierdie gedig het my gestonk. Ek was nie eers naby my kolfkampie nie, toe gooi die digter/paaltjiewagter my paaltjies met die bal dat hulle diékant toe waai.
    Die ding is, daar is te min verwysingspunte vir my om agter die kap van die byl te kom. Ek weet nie wie “hj” is nie. Dalk is dit ’n vriend, of dalk ’n bekende persoonikheid – skrywer digter, skilder?
    Ek kon darem vastrapplek kry met Vuillard. My getroue en al amper stukkend geblaaide Wikipedia vertel my: “Jean-Édouard Vuillard (French: [vɥijaʁ]; 11 November 1868 – 21 June 1940) was a French painter and printmaker associated with the Nabis.”
    En dan is daar sy vriend: “Egon Schiele (German:[ˈʃiːlə] ( listen); 12 June 1890 – 31 October 1918) was an Austrian painter. A protégé of Gustav Klimt, Schiele was a major figurative painter of the early 20th century. His work is noted for its intensity and its raw sexuality, and the many self-portraits the artist produced, including naked self-portraits. The twisted body shapes and the expressive line that characterize Schiele’s paintings and drawings mark the artist as an early exponent of Expressionism.”
    En hierdie twee ouens het baie rondgehang in Český Krumlov, ’n stad in die Suid-Boheemse streek van die Tjeggiese Republiek. Baie middeleeuse kastele en besienswaardighede. Die berese agente sê dis een van die skouspelagtigste stede in Europa.
    Bak … (Vir die Nederlanders wat dalk hier mag lees – dit is ’n uitdrukking wat beteken: goed, kom ons gaan voort). Maar hier kom die stonk: die digter wend ’n eiesoortige en ongewone semantiek aan. Ek kry nie die draad nie. Sodra ek ’n stukkie in die hande het, sny dit in my hand in en dan moet ek dit haastig los.
    Al wat ek het is: die digter skryf blykbaar oor die “geheim van jou”. Dalk is hierdie “jou die “hj” van die titel. Dit lyk of die spreker in die gedig en “hj” wat miskien die breërug Slowakaan is, met ’n trein op reis is, na Český Krumlov, of dalk weg daarvan. Hulle het die skilders Vuillard en Schiele bekyk en daardie twee se kuns kleur hulle belewenis van hulle medium-termyn ervaringe en van mekaar. Miskien. Dalk nie?
    Daar is ook nog fotografie ter sake. Iemand se hande (dalk “hj” en dalk ook die Slowakaan) “weet” dat die “kamera ’n leuen is”, d.w.s. dat mens nie kan vertrou wat ’n foto oënskynlik sê nie. Twee mense, byvoorbeeld, wat glimlaggend langs mekaar staan en hande vashou, is dalk nie ’n gelukkige paartjie nie. Dalk het hulle ‘n tragiese uitval gehad kort nadat die foto geneem is?
    Maar, soos ek gesê het, ek is gestonk. Ek kry net hier en daar so ’n flitsende en verdwynende beeld van iets wat dan weer verander asof iemand ’n swaar skildery afgegooi het op die grag waar ek die weerspieëlings probeer ontsyfer. Dis darem nie regverdig nie, mens!

  3. Annora Eksteen :

    Amper gedink die gedig is vir heilige jesus. Verder laat dit my dink aan my en my dogtertjie wat in die week ‘n stoel gevat het en in die moerbeiboom hiernaby soos bye soos swaar motte soos voe”ls gehang en ge”eet het. Verder laat dink dit my aan hierdie kamer waarin ek bly en ek het onlangs ‘n skilderytjie van Vuillard op my rekenaar gebe^re: ‘Die slapende naakte’. Verder is ek net bly om nou ook van Český Krumlov te wete te kom; mens kan nie treinry met nul geld nie, so jy moet met die wolke reis, in hierdie kamer waar ek bly, hoor ek die re”en baie digby en raak lekker aan die slaap met die klank van re”en… so die gedig maak geen sin, maar vir my maak dit sin. En daarby my groot verbeelding dat ek die Slovaakse deeg-vrou is. Nakend aan die slapende raak voor die venster op ‘n bed oorgetrek met Vuillard se ma se gestikte geborduurde koordferweeldeken met die onkruid wat teen dit oprank rondom die gekrulde diefwering… met die re”en wat val denkende aan my muse se pa se kaggel in sy kasteel… in Skotland. Nou sien jy hoekom Hilda Smits dit doen vir my. Eet dit… of slukit, met ‘n wyntjie De Waal. Digkuns hoef nie altyd… in elk geval. ‘n Kasteel tussen water, drome, geheime, leuens… saam met dit kan ek Bonnard en Lautrec ook oproep. En ek aah: is vasgevang.

  4. Marlise :

    De Waal Venter, intussen is ek gevra deur die digter om hj se fototjie by te voeg. Die visuele element verleng/verklank die gedig sommer soveel meer.

  5. Dankie Marlise en Hilda vir die foto. Dit verdiep beslis die leser se ervaring van die gedig. Die gelukkige glimlg van die aantreklike persoon in die foto verskaf ‘n vrolikheid, selfs vreugdelikheid wat nie in die verbale deel van die gedig voorkom nie. Beteken “hj se fototjie” dat dit ‘n foto is van hj of is dit ‘n foto wat hj verskaf het?

  6. carina :

    Dis wonderlik om weer iets van jou te mag lees, Hilda!Dankie.

Los kommentaar