Nuwe publikasie. Die Val (Johannes van Eeden)

Die Val

Johannes van Eeden

Omslag

Die Val is unieke, verrassende poësie met min vergelykbare tekste in die Afrikaanse lettere.  ‘n Kort bundel met dringende verse en titulêre temas van verval wat die leser by intens persoonlike landskappe intrek. Beskikbaar in Afrikaans en Engels. Elke Afrikaanse gedig sluit ook die Engelse vertaling daarvan in. Hierdie bundel sal aanklank vind by en ‘n indruk maak op akademici sowel as alledaagse lesers.• The Fall is singular, surprising poetry with few comparable texts in Afrikaans literature.• A slim volume of urgent verse with titular themes of falling, drawing the reader into intensely personal landscapes. •

Johannes van Eeden is ‘n komponis, digter en entrepreneur. Hy het musiek en tale aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en wen verskeie eerste pryse in komposisie, maar onderbreek sy studies om van loopbaan te verander. Voor Johannes die tegnologie-dienstegroep Humanstate in 2001 stig, begin hy ’n bemarkings- en verspreidingsmaatskappy met verteenwoordiging in 16 lande, sowel as ’n voorste kontemporêre musiekorganisasie. Johannes bly sedert 2009 in Villars-sur-Ollon, Switserland. (Naledi, 2018. R155. Sagteband, ISBN 9781928426196)

 

.

 

Bookmark and Share

Los kommentaar