Breyten Breytenbach. Notre-Dame de Paris, 15 April 2019

.

Notre-Dame de Paris, 15 April 2019

 

maar die groenspaanhaan

wat genael bo op die vingerwysing kon staan

om met ‘n stil vergaan van koper

die verbydraai van eeue die hoof te bied

 

het na benede gestort

deur die inferno van vlamme en roet

om op die werf tussen as en splinters

en gebarste juweelvonke nou gelouter

nog steeds bekkig sy stil weerstandskreet te kraai

 

 

© Breyten Breytenbach

 

 

 

Bookmark and Share

15 Kommentare op “Breyten Breytenbach. Notre-Dame de Paris, 15 April 2019”

  1. Louis Jansen van Vuuren :

    Dankie vir die smeulende woorde
    pragtige vers

  2. Elza Lorenz :

    Vonds uit die vlamme.

  3. vlamgelouter

  4. ‘nog steeds bekkig…’ dankie Breyten

  5. Magda Griesel :

    Dis tyd om te gaan haantjie
    “Il est temps d’aller coq”

  6. wysneus :

    …maar

  7. helena wagenaar :

    Beautiful. Perfectly said

  8. Johann Lodewyk Marais :

    Mooi, Breyten. ‘n Struik digby Notre Dame was/is dikwels oortrek met mossies.

  9. Ek het soveel respek vir hierdie eerlike en kunstige digter en woordmeester, en sou ek graag aan hom die volgende wou vra:
    Dink jy die haan is by ‘n laaste waarskuwings kraai,
    deur die groter kerk se gruwelike verloën,
    nou ewig die nek omgedraai?
    Wanneer sal die mens-dom besef, die Skryfwerker is die Woord van God.
    MargaretCordier Db.

  10. Waldemar Gouws :

    Die hoofhaan op sy eng Galliese werf, en die mossies by hul kerkbossie: lank sal hulle lewe!

  11. 14 Januarie 2019.

    In ligte laaie lê jou baai.

    O Herder goed en groot.
    U profete het onder U staf deurgeloop.
    Bettie, Frans, Gans en Pringlebaai,
    sinnebeelde in die wind verwaai.

    U het gesê U gaan ons doop,
    met die Heilige Gees en vuur.
    Maar Here, hierdie is die Kaap van Goeid Hoop!

    Mense rumoer, baklei en stry.
    Wie gaan hier die blaam voor kry?
    Had ek maar met goud gebou,
    kon die vuur maar kom, my huis sou hou.

    Dan hoor ek U stem by die deur,
    trek jou aan en maak gereed.
    hierdie is ‘n aardse vuur,
    nie die een wat ewig duur.

    15 April.2019.

    Die wind het weer gedraai,
    kerke wat die Woord moet saai —
    word ook nou deur die vuur geskud
    — is almal maar ‘n aardse hut.

    Verganklikheid met Onverganklikheid beklee!

    Wagters op die mure wat Sy booddkap skree.

    Geskryf deur:
    Margaret Cordier( skrywer by Litnet)

  12. Leon Retief :

    Dan vra hulle nog hoekom drink ‘n mens…

  13. Breyten Breytenbach :

    Om die vuur te blus, Leon – om die vuur te blus. Soosj Dawid Kramer sjing: “Skjink nogge doppie da’!”

  14. Margaret :

    Notré Dame.
    skrywe19 April 2019.
    ‘n Vuurwind het gewaai,
    al my juwele afgepluk
    – hoor ons haar nog snik,
    en ‘n haan vir oulaas kraai.
    25 April 2019.
    dié werf voël het boonop verstik,
    aan ‘n Galliese uit ver koring pit —
    die boek van Gallasiërs vermaan,
    mieliegrys wysheid vir ‘n haan.

    MCDb.

  15. Leon Retief :

    Janee Breyten, kom onsj sjkink maar nog ‘n dop. ‘n Grote.

Los kommentaar

 

*