Binneblik

Andries Bezuidenhout. Gewere op ʼn Vrydagoggend

Friday, February 17th, 2012

Esmé Evakwaad (van Trike en Plank) sit gisteraand ʼn skakel na Calexico se weergawe van The Guns of Brixton op Facebook. Ek tref dit vanoggend en luister twee keer daarna. As jy ʼn classic cover, moet jy dit op ʼn klassieke manier doen. Calexico verplaas dit van Londen na die grens van die VSA en Meksiko. Vreemd hoe goed gewere travel, ook in musiek.

You know it means no mercy
They caught him with a gun
No need for the Black Maria
Goodbye to the Brixton sun

You can crush us
You can bruise us
But you’ll have to answer to
Oh-the guns of Brixton

When they kick out your front door
How you gonna come?
With your hands on your head
Or on the trigger of your gun

Opgedra aan Thato Mokoka (16), wat Dinsdag in Bramfischerville doodgeskiet is.

Skildery:
“Garingboom afdraai”, olie op doek, 41 x 51 cm

Alfred Schaffer. ‘n Mislesing van Spinvis se ‘Kom Terug’

Thursday, February 16th, 2012

 

 

Spinvis - ‘Kom Terug’

 

Gooi een steen naar de dag
Zo ver als je kunt
Spoel het zout van je huid
Doof het vuur
Volg het spoor dat er ligt
Zoek niet wat er nooit meer is
Was het zand uit je haar
Geef een naam aan ieder jaar
Drink de tranen op je hand
Zwijg er van
Erf de ogen van je kind
Kijk er door
Koester je geheime hart tot het eind

Reis ver, drink wijn, denk na
Lach hard, duik diep
Kom terug

Droom een boot in de zon
Geef hem zeilen en wind
Kus een droevige mond heel zacht
Voor de dag begint
Bewaar een steen in je tas
Uit het land waar je sliep
Waar je de wonden opliep
Waar een koninkrijk verging

Haal de parels uit de zee
Geef ze weg
Vecht met alles wat je hebt
Verlies het goed
Wacht dan tot het lichter wordt
Je hebt de tijd

Reis ver, drink wijn, denk na
Lach hard, duik diep
Kom terug

 

© Spinvis, van die album ‘Tot Ziens, Justine Keller’, 2011

  

Luister en kyk hier na die video: ‘Kom Terug’

 

 

Narkose

 

Die koffers in die gang die kaste leeg die vensters toe

ek wil nou niks meer hê nie. Hoe lank was ek weg

dae weke ‘n sekonde. Ek is lief vir jou dwaal soos

‘n mantra deur my kop die maan ‘n erfstuk

so naby ek kan met albei hande daaraan raak.

Drie hoera’s vir hierdie weersien, vir die sirkuswiel

vas langs die see ingeplant, die neonvrolikheid my teddiebeer

wat ek in die skiettent gewen het met net een probeerslag.

Ek het die diertjie warm gehou onder my baadjie, ‘n gryns

op sy gesig gestik - as ek hom sou oopsny

en watte uitpeul by die maag die rug die kop, sal hy aanhou

lag, stil en stug. Die nag het my ingehaal op pad terug

die lampe langs die kusweg soos ‘n string pêrels

‘n genadige gids, ‘n felle lyn elektriese lig.

 

 

 

Narcose

 

De koffers in de hal de kasten leeg de ramen dicht

ik heb geen wensen meer. Hoe lang was ik verdwenen

dagen weken een seconde. Ik hou van jou spookt als

een mantra door mijn hoofd de maan een erfstuk

zo nabij ik kan hem met mijn blote handen pakken.

Drie hoeraatjes voor dit weerzien voor het reuzenrad

pal naast de zee geplant, de neon vrolijkheid mijn knuffelbeer

die ik met één keer schieten in de schiettent won.

Ik hield het diertje warm onder mijn jas, een grijns

op zijn gezicht gestikt - zou ik hem opensnijden

watten puilden uit de buik de rug de kop dan bleef hij

lachen, stil en stug. De nacht haalde me in op weg terug

de lampen langs de kustweg als een snoer van parels

een genadige gids, een felle lijn elektrisch licht.

 

 

© Alfred Schaffer. Kaapstad, 2012

 

(Dankie weer aan Francois Smith vir sy voorstelle by my vertaling na Afrikaans. En dankie aan Erik de Jong van Spinvis vir sy bereidwilligheid om my sy songteks te stuur.)

Andries Bezuidenhout. Soms goeie nuus ook

Thursday, February 16th, 2012

Meestal moord en doodslag, korrupsie, stede wat in ondergrondse damme van sianied wegsink (“Die Groot Vrot”) en boekwinkels wat hul deure sluit. Hoe lekker is dit nie om vanoggend oor die heropening van Johannesburg se stadbiblioteek te lees nie. Dis in 2009 gesluit vir restourasie en opgradering, ʼn proses wat nou voltooi is.

Lees meer daaroor in die Mail & Guardian en die Daily Maverick. (Die foto hier bo kom van lg. se werf af.)

Philip de Vos. Sewe dae by die Liebersteins

Wednesday, February 15th, 2012

(tik op prent om te vergroot)

woorde: Philip de Vos

illustrasies: Lorcan White

Andries Bezuidenhout. Landskap met indringerplant

Monday, February 13th, 2012

Ry deur die Karoo en jy sou sweer garingbome (agave sisalana) en turksvye (opuntia tuna) is inheemse plante. Hulle pas net so mooi in woestynlandskappe en ʼn mens sou die Karoo kwalik sonder die twee plantspesies kon voorstel. Tog kom beide oorspronklik uit Meksiko en is na Suid-Afrika toe ingevoer om verskillende redes.

Daar is mense wat beweer turksvye as indringerspesie was ʼn ekologiese ramp, baie soos in Wes-Australië, waar ʼn kranige boervrou in 1839, heel onskuldig, steggies met vriendinne gedeel het en sodoende haar plek in die land se geskiedenisboeke verseker het – as oorsaak van die een van die land se grootste ekologiese katastrofes. Teen 1886 het die Australiese regering wetgewing aanvaar met die gedetermineerde titel van The Commonwealth Destruction of Pricly-pear Act. In 1924 is ʼn Prickly-pear Destruction Commission op die been gebring. In 1926 is ʼn tipe rusper ingevoer as biologiese agent teen die indringerplante.

In Suid-Afrika was daar soortgelyke drama rondom turksvye. Waar boere aanvanklik in hul noppies was met die soet vrugte, is die plant blitsvinnig as indringer beskou. Ek sien William Beinart en Luvuyo Wotshela het pas ʼn boek gepubliseer oor die geskiedenis van turksvye in die Oos-Kaap (Prickly Pear: The Social History of a Plant in the Eastern Cape, Wits University Press, 2012). ʼn Uittreksel uit bemarkingsmateriaal:

“Plants are not quite historical actors in their own right, but their properties and potential help to shape human history. Plants such as prickly pear tend to be invisible to those who do not use them, or at least on the peripheries of people’s consciousness. This book explains why they were not peripheral to many people in the Eastern Cape and why a wild and sometimes invasive cactus from Mexico, that found its way around the world over 200 years ago, remains important to African women in shacks and small towns… The central tension at the heart of this history concerns different and sometimes conflicting human views of prickly pear. Some accepted or enjoyed its presence; others wished to eradicate it. While commercial livestock farmers initially found the plant enormously valuable, they came to see it as a scourge in the early twentieth century as it invaded farms and commonages. But for impoverished rural and small town communities of the Eastern Cape it was a godsend. In some places it still provides a significant income for poor black families. Debates about prickly pear… have played out in unexpected ways over the last century and more.  Some scientists, once eradicationists, now see varieties of spineless cactus as plants for the future, eminently suited to a world beset by climate change and global warming.”  

Skildery:

“Turksvy naby Middelburg”, olie op gemonteerde doek, 35 x 24 cm

Alfred Schaffer. ’n Mislesing van ‘Klein Tambotieboom’

Thursday, February 9th, 2012

‘n Mislesing van ‘Klein Tambotieboom’ van Die Heuwels Fantasties

As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison

Jy het nie ‘n graad nie
En jy het nie ‘n kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar
En die verte in van ‘n krans af te staar

Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
En deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag

As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison

Geïsoleer in donderweer
Ver van die wolkekrabbers
Net die atmosfeer wat aan ons kleef
En ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
Jy weet ek het nie
Ek het nie ‘n agenda nie

Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
En deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag

As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison (2x)

(c) Die Heuwels Fantasties, 2009

Luister hier na die video: ‘Klein Tambotieboom’ (video)

Cliffhanger

Uit die bloute het die eenvoud toegeslaan ek asem in

en uit toe nie meer nie, asof ek vassit in ‘n draaideur

blik na binne blik na buite. Ek het gereeld hier gekom

die lug was yl ‘n klompie bome, heeldag die sonderlinge reuk

soos verf die manjifieke geur van die volkome stilte.

As jy ‘n storie dikwels genoeg oorvertel

verdamp die inhoud vanself, wat oorbly is grond

klippe wortels kalk en ‘n beligting so genadeloos

dit laat my uitbars van die lag asof ek roerloos dans.

Die berge die vallei die dorp waar elke dag toeriste dwaal

daar iewers moet my kar staan, in die kattebak ‘n reënbaadjie

my wapen en ‘n sak met inkopies - ek het nie

so lekker geparkeer nie maar dit kry jy as jy haastig is.

         

      

Cliffhanger

In één klap sloeg de eenvoud toe ik ademde

en toen niet meer, alsof ik klem zit in een draaideur

zicht op binnen zicht op buiten. Ik kwam hier graag

de ijle lucht en een paar bomen altijd rook het vreemd

naar verf de magnifieke geur van de volkomen stilte.

Als een verhaal maar vaak genoeg wordt doorverteld

verdampt de inhoud als vanzelf wat blijft er over grond

gesteente wortels kalk en een belichting zo genadeloos

dat ik ervan moet lachen, alsof ik zonder te bewegen dans.

De bergen de vallei het dorp waar elke dag toeristen dwalen

ergens moet mijn auto staan, in de achterbak een regenjas

mijn wapen en wat boodschappen - ik had hem wat

onhandig geparkeerd maar ik had haast dan krijg je dat.     

     

© Alfred Schaffer. Mosselbaai, 2012

(Dankie aan Francois Smith vir sy voorstelle by my vertaling na Afrikaans.)

Andries Bezuidenhout. Billy Collins en torings

Thursday, February 9th, 2012

My blogs is seker ʼn bietjie soos ʼn plaat wat vassit, sit, sit, sit, sit. Helaas, daar is nog soveel wat ek oor kerkgeboue wil sê, so wees my platespeler tog genadig. Op die noot van vorige gesprekke met Leon Retief oor o.a. sekularisering, die volgende van Billy Collins, net om ʼn bietjie humor aan gewigtige sake te verleen:

Not only in church
and nightly by their bedsides
do young girls pray these days.

Wherever they go,
prayer is woven into their talk
like a bright tread of awe.

Even at the pedestrian mall
outbursts of praise
spring unbidden from their glossy lips.

Die gedig, uit Ballistics, se titel is “Oh, My God!”

Ook op ʼn ligter noot, ʼn gebou wat my laat glimlag het. Volgens Luckhoff se Nederduits Gereformeerde Kerkgebou se hoeksteen kom die gebou uit 1923, alhoewel die gemeente reeds is 1892 gestig is. Dis ʼn mooi gebou, van swart klip. Daar is egter twee dinge wat nie heeltemal so lekker op die nostalgiese pupil van ʼn amateurentoesias van Suid-Afrikaanse kerkargitektuur val nie.

NG Kerkgebou, Luckhoff

NG Kerkgebou, Luckhoff

Die eerste is die rooi teëldak. Waarskynlik is baie geld daaraan spandeer, maar dit lyk net ʼn bietjie té modern vir die gebou se ouer bene.

Die tweede is die kerktoring. Die gebou is aanvanklik met ʼn gewel aan die voorkant gebou en die toring is eers in 1858 bygevoeg. Soortgelyke klip is daarvoor gebruik, maar die lyne van die gewel van weleer skyn nog deur.

Die kerk se binnekant het my egter onvoorwaardelik bekoor. Die gewelmotief word in die preekstoel herhaal. Ek hou ook van kandelare vir die gloeilampe en die langsteelwaaiers wat aangebring is om die Vrystaatse somerhitte te temper. Langs die preekstoel staan ʼn ou traporrel.

 

Preekstoel en traporrel

Preekstoel en traporrel

Balkon, waaiers, lampe

Balkon, waaiers, lampe

In die konsistorie hang ʼn foto van voormalige leraars, ook Ds. E.G. Malherbe, wat die gemeente van 1895 tot 1903 gedien het. Moeilike jare hierdie, die jare van die Anglo-Boereoorlog.

 

 

Foto van 'n foto

Foto van foto

Ek wens ek kon sien hoe die kerkgebou gelyk het voor die harvey tiles en die toring.

 

Desmond Painter. En wat as Czeslaw Milosz verkeerd was?

Saturday, February 4th, 2012

Czeslaw Milosz

Czeslaw Milosz

 

And Yet The Books - Czeslaw Milosz

And yet the books will be there on the shelves, separate beings,
That appeared once, still wet
As shining chestnuts under a tree in autumn,
And, touched, coddled, began to live
In spite of fires on the horizon, castles blown up,
Tribes on the march, planets in motion.
“We are, ” they said, even as their pages
Were being torn out, or a buzzing flame
Licked away their letters. So much more durable
Than we are, whose frail warmth
Cools down with memory, disperses, perishes.
I imagine the earth when I am no more:
Nothing happens, no loss, it’s still a strange pageant,
Women’s dresses, dewy lilacs, a song in the valley.
Yet the books will be there on the shelves, well born,
Derived from people, but also from radiance, heights.

 

Marlies Taljard: Maan, onder, alleen, skink wyn …

Saturday, February 4th, 2012

Maan en water

Maan en water

 

Die maan is een van die bekendste poëtiese simbole en kom ook in die Afrikaanse poësie dikwels voor. Wie van ons het nog nooit gelees van minnaars wat mekaar in die maanskyn omhels nie, en wie ken nie I.D. du Plessis se bekende gedig Rietfontein waarin die weerkaatsing van die maan op water die sentrale motief vorm nie: “Wit is die water / en blond is die maan …”

In die Oosterse poësie is die maan ‘n diep mistieke simbool met baie ambivalente betekenisse. Ons vind iets daarvan terug in (onder andere) die poësie van Breyten Breytenbach, oor wie ek in my volgende blog wil skryf. Vandag se blog wil ek egter wy aan ‘n bekende Chinese gedig uit die Tang dinastie (agtste eeu). Die titel word algemeen vertaal as Drinking Alone by Moonlight, maar kan ook letterlik honderde ander interpretasies hê. Die gedig is deur die Tao-digter Li Bai (701 – 762) geskryf.

Omdat die Engelse taal nie naastenby so lenig en subtiel is soos Chinees nie, is dit bykans onmoontlik om Chinese gedigte in Engels te vertaal. Ook is die geweldige verskille tussen die twee tale meestal ‘n groot belemmering wanneer vertalings wel aangedurf word. Vanweë die geweldige diepte van Chinese poësie – soos ook poësie uit alle ander Oosterse tale – is dit onmoontlik om in ‘n vertaling die hele trefwydte (of ook maar net ‘n fraksie daarvan!) in die vertaalde produk vas te vang. Chinese gedigte het meestal ‘n sterk spirituele of filosofiese dimensie met simboliek wat spesifiek op dié aspekte van die gedig inwerk om dit meerduidig te maak. Vir Westerse mense is dit reeds om dié rede baie moeilik om die gedigte te verstaan, omdat ons nie die kompleksiteit van die Chinese kultuur en taal verstaan nie. Hierdie hindernisse verhoed ons egter nie om die poësie te geniet nie: die vervreemdingseffek daarvan maak dit juis vir ons as Westerlinge aantreklik. Die skoonheid van vertaalde gedigte is vir ons meestal geleë in die vrye interpretasie wat daaraan geheg kan word, ‘n vryheid wat die leser byna onbeperkte interpretasiemoontlikhede toelaat, soos gesien kan word uit die vertaling wat ek hier onder afdruk. In dié opsig werk vertaalde Chinese gedigte dus so ‘n bietjie soos die postmodernisme, waarvan ons dikwels lees dat “alles kan”.

Wanneer ‘n mens ‘n vertaling lees, soos dié van Drinking alone by moonlight, moet ‘n mens in gedagte hou dat Chinees ‘n baie antieke taal is, deurdrenk met rituele en spirituele betekenis waar ‘n enkele eensillabige woord etlike verskillende betekenisse kan hê. Hoewel gedigte dikwels eenvoudig en selfs naïef mag lyk, is dit meestal bedrieglik en lê daar onder die eenvoudige oppervlak ‘n ryke betekenis en simboliek verskuil vir lesers wat oor die nodige interpretasievaardighede beskik. ‘n Meesterdigter kan die hele kosmos in ‘n paar lettergrepe opsom!

Diegene wat die Tao te Ching ken, behoort te weet dat Tao-poësie gekenmerk word deur eenvoud en ‘n nie-kritiese ingesteldheid. (Lees veral die sublieme vertaling van Gia-Fu Feng en Jane English!) Die Taoïs beoefen geduld met en liefde vir alle lewe, omdat die kosmos een is en hy slegs ‘n enkele faset daarvan. Theo. Wassenaar se See-sonnet stel min of meer dieselfde tema: “Die skepping het ook my sy doel gegewe: / Een polsslag in die groot heelal.” Li Bai se werk vertoon sterk ooreenkoms met die Tao te Ching en word eweneens gekenmerk deur uiters simplistiese taal en struktuur en ‘n naïewe aanvaarding van die kosmos soos dit is. Die Taoïs begeer niks en poog slegs om deel te word van die groot ritme en harmonie van alle dinge sodat die skepping nie deur hom en sy begeertes versteur word nie. Dit is ‘n filosofie van “laat-gaan” en “laat-wees” in ‘n wêreld wat sonder voorbehoud perfek is soos dit op enige gegewe oomblik is. Selfs Chinese lesers beskou Tao-poësie as besonder diep en moeilik peilbaar.

Die onderstande is ‘n “vertaling” van Li Bai se Drinking Alone by Moonlight – meer ‘n vertaling van die woorde en/of begrippe soos dit in die gedig voorkom. Soos reeds gesê, kan die meeste van dié woorde/begrippe egter ook, soos die kwashaal breed of smal lê of soos die klem verskuif of bloot vanweë die sintaksis van die woord of sin, baie ander verskillende betekenisse ook hê:

Yuè Xià Dú Zhuó     (moon, under, alone, pour wine)

Huā jiā yī hú jiŭ     (blossom, among, one, pot, wine)

Dú zhuó wú xiāng qīn     (alone, pour wine, without, one another, intimate)

Jŭ bēi yāo míng yuè     (to lift, cup, invite, bright, moon)

Duì yĭng chìng sān rén     (couple, shadow, complete, three, people)

Yuè jì bù jiĕ yĭn     (moon, since, not understand, drink)

Yĭng tú suí wŏ shēn    (shadow, disciple, follow, my body)

 Zàn bàn yuì jiāng yĭng     (temporary, companion, moon, shadow)

Xíng lè xū jí chūn     (to go, cheer, must, to reach, spring/joy)

Wŏ gē yuè pái huí     (I, song, moon, irresolute, wander)

Wŏ wŭ yĭng líng luàn     (I, to dance, shadow, remnant, in confusion)

Xĭng shí tóng jiāo huān     (to be awake, accompanying, to make friends, joyous)

Zuì hòu gè fēn săn     (intoxicate/finally, each, divided, scattered)

Yŏng jiē wú qíng yóu     (forever, to bind, not, merciless, to travel/roaming)

Xiāng qī miăo yún hàn  (heavenly river/Milky Way, profound/remote, cloud)

Deur net die ongeïnterpreteerde vertaling hierbo te lees, sal elke leser die gedig basies (in sy/haar gedagtes) herskryf volgens ‘n persoonlike interpretasie van die taaltekens. So word die leser dus tegelyk die verbruiker én die skrywer van sy/haar eie teks – die leser word die eienaar van die teks. ‘n Mens sou die blote lees van die grammatikaal versteurde teks wat – soos dit letterlik daar staan – geen logiese en gestruktureerde betekenis het nie, selfs as ‘n soort Tao-terapie kon beskou, deurdat die leser daarvan afsien om betekenis op die teks af te druk of selfs af te forseer. Dit is dus inderdaad ‘n oefening in “laat-staan”, “laat-gaan” en “laat-wees”! Dit kan besonder bevrydend wees om jouself toe te laat om die gedig net te absorbeer, om as bo-sintaktiese konsep jou gedagtes te suiwer en jou van vooropgestelde idees oor wat betekenis is, te suiwer. So ‘n oefening kan ‘n stress-ontladingskuur wees in ‘n omgewing waarin ons selfs in ons slaap soms worstel met gedagtes en met sin-gewing aan die baie invloede wat van buite op ons inwerk. Sit alleen en laat die gedig toe om jou binne te vloei sonder om te vra wat dit beteken – laat dit net wees en sit ‘n paar minute in stilte saam met die gedig – en dit sal tot jou spreek! In Indië is daar ‘n spreekwoord wat sê die gedagtes is soos ape in ‘n boom wat gedurig van een tak na die ander spring. Om jou gedagtes te suiwer van ape, is die eerste stap na bevryding van die siel. Poësie is ook in die Ooste ‘n manier om die gedagtes tot stilstand te bring en spanning te ontlaai – ons behoort hier meer op daardie funksie van poësie te fokus!

Dalk kry jy die algemene idee van ‘n laatmiddag in die lente onder ‘n perskeboom vol in die blom, die gevoel van die porseleinkoppie in jou hand en later die skink van ryswyn ter verkwikking onder ‘n volmaan …

‘n Laaste interessante opmerking: Ezra Pound se karakter Rihaku, die “wandering poet” is gebaseer op ‘n karakter wat Li Bai geskep het, die reisende digter wat nooit sonder sy wynfles aan sy gordel gesien is nie. Op ‘n dag, terwyl hy te veel ryswyn gedrink het, het hy verdrink toe hy probeer het om die maan se weerkaatsing in die rivier met sy drinkbeker op te skep. So kan die gedig dus heel anders geïnterpreteer word as die effek van maanlig en water op die drinker. ‘n Simboliese verklaring van die letterlike gebeure betrek die bekende yin-yang-konsep waarin die lig van die maan die yang-aspek en die skaduwee die yin-aspek verteenwoordig. So dien die menslike karakter as dinamiese balans tussen die twee teenoorgestelde kragte. Volgens die Tao-filosofie moet alle kragte in die kosmos uitbalanseer om ‘n uiteindelike harmonie tot stand te bring. Volgens hierdie interpretasie is daar dus nie ‘n letterlike maan, ‘n persoon of ‘n skadu nie, en staan hierdie simbole vir die teenstellende aspekte van die mens wat versoening vind wanneer water, rivier en mens een word en ophou om as individuele entiteite te bestaan in die oneindige wysheid en volmaaktheid van die kosmos.

Ook hierdie spekulasies lei tot onrus van gedagte: laat die gedig dus bloot wees wat dit is, aanvaar dit sonder oordeel; dit is nooit bedoel om op die vlak van die intellek verstaan te word nie – per slot van sake was die digter ‘n Taoïs!

 

Andries Bezuidenhout. Philipstown se kerke

Friday, February 3rd, 2012

Die skildery hier bo is van ʼn straattoneel in Philipstown, ʼn dorpie in die Noord-Kaap. Dis moeilik om lig in landskapskilderye reg te kry. ʼn Mens moet die lug bo die landskap oortuigend laat praat met hoe skaduwees teen plante en mure val. Een manier om dit te doen, is om tonele in die vroegoggend of laatmiddag te kies – lang skaduwees en kolle lig wat teen mure val. Ek eksperimenteer egter op die oomblik met tonele in die bliksemse hitte van die middel van die dag – die son reg bo.

Dit was baie warm toe ons Philipstown in Desember besoek het. Die dorp is na Sir Philip Wodehouse, goewerneur van die Kaapkolonie van 1861 tot 1870, vernoem. Philipstown is ook I.D. du Plessis se geboortedorp. Elke dorp kan seker spog met een of ander digter of skrywer wat eens daar gewoon het. Nietemin, die dorp is in 1865 gestig as kerkdorp vir die Gereformeerde Kerk na afstigting van die Colesberggemeente. Dis dus een van daardie rare Suid-Afrikaanse kerkdorpe waar die Gereformeerde Kerkgebou in die middel van die dorp staan, en die Nederduits Gereformeerdes tevrede moet wees met ʼn straatblok iewers sylangs. In Philipstown is die Gereformeerde Kerkgebou ʼn pragtige, effe strak, sandsteengebou wat vandag nog in die middel van die dorp staan. Bouwerk aan die kerk is blykbaar in 1878 voltooi.

Ou foto van Philipstown se Gereformeerde Kerkgebou

Ou foto van Philipstown se Gereformeerde Kerkgebou

Hoe dit vandag lyk

Hoe dit vandag lyk

Detail aan die agterkant

Detail aan die agterkant

Die heining

Die heining

Die NG Kerkgebou is in 1893 op die ou skoolterrein opgerig, twintig jaar na die oorspronklike afstigting van die Colesberggemeente. Die boukomitee het gesorg dat die toring darem hoër is as die Dopperkerk in die middel van die dorp.

 

Philipstown NG Kerkgebou, ou foto

Philipstown NG Kerkgebou, ou foto

NG Kerkgebou vandag

NG Kerkgebou vandag

Die onstaan van die nabygeleë dorp De Aar in die vroeë 1900s het beide Gereformeerde en NG gemeentes op Philipstown ʼn knou toegedien. In 2010 het die NG Gemeente slegs 162 lidmate gehad. Met ʼn rit deur die dorp word ʼn mens deur verskeie vervalle geboue gekonfronteer. Volgens koerantberigte het inwoners onlangs die dorp se stadsraad gedagvaar, omdat basiese dienste nie gelewer word nie.

 

Philipstown, muur en venster

Philipstown, muur en venster

Skildery:
“Somersonnewende, Philipstown”, olie op gemonteerde doek, 24 x 35 cm

Desmond Painter. Szymborska se kat

Thursday, February 2nd, 2012
Szymborska

Szymborska

Ek het op 5 Augustus laasjaar ‘n gedig van Wislawa Szymborska op my blog geplaas, ‘On Death, Without Exaggeration’. Sy eindig daardie gedig so: “There’s no life / that couldn’t be immortal / if only for a moment. // Death / always arrives by that very moment too late. // In vain it tugs at the knob / of the invisible door. / As far as you’ve come / can’t be undone.”

Sy is gister in die ouderdom van 88 jaar oorlede, en sy laat iets agter wat beslis nie ongedaan gemaak kan word nie. Onsterflik, op ‘n manier. En op ‘n ander manier ook nie. Vir jou kat is jy immers meer as ‘n digter.

 

*

 

Cat in an empty apartment – Wislawa Szymborska

 

Die — You can’t do that to a cat.

Since what can a cat do

in an empty apartment?

Climb the walls?

Rub up against the furniture?

Nothing seems different here,

but nothing is the same.

Nothing has been moved,

but there’s more space.

And at nighttime no lamps are lit.

 

Footsteps on the staircase,

but they’re new ones.

The hand that puts fish on the saucer

has changed, too.

 

Something doesn’t start

at its usual time.

Something doesn’t happen

as it should. Someone was always, always here,

then suddenly disappeared

and stubbornly stays disappeared.  

 

 

 

Andries Bezuidenhout. Herinnering aan Szymborska

Thursday, February 2nd, 2012

Ter nagedagtenis aan Szymborska, die volgende vertaling uit die argief:

VERSLAG UIT DIE HOSPITAAL
(vertaling van Relacja ze szpitala deur Wisława Szymborska)

Ons het lootjies getrek, oor wie hom sou gaan sien.
Dit was ek. Ek het van ons tafel af opgestaan.
Dit was amper besoekerstyd.

Hy het nie my groet beantwoord nie.
Ek het sy hand probeer vat – hy’t dit teruggetrek
soos ʼn honger hond wat ʼn been beskerm.

Hy’t skaam gelyk oor doodgaan.
Ek weet nie wat jy vir iemand soos hy sê nie.
Ons het verby mekaar gekyk, soos in ʼn fotomontage.

Hy’t my nie gevra om te bly of loop nie.
Hy’t oor niemand aan ons tafel navraag gedoen nie.
Nie oor jou nie, Coetzee. Nie oor jou nie, Kotze. Nie oor jou nie, Coertze.

My kop het begin pyn. Wie gaan vir wie hier dood?
Ek’t die mediese wetenskap en drie viooltjies in die gras besing.
Ek het oor die son en donker gedagtes gesels.

Dankie tog vir die trappe om mee af te hardloop.
Dankie tog vir ʼn hek om oop te maak.
Dankie tog julle almal wag vir my by ons tafel.

Hospitaalreuke maak my siek.