Binneblik

De Waal Venter. Spaanssprekende digters

Friday, February 24th, 2017

David Huerta

Hedendaagse Spaanssprekende digters

Deel 1

In die Spaanssprekende literatuur van Spanje en Latyns-Amerika was daar ook ’n groep “Sestigers” wat vernuwende werk gelewer het. In die naoorlogse jare het digters ’n styl begin ontwikkel vanaf ongeveer die middel van die twintigste eeu, wat weggebreek het van die vorige geslag s’n.

’n Groep digters het aan die einde van die sestigerjare vorendag gekom wat sterk gekonsentreer het op vormgewing, iets wat nie so belangrik was vir die voorafgaande “sosiale” digters nie. Verder was die nuwe digters ook geïnteresseerd in die “massakultuur” van film, “comics” en popmusiek en ander verskynsels eie aan daardie tyd. Hierdie digters het die groepnaam “Los Novísimos” gekry. Ten spyte van die groep-tipering het hulle in ’n verskeidenheid style geskryf.

In die tagtigerjare het die digters begin skryf in figuratiewe, metafisiese en irrasionele style. In die middel van daardie tydperk het ’n groep gevorm met die naam “La Diferencia” (Die Verskil). Hulle het literêre vryheid en onafhanklikheid voorgestaan en poësie wat op ervaring gebaseer is, teengestaan. Hulle het geglo dergelike poësie is te dominerend en beskermd. Nes die Spaanssprekende “Sestiger” digters het hulle ook baie aandag gegegee aan stilistiese oorweginge, veral ten opsigte van figuurlike taal. Die doelstellinge van hierdie digters was diversiteit en teenstand in ’n samelewing wat hulle gesien het as toenemend besig om eenvormig te word.

Vanaf 1990 het die metafisiese poësie verder ontwikkel. Daarenteen het Spaanse realisme weer begin aanklank vind. Dit was gefokus op emosies van moegheid en teleurstelling. Van die digters wat nou in hulle sestigerjare is, se style word bestempel as “neo-barok”.

In die nuwe eeu het ’n nuwe geslag digters weer eens besluit om ervaring-gebaseerde poësie te verwerp. Hulle het geglo aan “vry” skrywing sonder beperkings. En weer tref mens in hierdie groep ’n wye reeks style en uitgangspunte aan. Onder hulle is daar ekpressionistiese  en eksistensiële digters. Baie van hulle skryf in ’n ernstige toon met onderliggende ironie. Streekstyle is ook ’n kenmerk van hierdie hedendaagse digters.

David Huerta

Die Meksikaanse digter, David Huerta, se kort gedig “Aural” is gelaai met verskeie betekenislae. Hier is die Afrikaanse weergawe.

Aural

Escarcha sucia del audio

en la penumbra nómada

del automóvil;

ungido por la música.

Klanke

Besoedelde ryp uit die luidspreker

in die nomadiese skemerte

van die motor;

’n moeras van klanke

waarin die naald van gehoor

skaars kan beweeg.

Skielik ’n Torch Singer

bars deur Wittgenstein

met die vurke van de Cante Jondo …

Hoe doen sy dit? Hoe

ontkoppel, ontbind sy tale,

laat die wêreld vloei – en bo en behalwe dit

voeg sy grasie

en tragedie by?

Die motor

gaan die nag in

gesalf met musiek.

Die gedig beskryf ’n motorrit waartydens die verteller in die gedig luister na die motorradio. Die radio word ingeskakel op verskeie stasies wat verskillende tipes musiek uitsaai. Eers hoor mens van ’n “Torch Singer” wat dan vervang word deur ’n Cante Jondo sangeres. Op hierdie punt verdiep die gedig meteens deur die melding van Wittgenstein. Dit is nou nie meer net ’n stemmingsvolle beskrywing van ’n motorrit nie – die digter vra nou die leser om te besin oor die aard en funksie van taal.

Om die werking van hierdie wending in fokus te kry, kyk ons kortliks na wat Cante Jondo nou eintlik is.

Cante Jondo sangeres

Cante Jondo

Uit Wikipedia:

“Cante jondo is a vocal style in flamenco. An unspoiled form of Andalusian folk music, the name means deep song (Spanish hondo = “deep”.) It is generally considered that the common traditional classification of flamenco music is divided into three groups of which the deepest, most serious forms are known as cante jondo. The name is spelled with a j as a form of eye dialect because traditional Andalusian pronunciation has retained an aspirated h lost in other forms of Spanish.”

Die digter wil klaarblyklik aantoon dat die sangeres van die Cante Jondo lied aspekte van Wittgenstein se persepsies kragtig aan die bod bring. Sy “bars deur Wittgenstein” en dan “ontkoppel en ontbind” sy tale. “Hoe doen sy dit?” vra die digter.

Voor ons gaan probeer verstaan hoe sy dit doen, laat ons eers kortliks ons geheues verfris oor party van die kernpunte wat Wittgenstein gemaak het in verband met taal.

Bron: Slate

The Limits of Language

Wittgenstein explains why we always misunderstand one another on the Internet.

By David Auerbach

For the sake of investigation, let’s consider what Pears’ interpretation might mean. It means that instead of a word having a fixed definition or referent, a word is an evolving entity that carries its own history with it through time, picking up new nuances and discarding old ones as practices (linguistic and life) shift. This is trivially true in a sense, as you can see from dictionaries grudgingly accepting that literally now also means “not literally” and me grudgingly accepting that begging the question will usually mean “raising the question” for the rest of my natural life and I should just start saying petitio principii instead.

So, language is quicksand—except it’s not. Unlike the parlor tricks of the deconstructionists who bloviate about différance and traces, there clearly are rules that shouldn’t be broken and clearly ways of speaking that are blatantly incorrect, even if they change over time and admit to flexible interpretations even on a daily basis. It’s just that explicitly delineating those boundaries is extremely difficult, because language is not built up through organized, hierarchical rules but from the top down through byzantine, overlapping practices. Some things can be pinned down with practical certainty, just not in isolation and without context.”

Die Cante Jondo sangeres met haar hartstogtelike uiting, demonstreer hoe taal, volgens Wittgenstein, van “bo na onder tot stand kom deur oorvleuelende bisantynse praktyke”.

Hier is ’n stukkie Cante Jondo liriek wat moontlik kan help om hierdie idee verder te belig. Dit is ’n lied wat Federico García Lorca aanhaal in sy drama “Mariane Pineda”.

Mariana Pineda

Pues si mi pecho tuviera

Wel, as my bors

gebrandskilderde vensters gehad het

sou jy opkyk en sien

dat trane van bloed gehuil word.

Die onwaarskynlikheid van ’n bors met gebrandskilderde vensters word ’n werklikheid in die milieu van die lied. Soos Wittgenstein dit stel: “It means that instead of a word having a fixed definition or referent, a word is an evolving entity that carries its own history with it through time, picking up new nuances and discarding old ones as practices (linguistic and life) shift.”

Wie is David Huerta?

Bron: Poetry Translation Centre

“David Huerta was born in Mexico City in 1949. He is one the leading poets of the generation that first came to prominence during the 1970s in Mexico. He published his first book of poems, El Jardín de la luz [The Garden of Light] (1972), while still a student in the Faculty of Philosophy and Arts at Mexico’s Autonomous National University (UNAM).

Aside from his poetry, David Huerta has translated works from Italian and English, and is an editor of the Mexican publishing house Fondo de Cultura Económica. He writes a column for the Mexican weekly Proceso, and teaches literature at the Universidad Autónoma de México. His latest book, El correo de los Narvales, is dedicated to the work of Pablo Neruda.

In 2006 David Huerta was awarded the prestigious Xavier Villaurrutia Prize for the new edition of Versión and for his lifelong contribution to Mexican literature. He is an active member of the Sistema Nacional de Creadores.”

Coral Bracho

Coral Bracho

Sy is in 1951 in Meksiko gebore en het tot op datum ses bundels poësie gepubliseer. Hier is twee kort gedigte van haar.

El canto del gallo

El canto del gallo

soltó su sol

a mitad del cuarto. Las llamaradas

entreabrían la cortina.

Die haan se lied

Die haan se lied

het sy son losgemaak

in die middel van die kamer. Die glans

het die gordyn half oopgewaai.

Bracho se poësie word deur sommige kritici as “hedendaagse neo-barok” beskryf. Die helder, eenvoudige, maar kragtige reëls laat mens amper na jou asem snak met die verrassende wending aan die einde.

“New World Poetics”

Op die webruimte “New World Poetics” is daar die volgende:

“The Neo Baroque does not comprise a group in the sense that the Generation of 98 or the Generation of 27 in Spain comprised a group; yet these poets have a family air, a congruous homogeneity in disparity. Their ages range from Gerardo Deniz, Rodolfo Hinostroza, Roberto Echavarren and myself being in our sixties, to a younger generation of poets in their forties and fifties, among whom I know and enjoy the work of the Mexicans David Huerta, and Coral Bracho.

Bracho writes about what goes on in the interstices and the subsoil, and not about actual political issues.”

Bracho se ander gedig onder bespreking, is ietwat langer.

Una avispa sobre el agua

La superficie del agua es tensa

para una avispa,

es un sendero múltiple fluyendo siempre

’n Perdeby op water

Die wateroppervlak is styfgespan

vir ’n perdeby,

dit is ’n netwerk paadjies, altyd vloeiend

soos die aanraking van die tyd

op die diep stilte

van ’n klein plekkie.

Kort is hierdie

drywende tydjie; kort

die malende entjie

met onophoudelike doolhowe,

onsekere maalpoele, vlamme,

en deursigtige

verwikkeldheid.

Deursigtige verwikkeldheid

Weer eens word mens getref deur die helderheid, die “deursigtigheid” soos dit in die gedig gestel word. Helder maar nie ooreenvoudig nie. In die paar reëls van hierdie gedig word daar heelwat gesê. Die perdeby kan op die water staan omdat die oppervlakspanning hoog genoeg is. Maar dit is ’n gedurig veranderende situasie, “’n netwerk paadjies, altyd vloeiend”. Die perdeby word ’n metafoor vir ons almal wat “net ’n kort tydjie” in die “deursigtige verwikkeldheid” van tyd en werklikheid lewe.

Die gedigte in hierdie essay is uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

Die digter Coral Bracho

Bron: Poetry Translation Centre

Coral Bracho was born in Mexico City in 1951. She has published six books of poems: Peces de piel fugaz [Fish of Fleeting Skin] (1977), El ser que va a morir [The Being that is Going to Die] (1981), Tierra de entraña ardiente [Earth of Burning Entrails] (in collaboration with the painter Irma Palacios, 1992), La voluntad del ámbar [The Will of Amber] (1998), Ese espacio, ese jardín [That Space, That Garden] (2003), and Cuarto de hotel (2007). Her poems were translated for the PTC’s 2005 World Poets’ Tour by Tom Boll and the poet Katherine Pierpoint.”

A selection from her first two collections was included in the definitive anthology of contemporary neo-baroque writing from Latin America, Medusario (1996), edited by Roberto Echavarren, José Koser and Jacobo Sefamí. Like many of the writers who operate in this line that runs from Luis de Góngora through José Lezama Lima, Bracho’s early poems marry verbal luxuriance with a keen intelligence and awareness of artistic process. Yet that artistic consciousness doesn’t lose sight of world. When she visited London in 2005 she described the way that her tour-de-force‘Agua de bordes lúbricos’ [Water of Jellyfish] operates: ‘It tries to get close to the movement of water’ with images that are ‘fleeting’; ‘you can’t grasp them, they are very fluid. What remains is that continuity of water.”

Dewald Koen. Die mooiste vrou op aarde

Tuesday, February 21st, 2017

Ek was nog nooit iemand wat myself as ‘n sogenaamde ‘tree hugger’ beskou het nie. (Die Engelse term klink net soveel beter.) In Suid-Afrika het ons nie ‘n aktiewe Groen Party soos in talle Europese lande nie. Die natuur en omgewingsake is nie aspekte waarop politici fokus wanneer die vyfjaarlikse verkiesingstryd aanbreek nie. Brood-en-bottersake is vanselfsprekend van groter belang vir die meerderheid Suid-Afrikaners. Wie steur hulself aan bome wat afgekap word of perlemoen wat onwettig gestroop word as mense honger ly of werkloos is? Laasgenoemde is ’n belangrike diskoers wat gevoer moet word en vanselfsprekend uiteenlopende menings sal opper.

In November 2016 woon ek die bekendstelling van Susan Smith se nuwe bundel Die aarde is ’n eierblou ark by in Oos-Londen. Aangesien Oos-Londenaars selde die voorreg het om ‘n boekbekendstelling in ons geweste te kan bywoon, is ek so opgewonde soos ’n kind by ’n pretpark. Ek koop vooraf die bundel sodat ek dit tydens die geleentheid deur die digter kan laat teken. Ek lees al die gedigte sodat ek (hopelik) ’n intelligente vraag na afloop van die bekendstelling kan vra. Soos ek saans in my bed lê en die gedigte een vir een lees, drink ek die woorde op soos iemand wat pas ’n oase in die middel van ’n woestyn ontdek het. Talle van die gedigte in die bundel fokus op gebiede in en om Oos-Londen en Smith se fyn waarnemingsvermoë val my dadelik op. As iemand wat nooit sy hand aan die skryf van gedigte sal waag nie, vind ek dit fassinerend hoe Smith daarin slaag om die eenvoudigste plant of lewende wese so beeldryk te beskryf. Ek het groot respek vir digters – dit is myns insiens een van die moeilikste genres om te skryf wanneer dit by kreatiewe skryfwerk kom. Die volgende gedig (wat toevallig ook die slotgedig in die bundel is) het my in vervoering gehad:

MISSA GAIA: ’N HOOGLIED VAN DIE KOMPOS

Ons is van die aarde

en ons sal terugkeer

aarde toe. Ons bemin

die onthegte blomme;

die geknakte stingels

is vir ons mooi. Kyk hoe lieflik

die molmwording van fyngesnaarde

blare; ons hoor die inleidende korale

van nagskoflarwes. Die sonate

van Latour se liewe wurm-

en maaierwerkers het ons lief;

in u wonings van fosfaat-

en kalsiumvlegsels grond

is ons tuis.

 

Wys tog, sielsbeminde, waar u

die takkies neerlê,

waar u die nuwe steggies plant.

 

Ons is die wemeling van donker sterre

onder die grond; die engele

se heilige mikropartikels

wat die kosmos tot kontoer

en gefermenteerde leefspin smee.

 

Ons is van die aarde. Die aarde

het ons gemaak.

 

“Ons is van die aarde. / Die aarde het ons gemaak.” Laasgenoemde woorde het my opnuut bewus gemaak van my (en elke mens) se nietigheid as deel van die groter kosmos waarin ons onsself bevind. Ons wat die natuur daagliks skade berokken. Uitlaatgasse van ons motors wat die lug besoedel en bome wat afgekap word sodat ons papier het om op te skryf. Sakke en sakke vullis wat ons weekliks op ons sypaadjies neerplak vir die vullisverwyderaars om na groot vullishope te neem sodat dit vir dekades in die grond kan verrot. Die euwel siklus sal nooit tot ’n einde kom nie.

Verskeie Afrikaanse digters het al ekopoësie (of natuurgedigte) geskryf. T.T. Cloete, Dolf van Niekerk, Susan Smith, Johann Lodewyk Marais, Marlene van Niekerk, Hennie Nortjé en talle ander dig op gereelde basis oor aspekte wat met die natuur skakel. Danksy digters wat oor die natuur skryf, word belangrike aspekte onder die mensdom se aandag gebring.

 

Die natuur op sy mooiste.

Die natuur is ’n geskenk wat die mens ontvang het. As ywerige tuinier verwonder ek myself in die natuur se deursettingsvermoë. Die vermoë van ’n eenvoudige saadjie om ’n groot boom te word is bloot verstommend. Hoeveel van ons het al langs ’n roosboom of ’n sonneblom gaan staan? Dit versigtig bekyk? Elke kronkeling en kleurdifferensiasie waargeneem? Elke blom is uniek. Asof elke blom ’n vingerafdruk is wat so perfek moontlik geskape is. Susan Smith skryf soos volg in Die aarde is ’n eierblou ark:

SAAD

How do you grow a poet?

ROBERT KROETSCH

I

(die geheim van saad)

in elke chromosoom

die dubbelloop van boontoe

en ondertoe groei

na donker en na lig

die ontploffende saad

is die onthutsende groei

in die tuinmatrys

die windklokke van peule

is die geheue van saad

wat lewe herhaal

[…]

My tuin is my toevlug. My eie ‘Secret Garden’ waarin ek met my eie gedagtes kan verkeer. Elke mens moet daagliks tyd in sy of haar dag maak om stil te raak en tyd in die natuur deur te bring. Besoek ’n park, gaan sit op jou grasperk of onder ’n boom en lees ‘n gedig hardop. Kyk na die voëls rondom jou, asem die reuk van die gras en blomme in en besef die mooiste vrou is moeder aarde. Geen vrou (of man) kan haar natuurlike skoonheid troef nie.

Die aarde is inderdaad ons eie eierblou ark…

De Waal Venter. Eet, drink, sing, dans

Monday, February 13th, 2017

unnamed

Muurpaneel in Ajijic

Eet, drink, sing, dans, bemin …

Leon Retief stuur onlangs ’n versoek aan my. Hy wou hê ek moet help om twee kort Spaanse tekste te vertaal. Ek stem toe in met graagte en Leon stuur die tekste aan. Leon het die foto’s geneem wat hier verskyn.

Hier is die agtergrond in Leon se woorde:

“Ons het verlede Sondag teruggekeer van ‘n vakansie in Meksiko. Was lekker om vir ‘n tydjie uit die sneeu, ys en koue te ontsnap na daardie sonnige, kleurvolle en interessante land. Hier is waaroor my vraag, die guns wat ek wil vra, gaan: in ‘n skynbaar onbelangrike systraatjie in die dorpie Ajijic het ons afgekom op ‘n gebou met die volgende op die een fasade: aan die bokant hierdie paneel

Onder dit nog ‘n groter paneel met skedels:

'n Muur vol skedels

‘n Muur vol skedels

En weerskante van die skedels twee inskripsies:

Ek het die inskripsies vertaal, wel, ek kan nie juis sê dat ek dit vertaal het nie want dis geheel en al met die hulp van google se Spaans-Engelse woordeboek gedoen en daar is enkele aspekte van hierdie, um, vertaling waaroor ek ongelukkig voel. Die rede waarom ek dit wil verbeter is omdat ek altyd graag ‘n reisjoernaal skryf, sommer vir ons eie plesier en ook om te stuur aan daardie vriende wat belangstel en dit graag wil lees. En dis nou waarom ek jou lastig val.

Ek wil eintlik maar net iets meer ordentlik as die meganiese vertaling in die reisjoernaal sit. Jy sal dalk oplet dat die naam Efren Gonzalez op die laaste foto onderaan die teks verskyn. Hy is ‘n bekende Meksikaanse kunstenaar in daardie omgewing en ek neem aan dat hy die panele gemaak het ek ook die teks geskilder het. Wie die skrywer van die teks is weet ek glad nie. Ek het na ons terugkoms op die internet en youtube gaan soek maar kon niks opspoor nie. Dalk was Gonzalez die skrywer, dalk iemand anders.

Eintlik sou ek nogal graag die Spaanse teks in Afrikaans wou vertaal maar ek ken ten minste sommige van my beperkings en ek besef dat die gemiddelde huisvlieg meer skryftalent het as ek, dus gaan ek nie eers probeer nie.

Baie dankie en groete

Leon”

Efren Gonzalez

Hier is inligting oor die kunstenaar Efren Gonzalez wat ek op die webblad “Mexconnect” gekry het. Die skrywer van die artikel is Robert Mohr.

Mexican artist Efren Gonzalez revives an ancient art form with terracotta murals

Part of the wonder and adventure of experiencing life in Ajijic, Mexico is the incredible diversity of color in the natural world — pungent reds, a range of blues, pale purples, brilliant yellows — and of form: broad leaves, lace-like foliage, sharp narrow leaves of bamboo, and fields of cultivated raspberries, set between surrounding mountains and the broad expanses of Lake Chapala. This magical lakeside fishing village has become home for several thousand North Americans and a vacation paradise for an equal number of visitors each year.

For those who love the arts, the lakeside has a growing art colony which includes both Mexican and North American artists who paint, sculpt and write about this land and inland sea where every turn reveals an ever unfolding array of possibilities.

Within this milieu, native artist Efren Gonzalez, friend and mentor to the many North American artists, has absorbed the natural beauty of this land and the residual spirit of the indigenous peoples who thrived along the lakeshore. From this internal core he creates paintings and sculptures that powerfully express both landscape and “human-scape” of this paradise. And — sensitive to the needs of his pueblo — he also serves as owner/director of the Efren Gonzalez Cultural Center, situated in the heart of Ajijic, where he paints, sculpts, and teaches painting to forty-five young people who study each afternoon after school.

Through the combined patronage of residents and visitors, and commissions from astute buyers, Efren supports his educational center and has the freedom to create a variety of works which integrate his creative vision with a deep understanding of Mexico’s pre-Columbian roots. He is also open to new ideas and approaches to art being brought in from the North.

Efren’s creative talent was uniquely challenged in June of 2010 by a North American couple (who requested their names not be used) who visited his studio and asked him to create a three-dimensional mural incorporating materials and themes which spoke of both the natural world and the spiritual reality of Mexico. Thinking “sculpture,” Efren sent them to meet a friend of his who works in stone. However, within a few days the couple returned, insisting that Efren create the bas-relief mural for their home. He agreed. They settled on terracotta (fired clay) as the material to be used. This decision meant that Efren would have to develop the equipment and skills to work and fire clay so the three-dimensional parts (each piece limited to about 16″ in size) could then be assembled into a twelve-foot long by eight-foot high mural.

Working together with the aid of sketches, artist and patrons developed a relationship that reminded me of past great moments in art history when such synergistic liaisons enabled significant shifts in artistic understanding and vision. Efren, spiritually in tune with the historic arts of Mexico, was, like his predecessors, encouraged by patrons who wanted a work expressing not only their love of Mexico but also reflecting in a fundamental way the country’s spirituality and pre-Columbian roots. Efren, with support from his patrons, found just the right mix through the powerful visual rendering of spiritual themes and the use of terracotta, a pre-Columbian material. The completed mural is a pivotal work which has clear significance in the history of Mexican Art.

Die Afrikaanse weergawes

Morir

Morir

Doodgaan

Alles wat leef, sal doodgaan,

alles wat goed is en sleg is sal vergaan,

alles wat sterk is en swak is, sal tot ’n einde kom,

alles wat asemhaal sal doodgaan.

Alles wat beroemd is sal vergeet word.

Alles wat as onmisbaar beskou word, sal vergaan.

Alle skeppers, sangers, dansers

bewonderaars, onderskatters

en kritiseerders sal ophou bestaan.

En as jy gelukkig is, sal iemand jou naam

op ’n muur sit en sal jy dalk ’n rukkie langer onthou word.

En hulle sal sing, en dans, onderskat,

en kritiseer tot die muur uiteindelik

ophou bestaan.

…………

Tekste kan natuurlik op verskillende maniere vertaal word. Verskillende vertalers vertolk op verskillende maniere. My benadering is om te probeer om die vertaling as ’n kunswerk te laat slaag maar om so na as moontlik aan die betekenis van die oorspronklike te bly.

In “Eet, drink” het ek iets ongewoons (vir my) gedoen deur woorde by te voeg wat nie in die oorspronklike teks is nie. Die woorde is doen dit”. Ek het dit gedoen omdat ek dink dat dit die skrywer se eintlike bedoeling is. Weglating van die woorde “doen dit” in die tweede laaste reël sou veroorsaak het dat die reël nie goeie sin maak nie. Dit is die dilemma van die vertaler – hier moet ek nou rondloop met ’n skuldgevoel omdat ek die digter woorde in die mond gelê het!

Come, bebe

Come, bebe

Eet, drink

Eet, drink, sing, dans, bemin.

Jy sal nie vir altyd lewe nie.

Skep ’n kunswerk waardeur jy onthou sal word.

Doen dit nou, jy het nie veel tyd nie.

Sê wat jy wil sê al moet jy

skreeu om gehoor te word.

Baklei om jouself te beskerm as jy moet.

As jy vergiffenis moet vra of moet vergewe om aan te gaan, (doen dit).

Lewe. Lewe

Wicus Luwes. Tussen twee vure

Saturday, January 28th, 2017

vuurhoutjie

Vuur is ‘n lewende voorwerp – dit haal asem, dit beweeg en op ‘n sekere vlak plant dit  voort. ‘n Mens moet al hierdie dinge in gedagte neem as dit jou doel is om ‘n vuur te blus. Ek dink terug aan die verwoestende vure in die Noord-Kaap en Vrystaat van ongeveer vyf jaar gelede. Brandslaners het gesê dat hulle moes draf om langs die vuur te bly – die sterk winde en die droë gras, het die vuur gevoed. Die rook het vir twee dae die son uitgedoof in die area waar ek gebly het en die lug bruin gekleur. Laasjaar het ons brandbestryders selfs in Kanada vure gaan probeer blus. Vanjaar is dit die Wes-Kaap wat alles verloor. Ek sien die koerantberigte van al die kultuurskatte, plase en huise wat in vlamme opgegaan het. Die lewensverlies van mens en dier gaan ook nie ongesiens verby nie.

Ek besef verder dat die vuur definitief aan die vereistes van ‘n lewende wese voldoen: dit verwoes. Die vuur maak herinneringe aan die verskroeide-aardebeleid los. Ek het op skool geleer dat dit in die Anglo-Boereoorlog teen die Boere ingespan is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Rusland vir Hitler tydens sy opmars gestuit deur haar eie oeste en kos aan die brand te steek.

 

3 Maniere om ‘n vuur te blus

Verwyder die voedingsbron

Vuur het suurstof nodig om asem te haal en brandbare items om te verorber. Brandstelsels vervang die suurstof met gas wat nie vlambaar is nie wanneer sensors die vlam of rook optel. Brandbare of ontvlambare items moet ook verwyder word om te verhoed dat vuur ontstaan of verder versprei. Water of brandblussers smoor die vuur se asemhaling.

Die vraag is wat die voedingsbron sou wees vir ‘n vuur wat in die gedagtes van iemand sou woed.

Verwyder die roete waarlangs dit loop

Daar behoort jaarliks brandpaaie gemaak te word. Die probleem is ongelukkig seisoenaal en vlamme hou van droë veld. Deur ‘n pad vir die vlamme te maak kan die roete van vuur so hopelik beheer word. Die plan sou wees dat die vuur homself (of haarself) in ‘n hoek vasloop en so uitwoed. Trekkers word ook gebruik om stukke veld om te ploeg wanneer die vlamme reeds op pad is. Dit sou die roete van die vuur dalk meer hobbelrig maak en dalk veroorsaak dat dit stadiger versprei.

Die vraag is wat die roete van die mens se gedagtevuur sou wees. Dit sou help as ‘n mens dit nie sou stuit nie, maar eerder kanaliseer.

Hou op om ekstra vure te maak

Dit klink eenvoudig en dit is miskien teenstrydig met die maak van voorbrande, maar dit is belangrik om daaraan te dink. Die spreuk lui: ‘fight fire with fire’, maar omdat die vuur ‘n lewe van sy eie het, is dit nie altyd wenslik dat ‘n mens vuur met nog vuur aan moet val nie. Daar is reeds genoeg brandstigters en veels te min brandbestreiders.

Onwillekeurig dink ek terug aan die brand wat Klein Libertas in puin gelê het. Ons kombuistaal se historiese skatte het ook onder die Wes-Kaapse vlamme deurgeloop.

 

 

Die swart kombuis

die swart kombuis het balke
die mure is berook
in ‘n groot gekraakte erdebeker
woon dags die nagskof-spook

die swart kombuis het luike
skeefgetrek en toegesluit
aartappels lê die werf rond
skedels wat loop oog uit

die vensters het geen uitsig
die werf die lug het geflou
die grond is vaal puimpoeier
die aartappels is grou

geen mens beweeg hier binne
geen mens werk op die werf
êrens tussen middag en skemer
het die aarde se lug gesterf

‘n middag hoe lank gelede
die swart kombuis is oud
daar was nooit somer-sonlig
die swart kombuis is koud

daar hang ‘n snaakse skottel
met ‘n riffel-hingsel aan ‘n riffel-rand
en ondertoe twee gate
wat loer aan die een kant

het hekse hier gebak en brou
die swart kombuis die swyg
daar in die hoek lê ‘n kat-skelet
die swart geheim bly dig

deur Sheila Cussons

tarkovsky_mirror_fire1

Indien jy egter nie die vuur geblus kry nie, het jy heel waarskynlik te doen met ‘n onblusbare vuur.

3 Onblusbare Vure

Dit is seker ironies dat ek ‘The Mirror’ gesien het tydens my verlof vroeër die jaar. Dit is ironies omdat ‘vuur’ ‘n onderliggende (of liggewende) tema van die film is. Andrei Tarkovsky se Zerkalo (‘The Mirror’) is egter nie slegs ‘n tradisionele film nie. Dit is wel op film vasgelê, maar dit volg nie die definisie van ‘n tradisionele film of fliek nie. Dit word beskryf as herinneringe. Dit word beskryf as visuele digkuns. Dit is ‘n simbool. In onderhoude is Tarkovsky dikwels gevra na die betekenis of simboliek van vuur in sy films.

Tarkovsky het geantwoord dat alhoewel hy erken dat vuur, water en sneeu dikwels voorkom in sy films, dit nie spesifieke betekenis het nie. Hy het homself ook daarvan weerhou om die beelde of simboliek vir die kyker te interpreteer of te vertaal.

 

I am a candle. I burned at the feast.
Gather my wax when morning arrives
so that this page will remind you
how to be proud and how to weep,
how to give away the last third
of happiness, and how to die with ease—
and beneath a temporary roof
to burn posthumously, like a word.

deur Arseny Tarkovsky

 

Die vuur van jeugtyd-herinneringe

Die eerste groot vuur in ‘The Mirror’ wys hoe ‘n skuur in die platteland afbrand. As agtergrond hiervoor is die Russiese bevolking se vlug na die platteland in ‘n poging om die Sovjet-opstande vry te spring. Dit word ook later duidelik dat dit dieselfde jaar was waartydens die seun, Alexei, se vader die gesin verlaat het. Die sielkunde probeer dikwels huidige probleme koppel aan jeug-gebeure, soos metafore aan die beelde wat dit voorstel. (My eie jeug-vlam neem my terug na die keer wat my Pa my as vyfjarige onder hande geneem het toe ek skelm met vuurhoutjies in my kamer begin speel het.) Die rol van die jeugtyd-vuur is onmiskenbaar. Ek stel dit hier as onblusbaar, maar dit is eintlik nie die waarheid nie. Die vuur is wel blusbaar, maar die blus daarvan op 5-jarige ouderdom of 85-jarige ouderdom kan tot veel meer lei as net die blus van ‘n vlam.

 

Die vuur van geloof

‘n Spreuk uit die Viatka-streek in Rusland lui: ‘n Stoof in die huis is dieselfde as ‘n altaar in die kerk: Brood word daarin gebak. Die Ortodokse Christelike geloof, soos uit die Russiese tradisie, is vol ikone of simboliek. Slawiese tradisie het ‘n prent van Maria, Moeder van God, teenoor die stoof in die huis gehang. Maria sou die ‘moederhart’ wat klop in die ‘vaderhuis’ voorstel. Die boek ‘All Russia is Burning!: A Cultural History of fire and Arson deur Cathy A. Frierson wei meer hieroor uit.

‘n Prominente beeld in die film wys hoe Alexei se moeder haar hare was in ‘n emmer. Die kyker word bewus dat dit eerder ‘n droombeeld is wanneer stukke van die plafon begin val en water van die dak af instroom. Sy moeder kyk ook vir haarself in ‘n spieël en sien later ‘n ouer dame. Ek het eers vermoed dat hierdie beeld die vrou se veroudering / verval of fisiese agteruitgang sou voorstel, maar die vlam het my gepla. My internet-soektog na die betekenis het my na die Russiese Ortodokse tradisies geneem. Wat my egter die meeste opval is dat die Kommunistiese regering die film befonds het. Hulle het ook enige films met geestelike inhoud verbied. Die vuur in Torkevsky se film tart sonder twyfel die regering en bring geestelike simboliek na vore sonder om direk daarna te verwys. ‘The Mirror’ is aan die ander kant ‘n soort outobiografiese film en miskien moet ek meer kyk na die beeld as ‘n persoonlike ervaring van Tarkovsky as vorm van uittarting. Hoe dit ookal sy: Ons almal weet tog dat die beste wegsteekplek juis reg onder die neus is van die wat daarna soek.

tarkovsky_moder_vuur

Skermskoot uit ‘The Mirror’ met die moederhart wat klop in die vaderhuis (vlam in agtergrond en in spieël)

 

Andrei Tarkovsky se vader was ‘n digter en sy digkuns kry ‘n prominente plek in die film. Die vader, Arseny Tarkovsky, lees dan ook sy gedigte en bind die film, net soos die vlam, op simboliese wyse saam. Die outobiografiese aard van die film word gebou om kern-gedagtes / geheue uit Andrei Tarkovsky se lewe, maar eers by die lees van die gedigte het ek die film beter verstaan. Dit het my weer laat besef watter impak digkuns het op die manier hoe ons ook ons eie lewens onthou.

Die liefdesvuur

‘The Mirror’ wys ook hoe die hoofkarakter as seun verlief raak op ‘n rooikopdogter. Die tema is waarskynlik eersteliefde, maar die klein rooikopmeisie verskyn deur die film in verskillende tonele en haar beeld verskyn later in ‘n spieël as herinnering. Op ‘n sekere vlak wys die spieël hiermee elke kyker op sy of haar eerste liefde.

De(kon)struksie van vuur
Ons hou van die vlam, maar is bang vir die vuur. Ons hou ons hand uit na die vlam as ons koud kry in die winter. Ek is dankbaar vir die vlammetjie wat Tarkovsky se visuele poësie in my siel aangesteek het. Ek volg die Andrei Tarkovsky-garingdraad deur middel van die vuur. My gunsteling deel van ‘n vuur is die groen blare wat deurbreek wanneer alles dood en verwoes lê.

tarkovsky_vuur_hand_

Skermskoot uit ‘The Mirror’

Fire

Clear smoke,
a fire in the far off
haze of summer,
burning somewhere.

What is
a lonely heart for
if not
for itself alone.

Do the questions
answer themselves,
all wonder
brought to a reckoning?

When you are done,
I am done,
then it seems that
one by one

we can leave it all,
to go on.

deur Robert Creeley

Bronne:
1. Cussons, S. 1978. Die swart kombuis. Kaapstad: Tafelberg
2. Internet. https://readalittlepoetry.wordpress.com/2012/05/05/fire-by-robert-creeley/
3. Metres, P. & Psurtsev, D. 2015. I Burned at the Feast: Selected Poems of Arseny Tarkovsky. Cleveland University Poetry Center

De Waal Venter. Die donker digter

Thursday, January 26th, 2017

cesarvallejo_newbioimage

César Vallejo

Die donker digter

Daar word gesê dat elke Peruviaan die eerste reël van César Vallejo se beroemde gedig, “Die donker boodskappers”, ken. In Spaans is dit: “Hay golpes en la vida, tan fuertes … Yo no sé!”. Afrikaans: “Daar is mokerhoue in die lewe, so hard …ek weet nie!”

Hierdie gedig, Los heraldos negros” is die titelgedig van Vallejo se eerste bundel verse wat hy hoofsaaklik geskryf het toe hy in Lima gewoon het. Die bundel is in 1919 gepubliseer. Vallejo se eerste bundels, “Los heraldos negros” en “Trilce” (1922) is nie goed deur die Peruviaanse kritici ontvang nie en hy verhuis daarna na Parys in 1922 waar hy die res van sy lewe deurgebring het.

Vallejo is miskien nie so bekend buite sy vaderland soos byvoorbeeld Pablo Neruda of Octavio Paz nie. Maar baie kritici meen dat hy die belangrikste Spaanssprekende digter van die twintigste eeu was.

Die invloedryke kritikus, Martin Seymour-Smith, sê in een van die reeks boeke oor die wêreldliteratuur, “Guide to modern world literature”, die volgende: “The Peruvian César Vallejo (1892 – 1938) is one of the greatest poets of the century – and the most puzzling and ‘advanced’ of all” Hy skryf verder: “Vallejo lived nearly all his own life in poverty; he above all is the poet of poverty, of misery, of the oppressed. … He is, one feels, the poet of the future: the poet for the intelligent, compassionate and enlightened young.”

Terloops, as jy belang stel om Vallejo se naam korrek in Spaans uit te spreek, moet dit ongeveer iets wees soos “Bva-je-go”. Die “V”-klank in Spaans is ’n tussenklank – iets tussen “B” en “V”. Maar ’n gewone Afrikaanse “B” is ook verstaanbaar. Die “ll”-klank is ’n glyklank wat taamlik goed weergegee word deur die Afrikaanse “j”. Die beklemtoonde lettergrepe is in vetdruk.

Pablo Neruda kan weergegee word as “Pa-vlo Ne-roe– tha” Die “th” is stemhebbend soos die Engelse “th” in “this” en nie die stemlose “th” in “thing” nie.

Ek wil graag krities kyk na “Die donker boodskappers”, maar eers kortliks kyk na die literêre atmosfeer waarin Vallejo hom bevind het toe hy begins skryf het.

Modernismo

Die modernistiese beweging wat in Europa aan die einde van die negentiende eeu ontstaan het, het ’n effens ander vorm in die Latyns-Amerikaanse lande gekry. Daar is dit die “modernismo” genoem en die beoefenaars van hierdie soort letterkunde “Modernistas”. Hierdie beweging het die destydse nasionalisme in die Suid-Amerikaanse letterkunde vervang met simbolistiese en Parnassiaanse rigtings soos in Europa beoefen. Hulle het “l’art pour l’art” nagestreef. Die sterkste beoefenaar van modernismo was die Nicaraguaanse digter Rubén Darío (1867 -1916).

Eienskappe van die modernismo was dinge soos die beskrywing van pragtige landskappe, ’n versigtig uitgewerkte vers wat partykeer kunsmatig begin lyk het, kleurryke beelde en elegante, musikale taal. Alhoewel van hierdie elemente in “Die donker boodskappers” bespeur kan word, was Vallejo al reeds besig om verder te beweeg met sy ondersoek van donkerder, meer realistiese onderwerpe en sosiale protestemas. Hy het ook gou afgesien van die tipiese retoriek en ornamentele styltrekke van die modernismo.

Vallejo het in werklikheid aspekte van surrealisme begin ontgin. Amerindiane gebruik dikwels simbole en beelde om uit te druk wat hulle dink en voel. ’n Soort mistieke fatalisme is kenmerkend van baie van hierdie mense se denke. Vallejo se twee oumas was albei Amerindiane (afstammelinge van die Inkas). Sy oupas was van Spaanse afkoms. Dit was dus byna onafwendbaar vir Vallejo om in die rigting van surrealisme te beweeg. Hy het die Inka-taal, Quechua, verstaan en in sy latere gedigte het hy woorde uit hierdie taal in sy gedigte gebruik.

n Inka-afstammeling met sy sampaña fluit

Inka-afstammeling met sy sampaña fluit

Surrealisme bevry die digter van literêre konvensies. Hy kan dubbelsinnig en ironies skryf en hy word nie gebind deur die reëls van logika nie. Hy hoef ook nie netjiese, formele ritmes te gebruik nie. In “Die donker boodskappers” word die ongewone ritmes hoofsaaklik geskep deur die ellipse wat pouses in sekere reëls skep. Vergelyk: “Daar is mokerhoue in die lewe, so hard …ek weet nie!”

Los heraldos negros

Kom ons kyk nou na die gedig “Los heraldos negros”.

Sommer met die titel neem mens die verskynsel waar dat Vallejo op ’n wyse skryf wat verskeie vertaalmoontlikhede ooplaat. Dit geld vir die meeste poësie in alle tale, maar hierdie Peruviaanse digter se werk is, meer as baie ander, ryk aan veelvuldige betekenismoontlikhede.

In ’n artikel in die ENCYCLOpedia punt com lees ons:

“Critics often comment on the difficulties of the translator’s job. Julio Ortega, writing for Latin American Writers, states: ‘Vallejo is perhaps the most complicated poet of the Spanish language.… the hermetic [airtight] work of Vallejo is nearly impossible to translate.’ However, Efrain Kristal, writing a critique of Eshleman’s 2006 book, The Complete Poetry of Cesar Vallejo, for American Poetry Review says that Eshleman has shown that ‘impossible to translate’ is not the same as ‘impossible to paraphrase,’ and he ‘renders Vallejo’s paradoxes with ease, and his linguistic unconventionalities with instinctual acumen.’”

Die “heraldos” kan maklik vertaal word in Engels met “heralds”. ’n Herald het ’n bepaalde betekenis van ’n “aankondiger”, ’n “boodskapper”, veral in ’n koninklike of adellike hof. Wat maak mens in Afrikaans? Ons het “herout”, “boodskapper” en “voorloper”. Ek het gevoel dat “herout” ietwat onbekend en vreemd in Afrikaans klink. “Voorlopers” was ook nie vir my reg as mens die gedig se inhoud bekyk nie. Hierdie “heralds” kan maklik daardie vier ruiters wees wat mens in Openbaring aantref en wat dood en verwoesting aankondig.

Die Spaanse woord “negros” beteken hoofsaaklik “swart”, maar dit kan ook “donker” beteken. Ek meen dat die Afrikaanse “donker” ’n beter beskrywing van hierdie boodskappers is. In Suid-Afrika word sekere kleur-woorde onmiddellik aan “ras” verbind, en hier is geen sprake van ras nie. Ek bied dus die vertaling van die titel aan as “Die donker boodskappers”.

Man by Machu Picchu in 1922

Man by Machu Picchu in 1922

LOS HERALDOS NEGROS

Hay golpes en la vida, tan fuertes… ¡Yo no sé!

Golpes como del odio de Dios; como si ante ellos,

la resaca de todo lo sufrido

se empozara en el alma… ¡Yo no sé!

Die donker boodskappers

Daar is mokerhoue in die lewe, so hard … ek weet nie!

Mokerhoue asof van die Here se haat; asof voor dit,

die droesem van alles wat gely is

opgedam het in die siel … ek weet nie!

Hulle is min; maar hulle is daar … hulle slaan donker vore

in die woesste gesig en op die sterkste rug.

Hulle is dalk die perde van barbaarse Atillas;

of die donker boodskappers wat die Dood ons stuur.

Hulle is die afvallighede van die Christusse van die siel

van ’n gebede-geloof belaster deur die Lot.

Daardie bloedige houe is die geknetter

van brood wat voor ons verbrand in die deur van die oond.

En die mens … Arme … arme mens! Sy oë raak wild,

Soos wanneer ons geroep word met ’n klap op die skouer;

sy oë rol wild, en alles wat hy beleef het,

dam op, soos ’n poel skuld, in daardie staring.

Daar is mokerhoue in die lewe, so hard … ek weet nie!

Wat sê die gedig?

Die eerste reël maak die leser onmiddellik bewus van die intensiteit van die mens se lyding soos Vallejo dit beskryf.

“Daar is mokerhoue in die lewe … ek weet nie!”

Die lewe kom so genadelos neer op die mens, moker hom teen die grond dat die digter voel dat hy dit nie in woorde kan uitdruk nie. Hy skep ’n pouse met die ellips en spreek dan sy onmag uit: “Ek weet nie!”.

Verder lees mens in hierdie strofe dat hierdie “mokerhoue” is asof dit die haat van die Here is. Die herinneringe aan die lyding dam op in die siel. Die “droesem” herinner aan “die beker wat tot die droesem geledig word”.

Die strofe eindig weer met die ellips en die uitroep: “Ek weet nie!”. Dit is ’n kragtige uitdrukking van die digter se frustrasie en ontsteltenis oor hierdie onverstaanbare lyding van die mens.

Tweede strofe

Die digter sê daar is min van hierdie mokerhoue in die lewe, maar wanneer hulle kom, slaan hulle hard: “donker vore in die woesste gesig en op die sterkste rug.” Hier verwys die “donker” nie net na die verkleurde vel wat volg op ’n letsel nie, maar waarskynlik ook na die “donker” dele van die gemoed wat getroumatiseer is.

Die “barbaarse Atillas” word ingespan om die idee van die “haat van die Here” nog verder te versterk.

In die laaste reël lees ons van die “donker boodskappers wat die Dood na ons stuur”. Dit kan gelees word as die “Engel van die Dood. Die woord “engel” is afgelei van die Griekse woord “angelos” wat “boodskapper” beteken.

Derde strofe

Hier word gepraat van die “afvallighede van die Christusse”. “Afvallig” beteken om ’n geloof te ontken of weg te breek daarvan. Dit kan ook letterlik gesien word in hierdie reël as die ’n beskrywing van Jesus wat drie keer geval het toe hy die kruis gedra het. Hierdie reëls, saam met die volgende een met die gedagte van die “geloof belaster deur die Lot”, druk die digter se gedagte uit dat hierdie geloof wat toelaat dat die mens so moet ly, nie ’n ware geloof kan wees nie, maar ’n “gevalle” een. Daar word gepraat van “Christusse” en nie “die Christus” nie, asof die “Christusse” net maar mense was.

Vallejo het in ’n streng Rooms-Katolieke huis grootgeword, maar hy het sy hele lewe lank geworstel om sy godsdienstige oortuigings en begrippe te laat rym met wat hy in sy, dikwels smartlike, lewe ervaar het. In hierdie gedig is dit duidelik dat hy voel dat daar nie ’n genadige Here is op wie hy altyd kan vertrou nie.

Vierde strofe

In hierdie strofe is daar ’n duidelike beskrywing van die “Arme mens” wat ’n klop, of ’n mokerhou, op die skouer kry. Hy is byna van sy verstand af as gevolg van die pyn en angs wat hy moet verduur. Weer eens lees ons van al sy pynlike ervaring wat opdam in hom “soos ’n poel skuld. Hy is verskrik en “sy oë is wild”.

Die digter gebruik weer twee ellipse in die eerste reēl om die verskriklike omvang van die menslike lyding duidelik te maak. Dit is asof die digter nie woorde kan kry om dit te beskryf nie – net stilte.

Die laaste reël herhaal die eerste reël van die gedig. Dit onderstreep die sikliese, onophoudelike aard van menslike lyding. Daar is geen uitkomkans nie.

Parys 1938

Parys 1938

Trilce

 

Ek wil nou kyk na een gedig uit Vallejo se twee bundel, Trilce (1922).

Hier is wat een kritikus van die bundel sê:

“In Trilce, César Vallejo tears the language of his poetry out of Spanish and Peruvian Quechua. He fights a revolution in words not unlike that which Paul Celan was to fight in the sidestreets of the German language some years later.” — Stanley Moss.

Vallejo het die woord “Trilce” geskep. Dit het nie in Spaans bestaan nie. Kenners meen dat dit drie Spaanse woorde reflekteer: “triste” (droefheid), “dulce” (soetheid) en “tres” (die getal 3).

Hier is ’n Afrikaanse vertaling van “Trilce II”. Die Spaanse titels van die strofes is:

Tempo tempo

Era era

Mañana mañana

Nombre

Trilce II

Tyd Tyd

Middag vasgevang in die dou.

Vervelige pomp wat pomp uit die sel

tyd tyd tyd tyd.

Was was

Hane kraai en krap verniet rond.

Mond van die helder dag wat bymekaarbring

was was was was.

Môre Môre

Die warm rustigheid om tóg te wees.

Die huidige dink om my te bewaar vir

môre môre môre môre

Naam naam

Wat is dit wanneer dit ons so stekelig seermaak?

Dit is Dieselfde wat ly

naam naam naam naaM

Vroeg in sy lewe is Vallejo valslik beskuldig van ’n misdaad en het hy ’n tydperk in die tronk deurgebring in Peru. Hierdie gedig verwys in groot mate na die tydperk in die tronk – die verveling, die tyd wat oënskynlik eenvoudig herhaal en nie verby gaan nie. Middag en aand smelt saam. Selfs taal word half sinneloos soos dit klakkeloos herhaal word: “was was was was …”

In die laaste strofe “Naam naam” skryf die digter die laaste woord as NombrE”. In die vertaling het ek dus ook die laaste letter van “NaaM” as ’n hoofletter geskryf. Ek moet egter erken dat ek nog nie kon uitvind wat die digter se bedoeling daarmee was nie! Kan dit wees dat die digter wil aandui dat die sinlose herhaling uitloop daarop dat die einde naderhand weer ’n nuwe begin word?

César Vallejo is ’n groot digter en verdien om gelees en geïnterpreteer te word, ten spyte van sy dikwels obskure en amper onontsyferbare styl. Lesers en beoefenaars van Afrikaans kan sekerlik groot baat vind by die bestudering van hierdie gemartelde digter.

einde

Nini Bennett. Die digters van Yalta.

Monday, January 23rd, 2017

nog-foto-yalta

Op hierdie ikoniese foto verskyn die drie staatshoofde tydens die historiese Yalta-konferensie (4-11 Februarie 1945). Van links na regs: sir Winston Churchill, (VK) Franklin D. Roosevelt (VSA) en Josef Stalin (Sowjetunie). Tydens laasgenoemde konferensie is die heropbou en selfbeskikking van Europese lande na afloop van die Tweede Wêreldoorlog bespreek. Dit is interessant om te noem dat die Yalta-drie méér as net staatsmanne was ― hulle was ook bekende digters en skrywers in eie reg.

 

Josef Stalin

 

To the moon

 

Sail on, as tirelessly as ever,

Above an earth obscured by clouds,

And with your shining glow of silver

Dispel the fog that now abounds.

 

With languor, bend your lovely neck,

Lean down to earth with tender smile.

Sing lullabies to Mount Kazbek,

Whose glaciers reach for you on high.

 

But know for certain, he who had

Once been oppressed and cast below,

Can scale the heights of Mount Mtatsminda,

Exalted by undying hope.

 

Shine on, up in the darkened sky,

Frolic and play with pallid rays,

And, as before, with even light,

Illuminate my fatherland.

 

I’ll bare my breast to you, extend

My arm in joyous greeting, too.

My spirit trembling, once again

I’ll glimpse before me the bright moon.

 

Iveria nr. 123 (1895), soos vertaal deur Donald Rayfield.

Dit is waarskynlik moeilik om te glo dat een van die grootste diktators en massamoordenaars in die geskiedenis van die mensdom, Josef Stalin, die digter van bovermelde gedig is. Josef Vissarionovich Djhugashvili het as Marxistiese rewolusionêr sy naam verander na “Stalin”, wat beteken “man van staal”. Die sewentienjarige Josef (ook genoem “Soso”) het die kantoor van een van die bekendste uitgewers in Georgië, prins Ilia Chavchavadze binnegestap, homself bekendgestel, en ’n versameling gedigte vir publikasie voorgelê. Aan selfvertroue het dit die jong Soso nie ontbreek nie. Die prins het dadelik van die “jong man met die vurige oë” gehou, en ’n sestal gedigte opgeneem in die literêre joernaal, Iveria. Die Georgies-gebore Stalin het eers op die ouderdom van agt geleer Russies praat.

Stalin was geen Pushkin nie; tog is sy gedigte wyd gelees en gunstig ontvang. Duisende kinders het dié Georgiese kultuurskatte van buite geken en geresiteer. Van Stalin se verse het ook anoniem in die dagblad Kvali verskyn, en nooit het hy tydens sy loopbaan as politikus na sy poësie verwys nie: dit het volledig tot die argief van die verlede behoort. Deur die loop van sy lewe was die diktator ’n fanatieke liefhebber van poësie, en het hy oor ’n ruim kennis van klassieke letterkunde beskik. Hy het selfs vir Shota Rustaveli, die digter van die roemryke epiese gedig Wepchis-tqaosani (Ridder in die swart luiperd se vel) uit die gevangenis vrygelaat om te help met die Russiese vertaling van dié gedig ― en Stalin het sommige van die koeplette eiehandig herskryf. Professor Donald Rayfield, die Engelse vertaler van Stalin se werk, het op sy beurt lof gehad vir die verrassende fusie van Bisantynse, Persiese en Georgiese invloede in Stalin se poësie.

Josef Stalin was die vierde en enigste oorlewende seun van ’n arm skoenmaker en wasvrou. Sy alkoholis-vader het hom en sy moeder gereeld aangerand en die siklus van die geweld het begin ― Soso sou spoedig betrokke raak by straat- en bendegevegte in sy wettelose geboortedorp, Gori. Desnieteenstaande het hy hoë punte in al sy vakke behaal wat hom in staat gestel het om met die hulp van ’n merietebeurs te studeer om priester te word. Die jong, gelowige digter was vir twee jaar ’n sterstudent aan die teologiese seminarium in Tiflis, maar het sy studies begin verwaarloos nadat hy sosialistiese aktiwiteite begin aanhang het. Hy is in sy derde jaar as gevolg van wanprestasie geskors. Stalin het Lenin en Marx se skrywes ontdek en betrokke geraak by misdaad, en deur middel van bankrowe, afpersing, en die eis van lospryse geld ingesamel om Lenin se ondergrondse aktiwiteite te finansier.

Vir bykans 25 jaar het Stalin Rusland deur ’n beleid van vrees en terreur regeer. Hy is verantwoordelik vir die dood van minstens 20 miljoen landgenote (in vredestyd), en ’n verdere 40 miljoen mense weens sy hantering van WO II. In sy lewe is hy gereeld as held vereer. 1945 was die hoogtepunt van Stalin se loopbaan: hy is gesien as die wyse vaderfiguur wat die Sowjetunie eers teen kapitalisme, maar ook teen militêre Nazi-aggressie verdedig het. ’n Veldtog van destalinisasie is sedert 1956 van stapel gestuur. Die seun met die vurige oë en hart van ’n Romantikus; die toegewyde teologiestudent het sy digterskap finaal agtergelaat in die strate van Gori. Stalinisme het sy nuwe poësie geword.

 

Sir Winston Churchill

 

The Influenza

 

Oh how shall I its deeds recount

Or measure the untold amount

Of ills that it has done?

From China’s bright celestial land

E’en to Arabia’s thirsty sand

It journeyed with the sun.

 

O’er miles of bleak Siberia’s plains

Where Russian exiles toil in chains

It moved with noiseless tread;

And as it slowly glided by

There followed it across the sky

The spirits of the dead.

 

The Ural peaks by it were scaled

And every bar and barrier failed

To turn it from its way;

Slowly and surely on it came,

Heralded by its awful fame,

Increasing day by day.

 

On Moscow’s fair and famous town

Where fell the first Napoleon’s crown

It made a direful swoop;

The rich, the poor, the high, the low

Alike the various symptoms know,

Alike before it droop.

 

Nor adverse winds, nor floods of rain

Might stay the thrice-accursed bane;

And with unsparing hand,

Impartial, cruel and severe

It travelled on allied with fear

And smote the fatherland.

 

Fair Alsace and forlorn Lorraine,

The cause of bitterness and pain

In many a Gaelic breast,

Receive the vile, insatiate scourge,

And from their towns with it emerge

And never stay nor rest.

 

And now Europa groans aloud,

And ‘neath the heavy thunder-cloud

Hushed is both song and dance;

The germs of illness wend their way

To westward each succeeding day

And enter merry France.

 

Fair land of Gaul, thy patriots brave

Who fear not death and scorn the grave

Cannot this foe oppose,

Whose loathsome hand and cruel sting,

Whose poisonous breath and blighted wing

Full well thy cities know.

 

In Calais port the illness stays,

As did the French in former days,

To threaten Freedom’s isle;

But now no Nelson could o’erthrow

This cruel, unconquerable foe,

Nor save us from its guile.

 

Yet Father Neptune strove right well

To moderate this plague of Hell,

And thwart it in its course;

And though it passed the streak of brine

And penetrated this thin line,

It came with broken force.

 

For though it ravaged far and wide

Both village, town and countryside,

Its power to kill was o’er;

And with the favouring winds of Spring

(Blest is the time of which I sing)

It left our native shore.

 

God shield our Empire from the might

Of war or famine, plague or blight

And all the power of Hell,

And keep it ever in the hands

Of those who fought ‘gainst other lands,

Who fought and conquered well.

 

Die vyftienjarige Winston Churchill is die digter van bostaande gedig (1890), en het ’n skoleprys vir poësie daarmee verower. Aanvanklik was die onderwysers skepties of hy self die gedig geskryf het (en nie dalk ’n volwasse persoon nie.) Die besondere taalbeheer van die tienerdigter is opvallend, asook die insig in geskiedenis en die speelse sin vir humor wat so kenmerkend van die latere staatsman sou word. Tydens Churchill se inhuldiging as ereburger van die Verenigde State van Amerika het president Kennedy opgemerk: “He mobilized the English language and sent it into battle.” Churchill se meesterlike taalvaardigheid blyk ook uit sy hantering van die gesproke woord: hy het geskryf en toesprake gelewer in ’n metriek wat aan blanke vers herinner. In sy leeftyd het Churchill letterlik honderde gedigte van buite geken, en kon tot op ’n hoë ouderdom daarvan uit die geheue herroep. As skrywer is hy baie goed betaal, en alhoewel hy nie baie poësie geskryf het nie, getuig sy oeuvre as joernalis, essayis, skrywer, romansier, biograaf en korrespondent van ’n ryk nalatenskap wat onmiskenbaar die spore van egte digterskap dra. Op die gebied van fiksie het die skrywer ’n roman en ’n kortverhaal gelewer, maar sy uitset as skrywer van nie-fiksie is besonder hoog. Verskeie gebundelde toesprake, briewe, biografiese en historiese besinnings en essays het die lig gesien, en is steeds in sirkulasie. Die skrywer en staatsman Winston S. Churchill is in 1953 vir sy bydrae met die Nobelprys vir letterkunde bekroon.

 

Franklin D. Roosevelt

 

brief-longfellow

 

Dear Churchill

Wendell Wilkie will give you this ― He is truly helping to keep politics out over here.

I think this verse applies to you people as it does to us:

“Sail on, Oh Ship of State!

Sail on, Oh Union strong and great.

Humanity with all its fears

With all the hope of future years

Is hanging breathless on thy fate.”

 

As ever yours

Franklin D. Roosevelt

 

Uit die transkripsie van bogenoemde brief (gedateer 20 Januarie 1941) blyk die rol van poësie in die lewe van staatshoofde tydens WO II verder. In “Oh Ship of State”, ’n bekende gedig deur die Amerikaanse digter, Henry Longfellow, word die skip ’n allegorie vir die VSA. Die oorsprong van die simboliek (Ship of State) lê egter in Boek VI van Plato se bekende werk, Republic. Churchill het die brief laat raam en opgehang in sy huis, Chartwell; die oorspronklike groen kleur van Wit Huis se amptelike skryfpapier het dekades later na bruin verkleur.

Alhoewel Roosevelt self poësie geskryf het, is dit nooit te rekord gestel nie. Hy het egter groot bekendheid verwerf vir sy poëtiese en orakelagtige wyshede. Twee voorbeelde hiervan is die volgende:

Books can not be killed by fire. People die, but books never die. No man and no force can abolish memory… In this war, we know, books are weapons. And it is a part of your dedication always to make them weapons for man’s freedom.

A war of ideas can no more be won without books than a naval war can be won without ships. Books, like ships, have the toughest armor, the longest cruising range, and mount the most powerful guns.

Roosevelt se nalatenskap is soortgelyk aan dié van Churchill, en die transkripsies van radiopraatjies bring ’n nuwe dimensie in die oeuvre van die twee-en-dertigste Amerikaanse president. Daar is meer as sestig boeke en antologieë oor Roosevelt se lewe en werk op aanlynwebwerwe beskibaar.

 

Verwysings:

http://www.poemhunter.com/franklin-delano-roosevelt/quotations/page-1/?search

http://www.winstonchurchill.org/resources/writings/the-complete-poems-of-sir-winston-churchill

http://www.goodreads.com/author/show/219075.Franklin_D_Roosevelt

http://molossusexperiment.tumblr.com/fall1/stalin

https://www.loc.gov/exhibits/churchill/interactive/_html/wc0112.html

https://www.enotes.com/topics/building-ship

 

Dewald Koen. Wanneer die ‘swart hond’ kom kuier

Tuesday, January 10th, 2017

 

Gedig om ’n pil

Stelazine is jou naam

of liewer

so verkoop hulle jou

– wat jou herkoms is

of samestelling

sal ek vir my broer moet vra.

vir nou’s dit genoeg dat ek weet:

na die godsalige dag

van smeulende son by Clifton

is jy die koel bries oor my lyf

in my lyf

tot in die onderste lae van my gees

waar die son nooit kom nie…

 

Wilhelm Knobel

Wilhelm Knobel

Wilhelm Knobel is een van die minder bekende Afrikaanse digters met slegs twee gepubliseerde bundels wat onderskeidelik in 1966 (Bloedsteen) en 1970 (Mure van mos) verskyn het. In 2011 verskyn As die woorde begin droom – ‘n keur van sy gedigte saamgestel deur Johann de Lange. Wilhelm Knobel was gedurende sy leeftyd in Stikland en Weskoppies (psigiatriese inrigtings in onder andere Bellville en Pretoria) opgeneem vir behandeling. Sy bipolêre gemoedstoornis en die behandeling daarvan is een van die sentrale temas in sy poësie. Knobel is ‘n enkele voorbeeld van ‘n Afrikaanse digter wat gedurende sy leeftyd met ‘n psigologiese siekte moes worstel.

Depressie is nie ‘n onderwerp waaroor mense graag wil praat nie. Ten spyte van die feit dat daar op gereelde basis meer bewusmaking omtrent die siekte deur middel van veral die media geskied, koester talle mense steeds sekere vooroordele omtrent depressielyers asook die siekte in die algemeen. Hierby kan talle ander siektetoestande soos bipolêre gemoedstoestand en skisofrenie gevoeg word.

Aangesien hierdie nie ‘n akademiese artikel in ‘n mediese joernaal is nie, gaan ek nie fokus op die fynere besonderhede omtrent die siekte nie. Depressie is ‘n komplekse mediese toestand wat sielkundig en fisiek van aard is. Dit affekteer miljoene mense regoor die wêreld en vir sommige is dit ‘n lewenslange stryd teen die “swart hond” soos die staatsman, Sir Winston Churchill, na sy eie depressie verwys het.

In die Engelse literêre kanon is daar talle digters en skrywers wat openlik oor hul stryd teen depressie geskryf het. Dramaturge, romansiers en digters soos Sylvia Plath, Dylan Thomas, Emily Dickinson, Virginia Woolf, Anne Sexton, Tennessee Williams en Edgar Allan Poe is maar enkeles wat aan depressie of ander psigologiese siektes gely het. In Afrikaans het veral die digter Ingrid Jonker deels kultusstatus bereik weens haar stryd teen depressie wat bygedra het tot haar selfdood in 1965. Die programgedig in haar debuutbundel Ontvlugting (1956) lui soos volg:

ontvlugting

Ontvlugting

Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug

en dink my nou in Gordonsbaai terug:

 

Ek speel met paddavisse in ‘n stroom

en kerf swastikas in ‘n rooikransboom

 

Ek is die hond wat op die strande draf

en dom-allenig teen die aandwind blaf

 

Ek is die seevoël wat verhongerd daal

en dooie nagte opdis as ‘n maal

 

Die god wat jou geskep het uit die wind

sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

 

My lyk lê uitgespoel in wier en gras

op al die plekke waar ons eenmaal was.

 

Dit is ironies hoe Jonker haar eie dood in bogenoemde gedig ‘voorspel’. Haar komplekse lewensverhaal lees soos ‘n roman met ‘n tragiese slot. Talle Afrikaanse digters het gedurende hul lewe hul eie stryd met die ‘swart hond’ geveg en sommige deel steeds hul lewenspad met hul skadugenoot. Ek vind dit interessant dat talle kreatiewe individue aan depressie ly. (Lees gerus Marius Crous se artikel getiteld Wilhelm Knobel: ‘n Psigotiese siektebeeld in digterlike taal in Stilet. In laasgenoemde artikel ondersoek Crous die verband tussen kreatiwiteit en psigologiese siekte.)

Die digter, Ernst van Heerden, skryf soos volg in sy gedig “Die wroegende” uit sy bundel Amulet teen die vuur (1987):

Ernst van Heerden

Ernst van Heerden

 

Die marse van beskawings

word trekspore vir die ontuig

as jy planetaries terugkyk en sien:

die grein en graan van die lewe is net

waansin, kuipery, bedrog.

‘n onvoltooide gesukkel

om op die baksteen te fluit.

 

Panoramies

onder die wildernis van sterre

lê spikkels van onbewaakte littekens

ná eeue van verkenning in die doolhof.

 

Ek het laat-laat in onslaap verval

(soos ‘n slang wat eksegeses bedink

en skubbe van betrokkenheid afskei)

en wou deur ‘n saamgeperste sin

die bitter lewe tot ‘n blinkpunt buig.

 

En God? –

ononderbroke neurie sy sang in my ore

soos ‘n sonbesie in die doringboom,

maar ek bly huiwerig en bang

om in my eie spieël te kyk,

want hierdie swart en broei-stil lugte

wat die haelvlae kweek,

sê vir my en my wêreld:

onnosel, mank, erbarmlik, gedoem.

 

En my visvanger-hart

wat sy eie hongertes vertroetel,

sien die kuit in doellose kabbeling

ongebroed wegsypel.

 

Waarom bly ek besitter

van tuie sonder perde,

kaarte sonder reise,

wetenskap sonder wete,

want die addertand

het op die jagterstewel afgebreek,

terwyl ‘n nuttelose see roesterig knaag

óm ‘n aanlegsteier se paal en tros

 

Groot Stem

uit donkertes, uit stiltes, uit die ruim,

praat met my

sodat ek u ritseling in die biesiepol kan hoor,

u aromas in die tiemiebos kan ruik,

die sout van u blink bloed kan proe,

en met u klippies

se uitrimpelende rimpels

oor al die wêreldwaters dein…

 

Maar net die barmhartige reën

Val sag

tussen die swart rose.

 

Net soos talle depressielyers, het Ernst van Heerden sy eie uitdagings beide fisiek as geestelik in die gesig gestaar. Die poësie is ‘n skat van woorde wat talle kreatiewe geeste se gevoelens verwoord. Die kreatiewe skryfproses word ‘n spreekwoordelike uitlaatklep vir die hartseer en donkerte wat talle in hul harte dra. Die kreatiewe geeste onder ons voed ons geestelik en verwoord daardie gevoelens wat ons nie altyd kan verduidelik nie.

My hoop is dat daar lig in die donkerte sal wees. My hoop is dat meer mense simpatiek sal wees teenoor diegene wat aan depressie ly. My hoop is dat die “swart hond” ‘n vriend op die lewenspad eerder as ‘n doodskaduwee wat talle volg, sal wees.

 

Bibliografie

Crous, M. 2011. Wilhelm Knobel: ‘n Psigotiese siektebeeld in digterlike taal. Stilet 23(2): 145-156.

Jonker, I. 2016. Ingrid Jonker – Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rousseau.

Knobel, W. 2011. As die woorde begin droom. ‘n Keur uit die gedigte van Wilhelm Knobel. Saamgestel deur Johann de Lange. Kaapstad: Bel Monte.

Van Heerden, E. 1987. Amulet teen die vuur. Kaapstad: Tafelberg.

 

 

 

Hendrik J. Botha. Het dokters die digkuns nodig? Deel 2.

Friday, January 6th, 2017

images

Soos verlede keer toe ons die vraag gevra het: het die digkuns dokters nodig, blyk hierdie eweneens op die oog af, ‘n onsinnige vraag te wees.

Nadat ek onlangs ‘n artikel gelees het wat Richard Berlin, ‘n psigiater en ook ‘n bekroonde Amerikaanse digter geskryf het met die titel, Why Doctors Need Poetry, het ek begin dink oor die oënskynlik “onsinnige vraag”.

Om dokters in ‘n tyd van uitkomsgebaseerde geneeskunde te oortuig dat om poësie te lees, net so belangrik kan wees om na hulle pasiënte om te sien as wat dit is om die nuutste mediese joernale te lees, is egter makliker gesê as gedaan.

William Carlos Williams

William Carlos Williams

William Carlos Williams, sekerlik die bekendste dokter-digter in die moderne geskiedenis, het gereken dat poësie krities belangrik is vir oorlewing… “men die miserably every day for lack of what is found there.” Tydens groot krisis tye wend mense hulle toenemend tot iets wat emosioneel tot hulle spreek, ‘n duidelike voorbeeld wat demonstreer is na die 9/11 ramp.

Rafael Campo, nog ‘n dokter-digter lig dit uit en demonstreer dat poësie die ritmes in ons liggame, ons biologiese sisteme naboots soos ons hartklop en die ritme van asemhaling, die onafgebroke vloei van lug in en uit ons longe. Ritmes so oud soos lewe self.

In die tydperk van menslike bestaan voordat die geskrewe woord ontstaan het, is boodskappe en lesse oorgedra deur middel van stories en gedigte. Poësie was dus as’t ware die medium van kulturele oordrag vir die mens. Poësie was toe dan ook beskou as die taal van die gode.

Die vraag kom onwillekeurig dan nou op: maar wat het dit steeds te doen met dokters, en hoekom behoort dokters poësie te lees? Die skrywer, Robertson Davies, wat “gode identifiseer in die moderne samelewing”, het eenmaal tydens ‘n lesing aan ‘n groep dokters die vraag gestel, “Hoe lyk julle vir julle pasiënte”, en toe na ‘n oomblik van stilte, self die antwoord verskaf, “Julle lyk soos ‘n god”.

Op die oog af lyk dit na ‘n ietwat buitensporige stelling in die tyd van moderne geneeskunde wat oop en deursigtig behoort te wees, waar pasiënte goed ingelig is en deel in die besluitneming oor die uitvoer van bepaalde ondersoeke of prosedures; sogenaamde “ingeligte toestemming”.

Wat Davies egter uitwys het, is dat die simbool van medisyne, in die Amerikaanse tradisie, die Caudaceus is, die staf met twee vegtende slange wat aan die god Hermes behoort. In die mitologie is die Caudaceus geskep toe Hermes op twee vegtende slange afgekom het, en hy sy staf tussen hulle ingegooi het. Die twee vegtende slange sou om die staf krul, en in balans gehou word deur die goddelike staf.

So is die twee slange, vegtend om die staf, vandag steeds in konflik, maar in balans gehou deur die staf van die god. Die god vandag waarskynlik dan die Geneeskunde.

Nou wie af wat verteenwoordig die twee vegtende slange dan? Kennis en Wysheid. Kennis, die medies wetenskaplike domein, en Wysheid, die menslike empatiese verhouding wat daar tussen ‘n dokter en sy pasiënt behoort gevestig te word en wat vir genesing net so kardinaal belangrik is as Kennis. Dis die emosionele skakel wat “slagoffer en heler” met mekaar verbind,. Poësie bied die grondslag vir empatie.

Volgens ‘n studie deur J. Kenneth Arnette, begin junior mediese studente hulle opleiding met “empathy deficits”, wat vererger tydens hulle mediese opleiding. Opleiding wat eerder fokus om afstandelikheid, afgetrokkenheid jeens pasiënte aan te moedig eerder as ruimhartigheid en gulhartigheid. Iets daarvan moet mens ook probeer verstaan, want in sekere situasies waarin hulle as dokters hul later gaan bevind, waar lewensreddende besluite geneem moet word, is helder nugter kalm en emosioneel onbetrokke denke en besluitneming nodig. Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat in ‘n groot deel van dokters se kontak met pasiënte, is meer as net wetenskaplike Kennis nodig. Dis hier waar die gebrek aan Wysheid dikwels blootgelê word, en die rede kan deels daaraan toegeskryf word dat tydens opleiding word slegs die “slang van Kennis” gevoed, en nie die “slang van Wysheid” nie.

Aaron Lazare, ‘n psigiater van Massachusetts wys uit hoe skaamte en vernedering universeel deur mense ervaar word tydens ernstige siekte.

Poësie kan dokters help om beter “helers” te word, omdat gedigte ons help om die wêreld vanuit iemand anders se emosionele perspektief te sien. Steven Dobyns skryf, “A poem is a window that hangs between two or more human beings who otherwise live in darkened rooms.”

Poësie bevat baie van die ideale wat dokters nastreef, dit wat Cesar Pavese noem “an absolute will to see clearly”, of wat Czeslaw Milosz beskryf as “the passionate pursuit of the real.”

Richard Berlin skryf dat van sy kosbaarste momente met pasiënte plaasgevind het tydens besoeke waar hulle ‘n gedig saamgebring het: “a poem they written themselves, a quote from Shakespeare, or the work of a poet whose words captured their emotional predicament.”

Berlin sê voorts, sy voorskrif vir pasiënte is die volgende: kies ‘n gunsteling gedig, (of ‘n gedig wat jou situasie die beste beskryf), neem dit saam en gee dit aan jou dokter met jou volgende besoek.

Vir dokters sê hy die volgende: onthou, om poësie te lees is soos om pasiënte te behandel, dit wat Wallace Stevens beskryf het as “a response to the daily necessity of getting the world right.” Of miskien dan William Osler se raad: “Nothing will sustain you more potently than the power to recognize in your humdrum routine… the true poetry of life.”

Hy sluit dan af deur William Carlos Williams aan te haal: “if it ain’t a pleasure, it ain’t a poem.”

Het dokters die digkuns nodig? Ek brand om te hoor wat my kollegas in medisyne daarvan sou sê. Wat myself aanbetref, wel ja, miskien meer as wat die digkuns dokters nodig het.

Maar miskien kan ons eendag daaroor debatteer, maar intussen, kom ons gee eerder pasiënte die voordeel van die twyfel, investeer tien minute van jou kosbare tyd in ‘n daaglikse reeds oorvol skedule, deur elke dag vir een van jou pasiënte ‘n gedig voor te lees. En besluit dan self of dit werk al dan nie. ( Dis tog wat “uitkoms gebaseerde medisyne” predik, dan nie? Soos die Engelse spreekwoord leer. “the proof of the pudding lies in the eating”, of vir die puriste wat dit suiwer Afrikaans wil hou, “ die estetiese integriteit van die nagereg, lê ongetwyfeld gesetel in die verorbering daarvan.”

 

[Hendrik J. Botha is ‘n digter en narkotiseur van Pretoria.]

 

 

Bron: Berlin, Richard M. 2011.  www.richardmberlin.com. Why Doctors Need Poetry. ( Datum van toegang: 20 November 2016)