Binneblik
Tuesday, April 24th, 2012
1
Ek ry deesdae gereeld tussen Pretoria (of Tshwane) en Potchefstroom (of Tlokwe). Twee p’s vir twee t’s. ʼn Mens kan met die N1 suid ry en dan op die Kimberleypad klim, maar ek verkies ʼn roete wat effe langer neem – verby Carletonville en ʼn klein dorpie genaamd Welverdiend. By Welverdiend het pragtige rooibaksteen spoorweghuise en ʼn petrolstasie genaamd “Hi Way Motors” my eerste opgeval. Nou kan ek myself nie help om elke keer as ek daar verbyry met my kamera die plek in te boender nie.
Ek werk nou aan ʼn hele paar landskapskilderye van die omgewing. Ek het veral ʼn voorliefde vir bloekombome ontwikkel. Myne se skagtorings, mynhope, mielielande, bloekoms. Dis alles dinge wat ʼn landskap vir my mooi maak, my tuis laat voel.
2
Ek luister weer na Cowboy Junkies se “Trinity Sessions”. Dis ʼn opname in ʼn kerk. Margot Timmins sing met haar lieflike stem:
We are miners, hard rock miners
To the shaft house we must go
Oil bottles on our shoulders
We are marching to the slow
On the line boys, on the line boys
Drill your holes and stand in line
‘til the shift boss comes to tell you
You must drill her out on time
Can’t you feel the rock dust in your lungs?
It’ll cut down a miner when he is still young
Two years and the silicosis takes hold
and I feel like I’m dying from mining for gold
Yes, I feel like I’m dying from mining for gold.
Ek’s nie seker of hierdie liriek korrek is nie. Dis ʼn tradisionele lied. Dit laat my aan my oupagrootjie dink – Andries Jacobus Burger Rossouw. Hy’s op die ouderdom van dertig aan myntering dood.
3
Ek is deel van ʼn nuwe projek. Ons noem onsself die Vrye Radikales. Daar’s Drikus (of Brixton) Barnard op kitaar en stem en Marguerite Visser op klawerbord, kitaar en stem. Ek slaan ook kitaar en sing. Ons neem landskapskilderye deur ek en Marguerite saam, stal dit uit by plekke waar ons optree. Ons probeer om die musiek en skilderye met mekaar in gesprek laat tree, maar ek weet nie of dit altyd so suksesvol is nie. Dis veral lekker om by Nieu-Bethesda in die tennisklub se saal op te tree. Die mense daar kyk stip na die skilderye. Marguerite se pa wil weet hoekom ons die Vrye Radikales is. Dra ons dan nie klere nie?
4
Twee werke van Marguerite is deel van ʼn uitstalling by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn. Die uitstalling se titel is “Hangende tuine”. Marguerite se werke is van mynhope, met gruis en gras in klein botteltjies daarop gemonteer.
5
Op die Vrye Radikales se toer kom Hanné Koster saam om ʼn dokumentêre program te skiet. By plekke waar daar min mense opdaag is klubeienaars waarskynlik vriendeliker met ons as andersins, weens die kamera se teenwoordigheid. In Oudtshoorn gaan kyk ek saam met Hanné na ʼn uitstalling van Walter Meyer se landskapskilderye. Daar’s een van ʼn straattoneel in Prins Albert waarvan ek baie hou.
Soms wonder ek hoekom ek aanhou om musiek te maak en voor skraal gehore op te tree. Die Afrikaanse taalgemeenskap is te klein om die tipe musiek wat ek maak te regverdig. Hoekom sleep ek nog swaar luidsprekers en kitaarkiste rond?
maak die kis oop
haal jou snare uit
steek peule met jou stemvurk stukkend
skep, kou, sluk
g’n pêrels hier nie
g’n pêrels hier nie
6
“Hier’s net leë borde in die ondergrond,” sing Trike. Steak & Ale brand af. Ek gaan die gebou mis. Dis langs ʼn treinspoor, in Bothalaan. Koos du Plessis het destyds daar gesit, in die plek se voorganger. Naas Voëlvry se backdrop, deur Catharina Scheepers gemaak, was die skildery van James Philips agter Steak & Ale se verhoog seker een van mees klassieke backdrops in Suid-Afrikaanse musiek. Niemand weet wat van die Voëlvry-backdrop geword het nie. Steak & Ale s’n het afgebrand.
7
Ek wonder of my oupagrootjie ook soos ek oor myne se skagtorings gevoel het. Seker nie. Die tipe nostalgie waaraan ek ly is waarskynlik generasiegebonde.

Monday, April 23rd, 2012
Sekerlik almal besit ʼn “troon”.
ʼn Rukkie gelede, terwyl ek vertoef op die” troon” (’n heerlike plek om te vertoef), blaai ek deur my skoonma se ou tydskrifte.
Daar lees ek dat jy ʼn woord uit die WAT (Woordeboek van Afrikaanse Taal- is dit dalk dieselfde boek voorheen bekend as die HAT?) kan borg, wat nogals ʼn oulike inisiatief is om geld in te samel, en net ʼn entjie verder lees ek dat mens ook ʼn woord kan “koop” vir n bietjie meer…..
 ek sal met woorde alles regmaak
Dit is net daar wat ek begin wonder…
Indien ek so iets sou wou doen, watter woord op dees aarde sou ek wou koop, en wat sal ek daarmee wil en kan vermag? Blykbaar kry mens ʼn sertifikaatjie om te sê dat jy nou die woord besit. Waar sou ek dit hang? Sou ek met my woord spog tydens ʼn partytjie? En sê nou maar net ek koop ʼn aantal woorde, voeg dit mooi saam, en voila- het ek nou ʼn gedig gekoop? n Gedig wat ek graag sou wou koop is: ‘Eerbiedig” van Jan Afrika, en wonder of van daardie woorde opgeneem is in die WAT?
Dit bring my by besitlikheid. Waarom is die mensdom so behep daarmee? Blykbaar kan mens ook deesdae planete koop….
Gepraat van planete, dit laat my dink aan die kleine prinsie (The Little Prince -Antoine de Saint-Exupery), maar ongelukkig besit ek net die Engelse weergawe, hier volg ʼn paar gedeeltes:
“And what do you do with five hundered million stars?’
Nothing. I own them.
You own the stars?
Yes”
But I have already seen a king who…’
Kings own nothing. They reign over. It is quite different.
And what use is it to you to own the stars?
It makes me rich.
And what is the point of being rich?
It enables me to buy other stars, if anybody can find any.
This man the little prince said to himself reasons a bit like my drunkard. None the less, he put a few more questions
How can one own the stars?
Whose are they? The businessman asked peevishly.
I don’t know. They don’t belong to anyone
In which case they are mine, because I was the first person to think of it.
Is that sufficient?
Of course it is. When you find a diamond that belongs to nobody, it is yours. When you discover an island that belongs to no one, it is yours. When you are the first to have an idea, you take out a patent on it: it is yours. And I won the stars because nobody else before me thought of owning them.
That is logical said the little prince. And what do you do with them?
I manage them, I count them and recount them said the businessman. I am a man concerned with matters of consequence.
The little prince was still not satisfied
If I owned a silk scarf, I could put it around my neck and take it away with me. But you cannot pick stars
No but I can put them in the bank
Whatever does that mean
It means that I write down the number of my stars on a piece of paper. And then I put it in a drawer and lock it with a key
And is that all?
It is enough.
Quite amusing thought the little prince. Rather poetic. But an exercise of no real importance.
….but you are of no use to the stars…..”
Tel jou woorde…..
Monday, April 23rd, 2012

Gemeenskapsprojek: Skryfkuns
Weerspieëling en Weerklank (1)
Ek is vanjaar bevoorreg om deel te wees van ‘n projek wat (onder andere) kreatiewe produksie onder jong kunstenaars in die plaaslike gemeenskap probeer bevorder. Hierdie projek is deel van ‘n groter projek: Weerspieëling en Weerklank: Tipografie, topografie en tipologie waaraan die vakgroepe Kunsgeskiedenis, Grafiese ontwerp en Skryfkuns van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus deelneem.
 Bernard Odendaal
In die praktyk behels die projek waarvan ek deel is ‘n reeks werkwinkels waarin verskillende kreatiewe aktiwiteite aangebied word en waarin studente kans kry om oor die teorie en praktyk van kunsskepping te besin. Volgende keer berig ek meer oor die projek as sodanig, maar vandag se blog wy ek spesifiek aan die skryf- en poësiewerkwinkel van 14 April 2012 waartydens Franci Greyling en Bernard Odendaal hulle kundigheid op die gebied van prosa- en poësieskryf met die groep jong kunstenaars uit Promosa gedeel het. Ek het elke student gevra om kortliks sy of haar indruk van die werkwinkel neer te skryf. Ek plaas dit saam met foto’s van die kunstenaars en foto’s van aktiwiteite wat reeds plaasgevind het.
 Shaday Hendricks
Shaday Hendricks:
Vandag was net vir my awesome!!! Om eerlik te wees ek het gedink dit is moeilik om ‘n gedig te skryf, maar dit is glad nie so moeilik nie. Jy as die skrywer moet net die leser kan laat verstaan. Dit is nogal interessant om na die dieper betekenis van ‘n gedig te kyk.
 Andrea Chinian
Andrea Chinian:
Om gedigte te skryf, het eers vir my gevoel asof dit ‘n onnodige “las” in die lewe was. Ek het gevoel dat “poets” onnodige geld daarvoor verdien. Maar noudat ek self in die skryf deelneem vind ek dit interessant want ek kan myself uitbeeld en daar is niks soos ‘n verkeerde gedig of leesstuk nie. Niemand kan jou judge nie solank jy uitbeeld wat jy in jou gedagte het.
(…) So ek sou vir julle wat daar buite is wat graag wil skryf aanmoedig om te begin skryf en om nie anders se negatiewe sprake kop toe te vat nie, want as mens eenmaal begin het wil jy nie ophou nie.
 Leonora van Rooyen
Leonora van Rooyen:
Ek het ‘n liefdesverhaal om te vertel.
Ek wil my emosies uitdruk.
Om dit te doen skryf ek ‘n paar kort sinne wat soos musiek klink en daar het ek my gedig.
Dit was my eerste persepsie oor die gedig.
Alles goed en wel, maar toe word ek blootgestel aan wat die skrywers noem “skeppingselemente”. Toe ek na die skeppingselemente in my eie sogenaamde gedig gaan kyk, wel, toe lyk dit nie meer soos ‘n gedig nie.
By my volgende poging van gedig skryf kon ek my abstrakte emosies in konkrete beelde vasvang. Ek kon klank gee aan die beeld. Ek kon steeds die ritme en metrum in beeld hoor.
 Janine Matthyse
Janine Matthyse:
Ek het baie geleer oor skryfwerk. Dit help mens ook om jou gevoelens uit te beeld en dis verskriklik interessant. Ek het baie geleer oor gedigte ook dat mens net kan gaan sit en skryf maar jy moet ook weet wat jy doen. Dit het my terug gevat na my dae op skool graad 11 & 12 in my Afrikaans klas. Ek hou nogals daarvan om te skryf en ek het vandag se les baie geniet.
 Godwin Leandro Willemse
Godwin Leandro Willemse:
Vandag se werkswinkel “Poësie” ek kon vandag tog so baie leer by prof. Bernard, van poësie en die Ritme van ‘n gedig jy moet altyd dink aan jou lesers en probeer dit verstaanbaar te maak, dit kan ironies wees en sarkasties wees maar nie te veel nie. En kies jou woorde mooi. Die klasse is 100% die moeite werd.
(Ek meen hier is ‘n paar goeie wenke wat digters gerus ter harte kan neem!)
 Ons is nie skaam om te drama nie
 Of te rap nie...
 Rame
Foto’s: © Marlise Taljard, 2012
Saturday, April 21st, 2012
Ek lees die afgelope week of twee al herkouende aan Cas Vos se jongste bundel, Weerloos lewe (2012). Die veertienreëlige gedig “my anima is my herder” is een van dié waaraan ek besonder stadig herkou, en bly wonder of ek hoegenaamd die regte gedagtes raaklees:
my anima is my herder, my beskermer,
sy lê my neer in dooie vlaktes,
lei my na waters van onrus en onvrede.
sy versondig my siel, verlei my
op nat steiltes van onreg en kwaad.
haar naam is bitter op my lippe,
in die skadu van my onderbewuste
is vrees my donker geesgenoot.
in my hart met sy trosse kamers
woon my broers en my susters:
hoogmoed, hebsug, wellus, woede,
vraatsug, afguns, luiheid –
die sewe wonders van my lewe,
van al my kortstondige dae.
Hierdie spesifieke gedig is vir my persoonlik een van die boeiendste verse in die bundel, maar ook een van die mees uitdagende – heel moontlik vanweë die dubbele lading in die gedig, naamlik die intertekstuele band met die bekende Bybelteks asook die psigoanalitiese stramien.
In ’n ander konteks verwys die digter self na die invloed van ’n oerteks soos Psalm 23, en gebruik die metafoor van Psalm 23 as die herinnering aan ’n flikkerende kers uit jou kinderdae. Hy wys dan pertinent ook op hierdie teks se invloed op kunstenaars deur die eeue (Vos 2006). Vos self sluit aan by hierdie tradisie van kunstenaars wat met die gegewe van Psalm 23 omgaan, en neem in Die afdruk van ons hande (2007) die gedig “Die Here is nie my herder nie” op:
Die Here is nie my herder nie
Die Here is nie my herder nie,
ek kom alles kort.
Hy lei my na leegtes,
laat my bloedsweet,
bring my na ’n woestyn
sonder manna se genade
op die deinende duine.
Hy lei my op omweë
om sy verlore eer te soek.
Ek kruip deur donker dieptes,
my hart skommel bang;
U het u hand teruggetrek,
ek kyk vas teen u rug.
U laat my aan ’n kruis hang
terwyl my vyande koggel.
U ontvang my soos ’n rower,
ek is oorlaai met skuld.
Al slaan u stilte my stom,
sal ek na U bly roep,
ek, u weggooilam.
Vos self bestempel hierdie gedig as eietyds en ironies, en dit is duidelik dat die siening van God hierin veel meer kompleks is as in die Bybelteks.
In “my anima is my herder” kom die leser voor ’n groter uitdaging te staan. Weliswaar is hierdie gedig, soos “Die Here is nie my herder nie”, ’n herskrywing van die oerteks, maar nou met die integrasie van elemente uit die Jungiaanse sielkunde. Daarnaas is hierdie gedig nie bloot net ’n herskrywing nie, maar is dit heel moontlik ook ’n dekonstruksie van die Bybelteks met enorme implikasies, veral wanneer dit teenoor die vertroostende en sussende aanslag van die welbekende Psalmteks gestel word.Ek vermoed dat hierdie gedig ook ’n groot rol kan speel tydens ’n gesprek oor die aard van Vos se digkuns, onder andere wanneer daar besin word of hy as ’n religieuse digter in die tradisionele sin van die woord bestempel kan word.
Vos betrek dan in hierdie gedig die Jungiaanse konsep van die anima, wat enersyds dui op die anima as ’n aspek van die onbewuste van die individu, soos gestel teenoor die persona oftewel die buitenste aspek van die persoonlikheid, maar spesifiek dui op die vroulike aspek in die manlike psige. Dit wil voorkom asof Vos op ’n bewuste wyse met die omskrywing van die anima omgaan – deurdat die anima as vroulik getipeer word deur die vroulike voornaamwoorde, maar ook deurdat die gedig duidelik ’n verkenning is van die diepste dele van die self.
Die interessante vraag, sou ons Jungiaans oor die gedig dink, is natuurlik: Indien die anima/onbewuste ware self die sprekende subjek op ’n reis na onder meer onrus, verleiding en vrees neem (soos ons in die oktaaf lees), wat is die aard van die sprekende subjek dan? Is dit die persona wat hier aan die woord gestel word? Of is dit die ego met sy sinsoekende aard wat hier as die slagoffer van die dieper en onbewuste self gesien word? Of sou ons kon sê dat dit eerder die ego is wat ’n reis onderneem na die onbewuste om – byna soos ’n Henry van Eeden – met sy eie diepliggende psigiese inhoude versoen te word?
’n Belangrike aspek van die anima (as die vroulike beginsel in die psige) is wel dat dit optree as mediator tussen die bewuste en die onbewuste, en as sodanig ook dikwels die sleutel hou tot die ontsluiting van kreatiwiteit (wat in die Jungiaanse denke in die onderbewuste setel).
My lesing van die gedig dan (en nou sidder ek natuurlik omdat ek maar te goed besef watter gevaarlike terrein ’n mens betree wanneer jy jou lesing van so ’n komplekse teks aanbied): Moontlik kan ons die gedig lees as die sprekende subjek of ego wat aan die hand van die anima, as ironiese “beskermvrou”, ’n reis na die verborge aspekte van die self onderneem. Die anima is dan juis eerder blootsteller, ontdekker of fasiliteerder, eerder as die “herder” van die Bybelteks wat ontstemmende emosies van die spreker weghou en eerder gerusstelling bied. Nietemin is die anima hier, byna soos Brink se vrouefiguur in Die Ambassadeur (op sy beurt ’n herskrywing van Dante se Beatrice), die begeleidster deur die donker dele van die self. Die reis lei uiteindelik na die sekstet waar die verborge dele van die self (“my hart met sy trosse kamers”) aan die orde kom en waar die sewe doodsondes ook teruggevind word.
Merkwaardig egter, is dat hierdie oënskynlik dekonstruktiewe gedig in die slotreëls’n transformatiewe kwaliteit verkry: Die sewe doodsondes word nou bestempel as “die sewe wonders van my lewe,/ van al my kortstondige dae.” Sou dit vergesog wees om hierdie reëls te interpreteer as ’n soort bereiking van die bestemming, as ’n aanduiding van individuasie wat voltrek is? Met ander woorde, sou die leser kon aflei dat die sondes/die donker areas van die self verken en aanvaar kon word, dat dit letterlik bloedfamilie kon word, soos die beeld “in my hart met sy trosse kamers / woon my broers en my susters” aandui?
In daardie geval kán die doodsondes erken word as “wonders”, in die sin dat die fasilitering van kreatiwiteit via kontak met die dieper self voorwaar ’n wonder van die menslike lewe is.
Hierdie gedig is waarskynlik een wat nié volkome tuishoort in die oeuvre van ’n tradisioneel religieuse digter nie. Veel eerder is dit ’n gedig wat aansluit by die dinge wat die postmoderne mens se binnewêreld konstitueer, wat nie wegskram van die donker en onverkende domeine nie, maar dit eerder wil oopdig en die wonder van die volle spektrum van menswees kan erken.
Transpersonal Pioneers: Carl Jung. Uittreksel uit Personality and Personal Growth (6de uitgawe).
Frager, R., & Fadiman, J. (2005). New York: PearsonPrentice Hall. pp56. [Internet].Beskikbaar: http://www.itp.edu/about/carl_jung.php. [2012, April 20].
Vos, C. 2006. Preekhulp: Praedicatio: Psalm 23 – My herder en my vader. TEO Webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria [Internet].Beskikbaar: http://www.teo.co.za/wmprint.php?ArtID=368. [2012, April 20].
Saturday, April 21st, 2012
Steak ‘n Ale het gisteraand afgebrand.
Baie gedigte is hier gebore tydens bekgevegte. Ander het asem gekry deur voorgelees te word. Verse is op die plek getoonset. Hertzog-pryswenners en wannabees het donker nagte deur gerook na dagbreek toe. What happens in Steakies stays at Steakies. Groot sangers het eens as onbekendes gratis hier opgetree. En nou is dit verby. Ons het net die stories oor.
En hulle het begin instroom. Ek het solank een foto van ‘n Oopmond-aand waar ons musiek en gedigte ingespan het om die winter te verjaag.

Friday, April 20th, 2012

Via ‘n skakel op De Contrabas beland ek op ‘n omvattende artikel deur William Logan wat onlangs op New Criterion se webblad verskyn het; ‘n artikel wat in wese handel oor die verleentheid van literêre kritici wie se aanvanklike (negatiewe) oordeel met die agternakyk van jare later as ‘n totale mistasting beskou word: “When critics play parlor games, they imagine how they would have reviewed the controversial books of the past. Critics are later judged, not by the book they failed to pan, but by the book they failed to praise. Most are certain that, given the chance, they would have recognized the genius of Lyrical Ballads, or Leaves of Grass, or The Waste Land. We pour bile on the heads of the dolts of 1798 and 1855 and 1922 who didn’t realize what was on the desk before them.”
Met bogenoemde as inleidende paragraaf, ondersoek Logan dan pertinent die ontvangs wat bogenoemde drie bundels in hul tyd gehad het en hoe die kritici gewoon nie in staat was om dié drie digters - Whitman (foto), Wordsworth en Eliot - na waarde te skat nie. Fassinerende leesstof, inderdaad. En besonder amusant, terselfdertyd.
Neem byvoorbeeld die volgende oordeel wat Charles A. Dana, hoofredakteur van die New York Daily Tribune, oor Whitman se Leaves of Grass gevel het: “From the unique effigies of the anonymous author of this volume which graces the frontispiece, we may infer that he belongs to the exemplary class of society sometimes irreverently styled “loafers.” He is therein represented in a garb, half sailor’s, half workman’s, with no superfluous appendage of coat or waistcoat, a “wide-awake” perched jauntily on his head, one hand in his pocket and the other on his hip, with a certain air of mild defiance [...] His language is too frequently reckless and indecent. . . . His words might have passed between Adam and Eve in Paradise, before the want of fig-leaves brought no shame; but they are quite out of place amid the decorum of modern society, and will justly prevent his volume from free circulation in scrupulous circles. . . . The Leaves of Grass . . . are full of bold, stirring thoughts . . . but so disfigured with eccentric fancies as to prevent a consecutive perusal without offense.”
Sjoe. Ook Charles Eliot Norton, wat in latere jare hoofredakteur van die North American Review, sou word, het Charles Dana se oordeel ge-eggo met sy verwysings na “… a curious and lawless collection of poems, called Leaves of Grass, and issued in a thin quarto without the name of publisher or author. The poems, twelve in number, are neither in rhyme nor blank verse, but in a sort of excited prose broken into lines without any attempt at measure or regularity, and, as many readers will perhaps think, without any idea of sense or reason. The writer’s scorn for the wonted usages of good writing, extends to the vocabulary he adopts; words usually banished from polite society are here employed without reserve and with perfect indifference to their effect on the reader’s mind; . . . the introduction of terms, never before heard or seen, and of slang expressions, often renders an otherwise striking passage altogether laughable.”
Natuurlik staan die kritikus weerloos voor die ongenaakbare oordeel van die tyd; iets wat Logan duidelik stel in opmerking waarmee hy sdy omvattende artikel sluit: “The critics who got it wrong remind us that poets in whom we now see only virtues once seemed full of vices, and that, though we may value those vices differently, sometimes it is their presence that makes the virtues virtues.”
Gaan lees gerus; veral die mistastings rondom Eliot se The Waste Land was skrikwekkend; dog verstaanbaar … Of juis nié?!
En natuurlik kan ‘n mens nie verhelp om te wonder oor plaaslike voorbeelde nie … Kan iemand dalk help? Indien ek dit nie mis het nie, was DJ Opperman se oordeel van Peter Blum byvoorbeeld minder gunstig? Of het ek dit mis?
Nietemin, vir jou leesplesier plaas ek ‘n voorbeeld van die taalgebruik uit Whitman se Leaves of Grass wat volgens William Logan bykans al die kritici die harnas ingejaag het.
***
Limitless limpid jets of love hot and enormous . . . . quivering jelly of love . . .
white-blow and delirious juice,
Bridegroom-night of love working surely and softly into the prostrate dawn,
Undulating into the willing and yielding day,
Lost in the cleave of the clasping and sweetfleshed day.
© Walt Whitman
Wednesday, April 18th, 2012

Luidens ‘n berig by Knack.be is dit pas bekend gemaak dat die 31-jarige Carl de Strycker (foto) vanaf 1 Augustus vanjaar die bestuur van die Poëziecentrum in Gent by Willy Tibergien gaan oorneem. In 2010 was die 67-jarige Tibergien al onder druk om afstand te doen van die dubbelpos as direkteur van die sentrum en ook as redakteur van Poëziekrant, die sentrum se vlagskippublikasie. Tibergien, wat die tydskrif en 1976 tot stand gebring het en die sentrum enkele jare daarna in 1980, het egter vasgeskop en volgens berigte daardie tyd aangedui dat hy beoog om eers in 2013 te tuig neer te lê.
 Willy Tibergien
Die kritek teen Tibergien twee jaar gelede het in wese daaroor gegaan dat hy uit pas was met die nuutste ontwikkeling en die Vlaamse en Nederlandse digkunste; in ‘n redaksionele brief daardie tyd het hy egter onderneem om die Poeziekrant se aanslag radikaal te hersien: “Wij willen af van het etiket ‘literair tijdschrift’ dat bij te veel potentiële lezers en vooral bij jongeren te veel weerstand oproept,” het hy gesê. “Wij willen van Poëziekrant een boeiend ‘maandblad voor poëzie’ maken. De stap is klein. De nuance groot. (…) Een nieuw lettertype en de frisse rustige full quadri lay-out moeten de leesbaarheid vergroten. Ook aan de inhoud is en zal nog gesleuteld worden.”
En dit het hy inderdaad gedoen.
Net so het hy die Poëziecentrum in Gent gevestig as sekerlik die mees dinamiese poësie-inisiatief in die Lae Lande. Nie net huisves die sentrum volgens Gerrit Komrij die grootste versameling Nederlandse en Vlaamse bundels nie, maar dit is ook die tuiste van die Ernst van Heerden-versameling wat allerweë gesien word as die grootste versameling Afrikaanse poësie buite ons landsgrense. Voeg daarby die boekwinkel en ook die uitgewery wat hulle by die sentrum bedryf, en jy besef dat Tibergien iets baie spesiaals tot stand gebring het …
De Strycker, daarenteen, is tans nog as dosent verbonde aan die Universiteit van Gent en ook as gas-dosent aan die Universiteit van Münster. Hy is egter reeds vir etlike jare betrokke by Poëziekrant as kernredaksielid en op vryskutbasis by ander projekte van die sentrum.
Indien jy dit gemis het, kan jy hier en hier gaan kyk na vorige stukke wat ek geskryf het oor Willy Tibergien en die Poëziecentrum.
***
 Poëziecentrum
Friday, April 13th, 2012

Dit is Vrydag die 13de en April is Poetry Month. Ek glo nie die storie dat 13 ‘n ongelukkige getal is nie, maar ek het sowat ‘n uur gelede dansksy Bibi Slippers die plan gekry om iets te doen wat dalk party ander mense se idee hieroor ook kan verander. Net miskien. Maar ek sal nooit weet nie (en dis die “beauty” daarvan).
Ek het in Desember 2011 ‘n paar Afrikaanse digbundels te koop gekry teen R2 elk. Nee, regtig. Ek het die arme bundels so jammer gekry dat ek almal gekoop het. Sommige het ek nou al uitgedeel aan vriende en ouetehuise. Maar ek het nog steeds vier of vyf “doubles” oor. En vandag gaan ek iets doen wat ek gewoonlik nie doen nie: Ek het nounet al die bladsye uit twee bundels geskeur. Nou gaan ek na ‘n mall toe ry en ek gaan gedigte agter toiletdeure plak en in koffiewinkels se spyskaarte sit.
Laat die verse dan soos ‘n goeie knertsie val waar hulle wil op hierdie dertiende dag van die cruelest month.
Friday, April 13th, 2012
Ek het René Bohnen se blog oor herfs in Johannesburg baie geniet. In Pretoria is daar ook ʼn vars byt in die lug. Witstinkhoutbome teen die koppies se toppe word al geel. In die kar werk toe luister ek vanoggend na Bacchus Nel se “Herfsman”.
Die son sit wydsbeen oor my skouers vandag
en die wind waai my hare deurmekaar,
daar’s ʼn man met ʼn besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.
Dis Leonard Cohen wat in my kop rond dans
like a bird on a wire in a trance
net soos die man met ʼn besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.
Ek stig ʼn kommissie van ondersoek
na die welstand van my siel en van my gemoed
en die man met die besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.
Ek speel my kitaar by die toegeeteken,
hou jou geld dit is baie werd
net soos die man met die besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.
Begrafnisstoet kom verbygery.
“Die lewe is meer belangrik,” skreeu ek
vir die man met die besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.
ʼn Kragonderbreking wat dit alles onderbreek,
maar die stadsraad sê hulle weet van my probleem
van die man met die besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai en draai en draai en draai,
ja, die aarde draai en draai en draai en draai en
stop, ek is verward.
Foto van Bacchus Nel deur Toast Coetzer.
Friday, April 13th, 2012

Een van die meer amusante stukke wat ek die afgelope paar dae op die internet te lese gekry het, is Craig Santos Perez se blog op die Poetry Foundation se webblad. Met “I saw the best minds of my generation destroyed by Facebook” as opskrif het hy dit oor die vervlakkende (en verwoestende) effek wat Facebook op blog-inskrywings het. Volgens hom was blogs ‘n paar jaar gelede koning; die onderwerpe was gevarieerd en stimulerend en die kommentaar-fasiliteit by die meeste blogs het tot sinvolle debat aanleiding gegee …
Maar nou het die situasie volgens Perez drasties verander: “People stopped commenting on each other’s blogs. Threads died. Poets deleted their blogs and disappeared from public eye. Harriet shut down the comment box; later, Harriet shut down the group blogging. My Google reader grew silent. Noting this phenomenon, I wrote in 2010: ”Facebook killed the blogger star.” (Terloops, Harriet is die kollektiewe blog van die Poetry Foundation …)
Nietemin, met bogenoemde as uitgangspunt gee hy dan ‘n nogal vermaaklike uiteensetting van sy Facebook-verslawing; digters wat hy bewonder het en wie hy via FB bevriend het, wat nou nie meer oor dit wat pertinent op die digkuns betrekking het, skryf nie, maar oor dit wat hy ‘food porn” noem: “I learned many new recipes. I also learned many intimate details about the former poet-bloggers I friended. And by intimate, I mean TMI, as in Too Much Intimate! And sometimes these details changed the way I perceived the poet. You know, it’s like when you first learn that Ezra Pound was a fascist, or that Wallace Stevens worked for an insurance company. Something breaks on the inside.”
Freneties het hy hom aan die adrenalien vloed van “liking” en “sharing” oorgegee; in dié mate dat sy FB-blad deurentyd op sy rekenaar oopgehou is ten einde nie ‘n nuwe plasing te mis nie. Alles buiten sy Facebook status het in belangrikheid afgeneem. “Now, I have 2649 Facebook friends. As I type this, I have a window open to my Facebook page. Between sentences, I snack on my feed. Oh look: Don Share shared a photo of a sexy stack of Poetry magazines (April 2012). Book porn. Three people like it. I just “liked” it. I’m not going to comment “Double Like” because I don’t like it that much.”
Kostelik. Die aanhaling wat egter soos ‘n goue draad deur Perez se relaas loop, is die volgende uitspraak deur William Carlos Williams: “It is difficult to get the news from poems. Yet men die miserably everyday for lack of what is found there.”
Nou ja, toe. Laat ons fokus behou en nie soos dit die geval is in NP Van Wyk Louw se treffende gedig, Renboot, greep verloor op die vlak waters van Facebook se kitsromantiek nie …
Vir jou leesgerief plaas ek die gedig hieronder.
***
Renboot
My boot skiet rasend oor die see,
die vrees vlieg soos ‘n wit voël mee:
moet hy nie sink as hy gaan staan?
(iets donkers gryp-gryp onderaan).
My vaart is wankel ewewig
tussen swart see en hoë lig.
© NP Van Wyk Louw (Uit: Versamelde gedigte, 1981: Tafelberg / Human & Rousseau)
Wednesday, April 11th, 2012

Vroeër vandeesweek het die bekende Duitse skrywer en Nobelpryswenner, Günter Grass (foto), ‘n erg betogende gedig in die Süddeutsche Zeitung gepubliseer wat sedertdien in omstredenheid gehul is vanweë die feit dat dit ‘n onverkwiklikke aanval op die Israeliese regering is. So moes Grass in ‘n opvolgverklaring na aanleiding van die kontroversie verduidelik dat die gedig, “Was gesagt werden muss“, hoegenaamd nie gemik is teen die Israeliese staat nie, maar teen die huidige regering en meer spesifiek hul aggressiewe beleid jeens Iran. ‘n Verdere komplikasie is uiteraard dat Grass ‘n eertydse lid van die gewraakte SS was; tot en met hul ontbinding in 1945.
Nietemin, die volledige debat, met die bydraes deur verskillende rolspelers is vir die gerief van hul lesers deur die Süddeutsche Zeitung byeengebring en kan hier gelees word.
Intussen is dié gedig van Grass binne enkele ure na dit verskyn het, deur Tom Ordelman in Nederlands vertaal en is dit op De Contrabas geplaas, met die volgende regverdiging deur Chrétien Breukers, redakteur van De Contrabas: “Tom Ordelman, bekend van de Facebookvertaalgroep, heeft het gedicht in het Nederlands vertaald. Omdat er copyright op rust, is een publicatie niet toegestaan zonder Grass om toestemming te vragen; we hebben deze regel deze keer omzeild, omdat het origineel overal al opduikt én omdat het gedicht een maatschappelijk geraas en getier op gang bracht en daarom ook interessant is voor Nederlandstalige lezers.”
Of dit ‘n goeie vers is? Mmm, getrou aan die aard van betogende verse is dit ernstig te betwyfel. Maar nou ja, indien daar op bliktromme geslaan word, bestaan daar teen die irritasie helaas geen verweer nie. Of wat praat ek nou?
Vir jou leesgerief plaas ek die gedig hieronder soos dit in Nederlands vertaal is deur Tom Ordelman. Oordeel maar self …
***
Wat gezegd moet worden
Waarom zwijg, verzwijg ik te lang,
wat voor de hand ligt en in simulaties
geoefend werd, waarbij wij als overlevende
ten slotte op zijn best voetnoten zijn.
Het is het vermeende recht op de eerste aanval,
dat het door een schreeuwlelijk onderworpen
en tot georganiseerde jubel aangestichte
Iraanse volk zou kunnen wegvagen,
omdat in diens machtsbereik de bouw
van een atoombom vermoed wordt.
Maar waarom sta ik mijzelf niet toe
dat andere land bij naam te noemen,
waar al sinds jaren - hoewel geheimgehouden -
een groeiend nucleair arsenaal beschikbaar is,
maar uit de hand loopt omdat het voor
geen enkele controle toegankelijk is?
Het algemeen verzwijgen van deze feiten, waaraan
zich mijn zwijgen ondergeschikt gemaakt heeft,
ervaar ik als belastende leugen
en dwang die straf in het vooruitzicht stelt
zodra ze genegeerd wordt;
het verwijt “antisemitisme” ligt voor de hand.
Maar nu, omdat men vanuit mijn land,
dat door oereigen misdaden,
die huns gelijke niet kennen, keer op keer
wordt ingehaald en ter verantwoording geroepen,
wederom en op puur zakelijke gronden, zij het ook
met veel poeha tot restitutie bestempeld,
nòg een duikboot aan Israël
wil leveren, welks specialiteit
het is allesvernietigende kernkoppen
daarheen te kunnen sturen, waar het bestaan
van een enkele atoombom niet bewezen is,
maar waarvoor de angst als bewijskracht moet dienen,
zeg ik, wat gezegd moet worden.
Maar waarom heb ik tot nu toe gezwegen?
Omdat ik van mening was dat mijn afkomst,
waaraan nooit te verontschuldigen blaam kleeft,
het mij verbood, het land Israël, waarmee ik verbonden
ben en wil blijven, als uitgesproken waarheid
van dit feit te betichten.
Waarom zeg ik nu pas,
oud geworden en met laatste inkt:
De atoommacht Israël is een gevaar
voor de toch al wankele wereldvrede?
Omdat gezegd moet worden,
waarvoor het morgen al te laat zou kunnen zijn;
ook omdat wij - als Duitsers al genoeg belast -
toeleveranciers zouden kunnen worden van een misdaad,
die voorzien kan worden, zodat onze medeplichtigheid
door geen van de gebruikelijke uitvluchten
te verontschuldigen zou zijn.
En toegegeven: ik zwijg niet meer,
omdat ik de hypocrisie van het westen
zat ben; het is bovendien te hopen,
dat velen zich van het zwijgen bevrijden,
de veroorzakers van het herkenbare gevaar
oproepen om af te zien van geweld en
tevens eisen,
dat een ongehinderde en permanente controle
van het Israëlische nucleaire arsenaal
en van de Iraanse atoominrichtingen
door een internationale instantie
wordt toegestaan door de regeringen van beide landen.
Alleen zo kunnen Israëlieten en Palestijnen,
ja, alle mensen die in deze
door waanzin geregeerde regio
dicht bijeen in vijandschap leven,
en uiteindelijk ook wijzelf worden geholpen.
© Günter Grass in die Süddeutsche Zeitung van 4 April 2012.
(Vertaling: Tom Ordelman, 7 April 2012)
Monday, April 9th, 2012

My obsessies oor die jare het gekom en gegaan: maar een het gebly:
Eers was daar die Little Lulu-comics wat ek so ywerig in die vyftiger-jare versamel het en toe aan my oom Paul geleen het. En toe hy twee weke later weer kom kuier, was dit met ‘n handvol Little Archie-comics wat hy by die Plaza bioskoop by ‘n skoolmaat omgeruil het vir my geliefde Little Lulu. Dit was ‘n verlies wat vir my jare geneem het om te oorkom. Elke paar maande vir dekades lank het ek gedroom dat ek hulle weer terug het, en in my drome het elke comic intussen gegroei tot die dikte van ‘n Statebybel – en hier word ek toe soggens op ouderdom 60 wakker en word ek weereens bewus van my verlies van vyftig jaar tevore.

In 2005 ontdek ek op die internet dat die volledige Little Lulu-reeks na al die jare deur Dark Horse Books herdruk word. En nou, begin 2012 sit ek met 29 koffietafel-volumes van meer as 200 bladsye elk van elke Lilttle Lulu-comic wat ooit gepubliseer is.
Maar nou besef ek dat my drome van destyds skielik êrens heen verdwyn het en ek wonder of dit liewers maar ‘n droom moes gebly het, in plaas van die ongelese volumes op my boekrak.
En dan was daar my obsessie met die films van Federico Fellini en hier sit ek nou met al die DVDs van sy films – behalwe die heel laaste La Voce della Luna wat nog nooit op DVD uitgereik is nie, en dalk is dit beter so, want anders is daar niks meer om oor te droom nie.

Maar die ander obsessie wat nou alreeds 59 jaar met my saamloop is die storie van die Titanic.
In 1953 het ek in Bloemfontein in die heel voorste ry van die Vaudette- bioskoop gesit en gesien hoe Clifton Webb vir Barbara Stanwick tot siens soen en dan saam met sy seun op die dek staan terwyl die skeepsorkes Nearer my God to thee speel voordat die skip wegsak in die dieptes van die Atlantiese Oseaan.

Dit was my eerste kennismaking met die gebeurtenis van 15 April 1912 en van toe af, vir jare lank, het ek elke boek oor die Titanic gekoop, en al die films gesien: A Night to Remember ; S.O.S. Titanic; Raise the Titanic; daarna ’n TV-reeks met en uiteindelik die bekende film Titanic met Leonardo di Caprio.

En in 2008 by die Titanic Artifacts Exhibition in die Science Centre in Londen koop ek ‘n nekhangertjie met ‘n stukkie steenkool uit die Titanic se ruim – die enigste artifak wat toegelaat is om aan die publiek verkoop te word.

En nou is dit April – en op 15 April presies 100 jaar gelede het hierdie weeldeskip met die rykste van die rykes en die armste van die armes op sy nooiensvaart gesink. Nes die Twin Towers-ramp is hierdie sekerlik die grootste ramp wat ons in moderne tye getref het.
En alreeds in 1912 het die eerste vers-bundels verskyn deur mense wat deur die ramp aangegryp is, baie van die gedigte maar vrotserig byna soos dié van die Briels oor die destydse Coalbrook-ramp of die prul wat baie sogenaamde digters op Facebook-blaaie plaas met ‘n kopiereg-teken, net asof iemand hulle braaksels sou wou steel.
Ek wil graag twee gedigte noem. Die eerste is van Thomas Hardy, meer bekend vir sy romanwerke soos Tess of the D’urbervilles en Far From the Madding Crowd.

THE CONVERGENCE OF THE TWAIN
(Lines on the loss of the ‘Titanic’)
In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly couches she.
Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhythmic tidal lyres.
Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls — grotesque, slimed, dumb, indifferent.
Jewels in joy designed
To ravish the sensuous mind
Lie lightless, all their sparkles bleared and black and blind.
Dim moon-eyed fishes near
Gaze at the gilded gear
And query: ‘What does this vaingloriousness down here?’…
Well: while was fashioning
This creature of cleaving wing,
The Immanent Will that stirs and urges everything
Prepared a sinister mate
For her — so gaily great –
A Shape of Ice, for the time far and dissociate.
And as the smart ship grew
In stature, grace, and hue,
In shadowy silent distance grew the Iceberg too.
Alien they seemed to be:
No mortal eye could see
The intimate welding of their later history,
Or sign that they were bent
By paths coincident
On being anon twin halves of one august event,
Till the Spinner of the Years
Said ‘Now!’ And each one hears,
And consummation comes, and jars two hemispheres.
Dit is tog wonderlik dat daar op die internet deesdae ontledings is van bekende gedigte. Van hierdie een is daar talle met slegs ‘n druk van ‘n knoppie by Google en die woorde: Poem Analysis: The Convergence of the Twain. Miskien is dit ‘n lui manier om ‘n gedig te verstaan, maar dit dien tog ‘n sekere doel.

Selfs ek het op ‘n stadium Titanic in een van my versies ingewerk – maar hier was dit beslis ‘n ligter aanslag en glad g’n gespottery nie, maar wel oor Hans Andersen se Klein Meermin wat baie jaloers geword het toe sy vir Leonardo di Caprio en Kate Winslett op die boeg van James Cameron se Titanic sien staan het.

woorde: Philip de Vos; illustrasie: Piet Grobler
En terloops, van die Klein Meermin gepraat, ‘n klompie jare gelede was ek en Peter in Kopenhagen en volgens die besoekersboek was die meermin-beeld ‘n moet vir alle besoekers. Reisgids in die hand het ons haar in die hawe gaan soek, maar nes die Titanic was daar niks op aarde te sien nie, behalwe ‘n klomp Japannese toeriste wat ywerig foto’s geneem het van ‘n doodgewone rots wat uit die water gesteek het.
Daardie aand moes ons in die plaaslike koerant lees: “Vandale het gisteraand die kop van die beroemde meermin-beeld afgesaag.”
Ja, so is die lewe: party rampe is mensgemaak, ander soos die sink van die Titanic, miskien nie – en ja, my obsessie met die Titanic is nog lank nie verby nie.

Friday, April 6th, 2012

Vroeër vandeesweek ontvang ek via bemiddeling ‘n skrywe van Paul Brickhill (saam met Morgan Tsvangerai op die foto hierbo), wat die eienaar en bestuurder van die Book Café in Harare is. Hiervolgens blyk dit dat die Zimbabwiese regering in 2008 hierdie lofwaardige onderneming se fondse bewimpel het en hulle einde verlede van die perseel, waar hulle die afgelope 15 jaar gevestig was, geboender het. Die rede? Wel, die Book Café dien reeds vir die 30 jaar lank as die fokuspunt en inisieerder van bykans alle kulturele aktiwiteite in Zimbabwe. En hulle is gewis nie die regering se karperde nie …
Volgens Brickhill se skrywe: “Harares community home for artists and audiences, Book Cafe, has been threatened for years. It represents the power of culture and people. For 30 years it has celebrated the creativity of mind and art, and has become a national beacon of dignity, joy and freedom in Zimbabwe; the antithesis of an insidious militarized repression and looting of national resources. ” Hierdie siening word ook bekragtig met die Prince Claus Award, waarmee dié onderneming in Junie 2011 vereer is, se commendatio: “The Book Café (launched 1997, Harare from the Grassroots bookshop started 1982) is a vibrant platform for free cultural expression in a country suffering decades of political and economic upheavals, repressive laws, stringent censorship and a lack of cultural infrastructure. Operating under the umbrella of the Pamberi Trust, with creative director Paul Brickhill and a dedicated team of staff, this unassuming café presents more than 900 cultural events a year to enthusiastic capacity audiences of people from all racial and cultural groups and all sectors of Zimbabwean society.”
Nietemin, na jare se stryd om vas te stel wat van die geld geword het en ook om hul befondsing weer herstel te kry, het Zimbabwe se Eerste Minister, Morgan Tsvangerai, ook tot die stryd toegetree. Hy word soos volg deur die Daily News aangehaal: “I am aware that Book Café is one of the cultural institutions punished by its own government in 2008 by having its funds raided by the Reserve Bank of Zimbabwe. I pledge to trace what happened to that money with a view to having it repaid as was done to funds raided from the foreign currency account of NGOs. It is an anomaly that needs urgent resolution.”
Nou ja, toe. Of selfs Tsvangerai daarin gaan slaag om teen die vloed van korrupsie en bewimpeling staande te kan bly, sal net die tyd leer. En, indien jy jou steun aan hierdie stryd wil toesê, kan jy hierdie of hierdie skakel volg.
Ironies genoeg herinner dié situasie my aan die euforie waarmee die 2008-verkiesing se uitslag en Mugabe se (gewaande) neerlaag by die stembus, begroet is. Op dié tydstip was ek en Marlise hoeka in ‘n kroeg met die toepaslike naam ‘t Hof van Ellende in Berchem (Vlaandere); die TV se klank was afgedraai terwyl een na die ander dansende Zimbabwiër hul vreugde met wuiwende hande en “victory”-tekens te kenne gegee het. Niemand in die kroeg het eens opgekyk na die skerm nie. En vier jaar later is Mugaba steeds aan die stuur van sake …
Maar ek sluit dié inskrywing af met nog ‘n treffende uitspraak deur Morgan Tsvangerai, gevolg deur die gedig wat uit bovermelde kroeg-ervaring voortgevloei het: “Culture defines us. Culture mobilises transformation, inspires inclusiveness, increases diversity, tolerance and acceptance. Culture and the arts play a key role in society especially for countries in transition such as Zimbabwe. The arts encapsulate human struggles, express them and define a people and their quest for progression and development. Creating and preserving culture is key to a country’s cultural history because it confers value, respect and identity. Culture contributes to the recovery of self-respect and identity in times of crisis.”
***
‘t Hof van Ellende
is ‘n kroeg
in Berchem: langwerpige
vertrek, koperkandelare,
toonbank met tapkrane
en kitsch skilderye wat vertel
van ‘n paartjie se
dans onder ‘n sambreel
op ‘n maandeurdrenkte strand
is ‘n skuilplek
teen koue: groepies uitbundig
om tafels,
gesellig soos die skuimkop in ‘n glas
De Koninck Blond, ‘n meisie
wat rondborstig lag
met haar metgesel se hand
tussen haar bene, skadeloos, soos dit
glo ter wille van fatsoenlikheid hoort
en in die hoek
bokant die gespook en gestamp
is ‘n TV sonder klank: die een of ander verkiesing
in veraf Zimbabwe
word bekend gemaak, landsburgers praat
opgewonde, bondel voor
die kamera saam: beduie, sing en dans sonder geluid
in ‘t Hof van Ellende. Jy weet presies wat hulle sê,
want uiteindelik - dink hulle - uiteindelik
is die despoot uitgestem, uiteindelik
word hulle
wêreldwyd gehoor
(c) Louis Esterhuizen (Uit: Amper elders, 2012: Protea Boekhuis)
Wednesday, April 4th, 2012

Indien daar nou één Nederlandse digter is wat ek graag sou wou ontmoet, is dit Piet Gerbrandy; daardie man met die meer-as-voldoende weglêsnor. Want alles wat ek van en oor hom te lese kry, oortuig my daarvan dat hierdie ‘n persoon is met wie ek graag ’n fles of twee van die beste rooikoeldrank sou wou wegwerk …
Nietemin, via ‘n skakel by ooteoote beland ek op Vrij Nederland se webtuiste De Republiek der Letteren & Skonekunsten waar daar pas ‘n onderhoud geplaas is wat Sander Pleij en Jeroen Vullings met sowel Gerbrandy as Ilja Leonard Pfeiffer gevoer het oor hul mees onlangse publikasies. (Pfeiffer is natuurlik ‘n ietwat meer kontroversiële, dog eweneens enigmatiese digter.) Hoe dit ook al sy: hierdie is beslis van die meer vermaaklike (en insiggewende) stukke wat ek die afgelope tyd op die internet te lese gekry het.
By wyse van illustrasie die volgende uittreksels:
Uw zelfhulpboek leest ook als uw literaire autobiografie.
Pfeijffer: ‘Klopt. Ik vertel álles wat ik de afgelopen veertien jaar heb meegemaakt in het wereldje. Zo werd het een professionele biografie: mijn jeugd en minnaressen blijven buiten schot.’ Gerbrandy merkt gnuivend op: ‘Dat zou bij mij heel saai worden.’
Uw professionele werkzaamheden of uw activiteiten met minnaressen?
Gerbrandy: ‘Beide! Mijn curriculum vitae is uitermate saai. Geen sappige verhalen, geen literaire ruzies, of althans te weinig.’ Pfeijffer reageert meewarig: ‘Jij bent altijd maar gewoon aan het werk, toch?’ Hij voegt daaraan toe, met een priemende vinger op het onaangeraakte vaasje voor Gerbrandy’s snor: ‘Drinkt ook niet sportief mee.’ De inhoud van zijn eigen glas verdwijnt soepeltjes achter de huig. Gerbrandy, tevreden: ‘Ja. Ik ben een schrijver die zich houdt aan het Benedictijnse stabilitas loci. Ik zit gewoon op mijn plek en vind het normaal om vijftig jaar lang hetzelfde te doen.’ Dan, op zachte toon: ‘Ik heb het literaire milieu nooit opgezocht. Ik heb het altijd een beetje op afstand gehouden. Dat bevalt me het best.’
Nee, schudt Pfeijffer, néé. ‘Ik ben even gestopt met recensies. Als je voor de derde keer een bundel van Astrid Lampe moet bespreken - ik noem expres iemand die ik erg bewonder - dan denk je: ik heb alles al gezegd. Dat wordt natuurlijk nog erger als je voor de derde keer een bundel voor je krijgt van iemand waar je niks mee hebt.’
En oor die kwessie van negatiewe resensies:
Gerbrandy: ‘Ik vind het juist leerzaam als mensen nare of boze stukken over mij schrijven. Als dichter heb je tenslotte een tunnelvisie op je eigen werk en dan is het verhelderend als lezers reageren die het naar jouw idee helemaal verkeerd begrepen hebben of er iets uithalen dat je zelf niet gezien had. Zeggen ze dat het níét goed is, prima. Op het moment dat ik mijn werk de deur uit gedaan heb en het naar de drukker is, verlies ik mijn belangstelling ervoor. Ik weet nog dat mijn eerste bundel thuisbezorgd werd in een doosje van de drukker: ik heb het niet eens opengemaakt.’
Pfeijffer: ‘Ik heb me minstens zo vaak geërgerd aan positieve recensies als aan negatieve. Ik word woedend als mijn boek niet serieus genomen wordt. En als er dan om totaal verkeerde redenen vijf sterretjes gegeven worden. Heel beledigend.’
Maar, dit is ‘n lang relaas van dié besonderse ontmoeting wat by die café de Zwart plaasgevind het. Gaan lees gerus die volledige verslag op VN se webtuiste. (Terloops, die publikasies wat ter sprake is, is: Piet Gerbrandy, ‘De gong & de rookberg.
Intrigerende materie van H.H. ter Balkt en Jacques Hamelink‘, Historische Uitgeverij, en Ilja Leonard Pfeijffer, ‘Hoe word ik een beroemd schrijver? Een literair zelfhulpboek‘,
De Arbeiderspers.)
Vir jou verdere leesplesier kon ek gedigte van Piet Gerbrandy by De Rottend Staal opspoor en van Ilja Leonard Pfeiffer by DBNL. Ek plaas een van elk hieronder.
***
 Piet Gerbrandy
Hun boren valse bellen in hun oren.
Hun likken met nikkelen tong.
Hun verlakken hun brauwen en lokken.
Hun lijmen glanzende klauwtjes.
Hun lijven wie verstijven in tot zog.
In klei wroet gewei naar verblinding.
Hun raggen hitten af in gitten bedding.
Hun blazen hun tepelhof op.
Hun baarden baren haters van de vaak.
In veen hapt lijk naar ontbinding.
In turf smeedt vlam zich een ring.
Beregend zij de tucht van hun steppen
hun hoeven brandschattende schoot.
© Piet Gerbrandy, 2003
eerder gepubliceerd in Raster #101, voorjaar 2003, 186-189
***
Wat
wat als waarom van de wie ook maar wankelt
en bleek wordt berust dat rivieren niet klimmen?
wil het niet weten en stoot als een ezel
zweef als een steen door de spiegel van kan niet
met een hand voor je ogen en was in je oren
zoek draken op vleugels en dood ze met vuur
en twee machtige woorden die je nu nog niet kent
zing zachtjes en moedig op donkere paden
de ballade van helden mijn hart is mijn hart en we gaan
niet naar huis en schaaf aan je naam tot hij machtig en mooi
wordt gefluisterd zeg vrouw tegen vrouwen
probeer van mij nimmer te houden wat wacht wacht urgenter
vaag is u mijn vuur dat ik daal in de krochten
onder het dwingende vaandel van droom onder mensen
wat als het waar van de weet niet wat wegwuift
en rood wordt beschaamd dat mislukt wat gepoogd wordt?
weet het met trots en val fraai als een ruisende woudreus
drink bruisende drank tot diep in de nacht en lach
van verdriet tot je engelen hoort zie dauw
onder ogen en bloei als een zwijgende stokroos
tot in lengte van dagen jouw lied dat van jou is
en dat je van leven voor geen fles ooit zult zingen
verberg je in schepen naar steden die groot zijn en ver en
verander je naam want van jou zijn je fouten van jou
hun beloning dus tracht je getekend van vrouwen
te houden waardig als ober of nachtportier
en schrijf je bij vuren over dichters die dood zijn
het rijmende raadsel van baarlijke mens onder mensen
wat als de wie van de welke waait
en zwart wordt besloten dat mens elkaar hond is?
probeer niet te weten maar nip als een merel
ruik naar een vrouw die raadselen ruist
stil door de ogen en luistert naar bloemen
bedel met gratie spreek moordenaars aan
met twee edele woorden en zing niet op straat
van hi ha de hond fluit en hola de bola
we gaan niet naar huis hoe hard huilt mijn hart
maar fluister de namen als zou je begrijpen
dat je voet met iedere stap in de ogen van minnaars kan trappen
leeg de asbak van lompen laat voordringers voorgaan
omdat je voor dante de deur openhoudt
het wonder ter wereld heet mens onder mensen
© Ilja Leonard Pfeijffer
|
|