Brieweboks
Sunday, June 26th, 2011

Tydens die onlangse Festival voor het Afrikaans in Amsterdam is ‘n verklaring voorgelees waarin ‘n oproep gemaak word op Nederlandse en Vlaamse skrywers om hul Suid-Afrikaanse kollega’s te steun in hul verset teen die beoogde wetgewing op informasiebeheer wat tans in die parlement bespreek word.
Die verklaring is voorberei deur die Loodskomitee van die ter stigte Afrikaanse Skrywersunie en is voorgelees deur Breyten Breytenbach.
Die volledige verklaring lees soos volg:
Vir die eerste keer sedert die welkome kapitulering van die apartheidsregime in 1994 word Suid-Afrikaanse skrywers deur die Staat bedreig met sensuur. Wetgewing om die media te muilband word tans voorberei, en sal verreikende gevolge hê vir skrywers wat hulle teen politieke misdrywe wil uitspreek.
Die ter stigte Afrikaanse Skrywersunie spreek hom by monde van sy loodskomitee ten sterkste uit teen die beplande sensuur- en mediawetgewing. Die loodskomitee, wat uit skrywersgeledere opdrag gekry het om teen November 2011 ‘n unie te stig wat Afrikaanse skrywersbelange sal verteenwoordig en beskerm, verwag dat die nuwe wetgewing die publikasies van Afrikaanssprekende skrywers sal raak omdat dit die beginsel van vryheid van spraak misken en ondermyn.
Die loodskomitee versoek Afrikaanse skrywers wat hulle buite Suid-Afrika bevind, om hulle steun in die openbaar aan die Afrikaanse Skrywersunie toe te sê, en hulle ondubbelsinnig uit te spreek teen die drakoniese nuwe wetgewing. Daar moet by hulle geen twyfel wees dat hierdie nuwe sensuur die ernstigste vergryp is teen die demokratiese bedeling sedert Nelson Mandela en die ANC dit in 1994 tot stand gebring het.
Die loodskomitee wil langs hierdie weg die internasionale gemeenskap se aandag vestig op hierdie onrusbarende swaai in die rigting van ‘n totalitêre bestel in Suid-Afrika. Dit sal ‘n geestesklimaat in Suid-Afrika skep soortgelyk aan dié van die jare tagtig met die rassistiese regime van P.W. Botha in volle swang.
Die steun van Nederlandse en Vlaamse skrywers sal hoog op prys gestel word.
Die loodskomitee van die Afrikaanse Skrywersunie is: Andries Bezuidenhout, Gerrit Brand, Breyten Breytenbach, Kerneels Breytenbach, Willie Burger, Marga Collings, Willem Fransman, Amanda Lourens, Desmond Painter, Andries Visagie.
Gedateer: 12 Junie 2011
Tropentheater, Amsterdam.
Lees ook die berig in Die Burger (25 Junie 2011) vir die nuutste verwikkelinge.
Intussen kan die griefskrif steeds hier onderteken word. Meer agtergrondsinligting hier.
 Right2Know Protesaksie
Tuesday, June 7th, 2011
Op vrijdagavond 1 juli steekt een wervelwind van poëzie op aan de Noordoever van het IJ in Amsterdam. Vanaf 20.00 uur treden in de Tolhuistuin maar liefst 30 dichters in rap tempo achter elkaar op: ieder leest twee gedichten van zichzelf én een gedicht van een buitenlandse dichter naar eigen keuze, in het Nederlands vertaald (niet zelden speciaal voor de gelegenheid). Elke vorm van afleiding wordt vermeden: geen entr’acts, geen muzikale intermezzo’s, geen ronkende aan- en afkondigingen; slechts de namen van de dichters worden op een scherm geprojecteerd.
Bekende namen als K. Schippers, Willem Jan Otten en Hagar Peeters staan zij aan zij met poëtische verrassingen als Claudio Ritfeld, Nafiss Nia en Tommy Wieringa. Ook de nieuwe Noordse Stadsdeeldichter Ibrahim Selman is van de partij!
Dichtersmarathon in de Tolhuistuin
Na eerdere uitverkochte edities in literair theater Perdu in het centrum van Amsterdam, werd vorig jaar zomer de stap over het IJ gewaagd. Een zeer gelukkige overstap, zo bewees de eerste Tolhuistuineditie van de Dichtersmarathon. NRC Handelsblad schreef over die avond: “De toehoorder een onbezorgd gevoel te geven - het is geen doel van de poëzie. Maar dit festival in De Tolhuistuin, een idyllische locatie net over het Amsterdamse IJ, geeft wat lucht. Met een knapperend kampvuur, de wind die door de bomen ruist, een cocktailbar en een boekhandel in een oud autobusje, werd de woordenstroom een prettig te beluisteren geheel. De Dichtersmarathon bewees daarmee dat poëzie niet alleen mogelijkheden biedt, maar ook nog eens prima verteerbaar kan zijn.”
Ook de komende editie vindt dus in de Tolhuistuin plaats, en wel op vrijdagavond 1 juli. Een uitstekende gelegenheid om je onder te dompelen in poëzie uit Nederland en de rest van de wereld. Die poëzie wordt niet onderbroken door aan- of afkondigingen, bio- of bibliografische informatie of entr’acts en intermezzo’s. Zo ontstaat een constante stroom van gedichten, die bewijst dat poëzie geen moeilijke horde is, maar een aangename tocht langs uitersten. Podiumbeesten en prevelaars, anekdotici en hermetici, vaklui en avonturiers, groentjes en grijsaards, landelijke kopstukken en lokale helden: ze staan ze naast elkaar op de Dichtersmarathon.
De dichters
Wilma van den Akker, Willem Jan Otten, Maud Vanhauwaert, Lucas Hirsch, Pieter Boskma, Anne Becking, Jan Willem Anker, Eva Gerlach, Mowaffk Al-Sawad, Martin Reints, Claudio Ritveld, Daan Doesborgh, Estelle Boelsma, Hagar Peeters, Menno Wigman, Ester Naomi Perquin, Arjen Duinker, Tommy Wieringa, Nachoem M. Wijnberg, Nafiss Nia, Thomas Blondeau, Ruth Lasters, Ellen Deckwitz, Nyk de Vries, Erik Spinoy, Delphine Lecompte, K. Schippers, Annemieke Gerrist, Tsead Bruinja en Ibrahim Selman.
Dichtersmarathon in de Tolhuistuin
Vrijdag 1 juli, open vanaf 17.00 uur, aanvang stipt om 20.00 uur
Toegang € 6,- (vanaf 19.30 aan de tuin)
www.dichtersmarathon.nl en www.tolhuistuin.nl
De Tolhuistuin, Tolhuisweg 5, is dag en nacht met de pont achter Centraal Station (Buiksloterwegveer) bereikbaar. Na de korte oversteek wandelt u in een minuut (of twee) maar de ingang van de Tolhuistuin. Zie: http://www.dichtersmarathon.nl/?page_id=253 of http://www.tolhuistuin.nl/handige_info.
Thursday, May 26th, 2011
Vriende, kollega’s,
Ek wil graag ‘n nuwe publikasie onder julle aandag bring. Die titel is Imagine Africa en dit het so pas in New York verskyn.
Die uitgewer is “Island Position” - ‘n ’spasie’ wat tot stand gekom het om die produkte (verslae, studies, handboeke) van Gorée Instituut te publiseer met inagneming van gehaltebeheer, estetiese versorging, verspreiding en dergelike, en dan uiteraard ook in samewerking met kommersiële uitgewers in ander tale en gebiede. “Island Position” se eerste onafhanklike produk met ons nuwe logo is die bogenoemde bundel tekste saamgestel met die koördinering van die Pirogue Collective. Hierdie kollektief vergestalt die voorbereiding en aanbieding van kuns- en ander kreatiewe aktiwiteite van Gorée Instituut.
Julle kan meer inligting oor die aktiwiteite en geskiedenis van die Instituut op ons webwerf kry - www.goreeinstitute.org - en ‘n beter oorsig oor die aktiwiteite van die Pirogue Collective op www.piroguecollective.org .
 Imagine Africa
Imagine Africa is ‘n ware kaleidoskoop van tekste wat elk op ‘n eie manier ‘n stuk morele verbeelding afpen. Dit bevat essays, verhale, gedigte en genre-oorskrydende skryfsels. Ook ‘n reeks afbeeldings van die grafiese werk van Amadou Kane Sy, ‘n Senegalese kunstenaar. Die bydraers is Hervé Ludovic De Lys, Corsino Fortes, Charl-Pierre Naudé, Adam Small, Edouard Glissant, Patrick Chamoiseau, John Mateer, Trudy Stevenson, Eben Venter, Shailja Patel, Ngugi Wa Thiong’o, Stephen Ellis, André Naffis-Sahely, Tahar Djaout, Alex De Waal, Ayesha Harruna Attah, Fabrizio Terenzio, Yusef Komunyakaa, en Breyten Breytenbach. Benewens die oorwegend Engelstalige tekste sal julle ook Frans, Gikuyu, Kaapsrikaans, Portugees en Kriula (die taal van die Kaap Verdiese eilande) daar teëkom.
Verder wil ek niks daaroor sê nie want julle moet die objek in die hand neem en daarin begin blaai om te sien waarvan ek praat en waarom dit belangrik is.
Ek hoop julle boekwinkels bestel ‘n aantal eksemplare. Ek hoop julle koop die boek. Ek hoop julle lees dit. Ek hoop julle stel genoeg belang om van naderby kontak te maak met die Pirogue Collective.
Die koördinerende redakteur se naam is Adam Wiedewitsch (adam@piroguecollective.org).
Groete,
Breyten Breytenbach
Tuesday, May 17th, 2011

Die 2011 ATKV-Woordveertjies word op Vrydag, 9 September tydens ‘n prestigegeleentheid by Nooitgedacht net buite Stellenbosch toegeken.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag, 8 Junie 2011.
Die reglemente en inskrywingsvorms is beskikbaar by www.atkvprojekte.co.za
Daar kan in die volgende kategorieë ingeskryf word vir die ATKV-Woordveertjies:
ATKV-Prosaprys*
Prys vir Dramateks
Prys vir Liefdesroman
Prys vir Poësie
Prys vir Romanses
Prys vir Spanningslektuur
Woordwystoekenning
* ‘n Addisionele R5 000 word by die prysgeld van
die ATKV-Prosaprys gevoeg indien die wenner ‘n
debuutwerk is.
Kinderboektoekennings:
- Kategorie 3 - 6 jr.
- Kategorie 3 - 6 jr. illustrasies
- Kategorie gr. 1 - 3
- Kategorie gr. 1 - 3 illustrasies
- Kategorie gr. 4 - 5
- Kategorie gr. 4 - 5 illustrasies
- Kategorie gr. 6 - 7
- Kategorie gr. 8 - 10
LET WEL: Die Kinderboektoekennings se
sluitingsdatum verskil van die res.
Besoek ons webwerf vir meer besonderhede.
Vir navrae oor inskrywings kontak:
Jeanné Naudé: 011 919 9088 of 083 232 7276
E-posadres: jeannen@atkv.org.za
Vir algemene navrae kontak:
Nita Cronjé: 011 919 9087 of 082 577 0102
E-posadres: nitac@atkv.org.za
Monday, May 16th, 2011
DEPARTEMENT AFRIKAANS EN NEDERLANDS, US Stellenbosch
SKRYWERSWERKSWINKELS
Vrydag 24 en Saterdag 25 Junie 2011
Poësie en Prosa (Kortverhale)
Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch bied vanjaar weer werkswinkels aan vir studente en lede van die publiek. Die doel met ons jaarlikse werkswinkels is om aan aspirantskrywers die geleentheid te bied om hul talente te slyp onder leiding van ‘n gevestigde skrywer of ‘n kundige uit die skryf- en uitgewersprofessie. Deelnemers kies tussen Poësie en Prosa. Vanjaar is die aanbieders Danie Marais en Ronel de Goede (Poësie) en Rachelle Greeff (Kortverhale).
Doelstellings
Ons onderneem nie om binne enkele ure van iemand ‘n beroemde skrywer te maak nie. Wat ons wel probeer doen, is om sluimerende talente wakker te maak en om kreatiewe en kritiese denke te help ontwikkel. Daarvoor verskaf ons ‘n ruimte vir die bespreking van aspirantskrywers se werk binne groepsverband. (Individuele konsultasie kan ongelukkig nie plaasvind nie, want dit sou die inskrywingsgeld onvermydelik verhoog.) Verder word werkswinkelgangers blootgestel aan die skryfwerk van gevestigde én opkomende skrywers ten einde hul leeservaring te verruim. Slaggate waarin maklik getrap word, word uitgewys. Inligting oor publikasiemoontlikhede en manuskripversorging word verskaf.
Tyd en plek
Die naweekwerkswinkel vind die Vrydagmiddag en die hele Saterdag plaas. Voorafinskrywings is noodsaaklik (sien onder). Registrasie geskied Vrydagmiddag vanaf 13:30. Die eerste sessie begin om 14:00 en strek tot 17:00. Saterdag begin ons om 9:00; ons sluit teen 16:00 af.
Die werkswinkels vind in Stellenbosch plaas, by die Departement Afrikaans en Nederlands, kamer 693, sesde vlak, Lettere en Sosiale Wetenskappe, Gebou A (hoek van Andringa-, Merriman- en Ryneveldstraat - laat weet indien ons vir u ‘n kaart moet faks). Parkering is beskikbaar vanuit Crozierstraat, tussen die Opvoedkundegebou en Crozierhof.
Program
Die program bestaan uit onder meer praatjies, werksessies en gedigbesprekings. Ten einde reg te laat geskied aan die werkswinkelformaat en effektiewe interaksie te verseker, word getalle beperk.
Inskrywingsfooie
Die inskrywingsgeld sluit ook die volgende in: aantekeninge (boekies met deelnemers se gedigte, notas, ens.), tee/koffie en ligte verversings (toebroodjies tydens die etensuur).
R425 vir die publiek
R325 vir studente
Tjekbetalings: Maak tjeks uit aan: Die Universiteit van Stellenbosch.
Bankinbetalings: Deponeer die inskrywingsgeld in die volgende rekening:
Standard Bank - Universiteit van Stellenbosch
Nommer 073006955
Takkode 050610
Faks asb. ‘n afskrif van die inlegstrokie na ons by (021) 808-3815.
Internetbetalings: Plaas inskrywingsgeld elektronies oor in bogaande bankrekening en merk asb. duidelik “Skrywerswerkswinkels”, anders dwaal die geldjies iewers in ons grote universiteit se stelsel rond. Stuur asb. bewys van internetbetaling aan: skrywers@sun.ac.za.
Akkommodasie
Toerismekantoor: Telefoon: (021) 883-3584 of (021) 883-9633, faks: (021) 883-8017 of e-pos: eikestad@iafrica.com; www.istellenbosch.org.za.
Manuskripte
- Algemeen
- o Deelnemers kies tussen Prosa en Poësie
- o Dubbelreëlspasiëring, font 12 punt
- o Manuskripte en inskrywingsvorms kan per gewone pos aan ons besorg word, maar verkieslik per e-pos (skrywers@sun.ac.za)
- o Moenie u naam en van op u manuskrip tik nie.
- Kortverhale
- o Een kortverhaal van maksimaal 10 paginas
- o Moenie u naam daarby tik nie, maar tik op elke bladsy in die boonste regterkantste hoek ʼn afkorting van die titel van die verhaal. As die titel byvoorbeeld “Nellie se laaste droom is”, is die woord regs bo “Nellie” of “Droom”
- o Bladsye moet regs onder genommer word, asb.
- Poësie
- o Deelnemers moet elkeen drie gedigte aan ons besorg, elkeen op ʼn afsonderlike bladsy getik:
- § Een gedig oor ‘n dier
- § Een gedig gebaseer op ‘n koerantberig (besorg die berig ook voor die tyd aan ons, asb. - elektronies of per gewone pos)
- § Een eie keuse-gedig
- o Tik op elke bladsy in die boonste regterkantste hoek die naam van die dier waaroor u ‘n gedig geskryf het, byvoorbeeld “Gogga” (dit is u bynaam vir die werkswinkel).
- o Stuur elke gedig in ‘n afsonderlike rekenaar-lêer aan ons, met die dierenaam as die lêernaam. As u byvoorbeeld ‘n gedig oor ‘n gogga geskryf het, is die lêername soos volg: “Gogga se dieregedig”, “Gogga se koerantgedig” en “Gogga se eiekeuse-gedig”.
- o Moet asb nie u regte naam by die gedigte tik nie, maar meld u naam en dierenaam duidelik in die e-posbrief.
- o Die aanbieders sal aan ten minste een van u gedigte aandag gee.
Sukses met u skryfwerk!
Ronel Foster (Hooforganiseerder)
Die inskrywingsvorm verskyn hiernaas.
———————————————
Skrywerswerkswinkels - Departement Afrikaans en Nederlands, US
Inskrywingsvorm
Van en naam: ……………………………………………………………………………………………………..
Adres: ……………………………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………………………………………
Telefoon - werk: ……………………………………………….
Telefoon - huis: ………………………………………………………….
Sel: …………………………………………………………………………..
E-pos: ………………………………………………………….
Faks: ……………………………………………………………
Titel van kortverhaal: ………………………………………………………………………………………………
OF:
Titels van 3 gedigte:
Dieregedig:
………………………………………………………………………………………………………….
Koerantgedig:
…………………………………………………………………………………………………………
Eie keuse-gedig:
…………………………………………………………………………………………………………
Dierenaam (digters): ………………………………………………………………………………………..
Dit is my eie werk (teken, asb.): ……………………………………………………………………….
Ek is ‘n lid van die publiek (R425) ……………… OF ‘n student (R325) ……………..
Betaling: Per tjek……………..Per internet…………….Kontant…………….
Inskrywingsprosedure
- Vul die inskrywingsvorm (hierbo) in.
- Stuur u manuskrip in getikte vorm (in dubbelreëlspasiëring en 12 punt-font, asb.) verkieslik per e-pos aan ons.
- E-posadres: skrywers@sun.ac.za
- Posadres:
Die Hooforganiseerder
Skrywerswerkswinkels
Dept. Afrikaans en Nederlands
Privaatsak X1
7602 Matieland
Telefoon: (021) 808-2158 of 808-2174 Faks: (021) 808-3815
Belangstellendes word aangeraai om spoedig in te skryf ten einde vir hulle ‘n plek te reserveer.
Thursday, April 28th, 2011
OMDIGTING: ‘n PROSES. (Oorspronklike E-poswisseling.)
Gedig
| Cas Vos [cas.vos@vodamail.co.za] |
| Sent: |
Friday, April 22, 2011 9:13 AM |
| To: |
De Kock, L, Prof <leondk@sun.ac.za> |
| Categories: |
|
| Attachments: |
|
Hi Leon, ek hoop die Kaap is mooi en goed vir jou. En veral dat dit met jou en jou werk baie goed gaan.
Ek is uitgenooi om ‘n referaat by ‘n internasionale kongres te gee.
Ek wil die Hebreeuse teks van Ps 23 ontleed, dan kyk na die resepsie geskiedenis daarvan en ten slotte na die neerslag daarvan in gedigte. Ek wil ons gedig in Before it Darkens, gebruik. Maar ek het ook ‘n ander een wat ek wil gebruik. Leon, ek sal so bly wees as jy dit kan doen.
Nogmaals dankie en geniet die dag.
Groete,
Cas
my anima is my herder en beskermer,
sy lê my neer in vlaktes droë weivelde,
lei my na waters van onrus en haat.
sy versondig my siel, verlei my
op die glyspore van onreg en kwaad.
haar naam proe bitter op my lippe,
in die skadu van my onderbewuste
is vrees my donker geesgenoot.
in my hart met sy trosse kamers
woon my broers en my susters:
hoogmoed, hebsug, wellus, woede,
vreetsug, afguns, luiheid -
die sewe wonders van my lewe,
al my kortstondige dae.
——————
From: De Kock, L, Prof <leondk@sun.ac.za> [mailto:leondk@sun.ac.za]
Sent: 25 April 2011 05:20 PM
To: Cas Vos
Subject: RE: gedig
Cas, hiermee die vertaling, Groete, Leon.
my anima is my shepherd and guardian,
she makes me lie down on the dead plains,
leads me beside waters still with unrest and hatred.
She blackens my soul, seduces me on
the wet slopes of harm and wrongfulness.
her name tastes bitter upon my lips,
in the shade of my underworld
terror is my dark soulmate.
in my heart with its many, wild chambers
my brothers and sisters fume:
pride, greed, lust, wrath,
gluttony, envy, sloth -
the seven wonders of my life,
all my fugitive days.
—————–
RE: gedig
| Cas Vos [cas.vos@vodamail.co.za] |
| Sent: |
Monday, April 25, 2011 6:18 PM |
| To: |
Leon de Kock |
My vriend, Leon, uitstekend en baie dankie.
Mooi loop en groete,
Cas
—————–
gebruik HIERDIE een
| |
| De Kock, L, Prof <leondk@sun.ac.za> |
| Sent: |
Monday, April 25, 2011 7:23 PM |
| To: |
Cas Vos |
| |
|
my anima is my shepherd, my guardian,
she maketh me lie down on dead plains,
leads me beside waters of hatred and unrest.
She blackens my soul, seduces me
on wet slopes of wrongful harm.
her name is bitter upon my lips,
in the shade of my underworld
terror is my dark soulmate.
in my heart with its many, wild chambers
my brothers and sisters fume:
pride, greed, lust, wrath,
gluttony, envy, sloth -
the seven wonders of my life,
of all my fugitive days.
——————-
ons gedig
| Cas Vos [cas.vos@vodamail.co.za] |
| Sent: |
Tuesday, April 26, 2011 6:33 AM |
| To: |
MDe Kock, L, Prof <leondk@sun.ac.za> |
| Categories: |
|
| Attachments: |
|
Hallo Leon, ek is bekoor deur jou omdigting. Dis wonderlik om saam met jou te werk aan gedigte. Daar is altyd ‘n kreatiewe vonk wat jy na my toe laat spat. Ek het my gedig effens gewysig om by jou omdig aan te pas.
Nogmaals baie dankie en ‘n mooi dag,
Cas
my anima is my herder, my beskermer,
sy lê my neer in dooie weivelde,
lei my na waters van onrus en onvrede.
sy versondig my siel, verlei my
op nat steiltes van onreg en kwaad.
haar naam is bitter op my lippe,
in die skadu van my onderbewuste
is vrees my donker geesgenoot.
in my hart met sy trosse kamers
woon my broers en my susters:
hoogmoed, hebsug, wellus, woede,
vreetsug, afguns, luiheid -
die sewe wonders van my lewe,
van al my kortstondige dae.
Wednesday, April 27th, 2011
Geagte Mnr. Bosma,
Ek neem die vryheid om in Afrikaans te reageer op u rubriek van enkele dae gelede in NRC: van u skrywe lei ek af dat u Afrikaans ken.
Enige uitdrukking van belangstelling in die huidige status van Afrikaans en in groter verband die politieke verwikkelinge in Suid-Afrika moet verwelkom word - al is dit ook so dat wedersydse begrip tussen ons twee lande te dikwels berus op misverstande, moralistiese of kulturele stiksienigheid en growwe vergelykings. Die gevaar bestaan dat gewaande ooreenkomste dan gekaap kan word vir interne misbruik.
U beskrywing van die druk waaronder Afrikaans verkeer is korrek. U sou verder kon gaan en daarop kon wys dat die skeppende en omvormende bydrae van kulturele diversiteit tot ontwikkeling al hoe meer misken en selfs onderdruk word in terme van die mislukte Nasionale Demokratiese Revolusie van ‘n totaliserende partystaat. Suid-Afrika, of dan Mzansi, gaan ten gronde as gevolg van die vraatsug, vergeldingsdrang en vervreemding van ‘n ontheemde elite wat swart nasionalisme met Stalinisme as enigste holle verwysing op die land wil afdruk - met rampspoedige gevolge nie net vir die minderhede nie maar ook, en veral, vir die swart meerderheid wat elke dag dieper in armoede en ellende sink.
Een van die redes waarom ons vandag die wrange vrugte van moedertaalmiskenning pluk is omdat die ‘blanke’ minderheid aan bewind tydens die apartheidsjare Afrikaans misbruik het as merker van Europese afkoms en daarom as regverdiging van die sogenaamde beskawingsnorme wat die ander moes uitsluit en onderdruk. Die aard en die bestek van Afrikaans is gesteel deur wit rassiste.
Daarom wil ek beswaar maak teen u identifisering van Afrikaans as “vereenvoudigde zeventiende-eeuws Nederlands.” Afrikaans is nie Nederlands nie. Dis ‘n Kreoolse taal wat in die monde van slawe en bediendes en werkers en boere ontstaan het as ‘n vermenging van sewentiende-eeuse Nederlandse dialekte en ander nie-Europese tale, en ‘n omgangstaal soos Maleis-Portugees gebruik deur seevaarders. Afrikaans is dus ‘n bruin taal gegroei uit die stam van Nederlandse dialekte toe daar nog nie ‘n Algemeen Beschaafd Nederlands was nie. Dis ‘n inheemse baster.
En om daardie taal op u Nederlandse brood te wil smeer deur te beweer “het voortbestaan van het Afrikaans is het sterkste bewijs dat onze taal een internationale taal is,” is darem bietjie dik vir ‘n daalder. Eina! Eish!
Afrikaans is in wese ‘n rebelse taal - die skepping van wegbreek. Ons het begrip en steun nodig, maar nié ‘n paternalistiese of annekserende of imperialistiese juk nie. Ek wil glo dat dit juis daardie diep vryheidsstrewe is wat ons aan mekaar verbind.
Die uwe, en baie kiri slam by die hys se kant.
Breyten Breytenbach
***
Nota: Die volledige teks waarop Breyten Breytenbach in hierdie ope brief reageer, kan hier gelees word. - Redaksie
Wednesday, April 20th, 2011
Leon, ek kon slegs die gedig omskakel in ‘n .jpg formaat en hier vir jou plak. Is pas terug toe ek sien jy soek so naarstiglik hierna. Dus kon ek nou eers hierby uitkom om die gedig van ’n pdf op internet te lig. – groete, marlise
Monday, April 18th, 2011
Ek sien dat Stephen Watson oorlede is. Ek het nog altyd van sy poësie gehou en het al van sy gedigte aan ‘n Kanadese digter gestuur met wie ek so per e-pos bevriend is. Ek sal baie graag sy gedig “Thinness” in die hande wil kry om aan hom te stuur, as enigeen bereid is om dit (miskien via die brieweboks) aan my te stuur sal ek dit baie waardeer.
Dankie
Leon Retief
Wednesday, March 23rd, 2011
Ná raadpleging van die dokumentasie tot ons beskikking en intensiewe gesprek het die Ingrid Jonkerprys-komitee die volgende reglement aanvaar. Konstruktiewe kommentaar en kritiek op hierdie reëls en regulasies word verwelkom en kan gestuur word na versindaba@mweb.co.za tot en met 30 April 2011.
Die komitee sal daarna die voorstelle in ‘n sitting bespreek en ‘n finale, amptelike dokument aanvaar wat aan die media beskikbaar gestel sal word.
DIE 2011 INGRID JONKER-PRYS VIR AFRIKAANSE POËSIE
Stuur asseblief drie eksemplare van enige Afrikaanse digdebuut wat in die jare 2009 en 2010 verskyn het en volgens die voorlopig geldige reglement* vir vanjaar se Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie in aanmerking kom, vir beoordeling na:
Ingrid Jonker Prys-komitee
Posbus 657
STELLENBOSCH
7599
Die sluitingsdatum vir voorleggings is 15 Mei 2011.
Die wenner sal gedurende die Versindaba 2011 die prys in ontvangs neem.
* Indien die reglement ná kommentaar van die publiek gewysig word ten opsigte van boeke wat voortaan in aanmerking sal kom vir die Ingrid Jonker-prys, sal die sluitingsdatum vir voorleggings met ‘n maand verleng word.
Danie Marais
Sameroeper van die Ingrid Jonkerprys-komitee
***
RULES AND REGULATIONS OF THE INGRID JONKER PRIZE
After intensive debate, and having consulted the historic
documentation available to us, the Ingrid Jonker Prize committee has
accepted the following rules governing the prize. Constructive
comments and criticism on the rules and regulations are welcome, and
may be sent to versindaba@mweb.co.za by 30 April 2011.
Thereafter the committee will discuss any suggestions before adopting
a final, official document which will be made available to the media.
Danie Marais
Convener of the Ingrid Jonker Prize committee
Wednesday, March 23rd, 2011
Reglement
 Ingrid Jonker
Tydens haar “tweede begrafnis” in Julie 1965 het vriende van die jong en geliefde digteres Ingrid Jonker besluit om ʼn prys met haar naam vir debuutdigters uit te loof. Skrywers en vriende het geld bygedra, en die uitgewers en skrywers het alle inkomste uit die boeke In memoriam, Ingrid Jonker en Die Sestigers geskenk. So is die Ingrid Jonker-prysfonds gestig.
Die prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ʼn Engelse debuutdigbundel toegeken, die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Die prys word slegs vir ʼn werk met ʼn ISBN toegeken wat gedurende die twee jaar voor die jaar van beoordeling verskyn het. Dit wil sê, vir die 2011 Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie kom bundels in aanmerking wat in 2009 en 2010 gepubliseer is.
- Geen gesamentlike toekenning mag gemaak word nie (met ander woorde: die prys kan nie gedeel word nie) en ʼn digter kan slegs een maal vir die prys in aanmerking kom.
- Slegs debuutbundels wat deur Suid-Afrikaanse uitgewers gepubliseer word, kom in aanmerking vir die Ingrid Jonker-prys.
- Slegs digters met Suid-Afrikaanse burgerskap, of digters met óf permanente verblyfreg óf vlugtelingstatus wat in Suid-Afrika woon en werk, sal vir die Ingrid Jonker-prys oorweeg word.
- ‘n Digter wat reeds ‘n bundel in Afrikaans gepubliseer het, kan nie daarna ‘n Engelse bundel voorlê nie, en omgekeerd. Vertalings sal ook nie vir die prys in aanmerking kom nie. Indien ‘n skrywer egter reeds boeke in ander genres (prosa of drama) gepubliseer het en dan ‘n eerste Afrikaanse of Engelse digbundel die lig laat sien, kan hy/sy wel vir die Ingrid Jonker-prys oorweeg word.
- ‘n Bundel wat gedigte/tekste in Engels en Afrikaans bevat, mag wel voorgelê word. Die uitgewer sal egter in so ‘n geval moet besluit of die bundel vir die Afrikaanse of Engelse prys voorgelê word - ‘n bundel kan net een keer voorgelê word.
- ʼn Tweetalige komitee van vyf lede (bestaande uit sowel gepubliseerde Afrikaans- as Engelssprekende digters) vergader wanneer nodig. Ten minste twee van die vyf lede moet Engelse of Afrikaanse digters wees.
- Indien ʼn komiteelid bedank, wys die komitee ʼn ander lid aan. Die komiteelede moet almal gepubliseerde digters wees.
- Die komitee wys drie beoordelaars aan. Die beoordelaars moet ook almal gepubliseerde digters wees - die Ingrid Jonker-prys is ‘n prys van digters aan digters.
- Alle meedingende bundels word deur die betrokke uitgewers goedgunstiglik aan die drie beoordelaars geskenk, een eksemplaar vir elkeen.
- Die beoordeling vind so spoedig moontlik ná ontvangs van die bundels plaas.
- Elke beoordelaar kies drie topbundels. Die bundel wat eerste geplaas word, kry 5 punte, die tweede plek 3 punte, en die derde plek 1 punt.
- Elke beoordelaar skryf ‘n kort verslag oor die bundel wat hy of sy eerste geplaas het.
- Die bundel wat altesaam die meeste punte van die drie beoordelaars ontvang het, wen.
- Tot en met die puntetoekenning, sal die beoordeling vertroulik en individueel geskied. Voor die puntetoekenning mag geen gesprek tussen die beoordelaars gevoer word nie.
- In die onwaarskynlike geval van ‘n gelykop-uitslag kies die beoordelaars tussen die twee bundels wat ewe veel punte ontvang het.
- Indien die werke volgens die meerderheid van die beoordelaars (dit wil sê twee uit drie) nie op peil is nie, word geen prys toegeken nie.
- Indien slegs een bundel in ‘n gegewe jaar ter beoordeling voorgelê word, sal daar steeds drie beoordelaars aangewys word. Sou die meerderheid van die drie beoordelaars meen dié bundel is bekroningswaardig, sal die prys toegeken word.
- Die prys behels ʼn herinneringsmedalje deur die beeldhouer Bill Davis en die rente op die belegging. Die belegging kan te enige tyd deur skenkings aangevul word, maar die prys is ‘n onafhanklike een. Borgskappe deur instansies wat kommersiële belange deur hul borgskap wil bevorder, is dus nie wenslik nie.
- Die prys word by ʼn gepaste publieke geleentheid oorhandig.
THE INGRID JONKER PRIZE
Rules and regulations
During her “second funeral” in July 1965, friends of the young and beloved poet Ingrid Jonker decided to honour her memory with a prize for debut poets. Writers and friends contributed money, and a publisher and writers donated all income from the books In Memoriam, Ingrid Jonker and Die Sestigers. Thus was the Ingrid Jonker prize instituted.
- 1 The prize is awarded alternately for a debut volume of poetry in English and a debut volume of poetry in Afrikaans, the two languages in which Ingrid Jonker wrote. The prize can only be awarded to a volume with an ISBN published within the two years before the year of adjudication. In other words, only debuts published in 2009 and 2010 will be eligible for the 2011 Ingrid Jonker prize for Afrikaans Poetry.
- 2 No joint awards of the prize will be made and a poet can only be eligible for the award once.
- 3 Only first volumes of poetry published by a South African publisher will be considered.
- 4 Only poets who have South African citizenship, or poets who are based in South Africa and have either permanent residency or refugee status, will be eligible for the Ingrid Jonker prize.
- 5 A poet who has already published a volume of poetry in Afrikaans may not then submit a collection in English, and vice versa. Translations will not be eligible for the prize either. If, however, a writer has already published in other genres (prose or drama), and then publishes a first English or Afrikaans volume of poetry, he/she will be eligible for the Ingrid Jonker prize.
- 6 A volume that contains poems/texts in English and Afrikaans may be submitted. However, in such a case the publisher will have to decide whether the book is submitted for the English or Afrikaans award - a volume of poetry may be submitted once only.
- 7 A bilingual committee of five members (consisting of published poets writing in English and Afrikaans) meets whenever necessary. At least two of the five members should be English and two Afrikaans.
- 8 If a member of the committee resigns, the committee appoints another member. All the members of the committee have to be published poets.
- 9 The committee appoints three judges. All the judges have to be published poets as well - the Ingrid Jonker prize is an award made by poets to poets.
- 10 All submissions for the prize are given gratis by the relevant publishers. Three copies of each book must be submitted.
- 11 The adjudication takes place as early as possible after all the submissions have been received.
- 12 Each judge selects the three best volumes. Five points are awarded to the first choice, 3 points to the second choice and 1 point to the third choice.
- 13 Every judge must submit a brief report on the volume he or she selected as a winner.
- 14 The debut with the greatest number of points is declared the winner.
- 15 Up until the stage where the judges submit their points, the adjudication is done confidentially and individually. The judges are not allowed to have any discussions before their points have been awarded.
- 16 In the unlikely event of a tie, the judges will be asked to vote between the two tied works.
- 17 If the works are not considered of high enough standard by the majority of judges (i.e. at least by two of the three), the prize will not be awarded.
- 18 If only one book is submitted, three judges will still be appointed. If the majority of judges decide the volume is of sufficient merit, the prize will be awarded.
- 19 The prize consists of a medal by the sculptor Bill Davis and the interest on the investment. The invested amount may be increased through donations at any time, but the prize should maintain its independent status. Sponsorships from institutions wishing to pursue commercial interests with their sponsorship are therefore not desirable.
- 20 The prize will be awarded at an appropriate public function.
Tuesday, March 22nd, 2011
Notule van Afrikaanse skrywersvergadering gehou op Saterdag 12 Maart 2011 om 16:30 by Protea Boekwinkel, Stellenbosch.
Teenwoordig: Christine Barkhuizen-Le Roux, Andries Bezuidenhout, Zandra Bezuidenhout, Breyten Breytenbach, Kerneels Breytenbach, Willemien Brümmer, Karin Brynard, Marga Collings, Braam de Vries , Izak de Vries, Louis Esterhuizen, Engemi Ferreira, Francis Galloway, Rachelle Greeff, Marlise Joubert, Anna Kemp, Amanda Lourens (notule), Danie Marais, Martie Meiring, Petrovna Metelerkamp, Johan Myburg, Pieter Odendaal, Desmond Painter, Jo Prins, Nicol Stassen, Hein Viljoen en Ingrid Winterbach.
Konstituering
Louis Esterhuizen (LE) verwelkom alle teenwoordiges. Hy noem dat die vergadering nie ‘n Protea-inisiatief is nie en dat hy in sy persoonlike hoedanigheid teenwoordig is. Hy doen enkele bedankings, o.a. Delheim wat wyn beskikbaar gestel het, Amanda Lourens (AL) wat die notule hou om na belanghebbendes te versprei asook die Protea-personeellid wat beskikbaar sal wees om te help met boekverkope.
LE sê dat die aanwysing van ‘n gespreksleier die eerste stap is en vra voorstelle in hierdie verband. Nadat Kerneels Breytenbach (KB) aandui dat hy nie beskikbaar is nie, word LE eenparig deur die vergadering as gespreksleier aangewys. ‘n Presensielys word gesirkuleer.
Agtergrond
LE stel dat die agtergrond en aanloop tot die vergadering bekend is, naamlik die debat wat ontstaan het na Media24 se besluit om een nasionale boekeredakteur aan te stel. Hy stel voorts dat hierdie besluit as ‘n fait accompli beskou moet word, maar dat hierdie vergadering gefokus moet wees op hoe skrywers hulle gaan posisioneer in ‘n veranderende mark. Die vergadering word voorts gestruktureer deur ‘n aantal besprekingspunte wat vooraf deur LE geformuleer is.
Besprekingspunte
3.1 Behoefte aan ‘n organisasie wat as mondstuk vir skrywers kan funksioneer
As eerste besprekingspunt stel LE voor dat die vergadering besin oor die vraag of daar wel ‘n behoefte is aan ‘n organisasie as mondstuk vir skrywers.
KB wys daarop dat die Afrikaanse Skrywersgilde met die verdwyning van sensuur ontbind het omdat daar geen rede vir die organisasie se voortbestaan was nie. Daar is tans egter geen liggaam wat skrywers se stem verteenwoordig nie, en dus is daar tans ‘n behoefte aan so ‘n liggaam.
Izak de Vries (IdV) wys op die moontlikheid om Pretoria-PEN, wat lid is van die internasionale PEN-organisasie , as moontlike liggaam in te span. Breyten Breytenbach sluit aan by IdV en wys daarop dat PEN as internasionale organisasie met internasionale resonansie in ‘n aantal lande bestaan. In sommige lande bestaan daar ‘n “uitgeweke” liggaam naas die amptelike organisasie, sodat PEN as ‘n groot huis met allerlei vlakke beskou kan word. Die organisasie is baie doeltreffend in lande soos Swede en die VSA.
BB stel aan die vergadering dat ‘n beoogde groepering vanuit die geledere van Afrikaanssprekende skrywers behoort te kom; dat dit nie enige taalgroep sal uitsluit nie, maar dat dit wel ‘n bepaalde vertrekpunt behoort te hê.
As eerste punt in sy betoog stel BB dat so ‘n organisasie skrywers in ‘n beter posisie sal plaas, bv. ten opsigte van Media24/Naspers, wat op ‘n patriargale wyse optree en skrywers beledig deur voor te gee dat hulle besluite vir die beswil van die literatuur sou wees, terwyl dit in wese ‘n afskaling is. Met so ‘n organisasie sal skrywers ‘n beter kans hê om hul stem te laat hoor en gedeelde belange kan gedien word, deurdat die organisasie byvoorbeeld oor tantieme sal kan onderhandel.
As tweede punt noem BB dat Suid-Afrika hom tans in ‘n drukgang na totalitarisme bevind, met ‘n afname in dissidente en alternatiewe denke. Skrywers moet individualiteit lewend hou en protes nie prysgee nie. ‘n Skrywersorganisasie wat gemandateer is om namens skrywers te praat, is die enigste opsie. Internasionale koppeling behoort ook aandag te geniet.
As laaste en belangrike punt noem BB dat sowat ‘n derde van die wit bevolking hulle tans in ellende en armoede bevind, sonder enige beskerming. Skrywers kan byvoorbeeld wit plakkerskampe besoek om ‘n mate van waardigheid aan hierdie mense se bestaan te verleen - dus wisselwerking met die gemeenskap, maar nie as bloot ‘n eenvoudige vorm van politieke betrokkenheid nie.
Die vergadering steun hierdie drie sprekers se standpunte en kom tot die besluit dat daar wel ‘n behoefte is aan ‘n organisasie wat skrywers se belange verteenwoordig.
3.2 Die oogmerke van die beoogde organisasie
LE stel die oogmerke van die beoogde organisasie as tweede besprekingspunt aan die vergadering. Enkele vrae klink in hierdie verband: Sal skrywers en/of hulle belange bevorder word, of sal die boek bevorder word? Sal die organisasie uitsluitlik Afrikaans wees, of sal dit ook Engels insluit? Hy wys daarop dat antwoorde op hierdie vrae lidmaatskap sal bepaal. Indien die belange van die boek gedien word, sal uitgewers, resensente, akademici ens. ook betrek word. Hierdie kwessies word later tydens die vergadering weer geopper en bespreek.
3.3 Die haalbaarheid van die beoogde organisasie
LE stel dat die kwessie van haalbaarheid aandag moet kry, aangesien so ‘n organisasie byvoorbeeld ‘n administratiewe persoon, ‘n kantoor, infrastruktuur en befondsing sal nodig hê, soos deur BB te kenne gegee is. Francis Galloway (FG) vra deur wie die Skrywersgilde befonds is, waarop BB antwoord dat die Gilde deur Naspers gefinansier is. Marga Collings (MC) vra watter moontlikhede daar wel bestaan om befondsing te verkry, waarop BB antwoord dat die amptelike steun van uitgewers nie wenslik is nie en dat dit stellig moontlik is om ‘n weldoener te vind. BB noem ook dat Charles Malan van mening is dat baie vermag kan word sonder ‘n vaste infrastruktuur, byvoorbeeld deur ‘n gesentraliseerde webtuiste en ‘n aanduibare persoon met ‘n telefoonnommer.
Hierop sê LE dat daar wel besin moet word oor die volle impak van ‘n moontlike organisasie, soos byvoorbeeld sigbaar kan raak in projekte, biblioteekdienste en betrokkenheid by die voorskryfmark. In so ‘n geval sal ‘n webtuiste nie voldoende wees nie en ‘n organisasie met ‘n infrastruktuur sal nodig wees om dinge tot uitvoer te bring. LE noem as voorbeeld van ‘n doeltreffende organisasie die Vlaams Fonds voor de Letteren, wat vir hom die een uiterste op ‘n skaal van moontlike aksies verteenwoordig. Die ander uiterste is om gewoon niks te doen nie. Die beoogde organisasie se posisie op so ‘n skaal sal deur moontlike befondsers bepaal word.
FG noem dat die institusionalisering van die literatuur steeds toeneem. Sy vra of NALN as moontlikheid oorweeg kan word om energieë bymekaar te bring - daar is ‘n bestaande infrastruktuur en sowat R500 000 beskikbaar vir navorsing. MC sê dat ideologiese konnotasies liefs vermy moet word, waarop FG antwoord dat die ideologiese aspek altyd teenwoordig is. MC noem as ideaal om by ‘n bestaande organisasie in te skakel; in wese gaan dit oor wat in die belang van boeke is.
LE som die verloop van die vergadering tot dusver op as: 1.) Daar is ‘n besliste behoefte aan ‘n organisasie; 2.) dit is haalbaar; en 3.) befondsing sal verkry kan word, gesien ook teen die agtergrond van die drasties verbeterde gesindheid teenoor Afrikaanse boeke. Ten opsigte van befondsing noem LE die volgende belangrike kwessies: 1.) Bronne moet geïdentifiseer word; 2.) befondsing moet korrek en professioneel benader word; 3.) die grootte van die verlangde befondsing sal afhang van die oogmerke van die organisasie; 4.) die mark vir befondsing sal vergroot word deur die insluiting van projekte, bv. geletterdheid; en 5.) ‘n loodskomitee sal die strategie ten opsigte van befondsing ondersoek.
KB noem op hierdie punt dat die probleme wat skrywers in die gesig staar, verreikend is. Staatspublikasies, veral op onderwysgebied, het die potensiaal om Afrikaanse skrywers te marginaliseer. Dit gebeur toenemend dat skrywers van gehalte geïgnoreer word, terwyl mindere skrywers se werk as teksmateriaal uitgegee word. ‘n Skrywersorganisasie sal so ‘n toedrag van sake kan teenstaan.
In antwoord op KB noem MC dat uitgewers se gebrek aan mag om teen die Suid-Afrikaanse regering op te staan, die sentrale probleem is. Omdat groot opvoedkundige uitgewers die risiko loop om aansienlike verliese te ly, is hulle huiwerig om hulle teenkanting te kenne te gee.
Martie Meiring (MM) opper die punt dat befondsing nie ideologiese koppelings moet hê nie, waarop LE beaam dat die onafhanklikheid van die beoogde organisasie uiters belangrik is. Die organisasie moet op eie bene kan staan, sonder uitgewers aan wie verantwoording gedoen moet word. Dit sal die taak van die loodskomitee wees om befondsing te verkry, en hulle sal o.a. fondse, trusts en befondsing deur welgestelde persone in hierdie verband moet ondersoek.
3.4 Fokus van die organisasie: eksklusief Afrikaans of inklusief vir alle tale?
LE stel hierdie vraag aan die vergadering as ‘n kritieke besprekingspunt en noem dat die antwoord hierop implikasies vir befondsing het. Daar is tans byvoorbeeld ‘n sterk patriotiese gevoel jeens Afrikaans. Die antwoord sal ook die struktuur en aard van die organisasie bepaal.
Danie Marais (DM) se gevoel is dat die beoogde organisasie Afrikaans moet wees, maar gekoppel aan ‘n groter affiliasie. Die organisasie moet Afrikaanse skrywers verenig en namens hulle praat, maar skakeling na buite is belangrik. Nicol Stassen (NS) wys die vergadering daarop dat die onmiddellike rede vir hierdie vergadering juis die marginalisasie van Afrikaanse skrywers deur Afrikaanse koerante is. Ook kan daar nie namens Engelse skrywers gepraat word nie. Engemi Ferreira (EF) meen dat die organisasie Afrikaans behoort te wees, en dat Engelse skrywers dan daarby kan affilieer. Haar opinie is dat iets bereik kan word indien daar saamgegaan word met diegene wat reeds betrokke en aktief is.
Pieter Odendaal (PO) is nie ten gunste van ‘n Afrikaanse skrywersvereniging nie, en sê ook dat die kans skraal is om befondsing vanuit ‘n “suiwer” bron te verkry. Hy noem dat Leon de Kock en die SLiP-inisiatief ‘n skrywersorganisasie volkome steun, maar op voorwaarde dat skrywers in alle tale betrokke is. Hierop antwoord EF dat sy ten gunste van ‘n Afrikaanse organisasie is. BB wys die vergadering daarop dat ‘n nostalgie na verlore mag geen rol speel in die besluit om ‘n (Afrikaanse) organisasie op die been te bring nie. Die organisasie is nodig vir praktiese doeleindes in ‘n Stalinistiese omgewing waar Naspers en Media24 hulle mag probeer afdwing; so ook die Regering. Skrywers deel dieselfde belange, en sal sonder ‘n organisasie wat hulle belange op die hart dra, aan die spreekwoordelike agterspeen suig. BB reken dat daar iewers begin moet word, en dat geen verteenwoordigers van ander tale hierdeur verhoed word om saam te werk nie. Skrywers durf egter nie die etiek van stilte toepas nie. BB pleit dan ook vir skrywers se betrokkenheid by die groter gemeenskap, en verwys in hierdie verband na suksesvolle gemeenskapsprojekte deur bv. Solidariteit Helpende Hand.
Andries Bezuidenhout (AB) noem dat daar twee dinge is wat Afrikaanse skrywers se omgewing spesifiek maak, naamlik: 1.) Die openbare ruimte word deur een maatskappy beheer, en 2.) ‘n groot deel van Afrikaanse lesers is vervreem van die lees van boeke. Laasgenoemde moet reggestel word, en ‘n fundamentele rol van die organisasie sal wees om die probleme van ras te oorkom en nierassigheid in die praktyk uit te leef (as alternatief ten opsigte van die Regering se klem op ras).
IdV wys die vergadering op die versterkende rol van toegewyde werksaamhede tesame met affiliasies, met spesifieke verwysing na die voorbeeld van RuDASA, wat ‘n stem gee aan mediese dokters wat in landelike gebiede werk.
Die vergadering gesels vir ‘n wyle oor die kwessie van ‘n vakbond (word genotuleer onder punt 3.5), waarna KB voorstel dat die werksaamhede van die beoogde organisasie eers op Afrikaans en ‘n stem vir Afrikaanse skrywers fokus. Daarna kan die gesprek geopen word betreffende die insluiting van Engelse skrywers (wie se posisie eintlik slegter daar uitsien as dié van die Afrikaanse skrywers). Daar sal dus ruimte gelaat word om ander in te sluit, maar Afrikaans sal die vertrekpunt wees.
LE sluit hierdie besprekingspunt af deur sy persoonlike mening te gee. Die uitdagings waardeur die Afrikaanse letterkunde in die gesig gestaar word, verskil radikaal van die uitdagings voor die deur van die Suid-Afrikaanse Engelse of nasionale letterkunde. As boekhandelaar bedien LE veral Afrikaanse lesers en is ook op hulle gerig, vandaar dus die fokus op Afrikaans. Ook ten opsigte van Versindaba was daar druk om hierdie poësieblad oop te gooi vir ander tale en genres, maar die “pers koei”-beginsel geld hier: Wat jou onderskei, moet beskerm word. Geen organisasie kan alles vir almal wees nie. Die Afrikaanse letterkunde met ons lesers moet beskerm word. Verskillende inisiatiewe kan ondersoek word, maar primêr moet Afrikaans as vertrekpunt geld.
LE vra hierop dat die vergadering stem oor die kwessie van ‘n Afrikaans gefokusde organisasie. Die meerderheid van die vergadering is ten gunste daarvan, maar IdV en PO versoek dat hulle teenstem (m.a.w. vir ‘n inklusiewe organisasie) genotuleer word. PO stel voor dat ‘n verdere vergadering gehou word en dat ‘n ope uitnodiging aan alle Suid-Afrikaanse skrywers gerig word. Johan Myburg (JM) stel voor dat ‘n werkkomitee spesifiek kyk na samewerking met ander organisasies, en dat hierdie komitee tydens ‘n volgende vergadering verslag doen oor moontlikhede in hierdie verband.
3.5 Die aard van die beoogde liggaam
LE stel die volgende kwessie aan die orde, naamlik wat die aard van die beoogde organisasie moet wees: ‘n unie, ‘n organisasie, ‘n vereniging, ‘n gilde of ‘n vakbond?
LE wys daarop dat ‘n vakbond regsimplikasies het - daar is byvoorbeeld hofaansoeke nodig en die organisasie het regsgeldigheid. LE het reeds met Solidariteit geskakel en terugvoer van een van hulle senior bestuurders ontvang, wat behels dat die beoogde organisasie nie as vakbond kan registreer en dan by Solidariteit affilieer nie. In so ‘n geval sal die organisasie as professioneledienstebedryf onder Solidariteit ingedeel word, naas byvoorbeeld die chemiese en rekenaarbedryf. Elk van hierdie bedrywe funksioneer onder ‘n bedryfshoof en ‘n bedryfsraad wat deur die lede genomineer en verkies word. Telkens is die regte en belange van die betrokke bedryf egter die oogmerk, en nie ontwikkelingsprojekte nie.
Braam de Vries (BdV) som die situasie op deur te noem dat Media24 ‘n besluit geneem het sonder raadpleging. Die klem moet dus wees op ‘n organisasie wat na die belange van skrywers kan omsien. Ter sake is die volgende: Die belange van die Afrikaanse skrywer moet só gehoor word dat laasgenoemde inspraak het by groter organisasies. Die twee dinge wat deur so ‘n organisasie benodig word, is geld en regshulp om die belange van die skrywer te dien.
DM sê dat hy ten dele met BdV saamstem. Alhoewel hy persoonlik gekant is teen groeperings en vergaderings, is daar nou ‘n behoefte aan ‘n drukgroep. Die vraag raak egter: Hoe ver moet daar gegaan word om druk uit te oefen? Sonder druk sal daar egter niks gebeur nie. In ‘n land soos Brasilië is gevind dat die meeste koerantlesers slegs die koppe van kunsblaaie lees. Ingeligte lesers mis egter ‘n onafhanklike publikasie soos Vrye Weekblad. Groot korporasies sal egter aanhou funksioneer met markbeginsels in gedagte, en dus is ‘n drukgroep nodig. Hierdie groep kan egter nie almal insluit nie.
LE vra hierop of daar dus nou afstand gedoen word van die idee van ‘n vakbond? Nicol Stassen (NS) meld hier dat vakbonde optree vir die belange van werkers teenoor hulle werkgewers. AB verduidelik dat dit by vakbonde veral oor mag gaan, byvoorbeeld draaiboekskrywers wat staak en die filmbedryf daardeur seermaak. Hy is egter onseker of ‘n skrywersorganisasie oor mag gaan beskik. AB verduidelik ook kortliks dat die wortels van Solidariteit in die yster- en staalbedryf gevind kan word. Belangrik ten opsigte van ‘n skrywersorganisasie is dat indien daar op ‘n boikot besluit sou word, dit afgeforseer moet kan word met sanksies teenoor diegene wat nie daarmee saamgaan nie. AB noem dat ‘n vakbond goeie regsgeleerdes en ander hulpbronne sal benodig, dus affiliasie ook met ‘n groter beweging. Morele of simboliese mag moet egter nie uit die oog verloor word nie, en die beoogde organisasie moet hierop bou.
LE som op en stel dat daar nie duidelikheid bestaan oor die aard van die beoogde organisasie nie, maar dat dit duidelik is dat daar behoefte is aan ‘n organisasie wat bedingingsmag aan skrywers sal gee. AB stel voor dat ‘n loodskomitee hierdie kwessie verder ondersoek en rapporteer. LE noem dat dit ook ‘n kwessie van benaming is en dat die verskillende moontlikhede mekaar nie noodwendig uitsluit nie.
3.6 Lidmaatskap: Skrywersbelang of boekbelang?
LE stel die kwessie van lidmaatskap aan die vergadering as volgende punt. Daar moet besluit word of die beoogde organisasie ‘n skrywersorganisasie of ‘n boekorganisasie sal wees, en dit sal lidmaatskap asook projekte bepaal. ‘n Keuse vir boekbelange sal indirek ook skrywersbelange insluit, terwyl ‘n keuse vir skrywersbelange ander belanghebbendes sal uitsluit. LE vra die vergadering of hulle ten gunste van ‘n groter belangegroep is.
BdV stel ‘n inklusiewe liggaam voor, naamlik ‘n Afrikaanse boekorganisasie. Die kwessie van opponerende belange word geopper, maar BdV wys daarop dat gesprekke oor botsende belange dan juis in die oopte gevoer kan word; BB noem ook dat daar ruimte vir debat sal wees. BB wys ook daarop dat die insluiting van leeskringe en hulle lede die ledetal van die beoogde organisasie aansienlik kan vergroot, wat die stem na buite verder sal versterk. Die vergadering aanvaar die voorstel van ‘n inklusiewe organisasie.
Loodskomitee en werksaamhede
Karin Brynard (KB) stel voor dat ‘n loodskomitee daargestel word en Ingrid Winterbach (IW) sekondeer die voorstel. LE noem agt moontlike werksaamhede van die organisasie wat deur die loodskomitee ondersoek kan word, naamlik: 1.) Kommunikasie (persverklarings, omsendskrywes ens.); 2.) onderhandeling ten einde skrywersbelange te verteenwoordig; 3.) skakeling met ander rolspelers in die boekbedryf en ander deelgenote; 4.) koördinasie van leerskole, seminare ens.; 5.) daarstelling en instandhouding van betroubare bronne; 6.)verkryging en administrasie van ‘n ontwikkelingsfonds; 7.) verspreiding van relevante inligting d.m.v. ‘n nuusbrief en ander kennisgewings; en 8.) die werf van lede en administrasie van ledegeld.
Die vergadering stel 12 persone voor wat moontlik op die loodskomitee kan dien, mits hulle daartoe bereid is. Hulle is (in alfabetiese volgorde): Andries Bezuidenhout, Gerrit Brand, Breyten Breytenbach, Kerneels Breytenbach, Willie Burger, Marga Collings, Willem Fransman, Amanda Lourens, Danie Marais, Desmond Painter, Steward van Wyk en Andries Visagie. Die persone wat nie by die vergadering teenwoordig is nie, sal deur LE genader word. BB word voorgestel as sameroeper van die loodskomitee. Die notule sal binne ‘n week beskikbaar wees en onder die teenwoordiges gesirkuleer word.
Amanda Lourens
(Notuleerder)
22 Maart 2011
|
|