BuiteblikAnnemarié van Niekerk. Die lot van die skrywer: Van korrigeerkunsies tot sirkuskunsies. En Maria van Daalen.Monday, June 3rd, 2013
Daar is waarskynlik sommige van julle wat nog daardie tyd onthou toe jy die wit bladsy in die tikmasjien moes inrol, versigtig sodat die roller sy vatplek op presies daardie oomblik kry wanneer die vel papier lynreg lê, toe jy die regte beginposisie (genoeg maar nie te veel wit bo-aan die bladsy) met die hand moes instel en dan goed en klaar en reg moes dink voordat jy letter vir letter op die toetse begin slaan. ‘n Fout was ’n ramp – die begin van ’n hele toeplak-operasie met dun wit plakstrokies , ’n kuns insigself. Later het allerhande soorte wisverf, -ink, -lak ’n snarsie genade gebring. Doodverf met ’n klein kwassie of sponsie het minder behendigheid en koördinasie gekos as die plak van plakstroke, maar wel meer geduld. As laasgenoemde een van jou swakpunte is, het die nuwe letters met die laag wit lak tot ’n onleesbare grys blerts vervorm. Later het tikmasjiene met ’n eie korrigeerlint die lig gesien en die wagtyd tussen fout en korreksie drasties verkort. En toe die supersnelle sprong met die koms van die rekenaar, die woordverwerker, internet. ‘n Sin met foute is nie meer ’n rampgebied nie, vereis nie meer ’n reddingsaksie nie; ook die opspoor van inligting verg deesdae weinig inspanning of tyd. Skryf word al hoe makliker, so lyk dit ten minste. Maar algehele genade en vryspraak sal skrywers nooit beskore wees nie. Noudat alle tegniese faktore op seepgladde wieletjies rol, is daar ‘n nuwe monster, die sirkus-monster. Want skrywers kan nie meer, soos in die verlede, in stilte en vrede hulself van die wêreld afsonder as hulle sou wou nie, of ’n bietjie van ’n afstand toekyk nie. Skrywers moet teen die hoogste tempo deelneem aan die lewe, die wêreld en die maatskappy. Daar word nie meer van skrywers verwag om net te skryf en goed te skryf nie, maar ook om aan die bemarkingsirkus deel te neem. Behalwe vir die ego-trip-tipes of gebore performers binne skrywersgeledere, word dit taai. In Nederland het dit só erg geword, dat die skrywers wat die hardste, mees uitlokkende en uitdagende geraas kan maak op die grootste, mees prominente podiums, diegene is wat gesien word, gehoor word, uiteindelik gelees word en dus die meeste verkoop word. Daar is sekere TV-programme waarheen uitverkore skrywers soms uitgenooi word vir ’n onderhoud, en as jy daarop verskyn kan jy maar weet jou boekverkope skiet verder ten hemele. As jy dit nie tot daar maak nie, moet jy ’n aandagtrekkende foefie bedink wat sorg dat jy uiteindelik tog genooi word om jou gesig te kom wys en jou storie te vertel. G’n wonder dat daar in Nederland skrywers soos Arnon Grunberg is wat op ’n stadium verloof was met ’n vrou 40 jaar sy senior (oorlede in 2005) en destyds met sy vrou en sy bok ’n boottog gemaak het op Nederlandse riviere om sy boek ‘De Asielzoeker’ te bemark; of Peter Buwalda wie se boeke in twee boekwinkels verskeur is deur ’n onbekende, kort na die verskyning van sy ‘Bonita Avenue’. Buwalda beweer nou nog dat hy niks daarmee te make gehad het nie, maar tog was dit ’n perfekte foefie, want daarna was hy prominent in die nuus en het sy boeke soos soetkoek verkoop; almal wou lees wat dit was wat nou eintlik aanstoot kon gee aan die skeurskim. En iemand soos Charlotte Mutsaers wat die kontroversiële uitspraak gemaak dat dit van die dieselfde morele orde is om kreef te eet as om die Twin Towers te bombardeer, want wat is die verskil tussen mens en dier? Hierdie aksies en uitsprake haal die media, lok aandag uit en stimuleer boekverkope, en dikwels rol die pryse dan ook in. Verstaan my nie verkeerd nie, ek sê hoegenaamd nie dat hierdie boeke nie verkope of pryse verdien nie, ek sê net dat die aksies help om boeke in die kollig te plaas en AS so ’n boek toevallig ook goed is, dan is pryse nie te keer nie. Ek verkwalik hierdie skrywers nie, boonop is dit nogal entertaining. Mens moet met die tyd saam verander as jy staande wil bly. En as jou aard nie so is dat jy daarvan hou om jouself te bemark nie? Dan is jou kanse as skrywer wat alles betref kleiner. Dit is bekend dat selfs die Nederlands Letterenfonds voorkeur gee aan die vertaling van werk van skrywers wat bemarkbaar is, wat goed kan omgaan met die media, wat in alle opsigte presentable is. Want deesdae moet vertaalde skrywers, as deel van die bemarkingsprogram, self ook die lande besoek waar hul vertaalde werk verskyn. Lesers wil skrywers ontmoet. Dit verkoop boeke. En geld praat. Maar deesdae moet skrywers ewe hard kan praat, en verkieslik ook vinnig, stylvol, sinvol, humoristies, slim, onderhoudend, energiek, aansteeklik en oortuigend. Só spytig, hierdie sirkus waaraan skrywers byna nie meer kan ontkom nie. Daar is natuurlik diegene soos J.M. Coetzee, wat dit ontduik en tog beloon word met formidabele sukses, maar om dit te vermag moet jou kwaliteit onberispelik superieur wees. Vir die res… die sirkus is jou voorland, jy moet jou toertjies uithaal. Skrywers het my simpatie. Daarom glo ek ook (en ek gebruik nie die woord ‘glo’ onnadenkend nie, dit is vir my byna ’n missie) dat kritici en mense wat oor die literatuur skryf, op die uitkyk moet wees vir die minder prominente skrywers en hulle in die son sit wanneer dit gepas en geregverdig is. En hier dink ek veral aan goeie maar beskeie digters wat nie maklik deur die big shots ’n staanplek gegun word op prominente poësie-forums nie, want as jy die podium gehaal het, hou jy vas vir jou lewe, en soms is ’n elmboogstootjie deel deervan. Julle weet wat ek bedoel. Die Nederlandse koerant, Trouw, se Letter&Geest-blad het verlede jaar afgesluit met ’n uitgawe waarin stiller, meer beskeie mense wat eintlik in die kollig hoort, op die podium geplaas is. Tereg ook. Vir die afdeling oor skrywers, is vyf kritici gevra om so ’n Nederlandse skrywer/digter te identifiseer en te beskryf. Ek het my stukkie gewy aan een van Nederland se beste kontemporêre digters wat nog nooit ’n prys gewen het nie, waarskynlik omdat sy nie deelneem aan die gekakel nie. Hier is my stukkie oor Maria van Daalen:
Misschien ligt het in de aard van iemand met affiniteit voor de mystiek om zich niet op de voorgrond te dringen, maar eerder tot zichzelf in te keren of op te gaan in het Een en Al. Hoe het ook zij, de tamelijk teruggetrokken levende dichteres Maria van Daalen is al dikwijls gekarakteriseerd als mystica, maar dan wel een mystica die haar wortels heeft in het hier en nu. ‘Dagelijks is aarde mijn betekenis’, schrijft ze in haar bundel ‘Het hotel’. Van Daalens poëzie is plastisch, fysiek en sensueel, maar ook licht en teer. Er spreekt een krachtige vitaliteit uit, en een intense bekommernis om de breekbaarheid van het bestaan. Levensdrift en spirituele extase grijpen er voortdurend in elkaar. Dat die uitersten samengaan, is verklaarbaar uit het feit dat Maria van Daalen zowel een katholieke bekeerlinge als een gewijde voodoopriesteres is. Nauw verweven met de erotiek en seksualiteit in Van Daalens werk is het gegeven van het geweld. Ook daarover schrijft ze sterke gedichten:
wie geweld toebrengt, verliest wie van geweldpleging de ontvanger is wordt niet geofferd, maar ontvangt de kracht van woede en behoudt die in het lichaam, draagt die mee
Maria van Daalens poëzie is zowel onthutsend als bemoedigend. Lichamelijkheid en sereniteit gaan er hand in hand, en altijd is er de haast rituele zorg om beelden en gewaarwordingen uit te tillen boven de vluchtigheid van het moment. Hier is iemand aan het woord die zoekt naar bezieling en tegelijk bezieling weet door te geven. ‘Je bent onderweg, / En de weg is altijd bij je.’
***
In een nacht toen het volle maan was iemand opent het venster iemand houdt de nacht over ons heen als een nieuw tentdoek iemand kent de weg
iemand legt mij zijn oude tweedjasje over de schouders iemand zegt honing, iemand zingt honing, iemand proeft
iemand gaat met mij de rivier in iemand zoekt tussen de schelpen naar de allerkleinste geopende schelp iemand zoekt naar een waterdruppel
in een open hand, in een handpalm, 1 geopende schelp daarin 1 druppel in 1 druppel is mijn wereld iemand herkent mijn wereld
iemand legt 1 waterdruppel naast 1 waterdruppel en het is samen 1 waterdruppel
iemand tilt alles zolang op totdat het niet zwaar meer is
iemand is vergeten dat het gisteren was omdat het er nu is.
uit: ‘Elektron, muon, tau’, 2000
***
Oor haar Engelse bundel, ‘My Love, you have the world cupped in your hands’ (Philip Elchers; Groningen 2010) het ek die volgende geskryf: Ever stumbled upon a film about surgery, showing images of an opened-up human chest with a heart beating, red and fleshy – images of the most vital and life-sustaining organ of the body in an exposed and compromised state? Upsetting indeed to see this life machine vulnerable like a quivering sea urchin, but at the same time intriguing for its forceful beauty. Maria van Daalen’s poems in the ‘virtue by necessity’-series invoke a similar awareness of human strength and vulnerability. Van Daalen’s poetry translates words to flesh and flesh to words. The reader is confronted with poems that are brutally physical, rhythmic, sensuous and strong. But also with poems that are dainty, flighty and fragile. They dig deeply into the register of bodily desire, and are not scared to show the wounds and the scarring. But the very next moment they are light as pollen and enter the hazy realm of the soul; violence and serenity linger in each other’s slipstream. While many of Van Daalen’s poems reflect on being anchored and grounded – often by means of words, writing – others see the human condition as a bloodcurdling state of free falling, as wordlessness, as open empty spaces between words. Analogous to seeing poetry and words as lifebuoys that keep the poet afloat, she also writes about the buoyancy of love. However, the recurring disillusionment of loneliness hovers not far in the background. Similarly the sound of the poet’s voice keeps changing position from center stage to background, from being persistent to being gentle. At times the speaker is present in a dominant way while watching carefully and defining fearlessly in staccato accents, then again she floats almost unnoticed through the harmonious syntax and rhythm of her poems. Sometimes the space of this voice is measured and claustrophobic, then again vast and floating. Van Daalen’s range is wide and she does not scare away from exploring the human condition in all its extremities, which gives vitality to this collection and at times a sense of ecstasy. She writes about love, violence, relationships, loneliness, sexuality, pain, desire, fear, the father-figure and many more. Knitting together all these themes is the reflection upon the art of poetry and the function of the poet. In these English poems Van Daalen enters a linguistic space where she is free from the dominance of her mother tongue and where she applies the English language in beautiful and refreshingly new hues. *** [Van Maria van Daalen het die volgende digbundels verskyn: ‘Raveslag’ (1989), ‘Onder het hart’ (1992), ‘Het Hotel’ (1994), ‘Het geschenk // De maker’ (1996), ‘Elektron, muon, tau’ (2000), ‘Yo! de liefde’ (2003), ‘De wet van behoud van energie’ (2007) en ‘My Love, you have the world cupped in your hands’ (2010)]
Karen Kuhn. Die Poolse SapphoThursday, May 30th, 2013Maria Pawlikowska-Jasnorzewska staan bekend as die ‘Poolse Sappho’ en ‘koningin van liriese poësie’. Sy was by uitstek een van Pole se mees talentvolle digters tydens die periode tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. ’n Tydperk wat vernaam is vir herlewing in die kunste. Die kort, sensuele, epigrammatiese styl van haar verse lê veral klem op die belangrikheid van die liefde in ’n vrou se lewe wat tematies reeds grensverskuiwend was.
Maria Pawlikowska-Jasnorzewska is gebore op 24 November 1891 in Krakow in ’n kunssinnige familie. Haar oupa Juliusz Kossak, pa Wojciech en broer was almal skilders. Maria en haar suster Magdalena spandeer hul kinderjare in die ‘Kossakówka’ huis in Krakow, naby die Wawel kasteel, waar die Poolse koning gewoon het. Die huis was ’n ontmoetingspunt vir Poolse kunstenaars, onder andere Henryk Sienkiewicz wat die Nobel-laureate in 1905 was. Sy het tuisonderrig ontvang en was ook vlot in Duits, Frans en Engels. Van vroeg af toon albei susters ’n liefde vir die letterkunde. Magdalena skryf dan later satires en komedies onder die skuilnaam: ‘Samozwaniec’, terwyl Maria die vanne van haar agtereenvolgende eggenote gebruik. In 1915 trou Maria met Władysław Bzowski, ’n Oostenrykse offisier. Die huwelik het egter nie lank gehou nie en hul paaie skei. Op hierdie stadium skilder en skryf Maria tot sy in 1919 met Jan Pawlikowski trou. Die paartjie verhuis na Zakopane, in die Suide van Pole en hy inspireer haar om op haar skryfwerk te fokus, as gevolg van sy eie passie vir die taal. Haar eerste bundel verskyn in 1922 getiteld: Niebieskie Migdały, (Blue Almonds). Hierna vorm sy deel van die Skamander–groep, ’n beweging wat bestaan het uit Poolse digters soos: Julian Tuwim, Kazimierz Wierzyński, Antoni Słonimski en Jan Lechoń. Op daardie stadium het die eksperimentele digters gestreef om die digkuns los te maak van sy patriotiese aanslag en ’n meer modernistiese invalshoek aan te neem met poësie wat fokus op die alledaagse om die man op straat te kan bereik.
Helaas haar poëtiese sukses het nie gepaard gegaan met haar persoonlike lewe nie. Jan Pawlikowski het na Wene verhuis waar hy verlief geraak het op ’n balletdanser. Hulle skei in 1929.
In 1931 trou Maria vir die derde keer met Stefan Jasnorzewski en verhuis in 1939 na Blackpool, Engeland waar hy as lugmag-offisier vir die RAF dienslewering doen. Verwyderd van haar geliefdes en intellektuele kringe, bekommerd oor die veiligheid van haar familie en welstand van haar land, ontwikkel sy eindelik kanker. Maria sterf op 9 Julie 1945 in Manchester waar sy ook begrawe is.
Maria het nie net poësie geskryf nie, maar het ook gesorg vir heelwat kontroversie in haar dramas waar sy tematiek soos: bloedskande, buite-egtelike verhoudings en aborsie ondersoek het. Sy het ook kommentaar gelewer op die belangrikheid van ’n vrou se keuse, eerder as plig om kinders in die wêreld te bring. Haar drama: A Woman of Wonder, wat in 1937 geskryf is, het juis sosiale kommentaar gelewer oor die vrou wat moet voortplant, teen die agtergrond van diktatorskap en is oor die algemeen ontvang as protes teenoor die Nazi-regime. Met 13 bundels en 15 dramas het Maria Pawlikowska-Jasnorzewska een van die mees belangrikste skrywers van Pole gedurende hierdie periode geword. Maar dit is veral haar liriese, feministiese aanslag in haar poësie, wat sy intiem en sensueel verpak het, wat haar steeds vandag gewild maak. Butterflies – Selected Poems is ’n bundel wat vertaal is deur Barbara Bogoczek enTony Howard wat ’n keur is uit die digter se oeuvre.
Bibliografie: Barbara Bogoczek, Tony Howard. 2000. Maria Pawlikowska-Jasnorzewska Butterflies – Selected Poems. Wydawnictwo Literackie: Kraków. http://www.culture.pl/web/english/resources-literature-full-page/-/eo_event_asset_publisher/eAN5/content/maria-pawlikowska-jasnorzewska [nageslaan Mei ‘13]
Annemarié van Niekerk. Zo is het genoeg. Wisława SzymborskaTuesday, April 16th, 2013
Die twintigste eeu was Pole nie goedgesind nie. Die land was die toneel van drie oorloë, nazi-terreur, die holocaust, en die stalinistiese diktatuur. Tog beleef die Poolse digkuns ‘n bloeitydperk in hierdie eeu en ontvang twee Poolse digters die Nobelprys vir literatuur: Czesław Miłosz (1911-2004) in 1980, en in 1996 die grande dame van die Poolse poësie, Wisława Szymborska (1923-2012). Oor Szymborska het ek destyds, toe sy die Nobelprys ontvang het, nog min geweet. En was toe ook nog nie in Pole nie. Juis omdat Szymborska met soveel verwondering na alledaagse dinge in haar direkte leefwêreld kyk en in haar gedigte botstil daarby gaan staan, is sy ’n soort digter met wie se omgewing haar leser graag kennis maak. Sy is by uitstek ’n digters wat die doodgewone moment, soms teen die agtergrond van ’n gegewe stuk geskiedenis, in priemende nugterheid vaspen. ‘Het moment’ is ’n goeie voorbeeld van hoe sy haar verwondering oor iets alledaags vasvang.
HET MOMENT
Het is negen uur dertig lokale tijd. Alles is op zijn plaats, in voorbeeldige harmonie. In het dal een kleine beek, die een kleine beek is. Een paadje in de vorm van een paadje van altijd naar immer. Een bos met de schijn van een bos tot in eeuwigheid amen, boven mij vliegen vogels, in de rol van vliegende vogels.
Zover het oog reikt heerst hier het moment. Een van die aardse momenten die men vraagt: ga niet voorbij.
Toe Szymborska in Februarie 2012 op 89-jarige leeftyd sterf, was ek nog steeds nie in Pole nie; dit was hoogtyd. Drie maande later, Meimaand, breek die geleentheid aan. Ons besoek Warschau, Lüblin en spesifiek ook Krakow waar Szymborska tot aan die einde van haar lewe gewoon het en waar Czesław Miłosz ook sy laaste lewensjare deels deurgebring het en in 2004 op die ouderdom van 93 dood is. (Die foto hierbo is van ‘n Poolse landskap deur die treinvenster geneem, dit het my natuurlik aan ‘Het moment’ herinner.) Ons hotel in Krakow is op die Rynek Główny (Groot Mark) een van die grootste en mooiste markpleine van Europa. Ons hoë kamervenster kyk uit op die plein omring deur sy stylvolle geboue, middeleeuse markhal en mense wat onder veelkleurige sambrele op kafee-terrasse in die son sit – laasgenoemde waarskynlik ’n ietwat ander prentjie as wat hierdie selfde plein in die 13de eeu geken het, maar die geboue en ontwerp steeds outentiek, en boonop soos wat Szymborska en Miłosz dit geken het.
Die plein, so lees ek, word kort nadat die Duitsers aan die mag gekom het, hernoem na ‘Adolf Hitler Platz’ en word tydens die besetting o.a. gebruik vir propaganda doeleindes. So byvoorbeeld is daar soms van die geallieerde vliegtuie wat bo Pole neergeskiet is, op die plein grootdoenerig tentoongestel. Maar later het Adolf Hitler Platz weer die Rynek Główny geword en die allure van vroeër was terug. Die geskiedenis van die plein vergestalt beide goed en kwaad, die skone en die afskuwelike. En dit herinner my aan een van die gedigte wat na Szymborska se dood nog gevind en gebundel is:
EEN HAND
Zewenentwintig kootjes, vijfendertig spieren, ongeveer tweeduizind zenuwcellen in elk topje van onze vijf vingers. Precies genoeg voor het schrijven van Mein Kampf of The House at Pooh Corner.
Dit is verleidelik om Pole se nare geskiedenis te vergeet, as mens die prag van hierdie markplein bekyk, en aan die oorkant die ‘paleis’ waar ons die aand ’n Chopin klavierkonsert bywoon (nadat ons die vorige dag die pragtige en ook tegnologies-fantastiese Chopin Museum in Warschau besoek het). Pole is nie net ’n land van uitmuntende digters nie, maar ook die geboorteland van Chopin.
Hier in Krakov voel mens die wêreld van Szymborska op jou vel… haar altyd helder en deursigtige poësie word tasbaar, asof jy iets terugkry wat jy verloor het. P.F. Thomése vat hierdie gevoel presies saam in ’n stuk wat hy oor haar in NRC Handelsblad skryf: ‘Door de bezieling van de gedichten geven ze je in woorden terug wat je ongemerkt aan werelden verloren bent.’ As ek die volgende oggend vroeg wakker word in die nog byna donker hotelkamer en wag dat die bed, stoel, spieëltafel, kas, mure en gordyne definisie kry terwyl die son haarself nogal lui aanmeld vir haar vroegoggendskof, onthou ek brokke uit ‘In de vroegte’, wat ek later weer opsoek:
IN DE VROEGTE
Ik slaap nog, maar intussen vinden er feiten plaats. Het raam wordt wit, de donkerte grijs, de kamer duikt op uit de wazige ruimte, bleke, onzekere streepjes zoeken steun.
Achtereenvolgens, ongehaast -het is een ceremonie- dagen de vlakken van de wand en plafond op, maken de vormen zich van elkaar los de een van de ander, de linkerkant van de rechter.
De afstanden tussen de voorwerpen schemeren, de eerste schitteringen tsjilpen, op een glas, op de deurknop. Het lijkt niet meer alleen zo, maar is helemaal wat gisteren werd verplaatst, wat op de grond viel, wat in de lijnen past. Alleen de details zijn nog niet binnen gezichtsbereik.
Maar opgelet, opgelet, opgelet, veel wijst erop dat de kleuren terugkomen en elk ding, zelfs het kleinste, weer zijn eigen kleur krijgt, met de nuance van zijn schaduw erbij. Dit verbaast me te zelden, hoewel het zou moeten. Gewoonlijk word ik wakker als verlate getuige wanneer het wonder al gedaan is, de dag is gevestigd en ochtendstond magistraal in ochtend veranderd.
Ons loop Krakov plat, besoek soveel as moontlik in die stad, proe-proe aan die wêreld van die Poolse Nobel-digters. En ons lees poësie terwyl ons in die Mei-sonnetjie op terrasse die dors les.
Szymborska het nie net oor klein momente geskryf nie, en ook nie net oor dit wat in haar eie omgewing gebeur het nie. Sy het ook ander wêrelddele verwoord én groot historiese gebeure, maar altyd met die blik op die menslike belewing, om juis daarmee die grootse impak van so ‘n gebeurtenis vas te vang. Daarom is haar gedig oor 9/11 vir my een van die mees treffendste beskrywings van wat op daardie dag gebeur het.
EEN FOTO VAN 11 SEPTEMBER
Ze sprongen uit de brandende etages naar beneden - een, twee, nog een paar hoger, lager.
Een foto hield ze levend tegen en bewaart ze nu boven de aarde naar de aarde toe.
Elk van hen is nog een geheel met een persoonlijk gezicht en bloed dat goed verborgen is.
Er is tijd genoeg, voor het haar om los te waaien, voor de sleutels en het kleingeld om uit de zakken te vallen.
Ze zijn nog steeds in het bereik van de lucht, binnen de kring van de plekken die net zijn opengegaan.
Ik kan maar twee dingen voor hen doen - die vlucht beschrijven en geen laatste zin toevoegen.
Ook Szymborska het ’n finale sin geskryf. Onlangs het haar laaste gedigte, sommige nog onvoltooid, in Nederlandse vertaling deur Karol Lesman, by De Geus verskyn. Die bundel heet ‘Zo is het genoeg’. Maar van Wisława Szymborska kry ek nooit genoeg nie. En Pole het my hart gesteel.
Louis Jansen van Vuuren. An(ge)nam(e)neseMonday, April 8th, 2013
Laaste
Dit is nog die laaste ding wat ek kan doen:
om my hande om my pa se nek te slaan
Erato se laaste woorde: moenie my los nie, Pa ek raak los ek verdwyn die duisternis daal oor my oë ek gly af af tot in die Dood
hou my hou my vas
Vrye vertaling van die Griekse digteres Anyte se gedig ”Erato” 300 vC. Mykonos, Julie 2000. (Riana Scheepers. Met die taal van karmosyn. Human & Rousseau. 2001)
In Plato se epistemologie en sielkundige teorie gebruik hy die woord Anamneses vir die begrip dat die mens kennis van vorige inkarnasies in hom herberg – dat intellektuele en geestelike ontvouing afhanklik is van die herontdekking van die kennis wat in ons verborge is. [G. ana + mimnesko herinner]. Hierdie terugroeping of herroeping van herinneringe weerkaats ’n eskader woorde boontoe wat soos bakens die weg na binne aandui. Betrag en bepeins die volgende: herdenking geheue besinning nagedagtenis reminissensie verbinding soewenier onthou terugflits aandenking memento ’n Onlangse tentoonstelling van my werk by die Breytenbach Sentrum in Wellington dra die titel Anamnese. Dis ’n terugblik na plek en mens – waarvandaan ek kom. Hoekom? Met soveel oorgawe en betrokkenheid? Vermoedelik omdat die finale fase van ’n lewe aanbreek met die optrek van die konsertgordyn. Die verhoog warm gespeel van die vier voorafgaande bedrywe. Les acte finale. Laaste bedryf. Hopelik langdurig en vol kreatiewe knope totdat die in die voorste gestoeltes op hulle horlosies begin kyk en klam gape begin onderdruk. Daar word ’n paar hoofrolle uitgedeel met ’n magdom figurante wat koorsig in die kollig kwispel.
Openingtoespraak. Marilyn Martin.16 Februarie 2013. Breytenbach Sentrum, Wellington. Hier en daar verras ʼn kleurmoment (die selfportret, ʼn voëltjie, ʼn kompas, ʼn pienk waterpistooltjie) of die weelderige tekstuur van damask, maar oor die algemeen is Louis se palet in hierdie werke/verwerkings beperk. Sodoende behou hy die essensie van die oorspronklike swart-en-wit foto’s en die gevoel van vergange se dae, van verganklikheid. Dinge skuil en is verskuil in en agter die verf- en tekenmerke, in die grys en donker en stilte – spoke of drome van die verlede – bekend en onbekend – opgeroep, ervaar en moontlik ter ruste gelê. Katarsis ook. Of openbaring. Die opvallendste kontras is tussen die groengrys van sy voorouers en die welige rooi en goud van die gordyn in Charles Garnier se operahuis in Parys wat die formaat in die helfte sny. Die gordyn kan sak op die verlede en die herinneringe of dit kan oopgaan om ander dinge te onthul, miskien selfs die andersoortige kennis waarvan Plato geredeneer en geskryf het. Vir hierdie blog word gedigte wat raak aan herroeping en herinnering betrag – waar die bewus-word-oomblikke van ʼn naderende finale, die breekbaarheid van been en bloed, gevoel word.
die maan en die haan
in die vroemôre wanneer jy opstaan om weer skuiling te soek in die beneweling van die liggaam wanneer dit nóg nagversaak nóg dagraad is maar ’n afwagting en die wind haar onttrek het aan bome en jy weet van visse wat in die skemer waterruimtes hang soos die balling wat hom verbeel hy hoor vryheidsliedere wanneer die maan weggeraak het wanneer die eerste haan die einde van die wêreld aan die orde van die dag probeer bring in ’n taal waarvan die keel afgesny is
in die vroemôre wanneer jy opstaan tussen sterwe en vergeet bly jou skaduwee in die bed lê: die nog lewende huid donker soos wyn se afskynsel in die donker glas diep soos afskeid neem van bloed en vir ’n oomblik wéét jy dat jy die grens oortree het draai om om oor die afwerping te ween al die versinkende gedaantes een vir een daarmee heen al sedert die vertelverval van tye
later vandag sal jy die vel probeer verkoop as droombevlekte laken jou deur hierskrywe weer laat lei en verlei tot verblyding in ’n tyding van getye wat uit die hand moet loop
en onthou: die omskrywing van die onkenbare wat jy nie lê kan maak nie
hierdie wurms in papier
Breyten Breytenbach. katalekte. Human & Rousseau. 2012
Jacob Polley. The Brink. Picador. 2003
Jacob Polley. Little Gods. Picador. 2006
Skelet
1 Al hoe dowwer minder word tot niks van glans aan my behoort ek afgevel tot nugter net ’n wit uitdagend laaste woord.
11 Net waan dat ons skelette van betekenis met spraak en letter soet uitvlees, die laaste argument is been?
Sheila Cussons. die asem wat ekstase is. Tafelberg, 2000
Tyd
elke jaar is die beenstruktuur ’n aks meer sekuur afgeteken in die vorm van jou hande, jou gelaat, elke lyn van jou figuur
al dunner gaan die tyd ons puur, die raakvlak in, tot ragfyn vel tussen die leegte en verlede, tussen begeerte en vertel
Heilna Du Plooy. In die landskap ingelyf. Protea, 2003
Plaas
Bloekombos om die sinkdakhuis oksied geverf teen roe en hael stoep uit klip en steen smeerkalkwit wat streep in reën ’n klam bekransing
Wasblom bloei in gekerfde motorband drumpel wys en oopgetrap donker gang en los gordyn sonder lag, ook sonder sug die matige besinksel
Kaneel en suiker, soet die nag bloed en spek en dorpervleis net en gaas behoed die spys lamplig kring om mot en git ’n soet beroking
Teks en vers groet droef die hallelujalied met oggenduur die reuk van roet en moer doodswit die kerkhofmuur engelvlerk wat waak oor broer en kind die vaagste herinnering
Augustuswind wat ruk en skud rooi stof slaan teen ruite op windpomp kreun sy droë draai boorwater biggel uit die ronde dam ’n soort verlossing
Verder weg, verby die grensdraad-roes Vlieg swerms trekvoëls in die wolke weg.
LJvV. Tempermes. Queillerie.2010
Bitterfontein
Geslagte lank is die opstal as breë tuiste onder die berg tussen bos en buitegebou ingewit. Vandag egter: glasskerwe in die gang beddegoed op die vloer met elke hond by sy plassie bloed die hekke kettingvry die gordyne toegetrek.
’n Uur gelede nog op die mat hande-viervoet gemuilband terwyl stemme skater van kas na laai, van vertrek na vertrek: só alleen binne die reikwydte van ’n gebed, hier in hul gewaande vestings van alarm en sirene, in die flou aftasting van ’n buitelig –
Die skote: spatsels soos lieweheersbesies teen die muur, die kreet van bloedpatrone oor ’n vloer, spore van hulle elders heen
die huis deur stilte platgeslaan Bitterfontein die plaas se naam
Louis Esterhuizen. Liefland. Protea, 2004
Die herdenking en die soeweniers van liefde maak woorde wakker – wanneer verlange en onthou weer woorde word. Alle soorte liefde ruk die gordyn op. ( of ’n skirt of twee! ) Uit die Grieks kom vier woorde vir liefde: eros storge philia agape Eros verteenwoordig die romantiese kant van dié gevoelentheid – bruisend en spuwend met trillings en trane. Storge omhels familieliefde is al sy hoekige fasette –vol omgee, ootmoed en ’n oorveeg van tyd tot tyd. Philia bepaal vriendskap as liefde – die David en Jonathan afdeling- armdrukke en omhelsings soms met ’n knypie in die donker. Agape is die selflose liefde wat gloei van woorde soos barmhartig, liefdadig en weldadig. Sonder skyn of flikkers.
Die herversamel van, en besinning oor liefdesaandenkings vou vreesloos velde voor ons oop…
Nogmaals Lot se vrou
’n Eerste herinnering in ’n begraafplaas met ligene en begrafnisblomme gestulp in gebreekte glas. Die gedig dalk tóé al uitgewys as ‘’n in memoriam? ’n Tweede onthou met die bou van huisies, paadjies getoor uit knope en ou poppe op ons wintersmat. Alreeds ’n vooruitwysing na ’n wegvlug van hierdie band? ’n Derde terugflits, meer dwingend, op die droë loop van ’n rivier, vasgevang in iets onnoembaars met die geur van gryswordende populierbome en winterstof wat soos ’n teregwysing oor alles sproei: te jonk vir woorde, reeds oud genoeg vir verstaan. Treur oor jou jeug, maan Alice Miller. Hoe op aarde doen ’n mens dit? Net ’n gedig, ’n reis, die voortdurende beweging, die iteratief-duratief, vóór die groot stilstand kan my nou troos in hierdie voldonge toestand van volledige, troostelose onbehae.
Joan Hambidge. Lot se vrou. Human & Rousseau, 2012
Gisteraand
gisteraand in jou arms by die perdeskoen maan pluk ons ’n klawer met vier blare aan
vandag bly ek staan op die werf by die blik my hart agterdogtig soos ’n hoender wat pik
aan een korrel ’n klip wat skeur deur die hange die liefde’s niks anders as die verlange
Ingrid Jonker. Rook en Oker. Perskor, 1963
uiteindelike nag vir anna
ek lê ’n gloeiende gehuide geraamte in jou arms en wag ek lê sonder geslag teen jou teruggetrokke skaamte
ek voel hoe jy jou medelye in my inleef uit jou buik uit jou heupe wat skeef stuik en jou afgemoederde dye
na al die letsels wat ek jou gevloek het is my dun vingers in berou op jou hoë voorhoof en die lede van jou skoon blou oë smekend opsoek
ek betas jou mond in die duister en ek voel hoe jy vergifnis en begrip met hart en sagte geslote lip in die dun skelp van my oor warm fluister
T.T. Cloete. Allotroop. Tafelberg, 1985
As liefde ons verkeerd bewys
As liefde ons verkeerd bewys en die nag in ons holtes kom lê, en die dood ons laaste hegsels losknip uit die lewe se patroon sodat ons saam is, ongeheg, asof om te sê ons liefde ken nóg duur nóg vordering, sal ons weet die dood is tydloos soos plesier, en ons is net somerweerlig, ’n aprillende gier, net lewe Vir sy dood, voorbrand vir sy vuur.
Johann de Lange. Snel grys fantoom. Human & Rousseau, 1986
Om groot te word tussen donker Daniëls was nie altyd maklik nie. Hulle was donker op onverwagse maniere – mees opvallend was die hare. Bytswart. Met donker oë wat tussen teer en taai kon knipper. As jy nie swart hare had nie, was dit (donker) bruin. My Pa was reeds verby agtien jaar toe die laatlam boetie van hom gebore is. Spierwit. Die hare nou. Die kind was glo die appel van vele oë. Selfs die donkertes van die Daniëls kon vermurwe wanneer die kind oopmond lag. Sy naam was Louis. Hy het op nege jaar van sy perd geval en is dood. Ek is ook laatlamlik gebore – tussen ander donker sibbe. Vader Daniël het glo die boskaas net een kyk gegee -en my laat doop….
Egonne Roth. Die Dooie SeeSaturday, April 6th, 2013
And the sea, this sea, Psoriasis: Voorskrif van die doktor: Tien dae by die Dooie See Ons vertrek na werk en arriveer in Ein Bokek in die donker. Ons eet op ons eie stoepie en verlustig ons in die liggies en die sagte aandlug. Die volgende oggend word Judy voor my wakker en trek die gordyne oop, ‘n onverwagse koel wind waai in by die deur. “Kyk,” maak sy my wakker. Ek maak my oë oop, lig my kop en daar anderkant die reëling van ons stoepie lê die blou groen see en wag vir ons, lui en rustig. Ek val terug op die kussing en strek uit van pure lekkerheid. Die lug hier in die diepste skeur op aarde is swaar met allerhande elemente waarvan ek maar min weet, maar ek weet wel dat daar baie broom in die lug is. In die ou dae het hulle mens wat aan spanning gely het broom laat drink. Nou asem ek diep in en voel hoe die spanning uit my wegglip. “Kom ons gaan ontbyt,” stel Judy voor, “en dan kan jy langs die see verder gaan slaap.” Oor die ontbyt in Israeliese hotelle sou ek kon ‘n hele blog skryf – dit verdien ‘n boek – of ’n gedig. Die probleem is dat as jy eers die keuses van vis en kaas en groente en vrugte en joghurts en gebak ontdek het, is daar nie tyd of energie vir dinge soos boeke of gedigte skryf nie – dit verg al jou krag en aandag. Dit is die beste maaltyd van die dag glo ek vas. Gou ontwikkel ons ‘n roetine: stap, ontbyt, poedelkaal in die solarium, ‘n paar lengtes in die hotelswembad – swembroek weer aan, dryf op die Dooie See, siësta in die kamer, ‘n besoek aan die spa met sy verskillende warm poele, halfuur terug in die solarium, ‘n glasie wyn op ons stoep en vroeg aan die slaap. Ons begin wonder wat eintlik help vir die psoriase – die son sonder UV-strale, die sout water of die broom in die lug wat jou forseer om te ontspan en te slaap? Of is dit die magiese interaksie tussen die drie. Hoe dit ookal sy, ons kla nie. Uiteraard is dit nie ons eerste besoek aan die Dooie See nie, maar dit bly altyd ‘n oomblik van wonder as mens in die koel sagte water instap – die soutkorreltjies steek jou voete en op ‘n sekere punt trek jy jou knieë op en plop! Daar dryf jy. “A sea you cannot even drown in. / It takes life to take life.[ii]” Dis natuurlik nie heeltemaal waar nie, maar dis verseker moeilik om in hierdie soutwater te verdrink. En ek, van nature lui, kan dryf en dryf sonder om op te let na die tyd of die son of die windjie wat liggies die water versteur. Op die sonbeddens slaap ons verder of gesels sonder erns oor los gedagtes wat geen rym of rede het nie. Dis vroeg lente en die son is nie juis warm genoeg om skade te doen nie – net om strelend te voel. Elke dan en wan kyk ek rond om te sien of iets êrens gebeur, maar gewoonlik is daar niks om opgewonde oor te raak nie. Dan op die oggend van Obama se finale dag in Israel… “Kyk,” sê ek vir Judy en wys in die rigting van Jordanië. Die lig en lug is besig om te verander – alles ontwikkel ‘n metaliese glans. Eers kan ons dit nie verstaan nie. Dan merk ons dat ander mense ook rondkyk en terugkyk na die berge agter ons. Die hemel agter die berg is donker amber – die hotel gloei met ‘n buitengewone lig. Die goud-brons in die lug word al intenser. Nou verander die atmosfeer. Mense word wakker, pak op en vinnig loop die strand leeg. Ook ons kies kant hotel toe. Dit is omtrent 300m maar teen die tyd wat ons in die koel voorportaal instap begin die wind waai. My oë brand en my keel voel krapperig. By die swembad sien ons hoe die kleiner plastiese stoele en sambrele skielik opgelig en rondgegooi word. Personeel hardloop om alles sekuur te maak. Ons nuwe kamer kyk uit op die berg, maar as ons die gordyne ooptrek, is daar geen berg nie. Vanoggend was dit nog helder, nou is dit spookagtig. Net stof en sand. Dis verstikkend en donker. Ons trek die gordyne styf toe, maar elke dan en wan gee hulle ‘n trilling so asof hulle gril vir al daai stof en wind en lawaai. Die volgende oggend word ons wakker – daar is ‘n ongemaklike grys stilte en alles is bedek met ‘n lagie vaal stof. So maak die hamsin – die woestynwind. Hamsin[iii] (50 days of torrid heat during summer) from out of the south driving Homo Erectus in doors, even the links of man made objects, the hot dirty yellow sun, you are not so tall, just finite and small, grit your sandy teeth, will the keeper of the winds
[i]Darwish, Mahmoud. On A Canaanite Rock At The Dead Sea [ii] Sadhguru. The Dead Sea. http://blog.ishafoundation.org/sadhguru/spot/poem-the-dead-sea/ Karen Kuhn. Kaváfis – In Vreemde Tale.Tuesday, March 26th, 2013Die Griekse digter C.P. Cavafy (Konstantínos Pétrou Kaváfis) is op 29 April 1863 in Alexandrië, Egipte gebore. Hy het 154 gedigte gepubliseer en nog heelwat verse onvoltooid gelaat. Na sy pa se dood het die jong Kaváfis saam met sy ma en broers van 1872 – 1877 in Londen en Liverpool gewoon. Buiten vir ’n kort periode ook in Konstantinopel, spandeer die digter die res van sy lewe in Alexandrië. Daar werk hy eers as joernalis en later as ’n klerk en besoek Griekeland slegs vier afsonderlike kere. Kaváfis sterf op 29 April 1933 en teen die tyd was sy poësie sowel in Griekeland as in die res van die wêreld al bekend en het ook vir heelwat kontroversie gesorg. Aanvanklik ontvang Kaváfis min erkenning weens sy unieke styl wat verskil het van die hoofstroom Griekse digkuns. Eers teen 1919 begin ’n nuwe generasie nihilistiese digters soos Karyotakis inspirasie in Kaváfis se werke vind. Hy was instrumenteel in die herlewing van Griekse digkuns. Sy gedigte getuig van intieme vertellings van ware of letterkundige figure en die milieu waarin dit in Griekse kultuur afgespeel het. Onsekerheid oor die toekoms, sensuele plesier, die morele karakter en psige van die indiwidu, homoseksualiteit en ’n fatalistiese eksistensiële nostalgie is van die tematiek. Die gedig: “Waiting for the Barbarians” (1904) is van sy bekendste werke. Die Departement van Moderne Griekse Tale en Letterkunde aan die Universiteit Adam Mickiewicz in Poznań, Pole vier hierdie jaar Kaváfis se 150 jaar bestaan. Die vrystelling van die gebeurtenis het plaasgevind op 21 Maart 2013 – ‘Wêreld Poësie Dag’. Die tema van die geleentheid: “In a foreign language our sorrow and love fade away” en het begin met ’n lesing deur die Poolse skrywer en vertaler van Kaváfis se digkuns; Antoni Libera. Hy het ook van sy vertalings in Pools voorgelees waarna Kaváfis se digkuns deur meer as 16 ander tale gelees is. Onder andere: Grieks, Frans, Kroaties, Bulgaars, Spaans en ook Afrikaans. Veertig gedigte is sonder onderbreking voorgelees en het eindelik soos een lang universele gedig in verskillende tale, maar met dieselfde ritme en gevoel voorgekom. Na my kollega: Mathilda Smit en ek met Paschalis Eythymiou en Christos Bintoudis (wat ook verantwoordelik was vir die organisering) ontmoet het en van verskeie Engelse vertalings gewerk het, is die volgende twee Kaváfis verse in Afrikaans aangebied: Hul Ontstaan
Die vervulling van hul vreemde genot is volbring. Hul staan op van die matras en trek aan, gejaagd, stil. Een-een verlaat hul die huis, skaam; en soos hul ietwat skugter padlangs stap, blyk dit hul vermoed iets van hulself verraai die vreemde lakens waartussen hul vroeër was.
Maar hoe is die digter se lewe nie verryk. Môre, oormôre, of jare daarna die gloeiende strofes gepenetreer met net hier hul onstaan.
(Vertaling: Mathilda Smit) Lyf, Onthou
Lyf, onthou nie net hoe lief daar vir jou was nie net die lakens waarop jy gelê het nie, maar ook daardie begeertes wat nakend vir jou in oë geglim het, en in die stem gebewe het – en sekere onvoorsiene hindernisse wat hul frustreer het. Nou dat dit alles aan die verlede behoort lyk dit of jy jouself ook oorgegee het aan daardie begeertes – al glimmend, onthou, in die oë wat jou ontklee het, hoe het hul nie gebewe in die stem vir jou, onthou, lyf!
(Vertaling: Karen Kuhn)
Foto’s: Mirela Šavrljuga Annemarié van Niekerk. 21 Maart: Elly en Ingrid, Bergen en SharpevilleThursday, March 21st, 2013Met Frank Zappa (1970). Foto: Privéarchief Elly de Waard Ons onthou vandag Sharpeville, een van die donkerste dae in die Suid-Afrikaanse verhaal. Maak nie saak hoe ver ek weg is uit Suid-Afrika nie, hoe ek my versink in die skoonheid van Europese kuns of natuur nie, die eggo van Afrika volg my oral, en dikwels op die mees onverwagse momente. Dit is ook goed so. Laat ons nooit ons eie verhaal vergeet nie, ook nie die donker hoofstukke (soos Sharpeville) nie. Ek het die poësie van Elly de Waard (1940) eers onlangs beter leer ken. Vyftien jaar lank was sy een van die bekendste Nederlandse skrywers oor popmusiek, met artikels in De Volkskrant en Vrij Nederland. Haar openbare identiteit was veral gekoppel aan hierdie wêreld. In die foto bo is sy met Frank Zappa in gesprek (1970) en onder met Brian Ferry (1974). Maar sedertdien is Elly de Waard ook digteres. Nadat haar metgesel, digter Chris van Geel sterf, begin sy self skryf en debuteer in 1978 met die digbundel ‘Afstand’. Sy neem veral digters soos Emily Dickinson, Amy Clampitt en M.Vasalis as haar rolmodelle, maar ook J.H. Leopold en Robert Lowell se invloede is sigbaar. Sedertdien het nog vyftien bundels verskyn en onlangs haar heel nuutste ‘De aarde, de aarde’. Kort voor die verskyning van hierdie laaste bundel kom daar ’n dokumentêr oor Elly op TV. Die dokumentêr (beskikbaar in DVD: ‘Het Ritme van Elly de Waard’) van Deborah Wolf en Jeroen Wolf is pragtig gemaak, gevoelig maar ook humoristies, en vat die sfeer en gees van Elly, haar werk, en haar huis Vogelwater (waar sy met haar geliefde Marijke woon) op so ‘n manier vas, dat die kyker na afloop nog steeds gefassineerd bly. Ek besluit dat ek haar gedigte beter wil leer ken en dat ek die omgewing van Vogelwater onder my eie sole wil voel. As ons kort daarna ’n uitnodiging vir die bekendstelling van ‘De aarde, de aarde’ en ‘Vogelwater’ ontvang, hoef ons nie na te dink nie. Ek, Jaap (Goedegebuure) en seun Stephan gaan vir ‘n naweek na die kunstenaarsdorpie Bergen (Noord-Holland) waar Roland Holst ook gewoon en gewerk het… dieselfde omgewing as Vogelwater. Die intieme maar goed toegeruste boekwinkel op die dorpsplein is waar die laatmiddag boekbekendstelling plaasvind. Die dorpie is klein, dis nie maklik om die boekwinkel mis te loop nie. Boonop is dit die enigste plek wat op hierdie middag soos ’n bynes zoem. Ons gesels, drink wyn, luister na Elly en haar uitgewer (van De Harmonie) se toesprake, kyk na die uitstalling van die foto’s van Frederique Masselink-Van Rijn wat in ‘Vogelwater’ verskyn en kry ten spyte van die propvol winkeltjie tog ’n kans om met Elly te gesels. Tussen die skare mense loop ons Oek de Jong (gemeenskaplike vriend van ons en Elly) raak, wie se ma self lank op Bergen gewoon het, en hy oortuig ons om nêrens anders te gaan eet nie as by ‘Het Huis met de pilaren’, ’n monumentale pand wat uit 1787 dateer, en wat vir lank ’n ontmoetingsplek vir skrywers en kunstenaars, o.a. Adriaan Roland Holst, ‘Prins der Nederlandse dichters’ was. Ons volg Oek se raad en loop vroegaand oor die dorpsplein met sy imposante kerkruïene na die pragtige huis met die pilare nie ver van die boekwinkel af nie, en beleef een van daardie onverwags betowerende aande. Ons hoor ook dat verskeie TV-opnames deur die jare heen hier met kunstenaars en sangers gemaak is, o.a. in 1964 met Jacques Brell. Bergen voel die aand ver weg van alles, versteek in ‘n magiese bosgebied maar tog ‘n klipgooi van die see af, wat as daar branders sou wees dit vanaf die dorpie op stil nagte hoorbaar sou wees. Ons loop deur die verlate laagnag dorpstrate terug hotel toe en in die kamer maak ek ‘Vogelwater’ oop, die boek oor ‘het jachthuis ‘t Vogelwater in de Noord-Hollandse duinen’ wat Elly en digter Chris van Geel in 1973 betrek het, ‘n landgoed en huis waar die stilte en die afsondering ‘n ideale verblyfplek vir hul kreatiewe geeste was en waar sy nou al jare lank met Marijke woon.
Elly vertel hierin verhale en anekdatoes oor hoe sy deur die jare hierdie jaghuis getransformeer het tot ‘n pragtige villa, ‘n toevlugsoord maar ook plesiermaakplek vir haarself en ander digters soos Any Clampitt en Joseph Brodsky wat later die Nobelprys sou wen…. hoe daar geskryf en geskep is, maar ook hoe daar fees gevier is. Tydens so ‘n fees, vertel Elly, sal sy haar altyd teen donkerword-tyd terugtrek en na buite loop “om vanuit het bos te bekijken hoe betoverend dit eruitziet. Het is Le Grand Meaulnes, maar het kan ook een mooie Italiaanse film zijn. Het sleutelwoord is: geluk.” Die boek bevat ook van haar gedigte oor die huis, die landgoed en die omgewing. Die amusantste, maar ook droewigste anekdote in die boek is seker dié een oor hoe sy Joseph Brodsky, wat vir ‘n paar dae met sy twee tikmasjiene by haar op skryfbesoek was, een oggend moes versoek om die huis te verlaat na ‘n nag van te veel drank en wangedrag. Dit laat Elly met ‘n diep hartseer agter. Sy vertel hoe sy die oggend na die bilbioteek (in hul huis) moes gaan waar Brodsky al so te sien lank aan die werk was: ‘Ik klopte aan en zijn “yes” klonk te luid en te onmiddelijk. Ik ging naar binnen keek hem aan en toen naar de grond en zei op zo gewoon mogelijke toon: ik denk dat je moet gaan. -Yes. -Zal ik een taxi voor je bellen? vroeg ik in een poging om zo normaal en vriendelijk mogelijk te zijn. - Ja, als je wilt. - Over een half uur? Ik liep terug naar mijn eigen gedeelte van het huis en voelde toen pas in volle omvang mijn eigen pijn. Hier had ik een van de grootste levende dichters te logeren. Een man, even oud als ik, maar met oneindig veel meer kennis van zaken wat poëzie en levenservaring betrof. Uit een ver land met een enorm verleden en een rijke cultuur en ik was bezig een vriendschap met hem op te bouwen. Ik had nog zoveel van hem kunnen leren en ik was daar ook aan toe. En nu was dit hele perspectief weggevallen door een incident dat waarschijnlijk vermijdbaar was geweest.’ Veel later sou sy ‘n ‘heel mooie, mistige’ kaartjie van hom uit Venesië ontvang met die woorde: ‘Am I forgiven? Nonchalantly yours, Yossif.’ Sy vertel dat haar subliemste momente op Vogelwater in die somer beleef word ‘als ik na een dag van maaien onder de beukenpartij kan gaan zitten om er de maaltijd te gebruiken, een glas goede wijn te drinken en mijn ogen te laten rusten op een landschap dat door mijn eigen inspanningen op zijn allermooist is.’ Die volgende dag loop ons deur bosse, langs stroompies, in die duine en op die strand, ry van dorpie tot dorpie in die omgewing, gaan kyk na die huis van Roland Holst wat nou ‘n skrywershuis is waar skrywers teen ‘n billike tarief mag bly om te werk. Terwyl ons die aarde opsnuif, lees ons ook in ‘De aarde, de aarde’ en kom af op iets wat my heeltemal wegruk uit die magie van die sprokiesagtige Bergen en omgewing, en my tot stilstand bring: op p.35 ‘n gedig aan Ingrid Jonker waarin die hartseer geskiedenis van Suid-Afrika ego… Sharpeville en dit wat in die volgstroom van Sharpeville gebeur het. En plotseling is niks meer net in magiese afsondering nie, alles is op ‘n manier met mekaar verbonde soos die onafskeidbaarheid van elke boom met sy eie donker skaduwee. Oor kontinente en tydperke heen vind skrywers en kunstenaars mekaar, kring die kuns en die geskiedenis uit. Niks staan ongebonde of alleen nie. AAN INGRID JONKER (1933-1965)
Een dichter was je net als ik, geen dichteres en lange tijd was je hier onbekend. De wetten van je vader teen die swartmens hielden ook jou apart – van ons met name. Totdat je werk, dankzij Mandela, eindelijk openging.
Wij zijn familie, hebben voorvaders en strijdbaarheid gemeen, wij spreken zustertalen. Over het wonder van de jouwe ben ik nog steeds niet heen, van afskeid, bitterbessie en die kind, wat doodgeskiet is bij Nyanga deur soldate.
Dat kind dat nu op reis is langs de noordrand van je continent, waar jonge mensen overal hun vrijheid eisen. Terwijl jij voor de tweede keer Europa doet, glansrijk gedragen door de Zwarte Vlinders, die je doen herrijzen.
So besing Elly vir Ingrid, en laat sy ons Sharpeville en Nyanga onthou. Skaars ’n paar dae tuis en ek loop hierdie op die internet raak: Frederique Spigt wat vir Elly en Marijke sing (met weer eens die eggo van Afrika in die agtergrond, hierdie keer in die vorm van ’n kunswerk van Marlene Dumas teen die muur agter Elly): http://www.youtube.com/watch?v=CS6cujk1Vi8&feature=player_embedded
Leon Retief. True confessionsMonday, February 18th, 2013Papaver somniferum
TRUE CONFESSIONS “…a storehouse of wild dreams for poems.”Opium is een van die oudste medikamente wat aan die mensdom bekend is. Soos almal waarskynlik weet word dit verkry uit die sap van Papaver somniferum. Hierdie sap bevat ongeveer 12% morfien asook ʼn hoeveelheid kodeïen wat in die liggaam gemetaboliseer word na morfien. Dit is sedert antieke tye gebruik vir pynverligting maar die ander effekte op die sensorium, byvoorbeeld die persepsie van sensasies, sowel as die moontlikheid van verslawing was natuurlik ewe bekend. Opium word deesdae nie dikwels in die Weste gebruik nie omdat dit grootliks vervang is deur heroïen wat uit opium berei word. Heroïen is diasetiel morfien en is baie meer potent as morfien. Dit is in 1874 gesintetiseer deur C R Alder Wright maar die eerste persoon wat dit werklik ondersoek het was die Duitser Heinrich Dreser wat dit die naam heroien gegee het, afgelei van die Duitse woord heroisch, omdat dit so ʼn potente verbinding is. Anders as heroïen wat intraveneus toegedien kan word moet opium gerook of per mond ingeneem word. Die gebruik van opium was wydverspreid deur baie wêrelddele – Europa, die Midde- en Verre Ooste, Indië en Egipte. Vandag, helaas, word die plaasvervangende heroïen dwarsoor die hele aardbol aangetref. Mediese geskrifte oor opium was natuurlik goed bekend onder dokters dwarsdeur die geskiedenis maar na die beste van my wete is die eerste min of meer literêre werk wat oor hierdie onderwerp handel Thomas De Quincey se Confessions of an English Opium-eater wat in 1821 verskyn het. Die boek beskryf sy persoonlike ondervindings met hierdie dwelm en bevat die volgende loflied aan opium: “O just, subtle, and all-conquering opium! That, to the hearts of rich and poor alike, for the wounds that will never heal, and for the pangs of grief that ‘tempt the spirit to rebel’, bringest an assuaging balm – eloquent opium!… thou buildest upon the bosom of darkness, out of the fantastic imagery of the brain, cities and temples… beyond the splendours of Babylon and Hekatompylos; and, ‘from the anarchy of dreaming sleep’, callest into sunny light the faces of long-buried beauties, and the blessed household countenances, cleansed from the ‘dishonours of the grave’. Thou only givest these gifts to man: and thou hast the keys of Paradise…” Die Confessions
Ongelukkig is die enigste gratis middagetes te vinde in muisvalletjies en bale opiumgebruikers het in hierdie slagyster getrap. Mense se aanvanklike kennismaking met opium is meestal aangenaam, maar verslawing lei later dikwels tot disforiese ervarings en dit was dan ook met De Quincey die geval. Sy pad het gekruis met dié van ʼn Maleise opiumhandelaar en al was dit maar ʼn vlietende ontmoeting het hierdie persoon later ʼn skrikwekkende teenwoordigheid in sy drome geword.
Soos baie ander gebruikers het De Quincey ʼn min of meer beheerbare verslawing gehad maar hy kon nooit heeltemal van die gewoonte ontslae raak nie. Tydens die Romantiese tydperk het opium ʼn verreikende invloed op kunste en veral letterkunde in Engeland en Europa gehad. Die gebruik van opium in die vorm van laudanum (ʼn tinktuur van opium in alkohol) is nie deur die gemeenskap afgekeur nie, trouens, dit is dikwels beskou as nie veel meer as ʼn ietwat eksentrieke gewoonte nie. Die konsentrasie morfien in laudanum kon nie maklik gestandaardiseer word nie maar was oor die algemeen taamlik laag, wat tot gevolg gehad het dat gebruikers nie naastenby so vinnig agteruitgegaan het as eietydse heroïenverslaafdes wat dikwels ʼn vroeë dood sterf. Opiumverslaafdes het dikwels tot ʼn mindere of meerdere mate ʼn beheerbare gewoonte gehad en baie het oud geword.
Mens staan verstom wanneer jy lees hoe algemeen die gebruik van opium in daardie tyd was. Berridge en Edwards, in Opium and the People, vertel ons hoeveel die gebruik van opium in Brittanje toegeneem het: In 1830 is 41 300 kilogram ingevoer, in 1860 was die syfer 127 000 kilogram – ek moet darem byvoeg dat 68 500 kilogram weer uitgevoer is, meestal na Amerika. Meeste opium is waarskynlik tuis of in hospitale vir propperse mediese doeleindes aangewend, maar ʼn beduidende persentasie daarvan is ook vir non-mediese doeleindes gebruik. Baie kunstenaars, veral skrywers, het dit in wisselende hoeveelhede gebruik en daar kan min twyfel wees dat hierdie middel ʼn betekenisvolle invloed op Romantiese letterkunde gehad het – die drome, sensasies en die gevoel van die elastisiteit van tyd wat laudanum by kunstenaars veroorsaak het, het dikwels later neerslag in hul werk gevind. George Crabbe (1754-1832) is waarskynlik ʼn goeie voorbeeld. Sy vroeë poësie was skynbaar nie veel meer as kompetent nie (ek is nie bekend met sy gedigte uit daardie tydperk nie) maar nadat hy aan laudanum verslaaf geraak het was daar volgens beskrywings ʼn besliste verandering en die verhalende gedig Peter Grimes bevat fantasmagoriese beelde wat amper beslis aan laudanum te wyte is. Die gedig beskryf onder andere Grimes se laaste jare as uitgeworpene, geteister deur sy gewete en die geeste van sy vader en drie seuns wat deur hom om die lewe gebring is. Grimes se depressiewe lusteloosheid is kenmerkend van iemand wat onder die invloed van opium verkeer:
Op sy sterfbed herleef hy weer die teistering deur sy gestorwe slagoffers, kenmerkend van die disforie wat dikwels met gevorderde opiumverslawing saamgaan:
Samuel Taylor Coleridge het ʼn intense verhouding met opium gehad en het verskeie kere onsuksesvol probeer om die verslawing af te skud. Hy het later selfs ʼn man in diens geneem wie se taak dit was om hom uit enige apteek wat opium verkoop te verwyder. Sulke apteke was om elke hoek en draai te vind en ek skat die man het seker redelik hard moes werk om Coleridge uit die versoeking te hou. De Quincey het sy voorkoms tydens ʼn lesing as volg beskryf:
Coleridge se twee bekendste gedigte is ongetwyfeld The Rime of the Ancient Mariner en Kubla Khan. Terwyl die Ancient Mariner nie sy ontstaan te wyte gehad het aan opiumgebruik nie is daar tog beelde in wat mens laat dink aan die drome wat verslaafdes soms kry:
Ek dink almal weet van die ontstaan van Kubla Khan en die feit dat dit geskryf is die dag nadat Coleridge ʼn opium-induseerde droom gehad het. Die begin herhinner aan wat De Quincey geskryf het oor the splendours of Babylon and Hekatompylos: die beelde van esoteriese argitektuur.
Later is daar ook beelde van veraf musiek, stemme en die “wailing woman” wat wag op haar demoon-minnaar. Ek probeer nie argumenteer dat opium die Romantiese letterkunde in ʼn spesifieke rigting gestuur het of op sig self verantwoordelik was vir die temas van die poësie nie – digters met die talent soos Coleridge en sy tydgenote sou beslis uitstaande werke geproduseer het sonder die hulp van opium, maar hierdie dwelm was ongetwyfeld ʼn belangrike bron van materiaal wat in die letterkunde van daardie tyd gebruik is. Dit was as’t ware, soos Coleridge geskryf het, a storehouse of wild dreams for poems, ʼn manier waarop kunstenaars ondervindings en stimuli wat onder die invloed van opium ondervind is later in hul werk kon aanwend.
Annemarié van Niekerk: Judith HerzbergSunday, February 17th, 2013Vir poësie om ’n houvas te kry op die breë publiek, moet dit sigbaar wees, energie uitstraal, deelneem aan die lewe. As mens nie gereeld ’n mooi gedig teëkom nie, kan jy ook nie daardeur bekoor word nie, kan jy geen smaak daarvoor ontwikkel nie. So bly dit ʼn ontoeganklike paradys waarvan net ingewydes die toegangskode ken. Dit is nie net poësie in die algemeen en digters en hul werk wat hierdeur skade ly nie, maar ook gewone mense wat nooit die krag van poësie leer ken nie. ‘Trouw’, die Nederlandse koerant waarvoor ek resenseer, is uitgesproke in sy waardering vir poësie. Elke week word daar in die ‘Letter&Geest’-blad (waarvan die boekeblad deel is) twee volle bladsye aan poësie bestee. Die eerste bladsy plaas ’n spesifieke digter in die kollig en op die tweede bladsy verskyn ’n gedig van hom/haar. Met pragtige uitleg en ʼn mooi lettertipe vul die gedig ’n hele bladsy – so uitnodigend dat dit moeilik is om dit nie te wil lees nie. Boonop gee dit die leser die gevoel dat poësie deel is van die alledaagse lewe, net soos sport, geldsake, gesondheid, vermaak, politiek, wetenskap, wat ook al. Getrou aan sy liefde vir die digkuns het ‘Trouw’ onlangs weer met ’n nuwe idee gekom om poësie sigbaar te maak. Hierdie keer is dit ʼn 10-delige poësie-versameling waarvoor die Trouw-redaksie ’n seleksie gemaak het uit die mooiste gedigte van die beste Nederlandse digters. Die resultaat is 10 pragtig versorgde sagteband bundels, elkeen met ʼn omslag in ’n skakering van steen. Die omslae het so ’n heerlike tekstuur dat jy nie kan help om daaroor te streel as jy dit in jou hande het nie, jy’t ook nie lus om dit gou weer neer te sit nie. Die 10 digters gekies vir hierdie versameling is Judith Herzberg, Remco Campert, Eva Gerlach, K. Michel, Gerrit Kouwenaar, Ester Naomi Perquin, Lucebert, Ingmar Heytze, Rutger Kopland en Ida Gerhardt. Die eerste bundel wat sopas uit is, word gewy aan Judith Herzberg, een van die mees geleesde en mees geliefde Nederlandse digters, deur Komrij beskryf as ʼn ‘ware koorddanser’: “Door haar aftasten en verbaal haperen schept ze ruimte tussen zichzelf en de lezer. Ze creëert een spanning door te doen of ze alles geeft en door tegelijk een strenge structuur te hanteren van herhaling, echo en climax waarbij ze persoonlijk buiten schot blijft. Ze beheerst het wankelen.” Herzberg (1934) wat behalwe gedigte, ook toneel, filmscenario’s en joernalistieke prosa skryf, is die dogter van skrywer en regsgeleerde Abel J. Herzberg, wat net soos sy ook die P.C.Hooftprijs (1972) ontvang het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Judith by verskeie gesinne geskuil toe haar ouers weggevoer is na die konsentrasiekamp Bergen-Belsen, waar hulle gelukkig oorleef het. Die nagevolge van die oorlog is die tema in haar trilogie ‘Leedvermaak, Rijgdraad en Simon’, wat ook verfilm is deur Frans Weisz. Herzberg debuteer in 1961 met haar eerste gedigte in ‘Vrij Nederland’ en word in haar lang digtersloopbaan verskeie kere bekroon, o.a. met die Jan Campert Prijs en die P.C. Hooftprijs in 1997. Haar gedigte is oop, vragend, bespiegelend, behoedsaam. Haar toon is natuurlik, asof sy met iemand gesels, soms selfs asof sy al pratende na woorde soek, hul betekenis op verskillende manier toets. Kyk maar na die eerste strofe van LIEDJE:
Alledaagse dinge fassineer haar, daardie dinge wat sy om haar sien, hoor, voel en beleef. Hieruit skep sy haar gedigte, uit klein en versigtige maar tog presiese observasies van dinge wat haar omring: kinders, ouers, vriende, vreemdelinge op straat, objekte, woorde, voëls, pyn, noem maar op. Haar poëtiese verhouding met alledaagse dinge skep ook dikwels ’n vergelyking tussen haar en die Poolse Nobelpryswenner, Wislawa Szymborska. ‘Brieven’ is ’n mooi voorbeeld van haar besinning oor klein dinge:
So skryf sy ook ’n treffende gedig oor die woordjie ‘ja’, soos deur ’n onbekende man op straat uitgespreek.
JA
Hij loopt met iets zwaars voor haar uit. Zij blijft staan. Zij roept, van de straat, hem iets na, hij, terwijl hij een huis binnengaat, een kort ‘ja’.
Niet het jaha van moeders die zich vervelen niet het ja van oja goed want bijna vergeten niet het ja van wees maar gerust niet een ja als een knal niet een ja uit twee delen zo’n ja waar een nee onder schuilt niet een ja van: ik ben zo terug niet een ja van: hou me niet tegen.
Niet een ja half als vraag: dat zien we nog wel een misschien, een vermoeden –
Maar een dag-in dag-uit ja een ja ten overvloede.
En een oor sneeu en pyn:
EN OF HET HIER GESNEEUWD HEEFT
Eerste sneeuw. Ja eerste sneeuw, maar wie heeft ogen voor de laatste, de laatste sneeuwpop, het smelten van de voeten, wie let daarop?
Zo gaat het ook met pijn. Je voelt het onbarmhartige begin maar het verdwijnen maak je op uit het verdwenen zijn.
Die raaisels wat Herzberg besig hou wanneer sy die dinge om haar betrag, word ook in haar gedigte rondgerol. Sy kom nie met klaar uitgewerkte, vasgelegde antwoorde nie, haar gedigte dink en wonder saam met haar eie vraende blik. Vir Herzberg is dit wat groots is te vind in die kleine, terwyl sy weer die groot dinge maklik reduseer tot ‘vat’bare grepe. Sy het ’n keer gesê: “Ik geloof niet zo in god, wel ken ik soms een veel te groot gevoel, naar aanleiding van een kleinigheid.” Dit merk mens onder andere in dié pragtig weemoedige en relativerende gedig waarin die paradyslike en die eet van ’n pakkie slaptjips mekaar se maats word:
HIERNAMAALS
Als ik, nadat ik dood ben, nog ergens rond mag dolen, laat het dan op de markt zijn, in geur en kleur. En mag die markt dan open zijn onder de blote hemel. En mag ik dan als vroeger met mijn moeder zo ’n puntzak gloeiend hete frites (met veel zout uit zo’n gebutste strooibus) met haar delen.
As iemand wat nog nie die kans gehad het om voor poësie te swik nie, toevallig die gedigte van Judith Herzberg teëkom, is die kans groot dat daar iewers ’n luik sal oopgaan. Goeie poësie maak nou eenmaal iets in ʼn mens oop wat toe was.
Marcelle Olivier. Gedagtes uit KleinBrittanje: Dit wat ook gemis wordSaturday, February 16th, 2013
Heil Die Leser! Waarskuwing! Hiermee volg ‘n oorgeromantiseerde stuk nonsens en ‘n handvol eie verse. Lees op eie risiko.
at the museum of natural history winter, oxford
at the museum of natural history i might use my winters well, i might have my morning windows: the light, the cold, the slight
remains of outside chill slipped in on entry; the yellow more-quiet.
by five the afternoon has darkened like a cicatrice in young skin, and cabinets and tools, minerals and bones, bees, writing, and i
have between the sky and the floor a sheet of clear horizon to keep in
the mutter of feet, the flutter of thought, the clutter of meat. on the butterfly watch the room empties, and my season creeps east
– sand shifting beneath the bodies of shells – towards
the doors. there behind the listless wood the eyeless sleepless dwell.
Onlangs, en gedurig, mis ek Oxford. Winter-Oxford. En, somer-Oxford: die brosgeel steenwerk St Giles langs, immergroen kwads; my omber lessenaar bó in die Radcliffe Camera waar ek kon uitkyk oor St Mary’s kerk en nooit werklik enige werk gedoen kon kry nie, en my hout-hout hoeklessenaar in die Rhodesbiblioteek met sy Zimbabwe voëls en boekrakkerige uitsig waar ek wel kon skryf; ‘n alewig blounat Port Meadow en ‘n modderige, koei-bedrupte stappie Binseykerk en Wythamwoud en Trout toe; sandgeel bokkies rondom Addison’s Walk, die gruisgrys golwing van platbodemroei op ‘n te-diep Isis; sluip-pers nagte in die botaniese tuin, donkerkollege visioene op Dead Man’s Walk; glinsterende reënaand-fietsry vanaf High Street na Iffley Road vir waterpolo-oefening, silwer vroeg-stil kortpadkies deur New College Lane; wit-dra krieket in die Universiteitspark, ‘n Keble-kleurige kat in ‘n kollege-lodge, die khaki waters van die kanaal daar digby Lucy’s Ironworks in Jerigo; die roesbruin deur wat lei na die Pitt Rivers Museum met sy toeoog-langwimper verminiatuurde mense en die namiddaglig wat die stil, antieke dakglas in die Natuurhistoriese Museum terug reflekteer; die spook van Morse se motorkar wat langs die Holywell Musiekkamers verbyry, die posbusrooi Oxford Tube-bus wat weereens die ingange na Broad en Cornmarket Streets blokkeer, en ag, die hele plek. Sommer die hele, hele, bleddie plek. Natuurlik, Cambridge ook: platsneeu, platsneeu; ‘n witoorwater-Cam, leë, takagtige bome, en wind en wind en wind; kierielopers wat veld-in stap deur breek-af grasse en veryste modderpoeletjies so net duskant donkerwordtyd om drie-uur in die middag; kollege-vensters wat dromerig brand-idees van hulle glimgeelvure uitdeel straatkant toe. Ek mis die huistoeloop oor Jesus Green en Midsummer Common wanneer die ligte soos merkers uit die mis opduik, die dramaproduksie-plakkate rondom Great St Mary’s en die oorgroeide begraafplaasspeeltuin daar agter Little St Mary’s. Ek mis my begaafde studente met hulle slim idees wat my laat hakkel agter ‘n antwoord aan, en my minder-begaafde studente met hulle dom idees wat my laat hakkel agter ‘n beter voorbeeld aan sodat agteros se verklipte bene ook in die argeologiese kraal kan kom rus. Ek mis die gevoel van biblioteek instap en weet ek sal iets vind wat ek nooit gesoek het en daarna nooit sonder kan klaarkom nie. Ek mis selfs die fotokopieermasjien in die hoofargief wat ‘n fortuin gevra het om skewe fotostate in spikkelswartwit op power pampier te maak, die onbekombare fietsparkering by die treinstasie, en die nors kelner by my gunsteling restourant; veral miskien die nors kelner by my gunstelinge restourant. Ek mis selfs die reën, reën, reën.
thursday night on the corner of grange road cambridge
the streets here are slippery with leaves. a cyclist struggles to stop, skidding the bicycle carefully across the pavement until the momentum ceases. a pedestrian glares across his shoulder as he sidesteps and says you shouldn’t cycle on the pavement, you know. it’s bloody dangerous. especially in this weather. especially at night. and where are your fucking lights, asshole!
i tip my umbrella at a forty-degree angle to get rid of some water and watch the cyclist put up a middle finger in the direction of the abusive accuser: it stands out tall in the flush of fluorescence from the street lamp, a fat little lightning conductor sucking at the sky. but the young man with the civic sensibilities has stalked off towards the next cup of light without looking back again. bloody cyclists fucking morons asshole.
it rains harder and there is a new sound – i think i can hear the dull and soggy creak of leaves shatter slightly under the weight of each hit. i think i can hear the drops enter the river, driven deep into the mystery-green flesh of the cam. and moss grow. i think i can hear moss grow.
on the periphery of all this the cyclist has dismounted, and is now pushing the bicycle warily across a shiny film of winter debris towards the corner of grange road.
Nou, hier in die hoëveld met sy horisonwye donderstorms maar vreesaanjaende stadsdramas, wonder ek of dit ooit werklikwaar-waar was dat ek kon uitstap by my voordeur na ‘n Joan Baez-konsert toe?; na ‘n Jane Goodall-lesing toe, ‘n Franz Marc-uitstalling, ‘n Margaret Drabble-voorlesing. So maklik, so normaal, soos om na niks toe stap nie: net soos ‘n wandel om ‘n botteltjie sjampoe en ‘n sakkie aartappels te gaan koop, langs ‘n diepasemhaal-rivier verby en deur ‘n vrek-ou klippiestraat waar jongmense oor ‘n 15de-eeuse muur gegraffiti het dat ‘Piff rulz’; miskien is dit ‘n Banksy – ek weet nie. Jy sien, dit word alles iets. Dít word erg gemis. Maar ek weet ook ek is besig om te verromantiseer. Ek wil nie dink aan die swak skole en ongeletterde tieners en drankmisbruik en konserwatiewe regerings nie. Ek wil nie dink aan die duur treine en onmoontlike huislenings en die depressiewe grys lug wat alles en almal soos ‘n skurwe, muwwe kombers toevou nie. Ek wil nie dink aan mense wat iemande is net omdat hulle spilpuntsentraal gebore was nie, net omdat die wêreld om hulle draai nie. Ek wil nie dink aan húlle kinders nie. My vel is te dun daarvoor.
international space station
footage from the iss shows how thin our shell is, shows the bright film
of aurora australis contract, expand: a phosphorescent
oil spill in space. time has no means to know itself absent
from air and if i close my eyes to the rush of astronaut-minutes:
animal, vegetable, mineral.
Laasweek ry ek vir vyf dae alleen deur die Noordkaap. Dier, plant, mineraal. Almal vandaar. Ek ry deur ou gebeure en sien ou pylpunte en ouer handbyle wat die landskap vet lê soos betekenisvolle skape. Dis meer as my agtergrond, meer as my tyd in biblioteke en kolleges en sneeu. Dis eerlik hier, wreed, en ryk. Ek gaan loer by Wonderwerkgrot na die geverfde wit volstruise wat die mure vol hardloop, en verder donkergrot-in na die miljoenjaaroue ampermens-horisonne waaraan kollegas opgrawe en wat so diep lê dat die Eerste Vuur wat daar gemaak is skoon vergeet het om asem te haal. Vroegoggend, nog voor die donker behoorlik vlam gevat het, volg ek die kaart Taung toe om die geboorteplek van ‘n skedeltjie te gaan naspeur, en op ‘n verlate plaaspad Reivilo toe (dis Olivier omgekeerd, vir diegene wat sien hoe dinge in die heelal staan), letterlik net ná sonsopkoms, gooi ek my 4×4 om na ‘n intieme gesprek tussen my wiele en die middelmannetjiegruis. Die kar en ek rol so saam deur die veldsypaadjie, stilte en hartklop so saam deur die lug – ‘n lang tyd, amper so lank soos die osoon en die see al bestaan – en ons eindig na ‘n triptiek van akrobatiese outomotoriese trieks met ons neuse in die rigting waaruit ons gekom het, met die bestuurdersy van die kar wat die grond soen. Die son is skaars ‘n paar minute vol bo die horison. Prakties, eerstens, skakel ek die enjin af. My lewe het nie voor my oë geflits nie, en ek voel net effens vies oor die ongerief van die hele affêre. Ek vat-vat, buig-buig, knikkopknik en vind myself heel, ontkoppel my sitplekgordel – die eerbare, goeie, hartstogtelik onselfsugtige sitplekgordel! – en soek ‘n foon, ‘n bril, ‘n beursie. Die seën van ‘n ongebreekte bril is iets wat net ons blindes kan verstaan. Ek bel die AA terwyl ek so onderstebo lê, sukkel met my sein, en probeer vergeefs die swaar passasiersdeur bó my opstoot om uit te klim; sy venster wil ook nie oop nie, totdat ek onthou dat ek eers die kar moet aanskakel om oop te kan maak. Aan, oop, af – en ek klouter deur die passasiersvenster uit. Kaalvoet staan ek en kyk na die opgefrommelde en versplinterde stuk yster en glas terwyl ek deur die swak sein en tagtig keer se heen-en-weer-bel probeer verduidelik waar ek is, wie ek is, wie ek dink húlle is. Nee, ek bloei nie, ek’s okei, geen mense-ambulans benodig nie, net ene vir my arme motorkar. Ek is vér weg van iewers, dié weet ek. Ek stap terug op die grondpad, kyk na my wielspore; ek is rustig. Ek luister die naamlose vreemdgeluid-voëltjies wat bossie-in bossie-uit vlieg, na die krieke wat vergeet het die môrestond het stilswye in die mond. Ek luister na die sang van die grensdrade teen die ligte wind oral om my, na die ritsels in die graspolle. Ek beloer die slangspoortjie wat so ver met die reguit pad afskuifel dat ek uiteindelik moet omdraai en terug loop doer-daar kar toe, en soek steenwerktuie wat dalk deur motorbande uitgeskop is – hoe interessant sou dit nie wees as ‘n Ascheulse handbyl my ondergang was nie – maar vind niks in die gruis nie. Ook geen koeie of skape of donkies nie te siene nie; net klein op die drumpel van die horison staan ‘n windpomp. Maar dis ‘n eerlike, mooi, stil plek vir Oliviertjie se eerste motorongeluk ooit. Vir ‘n uur en half of wat is dit net ek en die pad en die singende drade, en dit is soos ek dink paradys moet wees. Oop, ver, diep. En tussen-in staar ons na mekaar, ek en die motorkar – ek verstaan nie mooi nie, maar alles is kalm. Later kom ‘n Landy verby met ‘n plaasboer van die Kalahari agter die stuur; ons steek hand uit: nog ‘n Olivier ook, né. Hy en sy seunOlivier en sy drie werkers stoot my ryding vir my regop en ek is dankbaar; my plakkies en piesang word uit die kar gevis en aan my besorg. Ek eet my merkwaardig-onbeseerde piesang; ek bestudeer die wrak. ‘n Man uit Kuruman arriveer tien minute later en hyg die 4×4 agterop sy insleepwa en vir ‘n seer uur ry ek saam met hom terug deur ‘n bekende landskap, maar een wat onder ‘n warm midoggendson begin sweet en anders lyk; my klein tassie, my skootrekenaar, ‘n boks vol goeters wat uit my kar uit kom, alles op my skoot. ‘n Barmhartige en proaktiewe vrou met ‘n waterboor en tagtig katte ontferm haar oor my in die dorp en ry my polisie toe, dokter toe, motel toe; ek kom nooit naby die oog van Kuruman nie, maar ek het ‘n ongeluksvorm en -nommer geteken deur ‘n Konstabel White wat vir drie maande lank in ‘n koma was nadat hy sy motorkar naby Keimoes gerol het, weer moes leer lees en skryf, en steeds met sy arm in slinger rondloop. Ek verstaan nie mooi nie. In die ironies-genaamde Eldorado net buitekant die dorp, en danksy die gawe motel-eienaar se vredeliewende uitkyk op my situasie, lê ek in ‘n gratis, witgelakende bed met die lugreëling aan, en wag vir die Ander Helfte om van Gaborone af te ry om my te haal. Blinkvosperd ens. Maar vér. Ek stuur facebook-foto’tjies van die skedonk in die gras aan die wêreld, eintlik te bang om aan die slaap te raak vir ingeval ek my kop harder gestamp het as wat ek dink: ek weet mos nie eintlik of ek dalk my bewussyn verloor het nie – die situasie het hom nie ontleen aan onafhanklike verifikasie nie. So ek bly wakker, vir die wis en die onwis. Dieselfde rede hoekom ek ‘n sitplekgordel op ‘n wye, leë grondpad gedra het – vir die wis en die onwis. Later hoor ek daardie einste wye, leë grondpad is bekend vir sy nukke, en dat selfs die boere wat hom goed ken hulle bakkies daar gly. “Daar is iets aan daardie pad,” laat weet ‘n vriend uit Kimberley uit. Iets. Iets. Iets verlore, ook. My skarabee-amulet het van my silwer halssnoertjie afgeval gedurende die rol, en in die veld agtergebly. Die turkoois-dingetjie kom uit Kaïro uit, ‘n geskenk, jare gelede al, en ek was lief vir sy klein gewig waar hy so tussen my sleutelbene gehang het, lief om te dink oor sy bestaan. Die skarabee-miskruier is Khepri, die Egiptiese god van die vroegoggendson, van sonsopkoms – hulle sê hy rol die son uit vir Ra. En Khepri is ook die god van hergeboortes: perfek-gemaakte miskruiertjies word gebore, uit die reste wat rondgerol word, asof hulle reeds volledig en volwasse in miniatuur bestaan, dus die ou woord Kheper – to come into being. Kheper. Kewer. My blou kewertjie wat in die uitrol van ‘n nuwe son my ook laat uitkruip het uit die reste sonder skade, volledig mens. Godebeskerming. Sien: Kewer het losgewikkel van die kettinkie om my nek, die sand onder sy turkooissteenbene gevoel en hulle gerek, en sy klipvlerkies oopgelig, en lewendig synde ons die veld ingegogga om – ver weg van die Nyl, in ‘n woestyn van ‘n ander aard – sy ware jare uit te leef. Dis hoe die heelal staan, tog nie? Dier, plant, mineraal.
dwyka carboniferous landscape, south africa
on the fringe of the oldest floor there are young rocks: recent thanks for life amid the flat dichotomy
that passes as food for sheep. yeast in the ridges keeps the sunset alive; some storms bring with
hot cheap rain, and false hope. to share something here – stone, love – is impractical and cruel.
Nou, terug uit die Noordkaap, terug in die nooitdonker van aande hier, terug in ‘n stad gewortel in die droom van goudrykgenoeg wees om weer platteland te word, verstaan ek nog steeds nie mooi nie. Alles gaan voort, verwyderd van die agterstevoor-Oliviers so saamgespil op een klein stukkie aarde, turkoois skarabee-kewers, ‘n foto van ‘n sonsopkoms geneem oomblikke voor die uitrol van die dag; verwyderd van dit wat ek mis op ‘n ander kontinent, ys, en my grootmenslewe daar skaars ‘n tiener oud. Dertien jaar in Groot Brittanje, vyf dae op binnelandse plaaspaaie, en wat leer mens in daardie tyd werklik? Verandering is altyd goed, sê almal: verwydering vir die emigrant, verandering vir die immigrant. Ek weet nie of ek verder hieraan moet opgrawe nie, weet nie wat die klippies verder kan vertel en in watter taal nie. Ek was mos nou al in Eldorado en glo my, die stories wat jy hoor is nie altyd waar nie. In praktyk, nou, hier, effe seer, effe blou, maar baie heel, mis ek werklik die grensdrade wat vir my sing en die fyn geskarrel van ‘n goggatjie in die gras, die alleenwees van nuutwees; die iets.
fooling
a clearing came to me on a dirt road, windmills far from anything but sheep
and aloes: the mistrust of dust giving the living site away.
i stopped the bakkie and went at it alone. the ground was lame from succulents and the sort
of hardened, flesh-inside grasses you can find here,
but there was skeleton of tortoise, and a depression engaged in silting when wet –
like in teeth, it is difficult to believe in not very long ago, in without.
i found: debris, mostly. hardly a handful of broken segments, no trapezes; a few hours’ worth
of flakes: jasper, silcrete, bad quartz but good chert, and foreign.
*
i thought: i would be willing to eat elephant to have you with me here in the open. i thought:
i would show you ochre. i know you were danced up
by a woman with one foot; my memory of you is a humming one, full of children angry
at the killing of the single goat – exchanged for a bundle
of freshly-dried sinew, a quiver beaded white with ostrich eggshell, and a springbuck-skin knapsack
worn by /kaggen himself – they could have owned:
hunger for meat is perilous to culture, as foolishly detrimental as puberty is to joy. this
is how i think of you. this is how my heart shows.
*
losing track of time, and without shade, i grew hot. the road vibrated
– a convoy of spirit antelope, a distant grazing –
and i saw: a red-mouthed beetle eat the head of a locust culled by drift-sand;
i saw: a shrug of grey hills. no-one saw me making sense from you –
it is difficult to believe in not very long ago, in without. it is difficult to not invest.
and i asked the honey-drinkers: they climb into trees for it, for fooling;
i asked the fat-eaters. for people do not come here. i only came by accident. they said: forget the stones,
just drive away; there is always, always water to the west.
Annemarie van Niekerk. Dichter des VaderlandsFriday, February 1st, 2013Anne Vegter/ Foto Roger Cremers As mens jou land verlaat vir ’n ander een, soos wat ek byna ʼn dekade gelede gedoen het, en jy moet jou eie bed onder ’n vreemde vlag of boom of embleem of lied opmaak, voel jy maar bedremmeld. Met nie een van die nasionale tekens van identiteit kan jy jou werklik vereenselwig nie. Jy bly maar verlang na die ligroos fluweelblare van die protea, die grasie van die bok se spring, die knop wat in jou keel kom elke keer wat jy Nkosi Sikelele Afrika hoor. Jou bed bly spreekwoordelik koud. Maar toe, op ’n dag, vind ek uit dat Nederland nie net ’n nasionale vlag, nasionale lied, klompe, windmeulens en tulpe het nie, maar ook ʼn ‘Dichter des Vaderlands’. Dit was ’n mooi dag. As ’n land ʼn behoefte aan ’n nasionale digter het sê dit iets wat die hart van iemand wat van woorde hou summier sag maak en haar bed warm. Want soos Ramsey Nasr, die pas afgetrede Dichter des Vaderlands dit stel ‘ik ken een struik van poëzie, een veilig brandend braambos / om in weg te schuilen”. Die boodskap was vir my hartverwarmend: poësie behoort hier nie net aan ’n uitgelese groepie literatuurliefhebbers nie, nee, dit behoort aan ons almal. En dit is goed om te weet. Elke vier jaar word daar ’n nuwe Dichter des Vaderlands aangewys. In die verlede was dit deur publieke stemming, maar vanaf vanjaar is dit met benoeming van ’n kommissie, om te voorkom dat digters groot promosie-veldtogte van stapel stuur. Byna soos die Britse Poet Laureate is die funksie van die Dichter des Vaderlands om oor gebeurtenisse of sake wat van landsbelang is poësie te maak… ʼn soort digterlike volkskommentaar op dinge wat die mense na aan die hart staan. Toe ek net hier aangekom het was Gerrit Komrij (1944-2012) die nasionale digter en het in sy termyn, behalwe vir gedigte skryf, ook ’n poësieklub gestig, die tydskrif ‘Awater’ begin en ’n sg. Sandwich-reeks waarvoor hy gedigte van beide vergete en nuwe jong digters geselekteer het. Daarna was Driek van Wissen (1943-2010) aan die beurt, gevolg deur Ramsey Nasr (1974). Die keer toe Nasr verkies is, het meer as 20 000 mense gestem waarvan twee-derdes selfs motiverings vir hul keuses aangedui het! Ook Nasr het sy funksie mooi ingevul deur ’n CD-reeks uit te bring waarop hy ’n seleksie uit die Nederlandstalige poësie voordra, en daarby het hy ook ’n versameling verfilmde gedigte uitgebring. Die stem van die digter mag nie eentonig of voorspelbaar word nie, elke vier jaar word ’n nuwe aangewys. Gister, Donderdag 31 Januarie, ‘Gedichtendag’, was die dag waarop die aflosstokkie weer aangegee is. Om presies 12:30 is daar aangekondig dat die Rotterdamse digter en kinderboekskrywer Anne Vegter (54) by Ramsey Nasr oorneem. Die kommissie wat haar benoem het se verslag sluit af met die woorde: “Vanwege haar open blik en indringende taal, omdat zij een brug kan slaan naar theater en beeldende kunst en omdat ze ook kinderen voor zich zal weten te winnen, is Anne Vegter de perfecte Dichter des Vaderlands” Tog is almal nie eens met die keuse nie, want Vegter se gedigte is meesal ontoeganklik en moeilik om te begryp. En moet ʼn digter wat hierdie rol vervul nie juis maklik verstaanbaar wees nie? Vegter se kommentaar hierop: “Ik wil als Dichter des Vaderlands graag direct begrepen worden. Daar moet ik me in oefenen. Het spannende is of ik de dichter kan blijven die ik ben.” Sal maar moet wag en sien. Vegter neem oor by Nasr in dieselfde week wat Koningin Beatrix aankondig dat sy binnekort die aflosstokkie gaan oordra aan haar seun, Willem Alexander. Niemand was dus verbaas dat die eerste gedig wat Vegter in haar nuwe kapasiteit geskryf het, ’n gedig was oor die aangekondigde aftrede nie:
Toe Vegter gevra is wat sy beoog met haar termyn, was haar antwoord: “Dat elke Nederlander tien gedichten uit zijn hoofd kent.” En ʼn ander idee van haar is om elke seisoen ʼn gedig te publiseer wat as spreekkoor geleer kan word. En dan met behulp van ʼn regisseur filmpies te maak met instruksies, dit op YouTube te sit en dan ʼn flashmob te organiseer waarby minimaal 500 mense bymekaar gebring word. Ook wil sy poësie die klaskamer inbring, dit deel van kinders se alledaagse bewussyn maak. Ramsey Nasr (1974) het met ʼn gedig afskeid geneem:
Alhoewel Anne Vegter se poësie soms duister kan wees, is haar idees oor die waarde van poësie helder: “In poëzie kun je het vrije denken beoefenen. In poëzie kun je radicaal en creatief zijn. Poëzie is een gereedschap om naar de werkelijkheid te kijken.” Sy’s reg, poësie is inderdaad ’n voertuig waarmee mens in ’n ander taalwerklikheid kom: “Onze cultuur wordt gedomineerd door een zakelijke vorm van taal, een politieke taal. De verbeelding, die ooit aan de macht zou komen, wil ik beschermen. Dat is althans het eerste waar ik belang aan hecht in mijn functie van ambassadeur van die poëzie. Vrijheid proclameren en verwarring zaaien!” Miskien tyd vir ’n Dichter des Vaderlands vir Suid-Afrika? Klink vir my na ’n pragtige idee, om met woord en ritme ons seer land te besing, poëties te wieg wanneer saaklike en politieke woorde te kort skiet, wakker te roep as dit tyd is om te weet en te wonder. Suid-Afrika het van die mooiste digters ter wêreld, ons het die pragtigste klinkende klankryke tale, pryssangers is hier so oud soos die berge, ʼn orale tradisie wortel ons diep en kragtig in die woordkuns, en met ritme word ons gebore. Die idee van ’n vaderlandse digter pas ons soos ’n handskoen. Of gryp ek na laaste grashalms?
Karen Kuhn. Chopin – Digter van die klavierMonday, December 10th, 2012“It was an unforgettable picture to see Chopin sitting at the piano like a clairvoyant, lost in his dreams; to see how his vision communicated itself through his playing, and how, at the end of each piece, he had the sad habit of running one finger over the length of the plaintive keyboard, as though to tear himself forcibly away from his dream.” – Robert Schumann Die digter van die klavier, so word daar na Fryderyk Franciszek Chopin verwys. Die Poolse pianis is gebore op 1 Maart 1810, maar volgens sy doopsertifikaat is die datum 22 Februarie, op die dorpie ŻelazowaWola naby Warskou. Sy pa; Mikolaj (Nicolas) Chopin is in Mairainville in Frankryk gebore en op sestienjarige ouderdom verhuis hy na Pole en verbreek alle kontak met sy familie in Frankryk. Hy trou met Tekla Justyna Krzyzanowska. Hulle het drie dogters: Ludwika, Izabela en Emilia, en ’n seun Fryderyk wat die tweede kind was. Die gesin verhuis kort na hul seun se geboorte na Warskou.
Van 1823 tot 1826 woon Fryderyk Chopin die Warskou Lyceum, waar sy pa een van die professors was by. Van ’n vroeë ouderdom is sy musiektalent duidelik en op sewe jarige ouderdom het hy al twee polonaises gekomponeer. Die jong komponis het heelwat na tradisionele Poolse volksmusiek geluister en vertroud geraak met die tradisionele musiek. Hy komponeer sy eerste mazurka (’n Poolse volksdans) in 1825 en al het hy die styl en vorm van hierdie genre vernuwe, komponeer hy tot en met sy dood mazurkas wat steeds inspirasie geput het uit die outentieke Poolse tradisie. In 1826 studeer Chopin musiek by die Warskou Skool van Musiek wat deel was van die universiteit. Józef Elsner (hoof komponis) verskoon Chopin van klavierlesse, maar het wel ’n soliede teoretiese en dissiplinêre agtergrond binne Chopin daargestel. Elsner skryf aan die einde van Chopin se derde jaar: “Chopin, Fryderyk, third year student, amazing talent, musical genius”. Na die val van die November 1830 opstand en die oorname van Warskou deur die Russe vertrek Chopin na Parys. Daar ontmoet hy heelwat landgenote onder andere die Poolse romantiese digter Adam Mickiewicz wat ook deel was van die sogenaamde ‘Groot Emigrasie’. Chopin se reputasie in Parys het vinnig gegroei en teen 1832 was sy komposisies in Frankryk, Duitsland en Engeland gepubliseer. Sy hoofbron van inkomste was om musieklesse te gee vir Poolse en Franse studente, hy het wel voor klein intieme gehore in Parys opgetree, maar was oor die algemeen skugter vir openbare vertonings. Chopin het Franse burgerskap verkry en ignoreer sy pa se versoek om die Tsaristiese regulasies te gehoorsaam deur sy paspoort by die Russiese ambassade te hernu, met die gevolg dat hy nie weer toegelaat was binne sy tuisland nie. Hy kon toe slegs sy ouers buite Pole ontmoet. Chopin het ’n reeks romantiese verhoudings gehad. Hy het verloof geraak aan Maria Wodzinski, maar haar ouers weier om hul toestemming te gee weens sy leefstyl en swak gesondheid. Hierdie verwerping was ’n groot terugslag vir Chopin en hy merk die briewe van die gesin as: ‘My leed’. In 1837 ontmoet Chopin die bekende Franse skrywer George Sand. Ses jaar ouer as hy en reeds geskei met twee kinders vind Chopin vertroosting by haar. Sy was eksentriek met ’n sterk persoonlikheid. In 1839 trek hulle na Sand se herehuis in Nohant, Frankryk. Hier het die komponis al tekens van tuberkulose begin wys, alhoewel hy bitterlik siek was, was dit die gelukkigste en mees produktiefste tydperk van sy lewe. Al het hulle nooit getrou nie, het kunstenaars in Parys hul so beskou en hul het heelwat gemeenskaplike vriende gehad soos die skilder; Eugène Delacroix en sangeres; Pauline Viardot. Vir jare het die paartjie ’n hegte vriendskap en liefde gedeel, maar Sand se kinders se negatiewe houding teenoor Chopin en hul invloed op hul ma was een van vele faktore wat lei tot hul skeiding in Julie, 1847. Dit het ’n uiters negatiewe impak op Chopin gehad, beide fisies en emosioneel. Hy het skaars enige verdere komposisies geskryf en kon ook nie meer lesse aanbied nie. Byna twee jaar na die liefdesteleurstelling met Sand in 1849 het sy oudste suster, Ludwika Jedrzejewiczowa, van Warskou af Parys toe gekom om hom te versorg. Op die 17e Oktober 1849 sterf Chopin op 39 jarige ouderdom in sy Paryse woonstel in Place Vendôme van pulmonêre tuberkulose. Byna drieduisend mense woon sy begrafnis in Parys by, maar George Sand was nie een van hulle nie. Chopin het meer as 200 werke gekomponeer. Hy is in die Père-Lachaise begraafplaas in Parys begrawe, maar soos sy testament ook bepaal het, is sy hart in ’n urn geplaas en is vandag in Warskou, in een van die pilare van die Heilige Kruis Kerk in Krakowskie Przedmiscie. Vandag hoor en sien mens Chopin orals in die hoofstad van Pole. Daar is onder andere veertien bankies in Warskou waar met die druk van ’n knoppie ’n paar note van een van sy komposisies gespeel word. Daar is ook heelwat beelde van Chopin en ’n interaktiewe museum van hom. Buiten vir die legendariese musiek wat hy agtergelaat het, is daar ’n deurlopende stramien van vervreemding, verlange en bannelingskap binne hierdie genie opgesluit wat my aangryp. Voor Chopin nog Parys toe was in 1930, spandeer hy een Kersfees in Vienna en skryf in ’n brief aan Jan Matuszyński: “Vienna. Christmas Day, Sunday morning. Last year at this hour I was with the Bernardines. Today I am sitting alone …[on Christmas Eve] I strolled along slowly alone, and at midnight went into St. Stephen’s. When I entered there was no one there. Not to hear the mass, but just to look at the huge building at that hour, I got into the darkest corner at the foot of a Gothic pillar. I can’t describe the greatness, the magnificence of those huge arches. It was quiet; now and then the footsteps of a sacristan lighting candles at the back of the sanctuary, would break in on my lethargy. A coffin behind me, a coffin under me;—only the coffin above me was lacking. A mournful harmony all around—I never felt my loneliness so clearly …” Na ongeveer vyftien jaar in Parys skryf Chopin in 1845, gedurende Kersfees, ’n brief aan sy familie: “Today is Christmas Eve (Our Lady of the Star). They don’t know that here. They eat dinner at the usual hour: 6, 7, or 8, and only a few foreign families keep up those customs … All the protestant [sic] families keep Christmas Eve, but most Parisians make no difference between today and yesterday.” In November 1848 skryf hy in ’n brief: “… I don’t think at all of a wife, but of home, of my Mother, my Sisters. May God keep them in his good thoughts. Meanwhile, what has become of my art? And my heart, where have I wasted it? [crossed out] I scarcely remember any more, how they sing at home. That world slips away from me somehow; I forget, I have no more strength [crossed out]; if I rise a little, I fall again, lower than ever.”
Chopin – digter van die klavier
Dalk was elke komposisie weer ’n reis huis toe na jou vaderland as vreemdeling jouself oor te gee om bekendheid binne note te lees?
Dalk het elke eensame Kersfees note van hoop en wanhoop versmelt as die perfekte kombinasie om welkom en verban te hoor voel?
Dalk dan die laaste ongehoorde ongespeelde onaangeraakte mazurka opgesluit oneindig tussen hartklawers van jou Pole?
Bibliografie http://en.wikipedia.org/wiki/Frédéric_Chopin [Nageslaan Desember 2012] http://www.ourchopin.com/ [Nageslaan Desember 2012] http://www.usc.edu/dept/polish_music/PMJ/issue/2.1.99/zakrzewska.html#back73 [Nageslaan Desember 2012] Louis Jansen van Vuuren. Uit die bloutesTuesday, October 9th, 2012Dis herfs hier aan die Franse kant. Grys kraanvoëls het reeds ‘n ruk gelede skadu’s oor die plataanboom toppe getrek. Amber strepe wat suidwaarts mik. Ek kyk op na die voëls se raserige skemer vlug en iets draai in my binneste. ‘n Draaiorrel -emosie. Blouerigheid wat oor my poeier – ‘n soort herfs-melankolie. Joan Didion vertel van ‘n soortgelyke emosie in haar nuutste publikasie – Blue Nights. (Harper Collins-Fourth Estate.2011) ”In certain latitudes there comes a span of time approaching and following the summer solstice, some weeks in all, when the twilights turn long and blue……you find yourself swimming in the colour blue, and over the course of an hour or so this blue deepens, becomes more intense even as it darkens and fades, approximates finally the blue of the glass on a clear day at Chartres…” Hier noem die mense dit l’heure bleue. Die Engelse noem dit ” the gloaming. “ Didion skryf verder… “The very word ‘gloaming’ reverberates, echoes- the gloaming, the glimmer, the glitter, the glisten, the glamour- carrying in its consonants, the images of houses shuttering, garden darkening, grass-lined rivers slipping through the shadows. During the blue nights you think the end of day will never come. As the blue nights draw to a close (and they will, and they do) you experience an actual chill, an apprehension of illness, at the moment you first notice: the blue light is going, the days are already shortening, the summer is gone.”
Carolyn Forché het haar vinger op ‘n blou pols. Uit haar bundel Blue Hour ‘n vers: Blue Hour for Sean Christophe
The moon slips from its cerement, and my son already disappearing into a man, moves towards his bed for the night, wrapped in a towel of lake scent.
A viola, night voiced, calls into its past but nothing comes.
A woman alone rows across the lake. Her life is intact, but what she thought could never be taken has been taken. An iron bridge railing one moment its shadow the next.
It is n’y voir que du bleu it is blind to something. Nevertheless.
Even the most broken life can be restored to its moments…
****
Viooltjies in die voorhuis, Saam met die eerste wilde sampioene en die swawels se daaglikse telefoondraad vergaderings open die jagseisoen in Frankryk. Oorgewig omies met koddige hoedjies stap in gelid, elkeen met ‘n geknakte dubbelloop oor die arm. Daar’s dikwels ‘n jong Rambo ook in die groep. Sy wilde oë skeur deur struik en bos – soek na die glim van die fisant se skitterende nekvere. Jy is of ‘n jagter of nie. Hulle sê hier in die Creuse dat jy met moord kan wegkom. Letterlik. Met ‘n goed beplande jagongeluk en sampioen vergiftiging gaan jy beslis ‘n goedgesinde regter raakloop – miskien jag jy al jare met hom saam…
Crow Goes Hunting Ted Hughes. Crow. Faber Paperbacks. 1974 Crow He imagined some words for the job, a lovely pack- He pointed out the hare and away went the words It converted itself to a concrete bunker. Crow turned the words into bombs-they blasted the bunker. Crow turned the words into shotguns, they shot down the starlings. Crow turned the words into a reservoir, collecting the water. The earthquake turned into a hare and leaped for the hill Crow gazed after the bounding hare
***
In my ateljee sien ek deur die dakvensters hoe die wilde kastaiingbome bleek word om die kiewe, die blare vol geelsug afgooi – hoe gepoetste donkerbruin sade onverwags uit die bloute na benede stort. Teen die glas van die venster maak dit ‘n geweldige knal. ‘n Koeëlklap uit die boomtoppe. Mauser, Martini-Henry en Drie-nul-drie. Ek staan en skilder in die spervuur. Die Jagter se Dogter is ‘n tema wat elke nou en dan deur my werk loop. Soos ‘n stillewe of portret word dit iets wat ek met oorgawe aanpak-gegewe die tyd wat reg en ryp is. Dus nou weer sulke tyd. Gepas ook dat dit juis jagseisoen is. Die voorsketse begin lyf kry en die groter werke se komposisies word beplan in dowwe krytlyne. Dit is die maand Oktober,
Vir die anderhalfjaar het ek twee modules by Oxford University se Continuing Education Department gedoen. Dis deel van die Creative Writing Course. Elkeen van die modules duur tien weke en krediete word toegeken nadat jy jou finale werkstuk ingehandig het. Ek het én moes my alie afwerk. Ek is trots om te pronk dat ek vir beide modules die volle tien krediete toegeken is. Vir die poësie-module was ons tutor Kathryn Simmonds, ‘n jong digter wat met haar debuut-bundel ‘n paar gawe Internasionale pryse losgeslaan het. ( Sunday at the Skin Launderette. Seren. Poetry Wales Press Ltd. 2008)
On the Day that You were Born
The angels got together and decided to create a dream come true. Sorry, no, that wasn’t you. On the day that you were born it rained incessantly. Three potholers were carried to their deaths by flashflood in North wales. In Manchester a man came home and set about his wife with woodwork tools. Everywhere the sky was dark by four o’clock. There might have been an air disaster too - in fact there was, two hundred people dropped into a field. No one survived
*** Wat gee ek om die winter?
Tydens die kursus het ek met die werk van talle digters kennis gemaak.Veral met van die jonger geslag woordwoekers. Ek plaas ‘n paar verse van digters en gedigte wat my aandag getrek het :
The Wind after Antonio Machado
The wind pulled up and spoke to me one day. The jasmine on his breath took mine away.
‘ This perfume can be yours too, if you want: just let me carry off your roses’ scent.’
‘My roses? But I have none left,’ I said. ‘The flowers in my garden are all dead.’
He sighed. ‘ Give me the fallen petals then. The leaves that rattle in the empty fountain.’
With that he left me. And I fell to weeping for the garden that they gave into my keeping.
Don Patterson. Rain.Faber&Faber.2009
Big Fish
It’s like returning to a natal pool after years of doing business in great waters, and only a few will make it whole, the dreams of youth unsullied and intact after all they’ve seen in the world’s working mirrors, its splendid distractions, the weight of its cold hard facts,
and the driver lets you off at the foot of the hill and you pass. the substation humming its old song about power being stepped down, the climbing frame in the swing-park posing its puzzle, and before long your birth street greets you with aan ambush of smells: teatimes in doorways where no-one remembers your name.
Paul Farley. The Dark Film. Picador Poetry. 2012 In the Evening
The heads of roses begin to droop. The bee who has been hauling his gold all day finds a hexagon in which to rest.
In the sky, traces of clouds, the last few darting birds, watercolors on the horizon.
The white cat sits facing a wall. The horse in the field is asleep on its feet.
I light a candle on the wooden table. I take another sip of wine. I pick up an onion and a knife.
And the past and the future? Nothing but an only child with two different masks.
Billy Collins. The Trouble With Poetry. Random House. 2005
Galway Moons for michael lally
Where there are fields by the lake crazy men own them and won’t let anyone buy in. If you want to partake of Loughrea’s old stone upon a stone, get rich quick. There are no more deals.
If you can recall the street where you were born pack the memory carefully in the fat suitcase and take it home. Leave all scorn right here or it will show up on your face in Kinsella’s tonight amid jigs and reels.
There is a hole in the ground with a poet in it everytime you turn around. The dance crowd is waiting for you downstairs. Just a minute, you tell them. The dearly dearly departed are a cloud over me, and I am lost in the house the cloud conceals.
Terence Winch. Falling out of bed in a room with no floor. Hanging Loose Press.2011
That Sweet Before Emotion
This is yesterday’s tomorrow when middle-aged men slide into hot tubs to ease the slump of their feckless muscles.Happy again to real in an old warmth, and relive short forays of adventure. Once more they have fathers to tell their days to: the Navaho raid, the Viking sea-battle, Batman plunged into the deep night to pluck jailbirds back to jail. Or mothers: the scent of rosewater that lingers in pools above a crisply made-up bed and settles on a forehead before she pulls the veil across the night. They remember it all, sorry for everything.
John Stammers. Interior Night. Picador Poetry.2010
‘What utters winters’ What utters winter, brings spring, lays the summer’s days and shortens resolutely autumn’s afternoons;
what places in this air these birds, or in these birds the will to wander in this air; what gives light light,
makes wind come, causes leaves to fall, or trees to rise or lakes to swell or to the sun affords this sense
of issuing these fields and ponds and sands and woods makes, where it makes a thing, the thing part-incomplete,
allowing for how anything must on its own include some need, the way the thing which shapes the heart
figures it less than whole, or figures it so made that constantly it wants this hard, redemptive hurt
which only some glimpsed, ingredient heart can provide and which, perhaps, birds find issuing from the sun.
Matthew Welton. The Book of Matthew.Carcanet Press. 2003
in her kitchen
delphinium the heart, fleet, in its large domain a grand meaulnes summer, recalled, a light blue lent sea of dust and shadow, now, the house of doubtfulness who, in the hospital, implored them- deep in daylight, implicate, a crowd hours pass, unrecalled the heart, a stripped tent in a field.
Gillian Allnutt. Poetry Review.Fall-2007
Ek plak een van my eie verse aan wat ek as deel van my finale portefeulje vir die module by Oxford ingehandig het.
Iridaceae
Six times inflorescent fans summon up the inky sap naughty nectar dribbles from a mossy perianth The scurrilous secretion makes you come from Arcadia to my bartered barren bed Three falls. Three petals tent the hidden treasure: sweet candy white amber From the Styx she draws a beaker river water with this she puts to sleep those who forswore a daughter
© Louis Jansen van Vuuren Vroeër praat ek van herfsblare en die naderende winter. Ek noem dat emosies blouerig kan draai – gevoelens uitspin soos wat ‘n draai-orreltjie met musieknote maak. Verlede week is die bome in Parys reeds in demi-deuil. Dis heerlik hoe die herfsson mense buite toe lok in die laaste warmte voordat die winter weer kom. Dis ‘n dag van klanke, herfsblare en ‘n blou onthou: Pikante harpklankies trek my aandag so in die soek na ‘n skadukol in die Jardin du Palais-Royal. Onder die lindelaan by die fontein, kry ek gewoonlik rusplek in een van Parys se mooiste verskuilde tuine. Maar vandag steek ek vas in die koel arkade op soek na die oorsprong van die verleidelike musiek. Daar kry ek dit ook. Die onmiskenbare melodie van La Vie en Rose kom uit ‘n winkeltjie so groot soos ‘n ouderwetse musiekdosie. Hier word slegs opwen-melodieë in kissies verkoop. Kleintjies en grotes. Piepklein kartondosies met ‘n draad slingertjie wat al die bekende liedjies uit blaker, soos Frère Jacques en Claire de Lune. Selfs Amerikaanse ditties soos Love Story is te vinde. Daar’s ook kosbare antieke kissies met bleek perlemoer rose en ‘n draai-drommetjie wat arias uit La Traviata vrylaat. Anna Joliet is die eienares wat al vir ‘n leeftyd haar winkeltjie hier bedryf. Sy vertel dat die skrywer Colette, in haar later jare, dikwels na volksdeuntjies wou luister. Dit voer haar terug na sorglose kinderdae waar sy vir ure Schubert-deuntjies op die klavier kon speel. Later het sy met Jean Cocteau verbygekom. Hy wou graag Gigi se temaliedjie hoor. La Callas wat dikwels middagetes by die Grand Vefour langsaan geniet het, het glo eendag met ‘n triste gesig kom vra vir ‘n kissie wat ietsie uit Zorba the Greek kon speel. Gister doen Madame Joliet iets onverhoeds . Sy gee vir my ‘n klein musiek-masjientjie as kadotjie saam. By die fontein haal ek my geskenkie uit die papiersakkie waarop daar in sierskrif geskryf staan: Le Chêne -Franz Schubert. Ek begin draai. Die jare val soos trane weg. Onder ‘n dak van blare in ‘n vêr land sing die kartonboksie vir my ‘n deuntjie uit my kinderjare- daar buite langs die woonhuis, daar staan ‘n eikeboom…
(Geskryf vir My Tyd Bylaag. Rapport) Van die maestro se hand ‘n toemaakvers.
oopskryf
hoe om jouself toe te maak met woorde as beskerming teen die woordlose koue gekerm van die ewigheid
Clifton: Februarie-Mei 2010 (Breyten Breytenbach. die beginsel van stof. Human & Rousseau. 2011)
Viooltjies in die voorhuis,
(C. Louis Leipoldt. Oktobermaand. Groot Verseboek. Tafelberg 2008) |






































































