Buiteblik

Carina van der Walt. Aardse paradys of poel van verderf in “De tuin der lusten”?

Monday, April 17th, 2017

 

Die titel van hierdie blog betrek die middelste paneel van Jeroen Bosch se skildery De tuin der lusten. Dit is ’n vraag wat die Nederlandse bioloog dr. Thys Caspers stel en ’n onderskrif in sy essay Gesnawelde viezeriken in plaas van gevleugelde vrienden. Caspers konsentreer op die simboliek van herkenbare voëlsoorte in hierdie skildery. Die voëlsimbole, spreekwoorde en vooroordele oor voël het onder die mense van die middeleeue geheers. Bosch het hom onder andere deur taal laat verlei om die sonde van sy tyd al skilderend te hekel. Hy het ’n baie fyn aanvoelig vir duiwelse verleiding gehad en het voëls oorvloedig ingesluit in sy beeldtaal. Wie na De tuin der lusten kyk, moet onthou dat dit hier gaan oor die lees van afbeeldings binne die konteks van destyds. Voëls het vyfhonderd jaar terug beslis nie die onskuldige betekenis gehad wat hulle vandag het nie. Die soorte sondes wat voëls destyds verteenwoordig het, is onkuisheid, owerspel, ontug, losbandigheid, dranksug, vraagsug, brassery, kwelsug, opvlieëndheid, verdrukking, veglus en bloeddorstigheid. Al hierdie sondes kan saamgevat word tot impulsiewe eet, drink, vry en veg. Hoewel die vierings van die Jheronimus Bosch 500 jaar verby is, ontstaan daar nog steeds interessante dinge om sy werk mee te bewonder of te verwerp. Die jongste daarvan is ’n vituele toer deur De tuin der Lusten in die huis waar Bosch sy lewe lank gewoon het. Dis ’n lekker speletjie vir oud en jonk en kan as ’n app op jou selfoon gelaai word. In die huis op die mark van ’s Hertogenbosch kry jy ’n driedimensionele bril en oorfone in die hand gestop om op ’n vis se rug die drieluik in te swem.

 

 

Die aankondigingsfoto van hierdie blog is ’n uitsnede halfpad tussen onder en bo aan die linkerkant van die middelste paneel. Daarin kom die volgende voëlsoorte voor: ’n eend, hoep-hoep, visvanger, (groen Europese) houtkapper, Europese rooiborsie en Europese goudvink. Oor die algemeen het die volgende beskouing in die middeleeue gegeld: hoe langer ’n voël se snawel, kuif en stert, hoe groter die erotiese toespelings. In hierdie afbeelding kompeteer die hoep-hoep, visvanger en die netjiese geelgroen houtkapper met mekaar betreffende die lengte van hulle snawels. (Tussen hakies: die Suid-Afrikaanse houtkapper lyk in vergelyking met sy Europese neef asof hy deur ’n vliegtuig se enjin deurmekaargeskud, verfomfaai en toe uitgespin is.) Natuurlik is die hoep-hoep met sy ekstra kuif, ongeag wáár in die wêreld, die verleidelikste van almal! Daar het egter ook negatiewe betekenisse van die hoep-hoep bestaan en dit is ingesluit in De tuin der lusten. ’n Venusgek, aldus ’n man wat hoere opsoek, is in die middeleeue ’n kuifvoël genoem. Rondom die jaar vyftienhonderd was die verkleinwoord van “hop” (Nederlands vir hoep-hoep) “hopken” of prostituut. Die hoep-hoep was dus die sinnebeeld van vleeslike liefde, maar dit stop nie daarby nie. In die sewentiende eeu is die hoep-hoep beskryf as “een quaet vogel die selffs sijns nest untreynt”. Vuil en ongebreidelde lyflike wellus – dis die hoep-hoep se negatiewe betekenisse in hiérdie beroemde skildery. As jy mooi kyk, sien jy mense agter hom wegkruip.Die visvanger is weer gesien as onversadigbaar en vraatsugtig, want hy vang en vreet voortdurend klein, onskuldige vissies. Ook die nes van die visvanger kan jy op ’n afstand ruik. Op die vis se rug deur die Paradys begelei klein, swart voëltjies my. Hulle word later kraaie in die middelste paneel en dan moet ek klou, want my vis vlieg!

Al skrywende oor hierdie drieluik die afgelope jaar, ontdek ek dat die benoeming van die middelste paneel problematies is. Hoe meer kennis, hoe groter die verwarring! Die Paradys aan die linkerkant is maklik – alles is relatief onskuldig in hierdie kraakvars tuin van Eden. Dit geld ook vir die Hel aan die regterkant, want daar is alles relatief skuldig in die duistere en immer brandende verdoemenis. Maar die mengsel van goed en kwaad in die middelste paneel ontwyk die krag van benoeming, want wat hét ons hier?

 

 

Dit is propvol geskilder met naakte jongmense in die fleur van hulle lewe – geen bejaardes of kinders is te sien nie. Hulle is almal familie, want die vrouens lyk soos Eva en die mans soos Adam in die Paradys. Bosch was nou nie juis ’n begenadigde skilder van menslike trekke nie! Hulle eet vrugte soos rooibessies, swartbessies, kersies, aarbeie, frambose, moerbeie en brame en word soms gevoer deur ’n eend, ’n goudvink of ’n kraai. Hulle drink met oorgawe, soen mekaar, streel mekaar, vroetel aan mekaar en kruip twee-twee weg in ’n mossel of sit saam in ’n reuse bel van ’n distel (hoe lieflik kan onkruid nie wees nie!) of binne-in die vrugvlees van ’n perske.  In die foto hierbo steek daar ’n bos blomme uit die anus van ’n hurkende man. Dit is duidelik ’n verwysing na anale seks. Regs bo in dieselfde afbeelding dryf weer ’n toe mossel. Miskien is dit ’n belofte van afgeskermde seks na aanleiding van ‘n ánder afbeelding waaruit pêrelsballetjies tussen die vryers ontsnap? Bokant die koppe van die twee in die foto hieronder steek ’n reier kopuit. Sy lang snawel vertel alles wat vir die oog onsigbaar is. Die man gryp gulsig na ’n reuse braam waaraan ’n groep mense in die water staan en hap. Agter dié groep verdrink ’n man in sy eie kalbas en dans ’n paartjie vas.

 

 

Afrikaanse digters bly gefassineerd deur Bosch se De tuin der luste, ondanks die feit dat die voël- en vrugtesoorte, die blom-, plant- en vissoorte daarin nogal on-Suid-Afrikaans is. Marlene van Niekerk se gedig TUIN VAN AARDSE VREUGDES uit die bundel Sprokkelster doen iets heetemal anders as DJ Opperman se JEROEN BOSCH. Dit is moontlik om Opperman se gedig as ’n sedeles te lees en dit pas ook in die tyd van die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans en die Afrikaner. Hy het Bosch se funksie oorgeneem as waarskuwer teen morele verval en sedeprediker in die laat middeleeue. ’s Hertogenbosch was toe saam met Antwerpen, Brussel en Gent die middelpunt van welvaart. Dit het duisende mense na hierdie stede toe gelok met die gepaardaande morele verval van verstedeliking. Daarenteen preek W.E.G. Louw nié in sy gedig Drieluik: die tuin van aardse luste oor De tuin der lusten nie. Dit is die slotgedig in sy bundel uit 1976 – Vensters op die vrees. Hy benoem en beskryf eerder die vreemd-eksotiese in Bosch se skildery.

Van Niekerk trek al die heerlike vergrype in die middelste paneel as ’n aardse paradys na die Suid-Afrikaanse landskap toe. De tuin der lusten word aanvoelbaar Afrikaans met woorde soos “kapokbos, wag-’n-bietjie, jantjieberend, bokgousblom, bokbaaivuur en tjienkerientjee”. Bosch se eend met al sy simboliek van die ‘einde’, soos wanneer iemand aan die einde van sy verstand gekom het van teveel drank of te dronk van die liefde is en daardeur ook nog dom en onnosel optree, kry ’n nuwe baadjie in ’n relatief onskuldige “wildegans” wat “roep” en “hoog trap / met rooi bene / in die riete!”  Van Niekerk se Wes-Kaapse “klokkiesheide” van die Ericafamilie is styf en stokkerige kranse om die vryers se koppe. Dit is iets heeltemal anders as die klokwinde wat Bosch met hulle slap takke skilder. Dieselfde geld waarskynlik ook vir die eenvoudige “bokbaai”-vygie wat omgedig is tot “bokbaaivuur” as simbool van brandende hartstog. Die welluidende Afrikaanse “tjienkeringtjee” is eintlik giftig en veroorsaak maagwerkings en selfs blindheid onder skape volgens prof. Neil Fourie op die webwerf Landbou.com van Media 24. Daarom is dit ’n pragtige Bosch-agtige plant met ’n dubbelle gelaagdheid van bekoring en gevaar.

 

TUIN VAN AARDSE VREUGDES

 

in hierdie tuin van aardse vreugdes

lê ek en jy soos soet kapokbos

in mekaar se hande wag-‘n-bietjie

jantjieberend luister hoe roep

die wildegans saggies

iewers

ek en jy met klokkiesheide

om ons koppe

sy skud sowaar blink vissies

uit die water daar

ek en jy my bokgousblom om-adams-wil

laat die bokbaaivuur tog wind af hou

die wildegans se oog raak stil

ag beesbulletjie stadig-nou ek hoor

viole in my ore tjienkerientjee

wat maak die wildegans

in hierdie tuin van aardse vreugdes o-

genade-kyk sy trap hoog

met rooi bene

deur die riete!

 

Afrikaans is anders as Nederlands deurdrenk van liefdesnaampies. Dit is duidelik in Van Niekerk se “bokgousblom”en “beesbulletjie”. Met hierdie troetelname suggereer Van Niekerk viriele manlikheid. Die “ek” se aandag in die liefdesspel word heeltyd afgetrek deur die wildegans.  Die geliefde en die natuur kompeteer as’t ware met mekaar vir aandag en die geliefde kom tweede.

 

 

Ook Antjie Krog se gedig BOKKIE uit een van haar eerste bundels, Dogter van Jefta, het ’n troetelnaam as titel. “Bokkie” word dikwels in liefdevolle verbintenisse gebruik teenoor beide mans én vrouens. Daar bestaan egter ook die naam “Bokka” uitsluitlik vir mans. In die middelpaneel se uitsnede hierbo snuffel ’n bokkie aan ’n man. Nuuskierig? Besorg?

BOKKIE is waarskynlik nie geskryf na aanleiding van Bosch se middelste paneel in die De tuin der lusten nie. Alhoewel!

 

BOKKIE

 

My bokkie ek en jy

lê onder in die vlei

tussen die wilderiet en vry.

Jou lyfie nes ’n bruin viool

gestrek om eers harpius te kry.

Daar’s bloureën in jou oë

aandblom in jou hare

en uit jou naeltjie peul ware

wit jasmyn.

Ek sny jou mond en drink jou sap

en huil as die bloureën uit jou oë tap.

Ek kneus die blomme in jou hare

breek jou fyngestemde snare

en skreeu hardop as ek jou stukkend kap.

 

’n Opvallende ooreenkoms  tussen bogenoemde twee gedigte is “lê ek en jy” (reël 2, Van Niekerk) en “ek en jy / lê” (reëls 1 -2, Krog), maar die meeste mense staan en dans maar ’n bietjie rond in Bosch se “Onkuisheidsdrieluik” – so genoem deur die Nederlander D. Bax in sy ontleding uit 1956.

Beide die gedigte TUIN VAN AARDSE VREUGDES en BOKKIE bevat tipiese Suid-Afrikaanse landskappe, maar tog verskil hulle hemelsbreed. By Van Niekerk word die leser met geharde plantsoorte van die Karoo en die Weskus in die gedig gekonfronteer. By Krog vertel die “wilderiet, bloureën, aandblom en jasmyn” tog ’n ander storie. Bosch kon netsowel die sagte “wilderiet” en die slap takke van die “bloureën” in sy middelste paneel gebruik het as hy hierdie plantsoorte geken het. Die skaam “aandblom” is net so welriekend soos Van Niekerk se “tienkeringtjee”, maar vriendeliker – nie so gevaarlik nie. Die wit van Krog se “aandblom” en “jasmyn” is amper sereen saam met die “bloureën” en beslis minder speels as in Van Niekerk se gedig. Die liefdespel in BOKKIE is gevaarlik!

Anders as by Van Niekerk betrek Krog ’n kultuurelement in haar gedig – die viool. Sy gebruik veral die hoë, fyn klanke vir ’n verwoestende klimaks, waarin die geliefde “stukkend (ge-)kap” word nadat die “ek” gesny, gedrink, gehuil, gekneus, gebreek en geskreeu het. Alle aandag word opgeslurp in hierdie petite mort. Snaarinstrumente kom ook voor in Bosch se skildery, naamlik in die derde of die Hel-paneel.

Ek sit nog steeds op my vlieënde vis soos die ridder met sy swaard waaraan ’n bloedrooi kersie vir verleiding hang. Bosch se ridder vlieg bo-aan die linkerkant van die middelste paneel sy rivaal op ’n griffioen tegemoet.

 

 

Ek sit nog steeds op my vis as die Hel se luike vir my oopgaan. Ek het in hierdie visuele toer onderdeur die water van die hemelse Paradys geswem na die lug toe in die aardse paradys. Daar het ek rustig gevlieg om alles mooi van bo af te bekyk. Gaan ek nou hartkloppings van benoudheid in die Hel kry? Gaan my keel van angs toetrek? NEE. Dit gebeur nie. Alhoewel ek rakelings onder daardie mes deur is en moes koes dat ek nie ’n bossie hare verloor nie!

Leon Retief. Gedigte en gedagtes by Kanadese skilderye

Monday, February 20th, 2017

 

Gedigte en gedagtes by Kanadese skilderye

 

“I know it when I see it” het regter Potter Stewart van Ohio glo gesê tydens ʼn hofsaak waar pornografie ter sprake was. Dis so min of meer dieselfde met my en kuns: ek ken iets waarvan ek hou wanneer ek dit sien al is ek geen kunskenner nie. En dalk is dit ook nie eers altyd kuns nie.

Ten spyte van my onkunde kon ek sedert ons aankoms nege jaar gelede hier in Canuckistan nie anders nie as om op te merk dat die kunstetoneel in die Suid-Afrika van destyds veel meer vitaliteit en verskeidenheid gehad het, dat dit dieper sny, as wat ek al hier gesien het en ek kry die indruk dat dit steeds die geval is. Mens sal nie maklik iets ekwivalent aan Jane Alexander se Butcher Boys hier aantref nie. As daardie werk ooit hier uitgestal sou word dan, met die tere psiges van baie Kanadese in ag genome, sal die betrokke museum of galery ʼn “trigger warning” by die voordeur moet aanbring want sommige kykers sal berading benodig as hulle onverwags op hierdie werk afkom. (Grappie. Maar ook nie heeltemal nie.)

As ek moet spekuleer sou ek reken dat Suid-Afrika se turbulente geskiedenis en hede ʼn impak gehad het en steeds het op kunstenaars se kreatiwiteit en dat hierdie impak ʼn positiewe invloed aan kuns gegee wat ek meestal nie hier vind nie. Kanada het natuurlik ook maar ʼn minder as bewonderenswaardige verlede en hede ten opsigte van die behandeling van eerste nasies, maar dit wil my voorkom asof Kanadese kuns in hierdie opsig byna as beleefd bestempel kan word in vergelyking met wat ek in Suid-Afrika gevind het.

Die ander ding met Kanada is dat die klimaat plein donners wreed is en mens moet hier leef om dit te besef. Wanneer ek my vriende in Suid-Afrika daarvan vertel dan kyk hulle my skeef aan en ek vermoed hulle dink ek lieg.

Brits-Columbië het ʼn redelik gematigde klimaat (in Kanadese terme) maar die drie Noordelike Gebiede (nie provinsies nie, Territories in Engels, dit wil sê Yukon, die Noordwestelike Gebied en Nunavut) het afgryslike winters, die Atlantiese provinsies het geweldige storms en wavragte sneeu in die winter (en storms in die somer ook) en die prêries, waar ons woon, het sneeu op die grond vir vyf maande van die jaar.

Naas die Noordelike Gebiede is die prêries die koudste streke in hierdie land. Laat Desember verlede jaar was die temperatuur hier in Takbokkakebeen om 10h30 in die oggend -30°C, die aanvoelingstemperatuur (wind chill) was -40°C en dis wat mens ondervind wanneer jy buite jou lekker warm, snoesige woonstel of huis is.

MUNCHAUSEN IN ALBERTA

Our first winter in the settlement,

the old man said,

January was so cold

the flames in the lamp froze.

The women picked them like strawberries

and gave them to the children to eat.

That’s the only time

I was ever a fire-eater.

© Elizabeth Brewster

Wat het hierdie jeremiade nou eintlik met die beeldende kunste te doen? Goeie vraag. Tot sowat ʼn eeu gelede het Kanadese nie juis van hul landskap gehou nie en die klimaat is tot ʼn groot mate daarvoor verantwoordelik – vir wat my opinie nou werd is. ʼn Ou tannie het eenkeer aan die skilder A. Y. Jackson gesê: “It’s bad enough to have to live in this country without having pictures of it in your home.”

Dit het Kanadese ʼn lang tyd geneem om van hul land te begin hou, of so wil dit vir my voorkom en ek vermoed dat die wydverspreide beskikbaarheid van elektrisiteit daarmee te doen het. Sekerlik ʼn banale observasie maar darem: huise en ander geboue het nou sentrale verhitting, motorkarre het oop waens en perdekarre onnodig gemaak, niemand het meer nodig om in die winter lang afstande te stap nie, vars groente en vrugte in verbasende verskeidenheid word van oorsee ingevoer en is dwarsdeur die jaar beskikbaar, afgetrede Kanadese spandeer winters in Arizona, Florida of Meksiko en so voorts. Die ervaring van winter het verander. Storms is nie meer so gevaarlik soos ʼn eeu gelede nie. Bosbrande wel.

Ek vermoed dat die ekstreme klimaat, die storms, ongerief en gevaar die skoonheid van al vier seisoene in hierdie land tot so ʼn mate vir die inwoners oorskadu het dat meeste mense, of dan ten minste baie, dit nie in die verlede opgelet het nie. Selfs die wreedheid van die winter het sy eie skoonheid.

FEAR OF THE LANDSCAPE

 

On a hot morning

walking through the thicket,

bushes and rocks

close to the bluffs

I was uneasy and clung to things.

The sound of a cricket

or the calls of birds were shrill

lesions in the quiet air

around me, sweltering and still.

The leaves hung from the trees

dangling on thin stems.

I am walking quickly and the land

stops. The ground

drops to a beach of stones

where a silent boat leans at the shore

into a sandy mound,

its stiff poled oars

outstretched.

The lake gulls circling it

cry out in the heat.

The sound of dry breath clings to me.

I hear the sun’s core burn.

Have I been too long in cities

that I have such fear

of the landscape?

© Ian Young

Tot so in die eerste ongeveer twee dekades van die vorige eeu was Kanadese skilderkuns, of dan skilderkuns deur wit Kanadese, maar blekerige nabootsings van wat in Europa gevind kon word. Koekblikkuns tot ‘n groot mate na my mening. En rye en rye portrette van politici, magnate en inheemse Indiane wat in allerhande geboue hang en waarna min mense kyk.

Teen ongeveer 1920 het die situasie begin verander. Die Groep van Sewe (Group of Seven) het op die toneel verskyn. Hulle was van mening dat Kanadese landskappe ʼn eie, kenmerkende styl benodig het en het dit in hul skilderye tot uiting gebring. Streng gesproke kan mens sê dat hierdie groep elf lede gehad: Tom Thomson, Lawren Harris, JEH MacDonald, Arthur Lismer, Frederick Varley, Frank Johnston, Franklin Carmichael, AY Jackson, Edwin Holgateen en LL Fitzgerald.

https://en.wikipedia.org/wiki/Group_of_Seven_(artists)

Tom Thomson (1877-1917), van wie se werk ek baie hou, kan beskou word as ʼn voorganger van die groep en as hy lank genoeg geleef het sou hy beslis deur die ander skilders as lid aanvaar gewees het. ʼn Honderd jaar gelede het hy verdrink, volgens sommige skrywers onder geheimsinnige omstandighede.

Foto: Bateaux, Tom Thomson

 

 

NOTES ON A NORTHERN LAKE

 

1.

We freeze in our beds

The wind sends shivers down the lake

 

2.

We swelter in the open air

The sun sends lava across the lake

 

3.

We move among the trees

And through the wood the lake moves too

 

© John Robert Colombo

 

Foto: SNOW II, LAWREN S HARRIS

 

WINTER WALK IN FOREST

 

All else

is so

perfectly still

my breathing sounds

like gusts of wind

my joints

like frozen branches

cracking

 

All around me

invisible animals

must also be listening

 

But only

to how close

my boots

snap the snowcrust

 

© George Swede

 

Foto: SUMMER DAY, TOM THOMSON

 

THE EARTH AND THE PEOPLE

 

The earth was here before the people.

The very first people

came out of the ground.

Everything came from the ground,

even caribou.

Children once grew

out of the ground

just as flowers do.

Women out wandering

found them sprawling on the grass

and took them home and nursed them.

That way people multiplied.

 

This land of ours

has become habitable

because we came here

and learned how to hunt.

 

© Tradisonele Inuit Lied

 

Foto: MIRROR LAKE, FRANKLIN CARMICHAEL

 

EIGHT MILES FROM ESTEN LAKE

 

5.45 a.m.

eight miles down the trail

lakes stand still

silence and mist

unbearably close to breathing

 

two loons

methodically at work

the south shore of the pond,

dive and break surface

forty feet away and appear nervous,

but continue feeding

 

6.45 a.m.

return to town

soaking in the sound of birds,

the dank smell of morning,

trying to bring it all back

to where it just doesn’t belong

 

© Wayne Nixon

 

Vandag se interessante maar nuttelose stukkie informasie: ‘n “loon” is ‘n kleinerige watervoëltjie (Gavia spp) wat wyd in Noord-Amerika en ook Eurasië voorkom. Die Kanadese dollarmunt het ʼn afbeelding van hierdie voëltjie op een kant en dit staan dus in die volksmond bekend as ʼn “loonie.” Die voëltjies het die mooiste roep, byna spookagtig, ek gee ʼn skakel heel aan die einde indien enigeen belangstel om te luister.

 

SUMMER HAIKU

For Frank and Marian Scott

 

Silence

and a deeper silence

when the crickets

hesitate

 

© Leonard Cohen

 

Foto: RED TREES REFLECTED IN LAKE, AY JACKSON

 

FALL

 

Winter broke over the hill with ice on its breath

Gripped and choked the corn stubble in October.

(“Early,” she said.)

A beaver’s shadow stealthily shrank into the rushes

Shivering and lost.

(“Where is the warm rain

For soaking and filling the lake?”)

 

Snow! Snow high in the dead fir’s fork.

Flies wild, swirls on the wind’s bite

Grating the teeth and the chilled nerve’s end.

(“Will there be time

For a walk before dark?”)

 

A last grey goose fluttered its white wings spliced

with frost

To fall back squawking in a flurry of sleet.

(“It’s late!”)

 

It’s late on the bitter wind

in the fall of this year.

 

© Richard Courtney

 

Die roep van die “loon:”

https://www.youtube.com/watch?v=Hnlze_cIYZs

 

 

*

 

 

Carina van der Walt. Twee refleksies op Stellenbosch

Sunday, February 19th, 2017

 

Stellenbosch

 

word wakker Stellenbosch

gooi jou kussings in die asdrom

hang jou matras uit die venster

verbrand jou lakens

gaap nooit weer nie

slaap nooit meer nie

loop kaalvoet sonder onderklere

in vrugbare watervore

speel tussen die akkerblare

koppie krap koppie krap

geel & blougroen papegaai

aai aai daai witborskraai

wat toe tóg om moes draai

hoender hoephoep & koekoek

ha-ha hadida ha-ha hadida

tiptol rooioog tiptol swartoog

piet-my-vrou o piet-my-vrou

suiker jou bekkie my suikerbekkie

bokmakierie diederikkie

sing rroe koerre rroe koerre

my ou sagtebors tortelduifie

kom wees wakker by my & speel

tussen al my lieflik baldadigste blare

 

gepubliseer in HOLLANDS MAANDBLAD, no.1 – 2017
opgeneem in die poësieprogram GEUR VAN DE HEMEL 2016 – ’17, finansieel ondersteun deur onder andere die VSB-fonds

installasie uit 2010

 

ballonne

                (vir Strijdom van der Merwe)

 

in die Eersterivier dryf

ballonne soos spraakborrels op water

 

in elke ballon is toegeknoopte asem

op alle ballonne staan woorde geskryf

 

so dobber

diepe verdriet gemerk as liefde

liefde gemerk as verrre verlange

verre verlange gemerk as hartstog

hartstog gemerk as my laaste assemteug

teen die stroom af

 

op die walle staan die mense & wonder

& korrel hoe ver hulle ballonne sal kom

 

teen ’n lang akasiadoring prik die liefde

bars & bly net diepe verdriet oor

teen ’n skerp kliprant stamp verre verlange

bars & bly net die liefde oor

onder teen ’n doringdraad styg hartstog

op     bars & bly net verre verlange oor

 

alleen één laaste asemteug

kabbel ongedeerd tot in seewasem

 

gepubliseer in HOLLANDS MAANDBLAD, no.1 – 2017
geskryf na aanleiding van die navorsing van Strijdom van der Merwe, Landkuns, finansieel ondersteun deur onder andere die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Leon Retief. Fossiele: Oor vis en vlees

Tuesday, January 3rd, 2017

foto-1

 

Fossiel van T. rex, Royal Tyrrell Museum in Drumheller, Alberta

 

FOSSILS

At midnight in the museum hall
The fossils gathered for a ball
There were no drums or saxophones,
But just the clatter of their bones,
A rolling, rattling, carefree circus
Of mammoth polkas and mazurkas.
Pterodactyls and brontosauruses
Sang ghostly prehistoric choruses.
Amid the mastodontic wassail
I caught the eye of one small fossil.
“Cheer up, sad world,” he said, and winked-
“It’s kind of fun to be extinct.”

(c) Ogden Nash

‘n Kykie na die fossielrekord toon dat die ouer rotslae fossiele bevat van organismes met koppe (bv. visse), gevolg deur organismes met koppe, nekke en bene (bv. reptiele) in jonger lae, dan diere met koppe, nekke, bene, hare en melkkliere (katte) terwyl ons in die jongste lae fossiele vind van organismes met koppe, nekke, hare en melkkliere wat op twee bene loop en opponerende duime het: mense.

 

Ecce homo

 

Wat het hom tog besiel om te wil

regop staan? Kierts! Tog nie net

dors na kennis, die bykom van ‘n appel

boaan ‘n baie groot, sugtende boom nie?

Hande-viervoet sou hy ook, op ‘n lei,

kon leer lees en skryf het, later

die relatiwiteitsteorie vinger-in-die-sand

kon uitgewerk het, en uitgevee het

(want waarvoor?) met minder rugkwale.

Hande-viervoet kan jy godsdiens beoefen,

loer in ‘n mikroskoop, klavier speel,

beeld boetseer, op jou rug rol om plafonne

te beskilder, weer omrol en van jou steiers

afklouter, fronsend, ingedagte, honger.

Hande-viervoet is eet en drink speletjies,

paring vanselfsprekend. Alles gaan.

Net toneel speel, lyk dit my, sou bedenklik

Ingewikkeld, haas onmoontlik en regtig

lagwekkend wees. Regtig. ‘n Kruipende

Faust. ‘n Klutaimnestra met swengelende

borste. Nee! Drama wil hoog reik!

Daar staan hy nou met sy weekdele bloot,

die mens, die sot, die groot toneelspeler.

 

(c) Wilma Stockenström

 

Die bouplanne (meer oor hierdie woord later) van al hierdie organismes hierbo genoem het met verloop van tyd veranderings ondergaan, maar die anatomiese kenmerke van voorgangers het nie sommer net verdwyn nie – oorblyfsels (ja Maria, spore J ) van voorouers word steeds in die anatomie van elkeen van ons gevind. Hierdie spore kan vergelyk word met ‘n palimpsest – omdat dit in die jaar toet te duur was om elke keer ‘n nuwe stuk perkament te gebruik is die bestaande skrif dikwels afgekrap en die skrywer se gedagtes is dan op die tweedehandse dokument neergeskryf. Hierdie hersirkuleerde manuskripte is palimpseste genoem, na die Griekse woord palimpsestos, wat “weer geskraap” beteken.

Net soos moderne tegnieke ons in staat stel om die teks van sommige van hierdie manuskripte te ontsyfer kan ons al geruime tyd, meer as ‘n eeu om die waarheid te sê, met toenemende akkuraatheid waarneem wat in die verre verlede in die liggame van ons voorouers “geskryf” was. Namate ons kennis toeneem verskaf hierdie palimpseste ‘n al duideliker en al meer fassinerende beeld van ons evolusionêre verlede.

Die meeste fossiele word gevorm uit relatief harde weefsel soos been of kraakbeen maar van tyd tot tyd word oorblyfsels van sagte weefsels, miljoene jare oud, ook in fossiele gevind. Die eerste en bekendste voorbeeld is die kollageen in ‘n T. rex fossiel van 68 miljoen jaar gelede wat in 2005 deur Mary Schweitzer beskryf is. Interessant genoeg toon daardie fragmente van die dinosouriër-kollageen wat analiseer kon word duidelike ooreenkomste met die kollageen wat in hedendaagse voëls gevind word –  verstaanbaar, aangesien dit algemeen aanvaar word dat dinosouriërs aan voëls oorsprong gegee het. Baie fossiele word egter elders as in die grond aangetref: elkeen van ons, elke lid van H. sapiens en elke leser van Versindaba is tjok-en-blok vol fossiele van ons evolusionêre verlede, sagte sowel as harde weefsel.

In ‘n brief aan Asa Gray skryf Darwin: “…embryology is to me by far the strongest single class of facts in favour of change of form…” Ek dink dat die liewe oom Charles hartkloppings van plesier sou kry as mens hom uit die dode kon opwek en hom bekend stel aan molekulêre genetika, ‘n studieveld wat byna ‘n eeu na publikasie van sy Origin of Species eers begin ontwikkel het. Hierdie vakgebied het sedertdien nog veel meer fassinerende feite aan die lig gebring wat die evolusieteorie nog stewiger gevestig het en dalk sal dit vir beide lesers van hierdie inskrywing interessant wees as ek kortliks kyk na ‘n voorbeeld of twee uit elk van hierdie vakgebiede.

‘n Mooi palimpses van ons visvoorouers wat in ons binneste skuil is die anatomie van die rekurrente laringeale senuwee. Die basiese patroon van bloedvate en senuwees in visse en die vroeë menslike embrio stem verbasend baie ooreen soos in die illustrasie onder gesien kan word.

 

figuur-1

 

 

Vergelykende anatomie van ‘n vis (in hierdie geval ‘n haai maar dit is dieselfde by ander visse) en ‘n amniotiese embrio soos by mense aangetref. Die aortaboë by menslike embrios is voorheen brangiale boë of brangiale arteries genoem en is ekwivalente strukture by mense en visse.

Namate die menslike embrio (en dié van ander vertebrate) verder in die uterus ontwikkel, verby die visstadium, verander die bloedvate en senuwees van posisie en sommige word absorbeer. Die proses is in detail beskryf maar ek gaan nie afbeeldings daarvan plaas nie. Die hele evolusionêre volgorde kan tydens hierdie veranderinge in utero waargeneem word, na ons visagtige voorkoms neem menslike embrios die kenmerke van embrioniese amfibieërs aan, gevolg deur die kenmerke van embrioniese reptiele. Eventueel bly net drie van die ses vate in soogdiere oor en op die ou end ontstaan ‘n volledig volwasse soogdieragtige sisteem met ‘n asimmetriese rangskikking van die aorta, karotis- en pulmonale arteries en pulmonale venes.

Die gevolg van al hierdie gewoel is ‘n interessante en kenmerkende anatomie van twee van die senuwees (die rekurrente laringeale senuwees) wat die larinks van soogdiere voorsien, met die langer linkerkantste senuwee wat vanuit die vagussenuwee ontspring en rondom die aortaboog haak voordat dit omdraai en na die larinks loop, terwyl die korter regtekantste senuwee sy draai rondom die regter subklaviese arterie maak soos onder gesien kan word.

 

figuur-2

Hierdie suboptimale ontwerp is die direkte gevolg van ons evolusie van visse na soogdiere. In visse bly die dorsale aorta waar dit is met die vagussenuwee (nie aangedui in figuur 1 nie) min of meer parallel daarmee maar by soogdiere beweeg die bloedvate van die vierde en sesde brangiale arteries/aortaboë na onder om die aorta te vorm. Die laringeale senuwees moet natuurlik steeds gekonnekteer bly aan die embrioniese strukture wat later die larinks gaan word en namate die hart en aorta in die toekomstige toraks in beweeg laat dit hierdie senuwees met geen ander keuse nie as om rondom die genoemde bloedvate te krul.

Die menslike werwelkolom, ook ‘n oorblyfsel van ons verlede as viervoetige primate, is onderworpe aan meer stress as gevolg van swaartekrag weens ons regop posisie en die manier waarop ons loop. Intervertebrale skywe is by mense meer geneig om te hernieer en kan soms druk op senuwees uitoefen. Dit kan nogal ongemaklike, pynlike en soms vreesaanjaende situasies tot gevolg hê.

 

lumbale mikrodiskektomie

 

by Bakoven staan die rooi stoel leeg

ek sit nie meer daar in my hart nie

 

ek kyk nie vorentoe nie

die rooi ritme spat uiteen

 

ek kyk nie na die see nie

of ‘n boot se skuimsleep

in die baai nie

 

die stoel sit hoog op hierdie

brokkelrots van pyn

 

ek het nooit gedink aan die stroom

die onbewuste vloed van

nek na stuitjie nie

ruggraatrivier van bloed en murg

waar visse swem

 

bodems wit met spoelklip

perfek soos pêrels ingeryg

 

trap o trap

versigtig

stoor die asem vir later

steur geen vis

hulle broei op druppeltjie-eiers

en migreer vogtig deur elke seisoen

 

die rooi stoel is leeg

toegerank met pompende buise

van suurstof en bloed

 

hoekom sit ek nie daar nie

vra ek die neurochirurg

vra ek die narkotiseur

die suster die skoonmakers

 

die pype die drup

hoekom klop die rooi alleen

hoe keer ek terug

hoe keer ek om

 

slapend mompel ek kinderryme

toegeswel soos alikruik

onthou dan dat ‘n kraakbeenskyf

net voor die uitloop

in die delta verkrummel het

 

my pols skuif agtertoe

soek die antwoord ruglangs

 

diep in die fasetblok

klop die vier ontsteekte vlerkies

vlak bo die boud se naat

 

my palms balanseer die gewig

van ‘n ganse lewensloop

werwel stadig om

en om

en

 

die rooi stoel

wag my bakhand in

 

(c) Marlise Joubert

 

*

 

A Short History of the Back

 

Against the wall, upright on chairs, supine

on beds, the back is settlement and return,

a way to silence, rest. Be warned it can shout,

in sudden pain, a syntax of pops and yelps,

lumbar region in revolt, extra vertebrae

trumpet their right to curve the spine. Sciatica

stings a column of ivory, squeezes vortex into

sculpture, balanced on a twist, a thoracic

tower of Babel and bone threaded through

the trunk. Walking upright is hazardous. We

pay the price to be taller than orangutans

in their monks’ robes, to move in a straight line

away from the chimpanzee’s amble, gorilla’s

hump and heavy mastoid process. Remember

how the dorsal fin that served as our rudder

shrank down to muscle? Trapezius. Intercostal.

Back to back they faced each other.

 

(c) Tanis MacDonald

 

Nog meer (en meer interessante) fossiele is in ons gene vasgelê. Meer as negentig persent van die menslike genoom bestaan uit rommel-DNA (junk DNA) wat nie funksioneel is nie – “dooie” DNA, onder andere gene afkomstig van ons voorouers en ook heeltemal ander spesies soos virusse. Hierdie DNA is nutteloos sowel as skadeloos, dit kan dus in die genoom bly voortbestaan – trouens, rommel-DNA word deur die evolusieteorie voorspel.

Retrovirusse plaas hul DNA in die genome van die organismes wat hulle infekteer en word dan endogene retrovirusse genoem. As hierdie genetiese materiaal te lande kom in die selle wat sperms and ova maak dan word hierdie DNA deur die nageslag geërf. Elkeen van ons se genome bevat die DNA van duisende sulke virusse, meeste is onaktief as gevolg van mutasies maar daar is al meer aanduidings dat virusse ‘n betekenisvolle rol gespeel het in die evolusie van mense en ons voorouers.

Nog ‘n voorbeeld van die hele aantal verskillende soorte rommel-DNA is pseudogene. Wanneer een of ander eienskap nie meer deur ‘n organisme gebruik word nie of wanneer daardie eienskap verander word dan sal die gene wat vir daardie eienskap kodeer nie sommer so ewe netjies uit die genoom verwyder word nie. Daardie DNA-oorblyfsels staan bekend as pseudogene, oftewel gene wat nonfunksioneel geword het en nie meer vir proteïne kodeer nie.

Die evolusieteorie, soos mens van enige ordentlike natuurwetenskaplike teorie verwag, moet nie net ooreenstem met feite nie maar moet ook toetsbare voorspellings kan maak: ons verwag dat die menslike genoom (en ander genome) talryke voorbeelde sal bevat van pseudogene wat van voorouers afkomstig is en dit is dan ook die geval – ons genoom is in der waarheid ‘n ware begraafplaas van voorouerlike pseudogene.

Ek het nog nooit gesien dat ‘n hond lemoene eet of lemoensap drink nie, maar selfs al sou hulle dit doen sou dit onnodig wees. Mense daarenteen benodig ‘n bron van vitamien C. In meeste soogdiere word vitamien C in vier stappe vanaf glukose gesintetiseer, vir elke stap is ‘n ensiem nodig en vir elke ensiem is daar ‘n geen wat vir daardie betrokke ensiem kodeer. Die heel laaste ensiem in hierdie metaboliese weg staan bekend as L-gulono-ɤ-laktoon oksidase, afgekort as GLO of GULO, afhangende van wie mens lees.

In primate (dus ook by mense), vrugtevlermuise en marmotte het die geen wat vir GLO kodeer ‘n mutasie ondergaan, by mense het ‘n enkele nukleotied verdwyn en dit is nou ‘n onaktiewe pseudogeen bekend as ΨGLO. Presies dieselfde nukleotied is ook by ander primate afwesig. Dit toon dat die mutasie wat die GLO-geen onaktief gemaak het plaasgevind het in die gemeenskaplike voorouer wat ons met ander primate deel. Die inaktivering van hierdie geen by marmotte en vrugtevlermuise het onafhanklik gebeur omdat die mutasies in hul gene van primate s’n verskil. But wait, there’s more, soos die advertensie ons vertel. Die aminosuurvolgorde van ΨGLO in mense en sjimpansees, ons naaste familielid, toon noue ooreenstemming met mekaar maar meer verskille met dié van oerangoetangs, wat nie so naby verwant is nie, terwyl die volgorde in marmotte weer heeltemal verskillend van dié van primate is omdat die geen onafhanklik inaktiveer is in ‘n stamboom wat lank gelede reeds van dié van primate divergeer het.

Dit is dus ooglopend dat ons en ander primate ‘n gemeenskaplike voorouer deel – hierdie verskynsel kan op geen ander manier verklaar word nie. Molekulêre biologie is besaai met geweldig baie sulke voorbeelde, nie net in primate nie maar ook ander organismes.

Dit behoort uit bostaande duidelik te wees dat die mens (en organismes oor die algemeen) nie optimaal “ontwerp” is nie. Dit beteken weliswaar nie dat hulle noodwendig wanaangepas by hul omgewings nie – meeste lewende wesens kom baie goed klaar ten spyte van minder as perfekte “bouplanne.” Soogdiere sien heeltemal goed alhoewel hul oë (anders as seekatte) ‘n blinde kol het, meeste mans kry nie beklemde liesbreuke nie en meeste vroue kan geboorte skenk ten spyte van die wanproporsie tussen die fetale skedel en die vroulike bekkenuitgang. Al bogenoemde is die gevolg van fossiele wat ons in ons liggame dra.

Evolusie gaan nie te werk soos ‘n gesofistikeerde ingenieur wat in ‘n gevorderde werkswinkel of laboratorium sit nie – die proses behoort liewer vergelyk te word met ‘n outydse agterplaasmekkêniek wat met ‘n tang, ‘n stuk draad en ‘n pot koue lym te werk gaan om iets aanmekaar te timmer of te herstel. “Survival of the fittest” kan ewe goed vervang word met “survival of the good enough” of “survival of the somewhat better” aangesien die oorlewing van ‘n spesie eintlik maar net beteken dat ‘n organisme in staat moet wees om meer nasate as sy buurman te lewer wat op hulle beurt weer meer suksesvol kan voortplant as hulle bure.

Om hierdie redes het ek besware teen die gebruik van metafore soos bouplan, bloudruk, ontwerp en dies meer, sowel as die begrip dat iedere en elke eienskap wat ‘n organisme besit die gevolg is van een of ander adaptasie wat deur evolusie tot stand gebring is – dit is nie soos hierdie proses werk nie. Evolusie “muddles through” soos die rooinekke sê, maar natuurlik ook nie altyd nie soos die talle en talle uitgestorwe spesies in die fossielrekord toon. Dit lewer nie perfekte produkte, bouplanne of ontwerpe nie. Daar is twee artikels wat hierdie standpunt beter en in meer besonderhede bespreek: die beroemde een deur Stephen Jay Gould en Richard Lewontin oor die booghoekmure van San Marco en een deur Massimo Pigliucci en Maarten Boudry, dus gaan ek nie verder daaroor uitwei nie. Pigliucci is ‘n bioloog wat ‘n mutasie ondergaan en ‘n filosoof geword het (ek weet nie of dit hom in staat gestel het om meer nasate te produseer nie) en na my mening behoort die kring van filosowe wat hulle oor die biologie uitspreek meer sulke mense te bevat. Indien enigeen nog na my relaas wakker is en genoeg belangstel, die verwysings word aan die einde verskaf.

 

Making Do

 

Who can forget the ripple of disgust

that twisted the piano tuner’s lip

on viewing the repair some former owner

(oh no, not us) had made with a bootlace?

It did the job, holding the pedal up.

But who could fault his scandalized recoil?

By now we ought to be familiar with

that look of flouted, outraged expertise

surveying the offense of ignorant

contrivances, cheap shortcuts, slovenly

expedients only a manic devotee

of puttering could approve or even think of.

Just so, when we moved in, the electrician

stared at the spiderweb of circuitry

some tinkering precursor hooked on wiring

trellised the basement with. And the house painter

almost swallowed his cigarette when he saw

the alligatoring my hapless, hand-done

sanding had left sitting on the clapboards.

 

Inured to such embarrassments, I grant

their right to be disgruntled: well-equipped

professionals are honor bound to scorn

the botch and haste of clueless amateurs.

(Although, come to think of it, a major

part of their living comes from cleaning up

our mean shifts or mad ambitious messes.)

I envy their straight saw-cuts, their rock-steady

hands with a ruler, fully furnished toolkits,

top grade hardware, knowing just how poorly

versed and outfitted most are doomed to be.

When shall I ever use the right length nail,

or hang a picture not a smidge too high?

Don’t we, most of us, mince up an onion

to take the place of seldom-bought shallots?

 

(c) Robert B. Shaw

 

http://georgealozano.com/teach/evolution-UNBC/papers/Gould1979.pdf

En:

https://www.dropbox.com/s/3wf2k1fia6v2ygt/2013-Pigliucci-The%20mismeasure%20of%20machine-%20synthetic%20biology%20and%20the%20trouble%20with%20engineering%20metaphors-Studies%20in%20History%20and%20Philosophy%20of%20Biological%20and%20Biomedical%20Sciences.pdf?dl=0

 

 

Carina van der Walt. Dier en drif in “De tuin der lusten”

Wednesday, November 16th, 2016

rsz_2jeroen_bosch_-_diere_in_paradys

 

Jy maak die dier in my wakker! Hierdie ondubbelsinnige aankondiging van seksuele lus lê dikwels in die mond van die jagter. Watter jagtende dier hy of sy vir hom- of haarself in gedagtes het, hang van die betrokke spreker af. En op watter diersoort die aandag dan geprojekteer word, des te meer. Dier en Drif. Nooit was die lewe daarsonder nie. Maar as ’n mens die Wêreldnatuurfonds (WNF) se jongste verslae ter harte neem, is dit binnekort ’n werklikheid. Ongekend. Die dierebevolking het met 58% gekrimp. Vanaf 1970 is die aantal wild op die aarde met méér as die helfte gehalveer, terwyl die wêreldbevolking verdubbel het. Lucas Brouwers skryf in die NRC-Handelsblad van 27 Oktober: “Planeet aarde wordt een mensenplaneet.”

In die middeleeuse skildery De tuin der lusten (1503 – 1515) van Jeroen Bosch is diere in al drie die binneste panele (van links na regs: Paradys, middelpaneel en Hel) oorvloedig aanwesig. In die linkerkantste luik genaamd Paradys is die opvallendste diere vir die Suid-Afrikaanse kyker die olifant en die kameelperd. Dit is byna onmoontlik dat Bosch hierdie diere in lewende lywe tydens die middeleeue in Europa gesien het. Dit is diere van ’n ander kontinent, van Afrika. Veral die kameelperd se verhoudinge is verkeerd. Daaruit kan miskien afgelei word dat Bosch dit geskilder het na aanleiding van wat hy gehoor het of wat hy daaroor gelees het. Vir hom was die kameelperd ’n fantasiedier. Met die skilder van die olifant en die apie op sy rug het dit ’n beter gegaan. Miskien het Bosch iewers in ’n sirkuskaravaan uit Noord-Afrika ’n olifant gesien toe hy volgens oorlewering ’n ruk lank in Italië rondgereis het. Vir die Suid-Afrikaanse kyker is die wit eenhoring wat links by die dam water drink ’n mitologiese dier. Iets van die verbeelding, die fantasie. Is dit hoe ons agter-agterkleinkinders na ’n renoster of ’n springbokkie gaan kyk? Die wêreld staan op die rand van ’n massiewe uitsterwingsgolf, rapporteer die WNF. Die redes daarvoor is nie net klimaatsverandering nie, maar ook verstedeliking, besoedeling en stropery. Mensgemaakte probleme.

 

jeroen-bosch-eenhoring-in-paradys

 

Bosch se sedeles met De tuin der lusten om die middeleeuse mens teen morele verval en sonde te waarsku, het beslis ook betrekking op die diereryk gehad. Die slang as simbool van die kwaad is reeds teenwoordig in die Paradys. Hy seil regs teen die stam van ’n dadelpalm af. Terwyl God vir Adam en Eva in die huwelik bevestig, is die duiwel dus subtiel aanwesig by hierdie geleentheid in die gedaante van die slang. In die middelpaneel met al sy sensualiteit en aardse vergrype is nêrens ’n slang te sien nie, maar hy keer verdrievoudig terug in die Hel. Dan krul ’n slang dreigend om die hals van ’n lier waaraan ’n man vasgebind is. Hy pik van agteraf. Nog ’n man hang gekruisig in ’n harp, deurboor met die snare. Bo-op die harp drapeer ’n tweede slang en aan die basis krul ’n ou dikke. ’n Luislang? In W.E.G. Louw se gedig Drieluik: Die tuin van aardse luste word hierdie toneel in reël 42 tot 45 beskryf sonder dat daar enigsins na ’n slang verwys word. Dankie aan Dietloff van der Berg wat ’n fragment uit Louw se Die Hel vir my ge-epos het.

 

Vasgedruk teen sy luit sit die luitspeler daar –

’n janfiskaal se koringkriek aan ’n tak!

Die harp se snare is dwarsdeur die harpenaar

geryg, sodat hy – asof aan ’n kruishout – hang;

 

In die middeleeue kon slegs kerkmusiek amptelik bestaan. Alle ander musiek is beskou as aanstigting van vulgêre en uitlokkende danse wat tot sedeloosheid kon lei.

’n Uil loer uit ’n gat in die pienk fontein in die middel van die Paradys. Wat beteken dit? Ek het met die uil as ‘boodskapper van die dood’ grootgeword. Dis ’n vreemde simbool vir Europeërs. Deur die heen eeue het daar ’n groot verskuiwing plaasgevind in die simboliek van die uil. In die Griekse oudheid het die uil wysheid uitgedruk. Hy was selfs ’n kenteken van godin Athene. In die middeleeue verskuif die simboliek. Die uil waarsku teen domheid en onwetendheid, wat nié sy voorafgaande simboliek uitskakel nie. Hy kondig onheil aan. Pasop! In Suid-Nederlands (Vlaams dus) het in die middeleeue die volgende spreekwoord bestaan: “de meid heeft haar uil laten vliegen”. Dit beteken dat sy haar maagdelikheid verloor het. Sodoende was die uil in Bosch se tyd klokkeluier én erotiese simbool. Laasgenoemde word in De tuin der lusten se middelpaneel bevestig.  Daar sit nie meer ’n uil uit ’n swart gat en loer in die sentrale blou fontein nie. Daar staan ’n man en vrou en hy is besig om haar onsedelik te betas.

Al moes die uil dus sy posisie uit die Paradys afstaan aan twee wellustige mense in die middelpaneel, is daar nog steeds drie uile in dié onderdeel. Genoeg tekens van erotiek! Genoeg waarskuwings! ’n Misverstand wat hierdie jaar tydens die Jheronimus Bosch 500-jaar reggestel is, is dat die voël in die Hel op die gemak (of soos Louw dit noem die “troon”) nie ’n uil is nie, maar ’n nagswaeltjie. Dit word genoem Caprimulgus europaeus. Die assosiasie word bevestig deur die groot, swart oë en die stekeltjies rondom die bek. Dis is dus ’n uitvergrote nagswaeltjie wat besig is om ’n man in te sluk. Die uil is afwesig in die Hel. Gedurende die middeleeue het die rykste mense hulle behoeftes sommer in die stroompie die Dieze gedoen. Die Dieze stroom vandag nog deur ’s Hertogenbosch. Op één van die walle is ’n identiese beeld van die skytende nagswael op sy gemak aangebring. Dit laat toeriste wat nie vertroud is met De tuin der luste nie, gewoonlik vassteek en wonder: ‘Wat is dít?’ Hierdie toneel beskryf Louw in reël 56 tot 66.

 

’n Entjie vorentoe sit Modikak op sy “troon”

penspotjie as kroon, sy voete in kruike:

hy verslind met sy snawel sy slagoffers een vir een.

Deur die blou blaas van ’n derm val een in ’n vuilput;

’n gierigaard oor die rand gehurk, doen stil

sy behoefte in kuttel op kuttel van goue dukate.

Maar ’n minnetent is ingerig met gordyne

wat sleep om dié hoë stoel: hoere met huiwe

beloer die liefdespel van ’n man en ’n padda;

’n ydeltuit sien haarself en ’n esel – haar vryer –

weerkaats in ’n spieël teen ’n duiwel se agterent.

 

jeroen-bosch-uil-in-hel

 

In bogenoemde foto-onderdeel is ook ’n vrou met ’n padda op haar bors te sien. Volgens historikus Eric de Bruyn het dit in die middeleeue straf teen ydelheid beteken. Om haar naakte bolyf kleef twee nat pote, asof dit verband hou met die takagtige pote van ’n groen dier – ook ’n padda? – wat met sy agterent na haar kant toe gedraai kniel. Daaraan is ’n ronde spieël vasgemaak. Sy kyk nie daarin nie.

In die middelste paneel van De tuin der lusten kom twee klein paddatjies voor, maar dis in die Paradys wat Bosch hulle as ’n groep dreigende amfibieë in die omgewing van  die swaan skilder. Die simboliese waarde van ’n swaan was nog altyd positief: getrouheid, liefde, elegansie en harmonie. In die Paradys weerkaats die swaan se beeld in die water. Sien sy haarself as die paddas onder haar deurswem? Hulle verleidingselement is amper net so sterk soos die slang!

Drie huisdiere in die linkerkantste luik (Paradys) trek aandag as gevolg van hulle uitbeelding in die regterkantste luik, die Hel.

’n Konyn sit rustig in die paradyslike grassies geskilder. Die konyn het tóé vrugbaarheid gesimboliseer en simboliseer dit vandag nog. In die Hel (links onder op die vorige foto) is die konyn uitvergroot tot groter as mensgrootte. Hy dra ’n man aan sy haakstok en ’n soort jaghoring in sy poot. Die man hang onderstebo en is vasgebind aan sy voete. Net soos ‘n konyn, maar nou is hy die prooi.

 

jeroen-bosch-hond-in-hel

 

Die hond is die mens se grootste vriend. In die Paradys staan ’n spaniël. Hy is herkenbaar aan sy lang ore en staan regop op twee bene. Is daar ’n beter manier om die hegte band tussen mens en dier te skilder? In die Hel staan ’n groterige straatbrak oor ’n man gebuig. Hy het pas ’n gat in die man se bors geruk. Hy lek die mensebloed op.

Ook die witrot, geklee in ’n swart karnavalspak, het ’n man met sy swaard deurboor. Hý is die jagter. Die man is sy prooi. Of dit nou die rot, hond, konyn, nagswaeltjie of padda is, hulle is almal klein diertjies wat in die Hel bedreigend uitvergroot is en die mens aanval.

Die jagtoneel tussen dier en mens kom nouliks in die middelpaneel voor. ’n Bokkie snuffel onskuldig aan ’n man wat op sy maag lê. ’n Drenkeling? ’n Paar jagtonele tussen diere kom in die Paradys voor, maar die belangrikste speel af op die agtergrond tussen ’n leeu en ’n bokkie. Die leeu moes vir Bosch ook ’n fantasiedier gewees het. Nogtans het Bosch hierdie spesifieke toneel in meerdere skilderye geskilder. Die leeu wat ’n bok verslind, kom ook voor in Bosch se drieluik die Laaste Oordeel. Dit word net soos in De tuin der lusten op die linkerkantste paneel afgebeeld. Hierdie skildery hang in Wenen. Dieselfde leeu wat ’n bok verslind, kom verder voor in die vierluik Visioenen uit het Hiernamaals se linkerkantste paneel. Die skildery hang in Venesië.

As ’n mens Jeroen Bosch se skildery lees as ’n afbeelding van die lewe in die middeleeue en ’n waarskuwing teen sedelike en morele verval, dan het jag nie voorgekom as ’n menslike aktiwiteit nie. Die mens van toe se vraatsug is bevredig deur vrugte soos aarbeie, kersies, brame, moerbeie, blou- en rooibessies. Die mens uitgebeeld as vleiseter? Aikôna! Dis diere wat reg van die begin af mekaar gejag het en uiteindelik in die Hel ook op die mens jag.

Dit bring lesers uit by die tameletjie van plesier- en trofeejag. Vandag is dit amper Afrikanertradisie. Wie wil nou nié so af en toe ’n bokkie vir biltong gaan skiet nie? Dit is deel van die normale lewe. Maar is die jagtende mens ’n ontaarde mens? Hoe sou Bosch vandag daarna gekyk het? Heilna du Plooy het in haar sewedelige gedig Die jag uit Die stilte opgeskort hierdie problematiek goed uitgewerk. En hoewel die gedig glad nie geskryf is met die oog op die Hel in De tuin der lusten nie, kan dit dit net sowel verwoord. Die brand uit 1463 toe ’s Hertogenbosch verwoes is en vierduisend huise afgebrand het, is in die Hel ingeskilder. Bosch was dertien. Du Plooy skryf ook oor ’n brand. ’n Hel bly ’n hel. Die perd in Du Plooy se gedig is in Bosch se Hel vasgeskilder in ’n skedel. By Du Plooy roep dit ’n sterk beeld van Picasso se Guernica op. Dis maar enkele woorde soos “kanonne en gewere / vliegtuie en missiele” hieronder wat nié in Bosch se konteks inpas nie.

 

IV

Die prooi

 

in die verskroeiende

hitte van die geveg

in die loeiende

raserny van doodslag

tussen swaarde en perde

kanonne en gewere

vliegtuie en missiele

sal die jagter

as sy aanvoerder skree

in die donderende brand

in die verterende rumoer

weer en weer

sy boog terugtrek,

sy pyl afstuur

sekuur

na die bors

in die hart

van die enige

een

aan

die

ander

kant

 

wie se arms oopruk

voordat hy val

en wat roep na hulp

omhoog omlaag

van waar dit nie meer

sal kom nie

 

en in die pandemonium

is dit duidelik

die perd wat sy bek

erbarmlik

wyd ooprek

en hartverskeurend skreeu

 

Die WNF verklaar plesier- en trofeejag as moreel verwerplik. Suid-Afrika en Namibië word in hulle onlangse persverklaring genoem as lande waarin goed gekontroleerde jag op wit en swart renosters gewettig is in ‘n poging om stropery te voorkom. Gaan ons agter-agterkleinkinders nog renosters mét hulle horings en olifante mét hulle tande ken? Of sal die spesies heeltemal verdwyn het? Vir die WNF bly hierdie tipe wettige jag ’n kwessie van kwaad met kwaad bestry. En Bosch het sy punt bewys!

Leon Retief. Twee Kanadese digters: Dave Margoshes & Jan Zwicky

Sunday, October 30th, 2016

dave-at-plymouth-e1325790303746

 

TWEE KANADESE DIGTERS

Hendrik Botha se inskrywing oor dokter-digters en sy opmerkings oor mediese poësie in die besonder het my herinner aan die onderstaande gedig deur Dave Margoshes. Die intense situasies waarin dokters in sommige dissiplines hulself van tyd tot tyd bevind, sowel as die interaksies met pasiënte en hul families – soms amusant, soms gespanne, soms aangrypend – moet beslis ryk stof vir skrywers en digters bied. Margoshes laat die digkuns dalk makliker lyk as wat dit is – almal van ons, nie net dokters en digters nie, het ondervindings en gedagtes in ons koppe en harte wat kan oorsprong gee aan romans, gedigte of fabels maar om dit op papier neer te skryf is natuurlik iets anders.

 

BECOMING A WRITER

 

What could be easier than learning to write?

Novels, poems, fables with and without morals,

they’re all within you, in the heart, the head,

the bowel, the tip of a pen a diviner’s rod.

Reach inside and there they are, the people

one knows, their scandalous comments,

the silly things they do, the unforgettable feeling

of a wet eyelash on your burning cheek.

This moment, that, an eruption of violence,

a glancing away, the grandest of entrances,

the telling gesture, the banal and the beautiful,

all conspire with feeling and passion to transport,

to deliver, to inspire. Story emerges

from this cocoon, a crystalline moment, epiphanies

flashing like lightbulbs above the heads

of cartoon characters. All this within you

where you least expect it, not so much in the head

as under the arms, glistening with sweat, stinking

with the knowledge of the body, the writer

neither practitioner nor artisan but miner, digging

within himself for riches unimagined, for salt.

 

(c) Dave Margoshes

 

Dit herinner my ook aan Octavio Paz: “The gush. A mouthful of health. A girl lying on her past. Wine, fire, the guitar, tablecloth. A red plush wall in a village square. Cheers, glittering cavalry that enter the city, the people in flight: hymns! Eruption of white, green, fiery. The easiest thing, that which writes itself: poetry!”

Jan Zwicky

Jan Zwicky

Jan Zwicky het die volgende geskryf: “the nature poet is not simply one whose subject matter lies out of doors. The nature poet is, first and foremost, someone who does not doubt that the world is real – or, more precisely, someone who would resist the suggestion that the world is a human construct, a thing that depends on humans speaking or knowing to exist.”

 

 

PRACTISING BACH

For performance with Bach’s E Minor Partita for Solo Violin, BWV 1006

 

Prelude

 

There is, said Pythagoras, a sound

the planet makes, a kind of music

just outside our hearing, the proportion

and the resonance of things – not

the clang of theory or the wuthering

of human speech, not even

the bright song of sex or hunger, but

the unrung ringing that

supports them all.

 

The wife, no warning, dead

when you come home. Ducats

in the fishheads that you salvage

from the rubbish heap. Is the cosmos

laughing at us? No. It’s saying

 

improvise. Everywhere you look

there’s beauty, and it’s rimed

with death. If you find injustice

you’ll find humans, and this means

that if you listen, you’ll find love.

The substance of the world is light,

is water: here, clear

even when it’s dying; even when the dying

seems unbearable, it runs.

 

Loure

 

Why is Bach’s music more like speech than any other? Because of

its wisdom, I think. Which means its tempering of lyric passion by

domesticity, its grounding of the flash of lyric insight in domestic

earth, the turf of dailiness.

 

Let us think of music as a geometry of the emotions. Bach’s

practice, then, resembles that of the Egyptians: earth’s measure as a

way of charting the bottomlands of the Nile, the floodwaters of the

heart, as a way of charting life. Opera, Greek tragedy, Romantic poetry

tell us that sex and death are what we have to focus on if we want to

understand any of the rest. Bach’s music, by contrast, speaks directly

to, and of, life itself – the resonant ground of sex and death.

 

And it does this not without ornamentation, but without fuss:

the golden ratio in which the whelk shell lying on the beach, the leaf whorl

opening to sun, the presence of the divine in the chipped dish drying

in the rack, that miracle: good days, bad days, a sick kid, a shaft of

sunlight om the organ bench. Talk to me, I’m listening.

 

Gavotte

 

E major: June wind

in the buttercups, wild

and bright and tough.

Like luck – a truth

that’s on the surface of a thing,

not because it’s shallow, but because

it’s open: overtoned.

Because it rings.

Fate, too

Is character. But it’s

the shape – the cadence

and the counterpoint. Luck

lives in the moment, and it

looks at you: the clear eye,

gold, when being sings.

 

Menuet I & II

 

There’s nothing special in it. All you have to do

is hit the right key at the right time. Time:

that stream in which we do and do not,

live, just practice diligently, it will all go well. You have

five fingers on each hand, just as healthy as my own.

Unison, the octave; the fifth, the fourth, the third.

Of the strings? The viola, if I have a choice.

At the keyboard, don’t forget to use your thumb.

God’s glory and the recreation of the mind.

What I really need to know:

Does the organ have good lungs?

The partita of the world, the dance of being: everything

has to be possible.

 

Bourée

 

Partita, partie – a whole of many parts. Pythagoras, who is said to have studied with the Egyptians, is also said to have taught that enlightenment meant solving the problem of the One and the Many, of coming to grasp the divine unity of the world through its bits and pieces, as these come to us in language.

This may also be thought of as the problem of metaphor: that metaphor’s truth, its charge of meaning, depends on assertion of identity and difference, on erotic coherence and referential strife, on meaning as resonance and meaning revealed through analysis.

Lyric poets are always trying to approach the issue by forcing speech to aspire to the condition of music. Bach comes at it from the other end: he infuses music with a sense of the terrible concreteness, the particularity, of the world. And enlightenment? – Acceptance of, delight in, the mystery of incarnation.

 

Gigue

 

There is a sound

that is a whole of many parts,

a sorrowless transparency, like luck,

that opens in the centre of a thing.

An eye, a river, fishheads, death,

gold in your pocket, and a half-wit

son: the substance of the world

is light and blindness and the measure

of our wisdom is our love.

Our diligence: ten fingers and

a healthy set of lungs. Practice

ceaselessly: there is

one art: wind

in the open spaces

grieving, laughing

with us, saying

improvise.

 

(c) Jan Zwicky

 

 

Hilda Smits. met liefde vir Marlise, vir wie ek vele blogs skuld

Saturday, October 15th, 2016

vir pa, soos die ander 

nog nie geskryf oor pa se graf

& wat daarin, die twee name daarop

ons met geel blomme(tjies) & bultende tasse

die karruit brand ‘n vlam in die wye verte stilte

soos die kruipende skaduwees in ‘n katedraal & haar weduwees,

vir wie die naakte liggaam nie meer geheim soos die dood ook

klein skare & pa se naam reflekteer die son en maan, die aarde, sterre, wolke

ons die in eerbied wonder & die stof toe ons wegry staan       ook stil

 

vir Brixton B. 

vriend die winter is amper op

sit afgebreek soos brood in my hande

tussen my vingers (knus nes) stoom

bekers swart koffie soos die oë van voëls

hoog bo in die lug

brand die hoofligte van motors geel muskiete lig

op die wit liggaam wat draf

op die long wat asem is & asem is

die singende gras groei welig in jou (brein)

 

 

Karen Kuhn. Różewicz – ‘n Getuie

Wednesday, October 12th, 2016
rozewicz

http://polskiwdwunastce.edu.pl/tadeusz-rozewicz

Die Poolse digter Tadeusz Różewicz (9 Oktober 1921 – 24 April 2014) se digkuns lewer kommentaar oor van die mees grusame gebeurtenisse van die twintigste eeu met die toevoeging van menslikheid en simpatie. Tereg word daar na hom verwys as een van Europa se grootste ‘getuie’ digters. As dramaturg, digter en skrywer vorm Różewich deel van ‘n eerste generasie digters na Pole weer in 1918 onafhanklikheid verkry het. Sy broer, ook ‘n digter, word in 1944 deur Gestapo tereggestel. Na die val van die Berlynse muur lewer Różewicz die volgende kommentaar: “My decimated generation is now departed and dying, duped and disillusioned”. Ongeag die vreeslose weergee van ‘n (meestal) skokkende realiteit, behou Różewicz se digkuns ‘n element van hoop:

the reality

I had observed

through a smeared window

of a waiting room

I saw

face to face

weak

I turned away

from my weakness

I turned away

from illusions

upon the sands

of my words

someone drew the sign

of a fish

and walked away

Buiten Różewicz se bekroonde poëtiese oeuvre, debuteer hy in 1960 met die drama: The Card Index (Kartoteka) en skryf ook heelwat draaiboeke waarvan Birth Certificate (Świadectwo urodzenia) in 1961 en The White Wedding (Białe małżeństwo) in 1975, mees bekend is. Mother Departs (2013) is ‘n unieke vermenging van prosa en poësie oor vreugde en verlies, met fragmente uit sy persoonlike dagboeke en herinneringe as oorsprong. Różewicz skep ook ‘n ryk en komplekse beeld van sy ma Stefania en die impak wat sy op hom gehad het. Die rol van die vrou en feminisme staan verder sentraal in Różewicz se werke. Hierdie anti-digter soos daar ook na hom verwys word het grense binne letterkunde verskuif en oortree. As wenner van o.a. die 2000 Nike Prys (mees gesogde Letterkunde prys in Pole) sterf hy op die ouderdom van 92. Hy word onthou as ‘n digter wat met gevoel, simplisiteit en moderne tegniek, die mees donkerste gevolgtrekkings maak.

Sy vers: “Witness” sluit af:

Do not suddenly

enter my room

You will see

a dumb and bound

witness to love

being conquered by death

Poolse vrouens het ‘n komplekse geskiedenis waar hul dikwels argetipies diverse en veeleisende rolle in die samelewing moes vertolk, hetsy na ‘n oorlog of besetting.

Wat sou Różewicz skryf oor verlede Maandag, 3 Oktober ‘16? ‘Swart Maandag’ (Czarny protest) waar (veral) vrouens in swart regoor Pole in duisende bymekaar gekom het, in opstand teen die regering se voorgestelde totale verbanning van aborsie. ‘n Protes wat geïnspireer is deur sowel die 1863 Poolse opstand, as die vroue staking in Ysland in 1975.

57f2848cc361889f058b45cf

Janek Skarzynski / AFP

Oortree

In Pole

in protes

en stil net staan

terselfdertyd

in pole

en woorde afkap

in betoog

teen net nie opleef

terselfdertyd

staak

teen ‘n definisie

vir ‘n roos

In Pole

op ‘n swart Maandag

in opstand

terselfdertyd

soos in Różewicz

so saggies

hekse aankondig

as meeste nog aan rose dink

en oortree

terselfdertyd

as vrouens gewoonlik

saam in pole

afgepis raak.

image

AP Photo/Czarek Sokolowski

Dit was grys en swart en nat hier in Poznań, maar Różewicz, vandag het ek weer ‘n vrou in wit sien loop en smile, byna soos ‘n roos.

IMG_5207 copy

Róża Guźniczak

Bibliografie:

http://www.bookinstitute.pl/autorzy-detal,literatura-polska,3086,rozewicz-tadeusz.html

https://www.theguardian.com/books/booksblog/2014/apr/25/tadeusz-rozewicz-poet-polish-died-92

Różewicz, T. 2014. Selected Poems – Translated by Adam Czerniawski, Richard Sokoloski, Barbara Bogoczek and Tony Howard. Kraków: Wydawnictwo Literackie.