Buiteblik
Monday, November 21st, 2011
BUSKER
I strum hymns
as an offering
while they trudge seriously
up Golgotha’s slope
each with a briefcase crucifix
and no smile for the minstrel
(Graeme King)
Straatmusikante het my nog altyd geïnteresseer. Dit moet seker ʼn redelike raap-en-skraap manier wees om ʼn lewe te maak. Waarom doen hulle dit? Gaan dit om den brode of hou hulle van die feit dat hierdie leefwyse hulle minder gebonde maak aan die daaglikse roetine wat meeste mense maar noodgedwonge moet volg?
Ek kan my nie herinner dat ons veel sulke musikante in Suid-Afrika gesien het nie maar hulle is nogal volop in die groter stede van Kanada.

Hierdie man is afgeneem in Victoria, British Columbia, ʼn stad met besonder baie sulke musiekmakers, waarskynlik omdat dit so ʼn gewilde toeriste-bestemming is. Soos mens min of meer uit sy voorkoms kan aflei sing hy Country and Western. Nie juis een van my geliefkoosde genres nie om dit saggies te stel. Sulke musiek is nogal baie gewild dwarsdeur Kanada, selfs in kosmopolitaanse plekke soos Victoria. Mens raak later gewoond daaraan, byna soos die staaltjie van die padda wat in ʼn pot koue water gesit word wat dan baie stadig verhit word sodat die arme dier doodgaan voordat hy agterkom die water word nou ongemaklik warm. Ek is so effens bevrees dat ek later dalk selfs van Country and Western gaan hou…

Hierdie vrolike drietal het natuurlik ook Country and Western gesing (If you wanna play in Texas, you gotta have a fiddle in the band…) maar hulle was sonder twyfel die swakste straatmusici wat ons nog teengekom het - en sou betaal om hulle nie te hoor nie.

Hierdie kêrel, ook in Victoria, is ʼn gebore showman. Sy musiek? Moeilik om te beskryf. Dink aan Barok ontmoet Ierse volksmusiek…

Die volgende oggend was hy weer op sy plek, hierdie keer met sy Darth Vader masker, tot groot vermaak van verbygaande kinders. Sy musiek was steeds dieselfde.

Tydens ons besoek aan Victoria het Lesli en ek soos gewoonlik elke oggend vroeg ʼn ent gaan stap en later in ʼn verlate deel van die hawe beland - verlate in die sin dat daar geen ander mense in die omgewing was nie, slegs ‘n klompie seil- en motorjagte wat oënskynlik sonder bemanning aan boord vasgemeer was. Terwyl ons so aanstap het ons veraf musiek gehoor. Na ʼn tydjie se rondkyk het Lesli hom gewaar: die eienaar of skipper van ʼn groterige motorjag so 300 meter van ons, besig om op die boonste dek musiek te maak, net vir homself. Ek het hom ʼn hele tyd deur my kamera se lens dopgehou terwyl hy sing, mondfluitjie speel en so af en toe ʼn sluk bier neem. (The beer I had for breakfast tasted good so I had one more for desert…) Die klank was bietjie te sag teen die tyd dat dit ons ore bereik het maar dit het vir my geklink of hy sowel Bob Dylan en Kris Kristofferson sing. Dit was sommer so ʼn onverwagse lekker ondervinding, hierdie allenige sanger wat sonder enige gehoor sing, mondfluitjie speel en die helder sonskyn van ʼn wolklose herfsdag so op sy eentjie geniet.

Ons het Nova Scotia verlede jaar in Augustus besoek, ongelukkig moes ons vertrek kort voordat die jaarlikse Busker Festival die hoofstad Halifax plaasgevind het. Nietemin, al kon ons nie tydens die fees self daar wees nie kon ons darem heelwat van die straatmusikante sien wat al begin saamtrek het. Hierdie duo het ʼn bejaarde tannie tot danspassies geïnspireer.

Hierdie jong dametjie was nou wel nie ʼn straatmusikante nie, die foto is geneem by Peggy’s Cove in Nova Scotia. Ek dooi nie juis oor doedelsakmusiek nie maar sy was nogal heeltemal behendig en ons hoop dat sy vanjaar darem in een of ander universiteit of kollege is.

Laaste maar nie die minste nie, ons tuisdorp Moose Jaw. Hierdie is die Band City Dance Band, ʼn propperse big band jazz ensemble wat van tyd tot tyd hier optree. (Let op die spelling van Players Newstand in die agtergrond.) Net om die straathoek regs agter is die Band City Beauty & Barber Shop en heel voor aan die linkerkant speel tannie Fairlye Justason, wat omtrent tagtig jaar oud lyk en so elke ses weke of wat my hare in daai barbierwinkel knip.
Wednesday, November 16th, 2011

Met die dat Wysneus se opvattings oor die politieke ekonomie deur Desmond as “vreesaanjaend” bestempel is kan ek nie anders as om ʼn klip in die bos te gooi oor die “Occupy Movements” nie, deels omdat ek vermoed dat Wysneus grootliks met my gaan saamstem en dat Desmond (onder andere) gaan verskil. En dis beslis ʼn versoeking wat ek nie kan weerstaan nie.
Soos almal weet het die “Occupy” bewegings min of meer dwarsdeur die Weste versprei nadat dit in New York begin het. Gesien die aard van die Amerikaanse ekonomiese stelsel het die besetters daar beslis ʼn paar geldige punte beet en dat hul motiewe suiwer is betwyfel ek nie, maar helaas, hul greep op die werklikheid is maar swak en hulle mik beslis soms op die verkeerde teikens, alhoewel ek met hulle eens is oor die onverantwoordelike optrede van Amerikaanse banke. En nou moet ek byvoeg - was ek ʼn 20-jaar-oue student sou ek na alle waarskynlikheid ook iewers op ʼn plein of park gaan plak het, nie noodwendig omdat ek saamstem met die protesteerders se agenda nie, maar omdat ek ʼn gulde geleentheid sou sien om my slaapsak met ʼn mooi jong dingetjie te deel.
Die Amerikaanse occupy movement is die gevolg van ʼn sisteem waar baie mense (jong mense nogal!) ʼn diep en geregverdige kommer het oor hul toekoms, oor hul kanse om ooit weer ʼn voltydse werk te hê en of hulle ooit eendag met rus in hul harte sal kan aftree. Amerikaanse bankiers verdien deur middel van doodgewone swendelary reuse-bedrae geld terwyl die werkloosheidsyfer in die VSA die hoogste in dekades is. Als heeltemal geregverdige klagtes teen die huidige sisteem.
Terwyl baie van die besetters se klagtes oor die vrye mark soos dit in die VSA gesien word geregverdig is spreek dit nie tot sommige van die heel fundamentele gebreke in die Amerikaanse finansiële sisteem nie. Om net een voorbeeld te noem, korporatiewe belasting in die VSA is van die hoogste in die Westerse wêreld, voorts word Amerikaanse maatskappye ook belas op winste wat hulle buite die VSA maak. Na die beste van my wete is dit nie die geval in enige ander land nie. Dit beteken dat geen Amerikaanse maatskappy geld wat hulle buite die VSA verdien na Amerika kan bring sonder om ook daarop belas te word nie en die logiese gevolg hiervan is dat sulke maatskappye hul geld maar doodeenvoudig in die buiteland hou en daardeur werk verskaf aan mense in Indië, Mexiko of waar ook al en dat Amerikaners daardie werk kwyt is.
Als goed en wel, maar wat is die situasie in Kanada? Die Occupy movement het natuurlik ook hier posgevat. Toronto, Ottawa, Vancouver en Halifax se parke word tans beset deur protesteerders wat hul tente opgeslaan het, luidkeels hul misnoeë met die Kanadese ekonomiese opset te kenne gee en een of ander ongedefinieerde Utopia voorstaan wat op en of ander ewe ongedefinieerde wyse tot stand gebring moet word.
Als goed en wel, maar gesien die hemelsbreë verskille tussen Kanada en die VSA, het die Kanadese occupy movement hoegenaamd ʼn punt beet? Ek dink nie so nie. Trouens, ek dink die Kanadese occupy movement is plein en simpel… wel, simpel.
Om mee te begin. Kanada het nie ʼn “housing bubble” gehad soos wat in die VSA gesien is nie. Kanadese banke het nie hulp van die regering benodig nie en is in der waarheid tans van die sterkste banke ter wêreld. Werkloosheid in Kanada is al die afgelope twee jaar besig om te daal en is tans laer as byna enige tydperk sedert die 1960s. Wanneer mens na armoede in Kanada kyk is die situasie dieselfde - ten spyte van die feit dat die inkomsteperk waar iemand amptelik as arm beskou word die afgelope paar dekades voortdurend opwaarts aangepas is, word slegs ongeveer 10% van Kanadese huishoudings as arm beskou, die laagste syfer in byna veertig jaar. Die mediane inkomste het tussen 1993 en 2008 met 21% gestyg nadat vir inflasie aangepas is.
Saam met die verhoging in mediane inkomste het vanselfsprekend ook ʼn verhoging in lewenstandaard gekom. In 1980 het slegs 30% van Kanadese huishoudings ʼn skottelgoedwasser besit, vandag is die syfer ongeveer 60%, terwyl die eienaarskap van mikrogolfoonde toegeneem het van 10% tot meer as 90%, terwyl dieselfde tendens gesien kan word by alle ander elektroniese apparate soos grootskerm TV’s, selfone en wat ook al.
Die groot en groeiende gaping in inkomste tussen die boonste een persent van die bevolking, die sogenaamde superrykes, en gewone burgers, die 99% soos die occupiers hulself noem, is natuurlik vir hulle ʼn groot bron van ergenis. Byna elke keer wanneer daar televisiedekking van die protes is sien mens ʼn plakkaat wat die regte van die 99% bepleit.
Om in Kanada as lid van die een persent te kwalifiseer moet iemand meer as Kanadese $170 000 verdien het. Hierdie syfer is verkry by Statistics Canada en dateer uit 2007. Dit sluit weliswaar nie inkomste wat uit kapitaal winste verkry is in nie. Die vergelykbare syfer in die VSA is sowat $400 000.
In die VSA verdien die top een persent sowat 20% van al die inkomste in daardie land terwyl daardie groep in Kanada ongeveer 11% van alle inkomste in hul sakke steek. Dit is naastenby dieselfde persentasie as in 1945.
Hierdie groot gaping tussen die inkomstes van die top een persent en die ander 99% word gewoonlik met groot verontwaardiging aangehaal, so asof dit vanselfsprekend skandalig is dat sommige mense sulke groot bedrae geld verdien. Daar word egter baie selde gekyk na hoe hierdie mense hul geld verdien en wat hulle daarmee maak. Soos Paul Wells tereg opgemerk het, as die aandeelhouers van ʼn maatskappy besluit om die direkteure van die betrokke maatskappy ʼn stewige salaris te betaal dan is dit ʼn saak tussen die aandeelhouers en die direkteure en niemand anders nie - die salarisse van die direkteure kom per slot van rekening uit die aandeelhouers se sakke.
Voorts betaal die top een persent in die VSA sowat 38% van alle persoonlike inkomstebelasting, in Kanada nagenoeg 25%. As die bevolking volgens inkomste verdeel word in groepe van 20% sal mens vind dat die presentasie inkomste wat deur die boonste 20% verdien word gestyg het van 45% in die vyftigerjare van die vorige eeu tot ongeveer 52% tans. Dertig jaar gelede was die bruto inkomste van die boonste 20% naastenby 33 keer meer as dié van die onderste 20%, maar wanneer die effek van belasting nou in 2011 in ag geneem word dan is die verskil nie naastenby so groot nie en is die salaristjek van ʼn lid van die top 20% nege keer groter.
Wanneer mens hierdie top 20% se inkomste verder ontleed kom mens op ʼn interessante verskynsel af: die groei in inkomste het byna uitsluitlik in die boonste een persent van daardie 20% plaasgevind, oftewel, die onderste 19% se sny van die koek het min of meer konstant gebly. Die ekonoom Mike Veall het hierdie groepie mense verder bekyk en gevind dat die toename in inkomste meestal by die boonste 0,1% lê, oftewel diegene wat meer as nagenoeg $600 000 per jaar huis toe neem. En in daardie 0,1% is weer ʼn meer uitgelese groepie. Te wete die heel boonste 0,01% wat meer as $1 800 000 per jaar verdien. Oftewel, daar is in Kanada geen sprake van ʼn bevolking wat in twee groot groepe, naamlik die haves en die have-nots verdeel is nie - daar is bloot ʼn paar duisend besonder stinkryk mense wie se inkomste baie meer is as die ander 34 miljoen Kanadese, daardie groep hoi polloi wat 99,99% van die bevolking beslaan.
Wie is hierdie mense? Sonder twyfel is daar heelwat sakemanne en vroue (onder andere Arlene Dickinson, ʼn Suid-Afrikaans gebore bemarkingsdeskundige), maar daar is vanselfsprekend ook ʼn hele aantal sportsterre (veral yshokkiespelers) en natuurlik popsangers.
Dit is natuurlik nie net in die VSA en Kanada waar ʼn klein presentasie mense wegstap met ʼn oënskynlik buitensporige deel van die bevolking se totale inkomste nie - dieselfde situasie word gevind in baie lande met ander ekonomiese en politieke omgewings, selfs ook in Swede.
Iets wat wel anders is as ʼn aantal dekades gelede is dat mense wat hierdie hoë inkomstes het dit uit salarisse verdien. Veall se navorsing toon dat welgestelde Kanadese van sestig of sewentig jaar gelede die meeste van hul inkomste verkry het uit die besit van kapitaal terwyl meer as 70% van vandag se superrykes se inkomste uit salarisse afkomstig is.
Nog ʼn bevinding deur Veall toon dat Franssprekende Kanadese se salarisse nie so vinnig gestyg het as dié van hul Engelssprekende landgenote nie. Trouens, daar is ʼn wêreldwye tendens dat salarisse in lande waar Engels algemeen gepraat of verstaan word oor die algemeen hoër is as elders, waarskynlik omdat mense wat hierdie taal magtig is makliker tussen verskeie lande kan beweeg en oral werk kry. Wat dit eintlik beteken is dat daar strawwe kompetisie in die sakewêreld is vir die kundigste Engelssprekendes. Oftewel, meritokrasie. Is daar iets verkeerd wanneer die VSA die beste mense in verskeie vakgebiede lok - hetsy die natuurwetenskappe, ekonomie, die sakewêreld en ja, selfs die geesteswetenskappe?
Die volgende vraag wat natuurlik opduik is: wat kan mens daaromtrent doen, dit wil nou sê as mens van mening sou wees dat dit onaanvaarbaar is vir ʼn klein groepie mense om soveel geld te verdien. Moet die superrykes (en selfs die wat nie so superryk is nie maar wat nog in die boonste twintigste persentiel val) meer belasting betaal? Die occupiers in Kanada vind hierdie opsie natuurlik baie aantreklik. Maar teen hierdie tyd is die gevolge van ʼn buitensporige hoë belastingkoers al goed bekend. Die huidige marginale belastingkoers hier 44%, wat federale belasting, Provincial Sales Tax (PST) en General Sales Tax (GST insluit, alhoewel PST verskil van provinsie tot provinsie. Na my mening is dit omtrent so hoog as wat ʼn regering kan hef sonder om inisiatief te onderdruk. Die hoogste marginale koers was veertig jaar gelede twee keer hoër as tans en toe het die superrykes inderdaad minder belasting betaal as nou. Stephen Gordon het bereken dat ʼn 10% toename in die marginale belastingkoers op inkomste van meer as $500 000 hoogstens $4 biljoen aan die staatskas sal lewer en waarskynlik minder. Dit is in terme van die Kanadese begroting as geheel in baie klein bedrag.
Ek begryp steeds nie waarom soveel mense so ontsteld daaroor is dat ʼn klein aantal mense so baie geld maak nie. Mens het net nodig om sowat $70 000 te verdien om as een van die top 10% in Kanada gereken te word, en ek het geen twyfel nie dat baie van die joernaliste wat simpatiek staan teenoor die occupiers jaarliks soveel geld verdien nie, en ook dat heelwat van die protesteerders en beslis ook hulle ouers in daardie groep val.
Ek ontken nie dat daar baie ongelykhede in die Kanadese samelewing is nie, ook nie dat baie meer gedoen kan word om hierdie ongelykhede uit te wis nie. Maar die Kanadese occupiers se standpunte is doodeenvoudig nie gegrond op enige rasionele begrip van die harde werklikhede nie. Na my mening is hulle oningelig - en dan stel ek dit baie sag.
Baie van die informasie het ek verkry van artikels deur Paul Wells en Andrew Coyne, sowel as uit die webwerf van Statistics Canada.
You can talk about the pain and the struggle
You can discuss hard times or life in a nutshell
Or (a hunger) because Momma took the welfare (and bailed?)
Then you don’t know how it is.
They are fighting addiction while providing for four kids
The definition of a true man,
He never let the world get in the way of him being a dad
So tell me where have you been?
I’ll tell you right now,
Until you crawl under that bridge and huddle up against the wall
Take off them busted-ass shoes, feet riding the railroad
Then you don’t know what I been through or where I’ve been
Knowing that tomorrow I’ll be in the same place again
Dry my tears in the wind
You say you feel my pain
But you don’t even know what pain is.
© Louis Cameron Rodriguez
[‘n Transkripsie van ‘n gedig wat Rodriguez weergegee het tydens die Occupy OKC rally.]
Tuesday, November 8th, 2011
Daar kom ‘n tyd, soms voel dit soos tye, wanneer mens moet begin uitsorteer, weggooi, wegpak. En dan is dit skielik asof stemme uit ‘n verlede waarvan jy lankal vergeet het weer boontoe kom. Miskien omdat jy nou nader aan hulle is.
In Parys is die stof onsigbaar. Jy sien of ruik dit nie - alhoewel Parys ‘n besonderse reuk het, soos alle stede maar. Dis waarskynlik die enigste plek op aarde waar jy my ná ‘n afwesigheid van jare geblinddoek in die middel van die nag kan los en ek sal instinktief wéét waar ek is. Niks te doen met sentimente nie - bloot die palimpses van oorlewingspatrone, reise en drome wat hier weggeraak het.
Maar trek jy na ‘n lang tyd ‘n laai oop of gaan soek op ‘n boonste rak na ‘n verlore meesterwerk, dan is dit daar in ‘n lagie: die klewerige gitswart stof van Parys. Dis natuurlik die stadsbesoedeling - arglistig, die onwaarneembare verstofliking van ‘n stad waar miljoene mense lewe en beweeg, met strate vol motorkarre (”stink, warm beeste,” het Jan Rabie hulle met misnoeë genoem) en onsigbare rook. Miskien is dit meer roet as stof. (En die stad is nogal trots op sy nuutgewonne skoonheid en suiwerheid, dat allerlei voëlsoorte na vele geslagte weer teruggelok is na die parke. Oorkant my ateljee woon ‘n egpaar kraaie in die bome; hulle hou my dop. Daar’s nie haas nie.)
Daar is ou notaboeke, ongepubliseerde gedigte op dun velletjies papier nou haas onleesbaar, ‘n bestellys van maandelikse ‘ekstras’ aangekoop in Pollsmoor-gevangenis teen die einde van jou tyd daar - waaronder drie soorte tabak, natuurlik vir die smokkel in ruil vir vrugte of leesstof. ‘n Swartbesmeerde lêer val oop. Briewe van André, Karel Schoeman, Ampie, Jan (o.a. uit Kreta)…

Dis ‘n poskaart van Peter Blum. Op die voorkant jou naam en adres. Die stempel wys dis om 2.15pm die 14de September 1967 in Chiswick gepos.
Soos die toeval maar maak, noudat alles begin toeval en swaar van voorbodes en ‘tekens’ is, het jy enkele dae gelede in ‘n ander lêer op ‘n brief van Henrietta Blum afgekom, twee ligblou velletjies lugpospapier… “Jou brief van 1967 het ek op die tafel in die woonkamer gekry en dit as teken van Peter aanvaar, dat ek vir julle moet skryf: op 5 Desember het hy in die hospitaal gesterf. (HB se brief is gedateer 8 Desember 1990) [-] Dankie dat jy met soveel innige waardering van sy gedigte gepraat het. Die mense het Peter nooit verstaan nie. Hy wou nie laat agterkom hoe verlore en ontuis hy voel nie. Een maal ‘n vlugteling, vir ewig ‘n vlugteling.”
Wat hét geword van Peter Blum se gedagtes? Wat wou hy te kenne gee met die boodskap? (Die ander kaarte was veel meer wrang, pittig, skunnig, snaaks.) Waarskynlik het jy op daardie stadium vreeslik vol van jou eie voortvarende selfvoldane insigte vir hom die liviete probeer voorlees oor wat in Moermikland gebeur. En wat sou die toepassing kon wees op wat nou aangaan, sê nou maar aan die Skellumbos Universiteit, die witgemuurde vesting van behoorlik onnosele maar so gedienstige ‘etiese’ ydelheid?

Friday, November 4th, 2011
windeier, sommer
In ‘n poging om die vertaalde Tranströmer vers van vanoggend uit die web te lok, te knip en dan oor te plak en aan te stuur vir ‘n ou digtersvriend (halfbroer) wat nou saam met sy Turks-Amerikaanse vrou met irisse boer iewers in Toskane - immergroen knolplant met pronkerige blomme, flap; reënboog; reënboogvlies v.d. oog: dankie, VAW - want hy staan ook met die een voet in die gapende graf van ou briewe (die vlietende reënboog is ‘n vlieslied) / en omdat ek nie weet hoe om dit te doen nie, hoe om te vertaal nie, kry ek toe die volgende resultaat. (My tata sê daar is nog baie poelpetate in die Vrystaat - jy beter jou patats oppas!)
Answers to Letters
In the bottom drawer of my desk I come across a letter that first arrived twenty-six years ago. A letter in panic, and it’s still breathing when it arrives the second time. A house has five windows: through four of them the day shines clear and still. The fifth faces a black sky, thunder and storm. I stand at the fifth window. The letter. Sometimes an abyss opens between Tuesday and Wednesday but twenty-six years may be passed in a moment. Time is not a straight line, it’s more of a labyrinth, and if you press close to the wall at the right place you can hear the hurrying steps and voices, you can hear yourself walking past there on the other side. Was the letter ever answered? I don’t remember, it was long ago. The countless thresholds of the sea went on migrating. The heart went on leaping from second to second like the toad in the wet grass of an August night. The unanswered letters pile high up, like cirro-stratus clouds presaging bad weather. They make the sunbeams lustreless. One day I will answer. One day when I am dead and can at last concentrate. Or at least so far away from here that I can find myself again. When I’m walking, newly arrived, in the big city, on 125th Street, in the wind on the street of dancing garbage. I who love to stray off and vanish in the crowd, a capital T in the mass of the endless text.
TOMAS TRANSTRÖMER (1981)Vertaal deur Robin Fulton.
Wat volg is die… (gevolg) van die poging om die ‘oorspronklike’ weer te herstel, veral die lynafbakening, en dit word toe ‘n spel van vraag en vervaging. Vraag: Hoeveel ‘stemme’ is daar opgesluit in ‘n teks? Wat is die eggo’s wat jy hoor, en hoekom? (Iewers onder die woordhopies en letterstrepies - meen jy - is daar iets waar te neem van die primordiale kreet.) Stom kreet? En dit kan nie vervals word nie? Wie toor daar in die toring? Jy kan tog nie uit die gedig ‘vertaal’ (vertaalhaal) wat nie reeds daar is nie, al waai die woorde ook weg op die wind. Vertaal is windverwoording.
Natuurlik kan dit vir ewig aanhou. Ons gaan dood, kom tot ‘n einde, omdat daar te veel alternatiewe is. Zeno se aksioom - dat die ewigheid of die oneinde bestaan (en nie bestaan nie) omdat dit wat jy wéét of hét weer en weer verdeel (en gedeel?) kan word. (En weer.) Wat se ‘spore’ bly oor van ‘n ‘eie’ (hoeveel vere van die eier) in die variante? “Le mouvement, fut-il chaotique: jusqu’ici, on n’a pas trouvé mieux contre la mort.” Synde: Beweging, al is dit ook chaoties: tot dusver het ons nog nie iets beter teen die dood gekry nie. Meerstemmige beweging?
Let daarop hoeveel slaankrag of wagkrag opgesluit lê of losgelaat word in jou keuse (?) van enjambementering. Jy sou kon argumenteer dat dit juis dáár is dat beweging ontstaan… en waar die paaie (moontlikhede) vurk. (Jy - ek? - bevraagteken die keuses gemaak, bewustelik of nié, deur die twyfelende Tomas, of sy vertaler. Jy begryp nie mooi hoekom die some juis dáár gestik is en nie elders nie. Jy ‘onteien’ die maker/versaker. Jy neem ‘n bietjie van sy las oor. En sy laste? Versmaker. Versmakker. Makkelaar. Maakmekaarmak. Die digter hakkel sy woorde tot begrippe soos die makelaar sy aandele tot wins.}
answers to Letter
a letter that first
a letter in panic, and it’s
the second time.
four of them the day
black sky, thunder
window. The letter.
Tuesday and
may be passed in a
line, it’s more of a
wall at the right
steps and voices, you
there on the other side.
I don’t remember, it was
of the sea went on
second to
an August night.
like cirro-stratus
make the sunbeams
One day when I am dead
so far away from
When I’m walking,
in the wind
to stray off
in the mass of the endless
(”skryf is hoed afhaal en vertaal”)
gee my jou jas en jou tarentale
kom laat ons stotter in al die
valerwordende vokale van skemering
maar gee my jou taaljas
jou droomtrommel en jou maan-
oppas: dat ons saam mag vernaam
© Breyten Breytenbach. November 2011
Thursday, November 3rd, 2011
Ek het baie vakansies as kind in die Hermanus-Onrus-gebied deurgebring en was eindeloos lief vir daai kus met sy wilde storms and groot see. Vir ‘n paar jaar was ons bevoorreg genoeg om selfs ‘n huisie by die see op Onrus te besit en as gesin het ons wonderlike vakansies daar deurgebring. Maar toe kom die mense en die rus op Onrus word al hoe minder rustig en al hoe minder veilig. Verlede jaar verkoop ek my huisie by die see en koop … ja, dis ‘n ander storie vir ‘n ander dag.
 My huisie by die see
Tydens my besoek aan Suid-Afrika vroeër hierdie jaar, het my liewe vriendin, Santa, my genooi om by haar dogter op Jakkelsfontein te kuier en ek het sodoende my hart op die lang oop strand met sy wit sand en geselsende seemeeue verloor. Dis winter. Die see is groot en met tye kwaai, maar die voëls speel en skater in die branders en ek spandeer ure alleen met net my kamera en die eindelose blik van niks.
 Jakkalsfonteinstrand en seemeeue
Die konsep van niks, van nêrens waaroor ek vantevore geskryf het - The Meaning of Nowhere soos Jan Morris dit beskryf - spook weer by my. My tweede aand daar ontdek ek op my gasvrou se boekrak Die Versamelde Werk van Jacques Brel en ek lees na baie jare weer die woorde van sy beroemde lied ‘Marieke Marieke’. Dit voel vir my hy moes al langs die see aan die Weskus gestap het.
Zonder liefde warme liefde
Waait de wind c’est fini
Zonder liefde warme liefde
Weent de zee déjà fini
Zonder liefde warme liefde
Lijdt het licht tout est fini
En schuurt het zand over mijn land
Mijn platte land mijn Vlaanderland
Terug in Israel woon ons die Haifa Film Festival by. Laat een aand gaan kyk ons die nuwe film van Sophie Schoukens, Marieke Marieke. Dit is die storie van ‘n jong vrou, Marieke, op soek na liefde en heling - ‘n soeke wat haar dikwels in die arms van ouer mans dryf sonder dat ons ooit hoef te voel dat sy die slagoffer van hulle begeertes is.
Die Brel-liedjie speel ‘n kritieke rol in die fliek. Die kinematografie weerspieël die woorde in die swaar donkergrys hemel wat ‘n skadu oor alles gooi. Die gebruik van kleur is uiters simbolies en minimalisties sodat wanneer die sleutel tot Marieke se soeke geopenbaar word, dit die kleur soveel as die beeld is wat die storie en betekenis dra. Daar is een aangrypende toneel waar sy in die arms van ‘n ouer man dans en hy die liedjie Marieke vir haar sing. Dit is ‘n kritiese oomblik in haar ontwikkeling en daardie woorde “Zonder liefde warme liefde /Weent de zee déjà fini /Zonder liefde warme liefde /Lijdt het licht tout est fini” Ek sal nie weer maklik na die woorde kan luister sonder dat ek weer dink aan daardie beeld van die jong vrou en ou man, elk met sy-haar pyn, wat in die verlate kamers van haar kindertydwoning dans nie. Dit is ‘n rolprent wat u maar gerus voor op die uitkyk kan wees.
 stormsee
Maar ek kan ook nie na die lied luister sonder om die strand by Jakkalsfontein aan die Weskus te sien nie. Die twee seemeeue wat met mekaar gespeel het in die water wat oor die sand spoel onder ‘n donker swaar grys hemel, op maat van hul eie lied, bly dans voor my. Dis asof die beelde van die fliek en die beelde van die Weskus by my verstrengel geraak het tot een verlange. Verlange na my land van herkoms? Na my huisie by die see? Na iets sonder naam? Is dit nie maar uiteindelik waarna soveel van ons soeke is nie - na die betekenis van nêrens en niks, na iets wat nie ‘n naam het nie, om sonder naam en sonder verlange een met die see en die wind en die groot grys hemel te word.
 Donker hemel
En dan sonder dat ek kan verduidelik hoekom, begin die aangrypende klein gebed-gedig van Hanna Szenes, die Joodse vryheidsvegter wat deur die Nazi’s in 1944 vermoor is, deur my gedagtes spoel:
Eli, Eli My God, My God
Shelo yigamer le’olam: May these things never end:
Hachol vehayam The sand and the sea
Rishrush shel hamayim The rustle of the waters
Berak hashamayim The lightning in the heavens
T’filat ha’adam. The prayer of Man
http://www.youtube.com/watch?v=QkjsqUQSrhE&feature=related
Monday, October 31st, 2011
1. Origami
You are a folded deer quick-stepping
the bog-cotton muir of a how-to-book.
Hind for the white hart whose leathery heart you have
smoothed to bleaching linen or a page
freshly rolled in the mill, I adore you
for every crease unironed in your nature.
Not for me the copper-bottomed überbeauties,
those bronzed denizens of the glossies
Who are glazed like fine porcelain and just as vacant
as washed tins dropped in the recycling
Andrew Philip
uit The Best British Poetry 2011 (bladsy 83), saamgestel deur Roddy Lumsden, Salt Publishing
Caitlin Moran is nie jou gemiddelde vrou nie. Sy is in die VK meestal bekend as joernalis, en skryf gevatte artikels en voer onderhoude vir The Times koerant. Sy is ook alomteenwoordig op die sosiale webwerf Twitter, waar haar pittige gedagtes my gereeld opbeur as die namiddag kantoor ure te lank in die tand raak.
Haar lewensverhaal, soos haar skrywes, is eksentriek, snaaks, en boeiend. Sy het in die 1970s arm grootgeword in Wolverhampton, die oudste van agt kinders in ‘n gesin waar kennis en boeke hoog op die prys gestel is. Die jong Caitlin was erg oorgewig en sonder vriende, en het ‘n ongesonde verknogtheid aan beide kaas en hyg-romans gehad. Maar, sy het ook op die ouderdom van 15 jaar haar eerste roman laat publiseer, en die jaar daarop Londen toe verhuis en as joernalis by ‘n musiektydskrif begin geld verdien. Moran verduidelik waarom sy Londen toe is: ‘I had no qualifications whatsoever, no experience of doing anything. I was also very socially awkward. It wasn’t just the fact that I wanted to be a writer, it was literally that no one would talk to me in Wolverhampton. And the only way I could conceive that I would ever make friends or be allowed to talk to someone was if I became a journalist and put it in interview to them.’ (The Observer, 19 Junie 2011). Sy het as 17-jarige vir The Times koerant begin werk. Haar energie, lewenslus en sin van humor het oor die jare vir haar ‘n reputasie opgebou in die Britse media, en in 2010 wen sy die ‘Columnist of the Year’ toekenning.
 Moran se eerste boek, met resensie van ene Terry Pratchett!
Vanjaar, op die ouderdom van 36, het Moran weer ‘n boek geskryf, met die titel ‘How to be a Woman’. In die boek gebruik Moran haar eie lewensverhaal en ontdekkings as die beginpunt vir ‘n wyere bespreking oor waarheen hedendaagse vrouens, en idees van feminisme, oppad is. Dit is ‘n vars en soms skreeusnaakse kyk na vrouwees, maar bied ook veel stof tot nadenke. Daar is nie veel wat taboe is nie - die boek sluit Moran se ervarings van masturbasie, pornografie en aborsie in, maar balanseer moeilike onderwerpe met eerlikheid, humor en deernis teenoor haar man en twee kinders. Die boek was ‘n blitsverkoper in die VK en vertoef maande lank al op die lys van Top 10 verkopers.
 Moran se tweede boek: een van die topverkopers van 2011
Vrouens, so beweer Moran, is deurgaans onder druk. Daar is verwagtinge, sommige subtiel en ander uitdruklik, wat op meisies en vrouens geplaas word en wat hul ook op hulself plaas, om sekere rolle te vertolk om aanvaarbaar te wees. In ons hedendaagse samelewing word hierdie verwagtinge gedeeltelik geskep deur die media (ten opsigte van vroue se uiterlike voorkoms) en ook deur die pornografie industrie (in terme van hoe vrouens hulself seksueel uitdruk/ onderdruk). Dit moet benadruk word dat Moran ‘n groot ondersteuner van mans is - sy hou eenvoudig baie van hulle, en voel dat baie van die verwagtinge wat vrouens benadeel, vir mans self ook in problematiese posisies plaas. In die boek bekyk sy byvoorbeeld die hedendaagse oormaat aan internet pornografie en kom tot die gevolgtrekking dat dit beide mans en vrouens negatief beïnvloed: ‘freely available, hardcore 21st century pornography blasts through men and women’s sexual imaginations, like antibiotics, and kills all mystery, uncertainty and doubt - good and bad’ (p 31).
Die boek is geskryf vanuit ‘n Westerse perspektief, en mense wat in die VK woon sal moontlik die meeste aanklank vind met Moran se verwysings na alledaagse verskynsels in hierdie deel van die wêreld. Vrouens in die VK het natuurlik oor die algemeen die kans om onafhanklik en selfstandig te lewe, wat nie wêreldwyd die geval is nie. Daar is ook nie enigeiets baanbrekend aan Moran se gedagtes nie - akademiese feministe het al in veel meer detail die rol van die hedendaagse media bevraagteken. Hierdie boek poog egter nie om ‘n akademiese geskrif te wees nie. Die waarde van Moran se boek lê daarin dat sy op so ‘n eerlike wyse met al die drukpunte omgaan, dinge verpersoonlik en sogenaamde ‘feite’ bevraagteken.
En watter ‘feite’ word hier bespreek? Moran dekonstrueer eerstens die idee dat alle vrouens dieselfde neigings het, soos tot verveling toe voorgeskryf deur glans-tydskrifte: ‘I’m going to sit out the entire world of chick footwear until designers make some that it’s possible to walk in, for more than an hour, with the easy gait of Gene Kelly about to break into a routine, and no day-long pain afterwards.’ (p 204). En oor handsakke? ‘If I were going to make a £600 investment, it would probably be in Post Office bonds - and not in something that, by and large, lives on the floor in pubs, or which I sometimes use to carry 5 lb of potatoes home.’ (p 205).
Sy bekyk ook tradisionele idees van liefde en verhoudings en die vrou se rol daarin: ‘Women are to be fallen in love with.’ (p 146). Vrouens word beoordeel met verwysing na hul suksesvolle verhoudings met mans, en nie op grond van hul eie suksesse nie. Sy vind dit verbysterend.
‘When we discuss the great tragedies that can possibly befall a woman, once we have discounted war and injury, it is the idea of being unloved, and therefore unwanted, that we wince over the most. Elizabeth I may have laid the groundworks of the British Empire, but she could never marry - poor pale, mercury-caked queen. Jennifer Aniston is a beautiful, successful millionairess who lives in a beach house in LA and will never have to stand in a queue to post a pair of boots back to Topshop’s return department with a head cold - and yet her entire thirties were written off as the decade in which she just could not keep hold of Brad Pitt.’ (p 146).
Daar is ‘n verdere verwagting dat vrouens moet uiting gee aan hul biologiese identiteit deur kinders te hê: ‘Men and women alike have convinced themselves of a dragging belief that somehow, women are incomplete without children.’ (p 241). Moran kyk na altwee kante van die saak. Om geboorte te skenk, sê sy, is een van die mees effektiewe maniere om jou lewe vir altyd te verander. En om kinders groot te maak, veroorsaak ‘n enorme verandering in perspektief oor dinge: ‘Every parent has their particular moment where they realised that, since they’d had a child, nothing really fazed them any more. For me it was the day that potty-training [my daughter] went wrong and I had to kick a poo, across a falconry display, in a marquee, at Regent’s Park Zoo.’ (p 231)

Maar sy het geen tyd vir die oordele oor vrouens sonder kinders nie: ‘The inference of the word “childless” is negative: one of lack, of loss. We think of non-mothers as rangy wolves - rattling around, as dangerous as teenage boys, or men. We make women feel that their narrative has ground to a halt in their thirties if they don’t “finish things” properly and have children.’ (p 241). Om ma te word is ‘n wonderlike belewenis, maar dit het ook sy nadele, insluitende ‘n paar jaar van jou lewe waar jy nie die koerante gaan lees of presies weet wat in die wêreld aangaan nie. Dit behoort ook nie die posisie van die vrou sonder kinders enigsins te verminder nie. Is ‘n denkende, kreatiewe, produktiewe en vervulde vrou dan nie opsigself genoeg nie, vra Moran: ‘We need more women who are allowed to prove their worth as people; rather than being assessed merely for their potential to create new people.’ (p 245).
Toe sy ‘n baie onhandige tiener was, het Moran gedroom dat sy fisies ‘n dramatiese verandering ondergaan, en in sowel voorkoms en houding ‘n prinses word. Mans sou dan om haar draai, en goeie dinge sou met haar gebeur, omdat sy ‘reg’ lyk, so op ‘n passiewe manier. Haar lewe sou kon begin. Die mees waardevolle boodskap wat ‘How to be a Woman’ oordra is wat Moran intussen geleer het - dat ons almal liewer aktief die wêreld moet betree en aanpak, en dat goeie dinge - en mense - op hierdie wyse hul opwagting in jou lewe sal maak. ‘How to be a Woman’ is ‘n wekroep tot aktiewe en outentieke deelname in jou eie lewe, op jou eie terme, in plaas daarvan om sekere afgeskaafde rolle te probeer vertolk.
The Woman in the Ordinary
The woman in the ordinary pudgy downcast girl
is crouching with eyes and muscles clenched.
Round and pebble smooth she effaces herself
under ripples of conversation and debate.
The woman in the block of ivory soap
has massive thighs that neigh,
great breasts that blare and strong arms that trumpet.
The woman of the golden fleece
laughs uproariously from the belly
inside the girl who imitates
a Christmas card virgin with glued hands,
who fishes for herself in others’ eyes,
who stoops and creeps to make herself smaller.
In her bottled up is a woman peppery as curry,
a yam of a woman of butter and brass,
compounded of acid and sweet like a pineapple,
like a handgrenade set to explode,
like goldenrod ready to bloom.
- Marge Piercy
www.margepiercy.com
Saturday, October 29th, 2011
Oktobermaand. Dit bly tog die mooiste, mooiste, maand. Hier, en ook verseker, in die lentewordende Suiderland. Om ooparm onder die massiewe herfsplatane te staan en kyk hoe die koorsgeel blare val, is nonpareil. Dis soos om in ʼn sneeustolp te staan. Betowerend. Momenteel afgesluit van die wêreld. Vasgevang in ʼn oker-oomblik onder glas. Dis nie bleek of koud met ysige sneeuvlokkies wat uit die bleektes val nie - dit brand van kleur.

Om die seisoen met ʼn kransie bladgoudblare te verwelkom, twee verse:
AUCKLANDPARK: DRIE HERFSVERSE
( Eerste vers van die trio)
Die platane
In Twickenhamlaan kraak die eerste tekens
van die verandering van seisoene ondervoets
en die skadu’s neig reeds na die kouer suide.
Ons beleef ʼn vroeë herfs, maar in hierdie tye
gee die platane geen metafore prys nie:
Die hoë stamme vertak vier-, vyfvoudig;
die bas is bontgrys gevlek en glad;
die puntige blare gloei in geel en groen.
Die platane staan skynbaar staties op straat.
Die platane verteenwoordig net hul eie soort.
Uit: Martjie Bosman. Toevallige tekens. Protea Boekhuis. 2010
infrancio y muerte
die herfs laat die laning verslete
wolke trek die kanaal styf tot bleek akwaduk
(moenie weggaan nie, nou dat ek jou nodig het)
in die onderpad soek ek na die veldhoed op jou kop.
(komaan, gedy!)
jy lyk gemaklik wanneer jy
seisoene omdraai in ʼn lusernland
(laat my toe om jou te teken!)
jou voete proe die milde sooie
wanneer jy sorgvuldig mielies plant
volgens die maan se stand
(ek wil probeer!)
die reënseisoen meld homself aan
met paddas terloops in sluise
warrelwinde ruk veldmuise uit voetpaaie
jy skrik asof ʼn kind wanneer die weerlig
dadelpalms soos kerse klief
(moenie keer nie!)
in die jaar van die vloed
het slange hul velle prematuur verlaat
Uit: Melt Myburg. oewerbestaan. Protea Boekhuis. 2010
 Wilde sampioene
In die bosse en woude om ons dorpie koor daar plate sampioene oopmond in die klam ryk grond; chanterelles, girolle, cépe, mousseron, morille, pied de mouton, en dan is daar die vreesaanjaende maar heerlike trompette de la mort. ( daar bestaan twee soorte, hulle lyk amper dieselfde: die een is dodelik, die ander een, ʼn lekkerny.)
Hier draai ʼn legende in die rondte wanneer die eerste sampioene van die seisoen in stomende risotto’s en bredies op wagtende borde verskyn: dat mens jou verwende wederhelf die ewigheid kan instuur met ʼn guitige glipsie sampioensous. Jy kan perdalks net verby die owerhede kom met ʼn: ‘ek het nie geweet dat die dingetjie giftig was nie!’ Gewoonlik het elke eetbare variteit ʼn duiwelsdodelike doppelgänger.
Voordat die wit winter kom en ouma se handgebreide sokkies oopgerol word, stap die mense hier die wêreld vol. Ek haal selwers Wielietjies se bloedrooi halsband uit en onderneem ʼn staptog of twee - so onder deur die herfsconfettiereën. My saamdraboekie is byderhand vir ʼn skets of wat, maar ook vir ʼn wilwordende stapgedig.
Die stapgedig loop reeds met ons saam vanaf die antieke Griekse letterkunde.(Theokritus. 3de eeu vC.) Mens kan dalk Dante(1265-1321) se Inferno ook beskou as ʼn baie lang stapgedig. Ook so met die gedig Alegro van John Milton.(1608-1674),en Edmund Spencer se Prothalamium. In die 19de eeu het ons goeie voorbeelde van William Wordsworth (1770-1892) An Evening Walk en Walt Whitman(1919-1892) se Song of the Open Road.

Song of the Open Road ( Ek plaas slegs die eerste van 15 indelings.)
1
Afoot and light-hearted I take to the open road,
Healthy, free, the world before me,
The long brown path before me leading wherever I choose.
Henceforth I ask not good-fortune, I myself am good-fortune,
Henceforth I whimper no more, postpone no more, need nothing,
Done with indoor complaints, libraries, querulous criticisms,
Strong and content I travel the open road.
The earth, that is sufficient,
I do not want the constellations any nearer,
I know they are very well where they are,
I know they suffice for those who belong to them.
(Still here I carry my old delicious burdens,
I carry them, men and women, I carry them with me wherever I go,
I swear it is impossible for me to get rid of them,
I am fill’d with them, and I will fill them in return.)
Daar is voortreflike twintigste-eeuse voorbeelde van die Stapgedig:
Guillaume Tollenare- Zone
Robert Frost- The Wood-pile
Wallace Stevens- An Ordinary Evening in new Haven
Frederico Garcia Lorca- Poet in New York
Elizabeth Bishop- The End of March
Sylvia Plath- Beck-Plage
Johan Ashberry-Au Grand Gallop
The Wood-Pile. Robert Frost.
Out walking in the frozen swamp one gray day,
I paused and said, “I will turn back from here.
No, I will go on farther — and we shall see.”
The hard snow held me, save where now and then
One foot went through. The view was all in lines
Straight up and down of tall slim trees
Too much alike to mark or name a place by
So as to say for certain I was here
Or somewhere else: I was just far from home.
A small bird flew before me. He was careful
To put a tree between us when he lighted,
And say no word to tell me who he was
Who was so foolish as to think what he thought.
He thought that I was after him for a feather –
The white one in his tail; like one who takes
Everything said as personal to himself.
One flight out sideways would have undeceived him.
And then there was a pile of wood for which
I forgot him and let his little fear
Carry him off the way I might have gone,
Without so much as wishing him good-night.
He went behind it to make his last stand.
It was a cord of maple, cut and split
And piled — and measured, four by four by eight.
And not another like it could I see.
No runner tracks in this year’s snow looped near it.
And it was older sure than this year’s cutting,
Or even last year’s or the year’s before.
The wood was gray and the bark warping off it
And the pile somewhat sunken. Clematis
Had wound strings round and round it like a bundle.
What held it though on one side was a tree
Still growing, and on one a stake and prop,
These latter about to fall. I thought that only
Someone who lived in turning to fresh tasks
Could so forget his handiwork on which
He spent himself, the labor of his ax,
And leave it there far from a useful fireplace
To warm the frozen swamp as best it could
With the slow smokeless burning of decay.
As jy in die stad woon aan pastorale woude ontbreek kan jy altyd vir veertien blokke gaan stap, aan die einde van elke blok skryf jy net een lyn neer en kom so vorendag met ʼn gawe Stap-sonnet!
 Disney temaliedjie vir The Hunchback of Notre Dame.
Die koper klokke van die Notre Dame.
Sedert 1856 lui die vier klokke van die Notre Dame katedraal in Parys elke 15 minute. Sonder ophou. Hulle het die einde van die Eerste Wêreld Oorlog aangekondig, ook die bevryding van Parys in 1944. Die vier klokke is deel van die tekstuur van Parys en het elkeen ʼn naam: Angelique-Françoise, Antoinette-Charlotte, Hyacinthe-Jeanne en Denise-David. Hierdie geliefde inwoners uit die Gotiese katedraal word volgende jaar opgesmelt en word dan vervang met nege nuwes. Wat glo gaan beier soos die oorspronklike 17de eeuse klokke.
Die aankondiging het ʼn gedoente in Parys veroorsaak, baie voel dat die 19de eeuse klokke ook deel vorm van Parys se letterkundige geskiedenis. Victor Hugo(1802-1885) se Notre Dame de Paris ( The Hunchback of Notre Dame ) word uitgelig as ʼn onvernietigbare gedeelte uit die Franse erfenis. Gelukkig gaan die Bourdon Emmanuel-klok wat in die suidelike toring hang, gespaar word. Ons sal moet sien wat word van die toorn wat sopas oor die Stad van Lig begin optrek. Intussen, het ek iewers nog ʼn klok hoor lui….uit Walt Whitman se digboek.
Little Bells Last Night
War-suggesting trumpets, I heard you;
And you I heard beating, you chorus of small and
large drums;
You round-lipp’d cannons!-you I heard, thunder-
cracking, saluting the frigate from France;
I heard you, solemn-sweet pipes of the organ, as last
Sunday morn I pass’d the church;
Winds of Autumn!-as I walk’d the woods at dusk, I
heard your long-strech’d sighs, up above, so
mournful;
I heard the perfect Italian tenor, singing at the opera;
I heard the soprano, in the midst of the quartet
singing;
Lady! you, too, I heard, as with white arms in your
parlor, you play’d for me delicious music on the
harp;
Heart of my love!-you, too, I heard, murmuring
low, through one of the wrists around my head-
Heard the pulse of you, when all was still, ringing
little bells last night under my ear.
The Art of Recklessness. Poetry as Assertive Force and Contradiction deur Dean Young ( Graywool Press. 1910) het met die Amazon-poskoets hier by La Creuzette aagekom. Sommer so ʼn kruiwa-vrag ander boeke ook - met die oog op die kiltes wat kom!
Young se boek kap ʼn paar vreemde draaie en hy pleit vir ʼn vurige aanloop by die skep van die digkuns, want as die vonk verdwyn dan is daar groot moeilikheid: ‘ Once that critique has been assimilated or worn out, it becomes defanged, domesticated, no longer combative, rather quaint. Quaintness may be the worst that can happen to art, its fire replaced by a lava lamp.’ Nog ʼn aanhaling/aanplaksel waarvan ek van hou: ‘Poetry is not a discipline. It is a hunger, a revolt, a drive, a mash note, a fright, a tantrum, a grief, a hoax, a debacle, an application, an affect’.
Ten slotte: ‘ The blood may be fake but the bleeding must be real.’
 LJVV. Begeerte en herrinering. Olie op doek.2010
Daar is in Parys ʼn boeiende fotografiese tentoonstelling deur Gisèle Freund. Die titel van die tentoonstelling is: L’Oeil Frontière. Dit kan gesien word tot 29 Januarie 2012 by die Fondation Bergé/Yves Saint Laurent. Freund het in 1933 uit Duitsland na Frankryk gevlug waar sy in 2000 op 91-jarige ouderdom oorlede is. Haar fotografiese portrette van skrywers en kunstenaars is welbekend.
 Gisèle Freund
Die herfs is ook die begin van die jagtyd in Frankryk. Ek het vanoggend wakker geword van skote in die vertes. Hase, wildevarke, bokkies en vogels van enige veer word uit al vier hoeke bekruip. Ek moet nog tot besinning kom oor dié nasionale sport Hordes geklee in eienaardige pakkies en hoedjies vaar wreed die bosse en woude binne. Geknakte ysterlope, nonchalant, oor die arm. Honde wat tjommel en tjank. (Ek vermoed dat ek dalk nog ʼn kas-vegetariër is. )
 LJVV. Die Jagter se Dogter. Pastel op katoenpaier. 2010
Die jagter se dogter
Jaghoring krul ‘n hoë noot,
miswit skoorsteenrook.
Koperklanke rasper die klipmuur op,
hoog, tot by die dak se hoogste nok.
‘n Nes vol kuikens piep.
Pette, baadjies en gepoetste leer.
Hoefysters skop teen die kegels,
stalkombers grys in die oggendmis.
Honde met kolle wat huil en kerm:
rooipers tong, beenwit spykertand,
slym en kwyl en wilde oog.
Vos en haas raak angstig weg,
klam spoortjies op vertrapte mos.
Hart wat soos ‘n hamer slaan,
geel oog opgeslaan na die berge.
Skoot spoeg dood uit die ysterloop:
lood en roes in vel en been.
Skottel en mes op die roukliptafel,
been en bloed en stront.
In ‘n woud van klewerige karkasse
staar ‘n oog nog lewend uit.
Met ‘n mond van kinderlippe
probeer sy lewe deur
die dier se verskeurde bek blaas.
Sneeu bedek ‘n duisend spore,
stil die werf in skemer kil.
Haar laaste sien is rook en roet.
Onder digte bosse doring sluit sy moeg haar oë,
prewel kinderrympies in die warm jakkalsnes.
Vlokkies sneeuhael bedek haar spore,
bring verlossing en die groot vergeet.
Uit: Louis Jansen van Vuuren. Tempermes.Queillerie. 2010
Voordat al die spruite begin vries, probeer aanhouer vissermanne nog ʼn laaste keer om ʼn ietsie vir die pan uit te trek. Dit is suiwer vreugde om op die bruggie oor die Petit Creuse te staan en jou gedagtes in die watervlak te week. Ek sien die 29 brûe in Parys wat sprakeloos oor La Seine span. En die ongelooflike lewende brûe van Cherrapunji in Indië. (Van die brûe is meer as 30 meter lank en sommiges die kenners meen, is meer as 500 jaar oud.)
Van ʼn brug af sien mens dikwels water.
 LJVV. Pont Neuf. olie op doek. 2009
Melopee
Hitte en koue, wind, water en sneeu.
Die aarde se agente van verweerde
versplintering: vuur, wind en verbrokkeling.
Afraand, alles, alles, altyd afrdraand
met die vloeikaart van ʼn hand
wat ook maanlignagte en vlaktes onthou,
die blinkgetrapte spinnerak van voetpaadjies
teen kliprante, selfs die droë koggel
van ʼn windpomp in ʼn verste kamp,soms.
Hitte en koue, wind, water en sneeu.
Soggens, met eerste lig, die mis
by ʼn studie van rivier en boom, uitasem,
die enkele roeier wat verby
kreukel, vir ʼn oomblik
die watervlak steur: afdraand,
alles, alles, om gedwee spane
neer te lê en buite sig te verdwyn
met die water
as enigste verloop-
Uit: Louis Esterhuizen. wat die water onthou. Protea Boekhuis. 2010
Thursday, October 6th, 2011
Ek onthou die eerste klas van ons M-program in Kreatiewe Skryfkuns. Daar was elf van ons - nommer twaalf se pa het op sterwe in Ierland gelê - hy’t nooit opgedaag nie. Ek was spyt want ek is baie lief vir die Ierse stem en humor. Ek was nie die oudste student in die klas nie, maar die meeste was wel so jonk soos my kinders. Ek het hulle versigtig bestudeer. ‘n Paar het uitgestaan, een omdat sy so klein en maer was dat dit moeilik was om te glo sy’s oud genoeg om daar te wees. Sy’s ‘n geslypte koerantredakteur ontdek ek later. Die ander ding wat uitgestaan het is dat sy ‘n Duitse dirndl rok in rooi en wit aangehad het en toe sê sy wil ‘n roman skryf. Almal wil ‘n roman skryf! Wel, ek het toe al geweet dat ek nie ’n roman wil skryf nie, maar dit is soort van die doel van sulke programme, nie waar nie?! So my nie-fiksie drome was my geheim … vir eers.
Maar Vanessa, die meisie in die rooi en wit dirndl rok wat dit duidelik gemaak het sy gaan ʼn roman skryf , het stil haar droom, haar opdrag gevolg. Haar kortverhale wat sy onder protes geskryf het, was anders, nes haar klere anders was - een dag uiters modern en sexy, die volgende dag outyds Duits en effe preuts, maar sy het altyd mooi gelyk want sy is mooi. As groep ontwikkel ons vinnig ‘n groepsgebondenheid: ons eet saam op die gras tussen ons klasse, elke dan en wan gaan drink ons ‘n bier êrens in Tel Aviv saam. Die enigste man in die klas woon nes ek in die noorde van Israel. Ons ry dus elke Dinsdag 45 minute bus en dan ‘n uur en ‘n half trein saam en al die pad huis toe bespreek ons klasse, klasmaats, lektore en wat ons wil skryf. Sy eerste kortverhaal het geëindig met die woorde: “He looked into the mirror and saw the face of a man who had killed another man.” Daaroor het ons ook lank gesels.
En toe’s dit alles verby. Ons het graad gevang en spat uitmekaar.
Eendag kry ek ‘n brief van Vanessa - haar roman is in Duits vertaal en word in Duitsland uitgegee. Dis ‘n reuse sukses - baie van die groot Duitse dagblaaie wei hele bladsye aan haar en sy praat hier en daar en oral oor haar boek. Ons ontmoet mekaar nog soms in Tel Aviv en gesels oor haar sukses, oor haar nuwe roman, oor my Olga Kirsch biografie. My Judy lees haar boek in Duits en is baie beïndruk. Ek gaan luister as sy by die Internasionale Boekfees in Jerusalem praat.
 Vanessa lees voor
Sy stuur vir my die oorspronklike wat in Engels geskryf is en as tesis vir haar MA gedien het - ek lees dit dwarsdeur die nag. Vroeg in die teks is daar ‘n stukkie digkuns…
From between my shutting and opening eyelids, I see his eyes fixed on me.
He takes my hands, I let him take my hands.
He leads, I let him lead, I want him to lead. I take control, guide him.
I take his hands, he lets me take his hands.
I lead, he lets me lead, he wants me to lead. He takes control, guides me.
I search, he searches, we search.
From between my shutting and opening eyelids, I see his shutting and opening eyelids.
Our eyes fix on the ceiling. On my ceiling. On the lines of my ceiling.
The sex, just like the rest of the night, felt like a flashback and a flashforward at once.
Op ander plekke in die boek sou mens die teks as ‘n gedig kon oor tik. Dit sou net so goed werk.
Ek onthou dat ek dit een maal met Mongwane Wally Serote gedoen het: in ‘n digkuns werkswinkel het ek ‘n Serote gedig en ‘n stukkie van sy prosa, getik soos ‘n gedig, voorgelê en die deelnemers gevra watter die gedig en watter die prosa was. Die helfte het verkeerd geraai. So sou mens met Vanessa se skryfwerk ook kon maak.
 Vanessa, na die voorlesing
Sy vertel my dat die storie van haar boek gedeeltelik waar is en die res fiksie - soos so dikwels met eerste novelles gebeur. Omdat ons teen die tyd al baie ure gesels het, kan ek raai watter gebeure in die boek werklik plaasgevind het en watter nie. Net voor ons mekaar die eerste keer ontmoet het, was sy in Poland saam met haar Oupa. Hy het haar soontoe gevat sodat sy kon sien vanwaar haar grootouers kom, wat hulle as gevolg van die Nazi’s alles verloor het; sodat sy kan verstaan hoekom haar ma is soos wat sy is en waarom haar ouma nooit stories uit die ‘goeie ou dae’ vertel nie. Hulle was nie goed nie. Hy vra haar om sy storie te boek te stel.
Vanessa se roman dra by tot ʼn nuwe aspek in die Holocaust genre - “third generation survivors.” Dit het te make met dood en verlies, met leiding en oorlewing, maar die grootste van alles is die verlies aan onskuld - the loss of innocence. Die verlies van onskuld tot in die derde en dalk nog die vierde geslag.
Ek besef dat almal van ons in die klas oor ʼn soort verlies geskryf het. Dis die realiteit van in Israel skryf - oorlog, verlies, oorlewing is altyd sentraal tot waaroor hier geskryf word, want dis deel van hoe ons hier leef. Miskien is dit maar waaroor geskryf word. Punt!
Frank Kermode in sy pragtige aangrypende outobiografie, Not Entitled: A Memoir, stel dit so duidelik: “The story of life must, insofar as it is truthful, be at least in part a story of loss and desertion inflicted and received.” Ja, ek dink dis waaroor alle skrywes gaan - ook Vanessa se pragtige debuutroman.
Thursday, September 22nd, 2011
 Covered alleyway
Itawon is die Westerling se wegkomplek in Korea. Dis hier waar jy klere en kos kan koop wat jou groote en smaak pas. “Big Size” tekens pronk op baie winkels en Richard Copycat se American Diner is die plek om jou hongerte na ‘n burger en chips, of selfs net ‘n spek en eier ontbyt met toast te versadig. Dan is daar die WolfHound, ‘n Ierse Pub wat ordentlike vis en chips bedien. Klerewinkels, skoenwinkels en koffieshops van alle pryse en style asook juwelierswinkels is knap ingepas al langs die hoofstraat en selfs in die klein stegies wat uitloop uit die hoofstraat. As jy ‘n bierdrinker is en ‘n rugbyspeler sal jy jou ook hier tuis vind met die Iere en hul soortgelyke passies. Saans word Itaewon ‘n groot partytjieplek in die en bly alles oop tot laat in die nag, met clubs en pubs vir elke moontlike voorkeur.
 JAnis Joplin
Geskiedkundig is Itaewon se ontstaan nou gekoppel aan die Amerikaanse weermagbasis in Yongsan. Dit was maar eers ‘n rowwe plek, waar prostitusie en drank saamgevloei het in een groot rivier van menslike ontsnapping van die realiteit. Mettertyd het hierdie industrie gekrimp en bestaan tans as toerisme/bedrywende besigheid nog op homo hill waar jy saans na nege die dames en here in hul rokkies kan raakloop, waar hul gewoonlik voor hul “winkels” sit en skinder en die verbygangers kritiseer. Itaewon word al meer ‘upmarket’ deesdae met opgegradeerde motelle en boetiekwinkels wat duur name in die klerebesigheid verkoop. Die kunste word ook verteenwoordig met die Leeum kunsmuseum (http://leeum.samsungfoundation.org/html/intro.asp) en ander gallerye soos die Gallery Golmok hieronder, of selfs ‘n prettige plek soos die Photo taking Zone, letterlik ‘n platform wat mense uitnooi om fotos van hulleself te neem met die agtergrond, “The Photo taking Zone”; almal tekens van veranderende tye.

Mees opvallend vir my is die Oosterse benutting van spasie vir die verkoop en bemarking van besliste Westerse goedere, al is meeste in China gemaak. Itaewon is ‘n wêreld van kontras, met die straatkarakters vanaf die stalletjie verkopers, tot die sambreelman, of die vrou wat ‘n vlag dra vir ‘n romp en elke dag by die moltreinstasie se uitgang sit, tot die bekende hewige verkeer wat gewoonlik bumper tot bumper van een rooi verkeerslig na die ander jou basies forseer om die gesig wat Itaewon is in te neem, oomblik vir oomblik, in sonskyn en reent.
Vir die boekeliefhebber is daar die ongelooflike “What the Book,” waar jy nuwe en tweedehandse boeke kan koop en selfs bestel as hulle dit nie in voorraad het nie.
Om af te sluit, Itaewon is ‘n tussenin wêreld, terselfëertyd smerig en splinternuut, waar jy mense van elke stratosfeer van die lewe kan raakloop en van baie verskillende lande. Definitief ‘n plek om te besoek as jy jouself in Seoul, Suid Korea sou bevind.
Itaewon is die plek
By die moltreinstraathoek loop ‘n transvestiet my holderstebolder
terwyl die man wat onwettig internet afgelaaide flieks verkwansel
op sy hurke sit en sporadies skree vir hoeveel sy ware verkoop
“Starbucks”en “What the Book” waar ek intellektueel my kan verbeel
ek weet iets van hierdie wêreld en sy wonderlike bewoners se maak en breek
wat op twee bene loop en dit lyk sowaar met elke trap alles ondervoet vergruis
sonskyndae stroom die mense saam en uiteen, daar is altyd dié wat uit
hotelle kom, of uit die kroeg, of iets gaan eet, Sondaemiddae veral
is al wat leef op straat, in elke soort van taal word op straat gepraat
Skielik voel ek minder volksvreemd, of ek nie meer soos ‘n seer duim
uitstaan, selde voel ek so, nie eens by die huis in Suid Afrika,
want hier aan die voet van Namsan, gooi almal hul paspoorte in die vergeetboks
Hier word jou land die wêreld en jou mense die wêreld se mense
sonder artifisiële grense wat bewaak moet word deur mans met gewere
sonder vrese van ons en julle/hulle is almal hier kosmopolitaans en gelyk.
Monday, August 29th, 2011
Jack Layton (1950 - 2011)
Ek dink nie dat Versindaba al ooit ʼn huldeblyk aan ʼn politikus, lewend of ontslape, gesien het nie maar ek voel my verplig om iets oor hierdie besondere persoon te skryf, selfs al het ek skerp verskille met sy sosiale en ekonomiese beleid gehad.
Sy jeug was bevoorreg. Hy het grootgeword in ʼn omgewing van seiljagklubs, die beste opvoeding wat geld kan koop en ekonomiese welvaart. Nogtans het hy gou ʼn baie dringende sosiale gewete ontwikkel wat bepalend was vir die trajek wat die res van sy lewe gevolg het.
Layton het ʼn PhD in politieke wetenskap by York Universiteit behaal en daarna ʼn professoraat by Ryerson Universiteit beklee voordat hy die politieke terrein betree het as stadsraadslid in Toronto, waar hy verskeie projekte vir sosiale opheffing aangevoor het, onder andere skuilings en ander hulp vir hawelose mense. Later het hy federale politiek betree en in 2003 is hy verkies tot leier van die New Democratic Party (NDP) van Kanada, ʼn pos wat hy beklee het tot sy dood Maandag 22 Augustus.
Onder sy leiding het die NDP gegroei van ʼn mindere opposisieparty tot die amptelike opposisie toe die NDP in die verkiesing wat ʼn paar maande gelede plaasgevind het die destydse amptelike opposisie, die Liberale Party onder leiding van die wimp en intellektuele liggewig Michael Ignatieff, oortuigend verslaan het, tot so ʼn mate dat die voortbestaan van die Liberale Party tans deur sommige kommentators bevraagteken word.
Die sukses van die NDP in hierdie onlangse verkiesing is byna uitsluitlik aan Layton se charisma te wyte. Mense het nie vir die NDP se beleid gestem nie maar vir Jack Layton. Baie van die NDP se kandidate het nooit verwag dat hulle die paal sou haal nie - trouens, een kandidaat, ʼn jong dame van 19 jaar, het nooit eers die moeite gedoen om stemme te werf of eers ʼn politieke vergadering te hou nie - dwarsdeur die hele verkiesingstydperk was sy met vakansie in Mexiko! Nogtans het sy die sittende kandidaat van die Bloc Quebecois maklik verslaan.
Die verkiesing was nie vir Layton ʼn maklike tydperk nie. Kort voor die aanvang het hy ʼn heupfraktuur opgedoen wat ʼn totale heupvervanging genoodsaak het en hy het die hele kampanje ʼn kierie moes gebruik, ʼn hulpmiddel wat mettertyd byna ikoniese status bereik het. Kort na die heupvervanging en ook voor die begin van die verkiesing is hy gediagnoseer met prostaatkarsinoom waarvoor hy ook behandeling moes ontvang. Nogtans het hy die kampanje met energie en entoesiasme aangepak, al was dit soms duidelik dat sy onlangse heupvervanging dit steeds moeilik gemaak het om te loop. Hy het telkens sy politieke toesprake afgesluit met die volgende deklamasie: “…and I won’t! Stop! Until! The work! Is done!”
Die sukses wat die NDP behaal het was ooglopend vir hom ʼn stap nader aan sy droom: die premierskap van Kanada. Saam met sy eggenote Olivia Chow (ook ʼn parlementslid vir die NDP) het hy in die woning van die amptelike leier van die opposisie ingetrek - ʼn woning wat pas deur Michael Ignatieff ontruim is. Ongelukkig vir hom (en ek haat dit om te sê, maar waarskynlik gelukkig vir Kanada) sou sy droom nooit realiseer nie.
Op 25 Julie, slegs ʼn paar weke na die verkiesing, het Layton aangekondig dat ʼn tweede maligniteit by hom onstaan het. Die aard van hierdie kanker is nie bekend gemaak nie en is ook nie van belang nie, wat ons onthou is hoe onthutsend Lesli en ek sy voorkoms gevind het - ʼn gelerige vel styf gespan oor sy skedel en oë wat koolswart in sy gesig gloei, soos mens sien by pasiënte met terminale kanker. Hy gee die leierskap van die NDP af vir vier weke het hy tydens die perskonferensie gesê, dan kom hy weer terug. Lesli en ek het na mekaar gekyk en opgemerk, hierdie ou kom nie weer terug nie.
Hy het inderdaad ook nie teruggekeer nie en is Maandag 22 Augustus oorlede.
Wat het van Jack Layton so ʼn gewilde politikus gemaak, en waarom het sowel Lesli as ek van hom gehou al het ons nie sy platform ondersteun nie? Ten eerste het hy ʼn baie simmetriese gesig, iets wat meeste mense onbewustelik aantreklik vind. Ek is seker dat dit aan hom heelwat stemme besorg het. Hy was ook ʼn besondere media-savvy politikus wat presies geweet het hoe om enige publisiteit ten beste te benut, maar nooit op so ʼn wyse dat mens gevoel het dat sy enigste doel blote kleinlike politiekery was nie.
 Jack Layton
Ten tweede, Layton se sterkste eienskap was sy onmiskenbare en eerlike entoesiasme vir sy standpunte, iets wat hy met oorgawe en onkreukbare eerlikheid oorgedra het. Met Layton, WYSIWYG - what you see is what you get. Geen verskuilde agendas of agteraf gekonkel nie. So ietwat anders as Stephen Harper, Kanadese premier en ʼn ietwat kil persoonlikheid, ʼn micromanager by uitstek - alhoewel ek tog vir Harper sou stem (as ek kon) eerder as vir Layton, want as ek nou iemand mag aanhaal wat beslis Layton se teenpool is, naamlik Margaret Thatcher: The problem with socialism is that sooner or later you run out of someone else’s money.
Waarom sou ek nie vir Layton stem nie? Layton was ʼn voorstander van die versorgende staat, die kokon wat elke lid van die samelewing tot elke prys teen elke denkbare katastrofe moet beskerm, van ʼn logaritmies groeiende burokrasie wat op die gewone belastingbetaler teer en elke poging tot privaat inisiatief in die wiele ry. En maak geen fout nie, Kanada is selfs onder ʼn sogenaamde konserwatiewe regering steeds ʼn uitstekende voorbeeld hiervan. Layton sou dit net nog verder voer.
Hoe dit ook al sy, terwyl ek politici beskou as die skuim van die aarde is Jack Layton ʼn uitsondering - ʼn passievolle, oortuigde en bowenal eerlike politikus. Maak nie saak watter politiek-ekonomiese sisteem mens aanhang nie, elke land het mense soos Jack Layton nodig - broodnodig.
Iets wat sowel Lesli as ek getref het is dit: na Layton se dood het honderde, dalk selfs duisende mense, selfs nie eers ondersteuners van die NDP nie, blomme voor sy huis in Toronto gelaat. Hawelose mense van daardie stad, diegene vir wie hy soveel gedoen het as stadsraadslid, het uit eie beweging daardie blomme gaan oppas om te verseker dat dit nie gesteel word nie (wat dalk iets sê oor misdaad in Toronto, maar toemaar) - dit was al eerbetoon wat hulle kon doen. En wie sou ʼn groter eer as dit wou hê? Ek is seker Jack Layton smaail in sy kis.
Saterdag het Jack Layton ʼn staatsbegrafnis gekry, iets wat nie sommer gebeur met ʼn politikus wat oorlede is terwyl hy nog in die kussings was nie.
RIP mnr. Layton, ek sou nooit vir jou gestem het nie, maar Lesli en ek respekteer jou vir wie en wat jy was. Mense soos jy is dun gesaai.
Hier is die laaste brief wat Layton twee dae voor sy dood geskryf het. Dalk is dit uit ʼn politieke oogpunt so bietjie soetsappig, maar die verskil tussen Jack Layton en enige ander politikus wat ʼn soortgelyke brief sou kon skryf is dit: Layton was ernstig. Hy het werklik geglo in die sentimente wat in die laaste paragraaf uitgedruk word.
Dear Friends,
Tens of thousands of Canadians have written to me in recent weeks to wish me well. I want to thank each and every one of you for your thoughtful, inspiring and often beautiful notes, cards and gifts. Your spirit and love have lit up my home, my spirit, and my determination.
Unfortunately my treatment has not worked out as I hoped. So I am giving this letter to my partner Olivia to share with you in the circumstance in which I cannot continue.
I recommend that Hull-Aylmer MP Nycole Turmel continue her work as our interim leader until a permanent successor is elected.
I recommend the party hold a leadership vote as early as possible in the New Year, on approximately the same timelines as in 2003, so that our new leader has ample time to reconsolidate our team, renew our party and our program, and move forward towards the next election.
A few additional thoughts:
To other Canadians who are on journeys to defeat cancer and to live their lives, I say this: please don’t be discouraged that my own journey hasn’t gone as well as I had hoped. You must not lose your own hope.
Treatments and therapies have never been better in the face of this disease. You have every reason to be optimistic, determined, and focused on the future. My only other advice is to cherish every moment with those you love at every stage of your journey, as I have done this summer.
To the members of my party: we’ve done remarkable things together in the past eight years. It has been a privilege to lead the New Democratic Party and I am most grateful for your confidence, your support, and the endless hours of volunteer commitment you have devoted to our cause. There will be those who will try to persuade you to give up our cause. But that cause is much bigger than any one leader. Answer them by recommitting with energy and determination to our work. Remember our proud history of social justice, universal health care, public pensions and making sure no one is left behind. Let’s continue to move forward. Let’s demonstrate in everything we do in the four years before us that we are ready to serve our beloved Canada as its next government.
To the members of our parliamentary caucus: I have been privileged to work with each and every one of you. Our caucus meetings were always the highlight of my week. It has been my role to ask a great deal from you. And now I am going to do so again. Canadians will be closely watching you in the months to come. Colleagues, I know you will make the tens of thousands of members of our party proud of you by demonstrating the same seamless teamwork and solidarity that has earned us the confidence of millions of Canadians in the recent election.
To my fellow Quebecers: On May 2nd, you made an historic decision. You decided that the way to replace Canada’s Conservative federal government with something better was by working together in partnership with progressive-minded Canadians across the country. You made the right decision then; it is still the right decision today; and it will be the right decision right through to the next election, when we will succeed, together. You have elected a superb team of New Democrats to Parliament. They are going to be doing remarkable things in the years to come to make this country better for us all.
To young Canadians: All my life I have worked to make things better. Hope and optimism have defined my political career, and I continue to be hopeful and optimistic about Canada. Young people have been a great source of inspiration for me. I have met and talked with so many of you about your dreams, your frustrations, and your ideas for change. More and more, you are engaging in politics because you want to change things for the better. Many of you have placed your trust in our party. As my time in political life draws to a close I want to share with you my belief in your power to change this country and this world.
There are great challenges before you, from the overwhelming nature of climate change to the unfairness of an economy that excludes so many from our collective wealth, and the changes necessary to build a more inclusive and generous Canada. I believe in you. Your energy, your vision, your passion for justice are exactly what this country needs today. You need to be at the heart of our economy, our political life, and our plans for the present and the future.
And finally, to all Canadians: Canada is a great country, one of the hopes of the world. We can be a better one - a country of greater equality, justice, and opportunity. We can build a prosperous economy and a society that shares its benefits more fairly. We can look after our seniors. We can offer better futures for our children. We can do our part to save the world’s environment. We can restore our good name in the world. We can do all of these things because we finally have a party system at the national level where there are real choices; where your vote matters; where working for change can actually bring about change. In the months and years to come, New Democrats will put a compelling new alternative to you.
My colleagues in our party are an impressive, committed team. Give them a careful hearing; consider the alternatives; and consider that we can be a better, fairer, more equal country by working together. Don’t let them tell you it can’t be done.
My friends, love is better than anger. Hope is better than fear. Optimism is better than despair. So let us be loving, hopeful and optimistic. And we’ll change the world.
All my very best,
Jack Layton
Friday, August 26th, 2011

Ek woon al reeds drie jaar in Seoul, en die stad word nou my tuisdorp, soos wat ek die paaie uitsorteer in my kop, en die landmerke bymekaarmaak. Selfs die Suid Afrikaanse Ambassade, met sy beperkte dienste se drempel het ek ook al deurgedraf. Op my “Alien Residence” kaart pronk drie verskillende addresse, soos ek mettertyd van Haebangchon, na Itaewan, en nou na Hoamdong verhuis het. Drie verskillende woonbuurte in ‘n klein omtrek, almal gegroepeer rondom Namsan Berg.
Wat my die meeste fassineer van hierdie stad is die groot kontraste tussen ryk en arm, kollosse van geboue en piepklein winkels en koffieplekke ingemessel in die mure. Die geboue is ook soms vreemd, driehoekig selfs, met paaie wat kruis op die smal kant.
 DIE KAT EN DIE UITSIG
Seoul is ‘n groot stad, maar as jy eers die paaie ken, dan voel dit klein. Konsentriese sirkels vorm rondom NamSan toring. Die berg in die hart van die stad met die toring daarop. Volgens gerugte was daar eens shamans op die berg, wat een van die oorspronklike gelowe van Korea was. Die berg is magies, met sy groot park, en groen wolk waarom dit voel alles draai in hierdie stad.
Dan is daar ook die rivier, die Han. Dit kronkel al langs die stad en word gekruis deur ‘n stuk of twintig brue, en al langs die rivier aan albei kante is daar die Olympic Express Highway ‘n Plek waar jy nooit met jou scooter gevang wil wees nie.
Die Koreaanse kultuur is gefokus rondom lekker eet en lekker kuier. Daarom is daar ‘n rykdom van restaurante en kroee, en selfs onwettige straatrestaurante wat snags oopbly tot vyf uur in die oggend. Daar word ge-eet en gedrink tot die byle huil. En dan gaan dit steeds voort. Benewens kos en klere wat in groot maat verbruik en verkoop word, is die Koreane ook lief vir kuns en word daar in die groot kunsgallery gereeld bekende kunstenaars uitgestal.
 uitsig oor die han rivier vanuit die KTX hoogspoed trein
Seoul Stasie is een van die plekke waar die kontras tussen die alledaagse, die verbruiker van luukse moltreinvervoer en telekommunikase en die haweloses van die stad daagliks gesien kan word. ‘n Reeks restaurante bied goedkoop etes aan die straatmense. Anders as in Suid Afrika bedel nie een van hulle nie. Hulle is skaduwees wat prontuit geignoreer word deur die gewone mense. In groepe van vier of bendes van twee daag hulle hul dakloosheid uit soos nuwerwetse Robin Hoods. Op die uitlaat konstruksies van die stasie bondel vier mans saam, hulle is gehawend, en lyk hoog op iets. Twee tipes realiteit bestaan neffens mekaar. Die harde gemors van die straat teenoor die blink advertensieborde en die groot stasiegebou met sy twee verdieping roltrappe en konneksies met hoogspoedtrein en slakkepasmodule met die res van die land. Die Suid-Oostelike hawestad van Busan kan bereik word in minder as drie ure.
 DIE UISTIG VANAF DIE SES EN DERTIGSTE VERDIEPING
Alhoewel Korea ‘n klein oppervlak beslaan, is die populasie omtrent dieselfde as in Suid Afrika. In die omgewing van vyftig miljoen siele. Dit is een van die hoogs bevolkte lande ter wereld. In plaas van aparte wooneenhede, bewoon Koreane groot woonstelbloktorings, en is dit glad nie ongewoon om ‘n familie van vyf in ‘n tweeslaapkamer woonstel aan te tref nie. Maatskappye soos Samsung bou steeds meer en meer woonsteltorings en die rivierwalle is bebou met wit bergagtige geboue wat almal dieselfde lyk en die stad omring. Ouer woonbuurte, soos die een waarin ek woon, is ‘n string van smal straatjies wat net een rigting verkeer kan hanteer, en motors geparkeer maak dit interressant om deur die smal openinge met mure aan weerskante te beweeg. Soms voel dit skoon of mens binne in ‘n gebou bestuur, met neentig grade draaie en aankomende verkeer in die vorm van voetgangers, kinders in prams, lorries, karre, fietse en bromponies. Dis ‘n mengelmoes wat nooit stilstaan nie. Die mark is ‘n ry van klein stalletjies wat klere en kos en huishoudelike benodighede verkwansel. Dit alles het ‘n tydelike gevoel, aangesien meeste van hierdie ou buurte ge-oormerk is om in die nabye toekoms gesloop te word in die pad van groot woonstelblokke. Die nuwe woonstelblokke reserveer ‘n deel van die grond vir openbare parke en kommunale oefen areas wat allerhande oefen instrumente tot die beskikking van die verbyganger stel. Die oefen aparaat is selfaangedrewe en nie die tipe wat mens in Suid Afrika sal raakloop nie. Soms is daar tennisbane of badminton bane.
In die somer is daar ses swembaddens langs die Han Rivier wat oop is vir die publiek. Die somerhitte dryf die gemiddelde Seoulliet om met swemkap en swemgewaad die uit tog uit die huis te maak tot in die openbare swembad. Die swembad word elke halfuur leeg gemaak van mense wanneer die lewensredders op hulle fluite blaas en almal uit die water begelei vir ‘n kort breuk.
 swemmers
Ten spyte van die enorme geboue en die geraas en geskarrel is dit nie moeilik om te leef in Seoul nie. Die ouwereldse sjarme van goeie maniere is oral en die meeste gesprekke met vreemdes is beleefd. Koffiewinkels bied ‘n welkome lafenis tussen die getoet van karre en die gedruis van verkeer. Die afgelope somerseisoen was die meeste reent aangeteken in ‘n eeu. Die strate het vir ‘n week geskitter of hul gepolitoer was.
 reent in die strate
Seoul is by uitstek ‘n wereldstad met elke gerief wat ‘n reisiger sou verwag. Van kultuur tot kuns tot kos en inkopies. Ek voel voorwaard gelukkig om hierdie stad my tuiste te kan noem vir die moment.
Groen; ‘n Gedig oor Seoul deur Lize Viljoen
Die stad met sy sement
en teer en geluide van
motors en mense, hier en
daar ‘n hond wat blaf,
swaar verkeer gedemp,
miskien ‘n sirene wat loei.
Die begrensdheid van trappe
van vergelyking in beton
Onverwags, vanoggend te midde
van die stil chaos van die stad,
‘n greep lewe wat in my neusgate
opgroei, soos die koel reenwind
deur die venster waai, belaaid met
groen geure van bome en klimplante,
“Iets hier leef nog!” het ek gedink
en telkens diep ingeasem die vars
verkwikkende geure van grond en groei
verwikkeld in die ryk aroma van groen.
Tuesday, August 23rd, 2011
Août/’n Somer solmisasie en ‘n Augustusmaandfragment.
(Agosti in Swahili net vir ingeval)
Die hoogsomervakansie in Frankryk kan rofweg vanaf Bastilledag (14 Julie) tot laat Augustus in jou annuaire opgeteken word. Soos wat dit ʼn gawe Fransman betaam het ek ook die periode met ʼn wye kwashaal in my dagboek ingekleur. My ink is die kleur van akwamaryne; omdat dit vir my vakansie die kleur is en omdat dit ook die kleur van die seewater om van die grotte van Capri is. Ons het gemaak wat die Franse maak, laat spaander. Vir ʼn wyle suidwaarts verhuis. Met die hekke van La Creuzette toegetrek het ons vir ʼn string los geweefde dae die suidkus van Italië gaan verken. Behalwe vir die ooglopende skoonheid van die Amalfiese kuslyn, die stomende borde pasta met basiliekruid, die tempterende balletjies roomys, en verskeie yskoue glasies limoncello, was dit die besoek aan Pompeii en Herkulaneum wat my dieper laat kyk het. Die klim tot op die kruin van Vesuvius was ʼn kruisberg wat ek moes deurmaak .( veral na ʼn allemintige middagete van mosselbesousde linguine.)
Die wandskilderye uit die huise van Pompeii en Herkulaneum is betowerend en meesleurend. Die donkerrooi fragmente transporteer mens na lewens wat van tevore gelewe is. Daar is dan natuurlik ook die drama van die spuwende berg en al die emosie wat daarmee gepaard gaan. Die argeologiese museum in Napels het sale vol fresko’s en ander objekte uit Romeinse huise. Daar is etlike van die fragmente wat my aandag trek: ‘n reeks toulopers en akrobate, die luiperd, ʼn portret van ʼn jong paartjie, die mosaïeke van duiwe, visse en ʼn memento mori wat ons aan ons sterflikheid laat dink.

Maar dis die beeltenis van Sappho wat my in my spore laat vassteek. ‘n klein geraamde muurskildery, nommer 9084, in saal 68.
Die portret is van ʼn digter/skrywer in ʼn medaljonvorm geskilder. Die jong vrou het ʼn vierbladige boek in haar linkerhand en ʼn skryfstif wat peinsend op haar lippe rus in die ander. Dis die verby-my-kyk van haar blik wat my vasvat en nie wil laat gaan nie. Sy kyk van die agste eeu voor Christus na my waar ek swymelende voor haar staan. Ek neem ʼn flitslose foto van haar op my BlackBerry. Toé en Nou staan langs my, hul arms om my skouers.
” Nou skud my siel,
op die berg ʼn wind
oorstelp die eikebome “
…die digter staar by my verby na die groep toeriste wat deur die saal aangestap kom. Sonder om weer na my te kyk plaas sy die skryfstif teen haar roesrooi lippe. Sy hou ʼn volgende strofe gereed vir die wat wil luister.
Op Vrydag 24 Junie 2005 lui The Gaurdian se een opskrif: After 2,600 years, the world gains a fourth poem by Sappho.
Die ontdekking van die gedig word deur Michael Gronewald en Robert Daniel gemaak. Hulle is verbonde aan die argiewe van die Keulen Universiteit. Die papirusfragment was deel van die cartonnage van ʼn Egiptiese mummie en word as ʼn fragment van ʼn rol gedigte van Sappho geïdentifiseer. Navorsers het besef dat hierdie deel van die gedig ooreenstem en inpas by fragmente wat in 1922 in die dorp Oxyrhynchus in Egipte ontdek is.
 Sappho fragment
Gedig nommer 58 bestaan uit 101 woorde en sentreer om die tydlose tema van die lewensiklus van die mens- die onafwendbaarheid van veroudering en verganklikheid. Sy gebruik die verhaal van Titonius en Eos uit die Griekse mitologie om hierdie filosofiese betragting te ondersteun. Eos wou die liefde tussen haar en haar geliefde Titonius verewig en het by Zeus gepleit dat hy Titonius onsterflik moes maak. -wat die god toe gedoen het, maar Eos het vergeet om ewige jeug vir haarself te vrywaar. Op die ou einde het sy oud en lelik geword terwyl Titonius vir ewig bly lewe het.
[For you] the fragrant-blossomed Muses’ lovely gifts
[be zealous] girls, [and the ] clear melodious lyre.
[but my once tender] body old age now
[has seized] my hair’s turned [white] instead of dark.
My heart’s grown heavy, my knees will not support me,
that once on a time were fleet for the dance as fawns.
This state I bemoan, but what’s to do?
Not to grow old, being human, there’s no way.
Tithonus once, the tale was, rose-armed Dawn
love smitten, carried him off to the world’s end
handsome and young then, get in time grey age
o’ertook him, husband of immortal wife.
[ ] omsluit woorde wat rekonstrueer is.
Gaius Valerius Catullus (84BC-54BC) was ʼn groot aanhanger van Sappho en het gesorg dat die Romeine haar werk as digter geken en waardeer het. Uit sy liefde vir die skone Clodia Meteli ontstaan ʼn reeks gedigte oor die lief en leed van hulle verhouding. Hy noem haar Lesbia.
How Many Kisses: to Lesbia
Lesbia, you ask how many kisses of yours
would be enough and more to satisfy me.
As many as the grains of Libyan sand
that lie between hot Jupiter’s oracle,
at Ammon, in resin-producing Cyrene,
and old Battiades sacred tomb:
or as many as the stars, when night is still,
gazing down on secret human desires:
as many of your kisses kissed
are enough, and more, for mad Catullus,
as can’t be counted by spies
nor an evil tongue bewitch us.
Uit Joan Hambidge se bundel, Vuurwiel, die mooi gedig…
Die skryfproses as gebreekte sonnet 11
Nogmaals vir Lesbia, om haar hart te wen
O, Lesbia as veteran van die liefdesgedig
spreek ek jou aan om my hart te verlig:
om Catullus of ander digters te troef
laat my vanoggend onvermydelik droef.
Ek kan net my hand waag aan ʼn vers
tussen aanhalingstekens, die struktuur
van die gebreekte sonnet ignoreer.
Kan jy my hoor, Lesbia? Odi et amo,
het hy beweer, en my geneul oor die O
In talle palinodes en donker labirint
laat wonder: Is dit waar dat Jy
die digter wat jou só aanspreek, wil vermy
eerder as om lekker perdjie te ry?
(Joan Hambidge. Vuurwiel. 2009)
Toe ek nog op skool was het ek een warm weeksdagmiddag in die skoolbib ʼn swart en wit afbeelding van ʼn hondjie gesien wat in die lawa van Vesuvius versteen het. Ek het vir minute lank na die verwronge dier gekyk wat op sy rug lê met ʼn halsband om sy nek. Hy was waarskynlik vasgemaak toe die kokende lawa hom oorval het. Ek het die hondjie gaan soek. Ek wou my eie trooswoorde oor hom uitspreek. Al was dit te laat. Nadat ek die museum deursoek het, het ek vir ʼn beampte loop vra waar die hondjie hom nou bevind. Net om te leer dat hy op bruikleen is vir die opening van ʼn klein argeologiese museum in Nouhant. Dertig kilometer van waar ek woon! Die berg het na Mohammed gekom.

Die dorpie Nouhant het wragties nou ʼn klein argeologiese museum. Dis heeltemal verstaanbaar want hierdie hele area is ryk aan Romeinse reste. Ons dorpie was in die tyd as Bussacum bekend, en die legende loop dat La Creuzette op ʼn Romeinse markplein gebou is. Hou die ruimte dop, ek begin eersdaags grawe. Meer belangrik is dat die chateau van Amandine Aurore Lucile Dupin ook in Nouhant is. Beter bekend as die Franse skryfster Georges Sand. My volgende buiteblog word aan haar en ʼn paar ander rammetjie-uitnek skrywers/digters opgedra.
Twee interessante vroue digters/liedjieskrywers uit die laat twaalfde eeu het ook passievol oor die liefde en Eros gedig. Die twee was veral bemind en bekend onder die troebadoere. Hulle staan bekend as ʼn trobairitz- ʼn vroulike troebadoer.
Azalaïs de Porcaragues het van Montpellier gekom en Marie de France was van Bretange.
 Marie de France Illuminated
Net haar vida en een van de Porcairagues se gedigte het behoue gebly. Soos meeste van die troebadoers se gedigte is dit in Occitanies geskryf (kan ons woordskepping pleeg en dit Oksitaans of Ossitaans noem? - nie een van my peloton woordeboeke het eers ʼn inskrywing nie.) Oksitaans word in Frans ook as Langue d’oc geken en is ʼn versameling dialekte wat gepraat word in die suide van Frankryk, in die Occitan vallei van Italië, Monaco, en die Val d’Aran in Spanje.
| Ar em al freg temps vengutquel gels el neus e la faingael aucellet estan mut,c’us de chanter non s’afrainga; |
Now we are come to the cold time when the ice and the snow and the mud and the little birds are mute (for not one inclines to sing); uittreksel in Occitanies en Engels |
Marie de France was net so bekend en bemind as de Porcairagues. Sy was veral bekend as outeur van die Lais de Marie de France. Sy het ook Aesop se fabels uit Middelengels na Frans vertaal. Haar Lais of digliedere was baie gewild en word tot vandag nog wyd gelees. Haar naam is ʼn nom de plume wat uit een van die strofes van haar gedigte kom: ” Marie ai num, si sui de France”, wat vertaal as ” my naam is Marie, en ek is van Frankryk.”
Uit: Chartivel
Marie de France (1155-1189)
Hath any loved you well, down there,
Summer or winter through?
Down there, have you found any fair
Laid in the grave with you?
’s death’s long kiss a richer kiss
Than mine was wont to be-
Or have you gone to some far bliss
And quite forgotten me?
What soft enamoring of sleep
Hath you in some soft way?
What charmed death holdeth you with deep
Strange lure by night and day?
A little space below the grass,
Our of the sun and shade;
But worlds away from me, alas,
Down there where you are laid.
Die troebadoer moet nie met die mènestral of minnesanger verwar word nie. Daar is verskeie verduidelikings oor die twee groepe en die ontstaan daarvan. Blykbaar was die mènestral ʼn rumoerige klomp wat uit die howe geskop was toe die adel ʼn meer gesofistikeerde en diepsinnige vermaak wou organiseer. Hulle het pad gevat en die traveling minstrals geword en het eers so laat as 1321 die gulde van minnesangers in Parys gevorm. (In Engeland in 1469 onstaan die Guild of Royal Minstrals) Die troebadoers en trobairitz vervang dus die minnesangers aan die howe rofweg gedurende die periode:1100 -1350. (Het saam met die Swart Dood van 1348 gekwyn.)
Hier lê ook ʼn verskil, ʼn Troebadoer is die komponis én uitvoerder van ʼn liriese gedig. Daar is gewoonlik drie kategorieë waarin die komposisies verdeel word:
trobar leu -lighartig
trobar ric - ryk en vol verbeeldingryke woorde
trobar clus -geslote en privaat, verwys na spesifieke gebeure
Die gedigte word ook in ʼn magdom van genres verdeel:
alba - oggendlied
canso - liefdeslied
comiat - ʼn lied wat die minnaar afskryf
balada - danslied met ʼn refrein
desdansa - danslied vir ʼn treurige gebeurtenis
escondig - waan aan minnaar apologie aanteken
maldit - lied oor die wangedrag van ʼn dame
partimen - digterlike dialoog
plazer - gedig wat die plesier besing
salut d’amour - liefdesbrief aan iemand anders as jou minnaar
sirventes - politieke inhoud
tenso - politieke debat tussen twee digters
viadeira - klaaglied van ʼn reisiger
Troebadoers het dikwels vir lang periodes aan die hof van ʼn weldoener gebly en daar word onderskeid gemaak tussen die gevestigde troebadoer wat sy eie komposisies skryf en vertolk en die joglars of jonleurs wat ander se gedigte sing. Interessant, die woord trobar beteken om te skep in occitan. Vandaar die woord trobador en onse ewe mooi woord: troebadoer.
Die troebadoere was nie gelukkig met die steel van hulle show nie en het die jongleurs dikwels in die publiek met woord en daad aangevat. In 1298 het Alfonso X die verskille wetlike aangeteken: jongleurs is vermaaklikheidskunstenaars en die troebadoere is digters/komponiste/sangers. Die troebadoere het daarna almal ʼn tipe curriculum vitae gehad. Dit was ʼn vida (lewe in Occitan) of ʼn razo (rede in Occitan) genoem. Eersgenoemde beskryf die persoon en sy herkoms, en die ander omskryf die gedig en inspirasie daarvoor.
Die digliedere uit die Middeleeue het deur die eeue as inspirasie vir skrywers gedien.
Sigh No More, Ladies uit Much Ado About Nothing
William Shakespeare (1564-1616)
Sigh no more, ladies, sigh nor more;
Men were deceivers ever;
One foot in sea and one on shore,
To one thing constant never;
Then sigh not so,
But let them go,
And be you blithe and bonny;
Converting all your sounds of woe
Into. Hey nonny, nonny.
Sing no more ditties, sing no mo,
Or dumps so dull and heavy;
The fraud of men was ever so,
Since summer first was leavy.
Then sigh not so,
But let them go,
And be you blithe and bonny,
Converting all your sounds of woe
Into. Hey, nonny, nonny
As I Went Out One Morning
Bob Dylan (b. 1941)
As I went out one morning
To breathe the air around Tom Paine’s,
I spied the fairest damsel
That ever did walk in chains.
I offer’d her my hand,
She took me by the arm.
I knew that very instant,
She meant to do me harm.
“Depart from me this moment,”
I told her with my voice.
Said she, “But I don’t wish to,”
Said I, “But you have no choice.”
“I beg you, sir,” she pleaded
From the corners of her mouth,
“I will secretly accept you
And together we’ll fly south.”
Just then Tom Paine, himself,
Came running from across the field,
Shouting at this lovely girl
And commanding her to yield.
And as she was letting go her grip,
Up Tom Paine did run,
“I’m sorry, sir,” he said to me,
“I’m sorry for what she’s done.

Een van die groot vreugdes van ‘n Augustusmaand in Parys is dat die stad leeg loop. Wel, amper. Parysenaars gaan na hulle vakansiehuise in die platteland of see-toe. Daar is meer toeriste, maar parkering in die middestad is vry - vir die hele maand van Augustus. En daar is die Paris Plage, vir die wat nie by die branders kan uitkom nie.
Son
Kan ek minder as die saad wees,
Saad wat lank in duinsand lê
En nie met Bokkebaai tot vygies breek?
Kan ek minder as die voëls wees,
Voëls wat lank in melkhoutbome slaap
En nie met spreeus en duiwe en mossies spreek?
(D J Opperman. Kommas uit ʼn Bamboesstok.1979)
 Paris Plage
50000 ton seesand word jaarliks op die breë kaaipaadjies langs die Seine aangery, ʼn reeks faux strande vol palmbome, strandsambrele en plaspoele. Dis ʼn feestigheid vol helderkleurige baniere, wimpels en vlaggies en natuurlik, roomys en sandkasteelkompetisies. En rivierlangs is daar meer as 250 bouquinistes. Dis die wonderlike boekhandelaars wat uit oopklap trommelwinketjies verkope doen. Hier koop jy nuwe en ou boeke, raar eerste edisies en strokiesprentboeke verhale, en swart en wit poskaarte van filmsterre.


Een van die grootste plesiere wat die stad van lig jou bied is boeke. En boekwinkels. Daar is 160 boekwinkels net in die 5de arrondissement. In 1981 is die wetgewing oor boekverkope, die Loi de Lang, daargestel. Boekpryse word deur die uitgewer vasgestel en alle winkels moet die boek teen dieselfde prys verkoop. (In spesiale gevalle word ʼn korting van 5% toegelaat.) Hierdie gawe wet hou die klein familie besighede in die blou en verhoed dat groot groepe die mark domineer. Jy sal amper nooit ʼn ‘2 vir 3′ aanbieding in die winkels kry nie.

Librairie Galignani is een van my gunsteling boekwinkels in Parys. Die familie is reeds van 1520 met boeke besig en Simone Galignani het een van die eerste boeke in Venesië gedruk op die toe nuut ontwerpte drukpers. Geografia deur Ptolemaus was die topverkoper van beide die sestiende en sewentiende eeue. Aan die einde van die sewentiende eeu verhuis Giovanni Antonio Galignani na Parys (via ʼn verblyf in Engeland) waar hy sy boekwinkel op die rue Vivienne oopmaak. Hy het ʼn leeskamer ingerig waar Engelse tekste gelees kon word. Hy het ook ʼn koerant uitgegee waarin Byron, Wordsworth, Thackery en andere publiseer het. In 1856 verhuis hulle na ʼn nuwe winkel op rue Rivoli waar die nasate van Giovanni vandag nog boeke verkoop.

Dis vir my heerlik om in Galignani tyd te verwyl, die reuk van boeke, die kraak van die houtvloere en die voorreg om net te kan blaai. Hulle publiseer elke nou en dan die Classics met buiteblaaie wat deur tekstiel ontwerpers gemaak word. Hierdie boeke het versamelstukke geword en die kliente kan nie wag vir ʼn volgende uitgawe nie.
Die ander lekker rondblaaiplek is Shakespeare & Co net oorkant die Notre Dame katedraal. Die boekwinkel/uitgewery is deur Sylvia Beach begin en sy het baie van die Amerikaanse skrywers destyds bygestaan, skrywers soos James Joyce, Ernest Hemmingway, Francis Scott, Ezra Pound en Gertrude Stein.
Ek lys hier ʼn paar ander lekker boekwinkels wat ook boeke in Engels en in ander tale aanhou.
The Abbey-29 rue de la Pacheminerie (Parys 5)
The Red Wheelbarrow-22 rue St Paul (4)
Berkley Books-8 rue Casmir Delavigne (6)
Artazart - 83 Quai de Valmy (10)
Village Voice-6 rue Princesse(6)
La Belle Hortense -31 rue Veille du Temple (4)
Nouveau - 78 blv Saint Michele (6)
Attica - 106 blv Richard Lenoir (11)
So van boeke gepraat, ʼn inspirerende publikasie wat ek in Galignani ontdek het is die nuwe pragtig ontwerpte boek van John Asbery: Rimbaud Illuminations. Die tipografiese vindingrykheid is opwindend. Rimbaud was ʼn poéte maudit en het simboliste en surrealiste beïnvloed.
Ophelia
Ophelia
I
On the calm black water where the stars are sleeping
White Ophelia floats like a great lily;
Floats very slowly, lying in her long veils…
- In the far-off woods you can hear them sound the mort.
For more than a thousand years sad Ophelia
Has passed, a white phantom, down the long black river.
For more than a thousand years her sweet madness
Has murmured its ballad to the evening breeze.
The wind kisses her breasts and unfolds in a wreath
Her great veils rising and falling with the waters;
The shivering willows weep on her shoulder,
The rushes lean over her wide, dreaming brow.
The ruffled water-lilies are sighing around her;
At times she rouses, in a slumbering alder,
Some nest from which escapes a small rustle of wings;
- A mysterious anthem falls from the golden stars.
II
O pale Ophelia! beautiful as snow!
Yes child, you died, carried off by a river!
- It was the winds descending from the great mountains of Norway
That spoke to you in low voices of better freedom.
It was a breath of wind, that, twisting your great hair,
Brought strange rumors to your dreaming mind;
It was your heart listening to the song of Nature
In the groans of the tree and the sighs of the nights;
It was the voice of mad seas, the great roar,
That shattered your child’s heart, too human and too soft;
It was a handsome pale knight, a poor madman
Who one April morning sate mute at your knees!
Heaven! Love! Freedom! What a dream, oh poor crazed Girl!
You melted to him as snow does to a fire;
Your great visions strangled your words
- And fearful Infinity terrified your blue eye!
III
- And the poet says that by starlight
You come seeking, in the night, the flowers that you picked
And that he has seen on the water, lying in her long veils
White Ophelia floating, like a great lily.
Arthur Rimbaud. Collected Poems.Translated by Martin Sorrell. 2009
Ek bewonder John Ashbery ook as digter.
Toegeeteken
Vir John Ashbery
Soveel is gister. Is erger as
Vandag.Jy weet net
wat om te vat. Slap links
Sit die storm uit. Woedend. Vat
die waarheid soos dit kom
Jy weet. Dis net hier. Waar
jy belangstelling verloor. Die
watertrap anderkant om. Om
die ontbytafelrand. Verkrummel.
Mond. Spoel(ling). Woordewissel. (sluk)
Vooruitgedateerde sinne . Wat hop.
In rye vensterrame. Draai
die seisoen na links. Swenk.
Trekpas. Blindebult. Loop voor.
Uit. Jy weet net wat dit van my vat.
Pak in. Pak op. Kattebak. Cubbyhole.
Noodfakkel.
(© Louis Jansen van Vuuren.)
Ek wil op die mooi somersaand in Augustus afsluit met drie kwatryne.
drie kwatryne
1
hy wat aanbly skryfel teen die dood
kry ʼn oumanslyf gevrug in die woord -
maar die voëltjies van verganklikheid
sit kwetter reeds in gedigteboord
2
ek ken die dood
ons kom al sestig jare saam:
nou nog, wanneer ek vry na die self in die spieël
spel ek elke keer haar verblindende naam
3
anderdag was ek jonk en fier
die hand vol woorde en ʼn mooi gesig -
nou brand my vel soos dooie papier
en elke dag is koggelend ʼn gedig
(Uit: Breyten Breytenbach. Die beginsel van stof. 2011)
Friday, August 19th, 2011

Ou Newfoundland vlag
OM IN NEWFOUNDLAND GESCREECH TE WORD
Newfoundland is ‘n eiland so bietjie kleiner as die Vrystaat aan die Atlantiese kus van Kanada. Tot 1948 was dit ‘n Britse dominion, waarna dit by Kanada aangesluit het (of, soos die Newfies verkies om te sê, toe Kanada by Newfoundland aangesluit het) en vandag staan dit saam met die naasliggende Labrador bekend as die provinsie van Newfoundland en Labrador.
Voor 1948 het Newfoundland sy eie regering, monetêre stelsel en posseëls gehad, en natuurlik ook sy eie vlag. Vandag se brokkie nuttelose maar interessante informasie: dit was ook die enigste land ter wêreld wat pienk in sy landsvlag gehad het.
Hierdie vlag wapper nog steeds baie prominent by menige privaat huis, hotel, sakeonderneming, B&B en dies meer, soms met of soms sonder die nuwe vlag langsaan. Dikwels is die Union Jack ook langs die ander twee vlae te sien.
Newfoundlanders is ‘n spesie so ietwat anders as die res van Kanada, met ‘n baie kenmerkende aksent - hulle praat onder andere van “dis”, “dat”, “dem” en “titty” (ipv “thirty”) en mens het soms moeite om hulle te verstaan omdat hulle woorde aaneen vloei en meer binnensmonds is. Hulle verwys graag na hul provinsie as “the Island” en nie as Newfoundland nie. Ons het hulle baie vriendelik en hulpvaardig gevind, altyd bereid om te help en gretig om sommer ook ‘n geselsie aan te knoop. Die mense het ‘n ryk kulturele verlede, nie van hogere kuns nie maar van volkskos, volksmusiek, -letterkunde en -geskiedenis, wat ons tot ‘n mate herinner het aan Herman Charles Bosman se verhale uit die Groot Marico - wel, die Newfies is nou nie heeltemal so sal ek maar sê agterlik soos Jurie Steyn en sy trawante nie, maar darem.
Daar is ‘n sterk Ierse agtergrond en een van die enigste twee dinge van Newfoundland wat my irriteer het is die aanhoudende getjommel van Ierse volksmusiek wat mens oral hoor - in hysers, kroeë, oraloor.
As ek nooit, soos in nooit weer daardie aanhoudende tjierietjierietjieriedaadiedaadiedaaithierietjieriedaaidaadjiedaai hoor nie sal ek gelukkig sterwe! Die ander irriterende ding was die gebrek aan ordentlike roete-aanwysings, mens sien soms ‘n padpredikant wat jou vertel dat Gander tien kilometer weg is - en twee kilometer verder kom jy by ‘n T-aansluiting uit wat nie op die kaart is nie en geen aanduiding of mens links of regs moet draai nie. Ek is iemand wat in ‘n telefoonhokkie verdwaal, gevolglik het ons ‘n hele paar keer op die verkeerde roete beland.
St John’s, die provinsiale hoofstad, het sowat 100 000 inwoners en is die oudste stad in Noord-Amerika, alhoewel nie die oudste nedersetting nie. Saam met Halifax in Nova Scotia is dit die stad waarvan my vrou Lesli en ek tot op hede nog die meeste hou.
 Huis in St John
 Straat in St John
 St John's vanaf Signal Hill
Aan die bokant van ‘n taamlik steil heuwel is ‘n St John’s landmerk: The Rooms, ‘n museum/kunsgalery/argief met ‘n besonderse argitektuur en boeiende uitstallings.
 The rooms
 The Rooms
Na ‘n paar dae se rondwandeling in St John’s, heuwel op en heuwel af, het ons ‘n kar gehuur en koers gekies na Gros Morne Park aan die teenoorgestelde kant van die eiland, aan die kus van die Golf van St Lawrence. Ons het besluit om maar ‘n redelike middelslag kar te bespreek - ‘n Dodge Avenger - bloot om persoonlike veiligheid. Newfoundland het ongeveer 125 000 moose en verlede jaar was daar meer as 600 motorongelukke waar moose betrokke was. ‘n Volwasse moose-bul weeg ongeveer soveel soos ‘n Honda Jazz (hier bekend as ‘n Honda Fit - wat ‘n simpel naam maar toemaar)- en as mens in so ‘n bul sou vasry in ‘n Fit sal jy beslis tweede kom. En soos dit nou maar gaan het ons taamlik amper in drie moose vasgery wat probeer het om die pad oor te steek.
In die proses het ons deur ‘n paar pragtige klein dorpies gery, onder andere Heart’s Content, Heart’s Desire en Heart’s Delight in die Conception Bay area. Kanada is natuurlik bekend vir die ietwat eienaardige name wat dorpe soms het, waarvan ons tuiste Moose Jaw maar een voorbeeld is. Twee van die dorpe wat ons aangedoen het verdien egter spesiale melding:
 Come by Chance
En dan die een wat die spreekwoordelike koek vat (pun intended, verskoon tog maar asseblief, maar ek kon nog altyd als weerstaan behalwe versoeking):
 Dildo
Sowel Lesli as ek het gewonder of die afbeelding van ‘n inkvis langs die dorp se naam blote toeval of opsetlik was….
 Die inkvis by Dildo
Kanada is ‘n baie waterryke land, maar die hoeveelheid mere en baaie in Newfoundland is besonder opvallend. Waar mens ook al ry of stap, jy is byna nooit buite sig van ‘n meer of baai nie - en as jy nie water sien nie, stap of ry maar net vyf minute en daar is ‘n meer of baai. Die ekonomie was tot onlangs baie afhanklik van die visbedryf, maar die ontdekking van olievelde langs die kus is besig om ‘n hupstoot aan die ekonomie van hierdie betreklik arm provinsie te gee wat ook maar ‘n goeie ding is omdat die visvelde tot ‘n groot mate uitgeput is. Cod is die mees algemene vis, wanneer ‘n Newfie praat van “fish” dan bedoel hulle cod, na alle ander vis soos byvoorbeeld salm, halibut en dies meer word by naam verwys, maar “fish” in Newfoundland is cod, uit en gedaan. Skynbaar is cod kabeljou in Afrikaans, maar die Atlantiese cod en Suid-Afrikaanse kabeljou is nie eers dieselfde genus nie, laat staan nog dieselfde spesies, dus weet ek nie of dit werklik die korrekte benaming is nie.
Vis is dus ‘n stapelvoedsel en ons het dit in alle kleure en geure geëet, onder andere “fisherman’s brewis” - ‘n interessante tradisionele dis bestaande uit gedroogde soutvis en “hard bread” - en glo my, daai brood is so hard soos ‘n krieketbal! Die vis en brood word die aand vooraf apart in gaas toegedraai en in water geweek, so bietjie gedroog, gevlok en dan gemeng sodat dit so ietwat soos mieliepap lyk. Dit word dan met melasse geëet - die Newfies eet enigiets met melasse! Nogtans, ten spyte van hoe hierdie dis klink smaak dit nogal nie te sleg nie. Iets waarvan ek heeltemal niks gehou het nie is cod tongue - ‘n Newfoundland lekkerny wat op byna elke spyskaart te sien is. Vir my het dit geproe soos kraakbeen omhul deur snot.
My tong hang al vir ‘n jaar lank uit van lus om Gros Morne Park te besoek en sowel die geologie (waaroor ek nie gaan uitwei nie) as die natuurskoon is verstommend. Ons het tot by die noordelike grens van die park gereis en beide Lesli en ek het gedink dat dit gepas is dat ons met vakansie vertrek het vanaf Moose Jaw en dat ons verste bestemming ‘n dorpie met die naam Cow Head was.
Tot ons verrassing vind ons uit dat Cow Head die tuiste is van die jaarlikse Gros Morne Theatre Festival. Langsaan ons hotel is ‘n klein teater met sowat 80 sitplekke.
 Teater by Cow Head
Ons kon vier van die sewe opvoerings bywoon. Ek haal aan uit die artistieke direkteur se notas: “The plays are written expressly for a Newfoundland audience so we can experience our culture in all its glory (and foibles)! We can laugh, we can cry but most importantly we can feel proud of the people and ideas that make up the stories. I believe… this is a unique opportunity to see the Newfoundland culture up close and personal, you get to observe this professional Newfoundland theatre producing stories and you get to observe our own our own people reacting in an emotional way. This is a cultural experience just as much as it is a theatrical experience - the two together make up what we do at the Gros Morne Theatre Festival.”
Die Royal Shakespeare Company was dit nie, maar dit was nogtans baie genotvol. Elke toneelstuk is spesiaal vir die fees geskryf. Tempting Providence was een van twee uit die vier stukke wat beide van ons geboei het. Dit het bestaan uit verwerkte grepe uit die joernaal van Myra Bennett, ‘n verpleegster met ‘n besondere hardegat persoonlikheid (soos baie verpleegsters nou maar is!) wat kort na die eerste wêreldoorlog van Brittanje na Newfoundland gestuur is om in afgeleë dorpies te gaan werk. Te oordeel aan die dialoog en haar eie mymeringe het sy ‘n besondere literêre talent gehad en ek sal nogal graag haar joernaal in die oorspronklike vorm in die hande wil kry. Gedurende haar verblyf het sy onder andere sowat 5 000 tande getrek en nagenoeg 700 bevallings waargeneem. Aanvanklik was sy net vir twee jaar aangestel, maar toe haar kontrak verstryk het sy doodeenvoudig aangehou met werk en vir baie jare menslike lyding verlig - ek weet, dit klink na een van daai Hollywood-stories, maar hierdie een is toevallig waar. Sy is in 1990 op die rype ouderdom van 100 jaar oorlede en ek gaan beslis moeite doen om meer oor haar te lees.
Stones in His Pockets was die tweede toneelstuk wat ons beïndruk het en die enigste een wat nie in Newfoundland afspeel nie - dit het gehandel oor die invloed wat ‘n Hollywood-filmspan gehad het op die doen en late van ‘n klein Ierse dorpie. Net twee akteurs wat elkeen sowat 4 rolle (manlik en vroulik) vertolk het, met geen rekwisiete nie, nie eers toepaslike kostuums nie.
Een van die dinge wat mens in Newfoundland kan doen is om ‘n “screech-in” seremonie te ondergaan waar mens ‘n ere-Newfoundlander kan word. So nou is ek inderdaad ‘n ere-Newfie en het die sertifikaat om dit te bewys! Die seremonie behels dat mens eers ‘n dop Screech (Newfoundland rum) wegslaan, dan word jy gevra “Is ye an honourary Newfoundlander?” (met daardie spelling), dan moet mens of ‘n vis op sy bek soen of ‘n puffin op sy agterwêreld, daarna moet jy sonder huiwering of ‘n sweem van aarseling of aksent antwoord: “Indeed I is me ol’ cock, and long may your big jib draw.” Dit het drie doppe Screech gekos voordat die Screechmaster tevrede was met my uitspraak. Dan kry jy ‘n tik op die skouer met ‘n swaard en ‘n sertifikaat. Die taal op die dokument is inderdaad soos die newfies praat.
 My ere-Newfoundland sertifikaat
Puffins… Lesli en ek het al lankal die begeerte om hierdie voëltjies te sien. Net buite Elliston op die Bona Vista skiereiland is ‘n kolonie wat ons natuurlik besoek het en ek was gelukkig genoeg om naby genoeg aan drie van hierdie voëltjies te kom om ‘n paar goeie foto’s te neem
 Puffins
Alle goeie dinge kom tot ‘n einde. Ons het met ‘n swaar hart van Newfoundland afskeid geneem - dis ‘n provinsie waar ons baie maklik sal kan woon as ons die geleentheid sou kry.
Diegene wat al “The Shipping News” gelees het sal dalk onthou dat die roman in Newfoundland afspeel. Die tonele, mense en omgewing in daardie boek is baie getrou aan die werklikheid, ek kan nie nou onthou of Annie Proulx inderdaad daar gewoon het nie, maar ons kon menige situasie en skets van die omgewing as eg ervaar.
Ons het tot op hede nog nie spesifiek probeer uitvind oor digters van “the Island” nie. Die enigste digbundel deur ‘n Newfoundland digter wat ons in ‘n tweedehandse boekwinkel kon opspoor was deur Al Pittman (1940-2001). Pittman het jaarliks “The March Hare”, ‘n fees van poësie en musiek in Corner Brook, Newfoundland georganiseer en dit duur steeds voort. Sy poësie is direk en ongekompliseerd, ek dink dat mens nie sommer soortgelyke digkuns elders in Kanada sal aantref nie. Onderstaande kom uit sy bundel “Thirty-for-Sixty”.
ANOTHER NIGHT IN CRAWLEY’S COVE
The accordion considers the tunes it knows best.
The conversation, although incoherent, is congenial.
Outside, the balsams are dancing in the wind.
(The branches, an orchestra of castanets.)
Somewhere in the sky, the birds are sound asleep.
The giddy dancers are stepping
Out on the floorboards of their spindrift dreams.
Tomorrow, the music will be still, the sky quiet
and the birds will be back in the backyard woods.
The day will pass without measure until
night falls and time begins again. The birds
will take to the sky, the dreamers to their feet
and the floor will endure or enjoy another night
of jigs, reels, knee-slapping yarns, out-of-tune
tunes and foot-stomping songs.
Elsewhere in the cove there are people asleep.
They’ll be up and about before dawn, long before
the last lie has bene told and we’ve all gone
to rest in peace.
The old Waterford wood stove has grown cold.
But there’s no discomfort here in this elderly house
on the hill. We are contentedly tired and ready
to creep or crawl to our makeshift beds to await
this day’s dawning.
The water, lapping at the landwash, will lull us
to sleep until the birds in the balsam wake us
to another day in Crawley’s Cove and another night
close to the floor, well removed from the lives
we live when here is far away. And we are elsewhere.
Where we are the most we have of ourselves.
And the least we have of each other.
BRIMSTONE HEAD
From here, looking north, there’s nothing
to see but the sea. And in winter, nothing
but blue-white ice glowing and flowing
from here to the polar ocean. It’s a sight
to behold and a long way from here to
nowhere north of here.
A lot of lives have been lost out there.
The North Atlantic (as majestic as it is)
has a grim history. But now, in the safety of
the sun, we lie here on this headland
in a patch of partridge berry leaves
and behold the wonder we behold
as we hold each other with no end
in sight and all the world stretching north
to nowhere we shall ever go, ever stay, or
ever have to come home from.
HOMECOMING
You are too lately biorn
To know where you are.
Arkansas! Newfoundland!
What’s the difference but for
the immediacy of the floor
beneath your face, the familiar
comfort of the foreign bed
you share, always aware
of what’s within your ever groping grasp?
One day you’ll know all you want
to know about Newfoundland. And
maybe, some other day, you’ll return.
Your Arkansas firnd may ask
“Where y’all going?”
“Newfoundland!”, you’ll reply
as though it were somewhere
just up there in The Ozarks.
“It’s and island in the sky
just north of the Northern Star
and it’s full of fairies, ghosts
and goblins. It’s as old as the stars
(as cold as ice) and warm as embers.
“When will you be back?”
“Sometime! Soon! But I gotta go now
and ask my mom if she’ll wrap and roll
my carpet. I’m off to Newfoundland
first thing in the morning.”
“See ya!”
“See y’all soon.”
Then you take off and land nowhere
on Earth and feel whatever you feel
at home on a starlit beach dancing
with the fairies, the ghosts and goblins
by the slap-happy sea as the Blomindon Mountains
dive deep down to the water’s edge
and the Northern Lights sing in the sky
to welcome you, as we do now and will
whenever youy return here to here.
To the fairies, the ghosts, the goblins. And to us.
THIRTY-FOR-SIXTY
My father was a man of metaphors.
When he said to me, “Don’t wait
until you have the five in your hand
before you go thirty-for-sixty”
he wasn’t talking about cards.
Newfoundland’s national pastime
is a game of Growl (otherwise called
Auction or A Hundred and Twenties).
Thirty-for-sixty is the ultimate bid.
To make that bid without the five
of trumps in your hand is a foolish
thing to do. Chances are (nine times
out of ten) you’ll end up in the hole.
So what! When it’s just a game.
A bit of fun. What the hell!
But that night as he lay dying
he wasn’t talking about cards.
No overdose of morphine
could diminish his need to leave
his son one last word of wisdom.
I listened and took him to heart.
I’ve bene going thirty-for sixty
Without the five ever since.
The hole grows deeper and deeper.
And now it’s my turn to bid again.
I don’t have he five in my hand
and I’ve little else to go on.
But what the hell!
Thirty-for-sixty!
A RIVER RUNS THROUGH HER
Coming on dark, the loons lament
the slow closing of he sky. And she’s
out there having one more flick.
The rod, the reel, the line
are extensions of her self.
Here (hidden in twilight)
I watch from the river bank
and wonder what some stranger
might think if she were his mother
out there in that current
going for the legal limit
at age eighty-three.
Would he stand here in the shelter
of these trees where I stand safe
on shore shielding myself from the realities
that surround me, and think “That’s my mother.
She’s the flow my father swam in”?
The last cast. The feathered fly afloat.
The sudden splash. The leap of the heart.
The frantic landing.
She rows ashore in the dawn of dark.
I leave the trees, the loons and the river
and slip away in the sudden comfort
of darkness.
I am the stranger.
Though she is my mother
I know nothing of this woman.
I know only that a river runs through her.
And I splash in her blood like a fish.
© Al Pittman
Wednesday, August 10th, 2011
‘A riot is the language of the unheard’
- Martin Luther King
Londen is geskud. Tot so ‘n mate dat David Cameron en Boris Johnson, die burgermeester van Londen, genoop is om terug te kom van hul onderskeie eksotiese vakansies ná drie dae se chaos in die stad. En in plaas van ‘n warm ontvangs, moes hulle duisende vrae beantwoord oor hul eie leierskap, die polisiemag se bekwaamheid om sake weer onder beheer te kry, en Londen se beeld as ‘n toekomstige Olimpiese stad.
Wat begin het as ‘n protesoptog oor die dood van Mark Duggan in noord Londen laasweek het skeefgetrek en ontwikkel tot die grootste oproerigheid wat Londen in ‘n lang tyd ervaar het. Dit is nou nie meer ‘n protes oor een man se dood nie. Opportunistiese bendelede, moeilikheidmakers en gewone jongmense (onder andere die 10-jarige Sondag vir muitery gearresteer) het hul eie verwoestende stempel op gebeurtenisse geplaas.

Sommige sou argumenteer die jongklomp wat deelneem is besig met ‘n protes wat ‘n brëe spektrum van sosiale probleme reflekteer. In The Independent skryf Camila Batmanghelidjh dat hierdie mense voel dat hul volgens hul eie reëls speel: ‘Working at street level, over a number of years, many of us have been concerned about large groups of young adults creating their own parallel antisocial communities with different rules. The individual is responsible for their own survival because the established community is perceived to provide nothing.’('Caring costs, but so do riots’ deur Camila Batmanghelidjh, The Independent, 9 August 2011)
Een van die boodskappe wat deur mense op Facebook en op Blackberry Messenger uitgestuur is voor Maandagaand se aanvalle bevestig hierdie siening van ‘ons teen die res’. Die ‘feds’ in die boodskap verwys na die polisie. Die ‘ends and colour war’ verwys waarskynlik na die kinders se lojaliteit aan hul area, of aan die bendes in hul area, en dis interessant om te sien dat hierdie lojaliteit gedurende die oproerigheid opgeskort is.
‘Bare shops are gonna get smashed up. So come, get some (free stuff!!) Fuck the feds we will send them back with our riot! Dead the ends and colour war for now. So if you see a brother…SALUTE! If you see a fed…SHOOT!’
‘n Mens kry die gevoel dat baie van die deelnemers aan die oproerigheid optree asof hulle in ‘n gewelddadige film of videospeletjie is, asof die hele muitery binne die konteks van ‘Grand Theft Auto’ plaasvind. Die gedagte is vir my erg steurend. As kinders/tienderjariges en jongmense nie ‘n houvas op realiteit en verantwoordelikheid het nie, hoe gaan hulle ooit opgewasse wees teen die regte wêreld?
In haar blog ‘Inanities’ kritiseer Sarah Carr die Britse media vir hul hantering van die opstande en hul ongewilligheid om na die ander kant van die storie te luister:
‘The media is showing us hour after hour of Outraged Upstanding Citizen all saying the same thing because Upstanding Citizens tend to hit journalists less. There is an echoing void when it comes to the other side of the story, a void that is being filled with image after horrible image and calls for looters to be flogged in public squares and theorising about the legitimate social political grievances that drove them to commit inexcusable acts.’
(http://inanities.org/2011/08/love-me-im-a-looter)
Die ‘ander kant van die verhaal’ blyk egter nie baie samehangend te wees nie. In die volgende link praat ‘n joernalis met ‘n paar buiters in Croydon na Maandagaand se probleme daar:
434411-leana-hosea-speaks-to-croydon-looters-on-bbcworldservice
Opvallend hier is hoeveel die meisies die muitery geniet het, en hoe hulle voel oor die stand van sake: ‘We’re showing the police we can do what we want, and now we have’. Maar dis ook interessant hoe vaag die meisies is oor presies waaroor hulle protesteer - teen daardie Konserwatiewe mense, of die rykes, die winkeleienaars is mos ryk, of wie ook al. Daar is hierso geen samehangende idee of ideaal te bespeur nie. Anders as wat die geval was met die Brixton opstand 30 jaar gelede in suid-Londen, is hierdie week se opstand nie op ‘n spesifieke doel afgestem nie.
Die Brixton opstande in 1981 word tot vandag steeds herdenk in musiek, kuns en poësie. Linton Kwesi Johnson, bekend as die ‘vader van dub-poetry’ het dinge aan die gang gekry, en vele volg nou nog in sy voetstappe: Brixton Jamm organiseer aande van revolusionêre musiek by Speaker’s Corner in Hyde Park, Brixtongue is ‘n performance poetry gebeurtenis wat ook gereeld plaasvind, en Panic! Brixton Poetry is ‘n webwerf met poësie en kuns oor en vir die Brixton gemeenskap. In teenstelling hiermee is dit moeilik om te dink dat hierdie week se onrus oor dertig jaar nog sal voortleef in protes-digkuns!
 Oproerigheid in Hackney, Oos Londen, 8 Augustus 2011
Die afgelope paar dae se muitery, brandstigting en geweld voel onwerklik. In my eie buurt, Bethnal Green, het winkeleienaars sleg Maandag deurgeloop. Danksy die BBC het ons geweet dat daar Maandagmiddag ‘n onderonsie tussen ‘n groot groep mense en polisie plaasgevind het in Hackney, die buurt net noord van ons. Ons het ook geweet dat flenters van daardie groot groep mettertyd in ons buurt sal opdaag. Teen die tyd wat ek 6 uur die middag in Bethnal Green opgedaag het, was al die pubs toe, en winkeleienaars besig om hul metaal hortjies te laat sak. Sommige kap selfs ekstra houtplanke voor hul vensters in. Almal tuur af in die pad, wagtende. Daar is ‘n gevoel van ‘n komende ‘showdown’, soos in ‘n cowboy fliek. Die stilte voor die storm. Ek verwag amper om ‘n rolbos te sien verbykom.
‘n Uur later maak die rusverstoorders hul opwagting in Bethnal Green Road. Teen die tyd is ek in my woonstel, maar volg die gebeure op You Tube. (Bethnal Green se muitery haal nie die BBC se live nuus nie, daar is te veel voorvalle om te dek.)
rioters_strike_bethnal_green_video_of_the_violence_unfolding_1_988721
Daar is ‘n groot klomp mense wat in die straat afbeweeg, vensters inskop en winkels beroof. Sommige het maskers of hemde oor hul gesigte, ander gaan voort met gesigte ontbloot (en dit in die wêreldstad met die meeste kamera-toesig!). Dit voel skokkend en vreemd om die hoofstraat so te sien, en om terselfdertyd verwyderd te wees daarvan. Dit is ook eienaardig om te sien hoeveel clips op You Tube geplaas word deur mense wat op straat is, maar niks met die moelikheidmakers te doen het nie. Wie is hierdie passiewe waarnemers en hoekom help hulle nie die winkeleienaars, of maak hulself uit die voete uit nie? Is die aanloklikheid van die You Tube clip, die Twitter update, om te kan sê dat jy ‘daar’ was, te veel vir hulle om te weerstaan? Dit laat ‘n mens wonder oor mense se verhoudings met sosiale media, en met mekaar.
Sosiale media het ook ‘n positiewe rol gespeel gedurende die onrus. Twitter was veral behulpsaam met details oor waar probleme plaasvind, en watter areas vermy moet word. Dit is ook op Twitter waar mense die ‘riotcleanups’ begin reel het. Dinsdagoggend het vrywilligers met besems in die hand opgedaag om die oorskot van die vorige aand se chaos te help skoonmaak.
 Een van die menigte vrywilligers wat Dinsdag hul eie besems saamgebring het om te kom help skoonmaak. (Op haar t-hemp staan: Looters are scum)
Die hele gebeurtenis laat mens egter met ‘n onrustigheid. Daar is stories wat die rondtes maak: oor gesinne waar pa, ma en kinders in hul motor klim en na gekaapte winkels toe ry om hulself ook te help aan ‘n paar items. Dit is asof Londen op ‘n ander spoor gebring is - ‘n spoor waar sulke onaanvaarbare aksies skielik meer alledaags lyk.
Neighbourhood heroes
The imprint of anger
on the pavement grows
darker by the hour.
Children dipped
their eyes in it
upon waking up,
hearing stories from
their brothers and fathers
Now they’re playing
robbers and heroes
reenacting with almost
as much violence
the events, laughing
at the tiny footsteps
of blood and the stones
that were used to smash
a hand. Butts of
guns wreath
the imprint that has
become a playground
- Sufjan Simone
|
|