Buiteblik
Sunday, February 5th, 2012
Nasr reageer - Nasionale Gedigtedag 2012
Aflewering 5
Op 26 Januarie was dit weer tyd vir die nasionale Gedichtendag in Nederland. Jonk en oud, kind en kraai, arm en ryk het landwyd daaraan deelgeneem. As inleiding van die besondere dag is die wenner van die VSB-Poësieprys die vorige aand op 25 Januarie al aangekondig. Op radio en televisie het die versoek geklink dat alle vergaderings die volgende dag met ‘n gedig moes open. Hierdie jaar se nuwe Gedichtendag-bundeltjie was weer orals te kry.
 Jan Lauwereyns
Die Vlaamse digter Jan Lauwereyns was die wenner van die VSB-Poësieprys met sy digbundel Hemelsblauw. Hy is ‘n neuro-wetenskaplike en woon in Japan. Joke van Leeuwen het die bundeltjie met tien gedigte spesiaal vir Gedichtendag geskryf. Die titel is Half in zee. Dit is altyd ‘n groot eer as ‘n digter daarvoor gevra word. Verder het elke groepie poësieliefhebbers in elke stad op hulle eie manier aandag gegee aan die tema van die jaar: stroom. Ek was bevoorreg om die Gedichtendag in beide Tilburg en Eindhoven te beleef. Dit het soos nag en dag verskil.
In Tilburg het die stadsdigters de treinreisigers op die stasie met hulle voordragte verras. Of was dit vergas? Dit was nogal ‘n ongemaklike takie. Reisigers wat afklim is altyd haastig op pad na ‘n bus of ‘n taxi toe en stroom letterlik die trappe af. Hulle wou nie vir ‘n gedig voorgekeer word nie. Die digters moes dus konsentreer op vertrekkende reisigers wat vir hulle treine wag. Verder moes daar rekening gehou word met die akoestiek in die buitelug. Elke digter moes eers vinnig rondkyk of stroom daar nie ‘n trein binne nie, anders kon sy voordrag onderbreek word. Die digters se tydsberekening en vermoë om ‘n wildvreemdeling se aandag te trek én te behou, is behoorlik getoets. Ses ure lank het hulle saamgespan en net dít gedoen.

‘n Groepie van die stadsdigters op Tilburg se stasie saam met Theater van de Verloren Tijd, wat binnekort weer uit Nederland op Woordfees sal optree.
In Eindhoven was dit ‘n perd van ‘n heeltemal ander kleur. Daar is ‘n voordragmiddag gereël. Enige iemand kon sy of haar gunsteling gedig gaan voorlees in ‘n luukse, warm en rustige ruimte. Enkele digters is gevra om ook iets van hulleself te gaan doen. Die akoestiek was geen probleem nie. Dit het volgens ‘n noukeurig saamgestelde program verloop. Geprojekteerde beelde en klankopnames van digters wat al oorlede is, het die middag verder opgeluister. ‘n Wonderlik ryke verskeidenheid aan poësiesmaak van die Eindhoven se publiek het hier die landelike Gedichtendag ingevul.
Rutger Kopland, Adriaan Roland Holst, Tonnus Oosterhoff, Guido Gezelle, Leo Vroman, Willem Elsschot, Remco Campert, M. Vasalis, Bart Moeyaert, P.J.H Mattheij… hulle het almal verby gekom. Vertaalde gedigte van die Poolse digteres, Wisława Szymborska en die Tsjeggiese digter, Miroslav Holub het ‘n eksotiese tikkie aan die aand gegee.
Drie verskillende aanbiedinge van Le pont Mirabeau (1912) van de Franse dichter, Guillaume Apollinaire het die publiek uitgeboul. As inleiding is hierdie gedig eers in Frans en toe in ‘n Nederlandse vertaling voorgelees. Daarna het ons na die stem van Apollinaire in ‘n krakerige opname geluister. Nog ‘n Franse gedig is voorgelees, van die digter Arthur Rimbaud. ‘n Japanse haikoe en ‘n stukkie in Sanskrit het die internasionale tint versterk. Hier was dit nie die reisigers of die treine wat gestroom het nie, maar was dit ‘n dik en ryk stroom aan digterstemme.
 Carina van der Walt saam met Kreek Daey Ouwens uit Eindhoven. Sy was verlede jaar een van die genomineerdes vir die VSB-Poësieprys.
Ramsey Nasr het hierdie jaar spesiaal vir Gedichtendag ‘n klassieke sonnet oor digterskap en die invloed van die digter op die leser geskryf. Die titel, Sonnet voor 456 letters, lyk asof dit lukraak gekies is. As mens die gedig elektronies gaan toets, kom jy agter dat ‘n Word-program álles (tekens, reëls, spasies ens.) kan tel in ‘n teks, behalwe die aantal letters. Dit bring mens uit by die vraag of die titel wel so “lukraak” gekies is? Of wil dit iets sê oor die professionele máák van ‘n gedig; oor die noukeurige konstrueer van woorde, klanke, betekenisse, ritmes, leestekens, letters en spasies om by ‘n treffende gedig uit te kom? Sonnet voor 456 letters bestaan uit honderd woorde, titel ingesluit. Die Afrikaanse vertaling bestaan ook uit honderd woord, titel uitgesluit. Die titel moes natuurlik ook “vertaal” word.
Hieronder volg die Afrikaanse vertaling:
Sonnet vir 414 letters
En hier gebeur dit alles: binne-in
lê die sinne doodstil opgeklap
soos chromosome, diep onder my kaf.
Hulle wag op ‘n oog om te begin.
U lees - en lomerig weet ‘n vers om te ontspin.
Dit was ‘n strik, u het daarin getrap.
Geld nog ewigheid word aan u verskaf.
Hoogstens het ‘n ander iets om in te win.
Iemand anders se letters kaap u gedagte:
my DNA uitgedink en opgeslaan
het uit niks uit alles wat bestaan, onttroon.
My liggaam vonkel op geroofde kragte.
Voel hoe ek groei en blakend oop gaan.
Wie lees, word deur hierdie lewe bewoon.
Die bronteks kan in Nederlands op Nasr se webwerf gelees word.
http://www.ramseynasr.nl/web/DDVpagina/Sonnet-voor-456-letters.htm
{Carina van der Walt}
Friday, February 3rd, 2012

Szymborska oorlede: “Mozart van die poësie”
Op Woensdag, 1 Februarie, is die Poolse digteres Wisɫawa Szymborska na ‘n lang siekbed met longkanker in haar slaap oorlede. Haar familie en vriende was by haar in Krakau. Sy het 88 jaar oud geword. Die Poolse minister van buitelandse sake, Radek Sikorski, verwys na haar dood as ‘n “onvervangbare verlies vir die Poolse kultuur.” (NU.nl, 1 Febr.) Sy het die Nobelprys vir Letterkunde in 1996 gewen. Die beoordelaars van hierdie gerespekteerde prys het haar die “Mozart van die Poësie” genoem.
In die 60 jaar wat sy gedigte skryf, het sy nie vierhonderd gedigte gepubliseer nie. Toe sy gevra word waarom dit so min is, het sy geantwoord: “Daar staan ‘n snippermandjie in my kamer. ‘n Gedig wat saans geskryf word, word soggens herlees. Die gedig oorleef dit nie altyd nie.” (De Standaard, 1 Febr.) Daarmee demonstreer Szymborska haar humorsin.
De twee apen van Bruegel
Zo ziet mijn grote eindexamendroom eruit:
twee apen zitten aan de ketting voor het raam,
buiten waait de hemel voorbij
en baadt de zee.
Ik leg examen af in de geschiedenis van de mensen.
Ik stotter en modder.
De ene aap, die me aanstaart, luistert ironisch,
de andere doet alsof hij dut -
maar wanneer op een vraag een stilte volgt,
zegt hij me voor
met een zacht gerammel van zijn ketting.
Uit: Uitzicht met Zandkorrel (1997), Uitgeverij Meulenhoff, p.9, vertaler Gerhard Rasch)
Szymborska was ook ernstig van geaardheid en polities vir ‘n kort tydjie lid van die Kommunistiese Party. Na ‘n paar jaar bedank sy uit teleurstelling. Haar humor, nederigheid en erns vind weerklank in gedigte, wat dikwels subtiel en spookagtig mooi is. Hierdie “Mozart van die poësie” vermeng volgens die Nobelprys se jurie die elegansie van taal met die “raserny van Beethoven” (De Standaard, 1 Febr.)
Toe joernaliste haar na afloop van die prysuitreiking gevra het wanneer sy haar eerste gedig geskryf het, het sy so geantwoord: “Dit is moeilik om te sê wat die eerste gedig was, omdat ek baie klein was toe ek begin het om gedigte te skryf. Ek was ongeveer vier jaar oud. Natuurlik was dit lomp en belaglik. Maar as enetjie goed was, het my pa hom gevat en vir my geld gegee om sjokolade vir myself te gaan koop. Dus kan jy sê dat ek van my poësie begin lewe het toe ek vier was.” (De Standaard, 1 Febr.) Die meeste Nederlanders het met Szymborska kennis gemaak deur die vertalings van Gerhard Rasch in die reeds genoemde bundel. Uitzicht met zandkorrel het ‘n topverkoper geword. Dit gebeur nie sommer met ‘n digbundel nie. Hier volg drie strofes uit die titelgedig:
Uitzicht met zandkorrel
We noemen hem een zandkorrel
maar zelf noemt hij zich korrel noch zand.
Hij kan het af zonder een naam,
of die nu algemeen, bijzonder,
vluchtig, blijven,
verkeerd of passen is.
Onze blik en aanraking doen hem niets.
Hij voelt zich gezien noch geraakt.
En dat hij op de vensterbank is gevallen,
is uitsluitend ons, niet zijn avontuur.
Voor hem is dat vallen zonder meer,
zonder zekerheid of hij al gevallen is,
of nog valt.
Uit het raam heb je een mooi uitzicht op het meer,
Maar dat uitzicht ziet zich niet zelf.
Kleurloos en vormloos,
stemloos en geurloos
en pijnloos bestaat het op deze wereld.
Uit: Uitzicht met Zandkorrel (1997), Uitgeverij Meulenhoff, p.9, vertaler Gerhard Rasch)
Szymborska se laaste digbundel is Dwukropek (2006). In dieselfde jaar word dit tot die beste boek gekies deur die lesers van die Poolse koerant Gazeta Wyborcza. Verlede jaar het sy die hoogste Poolse onderskeiding vir verdienstelike werk in kultuur van pres. Bronislaw Komorovski gekry, die Orde van die Wit Adelaar.
Op 16 Mei verlede jaar het ek ‘n kort stukkie geskryf oor die eerste biografie wat oor Szymborska gepubliseer is:
Wislawa Szymborska - Prullaria, dromen en vrienden,
Anna Bikont en Joanna Szczesna
Uitgeverij De Geus
2007

(Carina van der Walt)
Thursday, February 2nd, 2012
Ek het as kind die Handspring Puppet Company se produksie van ‘A Midsummer Night’s Dream’ by die Baxter teater in Kaapstad bygewoon, en was in vervoering daaroor gewees. Ek het opgestaan om die marionette beter te kan sien, tot die konsternasie van die mense wat agter my gesit het. Ek wou ook kommentaar lewer oor wat op die verhoog aan die gang was (wel, dit was snaaks gewees!) Daar was iets magies en lewendig te bespeur in die beweging van die marionette, en in hul verhouding met die menslike akteurs, iets wat ek as kind nie stilweg kon aanskou nie.
In 2010 sien ek die teaterstuk ‘War Horse’ in Londen, en alhoewel ek nou as grootmens effens meer bedeesd in my sitplek bly sit het, was dit nog steeds ‘n besonderse ervaring. ‘War Horse’ is a verhoogverwerking van ‘n kinderboek deur Michael Morpurgo. Al die perde in die verhoogstuk word deur Handspring marionette vertolk, en in my opinie is dit juis Handspring se inset in hierdie teaterstuk wat dit ‘n veel meer intense en boeiende ervaring maak.
Verlede maand gedurende ‘n besoek aan Suid-Afrika het ek vir Basil Jones en Adrian Kohler, die twee stigters van die Handspring Puppet Company, ontmoet. Hul vennootskap op beide persoonlike en skeppende vlak strek al van hul studentejare by Michaelis kunsskool in Kaapstad. Adrian se ma het marionette gemaak en hy was van sy kinderjare af in daaglikse kontak met hierdie kunsvorm gewees. Basil in teenstelling het (soos baie ander mense) gevoel dat poppespel nie in dieselfde kraal as ander kunsvorme soos skilder of beeldhouwerk hoort nie. Maar Adrian het hom tog oorreed om met marionette te begin werk, en die Handspring Puppet Company is gestig in 1981.
Die poppemaatskappy het afgeskop met vertonings in kinderteater, maar het sukses begin behaal toe dit duidelik word dat grootmense ook gefassineerd is deur poppespel. Handspring het oor die jare ontwikkel tot ‘n veelsydige en dinamiese maatskappy wat in samewerking met kunstenaars soos William Kentridge ‘n besondere impak op Suid-Afrikaanse en wêreldwye gehore gemaak het. ‘War Horse’, byvoorbeeld, het die Laurence Olivier-prys in Engeland ontvang, en in 2011 kry Handspring ‘n spesiale Tony-eerbewys in New York vir hul marionette.
In gesprek met Basil en Adrian wou ek weet waarom die Handspring marionette so onvergeetlik is. Adrian, die hoof-ontwerper, bestudeer die bewegingsmoontlikhede van die marionette versigtig voordat hulle gebou word. In die geval van ‘n dier-marionet soos die perd, word daar ook gekyk na emosionele aanwysers, soos die ore en die stert, wat deur fietsremme beweeg word. Vir Adrian is die marionet se kapasiteit om realisties te beweeg (en te kommunikeer deur middel van hierdie bewegings) van die uiterste belang. ‘The shiver of the skin, the flick of an ear, all have meaning.’
Die perde in ‘War Horse’ is lewensgroot, maar is gemaak uit hout, rottang en materiaal, en die skroewe en laste op hul lywe is duidelik sigbaar. Soos die geval was in vorige Handspring produksies, is die marionetteurs duidelik sigbaar op die verhoog saammet die marionette.

- ‘War Horse’ se perde: Topthorn en Joey
Dit neem drie mense om elke perd te beheer, en hulle werk as ‘n span om die lewenskern van hul dier uit te beeld. Volgens Basil is die drie ingedeel in ‘a head, a heart and a hind’. Die persone wat die ‘heart’ en ‘hind’ posisies inneem, staan binne-in die rottang-geraamte van die perd en manipuleer die dier se bewegings deur middel van hul eie bene, asook ‘n reeks interne hefbome. Die ‘head’ staan buite die marionet en beweeg die nek, ore en kop. Dit is harde werk - die marionet self weeg ongeveer 30 kg, en die ‘heart’ en ‘hind’ mense moet gedurende die loop van die vertoning ook nog akteurs op die marionet se rug dra, die perd op sy agterpote laat staan en selfs rondom die verhoog galop! Baie van die marionenetteurs het ondervinding van fisiese teater, of is gimnaste of dansers. Basil en Adrian is self gesoute marionetteurs. ‘War Horse’ is die eerste produksie waarin hulle nie self verskyn nie, alhoewel hulle as vervaardigers optree. Hulle is ook betrokke by die keuse en opleiding van die marionetteurs vir die rolle.

In ‘n artikel* oor hul kunsvorm verduidelik Basil: ‘Handspring’s movement philosophy is based on restraint, on carefully planned and co-ordinated gesture, and on stillness’ (Jones, 263). In die geval van die ‘War Horse’ perde moet die drie mense leer om saam te werk en op mekaar te reageer om die geluide, impulse en persoonlikheid van die dier voor te stel. As hulle dit suksesvol doen, en ‘n lewende wese skep, beteken dit ook dat geen vertoning van ‘War Horse’ presies dieselfde is nie. Soos Basil dit stel gedurende ons gesprek: ‘There are hot nights and cool nights.’ Sommige optredes is energiek of aggressief, ander meer kalm en rustig. Dit is onvoorspelbaar, en opwindend.
Selfs wanneer die perd stilstaan op die verhoog, is die marionetteurs besig. Want die perde in ‘War Horse’ haal asem. Handspring het ‘n metode ontwikkel waar die illusie van lewe geskep word: die marionet se ‘heart’ en ‘hind’, dus die ‘lyf’ van die perd, beweeg stadig op en af op gebuigde bene om die marionet stilweg te laat asemhaal. En die gehoor reageer hewig op die perde se kombinasie van asemhaling en stilte. ‘We find that one of the most eloquent ways of communicating on stage is indeed not through movement but through stillness, or more exactly, a breathed stillness. [....] Breath and silence on the part of the puppet stimulate, in the minds of the audience, proposals as to the thoughts and emotions…this breathing is physical, yet it has a profound metaphorical power.’ (Jones, 262)

Dit is fassinerend dat so ‘n betowerende lewens-essens geskep kan word uit iets minimalisties, ‘n marionet wat op subtiele en elegante wyse ‘n perd op die gedagte bring en aan die lewe hou.
There is a point where in the mystery of
existence contradictions meet;
where movement is not all movement
and stillness is not all stillness;
where the idea and the form,
the within and the without, are united;
where infinite becomes finite,
yet not losing its infinity.
uit ‘Stilness’ deur Rabindranath Tagore
*‘Puppetry and Authorship’ deur Basil Jones in Handspring Puppet Company, edited by Jane Taylor. David Krut Publishing (2009).
Wednesday, January 18th, 2012

Soos die geval is met baie Westerse lande is Kanada taamlik sekulêr alhoewel ek nie daarin kon slaag om betroubare onlangse syfers te kry nie. Dit wil my voorkom asof ongeveer 18-20% Kanadese hulself bestempel as behorende tot geen geloof nie, maar dit is moeilik om vas te stel hoeveel van die res van die Kanadese bevolking gereelde kerkgangers is. Wat die geval ook al mag wees, wanneer mens deur die land reis en dan veral buite die prêries word dit gou opvallend hoeveel kerkgeboue in onbruik staan of baie min gebruik word.
Alhoewel ek self godsdiens beskou as nie veel anders as ‘n kindersiekte nie is daar tog iets aan ‘n mooi kerkgebou wat vir my ‘n soort van viscerale bekoring het, soortgelyk aan kerkmusiek - ‘n waardering vir sowel die onderliggende religieuse emosie, die struktuur van die werk en die blote sensuele skoonheid van die gebou/komposisie self. Wat kerke betref is my gevoel waarskynlik ten dele te wyte aan my vrou Lesli omdat ek kan sien wat haar geloof vir haar beteken. Sedert 2001, die jaar toe ons oudste dogter Liezl oorlede is het ons telkens, waar in die wêreld ons ook al ‘n Katolieke kerk teengekom het, dit binnegegaan en ‘n kers in haar nagedagtenis aangesteek. Vir my is dit ook ‘n betekenisvolle gebaar al deel ek nie Lesli se sienswyse daaromtrent nie. En soos dit nou maar in politiek korrekte Kanada gaan en met die dat baie kerkgeboue van hout of ander vlambare materiaal gemaak is, is die aansteek van kerse in baie kerke verbied omdat die gebou kwansuis kan afbrand, gevolglik het ons sedert ons aankoms hier vier jaar gelede net twee keer kerse kon aansteek.
Ek het nie Andries se kennis van argitekte of boustyle nie, al wat ek kan bied is enkele foto’s van kerke wat vir my nogal treffend was, sowel as een of twee foto’s oor dinge waarvoor ek nie ‘n ander rede kan kry om te skryf nie maar wat ek tog graag wil plaas.
In September verlede jaar was Lesli en ek in Victoria, die hoofstad van British Columbia, waar ek ‘n kongres bygewoon het. Ons was net tien dae daar en benewens die feit dat ek natuurlik die kongres moes bywoon het ons ook baie tyd spandeer in die wêreldberoemde Butchart Gardens (google dit gerus), restaurante, boekwinkels, vlugte in “seaplanes” (dalk kan iemand help - wat is ‘n goeie Afrikaanse woord hiervoor, “vliegboot” klink nie vir my reg nie) en doodgewone rondwandel en dus net twee kerke gesien. Een was sigbaar uit ons hotelkamer en was regtig niks noemenswaardig nie, die ander een was die kapel van St. Anne’s Academy, Victoria BC, in ‘n nabygeleë klooster. (Kyk foto hier bo). As ek reg onthou dateer dit uit 1871.
Julie verlede jaar het ons twee weke lank deur Newfoundland getoer en dadelik op daardie provinsie verlief geraak, agterlik soos dit weliswaar deur baie Kanadese beskou word. Die Anglikaanse kerk, The Cathedral of St. John the Baptist, in St. John’s, hoofstad van die provinsie Newfoundland en Labrador, het ‘n besondere orrel, gebou deur die Engelsman Robert Hope-Jones in 1904 en in 1927 gemodifiseer deur die orrelbouer Casavant Frères van St. Hyacinthe in Quebec. Hope-Jones, wat in 1914 (as ek reg onthou) selfmoord gepleeg het, was ‘n baie innoverende orrelbouer, moeilik om mee klaar te kom maar sy baanbrekerswerk het na sy dood gelei tot die Wurlitzer orrel. Die orrel in St. John’s het ‘n besonder indrukwekkende klank alhoewel die uitstekende akoestiek van die kerk natuurlik ook ‘n bydrae lewer. Dit het vier klawerborde vir hande, een vir voete, 52 “speaking stops” (weet nie wat dit in Afrikaans is nie) en nagenoeg 3 600 pype. Ons het een van die gereelde Woensdagmiddag-uitvoerings bygewoon en na die tyd met die orrelis, David Drinkell, gaan gesels. Die uitvoering was werklik ‘n besondere ondervinding en die gemeente kan homself gelukkig ag met so ‘n goeie en begeesterde musikus.
Orrel van die Cathedral of St. John the Baptist in St. John’s, Newfoundland.
St. John’s is ook die tuiste van die Rooms-Katolieke Basilica of St. John the Baptist (twee katedrale van verskillende denominasies maar dieselfde naam - dalk ‘n soort van wedywering?) waarvan ek ongelukkig nie ‘n goeie naby-foto kon neem nie, maar ek skat dat hierdie foto, geneem vanaf Signal Hill, ‘n goeie idee sal gee van hoe hierdie kerk bo die stadjie uittroon sowel as van die argitektuur van die gebou. Dit is nogal ‘n indrukwekkend van binne sowel as buite.
Basilica of St. John the Baptist, ook in St. John’s.
Binnekant van die basilika.
Deel van ons reis het ‘n besoek aan die klein dorpie Cow Head in die Gros Morne National Park in die noordelike skiereiland van Newfoundland ingesluit en alhoewel die plaaslike Anglikaanse kerkie eintlik maar net ‘n soort van opslaangebou is, nie die moeite werd om af te neem nie, kan ek nie die versoeking weerstaan om hierdie foto te plaas nie.
Anglikaanse kerkie in Cow Head.
Ek het die foto hier onder geneem terwyl ons op ‘n bootrit in die Golf van St. Lawrence verby ‘n klein vissersdorpie gevaar het, die kerkie was hoog op teen ‘n berghang, geïsoleer van die dorpie self, dalkies tekenend van die algemene stand van godsdiens in Kanada as geheel?
Ons het die effens skewe kruis op die toring nogal amusant gevind en het gewonder: is hierdie kerkie die gemeente se religieuse en/of sosiale swaartepunt? Hoeveel mense in ‘n streek wat oor die algemeen as konserwatief beskou word woon nog kerkdienste by? Gesien die skynbare goeie toestand van die gebou mag daar dalk heelwat getroue kerkgangers wees, wie weet.
Kerkie in die Golf van St. Lawrence.
Christ Church Cathedral in Montreal se neogotiese styl het vir ons ‘n mooi kontras gevorm met die pienk gebou in die agtergrond. Die gebou is deur Frank Wills ontwerp en in 1859 voltooi. Dis nou die kerk, nie die pienk gebou nie…
Christ Church Cathedral, Montreal.
Die volgende twee foto’s is nie van ‘n kerk nie maar wel van ‘n tempel - een gewy aan Mammon.

Binnekant van die Royal Bank of Canada, Montreal.
Is daar iewers in die wêreld selfs ‘n middelmatige groot Franssprekende stad wat nie ‘n Notre Dame katedraal het nie? Montreal is geen uitsondering nie maar die Notre Dame katedraal aldaar het ons nie juis besonder beïndruk nie. Nogtans, hier is soos dit lyk - ongelukkig kon ek nie ‘n foto vanuit ‘n goeie perspektief neem nie want oral rondom die katedraal was werkers besig om strate, sypaadjies en parkeerterreine op te kap en als was afgesper.
Notre Dame katedraal, Montreal.
Die klein en pragtige dorpie Mahone Bay in Nova Scotia het drie werklik mooi kerke (Anglikaans, Luthers en United) aan die dorp se waterfront in Edgewater Street, almal binne sowat 300 meter van mekaar. Elkeen is grootliks van hout gebou en daar word dikwels musiekuitvoerings aangebied. Hierdie drie kerke is dwarsdeur Kanada bekend en waar mens ook al in Nova Scotia reis kan mens poskaarte koop met foto’s van die kerke langs die waterfront.
Ons het Mahone Bay oor ‘n naweek besoek en elke Saterdag is daar oorkant die kerke ‘n straatmark wat ons natuurlik besoek het. Ons het elkeen ‘n sny vars brood en ‘n Tim Horton’s koffie gaan koop en op ‘n bank langs die waterfront gaan sit en om die beurt na die kerke en die baai gekyk. Toe dink ek onwillekeurig aan oom Simon Uys, ‘n nou al lank oorlede algemene praktisyn in Bellville wat dikwels geassisteer het by operasies waarvoor ek narkose gegee het. Benewens ‘n pragtige bry het hy ook ‘n klein wynplasie besit en eendag vertel hy my hoe hy die Saterdagmiddag op sy stoep gesit het met ‘n glas wyn in een hand en ‘n sny vars, warm brood in die ander, en aan homself gesê het “Jiggghe, Simon, jy is dagghem gghyk!” Hy het nie van geld gepraat nie. Op daardie dag in Mahone Bay het ek ook so gedink.


Drie kerke in Mahone Bay.
Ons het ‘n onbeplande naweek in Antigonish (uitgespreek as AntIgonish) deurgebring, bloot omdat ons iewers vir ‘n paar dae wou ontspan en Antigonish was die naaste dorp vir hierdie doel. Ek het eers later uitgevind dat dit die tuiste is van die digteres Anne Simpson.
Seksuele molestering van seuntjies deur priesters het natuurlik ook in Kanada plaasgevind en skynbaar veral in Nova Scotia. Die voormalige biskop van daardie provinsie, biskop Raymond Lahey, is baie lof toegeswaai toe hy ruiterlik erken het dat hierdie skandale plaasgevind het en ‘n skriftelike verskoning sowel as ‘n skikking ter waarde van $15 miljoen bewerkstellig het om die slagoffers te vergoed. En sowaar, net ‘n paar maande later is hy betrap met kinderpornografie op sy rekenaar. Hier is St. Ninian’s katedraal waar Lahey gesetel was.

St. Ninian’s in Antigonish.
Nova Scotia het waarskynlik meer kerke per honderd vierkante kilometer as enige ander gebied wat ons nog besoek het. Dikwels kom mens ‘n kerk sommer in die middel van nêrens teen, soos die kerke in die onderstaande twee foto’s. Meestal is die geboue goed versorg maar dit was moeilik om te oordeel of dit wel nog vir dienste gebruik word. Plattelandse Nova Scotia en Newfoundland se kerke is oor die algemeen strak, wit en eenvoudig.
 
Twee kerke in Nova Scotia.
Gravelbourg is ‘n kleinerige dorpie in die suide van Saskatchewan en die tuiste van die Cathedral of our Lady of the Assumption wat in 1919 voltooi is. Gravelbourg was tot redelik onlangs een van die min Franssprekende enklaves in Saskatchewan en die katedraal het in 1930 die setel van ‘n Katolieke biskop geword. Die dorp het sedertdien al meer verengels en die Katolieke populasie het tot so ‘n mate afgeneem dat daar nie meer ‘n biskop is nie en deesdae is die gebou bekend as ‘n ko-katedraal, wat dit ook al mag beteken. Die gebou self is taamlik onaansienlik van buite maar die binnekant, geskilder deur Monsignor Charles Maillard, is ‘n fees vir die oog en is ‘n uitbeelding van die sondes van die wêreld, die veertien stasies van die kruis (ek hoop dis die korrekte Afrikaans vir stations of the cross) en die dood van St. Philemon - voordat die kerk ‘n katedraal geword het is dit vernoem na St. Philemon, wie hy ook al was. Ek kon nie vasstel wanneer Maillard die interieur geskilder het nie maar dit was waarskynlik in die vroeë 1920’s.
Wanneer mens Gravelbourg se buitewyke benader is een van die eerste sowat ses dinge wat mens opval die reklameborde (as dit nou in hierdie geval die regte woord is) wat aborsie afkeur. Die afname in die Katolieke populasie ten spyt het dit skynbaar nie die sienswyse van die inwoners verander nie. Nogtans is dit ‘n dorpie met ‘n taamlike kosmopolitaanse atmosfeer (wel, kosmopolitaans vir die prêries) en met ‘n paar lekker restaurante.
Katedraal in Gravelbourg.
Hierdie is waarskynlik die kleinste kerkie in Kanada, net buite Drumheller in Alberta se Badlands. Plek vir drie, die prediker en nog twee mense.

Kerkie in die Badlands.
Die Badlands.
Die rede vir ons besoek aan Drumheller was nie om die Badlands of Drumheller self te sien nie want dis maar ‘n redelik mistroostige dorpie - ons motivering was die Royal Tyrrell Museum net buite die dorp. Die Badlands het een van die rykste bronne van dinosouriërfossiele wat bekend is en hierdie museum is die enigste ter wêreld wat net aan paleontologie gewy is. Dit is ook ‘n “werkende” museum in die sin dat daar aktiewe navorsing gedoen word en van die uitstallings was werklik asemrowend. ‘n Verdere bydrae tot ons opwinding was ‘n uitstalling van Kambriese fossiele uit die Burgess-skalie wat in British Columbia se Rockies te vinde is, fossiele wat meer as 500 miljoen jaar oud is. Dit was die eerste keer dat ek van aangesig tot aangesig gekom het met onder andere Anomalocarus en Opabinia. Hier staan Lesli by die been van ‘n uitgestorwe dinosouriër.
Lesli in die Royal Tyrrell Museum
Andries het in sy uitstekende inskrywing oor kerke genoem dat toenemende ontkerstening tot gevolg het dat baie mense nie meer verwysings na die Bybel in letterkunde sal verstaan nie. Hy is waarskynlik korrek. Die King James weergawe van die Bybel, saam met Shakespeare se werke is sekerlik die twee geskrifte wat die grootste bydrae ooit tot die Engelse taal gelewer het. Dit bly vir my interessant hoe lank sulke kennis by mens bly voortbestaan. Ek het laas ‘n Bybel oopgemaak toe ek sestien was en moes katkiseer, maar steeds verstaan ek baie sulke verwysings - hoeveel by my verbyglip weet ek weliswaar nie. Dit laat my beslis armer - en nie net vir my nie maar ook daardie mense wat van kindsbeen af geen sulke kennis het nie.
In the secular night
In the secular night you wander around
alone in your house. It’s two-thirty.
Everyone has deserted you,
or this is your story;
you remember it from being sixteen,
when the others were out somewhere, having a good time,
or so you suspected,
and you had to baby-sit.
You took a large scoop of vanilla ice-cream
and filled up the glass with grapejuice
and ginger ale, and put on Glenn Miller
with his big-band sound,
and lit a cigarette and blew the smoke up the chimney,
and cried for a while because you were not dancing,
and then danced, by yourself, your mouth circled with purple.
Now, forty years later, things have changed,
and it’s baby lima beans.
It’s necessary to reserve a secret vice.
This is what comes from forgetting to eat
at the stated mealtimes. You simmer them carefully,
drain, add cream and pepper,
and amble up and down the stairs,
scooping them up with your fingers right out of the bowl,
talking to yourself out loud.
You’d be surprised if you got an answer,
but that part will come later.
There is so much silence between the words,
you say. You say, The sensed absence
of God and the sensed presence
amount to much the same thing,
only in reverse.
You say, I have too much white clothing.
You start to hum.
Several hundred years ago
this could have been mysticism
or heresy. It isn’t now.
Outside there are sirens.
Someone’s been run over.
The century grinds on.
© Margaret Atwood
Thursday, January 12th, 2012

Winter as Sneeu * & ‘n kwashaal brandblusser-rooi
Net na twaalf verlede Dinsdagmiddag het die hemel grou-bruin word. Ek was tussen die huis en my ateljee wat op die solder van die perdestalle is. Dis aardig as die lug verbruin. Apokalipties. Dit ontstem ‘n mens, die aweregse verandering in die natuur, want mens is geprogrammeer om die blou van die hemel as vanselfsprekend te neem. Enige afwyking van die kleurpatroon is ontstellend. Ek kry dieselfde kriewelende gevoel wanneer ʼn DVD op ‘n kritieke oomblik begin bokspring - sulke elektroniese piepgeluidjies begin maak. Dis ‘n gedempte, bonatuurlike geluid wat klink of dit uit ‘n nes vol nylon kuikens kom. Dit gebeur nou die aand op ʼn kritieke oomblik toe die beheksende Milla Jovovich in The Messenger luidkeels skrou: “Volg My!”. Piep, piep-pweem en pwong. Alles breek toe in blokkies op en die lug word bruin. In die ou dae het ek dieselfde gevoel van naderende onheil en benoudheid beleef wanneer my pa se Hewlard Packard Super Eight Home Movie Projector oorverhit en die dun selluloïde film opkook (dit het gewoonlik oor ‘n lasplek op die film vasgehaak en gebrand - want my pa het self sy tuisprente ‘gesplice’). Die verbrande film het dan sulke flikkerende bruin kolle op die wit muur weerkaats. Selfs die rooi beetkolle op die damastafeldoek van ons Sondagmiddagete het sepia geword in die gestolde projektorlig. Die reuk sal my ook altyd bybly. Soet en brak. Amper soos iets wat mens stilletjies in jou mond wil steek, maar later spyt oor gaan wees.
Die lug oor die wintertuin het voor my oë in dieselfde onheilspellende brandkolbruin verkleur. Genadiglik sonder die reuk van smeulende plastiek - én die geskreeu wat gewoonlik daarmee saamgegaan het. Inteendeel, dit was onverstaanbaar stil. Ek het die winterboomskelette in die onaardse lig agterdogtig bekyk en versigtig ‘n sigaartjie opgesteek. Toe begin dit sneeu.
Winterkwatryn
Dis sneeukoud in die Boland,
die son is dagblind en flou.
‘n Ystydperk se voorbrand
maak die lugte smeulend grou.
Die middag het as geword
Die middag het as geword
met ‘n son wat stadig smeul.
Die lug het soos wyn gestort
& niks word ooit weer heel.
Kwatryn in twee kleure
Hier binne is dit kouer en gryser
as die grysste Bolandse dag.
Die ure raak ouer, maar niks wyser,
& weldra kom dagsê die nag.
Johann de Lange. Uit: Weerlig van die ongeloof. Protea Boekhuis. 2011

wintersnag 1
vermindering sluit elke dag
‘n kleiner sirkel om jou enkels en polse
nou kan ek die voorste van jou arm tussen twee
gekringde vingers vat: die onvoorspelbaar perfekte
sirkel waarna die oudste vervoering soek
so moeiteloos voltooi
in hierdie minuskule omhelsing
-en daar is oorgenoeg vel
om ons al twee te bedek teen kou
en weemoed, en gras wat roer
© Petra Müller. Die aandag van jou oë. Tafelberg Uitgewers. 2002.
Winter Heavens
Sharp is the night, but stars with frost alive
Leap off the rim of earth across the dome.
It is a night to make the heavens our home
More than the nest whereto apace we strive.
Lengths down our road each fir-tree seems a hive,
In swarms outrushing from the golden comb.
They waken waves of thoughts that burst to foam:
The living throb in me, the dead revive.
Yon mantle clothes us: there, past mortal breath,
Life glistens on the river of the death.
It folds us, flesh and dust; and have we knelt,
Or never knelt, or eyed as kine the springs
Of radiance, the radiance enrings:
And this is the soul’s haven to have felt.
George Meredith. Gypsy Trails. Harvard University Press

Van brandkolle, rook en donker dinge gepraat - Januarie 6 is offisieel die verjaarsdag van Johanna van Arkel, alias Joanne of Arc en korreklik: Jeanne d’Arc. Uitgespreek soos die Engelse woord vir donker: dark! In a dark time, the eye begins to see…(Theodore Roethke) Dis die 600ste herdenking van haar geboortedag en Frankryk is weer opnuut op hol met haar histoire - die een koerant opskrif lui: The cross-dressing, teenage virgin-warrior -, martyr-saint continues to rally the French. Gedurende die loop van 2012 word Jeanne se verjaarsdag gevier met parades vol wapperende wimpels, konferensies, konserte en kunskompetisies. Daar word etlike son et lumière spektakels beplan en ook ‘n skouspelagtige pelgrimstog wat die roete van haar lewe van geboorte tot die brandstapel gaan naloop - vanaf die vleiveld waar sy die hitsende stemme die eerste keer gehoor het, tot by die plein waar die droë drag hout op haar wagtend was.
Brandende stomp
Die vuurvlam vlieg omhoog
met los lappe vuur omhoër
soos stukke van ‘n mantel
of hande of vlerke of Johanna
se hare net voor sy vonkend
krummelend swart ineensak.
Die vuur raak bewus van die hout
liefkoos met sengende vingers
‘n minnaar nou wat murmel
wat murmel mal oor Johanna
se hare, Johanna soek, bloedogig
soek, swart sink.
Sheila Cussons . Uit: Die Somerjood, 1980
Daar het drie nuwe boeke oor haar verskyn - twee biografieë en ‘n roman. La Figaro koerant het ‘n 114-blad kleurvolle bylaag oor haar geplaas onder die titel: Die Mite, die Legende en die Geskiedenis. Selfs President Sarkozy het ‘n vir Jeanne in sy voorste linies geplaas. Hy het Vrydag die 6de ‘n gul gedokumenteerde besoek aan haar geboortedorp, Domrémy-la-Pucelle, afgelê - hopende dat sy hom triomfantlik deur die verraderlike stembusboulevard in Maart sal begelei. Hoop beskaam nie.
Joan of Arc
Now the flames they followed joan of arc
As she came riding through the dark;
No moon to keep her armour bright,
No man to get her through this very smoky night.
She said, I’m tired of the war,
I want the kind of work I had before,
A wedding dress or something white
To wear upon my swollen appetite.
Well, I’m glad to hear you talk this way,
You know I’ve watched you riding every day
And something in me yearns to win
Such a cold and lonesome heroine.
And who are you? she sternly spoke
To the one beneath the smoke.
Why, I’m fire, he replied,
And I love your solitude, I love your pride.
Then fire, make your body cold,
I’m going to give you mine to hold,
Saying this she climbed inside
To be his one, to be his only bride.
And deep into his fiery heart
He took the dust of joan of arc,
And high above the wedding guests
He hung the ashes of her wedding dress.
It was deep into his fiery heart
He took the dust of joan of arc,
And then she clearly understood
If he was fire, oh then she must be wood.
I saw her wince, I saw her cry,
I saw the glory in her eye.
Myself I long for love and light,
But must it come so cruel, and oh so bright?
Leonard Cohen. Book of longing. Penguin Books, 2006

Tussen al die bleek en grou van die winter landskap is daar in Januarie darem ook spatsels kleur - soos die golwende brandstapelrooi opera gordyne wat in rokende stede voor asem-ophoudende winterskares opgetrek word. Divas duik dan oopmond in fluweel en moiré tabberds onder voetligte op:…Vissi d’arte, vissi d’amore…..

My gunsteling brandgordyn is die een in die Opera Le Palais Garnier in Parys. Elke keer as ek in die gehoor voor die goud-en-rooi spektakel sit, word ek ‘n kind wat nie kan stil sit nie. Ek wil rondkyk en my kop in alle rigtings draai. Vir die eerste paar minute sit ek in my donker pak en helikopter-strikdas tjoepstil. Dan begin ek effens sweet en trap die dame in die sitplek langs my se blinkleer Laboutins nerfaf. Na wat soos ‘n leeftyd voel gee ek my aan my emosies oor. Ek tol in my sitplek rond, spiedend met my verkykertjie. Ek kry ‘n rilling as die 7 ton brons en kristal kroonkandelaar se ligte verdoof. Van opgewondenheid, maar ook ‘n van bietjie banggatgeit - want tydens ‘n opvoering in die mooi Meimaand van 1896 het ʼn kolossale stuk teenwig uit die kandelaber losgekom en ‘n stomme toeskouer doodgeval. Gaston Leroux het in 1910 sy Phantom of the Opera op die insident baseer.
Ek het nie lus vir ‘n re-make van die storie nie, veral nie met my as die inspirasie vir die opvolg nie.

Die koepelskildery wat in 1964 deur Marc Chagall geskilder is, is ‘n visuele chanson. As jy opkyk sien jy ‘n wriemelende uitspansel vol divas en duiwels en dapper helde, wat meester Chagall uit die stal van vurige operafigure geskep het. Met ‘n XXL opera-verkykertjie kan jy ʼn swewende koor karakters herken: Eurudike, Lucia, Violetta en Alfredo, Tristan en Isolde en dan natuurlik, Orpheus met sy goue lier.

Die F-noot
Kandelaberkerse blaas dun roetkolomme
teen die koue freskoemure op
Teken in rookletters kapsie aan
Talm vir ʼn oomblik in die hoë ruimtes
seil dan deur ʼn loodvenster na buite weg
Spuls tuit Mefistofeles
sy rooi geverfde mond
Uitdagend nat sy lippe
Ek is dubbeld - Ek is ‘n eggo.
Sy stert onrustig wakker
Uit die donker kranskapel
Fladder ʼn sanctus-solo
oor die goue offerhandes op
Ryk fermata’s - ʼn vibrato wat kaveer en
ʼn tremolo wat ravot
Bly by my Heer
As donker skadu’s oor my daal
Dit was toe altyd waar:
Daar’s ʼn Aspoester by elke bal
LJVV.2011
Gordyn!

Smoke gets in your eyes
Om jou lief te hê, is om met vuur te speel.
Om oor jou te skryf, is ‘n hartoorplanting
sonder narkose
sonder ‘n skenker
sonder die regte bloedgroep betyds gevind
met ‘n gestel afkerig aan soveel buise,
verbindings, pypies . . .
met ‘n lyf bang vir ondersoekende oë, hande,
pratende monde.
Om jou lief te hê, is om met vuur te speel.
Om oor jou te skryf, laat die hart ineentrek -
spasmodies, vir oulaas, refleksmatig, tevergeefs.
Lub-dub.
PS.
Staan opsy, my hart (nie verstand)
nes Katherine Grayson s’n, is aan die brand.
© Joan Hambidge. (Tachycardia; Jutalit)
Tuesday, December 27th, 2011

Foto: Koel van Weel / EPA
Aflewering 4
In die laaste week van Oktober 2011 het die bom rondom die asielaansoek van die jonge Mauro Manuel (18) uit Angola gebars. Op 10-jarige leeftyd het hy alleen en verskrik van die vliegtuig op Schiphol af gestap in die arms van sy liefdevolle pleegouers. Sedertdien het hy sonder ‘n verblyfsvergunning volledig aangepas. Hy praat goed Nederlands, speel sokker, volg ‘n ITC-opleiding en is geen moeilikheidmaker nie.
Maar omdat Mauro nou volwasse is, moes hy volgens die maatstawwe van die Nederlandse politiek teruggaan Angola toe. Hy kry geen verblyfsvergunning nie. Minister Gert Leers van die Christen-Democratisch Appèl (CDA) moes verantwoordelikheid vir hierdie besluit neem. Naasteliefde, as deel van Christen-wees, ontbreek. Dit maak die publiek kwaad, want dis ook algemene kennis dat die bevolking vergrys en dat Nederland jongmense nodig het. Eintlik is die CDA deel van ‘n minderheidsregering en magteloos in die wurggreep van die PVV van Geert Wilders. Wilders is anti-immigrant. Hy is die stert wat tans die politieke hond in Nederland swaai.
Tussen 26 Oktober en 3 November het daar meer as tweehonderd koerantartikels in die Nederlandse pers hieroor verskyn, waarvan ‘n kwart opiniestukke was. Minstens drie groot besprekingsprogramme op televisie het Mauro uitgenooi om sy saak te kom stel. Mauro the Musical speel op die verhoë. Die regeringsbesluit was lekker materiaal vir al wat spotprenttekenaar is. Die internasionale pers by monde van die Die Welt, die BBC, die Irish Times en die Amerikaanse tydskrif Forbes het die Nederlandse regering vir hulle besluit uitgehaal. Hieroor skryf Abigail Esman van Forbes:
“Niet zo lang geleden kwamen Duitse Joden naar dit land om aan de Holocaust te ontsnappen. Velen waren jonge kinderen die alleen in Nederland aankwamen. Hadden jullie hen ook teruggestuurd, wanneer ze achttien waren geworden? Hebben jullie helemaal niets geleerd?” (NRC-Handelsblad, 2 Nov.)
Daarteenoor verskyn ‘n berig in die pers wat Nederland aantoon as die derde beste land ter wêreld om in te woon. Die maatstawwe van die United Nations Development Programme (UNDP) was inkomste, gesondheid en lewensverwagting. Die UNDP stel duursaamheid in die menslike lewensstyl as ‘n belangrike prioriteit, maar dit is iets wat die huidige politiek in Nederland net vir hulle eie burgers wil afskerm. Die aantal kinders in Nederland wat met dieselfde probleem as Mauro worstel, word tussen 75 en 1500 geskat. Wat is dit nou in vergelyking met ‘n totale bevolking van sestien en ‘n half miljoen?
Op die vooraand van Oujaar 2011 het Mauro ‘n studievisum gekry. Hy kan nog ‘n jaar bly. As hy verder studeer, geld dit miskien vir nog ‘n jaar of wat meer.
Nasr het so daarop gereageer met:
Wiegelied
slaap sag my land
vannag gaan ek nie weg nie
die hoeke van jou drome
sal ek kraak vir ons twee
my tongval moddersag
haak hom klaar vas, daar
sal ek wag, daar net
as jy vas slaap jou opsoek
skuilhou saam fluister
sokker speel ure aaneen
en dan pap en vleis met sous
hierdie nag steel ons tyd
sal ons slaap, tuis
soos vroeër sonder skaam kry
bly ons jonk, bly
asemhaal nie weggaan nie
geen wakker word nie
ek en my eensame land
gaan roerloos vaar
byna onbeman, dus slaap
met mag en mening slaap soet
in my, net die nag
bied genoeg plek
vir ons vrye swartgat
© vert. Carina vd Walt
Hieronder die skakel na Nasr se webwerf toe en waarheen die nuuskierige vertaler kan deurkliek om my Afrikaanse weergawe met die oorspronklike Nederlandse weergawe te vergelyk.
http://www.ramseynasr.nl/web/Dichter-des-Vaderlands.htm
Monday, November 28th, 2011

Life imitates art far more than art imitates life - Oscar Wilde.
There is every reason to believe that (surrealism) acts on the mind very much as drugs do; like drugs it creates a certain state of need and can push man to frightful deeds - Andre Breton, Manifesto of Surrealism.
Sedert my skooldae het ek ʼn belangstelling in die beeldende aspekte van surrealisme gehad nadat ek ʼn boek daaroor in ons dorpsbiblioteek op Wepener ontdek het. Hoe op aarde die boek daar beland en op die rakke gebly het weet ek nie want met die politieke en godsdienstige klimaat van daardie tyd was omtrent enigiets anders as Pierneef en Hugo Naude beskou as uit die bose. Dit was die sestigerjare, die era van Verwoerd, John en Koot Vorster en Herman Strauss van Christelike Nasionale Onderwys-faam. (Ek het ook Darwin se Origin of Species en The Descent of Man in dieselfde biblioteek ontdek. Dalk was die destydse bibliotekaresse, tannie Mattie Geyer, meer liberaal as wat ek vermoed het, dalk was sy maar net nalatig, maar hoe dit ook al sy, ek dink steeds met nostalgie terug aan die ure wat ek in daardie baie goed toegeruste biblioteek deurgebring het.)
Sowat ʼn jaar of wat gelede het ek, terwyl ek meer oor surrealisme gelees het, toevallig afgekom op die vreemde verhaal van wat bekend staan as die Black Dahlia Murder. Die ietwat makabere vonds het my belangstelling geprikkel en ek het meer daaroor begin navors.
Wilde se stelling is waarskynlik taamlik aanvegbaar, maar die ontdekking van die verminkte liggaam van Elizabeth Short (haar foto hier bo) op 15 Januarie 1947 langs ʼn straat in Los Angeles toon dalk dat hy moontlik ʼn punt beet gehad het.
Short was tydens haar dood ʼn werklose jong dame wat gehoop het om ʼn Hollywood-ster te word. Nieteenstaande die sensasionele berigte wat die Hearst koerantketting destyds oor haar gepubliseer het is daar geen aanduiding dat sy ooit by prostitusie betrokke was nie. Hierdie koerante het aan haar die naam van Black Dahlia gegee omdat sy in swart geklee was toe sy die laaste keer lewend gesien is sowat ʼn week voordat haar lyk gevind is. Dis waarskynlik nie nodig om veel meer besonderhede oor haar agtergrond te verskaf nie aangesien dit nie relevant is tot die gebeure nie - hoe en waar sy haar moordenaar ontmoet het is steeds onbekend.
Ek gaan ook nie veel sê oor die surrealisme op sig self nie - beide lesers van hierdie bydrae is na alle waarskynlikheid goed daarmee bekend en soos hulle beslis weet het hierdie rigting in die beeldende kunste liggame - en veral vroueliggame - dikwels in vreemde en soms gemutileerde omstandighede uitgebeeld. Soos die kunshistorikus Sidra Stich opgemerk het “The recurring inclusion of images pointedly allied with death as integral body parts (eg skulls, a gun, a bottle of poison) locate destruction within the very core of the figure.”
Ek wonder soms nogal daaroor en moet erken dat dit my nie aanstaan nie, al het Dorothea Tanning geskryf “The millions of words they (dit wil nou sê die surrealiste) lavished on her (vroue) were not diagrams for degradation… They were disguised hymns to her mystery. I don’t believe that even in the most romantic moments of literary history have writing men so adored the idea of women.”
Ja well no fine - disguised inderdaad. Ek het steeds my voorbehoude, maar moet byvoeg dat daar na die beste van my wete geen verhoogde insidensie van maritale of ander geweld by surrealiste te bespeur is nie, een van die min uitsonderinge waarmee ek bekend is was toe Oscar Dominguez in ek dink 1938 tydens ʼn dronk meningsverskil ʼn bottel na Victor Brauner gegooi het en hom blind in een oog gelaat het.
Terug na Elizabeth Short. Haar liggaam was in twee gesny bokant haar naeltjie, netjies gewas en al die bloed was gedreineer, wat daarop dui dat sy elders vermoor is en dat haar lyk na die moord op die betrokke plek geplaas is. Dit was duidelik dat die moordenaar haar liggaam as’t ware uitgestal het. Haar bene was oopgesprei, een been se knie gebuig en haar arms was bo haar kop uitgestrek. Die posisie herinner aan ʼn foto deur Man Ray, Juliet on the Couch (ca 1945). Ongelukkig kon ek nie ʼn weergawe van hierdie foto op die internet vind nie - en hier het ek olliewhaail gedink mens kans absoluut als op die internet kry. Man Ray se foto toon sy eggenote Juliet Browner wat uitgestrek op ʼn rusbank lê, een been opgetrek, beide arms bo haar kop gestrek - tot ʼn baie groot mate dieselfde posisie waarin Short se lyk gevind is. In die foto is Juliet Browner natuurlik lewend en in een stuk. Daar is eweneens ooreenstemminge met ʼn foto deur Man Ray, Primacy of matter over Thought.

Primacy of matter over thought. Man Ray
In nog ʼn werk van Man Ray, La Jumelle (Die Tweeling) - hierdie keer ʼn skilderye en nie ʼn foto nie -, word ʼn vroulike liggaam uitgebeeld asof sy in twee geklief word deur wat lyk na ʼn glas- of metaalplaat.
Die posisie waarin Short se liggaam gerangskik is toon ook ooreenstemming met ʼn werk van Hans Bellmer, wie se vasgemaakte en soms verminkte poppe en mannekyne taamlik onthutsend is. Alyce Mahon het Bellmer se bydrae tot ʼn uitstalling van surrealistiese kuns beskryf as “…inject(ing) a note of death and sinister violence - the doll’s grotesque imperfection contrasting starkly with the mass-produced beauty of the mannequins.”
 Hans Bellmer se Pop
Daar is ook segmente weefsel uit beide van Short se borste gesny wat herinner aan ʼn Exquisite Corpse tekening deur André Breton, Nusch Éluard, Paul Éluard en Valentine Hugo, waar ʼn vroulike figuur uitgebeeld word met arms uitgestrek in min of meer dieselfde posisie as waarin Short se liggaam gevind is en met segmente van beide borste ingekleur asof dit uitgesny kon wees. Ongelukkig kon ek ook nie van hierdie werk ʼn afbeelding op die internet opspoor nie.
Daar is ook ʼn segment spier uit een van Short se bobene verwyder wat herinner aan Salvador Dali se Minotaure.

Salvador Dali se Minotaure.
In sy geheel laat die moordtoneel mens dink aan Dali se Art of Radio.

Art of radio - Salvador Dali
Alhoewel verskeie verdagtes deur die polisie ondervra is het geen arres gevolg nie en is die moord vandag nog amptelik onopgelos.
Dit is onwaarskynlik dat die ooreenkomste tussen hierdie moord en surrealisme aan blote toeval te wyte is. Met Hitler se oorname van mag in Duitsland in die dertigerjare en nog later met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het baie surrealiste na die VSA uitgewyk, net soos talle ander kunstenaars, akademici, sakemanne en dies meer. Sommige het ʼn tuiste in New York gevind, ander in Kalifornië en meer spesifiek in Hollywood en Los Angeles en teen 1947 was hierdie kunsrigting goed gevestig in Amerikaanse kunskringe, hul werke gesog onder versamelaars.
Die moordenaar het beslis kennis gedra van surrealisme en daar word skynbaar algemeen aanvaar dat die surrealistiese gemeenskap ʼn vermoede gehad het wie die moordenaar was. Van hul latere werke het op hierdie moord gesinspeel, meer daaroor later.
 George Hodel
George Hodel (1907-1999) was ʼn randfiguur in die surrealistiese dampkring, ʼn dokter met vele belangstellings, onder andere die kunste en psigoanalise, maar ook ʼn ietwat eienaardige persoonlikheid om dit saggies te stel. Hy was hoof van die veneriese siekte afdeling van die Los Angeles County Health Department gedurende die 1940s en het ook ʼn privaat kliniek besit. Sy sekretaresse het selfmoord gepleeg deur ʼn oordosis barbiturate te neem, maar wat mens laat wonder of dit inderdaad selfmoord was is die feit dat hy teenwoordig was toe sy oorlede is en dat hy van haar dokumente na haar dood verbrand het voordat die polisie ontbied is. Skynbaar wou sy hom gaan aankla omdat hy rekeninge vervals het. Dalk is hierdie vervalste rekeninge die rede waarom hy dit kon bekostig om ʼn huis te laat oprig wat deur Frank Lloyd Wright se seun ontwerp is en ʼn groot kunsversameling op te bou.
Hodel en sy vrou was bevriend met Man Ray en sy eggenote Juliet Browner, sodanig so dat Man Ray foto’s van Hodel se kinders geneem het en ook van sy boeke aan Hodel geskenk het. Hodel was dus baie goed bekend met surrealisme in die algemeen en met Man Ray se werk in die besonder
Hodel se dogter het in 1949 ʼn aanklag van bloedskande teen haar pa aanhangig gemaak maar hy is vrygespreek alhoewel dit vir my wil voorkom asof hy inderdaad skuldig was. Hierdie klag het die polisie laat besluit dat hy ʼn verdagte in die moord op Elizabeth Short is - ek moet byvoeg dat ek self geen sodanige verband sou vermoed nie maar nou ja, ek is nie ʼn speurder nie.
Die polisie het skelmpies mikrofone in Hodel se huis laat installeer en sommige van die dinge wat hy kwytgeraak het klink inderdaad inkriminerend vir iemand soos ek wat nie weet watter soort stellings in ʼn hof as bewyse aanvaar sal word nie.
“Supposin’ I did kill the Black Dahlia. They couldn’t prove it now. They can’t talk to my secretary anymore because she’s dead. They thought there was something fishy. Anyway, now they may have figured it out. Killed her. Maybe I did kill my secretary…”
Hieronder is ʼn uittreksel uit die polisie se verslag aan die jurie.
Doctor George Hodel, MD… at the time of this murder had a clinic at East First Street near Alameda. Lillian DeNorak… who lived with this doctor said he spent some time around the Biltmore Hotel (dieselfde hotel waar Short laas lewend gesien is) and identified the photo of the victim Short as one of the doctor’s girlfriends. Tamar Hodel… daughter, stated that her mother, Dorothy Hodel, has told her that her father had been out all night on a party the night of the murder and said, “They’ll never be able to prove that I did that murder.”
Nou moet ek byvoeg dat Lillian DeNorak later in ʼn psigiatriese hospitaal opgeneem is (ek weet nie waarom nie en ook nie wie haar laat opneem het nie) en dat verskeie ander getuies die polisie vertel het dat hulle nooit vir Short en Hodel saam gesien het nie.
In 2003 het Steve Hodel, seun van George en op daardie stadium ʼn afgetrede speurder by Los Angeles se moordafdeling, ʼn boek gepubliseer waarin hy beweer dat sy vader die Black Dahlia moordenaar is. Na George Hodel se dood het hy afgekom op twee foto’s van Short wat deur sy vader geneem is - George was ʼn entoesiastiese fotograaf. Short se familie ontken dat hierdie foto’s van Elizabeth is en ek self sien geen ooreenstemming nie. Steve Hodel beweer voorts in sy boek dat George ook verantwoordelik is vir verskeie ander onopgelosde moorde, bewerings wat sedertdien deur ander skrywers in vlamme afgeskiet is.
Die tergende vraag bly dus: was George Hodel die Black Dahlia moordenaar? Hy het beslis ʼn eienaardige persoonlikheid gehad, het baie belang gestel in die surrealisme en gesien sy kontakte met surrealiste en Man Ray se werk in die besonder is daar ooreenstemmings wat beslis verdag lyk. Was hierdie moord die poging van ʼn gefrustreerde kunstenaar wat Elizabeth Short om die lewe gebring het om sodoende ʼn “kunswerk” in vlees en bloed te skep wat alle ander surrealistiese skeppings sou oortref? Wie weet…
Wie die moordenaar ook al was, surrealiste het onmiddellik besef dat daar ʼn verwantskap is tussen hierdie grusame daad en hul kunsvorm en verskeie van hul latere werke het daarna verwys. Die belangrikste is waarskynlik Duchamp se Étant donnés waarvan ek nie ʼn afbeelding gaan plaas nie maar wat in Wikipedia te sien is.
Alhoewel die Black Dahlia moord nou al grootliks in die vergetelheid verval het is daar tog in heavy metal rock-groep met dieselfde naam wat na die beste van my wete steeds aktief is.
Naskrif: jare nadat ek klaar met skool was het Lesli en ek weer eenkeer by my ouers op Wepener gaan kuier. Toevallig was daar ʼn uitverkoping van ou biblioteekboeke en ek het groot plesier daaruit gekry toe ek die twee boeke deur Charles Darwin kon aankoop, sowel as Erich Maria Remarque se All Quiet on the Western Front. Ek het daai boek uitgeneem toe ek in standerd agt en veertien jaar oud was en ek onthou dat tannie Mattie so bietjie gefrons het toe sy die boek stempel en my nog gesê het sy dink nie hierdie boek is geskik vir kinders nie maar toemaar, ek kan dit maar huis toe neem en lees. Dus was sy dalk wel ʼn soort van in-die-kas liberaal.
Free Union
My wife with the hair of a wood fire
With the thoughts of heat lightning
With the waist of an hourglass
With the waist of an otter in the teeth of a tiger
My wife with her rosette mouth and a bouquet of stars of the last magnitude
With the teeth of tracks of white mice on the white earth
With the tongue of rubbed amber and glass
My wife with the tongue of a stabbed host
With the tongue of a doll that opens and closes its eyes
With the tongue of an unbelievable stone
My wife with her eyelashes in the strokes of a child’s writing
With eyebrows from the edge of a swallow’s nest
My wife with brows of slates on a hothouse roof
And with steam on the windowpanes
My wife with shoulders of champagne
And of a fountain with dolphin heads beneath the ice
My wife with wrists of matches
My wife with fingers of luck and the ace of hearts
With fingers of mown hay
My wife with armpits of marten and of beechnut
And of Midsummer Night
Of privet and of an angelfish nest
With arms of seafoam and of riverlocks
And of a mingling of the wheat and the mill
My wife with legs of flares
With the movements of clockwork and despair
My wife with calves of eldertree pith
My wife with feet of initials
With feet of rings of keys and Java sparrows drinking
My wife with a neck of unpearled barley
My wife with a throat of the valley of gold
Of a tryst in the very bed of the torrent
With breasts of night
My wife with her undersea molehill breasts
My wife with breasts of the ruby’s crucible
With breasts of the spectre of the rose beneath the dew
My wife with the belly of an unfolding of the fan of days
With the belly of a gigantic claw
My wife with the back of a bird fleeing vertically
With a back of quicksilver
With a back of light
With a nape of rolled stone and wet chalk
And of the drop of a glass where one has just been drinking
My wife with hips of a skiff
With hips of a chandelier and of arrow-feathers
And of shafts of white peacock plumes
Of an insensible pendulum
My wife with buttocks of sandstone and asbestos
My wife with buttocks of swans’ backs
My wife with buttocks of spring
With the sex of an iris
My wife with the sex of placer and platypus
My wife with a sex of seaweed and ancient sweetmeat
My wife with a sex of mirror
My wife with eyes full of tears
With eyes of purple panoply and of a magnetic needle
My wife with savanna eyes
My wife with eyes of water to be drunk in prison
My wife with eyes of wood always under the axe
My wife with eyes of water-level air-level earth and fire
1931
André Breton
***
Dark Poet
Dark Poet, a maid’s breast
Haunts you,
Embittered poet, life seethes
And life burns,
And the sky reabsorbs itself in rain,
Your pen scratches at the heart of life.
Forest, forest, alive with your eyes,
On multiple pinions;
With storm-bound hair,
The poets mount horses, dogs.
Eyes fume, tongues stir,
The heavens surge into our senses
Like blue mother’s milk;
Women, harsh vinegar hearts,
I hang suspended from your mouths.
Umbilical Limbo 1926
Antonin Artaud
Monday, November 21st, 2011
BUSKER
I strum hymns
as an offering
while they trudge seriously
up Golgotha’s slope
each with a briefcase crucifix
and no smile for the minstrel
(Graeme King)
Straatmusikante het my nog altyd geïnteresseer. Dit moet seker ʼn redelike raap-en-skraap manier wees om ʼn lewe te maak. Waarom doen hulle dit? Gaan dit om den brode of hou hulle van die feit dat hierdie leefwyse hulle minder gebonde maak aan die daaglikse roetine wat meeste mense maar noodgedwonge moet volg?
Ek kan my nie herinner dat ons veel sulke musikante in Suid-Afrika gesien het nie maar hulle is nogal volop in die groter stede van Kanada.

Hierdie man is afgeneem in Victoria, British Columbia, ʼn stad met besonder baie sulke musiekmakers, waarskynlik omdat dit so ʼn gewilde toeriste-bestemming is. Soos mens min of meer uit sy voorkoms kan aflei sing hy Country and Western. Nie juis een van my geliefkoosde genres nie om dit saggies te stel. Sulke musiek is nogal baie gewild dwarsdeur Kanada, selfs in kosmopolitaanse plekke soos Victoria. Mens raak later gewoond daaraan, byna soos die staaltjie van die padda wat in ʼn pot koue water gesit word wat dan baie stadig verhit word sodat die arme dier doodgaan voordat hy agterkom die water word nou ongemaklik warm. Ek is so effens bevrees dat ek later dalk selfs van Country and Western gaan hou…

Hierdie vrolike drietal het natuurlik ook Country and Western gesing (If you wanna play in Texas, you gotta have a fiddle in the band…) maar hulle was sonder twyfel die swakste straatmusici wat ons nog teengekom het - en sou betaal om hulle nie te hoor nie.

Hierdie kêrel, ook in Victoria, is ʼn gebore showman. Sy musiek? Moeilik om te beskryf. Dink aan Barok ontmoet Ierse volksmusiek…

Die volgende oggend was hy weer op sy plek, hierdie keer met sy Darth Vader masker, tot groot vermaak van verbygaande kinders. Sy musiek was steeds dieselfde.

Tydens ons besoek aan Victoria het Lesli en ek soos gewoonlik elke oggend vroeg ʼn ent gaan stap en later in ʼn verlate deel van die hawe beland - verlate in die sin dat daar geen ander mense in die omgewing was nie, slegs ‘n klompie seil- en motorjagte wat oënskynlik sonder bemanning aan boord vasgemeer was. Terwyl ons so aanstap het ons veraf musiek gehoor. Na ʼn tydjie se rondkyk het Lesli hom gewaar: die eienaar of skipper van ʼn groterige motorjag so 300 meter van ons, besig om op die boonste dek musiek te maak, net vir homself. Ek het hom ʼn hele tyd deur my kamera se lens dopgehou terwyl hy sing, mondfluitjie speel en so af en toe ʼn sluk bier neem. (The beer I had for breakfast tasted good so I had one more for desert…) Die klank was bietjie te sag teen die tyd dat dit ons ore bereik het maar dit het vir my geklink of hy sowel Bob Dylan en Kris Kristofferson sing. Dit was sommer so ʼn onverwagse lekker ondervinding, hierdie allenige sanger wat sonder enige gehoor sing, mondfluitjie speel en die helder sonskyn van ʼn wolklose herfsdag so op sy eentjie geniet.

Ons het Nova Scotia verlede jaar in Augustus besoek, ongelukkig moes ons vertrek kort voordat die jaarlikse Busker Festival die hoofstad Halifax plaasgevind het. Nietemin, al kon ons nie tydens die fees self daar wees nie kon ons darem heelwat van die straatmusikante sien wat al begin saamtrek het. Hierdie duo het ʼn bejaarde tannie tot danspassies geïnspireer.

Hierdie jong dametjie was nou wel nie ʼn straatmusikante nie, die foto is geneem by Peggy’s Cove in Nova Scotia. Ek dooi nie juis oor doedelsakmusiek nie maar sy was nogal heeltemal behendig en ons hoop dat sy vanjaar darem in een of ander universiteit of kollege is.

Laaste maar nie die minste nie, ons tuisdorp Moose Jaw. Hierdie is die Band City Dance Band, ʼn propperse big band jazz ensemble wat van tyd tot tyd hier optree. (Let op die spelling van Players Newstand in die agtergrond.) Net om die straathoek regs agter is die Band City Beauty & Barber Shop en heel voor aan die linkerkant speel tannie Fairlye Justason, wat omtrent tagtig jaar oud lyk en so elke ses weke of wat my hare in daai barbierwinkel knip.
Wednesday, November 16th, 2011

Met die dat Wysneus se opvattings oor die politieke ekonomie deur Desmond as “vreesaanjaend” bestempel is kan ek nie anders as om ʼn klip in die bos te gooi oor die “Occupy Movements” nie, deels omdat ek vermoed dat Wysneus grootliks met my gaan saamstem en dat Desmond (onder andere) gaan verskil. En dis beslis ʼn versoeking wat ek nie kan weerstaan nie.
Soos almal weet het die “Occupy” bewegings min of meer dwarsdeur die Weste versprei nadat dit in New York begin het. Gesien die aard van die Amerikaanse ekonomiese stelsel het die besetters daar beslis ʼn paar geldige punte beet en dat hul motiewe suiwer is betwyfel ek nie, maar helaas, hul greep op die werklikheid is maar swak en hulle mik beslis soms op die verkeerde teikens, alhoewel ek met hulle eens is oor die onverantwoordelike optrede van Amerikaanse banke. En nou moet ek byvoeg - was ek ʼn 20-jaar-oue student sou ek na alle waarskynlikheid ook iewers op ʼn plein of park gaan plak het, nie noodwendig omdat ek saamstem met die protesteerders se agenda nie, maar omdat ek ʼn gulde geleentheid sou sien om my slaapsak met ʼn mooi jong dingetjie te deel.
Die Amerikaanse occupy movement is die gevolg van ʼn sisteem waar baie mense (jong mense nogal!) ʼn diep en geregverdige kommer het oor hul toekoms, oor hul kanse om ooit weer ʼn voltydse werk te hê en of hulle ooit eendag met rus in hul harte sal kan aftree. Amerikaanse bankiers verdien deur middel van doodgewone swendelary reuse-bedrae geld terwyl die werkloosheidsyfer in die VSA die hoogste in dekades is. Als heeltemal geregverdige klagtes teen die huidige sisteem.
Terwyl baie van die besetters se klagtes oor die vrye mark soos dit in die VSA gesien word geregverdig is spreek dit nie tot sommige van die heel fundamentele gebreke in die Amerikaanse finansiële sisteem nie. Om net een voorbeeld te noem, korporatiewe belasting in die VSA is van die hoogste in die Westerse wêreld, voorts word Amerikaanse maatskappye ook belas op winste wat hulle buite die VSA maak. Na die beste van my wete is dit nie die geval in enige ander land nie. Dit beteken dat geen Amerikaanse maatskappy geld wat hulle buite die VSA verdien na Amerika kan bring sonder om ook daarop belas te word nie en die logiese gevolg hiervan is dat sulke maatskappye hul geld maar doodeenvoudig in die buiteland hou en daardeur werk verskaf aan mense in Indië, Mexiko of waar ook al en dat Amerikaners daardie werk kwyt is.
Als goed en wel, maar wat is die situasie in Kanada? Die Occupy movement het natuurlik ook hier posgevat. Toronto, Ottawa, Vancouver en Halifax se parke word tans beset deur protesteerders wat hul tente opgeslaan het, luidkeels hul misnoeë met die Kanadese ekonomiese opset te kenne gee en een of ander ongedefinieerde Utopia voorstaan wat op en of ander ewe ongedefinieerde wyse tot stand gebring moet word.
Als goed en wel, maar gesien die hemelsbreë verskille tussen Kanada en die VSA, het die Kanadese occupy movement hoegenaamd ʼn punt beet? Ek dink nie so nie. Trouens, ek dink die Kanadese occupy movement is plein en simpel… wel, simpel.
Om mee te begin. Kanada het nie ʼn “housing bubble” gehad soos wat in die VSA gesien is nie. Kanadese banke het nie hulp van die regering benodig nie en is in der waarheid tans van die sterkste banke ter wêreld. Werkloosheid in Kanada is al die afgelope twee jaar besig om te daal en is tans laer as byna enige tydperk sedert die 1960s. Wanneer mens na armoede in Kanada kyk is die situasie dieselfde - ten spyte van die feit dat die inkomsteperk waar iemand amptelik as arm beskou word die afgelope paar dekades voortdurend opwaarts aangepas is, word slegs ongeveer 10% van Kanadese huishoudings as arm beskou, die laagste syfer in byna veertig jaar. Die mediane inkomste het tussen 1993 en 2008 met 21% gestyg nadat vir inflasie aangepas is.
Saam met die verhoging in mediane inkomste het vanselfsprekend ook ʼn verhoging in lewenstandaard gekom. In 1980 het slegs 30% van Kanadese huishoudings ʼn skottelgoedwasser besit, vandag is die syfer ongeveer 60%, terwyl die eienaarskap van mikrogolfoonde toegeneem het van 10% tot meer as 90%, terwyl dieselfde tendens gesien kan word by alle ander elektroniese apparate soos grootskerm TV’s, selfone en wat ook al.
Die groot en groeiende gaping in inkomste tussen die boonste een persent van die bevolking, die sogenaamde superrykes, en gewone burgers, die 99% soos die occupiers hulself noem, is natuurlik vir hulle ʼn groot bron van ergenis. Byna elke keer wanneer daar televisiedekking van die protes is sien mens ʼn plakkaat wat die regte van die 99% bepleit.
Om in Kanada as lid van die een persent te kwalifiseer moet iemand meer as Kanadese $170 000 verdien het. Hierdie syfer is verkry by Statistics Canada en dateer uit 2007. Dit sluit weliswaar nie inkomste wat uit kapitaal winste verkry is in nie. Die vergelykbare syfer in die VSA is sowat $400 000.
In die VSA verdien die top een persent sowat 20% van al die inkomste in daardie land terwyl daardie groep in Kanada ongeveer 11% van alle inkomste in hul sakke steek. Dit is naastenby dieselfde persentasie as in 1945.
Hierdie groot gaping tussen die inkomstes van die top een persent en die ander 99% word gewoonlik met groot verontwaardiging aangehaal, so asof dit vanselfsprekend skandalig is dat sommige mense sulke groot bedrae geld verdien. Daar word egter baie selde gekyk na hoe hierdie mense hul geld verdien en wat hulle daarmee maak. Soos Paul Wells tereg opgemerk het, as die aandeelhouers van ʼn maatskappy besluit om die direkteure van die betrokke maatskappy ʼn stewige salaris te betaal dan is dit ʼn saak tussen die aandeelhouers en die direkteure en niemand anders nie - die salarisse van die direkteure kom per slot van rekening uit die aandeelhouers se sakke.
Voorts betaal die top een persent in die VSA sowat 38% van alle persoonlike inkomstebelasting, in Kanada nagenoeg 25%. As die bevolking volgens inkomste verdeel word in groepe van 20% sal mens vind dat die presentasie inkomste wat deur die boonste 20% verdien word gestyg het van 45% in die vyftigerjare van die vorige eeu tot ongeveer 52% tans. Dertig jaar gelede was die bruto inkomste van die boonste 20% naastenby 33 keer meer as dié van die onderste 20%, maar wanneer die effek van belasting nou in 2011 in ag geneem word dan is die verskil nie naastenby so groot nie en is die salaristjek van ʼn lid van die top 20% nege keer groter.
Wanneer mens hierdie top 20% se inkomste verder ontleed kom mens op ʼn interessante verskynsel af: die groei in inkomste het byna uitsluitlik in die boonste een persent van daardie 20% plaasgevind, oftewel, die onderste 19% se sny van die koek het min of meer konstant gebly. Die ekonoom Mike Veall het hierdie groepie mense verder bekyk en gevind dat die toename in inkomste meestal by die boonste 0,1% lê, oftewel diegene wat meer as nagenoeg $600 000 per jaar huis toe neem. En in daardie 0,1% is weer ʼn meer uitgelese groepie. Te wete die heel boonste 0,01% wat meer as $1 800 000 per jaar verdien. Oftewel, daar is in Kanada geen sprake van ʼn bevolking wat in twee groot groepe, naamlik die haves en die have-nots verdeel is nie - daar is bloot ʼn paar duisend besonder stinkryk mense wie se inkomste baie meer is as die ander 34 miljoen Kanadese, daardie groep hoi polloi wat 99,99% van die bevolking beslaan.
Wie is hierdie mense? Sonder twyfel is daar heelwat sakemanne en vroue (onder andere Arlene Dickinson, ʼn Suid-Afrikaans gebore bemarkingsdeskundige), maar daar is vanselfsprekend ook ʼn hele aantal sportsterre (veral yshokkiespelers) en natuurlik popsangers.
Dit is natuurlik nie net in die VSA en Kanada waar ʼn klein presentasie mense wegstap met ʼn oënskynlik buitensporige deel van die bevolking se totale inkomste nie - dieselfde situasie word gevind in baie lande met ander ekonomiese en politieke omgewings, selfs ook in Swede.
Iets wat wel anders is as ʼn aantal dekades gelede is dat mense wat hierdie hoë inkomstes het dit uit salarisse verdien. Veall se navorsing toon dat welgestelde Kanadese van sestig of sewentig jaar gelede die meeste van hul inkomste verkry het uit die besit van kapitaal terwyl meer as 70% van vandag se superrykes se inkomste uit salarisse afkomstig is.
Nog ʼn bevinding deur Veall toon dat Franssprekende Kanadese se salarisse nie so vinnig gestyg het as dié van hul Engelssprekende landgenote nie. Trouens, daar is ʼn wêreldwye tendens dat salarisse in lande waar Engels algemeen gepraat of verstaan word oor die algemeen hoër is as elders, waarskynlik omdat mense wat hierdie taal magtig is makliker tussen verskeie lande kan beweeg en oral werk kry. Wat dit eintlik beteken is dat daar strawwe kompetisie in die sakewêreld is vir die kundigste Engelssprekendes. Oftewel, meritokrasie. Is daar iets verkeerd wanneer die VSA die beste mense in verskeie vakgebiede lok - hetsy die natuurwetenskappe, ekonomie, die sakewêreld en ja, selfs die geesteswetenskappe?
Die volgende vraag wat natuurlik opduik is: wat kan mens daaromtrent doen, dit wil nou sê as mens van mening sou wees dat dit onaanvaarbaar is vir ʼn klein groepie mense om soveel geld te verdien. Moet die superrykes (en selfs die wat nie so superryk is nie maar wat nog in die boonste twintigste persentiel val) meer belasting betaal? Die occupiers in Kanada vind hierdie opsie natuurlik baie aantreklik. Maar teen hierdie tyd is die gevolge van ʼn buitensporige hoë belastingkoers al goed bekend. Die huidige marginale belastingkoers hier 44%, wat federale belasting, Provincial Sales Tax (PST) en General Sales Tax (GST insluit, alhoewel PST verskil van provinsie tot provinsie. Na my mening is dit omtrent so hoog as wat ʼn regering kan hef sonder om inisiatief te onderdruk. Die hoogste marginale koers was veertig jaar gelede twee keer hoër as tans en toe het die superrykes inderdaad minder belasting betaal as nou. Stephen Gordon het bereken dat ʼn 10% toename in die marginale belastingkoers op inkomste van meer as $500 000 hoogstens $4 biljoen aan die staatskas sal lewer en waarskynlik minder. Dit is in terme van die Kanadese begroting as geheel in baie klein bedrag.
Ek begryp steeds nie waarom soveel mense so ontsteld daaroor is dat ʼn klein aantal mense so baie geld maak nie. Mens het net nodig om sowat $70 000 te verdien om as een van die top 10% in Kanada gereken te word, en ek het geen twyfel nie dat baie van die joernaliste wat simpatiek staan teenoor die occupiers jaarliks soveel geld verdien nie, en ook dat heelwat van die protesteerders en beslis ook hulle ouers in daardie groep val.
Ek ontken nie dat daar baie ongelykhede in die Kanadese samelewing is nie, ook nie dat baie meer gedoen kan word om hierdie ongelykhede uit te wis nie. Maar die Kanadese occupiers se standpunte is doodeenvoudig nie gegrond op enige rasionele begrip van die harde werklikhede nie. Na my mening is hulle oningelig - en dan stel ek dit baie sag.
Baie van die informasie het ek verkry van artikels deur Paul Wells en Andrew Coyne, sowel as uit die webwerf van Statistics Canada.
You can talk about the pain and the struggle
You can discuss hard times or life in a nutshell
Or (a hunger) because Momma took the welfare (and bailed?)
Then you don’t know how it is.
They are fighting addiction while providing for four kids
The definition of a true man,
He never let the world get in the way of him being a dad
So tell me where have you been?
I’ll tell you right now,
Until you crawl under that bridge and huddle up against the wall
Take off them busted-ass shoes, feet riding the railroad
Then you don’t know what I been through or where I’ve been
Knowing that tomorrow I’ll be in the same place again
Dry my tears in the wind
You say you feel my pain
But you don’t even know what pain is.
© Louis Cameron Rodriguez
[‘n Transkripsie van ‘n gedig wat Rodriguez weergegee het tydens die Occupy OKC rally.]
Tuesday, November 8th, 2011
Daar kom ‘n tyd, soms voel dit soos tye, wanneer mens moet begin uitsorteer, weggooi, wegpak. En dan is dit skielik asof stemme uit ‘n verlede waarvan jy lankal vergeet het weer boontoe kom. Miskien omdat jy nou nader aan hulle is.
In Parys is die stof onsigbaar. Jy sien of ruik dit nie - alhoewel Parys ‘n besonderse reuk het, soos alle stede maar. Dis waarskynlik die enigste plek op aarde waar jy my ná ‘n afwesigheid van jare geblinddoek in die middel van die nag kan los en ek sal instinktief wéét waar ek is. Niks te doen met sentimente nie - bloot die palimpses van oorlewingspatrone, reise en drome wat hier weggeraak het.
Maar trek jy na ‘n lang tyd ‘n laai oop of gaan soek op ‘n boonste rak na ‘n verlore meesterwerk, dan is dit daar in ‘n lagie: die klewerige gitswart stof van Parys. Dis natuurlik die stadsbesoedeling - arglistig, die onwaarneembare verstofliking van ‘n stad waar miljoene mense lewe en beweeg, met strate vol motorkarre (”stink, warm beeste,” het Jan Rabie hulle met misnoeë genoem) en onsigbare rook. Miskien is dit meer roet as stof. (En die stad is nogal trots op sy nuutgewonne skoonheid en suiwerheid, dat allerlei voëlsoorte na vele geslagte weer teruggelok is na die parke. Oorkant my ateljee woon ‘n egpaar kraaie in die bome; hulle hou my dop. Daar’s nie haas nie.)
Daar is ou notaboeke, ongepubliseerde gedigte op dun velletjies papier nou haas onleesbaar, ‘n bestellys van maandelikse ‘ekstras’ aangekoop in Pollsmoor-gevangenis teen die einde van jou tyd daar - waaronder drie soorte tabak, natuurlik vir die smokkel in ruil vir vrugte of leesstof. ‘n Swartbesmeerde lêer val oop. Briewe van André, Karel Schoeman, Ampie, Jan (o.a. uit Kreta)…

Dis ‘n poskaart van Peter Blum. Op die voorkant jou naam en adres. Die stempel wys dis om 2.15pm die 14de September 1967 in Chiswick gepos.
Soos die toeval maar maak, noudat alles begin toeval en swaar van voorbodes en ‘tekens’ is, het jy enkele dae gelede in ‘n ander lêer op ‘n brief van Henrietta Blum afgekom, twee ligblou velletjies lugpospapier… “Jou brief van 1967 het ek op die tafel in die woonkamer gekry en dit as teken van Peter aanvaar, dat ek vir julle moet skryf: op 5 Desember het hy in die hospitaal gesterf. (HB se brief is gedateer 8 Desember 1990) [-] Dankie dat jy met soveel innige waardering van sy gedigte gepraat het. Die mense het Peter nooit verstaan nie. Hy wou nie laat agterkom hoe verlore en ontuis hy voel nie. Een maal ‘n vlugteling, vir ewig ‘n vlugteling.”
Wat hét geword van Peter Blum se gedagtes? Wat wou hy te kenne gee met die boodskap? (Die ander kaarte was veel meer wrang, pittig, skunnig, snaaks.) Waarskynlik het jy op daardie stadium vreeslik vol van jou eie voortvarende selfvoldane insigte vir hom die liviete probeer voorlees oor wat in Moermikland gebeur. En wat sou die toepassing kon wees op wat nou aangaan, sê nou maar aan die Skellumbos Universiteit, die witgemuurde vesting van behoorlik onnosele maar so gedienstige ‘etiese’ ydelheid?

Friday, November 4th, 2011
windeier, sommer
In ‘n poging om die vertaalde Tranströmer vers van vanoggend uit die web te lok, te knip en dan oor te plak en aan te stuur vir ‘n ou digtersvriend (halfbroer) wat nou saam met sy Turks-Amerikaanse vrou met irisse boer iewers in Toskane - immergroen knolplant met pronkerige blomme, flap; reënboog; reënboogvlies v.d. oog: dankie, VAW - want hy staan ook met die een voet in die gapende graf van ou briewe (die vlietende reënboog is ‘n vlieslied) / en omdat ek nie weet hoe om dit te doen nie, hoe om te vertaal nie, kry ek toe die volgende resultaat. (My tata sê daar is nog baie poelpetate in die Vrystaat - jy beter jou patats oppas!)
Answers to Letters
In the bottom drawer of my desk I come across a letter that first arrived twenty-six years ago. A letter in panic, and it’s still breathing when it arrives the second time. A house has five windows: through four of them the day shines clear and still. The fifth faces a black sky, thunder and storm. I stand at the fifth window. The letter. Sometimes an abyss opens between Tuesday and Wednesday but twenty-six years may be passed in a moment. Time is not a straight line, it’s more of a labyrinth, and if you press close to the wall at the right place you can hear the hurrying steps and voices, you can hear yourself walking past there on the other side. Was the letter ever answered? I don’t remember, it was long ago. The countless thresholds of the sea went on migrating. The heart went on leaping from second to second like the toad in the wet grass of an August night. The unanswered letters pile high up, like cirro-stratus clouds presaging bad weather. They make the sunbeams lustreless. One day I will answer. One day when I am dead and can at last concentrate. Or at least so far away from here that I can find myself again. When I’m walking, newly arrived, in the big city, on 125th Street, in the wind on the street of dancing garbage. I who love to stray off and vanish in the crowd, a capital T in the mass of the endless text.
TOMAS TRANSTRÖMER (1981)Vertaal deur Robin Fulton.
Wat volg is die… (gevolg) van die poging om die ‘oorspronklike’ weer te herstel, veral die lynafbakening, en dit word toe ‘n spel van vraag en vervaging. Vraag: Hoeveel ‘stemme’ is daar opgesluit in ‘n teks? Wat is die eggo’s wat jy hoor, en hoekom? (Iewers onder die woordhopies en letterstrepies - meen jy - is daar iets waar te neem van die primordiale kreet.) Stom kreet? En dit kan nie vervals word nie? Wie toor daar in die toring? Jy kan tog nie uit die gedig ‘vertaal’ (vertaalhaal) wat nie reeds daar is nie, al waai die woorde ook weg op die wind. Vertaal is windverwoording.
Natuurlik kan dit vir ewig aanhou. Ons gaan dood, kom tot ‘n einde, omdat daar te veel alternatiewe is. Zeno se aksioom - dat die ewigheid of die oneinde bestaan (en nie bestaan nie) omdat dit wat jy wéét of hét weer en weer verdeel (en gedeel?) kan word. (En weer.) Wat se ‘spore’ bly oor van ‘n ‘eie’ (hoeveel vere van die eier) in die variante? “Le mouvement, fut-il chaotique: jusqu’ici, on n’a pas trouvé mieux contre la mort.” Synde: Beweging, al is dit ook chaoties: tot dusver het ons nog nie iets beter teen die dood gekry nie. Meerstemmige beweging?
Let daarop hoeveel slaankrag of wagkrag opgesluit lê of losgelaat word in jou keuse (?) van enjambementering. Jy sou kon argumenteer dat dit juis dáár is dat beweging ontstaan… en waar die paaie (moontlikhede) vurk. (Jy - ek? - bevraagteken die keuses gemaak, bewustelik of nié, deur die twyfelende Tomas, of sy vertaler. Jy begryp nie mooi hoekom die some juis dáár gestik is en nie elders nie. Jy ‘onteien’ die maker/versaker. Jy neem ‘n bietjie van sy las oor. En sy laste? Versmaker. Versmakker. Makkelaar. Maakmekaarmak. Die digter hakkel sy woorde tot begrippe soos die makelaar sy aandele tot wins.}
answers to Letter
a letter that first
a letter in panic, and it’s
the second time.
four of them the day
black sky, thunder
window. The letter.
Tuesday and
may be passed in a
line, it’s more of a
wall at the right
steps and voices, you
there on the other side.
I don’t remember, it was
of the sea went on
second to
an August night.
like cirro-stratus
make the sunbeams
One day when I am dead
so far away from
When I’m walking,
in the wind
to stray off
in the mass of the endless
(”skryf is hoed afhaal en vertaal”)
gee my jou jas en jou tarentale
kom laat ons stotter in al die
valerwordende vokale van skemering
maar gee my jou taaljas
jou droomtrommel en jou maan-
oppas: dat ons saam mag vernaam
© Breyten Breytenbach. November 2011
Thursday, November 3rd, 2011
Ek het baie vakansies as kind in die Hermanus-Onrus-gebied deurgebring en was eindeloos lief vir daai kus met sy wilde storms and groot see. Vir ‘n paar jaar was ons bevoorreg genoeg om selfs ‘n huisie by die see op Onrus te besit en as gesin het ons wonderlike vakansies daar deurgebring. Maar toe kom die mense en die rus op Onrus word al hoe minder rustig en al hoe minder veilig. Verlede jaar verkoop ek my huisie by die see en koop … ja, dis ‘n ander storie vir ‘n ander dag.
 My huisie by die see
Tydens my besoek aan Suid-Afrika vroeër hierdie jaar, het my liewe vriendin, Santa, my genooi om by haar dogter op Jakkelsfontein te kuier en ek het sodoende my hart op die lang oop strand met sy wit sand en geselsende seemeeue verloor. Dis winter. Die see is groot en met tye kwaai, maar die voëls speel en skater in die branders en ek spandeer ure alleen met net my kamera en die eindelose blik van niks.
 Jakkalsfonteinstrand en seemeeue
Die konsep van niks, van nêrens waaroor ek vantevore geskryf het - The Meaning of Nowhere soos Jan Morris dit beskryf - spook weer by my. My tweede aand daar ontdek ek op my gasvrou se boekrak Die Versamelde Werk van Jacques Brel en ek lees na baie jare weer die woorde van sy beroemde lied ‘Marieke Marieke’. Dit voel vir my hy moes al langs die see aan die Weskus gestap het.
Zonder liefde warme liefde
Waait de wind c’est fini
Zonder liefde warme liefde
Weent de zee déjà fini
Zonder liefde warme liefde
Lijdt het licht tout est fini
En schuurt het zand over mijn land
Mijn platte land mijn Vlaanderland
Terug in Israel woon ons die Haifa Film Festival by. Laat een aand gaan kyk ons die nuwe film van Sophie Schoukens, Marieke Marieke. Dit is die storie van ‘n jong vrou, Marieke, op soek na liefde en heling - ‘n soeke wat haar dikwels in die arms van ouer mans dryf sonder dat ons ooit hoef te voel dat sy die slagoffer van hulle begeertes is.
Die Brel-liedjie speel ‘n kritieke rol in die fliek. Die kinematografie weerspieël die woorde in die swaar donkergrys hemel wat ‘n skadu oor alles gooi. Die gebruik van kleur is uiters simbolies en minimalisties sodat wanneer die sleutel tot Marieke se soeke geopenbaar word, dit die kleur soveel as die beeld is wat die storie en betekenis dra. Daar is een aangrypende toneel waar sy in die arms van ‘n ouer man dans en hy die liedjie Marieke vir haar sing. Dit is ‘n kritiese oomblik in haar ontwikkeling en daardie woorde “Zonder liefde warme liefde /Weent de zee déjà fini /Zonder liefde warme liefde /Lijdt het licht tout est fini” Ek sal nie weer maklik na die woorde kan luister sonder dat ek weer dink aan daardie beeld van die jong vrou en ou man, elk met sy-haar pyn, wat in die verlate kamers van haar kindertydwoning dans nie. Dit is ‘n rolprent wat u maar gerus voor op die uitkyk kan wees.
 stormsee
Maar ek kan ook nie na die lied luister sonder om die strand by Jakkalsfontein aan die Weskus te sien nie. Die twee seemeeue wat met mekaar gespeel het in die water wat oor die sand spoel onder ‘n donker swaar grys hemel, op maat van hul eie lied, bly dans voor my. Dis asof die beelde van die fliek en die beelde van die Weskus by my verstrengel geraak het tot een verlange. Verlange na my land van herkoms? Na my huisie by die see? Na iets sonder naam? Is dit nie maar uiteindelik waarna soveel van ons soeke is nie - na die betekenis van nêrens en niks, na iets wat nie ‘n naam het nie, om sonder naam en sonder verlange een met die see en die wind en die groot grys hemel te word.
 Donker hemel
En dan sonder dat ek kan verduidelik hoekom, begin die aangrypende klein gebed-gedig van Hanna Szenes, die Joodse vryheidsvegter wat deur die Nazi’s in 1944 vermoor is, deur my gedagtes spoel:
Eli, Eli My God, My God
Shelo yigamer le’olam: May these things never end:
Hachol vehayam The sand and the sea
Rishrush shel hamayim The rustle of the waters
Berak hashamayim The lightning in the heavens
T’filat ha’adam. The prayer of Man
http://www.youtube.com/watch?v=QkjsqUQSrhE&feature=related
|
|