Buiteblik
Tuesday, September 4th, 2012

SOMER IN DIE PRÊRIES
(OF: WING NITE IN TAKBOKKAKEBEEN)
Vakansietyd in Saskatchewan hang af van wie mens is en wat jy doen. Meeste mense gaan in Julie of Augustus met vakansie, maar nie die ekspat Suid-Afrikaners nie – Lesli en ek is byna die enigste uitsonderings. Die ander verkas in Desember of Januarie na sonnige Suid-Afrika om agtergeblewe familie en vriende te gaan besoek en weer langs die see of in die Bosveld ‘n vissie of vleisie te gaan braai en te kla oor die Kanadese winters. Hulle mag dalk in daardie opsig ‘n punt beet hê want winters hier is bleddie koud, maar wanneer hulle terugkeer hoor ons weer hoe hulle uitwei oor korrupsie, misdaad en geweld in Suid-Afrika.
Saskatchewan het sneeu op die grond vir vyf maande van die jaar. In daardie tyd kan boere natuurlik nie juis iets op hul plase uitrig nie en dus gaan hou hulle vakansie in Meksiko, Arizona of Florida. Baie welgestelde afgetredenes doen dieselfde om van die koue te ontsnap en staan bekend as “snowbirds”.
Ons het nog elke jaar in Julie of Augustus met vakansie gegaan en tot dusver allerhande plekke ver van Saskatchewan besoek, trouens ek dink ons het al meer van Kanada gesien as meeste Kanadese. Toe ek so ‘n paar jaar gelede aan ‘n sekretaresse by die hospitaal vertel dat ons deur die Rockies gaan reis sê sy aan my “You know, I have never seen a mountain.” En dis nie omdat sy nog nooit in haar lewe buite Moose Jaw was nie, dis net dat daar nie berge in Saskatchewan is nie. Ek het onlangs ‘n inskrywing gelewer oor Andrew Suknaski en Wood Mountain waar hy gebore is. Ons was in Wood Mountain. Daar is geen, soos in bleddiewil geen, berg te sien nie, nie eers ‘n groterige heuwel of rantjie nie. Wood Mountain “berg”, ‘n ent weg van die dorpie, sal in SA skaars kwalifiseer as ‘n klein mynhoop. In Saskatchewan word sulke rantjies egter as berge beskou. Sjeim, hulle weet nie van beter nie.
Vanjaar het Lesli en ek besluit om by wyse van verandering die suidelike streke van ons tuisprovinsie Saskatchewan te verken en meer spesifiek die plattelandse omgewing. Beide van ons het in klein dorpies grootgeword en het ‘n sagte plek vir die platteland en sy mense. Ons tuisprovinsie is so groot dat mens dit nie as geheel in een vakansie kan ontdek nie (behalwe as dit ‘n baie laaang vakansie is). Daarmee eers ‘n paar hopelik nie te vervelige statistieke oor hierdie provinsie.
Saskatchewan het ‘n oppervlak van sowat 650 000 vierkante kilometer, waarvan omtrent 12 persent deur mere of riviere ingeneem word. Dit is dus ongeveer die helfte so groot soos Suid-Afrika maar beslaan net 6,5% van Kanada se totale oppervlak, wat mens ‘n idee gee van hoe enorm hierdie land is. Dit is ‘n redelik dun bevolkte provinsie met net so ‘n raps meer as een miljoen inwoners waarvan ongeveer die helfte in die twee grootste stede, Saskatoon en Regina, woonagtig is. Kleiner sentra is plekke soos Moose Jaw, Yorkton, Prince Albert en so aan, almal in die suidelike derde van die provinsie met kleiner dorpe verder noord. Dit is dus meestal ‘n plattelandse provinsie met klein en soms fassinerende dorpies.
Die prêries, redelik plat soos dit is, het sy eie bekoring, winter en somer, maar ek moet erken dat dit mens so bietjie tyd vat om daarvan te hou. Hierdie foto is geneem terwyl ons op reis was tussen Moose Jaw en Edmonton in die aangrensende provinsie Alberta. Dit is hoe die prêries in die somermaande vir sowat 750 kilometer lyk – koring, canola, lensies en ‘n lug vol helder wolke. Nie verniet dat Saskatchewan se leuse “The Land of Living Skies” is nie.
INNER SPACE
my spaces are vast
are blue
winds rip through my ribcage
redtails shriek in my throat
with a dry puckered mouth
the sun sucks my brain
i look small
and earthbound
but inside
is the sky
Lorna Uher
Al hou die Moose Javians daarvan om hul tuisdorp ‘n stad te noem, het Moose Jaw met ‘n bevolking van sowat 36 000 ook maar ‘n baie plattelandse atmosfeer en het dit baie opsigte ‘n interessante geskiedenis. In die twintiger- en dertigerjare van die vorige eeu het Al Capone soms hier kom uitspan wanneer Chicago vir hom te ongemaklik geraak het. River Street was destyds die plek waar prostitute snags hul dienste verkoop het en menige nagtelike ontmoetings het in die Royal George Hotel, oftewel The Park, plaasgevind – beide name pryk op die gebou se fasade. Ek verstaan dat daar steeds prostitusie in Moose Jaw is, skynbaar is hulle steeds in River Street te vinde, net effens wes van waar dit in die ou dae was.
PARK HOTEL, MOOSE JAW
Harold Ogel: you should see
this place you worked in 53
fine grand staircase, ornate radiator
now you’ve got to stay drunk
to work the front desk
peeling paint, screwed down TV
chipped red enamel writing desk
where no one writes boasting postcards
fake books nailed to the bar wall
Bible tossed outside
to rot with a broken beer bottle
it’s adventurous to watch 40′s Bogart
bragging over a black falcon
if you can leave the next day
say goodbye to Tiger
the toothless Metis mother
begging for a friend
the German with the thickest fingers
ever to yank turnips tops
who drove 16 horses 510 miles in 17 days
says the rooms aren’t so bad
George Morrisette
 The Park/Royal Hotel
Die bakkie voor die hotel is ‘n Cadillac uit die laat 1960′s of vroeë 1970′s, ek kon nie vasstel presies watter jaar nie – Cadillac maak al dekades lank bakkies en vir ‘n onrehabiliteerbare petrolkop soos ek is die aantal goed opgepasde ou motors wat hier rondry ‘n bron van vreugde. Daar is darem min dinge wat so mooi klink soos ‘n V8 wat “wloeb-wloeb-wloeb” staan en luier (terwyl die eienaar gou by die hotel se drankwinkel induik om sy naweek se voorraad Molson bier te koop.) Dan praat ek nie eers van die Harley-Davidsons nie, rydinge wat in SA die speelgoed van welgesteldes is. Hier is hulle soos aambeie, elke tweede poephol het een.
Die hotel is sedert die skryf van die gedig hier bo darem so bietjie opgekikker maar dit vergelyk steeds nie juis baie gunstig met die Mount Nelson in Kaapstad nie. Ons besoek dit nogtans so elke twee of drie maande om twee redes. Een is dat elke Woensdagaand Wing Nite is en dat hulle sonder twyfel die beste hoendervlerkies en -boudjies in Moose Jaw aanbied, die tweede is dat ons daarvan hou om te kyk na die mense wat saam met ons in die kroeg sit terwyl ons ‘n Rickard’s Red Lager drink en ons vingers en monde besmeer met een van die 39 geure vlerkies wat daar te eet is. Hulle is ‘n interessante groep – tattoeërmerke orals, ringe op neuse, lippe, ore en wie weet waar nog als, baie spiere en\of groot boepense, hul gesprekke vol van die f-woord. Ten spyte van hul robuuste voorkoms was daar nog nooit enige insidente van geweld of eers ‘n hewige verbale meningsverskil terwyl ons daar was nie, maar ek veronderstel dat dit wel soms mag voorkom. En dan die tannie wat die vlerkies berei… met sulke arms wil ek haar nie graag een donker nag in ‘n stegie ontmoet nie. Mens gaan gee jou bestelling by haar, sy vra jou naam en beveel jou kortaf om te gaan sit. Tien minute later skreeu sy so kliphard dat die hele kroeg weergalm: “LEOOOOONN!!! YOU WINGS ARE READYYYY!!! en jy skrik so groot dat jy onmiddelik drafstap om die bestelling te gaan haal voor sy jou weer moet roep – ek meen, netnou vererg sy haar as jy nie dadelik opdaag nie.
“Gemengde” huwelike, dit wil nou sê tussen swart/wit of Kaukasies/Oosters/Arabies is taamlik algemeen in Kanada, ook hier in die prêries en niemand knip ‘n oog daaroor nie. Dis een van die dinge waarvan Lesli en ek baie hou – Kanadese se oor die algemene gebrek aan rassegevoel. Huwelike of verhoudings tussen wit Kanadese en inheemse Kanadese Indiane (of “first nations” soos hulle hier genoem word) is egter relatief skaars.
LITERACY
he would beat her
because she was a woman
and Indian, and he thought
he had debased himself with her
in this uncivilized place
loved only his books
Shakespeare and Plato
and Songbirds of England
locked himself often in
and read then bitterly
she when he died
piled them all in the front yard
emptied on them a can of coal oil
only when they were burning
did she pull one out
and cry over
the curling pages
Leona Glom
Die twee gewildste sportsoorte in Kanada en veral in die prêries is rugby en yshokkie. Met rugby bedoel ek natuurlik die Amerikaanse weergawe. Saskatchewan se provinsiale rugbyspan staan bekend as die Rough Riders en ek het nog nooit ‘n Kanadees ontmoet wat dit snaaks vind wanneer ek hulle vertel dat Rough Rider die naam van ‘n gewilde kondoom in Suid-Afrika is nie. Hulle is ewe fanaties oor hul rugbyspan as wat Suid-Afrikaners is oor die Sharks of wat ook al – menige kar het ‘n Rough Riders vlag, plakker en dies meer en baie mense dra hierdie span se t-hemde, selfs by die werk.
Ek het kort na ons aankoms hier ‘n paar yshokkie-wedstryde bygewoon. Dis beslis die vinnigste spel wat bestaan en ek admireer die spelers want dit verg geweldig baie talent en ongelooflike vinnige reaksies, maar ek het besluit dat dit nie vir my is nie. Geweld, en ek bedoel openlike vuisgevegte tussen opponerende spelers, word nie alleen toegelaat nie maar ook aangemoedig. Dit is nie vreemd om te sien dat die skeidsregters opsy staan en twee spelers toelaat om mekaar te takel nie. Voorts het onlangse navorsing getoon dat yshokkiespelers so dikwels konkussie kry dat baie van hulle vroeg in hul lewe (en ek praat hier van hul veertigerjare) Alzheimer-agtige siektes opdoen. Daar is tans pogings om hierdie nodelose geweld te probeer stop maar ek hou nie my asem op nie.
THE SLAP SHOT
(for Rudy Wiebe)
You see, the problem is:
to get your head above and
just ahead of the puck
to slide your forehand down
the shaft of your stick as you
pull it back
and with your back leg leaving
the ice just before your stick
hits
striking the ice just a few
inches behind the puck
hitting it about the
middle of the blade
while aiming at the corner
of the net
and if you have to think about
that, brother,
it just isn’t there
Stephen Scriver
Moose Jaw het sy eie radiostasie en met die dat landbou een van die twee of drie grootste industrieë in die onmiddelike omgewing is het ek dit nogal amusant gevind om te hoor dat die advertensies, so tussen die Country and Western musiek deur, dikwels plaasimplemente adverteer.
Pitch forks and saw logs
Old Jack Bertram, who once
roped a Big Horn ram
and only wondered
as the loop settled
behind the curls
how he’d ever
get his rope back
and never did,
ambled around the corner
of the barn as
I trailed the cow in
for milking.
I asked Jack if he figured
rain would come
black clouds boiling
over the mountains
and he said
he’d had a Holstein
just like that’n
when he lived on the Sorge place
maybe twenty year ago come April
or was it twenty one
and he tied her to the corral
milked her outside
on nights like this.
She was a fine old cow
never wandered off
getting mixed up with wire
or things like that,
threw some big calves
hardly ever went dry
kicked the pail over
or swatted shit in your face.
That old Sorge place
now that was a ranch
close to the mountains
cool winds of a summer
good water year round
yeah he reckoned
she’ll rain all right
shore as standing here.
Jim Green
Rondom Moose Jaw is ‘n aantal Hutterite kommunes, anabaptiste verwant aan die Amish en Mennoniete met ‘n kenmerkende kleredrag soos op die foto gesien kan word. Hulle spreektaal is ‘n dialek van Duits, kinders word tuis geskool, vroue het so ver as wat ek kon uitvind nie stemreg in die kommunes nie en daar is ook nie TV nie. Byna niemand verlaat hierdie geslote gemeenskappe nie en wanneer dit wel gebeur dan is die persoon vir daardie kommune so goed as dood – ‘n uitgeworpene vir die res van sy/haar lewe. I am a Hutterite, deur Mary-Anne Kirby, vertel haar familie se ondervindings nadat haar ouers die Hutterites verlaat het toe sy tien jaar oud was.
 Hutterites
Die gedig hier onder is ‘n Mennonitiese moeder se weeklag oor haar seun maar dit is ewe veel van toepassing op die Hutterites.
TANTE TINA’S LAMENT
Hänschen is a fool
and I am his mother,
Lord forgive us both.
Hänschen struts about the city
like a chicken.
He wears a pink shirt
and plaid, big-bottomed hosen.
When he was little,
his bottom was like a zwieback.
I spanked his little buns
and how he crowed!
Now he wags his tongue at me
and thinks I am ignorant.
He says farmers have no brains
they should all be businessmen.
He says farm girls don’t know how to walk
and I don’t know how to barbeque a steak.
Oh his heart is full of borscht
and his words are sour.
Don’t call me Hänschen, he says.
My name is John.
Do I not know my son’s name?
Did I not argue for six nights
with David, my husband, about that name?
On Wednesday night
the young people go to church.
They eat platz and give testimonies.
The girls have long golden hair.
Their cheeks are rosy from harvest
and dresses cover their knees.
When the young people sing together
it is heaven above and earth below
with sopranos and basses.
But my Hänschen
goes to dance in the city.
He has a girl friend.
She smears grease on her lips.
Her blond hair is cut and curled
and her knees are bare
like a young calf.
When they dance
their legs are noodles
and the music is a tractor.
The girl friend says it is not a shame
for a woman to cut her hair.
She thinks Mennonites are like Hutterites
and has never heard of roll kuchen.
What good can come of that?
Hänschen says she is a modern girl.
He says we must speak English to her
because she goes to the United Church.
He says Low German is a pile of manure.
Listen here, my little boy.
I will surround you with Low German.
I will speak piles of it to you.
Then you will know what Low German is!
Then you will remember -
a mother’s anger is a willow switch.
He does not listen.
We are poor he says.
We do not know how to make money.
He wants to be rich, like the English,
And save us all from Mannagruetze.
His heart is as tight as a peppernut.
His head is a piroshky
stuffed with fruit.
In the barn, the cats eat mice
and wait for milking time.
When my man comes in
I serve him dinner, steaming on a plate.
But my son does not know happiness.
On New Year’s Eve
we go to church at night,
and on Easter
as the sun rises
we sing praises.
Hänschen is at the church by eleven
on Easter.
On New Year’s Eve
he goes to dance.
He does not even come to hear the children
on Christmas Eve!
When he was still wet behind the ears
he was a wise man in the play.
Oh my son
my heart is heavy,
thick as glums.
If you come home
it will rise, light and sweet.
I will make you porzelky for breakfast
and we will celebrate the New Year
every morning.
David Walter-Toews.
Sowat 100 kilometer suid van Moose Jaw is Assiniboia, die spreekwoordelike one-horse town waarvan die perd ook al dood is. Dit het egter ‘n fassinerende kunsgalery wat net so maklik gevind kan word in ‘n stad soos Toronto of Vancouver. Bill Shurniak is in Assiniboia gebore en het ‘n loopbaan as internasionale bankier in die Ooste gevolg waar hy ‘n massiewe privaat kunsversameling opgebou het. Na sy aftrede het hy sowaar in Assiniboia kom aftree. Die prêries, so lyk dit my, laat mens nie maklik los nie. Daar het hy op eie koste die galery van sowat 750 vierkante meter laat oprig. Na wat ons verstaan het hy genoeg kunswerke om die galery drie keer te vul en die uitstallings word elke paar maande verander – meestal skilderye maar ook beeldhouwerke, potte, glasware, houtsneë en dies meer.
 Die Shurniak kunsgalery
Hy is natuurlik geregtig op sy eie smaak waarvoor hy per slot van rekening betaal het en ons hou nie van alles wat daar hang nie, maar daar is heelwat uitstekende werke wat ons beïndruk het.
Sowat 200 kilometer oos van Moose Jaw is Wolseley met ‘n inwonertal van sowat 965, ‘n pragtige dorpie wat rondom ‘n meer geleë is. Ons het dit besoek om na die “Opera House”, opgerig in 1904, te gaan kyk. Nou ja, ‘n operahuis in die prêries bied nie juis operas aan nie al word dit met so ‘n titel verheerlik en hierdie een is geen uitsondering nie – tot op hede geen operas nie maar darem blyspele soos The Sound of Music en dies meer, asook toneelstukke deur Shakespeare. Wat ons veral van hierdie gebou getiekel het was die beplanning daarvan: dis bedoel om te dien as operahuis, raadsaal vir die dorpsraad en aan die agterkant… die brandweerstasie. Net in die prêries…
 Wolseley se operahuis
Die gebou was gesluit en ons het by die munisipale kantoor gaan vra of iemand dit vir ons kan oopmaak. Vyf minute later daag Dennis Fjestad, die burgemeester, op. Hy kon nie uitgepraat raak oor sy 2007-besoek aan SA (veral Kaapstad en die Sani-pas) nie, het die gebou oopgesluit en ons op ‘n baie interessante begeleide toer geneem. Al is Wolseley (vernoem na dieselfde persoon as Wolseley in SA) maar klein het dit ‘n aktiewe gemeenskapslewe met drie weekblaaie, twee skole, biblioteek en sy eie radiostasie. Die inwoners word beskryf as “a mixed culture of English, French, German, Polish, Ukranian, Irish, Scottish, Norwegian, Black South African and Aboriginal.”
Wolseley is ook een van die enigste twee plekke in Kanada wat so ver as ons weet nog ‘n propperse inryteater het, die ander een is in Medicine Hat, Alberta. Die Twilite Drive-In is al agt-en-vyftig jaar oud en bied weekliks tussen Mei en Augustus vertonings aan. Die teater gebruik tans nog ‘n outydse projektor met die film wat om spoele afgewentel word, maar dit sal binnekort deur digitale apparaat vervang moet word omdat vervaardigers nie meer films op hierdie manier gaan versprei nie.
Ongeveer twintig kilometer buitekant Moose Jaw is die Sukanen Ship Museum wat ons al etlike kere besoek het. Hierdie gerestoureerde dorpie bied ‘n fassinerende blik op die lewenswyse van mense in Saskatchewan vanaf sowat 1870 tot ongeveer 1940 – 1950. Die provinsie se ekonomie het tot ongeveer die 1970′s gestagneer en die mense se lewens was bitter, bitter moeilik, veral in die negentiende en vroeë twintigste eeu. Op skool het ek by herhaling gehoor en gelees hoe swaar die Voortrekkers gekry het, kaalvoet oor die Drakensberge en so aan en sonder twyfel was hul lewens nie maklik nie (en ek probeer nou nie hul swaarkry as nietig afmaak nie) maar inwoners van Saskatchewan se ontberings laat dit na kinderspeletjies lyk. Ten eerste is die klimaat hier doodeenvoudig wreed, ten tweede moes elke familie wat ‘n plaas gehad het hul eie werk doen sonder van handlangers gebruik te maak.
Die museum is elke weekdag oop wat nie juis veel beteken nie want daar is net die klerk wat jou toegangsfooi vra. So drie of vier keer per jaar word elke geboutjie en huisie in die museum egter beman deur mense wat diepgaande kennis oor die geskiedenis van hierdie omgewing het en dan is dit ‘n ander storie. Ongelukkig is hierdie mense almal oud – ek meen regtig oud – en is daar geen aanduiding dat jonger Moose Javians by hulle gaan oorneem nie. Ek onthou steeds ‘n omie van seker oor die tagtig wat verlede jaar met groot plesier aan my verduidelik en gedemonstreer het hoe ‘n vonk-gaping Morse-kode apparaat werk (ek hoop dis die regte Afrikaans vir “spark gap”) en dat dit dieselfde tipe apparaat is wat op die Titanic gebruik is. Okei, ek weet dat dit deesdae meer belangrik is om te weet hoe rekenaars en iPads werk, maar darem… Een van die dae gaan hierdie ou mense almal onder die kluite wees en groot stukke orale geskiedenis sal saam met hulle na die graf gaan.
INSTRUCTOR
the quickest draw in moose jaw
is fred bsc engg
he on his hip like a pistol wears
his calculator
electronic gunslinger/he swaggers
down the hall
his hewlett-packard swings easy
in its padded vinyl holster
fred watches the eyes
as he faces his pupils down
it’s the eyes/lighting
up like a switched-on
texas instrument/that
give them away/he guns
them down with a flick
of digits
Lorna Uher
Die museum is vernoem na Tomi Jaanus Alankola wat in 1878 in Finland gebore is. Ek weet nie waarom hy later in Kanada as Tom Sukanen bekend geword het nie alhoewel ek nog nie moed opgegee het om te probeer uitvind nie. In 1898 het hy na Minnesota in Amerika verhuis waar hy met ‘n Finse meisie in die huwelik getree het. Hulle het drie dogters en een seun gehad maar hul bestaan was uiters armoedig. In 1911 het hy te voet die 680 kilometer na Saskatchewan aangepak. Saam met sy broer het hy ‘n plaas tot stand gebring en in 1918 het hy weer te voet na Minnesota teruggekeer om sy familie te gaan haal, net om uit te vind dat sy vrou oorlede is en dat sy kinders in pleegsorg geplaas is.
Hy kon net sy seun opspoor en het twee keer gepoog om hom na Kanada te neem. Dit is egter as ‘n oortreding beskou en elke keer is sy seun van hom afgeneem. Hy het sy kinders nooit weer gesien nie. Na verdere rondswerwinge in Finland en Hudson Baai het hy teruggekeer na Moose Jaw, maar op daardie tydstip was die Groot Depressie in volle swang, geen boer kon hier ‘n lewe maak nie. Tom het kontak met die werklikheid begin verloor. Hy het besluit om ‘n boot te bou waarmee hy na Finland sou terugkeer.
Ses jaar lank het hy sy plaas verwaarloos en net aan die boot gewerk, een wat deur sowel stoom as seile aangedryf kon word. Dit is nooit voltooi nie. Hy het dit Sontiainen (Miskruier) gedoop. Sukanen wou dit deur riviere vaar tot in die oseaan en dan na Finland.
Sy bure het begin wonder oor Tom. Vandale het van die metaal van sy boot gestroop en vir Sukanen was dit die laaste strooi. Die manne in wit jasse het hom kom haal en hy is in 1943 as ‘n vergete armlastige oorlede, dieselfde jaar dat die langdurige droogte in Saskatchewan gebreek is.
Die middelste gedeelte van die onvoltooide boot is reg by die ingang tot die museum wat na Tom Sukanen en sy wilde, onvervulde en onvervulbare droom vernoem is. Die kruis in die voorgrond is die graf waar Sukanen later herbegrawe is.
 Die Sontiainen
Dalk net een ander aspek van die Sukanen Ship Museum: behalwe die uitstallings oor die lewenswyse van weleer het die museum ook ‘n kolossale uitstalling van antieke landbou-implemente. Daar is seker maar min mense wat belang stel in hoe trekkers en ander plaasimplemente van 70-80 jaar gelede lyk, maar net in geval enige leser van Versindaba dalkies so ‘n stokperdjie het – wel, Moose Jaw is die plek om te besoek…
Monday, August 20th, 2012
Die vrou onder my bed spook by my. Sy is so ver weg en tog weet ek sy sou so graag met my plekke wou ruil. Toe sy Suid-Afrika na sewe-en-twintig jaar vir die eerste keer besoek het, was dit om die opening van die Taalmonument op Paarlberg by te woon. Die jaar was 1975. Daar het sy onder meer geluister na die toonsettings van gedigte van Boerneef en Ingrid Jonker deur komponiste soos Pieter de Villiers en Rosa Nepgen. Het sy gedroom dat van haar gedigte eendag ook getoonset sou word?
 Afrikaanse Taalmonument, Paarl
En tog was dit presies die heerlike ervaring wat ons die ander aand in die Baxterteater in Kaapstad te beurt geval het. Twee komponiste, albei verbonde aan Ikeys se Suid-Afrikaanse Kollege vir Musiek, het werke van Afrikaanse digters getoonset – Engelse komponiste aan ‘n Engelse universiteit toonset Afrikaanse gedigte. Klink soos Olga se storie! Martin Watt het twee siklusse gekomponeer: “Vyf Liedere op Gedigte van Eugene Marais” en “Vier Liefdesliedere op Gedigte van Marlene van Niekerk”. Die donker kilheid van Marais se “Wintersnag” sal my nog lank bybly. Magdalene Minnaar was die sopraan begelei deur Albie van Schalkwyk.
Na die pouse is ons genot verder gevoer deur die jong Vrystaatse komponis Adrian More, ‘n begaafde pianis wat die mezzosopraan Monika Wassung begelei het. Sy sangsiklus “Lewensgang” bestaan uit nege liedere op gedigte deur verskillende digters. Voor die uitvoering vertel Adrian dat hy omtrent die hele Groot Verseboek deurgewerk het. “Ek ken nou my Afrikaanse letterkunde,” spot hy met homself. Die tweede lied in die siklus is Olga Kirsch se “Huwelik”, wat die jaar na die opening van die Taalmonument in 1976 in Geil Gebied verskyn.
Huwelik
‘n Jaar of wat van angs en fel verrassing,
van leer en afleer, lugtige geluk,
dan is daar kinders. Die pynlike aanpassing
wat diens en arbeid verg, die onderdruk
van self, lang dae en nagte sonder rus
maak dat hul al hoe meer mekaar beskou
as ouers, bondgenote in kommernis
en vreugde, maar bysaaklik man en vrou.
Skielik is dit ‘n afgemaakte taak.
In leë kamers sien hul mekaar weer raak –
vergete rykdom. Albei het diep gely,
veel prysgegee en baie bygekry.
In die stil huis ontdek hul weer mekaar
soos, in ‘n veraf tuin, die eerste paar.
Terwyl ek na Monika se simpatieke vertolking van die woorde luister, word ek herinner aan ‘n gesprek wat ek met Olga se jonger dogter in Jerusalem gehad het. “Michal (haar ouer suster) was already in the army and I was getting ready to go. I remember seeing my mother fall in love with my father. It was very beautiful.” Dit was rondom dié tyd dat Olga weer in Afrikaans begin gedig het, maar haar mooiste verse aan haar man, Joe, skryf sy na sy dood in November,1993. Ek haal slegs een uit ‘n manuskrip van tagtig gedigte aan:
Portrait
You were mathematician and humanist,
rounded renaissance mind;
you collated and remembered
everything you read, heard and saw;
stored wisdom in anecdote
made your point by humour
no opponent could resist –
they would yield to you smiling.
You were generous, gentle, modest
skeptical, ironic
not least against yourself.
It took eighty-two years to make you
instants to annul you.
Musiek was sentraal in die lewe van die Kirsch-familie. In Plunge, die gehuggie in Litoue vanwaar Olga se vader in 1910 na Suid-Afrika geëmigreer het, het die dorpsmense smiddae op die Sabbat by die familiewoning gaan staan en luister hoe die gesin die Sabbatsliedere sing en harmoniseer. Olga se ouer suster het gedroom van die operaverhoog en haar ouer dogter het reeds op ‘n vroeë ouderdom pryse as pianis verower. Vandag tree een van haar kleindogters as tjellis op in die Londense Filharmoniese Orkes.
Ek kan my dus Olga se opgewonde, verwonderde glimlag by die aanhoor van Adrian se toonsetting van haar gedig goed voorstel. Sy het enkele klein gediggies vir haar kleinkinders getoonset, maar dié het verlore gegaan. Ek glo sy sou vir Adrian wou vra: Hoe het jy gekies? Hoe het die proses vir jou gewerk?
 Adrian More
Daarom was dit vir my ‘n voorreg om na die konsert dié vrae oor ‘n glasie Shiraz aan Adrian te rig. Hy erken dadelik dat die proses vir hom een van die moeilikste dinge was wat hy nog ooit gedoen het. Aanvanklik wou hy dit ‘n Suid-Afrikaanse liedsiklus maak met gedigte in Engels, Afrikaans en Xhosa, maar toe kom hy tot die besef dat daar baie Afrikaanse poësie is wat vra om getoonset te word. Gevolglik het hy saam met ‘n paar vriende wat kundig is in die Afrikaanse digkuns, deur honderde gedigte van verskillende digters gelees.
“We drank wine and discussed the ones that appealed to me most. Initially I had about thirty or forty poems and we tried to figure out why they appealed more than others, and saw what theme was common to them all. Initially it was eensaamheid but that is what a great deal of poetry is about – that we are alone. It is the biggest challenge of our lives that we are alone, but it has been explored extensively in poetry. I felt I wanted to explore more. And so this theme of the life cycle, or rather a journey through life, evolved.”
Adrian erken dat dit moeilik was om gedigte te vind wat handel oor die kinderjare en gelukkig-wees. Die meeste poësie handel oor die swaarkry in die lewe… en dit het sy taak bemoeilik. Daarom begin die siklus met Adam Small se “Distrik Ses”. Adrian sê: “It is a bit lighter. The words are serious. It is a serious poem, but at least it has a little bit of humour, of youth, a bit of Coloured cynicism that brings a smile to your face. That is why I started with it – it is a bit younger.”
Verder, vertel Adrian, het hy gevind die ouer digters – of liewer die vroeër digters – het meer liries geskryf, asof hulle bewus was van die moontlikheid van die toonsetting van hul werk. Of miskien het dit te make gehad met die styl van poësievoordrag wat destyds dominant was.
“It’s has to do with form and meter and they seem to have that traditional flow to them. Also, recent poetry seemed more contrived. Older poems tell a story – they are not trying to impress.”
Dit is sekerlik waar van Olga se gedig “Huwelik” – dit vertel ‘n storie van die opoffering en swaarkry wat dikwels gepaard gaan met ouerskap, maar dit eindig stil, tog jubelend, met die idilliese beeld van die paradys.
Die gesprek beweeg aan na die wyn en die keuse van wynname – dis soveel makliker om humor daar te vind. “I’ve always wanted to buy a bottle of Fat Bastard”, sê een in die groep wat saam oor poësie en die lied gesels. “And then the next morning you can casually comment – that Fat Bastard I had last night was so delicious, so tasty!” antwoord Adrian met ‘n stoute laggie. Daar moet tog digters wees wat oor die humor and genot van die lewe dig. Wie sou die saak kon regstel?
Tuesday, August 7th, 2012
an axe is a piece of wood
with a scream fastened to one end
a man is a piece of flesh
with a storm fastened to one end
sometimes they meet at night in the street.
DON DOMANSKI (1950 – )
Domanski is gebore in Sydney, ‘n stadjie in Cape Breton Eiland, Nova Scotia en woon tans in Halifax in dieselfde provinsie. In 2007 het hy die gesogte Goewerneur-Generaal toekenning ontvang vir sy bundel All Our Wonder Unavenged. Die illustrasie op die omslag is deur Domanski self geteken.
 All our Wonder...
Ek het voorheen enkele gedigte deur Domanski op Versindaba geplaas, maar na ‘n onlangse herlees van sy poësie het ek besluit om meer van sy verse te deel.
My tuisdorp Moose Jaw het elke Juniemaand ‘n Festival of Words en in 2008 was hy een van die gassprekers by die geleentheid. Om hom ‘n “spreker” te noem is egter so bietjie misleidend want toe sy beurt aanbreek het hy met behulp van sy kierie na die podium gestap, van sy gedigte voorgelees, die boek toegemaak en dadelik na sy sitplek teruggekeer, finish en klaar. Dit was duidelik dat hy geen vrae oor sy werk gaan beantwoord nie en niemand het ‘n vraag gestel nie. Gelukkig het hy darem sy naam in my kopie van sy bundel geteken. Ek verneem dat hy nie baie gretig is om oor sy werk te praat nie en kon op die internet slegs een onderhoud met hom opspoor. Aangesien dit altyd goed is om te hoor wat ‘n digter self te sê het plaas ek enkele aanhalings.
“It’s a very good feeling to have your work acknowledged by your peers. However, I have to temper that with the reality that awards are momentary gestures from a world of facts and opinions, which the poems themselves know nothing of. There’s no vox populi when it comes to poetry, nor should there be… Poetry has nothing to do with voting, it is not a democracy after all, but an act of nature.” (Laat al die rympiemakers wat hul versies op die internet rondstrooi en dink dat hulle met NP van Wyk Louw vergelyk kan word asseblief kennis neem.)
“To quote Annie Dillard: Your work is to keep cranking the flywheel that turns the gears that spin the belt in the engine of belief that keeps you and your desk in midair.”
Domanski het ‘n besondere vermoë om die skeidslyn tussen lewende en nielewende materie te laat vervaag, iets wat hy toeskryf aan herinneringe uit sy kinderjare – kinders gee per slot van rekening ‘n lewe en identiteit aan lewelose speelgoed:
“My definition of life is isness, its elementary stance and grace, therefore everything is life, simply put being equals life. Now I know this isn’t the usual definition, but still it is an ancient one… among people of all cultures. I’m an animist when it comes to how I interact with the physical world…. (It is) the oldest religious/spiritual practice, the base experience out of which all the other ways of the sacred have grown… There’s a very deep truth there that strikes well below the thinking level, a connection richer than language, which can give words a more inclusive depth and reach.“
Gegewe wat Domanski hierbo gesê het is dit seker te verwagte dat die Boeddhisme en Taoisme sterk in sy poësie figureer, maar anders as meeste mense wat hierdie begrippe aanhang het hy skynbaar ook ‘n stewige kennis van die natuurwetenskappe (geologie en paleontologie in die besonder) maar te oordeel aan een frase in sy gedig Slayer in a Told World ook van ander aspekte van die natuurwetenskappe:
“a phase transition
sweet as evaporation”
Wanneer ‘n verbinding van een toestand na ‘n ander oorgaan, byvoorbeeld van ‘n vloeistof na ‘n vaste toestand of van ‘n vaste toestand na ‘n damp dan word dit deur fisiese chemici ‘n fase-oorgang (phase transition) genoem – op sig self ‘n fassinerende proses met bekoorlike wiskundige onderbou. Ooglopend ken Domanski hierdie term en weet hy wat dit beteken.
“The natural sciences are also sacred texts, when read beyond the mere accumulation of facts. It helps to show us our place in the scheme of things, to enlarge our point of view beyond the merely human. For example, if you stand with your arms outstretched… from the tip of your middle finger on your left hand to the tip of middel finger of your right represents a timeline for all life on earth. Now is someone comes along and takes a nail file and runs it along the nail of your middle finger of your right hand all of human history is erased. Just once. Now that puts things in perspective.”
As ek reg onthou het wyle Carl Sagan die eerste keer hierdie vergelyking gebruik en dit toon dat Domanski wyd lees in te minste sommige aspekte van die natuurwetenskappe.
Ek het nogal besondere waardering vir sy siening dat die natuurwetenskappe nie net ‘n siellose akkumulasie van starre feite is nie maar dat dit ook aan enigeen wat daarin belang stel ‘n geheelbeeld gee van die materie wat ons omring sowel as die materie waaruit ons bestaan.
Domanski is ‘n meester van die metafoor en van verbeeldingryke woordgebruik. Hy word soms deur hierdie talent op sleeptou geneem – hy is geneig om sy metafore bietjie te oordadig op te stapel na my smaak (vir wat my smaak werd is) en by tye vind ek dit moeilik om te ontrafel. Desnieteenstaande spreek sy verse tot my soos geen ander Kanadese digter nie.
Nogtans slaag hy daarin om alledaagse ondervindings met die onverwagte te jukstaponeer. Sy gedigte versinnebeeld ‘n intense interaksie tussen die digter en die natuur in mistieke ondervindings met verbeeldingryke woordgebruik wat mens nie dikwels by ander digters teenkom nie.
Kanada is ‘n baie waterryke land, maak nie saak waar mens is nie, ry of stap vyf kilometer en jy kom af op ‘n dam, meer, rivier of baai. Sowat tien persent van die 750 000 vierkante kilometer van ons tuisprovinsie Saskatchewan se oppervlak word deur mere beslaan. Domanski woon in Nova Scotia wat nog meer waterryk is en dus is dit te verstane dat water prominent in sy poësie sal voorkom.
HALIFAX PUBLIC GARDENS
in the waterdrop
hanging from the gingko leaf
there’s just enough moonlight
and sailors
to make a woman miserable.
WATER STRIDER
the pond is ectoplasm I walk on ghosts
apparitional gatherings carry me along
spook quilted to spook quilted to hunger
and the sighs of glassworts to lead me
I am mothered by phantoms everlasting
I am fathered by a rocking distance
beneath and above the water
my body sheds its strides behind me
I am coir-headed with thatched eyes
with mandibles deposited at the corners of light
I put myself through margins
slide across my own jumps
the film under the covers a shadow
as calm as a hunter risen to flesh
I glide reaches to mosquito larvae
I feed and return to voracity
skidding along wraiths I come to no end
nothing teaches me more than once
all doctrine is edible digestible
whatever pain I feel is less than failure
all death is incomprehensible
all hurt draws a luminosity
all wounds close as night come
SLAYER IN A TOLD WORLD
the shadows of rabbits sleep among hounds
snow falls calling in its light from the hills
underfoot the road passes the darkness along
while all the lower worlds climb to higher ground
overhead clouds continue their single thought
which is accessible to everyone but them
they think of a deity a phase transition
sweet as evaporation cool as mist
the God of Clouds drifting through the forest
bearded in the movements of deer
ever-returning to the edges of things
I walk feeling the weight of snow above me
the untranslatable whispered off like vapour
the nudge of extinction clench of nativity
a knowledge lost in signatures
in the signing of cells throughout the body
we are lonely for whatever abides
in the calluses of ice on bark
and among roots thrown carelessly beneath trees
a weathering of gods against the trunks
withstanding supplications all the night’s prayers
the ending of prospects where all the solitude goes
we long for falling snow its iconography
enshrined at the velocity of instinct
just within sight outstretched and taken
to its weight at the horizon
each flake standing for the myriad things
that live well beyond our language
silence of the animal mind descending
that longevity that slayer in a told world
ALL OUR WONDER UNAVENGED
1.
particles of evening warm themselves in the afternoon sun
pieces of solitude gather slowly one under each gingko leaf
I sit on a rock of saddlebacked granite
I sit in a world of abundance
a handful of bees goes down to the river two handfuls return
you deadhead the dog rose and two stray curs appear
you deadhead a memory and two more appear
longer and deeper and more alive than the last
I remember my mother seated at the kitchen window
her cat’s-eye glasses staring out into the night
trying to find divinity and divinity’s reasons
my mother believed God moved the sparrows around day after day
as a teenager I believed the sparrows moved God around
all the inexhaustible crutches He leaned upon
all the underweights of silence to find His way
now the only god I believe in are the sparrows themselves
unaltered by my belief
their wings contain hollow bones where a pantheon could pass through
and they do hundreds pass through at every moment
this is how they fly by allowing passage to earth’s beliefs
the little deities of the big thunder and the rain that falls
2.
at my feet black ants run about looking for a great storehouse
a little panic a little headhunting in the grass
they drink the dew and as far as I know curse nothing
I would like to curse nothing to move about practising quietism
perhaps find the great storehouse do some headhunting
stick to a regime the discipline of a feather falling
from a sparrow’s back
I would like to be called out and fall to the furthest limits of the finite
To a resting place among the relativity of all attributes
which would be home surely where I began where I no longer dwell
feeling time and space upon me now a little dust in my eye
3.
a few clouds move in riding the intersections of ancient thought
across the sky old ideas that floated upward Confucian dialogues
Sumerian rumours prayers to Pallas Athena Persian satires
Druidical ethics not gone not absorbed not forgotten just there
Influencing is still carrying out lighter burdens and the clouds
from where I sit clouds cast shadows on the flowerbeds
perennials along the fence that bloom like glossy photographs
of themselves bright flowers stripped from shining pages
from catalogues that never mention the plant that doesn’t exist
the imagined yarrow that the mind owns
that has neither root nor stalks leaf nor flower
all my thoughts are a divination with yarrow-sticks
and a mere filament of flame a single mouse hair burning
deep in a canyon lighting up less than an inch of dead embers
the bog fire the full consciousness having moved on immediately
travelling constantly never resting while in nature
while under Heaven’s luminous regard
4.
I’ve been seated here for three hours I think difficult to be sure
without a watch or a column of diminishing sand
or a dog that scratches her head at ten minute intervals
time is a controversial work about which no one agrees
time’s a bugger my grandmother said and she would know
time’s a bugger and finitude a fluid state without a source
anyway time is passing for me and my piece of granite
no point in thinking about it separating it out
Cling to unity the Taoists said over and over
till the nettles repeated it generation to generation
till you hear it on the breeze sweeping across fields and ditches
I’d rather contemplate nettles follow their leaves
back to Culpepper’s herbal to the tonics of Hildegard on Bingen
I’d rather make nettle tea and drink to Lao-Tzu
but a shadow glides by and I have to look up
a bald eagle flies over making his way down to the river
to fish the afternoon away calendrical wing beats
time’s wordless doctrine upheld and maintained
the wounds of salmon like minutes cradled in the hour’s arms
5.
late afternoon and the western sun-door still ajar
some hours to go before it closes shadow hours
for the food gatherers to return to their mounds
for chickadees to follow the old ways
fables without end
cosmologies of shadows gather up the light
from under hostas and azaleas
many stories to be joined into one before night comes
only one story after the sun slips over the horizon
the one and the manifold
My face is the face of the Disk this is the deceased speaking from
The Egyptian Book of the Dead from the other side of darkness
the bright side and its holy office trying to give us a hint
an initiation into eternity
so we might find the eternal in perceptual experience
so we might find our way in the world and the oncoming twilight
is the perfect time to find our way so the Celts believed
that sacred in-between time between worlds betwixt night and day
when all crossings are possible freeing us from reality
Dharma Path the Buddhists call it
Pollen Path of Beauty to quote the wisdom of the Navaho
And the bees would agree returning once more from the banks of the river
6.
I sit on my rock watching dragonflies hover by
with their wings sheathed in calligraphy
listening to feral cats on the move
spreading their Tantric cries
while shadows grow taller and taller like adolescent boys
and dogs bark and dogs bark and I almost understand
their Indo-European tongues their slang for sex for death
their reasons for biting their masters for venerating
the chase through the thickets their unlimited awe
their wonder unavenged all our wonder unavenged
all of it left hanging in the fetish-shine of the moment
a longing a bit of animal-shine along our skin
they are nations the Koran says of animals
and I believe it a kinship of being and knowing
as deep as ours
as ancient as breath on the lips
and any meditation on this deepens our own being
humbles us before the cricket’s leg and the badger’s eye
and we should be humbled fall to our knees
then comes stillness and listening
comes with kneeling
and listening is the language of the soil
Latin of the hawkweed
so I sit quietly without moving while buried all around me
seeds lie on their sides longing upwards to visible air
while dusk is falling honeymooning the shadows
darkening the medicine the metaphysics of the grass
whole microbes repeat their silent mantras to themselves
soundless and drifting all woebegone and woken
all Buddhas of Immeasurable Light.
7.
time to go indoors drink from the glass
eat from the plate
move the pages of the book around
or watch the news sway in its cradle of light
a few stars are up and Venus in her silks at the horizon
fresh from the underworld
a tracery of myths hammered onto her body
passing our lives night after night
where we all sit at a dark gate waiting for it to open
dreaming of lifting the latch of Morning Star
and stepping through to redemption
redemption is a dark game someone once said and muffled
I would add like the whisperer inside the fox
calling to whisperer inside the varying hare
a dark and distant game
too distant for me as I walk to the house
the moon is rising cabbaging light from the weeds
full moon full sides short of breath from the long climb
I walk and I could sleep in it in the footsteps
in the motion given jewel-given of the fireweed
scent-give of the lilies trying to keep all of summer down
I walk and birds are settling in for the evening
among the pine boughs their small calls from tree to tree
like the voice of Proteus across his many forms
Fata Morgana
you’re walking alone in the forest
the moon is directly overhead
eating her supper of astronomy
and wedding-gifts
there’s a thousand miles of trees
in every direction
which means there’s just
enough blood to go around
so you mustn’t spill a drop
of course every second tree
is the Tree of Death
every third one
the Tree of Life
while all the others
are doors to atonement
but you mustn’t knock
you’re like me
and want a straight line
through everything
but there aren’t any here
no path from A to B
no A or B
you’re not lost
this is the earth
you’re not human
but a fox or a rabbit
your life behind a desk
was an illusion
the shining city a madness
brought on by fatigue
there aren’t any cars or telephones
there never were
not a single clothesline or shoelace
in all the world
your heartbeats are so many
peapods being cracked open
between a finger and a thumb
your footprints swallow themselves
as you walk along
what I said about the moon was a lie
there were never any weddings
or any gifts
not an astronomer to be found
the moon is devouring you
just you tonight
with your long ears pricked up
in their sad salute to fear
this hour is called Abandonment
this night Bottomless
I would call you Insignificant
if you weren’t already named Essential
if you weren’t the very centre of the world.
‘n Frase in die volgende gedig het my laat dink aan wat Joan Hambidge onlangs hier gesê het oor die digkuns as die algebra van nood. Toe ek die gedig die eerste keer gelees het moes ek gaan naslaan wat Acehron is – vir die enkele lesers van Versindaba wat ewe onkundig is oor die Griekse mitologie, dis die rivier van pyn. Ash-keys is die gevleuelde saad van die “ash tree” – weet nie wat dit in Afrikaans is nie.
WALKING DOWN TO ACHERON
1.
I walk along a road leading down to the river
underfoot hieroglyphs from the Devonian Age
sealed tightly in flat grey stones overhead
clouds ease back from the horizon into one
continuous shadow of Destiny’s resolve
a cool day in June house finches handing out the sky
the earth lying like a grain of wheat in a great barn
the moon whispering under straw
a light drizzle keeping time with the pollen
coyotes wandering the hills God in their legs
how quietly the senses move between the pine trees
like vapour through the needling of light.
2.
I remember last summer finding a pond near here
spending an afternoon watching dragonflies hover
their every heartbeat fastened with pins
one to the next to the final one outside the world
I knelt down and touched the water barely
like an old appointment scarcely kept the surface
pulse of the pool pushing back against my fingers
which I knew was you dead and set to music
you in a hymn darkly spread a way and placeless
I recalled that part of the Heart Sutra where it says
The infinitely far away is not only near, but it’s infinitely
near. It’s nowhere, and nowhere it is not. I was certain
I could live with that just that and the tension of the water
against my fingertips.
3.
today there’s the walk to the river rounded corners
of the phantasmal the shifting plurality of matter
rocks and trees the brassy oaths of grackles
the subsoil underslung with the respiration
of Heaven foxes with amulets ribbing their physiques
luck of spring and full bellies and my small ghost
making its way through
continuously emptying flesh into breath
today there’s my shadow on the summits of dandelions
on damp weeds on the figureheads of stumps
there’s the ache that goes before me wraithing
around turns in the path that desire for deliverance
the soul’s nudge that little jinx in the body
a good idea to ignore it to look the other way
watch granite boulders dog-eared in the earth
count the trees the fallen ones about to fall still
further into Acheron and be carried away like mist
acknowledge the tamarack clotted into flower
the plantain all the grasses of no fixed address
notice the sun’s appearance over the treetops
over each darkness turning in its resting place
over the far-off sound of the river maffling
like the voices of the ancients sealed in hives
open-mouthed a fathom down in the honey
4.
a good time of day to attend to all the details
keep an eye on the clouds holding their great fires
notice the days curled up in the tracks of deer
watch a pair of mourning doves walk back and forth
along the banks of the river like two lame girls
stopping at intervals to circle the absence of a third
it’s that third dove the soul is always seeking
some part of us always looking for what can’t be seen
what won’t be revealed
I’ll take comfort in the river coursing along its stones
flowing east through its fetishes faded embraces
miming connections at the eddies doubling back
on them selves like thought every vortex thinking clear
as bright water speeds polished by atom-fall through
the crossings their circuits of pure light
I’ll console myself with the flowering-rush growing
along the shoreline with its rhizomes in deep nativity
with speckled trout steadying themselves in the current
each fin a hunch that the world is still there
each move of their tails a doubt a push of suspicion
I’ll take solace now in this snail crossing my path
its horns pressing into the solitude of God just there
where it hurts where grief begins.
5.
I’ll sit here with slender kingdoms for awhile
with the planetary houses of seeds and pollen
to watch the river take on its serpent form
bringing forth an old sleep
from the bottom of things things darkened
by a little light heartbreakingly visceral
the luminous unseen threading through
meanwhile above me the wasps enter and leave
their paper convent Sisterhood of the Vespids
their contemplations severe
their shine leaning down into their dark eyes
other insects drifting about like ash-keys
wings hitched to whispers coming
from over the horizon
lifting them along
carrying them through the algebra
which we’re always certain never adds up
I’ll sit with arithmeticians in the moss
millipedes and the red-backed salamander
wait with them for the hour that comes eventually
to un-number things to unthink the grand design
quietly as the sound of time settling into pearls
or paper pavilions unfolding just inside the mind
at moments like this I think of the Underworld
you seated there on your silver chair
all the walls stuffed with beards from the prophets
to keep in the sound all that longing
all those goodbyes beside the water
at moments like this I think of you
walking down to Acheron
your secrtes crossing over where the sign
beside the river reads I flow with grief.
Domanski se gedigte spreek tot my en een of ander tyd sal ek nog van sy poësie hier plaas. Of julle dit nou wil lees of nie…
 Jindrich Pilicek: Window
Wednesday, July 25th, 2012

DIE LUISTERAAR: ANDREW SUKNASKI (1942-2012)
Ek het verlede jaar enkele gedigte deur die Kanadese digter Andrew Suknaski gelees en omdat ek nogal ‘n sagte plekkie vir die prêriedigkuns troetel wou ek meer oor hom uitvind. Al die gewone daaglikse doen en late het egter tussenbeide getree en ek het eintlik min of meer van hom vergeet totdat Glen Sorestad, wie se gedigte ek al hier geplaas het, my laat weet het dat Suknaski in Meimaand in my tuisdorp Moose Jaw oorlede is, sowat twee maande voordat hy sy sewentigste verjaardag sou vier.
Dit was vir my nuus dat Suknaski in Moose Jaw woonagtig was, had ek dit geweet sou ek beslis ‘n poging aangewend het om hom te besoek, alhoewel ek nie weet of sy gesondheid enigsins ‘n betekenisvolle gesprek sou toelaat nie.
Andy Suknaski is gebore in Wood Mountain, ‘n klein dorpie in die suide van Saskatchewan. Die naam is ontleen van die Mestiese “Montagne de Bois” – Berg van Hout, weens die groot aantal populierbome in die andersins taamlik plat, barre gebied. Mestiesfrans is een van die twee tale wat gepraat word deur die Mesties, ‘n etniese groep met gemengde Indiaanse en Europese voorouers. Die ander taal is Michif, ‘n mengsel van Cree en Mestiesfrans. Ek weet nie hoeveel mense nog Mestiesfrans praat nie maar daar is tans minder as 300 Michif-sprekers.
Die prêries is, wel, plat – ek werk vir die Five Hills Health Region en wonder na byna vyf jaar hier nog steeds waar hierdie vyf heuwels nou eintlik is. Newwermaaind. Die Wood Mountain Heuwels suid van die dorp Wood Mountain self is, naas Cypress Hills, die tweede hoogste gebied in westelike Kanada. Die dorpie het vandag slegs twintig inwoners.
 Wood Mountain
 Wood Mountain berg
Wood Mountain en Cypress Hills het ‘n turbulente geskiedenis. Blackfoot Indiane het hier te perd teen hul vyande geveg. Buffeljagters van Amerika het die grens oorgesteek op soek na hul prooi. Whiskeysmokkelaars uit Montana het rotgut aan die Piegan en Blackfoot verkoop. In 1876 het Sitting Bull daarheen gevlug om van Amerikaanse troepe te ontsnap.
Suknaski was die seun van Poolse en Oekraïeniese ouers en het eers op skool leer Engels praat. Hy het sy ouerhuis op sewentienjarige ouderdom verlaat en sewentien jaar rondgeswerf, onder andere in Brittanje, Australië en Suid-Amerika, waar hy homself as trekarbeider bestempel het. So tussendeur het hy van tyd tot tyd na Kanada teruggekeer en opleiding ontvang by die Universiteit van Victoria in Brits-Columbië, die Montrealse Museum vir Skone Kunste se kuns- en ontwerpskool, Notre Dame Universiteit in Nelson, BC, Simon Fraser Universiteit en die Kootenay kunsskool waar hy skynbaar sy enigste formele kwalifikasie ontvang het. By tye was hy haweloos en het in Kanada soms sy brood as straatmusikant verdien. Al het hy op hierdie manier maar min geld verdien het hy dikwels die munte wat in sy bordjie beland het uitgedeel aan ander mense wat op materiële gebied nog slegter af was as hy. Tydens sy intermitterende besoeke aan Kanada het hy begin skryf, skets en skilder.
Na sy swerftogte het hy tydelik na Wood Mountain teruggekeer, sy loopbaan in die kunste voortgesit en begin om beelde uit was en klei te skep. Ongelukkig kon ek geen voorbeelde van hierdie kunswerke op die internet opspoor nie. Mettertyd het hy die woorde van haikoes wat hy geskryf het op die oppervlak van kleipotte ingebed. Gedurende die sestiger- en sewentigerjare het hy visuele poësie geskryf en sy eie Elfin Plot Press op die been gebring. Hy het van sy gedigte in sy vriend en mededigter Al Purdy se sigaarhouers opgerol en dit in die North Saskatchewan River laat afdryf, een keer het hy ‘n uitgawe van Elfin Plot Press in papiervliegtuigies gevou en dit uit ‘n vliegtuig losgelaat. Ander gedigte is op bergkruine begrawe of in tabletvormige kerse (tabletvormig soos in iPad) ingebed en op strande agtergelaat vir vreemdelinge om te vind, waarskynlik met die bedoeling dat die gedig sowel as die kersvlammetjie die pad vorentoe sal verlig. Of so neem ek aan.
Ek kon nie van Suknaski se visuele poësie in die hande kry nie want blykbaar bestaan daar min voorbeelde daarvan, heel waarskynlik omdat hy teen die einde van sy kreatiewe loopbaan baie van sy geskrifte verbrand het. Hy het hierdie genre later min of meer vaarwel toegeroep en ‘n baie sterker narratiewe styl het in sy werk posgevat. Hy was ‘n groot luisteraar, die groot luisteraar, altyd toegerus met ‘n notaboek en pen. Dikwels het hy iemand onderbreek en die persoon gevra om ‘n sin of frase te herhaal en dit dan neergeskryf. Die storie was wel vir hom belangrik maar hy het ook baie fyn opgelet hoe dit oorgedra is en die verteller se eie persoonlike kadanse, infleksies en uitdrukkings word met dieselfde energie en lewenskrag as die verteller in sy gedigte gevind.
Ek dink dat ‘n goeie voorbeeld van Suknaski se vermoë om te luister – of liewer sy onvermoë om nie te luister nie – is deur Glen Sorestad vertel:
“Suknaski was a frequent visitor at our home in Saskatoon… when our children were growing up. On one occasion, Andy was visiting us and we bedded him down in the same room as our youngest son Myron, who was about ten at the time. The room had two single beds and so we thought the arrangement would work very well. What we forgot was that Myron, the most voluble of our children, had a habit of talking in his sleep…. (I)n the morning, after I had made coffee and Andy wandered into the kitchen, I thought he looked a bit dazed and groggy. So I asked him if anything was wrong and whether he’d slept well. ‘Sorestad’, he replied, ‘Sorestad… that Myron… would you believe… he talked all night long? All night… he just wouldn’t stop talking.’
‘So why didn’t you just ignore it, pull the covers over your head, plug your ears or something?’
‘Sorestad, I couldn’t. It was just too damn interesting. I didn’t want to miss any of it. I even had to get my notebook to write some of it down.’
Sy gedigte het dikwels die verhale vertel van die byna vergete verlede van mense van Saskatchewan, inheems sowel as immigrante of kinders van immigrante. Hierdie provinsie was vir die eerste sowat sewentig jaar van die twintigste eeu bitter arm en ‘n betekenisvolle persentasie inwoners het maar ‘n redelike raap-en-skraap bestaan gevoer en Suknaski het baie van hierdie verhale opgeteken. (Interessant genoeg het Saskatchewan vandag een van die meer vooruitstrewende provinsiale ekonomieë in Kanada.)
Suknaski was ‘n verbete, byna kompulsiewe skrywer en het deur die jare duisende en derduisende bladsye aantekeninge, gesprekke, gedigte en idees vir gedigte versamel – dit was trouens sy pogings in hierdie verband wat tot ‘n groot mate verhoed het dat die vroeg twintigste-eeuse inwoners van Saskatchewan se herinneringe in vergetelheid weggesink het. Natuurlik was hy nie eiehandig hiervoor verantwoordelik nie maar hy het heelwat ander digters en skrywers geïnspireer om soortgelyke verhale op te diep en aan te teken en as prosa of poësie te verwerk. Mens kan hom beslis beskou as een van die grondleggers van prêriepoësie.
Die volgende paar paragrawe is ontleen uit ‘n artikel deur Rob McLellan in die Maple Tree Literary Supplement van Augustus 2010:
“Suknaski’s poems were written as stories about the land and the people that lived there, working their way toward myth, and the myth of the place, even as he told the “real story” of various residents of the village of Wood Mountain. Like his friend John Newlove, Suknaski was one of the first to write any stories about the Native peoples in that part of the country, well before it would have been considered “voice appropriation,” and helped more than a few other writers open up to tell their own stories down the road. There is a particular kind of deceptively simple prairie plainspeak that Suknaski seemed to perfect in his poems, and one that is repeated by many of the writers that came after him, but often without the kind of nuance that Suknaski was known for, through his series of seemingly endless departures and returns. As Scobie wrote in the introduction to Suknaski’s previous selected poems, The Land They Gave Away (1982):
Suknaski has had an immense influence upon the development of Prairie poetry over the last ten years. This “anecdotal” style has become an orthodoxy, and, in the hands of less skillful writers, a cliche. Suknaski’s best work retains the energy and vitality of the speech he is quoting – but the danger of the style is that the poetic rhythms will go flat and dull, producing only some mildly interesting short stories which might just as well be told in prose….
There is a line by Euripides that the late poet Irving Layton referenced when he wrote his “Birthday Poem for John Newlove” that could also apply to Andrew Suknaski, writing “Whom the gods do not intend to destroy / they first make mad with poetry.” In her piece “Essay Parcels from Andrew Suknaski” from the anthology Trace: Prairie Writers on Writing (1986), prairie writer Kristjana Gunnars wrote of receiving dozens of packages of poems and bread (made from the ash of Suknaski burning his papers) from Suknaski, the bulk of which she couldn’t even bring herself to open, writing “The artist is a poet. It was as I had feared. The artist was mad.” In a piece that doesn’t really show the best side of either, she starts the short piece with:
It was April when the parcels started arriving. The snow was melting. Yellow grass could be seen by the fence. I went home after work one evening. Opened the screen door. Two large thin parcels fell to my feet. The postman hid them between doors.
I did not open the parcels. They went into the basement. Next day four cards in the mailbox. Four more parcels at the St. Norbert post office. I picked them up. Not because I wanted them, but because of the Francophone clerk. He was so excited.
Those parcels went into the car trunk. There they stayed, unopened. When the warm weather came a great perfumed smell arose from one of the packages. When I got into the car it made me think of a field of tulips in Amsterdam.
Suknaski’s poems continually return to that edge to acknowledge the stories around him that might otherwise have been lost, writing of his own family histories and those of friends and neighbours, to various of the other nations and nationalities around him, including the immediate Sioux (ever aware of his immigrant guilt), the Chinese, Polish and Ukrainian immigrants, and various others of the native peoples. It is important to note that the word “honour” is repeated throughout his poems, as is the word “remember.” Suknaski does remember, including stories of Big Bear, Sitting Bull and Crowfoot, Gabriel Dumont and the Teton Sioux, much in the way other writers, such as his friend, the poet John Newlove also did, another Saskatchewan poet who left the land, but, unfortunately, was unable to return (he considered himself a Saskatchewan poet for the rest of his life). For Suknaski, perpetually leaving and returning, the land itself is important to him, from his father and mother as well as the physicality of his home base of Wood Mountain, Saskatchewan (elevation 1,013 metres), close to the Cypress Hills (the highest point between Labrador and the Rocky Mountains), site of the infamous Cypress Hills massacre.”
Iewers in die tagtigerjare het Suknaski opgehou skryf . ‘n Psigiatriese siekte het toegeslaan en hy het sy laaste jare deurgebring in ‘n tehuis in Moose Jaw wat beskerming aan sulke pasiënte bied, finansieël bygestaan deur vriende en mededigters. Hy is op 3 Mei oorlede en sy as is in Wood Mountain gestrooi. Die oorblyfsels van sy dokumente, manuskripte en notas, dit wil nou sê wat hy nie verbrand het nie, word bewaar by die Universiteit van Manitoba se Argiewe en Spesiale Versamelings.
Al die onderstaande gedigte kom uit Suknaski se bundel Wood Mountain Poems wat in 1976 gepubliseer is. Alhoewel die boek vanselfsprekend handel oor hierdie gebied moet sy mense dit nie as ‘n geskiedenis van daardie area beskou word nie – dit moet gesien word as ‘n blik op daardie mense en plekke, ‘n blik wat sowel die die hede en die verlede omvat. Tyd bestaan as ‘n gebied wat verken moet word, die dooies word opgewek en keer weer terug na die verlede nadat hulle hul verhaal vertel het.
Die gedigte is nie flambojant of sensasioneel nie. Daar is geen verbale kragtoere nie, maar wel ‘n sin vir plek wat my bekoor, sowel as ‘n heimwee – byna ‘n verdriet – vir dit wat verlore is. Voor in die boek is ‘n aanhaling deur opperhoof Seathl, na wie die Amerikaanse stad Seattle vernoem is: when the buffalo are all slaughtered, the wild horses all tamed, the secret corners of the forest heavy with the scent of many men and the view of the ripe hills blotted by talking wives, where is the thicket? gone. where is the eagle? gone. and what is it to say goodbye to the swift and the hunt? it is the end of living and the beginning of survival.
Nou moet ek (ongelukkig) dadelik byvoeg dat hierdie aanhaling geheel en al apokrief is – Seathl het nooit so iets geskryf of gesê nie, maar toe Suknaski se boek gepubliseer is was dit nog nie bekend nie en ek sluit die aanhaling in elke geval in omdat dit vir my tekenend is van die gees van die gedigte in hierdie bundel.
Die boek bevat enkele foto’s van mense of tonele van Wood Mountain.


Homestead, die eerste en langste gedig in die bundel mag mens dalk die indruk laat kry dat baie van die verse outobiografiese gegewens bevat maar dit is nie die geval nie – die ander gedigte handel byna uitsluitlik oor ander mense en gebeure in en om Wood Mountain.
HOMESTEAD, 1914
i returning
for the third spring in a row now
i return to visit father in his yorkton shack
the first time i return to see him
he was a bit spooked
seeing me after eleven years -
a bindertwine held up his pants then
that year he was still a fairly tough little beggar
and we shouted to the storm fighting
to see who would carry my flightbag across the cn tracks
me crying: for chrissake father
lemme carry the damn thing the
train’s already too close!
now in his 83rd year father fails
is merely 110 pounds now and cries while
telling me of a growing pain after the fall
from a cn freightcar
in the yard where he works unofficially as a cleanup man
tells of how the boss that day
slipped a crisp 20 into his pocket and said:
you will be okay meester shoonatzki
dont tell anyvon about dis
commeh bek in coopleh veek time…
father says his left testicle has shrivelled
to the size of a walnut
says there’s simply no fucking way
he’ll see another doctor – says:
the last one tried to shine a penlight up my ass
now son
no one’s ever looked up my asshole
and never will
never
while we walk through te spring blizzard to the depot
i note how he is bent even more now
and i think: they will have to break his back
to lay him flat when he dies
in the depot
father guards my bag while i buy two white owl cigars
and return to give him one
we then embrace saying goodbye
and i watch him walk away from me
finally disappearing in the snowflake eddy near a pine
on the street corner
and then remember how he stood beneath a single lightbulb
hanging from a frayed cord in his shack
remember how he said
my life now moves to an end with the speed of
electricity
ii mother
her ship sails for the new land
and she on it
the fare paid by her brother in limerick saskatchewan
dancing in the arms of some young farmer
she remembers her polish village
the day her mother is fatally struck
by a car -
she remembers being 14 when world war one begins
remembers how she and another girl walk 12 miles
to work every three days
shovelling coal onto flatcars for sixteen hours
before returning home
along the boundaries of wolves (their eyes glowing
like stars on the edge of the dark forest)
she remembers the currency changing as the war ends
her money and several years’ work
suddenly worthless one spring day
all these things drift away from the ship carrying
her to the unknown
new land
iii father
arrives in moose jaw fall of 1914
to find the landtitles office
is given the co-ordinates for the homestead east
of wood mountain village -
and he buys packsack and provisions for the long walk south
sleeps in haystacks for the first few nights
(finally arriving in limerick
buys homesteaders’ essentials: axe saw hammer
lumber nails shovel gun bullets food
and other miscellaneous items)
he hires someone with a wagon and horses
to drive him to the homestead
builds a floor and raises one wall that day
and feeling the late autumn cold
nails together a narrow box in which to sleep
the first night
the following morning
he rises through two feet of snow to find
all his tools stolen (except for the gun bullets
and knife he slept with)
he searches for a spot on the hillside
to carve out with a blunted knife
a cellar
in which to endure the first few years -
he nails together a roof with a stone
philip well is his closest neighbour
and they hunt together
and through long evenings
play cards by light of the coaloil lamp
spin tales of old country wanderings
to survive 40 below inters till pre-emption time
is up
when the landtitle is secured
and a more suitable shack is built-
father walks six times between moose jaw an
the homestead
till haggling civil bastards give him the title
each time
he carries a $10 bill sewn inside his pocket across
the heart
iv parting
the day i walked fearless between horses’ trembling feet
my father watching with hands frozen
to a pitchfork
is clearer in my memory
than the day he and my mother parted
-she leading the children through the fall
stubble to wood mountain
in the following years
all i knew of father was the lonely spooked man
whom i met each autumn
in the back alley behind koester’s store
while winter descended from the mountains-
it seems he always came during the first storm
and tied his team to the telephone pole
(their manes and nostrils frosted)
he always pulled a side of pork from the hay
in the wagon
and placed it on my sleigh
parting
we never found he words
simply glanced at one another’s eyes and turned
something corroding the love in my heart
until i left wood mountain one sunday afternoon-
running away to the mountains
for what i thought would be forever
until another spring
i returned to see father
eleven years later
v the funeral
sofie in winnipeg
sends each member of the family a telegram announcing
the death of sister eve
mother who is 66 at the time
rides a greyhound bus from moose jaw to brandon
all night
father and brother louis drive from yorktown
arrive in brandon the night before the funeral
and het a hotel room-
louis goes out and buys father a pair of pants
and a shirt
returns wondering: how the hell will i get
father out of that sweater he’s sewn himself into?
back in the room
he goes to the bathroom and turns on the water
and returns to subtly introduce the idea to father
who will have no part of it
louis loses is temper and pulls out a pair of scissors
from a shaving kit
and wrestles father to the floor (cuts him out of
the old sweater
while father cries:
okay okay- i’ll take a bath)
the following day
the family is all on edge
everyone wonders how mother and father will respond
to one another
after 18 years of silence-
louis drives father to the funeral chapel
where mother is already viewing their daughter
they park outside
and father nervously climbs out as the chapel door opens
(he freezes
while mother emerges and also suddenly freezes
both stand motionless for 30 seconds and then
begin to run toward each other
they embrace
and she lifts him off the ground
he is 79 at the time)
vi birth certificate
carrying it in my pocket now as father carried
the worn $10 bill across his heart for the landtitle
i have crossed bridges of cities
hoping to find salvation
have gazed into the dark rivers of
spring where others have found love
hoping to glimpse the face of some god-
and stopped by grey-eyed policemen
produced identification and tolerated their jokes:
what do these letters and numbers mean kid?
where is this place?
is this all you have?
vii epilogue
my father once said:
i might have murdered you all and gone
straight to heaven
and having arrived at all these things now
what is to be done with you and love
father?
what is to be done now with that other man who
is also you?
that other man so long ago on a hot summer day
far too hot for man or beast
the day mother at the well with the rope
frozen in her hands watches louis
who has ceased haggling with you
sadly carrying a bucket of staples to the barn-
you father something frightening
slowly sweating and walking after him
you slowly raising a fence post above your thoughts
swimming in familiar rage
over that day’s fence posts’ improper spacing-
louis stopping suddenly for some reason
not looking back
but merely gazing across to tall wheat growing
beyond the coulee’s black shadow
(you suddenly stopping too and seeming afraid
and then lowering the fence post
as you turn around and return to the picket pile
to continue sharpening your newly sharpened axe)
that other man beating mother with a rolling pin
by the cream separator one morning
she pregnant and later sleeping in the late afternoon
to waken from a dream while the axe rises
above her grey head
her opening eyes staring into the eye of death
you father slowly turning away once again frightened
and ashamed
you once warning us of that other man within you
when these things happen to me
do all you can and help one another save yourselves
from me
that other man once sharpening mower blades
when brother mike plays and suddenly tips
a bucket of water used to soak blades-
that other man suddenly drowning in black rage
grabbing a long scarf from a coat hook in the porch
then seizing mike to knot the scarf around his neck
and around the end of the grindstone’s pulley
bolted high in the porch corner
the trembling right hand slowly labouring to turn
the crude sandstone
(mother and sister sofie fortunately arriving just in time
to fight you and free your son)
father
i must accept you and that other dark man within you
must accept you along with your sad admission
that you never loved anyone in your life
(you must be loved
father
loved the way a broken mother loves her son
though he must hang in the morning
for murder)
viii suicide note
silence
and a prayer to you shugmanitou*
for something
to believe in
*shugmanitou: coyote in dakota indian language
SOREN CASWELL
as gods of a vanished tribe
caswell’s rusting model-a’s were another world
where one hid while playing runsheeprun
old caswell fiercely moving through gasbarrels
was something to fear while gleeful smashing of carwindows
ceased and one ran to hide in lovenzanna’s coulee
caswell’s speech in the village hall and the yearly movie shown
by the greysuited man from the implement company
were something to look forward to when we were children
the trees and grass of ontario farms were greener
than anything we knew
in the village two thirds deserted now
caswell spends his day pottering alone in the garage
some days sells a few gallons of gasoline
and each afternoon saunters over to the pub for a beer
before returning home to his silent supper
no longer permitted to drive
he walks now
and following the meal
returns to the garage to dawdle away an hour or two
where he sometimes scrawls out a letter ending with the faint
illegible signature-
then retires again to the pub for a couple lasting
till closing time (he no longer wears his hearing aid
and seldom speaks- is merely a smile in the corner)
late in the darkening night he ambles home
and the street lamp next to the romanian church is a star
guiding him as he no longer notices the boarded up
houses along his street
PHILIP WELL
prairie spring
and i stand here before a tire crimper
two huge vices held by a single bolt
(men of the prairies were grateful to a skilled man
who could use it and fix wooden wheels
when the craft flourished)
i stand here
and think of philip well found in his musty woodshed
this morning
by dunce mcpherson on the edge of wood mountain-
philip well lying silent by his rusty .22
and i ask my village: who was this man?
this man who left us
in 1914
well and my father walked south from moose jaw
to find their homesteads
they slept in haystacks along the way
and once nearly burnt to death
waking in the belly of hell they were saved by mewling mice
and their song of agony-
a homesteader had struck a match and thought he
would teach them a lesson
well and father lived in a hillside and built fires
to heat stones each day in winter
they hunted and skinned animals to make fur blankets
threw redhot stones into their cellars
overlaid the stones with willows
and slept between hides
father once showed me a picture
nine black horses pulling a gang plough
philip well proudly riding behind (breaking
the homestead to make a home)
well quiet and softspoken
loved horses and trees and planted poplars around his shack
when the land began to drift away
in tough times well bought a tire crimper
and fixed wheels tanned hides and mended harnesses
for people
and later (having grown older and often not feeling well)
moved to wood mountain village
to be near people who could drive him to a doctor
if necessary
today in wood mountain
men’s faces are altered by well’s passing
while they drink coffee in jimmy hoy’s cafe
no one remembers if well had a sweetheart
though someone remembers a school dance near
the montana border one Christmas-
well drunk and sleeping on a bench in the corner
while the people danced
well lonelier than judas after the kiss
(the heart’s sorrow like a wheel’s iron ring
tightening around the brain till
the centre cannot hold and the body breaks)
Tuesday, July 24th, 2012

Vroeër die maand neem ’n kollega my na die Citadel Park waar ons die Old Garrison begraafplaas hier in Poznan, Pole besoek. Slagoffers van sowel die Eerste as Tweede Wêreldoorlog is hier finaal te ruste gelê. So dwaal ons tussen die grafte deur tot ons eindelik stilstaan by die slagoffers wat vermoor is deur die Duitse SS en Gestapo in 1944 na hul probeer ontsnap het uit die Stalag Luft III kamp.

Stalag Luft III is deur die Duitse Luftwaffe in 1942 geopen, waar hoofsaaklik lugmag offisiere van onder andere Engeland, die VSA, Australië en Pole aangehou is. Die kamp was geleë naby die dorpie Sagan, vandag Żagań as deel van Pole, omtrent 160km van Berlyn en die ligging is gekies juis vanweë die sanderige aard van die grond om enige moontlike poging tot ontsnapping te probeer verhoed. Die kamp en die ontsnappings verhaal het veral bekendheid verwerf na die verskyning van Eric Williams se boek: The Wooden Horse (1949) en Paul Brickhill se boek: The Great Escape (1950). ’n Verwerking van hierdie twee boeke lewer dan ook die Amerikaanse film: The Great Escape, met regisseur John Sturges in 1963 op.

Maar dit is veral die vier Suid-Afrikaners se grafte wat my aandag trek. Roger Bushell is in Springs op 30 August 1910 gebore, maar emigreer na Engeland op die ouderdom van 14. Dit is juis hy wat die meesterbrein agter die ‘great escape’ is en in die lente van 1943 motiveer hy die ontsnappings geselskap met sy woorde:
“Everyone here in this room is living on borrowed time. By rights we should all be dead! The only reason that God allowed us this extra ration of life is so we can make life hell for the Hun… In North Compound we are concentrating our efforts on completing and escaping through one master tunnel. No private-enterprise tunnels allowed. Three bloody deep, bloody long tunnels will be dug – Tom, Dick, and Harry. One will succeed!”
Die woord ‘Hun’ is afkomstig van die Eerste Wêreldoorlog en verwys na ’n Duitse soldaat of offisier. So word daar drie tonnels gebou met die oog daarop om 200 manne die kans tot vryheid te bied. Tonnel ‘Tom’ word deur die Nazi’s ontdek en ‘Dick’ dien later as stoorplek vir vervalste identiteitsdokumente, ander klere, maar ook vir die oortollige sand.
Dit is dan Harry wat uitkoms bied. Die tonnel is 102m lank en byna 9m diep. Houtplanke is gebruik om die sand uit die tonnel te hou, ’n pomp is gebou om vars lug in die tonnel in te blaas, ’n spoor met ’n waentjie daarop is aangebring, gereedskap, ventilasie pype en ook lamp houers is van die metaal van Klim poeiermelk gemaak (Klim is ‘milk’ agterstevoor, die Rooikruis het dit verskaf). Daar het ook heelwat onderhandelings tussen die ‘kriegies’ en Duitse soldate plaasgevind en so kon die vlugtelinge later elektriese drade met gloeilampe in Harry aanbring. ‘Kriegies’ afkomstig van die Duitse woord: Kriegsgefangene, krygsgevangene.
Hier is ’n vers wat in Leland Potter se joernaal gevind is, terwyl hy in gevangenskap was:
It’s In The Cards
You may belong to many Clubs,
You may have a big Heart,
You may wear many Diamonds,
But it takes more than a Spade,
To dig out of a Kriegie camp.
Op ’n ietwat maanlose aand, Vrydag 24 Maart 1944 begin die ‘great escape’. ’n Paar faktore sorg vir vertraging: met lugaanvalle oor die kamp word die krag vir ’n ruk afgeskakel, die ontsnappings uitgang is vasgevries en die opening van Harry het nie tot in die digte woud langsaan die kamp gestrek nie, wat die situasie uiters gevaarlik gemaak het. Saterdag, 25 Maart om 4:55 die oggend word die 77e vlugteling, Leonard Henry Trent van Nieu-Seeland betrap. Die 76 vlugtelinge sukkel om in die donker die treinstasie se ingang te vind en dié Maart was die koudste in 30 jaar, so vlugteling moes die sneeubedekte woude vermy. Op die ou end slaag slegs drie daarin om suksesvol te ontsnap: Per Bergsland en Jens Müller van Noorweë maak dit veilig tot in Swede en die Hollander Bram van der Stok vlug via Frankryk tot in Spanje waar hy veiligheid by die Britse konsulaat vind.
Hitler gee opdrag dat 50 van die vlugtelinge dood gemaak moet word.
’n Vers deur ’n anonieme gevangene:
One has gone
We drink to him as comrade must
But it is still the same old story
A coward goes from dust to dust
A gunner from dust to glory.
Die oorblywende gevangenes word teruggestuur na onderskeie kampe.
Nog ’n vers van ’n anonieme lugmag soldaat vasgevang in ’n kamp. ‘Uncle Joe’ is die naam wat gegee is vir Stalin van die Sowjet-Unie.
The Underground Army Air Corps
With our hands on the Klim can
As we dig thru the mire,
We will go eight feet down men,
And then head straight for the wire,
And when the good work is finished
And we leave one hour hence.
You can bet the way is clear men,
From the barracks to the fence.
As I sit in the cooler
Filled with dust, dirt and grime,
Just two weeks to sweat out man,
Bet I’ll escape for sure next time
With no food or zigaretten
The time does move so slowly
So t’hell with the diggin
I’ll just wait for Uncle Joe.
Die ‘cooler’ waarna daar in die gedig verwys word was ’n klein vertrek wat gedien het as ’n soort ‘straf’ waar soldate in afsondering aangehou is.
En so is dit dat ek vassteek voor die drie Suid-Afrikaners se grafte wat names die Suid-Afrikaanse Lugdiens geveg het. Luitenant Johannes S. Gouws is op 13 Augustus 1919 gebore. Hy is vasgetrek by Lindau in Duitsland en op 29 Maart 1944 deur Gestapo lid Johan Schneider op die ouderdom van 24 vermoor.

Rupert J. Stevens is gebore op 21 Februarie 1919, hy is vasgekeer by Rosenheim en ook op 24 Maart 1944 deur Schneider vermoor. Net bietjie meer as ’n maand na sy 25e verjaarsdag. Beide Suid-Afrikaners word in München veras.

Luitenant Clement A. N. McGarr is op 24 November 1917 gebore. Hy word naby Sagan gevang en was 6 April 1944 vir die laaste keer lewend gesien. Daar word vermoed dat hy deur Gestapo lid Lux vermoor is en is in Breslau veras.

Die urns van 49 uit die 50 slagoffers is na die oorlog na Poznan Old Garrison begraafplaas verskuif.

Vir die SA Vlieëniers
(Stalag Luft III)
Op vreemde grond agter skokdraad
voor geweerlope en blaffende honde.
Wie het saam met julle oor Suid-Afrika gevlieg?
Maande en maande ondergronds gegrawe
om eindelik weer bogronds te sweef.
Koudmoedig het jul braaf deur herinneringe
opgestyg om tydelik te ontsnap.
Op vreemde grond tydelik op vrye voet
geweerlope en blaffende honde ontsnap.
Waar in Suid-Afrika wou julle land?
Etlike dae en minute op vlug
eindelik tot stilstand voor ’n doodloop.
Koelbloedig het jul braaf opgestyg
en vir ewig tydelikheid ontsnap.

Bibliografie: (Nageslaan Julie 2012)
http://en.wikipedia.org/wiki/Stalag_Luft_III
http://therealgreatescape.com/
http://www.b24.net/pow/greatescape.htm
http://www.elsham.pwp.blueyonder.co.uk/gt_esc/
http://www.findagrave.com/cgi-bin/fg.cgi?page=vcsr&GSsr=1&GSvcid=51774&
http://www.merkki.com/poetry.htm
http://www.stephen-stratford.co.uk/the_50.htm
http://www.ww2talk.com/forum/prisoners-war/12757-50-victims-great-escape.html
Wednesday, July 11th, 2012

Nasr reageer – Gerrit Komrij (1944 – 2012): buitestaander
(Aflewering 6 deur Carina van der Walt)
Op 5 Julie het die grootse Nederlandse digter, Gerrit Komrij, onverwags aan kanker gesterf. In twee dokumentêre films op televisie en in talle koerant artikels die afgelope naweek het die huldeblyke binne gestroom. Sy literêre nalatenskap is diep en breed. Nie net was hy die eerste Dichter des Vaderlands (2000 – 2004) nie, maar het hy ook die P.C. Hoofd-prys gekry (1993), is ‘n eredoktorsgraad aan hom uitgereik deur die Universiteit van Leiden, rig hy die literêre tydskrif Awater op en het hy die voortou geneem met die Turing Nationale Gedichtenwedstryd. Ondanks al hierdie prestasies en erkenning, was Komrij egter die ewige buitestaander wat hom agt-en-twintig jaar gelede in Portugal gaan vestig het.
Saam met sy lewensmaat, Charles Hofman, het hulle in 1984 verhuis na Alvides in die noorde van Portugal. Uiteindelik het die kleinburgerlike uitsigloosheid van die plek hulle onder gekry en het hulle na Villa Pouca da Beira vertrek. Hierdie dorpie lê in ‘n uitloper van die Serra da Estrela en hiér het hulle saam gebly tot sy dood verlede week. In die dokumentêre film De gelukkige schizo uit 2005 (gemaak deur Jan Lauret en Onno Blom) vertel Komrij dat ‘n digter geen liefdessorge, geldelike sorge of daaglikse sorge moet hê nie. Net dán kan hy in die juiste stemming kom waarby hy ‘n gedig kan skryf. Maar ten spyte daarvan dat hy hierdie ideale omstandighede nagejaag het, was daar tog ‘n periode van twintig jaar in sy lewe waartydens hy nie ‘n enkele gedig geskryf het nie. “Blijkbaar is het dichterschap geen constante toestand”, het hy volgens Arjen Fortuin gesê (NRC-Handelsblad, 6 Julie).
Tog het Komrij hom konstant met poësie besig gehou, onder andere as samesteller van opspraakwekkende bloemlesings, ook in Afrikaans. Poësie was vir hom baie dierbaar en die kern van sy bestaan. Tom Lanoye het dit pragtig verwoord in sy afskeidsbrief aan Komrij. Daarin beskryf hy hoe hy die eerste keer die woord “Poëzie” uit Komrij se mond gehoor het.
Komrij sien in homself die sametrekking van drie liminale of grensposisies: as digter, as homoseksueel en as immigrant. Al drie posisies sorg daarvoor dat mens onwillekeurig ‘n buitestaander bly in die samelewing waarin jy woon en werk. In De gelukkige schizo erken Komrij dat hy so langsamerhand die luste om die ongewone in alledaagse taal neer te skryf (en omgekeerd) onder bedwang het. Ook die luste om die onaanvaarbare van ‘n homoseksuele lewe in die samelewing aanvaarbaar te maak, het hy bemeester. Maar: “de lusten om als immigrant te overleven, ben ik nog volop aan het leren.” En: “Ik weet niet wat links of rechts is. Ik voel me niet vervreemd of verscheurd. Ik aanvaard de versplintering van de wereldbeelden als een godsgeschenk. Ik ben de eerste gelukkige schizo.”
Miskien is dit dan ook gepas dat die huidige Dichter des Vaderlands, Ramsey Nasr, se lykdig vir Gerrit Komrij die dag na sy dood in die NRC-Handelsblad verskyn het. ‘n Elegie komende van sy vierde opvolger as Vaderlandsdigter , terwyl Nasr eintlik nie vir Komrij geken het nie.
Hier volg die Afrikaanse vertaling daarvan:
Vir Gerrit
Hulle sê dat jy milder geword het.
Hy het sagter geword die laaste tyd
verdomp, en skop nie meer soos vroeër.
Ek ken jou weinig langer as vandag
het te laat gekom vir jou vyandskap
maar liewe Gerrit, noudat jy dan vir altyd
bedaard in jou gedigte woon
die reste uitgesaai tussen planke
noudat jy sonder stem, sonder koper stem
noudat jy naeltjieloos, nêrens jou stem –
kom dan digter, met jou teer afstand
gryp vas en vertak jou, gee ons hier
vir die laaste ondergrondse keer
jou donkere kus van die poësie.
As ek ooit in hierdie lewe wortelskiet
sal dit deur jou wees. Net op papier
vind die voëls reserwe neste
bou die mense vir hulleself ‘n land.
Ek wou vandag ‘n reserwe dood bou
my dikke, dunne, sieke Komrij
om enkel die dood in op te vou.
Die oorspronklike Nederlandse teks kan gelees word op: http://www.ramseynasr.nl/web/Dichter-des-Vaderlands.htm
Luister hier na wat Komrij te sê gehad het oor die liefde op Saint Amour, 2007: http://www.youtube.com/watch?v=3R2tDm8pAjA
Wednesday, July 11th, 2012

Cajal
Santiago Ramón y Cajal (1852 – 1934)
Spanje het deur die eeue ‘n hele aantal bekende kunstenaars gelewer. In geen besondere volgorde nie kan ek nou dink aan Velasquez, Picasso, Goya, Lorca, Cervantes, Unamuno, Falla, Rodriguez, Albéniz en wie weet hoeveel ander wat aan my onbekend is.
Die grootste lewende Spanjaard is sonder twyfel Fernando Alonso (en ek gaan geen argumente tot die teendeel duld nie). Hierdie tweemalige F1 wêreldkampioen is beslis die beste jaer wat tans aan die F1 sirkus deelneem, iemand met ‘n verstommende talent wat Ferrari se redelike middelklas renmotor baie beter laat lyk as wat dit in werklikheid is. Wanneer iemand op hierdie vlak aan motorsport deelneem is hy veel, veel meer as net ‘n tegnikus – sulke jaers is ware kunstenaars. Ek sien motorsport as soortgelyk aan jazz – die kuns van die oomblik.
 Fernando Alonso
Nou ja goed, noudat ek eers iets oor een van my grootste passies kwytgeraak het, iets oor ‘n ander boorling van Spanje – kunstenaar sowel as wetenskaplike. Santiago Ramón y Cajal is ‘n tans bykans onbekende Spanjaard; ‘n histoloog en neuro-anatoom wat die grondslag gelê het vir die moderne neurowetenskap. Vandag is hy selfs vir neurowetenskaplikes nie veel meer as ‘n naam wat in stowwerige boeke oor die geskiedenis van hierdie vakgebied aangetref word nie. Ek het in my tweede jaar as mediese student die eerste keer van hom gehoor toe ons destydse professor in fisiologie, prof Pienkes Esterhuizen, wat ‘n belangstelling in neurofisiologie gehad het, ons van hom vertel het. Prof Pienkes het by my ‘n belangstelling in hierdie vakgebied aangewakker en die bekoorlike neurofarmakologie van narkosemiddels is waarskynlik een van die redes waarom ek in hierdie vakgebied gaan spesialiseer het.
Prof Pienkes het egter meer gedoen as om ons net van Cajal se navorsing te vertel – hy het ook aan ons afbeeldings gewys van sketse wat Cajal van sy preparate gemaak het. Destyds was daar nog nie kameras wat foto’s van mikroskopiese plaatjies kon neem nie en dus moes Cajal, net soos ander histoloë van daardie tyd, maar tekeninge maak van wat hy kon sien. Die intrinsieke skoonheid van die sketse het my destyds al gefassineer, maar ek het die saak jare lank daar gelaat totdat ek onlangs om een of ander rede weer begin kyk het na die geskiedenis van neurobiologie.
Cajal het dwarsdeur sy lewe ‘n opstandige geaardheid gehad en het op elfjarige ouderdom die dorpshek met ‘n selfgemaakte kanon platgeskiet, waarvoor hy ‘n tydjie in die tronk moes deurbring. Sy ideaal was om ‘n kunstenaar te word maar sy vader, professor in anatomie, het hom oorreed om ‘n loopbaan in medisyne te volg. Dit het egter eers gebeur nadat Cajal se rebelse gedrag sy pa gatvol genoeg gemaak het dat hy sy seun eers as vakleerling barbier en daarna as skoenmaker ingeskryf het.
Miskien net eers ‘n woordjie van verduideliking: wanneer ‘n stukkie weefsel vir mikroskopiese ondersoek voorberei word, word dit eers in paraffienwas ingebed waarna dit deur ‘n mikrotoom in baie dun snitte gesny word. Mens kan egter nie sulke snitte sommer net so onder ‘n mikroskoop gaan sit nie, want jy sal byna niks sien nie – die preparaat moet eers gekleur word met een of meer van ‘n verskeidenheid kleurstowwe wat sekere seltipes of organelle binne-in selle selektief kleur sodat hulle waargeneem kan word. (Ek praat natuurlik hier van ligmikroskopie en nie elektronmikroskopie nie).
Camillo Golgi (1824-1926), ook ‘n neurohistloog, het ‘n metode ontdek wat neurone selektief met silwernitraat kleur en Cajal het hierdie kleurstof ekstensief gebruik om neuro-argitektuur te bestudeer. Golgi en Cajal het in 1906 die Nobelprys vir medisyne en fisiologie gedeel.
Ek gaan nie Cajal se navorsing in enige detail bespreek nie, want dit sal waarskynlik albei lesers van hierdie bydrae verveel – dit is genoeg om net sy sketse te wys. As afbeeldings van mikroskopiese preparate is hierdie sketse al klaar iets besonders, maar vir my is hulle meer as dit – hulle is onafhanklike kunswerke in eie reg. Selfs al weet mens glad nie wat die sketse verteenwoordig nie het hulle ‘n intrinsieke skoonheid wat op eie bene kan staan. As mens kyk na die primitiewe mikroskoop in die eerste foto is Cajal se prestasies nog meer bewonderenswaardig.
 Neuron in menslike retina
 Neurone in die olfaktoriese korteks
 Serebellêre neurone
 Argitektuur van Purkinje-selle in die serebellêre korteks
Picture the Mind
Myra Sklarew
It’s not a pretty sight-Vesalius’s folded surface
of the brain. Or da Vinci’s ventricles, spinal cord
trailing down like a braided afterthought.
Or each hemisphere bed down in its cubicle,
parted by the corpus callosum, crossing guard
for traffic back and forth. Now Descartes comes
on stage, appoints the pineal gland-trusty messenger
between matter and mind. Hard to say when beauty
slipped into this equation. Axon and dendrite.
Molecules dancing across synaptic space.
Receptors hungry for their messages.
Cascade of ions in their chrysalis of light.
Monday, June 18th, 2012

Op ’n trein op pad na die Poolse hoofstad; Warsaw sit ek en wieg heen-en-weer terwyl ek by die venster uit staar en soos die woude verby flits, probeer inkyk. Soos wat ’n eerste blog oor Pole sou wees om die ‘siel van die volk’ soos die Pole daarna verwys, te beskryf – in te kyk. Want al kan ek niks sien nie, voel ek hierdie woude, hierdie velde, hierdie landskap, hierdie volk se fluistering in spore, wat daagliks getrap word en spore wat lank reeds vergaan het.

Maar helaas drie maande is onvoldoende. Nuwe plekke is wel besoek, anders as om dit te google, is daar die aanraking, die reuk, die sien, maar ook die gevoel wat ervaar word. En so ook die ontmoeting van iets binne jouself wat nooit ontdek was nie, of dalk vergete was.

Pous John Paul II, die Poolse Pous het in 1979 aan ’n besoek aan Warsaw gesê; “I wish to kneel before this tomb to venerate every seed that falls into the earth and dies and thus bears fruit. It may be the seed of the blood of a soldier shed on the battlefield, or the sacrifice of martyrdom in concentration camps or in prisons. It may be the seed of hard daily toil, with the sweat of one’s brow, in the fields, the workshop, the mine, the foundries and the factories. It may be the seed of the love of parents who do not refuse to give life to a new human being and undertake the whole of the task of bringing him up. It may be the seed of creative work in the universities, the higher institutes, the libraries and the places where the national culture is built. It may be the seed of prayer, of service of the sick, the suffering, the abandoned—‘all that of which Poland is made’.”

Al hierdie aspekte wat Pole vorm lei my na die digters, om hul te ontmoet, om na hul fluistering te luister, om dalk iets van die land se gees te ontmoet.
Die eerste spoor, dié van die Poolse digter en Nobel laureate: Wisława Szymborska. Szymborska is gebore in Kórnik in die Weste van Pole op die 2e Julie 1923 en sterf hierdie jaar, 2012 op 1 Februarie. Na vele bundels en werke wat in verskeie tale vertaal is, word daar na haar verwys as die ‘guardian spirit’ van die nasie. Haar subtiele ironie en humor, aardsheid en vermoë om op so eerlike en eenvoudige manier iets te beskryf is maar ’n paar van hierdie digter se uitstaande kwaliteite binne haar werke.
In die gedig: “The End and the Beginning” lewer Szymborska kommentaar oor oorlog:
After every war
someone has to clean up.
Things won’t
straighten themselves up, after all.
Someone has to push the rubble
to the sides of the road,
so the corpse-laden wagons
can pass.
Someone has to get mired
in scum and ashes,
sofa springs,
splintered glass,
and bloody rags.
Someone must drag in a girder
to prop up a wall.
Someone must glaze a window,
rehang a door.
Photogenic it’s not,
and takes years.
All the cameras have left
for another war.
Again we’ll need bridges
and new railway stations.
Sleeves will go ragged
from rolling them up.
Someone, broom in hand,
still recalls how it was.
Someone listens
and nods with unsevered head.
Yet others milling about
already find it dull.
From behind the bush
sometimes someone still unearths
rust-eaten arguments
and carries them to the garbage pile.
Those who knew
what was going on here
must give way to
those who know little.
And less than little.
And finally as little as nothing.
In the grass which has overgrown
causes and effects,
someone must be stretched out,
blade of grass in his mouth,
gazing at the clouds.
(Vertaal deur Joanna Trzeciak)
Met die objektiewe blik op oorlog, wat tog so brutaal ironies is, herinner die digter lesers aan spore wat neergelê is. Al stap die tyd aan.
En die ‘siel van ’n volk?’ Szymborska se gedig: “Few words on the soul” eindig met die strofes:
Joy and sorrow
aren’t two different feelings for it.
It attends us
only when the two are joined.
We can count on it
when we’re sure of nothing
and curious about everything.
Among the material objects
it favors clocks with pendulums
and mirrors, which keep on working
even when no one is looking.
It won’t say where it comes from
or when it’s taking off again,
though it’s clearly expecting such questions.
We need it
but apparently
it needs us
for some reason too.
(Vertaal deur Stanislaw Baranczak and Clare Cavanagh)

Die siel teenwoordig binne die paradoks. Met die digter se eiesoortige nederigheid en aardse wyse van dig, konkretiseer sy hierdie abstrakte term. Die siel teenwoordig binne die paradoks. So, vermoed ek dan dat juis in oomblikke waar die paradoks ontmoet of teenwoordig is, sal spore weer gesien word, fluistering gehoor word en iets van die ‘siel van ’n volk’ deurslaan.
Drie maande in Pole is maar net genoeg om te weet waar om toiletpapier en wodka te koop. Daar is tog ’n herwaardering vir dit wat my bekend is: boerewors op die spyskaart by die Suid-Afrikaanse Nasionale dag wat deur die SA ambassade gereël is.
En nou en dan is daar al in die spoor getrap en ingekyk, vlietend: ’n vrou wat met trane in haar oë langs my op die trein inskuif, en haar hande die rosekrans vashou en aan krale vaskleef, soos sy ’n geliefde op die stasie laat gaan. Die gretigheid van eerstejaar Poolse studente wat lag soos hulle ‘g’ in Afrikaans probeer uitspreek. Die trane van die sterk man na Pole uitgeskakel is in die Euro 2012 voetbal toernooi. Die geduld van die ou dame as ek Poolse worsies bestel en verleë probeer dziękuję (dankie) sê, die ou plein in Poznań met klipstegies wat soos are uitvloei en spore van geboue wat die oorlog oorleef het, grou geboue wat spore van kommunisme dra en die kerkklokke stiptelik saans om nege.
Ek weet nie of dit moontlik is om ooit: ‘all that of which Poland is made’ te begryp nie, en dalk is dit genoeg om dit ten minste te weet, soos Szymborska tereg in haar gedig “Some like poetry” noem oor poësie:
Some –
thus not all. Not even the majority of all but the minority.
Not counting schools, where one has to,
and the poets themselves,
there might be two people per thousand.
Like –
but one also likes chicken soup with noodles,
one likes compliments and the color blue,
one likes an old scarf,
one likes having the upper hand,
one likes stroking a dog.
Poetry –
but what is poetry.
Many shaky answers
have been given to this question.
But I don’t know and don’t know and hold on to it
like to a sustaining railing.
(Vertaal deur Regina Grol)

Foto’s: Mirela Šavrljuga
Bronne:
http://www.vatican.va/holy_father/john_paul_ii/homilies/1979/documents/hf_jp-ii_hom_19790602_polonia-varsavia_en.html [Nageslaan Junie 2012]
Szymborska, W. 2001. Miracle Fair: Selected Poems of Wislawa Szymborska. New York: W.W. Norton & Company, Inc. NY
Translated from the Polish by Joanna Trzeciak.
Wednesday, May 23rd, 2012

Na aanleiding van Louis Esterhuizen se skrywe oor satiriese spotprente , herinner dit my aan ‘n Kanadese skilder wat niks van die Kanadese eerste minister Stephen Harper hou nie het Vrydag hierdie skildery (bo) ten toon gestel. (Met die kommentaarblokkie kan foto’s helaas nie ingelaai word nie.)
Een van die opposisie se parlementslede het gequip: I don’t care who buys it, but I’m sure it will be well hung somewhere.
Harper se reaksie? “We’re not impressed. Everyone knows the PM is a cat person,” said Andrew MacDougall, Harper’s director of Communications. (Ek weet nie hoekom daar ‘n hond in die foto is nie – Harper is baie lief vir katte en elke keer wanneer mens ‘n foto van hom aan huis sien is daar ‘n paar katte in die nabyheid.)
Ek dink die skildery is tot ‘n mate gebaseer op hierdie skildery van Manet?

Wednesday, May 23rd, 2012
Op 10 mei het die Nederlandse Dichter de Vaderlands, Ramsey Nasr (foto), die E. du Perron-prys 2011 gewen vir sy digbundel Mijn nieuwe vaderland. Gedichten van crisis en angst. Die Du Perron-prys is ‘n kultuurprys wat jaarliks uitgereik word aan persone of instellings wat ‘n aktiewe bydrae gelewer het aan die bevordering van wedersydse begrip en goeie verstandhoudinge tussen verskillende bevolkingsgroepe in Nederland. Soms val die kollig in hierdie prys ook op verhoudinge met bevolkingsgroepe wat historiese bande met Nederland het.
In 2008 het Adriaan van Dis die E. du Perron-prys gewen. Hy is alombekend vir sy betrokkenheid by Indonesië (vanweë sy herkoms) en Suid-Afrika. Sy roman Tikkop en die televisiereeks Van Dis in Afrika getuig van ‘n deurgaanse en opregte geïnteresseerdheid in Suid-Afrika. Met die uitreiking van die E. du Perron-prys in 2010 het Antjie Krog die eerste Du Perron-lesing kom hou. Hierdie prys word reeds meer as twee dekades lank uitgereik. ‘n Lesing was ‘n noodsaaklike vernuwende stap, omdat die uitreiking nie meer saam met ‘n simposium vir Kinder- en jeugliteratuur plaasgevind het nie. Dat Krog as digter ‘n jaar gelede uitgenooi is, het miskien onbewustelik die klokke ingelui vir die uitreiking aan ‘n digter. As dit gaan oor kontroversie en maatskaplike betrokkenheid by hulle onderskeie samelewings, staan Krog en Nasr op dieselfde lyn. Albei digters vervul die rol van intellektuele kritici.
 E. du Perron
Die E. du Perron-prys is vernoem na Charles Edgar de Perron (1899-1940), ‘n Nederlandse skrywer, digter en kritikus. Hy het opgegroei in Nederlands-Indië, maar woon en werk in sy volwasse lewe in Parys, Brussel en in Nederland. Hy was baie aktief in kuns en literêre kringe. Du Perron het bekendheid verwerf met sy roman Het land van Herkomst (1935). Die res van sy literêre werk was veral essays, wat gepubliseer is in die invloedryke literêre tydskrif Forum. Du Perron het ‘n skerp tydsbeeld gegee van die destydse Europa deur sy fyn waarnemings, aangevul met verbeeldingryke taalgebruik. Die kragtige taalgebruik in die volgende gedig van Du Perron was Nasr se inspirasie toe hy Mijn nieuwe vaderland geskryf het.
P.P.C.
Vaarwel, Clary. Ik wens u geen geluk.
Zoiets klinkt dom, bij hen reeds die het menen.
Gij hebt u goed verkocht. Maak u niet druk
over de rest: want álle mensen wenen.
Uw huis was klein. Uw heer heeft het vergroot.
De bron van zijn fortuin heet niet te stelpen.
Uw roem wordt groot en duurt wel tot zijn dood.
Uw ziel is klein. Ik kon het niet verhelpen.
Uw lijf is goed. Gij zijt een mooie vrouw.
Gij zult uw heer veel mooie kindren baren.
Uw hart is nauw; gij blijft ook wel trouw.
Gij zult hoogstaan en goed uw naam bewaren.
Vaarwel, Clary. Mij zult gij niet meer zien.
Ik zal u mijden, zelfs tot in uw dromen.
Gij waart mijn droom, voor ik u had gezien.
Gij zijt uzelf. Ik minacht u volkomen.
Met sy gemengde herkoms van Nederlands en Palestyns en sy kritiese beskouings op al die huidige veranderinge in Nederland, is Nasr ‘n waardige wenner van die E. du Perron-prys 2011. Die sewe jurielede het hulle keuse so verduidelik:
Juryrapport E. du Perronprijs 2011
De jury heeft besloten de E. du Perronprijs 2011 toe te kennen aan Mijn nieuwe vaderland. Gedichten van crisis en angst (De Bezige Bij, 2011).
 Omslag
“In deze bundel doet Ramsey Nasr wat van een Dichter des Vaderlands verwacht mag worden: hij geeft een cultuurkritische en pijnlijke diagnose van het hedendaagse Nederland. Het is ongebruikelijk dat de jury van de Du Perronprijs een dichtbundel bekroont, maar Nasrs bundel is zo dwingend en aansprekend dat de jury zich gelukkig prijst deze dichtbundel te mogen lauweren.
Nasr stelt zich op als een klassieke geëngageerde schrijver: haaks op de tijdsgeest, uitgesproken kritisch over het politieke beleid, en dit alles in een zeer poëtische taal die trilt van urgentie. Hier geen landerige gedichtjes uit een slappe tijd, maar het zout der aarde rechtstreeks in de wonden. Nasr laat zien dat poëzie vandaag de dag ertoe doet. Met zijn optreden als Dichter des Vaderlands, waar deze bundel de neerslag van vormt, roept Nasr controverse op, zowel in de samenleving als in literaire kringen. De dichter deinst er niet voor terug om zich in scherpe bewoordingen uit te laten over maatschappelijke misstanden; hij neemt daarin zijn rol als publieke intellectueel serieus. Daarmee getuigt hij een erfgenaam van Du Perron te zijn.
Nasr zet de sluizen van de poëzie open en overspoelt de lage landen, die gebukt gaan onder een krampachtige vrees voor natte voeten. Hij schreef een hybride bundel waarin gedichten, essays en lezingen verzameld zijn. Verschillende tekstsoorten lopen door elkaar en allerlei stemmen uit de samenleving worden geïncorporeerd. Nasr schrijft een poëzie met veel adem en uit volle borst. Dan weer lijken zijn gedichten klassiek en ingetogen, dan weer zijn zij uitbundig en onconventioneel. Hij neemt de rol aan van de klassieke bard: zanger en (aan-) klager. De poëzie in deze bundel is uitgesproken zonder dat de boodschap voor de lezer wordt uitgespeld. Nasr weet de mystiek van de poëzie te laten klinken zonder dat dit afdoet aan de begrijpelijkheid ervan. Daarmee slaagt hij erin een adequate vorm te vinden voor het dichterschap des vaderlands: hij verbindt poëtische finesse aan maatschappelijke relevantie en verstaanbaarheid. In een rancuneuze prozaïsche tijd laat Nasr een even lyrisch als noodzakelijk geluid horen.”
(c) Carina van der Walt
Monday, May 21st, 2012

Wordsworth en die Mere
Grasmere, Cumbria, April 2012
‘n Voetpad slinger berg-op van die oewer van Buttermere na die piek van Haystacks. “Piek” is half vrypostig: dié heuwel se beskeie 597m bo seespieël sal kwalik ‘n selfrespekterende bergklimmer se pols laat jaag. Die voetpad bied eerder ‘n gesinstaptog – ek het Daniel se 10 maande (en 10 kilogram) in die “rugsak” op my rug – van ses ure.
Hoe hoër jy klim, selfs na hierdie beskeie hoogte, hoe oper die vergesigte van valleie en kruine, mere en bergpoele, rûe, hange geklee in brandsiek patrone van lentegroen, roesbruin heide en die vuilgeel van steekbrem, strome wat kabbel en tuimel in watervalletjies sonder naam of getal, afgeleë en afgewitte plaashuise in die valleie, teksture – die vloeibare goud van die laatmiddagson op ‘n meer, die kroes van dennebosse teen ‘n heuwelhang, die grys oneweredigheid van granietkranse -droë klipmure wat kronkel oor die kontoere as ‘n menslike verlengstuk van die natuurlike geografie, in die verte die Ierse See en die Isle of Man, wolke wat rusteloos rol in ‘n veranderlike uitspansel – dan eensaam in die blou lug, dan weer dig gepak in ‘n grou hemel.
Dit is ‘n landskap tegelyk wild en beheers – wild wanneer ‘n yswind skielik hier deur die nekke dwarrel en jy omring is deur pieke tóé onder die strooisuiker van laasnag se lentesneeu; beheers wanneer jy besef elk van daardie newelagtige kruine het ‘n naam. Elk is benoem – Scafell Pike, Great Gable, Kirk Fell, High Crag en tallose ander – in ‘n daad van besitneming en heerskappy, soos Adam met die diere van die Paradys.
Die Haystacks-roete en sy uitsigte is swanger met ‘n digterlikheid wat teruggryp na een van die grootste Engelse natuurdigters van hulle almal: hierdie is immers die vleeswording van “the fall of rivers, winds and seas, / Smooth fields, white sheets of water, and pure sky” wat William Wordsworth hom verbeel in sy sonnet To Sleep.
En in daardie sneeu op die hoogste pieke eggo die eerste reëls van nog ‘n sonnet, November 1, 1815:
How clear, how keen, how marvellously bright
The effluence from yon distant mountain’s head,
Which strewn with snow as smooth as heaven can shed,
Shines like another sun…
Wordsworth is in 1770 in die dorpie Cockermouth net noord van hier gebore en het sy lang lewe feitlik uitsluitlik in hierdie valleie geslyt: tussen 1799 en 1808 by Dove Cottage naby die dorpie Grasmere aan die oewer van die gelyknamige meer, en daarna tot en met sy dood in Ryland, tussen Grasmere en Windermere. In 1850 is hy in die kerkhof van St. Oswald’s in Grasmere ter ruste gelê, langs sy vrou, Mary, en sy suster, Dorothy.
Die digter se spore het Grasmere omskep in een van daardie Engelse dorpies wat bestaan alleen om die pelgrims van ‘n reputasie gedienstig te wees: ‘n handvol hotelle en gastehuise, ‘n paar alte-liefies teewinkeltjies, twee of drie buitelewewinkels, en ‘n beknopte kothuiswinkeltjie langs St. Oswald’s waar ‘n span vrouens in ouderwetse wit voorskote en kappies die beroemdste gemmerbrood in Engeland bak.
En tog, hierdie Ye Olde England voorkoms ten spyt, is daar aan Wordsworth se laaste rusplek iets van daardie tydloosheid wat soms onder die oppervlak van massatoerisme op hierdie eiland oorleef. Vermaarde ou taksusbome troon donker in die kerkhoffie wat knus in ‘n boog van die Rothay-rivier lê waar hy sluimer onderweg na die meer. St. Oswald’s se 13e eeuse oorsprong is deur eeue van “opknapping” versluier, maar hy word bewaak deur ‘n erewag van grysleikliphuisies. Die sagte pienk waas van ‘n kersieboom se lentebloeisels verlig die somberheid van ‘n muisgrou dag, en berg en meer omsluit die toneel.
‘n Entjie se stap anderkant die teerpad (wat lank ná Wordsworth se tyd gekom het) wink ‘n klein afgewitte twee-verdieping huisie langs ‘n stil straatjie: Dove Cottage. In hierdie weergalose literêre pelgrimsoord oorleef die besittings en gees van Wordsworth se verblyf tydens die produktiefste dekade van sy loopbaan. En nie alleen van Wordsworth nie, maar van ‘n rolverdeling van die Romantiek op hierdie eiland: die Skotse romansier, sir Walter Scott, het in 1805 hier oorgebly, en so ook die Engelse skrywer Thomas de Quincey (hy van The Confessions of an English Opium Eater) in 1807. Die Wordsworths se goeie vriend, Samuel Taylor Coleridge, was ‘n gereelde besoeker.
Die huis dateer uit die 17de eeu en voordat die Wordsworths dit in 1799 betrek het, was dit ‘n pub, die Dove & Olive. Ná hulle vertrek na Rydal Mount was De Quincey vir 26 jaar die huurder van Dove Cottage. Die huisie is haas onveranderd, met ‘n steil tuintjie wat voor die agterdeur teen ‘n effense hang oprys. Eens sou die voorkamer ‘n uitsig gebied het op die kalm water van Grasmere, maar die Victorianers het ‘n ry huise opgerig wat die uitsig versper.
Andersins is die huisie feitlik onaangetas deur die verloop twee eeue: die onderste vertrekke het steeds die donker houtpanele en vloerstene van die ou pub en ‘n tasbare gevoel van die teenwoordigheid van die Wordsworths en hulle gaste. In die beknopte ingangsportaal hang ‘n skildery van Wordsworth se terriër, ‘n geskenk van sir Walter Scott, wat met dié brakke geteel het. ‘n Uitstalkas op die tweede verdieping is ‘n horing van oorvloed met die intieme relieke van die Engelse Romantici: daar is Wordsworth se klein, ronde brilletjie, soos ‘n 19e eeuse John Lennon, en die opiumskaal wat De Quincey gebruik het om sy Romantiese dwelm uit te meet.
Deesdae dreun die toerbusse van ons era van ongebreidelde massatoerisme tussen die mere wat eens net toeganklik was met wandelstok of perdekar. Wordsworth het die koms van toerisme na hierdie beeldskone hoek van Engeland verwens, maar hyself was ook ‘n bron en argitek daarvan.
In 1810 is sy Guide to the Lakes gepubliseer – die jongste heruitgawe pryk steeds op die rakke van elke Mere-dorp se boekwinkel – as ‘n “Companion for the Minds of Persons of taste, and feeling for Landscape“. Teen die einde van sy dekade in Dove Cottage was Wordsworth so ‘n gesiene figuur dat besoekers hierheen gekom het juis om die Digter van die Mere te sien.
Om die drukker verkeer van akoliete en nuuskieriges te hanteer, het Wordsworth en sy huismense in 1813 na die imposanter Rydal Mount verhuis. Die huis troon steeds op ‘n effense hoogtetjie bo die dorpie, omgeef deur ‘n tuin wat deur die digter en sy vrou self uitgelê is. In die portaal hang ‘n gelid gelamineerde gidsblaaie in ‘n twee dosyn tale, insluitend een in Afrikaans. Ek vra die opsigter uit daarna. Dit is die kurator, sê sy, wat self met sy gesin in die geskiedkundige huis woon: hy is Suid-Afrikaans en tans met verlof, verduidelik sy, en gee my Peter Elkington se besigheidskaartjie.
Ten spyte van sy veel langer verblyf hier, is die eggo’s van Wordsworth se teenwoordigheid by Rydal Mount dowwer as by Dove Cottage. Dit is ‘n meer konvensionele museum: borsbeelde, skilderye, eerste uitgawes van sy werke en kopieë van sy korrespondensie in glaskaste. Dove Cottage is soos om die digter met sy wandelstok op ‘n voetpad langs die meer raak te loop; Rydal Mount is soos om sy spoor in ‘n modderige voetpad te kry.
Tog is hier ook roerende herinneringe aan hierdie huislikste digter, die gesinsman met sy oog netsoveel op sy tuin as op die landskap van die Mere. Deur die venster van sy solderstudeerkamer glinster die water van Windermere deur ‘n opening tussen die heuwels. Dit het hom beweeg om te skryf:
Soft as a cloud is yon blue Ridge – the Mere
Seems firm as solid crystal, breathless, clear,
And motionless; and, to the gazer’s eye,
Deeper than ocean, in the immensity
Of its vague mountains and unreal sky!
But, from the process of that still retreat,
Turn to minuter changes at our feet;
Observe how dewy Twilight has withdrawn
The crowds of daisies from the shaven lawn,
And has restored to view its tender green,
That, while the sun rode high, was lost
Beneath their dazzling sheen.
Anderkant daardie “shaven lawn” tuimel die helling weg van ‘n lae houtheining in ‘n lappie aarde bekend as “Dora’s Field”. Toe die bejaarde digter se sieklike dogter, Dora, in 1847 op 43 oorlede is, het hy – die groot digter van die Mere se natuurskoon – ‘n natuurmonument vir haar opgerig: hy en Mary het hierdie helling toegeplant met wilde affodilbolle. Die twee bejaardes se blom herinnering aan hul geliefde dogter is tegelyk so broos soos ‘n stuifmeeldraad en duursamer as graniet: dit bloei steeds elke jaar in die lente, ‘n monument aan ‘n sterfte wat vlietend herleef in die seisoen van nuwe lewe.
Maar ons is te laat vir Dora se affodille: die opbloei van die lente is verby en al wat roer in die bries is die groen blare van die uitgeblomde bolle.
Die driehoek waarin Ryland Mount geleë is – rofweg tussen die drie mere van Grasmere, Windermere en Ullswater – is die hart van “Wordsworth se Mere”. Ons koers suidoos in die rigting van Windermere, maar voor ons daar kom draai ons links af op ‘n smal paadjie in die rigting van Ullswater. Die paadjie word die Kirkstone-pas, ‘n weg-wêreld roete hoog deur die kaal rûe van die fells- die woord vir hierdie heuwels, afgelei van oud-Noors – met alleen fell-skape en hier en daar ‘n toringvalk as geselskap.
“The Pass of Kirkstone and the descent from it are very impressive,” het Wordsworth in sy Guide geskryf, en aan die einde daarvan lê Ullswater, “perhaps, upon the whole, the happiest combination of beauty and grandeur, which any of the Lakes affords“.
Aan die oewer van hierdie meer vind ons opnuut ‘n eggo van Wordsworth in die gedaante van ‘n lappie uitgeblomde affodille. Die omstreke van Glencoyne-baai aan die suidwestelike oewer van Ullswater het Wordsworth se digterspen meer as een keer geroer. Drie keer het hy gedig oor die Mere se bekendste waterval, Aira Force, wat ‘n entjie van die meer in ‘n smal ravyn tuimel, insluitend in The Somnambulist:
List, ye who pass by Lyulph’s Tower
At eve; how softly then
Doth Aira-force, that torrent hoarse,
Speak from the woody glen!
Fit music for a solemn vale!
 Dove Cottage
Maar dit was nie Aira Force wat Wordsworth se bekendste gedig ingegee het nie, dit was die nabygeleë lappie land wat deesdae tussen die teerpad en die meer ingewig lê. Hier het die digter en sy suster, Dorothy, op 15 April 1802 aangedoen op pad terug na Dove Cottage. Dorothy het die insident in haar Grasmere Journal opgeteken: “When we were in the woods beyond Gowbarrow Park, we saw a few daffodils close to the water side. We fancied that the lake had floated the seed ashore and that the little colony had so sprung up. But as we went along there were more and more and at last under the boughs of the trees, we saw that there was a long belt of them along the shore, about the breadth of a country turnpike road. I never saw daffodils so beautiful they grew among the mossy stones about and about them, some rested their heads upon these stones as on a pillow for weariness and the rest tossed and reeled and danced and seemed as if they verily laughed with the wind that blew upon them over the lake, they looked so gay ever dancing ever changing.”
Daardie plaat affodille groei steeds aan die meer se oewer, maar ook hier was hulle tyd vir vanjaar verby en net enkeles se geel gesiggies het nog saam met die wind gelag. Tog was daar in hierdie toneel ‘n roerende eggo van Wordsworth se bekendste gedig, want ‘n paar jaar ná sy suster die affodille van Glencoyne-baai in haar joernaal besing het, het William hulle in sy gewildste gedig in herinnering geroep:
I wandered lonely as a cloud
That floats on high o’er vales and hills,
When all at once I saw a crowd,
A host, of golden daffodils;
Beside the lake, beneath the trees,
Fluttering and dancing in the breeze.
Continuous as the stars that shine
And twinkle on the milky way,
They stretched in never-ending line
Along the margin of a bay:
Ten thousand saw I at a glance,
Tossing their heads in sprightly dance.
The waves beside them danced; but they
Out-did the sparkling waves in glee:
A poet could not but be gay,
In such a jocund company:
I gazed – and gazed -but little thought
What wealth the show to me had brought:
For oft, when on my couch I lie
In vacant or in pensive mood,
They flash upon that inward eye
Which is the bliss of solitude;
And then my heart with pleasure fills,
And dances with the daffodils.

Oomblikke van verruklikheid, van brose, verganklike skoonheid, soos dié wat hierdie gedig onderlê, is steeds te vinde in die Mere. En om hulle teë te kom, is soos om ‘n volmaakte koeplet raak te lees.
Soos wanneer die sonlig na ‘n gedempte, omgesukkelde dag skielik wonderwerklik deur die wolke val en die heuwels klee in ‘n juweelagtige klaarheid – ‘n edelgesteente van ‘n oomblik wat die landskap se palet vernuwe en in nuwe fasette onthul. Of die delikate geel satyn van ‘n klos affodille – hulle is nog nie almal uitgeblom nie – teen die growwe, leikleurige tekstuur van ‘n klipmuur. Of die uitsig van hoog teen Haystacks op verre groen hange waar skape wei in lukrake patrone, soos wit miere. Of die blik van Catbells se hang op die glinstering van Derwentwater met die skemer kolle van sy beboste eilandjies waarheen heilige kluisenaars en gevalle aristokrate deur die eeue om die beurt uitgewyk het. Of die dartelende, bruisende gesang van die stroompie onder die hobbelbruggie by Ashness en die uitgelate goue jubeling van steekbrem – gorse vir die Engelsman – wat die kloustrofobiese hemel uitdaag. When the gorse is out of bloom, kissing is out of season, lui ‘n Engelse spreuk, want die plant blom heeljaar – maar nooit met soveel uitbundigheid as in hierdie lenteseisoen nie.
Of die digterlikheid waarmee die klipkerkie van St. Bega in die middagsonnetjie hurk tussen die hang van Skiddaw en die waters van Bassenthwaite-meer. Een van Wordsworth se opvolgers as koningin Victoria se hofdigter, Alfred, Lord Tennyson, het die inspirasie vir die vroeë reëls van sy gedig Morte d’Arthur in hierdie toneel gevind:
a chapel nigh the field,
A broken chancel with a broken cross,
That stood on a dark strait of barren land.
On one side lay the Ocean, and on one
Lay a great water, and the moon was full.
En tussen hierdie tonele van skoonheid, die patrone, is die ritmes van die lewe. St. Bega staan in die weiland tussen die beskeie herehuis van Mirehouse en die meer. Hy word bewaak deur twee dosyn slippedraers van verweerde grafstene – die mosbegroeide laaste mylpale van lewens deur die eeue in hierdie landskap. In die kerkie self – ‘n klein, intieme bidplek van afgewitte binnemure, muwwe houtbankies en helder brandglas – is die plaaslike priester besig om ‘n verloofde paartjie voor te berei vir hulle huwelikseremonie. Die bruidspaar is jonk en verleë tussen hulle twee families en strooijonkers en bruidsmeisies. Ongemaklike kwinkslae klink op uit die groepie van seker so vyftien, terwyl die priester beduie wie moet waar sit en staan en hoe die diens gaan verloop.
Later kom ons buite, in die golwende weiding tussen herehuis en meer, ‘n familie teë wat ‘n Paasfees-verwante eierspel van hierdie omstreke speel: drie geslagte gooi gekookte eiers met ‘n boog na ‘n teiken op die sagte weigras – ‘n soort boules. Alom wei skaapooie, party nog swaar dragtig, party met een of twee lompe lammertjies agter hulle spene aan. ‘n Klein seuntjie – ons s’n – kruip vervaard en vergeefs agter ‘n ooi-en-lammetjie aan op sy eie ontdekkingstog deur die lewe.
So speel die rites van die lewe hulle af, elk so broos, so verganklik, soos ‘n affodil in die lente. Die landskap van die Meredistrik is ‘n tydlose agterdoek vir hierdie tydgebonde dramatjies en dit is asof die vastigheid van daardie landskap die vlietende oomblik belig en verskerp. Geen skrywer het ‘n nouer band met hierdie landskap gehad as Wordsworth nie en een van die vreugdes van sy digkuns is sy vernuf om in die tydlose landskap en ritmes van die seisoene betekenis vir die hiér en nou te sien en oop te skryf. Op ‘n wyse wat self vry staan van die bande van tyd – om my te laat sien soos hy twee eeue gelede gesien het, en self saam met my te kyk.
 Wordsworth se graf in Grasmere
© André Pretorius
Grasmere
April 2012
Sunday, April 22nd, 2012

Vergeet-my-nietjies plaat blou onder die mos-oortrekte stamme. Rietpypies swaai hulle kwassies fraai-fraai in die ligte lentewind. Viooltjies staan kordaat orent soos sappige miniatuur Stradivariusies. Baie blou. En wit, natuurlik. Soos die gaasige bloeisels op die pruimbome. Op die kersiebome en amandelbome. Daar is besige bye om die botsels en nuutgevlegte neste in die oksels van die bloureënlote. Die eerste tulpe skreeu met bloedrooi sloerielippe die dag vaarwel. Daar is ‘n handvol stomende aspersies op by bord in die agter-kombuis.

Na die wasgoedwaterbloudae van die winter is die vierde maand ook ‘n tyd van terugkyk oor die skouer. Om met ‘n brandende hart verloopte liefdes uit die gisters terug te roep. Die gang van die lewe in oënskou te neem – die lief en die leed – om met oorgehaalde ywer die lewegewende lente tegemoet te loop.
April is die maand wat opgedra word aan Afrodite, maar as jy ‘n Romeinse kronometer het – dan behoort die maand April aan Venus. Daar bestaan soveel uiteenlopende vertolkinge rondom die ontstaan en etimologiese oorsprong van die skone Afrodite dat mens skoon lighoofdig kan raak - en dit sonder enige gulsige slukkies eau de vie of afrodisiakum. My gunsteling, effe benede-die- gordel-verduideliking, word uit toeka se dae oorvertel, dat die beeldskone godin haar ontstaan te danke het aan die dobberende en skuimende geslagsdele van die god Uranus. Die tragedie het na ‘n woeste struweling tussen Cronus en Uranus plaasgevind. Eersgenoemde het die verdwaasde Uranus glo op ‘n onbehoede oomblik tydens die geveg gekastreer en sy goed bedeelde parte in die golwende see gewerp! Dit kom daarvan om kort geplooide skirtjies tydens butch gevegte te dra.
When in Rome
Rompies moes hulle dra
want Aleksander het gevra.
Die dye van Hefaistos
het hom in die nag gepla
en:
Aphrodite Kallipygos
Die hart (hoewel gestileer),
universeel simbool
van liefde, is op die heuwels
van die boude gebaseer.
© Weerlig van die ongeloof Johan de Lange Protea Boekhuis 2011
Uit dobberende skuim en drywende dele is die skoonheid onverklaarbaar, en sonder groot seremonie, verwek. Sommer so volgroeid en volwasse het sy daar op die strand van Paphos aangekom – viets en vroom op ‘n reuse kammosselskulp. Nie ‘n haar op haar hoof uit plek nie!
 Geboorte van Venus. William-Adolphe Bouguereau. 1879
Afrodite is nie uitsluitlik die godin van liefde nie, maar onder andere is sy ook die skikgodin van voëls. Alle soorte voëls – kuifreiers, kraaie en korhane, kokkewiete, kropduiwe en kwikkie kuikens. Maar veral vir ‘n swaan is sy bitter lief. As ek aan swane dink fladder ‘n swerm migrerende woorde voor my uit die vlakwater op.
Uit Marlene van Niekerk se: © Die sneeuslaper. ( Human en Rousseau 2009) Uit die eerste hoofstuk getiteld Die swanefluisteraar, bl.21.
…Ek het gekyk na waar hy kyk, na die rimpellose water onder die brugboog. Wat sou hy daar sien?
Hy het regop gekom, steeds prewelend, sy hande in die lug, soos ‘n dirigent voor die inval. En toe gee hy die eerste pols. En daar, van onder die brug, swem twee swane op hom af, majestueus, met getoonde nekke, asof hulle aan hom behoort.
Dit was asof ek vir die eerste keer gesien het wat ‘n swaan is: pluimedos van melkwit glas, ‘n nek geblaas in ‘n droom van vuur, ‘n vaas wat vaar, dig aan sy weerkaatsing vas, ‘n tweeling gemasker, bors aan bors gebind in ‘n dans, ‘n donker musiek in die webbe.
Die swaneroeper het sy bondel losgeknoop en ja, lees maar, daar staan presies net wat daar staan, professor, ‘n touleer uitgehaal waarmee hy homself neergelaat het tot op die dek van ‘n seilbootjie wat daar vasgemeer was teen die kade.
‘n God in die wieg van die witbevrore môre.
Op sy maag, met sy hande uitgesteek oor die water, het hy die voëls aangehaal, hulle kwaste kwispelend, hulle koppe digby syne. Orfeus aan die oewer. Dat ek met my vinger in my skamel asem skryf, een reël van ‘n vergete digter en dat dit oorspring van raam tot wal en ‘n swanefluisteraar oplewer? Van sulke toeval is die hart verruk.
Van sulke woorde is die hart verruk. Van voëls en verrukking gepraat:
optelswaan
Marlene van Niekerk*
pluimdos van melkwit glas
nek geblaas in ‘n droom van vuur
‘n vaas wat vaar
dig aan sy weerkaatsing vas
gemaskerde tweeling
in ‘n dans gebind bors aan bors
donker musiek in die webbe
van sulke toeval is die hart verruk
*” Gedigte is soos voëls, hulle migreer oor die grense van mense heen asof die grense nie bestaan nie.” ( T.T. Cloete: Die Burger, 9 Desember 2010)
© stigmata tom gouws Human & Rousseau 2012
April is ook die maand waartydens kinders en leepoog verliefdes margrietjie- kransies maak. ‘n Mooi legende wil dit hê dat die margrietjie ontkiem en begin blom het waar die trane van ‘n bewoë Maria Magdalena op die dorstige aarde geval het. Verliefdes probeer vandag nog die toekoms inkyk deur die blommetjie se kroonblare een vir een uit te pluk: she loves me, she loves me not…
Die onsekerheid, die ewige vrae waarmee die liefde ‘n mens soms opsaal:
hoekom reik jy jou hand
hoekom reik jy jou hand
uit na my
reik jy jou hand uit
uit na my hand se jy
reik jy my ruik
my reik se reuk
my hand in jou hand
hoekom reik jy na my toe
waarheen gaan jy
met jou reikende hand in my
jou hand in my hand
my reik in jou reuk
waarheen vat jy my
hoekom vat jy aan my
se altyd buite bereik
bly
© wanpraktyk andries samuel gedigte Human & Rousseau 2011
Als is nie net maanskyn en rose in Aprilmaand nie. Kyk wat sê T.S. Elliot van die spulletjie:
1. The Burial of the Dead
April is the cruelest month, breeding
Lilacs out of the dead land, mixing
Memory and desire, stirring
Dull roots with spring rain.
T. S. Eliot The Waste Land, 1922
Op my boekrak is daar ‘n handvol nuwe digbundels wat my deur die wintermaande vergesel het. Van hulle ken ek intiem soos ‘n minnaar – kan uit hulle oopmond opsê- soos Juffrou Buitendach my in graad een aangepor het. ‘ Sê op jou versie kind! ‘ Een van my gunsteling Amerikaanse digters is Dorianne Laux.
WHAT’S BROKEN
The slate black sky. The middle step
of the back porch. And long ago
my mother’s necklace, the beads
rolling north and south. Broken
the rose stem, water into drops, glass
knob on the bedroom door. Last summer’s
pot of parsley and mint, white roots
shooting like streamers through the cracks.
Years ago the cat’s tail, the bird bath,
the car hood’s rusted latch. Broken
little vinger on my right hand at birth-
I was pulled out too fast. What hasn’t
been rent, divided, split? Broken
the days into nights, the night sky
into stars, the stars into patterns
I make up as I trace them
with a broken-off blade
of grass. Possible, unthinkable,
the cricket’s tiny back as I lie
on the lawn in the dark, my heart
a blue cup fallen from someone’s hands.
Facts About The Moon Dorianne Laux W.W. Norton & Company 2006
en:
DARK CHARMS
Eventually the future shows up everywhere:
those burly summers and unslept nights in deep
lines and dark splotches, thinning skin.
Here’s the corner store grown to a condo,
the bike reduced to one spinning wheel,
the ghost of a dog that used to be, her trail
no longer trodden, just a dip in the weeds.
The clear water we drank as thirsty children
still runs through our veins. Stars we saw then
we still see now, only fewer, dimmer, less often.
The old tunes play and continue to move us
in spite of our learning, the wraith of romance,
lost innocence, literature, the death of the poets.
We continue to speak, if only in whispers,
to something inside us that longs to be named.
We name it the past and drag it behind us,
bag like a lung filled with shadow and song,
dreams of running, the keys to lost names.
The Book of Men Dorianne Laux W.W. Norton & Company 2011
Die jong bekroonde Engelse digter, Jacob Polley geniet welverdiende aandag met twee digbundels, THE BRINK (2003), Little Gods (2006) en vir sy skitterende debuut-roman Talk of the Town (2010).
 Jacob Polley
April
Now there is only the sound of the rain
which is the shape of the streets and the ropes
of overflow knitting at the mouths of drains
and frying from the gutters and the downpipes.
Whatever the leaves were saying must wait:
rain has filled the trees with its own brisk word.
There’s thunder in the darkened slates.
The pond’s green eye rolls heavenwards.
You can’t charge a page with the hiss, with this
cooling of the city like a new horseshoe.
Rain in the hair, at the neck and the wrists:
for rich and poor, there’s rain to hurry through.
The boil and spit of pavements: mirrored brick.
Every patch of grass is fiercely lit.
© Little Gods Jacob Polley Picador 2006
Afrodite metamorfoseer oor die Etruskiese periode na ‘n skitterende Venus tydens die Romeinse Ryk. So helder flikker haar liggies dat die aanbiddende mensdom die tweede helderste planeet, naas die maan, na haar vernoem. Venus gloei op haar helderste net voor sonsopkoms en net na sononder. So word sy dan ook die beminde Oggend- en Aandster van die hemeltrans. Venus is so liggewend dat sy ‘n skaduwee kan werp. Is jou lig helder genoeg om ‘n skadu te gooi?

Agape
Die droom vou weids
uit die donker oop-
pinsbek dagbreekuur.
Die landskap sing van
blou bieseroeibosse.
In die koelgewaaide skadu
van ‘n helder baldakyn
voer ek jou lippe
soet ronde korrels
barlinkadruif,
granaat en vy.
Beheks deur purper kruike
koue ambrosyn
sweer ongierig trou.
Venus lag hierop
hardop,
laat haar aandster bibber.
Appelmotte vlieg benepe rond,
maraboe sluk die spikkelslang
en ons gaan lê belief
waar die bergpruim blom.
© Tempermes LJvV Queillerie 2010
 Hope Diamant
Die diamant is April se towersteen. Geliefdes skenk ruimhartig, soms ook ‘n bietjie teensinnig, vermoed ek, ‘n diamant as simbool van suiwer en ewigdurende liefde. Dit moet oor die regte helderheids-graad beskik. Ten minste in die F-kategorie. Die klip moet ook voorts gewigtig wees , die kroonhoeke en paviljoendiepte moet ʼn innerlike lig uitstraal.( ‘n Skaduwee kan gooi!) Nie dat ek dink die liefde nie suiwer of ewigdurend wil wees nie- ek bly maar skrikkerig vir die sogenaamde eeu -oue vloeke wat oor sekere diamante vertoef. Dink maar aan ‘n paar van die grotes, die Hope -diamant, die Orloff -diamant, die Lepelmaker-diamant en die Klopmans-diamant. ‘n Oulike relaas oor die Klopman-diamant-vloek lui soos volg. ‘n Reisiger beland oorkant Mev. Klopman die Derde op ‘n Concord vlug tussen Parys en New York. Hy merk die gewigtige klip aan haar mooi versorgde ringvinger en vra ewe hand- om -die -blaas aan haar:
” Mevrou Klopman is dit waar dat daar ‘n onrusbarende vloek oor jou vleklose steen hang?”
Die bouffant kop met die Dior sonbril draai elegant na die afwagtende reisiger en antwoord met karmosynlippe:
” Dit is inderdaad waar dat daar ‘n bose vervloeking saam met die rare juweel kom -dis Meneer Klopman.”
So often, are you as a blazing torch with flames
of burning rags falling about you flaming,
you know not if flames bring freedom or death.
Consuming all that you must cherish
if ashes only will be left, and want Chaos and tempest
Or will the ashes hold the glory of a starlike diamond
The Morning Star of everlasting triumph.
Ashes and Diamonds Cyprian Kamil Norwid 1821-1883
April se dae is amper getel. Die lentereëns val en in dieperige tuin stuwer botsels oop. Oop op my tafel, onder die venster, onder die dakbalke, lê Joan Hambidge se nuwe bundel, Lot se Vrou. Oop.

Lot se vrou
Snags keer hulle terug,
die verlore geliefdes
in my troebel drome.
My eerste groot geliefde,
‘n Medusa, lag grys en bitter
oor my donker woorde.
Kriptomnesia, skel sy:
alles wat jy skryf reeds elders op-
geteken. In drome word jy
ge-Delmore Schwartz, ge-Delmore Schwartz.
O ek is Lot se vrou,
Lot se vrou,
wat terugkyk na die hart wat brand.
Die ander onwillige muse
hou glo ruggespraak oor ons,
verklap aan almal hoe slordig
aanmekaar gestik is my gedigte.
O, ek is Lot se vrou,
Lot se vrou,
wat luister hoe my woorde smeul.
Die ander een
ja, sy die donker skikgodin,
het my in die openbaar verguis,
my woorde, liefdeswoorde verpand
om haar nie-aandadigheid te bewys.
oor haar droom ek nooit.
O, ek is Lot se vrou,
Lot se vrou.
© Lot se vrou Joan Hambidge Human & Rousseau 2012
 Delmore Schwartz
Calmly We Walk Through This April’s Day
Calmly we walk through this April’s day,
Metropolitan poetry here and there,
In the park sit pauper and rentier,
The screaming children, the motor-car
Fugitive about us, running away,
Between the worker and the millionaire
Number provides all distances,
It is Nineteen Thirty-Seven now,
Many great dears are taken away,
What will become of you and me
(This is the school in which we learn…)
Besides the photo and the memory?
(…that time is the fire in which we burn.)
(This is the school in which we learn…)
What is the self amid this blaze?
What am I now that I was then
Which I shall suffer and act again,
The theodicy I wrote in my high school days
Restored all life from infancy,
The children shouting are bright as they run
(This is the school in which they learn . . .)
Ravished entirely in their passing play!
(…that time is the fire in which they burn.)
Avid its rush, that reeling blaze!
Where is my father and Eleanor?
Not where are they now, dead seven years,
But what they were then?
No more? No more?
From Nineteen-Fourteen to the present day,
Bert Spira and Rhoda consume, consume
Not where they are now (where are they now?)
But what they were then, both beautiful;
Each minute bursts in the burning room,
The great globe reels in the solar fire,
Spinning the trivial and unique away.
(How all things flash! How all things flare!)
What am I now that I was then?
May memory restore again and again
The smallest color of the smallest day:
Time is the school in which we learn,
Time is the fire in which we burn.
© New and Selected Poems Delmore Schwartz Doubleday & Company 1959
Terug by Marlene van Niekerk se Sneeuslaper:
En hoe klink swanetaal?
Rie mrie,rapuu,
kriep, !tewiek, miruu,
tohoe wa bohoe,
askla mor usa,
pierokgriemok sklahoe
***
/ # ! / / O *
wind woel die melkweg toe
ver wolke vat vlam
buierig reën stort later neer
met die klapklank van inheemse taal
grondbestandele van aarde en klip
wat losspoel tot water
© eggo’s in bewolkte water Mari Grobler Protea Boekhuis 2004
Meimaand wink uitlokkend in die voorhuis. Die reuk van lelie-der-dale hang swaar in die gang, op die wind se asem ruik ek heuning. Bye wat stuifmeel steel vir die soet wat later kom.

A Jar of Honey
You hold it like a lit bulb,
a pound of light,
and swivel the stunned glow
around the fat glass sides:
it’s the sun, all flesh and no bones
but for the floating knuckle
of honeycomb
attesting to the nature of the struggle.
© The Brink Jacob Polley Picador 2003

Sunday, April 15th, 2012
Die vrou onder my bed begin my lei in my navorsing.
“Jy moet met my ou kennis, Riva Rubin, ‘n onderhoud gaan voer – sy sal jou baie dinge kan verduidelik,” fluister sy.
Ek bel Riva. Sy is besig – ek moet later weer bel. Ek probeer later – sy versorg die proewe van haar nuwe boek. Drie jaar later se die vrou onder die bed, “Bel weer, maar benader haar die keer anders – sê vir haar…”
En so gebeur dit dat ek my die ander dag bevind in Bilu Straat in sentraal Tel Aviv. Dit grens aan die hartjie van toeriste Tel Aviv, maar geen toeriste sal hul ooit daar bevind nie. Die straatjies is nou, die woonstel blokke lyk eenders en dikwels verwaarloos, want die woestynwinde wat in hierdie land waai bedek alles met stof. Maar klop aan ‘n deur en word ingenooi en jy bevind jou in ‘n ander wêreld. Miskien is dit in ‘n kunstenaarsateljee of in ‘n stukkie Berlyn of Vilnius of Cracow met swaar donker hout meubels en boekbelaaide rakke of dalk maak ‘n jong skryfster vir jou oop. In haar woon/skryfplek lê groot kussings bedek met Midde-Oosterse lappe op die vloer, ‘n rekenaar op die lessenaar en al die belangrikste skrywers uit Israel, Amerika en Europa in tweedehandse slapband uitgawes probeer om in stapels tussen die kussings op die vloer ‘n balans te handhaaf.
Riva maak vir my die deur oop. Sy’s kleiner, fyner as wat ek verwag het. Haar glimlag is groot en sy nooi my hartlik in. Voor my is ‘n ruim vertrek met ‘n studeerhoek aan die eenkant, gemaklike banke om ‘n koffie tafel in ‘n ander hoek en die eetkamer-kombuis in die derde hoek. Oral aan die mure hang kuns, skilderye, afdrukke, foto’s. Van dit erken ek, meestal nie. Sy stel my dadelik bekend aan die werk van haar ou vriend, Joram Kaniuk. Hy is ‘n Israeliese skrywer maar ook soms kunstenaar. Hier hang ‘n poster wat van dosyne vuurhoutjiedose gemaak is. Op elkeen het hy ‘n gesig geteken terwyl hy, soos die gewoonte in hierdie land is, in kafees koffie gedrink en gesels het. Hy’t hulle gehou en dit vorm die mees fassinerende collage van gesigte.
Riva bedien my tee, gemaak soos ons dit in Suid Afrika drink, sterk met melk, want Riva, soos Olga Kirsch, is ‘n dogter van Suid Afrikaanse immigrant Jode. Ook haar pa se familie kom uit Lithuania. Sy is in Johannesburg gebore en het daar grootgeword. Na matriek besoek sy Israel vir die eerste keer in 1949 as deel van ‘n Joods-Israeliese jeugprogram onder die beskerming van Betar. Sy keer terug na Suid Afrika waar sy haar onderwysopleiding voltooi aan die ‘Hebrew Teachers’ Seminary – “I got a good basis in Tenach!” Haar eerste man is op tragiese wyse in ‘n vliegtuigongeluk dood. Sy trou met haar tweede man, Harold Rubin, in Johannesburg in 1957 en uit hierdie huwelik is twee seuns gebore. Harold Rubins was ‘n bekende figuur in Suid-Afrikaanse kunssirkels wat sy verset teen Apartheid uitgeleef het as jazzmusikant – hy speel die klarinet – en na die Sharpeville onluste in a reeks sketse gewy aan die brutaliteit van Apartheid. Later doen hy ook in ‘n kunsprojek “My Jesus“. Dit lei tot inhegtenisname weens ‘n klag op godslastering, maar hy word in die hof vrygespreek. Kort daarna, in 1963, het hy en Riva Suid-Afrika verlaat en hul in Tel Aviv gevestig.
Riva vertel dat sy reeds van jongs af geskryf het- altyd in Engels. “I was born writing! Allow me to talk to you about poetry in poetry,” sê sy.
HOW THE BUTTERFLY GOT ITS COLOURS
She is eight, on the top step by the kitchen door.
The yard is cemented grey,
The shed is corrogated black, the door
and the window wood of the hut in the corner
are servant brown.
She will invent a butterfly. The first story.
“There’s a river, I dip watergreen on the wing tip.
There’s s thistle, I dab silvery purple on the throat.
There’s an orchard, I splash yellow and orange as I wish
on the back of my beautiful butterfly.
I take golden feelers from on high.”
She is eighty, behind the shutter, looking out.
An old white butterfly presents
itself on the windowpane.
Reeds in 1963 wen sy die Suid Afrikaanse PEN Sentrum Kortverhaaltoekenning. Tog is dit so dat sy, soos vele ander immigrant digters, ‘n groot gevoel van vervreemding beleef wanneer na sy in Israel aankom. Soos hulle staan sy voor die keuse om óf in ‘n landsvreemde taal te bly dig, d.w.s. in Engels in Israel, óf om te probeer aanpas en in Hebreeus te dig – ‘n oorgang wat sy, soos Olga Kirsch, besluit sy nie kan maak nie. Haar werk geniet sukses hier, maar dikwels as ‘n soort ‘tweederangse’ burger. Selfs na sy in 1999 die eerste Engelse digter is om met die Israelse Prys vir Letterkunde bekroon te word, word daar van haar gesê, “Sy’s ‘n goeie digter al is dit in Engels!” Haar werk herinner mens aan Elisabeth Eybers in die sin dat in haar gesprek met haar aangenome land sy haar moedertaal, Suid-Afrikaanse Engels, aanpas by die plaaslike kultuur en beeldspraak. Net soos die Nederlandse invloed hoorbaar in Eybers se Afrikaans is, so is die Hebreeus-Israeliese invloed aanwesig in Rubin se poësie.
THE SILENCE
In the inexplicable silence at the heart of my life,
I‘ve shielded my cheeks in a locust storm
I’ve crouched in long grass in my father’s dark night
I’ve touched the blood on my mother’s mouth
I’ve heard the lion’s brusque cough in the bush
I’ve seen my two sons to war
I’ve watched the wall of my house billow inward
I’ve looked into my black dog’s eyes through a gasmask,
in the inexplicable silence at the heart of my life.
In hierdie gedig uit haar nuutste versameling¹, wat vroeër vanjaar gepubliseer is, is die beelde van Afrika en Israel intiem verstrengel. Terwyl Riva diep betrokke is by die kulturele lewe van Israel, het sy nie haar geboorteland vergeet nie. Sy is in kontak met skrywers en die Joodse gemeenskap daar. So byvoorbeeld lewer sy in 2005 die Inleidende Lesing, tydens die Konferensie oor minderheidsliteratuur aan die Universiteit van Kaapstad. In Israel speel sy ‘n kardinale rol in die stryd om die herkenning van minderheidstale in ‘n Hebreeus dominante kultuur en was sy ‘n stigterslid van die ‘Israel Association of Writers in English’ waar sy ook vir etlike jaar as voorsitter gedien het.

Ons gesels soos twee vrouens wat mekaar al lankal ken – oor ons kinders, oor ons ouers, my pa uit Berlyn, haar ma uit Vienna. Sy lag lekker as sy sê dat sy my aksent geniet: “It’s home!” Dit lei spontaan tot die issue rondom die keuse van taal – Riva spreek Hebreeus vlot. Sy vul haar inkomste aan deur uit Hebreeus na Engels te vertaal.
“Hoekom kon iemand soos Aron Appelfeld die sprong van sy moedertaal tot Hebreeus maak, maar skrywers en veral digters soos jy en Olga Kirsch nie?” wil ek weet.
“In my opinion the Europeans, but more so the Russians had the culture,” verduidelik sy. “The Hebrew writing of those generations had very little to do with Hebrew, it had more to do with… they brought the idiom from overseas and they made it the idiom here. If was not just writing in Hebrew, but if you didn’t write in Hebrew like the Russians wrote in Hebrew you didn’t stand a chance. It was writing in a certain manner, in a certain voice. Bialik’s Hebrew was very beautiful but it had more to do with Poland or Russia or wherever he came from than it had to do with here. That’s what I’m teasing him about in my little poem.”²
BIALIK’S BIRD AT MY WINDOW
Little birdie at my window
teases me in Hebrew
tsuktsik, tsutsik
he calls me small fry – I
don’t write about him in Hebrew
like Bialik, but I
did make the journey.
Soos ons kuier en gesels, begin ek dinge verstaan wat vir my tot noutoe onseker was – dinge rondom immigrant wees en skrywer wees en vrou wees. Dinge waaroor ek mooi sal moet dink voor ek verder kan skryf.
¹Al drie Gedigte kom uit haar nuwe bundel: Rubin, Riva. Bialik’s Bird. 2012 KESHEV Publishing House, Israel.
²Hierdie is ‘n direkte kwotasie wat ek digitaal opgeneem het en nie graag sou wou vertaal nie.
Wednesday, March 21st, 2012
So drie jaar gelede het ‘n vreemde vrou onder my bed ingetrek. Al was sy onbekend aan my het ek haar genooi. Ek het ‘n kontrak met haar gesluit – ek sal haar weer onder die aandag van haar gehoor bring, sy sal haarself aan my bekend maak – sy sal my lei om van haar geheime te ontdek. Niemand vertel ‘n ander al hul geheime nie, maar as mens ‘n vertrouensverhouding kan opbou, dan deel jy tog ‘n paar van jou geheime met ‘n vriendin.
Toe ek haar ingenooi het, het ek min van haar geweet – Jodin, digteres, Vrystaat gebore, in Israel gewoon en gesterwe. Haar naam – Olga Kirsch. Sy’t my glad nie geken nie, maar haar suster en twee dogters, na ek hulle opgespoor het, het namens haar opgetree. Hulle het besluit Olga sal my probeer vertrou.
Al waarmee sy onder die bed ingetrek het, was een bundel gedigte: Mure van die Hart, gepubliseer in 1948. Die het ek by my ma geërf en sy by haar tante wat nie ver van Olga se geboortedorp gewoon het nie. Die tante, Sussie Buckle, het op Kroonstad drama doseer. Met die bundel as inspirasie moes ek begin soek – die internet het nie veel opgelewer nie – een kort Wikipedia berig. Toe google ek haar man – Prof Dr Joe Gillis, wiskundige. Die inligting het ek in die Wikipedia-artikeltjie gevind. Joe lei my na Ted, medewiskundige wat aan Joe ‘n huldeblyk geskryf het. Ted lei my na ‘n fisikus, die fisikus lei my na Prof Ada Zohar, sy nooi my om haar in persoon aan haar tante se huis Olga se jonger suster te kom ontmoet. Ada is Olga se jonger dogter. Een ding lei na ‘n ander en voor ek my kom kry plaas Olga fotokopieë van haar ses ander bundels langs Mure van die Hart onder my bed.
“O terloops,” sê Janette die jonger suster van Olga, “hier is ‘n ongepubliseerde manuskrip maar dis Engels.” Ons maak ‘n kopie en ek gaan lê bo-op die bed met die Engelse manuskrip, Nevertheless. ‘n Lang epiese gedig oor die aankoms van die nuwe immigrante uit oorlog-verskeurde Europa. Dis by tye aangrypend, by tye hartverskeurend, selfs soms regtig amusant veral as mens Israel ken. Die manuskrip gaan kruip onder die bed in langs haar Afrikaanse sussies. Ons probeer vasstel wie is ouer.
Die soektog duur voort. John Kannemeyer, nog fiks en flink, besig met John Coetzee, antwoord al my vrae en verwys my na Daniel Hugo. “Daniel weet meer as enigiemand anders in Suid Afrika oor Olga – praat met hom,” stel groot John voor. “O ja en jy moet met Lina ook praat,” voeg hy by.
Daniel help, gee raad, stuur fotokopieë van allerhande artikels en weier dat ek hom betaal daarvoor – “Skryf net asseblief ‘n biografie oor Olga – ons soek nie nog ‘n doktoraal nie,” is al wat hy vra.
Lina vra niks, gee niks. “Ek skryf my eie memoir oor Olga,” sê sy, “dus kan ek nie my materiaal deel nie!” Stilte. “In elk geval gaan jy seker in Ingels skryf,” voeg sy verwytend by.
Die soektog gaan verder.
Ek gaan gereeld vir Janette in Haifa kuier. Ons raak bevriend en die vrou onder my bed versamel al hoe meer besittings. Nou het sy al ‘n stapel foto’s – van haar kinderdae, van haar ma en pa, haar broers en susters. Ek ontmoet haar niggies en een nefie, gaan kuier by haar skoonsuster.
“Kom kuier in Jerusalem,” sê haar dogter Ada, “my ma het baie van haar gedigte na Engels vertaal.”
Judy en ek gaan na Jerusalem. Ada oorhandig ‘n pak vertalings. Judy begin hulle afneem sodat ek kopieë sal hê. Ek begin lees – ek raak al hoe meer opgewonde. Ada hou my gesig dop. “Ag sê tog iets,” pleit sy terwyl ek al hoe breër glimlag.
“Hier’s nie een vertaling by nie – dis alles oorspronklike gedigte,” sê ek. Ons tel vinnig – seker dertig of meer. Ada lees voor:
Thorns and Thistles
Their beauty is not
in the greenness and succulence
of summer,
but in the meagerness of season’s end
when rigid, grey, dry to the very pith
robbed of corolla and colour’s camouflage
each etches with a fine style on air
the delicate skeleton
of its florescence.

“Besef jy hoe lief my moeder die natuur gehad het?”
“Dis tog duidelik uit baie van haar Afrikaanse gedigte,” vertel ek haar dogter wat geen woord Afrikaans verstaan nie. “Sy’t ook ‘n sagte plekkie vir ons tuisgebied gehad,” voeg ek by.
“Wel, sy’t amper daar gaan woon,” se Ada. Dis waar. Die feite ken ek al. Ek weet sy was lief vir Galilea en daarom nooi sy haar geliefde man om saam met haar weer daar te gaan kuier.
Kom, my beminde, laat ons ry
ver van die laagland langs die kus
waar saans en soggens roetswaar mis,
die einder grimmig verf; verby
fabrieke en teer-versmoorde grond
wag van die Middellandse See -
Saffo se glasklaar see, nou mond
gedwing om slyk en vuil te sluk,
al die uitwerpsels van die land,
totdat die troebel dieptes ruk
en vullis uitbraak op die strand.
Laat ons opgaan na Galilea,
klim tot die lelike en die groue
wegduik agter blou heuwelvoue:
Hoogte – swart skagte kloof aan kloof,
stilte-insekgebrom verdoof,
vry aarde nooit getem deur teer,
bome wat op die rante buk
voor wind wat slegs berge keer,
wolke alleen tuur op ons neer.
Saans, omgeskep deur ruimte en lug
keer ons tot vreemde kamers terug
en reik in blinde oergebaar
arms en lippe vir mekaar.
Buite die skemerige gordyn
rankende takke van die Tuin.
(Ruie Tuin, 1983 p7)

|
|