Buiteblik

Carina van der Walt. Elegie vir Mandela

Friday, December 6th, 2013

 

5 Desember 2013

Nou is ons ikoonloos.

Die wêreld het sy grootste man aan die begin van die een-en-twintigste eeu verloor:

NELSON ROLIHLAHLA MANDELA

 

Hoe is dit moontlik dat ek na die nuus om tien gisteraand verdwaas deur die huis dwaal? Waarom die hartseer soos groot, heel eiers in my keel? Was die trane nadat ek hulle nie afgesluk kon kry nie, opreg? Is ek vandag saam met die massas verslae oor sy dood, hoe lank dit ook al verwag is? JA

 

Mandela het ek nooit ontmoet nie, maar hy het vir my ‘n sleutel gegee waarmee ek my nuwe lewe kon oopsluit. Afstand is ‘n groot katalisator. My fokus op my land en my mense is skerp. Mandela se sleutel het ek aan dié kant van die wêreld ontdek. UBUNTU

 

My respek vir hom, wat hierdie woord uitgeleef het, het gegroei elke keer wat ek ontdek het ubuntu wérk vir my. Ek kan verstaan dat hy vir baie mense ‘n soort Jesus-figuur geword het. Dit ontstel my nie.  Alle gelowiges en ongelowiges glo tog hulle dra ‘n klein bietjie Jesus of ‘n x-faktor in hulleself rond. Is dit nie so  nie? Maar die meeste mense maak ‘n lelike brousel van hulle lewens en steek daardie x-faktor diep-diep weg. Mandela het sy Jesuskant of  x-faktor of ubuntu nie weggesteek nie, maar uitgestraal – ondanks jarelange helse lyding wat daaraan vooraf gegaan het onder apartheid.   

 

Ek moes sý idee, ubuntu, my eie maak. Ubuntu het die sleutel geword om my voete te vind tussen mense met ‘n ander mentaliteit,  genuaseerder omgangsvorme, fyner omlynde klasseverskille, ongemaklike nuuskierigheid, ‘n eeue ou taal met ‘n groter woordeskat, ‘n skerp argumentarsenaal en onthutsende soms ontstellende humor – om maar enkele verskille te noem. Ek moes leer om oor my ek-gerigtheid te stap; om mense se tekortkominge te aanvaar soos hulle myne moes aanvaar; om hande te vat en te wéét – ons het net mekaar met al ons goeie en al ons slegte eienskappe.  Saam moet ons die wa deur die drif trek.

 

Nou het ons nie meer vir Mandela nie.

 

Dorkas vir Mandela

(belydenis en lof)

 

ek was die donkie met oogklappe aan

gemuilband deur ’n verhaal oor die volk van god

het die woord kafir spontaan uit my mond gegroei

met dorings & distels wat geil & hardnekkig gebloei

het winkelhake deur weggooiklere & ooptoonskoene geskeur

het Sondae is ek gestorie dikgevreet aan soetkoek kon ek tuis

wegkyk vir die dorings van middagete uit ’n getijpte blikbord eet

wegkyk vir die distels van flou koue koffie uit ’n afoorbeker drink

selde of ooit het ek opstandig gebalk oor tallose klappe teen kake

of gebloei oor die geskater agter bulterriërs se hakskeenbyte

my kop het ek tweedosyn male teen dieselfde klippe gestamp

toe weggehardloop met my lewe in ’n streepsak suiker op my rug

 

die bagasie van apartheid is saam agter my oogklappe

ek het nouliks geweet van hulle helder geleerde man

wat geweier het om in gelid te loop met ’n blaffende sipier

& die rook van gebrande bande & traangas & opslagkoeëls

geabsorbeer het vir elke Slegs Blankes-bank in elke park

& elke Slegs Blankes-toilet

Slegs Blankes-asdrom

Slegs Blankes-padblokkade

Slegs Blankes-caspir

 

kaalvoet was hy in ’n kalkgroef op ’n verlate eiland so god-

verlate soos ons myndorp se strate na ses in die aand

wanneer die werkers se pastyd vir die dag verby was

hý wat dag in dag uit maand in maand uit jaar in jaar uit

klippe moes kap totdat sy hande & sy rug krom gekramp

& sy oë sonder oogklappe gesweer het     van te veel wit

 

die donkie met die ingeperkte blik die oorwoekerde tong

het stil-stil geleer by die verdwaalde Dorkasse van haar taal

& geluister hoe hulle woorde soos goeie saad in harte plant

soms met ’n gedig soos ’n verdwaalkoeël die kaalvoetman tref

alleen in die stofwolk van die groef en die steen in sy hart splyt 

ek moes leer om skerp te kyk my woorde te tel      & te swyg

 

nou is ek die Dorkas uit ’n tweede werpsel van apartheid

ek het die muilband gebreek elf duisend kilometer ver

weggehol bloeiend & loeiend & balkend & verskrik gekwes

gevaarlik soos ’n halfgeleerde Afrikaner met sterk verhale

van god verlate onder hierdie grouwit hemel moes ek leer

van die lang grys kaalvoetman se sterk medisyne

 

ubuntu het ek gevreet soos pille teen

die haak-en-steekbos van boikot agterdog

ubuntu het ek gesluk vir die vergeet van

die dorings en distels wat Fort Europa beskerm

wegkyk van my as verdagte Dorkas met ’n dunsooldroom

ubuntu was daardie lang grys man se onverdunde muti

vir stadig gesond word met motho ke motho ka batho*

 

Dorkas kom nou met goud & wierook & mirre uit die weste

ontydig laat & vertwyfeld met haar dankie sê vir sy alles weet

niks vergeet & tog vergeef want ubuntu hou haar staande teen

dié noorderlinge met hulle koel berekende bloed in die are

& Dorkas buk voor die man met sy deurleefde wysheid

onwaardig om hom te abba na die een of ander Nuwe Jerusalem

 

Enkele dankwoorde:

Dankie Alister Sparks, dat jy in die laaste maande van Mandela se lewe soveel respek vir hom gehad het, dat jy geweier het om op ‘n persfoto saam met hom te staan. Jou eerbied vir hom in sy verswakte toestand keer die beeld van hardvogtige joernaliste op sy kop. Jy is die “gentleman” van die Suid-Afrikaanse joernalistiek. Dit was ‘n voorreg om jou hier in Tilburg te ontmoet.

 

Net soos wat dit ’n voorreg was om die apartheidsfotograaf Alfred Khumalo jare gelede op ’n vlug tussen Kaapstad en Johannesburg te ontmoet. Die man wat foto’s van die wolke gemaak het, het vir my gevra waar kan hy my (tot op hede nog ongerealiseerde) digbundel koop. Dankie vir die inspirasie, meneer Khumalo – al is ook hierdie woorde van my te laat aan u gerig.

 

En dankie aartsbiskop Desmond Tutu wat in Den Haag by die onthulling van Mandela se standbeeld verlede jaar die volgende eenvoudige woorde kon voorbid: “We love you, God. Thank you, God.” Niks hieraan het verander nie. Bid vir ons land. Ons treurende mense. Ek is stil.        

Louis Jansen van Vuuren. November

Friday, November 29th, 2013

 

Dis ’n skok vir enige sisteem om uit die woestyn se hitte in die sneeu te beland – om soos blits gekookte aspersies in yswater gedompel te word omdat dit stellig die verleidelike vars kleur bewaar. Dit werk nie vir my Dubai-tan nie. Ek sluk eerder gedwee my Echinaforce-doepa teen dreigende griep en verkoue.

Klimaatsverandering is een ding, die innerlike sprong van warm na koud is ’n gouskat met ’n stomp stert. Daar in die Suide is November die voorspel tot die somer.  Mens loop oor skulpe saam met jou beminde en droom van die eerste kreef uit Weskuswater. Jy verken Platbos saam met jou dogter in die Overberg en raak verlief op die gevlekte stamme van die Witstinkhoutboom. En die wind.

 

 

Gedig vir die wind

 

Wind jy’t my besoek die dertigste November,

oosnoordoos die heelnag deur, die oggend weer

en nou nog steeds ’n ruk- en plukgevaarte

dwars-bemoerd, balsturig, ’n onvoorspelbare

kalant. As kind het ek jou reeds besweer

met ’n frivole naam – Don Juan van winde –

oossuidoos, ’n ligsinnige verfraaiing.

Nou’t jy jou gewreek sien ek, my witstinkhout

van twaalf jaar oud se rug gebreek, ’n splint

wat wit by sy verslane romp uitsteek,

die oergroot vy gesplyt en uitmekaar –

gekloof, ’n volle drag aan elke tak

Uit alles wat ’n mens moet mis bot kompensasie,

nou verlaat ek my op lesers vir wie ek elk

van my berooide bome weer oprig en bevolk,

die witstinkhout met witbontrokkies wat in sy top

hul verre naby viertoon fluit,  die vy met vye

uit die lug gehou soos in ’n kunswerk

van Magritte, kompakte groen nodules

onder lugbrûe van verdriet. Vir elke oog wat kan verbeel

staan hulle weer op uit wit papier met rus

in vrede, voëls en vrugte gegraveer.

En ek? ’n Windkei onder waaisand, ’n dreikanter,

geboen, gepok, geskuur, gegroef en ondergrawe,

geen rede tot reduksie van repliek,

beproef my na my werk, noordoos,

’n regte yardang skerpgepiek, niks minder

as ’n veld zastrugi hierdie reëls –

ek en myne, ons dra jou merk

maar in ons terme.

 

Marlene van Niekerk. Kaar. Human & Rousseau. 2013

 

Willy Verginer

 

Hier in die Noorde is Novembermaand die poort na ’n uitgestrekte winterlandskap waarin mens gereedmaak vir die koue en die donker. Dit word ’n periode van refleksie waartydens mens die verloopte jaar in oënskou neem.  November in die Noorde is handrem tyd. Briek aandraai-tyd. In die truspieëltjie verdwyn die jaar se kom en gaan… dis amper vakansietyd en Krismis knipoog grootoog uit Carrefour se glansbrosjure. My oog val onwillekeurig op die mylmeter. Ek besef dat ek my eie November betree.

 

’n brief van hulle vakansie

 

vir oubaas:

 

Noudat ek uitgeswel van lyf is, kan ek treur

oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,

die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my

op die knieë van hul Gij Here God lê;

 

noudat ek agter ’n baard kou kan huil

as hulle snags my naam fluister met die ruite

donker knippende oë in die wind, oor die visolie

vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak

 

In sy sestiger jaar swem my pa in Stilbaai se see

en stap myle vêr oor die sand met sy reguit bene

in ’n kortbroek en speel krieket op die duine

en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis

 

want hys ’n bokser dokter boer

’n kaptein en ’n held ’n indoena tussen grysaards –

En as die reën soos ’n gesluierde bruid oor die see kom

word die lieflinghond ( Trixie) lam;

 

drie dae veg die veearts en buig dan die knie

en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier

die plaas van hulle jong liefde en plant die saad

’n soenoffer in die diep grond se skoot

 

want nou is hulle minnaars

stil bome in die najaar met die wind

strelende drome in die takke

onder komete leeftye lang wêrelde

 

My ooms sterf soos kapok in die son

hartaanval beroerte kanker en tering

en my pa word stiller en meer verskriklik

van dop tot dop

 

Hier waar die harde winters en nat somers

my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor

die soet hart van my moeder

my pa se stil en bitter krag

 

Breyten Breytenbach. Die gewildste Afrikaanse gedigte. Human & Rousseau. 2013

 

Die hullabaloo oor watter variant-filosofie die postmodernistiese denke vervang is immer veranderend. Soos die sterrehemel in November. Alan Kirby het reeds in 2006 begin praat van pseudo-modernisme, daarna volg benamings soos participatism en post-millennialism. In 2010 gebruik kultuur-teoretici Robin van den Akker en Timotheus Vermeulen die term meta-modernisme. Hulle beskou hierdie bewussyn as iets wat verby moderne en postmoderne strategie beweeg. Hulle verwys na ’n ‘ informed naivety’, ‘pragmatic idealism’ en ‘ moderate fanaticism’ as reaksies op onder andere die klimaatsverandering , die finansiële krisis en politieke onstabiliteit.

“…another sensibility that negotiates between a yearning for universal truths and relativism, between desire for sense and a doubt about the sense of it all, between hope and melancholy, sincerity and irony, knowingness and naivety, construction and deconstruction.

The prefix ‘meta’ here refers not to some reflective stance or repeated rumination, but to Plat’s metaxy, which intends a movement between opposite poles as well as beyond.”

Kunstenaars, skrywers en skeppers wat glo metamodernisme weerspieël is rolprentmakers soos Michel Gondry en Wes Anderson, klank-kunstenaars soos CocoRosie en Devendra Banhart, die kunswerke van Peter Doig Paula Doepfiner, skrywers soos Haruki Murakami, Roberto Bolaño, David Foster Wallace en Jonathan Franzen.

 

CocoRosie

 

The end of time


This is the end of time
Lets all hug and say goodbye
This is the end of time
We are all heavenward and weary

The babes
The Guns
The waste
The punks
I don’t need no human friends
The cars
The wars
The shopping malls
I can leave you all behind
And I will chase my brother’s shadow
Leave my own hung in the closet
The stars that I could hardly see
I know you’re looking down at me

And Jesus by the way dear lord
You always protected me
From fathers harm, his wicked laugh
It echoes through the canyon
The earth will spit us out one day
Like broken angels cast away
Lets just hug and say goodbye
We are all heavenwards and weary

This is the end of time
Lets all hug and say goodbye
This is the end of time
We are all heavenward and weary

But love will come into our hearts
On that final day where life
Meets us at the edge of time
This will not be televised
The televisions all have died
Filled with water-cyanide
Angels, winged ones will survive
We are all blind smoke in our eyes
So lets just hug and say goodbye
We are all heavenwards and weary

This is the end of time
Lets all hug and say goodbye
This is the end of time
We are all heavenward and weary

CocoRosie.Tales of a GrassWidow. City Slang.2013

Vir die laaste paar jaar lyk dit asof Quentin Meillassoux se Speculative Realism die etiket vir ’n nuwe filosofies hoofstroom-denke word. Hoe dit ook al sy, almal is dit eens dat post-modernisme se doppie geklap het en dat opkomende tegnologie die aard van die skrywer, die leser en die teks onherroeplik verander het en dat gevoelentheid ook aangepas word.   As mens vandag na die kulturele markplek kyk, die boeke lees, na 21ste eeuse rolprente en Televisieprogramme kyk, na die nuutste musiek luister, is die spore van Derrida, Foucault en Baudrillard so te sê onsigbaar. Die visier is elders gerig – wat mik na ’n soort kritiese realisme wat aandag skenk aan ’n eietydse kulturele produksie. Die rolspelers bel, klik, druk, surf/verken, laai af, delete/skrap, like en verkas. Hulle share, connect, scroll, follow en tweet.

  

Moderne liefde

 

Jy was my attachment

Wis nie jy dra ’n virus

en nou maande na die tyd

is ek siek van verlang, onthou,

verlang, onthou

omdat my Norton nie jou

spesifiek gekodeerde boodskap kon uitwis.

 

Dus, nou is alles besmet.

My files van onthou. Ons liefde saam.

Jou hartstog soos ’n vlietende e-pos.

 

Iewers glo – lank na delete gedruk is – bly

’n boodskap, ’n hiëroglief, bestaan.

Ek sal jou nooit nie nooit onthou nie.

Ek sal jou nooit nie nooit vertrou nie.

Weg na die recue files is jy.

Vir eendag, miskien eendag

as liefde argeologies gesproke

 

weer moontlik of uitvoerbaar is.

 

Joan Hambidge. Kladboek. Protea Boekhuis.2008

  

Meillassoux se denkpatroon dwing ons om aan die wêreld te dink voordat daar mens was… en om te kyk na die toestand waarin ons wêreld homself nou bevind. Daar bestaan ’n bewustheid van ’n tweeledige ‘landskap’ – pre-apokaliptiese en post-apokaliptiese. Die aweregse  nostalgie is ’n verlange na ongeskondenheid…. maar met ’n vretende vrees dat dit dalk te laat is vir die mens en die aarde om te herstel van sy eie siellose hardhandigheid. ( Die gevoel is so intens dat Jonathan Franzen in The Kraus Project (2013) die internet wil afskryf en ’n voor-digitale lewe herroep.)

 

Op 1 November word Toussaint in Frankryk en Dia de los muertos in Mexiko gevier. Ander vier die eerste November as dié dag waarop miljoene monargvlinders, klokslag, na die dennewoude in die Mexikaanse berge vlieg. Daar word geglo dat dit die siele van afgestorwenes is wat op die dag terugkeer.

Hierdie jaar, vir die eerste keer in geskiedenis, het die vlinders nie gekom nie. Nié op die eerste November nie. ’n Paar handjies vol het ’n week later drupsgewys verbygekom. In verbysterende lae getalle. Verlede jaar se verdrietige sestig miljoen lyk nou weelderig in vergelyking met die ontstellende drie miljoen wat sovêr die maand verbygekom het. Soortgelyke probleme bedreig ander insekspesies. Die lot van die bye gemeenskap is ewe benard…

 

Heart of the Monarch

 

Lesser fritillaries or crescents might

have lost their  tribe in the Piedmont,

or some wayward zone, sailing northward like

tiny spinnakers over upper-austral regions

 

of deciduous hickory and gum

but near where flat coastal plains

verge westward across forests, overcome

by spring, the African-winged, black-veined

 

monarchs revive across the temperate

Mayish sky. Assembling each late noon

for sleep, the young bachelor males alight

in unison, the flash and dazzle of venation

 

klatched near a pond’s muddy crevasse.

This puddle club of monarchs, weary and peaceful,

dozes – unappetizing to the thrasher,

the rough-winged swallow, or the needle –

 

billed hummingbird – abdomens chock-full

of milkweed, foul-tasting to hungry fowl.

So this sleeping assembly, fearless, roosts till

Morning, when the herd ascends, their spiracles

 

Yawing as they make their way, steadfast.

Out of vivariums, out of seclusion

from under stones and turfy grass, the half-

grown caterpillar emerges; out of unsewn

mats of silk; out of wintery lethargy,

the hibernating chrysalis unruffles

its royal self, its larval life a wee

memory; out of the land of Nod, adults

 

begin their lazy, deliberate flights

( the conspicuous monarchs, mind you, not

the miniature, mimicking viceroy!)

these flower-eating kings, farsighted,

 

as the make their way across the psalm of America

toward Milwaukee and Manitoba.

There’s nothing to fear. They’re on their way.

 

Henri Cole. Pierce the skin. Farrar Straus Giroux. 2010

 

 

In die maand van November skitter Venus na sononder op haar helderste. Later in die aand maak Jupiter blink, maar na middernag is dit Mars wat die hemeltrans verlig.

 

hondster

 

As die winter ovaal maak in die noorde

skuif die hond oor die Melkweg op

verby dubbel-sterre en ‘n donker gat

 

As die somer ovaal maak in die suide

skuif Procyon verby ’n supernova

met ‘n witdwerg as behoeder

 

As die tye drie-ster in die hemel

skuif Betelgeuse uit sy goddelike oksel

en vergloed die nag en hemeltrans

 

Maar as die lente nuutmaak in ons wese

skop ons nes op Lemoenkop se hange

met bloulelie en boegoe in die sterrereën

 

           ek sing vir jou, my sater, van die lotusblom se skyn

           van fonteinbosbotsels  en die gloed van heuningtee:

            padparadascha

           padparadascha

 

Louis Jansen van Vuuren. 2013

 

Adrienne Rich

 

Friend,

by Jean Valentine

 

You came in a dream, yesterday

–The first day we met

you showed me your dark workroom

off the kitchen, your books, your notebooks.

 

Reading our last, knowing-last letters

–the years of our friendship

reading our poems to each other,

I would start breathing again.

 

Yesterday, in the afternoon,

more than a year since you died,

some words came into the air.

I looked away a second,

and they were gone,

six lines, just passing through.

 

for Adrienne Rich

2013

Karen Kuhn. Binne Afwesigheid

Monday, November 18th, 2013

Op 26 Januarie besoek ek en my pa die dorpie Oświęcim (Auschwitz) in die suide van Pole, waar ons na Auschwitz I en Auschwitz-Birkenau konsentrasiekampe toe gaan. Presies ’n dag voor die kampe op 27 Januarie 1945, 68 jaar later bevry is.

 

Ongeveer 1.1 miljoen mense het in hierdie twee kampe gesterf, hetsy in die gaskamers, van hongerte, siektes, koue, marteling of mediese eksperimente.

Maar na al die films, boeke, dokumentêre en maande in Pole, is daar niks wat ’n mens kan voorberei op dié besoek nie.

 

Met die temperatuur wat gedaal het tot -19 grade was dit ietwat warmer as die winter van 1945.

 

Die besef van die afwesigheid van warmte

Magdalena Klein, gebore in 1920 was die jongste kind van ’n Joodse familie van Noordwes Roemenië. Saam met haar familie is sy met geweld verwyder na ’n Joodse ghetto in Oradea, Roemenië en is later na Auschwitz-Birkenau gedeporteer.

Die besef van die afwesigheid van veiligheid

Pearls and Lace is ’n bundel wat saamgestel is uit ’n keur verse uit Klein se dagboek en vertaal is uit Hongaars deur haar niggie Susan Simpson Geroe.

 

It’s Springtime

 

It’s a sad, cloudy day.

It’s snowing, since it’s still March.

Perhaps tomorrow the sun will shine

And the children’s snow balling will be divine.

 

And trees will put on lovely jewels,

Nature will make everything bloom.

We will enjoy summer again,

All will be joy, no sadness will remain.

 

We will walk in the fields, among flowers,

We will lie on the grass, behind wheat stalks,

We will greet everything with an innocent smile,

It’s spring again; once again it’s springtime!

Die besef van die afwesigheid van lig

 

Die gedigte lewer getuienis van die sterk paradoks tussen die koue realiteit van haar omstandighede en haar jeugdige liefde vir die lewe.

 

A Little Bird

 

A little bird

Perches on a branch.

A beautiful, golden-feathered

Little bird.

 

Her eyelids

Are closed in sleep.

She may have beautiful dreams,

Perhaps.

 

How wonderful to be

A little bird,

To wake up

And fly away.

 

Die besef van die afwesigheid van vryheid

Klein se familie sterf in Birkenau. “I always Knew” is een van ’n reeks verse wat sy vir haar oorlede moeder skryf:

I Always Knew

 

I always knew how much I loved you,

That I could never leave you behind.

My body may be a worthless worm,

But my soul from yours will never be torn.

 

Years were passing and the horrible curse came true.

They locked us millions in cattle cars,

And even to you, so faithful to the Almighty,

The murderers denied immunity.

 

I couldn’t do for you a thing.

Watching you my eyes were weeping.

I wanted to follow you everywhere – even

At the price of my life, I thought then.

 

But on a horrible night, as our train

Slowed down and stopped in the open plain,

They stole you from me, my only treasure.

And yet, I could continue on further.

When the snow fell, I worried about you only,

You were by my side at every step.

When I got tired, you led me ahead,

You stroked me, you held my hand.

 

This is how I survived the dreadfully big struggle

And I returned to the old abode.

Since then I always search to find you, to reunite,

I expect you morning, noon, and night.

 

I always knew how much I loved you.

My soul has never left you, followed you even then.

And down here, lifelessly, I play a farce – I mime,

This world is no longer mine.

 

Die besef van die afwesigheid van liefde

 

Klein het die gebeure oorleef, maar egter nie haar verlies nie. Sy raak na die oorlog al hoe meer ’n kluisenaar en sterf in Junie 1946 aan ’n oordosis medikasie.

’n Oorweldigende besef wat jou na die tyd bybly, jou jaag, by jou spook en jou aanhou herinner:

Die besef van die noodsaaklikheid

van digkuns

en bo alles die aanwesigheid van Menslikheid.

 

Bibliografie:

Klein, M. & Geroe, S.S. 1996. Pearls and Lace. Santa Barbara, Calif: Fithian Press.

Leon Retief. Gedugte geoloë en gedigte Geologie

Monday, November 11th, 2013

 

Op die kruin van die Sunwapta-pas in die Rockies:

 my vrou Lesli kyk terug na die pad wat ons so pas gery het.

 

Gedugte geoloë en gedigte Geologie

 

 We find no vestige of a beginning – no prospect of an end. James Hutton (1726-1997)

 

The Geology of Norway

 

I have wanted there to be

no story. I have wanted

only facts. At any given point in time

there cannot be a story: time

except as now, does not exist.

A given point in space

is the compression of desire. The difference

between this point and some place else

is a matter of degree.

This is what compression is: a geologic epoch

rendered to a slice of rock you hold between

your finger and your thumb.

That is a fact.

Stories are merely theories. Theories

are dreams.

A dream is a carving knife

and the scar it opens in the world

is history.

The process of compression gives off thought.

I have wanted

the geology of light.

 

They tell me despair is a sin.

I believe them.

The hand moving is the hand thinking,

and despair says the body does not exist.

 Something to do with bellies and fingers

Pressing gut to ebony,

thumbs on keys. Even the hand

writing is the hand thinking. I wanted

speech like diamond because I knew

that music meant too much.

 

And the fact is, the earth is not a perfect sphere.

And the fact is, it is half-liquid.

And the fact is there are gravitational anomalies. The continents

congeal, and crack, and float like scum on cooling custard.

And the fact is,

the fact is,

and you might think the fact is

we will never get to the bottom of it,

but you would be wrong.

There is a solid inner core,

fifteen hundred miles across, iron alloy,

the pressure on each square inch of its heart

is nearly thirty thousand tons.

That’s what I wanted:

words made of that: language

that could bend light.

 

Evil is not darkness,

it is noise. It crowds out possibility,

which is to say

it crowds out silence.

History is full of it, it says

that no one listens.

 

The sound of wind in leaves,

that was what puzzled me, it took me years

to understand that it was music.

Into silence, a gesture.

A sentence: that it speaks.

This is the mystery: meaning.

Not that these folds of rock exist

but that their beauty, here,

now, nails us to the sky.

 

The afternoon blue light in the fjord.

Did I tell you

I can understand the villagers?

Being, I have come to think,

is music; or perhaps

it’s silence. I cannot say.

Love, I’m pretty sure,

is light.

                You know, it isn’t

what I came for, this bewilderment

by beauty. I came

to find a word, the perfect

syllable, to make it reach up,

grab meaning by the throat

and squeeze it till it spoke to me.

How else to anchor

memory? I wanted language

to hold me still, to be a rock,

I wanted to become a rock myself. I thought

if I could find, and say,

the perfect word, I’d nail

mind to the world, and find

release.

The hand moving is the hand thinking:

what I didn’t know: even the continents

have no place but earth.

 

These mountains: once higher

than the Himalayas. Formed in the pucker

of a supercontinental kiss, when Europe

floated south of the equator

and you could hike from Norway

down through Greenland to the peaks

of Appalachia. Before Iceland existed.

Before the Mediterranean

evaporated. Before it filled again.

Before the Rockies were dreamt of

And before these mountains,

The rocks raised in them

chewed by ice that snowed from water

in which no fish had swum. And before that ice,

the almost speechless stretch of the Precambrian:

two billion years, the planet

swathed in air that had no oxygen, the Baltic Shield

older, they think, than life.

 

So I was wrong.

This doesn’t mean

that meaning is a bluff.

History, that’s what

confuses us. Time

is not linear, but it’s real.

The rock beneath us drifts,

And will, until the slow cacophony of magma

cools and locks the continents in place.

Then weather, light,

and gravity

will be the only things that move.

 

And will they understand?

Will they have a name for us? – Those

perfect changeless plains,

those deserts,

the beach that was this mountain,

and the tide that rolls for miles across

its vacant slope.

 

         Jan Zwicky

 

Wanneer mens sekere wêrelddele besoek, en in Kanada veral veral Nova Scotia, die Rockies en Newfoundland kan mens nie help om te wonder oor die geologiese agtergrond van die tonele wat mens gadeslaan nie. Waarom lyk die landskappe soos hulle lyk? En as mens die vraag geografies verder voer: waarom lyk die oppervlak van die aardbol soos dit lyk? Waarom word sommige verwante gesteentes duisende kilometer uitmekaar aangetref? Wanneer mens dieper begin delf, nie net in die geologie op sig self nie maar ook in die geskiedenis van hoe ons tans weet wat ons weet dan kom mens af op ‘n fassinerende maar grootliks onbekende stukkie geskiedenis van die natuurwetenskappe, geskiedenis van dinge wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar maar wat destyds die onderwerp van hewige meningsverskil was.

 

Fjord in die Gros Morne National Park in Newfoundland.

Drie mense het ‘n reuse-bydrae gelewer op die gebiede van biogeografie en geologie: hulle het die fondament gelê vir een van die belangrikste begrippe in geologie, fundamenteel tot hierdie vakgebied en ons verstaan van die planeet waarop ons leef:  plaattektonika, oftewel sogenaamde kontinentale dryf. Die eerste was Alfred Russel Wallace, net een “l” in sy tweede naam as gevolg van ‘n spelfout toe sy geboorte geregistreer is. Meeste lesers van Versindaba is seker bewus  van sy bydrae tot die ontstaan van die evolusieteorie maar hy het ook op ‘n ander gebied diep spore getrap, te wete biogeografie, ‘n vakgebied wat nie net van integrale belang is vir die studie van evolusie nie maar wat ook jare na sy dood sterk bevestiging gelewer het vir plaattektonika.

Alfred Russel Wallace (1823-1913)

Wallace se naam leef vandag voort in ‘n denkbeeldige lyn wat Indonesië naastenby in die helfte verdeel. Eilande aan die weste van hierdie lyn sluit in Sumatra, Borneo, Java en Bali, aan die ooste lê onder andere Lombok, Sulawesi en Timor. Daar is sedertdien ook twee ander lyne in daardie gebied getrek maar dis nie nou nodig om daaroor uit te wei nie.

Die Wallace Lyn

Tydens sy omswerwinge het Wallace opgemerk dat die dierelewe in die eilande van die westelike deel van die argipel ooreenstem met die fauna in kontinentale Asië terwyl die eilande aan die oostekant weer diere het soos wat in Australië aangetref word. Die skeidslyn tussen hierdie twee groepe fauna is later na Wallace vernoem. Wat hom veral getref het was dat sommige van die eilande met ooreenstemmende dierelewe  ver van mekaar geleë was terwyl ander wat weer naby aan mekaar was geheel en al verskillende spesies bevat het. Dit was veral opmerklik in die eilande Bali en Lombok wat deur slegs 35 kilometer seewater geskei word. Sy bevindings is op 3 November 1859 in sy afwesigheid aan die Linnean Society voorgedra, sewentien maande na Darwin se voordrag oor evolusie. Terwyl hy nie ‘n duidelike verklaring vir hierdie verskynsel kon gee nie het hy wel gespekuleer: “Facts such as these can only be explained by a bold acceptance of vast changes in the surface of the earth”, en hy praat ook van ‘n “great Pacific continent (which) probably existed at a much earlier period.”

Dit het meer as ‘n eeu geneem voordat daar ‘n verklaring vir Wallace se lyn gevind is. Ek dink dat hy baie in sy noppies sou wees as hy kon weet watter noue ooreenstemming daar is tussen die lyn wat hy getrek het en die grense van die tektoniese plate soos later vasgestel. Eone gelede was die gebiede waar Wallace sy ekspedisies onderneem het se posisies heeltemal anders as vandag en kon diere vrylik migreer omdat sommige van die betrokke eilande deur landbrue verbind was. Daar was egter geen sodanige brue tussen die plate self nie. Met verloop van tyd het die bewegings wat deur die plate veroorsaak is tot gevolg gehad dat die eilande nader aan mekaar beweeg het om uiteindelik in die posisies te lande te kom waar ons hulle vandag vind.

Wallace was egter nie die eerste wat gewonder het oor “vast changes” nie. Francis Bacon het al in 1620 geskryf oor hoe die vastelande “pas” en die Comte de Buffon het in 1778 ook oor hierdie verskynsel gespekuleer. ‘n Jaar voor Wallace se voordrag het die Fransman Antonio Snider-Pellegrini  ook vermoed dat die kontinente eens op ‘n tyd saamgevoeg was in ‘n superkontinent wat hy Pangea genoem het, na die Grieks vir “totaal” en “Gaia’ vir moeder aarde. Wikipedia se stelling dat hierdie woord eers in 1927 geskep is tydens ‘n kongres waar Wegener se teorie bespreek is (meer oor hom en sy teorie later) is verkeerd. Dit was in elke geval nie rocket science om te sien dat die buitelyne van sommige kontinente pas nie en met verloop van tyd is uitgewerk hoe Pangea destyds daar uitgesien het. 

Pangea

Wallace se spekulasies ten spyt was die algemeen aanvaarde opinie destyds dat kontinente slegs in vaste vorms bestaan en dat hul morfologie alleen verander wanneer dele van vastelande of eilande onder die oppervlak van die see verdwyn of weer bo seevlak verskyn. Die eerste persone wat met meer as net spekulasies te voorskyn gekom het was Alfred Wegener en Alexander du Toit.

Alfred Lothar Wegener (1880-1930)

Alfred Wegener was ‘n weerkundige. Dat hy geen formele opleiding in geologie gehad het nie het heelwat weerstand uit geologiese geledere tot gevolg gehad maar ek vermoed dat die kopskuif om te kan aanvaar dat kontinente in werklikheid van posisie kan verander vir baie geoloë nie maklik was nie. Hy het opgemerk dat daar besliste diskontnuïteite bestaan (wat ek nie verder gaan bespreek nie) in die fossielrekords wat in verskillende kontinente aangetref word. Verdere oorweging sowel as sekere geologiese waarnemings het hom laat besluit dat hierdie probleem elegant opgelos kan word as die kontinente in die jaar toet as een groot superkontinent saamgevoeg was.

In 1915 publiseer hy “Der Entstehung der Kontinente und Ozeane”, oftewel, “Die Ontstaan van Kontinente en Oseane” waarin hy postuleer dat kontinente in die verre verlede met mekaar in kontak was as een groot vasteland. Die boek het fel kritiek ontlok, meestal omdat Wegener nie ‘n meganisme kon voorstel wat die verskuiwing van die vastelande kon verklaar nie. Hierdie kritiek het hom skynbaar nie veel gepla nie. Volgens wat ek oor Wegener kon uitvind was hy ‘n besonder aangename persoon en hy het maar net doodluiters voortgegaan met sy weerkundige navorsing. In 1930 was hy deel van ‘n ekspedisie in Groenland en op 1 November het hy en sy metgesel Rasmus Villumsen ‘n reis vanaf die binneland na die kus aangepak. Nie een van die twee is weer lewend gesien nie. In Mei die volgende jaar is ‘n ekspedisie gestuur om na hul lyke te soek. Wegener se liggaam is in ‘n tent gevind waar hy in sy slaapsak lê, waarskynlik is hy in sy slaap dood as gevolg van ‘n hartaanval. Villumsen, so word gedink, het op sy eie die kus probeer bereik maar hy is ook iewers dood en sy lyk is nooit gevind nie. Wegener se liggaam kon nie afgevoer word nie en die ekspedisie het ‘n kruis opgerig langs sy lyk, op die gletser waar hy gesterf het. Iewers in die 1950’s het nog ‘n ekspedisie weer daar verby gereis. Die gletser het teen daardie tyd alreeds verder beweeg, die kruis en Wegener se liggaam was nie meer te sien nie.

 

Alexander Logie du Toit (1878-1948)

 

 Alexander du Toit, ‘n Suid-Afrikaanse geoloog, het Wegener se teorie entoesiasties ondersteun in “Our Wandering Continents” wat in 1937 gepubliseer is. Anders as Wegener was hy bereid om in polemieke betrokke te raak en hy en die beroemde paleontoloog George Gaylord Simpson het hewige meningsverskille in wetenskaplike joernale gehad. Ten spyte van Wegener en du Toit se pogings is die teorie egter nie algemeen aanvaar nie alhoewel dit tog ‘n betekenisvolle groepie ondersteuners gehad het.

Die bevestiging van Wallace, Wegener en du Toit se werk het uit ‘n onverwagte oord gekom. Keith Runcorn (1922-1995) was ‘n geofisikus met ‘n belangstelling in geomagnetisme en wat graag wou weet of die aarde se magnetiese veld met verloop van tyd verander het. Dit was reeds bekend dat gesmelte rotse (basalt, die produk van vulkaniese aktiwiteit) tydens die proses van afkoeling die polariteit en rigting van die heersende magnetiese veld, dit wil sê van die aarde, tydens die afkoelingsproses aanneem. Hierdie verskynsel staan bekend as remanente magnetisme. Interessant genoeg was dit Pierre Curie, Marie se eggenoot, wat hierdie verskynsel beskryf het en die temperatuur waarby rotse (of enige ander geskikte materiaal) die karaktertrekke van die omringende magnetiese veld aanneem staan bekend as Curie punt of Curie temperatuur.

Runcorn en sy medewerkers het in 1954 hierdie paleomagnetisme bestudeer, onder andere met behulp van ‘n sfeer bestaande uit 18,7 kilogram suiwer goud (wat deur ‘n baie skeptiese Koninklike Britse Munt aan hulle geleen is) en verskeie gesteentes in Engeland ondersoek. Hulle het gevind dat daar inderdaad betekenisvolle variasies was in die magnetisme van rotse in verskillende geologiese eras en dat daar slegs een van twee verklarings kon wees: óf die aarde se magnetiese pole het met verloop van tyd van posisie verander óf die kontinente self het verskuif.

As die magnetiese pole inderdaad sou verskuif het sou dit een stel bevindings gelewer het, as die vastelande wel van posisie verander het sou geheel en ander data gevolg het. Die paleomagnetisme van ander kontinente is ondersoek en dit het ondubbelsinnig getoon dat ja, die kontinente HET bleddiewil beweeg!

Die volgende ooglopende vraag was: hoe op aarde kon die kontinente verskuif het? Watter meganisme was hiervoor verantwoordelik? Al manier waarop dit kon gebeur sou wees as die seebodem uitsprei, maar empiriese gegewens was nie beskikbaar nie.

Ron Mason van Caltech is die persoon wat die antwoord gevind het. Hy was bewus van geklassifiseerde inligting wat tot die beskikking was van die VSA se vloot – navorsing oor ondersese magnetisme wat die vloot wou gebruik om aan hul duikbote skuilplekke te verskaf. Hoe op aarde hy dit reggekry het weet ek nie, maar hy het daarin geslaag om aan te sluit by Project Magnet soos die vloot dit genoem het. Hulle het ingestem dat ‘n skip van die Kuswag, die Pioneer, Mason se magnetometer agteraan die skip sleep terwyl dit waarnemings doen.

Die Pioneer het sy opnames begin in die Noord-Atlantiese Oseaan, naby Vancouver Eiland in Kanada. Vir maande het die skippie heen en weer gevaar teen ‘n konstante vyf knope per uur en die resultate, daar en elders, was onbetwisbaar: die seebodem was besig om stadig uit t sprei, soos ‘n laken wat tussen twee aaneenpassende matrasse ingedruk is en stadig uiteen getrek word. Uiteindelik was daar ‘n antwoord vir Wallace se waarnemings, vir Wegener en du Toit se teorie.

Groot ondersese riwwe is besig om magma na die seebodem se oppervlak te stoot en dit veroorsaak dat sommige kontinente weg van mekaar beweeg en in ander gevalle weer nader aan mekaar. Dit gebeur natuurlik nie net onder die see nie maar ook op vastelande, die Rockies en die Himalayas is voorbeelde van kontinentale plate wat teen mekaar vasgedruk word en berge tot gevolg het. Dit was vir my nogal iets besonders om op Signal Hill in St. John’s, Newfoundland te staan en te weet dat hierdie rotse onder my voete eens op ‘n tyd deel was van gesteentes wat tans in Marokko aangetref word.

Sedertdien is die grense van die verskillende plate gekarteer .

Kontinentale plate

Die volgende paar verse is deur Don Mckay wat in 2007 die Griffin Poësieprys gewen het vir sy bundel Strike/Slip waaruit ek ‘n paar gedigte gaan plaas, maar eers sy voordrag by ‘n poësie voorlesing uit hierdie bundel:

http://www.youtube.com/watch?v=8XquE0jlUtU

Oor die term strike/slip, ek gaan dit maar verduidelik in die taal van die veroweraar (soos Engels in my prille jeug aan my beskryf is deur ‘n stok-horing ou omie wat in sy eie prille jeug aan die Anglo-Boere-oorlog deelgeneem het) want ek weet nie wat die Afrikaanse woorde is nie, indien dit bestaan: “ a strike/slip fault (in contrast to a thrust fault) is a high-angle fault along which rocks on one side move horizontally in relation to rocks on the other side with a shearing motion. Examples are the famous San Andreas Fault… the Great Glen Fault in Scotland and the Creek-Leach River Fault on Southern Vancouver Island.” Bogenoemde kom uit die notas wat Mckay hulpvaardig agter in sy bundel verskaf.

Resensente van Mckay se bundel skryf onder andere: “(he) walks us out to the uncertain ground between the known and the unknown, between names we have given things and things as they are… “ en” He walks the strike/slip fault between poetry and landscape, sticks its strange nose into the cols silence of geologic time, meditates on marble, quartz, and gneiss… “

 

DEVONIAN

 

Then someone says “four hundred million years” and the words

tap dance with their canes and boaters through

the spotlight right across the stage unspooling out the

stage door down the alley through the dark

depopulated avenues (for everyone is at the theatre) toward

the outskirts where our backyards bleed off into

motel

               rentall

                                stripmall

                                                       U-haul past willowscruff, past ancient

rusting mercuries along the lovers’ lanes the coyotes lure

our family pets down all those creekbanks where we

always did whatever anyway and left our bodies

blurring into brush the words slur into is it sand or

is it snow that blows its messages across

the highway through the headlight beam the dried-up

memories of water how the waves were how

the light that fell so softly through the depths was

intercepted by the lobe-finned fishes flickering among the

members of the audience still staring at the empty stage – four

hundred million years, yes, that’s a long

long time ago.

 

QUARTZ CRYSTAL

 

It rests among the other stones on my desk – small chunks of

granite, wafers of schist and slate – but it has clearly arrived

from another dimension. While the others call, in the various

dialects of gravity, to my fingers, the quartz crystal is poised to

take off and return to its native aether. Some act of pure atten-

tion – Bach’s D Minor concerto for instance – was hit by a

sudden cold snap and fell, like hail, into the present. Here it

lives in exile, a bit of locked Pythagorean air amid the pleasant

clutter of my study: simple, naked, perilously perfect.

 

Just the same, I can pick it up, I can number its faces, I can

hold its slim hexagonal columns in my fingers like empty

pencils. Who do I think I am, with my little dish of stones, my

ballpoint pen, my shelf of books full of notions, that I should

own this specimen of earth’s own artifice, this form before

mind or math, its axes reaching back to the Proterozoic, its

transparence the Zen before all Zen? It becomes clear that I

must destroy my watch, that false professor of time and free

its tiny slave. No problem – a few taps with a piece of Leech

River schist and the deed is done. But more is required. What?

Off with my clothes; how else but naked should we approach

the first of symmetries? Still insufficient, I can tell, although I

can also feel waves of dismay radiating from my reference

books, their mute embarrassments on my behalf. It is just the

sort of thing they feared might happen when the first stones

moved into the neighbourhood.

 

What next? Unfortunately, it appears I must set aside my

fingers and thumbs, those tricky manipulators who have so

busily converted rock to stone, who perpetrated the pyramids

and silicon valley: go clasp yourselves in the dark until you

learn to sit still and attend. More?

 

                          I give up baseball, with its derivative threes

                          and dreams of diamond.

                          I foreswear the elegant pairs and numbered runs

                          of minuet and cribbage.

                          I renounce the fugue. Dialectic,

                          I bid you adieu. And you,

                          my little poems, don’t imagine I can’t hear you

                          plotting under your covers, hoping to avoid

                          your imminent depublication.

 

While the crystal floats like a lotus on my palm, bending the

light from a dying star to dance upon my coffee cup this

fine bright Cenozoic morning.

 

‘n Varve (ek weet nie wat die Afrikaans is nie) is die jaarlikse neerlegging van sediment in gesteentes soos byvoorbeeld sandsteen.

 

VARVES

 

As I approach the high sandstone cliff with its stacked, individual,

terribly numerable varves, I think of George from group,

who was unable either to stop collecting newspapers or to

throw them out. He would describe – not without some pride,

or at least amazement at his own extremity – how his basement,

then living room, then bedroom had over the years

become filled in with stacks of the Globe and Mail, the Sun, and

the Glengarry News, all layered sequentially, until he was

reduced to living in the middle parts of his hallway and kitchen, his

life all but occluded by sedimented public time. Unlike George’s

collection (which of course I saw only in my mind’s eye), the

cliff’s is open to the eroding elements, so that bits have fallen

off to form a talus slope of flat, waferlike platelets at its base.

This one in my hand has been clearly imprinted by a leaf –

simple, lanceolate, probably an ancestor of our ash or elder.

Published but vestigial, gone like an anonymous oriental poet,

its image still floating on the coarse grains of summer.

           On the flip side, winter. Under the eyelid of the ice. How

often I thought of writing you, but the pen hung over the page.

All the details on the desk too shy to be inscribed. To settle, to

hesitate exquisitely, at last to lie, zero among zeroes. Much listening

then, but no audience. Rhetoric elsewhere. Language

itself has long since backed out of the room on tiptoe.

 

          Sometimes we believe that we must diagnose the perils of

the winter varve, and so do our talk-show hosts and shrinks,

who number its shades and phases as though it were pregnancy

renversé, with suicide at the end instead of a baby. As though

death were really death. As though the unspoken were failure.

Having misread even the newspapers. Having been deaf to the

music of the beech leaves, who will cling to their branches until

spring, their copper fading to transparency, making a faint

metallic clatter.

 

GNEISS

On the Isle of Lewis, be sure to stop at Callanish and spend some time

at the circle of standing stones erected by our neolithic ancestors.

          Touring Scotland by Automobile

 

There is not much raw rock in that sentence, with its persuasive

sibilants, not much scarp or grunt to remember the penalties

paid – the load of it, the drag, the strained backs, smashed

hands, and other proto-industrial injuries. It was not so long

before this, not one whole afternoon as measured in the life-

times of those upright slabs, that our ancestors had themselves

achieved the perpendicular. Now they required that some of the

rocks that comprised their island should stand up with them

against the levelling wind and eroding rain. And further, that

they should form lines leading to the most common and

hopeful of human signs – the circle of connection, of return.

They insisted that rock be stone.

 

           From across the heath it appears – and perhaps this testifies

to the brilliance of our ancestors as landscape artists – that

the amiable rocks have taken this on themselves, getting up as

you or I might do, as a sign of respect. By presenting themselves

in a rough circle they are simply performing a courtesy,

 like ships flying the flag of a country they are passing though.

They arrange themselves into an image of the eternity we

crave rather that the brute infinity we fear.

 

            But close up it is more likely to be the commotion of stress

lines swirling within each slab that clutches at the heart – each

stone a pent rage, an agon. None of the uniform grey of limestone,

that prehistoric version of ready-mix concrete, in which

each laid-down layer adds to the accumulated weight that

homogenizes its predecessors. Think instead of Münch’s The

Scream with its contour lines of terror; then subtract the face.

Or you could turn on the weather channel to observe those

irresponsible isobars scrawling across the planet. Imagine our

Ancestors tracing these surfaces, whorled fingertips to gnarled

rock, reading the earth-energy they had levered into the air.

They had locked the fury into the fugue and the car crash into

the high-school prom. They engineered this dangerous dance.

Better stop here. Better spend some time.

 

 

Leon Retief. Die Griffin toekennings vir poësie

Thursday, November 7th, 2013

 Die Griffin poësieprys is na die beste van my wete een van die grootste ter wêreld wat net vir die digkuns bestem is. Hierdie prys is in 2000 in die lewe geroep deur die Kanadese sakeman Scott Griffin en word jaarliks toegeken aan een Kanadese digter en een digter van enige land ter wêreld (Kanada ingesluit) wat in Engels dig. Die bekroonde bundels moet in Engels wees. Die prysgeld word as volg toegeken: $10 000 aan elk van die sewe wat op die kortlys verskyn (vier internasionale digters en drie uit Kanada) en dan $65 000 aan elk van die twee finale pryswenners. Dit beteken dat elke pryswenner dan $75 000 in sy sak steek. Gesien die feit dat die mediane inkomste vir ‘n Kanadese gesin (gesin, nie enkeling nie) verlede jaar $76 000 beloop het is dit beslis ‘n stywe bedraggie. Toe ek laas gekyk het was een Kanadese dollar sowat R9,50 werd. Mens kan ook aflei dat daar nie broodgebrek in die Griffin-huishouding bestaan nie.

Vir diegene wat belangstel: slegs uitgewers mag ‘n boek voorlê en dit moet ‘n eerste uitgawe wees, oftewel, dit mag nie voorheen in enige land ter wêreld gepubliseer wees nie. Vertalings word ook in ag geneem en in daardie geval word die prys 60-40 tussen vertaler en digter gedeel.

Die trustees is Griffin self, Margaret Atwood, Carolyn Forché, Robert Hass, Michael Ondaatje, Robin Robertson en David Young.

Die pryswenners vir 2013 is Fady Joudah vir sy vertaling like a Straw Bird it Follows Me and  Other Poems, ‘n vertaling uit Arabies van die Palestynse digter Ghassan Zaqtan se werke en David Mcfadden se What’s the Score?

Joudah, digter en vertaler, is ‘n dokter in Houston en Mcfadden van Toronto het in 1958 sy eerste bundel gepubliseer. Ek kon nie gedigte opspoor uit die bundels wat die pryswenners was nie en daar is ook maar baie min van hul gedigte op die internet te kry maar hier is een voorbeeld van elkeen se werk.

Mimesis

Fady Joudah

 

My daughter

                        wouldn’t hurt a spider

That had nested

Between her bicycle handles

For two weeks

She waited

Until it left of its own accord

 

If you tear down the web I said

It will simply know

This isn’t a place to call home

And you’d get to go biking

 

She said that’s how others

Become refugees isn’t it?

 

 

 

One-Legged Man in Shorts

 

David Mcfadden

 

 

 

He is standing in front of his home 

surrounded by banana trees in fruit 

in a little side street off the Calzade de Infanta 

in Vedado just east of the university

  

He has a fed-up look on his face His eyes are very bitter 

He is wearing shorts unusual in Havana 

 

He is leaning on a crutch

 

and the stump

of his left leg

amputated

above the knee

is resting on another smaller crutch

at least that’s what it looks like from here

 

 

and I get the impression he lost his leg

 

in the Angolan war of liberation

 

and is tormented daily by the fact

 

his military pension is so miserable

 

he can’t even afford the little food

 

allowed on his ration card

 

 

 

I refrain from asking him

 

if I can photograph him

 

refrain from taking a snap

 

with or without his permission

 

refrain from going up to him

 

and asking how he lost his leg

 

or if he still loves Fidel

 

or how he feels about the spirit of Che

 

or how he feels about the U.S.A.

 

 

 

In fact I just keep walking with both

 

legs and both eyes straight ahead

 

like any self-conscious tourist from the

 

English-speaking universe or for that matter

 

any public agent from any country anywhere

 

on a fact-finding mission in a broken-hearted

 

dolorous dispirited ill-fed city turning to dust— 

 

Leon Retief. Die prins van Venosa

Thursday, October 31st, 2013

 DIE PRINS VAN VENOSA

Carlo Gesualdo ( 1566-1613) word vandag saam met Claudio Monteverdi beskou as een van die toonaangewende en innoverende komponiste van die laat Renaissance. Toe ek toentertyd die eerste keer na sy Miserere geluister het was die musiek vir my so treffend dat ek mettertyd ook sy ander werke begin verken het en vandag is hy een van my geliefkoosde komponiste uit daardie tydperk. Sy musiek het harmonie verder geneem as enigeen totdat Wagner op die toneel verskyn het en sy innoverende gebruik van chromatisme en dissonansie is betowerend. Hy was finansieel onafhanklik en kon hy sy eie paadjie loop, anders as wat die geval was met so baie komponiste van daardie tydperk en ook vir eeue daarna.

Hier is sy Miserere:  http://www.youtube.com/watch?v=i3JwLnK6Efw

Gesualdo was egter meer as net ʼn ryk, eksentrieke  edelman wat die tyd gehad het om musiek volgens sy eie smaak te skryf sonder om hom te steur aan heersende modes. Hy was ook ʼn moordenaar en die dubbele moord waarvoor hy verantwoordelik was het die res van sy lewe beïnvloed. Om meer oor die moord te wete te kom, kliek op die skakel na Werner Herzog se film wat ek na aan die einde plaas. Demone oor die dood en sonde het hom geteister, sy musiek het net soos die van ander komponiste van die tyd uiterstes van emosie uitgebeeld en dit met religieuse ekstase en na my mening ook met seksuele ekstase in verband gebring maar Gesualdo het hierdie emosies tot ekstreme grense gevoer. Na sy dood het sy musiek grotendeels in die vergetelheid verval totdat die Britse komponis Michael Heseltine (wat onder dis naam Peter Warlock geskryf het) en Igor Stravinsky sy musiek herontdek het. Sedertdien is verskeie operas oor sy werk en lewe gekomponeer en aspekte van sy musiek het baie ander belangrike komponiste beïnvloed.

“He creeps inside and grabs your soul and is in no hurry to let go,” het die komponis Brett Dean gesê en hy is reg. Ek moet byvoeg dat sy musiek vir my soms so intens is dat ek dikwels nie na meer as een werk op ʼn keer kan luister nie, die enigste komponis wat so iets aan my doen.

Carlo Gesualdo het op ʼn eienaardige wyse in my gedagtes opgeduik toe ek onlangs weer gedigte gelees het deur die  Kanadese digter Jan Zwicky oor wie ek al voorheen ʼn bydrae gelewer het. Sy is skynbaar ʼn goeie violis en duidelik ook goed onderleg in filosofie en die natuurwetenskappe.

 

OPEN STRINGS

 

E, laser of the ear, ear’s

vinegar, bagpipes

in a tux, the sky’s blue, pointed;

 

A, youngest of the four, cocksure

and vulnerable, the white kid

on the basketball team – immature,

ambitious, charming,

indispensable, apprenticed

to desire;

 

D is the taylor

who sewed the note “I shall always love you”

into the hem of the village belle’s wedding dress,

a note not discovered until ten years later in New York

where, poor and abandoned, she was ripping uop the skirt

for curtains, and he came,

and he married her;

 

G, cathedral of the breastbone,

Oak-light, earth;

 

it’s air they offer us,

but not the cool draught of their half-brothers

the harmonics, no,

a bigger wind, the body,

snapped out like a towel, air

like the sky above the foothills,

like the desire to drown,

 

 a place of worship,

a laying down of arms.

                                               Open strings

are ambassadors from the republic of silence.

They are the name of that moment when you realize

clearly, for the first time,

you will die. After illness,

the first startled breath.

 

Uit deel 2 van Beethoven Op. 127, Adagio:

 

The rise of the rib-cage,

           its fall: how unlikely this slight

  

shift of fabric: A tea cup,

           a music box.

  

 Air enters, air flows away:

             How this simple thing

 

 goes on and on, cannot

            help itself, on and on.

 

 A-flat: cream’s richness,

           like a good field in April, a blackness

                      you wanted to eat,

 

  or in August, the string’s breath thick

          with heat and dust, like

                   being able to breathe weight,

 

 stoking, to have felt the chest thicken with brightness.

                 as though light were substance, as though it

                              carried the dark field inside itself, gleaming

                                         to have breathed that brightness, have become

 

weight, that roll of hills

          their brocade of wheat and barley.

                    To have lifted to the horizon

  

like earth, fallen

             like a rib-cage, stillness,

 

 a long sigh of dust.

 Werner Herzog  het in ek dink 1995 ʼn ietwat fantasieryke film (slegs ʼn uur lank) oor Gesualdo gemaak. Nie als in hierdie film is die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie maar dis tog insiggewend vir sowel die musiek wat uitgevoer word, die kommentaar wat gelewer word en as voorbeeld van die folklore wat rondom hierdie komponis ontstaan het. Enkele opmerkings: 1) dis onwaarskynlik dat Gesualdo sy jongste seun om die lewe gebring het. 2) Ek betwyfel dit baie sterk dat die twee kadawers wat op ʼn stadium getoon word wel die van Gesualdo se vrou en haar minnaar was – as mens na die manlike kadawer kyk dan het hy ooglopend ʼn taamlik vergrote hart wat na my mening liewer dui op kongestiewe hartversaking as oorsaak van dood as moord, mens verwag nie sulke patologie by ʼn jong man nie. 3) Navorsing wat gedoen is nadat die film gemaak is het bevind dat die gebou wat Herzog aandui as die toneel van die moord inderdaad nie korrek is nie alhoewel dit op daardie tydstip as sulks aanvaar is. 4) Die bed waarin Gesualdo glo sy vrou en haar minnaar vermoor het is nié die een waar die daad gepleeg is nie. 5) Gesualdo se kasteel is in 1980 baie erg beskadig tydens ʼn Aardbewing en restourasie is nog baie ver van voltooi.

http://www.youtube.com/watch?v=B6iaghGYSjc 

Bam Ki Boen. Die herfspampoen

Monday, September 16th, 2013

 Foto: Helize van Vuuren 

 

Vandag is dit die verjaarsdag van een van ons mees gewaardeerde digters. Ter viering van dié besonderse geleentheid het hy onderstaande skryfsel vir plasing gestuur. En vir die duur van vandag pas die naam “Bam Ki Boen” hom soos ‘n handskoen. (Sy woordspel.)

Daarom – Boen apetite, Meester Boen!

*

Die herfspampoen

‘n Man was van plan om vir hom ‘n pampoen te koop vir sy verjaardag die sestiende September die tyd was op hom en hy wou nie nalatig wees teenoor sy vriende nie net nou dink hulle hy is dood sonder om te laat weet dat dit te laat is selfs vir laatwerk die kalf is klaar deur die kerk en hy’t nog in die koster se fyntuin gemis ook. Wat jy waar gaan kry? het sy vrou vir hom gevra. Die kalf? Nee, jou bobbejaan, die pampoen! Jy weet tog die pampoenseisoen is verby dis nou die tyd van vlieë en sampioene en swaeltjies op die vlerk vir vertrek. En pampoene is nie inheems aan hierdie streek nie. Maar is dit dan te veel gevra om iewers ‘n geel pampoen in die hande te kry vir my verjaardag die sestiende September hier is mos ‘n mark in die dorp en geel is tog die kleur van volhoubare onafhanklikheid in die geweste my vriende verwag dat ek die pampoen sal vreet en my bek hou asof dit reeds vol grond is in die aarde by wyse van spreke? Te laat te laat het sy vrou gesê. Die son het nou wel gehurk in eie skaduwee asof sy die hitte uit haar lyf moes baar maar aan die einde van die dag was daar nog pampoen nog versoening nog skoene vir ons dogter wat kaalvoet deur die lewe moet gaan op soek na die goue kalf en waar is die vriende wat jy wil beïndruk selfs jou tjom moes erken jy’s die grootste kakprater in die suidelike halfrond. Maar ons woon dan in die noorde het die man teëgewerp. Wat! Kak is kak noord of suid en jy het so baie gemiddelwêreld-middelwêreld dat ons tot selfs ons tale kwyt is hoekom gaan vang jy nie liewers die maan nie? Omdat ek nog elke jaar ‘n pampoen gekoop het vir my verjaardag die sestiende September het die man gemompel. O wee. Iewers moet daar tog nog ‘n ou pampoen boeppens en geel op ‘n sinkdak lê al is sy ook net ‘n windswelsel wat moet keer dat drome nie die plate lig en wegvlieg maan toe nie. Te laat! sê sy vrou. Selfs al sou daar iets so buiteseisoenliks ingevoer uit Sjina word ook dan nog kan mens nie ‘n dronk bobbejaan op die dak laat klouter nie. Nou praat jy in raaisels sê die man en hou sy kop vas asof hy wil ween. Die tyd is op jou sê sy vrou en dis normaal dat jy nie meer die verskil tussen pampoensoek en maanvloek kan verstaan nie. Hoe meer verslete en deursigtig die vleeskleed hoe digter geweef die sluier om wat moet kom. Wat sou sy van praat? Wat het oogskille met laatwerk te doen? Sal die bobbejaan en die kalf dan baklei vir ‘n sonvrug wat toe nooit bestaan het nie? Beter om dan maar hierdie woordpitjies soos ‘n soen aan die papier toe te vertrou en vir my verbeelde maanskynvriende te stuur. Beter nog om nie te verjaar nie. Maar wat sal ek nou hê om hoog en laag te soek vir my verjaardag die sestiende September?

 

Can Ocells, 16 September 2013    

(c) Bam Ki Boen 

 

Breyten Breytenbach. Kleinreis: Waarheen vlug die voëls in die somer?

Wednesday, August 21st, 2013

Kleinreis: Waarheen vlug die voëls in die somer?

(vir die jong heiligdansers, en vir Andries Bezuidenhout)

 

‘n Gedeelte van Toskane wat minder bekend is as die poskaart-skouspelagtige landskappe in die omgewings van Pienza, Siena, Grosetto en dies meer, is die Casentino. (‘n Teorie vir die oorsprong van die streeknaam ‘Toskane’ is dat hierdie ryk en vrugbare streek die vroeëre hartland van die Etruskers was, en indien jy diep sou grawe kry jy nog steeds tekens van hulle aanbiddingsplekke en grafte. Maar dit nou tersyde.)

Mooi wêreld. Sowat 200 jaar gelede het ‘n Duitse reisiger so berig oor hierdie legkaart van heuweldorpies elk gemurmel langs nou straatjies  rondom ‘n kasteel of ‘n kerk, plaashuise gepunktueer met sipresbome en vergesigte van agtermekaar wingerde en olyfboorde waarvan sommige seker eeue oud moet wees:

“’n Landskap so groot en so ryp met soveel voue en deinings en wydte en variasie, met so baie geskiedenis geskoei deur die mens se hand en skoffelpik en verbeelding, met so ‘n ligrykheid en die verskuiwing van wolke se spore en verkleding op die aarde – dat daar geen maan nodig is om afstand en dimensie te verleen nie, dat maan trouens ‘n indringer sou wees.”

Die Casentino vallei dieper land-in noord-oos van Arezzo is ruwer, steiler en meer bebos. Van Arezzo gepraat (die lewe bestaan uit sywaartse bewegings): gaan besoek gerus daar die Basiliek van San Francisco waar Piero della Francesca tussen die jare 1452 en 1466 sy meesterlike reeks fresko’s, “Die Legende van die Ware Kruis”, geskilder het. Verkneukel jou, vergeet van asemhaal, kyk na die details, laat jou desnoods ophys in ‘n katrolsitplank om die hoër tonele van naderby te besigtig soos ‘n wafferse Juliette Binoche in die verfilmde weergawe van Michael Ondaatje se “The English Patient “. Huil van ontroering. (Ondaatje, verduidelik ‘n dame van Sri Lanka vir my, ontleen sy familienaam aan die sg. Burgers, ‘n Sri Lanka kaste van gemengde Nederlandse en inheemse afkoms – ‘n groep wat, so sê sy, aan die Kaap bekend sou staan as “mense van kleur.”)

Hoog in die Appenynse ruggraat van berge bo die Casentino is die oorsprong van die Arno, daardie rivier wat uiteindelik onder die brûe van Firenze sal deurvloei. Die vallei was die toevlugsoord van politieke vlugtelinge uit Firenze, soos Dante en Petrarca.

(Sywaarts: ek het nie geweet Petrarca, bekend vir sy sonnette in die Toskaanse dialek, het in 1341 ook ‘n lang epiese gedig in Latyn geskryf met die titel Africa nie!)

Dante het hom in jare ‘n raps vooruitgegaan. Na 15 jaar se ballingskap, dit was Meimaand 1315, kry Dante berig dat hy toegelaat sou word om terug te keer na sy geliefde stad, toe bekend vir onluste, opstande en wraak. Hy wys dit egter van die hand omdat die voorwaardes oneerbaar was. “Ek sal nooit weer Firenze binnekom nie. En dan? Miskien sal ek nie weer die sterre se lig sien nie? Kan dit wees dat ek nêrens anders in die wêreld die soet waarheid onder die hemel sal kan bepeins tensy ek terugkeer na my stad nie – sonder glorie maar tot skande van die Florentynse volk? Ek sal tog nie sonder brood gaan nie.”

Die Florentynse stadsowerhede het nie op hulle laat wag nie. “In die naam van God, amen,” word Dante Alighieri en sy seuns en saam met hulle al sy bondgenote tussen die ouderdomme van 15 tot 70 jaar in hulle afwesigheid vir minagting gevonnis: sou hulle ooit weer ‘n voet in die stad sit moet hulle “na die plek van teregstelling geneem word om daar onthoof te word sodat hulle mag sterwe.” Belangriker nog: daar word beslag gelê op al hulle besittings.

Maar ek loop die swerwerskap vooruit.

Na berekening is 1267 Dante se geboortejaar. Hy was nog jonk toe die feodale magstelsel van sy tyd uit die hande van adellikes en grondeienaars geneem is om vervang te word deur die Renaissance oorheersing van winkeliers, ambagslui en die kapitalisme. Terugskouend sou mens kon sê dit was die begin van die groot Vooruitgang afdraend. Vir hom moes dit ‘n sorgvrye jeug gewees het en hy sou later baie terug verlang (“Geen groter pyn dan om die gelukkige jare in tye van nood te onthou nie”) na die stad waar die Fees van Sint Johannes ‘n goeie twee maande elke jaar gevier is met opvoerings, dans- en eetpartyjies, en veral die vermaaklikhede aangebied deur “die Geselskap van Liefde” wat ‘n duidend lede gehad het en in wit geklee al bokspringende elke dag in optog deur die stad beweeg het met allerlei musieke om die bevolking te behaag.     

Dante was glo nie baie lank nie, maar fiks genoeg en goed afgerig in die kunsies van ruiterskap en hoe om die lans, die swaard en die knots te gebruik. Dit sou hom goed te staan kom toe hy as 24-jarige in die eerste linie van die Florentynse kavalarie teen die Ghibelliene van Arezzo moes veg tydens die veldslag van Campaldino, 1289. Hy het daarbenewens ‘n netjiese handskrif gehad en musiek het hom tot trane ontroer.

In 1285 trou hy met Gemma; saam sou hulle vier kinders hê – Giovanni, Jacopo, Pietro en Antonia. Hy begin reis na ander stadstate. In 1290 sterf Bice, die dogter van Folco Portinari, die gevierde Beatrice van sy reeks lirieke wat hy bundel en laat publiseer in 1294 onder die titel van Vita Nuova. Hy studeer filosofie (“My gesig was moeg van al die lees en my oë was so aangetas dat die sterre naderhand dynserig geword het”) en begeef hom wellig toe al in die politiek. Die res is ellendige geskiedenis – deurstraal ook met sy al hoe suiwerder wordende skryfwerk – armoede, afhanklikheid van die gunste en gawes van skelm samesweerders en ander beskermhere en borge, verlammende liefdes-ervarings, later van tyd ‘n rustelose gedwaal deur Italië op soek na strategiese alliansies teen die Swart Guelfs aan bewind in Firenze, die faksie wat die belange van die nuwe bourgeoisie verteenwoordig het. Dante se party was die Wit Guelfs. Sy ballingskap dateer uit 1302 toe hy tydens ‘n uitstedige diplomatieke sending voor die hof gedaag en skuldig bevind word aan bedrog, geldvervalsing, ensomeer. Hy wou of kon nie die boete betaal nie en is toe al veroordeel tot die brandstapel.

Eintlik is sy lewensgeskiedenis af te lees van sy geskrifte.

Hy steek pen in die dak, nogmaals op ‘n vergeefse sending om steun te probeer werf, in Ravenna, die 14de September 1321.

       (Saam met Dante en Giovanni Dodd, ‘n Brits-Italiaanse digter, net buite die Poppi Kasteel.)

 

* * *

  

                lig daag oor heuwels en valleie

                asof die nag se donker kleed

                uitgebrand het tot as:

                in die laagtes smeul ‘n rokie soms

                van die see se kant af,

                kom ‘n geel gloed stadig oor die wye wêreld

                van heuwels en valleie en landerye

                en breë plat riviere,

                laag na laag

                soos die donkerblou huid

                van ‘n ander afwesigheid,

                ‘n ander aanwesigheid,

                weggeskeur word:

                soms kan jy die geluid hoor

                in ‘n ritseling van voëlvlerke

                hoog in die lug,

                bergswawels wat hulle versadig aan lig,

                of ander vlugtelinge op pad

                na die koelte van bosse

                waar flardes van die vel

                weggesteek sal word

                soos ‘n verbleikende vaandel

 

 * * *  

 

 Ons ry deur ‘n magiese woud teen die steil berge uit en kom by ‘n kloosterdorp met die naam van Camaldolesi. In die “Antica Farmacia” waar die monnikke se brousels en konkoksies van plante en heilige water verkoop word (in Dante se tyd al was die eintlike stryd dié teen die Pousdom se aardse houvas op die mense), maar ook swaeltjies en ander voëls wat hulle uit hout sny en dan helder beskilder, trek ‘n langwerpige glaskas (so lyk dit) ons aandag. Dis smal, regop, en van bo tot onder agter ‘n valerige glaspaneel wat dien as deksel of as deur. Bo die kas teen die muur is daar ‘n bordjie wat dit beskryf as “Die Spieël van die Lewe”. Dan sien ons binne-in skaars uit te maak die volledige skelet van (so word ons vertel) ‘n 25-jarige vrou van gemiddelde lengte. Die geraamte is glo 150 jaar gelede in hierdie uitstekende kondisie opgegrawe. Waar? In sierletters staan daar verder op die bordjie geskryf, so iets in die trant van: “Nou kyk jy in ‘n troebel spieël maar binnekort van aangesig tot aangesig.”

Die aptekerin agter die toonbank is blond, mollig en Italiaans mooi. Sy sê sy is toevallig ook 25 jaar oud.

 

 

* * *   

 

 

(someroggend in Ortignano – vir my gasheer, my mede-reisiger)

 

die pere hang in die boom

en aan die lig

om met die somer

                                              vol rypheid te word

 

die somer se wit wolke

                                                het hulle gang

oor die groot land van heuwels

                                                en landerye

en af en toe bou hulle saam

                                                ‘n kasteel

van ruimte gerammel en die skyn

                                                van ligflitse

 

die voëls het hulle sang

elkeen soort vir soort

oor slote en sonvlekke

                                                van die verstand

 

ek sou vir jou ‘n woord of twee

                                                kon vang

as my aandeel van die somer

 

* * *

 

Mens sou jou verhaal so lank kon maak soos Dante Alighieri se omswerwings, so kompleks soos sy illusies en sy politieke skuiwe, sy vrugtelose soeke na bondgenote teen die vooruitgangers en kapitaliste wat van hom ‘n bedelsanger gemaak het, so uitgesponne soos sy metafore, so klokhelder soos sy metafisika en dalk so donker soos sy mistiek. Mens wens jy kon dit so silwerig en presies maak soos sy poësie (nie sy briewe nie), meestal in terza rima neergepen en in alle opsigte so vloeiend aktueel soos die gedigte van ‘n Raymond Carver, en met net soveel ruimte vir die insidentele detail en dit wat op die wieke waargeneem en vasgeskryf word. (Die gedig as voëlent vir nagsangers.)

Maar mens kan nie.

Laat my dus die Romena probeer uitklim.

Die vaevuurberg. Purgatorio is hier geskryf, sekerlik die eerste vier-en-twintig ‘canti’ of gesangeverse, in die tyd toe die Conti Guidi broers vir Dante onderdak gegee het. Wanneer jy die Romena besigtig vanaf Porciano of Pratovecchio, of as jy daarna sou kyk van Poppi se kasteel se kant, dan moet jy jou die neëntien torings en drie sirkels van buitense skanse probeer indink, en die klipmure wat bietjie laer af die terrasse afgemerk en bestendig het en nog net bespeur kan word onder braambosse en ander onkruid. Dink verder en verbeel jou jy sien vir Dante agter een van die kasteelvensters staan, met ‘n uitsig noordwaarts na Pratovecchio, en dat hy besig is om die berg te skets.

Jy weet hy het hier gebly. Jy kan jou voorstel dat die sirkel van drie skutmure en dan die dalende terrasse helling-af na waar die Arno en die Fiumicello vloei vir hom ‘n inspirasie was vir Purgatorio. Jy stel jou voor dat hy daardie stroom sterre gesien het wat nou nog daar is en dat sy hart donker was van onbeloonde liefde. Dieselfde sterre sal weer opduik in Paradiso Canto XXII as voorlied tot die Fiumana di Luce (“Die Rivier van Lig”.) Ook in ander gedigte. En wanneer hy in sy Inferno XXX verwys na die spruite wat van die groen heuwels van die Casentino na benede by die Arno aansluit, dan weet jy hoe belangrik Romena in die skrywe van sy Divina Commedia was.

(Die lewe is beweging: Met ‘n paadjie skuins langs een van die oorgroeide mure kom ons uit by die Branda Fontein – of wat dan daarvan oorgebly het. Uit die klippe syg ‘n lekseltjie water. ‘n Boer of ‘n skaapwagter het ‘n krip hier gebou om die lek-water op te vang vir sy diere. Langs die fontein is ‘n marmerblad teen ‘n rots met ‘n aanhaling uit Dante se Canto XXX.

                Ma s’io vedesi qui l’anima trista

                Di Guido o d’Alessandro o di lor frate

                Per fonte Branda non darei la vista

 

                Maar indien ek die droewe gelaat van Guido

                Of Alessandro of hul broer hier gade kon slaan

                Sou ek dit nie wil mis vir al die water van Branda nie

 

Dis duidelik dat Dante nie die kasteelmenere – die derde broer hier is Aghinolfo – aan sy boesem vertroetel het nie. Op ‘n stadium het hulle ‘n vervalser gehuur, ene Meester Adam, om Firenze se munte na te maak en so die stad se ekonomie te ‘Nigeriseer’. Die vervalste floryne had aan die een kant ‘n afbeelding van Johannes Doper en op die keersy die Franse lelie. Toe Adam op heterdaad betrap is het die broers hom opge-offer en op die brandstapel laat omkom. Vandaar seker Dante se renons in die broers: hulle duik behoorlik geswael in sy hel op . Mense het destyds nogal ‘n obsessie met verbranding gehad! Hoër op in die berge is daar darem ook ‘n gehuggie met die naam van Omomorto, “dooie man”, waar die kleinvolk nou nog klippies pak op ‘n stapel ter herdenking aan ‘n inkommer wat ten onregte daar aan die vlamme uitgelewer is.)       

 

* * *

 

Toe die daglig daal en dit reeds sterk skemer, toe die land gevou word in skakerings van diep groene en grys en potblou, loop ons die steilte uit na waar die Romena Castello soos ‘n donker aanwesigheid te bespeur is. Jy vermoed meer as wat jy kan uitmaak. Op ‘n ander manier is dit asof mens hier langsaam klim deur ‘n laning hoë sipresbome soos versteende vure alkant na waar Dante en sy gids Virgilius kon neerkyk op die kolkende gesukkel van die condition humaine.

               

 

(Al sy skryfwerk hier was darem nie net visionêr of veroordelend nie; Virgilius het hom taks teruggebring aarde toe na meer verdraagsaamheid. In sy De Vulgari Eloquentia is daar bv. ‘n passasie wat ook vandag nog van toepassing sou kon wees selfs in Suid-Afferka waar gespikkelde kapokkies  kekkel asof hulle vir die eerste keer eiers gekraam het, en dat daardie eiers enig van aard sou wees: “Nou, aangesien die Toskaners die mees berugte slagoffers van hierdie geestelike beneweling is, is dit beide van pas en nuttig om die volkstaal/straattaal wat gebruik word in die Toskaanse stede een vir een te ondersoek, en op hierdie manier die blasie van hulle ydelheid te laat bars.”)

Byna niks het oorgebly van die eens imposante kasteel met torings en borswerings nie. Dante se party, die Wit Guelfs wou met alle geweld hulle terugkeer na Firenze forseer (“going home to where it’s better than before,” sou Leonard Cohen sing), maak gemene saak met die Ghibbelliene, en teen Dante se beterwete en advies dwing hulle ‘n veldslag af waar hulle liederlik uitgewis word. Lyke gestrooi oor die rivierwalle. Daarna word die kastele en torings en vestings in die Casentino omver gegooi en gelyk gemaak met die geskiedenis. Van Romena is net ‘n homp tussen sipresbome teen die aandhemel nog afgeteken.

Krieke voorsien ‘n koor van skraapgeluide.

Met die helling af na benede langs die pad wat deur die vallei kronkel is ‘n goed bewaarde, strak en eenvoudige kerkie in die Romaanse styl (pieve) gebou. Dis seker dat Dante hierdie kerk geken het. Langs die weg boontoe het ons ‘n staalpen met ‘n geboë nek in die grond langs die pad gesien. Aan die boog was daar ‘n leë voëlkoutjie opgehang, van yster gemaak en met ‘n rooigeverfde deurtjie wat toegesweis was. Langsaan was daar ‘n bordjie met ‘n gedig van Szymborska.

‘n Paar dae later het ons (Yolande, Giovanni, Dante, Adam en Gufo) teruggekeer soontoe om foto’s te neem. ‘n Priester in burgerdrag, verantwoordelik vir die papplaas langs die kerk – die sentrum vir herstellende dwelmverslaafdes – was besig om saam met ‘n span jong mense ‘n lydensweg teen die heuwel uit te lê met die Szymborska gedig as eerste stasie. Hy het ‘n ware passie vir gedigte.

 

                in die kreupelhout het sy

                ‘n koutjie vir die bosduif gekry:

                sy het dit gevat en hou dit nou

                sodat dit leeg mag bly

 

      

 

 

* * *

 

miskien is elke oggend se gloed

die na-lig van gisters wat uitgebrand is

tot hierdie lig-geel asvlokkies

 

miskien is elke aand selfs wanneer die koepel

                                                skoon oor ons strek

die oond waar alles uitgebrand het

en net kole nog hier en daar gloei

sonder herinnering of verbintenis

 

miskien is die nag die knettering

van dit wat ons verlede noem

die dorre bewegings maar ook die groenhout

en verlepte liefdesblomme

die klere wat ons gedra het om die wêreld te ontmoet

die musiek wat soos ‘n vergeet deur ons harte

                                                geklop het

die krete op ons lippe

sodat ons die ooglede toeknyp teen die bitter rook

en die verwarring van niks meer te wees nie

 

elkeen het gepoog om ‘n verbygaan vas te lê

soos asemhalingtekens in as en in stof

en die gebeentes self het woorde geword

om soos geheue weg te waai in stof en as

 

en ons nie meer daar is nie

al ruik ons soms nog die vlees op die tong

en ons nooit hier was nie

want ons het blind teen die besetter geveg

ons het ons borste vir die duisternis ontbloot

 

miskien is almal wat ooit bestaan het

die statige wals die dreun van tromme

die wekroep tot weerstand

die rose van wonde

die reuk van vars koffie

miskien is alles wat was altyd hier

in elke oggend se gloed

van gisters wat uitgebrand het

 

miskien is ons alles net soos ons niks is

miskien het ons verskriklike vleeslike kennis

‘n wind verby die verbygaan van onthou

miskien het die swart voël in die tuin van nou net

se roep vervlietend geraak aan betekenisbegin

 

maar hoekom dan die treurige lied?

 

 

* * *

 

op die vooraand van ons vertrek uit Toskane

terwyl krieke heuwel-af uit volle longe fluit

omdat ons so aanmekaar onkant speel

 

nog gou die goue maanvrug uit die vyeboom gepluk

want mens wil dit nie daar so hoog in die takke

                laat verrot

en die stoep bemors nie:

die berghange het reeds donkerte genoeg –

om dit môre vroeg in die knapsak saam te dra

voor die oggendster weet van die voël se snik

 

 

Toskane, 7-16 Augustus

 

[© Breyten Breytenbach / 2013]

 

Louis Jansen van Vuuren. Weke van water en die recumbentibus oomblik

Thursday, July 11th, 2013

 

Weke van water en die recumbentibus oomblik

Dit het ophou reën. Daar was bitter min son die laaste paar weke en ek het dit oorweeg om ‘n vlot te bou, sommer met afval kwaste en stomp-getekende potloodstele  - herdenkende aan die ark van ouds. Die eindbestemming :  berg Ararat. Droë grond.  (Gelukkig het my honde webvoete anders was hulle in die groeiende moeraswêreld verdwene.)

’n Paar nuwe bundels het die rokerige klam Meimaand draagliker gemaak. Uit Jacob Polly se nuwe bundel The Havocs.  Picador. 2012

Doll’s House

 

A table set with tiny plates,

the chairs around the paper fire:

diminishment has simplified

the aims and objects of desire,

while blinder faith must still provide

the mincemeat in the wooden cakes,

 

the creaking stair and wind outside.

For you have held your breath to peer

along the shelves of depthless books

lining a room where nothing’s read;

and now, effortlessly giant, look

up to the eaves and in at the beds.

 

Be brave. To live is not to fear

despite the scale of what’s at stake.

Two children lie in matchbox cribs.

Next door a couple, stiff as pegs,

are tucked together, rib to rib,

the bedsheets bound around their legs.

 

What happens if you turn away?

Every god has asked the same,

crouched on a sideboard, just in case

sudden little laughter shakes

a heaven like an empty house

where not a plate nor day will break.

 

&

 

On the Move at First Light

 

Empty morning and the rain lies,

filling the bare field with broken panes

of pink. To loosen, to empty!

To be as full of sky as fallen rain.

  

Robert Robertson is ’n Skotse digter, Hill of Doors is sy vyfde bundel. Picador. 2013.

 

Annunciation

after Fra Angelico

 

He has come from the garden, leaving

no shadow, no footprints in the dew.

They hold each other’s gaze at the point

of balance: everything streaming

towards this moment, streaming away.

 

A word will set the seed

of life and death,

the over-shadowing of this girl

by a feathered dark.

But not yet: not quite yet.

 

How will she remember the silence

of that endless moment?

Or the end, when it all began –

the first of seven joys

before the seven sorrows?

 

She will remember the aftersong

because she is only human.

One day

she’ll wake with wings, or wake

and find them gone.

 

 

Twee eksemplare van die the Paris Review en ’n handvol  New Yorkers beland in my klam posbus.

 Uit  the Paris Review Spring 2013: Sylvie Baumgartel

 

Picnic with Mom

 

She goes off to look for birds.

I go for a shot in the dark

With room for cream.

I sneeze.

We eat apple

And throw stones into the water.

Westinghouse lightbulbs make us look old.

Westinghouse blender makes us drunk.

I can’t build a fire for shit;

I’m not a Girl Scout.

She is tall in wooden shoes.

I am a whore in heels.

I put her braid in my mouth

And bite down hard.

  

Uit die The New Yorker May 27 2013

 

 

 

Colosseum

Jericho Brown

 

I don’t remember how I hurt myself,

The pain mine

Long enough for me

To lose the wound that invented it

As none of us knows the beauty

Of our own eyes

Until a man tells us they are

Why God made brown. Then

That same man says he lives to touch

The smoothest parts, suggesting our

Surface area can be understood

By degrees of satin. Him I will

Follow until I am rough outside

As I am within. I cannot locate the origin

Of slaughter, but I know

How my own feels, that I live with it

And sometimes use it

To get the living done,

Because I am what gladiators call

A man in love—love

Being any reminder we survived

 

 

Uit die the Paris Review Summer 2013

 

Henri Cole

Free Dirt

My house is mine:
the choice of menu, 
the radio and television, 
the unpolished floors, 
the rumpled sheets.

It’s like being inside
a rolltop desk. I have
no maid who takes care
of me. Sometimes, 
during breakfast,

I speak French with
a taxidermied wren. 
There is no debt
between us. We listen
to language tapes:

Viens-tu du ciel profound (Baudelaire)? 
Always, I hear a little oratorio
inside my head. Moths
have carried away my carpets, 
like invisible pallbearers.

I like invisibleness, 
except in the moon’s strong, 
broad rays. Some nights, 
I ask her paleness, Will I be okay? 
I am weak and fruitless at night,

like a piece of meat with eyes, 
but in the morning optimistic again, 
like a snowflake that has traveled
many miles and many years
to be admired on the kitchen pane.

Alone, I guzzle
and litter and urinate
and shout. Please do not
wake me from this dream, 
making meals from discrete

objects—a sweet potato, 
a jar of marmalade, 
a bottle of sauvignon blanc. 
Today, I saw a sign
in majuscule for FREE DIRT

and thought, We all have
chapters we’d rather keep
unpublished, in which we
get down with the swirl. 
The little wren perched on my

finger weighs almost nothing, 
just nails and beak. But it
gives me tiny moments—
here at my kitchen table—
like a diaphanous chorus

mewling something
about love, or the haze
of love, a haze that makes
me squint-eyed and sick
if I think too much about it.

What am I but this flensed
syntax, sight and sound, 
in which my heart, not
insulated yet, makes
ripple effects down the line?

In Juniemaand  staan plate irisse, geïrriteerd, in plasse louwarm reënwater rond… rol versigtig hul eerste flappe oop.

 

Iridaceae

 

The iris in spring, unfurls

it’s scented beard.

From a roaming rhizome

seeps the iridescent stain:

purple, blue and fixed magenta…

 

van al vyf

rooi riviere

moet ek drink :

oorleef =vergeet

om sonder dors

gedaanteloos

           te inkarneer

kladloos

wedergebore

geheueloos

lomerig

gewetenloos

lollend

        in die waters van die Lethe

 

LJvV

  

  

Nou’s dit Juliemaand en die somer breek soos doopwater oor ons oop. Als wat  kan kraai en krul  kantel koppe son se kant toe. Twee bundels op my tafel: grond/Santekraam van Ronelda S Kamfer en Nathan Trantraal se Chokers en Survivors. Laasgenoemde  het ’n vriendin sopas vir my gebring uit die Kaap . Sy het blykbaar op die vlug hiernatoe  so ’n bietjie daarin begin blaai – en die verse het haar kop-aan-kop getref.

Die spreekwoordelike recumbentibus moment. Sy moes die lugwaardin oortuig dat dit nie ’n oordaad van chardonnay was wat haar so laat wankel nie, maar  dat dit wel die dun boekie in haar hande is wat so kan skop.

Ek het die voorreg gehad om beide Ronelda en Nathan in Den Haag by die Festival voor het Afrikaans te hoor voorlees uit hulle bundels….daar het ek die eerste uitklophoue vierkantig op die ken gevat.

 

gaan i

 

ons moet gaan

die hele tyd ons

moet gaan

teenwinde hou

ons terug

maar gaan

is wat

ons moet

gaan weer

en weer

mettertyd gaan

ons moet

 

 

gaan ii

 

vergaan

vêr gaan

tydelik is alles

ver-heen en ver-weer

gaan daarmee heen

verlelik is goed

was

 

sovêr

so vêr

 

gaan iii

 

heen is

waar ons moet gaan

altyd heen

teen stormwinde sonde

moet gaan en

wegkom weer dit is

’n moet vir ons om te

gaan

en vir tyd om in tyd

binne-in stil te staan

 

 

Ronelda S Kamfer. grond/Santekraam. Kwela Boeke. 2011

 

 

Woensdag, 16 Februarie 1988

 

Ek is nog klein.

Ek staan allien innie agtejaat

by my ouma-hulle hys en ek voel sad

omdat ek wiet vandag isse boring, unimportant dag.

Ek wiet die dag het niks gedoen

watit worthy maak om onthou te wôtie.

Ek voel sad omdat ek wiet daa was al dysende dae

Soos dié wat ek al kla vegiet et.

’n Mens kyk trug op jou liewe ennie goed wat ytstaan,

Dai is vi jou jou liewe.

Maa dai issie die liewe nie.

Dai issie highlights reël.

Jou liewe isse klom dae wat niks gebee nie.

 

Ek stap narie wasgoed wat oppie lyn hang,

Ek sit my hand tien ’n nat handdoek

en ek dink ek gan nooit die dag vegietie.

 

Nathan Trantraal. Chokers en Survivors. Kwela Boeke. 2013

 

Leon Retief. A thief of impeccable taste

Monday, July 1st, 2013

 

                                               Glen Sorestad

A THIEF OF IMPECCABLE TASTE

Un ladrón de impeccable buen gusto

 

Glen Sorestad is ʼn prêriedigter van Saskatoon wie se verse ek al voorheen geplaas het. Sy jongste twee publikasies is ʼn sakboekie Along Okema Road en dan bogenoemde bundel wat verlede jaar op die rakke verskyn het met die Engelse gedigte op een bladsy en die Spaanse vertaling op die teenoorgestelde bladsy. Die vertalings is gedoen deur Manuel de Jesús Velásquez León, lektor in “Studies van die Engelssprekende Kulture” aan die universiteit José de la Luz y Caballero in Kuba.

Die Thief bevat ʼn voorwoord deur die vertaler, ʼn taamlike lang een om die waarheid te sê, dus sal ek net enkele sinne uit die eerste twee paragrawe aanhaal” “Generally, (Sorestad) lets the words find their own way through the woods, blazing their own trail, up to the hidden clearing of light, the unexpected spot of finding and conception. Once there, the solid power of the poet makes creation endure.”

“The first surprising thing… is that scenes are illuminated by a luminescence that comes from understanding. The lens that visualizes his world is not myopic. Maybe that is why the poetic reconstruction of what has been lived is impeccable, faultless. The plots of reality offered to scrutiny sometimes reveal niches of an almost painful naturalism. One may feel the wintery cold alienation of those earthly artifacts that just seem to be there. Nevertheless there are conducting wires among the objects, underground connecting tunnels providing sense to the structures. In that way, a universe of indifferent, almost astral nakedness is coloured by hope.”

Soos dit teen hierdie tyd waarskynlik vir almal duidelik behoort te wees, Sorestad is nie ʼn hermetiese digter nie. Trouens, ek het tot op hede nog nie ʼn hermetiese prêriedigter teengekom nie. Sorestad se gedigte is vir my kenmerkend van die prêries en prêriedigkuns waarvoor my vrou Lesli en ek lief geword het.

Die bundel het ʼn rustige toonaard, ʼn dikwels mediterende kyk na die prêries en sy mense, sy vriende en na die lang verhouding tussen hom en sy vrou. Dit is dan ook Sorestad se eggenote wat via die digter aan die woord is in The Thief Reflects.

 

LOOKING BACK

 

Sometimes I am shaken

by a desire to return

to that child I was –

endless days under a vast sky,

sun omnipresent as the mongrel

that dogged my footsteps.

 

A half-century and more

removed, I remember each day

bloomed wonder. Never bored,

I did not realise how poor

we were, having so much.

 

On second thought, it’s possible

my retrospective vision is

blurred, selectively smudged.

Perhaps it is our nature to hold

hard to what causes least pain?

 

To indulge moments of nostalgia

is bo act of foolishness. Though

time past will not return,

we still can marvel

at the road we’ve travelled,

at the one that lies ahead.

 

WINTER BURIAL

 

Bullets of snow blast the polished casket poised

in funeral home harness above the open grave.

 

Mourning family huddled close to one another,

drawn snug to the living, their backs buffeted

 

by hard gusts. Needles of ice probe napes of neck.

Vestments aflutter, numb-fingered, the priest

 

clings to his prayer book, while manic wind worries

the pages, snatches words, scatters them like flakes.

 

At the graveside slim fingers of snow writhe,

curl over and descend, while others leap the chasm.

 

Last words said, family, one by one, step to the fore,

red rose each – this final act of love and letting go.

 

The casket lowered, everyone turns away. Wind blows

mourners to cars. Left behind – red roses and snow.

 

THE THIEF REFLECTS

 

Tell me, what have

I stolen from you

that you have missed?

 

Surely you know

I have taken only

inessential fragments

 

you would have shed

without my help.

I can in no way be

 

dismissed as common

thief, nor as cheap

trickster. You must

 

agree I am a thief

of impeccable taste:

I did choose you.

 

SMALL AND FEATHERED

 

Through my cabin window

needled branches interlace

against a splash of sky.

A fidgety Tree Sparrow

perches on the drooping

finger of spruce for a moment,

adding an apprehensive note

to a subdued backdrop

or trees and sky.

 

The bird frets its way

along the thin bone of spruce,

stops a moment,

and I wonder

what thoughts, if any,

run through its mind

this splendid morning?

 

Exorbitant gas prices?

Not an iota. Nor taxes,

nor promises unkept.

But surely every small bird

must, from time to time,

cease its song to reflect

on the precariousness

of being small

and feathered in a world

that prizes neither.

 

EMMA LAKE VESPERS

 

I am curious

to see whether

      that paper birch

leaf

           succeeds

in capturing

just enough breeze

to make

                  a further

quarter-turn

                          and hold

if only for a moment,

 

within its cup

 

                               the dropping sun.

  

 

Emma Lake

 

 

HOURGLASS

 

The evidence lies everywhere. Grains of sand.

Our day are lost in the trivia of meetings,

appointments, To-Do lists, post-it notes stuck

 

to cupboard doors where we can’t miss them,

magneted to the refrigerator door like commandments,

or posted like tearful pleas for lost kittens,

 

terse reminders how our lives have become

a musical score of comings and leavings,

the sound and voices of calendars and daybooks.

 

We ignore the image – the bottom half,

its increasing sand. It is funerals we attend

with growing frequency that give us pause,

 

make us feel the measure, the urgency,

the anticipatory drum roll.

Beat by beat, grain by grain.

                                               

LITTLE ENOUGH

remembering John Newcombe

 

What we want from the start,

most of us, is never little.

 

Our dreams, our desires

seldom come as miniatures.

 

Our appetites are rapacious,

our lusts loom mountainous.

 

Time erodes them all –

dreams, desires, appetite, lust.

 

Floating dust motes in our lives.

Little becomes its own desire,

 

its own measure. Little will do.

It is little, but it is little enough.*

 

*Hierdie laaste reël kom uit ʼn gedig van John Newlove (1938-2003), ʼn vriend van Sorestad. Newlove het om dit saggies te stel ʼn stormagtige lewe gehad, meestal weens sy verslawing aan alkohol. Die gedig waaruit Sorestad aanhaal bevat tot ʼn groot mate outobiografiese materiaal en omdat dit vir my ʼn treffende gedig is plaas ek dit graag.

 

THEN, IF I CEASE DESIRING

 

Then, if I cease desiring,

you may a sing a song

of how young I was.

 

You may praise famous moments,

all of them, of the churches

I broke into for wine,

 

not praise, the highways

I travelled drunkenly

in winter, the cars I stole.

 

You may allow me moments,

not monuments, I being

content. It is little,

but it is little enough.

 

Enkele gedigte uit die pas gepubliseerde Along Okema Road.

 

EARLY MORNING OWL

 

I was awakened about five this morning

by the persistent calling of an owl.

Whoo-hoo, hoo-hoo.

 

I don’t know whether it was horned or barred,

grey or white, long-eared or earless –

I did not see the owl at all.

 

Whoo-hoo, hoo-hoo,

it seemed to call straight to me through

the open window of the cabin.

 

Was it an omen? I ask myself this now,

later in the day when the hooting returns

to resonate loudly inside my mind.

 

I’d rather not see this as an omen or premonition.

Nothing in the articulation or tone made me

think for a moment it was my name

on the creature’s tongue, nor that the bird

intended its message just for me. Perhaps if I

was of the Pacific Coastal people of the rainforest

 

who link the call of the owl with impending death,

I would be predisposed to view such a visitation

as a dark precursor, enough to set every nerve

 

on edge – but I don’t see it that way at all,

perhaps because I regard myself as one who resists

absolutes of most belief systems. Show me.

 

But then, but then…

If I am recalling this early awakening

with accuracy and not creating specifics

 

in the aftermath of the creature’s presence,

something any writer might well incline to do,

I seem to remember the owl hoo-hooed at me

 

from different locations at different times,

spokes on a wheel, the hub being the cabin

where I lay, my eyes looking out a skylight

 

at the morning light, my eyelids still heavy

with slumber as if they ere weighted down

beneath a pair of large George V pennies.

 

FOUR AMERICAN POETS WHO NEVER VISITED EMMA LAKE, BUT IF THEY HAD…

 

Carl Sandburg

 

Rain comes along

with a soft-soled shuffle

on the cabin roof,

stays a short while,

then moves on.

 

 

Robert Frost

 

Something want saying about this spruce –

The homely, forlorn way its limbs droop

As if the Creator had been playing fast and loose

With its upward-reaching arms. A somber troop –

These conifers, ramrod straight, refuse to stoop.

 

 

William Carlos Williams

 

So much depends

upon a green luggage cart

 

with four rubber wheels

waiting in the parking lot

 

empty and expectant

alongside a black spruce

 

 

William Stafford

 

Brother Wind, what news today?

Stop a moment in your turning

of birch leaves and speak to me

of all those places you have been.

 

Perhaps you will recall a house,

abandoned on the gritty plain,

the gathering dust, shreds of hearts

still clinging there, including mine.

 

 

 

 

Leon Retief. vir Gerhard Bothma

Wednesday, June 19th, 2013

Gerhard, ek wil darem vir oulaas net respondeer al is dit nou maar met ‘n spotprent wat ek as inskrywing moet plaas omdat die antwoord-boksie nie grafika kan plaas nie. Groete, Leon.

Annemarié van Niekerk. Die lot van die skrywer: Van korrigeerkunsies tot sirkuskunsies. En Maria van Daalen.

Monday, June 3rd, 2013

Daar is waarskynlik sommige van julle wat nog daardie tyd onthou toe jy die wit bladsy in die tikmasjien moes inrol, versigtig sodat die roller sy vatplek op presies daardie oomblik kry wanneer die vel papier lynreg lê, toe jy die regte beginposisie (genoeg maar nie te veel wit bo-aan die bladsy) met die hand moes instel en dan goed en klaar en reg moes dink voordat jy letter vir letter op die toetse begin slaan.  ‘n Fout was ’n ramp – die begin van ’n hele toeplak-operasie met dun wit plakstrokies , ’n kuns insigself. Later het allerhande soorte wisverf, -ink, -lak ’n snarsie genade gebring. Doodverf met ’n klein kwassie of sponsie het minder behendigheid en koördinasie gekos as die plak van plakstroke, maar wel meer geduld.  As laasgenoemde een van jou swakpunte is, het die nuwe letters met die laag wit lak tot ’n onleesbare grys blerts vervorm. Later het tikmasjiene met ’n eie korrigeerlint die lig gesien en die wagtyd tussen fout en korreksie drasties verkort.

En toe die supersnelle sprong met die koms van die rekenaar, die woordverwerker, internet. ‘n Sin met foute is nie meer ’n rampgebied nie, vereis nie meer ’n reddingsaksie nie; ook die opspoor van inligting verg deesdae weinig inspanning of tyd. Skryf word al hoe makliker, so lyk dit ten minste.

Maar algehele genade en vryspraak sal skrywers nooit beskore wees nie. Noudat alle tegniese faktore op seepgladde wieletjies rol, is daar ‘n nuwe monster, die sirkus-monster. Want skrywers kan nie meer, soos in die verlede, in stilte en vrede hulself van die wêreld afsonder as hulle sou wou nie, of ’n bietjie van ’n afstand toekyk nie.  Skrywers moet teen die hoogste tempo deelneem aan die lewe, die wêreld en die maatskappy. Daar word nie meer van skrywers verwag om net te skryf en goed te skryf nie, maar ook om aan die bemarkingsirkus deel te neem.

Behalwe vir die ego-trip-tipes of gebore performers binne skrywersgeledere, word dit taai. In Nederland het dit só erg geword, dat die skrywers wat die hardste, mees uitlokkende en uitdagende geraas kan maak op die grootste, mees prominente podiums, diegene is wat gesien word, gehoor word, uiteindelik gelees word en dus die meeste verkoop word. Daar is sekere TV-programme waarheen uitverkore skrywers  soms uitgenooi word vir ’n onderhoud, en as jy daarop verskyn kan jy maar weet jou boekverkope skiet verder ten hemele. As jy dit nie tot daar maak nie, moet jy ’n aandagtrekkende foefie bedink wat sorg dat jy uiteindelik tog genooi word om jou gesig te kom wys en jou storie te vertel. G’n wonder dat daar in Nederland skrywers soos Arnon Grunberg is wat op ’n stadium verloof was met ’n vrou 40 jaar sy senior (oorlede in 2005) en destyds met sy vrou en sy bok ’n boottog gemaak het op Nederlandse riviere om sy boek ‘De Asielzoeker’ te bemark; of Peter Buwalda wie se boeke in twee boekwinkels verskeur is deur ’n onbekende, kort na die verskyning van sy ‘Bonita Avenue’. Buwalda beweer nou nog dat hy niks daarmee te make gehad het nie, maar tog was dit ’n perfekte foefie, want daarna was hy prominent in die nuus en het sy boeke soos soetkoek verkoop; almal wou lees wat dit was wat nou eintlik aanstoot kon gee aan die skeurskim. En iemand soos Charlotte Mutsaers wat die kontroversiële uitspraak gemaak dat dit van die dieselfde morele orde is om kreef te eet as om die Twin Towers te bombardeer, want wat is die verskil tussen mens en dier? Hierdie aksies en uitsprake haal die media, lok aandag uit en stimuleer boekverkope, en dikwels rol die pryse dan ook in. Verstaan my nie verkeerd nie, ek sê hoegenaamd nie dat hierdie boeke nie verkope of pryse verdien nie, ek sê net dat die aksies help om boeke in die kollig te plaas en AS so ’n boek toevallig ook goed is, dan is pryse nie te keer nie.

Ek verkwalik hierdie skrywers nie, boonop is dit nogal entertaining. Mens moet met die tyd saam verander as jy staande wil bly. En as jou aard nie so is dat jy daarvan hou om jouself te bemark nie? Dan is jou kanse as skrywer wat alles betref kleiner. Dit is bekend dat selfs die Nederlands Letterenfonds voorkeur gee aan die vertaling van werk van skrywers wat bemarkbaar is, wat goed kan omgaan met die media, wat in alle opsigte presentable is. Want deesdae moet vertaalde skrywers, as deel van die bemarkingsprogram, self ook die lande besoek waar hul vertaalde werk verskyn. Lesers wil skrywers ontmoet. Dit verkoop boeke. En geld praat. Maar deesdae moet skrywers ewe hard kan praat, en verkieslik ook vinnig, stylvol, sinvol, humoristies, slim, onderhoudend, energiek, aansteeklik en oortuigend.

Só spytig, hierdie sirkus waaraan skrywers byna nie meer kan ontkom nie. Daar is natuurlik diegene soos J.M. Coetzee, wat dit ontduik en tog  beloon word met formidabele sukses, maar om dit te vermag moet jou kwaliteit onberispelik superieur wees. Vir die res… die sirkus is jou voorland, jy moet jou toertjies uithaal.

Skrywers het my simpatie. Daarom glo ek ook (en ek gebruik nie die woord ‘glo’ onnadenkend nie, dit is vir my byna ’n missie) dat kritici en mense wat oor die literatuur skryf, op die uitkyk moet wees vir die minder prominente skrywers en hulle in die son sit wanneer dit gepas en geregverdig is. En hier dink ek veral aan goeie maar beskeie digters wat nie maklik deur die big shots ’n staanplek gegun word op prominente poësie-forums nie, want as jy die podium gehaal het, hou jy vas vir jou lewe, en soms is ’n elmboogstootjie deel deervan. Julle weet wat ek bedoel.

Die Nederlandse koerant, Trouw, se Letter&Geest-blad het verlede jaar afgesluit met ’n uitgawe waarin stiller, meer beskeie mense wat eintlik in die kollig hoort, op die podium geplaas is. Tereg ook. Vir die afdeling oor skrywers, is vyf kritici gevra om so ’n Nederlandse skrywer/digter te identifiseer en te beskryf. Ek het my stukkie gewy aan een van Nederland se beste kontemporêre digters wat nog nooit ’n prys gewen het nie, waarskynlik omdat sy nie deelneem aan die gekakel nie. Hier is my stukkie oor Maria van Daalen:

 

Maria van Daalen

 

Misschien ligt het in de aard van iemand met affiniteit voor de mystiek om zich niet op de voorgrond te dringen, maar eerder tot zichzelf in te keren of op te gaan in het Een en Al. Hoe het ook zij, de tamelijk teruggetrokken levende dichteres Maria van Daalen is al dikwijls gekarakteriseerd als mystica, maar dan wel een mystica die haar wortels heeft in het hier en nu. ‘Dagelijks is aarde mijn betekenis’, schrijft ze in haar bundel ‘Het hotel’.

Van Daalens poëzie is plastisch, fysiek en sensueel, maar ook licht en teer. Er spreekt een krachtige vitaliteit uit, en een intense bekommernis om de breekbaarheid van het bestaan. Levensdrift en spirituele extase grijpen er voortdurend in elkaar. Dat die uitersten samengaan, is verklaarbaar uit het feit dat Maria van Daalen zowel een katholieke bekeerlinge als een gewijde voodoopriesteres is.

Nauw verweven met de erotiek en seksualiteit in Van Daalens werk is het gegeven van het geweld. Ook daarover schrijft ze sterke  gedichten:

 

wie geweld toebrengt, verliest

wie van geweldpleging de ontvanger is

wordt niet geofferd, maar ontvangt de kracht van woede

en behoudt die in het lichaam, draagt die mee

 

Maria van Daalens poëzie is zowel onthutsend als bemoedigend. Lichamelijkheid en sereniteit gaan er hand in hand, en altijd is er de haast rituele zorg om beelden en gewaarwordingen uit te tillen boven de vluchtigheid van het moment. Hier is iemand aan het woord die zoekt naar bezieling en tegelijk bezieling weet door te geven. ‘Je bent onderweg, / En de weg is altijd bij je.’

 

***

 

In een nacht toen het volle maan was

iemand opent het venster

iemand houdt de nacht over ons heen als een nieuw tentdoek

iemand kent de weg

 

iemand legt mij zijn oude tweedjasje over de schouders

iemand zegt honing, iemand zingt honing, iemand proeft

 

iemand gaat met mij de rivier in

iemand zoekt tussen de schelpen

naar de allerkleinste

geopende schelp

iemand zoekt naar een waterdruppel

 

in een open hand, in een handpalm, 1 geopende schelp
daarin

1 druppel

in 1 druppel is mijn wereld

iemand herkent mijn wereld

 

iemand legt 1 waterdruppel naast 1 waterdruppel

en het is samen 1 waterdruppel

 

iemand tilt alles zolang op totdat het niet zwaar meer is

 

iemand is vergeten dat het gisteren was

omdat het er nu is.

 

uit: ‘Elektron, muon, tau’, 2000

 

***

 

Oor haar Engelse bundel, ‘My Love, you have the world cupped in your hands’ (Philip Elchers; Groningen 2010) het ek die volgende geskryf:

Ever stumbled upon a film about surgery, showing images of an opened-up human chest with a heart beating, red and fleshy – images of the most vital and life-sustaining organ of the body in an exposed and compromised state? Upsetting indeed to see this life machine vulnerable like a quivering sea urchin, but at the same time intriguing for its forceful beauty. Maria van Daalen’s poems in the ‘virtue by necessity’-series invoke a similar awareness of human strength and vulnerability. Van Daalen’s poetry translates words to flesh and flesh to words.

The reader is confronted with poems that are brutally physical, rhythmic, sensuous and strong. But also with poems that are dainty, flighty and fragile. They dig deeply into the register of bodily desire, and are not scared to show the wounds and the scarring. But the very next moment they are light as pollen and enter the hazy realm of the soul; violence and serenity linger in each other’s slipstream.

While many of Van Daalen’s poems reflect on being anchored and grounded – often by means of words, writing – others see the human condition as a bloodcurdling state of free falling, as wordlessness, as open empty spaces between words. Analogous to seeing poetry and words as lifebuoys that keep the poet afloat, she also writes about the buoyancy of love. However, the recurring disillusionment of loneliness hovers not far in the background.

Similarly the sound of the poet’s voice keeps changing position from center stage to background, from being persistent to being gentle. At times the speaker is present in a dominant way while watching carefully and defining fearlessly in staccato accents, then again she floats almost unnoticed through the harmonious syntax and rhythm of her poems. Sometimes the space of this voice is measured and claustrophobic, then again vast and floating.

Van Daalen’s range is wide and she does not scare away from exploring the human condition in all its extremities, which gives vitality to this collection and at times a sense of ecstasy. She writes about love, violence, relationships, loneliness, sexuality, pain, desire, fear, the father-figure and many more. Knitting together all these themes is the reflection upon the art of poetry and the function of the poet.

In these English poems Van Daalen enters a linguistic space where she is free from the dominance of her mother tongue and where she applies the English language in beautiful and refreshingly new hues.

 ***

 [Van Maria van Daalen het die volgende digbundels verskyn: ‘Raveslag’ (1989), ‘Onder het hart’ (1992), ‘Het Hotel’ (1994), ‘Het geschenk // De maker’ (1996), ‘Elektron, muon, tau’ (2000), ‘Yo! de liefde’ (2003), ‘De wet van behoud van energie’ (2007) en ‘My Love, you have the world cupped in your hands’ (2010)]

 

 

Karen Kuhn. Die Poolse Sappho

Thursday, May 30th, 2013

Maria Pawlikowska-Jasnorzewska staan bekend as die ‘Poolse Sappho’ en ‘koningin van liriese poësie’. Sy was by uitstek een van Pole se mees talentvolle digters tydens die periode tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. ’n Tydperk wat vernaam is vir herlewing in die kunste. Die kort, sensuele, epigrammatiese styl van haar verse lê veral klem op die belangrikheid van die liefde in ’n vrou se lewe wat tematies reeds grensverskuiwend was.

Ophelia

Oh, I shall have to stay here for a while

in glassy water, in a seaweed net,

until this fact and I are reconciled:

I wasn’t loved, it is as simple as that.

 

Maria Pawlikowska-Jasnorzewska is gebore op 24 November 1891 in Krakow in ’n kunssinnige familie. Haar oupa Juliusz Kossak, pa Wojciech en broer was almal skilders. Maria en haar suster Magdalena spandeer hul kinderjare in die ‘Kossakówka’ huis in Krakow, naby die Wawel kasteel, waar die Poolse koning gewoon het. Die huis was ’n ontmoetingspunt vir Poolse kunstenaars, onder andere Henryk Sienkiewicz wat die Nobel-laureate in 1905 was.

Sy het tuisonderrig ontvang en was ook vlot in Duits, Frans en Engels. Van vroeg af toon albei susters ’n liefde vir die letterkunde. Magdalena skryf dan later satires en komedies onder die skuilnaam: ‘Samozwaniec’, terwyl Maria die vanne van haar agtereenvolgende eggenote gebruik. In 1915 trou Maria met Władysław Bzowski, ’n Oostenrykse offisier. Die huwelik het egter nie lank gehou nie en hul paaie skei. Op hierdie stadium skilder en skryf Maria tot sy in 1919 met Jan Pawlikowski trou. Die paartjie verhuis na Zakopane, in die Suide van Pole en hy inspireer haar om op haar skryfwerk te fokus, as gevolg van sy eie passie vir die taal. Haar eerste bundel verskyn in 1922 getiteld: Niebieskie Migdały, (Blue Almonds). Hierna vorm sy deel van die Skamander–groep, ’n beweging wat bestaan het uit Poolse digters soos: Julian Tuwim, Kazimierz Wierzyński, Antoni Słonimski en Jan Lechoń. Op daardie stadium het die eksperimentele digters gestreef om die digkuns los te maak van sy patriotiese aanslag en ’n meer modernistiese invalshoek aan te neem met poësie wat fokus op die alledaagse om die man op straat te kan bereik.

 

Heat

The weary days drag on like mules on a dusty track.

The holidays are tapping at the blinds…

Torrid heat prises itself in, squats in each crack.

Oh, how I miss your heart of ice…

Helaas haar poëtiese sukses het nie gepaard gegaan met haar persoonlike lewe nie. Jan Pawlikowski het na Wene verhuis waar hy verlief geraak het op ’n balletdanser. Hulle skei in 1929.

 

Shadow

If only the cloud of unloving

could slip from the face of our sun,

at your feet, flat as a shadow,

I’d lie down…

 

In 1931 trou Maria vir die derde keer met Stefan Jasnorzewski en verhuis in 1939 na Blackpool, Engeland waar hy as lugmag-offisier vir die RAF dienslewering doen. Verwyderd van haar geliefdes en intellektuele kringe, bekommerd oor die veiligheid van haar familie en welstand van haar land, ontwikkel sy eindelik kanker. Maria sterf op 9 Julie 1945 in Manchester waar sy ook begrawe is.

 

A Letter

Someone got a letter. Someone’s heart races.

Apple trees are in blossom, she’ll read it there.

She reads, clasps her hand to her throat, loses

her footing, and she drowns in air.

Maria het nie net poësie geskryf nie, maar het ook gesorg vir heelwat kontroversie in haar dramas waar sy tematiek soos: bloedskande, buite-egtelike verhoudings en aborsie ondersoek het. Sy het ook kommentaar gelewer op die belangrikheid van ’n vrou se keuse, eerder as plig om kinders in die wêreld te bring. Haar drama: A Woman of Wonder, wat in 1937 geskryf is, het juis sosiale kommentaar gelewer oor die vrou wat moet voortplant, teen die agtergrond van diktatorskap en is oor die algemeen ontvang as protes teenoor die Nazi-regime.

Met 13 bundels en 15 dramas het Maria Pawlikowska-Jasnorzewska een van die mees belangrikste skrywers van Pole gedurende hierdie periode geword. Maar dit is veral haar liriese, feministiese aanslag in haar poësie, wat sy intiem en sensueel verpak het, wat haar steeds vandag gewild maak. Butterflies – Selected Poems is ’n bundel wat vertaal is deur ‪Barbara Bogoczek en‪Tony Howard wat ’n keur is uit die digter se oeuvre.

 

Love

I haven’t seen you for a month or so.

No change. Perhaps I’m pale rather than fair,

sleepier, more silent. It shows

you can live without air.

Bibliografie:

Barbara Bogoczek, Tony Howard. 2000. Maria Pawlikowska-Jasnorzewska Butterflies – Selected Poems. Wydawnictwo Literackie: Kraków.

http://www.culture.pl/web/english/resources-literature-full-page/-/eo_event_asset_publisher/eAN5/content/maria-pawlikowska-jasnorzewska [nageslaan Mei ‘13]

 

Annemarié van Niekerk. Zo is het genoeg. Wisława Szymborska

Tuesday, April 16th, 2013

 

Die twintigste eeu was Pole nie goedgesind nie. Die land was die toneel van drie oorloë, nazi-terreur, die holocaust, en die stalinistiese diktatuur. Tog beleef die Poolse digkuns ‘n bloeitydperk in hierdie eeu en ontvang twee Poolse digters die Nobelprys vir literatuur: Czesław Miłosz (1911-2004) in 1980, en in 1996 die grande dame van die Poolse poësie, Wisława Szymborska (1923-2012). Oor Szymborska het ek destyds, toe sy die Nobelprys ontvang het, nog min geweet. En was toe ook nog nie in Pole nie.

Juis omdat Szymborska met soveel verwondering na alledaagse dinge in haar direkte leefwêreld kyk en in haar gedigte botstil daarby gaan staan, is sy ’n soort digter met wie se omgewing haar leser graag kennis maak. Sy is by uitstek ’n digters wat die doodgewone moment, soms teen die agtergrond van ’n gegewe stuk geskiedenis, in priemende nugterheid vaspen. ‘Het moment’ is ’n goeie voorbeeld van hoe sy haar verwondering oor iets alledaags vasvang.

 

HET MOMENT

 

Het is negen uur dertig lokale tijd.

Alles is op zijn plaats, in voorbeeldige harmonie.

In het dal een kleine beek, die een kleine beek is.

Een paadje in de vorm van een paadje van altijd naar immer.

Een bos met de schijn van een bos tot in eeuwigheid amen,

boven mij vliegen vogels, in de rol van vliegende vogels.

 

Zover het oog reikt heerst hier het moment.

Een van die aardse momenten

die men vraagt: ga niet voorbij.

 

 

Toe Szymborska in Februarie 2012 op 89-jarige leeftyd sterf, was ek nog steeds nie in Pole nie; dit was hoogtyd. Drie maande later, Meimaand, breek die geleentheid aan. Ons besoek Warschau, Lüblin en spesifiek ook Krakow waar Szymborska tot aan die einde van haar lewe gewoon het en waar Czesław Miłosz ook sy laaste lewensjare deels deurgebring het en in 2004 op die ouderdom van 93 dood is. (Die foto hierbo is van ‘n Poolse landskap deur die treinvenster geneem, dit het my natuurlik aan ‘Het moment’ herinner.)

Ons hotel in Krakow is op die Rynek Główny (Groot Mark) een van die grootste en mooiste markpleine van Europa. Ons hoë kamervenster kyk uit op die plein omring deur sy stylvolle geboue, middeleeuse markhal en mense wat onder veelkleurige sambrele op kafee-terrasse in die son sit – laasgenoemde waarskynlik ’n ietwat ander prentjie as wat hierdie selfde plein in die 13de eeu geken het, maar die geboue en ontwerp steeds outentiek, en boonop soos wat Szymborska en Miłosz dit geken het.

 

 

Die plein, so lees ek, word kort nadat die Duitsers aan die mag gekom het, hernoem na ‘Adolf Hitler Platz’ en word tydens die besetting o.a. gebruik vir propaganda doeleindes. So byvoorbeeld is daar soms van die geallieerde vliegtuie wat bo Pole neergeskiet is, op die plein grootdoenerig tentoongestel. Maar later het Adolf Hitler Platz weer die Rynek Główny geword en die allure van vroeër was terug. Die geskiedenis van die plein vergestalt beide goed en kwaad, die skone en die afskuwelike. En dit herinner my aan een van die gedigte wat na Szymborska se dood nog gevind en gebundel is:

 

EEN HAND

 

Zewenentwintig kootjes,

vijfendertig spieren,

ongeveer tweeduizind zenuwcellen

in elk topje van onze vijf vingers.

Precies genoeg

voor het schrijven van Mein Kampf

of The House at Pooh Corner.

 

Dit is verleidelik om Pole se nare geskiedenis te vergeet, as mens die prag van hierdie markplein bekyk, en aan die oorkant die ‘paleis’ waar ons die aand ’n Chopin klavierkonsert bywoon (nadat ons die vorige dag die pragtige en ook tegnologies-fantastiese Chopin Museum in Warschau besoek het). Pole is nie net ’n land van uitmuntende digters nie, maar ook die geboorteland van Chopin.

 

 

Hier in Krakov voel mens die wêreld van Szymborska  op jou vel… haar altyd helder en deursigtige poësie word tasbaar, asof jy iets terugkry wat jy verloor het. P.F. Thomése vat hierdie gevoel presies saam in ’n stuk wat hy oor haar in NRC Handelsblad skryf: ‘Door de bezieling van de gedichten geven ze je in woorden terug wat je ongemerkt aan werelden verloren bent.’

As ek die volgende oggend vroeg wakker word in die nog byna donker hotelkamer en wag dat die bed, stoel, spieëltafel, kas, mure en gordyne definisie kry terwyl die son haarself nogal lui aanmeld vir haar vroegoggendskof, onthou ek brokke uit ‘In de vroegte’, wat ek later weer opsoek:

 

IN DE VROEGTE

 

Ik slaap nog,

maar intussen vinden er feiten plaats.

Het raam wordt wit,

de donkerte grijs,

de kamer duikt op uit de wazige ruimte,

bleke, onzekere streepjes zoeken steun.

 

Achtereenvolgens, ongehaast

-het is een ceremonie-

dagen de vlakken van de wand en plafond op,

maken de vormen zich van elkaar los

de een van de ander,

de linkerkant van de rechter.

 

De afstanden tussen de voorwerpen schemeren,

de eerste schitteringen tsjilpen,

op een glas, op de deurknop.

Het lijkt niet meer alleen zo, maar is helemaal

wat gisteren werd verplaatst,

wat op de grond viel,
wat in de lijnen past.

Alleen de details zijn nog niet

binnen gezichtsbereik.

 

Maar opgelet, opgelet, opgelet,

veel wijst erop dat de kleuren terugkomen

en elk ding, zelfs het kleinste, weer zijn eigen kleur krijgt,

met de nuance van zijn schaduw erbij.

Dit verbaast me te zelden, hoewel het zou moeten.

Gewoonlijk word ik wakker als verlate getuige

wanneer het wonder al gedaan is,

de dag is gevestigd

en ochtendstond magistraal in ochtend veranderd.

 

Ons loop Krakov plat, besoek soveel as moontlik in die stad, proe-proe aan die wêreld van die Poolse Nobel-digters. En ons lees poësie terwyl ons in die Mei-sonnetjie op terrasse die dors les.

 

 

Szymborska het nie net oor klein momente geskryf nie, en ook nie net oor dit wat in haar eie omgewing gebeur het nie. Sy het ook ander wêrelddele verwoord én groot historiese gebeure, maar altyd met die blik op die menslike belewing, om juis daarmee die grootse impak van so ‘n gebeurtenis vas te vang. Daarom is haar gedig oor 9/11 vir my een van die mees treffendste beskrywings van wat op daardie dag gebeur het.

 

EEN FOTO VAN 11 SEPTEMBER

 

Ze sprongen uit de brandende etages naar beneden -

een, twee, nog een paar

hoger, lager.

 

Een foto hield ze levend tegen

en bewaart ze nu

boven de aarde naar de aarde toe.

 

Elk van hen is nog een geheel

met een persoonlijk gezicht

en bloed dat goed verborgen is.

 

Er is tijd genoeg,

voor het haar om los te waaien,

voor de sleutels en het kleingeld

om uit de zakken te vallen.

 

Ze zijn nog steeds in het bereik van de lucht,

binnen de kring van de plekken

die net zijn opengegaan.

 

Ik kan maar twee dingen voor hen doen -

die vlucht beschrijven

en geen laatste zin toevoegen.

 

Ook Szymborska het ’n finale sin geskryf. Onlangs het haar laaste gedigte, sommige nog onvoltooid, in Nederlandse vertaling deur Karol Lesman, by De Geus verskyn. Die bundel heet  ‘Zo is het genoeg’.

Maar van Wisława Szymborska kry ek nooit genoeg nie. En Pole het my hart gesteel.