Nuuswekker
Wednesday, March 10th, 2010
 Franz Kafka
Nou ja, toe. Die volgende is altyd ‘n vermaaklike speletjie vir mense met te veel tyd op hul trapmeuelens: hoeveel en watter skrywers is oorlede alvorens hulle roem bereik het. In ‘n groot mate is dit sekerlik ‘n nuttelose stukkie statistiek, maar tog interessant. Op die webblad Online Degree is daar ‘n omvattende artikel, met ‘n lysie van die Top 10 roemloos-gestorwe skrywers.
Die enigstes uit dié lysie wat ‘n mens in ‘n mate mee akkoord kan gaan, is Franz Kafka, Sylivia Plath, Emily Dickinson, Jane Austen en Anne Frank. Oor Franz Kafka het Online Degree die volgende te sê: “Today considered one of the quintessential existential (and, to a lesser extent, modernist) writers, many unfamiliar with Austrian writer Franz Kafka’s life will be shocked to discover that his intensive influence never coagulated until after his 1924 death from tuberculosis. Kafka actually spent much of his short life working in insurance and factories with the occasional dabbling in theatre. Most of his dark, deeply psychological short stories, novels, novellas, letters, and essays never saw publication in his lifetime - in fact, he ordered his contemporary Max Brod, the executor of his estate, to burn every manuscript without reading them. Obviously, Brod disobeyed these last requests. As a result, Kafka’s descriptive exploration of the more twisted, unknown corners of the human psyche entered into the literary canon. Loved and appreciated throughout the world, critics laud works such as The Metamorphosis, The Trial, The Metamorphosis, and many, many others as some of the greatest literary contributions from the 20th century. They have gone on to heavily inspire not only other writers, but artists, musicians, and other creative types as well.”
En ter plaatse? Hoe sal ‘n lysie met Afrikaanse skrywers daaruit sien? O, ja - beslis Eugène Marais en Ingrid Jonker, natuurlik. Koos Prinsloo? Waarskynlik nie, want hy was reeds ’n gerekende ten tye van sy dood … En wat van Wilhelm Knobel? Waarskynlik Wopko Jensma (en Peter Blum?) rondom wie daar ‘n hele leeskultus ontstaan het na hul onderskeie verdwynings uit die openbare oog.
Maar, nou ja. Ek skat die lysie van miskende digters wat nooit tydens hul leeftyd na waarde geskat was nie, en nog steeds ná hul dood pleit om herwaardering, is waarskynlik baie langer as bogenoemde paar name. ‘n Mens se gemoed sidder liggies om selfs net in dié rigting te begin dink: SJ Pretorius, GA Watermeyer, RK Belcher en Barend Toerien. Stephan Bouwer?
Ai, soveel name. Soveel hartseerverhale. Soveel verbeurde kanse …
***
Op die webblad is daar vanoggend sommer heelwat nuwe plasings. Robert Pearce se huldeblyk aan Peter Snyders, wat verlede jaar 70 geword het, is ‘n moet lees. So ook Andries Bezuidenhout se Blogfokus-bydrae oor Paul Klee, Walter Benjamin en ‘n gedig van Klee. Bernard Odendaal het weer ‘n aflewering geplaas in sy reeks oor gedigbesprekings; dié keer gaan dit oor ‘n aangrypende gedig van Stephan Bouwer, een van ons “vergete” digters … Ook Ilse van Staden het ’n nuwe inskrywing en by Nuwe Stemme is daar sommer drie: Lewies Botha, Niel van Deventer en Hennie Meyer. Dan het ons gister ook nog die Klikbord opgedateer met vele skakels na interessante leesstof wat tans op die internet te lese is.
Soveel onverdunde leesplesier! Geniet dit.
LE
Tuesday, March 9th, 2010
 Loftus Marais
Na afloop van die Woordfees moes ek nou al ‘n paar keer antwoord op die vraag wat vir my persoonlike hoogtepunte tydens die fees was … Ongelukkig, vanweë my boekwinkel se betrokkenheid op soveel fronte, was dit nie moontlik om alles wat ek graag sou wou, by te woon nie. Daarom sal my lysie per definisie maar gebrekkig en eensydig wees.
Maar vir my persoonlik was Loftus Marais se voorlesing tydens Sondag-aand se “Skemerverse“ onverdunde vreugde. Liewe hemel, watter talent is dié man nie! Hy het die gehoor omtrent in ekstase gehad met sy nuwe gedigte. Bykans elke vers is gevolg deur die mees uitbundige applous wat ek seker nog ooit by ‘n voorlesing gehoor het. En telkens om die regte rede, want sy nuwe verse is inderdaad onvergeetlik. Veral “Gedagtes oor ‘n ui” gaan een van die klassieke gedigte in Afrikaans word, vermoed ek. Om nie eens van “Boerpampoen” te praat nie!
Dan het ek ook enorme plesier gehad aan Ronel Nel-hulle se “Oopmond”-aanbieding. Dié konsep werk. Nog steeds is die ou Bekgeveg-magic daar met sy frenetiese tempo en verrassende wendinge, maar nou is daar die stertjie van ‘n uiters afgeronde (en professionele) klimaks om die program mee af te sluit: die getoonsette uitvoering van die impromptu-gedigte. Pure toonkrullekkerte, inderdaad. En geoordeel aan die gehoor se reaksie, ‘n wenresep.
Nog ‘n besonderse geleentheid was die bekendstelling van Nuwe Stemme 4. Wat ‘n voorreg was dit nie om so ‘n bietjie met dié nuwelinge te kon skouer skuur nie. ‘n Wonderlike aand met volle komplimente aan NB Uitgewers met hul organisasie rondom dié geleentheid, inderdaad. (En dankie vir die heerlike gesprek by die winkel Saterdagmiddag, Hennie. Dit was eweneens ‘n hoogtepunt.)
Maar nou ja, te veel vreugde is ook nie goed vir ‘n mens nie. Daarom, Melt & Kie: Veels geluk met ‘n genoeglike fees en geniet die rustiger tyd wat voorlê, want binnekort is dit weer Versindaba-tyd. Of wat praat ek nou?! En dalkies ook tyd vir ‘n blog of twee? Ek vra maar net …
***
Op die webblad is daar vanoggend net een nuwe plasing: Desmond Painter wat die onderhoud wat hy met Fanie Olivier gevoer het, in sy blogkamer geplaas het. Ook vestig ons jou aandag op die nuwe bundel, Vlerke vir my houteend, deur Kobus Lombard wat pas verskyn het. Inligting omtrent dié bundel is by Publikasies te vinde.
En dan word daar darem vandag ‘n ietwat koeler dag vir die Kaap voorspel en dit is beslis iets om na uit te sien, want gister was daar net ‘n Bybelblaadjie tussen die Kaap en die hel, glo my.
Nietemin, lekker lees aan alles en geniet dit wat in jou hand gegee word.
Mooi bly.
LE
Monday, March 8th, 2010
 David Baker
Uiteraard word dit van my vereis om nogals heel dikwels die kuberruim te deurkruis op soek na bruikbare items vir elke oggend se Nuuswekker. En ja, ‘n mens se oog raak nogals vernuftig in die proses van gryplees ten einde die mees belangrike, of bruikbare, brokkies raak te sien. Maar soms gebeur dit tog dat jou oog dit onkant waag en meteens tref iets in ‘n totaal onbelangrike artikel of berig jou en dan voel dit inderdaad asof jy jou ure reeds in ‘n donker kamer bevind en dan kom iemand ingestap en skakel die ligte aan.
Presies só ‘n ervaring was die onderhoud met ene David Baker op die webblad Bookslut. (Blykbaar is Baker ‘n bekende digter uit die Amerikaanse Midweste en boonop die poësie-redakteur van die wonderlike Kenyon Review. Ook veral bekend vir landskapsverse.)
Nietemin, hieronder volg ‘n paar van die treffende uitsprake wat hy tydens die onderhoud gemaak het:
Oor die vraag oor hoekom hy gedigte skryf: “I write from a very vivid and sort of bipolar combination of inward and outward necessities. Writing gives me access, or gives me words for, an interior world of emotions and thoughts and music that I wouldn’t have otherwise; I mean, writing poetry does that. But writing poems also gives me a connective presence; poetry is language, and language’s use is to reach out and connect, to say something to someone. Both of those impulses, inward and outward, are especially intense in poetry.”
Oor hoe ‘n gedig vir hom tot stand kom: “After I have the first impulse for a poem, I take notes and memorize and plan, but do not start the poem. I wait. I stew, study, think; by the time I actually sit to write, I know the first several lines by heart and also have a sense of the line and line-break and structure of the syntax. Of course, those often change later. But I wait. I also will fold in the start of one poem with the start of another, or the material of one in the material of another, making one poem from the impulses of several. I like that kind of collision or friction. What is the first impulse? Sometimes a musical phrase, a tone of voice, an intonation.”
Oor die kwessie van liriese poësie en narratiewe poësie (Ja, dié debat woed inderdaad wêreldwyd!): “I’m not one of those folks who sees a poem as either lyric or narrative. I think all good poems are always both lyric and narrative, and can be loosely identified or placed along a continuum defined by those poles. A poem had better have a rich set of lyrical values; and all poems, all language, are narrative in some abbreviated or extended way. Grammar itself is narrative - time passes, things happen, whether that amount of time is tiny or huge, and whether its depiction is linear or fractured or multiply-layered. The relationship of subject to predicate is narrative.
Mmm, nou ja. Beslis is dit die moeite werd om die volledige onderhoud op Bookslut te lees.
***
Vanweë die Woordfees, wat gisteraand ten einde geloop het, het dinge ietwat agterweë gebly op die webblad. So is die enigste nuwe plasing op die webblad ‘n essay deur Daniel Hugo oor Villa Hellebosch wat enkele jare gelede op LitNet verskyn het. Hierdie essay is veral vanweë die vertaling van ‘n Erik Menkveld-gedig van belang.
Maar sjoe, watter baldadige fees was die Woordfees nie … Veels geluk aan al die organiseerders. En dankie aan almal wat kom dagsê het by die winkel veral aan diegene wat ‘n besoek aan die stoep met sy prieël in Die Boord by hul skedule kon inpas.
Nou moet daar met mening uitgerus en opgevars word, want die KKNK lê óók nog voor …
Mooi bly en geniet die week wat op hande is.
LE
Friday, March 5th, 2010
 Omslag
Dit is vry algemeen bekend dat die Poolse digkuns van die mees dinamiese en gewilde in die wêreld is, en sonder twyfel is die Nobelpryswenner, Wisława Szymborska, die helderste juweel in hul kroon. ‘n Mens kan jou wel afvra waarom dit die geval is aangesien die meeste van haar mees entoesiastiese ondersteunings haar gedigte net in vertaling kan lees. Een verklaring is moontlik die volgende, soos verwoord deur Scott Spires: “Polish poets tend to be less word-drunk than their Russian counterparts, perhaps due to the differing qualities of their respective languages, and Szymborska is one of the most sober of all in this regard. Her work is unpretentious, free of unnecessary adornment, and invariably thoughtful. Language is her assistant, rather than a selfish entity which always wants to be the center of attention.”
By Szymborska gaan dit dus primêr oor die “idee” en nié soseer oor die spel met woorde nie. En dít verklaar na alle waarskynlikheid waarom haar verse so maklik (en goed) vertaalbaar is. Daarom ook dat daar etlike bloemlesings met haar poësie in vertaling in die handel beskikbaar is, maar die een wat my telkens winduit slaan, is die tweetalige Sounds, Feelings, Thoughts - Seventy poems by Wislawa Szymborska, wat deur Magnus J. Krynski en Robert A. Maguire vertaal is en deur die Princeton University Press uitgegee is. Wat hierdie bloemlesing verder besonders maak, is dat dit uitsluitlik haar vroeëre poësie, 1957 tot 1979, byeenbring.
Die waarde van dié besonderse publikasie word myns insiens besonder goed weerspieël deur twee anonieme kommentare op Amazon.com se webblad waar ek gaan snuffel het na meer inligting oor die boek: “Wisława Szymborska writes with the wit and freshness of the American beat poets, layered with the sence of history and emotional depth that can only come from living through the last seventy years of turmoil in Europe. She has a very musical style. She begins by building descriptive lines, then rises to a staccato rediscovery of her subject, then resloving each poem with a kind of rational passion that is rare in even the most accomplished poets. More poems are offered in View with a Grain of Sand, but not with the level of quality of translation. Highly recommened for those who do not want sentimentality, endless rhyming and dull subject matter. Szymborska is deserving off all of the attention she is finally receiving, and more.” En dan ook nog - “Of all the compilations, I prefer this one as it gives you both the original Polish as well as the translated English. So if you are feeling ambitious, you can take a stab at the Polish. This is the best translation of her work by far - it retains the lyrical intent of the author without being too literal. The poetry dances off your toungue and into your mind.”
En daarvoor kan ek nie anders as om hande te klap nie.
Inderdaad, ‘n wonderlike, leesbare vertaling.
Soos gebruiklik volg ‘n gedig onder aan vanoggend se Nuuswekker vir jou leesplesier.
***
Nuut op die weblad vanoggend is nuwe blogs deur Desmond Painter en Adolph van Coller, asook twee nuwe gedigte deur Ilse van Staden. In Brieweboks is daar ook nog die vers as huldeblyk wat Floris Brown ter herinnering aan Leonard Koza, wat onlangs oorlede is, geskryf het.
En dan verjaar twee digters vandag, te wete Charles Fryer en Loftus Marais, terwyl Lina Spies, wie se keur Die skyn van tuiskoms vroeër vandeesweek by die Woordfees bekend gestel is, môre verjaar. Veels geluk, julle. Mag die nuwe lewensjaar julle telkens verras met vreugde en onvergeetlike gedigte.
Mooi bly.
LE
Under a certain little star
My apologies to chance for calling it necessity.
My apologies to necessity if I’m mistaken, after all.
Please, don’t be angry, happiness, that I take you as my due.
May my dead be patient with the way my memories fade.
My apologies to time for all the world I overlook each second.
My apologies to past loves for thinking that the latest is the first.
Forgive me, open wounds, for pricking my finger.
I apologize for my record of minutes to those who cry from
the depths.
I apologize to those who wait in railway stations for being asleep
today at five a.m.
Pardon me, hounded hope, for laughing from time to time.
Pardon me, deserts, that I don’t rush to you bearing a spoonful
of water.
And you, falcon, unchanging year after year, always in the
same cage,
your gaze always fixed on the same point in space,
forgive me, even if it turns out you were stuffed.
My apologies to the felled tree for the table’s four legs.
My apologies to great questions for small answers.
Truth, please don’t pay me much attention.
Dignity, please be magnanimous.
Bear with me, O mystery of existence, as I pluck the occasional
thread from your train.
Soul, don’t take offense that I’ve only got you now and then.
My apologies to everything that I can’t be everywhere at once.
My apologies to everyone that I can’t be each woman and
each man.
I know I won’t be justfied as long as I live,
since I myself stand in my own way.
Don’t bear me ill will, speech, that I borrow weighty words,
then labor heavily so that they may seem light.
© Wisława Zsymborska
Thursday, March 4th, 2010
 Paul Snoek
Die kortlys vir die Paul Snoek Poëzieprys, wat al om die derde jaar toegeken word, is pas bekend gemaak. Die ses genomineerde digters is: Charles Ducal, Toegedekt met een liedje (Atlas, 2009), Eva Gerlach, Situaties (De Arbeiderspers, 2007), Peter Holvoet-Hanssen, Navagio (Prometheus 2008), Roland Jooris, De contouren van het verstrijken (Querido 2008 - foto), Bart Meuleman, Omdat ik ziek werd (Querido 2008) en Leonard Nolens, Bres (Querido 2007).
Die paneel beoordeelaars bestaan uit Bart Vanegeren, Yves T’Sjoen, Chrétien Breukers en Friedl’ Lesage. Die prys word op 25 April deur die stadsbestuur van Sint-Niklaas aangekondig en die prys geld beloop 4,000 euro.
Vorige wenners van dié gesogte prys is Joost Zwagerman, Peter Verhelst, Stefan Hertmans, Anneke Brassinga en Nachoem Wijnberg.
Wat vir Nuuswekker ‘n besonderse lekkerkry is hieromtrent, is die feit dat die meerderheid van dié betrokkenes nie onbekend vir jou behoort te wees nie: Charles Ducal vanweë sy Gedichtendag-essay en die ligte irritasie daaromtrent, Peter Holvoet-Hanssen, die pasaangestelde stadsdigter van Antwerp en bydraer tot hierdie webblad, Roland Jooris vanweë Yves T’Sjoen, nog ‘n gereelde medewerker, se bespreking van Jooris nuutste digbundel, Leonard Nolens vanweë my eie ongemak met die man se ego en natuurlik Chrétien Breukers, wat een van De Contrabas se vaste redakteurs is.
Nou ja, toe. Laat daar nie gesê word dat ons jou nie ingelig hou nie. Of hoe? Nietemin, vir jou leesplesier plaas ek vanoggend een van my gunstelingedigte deur Paul Snoek: die vyfde gedeelte van sy reeks Maria Magdalena.
***
Vanoggend is daar twee bydraes tot vandeesmaand se Blogfokus in die Brieweboks, en toevallig is albei vanuit die ander halfrond: Marie-Alice Boshoff vertel van ‘n besonderse kunsprojek by die Poëziecentrum in Gent, terwyl Chris Coolsma vanuit Groningen skryf oor Billy Collins se gedig oor die kunsmuseum in Brooklyn. Ook is daar ‘n nuwe gedig deur Joan Hambidge geplaas.
Lekker lees en geniet die dag wat in jou hand gegee is.
Mooi bly.
LE
Gedichten voor Maria Magdaleen, V
Van je eerste tot je laatste lichaam,
liefste, laat mij al de minnaars zijn.
Eerst de jonge danser, zacht en eenzaam,
die je speeksel zoekt en drinkt als wijn.
Later de gevreesde die zijn mieren
jaagt van hoer naar hoer, tot onze schade.
Soms de sterke met verstilde spieren,
hemelsbreed van blijdschap en genade.
Laatst de vader die het zaad zal dragen,
van je vrucht de vruchteloze pijn,
en aan je lichaam zal vragen:
liefste, laat mij de geliefde zijn.
© Paul Snoek (uit:Gedichten voor Maria Magdalena, 1971: Spermalie Uitgewers)
Wednesday, March 3rd, 2010
 Poëziekrant
Volgens ‘n berig op Knack het Willy Tibergien, stigter en hoofdirekteur van die Poëziecentrum in Gent en redakteur van die Poëziekrant, pas bekend gemaak dat hy beoog om weens ‘persoonlijke redenen’ in beide poste aan te bly tot 1 januarie 2013. Dit is nadat hy sy uittrede verlede jaar aangekondig het.
Intussen het die nuutste uitgawe van Poëziekrant vir vele mense as ‘n verrassing gekom, aangesien dit wil voorkom as Tibergien nou wel die volgehoue kritiek dat sy tydskrif stokkerig en oud-modies aandoen, ter harte geneem het en ‘n uitgawe gelewer het wat in sowel inhoud as voorkoms gewis meer opwindend is as die laaste aantal uitgawes. (Dis nou volgens ‘n vroeëre berig in De Contrabas.)
In sy redaksionale brief het Willy Tibergien gesê dat die dertigjarige viering van die Poëziecentrum en die vyf-en-dertigjarige viering van die Poëziekrant die ideale geleentheid is om dié besonderse publikasie te vernuwe: “Wij willen af van het etiket ‘literair tijdschrift’ dat bij te veel potentiële lezers en vooral bij jongeren te veel weerstand oproept,” het hy gesê. “Wij willen van Poëziekrant een boeiend ‘maandblad voor poëzie’ maken. De stap is klein. De nuance groot. (…) Een nieuw lettertype en de frisse rustige full quadri lay-out moeten de leesbaarheid vergroten. Ook aan de inhoud is en zal nog gesleuteld worden.”
Nou ja, toe. My eksemplaar van die betrokke uitgawe het ek ontvang en dit lyk beslis indrukwekkend. As lusmaker vanoggend, die volgende treffende aanhalings:
Uit die onderhoud met Christophe Vekeman, een van Vlaandere se vernaamste podiumdigters: “De vorm - er is in de literatuur geen andere waarheid.” En verder aan: “Als je als lezer geen belang hecht aan vorm, kun je beter enkel de krant lezen. Als je als schrijver geen belang hecht aan vorm, kun je beter de krant volschrijven.”
En dan, in ‘n bespreking van die nuutste uitgawe van Armada - Tijdschrift voor wereldliteratuur, Maaike Meijer se uitspraak: “Lezen is een archeologie van het weten: je wordt weer herinnerd aan wat je vergeten was dat je wist.” En, ten slotte, Dirk van Hulle se pragtige uitspraak oor die digkuns: “Poëzie brengt niets teweeg, maar ze is wel de enige die de nauwliks hoorbare plof registreert.”
Inderdaad, steeds ‘n publikasie waarop enige digkuns met reg trots kan wees …
***
Sedert gister het daar net Ilse van Staden se nuwe plasing bygekom. En dan sien ek in vandag se publikasielys vertalings in Engels gereed lê met gedigte van Breyten Breytenbach, Boerneef en Wilhelm Knobel. Die vertalings is gedoen deur Tony Ullyatt. Die skakels sal later opgesit word in ons Vertaalkamers.
Geniet hierdie middel-in-die-week dag.
LE
Tuesday, March 2nd, 2010
 Heimrad Bäcker
Met die uitsondering van Willem Boshoff se kykafrikaans is konkrete poësie maar skaars ding in ons digkuns. ‘n Meer onlangse voorbeeld is sekerlik Allooi, die tweegesprek tussen Ben Botma as kunstenaar en Bernard Odendaal as digter, wat tydens Woordfees hierdie week by die Stellenbosch Kunsgallery bekyk kan word, en dan meer spesifiek Bernard Odendaal se sms-haikoes wat hy na aanleiding van koerantberigte geskryf het. (Kyk na die voorbeelde onder aan vanoggend se Nuuswekker of lees meer op Bernard se blog. Nog haikoes is te vinde in sy gedigtekamer.)
Nietemin, in my soeke na beter begrip oor presies wat dié digstyl behels, vind ek op die New York Review of Books se webblad ‘n bespreking deur Charles Simic van ‘n fassinerende digbundel: die Oostenrykse digter, uitgewer en fotograaf, Heimrad Bäcker (1925 - 2003), se posthume bundel transcript wat deur Patrick Greaney and Vincent Kling na Engels vertaal is. Op die uitgewer, Dalkey Archive Press se webblad kry ek die volgende inligting: “transcript is a disturbing document. Using the techniques of concrete and visual poetry, Heimrad Bäcker presents quotations from the Holocaust’s planners, perpetrators, and victims. The book offers a startling collection of documents that confront us with details from the bureaucratic world of the Nazis and the intimate worlds they destroyed. Bäcker’s sources range from victims’ letters and medical charts to train schedules and the telephone records of Auschwitz. His transcriptions and reworkings of these sources serve as a reminder that everything about the Shoah was spoken about in great detail, from the most banal to the most monstrous. transcript shows us that the Holocaust was not “unspeakable,” but was an eminently describable and described act spoken about by thousands of people concerned with the precision and even the beauty of their language.”
Ter illustrasie die volgende gedig:
you are requested to leave the keys in the locks of all furniture, chests etc. as well as the keys in the locks of all interior doors. if the keys are on a separate key ring, they are to be taken off and placed in the lock of the receptacle to which they belong. to the building and hallway keys should be attached a ribbon and a piece of cardboard on which you are to write your names and apartment number and identification number. these keys are to be given to the authorized official. before leaving your residence, the list of assets that was issued to you is to be
Inderdaad, “konkrete poësie” op sy allerbeste. Volgens Charles Simic is die kumulatiewe effek van dié fragmente ‘n “harrowing experience” en sluit derhalwe sy bespreking af met die volgende opmerking: “Poetry is in the details, we usually say, but so is cruelty.” En dié uitspraak is net so van toepassing op Bernard Odendaal se sms-gedigte hier onder. Uiteraard behels die begrip “konkrete poësie” gedigte waar resonansie ontbreek, maar waarin lê die trefkrag van dié verse dan? In die buite-konteks? Ek weet nie … Dalk kan iemand dit vir my verduidelik? Want poësie is dit beslis, maar, helaas, ek beskik nie oor die vermoë om te verklaar presies hóékom nie …
***
Sedert gister oggend het Yves T’Sjoen die vyfde aflewering geplaas in sy reeks oor peritekste. Hierdie keer fokus hy op die digkuns van Roland Jooris. Dan het ons ook ‘n huldeblyk aan M.M. Walters, wat verlede jaar 80 geword het, van Daniel Hugo ontvang. Dit is in die Brieweboks geplaas.
Gepraat van die Brieweboks - Gister is die Blogfokus vir Maart bekend gemaak en vandeesmaand kyk ons na gedigte oor skilderye (of skilders). So, skryf ‘n brief aan Brieweboks en kwalifiseer vir die boekprys ter waarde van R250 by Protea Boekwinkel. Begeleidende stukke tot die Blogfokus is Carna Stander se artikel oor “Breyten Breytenbach: Die skilderdigter as mitologiese figuur” en die Indeks van die sogenaamde “beeldgedig” wat deur Johann de Lange saamgestel is en in stand gehou word.
Lekker lees en mag hierdie Dinsdag ‘n plesierige affêre wees vir jou.
Mooi bly.
LE
JUWELE TUSSEN ALLANRIDGE & BOTHAVILLE 31/05/2008
stormwatrpyp-
vonds: jweelstuke & vr-
minkte jnkvroulyk
PUTTOILET BY SPITSKOP, BFTN 13/01/2009
‘lyk’ na j gvind
duikrs in ’n puttoilet
brokkis been ’n kind
GEREEDSKAP IN VIERFONTEIN-DISTRIK 30/03/2009
boer mt ystr dood-
gslaan, 2e mt ’n graaf
& toe vee hy stoep
MIELIES BUITE ODENDAALSRUS 02/04/2009
man soos 3talig
bord by grnsdraad dryg, doodg-
moer oor milis steel
KIERIE VAN THABONG, WELKOM 12/05/2009
ouma slat klynkind
toe sy hoenrboud uit pot
gaps mt kiri pap
DOEKSPELD TE DAGBREEKBUURT, WELKOM 21/05/2009
tas mt doekspeld toe-
gsteek by moskee gelos
peutrlyk ‘sielsbom’
(c) Bernard Odendaal
Monday, March 1st, 2010
 Woordfees
Tussen die Woordfees en poësie het daar reeds sedert sy ontstaan in 1999 ‘n besonderse band bestaan en vanjaar se fees, wat vandag begin, is geen uitsondering nie. Die digkuns word gewis sterk verteenwoordig in vele vorme. Op sy blog het Melt Myburgh, Woordkuns-projekbestuurder by Woordfees, te kenne gegee dat hy van tyd tot tyd lusmakers gaan plaas vir die poësie-komponent van die fees. Maar, helaas, lyk my dinge verloop maar ietwat dol daar by sy kant van die draad.
Ek help hom dus graag in hierdie enorme taak deur jou aandag op die mees vername poësie-items te plaas deur hulle vir jou gerief onder aan vanoggend se Nuuswekker vir jou te lys. Maak seker dat jy nie dié besonderse geleenthede misloop nie. Hulle is in volgorde van dag-tot-dag ingedeel.
Die volledige program kan hier bekyk word. Ook het ek skakels by bepaalde items na toepaslike inhoud op die webblad aangebing.
***
Vanoggend wemel die webblad weer met nuwe inhoud. So is De Contrabas se Nuusbrief vir Februarie geplaas, terwyl Chris Coolsma sy toetrede tot Wisselkaarten maak. Aan die blogkant van sake is nuwe inskrywings geplaas deur Philip de Vos en Johann Lodewyk Marais, met nie minder nie as dríé nuwe inskrywings by die Nuwe Stemme-blog, te wete: Lize Viljoen, Lewies Botha en Jannie Malan. Ten slotte vestig ek jou aandag op nuwe gedigte wat van Zandra Bezuidenhout en Joan Hambidge ontvang is en in hul gedigtekamers geplaas is.
Lekker lees aan alles en mag dié week vir jou ‘n feestelike een wees …
Mooi bly.
LE
Klanktitels
Met Jan-Hendrik Harley (altviool), Brydon Bolton (kontrabas), John Pringle (perkussie) en Pierre-Henri Wicomb (klavier). Gedigte deur o.a. Willem Anker en Rob Bolton
In hierdie projek, spesiaal vir die Woordfees aangepak, word musiek op onkonvensionele wyse gekombineer met teks om aanknopingspunte tussen verskillende media te vind. Ejncp, oftewel Ensemble je nes comprends pas, is een van die weinige Nuwe Musiek-ensembles in die land. Die lede daarvan is almal komponiste in eie reg.
1 Maart 17:30 ● Fismer-saal ● 55min ● R65
Drieluik
Marion de Vos en Floris Brown lees verse voor uit hul publikasie Drieluik, waarin foto’s van Hilde Vaatstra opgeneem is. Nederlands en Afrikaans word verknoop rondom temas soos verbondenheid met die natuur, die kosmos, die liefde en ʼn soeke na spirituele wysheid.
2 Maart 14:00 ● Erfurthuis ● 60min ● Gratis
(more…)
Friday, February 26th, 2010
 Stefaan Goossens & Ronel Foster
Vanoggend kan ek bekend maak dat ”Over grenzen / Oor grense” uiteindelik beskikbaar is by Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Hierdie tweetalige, vergelykende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poësie is die resultaat van ‘n jarelange samewerking tussen letterkundige ondersoekers van die Afrikaanse en Nederlandstalige digkuns, en is die eerste publikasie van sy aard sedert 1945.
En wat ‘n pronkwerk is dit nie!
Onder die redakteurskap van Ronel Foster (Universiteit van Stellenbosch), Yves T’Sjoen (Universiteit Gent) en Thomas Vaessens (Universiteit van Amsterdam) het hulle nie minder nie as sestien navorsingstukke deur ons vernaamste literatore byeengebring wat op die werk van uiteenlopende digters en ‘n verskeidenheid van temas konsentreer. Op die flapteks word dit soos volg gestel: “De interactie tussen literaire actoren is nog maar zelden supranationaal, grens- en taaloverschrijdend onderzocht. In comparatistische deelstudies wordt ingegaan op de wijze waarop teksten interageren, hoe schrijvers elkaar inspireerden en konden beïnvloeden, en in welke mate vormen van samenwerking en uitwisseling van ideeën heeft plaatsgevonden in de respectieve literairesystemen. Zestien verhalen. Verhalen over Anna Enquist en Antjie Krog, Karel Jonckheere en N.P. van Wyk Louw, M. Vasalis en Elisabeth Eybers, Annie M.G. Schmidt en Philip de Vos, J. Slauerhoff en C. Louis Leipoldt,Mustafa Stitou en Sydda Essop, performances en smartlappoëzie.”
Inderdaad ‘n boek waarop ‘n mens met reg trots kan wees. En teen ‘n verkoopsprys van R660 bly dié knewel van meer as 400 bladsye ‘n winskoop deur en deur. (Terloops, op die meegaande foto oorhandig Ronel Foster ‘n kopie van die boek aan Stefaan Goossens van die Poeziencentrum in Gent.)
Die boekbesonderhede is soos volg:
TITEL: Over grenzen / Oor Grense
REDAKSIE: Ronel Foster, Yves T’Sjoen en Thomas Vaessens
UIITGEWER: Uitgeverij Acco, Leuven
ISBN: 978 90 334 7355 5
***
Sedert gisteroggend het twee nuwe inskrywings bygekom: Hennie Meyer in die Nuwe Stemme-blog en Andries Bezuidenhout wat vertel van ‘n lieflike liriek deur Nick Cave. Dan is daar ook ‘n nuwe toevoeging tot die gedigtekamers gemaak, naamlik gedigte deur Hans Pienaar uit sy pasverskene bundel, Notas uit die empire. ‘n Goeie tyd om jou agterstallige leeswerk in te haal, dus.
En dan is dit boonop vandag Daniel Hugo se verjaarsdag! Lekker verjaar, Daniel. En dankie vir al jou meelewing en ondersteuning.
Mmm, ’n gróót naweek is op hande. Geniet hom …
Mooi bly.
LE
Thursday, February 25th, 2010
 Louis, Marlise & Chris
Een van die mooiste eienskappe wat ‘n mens in ‘n persoon kan teëkom, is die totale afwesigheid van ‘n besef van watter impak so ‘n persoon op die lewens van ander mense het wat in kontak met haar of hom kom …
Een só ‘n persoon is my jarelange vriend Chris Coolsma.
Daarom, vergun my vanoggend ‘n persoonlike Nuuswekker; in hoofsaak by wyse van bekendstelling vanweë die feit dat Chris pas na vele versoeke tóg ingestem het om aan Wisselkaarten deel te neem.
Maar wie is Chris Coolsma, sou jy vra. Wel, jy kan hier na sy biografiese skets gaan kyk, maar steeds sal dit geen aanduiding gee van die uitsonderlike mens wat hy is nie, want indien dit jou ooit in jou lewe geluk om paadjies te kruis met ‘n wonderbaarlik kreatiewe en meelewende mens, dan is dit hy.
Ter agtergrond, twee illustrasies: Dit is die vroeë 1990s en die hele internet-gedoente is maar nog in sy babaskoene. Ek ontdek ‘n Nederlandse webblad De Opkamer (in vele opsigte ‘n webruimte soos Woes vandag) en plaas met groot entoesiasme ‘n gedig van my. En die kommentare begin instroom; merendeels negatief en sarkasties aangesien die Nederlandse lesers klaarblyklik nie besef het dat dié gedig in Afrikaans geskryf is nie. Hulle was onder die indruk dat dit iemand is wat probeer gekskeer deur in ‘n baster kindertaal-dialek te dig … Nietemin, ene Chris Coolsma betree die terrein en maak die vloer skoon met ‘n omvattende interpretasie en lesing van die vers. Kan julle dink wat dit vir my, as groentjiedigter op die “internasionale verhoog” beteken het?! Hoe dit ook al sy, in daardie tye, anders as wat dit in die meeste gevalle vandag gesteld is, het bydraers se e-pos adresse onderaan hul inskrywings verskyn; ek het waarderende brief aan hom geskryf en so het die wonderlikste vriendskap oor die bestek van honderde briewe tot stand gekom.
Maar, die mooiste voorbeeld van die mens “Chris Coolsma” is egter die volgende: In 2008 is ek en Marlise na Cambridge vir haar dogter se troue. Chris en sy vrou, Lidi, is ook spesiaal daar van Groningen af. Terloops maak ek die opmerking dat die één ding wat ‘n reisiger grensloos mis, sy “eie” musiek is; dat ek totaal wanhopig uitgehonger is vir ‘n ordentlike stuk (klassieke) musiek. Nietemin, ‘n week later is ons in Amsterdam en Chris bel. Vra of ons een middag aan hom sal kan afstaan. Hy het naamlik ‘n verrassing vir ons. Hy ry toe al die pad van Groningen af na Amsterdam, en neem ons na ‘n vriend se huis in ‘n totaal ander gedeelte van Amsterdam waar ek en Marlise genooi word om aan te sit by ‘n netjies gedekte tafel met kaas, beskuitjies en wyn. Die verrassing? Chris het naamlik twee van sy vriende - ‘n violis en tjellis onderskeidelik - opgekommandeer om ons, met hom as klavierspeler, ‘n drieuurlange uitvoering van Haydn se trios te gee … Ai, mense. Daar sit ons, totaal beknepe in die gesellige binneruimte van verruklike musiek terwyl ‘n sneeugordyn die kaalgestroopte bome buite in die tuin donker vlek. Wat ‘n belewenis, wat ‘n geskenk …
Die mens Chris Coolsma. Meelewend, vrygewend. En nou gaan ons voortaan ook deel kan hê aan die ryk gedagtewêreld van dié begaafde en besonderse mens. Welkom, Chris - ek weet hoe benoud jy is oor dié gedoente, maar by voorbaat sê ek dankie namens al ons lesers.
As lusmaker plaas ek vanoggend ‘n vers van Chris, wat verlede jaar in Meander verskyn het, onder aan hierdie Nuuswekker, met as verdere toegif - én as geskenk aan Chris bedoel - die vers wat na dié besonderse middag ontstaan het.
***
Sedert gisteroggend het daar vier verdere plasings op die webblad bygekom: Bernard Odendaal se wonderlike stuk oor die liefdesvers, en ‘n brief in Brieweboks deur Johann de Lange oor ‘n verpletterende mooi vers van Dorianne Laux. Dan is daar ook nog Daniel Hugo se haikoe-variasies in sy gedigtekamer en Bibi Slippers wat haar toetrede tot die Nuwe Stemme-blogkamer maak.
Liewe hemel, watter vreugde is die lewe nie! Vreet hom vandag stronk en al …
Mooi bly.
LE
Cyste
Je zult maar dichter zijn;
Gevangene van je geheugen
- om te ontsnappen
sonnetten van de dood
en van verlangen
naar verre geliefden
moeten schrijven-
met ruwe muren
die je zinnen schuren
tot kil diamant.
Je zult maar dichter zijn
en dan moeten ijsberen
op de koude spiegelvloer
van je eigen waan.
Je zult maar gedwongen
dichter zijn
van grafschriften
op een kerkhof
met één zerk.
© Chris Coolsma (Meander, 2009)
Voorkamermusiek
In Cambridge al noem jy heel terloops aan jou vriend
hoe geweldig julle musiek mis
en twaalf dae later trakteer hy julle in Amsterdam
met ‘n voorkamerkonsert
vir twee. Terwyl julle eenkant by ‘n tafel wyn
en kaas geniet, speel hy en twee ander
ure lank Haydn se musiek vir klavier, viool en tjello.
Buite skif sneeuvlokke geluidloos
tussen die bome en geboue deur, warm soos
die samesyn van hierdie bebrilde gryskopvriende
wat jare reeds oor hul bladmusiek buig
om die intiemste gesprek te vind: die weefsel
van klank en ritme wat selde - indien ooit -
so volmaak vervleg soos nou,
met hierdie oomblik in die binneruimte
van ‘n huis
wat delikaat ingesleutel word by
die verloop se
uitgestelde akkoord.
(c) Louis Esterhuizen
|
|