Nuuswekker

My laaste Nuuswekker

Friday, May 20th, 2011
Tjailatyd

Tjailatyd

Vreemd hoe bepaalde terloopse insigte of aanhalings lewenslank ‘n beduidende invloed op ‘n mens se lewe kan hê. So onthou ek die opmerking wat ‘n spokerige vent in die vergeetlike film Field of dreams aan die Kevin Costner-karakter gemaak het, baie helder: “If you built it, they will come,” het die gedaante gesê en toe bou die arme man ‘n sagtebalbaan in sy mielielande en al die gestorwe sagtebalspelers kom en speel sagtebalwedstryde in die maanlig ten aanskoue van hom en sy geliefdes. Nog só ‘n bepalende aanhaling in my lewe was nog altyd die Poolse digter, Zbigniew Herbert, se opmerking dat ‘n volk die digters verdien wat hy kry.

Albei dié aanhalings was vir my en Marlise tong-in-die-kies-motiverings met ons besluit in 2005 om te midde van heelwat skeptici, ‘n jaarlikse fees vir die Afrikaanse digkuns te reël. So ook met hierdie webblad enkele jare later.

Aangesien die meelewende welwillendheid van alle rolspelers in die Afrikaanse digkuns noodsaaklik is vir die volhoubaarheid van so ‘n projek, was ons aanvanklike voorneme dan juis dat dié webblad as ‘n kollektiewe inisiatief moet funksioneer waarby soveel belanghebbendes as moontlik betrek word terwyl ons (meer spesifiek Marlise) die webruimte vir hulle instandhou. Baie gou het ons egter besef dat dit ‘n totaal onrealistiese en idealistiese verwagting is; té veel mense het hierdie ruimte gesien as die geleentheid om óú persoonlike geskille in die openbaar te besleg. Die gevolg was dat ons noodgedwonge ons toetrede as “redaksie” tot die webblad moes maak ter wille van die goeie orde en handhawing van aanvaarbare standaarde; in dié mate dat dit mettertyd ‘n alles oorheersende teenwoordigheid in ons lewens geword het tot die punt waar die sluk op die bottel wat vereis word, te veel was om te sluk. Veral as daar (soms) ‘n bietjie modderige water saam met die mondspoel kom.

Nietemin, in ‘n poging om te bepaal wat die werklike belang van die webblad is, het ons die afgelope maande met etlike belanghebbendes gesels en die terugvoer was so oorweldigend positief dat ons na heelwat ‘hand-in-eie-boesem-gedoentes’ besluit het om wél voort te gaan met die webblad, maar dan in ‘n gewysigde (en minder tydrowende) formaat wat oor die volgende paar dae duideliker sal word.

Die volgende punte is daarom van belang:

  • Daar word teruggekeer na ons aanvanklike idealisme van die webblad as kollektiewe onderneming. Vandaar die toevoeging van “Binneblik” waarmee heelwat meer bloggers toegang tot die webblad gegee sal word ter aanvulling van die reeds bestaande ‘vaste bloggers’. (Laasgenoemde sal ook by “Binneblik” verskyn, maar al hul bydraes sal onder hul name by “Bloglaaie” bymekaar gehou word.
  • Alle ander vaste inhoud (soos byvoorbeeld nuwe gedigte, vertalings, onderhoude, artikels, essays en resensies), wat tot dusver via ‘n indeksblad gelaai moes word, sal mettertyd ook na ‘n blogrol omgeskakel word. Iets wat heelwat tyd vir ons webmeester sal bespaar …
  • Ook is bepaalde individue wat ‘n bewese belang by die webblad het, genader om as ‘advieskomitee’ te funksioneer en te help met die verkryging van nuwe (vaste) inhoud vir die blad. (Terloops, dit sluit ook groter skakeling met - en betrokkenheid van - ons kollega’s in die Lae Lande in; soos jy waarskynlik reeds by Nuwe Gedigte bespeur het.)
  • Nog ‘n verandering is dat die hoofblad mettertyd na ‘n blogrol waarop alle nuwe bydraes outomaties sal verskyn, verander sal word. Ook dít sal heelwat tyd bespaar aangesien elke blikvanger tans opgestel en ‘gelaai’ moet word.
  • Daarom, met al bogenoemde in gedagte, is dit duidelik dat ons rol as ‘redaksie’ en meer spesifiek my funksie as ’inhoudsbestuurder’ nou oorbodig is, aangesien die advieskomitee hierdie funksie(s) voortaan sal verrig.
  • Ook my daaglikse “Nuuswekkers” sal dus gestaak word; vandaar dat hierdie my laaste plasing onder dié banier is. Die webmeester sal my egter wel as blogger registreer en met dié vergunning sal ek vanaf volgende week voortgaan om stukke te plaas na gelang van tyd en behoefte. Maar dit sal geskied volgens die óú weermagbevel van: Op jou eie teiken … in jou eie tyd … Vuur!!! Nogtans sal ek die trant en fokus daarvan probeer behou soos wat dit die geval was met die 540 Nuuswekkers wat ek daagliks sedert 1 Mei 2009 geplaas het.

 

Ek en Marlise is van mening dat hierdie aanpassings nie net daartoe gaan bydrae dat die werkslading meer hanteerbaar sal wees nie, maar dat die beginsel van mede-eienaarskap tot ‘n meer omvattende en verteenwoordigende blad gaan lei. Die bedoeling met hierdie webblad was immers nooit om dit as ’n ‘moms en pops’-blad met ‘n ‘local-is-lekker-flavour’ (soos ‘n bepaalde kommentator dit gestel het), te bedryf nie.

En, omrede die webblad voortaan as ‘n kollektiewe onderneming deur digters en ander belanghebbendes bedryf gaan word, sal dit uiteraard presies wees wat die digkuns verdien; met watter vonkel en vratte ook al daardeur tentoongestel mag word.

By wyse van laaste groet plaas ek graag die gedig wat Breyten Breytenbach gestuur het in reaksie op ‘n bepaalde gesprek onderaan hierdie Nuuswekker. Eintlik verwoord dit presies (en beter) wat ek hierbo probeer verduidelik het.

***

Vanoggend fokus ek graag jou aandag op ‘n wonderlike inisiatief wat Marlies Taljard geneem het. In die 3de aflewering van haar reeks oor Beeld en Teks het sy naamlik ‘n onderhoud met Heilna du Plooy gevoer oor die ontstaansgeskiedenis van dier gedig “Chiaroscuro“. By Nuwe Gedigte is daar verder ook bydraes deur twee digters uit die Lae Lande: Jan Theuninck met sy treffende gedigte en Delphine Lecompte oor wie ek reeds in ‘n vorige Nuuswekker berig het.

Ten slotte - die onderhoud wat Amanda Lourens gevoer het met Marlise Joubert oor haar pasverskene bundel, Splintervlerk.

En daarmee, vir oulaas, geniet die naweek wat op hande is in die mate wat dit gegun word. Ek hervat my bydraes (hopelik) volgende week aan die blogkant van sake.

Mooi bly.

LE

 

die digters se manifes van meelewing

 

ons is die digters / ons gun mekaar die vryheid van denke

en verbeelding / ons kyk die een na die ander

se woordeworstelinge soos kleuters wat Noag se arkeologie

met modelleerklei boetseer / en ons

is bly elkeen oor die vrug van die ander

se hande / ons is die digters / ons het gróót

medeklinkende harte wat belangeloos

opgaan in die liefde / ons is nie jaloers

of nydig nie / ons voel nooit afgeskeep nie /

ons oordeel en veroordeel nie / ons

probeer mekaar nie bewimpel met ekkerigsotiese

kontsepte van die Empaaier nie / nóg

sal ons ‘n ander ooit vergiftig met wierook

of in die kánondonder stuur /

ons is die digters / geringskattend

as woord is te tongbeduiwelend om ooit

vars en viets in ‘n vers lê gemaak te word 

en ons ken nie van liemaak of vermakerigheid nie /

ons baklei immers nie vir krummels

van die baas se tafel nie / kyk, ons loer nooit af

en aap nooit na nie / ons is die digters / ons koer

wedersydse bewondering soos vredesduiwe /

buitendien: ons weet al ons lettergrype is torinkies

van as en sandkasteeltjies in die land / en óns

brandkerse in die wind van geskiedenis / daarom

is ons monde welluidend van meelewing /

want ons is die digters / broers en susters /

so waarom sou ons mekaar ook ooit

            in die oond wil steek?

 

© Breyten Breytenbach. Mei 2011

 

Ekstreme voorbeeld van selfpromosie

Thursday, May 19th, 2011
Andrew Kessler

Andrew Kessler

In nog ‘n voorbeeld van bandelose selfpromosie het ‘n relatief onbekende Amerikaanse skrywer genaamd Andrew Kessler besluit om sy eie boekwinkel te begin met net één boek wat te koop aangebied word, naamlik sy eie. Aangesien hy nie wil toesien dat sy wetenskapsroman, Martian Summer, teen topverkopers soos Stephenie Meyer en Stieg Larson se boeke om rakspasie in algemene boehandels moet meeding nie, het hy besluit om sy eie winkel in Hudsonstraat, New York, te open met 3,000 kopieë van Martian Summer wat die rakke vul. ’n Reklamebord voor die winkel verklaar “We have one book but we’re NOT scientologists”.

Monobookism

Monobookism

Monobookism noem hy hierdie inisiatief van hom; ‘n idee wat hy glo by ‘n frikadellesaak laer af in die straat gekry het: “I felt I was just going to send my book out in the world, close my eyes and hope for the best (with my two inches of shelf space at the local bookshop). I couldn’t do that,” het hy aan The Guardian gesê. “One day after a meatball dinner at a store on the Lower East Side that only sells meatballs, ‘The Meatball Shop‘. I stumbled outside, looked up and saw a church. And then I realised I could try to sell my book like a meatball. Monobookism was born.”

Volgens Kessler was die publiek se reaksie op sy balatante selfpromosie nogal interessant en gevarieerd: “You have to take some risk if you’re going to dream big. I do have a solid appreciation for all the commenters who’ve written me off as a ’stupid hipster trust-fund kid’. But in the end it was the generous support of friends and fans of Martian Summer that really made it happen [...] Some people come in and hug whomever happens to be working in the store because they love it. And some people demand to know - aggressively - how we could be so foolish. That makes for a pretty unique work environment.”

Nou ja, toe. Wat is volgende? Digters wat met ‘n mandjie vol eie publikasies by verkeersligte staan in ‘n poging om hul oplaag uit te verkoop?

Mmm, laat ‘n mens wonder, nè.

***

Sedert gister het die volgende bydraes op die webblad verskyn: Andries Bezuidenhout skryf oor die kerke van Winburg, terwyl Heilna du Plooy oor die kwessie van “Generasie Y”  besin met ‘n interessante inspeling op Gustav Mahler se 5de Simfonie; meer spesifiek die Adagietto-beweging.

Soos vroeër genoem is ons besig met nuwe inisiatiewe vir die webblad. Een daarvan is om die net vir Nuwe Gedigte ietwat wyer te gooi en danksy die bemiddeling van Luuk Gruwez en veral Jan Pollet het ons die afgelope paar dae sommer heelwat gedigte deur Vlaamse en Nederlandse digters ontvang. Digters wie se gedigte vanoggend gelees kan word, is Hans van de Waarsenburg, Fred Papenhove, Bart Plouvier en Bart Stouten.

Opwindende tye, inderdaad.

Geniet dit.

LE

 

 

Die noodwendigheid van selfpromosie

Wednesday, May 18th, 2011
Tony Perrottet

Tony Perrottet

Synde Verkiesingsdag maak ‘n Nuuswekker oor selfpromosie sekerlik sin. So het ene Tony Perrottet op New York Times se webblad die volgende opmerking oor die kwessie van selfpromosie deur skrywers gemaak: “As every author knows, writing a book is the easy part these days. It’s when the publication date looms that we have to roll up our sleeves and tackle the real literary labor: rabid self-promotion. For weeks beforehand, we are compelled to bombard every friend, relative and vague acquaintance with creative e-mails and Facebook alerts, polish up our Web sites with suspiciously youthful author photos, and, in an orgy of blogs, tweets and YouTube trailers, attempt to inform an already inundated world of our every reading, signing, review, interview and (well, one can dream!) TV ­appearance.”

En ja, dit is tans seker so dat enige uitgewer van ‘n betrokke skrywer se werk die verwagting koester dat die betrokke skrywer ook sal meehelp om die boek nie net te adverteer nie, maar ook te verkoop. Uiteraard is nie alle skrywers ewe gemaklik óf suksesvol hiermee nie; by sommige ontstaan daar veral ‘n bepaalde ongemaklikheid rondom kwessies soos selfvertroue en fatsoenlikheid. “In this era when most writers are expected to do everything but run the printing presses, self-promotion is so accepted that we hardly give it a second thought,” skryf Perrottet. “And yet, whenever I have a new book about to come out, I have to shake the unpleasant sensation that there is something unseemly about my own clamor for attention. Peddling my work like a Viagra salesman still feels at odds with the high calling of literature.”

In só geval is dit natuurlik sinvol om ‘n historiese kyk te gee na vroeëre skrywers en die maniere waarop hulle hul werke gepromoveer het. “For artists, the great problem to solve is how to get oneself noticed,” het Balzac in sy klassieke roman Lost Illusions kwytgeraak. Nog ‘n klassieke meester, Stendhal, het die volgende opmerking in sy outobiografie, Memoirs of an Egotist, gemaak:  ”Great success is not possible without a certain degree of shamelessness, and even of out-and-out charlatanism.”

Ernest Hemingway

Ernest Hemingway

Maar dit is veral Ernest Hemingway wat waarskynlik nog steeds die standaard ten opsigte van selfpromosie stel, aangesien hy dit sy oogmerk gemaak het om in die advertensies vir bykans alle moontlike produkte te verskyn; om maar net enkeles te noem: advertensies vir maatskappye wat safari’s en hengel-ekspedisies adverteer, ‘n bier-advertensie (Ballantine Ale), Parker-penne, Pan Am, en nog vele ander. (Terloops, John Steinbeck het óók Ballantine Ale geadverteer.)

Maar dit is veral Perrottet se opmerkings oor resensies en die stryd om ‘n gunstige resensie en prominente ruimte te bekom, wat my aandag getrek het; veral nou dat die beskikbare ruimtes vir resensies in ons media onder ernstige druk verkeer. Weereens Balzac:  ”In Lost Illusions, Balzac observes that it was standard practice in Paris to bribe editors and critics with cash and lavish dinners to secure review space, while the city was plastered with loud posters advertising new releases.” Guy de Maupassant het byvoorbeeld ‘n warmlugballon met ‘n groot banier waarop sy pasverskene roman, Le Horla, se titel verskyn het, oor die Seine laat dryf.

Walt Whitman

Walt Whitman

Daarteenoor het Walt Whitman hom weer tot die skryf van anonieme resensies oor sy eie publikasies gewend: “An American bard at last!” het hy in 1855 oor sy eie publikasie gegloei. “Large, proud, affectionate, eating, drinking and breeding, his costume manly and free, his face sunburnt and bearded.” En om ook nie te vergeet van George Simenon se reklame-foefie toe hy vir drie dae in die Moulin Rouge se vertoonvenster ten aanskoue van almal gesit het en ‘n boek binne 72 uur geskryf het aan die hand van voorstelle deur die publiek.

Ten slotte, weer terug by Tony Perrottet: “What lessons can we draw from all this? Probably none, except that even the most egregious act of self-­promotion will be forgiven in time. So writers today should take heart. We could dress like Lady Gaga and hang from a cage at a Yankees game - if any of us looked as good near-naked, that is.”

Nou ja, toe. Vir jou leesplesier volg RK Belcher se gedig “Poësie-aand” onder aan die Nuuswekker. Selfs ‘n digter het tog sy trots. Of wat praat ek nou?!

***

Ons webmeester is tans besig om bepaalde veranderinge op die webblad aan te bring. So is daar ‘n nuwe weblog vir Nuwe gedigte geskep.  Nuwe gedigte wat tans daar gelees kan word is dié van Melanie Grobler en Zandra Bezuidenhout. Van ATKV het ons die aansoek om inskrywings vir vanjaar se ATKV Woordveertjie-toekennings ontvang wat in die Brieweboks geplaas is. Aan die blogkant van sake is daar ‘n nuwe bydrae deur Desmond Painter oor die onwettige immigrante wat hul weg na Europese lande (probeer) vind en Pieter Odendaal wat vertel van MOJO-week en die stryd teen apatie.

Lekker lees en geniet die buitengewone rusdag wat deur die regering geskenk is.

Mooi bly.

LE

 

Poësie-aand

 

Sal ek vanaand in Dorpstraat se kafee

my siel ontbloot for everyone to see?

Hier tussen die geskinder en gepraat

my siel ophang soos aan ‘n doringdraad?

Met ander se geroggel en gerook

my sielsgeheim met nikotien bestook?

Hier tussen al die waaiers en die fans

myself beskinder saam met also-rans?

Nee, eerder lieg en skurwe rympies maak

oor snaakse goed wat ander siele raak

soos ghoffels wat kafoefel op ‘n trein

and other dear souls crying in the rain.

Maar smokkel met my siel se brood-en-jêm

voor al dié vreemde wesens? Not-a-dêm!

 

(c) Ronnie Belcher (uit: Van heidebos en klip, Suider-Kollege, 2000)

 

Driek van Wissen se trein ampertjies ontspoor

Tuesday, May 17th, 2011
Driek van Wissen

Driek van Wissen

Nou ja, kyk. Indien dit kom by die verering van digters, kan ons inderdaad ‘n paar lesse leer by ons kollega’s in die Noorde. So ook ten opsigte van die entoesiasme waarmee sodanige vereringsprojekte aangepak word.

Verlede week is daar byvoorbeeld begin met die opstel van ‘n petisie wat dit as oogmerk het om ‘n trein na Driek van Wissen, Nederland se voormalige Dichter des Vaderlands wat verlede jaar op 21 Mei oorlede is, te vernoem. Dié petisie word gerig aan die direksie van die Arriva-treindienste en wel met die volgende motivering: “Zoals Arriva-treinen mensen naar hun bestemmingen brengen, zo bracht de dichter en taalvirtuoos Driek van Wissen poëzie naar de mensen en mensen naar de poëzie. En - niet onbelangrijk - als hij naar een van z’n vele voordrachten ergens in het land reisde nam hij vrijwel altijd… de trein. Net zoals in de periode dat hij leraar Nederlands was aan het Dr. Aletta Jacobscollege in Hoogezand (1968-2005) en dagelijks pendelde van Groningen naar z’n leerlingen. Driek van Wissen (Groningen, 12 juli 1943 - Istanboel (Turkije), 21 mei 2010) was bekend door - naast z’n poëzie - z’n vele radio- en tv-optredens en natuurlijk ook door zijn Dichter des Vaderlandsschap, een functie die hij van 2005 tot 2009 met verve vervulde.”

Driektrein

Driektrein

Dit wil nou egter voorkom dat bepaalde ondersteuners ten gunste van dié inisiatief hul hand oorspeel het in ‘n poging om die publiek se aandag op dié lofwaardige projek te vestig. So moes die polisie van Groningen verlede week die dames op die foto hiernaas van die treinspore verwyder het; in dié mate dat die organiseerders van die petisie dit nodig geag het om hulle van diesulke optrede te distansieer: “In de omgeving van Groningen heeft de politie een aantal activisten van het spoor verwijderd die demonstreerden voor de Driek van Wissentrein. We distantiëren ons met klem van deze wijze van actievoeren.”

Mmm, ‘n mens kan maar net wonder watter aksie beplan sou word indien hulle ‘n trein na Boudewijn Buch wou vernoem … Nietemin, vir jou leesplesier volg daar ‘n toepaslike ‘snelsonnet’ deur Driek van Wissen onderaan die Nuuswekker. En, indien jy dit gemis het, kan jy sommer ook weer die blog lees wat Chris Coolsma vir Wisselkaarten geskryf na Van Wissen se afsterwe verlede jaar.

***

In die Brieweboks is daar vanoggend inligting oor vanjaar se Skrywerswerkswinkels om kennis van te neem; ook is ons webmeester besig om nuwe gedigte na ‘n kollektiewe blog om te skakel. Gaan kyk gerus hier en geniet dit … Nog ‘n nuwe inisiatief is Binneblik, waar ander verwante bydraes geplaas gaan word. Soos die skakel na Danie Marais se rubriek oor Suid-Afrika se vergete Beat-digter, Sinclair Beiles, wat verlede Saterdag in By verskyn het, maar nou met ‘n gedig daarby.

En dan, ten slotte,  het Andries Bezuidenhout ’n kort verslag gelewer oor Saterdagaand se gedoente in Mamelodi.

Mooi bly.

LE 

 

Fijn met de trein (4)

Wie veel per trein reist, weet wat hem bedreigt:
Het is een lange zit en straks nog langer
En daarom wordt zo’n reiziger steeds banger
Dat hij trombose in zijn benen krijgt;

Iets wat onze NS goed blijkt te snappen,
Want straks mogen wij vaker overstappen.

© Driek van Wissen

 

 

Was Pablo Neruda dalk vermoor?

Monday, May 16th, 2011
Pablo Neruda

Pablo Neruda

Luidens ‘n berig op Yahoo se Nuusblad, heers daar tans in Chile groot ontsteltenis na aanleiding van uitsprake wat Manuel Araya, jarelange vertroueling van Pablo Neruda, onlangs gemaak het. Araya, wat nie net Neruda se sekretaris was nie, maar ook persoonlike assistent en bestuurder, het in bepaalde onderhoude die bewering gemaak dat Chile se kroondigter deur die militêre regime van Augusto Pinochet vermoor is, en dat die digter nié aan prostaatkanker oorlede is soos die amptelike weergawes dit wil hê nie.

Ek haal aan: “The Pablo Neruda Foundation still insists the poet died on September 23, 1973, from prostate cancer aggravated by emotional distress, after seeing Pinochet overthrow Neruda’s friend Salvador Allende in a coup 12 days earlier. But Manuel Araya, Neruda’s secretary, personal assistant and driver, has alleged in recent interviews that the poet was assassinated by the new military regime, which feared he would go into exile as a high-profile dissident: ‘Pinochet was a murderer. He killed Neruda so he wouldn’t leave the country, because he was an intellectual that (Pinochet) did not want to have as an opponent’,” het die 65-jarige Araya, verlede week aan AFP gesê.

Araya, wat voltyds aan Neruda se sy was tot enkele ure voor sy dood, het beweer dat Neruda gehospitaliseer was by die Santa Maria Kliniek in Santiago, nie weens gesondheidsredes nie, maar ter wille van sy persoonlike veiligheid. Neruda was glo baie gespanne en angstig; vas oortuig daarvan dat daar ‘n aanslag op sy lewe gaan wees as gevolg van sy noue band met Pinochet se voorganger, Salvador Allende. Hierdie angstigheid is verder verhoog nadat Neruda glo die nag voor sy afsterwe ‘n inspuiting deur ‘n onbekende dokter toegedien is. Skynbaar was Neruda van voorneme om op 24 September na Meksiko te vlug, maar is die dag tevore oorlede.

Die Pablo Neruda Foundation, wat alle regte op die digter se werk reguleer en verantwoordelik is vir sy nalatenskap, het Araya se bewerings verwerp: “There is no indication and no proof whatsoever that suggests that Pablo Neruda died of causes other than the cancer, at an advanced stage, that he had suffered from,” het hulle in ‘n amptelike verklaring reageer. “It does not seem reasonable to construct a new version of his death solely based on the opinion of his driver.”

Neruda, wat in 1971 met die Nobelprys vir Letterkunde vereer is, was in sy lewe ‘n senior lid van die Chileense Kommunistiese Party. Sy werk was tydens Pinochet se diktatuur van 1973 tot 1990 verban in Chile.

Vir jou leesplesier volg een van Neruda se onvergeetlike liefdesverse onder aan. En, indien dit jou interesseer, kan ‘n groot aantal van sy gedigte by PoemHunter.com gelees word.

***

Sedert Vrydag het Frances Lubbe ‘n bydrae gelewer oor die Londonse Boekebeurs, terwyl Andries Bezuidenhout ’n stuk geplaas het oor Josh Ritter se weergawe van Der Erlkönig. Gister is Zandra Bezuidenhout se resensie van M.M. Walters se nuutste bundel, Braille-briewe, ook geplaas.

Mag hierdie week vreugdevol verloop vir jou.

Mooi bly.

LE

 

I crave your mouth, your voice, your hair.
 

I crave your mouth, your voice, your hair.
Silent and starving, I prowl through the streets.
Bread does not nourish me, dawn disrupts me, all day
I hunt for the liquid measure of your steps.

I hunger for your sleek laugh,
your hands the color of a savage harvest,
hunger for the pale stones of your fingernails,
I want to eat your skin like a whole almond.

I want to eat the sunbeam flaring in your lovely body,
the sovereign nose of your arrogant face,
I want to eat the fleeting shade of your lashes,

and I pace around hungry, sniffing the twilight,
hunting for you, for your hot heart,
like a puma in the barrens of Quitratue.

© Pablo Neruda (Vertaling deur Stephen Tapscott)

 

 

Meksikaanse digter lei protesoptog teen geweld

Friday, May 13th, 2011
Javier Sicilia

Javier Sicilia

Die Meksikaanse digter, Javier Sicilia, se 24-jarige seun, Juan Fransisco is einde Maart tydens voortslepende geweldpleging in Meksiko saam met ses ander vermoor. Dit het die digter genoop om hom van die digkuns te distansieer en sy aandag eerder op protesaksies teen die regering se onwilligheid om iets omtrent die geweldpleging, wat al sedert 2006 meer as 34,600 lewens geëis het, te doen.

“I’m not a political animal,” het Sicilia aan die BBC in Meksikostad gesê. “I’m a moral voice - I have to do this out of my moral convictions, because people have asked me to do it.” Volgens hom is hy genoodsaak om standpunt in te neem weens die oorweldigende media blootstelling wat op die dood van sy seun gevolg het: “I have to show my face for my son’s dignity, for all the sons who have died in this battle and those who will die in the future,” het hy gesê en beklemtoon dat sy optrede geen keuse is nie, maar ‘n noodsaaklikheid.

Protesoptog

Protesoptog

Een van die inisiatiewe waarmee hy vorendag gekom het, is ‘n driedaelange protesoptog van Cuernavaca, waar sy seun vermoor is, na Meksikostad. In totaal het bykans 150,000 mense hieraan deelgeneem.

Afgesien van die sterkbewoorde toesprake en artikels in verskeie publikasies waarmee Sicilia die media sedert sy seun se dood gebombardeer het, het hy ook op nogal dramatiese wyse afskeid geneem van die digkuns. “The world is no longer dignified enough for words,” het hy tydens ‘n voorlesing enkele dae na die tragedie gesê.  “This is my last poem, I cannot write more poetry. Poetry no longer exists inside me.”

En in ‘n ope brief aan die invloedryke tydskrif, Proceso, die volgende geskryf: “We do not want one more man, one of our sons, killed,” en vervolgens ook ‘n passievolle oproep gelewer vir  ”a national movement that we must keep alive to destroy the fear and isolation put in our minds and souls by your incompetence, politicians and your cruelty, criminals.”

Lees gerus ook die berigte by The Washington Post en Poetry Foundation. Die laaste vers waarna hierbo verwys word, volg onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Sedert gister het Astrid Lampe ‘n bydrae tot Wisselkaarten gelewer. Dit handel oor Facebook. Ten slotte is daar ‘n nuwe vers deur Breyten Breytenbach in sy verskamer geplaas.

En daarmee is die week tot niet.  Ons hervat weer Maandag soos gebruiklik.

Mooi bly.

LE

 

The world is no longer worthy of the word
They suffocated it inside us
Like you (they asphyxiated)
Like you
they slashed your lungs
And pain won’t cleave from me
only a world is left
By the silence of the just
Only by your silence and by my silence, Juanelo.

(c) Javier Sicilia

Wêreld se boekehoofstad bou allemintige boeketoring

Thursday, May 12th, 2011
Toring van Babel

Toring van Babel

Die Argentynse hoofstad, Buenos Aires, is vir vanjaar aangewys as die wêreld se boekehoofstad. Om dié geleentheid te vier, is daar besluit om ‘n boektoring op te rig by die Plaza San Martín. Hierdie tydelike monument, wat ter ere van die kunstenaar Marta Minujin opgerig is, bestaan uit 30,000 boeke in vyftig verskillende tale wat hemelwaarts spiraal.

Luidens Hans Cottyn van De Papieren Man, die volgende: “Buenos Aires Capital Mundial del Libro organiseert tot in het najaar een rist aan activiteiten. Zo zijn er bijvoorbeeld literaire wandelingen uitgestippeld rond belangrijke schrijvers uit Buenos Aires zoals Roberto Arlt, Julio Cortázar en natuurlijk Jorge Luis Borges. Er worden lezingen gegeven en literaire prijzen uitgereikt, er zijn leesclubs, schrijfwedstrijden en boekontbijten …”

Logo

Logo

Die aanwys van die wêreld se boekehoofstad word gekoördineer deur die International Publishers Association (IPA), die International Booksellers Federation (IBF) en die International Federation of Library Associations and Institutions (IFLA). Vorige stede wat dié eer te beurt geval het, is: Madrid (2001), Alexandrië (2002), Nieu Delhi (2003), Antwerpen (2004), Montreal (2005), Turyn en Rome (2006), Bogotá (2007), Amsterdam (2008), Beiroet (2009) en Ljubljana (2010). Volgende jaar is dit die Armeense hoofstad, Yerevan, se beurt om onder die waaksame oog van die internasionale boekewêreld die belang van boeke in hul landstreek te promoveer.

***

Al wat sedert gister bygekom het, was die persverklaring oor Ziyawa wat Saterdagaand in Mamelodi plaasvind, wat deur Andries Bezuidenhout geplaas was; gewis ‘n geleentheid om by te woon indien jy jou in daardie omstreke bevind.

Mooi bly.

LE

 

 

Poësie by die Obama’s vanaand

Wednesday, May 11th, 2011
Barack & Michelle Obama

Barack & Michelle Obama

Luidens ‘n persverklaring van die Amerikaanse Wit Huis vind daar vanaand ‘n besonderse geleentheid plaas by die Obama’s in hul Wit Huis: “The President and Mrs. Obama will host a celebration of American poetry and prose by welcoming accomplished poets, musicians and artists as well as students from across the country to the White House next week. Participants include Elizabeth Alexander, Billy Collins, Common, Rita Dove, Kenneth Goldsmith, Alison Knowles, Aimee Mann and Jill Scott who will read, sing, and showcase the impact of poetry on American culture. The President will make opening remarks at this event held in the East Room, which will be pooled press and streamed live on www.whitehouse.gov starting at 7:00 p.m. ET.”

Verdermeer sal Michelle Obama, saam met Kenneth Goldsmith, vanaf 14:00 die middag ‘n slypskool aanbied vir honderde skoliere in die skryf van gedigte. Ook dié gebeure sal via die internet gevolg kan word.

Kenneth Goldsmith

Kenneth Goldsmith

Afgesien van bekende digters soos Billy Collins en Rita Dove op die program, is dit juis die insluiting van die konseptuele kunstenaar en digter, Kenneth Goldsmith, wat die winkbroue ietwat laat lig; veral omrede Goldsmith ‘n kontroversiële figuur is wat nou nie juis bekend is vir fatsoenlike eierdanse nie. Van hom het die Wit Huis se persverklaring die volgende te sê gehad: “Kenneth Goldsmith, who teaches in the Center for Programs in Contemporary Writing (CPCW) at the University of Pennsylvania and is a close affiliate of the Kelly Writers House, will be among the poets performing at the May 11 event. Kenny has been teaching a Creative Writing workshop called ‘Uncreative Writing’ for a number of years at Penn.” Ensovoorts.

Vir jou leesplesier volg twee gedigte uit sy bundel The Days onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Sedert gister het Andries Bezuidenhout ‘n besonderse stuk oor Burgersdorp geplaas.

Lees en geniet.

Mooi bly.

LE 

 

Metropolitan Forecast

 

          D8 l the new york times tuesday, september 11, 2001

          Metropolitan Forecast

          today Less humid, sunshine

          High 79. Noticeably less humid air will filter into the metropolitan region on. Brisk winds from the northwest. High pressure building east from the Great Lakes will promote mainly sunny skies. Daytime readings will peak in the lower 80’s.

          tonight Clear, lighter winds

          Low 62. Skies will be clear overnight as high pressure crests near the Middle Atlantic Coast. Humidity will remain low, and temperatures will fall to around 60 degrees in many spots.

          tomorrow Mainly sunny

          High 76. Sunshine and just a few clouds will fill the sky. Breezes will turn and blow from the south ahead of a cold front approaching from Canada.

 

*** 

Islam

 

e2 the new york times, tuesday, september 11, 2001

          arts abroad

          Continued From First Arts Page

          On Islam, Mr. Houellebecq went still further, deriding his estranged mother for converting to Islam and proclaiming that, while all monotheistic religions were “cretinous,” “the most stupid religion is Islam.” And he added: “When you read the Koran, you give up. At least the Bible is

          Sexual tourism

          and inflammatory

          remarks about

          Palestinians.

          very beautiful because Jews have an extraordinary literary talent.” And later, noting that “Islam is a dangerous religion,” he said it was condemned to disappear, not only because God does not exist but also because it was being undermined by capitalism.

 

© Kenneth Goldsmith          

 

 

Om te ruik na boek

Tuesday, May 10th, 2011
Karl Lagerfeld

Karl Lagerfeld

Nou kyk, daar is min dinge wat lekkerder ruik as ‘n boek vars van die drukker af. Dit weet ons almal. Daarom was dit sekerlik net ‘n kwessie van tyd voordat iemand die winswaarde van dié feit sou wou ontgin … En wie anders as Karl Lagerfeld, die ikoniese modefat van wie dit al gesê is dat net sy liefde vir boeke sy welbekende passie vir die modewêreld oorskadu.

Volgens ‘n berig op Knak.be se webtuiste, beslaan Lagerfeld se boekversameling meer as 300 000 titels. Dan is hy boonop glo nie net versamelaar nie, maar ook uitgewer en eienaar van die boekwinkel 7L in Parys; met ‘n volgende winkel wat reeds vir New York beplan word.

Nou wil dit egter voorkom asof Lagerfeld só meegevoer is met sy boekpassie dat hy nou ook ‘n parfuum, genaamd Paper Passion gaan bemark. Dié parfuum, wat sal ruik soos ‘n pasgedrukte boek, word deur die Berlynse parfumeerder, Geza Schön, ontwikkel en sal in ‘n boekvorm verpak word.

Sjoe, wat’s volgende? Vroeër het ons al berig oor die boek as modieuse handsak en nou dít?!

Opwindende tye, inderdaad. En watter beter gedig is daar as DJ Opperman se “Sproeireën” vanoggend? (Vervang gerus die toepaslike woorde met ‘boek’. Dan maak alles sin. Of wat praat ek nou?)

***

In navolging op MM Walters se nuwe digbundel het ons vertalings van sy verse na Duits ontvang vanaf Robert Schall. Dit kan in die vertaalkamers gelees word. Andries Bezuidenhout het eweneens ‘n besonderse aanhaling van Manuel Vázquez Montalbán geplaas. By Wisselkaarten is daar nuwe beydraes deur Edwin Fagel, oor ‘Constellaties’ en Chris Coolsma oor hul onlangse besoek aan London; meer spesifiek oor Billy Collins se siening van Whistler en Goya se skilderkuns.

Geniet dit alles.

Mooi bly.

 

Sproeireën

My nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand … iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!

As ek ‘n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met nartjies om my heen
weet ek hoe dat ‘n vrou kan troos.

O my nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand … iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!

 

© DJ Opperman (Uit: Brink, AP. 2008. Groot Verseboek. Tafelberg)

 

 

 

 

 

‘n Opwindende jong Macedoniese digter

Monday, May 9th, 2011
Nikola Madzirov

Nikola Madzirov

Via ‘n skakel op Jan Pollet se nuwe webblad, lees ek ‘n onderhoud raak wat deur S.J. Fowler met die veelbekroonde jong Macedoniese digter, Nikola Madzirov, vir 3:AM Magazine gevoer is. Madzirov, wat in 1973 gebore is, se gedigte is nie net in meer as dertig tale vertaal nie, maar hy is ook al gunstig met internasionale reuse soos Vasko Popa, Czełav Milosz, Zbigniew Herbert en Adam Zagajewski vergelyk. Einste Zagajewski het hom soos volg oor Madzirov se digkuns uitgelaat: “Madzirov’s poems are like Expressionist paintings: filled with thick, energetic streaks they seem to emerge from the imagination and to return to it right away, like night animals caught in the headlights of a car.”

Inderdaad, ‘n wonderlike digter en ‘n besonder insiggewende onderhoud.

Remnants of another age

Remnants of another age

Neem byvoorbeeld die volgende opmerking oor die kwessie van stilte in die gedig: “Most important to me is silence. Not any silence but the silence that does not follow the punctuation, nor the rhythm of breathing. I regard telling stories as an essential gene in transferring the cultural and intellectual heritage, which is not to be found in any testament. It is an urge risen from the fear of forgetting, which is greater than the fear of death [...] I discover poetry as a voice that belongs neither to the air nor to the blank paper, nor to the black ink of the pen or the printer. I like to retell, but not to report promises and testaments; I want to write, but not with my eyes or ears closed. As Jean Cocteau has put it: ‘The poet doesn’t invent. He listens’.”

En ook die volgende (erg poëtiese) beskouing rakende die digkuns: “Poetry is presence. And witnessing. As Carolyn Forché says, witness might be read as a public voice, but also a deeply intimate one. Into that space of inner and civilization voices, I move my body behind the poetic relocations, like an unexpected shadow from the street light that has just been switched. “

Gaan lees gerus die volledige onderhoud. Daar lê sommer heelwat pitkos in opgesluit; veral Madzirov se siening van ‘n nasionalistiese digkuns het ek besonder interessant gevind. As leesprikkel plaas ek sy vers “Shadows Pass Us By” onderaan. Hier kan nog gedigte van dié begaafde digter gevind word.

***

Sedert Vrydag het Andries Bezuidenhout ‘n skakel geplaas na David Kramer en die fracking-besigheid, en dan - ter ondersteuning van hul onderskeie bundels wat einde verlede by die boekwinkels afglewer is - is daar ook onder houde met M.M. Walters en Anne-Ghrett Erasmus om te geniet.

Mooi bly.

LE

 

Shadows Pass Us By

We’ll meet one day,
like a paper boat and
a watermelon that’s been cooling in the river.
The anxiety of the world will
be with us. Our palms
will eclipse the sun and we’ll
approach each other holding lanterns.

One day, the wind won’t
change direction.
The birch will send away leaves
into our shoes on the doorstep.
The wolves will come after
our innocence.
The butterflies will leave
their dust on our cheeks.

An old woman will tell stories
about us in the waiting room every morning.
Even what I’m saying has
been said already: we’re waiting for the wind
like two flags on a border.

One day every shadow
will pass us by.

 

© Nikola Madzirov

 

 

William en Kate se fotoboek verpletter alle produksierekords

Friday, May 6th, 2011
Omslag

Omslag

Nou ja, toe. Hier ter lande het die koninklike troukoors hom in wisselende mate laat geld, maar in die Britse koninkryk was William en Kate se rojale afhaak natuurlik bron van vreugde en feesviering. In navolging hiervan het die uitgewer Michael O’Mara alle publikasierekords laat spat deur ‘n skamele 72 uur na die jawoord gespreek is, reeds die boek op die rakke te hê.

Die boek William and Catherine: Their Lives, Their Wedding is deur die koninklike biograaf, Andrew Motion, geskryf. Luidens die berig by De Papieren Man het Motion sy boek gereed gehad met net die laaste hoofstuk, die troue self, wat nog bygevoeg moes word: “Honderd minuten na de balkonkussen koos Morton al de coverfoto en op de dag van het huwelijk werkte hij het slothoofdstuk af, met een verslag over het heuglijke evenement. Vervolgens werd de pdf naar Italië gestuurd, waar de drukpersen vrijwel meteen begonnen te rollen. De eerste lading van de oplage van 100.000 exemplaren arriveerden maandagnamiddag (2 Mei) in de Londense Waterstone’s in Charing Cross, welgeteld 72 uur na de laatste foto.”

Sjoe. Praat van die yster slaan terwyl hy nog warm is …

“Het bij elkaar puzzelen van het laatste hoofdstuk was een ander paar mouwen. Het ging weliswaar slechts om 2.500 woorden, maar we moesten wel 40 originele foto’s vinden. Niet de beelden die iedereen al kende,” het O’Mara glo gesê en bygevoeg: “In 1986 belandden we in het Guinness Book of Records met ons boek over het huwelijk van Andrew en Fergie. Dat lukte in 76 uur en geldt als snelst gemaakte kleurenfotoboek ooit. Niemand deed ooit beter, voor zover ik weet.”

Carol Ann Duffy

Carol Ann Duffy

En wat het Brittanje se poet laureate, Carol Ann Duffy, oor die troue te sê gehad? Haar agent, Peter Straus, is in die aanloop tot dié kroongeleentheid soos volg in The Sunday Telegraph aangehaal: “She doesn’t want to do it and I don’t think she will. I don’t think she’ll do the engagement or wedding as a royal poem.” Maar, strydig met alle verwagting het Duffy toe tóg ‘n gedig, “Rings“, geproduseer; ‘n gedig waarop Wendy Cope soos volg reageer het: “I would have respected her more if she had said no. However, Duffy’s poem evades pomp and sentimentality. She refrains from explicit mention of Prince William and Kate Middleton and by focusing on the image of the ring, Duffy skillfully avoids the sycophantic tendencies of past poet laureates.”

En Duffy se regverdiging vir haar gedig? “It seems timely to refresh and renew the unbreakable relationship between love and poetry,” het sy glo gesê.

Vir jou leesplesier volg die betrokke vers onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Sedert gister het Andries Bezuidenhout ‘n skakel geplaas na ‘n interessante berig, terwyl Marlies Taljard ‘n tweede aflewering in haar reeks oor beeld en teks geplaas het. In dié bydrae het sy dit oor Johann Lodewyk Marais se gedig “Thomas Baines“.

En daarmee is die week tot niet. Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

 Rings

for both to say

I might have raised your hand to the sky
to give you the ring surrounding the moon
or looked to twin the rings of your eyes
with mine
or added a ring to the rings of a tree
by forming a handheld circle with you, thee,
or walked with you
where a ring of church-bells,
looped the fields,
or kissed a lipstick ring on your cheek,
a pressed flower,
or met with you
in the ring of an hour,
and another hour . . .
I might
have opened your palm to the weather, turned, turned,
till your fingers were ringed in rain
or held you close,
they were playing our song,
in the ring of a slow dance
or carved our names
in the rough ring of a heart
or heard the ring of an owl’s hoot
as we headed home in the dark
or the ring, first thing,
of chorussing birds
waking the house
or given the ring of a boat, rowing the lake,
or the ring of swans, monogamous, two,
or the watery rings made by the fish
as they leaped and splashed
or the ring of the sun’s reflection there . . .
I might have tied
a blade of grass,
a green ring for your finger,
or told you the ring of a sonnet by heart
or brought you a lichen ring,
found on a warm wall,
or given a ring of ice in winter
or in the snow
sung with you the five gold rings of a carol
or stolen a ring of your hair
or whispered the word in your ear
that brought us here,
where nothing and no one is wrong,
and therefore I give you this ring.

 

(c) Carol Ann Duffy

Pa en seun se ode aan perde

Thursday, May 5th, 2011
Jozef & Lodewijk Deleu

Jozef & Lodewijk Deleu

Die bekende Nederlandse digter en bloemleser, Jozef Deleu, het pas saam met sy seun, Lodewijk, ‘n voortreflike boek oor perde die lig laat sien. Wij, paarden bestaan uit 69 gedigte oor perde wat deur Jozef Deleu byeengebring is en foto’s wat deur Lodewijk geneem is. Dit is egter nie die eerste keer dat pa en seun saamwerk aan ‘n publikasie van hierdie aard nie; trouens, hul vorige boek Het huis herinnert zich mij het direk aanleiding gegee tot hierdie loflied aan perde van hulle: “Toen ik de foto’s aan het maken was van dat boek, belandde ik in The Old Horses Lodge, een asiel voor oude en verwaarloosde paarden in Laarne. De verhalen over deze dieren troffen me zeer”, het Lodewijk Deleu aan die beriggewer van Nieuwsblad gesê. “Tijdens het fotograferen werd ik vooral geprikkeld door de waardigheid en gevoeligheid van deze dieren. Zij bezitten eigenschappen die we ook mensen toedichten. En dat is meteen een van de hoofdredenen waarom ik de laatste jaren veel paarden fotografeer. Een andere belangrijke reden om met paarden te werken, is hun indrukwekkende vorm, kracht en schoonheid.”

Wij, paarden

Wij, paarden

Oor die onbegonne taak om maar net ‘n handjievol gedigte vir dié boek te mag selekteer, het pappa Jozef die volgende te sê gehad: “In dit boek werden 69 gedichten opgenomen. Dat is niet eens de helft van de gedichten die ik voor dit boek had geselecteerd. Kiezen was hier ook een beetje verliezen. Ik heb mooie gedichten kunnen selecteren uit onze hedendaagse Nederlandstalige poëzie. Ook van heel jonge dichters.”

Nou ja, toe. Soveel dae, soveel dinge. In Afrikaans bestaan daar natuurlik ook heelwat verse oor dié besonderse dier; één daarvan wat ek altyd sal geniet, is Marlise Joubert se gedig “Perde“. Vir jou leesgenot plaas ek dit onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Gister het daar twee nuwe bydraes op die webblad verskyn: Andries Bezuidenhout vertel van hul onlangse soeke na water in Marquard en Bernard Odendaal resenseer die keur uit Wilhelm Knobel se gedigte, As die woorde begin droom.

‘n Lekker dag word vir almal toegewens.

Mooi by.

LE

 

perde

 

perde is konings van heuwels

en hawer van duine en torings van vuur

perde is konings met mantels van blou

oker amandel skimmel soos grou

swarter as oonde witter as talk

maanhaar verstroom in vleie van wind

 

perde is konings met keile en hoewe

wat ratel oor berge riviere en rif

savannas en kranse en skeure met drif

o konings van klip met hoewe in vaandels

wat klop ametis ametis

hoewe in steensimbaal

dolomiet dolomiet

 

robyn is die kykers van perde

robyn soos die sterre teen skemer

waar die stofwolk draai waar die sand

in kringe soos poeier verdwyn

 

bruin is die oë van perde

bruin soos die maas op modder

waar die son waterpansag

in die somer kom lê

 

perde is konings wat proes en galop

oor pleine en plato’s van mense

perde dra vragte van kinders en ridders

of oues van dae soos ‘n hut op die rug

perde runnik alleen en verruk in ritmiese bome

 

perde is visse in waterwoestyne

swiepend van links en na regs

en terug in die lug asof gode

hul koppe in nette wil vang

met hoewe in vaandels

wat klop ametis ametis

hoewe in steensimbaal

dolomiet dolomiet

 

perde is prinse wat die melkweg kantel

die oggend se as die stadige pas

perde is prinse en draf aan die hand

met spelende spiere wat dans deur die land

en klop ametis ametis

 

perde is vroue wat geheime in paaie ontdek

vroue met flanke wat glim in die sweet van die dag

kampeer tussen mane en sneeu tussen wasem en gras

wat kom lê in ‘n stal soos ‘n ster in ons pas

 

perde is konings en prinse en visse en vroue

perde is meer as salpeter van asem

 

© Marlise Joubert (Uit: passies en passasies, 2007: Protea Boekhuis)

 

 

Die naaktheid van Simone de Beauvoir

Wednesday, May 4th, 2011
Omslag

Omslag

Op haar weblog Kijken skryf Nicole Montagne ‘n interessante stuk oor naakfoto’s van bekende figure op die internet. In hoofsaak handel dit oor ‘n steelfoto wat in die 1950s deur die Amerikaanse skrywer Nelson Algren van Simone de Beauvoir geneem het terwyl sy in die badkamer besig was met dit wat dames meestal mee besig is wanneer hulle voor die badkamerspieël staan. (Dit was tydens De Beauvoir se besoek aan hom in Chicago.)

Tereg wys Montagne daarop dat naakfoto’s van bekendes niks ongewoon is nie, maar dat daar in bykans alle gevalle ‘n ‘boodskap’ of konteks is wat oorgedra word; iets waarmee hulle hulself dan as’t ware ‘klee’ aangesien die konteks ‘n mate van verwydering bring tussen foto en kyker. Daarteenoor, toe die Franse blad Le Nouvel Observateur enkele maande gelede hierdie foto van De Beauvoir op hul voorblad gebruik, is De Beauvoir, volgens Montagne volledig naak weergegee aangesien daar geen ‘boodskap’ of ‘konteks’ by betrokke is nie.

Montagne plaas haar weersin ook binne tydsbestel: “In die tijd (1950s) was het nog niet gangbaar dat schrijvers of kunstenaars zich naakt lieten fotograferen. Dat gebeurde natuurlijk wel, maar het was allemaal nog niet zo aan de orde van de dag. Nu is het ‘gewoner’. Want wie hebben we wel niet allemaal naakt gezien? Een hele rij actrices en zangeressen natuurlijk, met name in de Playboy. Maar ook schrijvers als Ilja Leonard Pfeijffer, Jan Wolkers, Heleen van Royen en Kristien Hemmerechts. Ze staan op covers van tijdschriften of op het omslag van hun eigen boek.”

Kristien Hemmerechts

Kristien Hemmerechts

Oor Kristien Hemmerechts, weduwee van die Vlaamse digter Herman de Coninck, se naakfoto het sy die volgende te sê: “Kristien Hemmerechts ten slotte, maakte de cover van Vrij Nederland onveilig toen zij naakt poseerde achter haar pamflet De man, zijn penis en het mes. Terwijl zij enkele jaren eerder in haar blootje het omslag van het Nieuw Wereld Tijdschrift nog sierde, teneinde de mensen te laten nadenken over hun obsessie met bloot [...] Maar alles bij elkaar is dat toch ander bloot. Dat is een bloot met een statement, bloot met een missie [...] De foto van Simone de Beauvoir daarentegen, die heeft geen enkele boodschap. Die is gewoon genomen door Nelson Algren, waarschijnlijk omdat hij dacht ‘knip, ik heb je’. En die foto is later per ongeluk in de publiciteit gekomen, althans niet voor de publiciteit gemaakt. “

En is tans voluit op die internet beskikbaar.

Die etiese aspekte wat hiermee vervleg lê, is enorm, maar op ‘n manier herinner dit tog ook aan wat Roland Barthes in sy essay oor striptease gesê het: “Woman is desexualised at the very moment when she is stripped naked [...] Thus we see the professionals of striptease wrap themselves in the miraculous ease which constantly clothes them, makes them remote, gives them the icy indifference [...]: their science clothes them like a garment.” (Uit: “Striptease“, in Mythologies, 1955: Vintage Press)

Maar wat van iemand wat sonder haar medewete afgeneem word en dan word dié foto vir geen ander rede gebruik nie as dat dit ‘n naakfoto is van een van die mees ikoniese (dog omstrede) figure in onlangse tye? En watter verweer bestaan daar teen sodanige uitbuiting wat geen ander doelwit voor oë het as beter verkope nie?

Miskien is dit juis dié berekendheid wat naak staan op die omslag van Le Nouvel Observateur en nié De Beauvoir nie.

Nietemin, vir jou leesplesier vanoggend volg T.T. Cloete se toepaslike vers “Marilyn Monroe foto in blou“, waarin daar ‘n pertinente verwysing na Simone de Beauvoir in voorkom, hier onder.

***

Gister is Heilna du Plooy se resensie van T.T. Cloete se nuutste bundel, Onversagdig, geplaas. En dan het Leon Retief ook sy blog oor die waarneming van voëls in Saskatchewan geplaas. En in die Brieweboks is daar ‘n spesiale uitnodiging wat van Leon de Kock ontvang is na die volgende InZync poësie-voorlesing by die AmaZink-restaurant in Kayamandi buite Stellenbosch. 

Pure leesplesier; so, geniet dit alles.

Mooi bly.

LE 

 

Marilyn Monroe foto in blou

een jonge dame draagt haar lippen op haar mond - PIERRE KEMP

dikskaamtelik skrylings sit Marilyn Monroe
in ‘n volstrek
leë blou
ruim vertrek

die spanbroek van plooilose blou materiaal
is ‘n vliesdun vel
wat alles wat binne is kaal
na buite egalig sag gestrek nerfeus vertel

asof dit by alles pas
- die kop hang geluidloos effens laggend agteroor -
hou sy ‘n leë glas in die linkerhand vas
wie luister kan goed in die volstrekte stilte hoor

hoe skaamtegroot die lippige mond
oop lag pront
pruilend nat rooi rond
gewelf soos ‘n gekoesterde soet kriewelige wond

vir die nakende detail in die bygesprek
- met ‘n omweg kan bysake die aandag trek
op hoofsake - is slegs die een skoen uitgetrek
elke besonderheid is op sy plek

deur die volstrekte stilte heen hoor groot
praat die deurgefluisterde skoot
oop en bloot
nakont vlesig groot

wat gloei onder die valsegte dubbele huid
juig deur alle lippe en wange uit
dat dit tuit dat dit tuit
uitjubelend gierig uitnodigend uit

vrouwees Simone de Beauvoir
is deur huid en deur haar
oop en openbaar
gekleed sigbaar

oog en oor laat hulle nie bedrieg nie
huid en haar weet nie van lieg nie

© TT Cloete (Angelliera. Tafelberg, Kaapstad. 1980.)

 

Die prestasie van Het Liegend Konijn

Tuesday, May 3rd, 2011
Omslag

Omslag

In ‘n tyd waarin literêre tydskrifte ‘n desperate stryd om oorlewing voer, (was daar ooit ‘n tyd toe dit nié die geval was nie, wonder ek meteens) staan die Vlaams-Nederlandse poësietydskrif Het Liegend Konijn sekerlik as uitsondering. Jozef Deleu, redakteur en selwers digter, het dié tydskrif, wat sesmaandeliks verskyn, in 2003 tot stand gebring met as enigste oogmerk ‘lezers in verwondering te brengen en hun nieuwsgierigheid op te wekken, precies zoals het konijn overkomt in het gelijknamige verhaaltje van Paul van Ostaijen waar het tijdschrift naar is vernoemd.‘

En steeds met die 29ste uitgawe wat pas verskyn het, is dit die geval. Volgens De Papieren Man: “Bij het eerste nummer van alweer de negende jaargang blijkt dat nog altijd een goed uitgangspunt. Het liegend konijn ziet er niet alleen prachtig uit, gedrukt op een zware kwaliteit papier en met een mooie opmaak, maar brengt, anders dan de meeste literaire tijdschriften, poëzie in pure, onverdunde vorm.”

Hierdie uitgawe beslaan 260 bladsye en bevat meer as 200 gedigte deur gevestigde, sowel as ontluikende digters. Onder die gevestigdes is daar name soos Pieter Boskma, Luuk Gruwez, Gerrit Komrij en Charlotte Mutsaers. Volgens De Papieren Man se beriggewer vorm die siklus van Willem van Zadelhoff (1958) ‘n besonderse hoogtepunt:  “Heden en verleden, leven en dood, woorden op papier en het lichaam dat ze beschrijven: dat alles loopt door elkaar, wanneer de dichter zich een gestorven dierbare herinnert:”

 en van geen vergeten willen weten desondanks
blind en doof voor alle tekens geen vogels aan de hemel
alleen haar verhaal in laat avondlicht fluisterend
en wetend dat onze jaren nooit de hare waren

Nog ‘n interessante verwysing is dié na Wesley Albstmeyer (1979), ‘n Nederlandstalige digter wat in Kaapstad gebore is. “Albstmeyer schrijft een gedicht dat letterlijk over ‘grenzen’ gaat, en zo ook heet. De dichter stelt zich voor een landschap te zijn met zachte grenzen die ongenaakbaar lijken/maar vloeibaar en zijdeachtig blijken / als je ze overschrijdt / die je vrees met terugwerkende kracht/belachelijk maken.” Iets wat natuurlik ook verband hou met die uitspraak wat Jozef Deleu in sy redaksionele oorsig maak:  ”De grenzeloosheid van poëzie vormt haar kracht en haar mysterie, ook al denken we soms daaraan te kunnen ontsnappen.”

Inderdaad. En ‘n mens kan nie anders as om saam met De Papieren Man se beriggewer hande te klap vir ‘n uitmuntende prestasie nie: “Meerstemmigheid is het handelsmerk van het Konijn. Deleu laat zich bij zijn keuze leiden door zijn eigen gevoel, en dat werkt. Hoewel onmogelijk alles van je gading kan zijn, valt op dat er niks bij zit dat stijlloos is of zonder originaliteit. Het liegend konijn is een tijdschrift om te koesteren.”

Omslag

Omslag

Maar alvorens jy té mismoedig raak oor die gewaande onhaalbaarheid van ‘n soortgelyke inisiatief hier ter lande: Is dit nie presies dít wat die jaarlikse publikasie van die Versindaba-feesbundel bied in soverre dit gedigte van bykans ál die digters wat in daardie bepaalde jaar gepubliseer het, byeenbring nie? So - indien jy nog nie Versindaba 2010 onder oë gehad het nie, moet jy beslis ‘n plan maak.  Bernard Odendaal stel dit byvoorbeeld soos volg in sy resensie van dié bloemlesing: “‘n Mens neem dus met ‘n vleugie trots en ‘n skeutjie dankbaarheid ‘n publikasie soos Versindaba 2010 ter hand. Agtien digters, wat almal by vanjaar se indaba op Stellenbosch opgetree het, is met een of twee gedigte daarin verteenwoordig. Dit beteken dat meer as ‘n honderd digters nou in die ses jaar van die bestaan van dié poësiefees daaraan deelgeneem het, ongeveer almal wat tans as digters aktief is in die Afrikaanse literêre veld.”

En dít, liewe leser, is eweneens geen geringe prestasie nie.

Dit gaan immers goed met die digkuns wêreldwyd. Of wat praat ek nou?!

***

Vanoggend is daar twee nuwe bydraes om aan te kondig. Pieter Odendaal vertel van sy familie-belewenis tydens Familiedag verlede week, terwyl Andries Bezuidenhout dit weer het oor die Natte se argitektoniese visie (of gebrek daaraan).

Lekker lees en geniet die week wat uiteindelik op hande is.

Mooi bly

LE