Brieweboks
Thursday, March 4th, 2010
Die Boodskap
(Vir: Leonard Koza)
© Floris Ab. Brown
Nog ‘n boom
het in die digterswêreld geval.
Petro Rhode epos my. Het jy gehoor?
Wat gehoor? Tussen woorde. Die knal?
Leonard, ek roep jou voor my geestesoog
ek hoor jou nog voordra, ook jou betoog
teen onreg rassisme venyn mishandeling
hoe jy alles vir ons, joú mense wou regskryf
ons kon ook lekker saam lag as jy
draaksteek met ‘n skerpioenbyt in die lyf
jou bydrae tot AFRIKAANS sal ewig bly staan
vir nageslagte om jou poësie in diepte na te gaan
vanoggend toe ek daglig inasem deur my luik
lees ek jou naam in wasem Leonard Koza teen my ruit…
Wednesday, March 3rd, 2010
Blogfokus
Chris Coolsma
 Billy Collins
Een van de dierbaarste boeken uit mijn jeugd is ‘ Erik en het klein insectenboek’ van Godfried Bomans. Een jongetje doezelt weg en wordt wakker in de hei van een schilderijtje dat aan de wand van zijn slaapkamer hangt. Hij beleeft spannende en grappige avonturen met de dieren uit dat landschap. Vooral een nerveuze hommel die van top tot teen in trilling raakt als hij cello speelt op zijn eigen lijf is in mijn geheugen gegrift. Maar ook de ontmoetingen met een aardworm en een mestkever zijn onvergetelijk.
Aan dat boek moest ik weer denken bij het lezen van het gedicht ‘The Brooklyn Museum of Art’ van Billy Collins. Ook nu stapt een mens in een schilderij, maar wel met heel andere bedoelingen. Hij wordt zo door het landschap aangetrokken, het is zo levensecht, dat hij zich verbeelden wil dat hij er in opgaat. Terug naar die tijd en terug naar een verloren wereld. Ik hou van allerlei typisch Collinsiaanse details in het gedicht. Het gedicht is de beschrijving van een beweging, van een wandeling of een reis. Tijdens die beweging reist de geest ook mee en geeft commentaar. Mooi is de vondst van ‘de strooien hoed die zal voelen als een penseelstreek op mijn hoofd’. Het is een romantisch schilderij en die romantiek is zo overtuigend, dat de dichter een romantische daad verricht en in die verloren wereld opgaat. Hij verrast me daarmee en ontroert me. Collins weet me altijd te raken. Meestal zorgt hij voor een verrassende wending, of een observatie die me van mijn voeten gooit.
Hier doet hij dat door aan het slot iemand op te voeren die hem ziet in het schilderij, maar voor gek wordt verklaard. Daarna komt het schilderij in alle glorie terug als hij de gevangen genomen beschouwer beklaagt omdat hij niet in dit prachtige landschap zal kunnen rondlopen om te vluchten voor de harde werkelijkheid door naar het verdwijnpunt te gaan. Ik was nooit in dat museum, maar dit schilderij ken ik nu in detail en als ik kon, vertrok ik morgen naar de Hudson om de Palisades weer te zien.
Chris Coolsma.
Het Brooklyn Museum of Art
Ik stap nu over het zachte fluwelen koord, loop rechtstreeks dit massieve schilderij van
de Hudsonrivier in en zoek mijn weg langs de Palisades met deze stok die ik van een dode
boom brak.
Ik zal langs de rand van deze rokerige, half verborgen dorpen gaan en het pad zoeken dat
altijd derwaarts gaat tot ik verdwaal, zonder de hoop dat ik ooit de weg terug zal vinden
naar dit museum.
Ik zal op de kliffen staan in negentiende-eeuwse dracht, een dwerg temidden van rotsen,
heuvels en waterstromen, en ik zal vissen aan de oevers met een strooien hoed die zal
voelen als een penseelstreek op mijn hoofd.
En ik zal me verbergen onder het groene kleed van bossen zodat geen beschouwer van
Frederick Edwin Church, leunend over het zachte fluwelen koord, mijn kleine figuurtje zal
zien bewegen in de bewegingloze wereld, en de anderen zal roepen om me aan te wijzen,
voor gek zal worden verklaard, weggevoerd naar een cel waar geen overhuivend landschap
valt te ontdekken, niets van de vogelzang die me tot staan brengt, en geen wijde bocht van
deze rivier die mijn schreden naar het mistige verdwijnpunt trekt.
Wednesday, March 3rd, 2010
Blogfokus
Marie-Alice Boshoff
[brief uit Gent, België]
Projek by Gedichtendag op 28 Januarie 2010
Uitstalling
As deel van my studies moes ek `ʼn projek doen saam met `ʼn kulturele instelling.
Dis vrij te kiezen en studente moet self opsoek gaan na iets. Ek het die Poëziecentrum in Gent in November 2009 genader omdat ek graag iets met Afrikaans wou doen en ek was bewus dat hulle Afrikaanse gedigtebundels het. Stefaan het voorgestel dat ek iets doen vir Gedichtendag (Over de grens) 2010 op 28 Januarie. Uit die Ernst van Heerden versameling het ek vyf gedigte gekies en daarby tekeninge gemaak.
Ek lees graag gedigte, taal is vir my belangrik meeste van my tekeninge ontstaan uit woorde. Die beelde wat in my verbeelding ontstaan inspireer my. Ek werk graag met waterverf omdat die tekening `ʼn eie lewe aanneem soos die papier die water en verf absorbeer dit is heeltemal spontaan.
Agtergrond
Ek woon al byna 5 jaar in Gent in 2009 het ek my BA graad behaal in Beeldende Kunste, Grafiese Ontwerp op die Vrije Grafiek/Illustrasie aan die Koninklijke Academie voor Schone Kunsten (KASK) in Gent. Huidiglik is ek besig met my Meestersgraad in Vrije Grafiek ook aan KASK. Ek is half Belg van my ma se kant en ek voel my ook sterk verbind met Gent en omgewing net soos met die Klein Karoo.
Ek is gebore in 1981 in Bellville en het groot geword op Oudtshoorn. Na Hoërskool het ek 2 jaar chef studies gevolg aan die ICA (Institute of Culinary Arts op Stellenbosch) waarna ek gewerk het as chef in Suid-Afrika en oorsee. In 2005 het ek in België die geleentheid gekry het om kuns te studeer.
Die ontstaan van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn in my tienerjare het die wêreld na Oudtshoorn gebring en my laat kennis maak met hedendaagse beeldende kuns, kultuur, musiek en Afrikaans( as `ʼn belangrike deel van my identiteit). Dit het my belangstelling aangewakker naar meer, en ’n belangrike rol gespeel in my keuse om ’n kunssinnige rigting in te slaan.
Hier volg die beelde saam met die gedigte:
 Sand en water
Sand en water
Ek weet die see is siel, soos ons;
is soek, is tas;
ek weet ons is die see; ons was.
Ons water het met grond getrou,
en dit het ons verover, vasgehou,
die lou-warm sand,
die wortelskietland;
maar die naelstring is nog nie
geknip nie,
die water kan ons nog nie
heeltemal ontglip nie;
die sirene sing nog in die
hart,
ons is nog bloed en water,
nog deel en part.
Erwyn Wessels
***
 Soos van vlerke
Soos van vlerke
Allerliefste,
ek stuur vir jou `n rooiborsduif
Want niemand sal `n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug
En ek weet al die jagters sal dink dit is die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so rooi oor jou vel
Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos `n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos `n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie
Breyten Breytenbach
***
 Blou
Blou
Ek het jou lief my land
ek het jou lief om jou blou
ek het oor die aarde gereis
en oral gedink aan jou blou:
lokasies waar glas en sink en gruis
onder die son snou van blou
Klutskwyt en Witbewerasie
onder geswolle donkerblou
en ek bid `n potblou klein gebed
wanneer ek wakker lê vir jou.
Sheila Cussons
***
 Bitterbessie dagbreek
(more…)
Monday, March 1st, 2010
Daniel Hugo:
 M.M. Walters
Die digter M.M. Walters het op 23 Januarie vanjaar stil-stil 80 geword.
Ek ken Thys Walters as die lang gentleman met die ongelowige laggie. Dié grootste (letterlik en figuurlik) satiriese digter in Afrikaans lag sy lewe lank al verbaas, verbysterd én diep ontsteld oor die domheid van selfvoldane mense: materialiste en teoloë, nasionaliste en liberaliste.
Walters is ‘n virtuose duiwelsadvokaat, ‘n woordvaardige ketter, wat sy geloof in die woord (met ‘n kleinletter) versus die Woord (met ‘n hoofletter) soos volg bely in sy laaste bundel Satan ter sprake (2004): “dit is die wóórd wat ek as god / bo alle ander gode eer”.
Die twee hoogtepunte van sy poëtiese oeuvre is die dartelende Saturae (1979) en die diepgaande Sprekende van God (1996). In die laasgenoemde bundel is hy sowel skeptiese kritikus as eerlike worstelaar met die Christelike geloof.
Thys het vroeër graag Piet Duin van die Weskus se heuninglikeur geskink. Ek het altyd gedink: so smaak die gode se ambrosia. En dit is die boeiende paradoks van Thys Walters: terwyl hy lag vir die gode se karpatse, skink hy hulle euforiese drank; terwyl hy met hulle spot, eer hy nostalgies hulle nagedagtenis.
Een van die ontroerendste gedigte wat ek ken is sy “Haven om te landen” uit Sprekende van god. Vanuit die stoepkamer van sy hooggeleë huis in Seaforth, Simonstad, hou die digter die aandskemer oor Valsbaai dop:
In die koue grys skemer van die agterberg
laveer die laaste bote huis toe:
dun wit seile in ‘n wintersee soek
na ‘n haven om te landen.
Die meeue trek saam op Duikersklip
dig teen die donker en die wind
en oor die water hang ‘n hunkerende roep
na ‘n haven om te landen.
Die stomp neus van die Steenberg
los op tussen see en lug,
die nag word swart sonder lig wat wink
na ‘n haven om te landen.
En ou herinneringe en vertwyfeling
sak oor my soos ‘n swaar seemis
en heelnag deur dreun die branders en nêrens
is ‘n haven om te landen.
Wednesday, February 24th, 2010
Tuesday, February 23rd, 2010
Blogfokus
 Herman de Coninck
Vir Herman de Coninck / Voor Herman de Coninck - De gedichten
© Floris Ab. Brown - florisbrown@mweb.co.za
Wat is liefde sonder passie? Wat is gedigte sonder passie liefde? ‘n Harts-passie? Hoe kan jy oor liefde dig as jy jouself nog nooit in liefde gebad het nie? Jy moes tog een of ander tyd ekstase van liefde self ervaar het of die bittergal geproe het, toe jou liefdeskasteel in die see stort en jy sterf. Opgewondenheid van die liefde maak dat jou dag helderder skyn. Julle oë verder dieper kyk soos in “Avatar” verby die gebreke waarteen jou ouers jou gewaarsku het soos in:
Ek soek jou
Uit: Drieluik
ek soek jou
in die glans van ‘n dubbel reënboog na reën
ek soek jou
in geskarrel van die rysmier voor die storm
ek soek jou
in die warreldraai van herfsblare in die wind
ek soek jou
tussen feetjies wat slegs in kleuterverse dans
ek soek jou
in klokkies wat hoog hang aan ‘n silwermaan
ek soek jou
in groen - neon - skyn op middernagbranders
as ek my plaashek, mismoedig agter my trek
kom jou brief aangevlieg, in ‘n swartkraai se bek
Hoe groot die ontnugtering wanneer slaap jou verlaat. Jou oë moeg oopbly met die breek van elk nuwe dag. ‘n Liefdesverstand aan die doodbloei. Soos in:
Op die droesem van die put
Uit: Altyd die liefde
nou dat die nag
ook leeggeloop lê
bo die stilte
ek vuurhoutjie-alleen
in my voorkamer
in donkerte sit
weet ek nie
herwaarts of derwaarts
want jy is weg…
ek kan nie besluit
of ek moet bed toe gaan
want wat daar wag
is maar net die aanskoue
in die breek van nog
‘n nuwe dag en dan kom
die maan die son
en nog ‘n maan ‘n son
‘n maan maan maan…
op die droesem van die put
sit ek en wag
en jy, kom nie meer…
Na alles bo gelees, speel digters se liefdesverse voor jou af soos in ‘n “Power Point Presentation.” Elke digter die liefde self. Hulle rafel jou uit. Laat jou hyg en opgewonde saamvlieg met elk poëtiese liefdeswoord. Poëtiese liefdesverse maak dat verafgoding van ‘n daad slaafs nagevolg word - hoe baie het nie alreeds die see ingestap nie? Dan stap die onbeantwoorde onwillekeurige vraag gedurig by my aan wal. Wie skryf die mooiste mooiste liefdesverse wêreldwyd onder alle nasies -die man of die vrou?
Die man natuurlik! Herman de Coninck. Vir my die koning van Liefdes Poësie as hy homself as volg uitdruk soos vertaal deur Dr Daniel Hugo:
Poësie
Uit: Liefde, Miskien deur Herman de Coninck vertaal deur Dr Daniel Hugo
As jy nukkerig inkruip onder die komberse,
wil jy eintlik sê: kom lê by my.
As jy die deur agter jou toeslaan en wegstorm,
wil jy eintlik sê: kom agter my aan.
En as jy sê: “ek het jou lief”
bedoel jy: “het jy my lief?”
Sien jy nou dat gedigte nodig is,
want as ek “ja” sou sê,
sou dit niks beteken nie.
‘n Digbundel geskenk wat ek uit die hand van Dr Daniel Hugo ontvang het op16 September 1999 “Huis der Nederlanden” met die inskripsie: “Vir Floris - die man met die Vlaamse naam.”
Met die lees en herlees en weer herlees het Herman de Coninck se liefdesverse in my hart kom stol. Ja ook liefdesverse soos in Hooglied in die Bybel roer jou.
Seerkry liefdesgedigte laat jou stukkend. Dit is wat digters doen. Hulle laat jou huil. Skuur jou emosies oor growwe sement en wat oorbly is siele wat of aanbeweeg na ‘n nuwe liefde. Siele wat selfmoord pleeg. Siele wat nooit weer liefkry nie. Siele wat vries soos ‘n swaar oorlaaide komperbrein. Alles die skuld van liefdes-verse-digters.
Ouens. Julle digters wat sulke mooi liefdesverse skryf, glimlag maar. Julle weet wie julle is. Ek ken julle. Ek spoor julle na en lees julle. Julle gee nie ‘n snars om hoe julle harte laat tuimel met Valenstynsdag nie. So het Valentyn ook by my kom spook soos in:
Dolfyn Valentyn
(Vir: Dienkie & Francois Byleveld)
Uit: Drieluik
my Dienkie het vannag
deur-uit gesluip
die diepsee ingevaar
in haar skuit
met verkyker op ‘n rots
het ek haar in die verte
sien diepsee duik
met dolfyne opgekom
baljaar getol
om en om en om en om
met haar in boot
het hulle haar met
‘n asemrowende vaart
aan wal gestoot
en met speelse geluide
onder ‘n vol oop maan
“lief jou” toegewuif
onwetend dat ek haar
geheim vir jare ken
het sy weer eens vannag
met ‘n nat dolfynneus
my rug ore geliefkoos
en met dolfyngeluidjies
my tot in my slaap
met haar dolfyne laat swem
DANKIE GOD vir Dienkie
met ‘n hart glimlag en oë
soos dié van ‘n dolfyn
wat vandag is en altyd
my hart sal wen
my Dienkie
my dolfyn Valentyn
Dis 19 Junie 2008 en iemand klop aan my deur. Wat ‘n groot verassing! Dis Tiny Kraan en Eviry Eijkman van Asceleiden Nederland wat my ‘n geskenk bring. Een van dié grootste digbundel geskenk wat ek al ooit ontvang het - “Herman de Coninck - De gedichten.”
“In deze uitgave zijn alle gedichten van Herman de Coninck (1944-1997) opgenomen die tijdens zijn leven gepubliceerd of door hem voor publicatie waren bestemd, aangevuld met een beperkte selectie uit het nagelaten werk…Met deze uitgave, besorgd door Hugo Brems, worden de gedichten van Herman de Coninck, een van de geliefdste en belangrijkste Nederlandstalige dichters van zijn tyd, van een passende vorm voorzien.”
Ek verlustig my in elke gedig en is nog nie klaargelees -wie kom ooit klaargelees aan liefdesverse? Daardie spesiale verse waarna jy keer op keer terugkeer?! Herman het my hart aan die brand as ek afsluit met een van sy verse uit “De gedichten” :
*
Zoals het strand en de zee:
jij gaat nooit weg. En ik
kom altijd terug. Het, is bijna zo goed
als blijven. Voor een jawoord
is, het te laat.
Maar je zegt niet nee.
(Floris A. Brown)
Friday, February 5th, 2010
Blogfokus
Die Liefdesvers: ingeboude geheime en beveiligings
Talle liefdesgedigte het ‘n ingeboude geheim wat dalk juis bydra tot die hoogspanning van dié subgenre van die poësie. Die geheim lê hierin dat die en die jy van ‘n liefdesgedig nie altyd sonder meer identifiseerbaar is nie. Is dit ‘n man wat met ‘n vrou praat, of omgekeerd? Of is dit ‘n vrou wat met ‘n vrou praat; ‘n man wat met ‘n man praat?
‘n Gedig soos die Middeleeuse juweel “Egidius, waer bestu bleven?” is ‘n boeiende voorbeeldgeval. Dié gedig bied hom feitlik aan vir ‘n homoërotiese interpretasie:
Egidius, waer bestu bleven?
Mi lanct na di, gheselle mijn.
Du coors die dood, du liets mi tleven
Dr. Etienne Britz het egter in ‘n deeglik nagevorste artikel op Gay Litnet bewys dat “Egidius” nie ‘n gay gedig is nie. Dis die roubeklag van ‘n getroude man vir ‘n gestorwe vriend.
En wie is byvoorbeeld die “dark lady” van die Shakespeare-sonnette? Oscar Wilde het vanweë ‘n slordige leesfout aanvaar dat Shakespeare sy liefdesonnette aan ene Mr W.H. opgedra het, en Wilde het ‘n Willie Hughes geskep wat ‘n jong akteur in Shakespeare se geselskap sou gewees het. Wilde se slim speurtog, via die sonnette, is ‘n Conan Doyle waardig, maar interne getuienis vir sy aanname bestaan natuurlik nie.
Van aannames gepraat, dink maar aan al die gissings wat voeër aan “As ek my vreemde liefde” van I.D. du Plessis gekoppel is. Geslagte skoolkinders het geleer dat die “vreemde” geliefde ‘n Oosterse prinses was, en in gay kringe is gespekuleer dat die “vreemde liefde” in “As ek my vreemde liefde” na ‘n jong Maleierman verwys.
Toe Hubert du Plessis “As ek my vreemde liefde” getoonset het, het hy I.D. du Plessis reguit gevra wie die “vreemde liefde” was, en I.D. du Plessis het onverstoorbaar geantwoord: “Hugo Naudé”. Word “As ek my vreemde liefde” nou ‘n mindere gedig omdat ons weet wie die geliefde is? Hoegenaamd nie. Die gedig bly “oop”, onaangetas deur buitetekstuele inligting.
En wie is die ek en wie is die jy in Leipoldt se smagtende liefdesvers “Wys my die plek”? Nellie du Toit sing dié lied voortreflik vanuit die voueperspektief in Gideon Joubert se toonsetting daarvan vir volle orkes, maar wie dié gedig lees, sou aan die ek as ‘n man dink, bloot al omdat dit deur ‘n man geskryf is.
Vertolkers van liefdesliedere skyn hulle in die eerste plek met die sentimente van ‘n liefdeslied te vereenselwig, en ‘n mens neem aan dis wat baie lesers van liefdespoësie ook spontaan doen. Op dié wyse raak die vraag na wie die ek en die jy in liefdespoësie is eintlik ‘n akademiese aangeleentheid.
Hoofsaak in liefdespoësie is die liefde self, daardie oerenergie wat selfs ná eeue kan ontroer en besiel, soos in die ragfyn “Egidius-lied”.
(Hennie Aucamp)
Tuesday, January 26th, 2010
Blogfokus
Christine Barkhuizen le Roux
Tok.
Die swart hardedop gogga het sy agterlyf op die harde klipgrond gekap. Tok-tok. Tok-tok-tok. My pa het sy pyp uit sy mond gehaal en met die kop op die houtkapblok gekap. Tok. Tok-tok. Tok-tok-tok. En die glimmende toktokkie het teruggeantwoord in dieselfde taal.
“As ʼn mens mooi luister na die wêreld rondom jou, kan jy hoor hoe dit praat,” het my pa gesê.
Ek sien myself asof op ʼn foto nog: ʼn dogtertjie van so vier, vyf jaar; kruisbeen op die grond in die agterplaas in Queenstown. Haar oë toe, luisterend na die ritmiese roep van die Jan Pierewiet, na die rommel van die aanrollende donderweer. En later, wanneer die vakansie kom, die ruising van die branders en die krys van die meeue oor die see. Asof die klanke en die patrone van die natuur deel was van haar, of sy op hierdie wysies gedink het.
Die ritme en rym in die versies wat ek kleintyd gehoor het, het my gefassineer - hoewel ek natuurlik geen begrip gehad het van wat “ritme” of “rym” was nie. Dit was klank en beweging. Herhaling. En dan die onverwagte afwyking wat die patroontjie ʼn skielike nuwe betekenis gegee het; wat my verwonderd laat opkyk het, laat dink het: O, só kan ʼn mens dit ook sien!
Want wat is dit anders wat “kliek” wanneer jy hoor:
Oom Olifant jou reusedier
Die mense lag vir hul plesier
Want waar het jy al ooit gehoor
Van ʼn dier met ʼn stertjie van agter
En ʼn stertjie van voor!
En hoekom was die ritme van die figuurtjies in “Sewe poppe vir Wanda” ,van Grace Golden, wat op die klavier gedans het vir my so bekoorlik - dit tesame met die vreemde name en wonderwêreld van musiek? Maar ʼn klavier had ek nooit, en die taal en klanke het ʼn eie orkes in my kop gemaak.
W.O. Kühne se “Huppelkind”, die alleenseuntjie wat so graag ʼn maatjie wou hê, het oor my en ín my gedans met sy passies: Met ʼn wip en ʼn trap seil Huppel oor die polle - trippel-trippel deur die grassies, huppel-huppel oor die plassies. . . en tussen die wit huis en die wit huis, teen die wit wolk, teen die grys berg hoog bo die see. . . het die meeu in my binneste ook gestyg en gedaal, op die ritme van die standerd vier spreekkoor se klank en die hand van die onderwyseres wat wys: “nou harder, hier ʼn bietjie sagter, dan: aaneen, aanmekaar, hoor die meeu, sien hoe die vlerke van voël die wind vat. . .”
Om in standerd nege op ʼn plattelandse dorp self te sien: die laatmiddag het room geword. . .Te hoor hoe Tant’- Tolie teen die aand se kant die Here en die uile roep. Om iets te besef van die teenstellendheid van dié versugting, en ook: dat dit eintlik dieselfde ding is.
Op Stellenbosch maak ek as eerstejaar kennis met Dylan Thomas se “Fernhill” en die ongrypbare emosie wat my aanraak in die nostalgiese reëls: Now as I was young and easy under the apple boughs. . . Time held me green and dying/ Though I sang in my chains like the sea en John Kannemeyer wat Gorter se “Mei” voorlees en sy effense breistem: Een nieuwe lente en een nieuw geluid: Ik wil dat dit lied klinkt als het gefluit. . .
Iets het vergoed in my gevestig. Totdat die opgegaarde klanke en patrone, die ryme en ritme, nadat ek as boervrou op die plaas Kleindoornrivier beland het, begin om ʼn eie loop na buite te vind. Huiwerend, maar met die onteenseglike behoefte om te bly luister en om wat te hoor is ook aan ander hoorbaar te maak. Ek ervaar intenser as ooit tevore dít wat Nijhoff in sy “Klein Prelude van Ravel” beskryf as: . . . muziek in elk ding Gods, en: Wie oor heeft om te hooren hoort/ Muziek in de natuur. . .
Na die publikasie van my eerste digbundel, dimensie, begin ek dieper delf - nog méér lees, meer te leer van die woordsmede van die wêreld - om in aanraking te kom met Guido Gezelle se “Als de ziele luistert”, H.C. Ten Berge se betekenisgelade gedigte, en om deur Nijhoff se oë ook te sien: Er staat niet wat er staat (!) Ek word begeester tot die aanpak van ʼn meestersgraad met ʼn skripsie oor die werk van Judith Herzberg waarop ek “toevallig” stuit toe ek die eerste keer in Nederland kom.
In dié Joods-Nederlandse digteres en toneelskryfster vind ek die altyd-vernuwende fenomeen terug: die spanning tussen die onverwagte en die skynbaar vanselfsprekende. Dit wat die digter die “aha”-gevoel gee by die lees van ʼn goeie gedig en/of wanneer hy/sy self stuit op die verrassende kontras tussen dinge wat in werklikheid twee kante van dieselfde munt is. Herzberg praat dan self ook van En/En, nie En/Of nie - die insluiting van alle moontlikhede, die ryming van dit wat ongerymd is.
Ek kan nie anders nie as om ten minste twee voorbeelde van hierdie digteres se vermoë tot fyn waarneming en insig te noem nie.
In die gedig “Moed” sien sy die mens as onsekere wese wat, as iets hom/haar nie te ongelukkig maak nie, met ʼn “leuk” gevoel deur die lewe kom, en draai dan die mes in die buik met die woorde: maar eigentlijk/ zijn we zacht
Als Turkish Delight/ in een blik met spijkers. ‘n Vergelyking wat ‘n mens se kop laat duisel.
In die gedig “De Visser” word haar immanente poëtika op verskillende maniere in ʼn enkele gedig geïllustreer: . . . het is alsof ik eindelijk/ vrij ben op één plek te blijven. . ./ ik lijm het ogenblijk. . ./ Wat kan ik beter doen dan niets,/
dan niet bewegen. . .
Ook vind ek in haar poësie by uitstek wat ek ook by ander goeie Nederlandse digters reeds teëgekom het: daardie herkenbare en ooreenstemmende geluid, ‘n soort oer-subteks wat in die agtergrond speel wanneer jy Afrikaanse poësie beluister - hoe die klank oorgaan in betekenis. Want klank het woord geword, en die woord betekenis, en agter dié betekenis is daar die flits van die onuitgesproke, die intuïtiewe.
En terwyl ek in die verbye jare my hand ook aan prosa gewaag het, weet ek dat die poësie sal blý. Want ek is nog die kind wat luister na die versies wat die voëls fluit, wat sien hoe krap die kleurklippies van die Oos-Kaap patrone op ʼn sementstoep; wat ruik hoe ruik ʼn mens se vel wanneer die son jou warm bak. Die poësie was altyd daar - en dit sal altyd daar bly. As jy bereid is om stil te sit, om nie te beweeg nie, om dop te hou, om te luister en ruik, om aan te raak - en versigtig aan ʼn klank te proe voor jy hom in letters probeer vertaal.
Monday, January 25th, 2010
Blogfokus
Elna Pritchard
Hierdie selfondersoek waarop Louis ons die maand stuur, was vir my ʼn lekker reis. En nee, ek sal dit ook nie ʼn “bekering” noem nie - eerder ʼn inisiasieproses, ʼn ontdekkingstog.
Dit het begin met my ouer suster (3 jaar my senior) se promovering tot skoolgaan. Ek was gefassineerd met haar skoolboeke en haar vermoë om te lees. Die heel eerste boek wat ek kan onthou, is dan ook ʼn kinderrympieboek. Dit was ousus Marianne s’n en ek moes mooi vra om daardeur te blaai. Dit was Engels met al die ou geliefde rympies soos Humpty Dumpty en Jack and Jill, helder geïllustreer. (Dekades later het ek ʼn baie eenderse weergawe in Afrikaans vir my eie kleuter gekoop.) My ma het die rympies vir ons gelees en ek het dit daarna opgesê terwyl ek na die prentjies kyk en gemaak of ek lees.
Om self te kon lees was vir my ʼn brandende begeerte. In sub A het die onderwyseres flitskaarte met onderskrifte op die swartbord aangebring. Dit was maklik om die kort sinnetjies te “lees” saam met die prente, maar toe die juffrou die eerste keer die prentjies wegneem en ons die geskrewe woord alleen moes erken, onthou ek die spanning en die absolute ekstase toe ek die woorde “Leen pak die kis in” kon lees. Daardie sinnetjie was die begin van my liefdesverhouding met die gedrukte woord.
Die waardering vir woordkuns en beeldende kuns is myns insiens interafhanklik en simbioties. Dit is eers die vermoë om ʼn voorstelling van die werklikheid in twee of drie dimensie te kan interpreteer wat ontwikkel, voordat die skryfsimbool herken kan word. En sonder laasgenoemde sal die leer-lees proses baie moeiliker wees. Ons almal se liefde vir woordkuns is inisieer deur die enhancement wat die illustrasies aan die boek verleen. Dit het ʼn blywende bekoring. Vergelyk maar hoeveel digters is ook beeldende kunstenaars. Ek dink nou dadelik aan Marlise Joubert, Breyten Breytenbach, Sheila Cussons, Carina Stander, William Blake en die lys gaan aan en aan. My beeldhouerman se kunsloopbaan het begin by sy geliefde comics wat hy nageteken het. Later het hy sy eie strokiesprente geteken en eie dialoog geskryf.
Ek is die tweede oudste van vier kinders. My pa was ʼn staatsdiensamptenaar werksaam in Port Elizabeth en my ma ʼn voltydse huisvrou. Naweke het ons gaan kuier op my oupa se plaas in die Sondagsriviervallei. Vandag besef ek watter vormende invloed daardie besoeke op ons geestesontwikkeling gehad het. Ons het die koppe uitgeklim op soek na noem-noem en koedoespore en ure in die rivierbed gespeel. Toe ek bietjie ouer was, het dikwels alleen in die koppe gaan sit om in my dagboek te skryf. Daar was sagte leiklip van allerhande kleure rondom die huis waarmee ons my arme ouma se sementstoep volgeteken en geskryf het. Wanneer ons moeg was, het ons die opwengrammofoon in die koel voorhuis se naalde stomp gespeel om oor en oor te luister na die Briels se “Een aand op die trein na Pretoria.”
Ek onthou baie helder die heel eerste boek wat ek by die skoolbiblioteek uitgeneem het en self kon lees. Die titel was “Die kattepartytjie” en ek kan die storie en die illustrasies daarin onthou in die fynste besonderheid. Gedurende my Standerd 1 jaar het ons verhuis vanaf Port Elizabeth na Vryburg, waar die dorpsbiblioteek binne stapafstand van ons huis af was. Dit was die wonderbaarlikste plek op aarde - die kenmerkende muwwerige reuk van ou papier, die gewyde stilte en die skatkamers met duisende boeke waaruit ek kon kies. Die biblioteektannies wou my nie toelaat om meer as een keer per dag boeke om te ruil nie en ek moes ongeduldig wag vir my 12de verjaardag om toegang tot die grootmensafdeling te kry.
Tuis was daar Oom Attie se slaaptydstories en Die Skatkisboeke waarin ek kon delf. Uit laasgenoemde onthou ek Die steweltjies fan Sannie en Klaas geswind en syn perd van Reitz. Weereens het die komieklike illustrasies die indruk wat die gedigte gemaak het, versterk. Saans was dit my werk om die kleintjies (Reinet Nagtegaal en Henk Crouse) te bad en in die bed te sit. Dan maak ek my eie stories op en laat die storie sy loop neem volgens hulle reaksie. Gewoonlik was dit ʼn storie met ʼn “opvoedkundige” doel, bv. wat gebeur het met ʼn dogtertjie en seuntjie wat weerstand gebied het as hul ouer suster hulle gesigte en neusies wou afvee. Dit was groot pret - ons roep dit dikwels in herinnering.
Poësie op laerskool was sinoniem met voordrag. Ek dink die meeste mense van my generasie ken steeds I.D. du Plessis se Kaalvoetklonkie, Eugene Marais se Winternag, Toon van den Heever se In die Hoëveld, D.F. Malherbe se Slaap en Jan F. Celliers se Die Vlakte van buite. Ek wou so graag gekies word vir voordrag op prysuitdelingsaande of dergelike geleenthede, maar die verdict was altyd dieselfde - Elna se stemmetjie is te laag en dra nie. My kunssinnige ma sing met haar mooi altstem vir ons liedjies soos Amakeia en Ek het ʼn perd ʼn blink vosperd. Ook Stephen Foster liedjies soos Jeannie with the light brown hair en Beautiful Dreamer. Ek kom van jongs af sterk onder die bekoring van poëtiese woorde.
My pa, ʼn verbete voorstander van Afrikaanse letterkunde en Afrikanertrots, het vir ons vaderlandsgedigte op ʼn teatrale en militaristiese wyse voorgedra. Ek hou van ʼn man wat sy man kan staan en Totius se Vergewe en Vergeet was gunstelinge, maar hy het my per geleentheid ook verras met versreëls soos I wandered lonely as a cloud that floats on high over vales and hills… Hy het intens belang gestel in ons skoolopstelle en ek glo nie ek het ooit een ingehandig voordat ek dit aan hom voorgelees het nie. Hy het die persepsie dat kreatiewe skryf ʼn baie verhewe bedryf is, sterk by ons kinders gevestig.
Op hoërskool ontdek ek dat mens met woorde begrippe en gevoelens kan weergee wat anderkant die tasbaar waarneembare wêreld lê. Een naweeksaand tydens ʼn kuier by my vriendin op hulle plaas in die Molopo, kom roep haar pa ons om na die “nagmusiek” te kom luister. Skielik was die naguiltjies, die krieke en die jakkalse se geluide ʼn splinternuwe, amper mistieke ervaring. My eerste opstelonderwerp in Engels in standerd 6 is The wrath of the sea. Die uitdaging en stimulasie wat daardie opstel gebied het, sal ek altyd onthou. Daar is skielik ʼn nuwe deurtjie oopgesluit in my denke. Ek ontdek Elisabeth Eybers, Hettie Smit se Sy kom met die sekelmaan en Shakespeare. Ek skaf vir my ʼn Book of Beauty aan waarin ek aanhalings versamel. Afrikaanse poësie is egter baie laag op die prioriteitslys van die leerplan tydens my senior skooljare. Ek kan inderdaad geen Afrikaanse gedig onthou uit my matriekjaar aan die Hoërskool Voortrekker in Boksburg (1969) nie - ons is net gebombardeer met taalwetenskap t.w. fonetiek, morfologie en semantiek.
As daar sprake was van ʼn bekering tot die poësie, het dit beslis met my gebeur op universiteit. Ek skryf in vir BA Perswetenskap aan die PUK vir CHO en het die voorreg om deur Prof T.T. Cloete onderrig te word. In my tweede jaar verskuif ek na Tukkies en grootgeeste soos Prof. A.P Grove en Prof. Elise Botha sluit wêrelde vir my oop. Ek ontdek N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Olga Kirsch, Uys Krige, Ingrid Jonker en Breyten Breyenbach. Rudi Neitz laat my op wolke loop oor Goethe en Schiller. Tydens my eerstejaar publiseer Antjie Krog haar Dogter van Jefta. Sy slaan my dronk met die vars andersheid van haar werk. Ek is sprakeloos van verbasing dat iemand van my ouderdom gedigte kan publiseer wat so vernuwend is - het altyd gedink dit is net moontlik vir akademici.
Ek voltooi my BA Tale met Sielkunde as ekstra hoofvak, doen daarna HNOD in buitengewone onderwys en voltooi Sielkunde Honneurs buitemuurs terwyl ek skoolhou by ʼn skool vir dowes. Dit is eers tydens my werk as skoolsielkundige by Nasionale Opvoeding, dat ek dit waag om self te dig. Die moed om te publiseer kry ek baie later in 1997 met my kortverhaal bundel en daarna in 2007 met my digbundel Gestaltes van ʼn dogter. Ek moet egter bieg dat ek, soos Maritha van der Vyfer in ʼn tydskrifonderhoud gesê het na die publikasie van Griet skryf ʼn sprokie, aan my neus wil vat as ek myself ʼn digter noem. Veel eerder is ek ʼn liefhebber van poësie omdat dit so gekonsentreerd vervullend en insiggewend is. ʼn Enkele gedig kan mos meer sê as die mees omvattende roman.
Afgesien van die Groot Verseboeke en ander versamelbundels, staan daar ook op my boekrak bundels van o.a. Petra Müller, T.T. Cloete, George Weideman, Jeanne Goosen, Danie Marais, Fransi Phillips, Marius Crous, Barend Toerien, Riana Scheepers, Marlise Joubert, Louis Esterhuizen, Antjie Krog, Sylvia Plath, Ted Hughes, Deborah Steinmair, Ingrid Jonker, Elizabeth Eybers, N.P. van Wyk Louw, Breyten Breytenbach, Rika Cilliers, Joan Hambidge, Sheila Cussons, Roux van Zyl, Theunis Lombard, Hans Du Plessis. Daar is soveel bekende digters wie se werk ek nog nie behoorlik ontgin het nie en soveel nuwes wat ek nog nie ontdek het nie, hoofsaaklik omdat die blootstelling van digters so onvoldoende is en digbundels skaars is in die boekhandel.
Nou dat ons almal so ons paaie na die waardering van poësie karteer het, kan ons dalk ander makliker op dieselfde paaie stuur - soos Carina se ouma met haar rymspeletjie. As ek tog net kon promoveer tot oumaskap!
Sunday, January 24th, 2010
Blokfokus
Er wordt wel gezegd dat meer dan de helft van de Nederlanders gedichten schrijft. Ik durf wel te beweren dat meer dan driekwart van mijn landgenoten zingt. Gelukkig voor de anderen gebeurt dat meestal binnen de muren van het woonhuis - en blijft het zingen dan nog verder beperkt tot de badkamer of andere ruimten waar het ruim klinkt. Dit wijst volgens mij op het oerkarakter van dichten en zingen. Onze verre voorouders zongen eerst, daarna zijn ze gaan dichten, al heette dat nog niet zo, en uiteindelijk ontstond zo de taal, soms losgezongen van het innerlijke draaiorgel, maar daar vaak nog innig mee verweven. Dat hoor je als een Chinees spreekt, maar dichter bij huis ook als de Limburger zijn singsong uit.
De liefde voor poëzie, want zo mag ik mijn relatie met gedichten en dichten wel noemen, is in mijn geval ook begonnen met rijm op muziek. Als heel klein jongetje schijn ik tijdens het spel met de blokken al heen en weer schommelend ‘zumWetterzum Tonner, zumWetterzum Tonner’ gezongen te hebben, tot grote vreugde van Bachminnende ouders. Niet lang daarna moet Annie M.G.Schmidt mijn leven zijn binnengerijmd. Op ons kinderboekenplankje verscheen een kleine bundel met een fluitketeltje op de omslag. ‘Meneer is niet thuis en mevrouw is niet thuis, het keteltje staat op het kolenfornuis, de hele familie is uit en het fluit en het fluit en het fluit’. Sommigen zullen dit geen poëzie noemen, maar rijmelarij. Het heeft echter een onuitwisbare indruk, een groot geluksgevoel en een behoefte aan spelen met woorden achtergelaten. Want laat ik daar direct duidelijk en eerlijk over zijn, mijn liefde voor poëzie is op drie zaken te herleiden: verslaving (het geluksgevoel telkens willen opwekken), ritme (het spelen met woorden) en klank (de verwantschap met muziek).
Later kwam daar nog iets bij. Op de middelbare school werden we veel te weinig met poëzie in aanraking gebracht, ik kan me niet herinneren dat ik ooit opdracht kreeg om een gedicht te schrijven, maar er was op een dag wel een enthousiaste leraar die vol vuur gedichten voorlas. Voor meer moest je naar het gymnasium en niet naar de HBS. Het enthousiasme van de leraar maakte echter iets wakker en eenmaal voorbij de puberteit (waarin ik bij voorkeur geen gebruik van mijn hersenen wilde maken) en in de vierde klas (we waren nu bij de moderne tijd aangekomen) ging het gordijn open en betraden Gorter, Roland Holst, Leopold, Nijhoff en Vasalis het podium. Vooral Vasalis, wiens bundels ik als studentje kocht en ook las. Wat er bij kwam was de helderheid van het licht dat deze dichters op de werkelijkheid richtten en de ontdekking dat er vele werkelijkheden zijn. Ik ging dus van dichters houden en van hun scherpe blik. Vroman betrad mijn wereld, of moet ik zeggen dat ik de wereld van de geestige Vroman betrad.
Wat me bij de vijfde pijler van mijn liefde voor de poëzie brengt, die ik zoëven vergat: de humor, wat natuurlijk de hoogste vorm van luciditeit, of zo u wilt intelligentie is. Dat zei onlangs RayKurzweil, de futuroloog, in het televisieprogramma ‘Wintergasten’ van de VPRO (ook een vaste leverancier van genot en geluk). Wat de cirkel rond maakt, want humor, ritme, klank en verslaving zijn de eigenschappen van de poëzie van Annie M.G.Schmidt. Laat uw kinderen dus zoveel mogelijk rijmelen. Er is nog tijd genoeg voor het geluk van de duik in de diepte.
Chris Coolsma
|
|