Brieweboks

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon twee digbundels

Friday, March 31st, 2017

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gister hul bekronings vir 2017 bekend gemaak. Twee digbundels is hiermee deur die Akademie  vereer, te wete Mede-wete (Antjie Krog) met die driejaarlikse Hertzogprys vir poësie en Fotostaatmasjien (Bibi Slippers) met die Eugène Marais vir 2016.

Van harte geluk aan dié twee digters met hierdie uitsonderlike prestasie.

Die verklaring lui soos volg:

Hertzogprys vir poësie

Mede-wete

Mede-wete

Die Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, JBM Hertzog. Die prys is beperk tot oorspronklike letterkundige werk in Afrikaans en word jaarliks om die beurt toegeken vir poësie, drama en verhalende prosa in dié volgorde. Die prys word toegeken op aanbeveling van die Akademie se Letterkundekommissie.

Die Hertzogprys word vanjaar toegeken aan Antjie Krog vir haar bundel Mede-wete.

Die prys van R50 000 word geborg deur Rapport.

Eugène Maraisprys 2016

Fotostaatmasjien se omslag

Die prys word toegeken vir ’n eerste of vroeë letterkundige werk en kan net een keer aan ’n persoon toegeken word. Boeke wat in 2016 verskyn het, het in aanmerking gekom.

Die prys word toegeken aan Bibi Slippers vir Fotostaatmasjien (poësie).

Verrassend genoeg het die Akademie nog twee verdere toekennings gemaak in hierdie kategorie vir onderskeidelik ‘n prosawerk (Lien Botha se Wonderboom) en ‘n dramateks (Amy Jephta se Kristalvlakte).

 

Ter wille van volledigheid volg die res van die pryswenners:

SA Akademieprys vir vertaalde werk

Dieselfde genre-indeling (prosa, poësie, drama) as by die Hertzogprys word gevolg.  Die prys word toegeken vir vertaling in Afrikaans van bellettristiese werk uit enige ander taal.  By die beoordeling van die vertaling word gelet op die aansien wat die vertaalde werk binne sy eie taal se letterkunde geniet en op die juistheid en algemene geslaagdheid van die vertaling.

Die prys word toegeken aan Daniel Hugo vir Oorlog en terpentyn.

LW Hiemstraprys vir niefiksie

Die toekenning van die prys word drie-jaarliks oorweeg vir ’n oorspronklike niefiksie werk in Afrikaans wat nie beperk is tot die vakspesialis nie.

Die prys word toegeken aan Carel van der Merwe vir Donker Stroom.

Die prys word geborg deur die Louis Hiemstra Trust.

Havengaprys vir Lewenswetenskappe

Die Havengaprys is ’n jaarlikse prestigeprys wat toegeken word vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegnologiese gebied.  Die prys kan net een maal aan ’n persoon toegeken word.

Die prys word toegeken aan Jolanda Roux, verbonde aan die Dept Plantwetenskappe, Universiteit van Pretoria.

Jolanda Roux is een van Suid-Afrika se uitsonderlike wetenskaplikes en haar werk word nasionaal en internasionaal erken. Haar bydrae tot die wetenskap in Afrika word wyd erken en waardeer.

Havengaprys vir Fisiese Wetenskappe

Die prys word toegeken aan HB (Hendrik) Geyer, verbonde aan die Departement Fisika, Universiteit van Stellenbosch.

Hendrik Geyer se publikasierekord getuig daarvan dat hy ’n baie aktiewe navorser is wie ’n enorme bydrae tot aspekte van kwantum meganika maak. Hy word beskou as ’n pionier in die relatief nuwe veld van sogenaamde PT-simmetriese fisika.

Stalsprys

Die prys word toegeken vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies by voorkeur in Afrikaans, asook vir individuele of gesamentlike produkte van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskaps-beoefening gemaak word.

Stalsprys vir Maatskaplike Werk

Die prys word toegeken aan LK (Lambert) Engelbrecht, Hoof van die Dept Maatskaplike Werk, Universiteit van Stellenbosch.

Lambert Engelbrecht lewer ’n beduidende bydrae in die professie van maatskaplike werk. Dit is veral sy werk oor die effek van neoliberalisme op maatskaplike werk-dienslewering wat plaaslik en internasionaal hoog aangeskryf word.

Huberte Rupertprys vir klassieke musiek

Die prys word toegeken aan die opera sangeres Hanna van Niekerk.

Volgens die maatstaf van opera optredes het Hanna van Niekerk veel tot haar krediet in hoofrolle in operaproduksies soos Madame Butterfly, La Bohème en Nabucco. Die kunslied, en meer spesifiek die Afrikaanse kunslied, het mettertyd die middelpunt van haar loopbaan gevorm.

Die prys word deur die Rupert Stigting geborg.

Deleen Bekkerprys vir die beste dokumentêre TV-draaiboek in Afrikaans

Die prys word toegeken aan Richard Finn Gregory vir Boere op die aardsdrempel.

Richard Finn Gregory is die regisseur en draaiboekskrywer van die program wat die verhaal van 600 Boerefamilies van Suid-Afrika ná die Anglo-Boereoorlog na Argentinië verlaat om die spook van die konsentrasiekampe en ’n nuwe regering te ontwyk. Die wetenskaplike waarde van die film lê veral in die dokumentering van die Afrikaanse taal wat na meer as ’n eeu in isolasie weinig verander het en tot vergelykende taalstudies kan lei.

Die prys behels ’n kontantbedrag van R50 000 en ’n 9kt goue medalje.

Erepenning van die Akademie

Die Akademie se Erepenning gee erkenning vir besondere prestasie op verskeie terreine binne die doelstellings van die Akademie.

Erepenning vir die bevordering van Geskiedenis

Hierdie Erepenning gee erkenning aan ’n persoon vir ’n besonder hoogstaande bydrae tot die bevordering van die Geskiedenis as dissipline in Suid-Afrika.

Die Erepenning word vanjaar toegeken aan Nicol Stassen van Protea Boekhuis.

Nicol Stassen het oor ’n wye front ’n besonder positiewe bydrae tot die studie van geskiedenis gelewer. Nie alleen het hy met sy eie publikasies ’n unieke bydrae tot ons kennis van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gelewer nie, maar speel hy as uitgewer en boekhandelaar ’n prominente rol in die ontginning van geskiedeniswerke en, indien mens die begrip kultuurgeskiedenis breër interpreteer, vanweë die publikasie van Afrikaanse poësie, prosa en dramakuns, en die vertaling in Afrikaans van anderstalige werke van fiksie en niefiksie.

Erepenning vir ’n dokumentêre televisieprogram in Afrikaans

Die Erepenning word toegeken aan Richard Finn Gregory vir Boere op die aardsdrempel.

Die program handel oor die afstammelinge van ’n groep Afrikaanssprekende Boere wat na die Anglo-Boereoorlog in 1902 hulle in Patagonië, Argentinië gevestig het. Die program is ’n dokumentêr wat gegewens dokumenteer wat vir die huidige Suid-Afrikaner van besondere waarde is, naamlik die historiese taalkundige vonds wat daarin gevind word, asook die optekening van ’n verbygegane leefwêreld van ’n klein groep Afrikaners op ’n ander kontinent en hulle verbintenis met ’n historiese gegewe van meer as ’n eeu gelede.

Erepenning vir Toneel- en verhoogkuns en die Gerhard Beukesprys

Die Erepenning word toegeken aan Gerben Kamper, verbonde aan die Dept Drama en Teaterkuns, Universiteit van die Vrystaat.

Die prys word aan mnr. Kamper toegeken vir sy lewenslange en uitmuntende artistieke bydrae tot die Afrikaanse Teater as veelsydige teaterkunstenaar, teateradministrateur en akademikus. Op artistieke gebied bly hy besonder bedrywig en tree op in die professionele teatergroep FACTS van die Universiteit se Dramadepartement. By Nasionale Kunstefeeste tree hy gereeld op as bekroonde akteur en regisseur.

Erepenning vir Radiodrama in Afrikaans

Die Erepenning word toegeken aan Marita van der Vyver vir haar radiohoorspel Genade.

Met haar hoorspel skep Marita van der Vyver twee onvergeetlike karakters. ’n Egpaar wat ’n lang en gelukkige huwelik gesmaak het, word onderwerp aan die vrou se dementia of dan Alzheimer se siekte. Die skrywer slaag daarin om twee volbloed mense daar te stel en terselfdertyd met subtiliteit en besonder raak gekose woorde en omstandighede die toename in die simptome van die gevreesde siekte vas te vang. Dit word nooit ’n mediese lesing nie. Dit bly ’n eg menslike verhaal vol kinkels en humor en patos.

Erepenning vir Visuele Kunste

Die Erepenning vir Visuele Kunste (grafiese kuns) word toegeken aan Ben Botma.

Ben Botma is ’n grafiese kunstenaar wat op ’n hoogs individuele manier na die Suid-Afrikaanse landskap kyk, wat hy interpreteer met ’n groot verskeidenheid mediums. Sy delikate aanslag, die tydsaamheid waarmee hy werk, is in al sy werke tekenend van ’n groot liefde vir die agterdoek van epiese proporsies waarvoor ’n landskapkunstenaar in Suid-Afrika te staan kom. Sy kommentaar op voorwerpe wat op die ongeskonde aarde verskyn, soos kruise of blokhuise langs die pad, is vlymskerp en dikwels roerend. Min plaaslike kunstenaars het met hul medium so na aan die aarde van hierdie land gekom.

Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie

Hierdie Erepenning word toegeken vir prestasies en bydraes ten opsigte van die bevordering en ontwikkeling van die besondere vakgebied en kan net in uitsonderlike gevalle toegeken word.

Die prys word toegeken aan JH Neethling, verbonde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port-Elizabeth.

JH Neethling het onverpoos ’n bewusmakings- en fondsinsamelingsveldtog geloods om op dieselfde vlak in Suid-Afrika te kom as die voorste materiaalnavorsingsuniversiteite deur ’n moderne hoë-oplosvermoë elektron­mikroskoop en kundige personeel by die NMMU te vestig. Prof. Neethling het ook die nodige fondse bekom vir die oprig van ’n spesiale gebou om die 4 elektronmikroskope van R96 m te huisves.

Protea Boekhuisprys vir die beste Geskiedenisverhandeling in Afrikaans en die generaal Christiaan De Wet-beurs

Die prys word toegeken aan Anneke van Heerden, verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch. Die prys word toegeken vir haar MA-verhandeling met die titel “Die Suiderkruisfonds en die mobilisering van die Suid-Afrikaanse blanke burgerlike samelewing tydens die Grensoorlog 1968-1989”.

Die Protea Boekhuisprys word geborg deur Protea Boekhuis.

Albert Stratingprys vir Voorkomende Geneeskunde

Die volgende geld by die keuse van ’n kandidaat: Voortreflike bydraes tot ’n vertakking of vertakkings van voorkomende geneeskunde wat as wesenlike bydrae tot die bevordering van die gesondheid van die gemeenskap en die voorkoming van siekte beskou kan word.

Die prys word toegeken aan SJ (Hanlie) Moss, navosingsdirekteur van die fokusarea Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Epidemiologiese studies dui aan dat fisieke aktiwiteit as ’n belangrike modaliteit in die bevordering van gesondheid kan dien. Vir Hanlie Moss is hierdie navorsingsveld ’n passie en haar wetenskaplike ingesteldheid en ywer, asook die praktiese toepassing van navorsingsresultate werp vrugte af. Sy het onder andere monumentale werk gelewer met verstandelik-gestremde persone waarvoor sy internasionale erkenning gekry het.

DF du Toit-Malherbeprys vir Genealogiese navorsing

Die prys word toegeken aan Gerhard Geldenhuys, emeritus professor van die Departement Toegepaste Wiskunde, Universiteit van Stellenbosch.

Gerhard Geldenhuys ontvang die prys vir die besondere rol wat sy genealogiese navorsing gespeel het op ’n medies-wetenskaplike gebied in die ontrafeling van die molekulêre oorsake van oorerflike siektes.

Elizabeth C Steijnmedalje

Hierdie medalje is ingestel om ’n onderwyser of onderwyseres te bekroon wat sy of haar opvoedingswerk deur medium van Afrikaans doen en wat hom of haar onderskei het op die gebied van praktiese onderwys en opvoeding binne, sowel as buite die klaskamer.  Dit is vernoem na Elizabeth C. Steijn, wat vir baie jare die hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria was.

Die medalje word toegeken aan Jannie van der Westhuizen, rektor van die Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch.

Die kombinasie van Van der Westhuizen se strategiese en praktiese denke, tesame met sy unieke kundigheid rondom onderwys-kompleksiteite in Suid-Afrika, word wyd erken in die skole-sektor, sowel as akademiese kringe.

Besondere erepenning

’n Besondere erepenning word toegeken aan Tommie Sassen, van Pretoria.

Tommie Saseen word beskou as een van Suid-Afrika se werklik groot kunstenaars op die gebied van die ontwerp en maak van stempels vir geldmuntstukke, sowel as medaljes vir spesiale geleenthede en vir prystoekennings. Om ’n stempel vir ’n medalje of vir ’n muntreeks voor te berei en te sny is ’n skaars vaardigheid. Die persoon moet nie net ’n goeie kunstenaar wees nie, maar moet ook oor uitstekende tegniese vermoëns beskik. By die vervaardiging van die stempels is kennis van metale noodsaaklik om te verseker dat ’n goeie weergawe van die beplande ontwerp gedruk word.

Douw Greeff-prys

Die prys word toegeken vir ’n navorsings- of oorsigartikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie gedurende die jaar wat die prys voorafgaan, gepubliseer is.

Die prys word toegeken aan Eduard Venter, Phumzile Sibisi en Natasha van de Haar van die Departement Plantkunde en Plant Biotegnologie, Universiteit van Johannesburg en Adriaana Jacobs van die Landbou-navorsingsraad, Plantbeskerming vir hulle artikel “Bakteriële populasieprofiele vanaf diesel verkry by vulstasies” in Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol 35, no 1 (2016).

Esther Greeff-prys

Die prys word vir ’n navorsings- of oorsigartikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe gepubliseer is, toegeken.

Die prys word vanjaar toegeken aan Nerina Bosman, verbonde aan die Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria vir haar artikel “EET en DRINK in Afrikaans – ’n leksikaal-semantiese ondersoek” in Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jg 55(1), Maart 2015.

Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (Plantkundige Wetenskappe)

Die medalje kan jaarliks toegeken word vir die beste verhandeling wat by ’n Suid-Afrikaanse universiteit vir die MSc-graad ingedien is (om die beurt in die dierkundige of plantkundige wetenskappe).

Die medalje word toegeken aan SF (Ancia) Cornelius, student van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Die titel van haar verhandeling is “Health clinic gardens in North-West Province, South Africa, as complex social-ecological systems”.

Poortprys

Toekenning van hierdie prys word jaarliks oorweeg vir die twee beste skeppende bydraes (poësie, prosa, drama) deur leerlinge in grade 10, 11 en 12.

Die prys word vanjaar toegeken aan:

Prosa: Nina du Preez, ’n graad 10-leerling van die Hoërskool Centurion, Pretoria.

Poësie: Brigitte Geyer, ’n graad 12-leerling van die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria.

 

Breyten Breytenbach wen top internasionale toekenning

Wednesday, March 8th, 2017

Breyten Breytenbach

 

PERSVERKLARING

Breyten Breytenbach is aangewys as die wenner van die 2017 Zbigniew Herbert Internasionale Literêre Toekenning. Breytenbach, ’n Suid-Afrikaanse digter, skrywer en kunstenaar, was vir etlike jare ’n politieke gevangene tydens die apartheidsera en het deur middel van sy skryfwerk verset getoon teen die regering van die dag. Die prys sal tydens ’n formele seremonie in Warsaw op 25 Mei aan Breytenbach oorhandig word.

Die Zbigniew Herbert Internasionale Literêre Toekenning is ‘n internasionale literêre eer, vernaam op die gebied van die poësie. Dit word sedert 2013 jaarliks toegeken vir uitstaande kunswerk en intellektuele prestasies gekoppel aan die Poolse skrywer, digter en moralis Zbigniew Herbert.

die singende hand

Volgens die beoordelaars, ’n paneel wat bestaan uit internasionale digters, skrywers en essayiste, herroep Breytenbach se oeuvre Herbert se woorde: “Let the anger of the powerless be like the sea / whenever you hear the voice of the humiliated and beaten.”

Breytenbach het die toekenning as ’n besonderse voorreg beskryf. “Dis inderdaad ‘n besonderse voorreg om ‘n toekenning te kry wat die naam dra van so ‘n groot Europese gees en intellek – digters se ‘digtershart’ (so sou die meeste digters Zbigniew Herbert as denker en kreatiewe mens koester) – en soveel te meer so omdat dit toegeken is deur ‘n jurie van heel uitsonderlike woordmense. As brak uit die buiteveld sal ek maar tjoepstil bly in sulke luisterryke geselskap. ‘Groot honde’ het lang skaduwees oor daardie werf gegooi. Ek verwys nou na vorige pryswenners soos, o.a., William Merwin, Charles Simic en Lars Gustafson… So ek sal maar wye draaie draf en hoop hulle kom nie agter hulle het per ongeluk die verkeerde ou nader genooi nie. Ek is dankbaar en bly namens almal wat in Afrikaans skrywe. Want dis tog insiggewend dat een van die jurielede, Joeri Androekhowietsj van Oekraïene, met die bekendmaking van die toekenning daarop gewys het dat Afrikaans tans met uitwissing bedreig word. Ek sou kon byvoeg dat hierdie totaal sinnelose taalmoord gerasionaliseer word deur die heldhaftige Afrikaansveragtende Stalinistiese pragmatiste aan bewind by die Joenewersitie van Kakiebosch.”

Breytenbach in gesprek met Louise Viljoen

Eloise Wessels, besturende direkteur van NB-Uitgewers, het beklemtoon dat dit ’n merkwaardige prestasie is: “Dié prys bevestig weer Breyten Breytenbach se internasionale statuur en die verweefdheid van sy oeuvre in ’n internasionale netwerk van poësie en verset. Dit bevestig ook die aansien van Afrikaans as literêre taal op die wêreldverhoog. Ons is saam met ons skrywer trots op hierdie welverdiende en betekenisvolle erkenning!”

Vir meer inligting kontak:

Helené Prinsloo

Reklamekoördineerder

helene.prinsloo@nb.co.za

Tel: +27 21 406 3450

 

ATKV-Skrywerskool. NWU

Thursday, February 16th, 2017

Winterskool met trots in 2016 aangebied

31 jaar nadat die eerste Herfsskryfskool op Potchefstroom aangebied is (in April 1985), maak die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit steeds so – hierdie jaar met ’n Winterskool.

Dosyne gevestigde skrywers het oor die jare hier ’n wegspringplek of hupstoot vir hul loopbane kom vind. Van 30 Mei tot 3 Junie 2016 bied die ATKV-Skryfskool weer so ’n skolingsgeleentheid aan opkomende woordsmede.

Bekroonde skrywers wat ook boeiende geselsers is, kom gee inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as skrywers van verhale, geestelike fiksie en gedigte: Harry Kalmer, Debbie Loots, Loftus Marais, Anzil Kulsen, Susan Coetzer, , Hans du Plessis en Franci Greyling.

Die hartklop van die Winterskool is die werkwinkels waartydens kursusgangers kan slyp aan die pennevrugte wat hulle by inskrywing moet voorlê. Helena Hugo (geestelike fiksie), Heilna du Plooy (verhaalkuns) en Bernard Odendaal (digkuns) sal die leiding by die drie werkswinkelgroepe neem.

’n Ander sterkpunt van die Winterskool is dat kursusgangers uit die spreekwoordelike perd se bek kan hoor wat uitgewers verwag van skryfwerk wat die paal gaan haal by die manuskripkeurders. In 2016 kom maak verteenwoordigers van Protea Boekhuis, Lapa-uitgewery en Maroela Media ’n draai by die Winterskool.

Stel jy belang om die Winterskool 2016 by te woon? Kom in aanraking met Kobie van Aswegen (sekretaresse) van die ATKV-Skryfskool: kobie.vanaswegen@nwu.ac.za;

tel. 018 299 1783.  Skakel met Bernard Odendaal, direkteur van die ATKV-Skryfskool vir onderhoude: bernard.odendaal@nwu.ac.za; tel. 018 299 1782.

 

Yves T’Sjoen. Afrikaanse literatuur en de institutionele rol van de boekhandelaar

Friday, December 30th, 2016

louis-2011a

Yves T’Sjoen, Athol Fugard & Louis Esterhuizen (sept. 2011)

.

Afrikaanse literatuur en de institutionele rol van de boekhandelaar

Bij het afscheid van de boekwinkelbestuurder Louis Esterhuizen

.

Literair veldonderzoek

Schrijvers en uitgevers, critici en vertalers, fondsredacteurs en letterkundigen. Ze krijgen in het hedendaagse literatuurwetenschappelijke onderzoek aandacht voor hun institutionele rol in het vertoog over literatuur. Hun posities worden toegelicht zowel op het gebied van de materiële als de symbolische productie van literatuur. In het Nederlandse taalgebied bestaat toenemende aandacht voor de cultuursociologische context waarin het literaire bedrijf plaatsheeft. De fondsopbouw van literaire uitgeverijen, het discours van periodieken en de literatuurkritiek, de cultuurbemiddelende functie van de vertaler en de (canoniserende) beeldvorming van literatuurgeschiedenissen zijn maar enkele voorbeelden van contextuele benaderingen die vandaag in het vakgebied modieus zijn.

In het schema dat C.J. Van Rees en G.J. Dorleijn opnamen in hun veel geciteerde studie De productie van literatuur. Het literaire veld in Nederland 1800-2000 (2006) worden de onderlinge relaties tussen actoren, instituties en strategieën in het literaire veld aanschouwelijk voorgesteld. Daarin bekleden onder meer literatuuronderwijs, fondsen voor de letteren, bibliotheek en boekhandel een belangwekkende positie. Vooral wanneer het op de symbolische waardebepaling van literaire producten in de publieke ruimte aankomt. De boekhandel is een van de instanties die vooralsnog in het veldonderzoek geringe aandacht krijgt. In het Nederlandse taalgebied ken ik maar enkele voorbeelden. Daarnaast ben ik geïnteresseerd in boekhandelaars die ook schrijver zijn, of beter andersom, auteurs die een tijdlang de kost verdienen met het uitbaten van een boekwinkel. In Vlaanderen, toen en nu, denk ik bijvoorbeeld aan de Antwerpse boekhandel De Brug van Paul de Vree, de legendarische boekhandel van Adolf Herckenrath in de Gentse Veldstraat, het gerenommeerde De Zondvloed van Johan Vandenbroucke (Mechelen en Roeselare), het boekwinkeltje Librairie de la Bibliothèque in Oostende van de Franstalige Belgische dichter Henri Vandeputte en Joris Vriamont als verantwoordelijke van de muziekafdeling in La Lecture Universelle (Brussel). Paul van Ostaijen hield dan weer enkele jaren de Brusselse kunstgalerie A la Vierge Poupine open. Schrijvers moeten aan de kost komen.

Boekhandelaar en dichter

Weken geleden is melding gemaakt van het afscheid van Louis Esterhuizen als filiaalhouder en bestuurder van de voor mij al jarenlang als onweerstaanbaar ervaren Protea Boekwinkel in Stellenbosch. Sinds juli 2002 is Esterhuizen in dienst van Protea Boekhuis (Pretoria). De laatste werkdag van 30 desember 2016, vandaag dus, trekt hij de deur achter zich dicht. Op de Facebookpagina zijn de voorbije tijd foto’s gepost van een afscheidsbijeenkomst in het gezelschap van de medewerkers. Jaren terug, sinds mijn eerste kennismaking met de indrukwekkend volgestouwde boekwinkel in de Andringastraat, was Louis Esterhuizen voor mij een door literatuur begeesterde en bijzonder sympathieke handelaar. De robuuste en zachtzinnige verschijning die ik elk jaar in september de stevige hand mocht schudden.

louis-2011e

 Louis Esterhuizen

Later werd hij voor mij de dichter. In het najaar van 2010 stuurde hij naar mijn thuisadres wat die water onthou met op het boekomslag een aquarel van zijn geliefde muze Marlise Joubert. In de gebundelde gedichten is de relatie met en kennis van de Vlaamse poëzie expliciet gemaakt. Zo begint een van de watergedichten, ‘die heiligheid van water’, met een bijna letterlijke referentie aan de beginregel “Zwemmen is losbandig slapen in spartelend water” van Paul Snoeks canonieke gedicht ‘Een zwemmer is een ruiter’. Drie jaar later, in september 2013, overhandigde Louis in Stellenbosch tijdens een diner in de Volkskombuis aan de oevers van Eerste Rivier het “reisjoernaal” Amper elders. Naast Cambridge, Amsterdam en Praag bepalen Brugge en Antwerpen (Berchem) de ruimtelijke setting van de poëzie. Voor wat die water onthou gebruikte Esterhuizen een motto dat is ontleend aan Paul van Ostaijens klassieker ‘Melopee’, ook de titel van het gedicht waarmee de bundel afsluit. In Amper elders wordt in de reeks die reminiscenties bevat aan de Lage Landen wel méér verwezen naar Nederlandstalige dichtkunst (Hugo Claus, Herman de Coninck, Peter Holvoet-Hanssen, M. Nijhoff en Eddy van Vliet). Ik herinner me zeer levendig het gesprek daar aan de oever van de kabbelende rivier – een locus amoenus voor de dichter – over de reis die Marlise en Louis in Europa hebben ondernomen, en de onuitwisbare indrukken van hun rite de passage. Amper elders is er het lyrische getuigenis van. Het bijwoord ‘amper’, zo lichtte hij toe, betekent in het Nederlands zowat het tegenovergestelde van wat in het Afrikaans wordt begrepen. Er zijn vele levendige herinneringen aan ontmoetingen. Zoals die keer dat we Breyten Breytenbachs verjaardag vierden ten huize Esterhuizen en verrassend de theaterlegende Athol Fugard te gast was. Het blijft ongelooflijk dat ik die zestiende september over Tone Brulin heb kunnen praten met een charmante oude man die het theaterexperiment in Vlaanderen vanaf de eerste rij heeft aanschouwd.

louis-2011f

 Verjaarsdagviering vir Breyten Breytenbach
16-09-2011
.

louis-2011d

Athol Fugard
.

Naar aanleiding van de generositeit die mij telkenmale te beurt viel, ben ik ook méér gedichten van Louis Esterhuizen gaan lezen. Uiteraard in de dikke Komrij, maar ook in periodieken en andere anthologieën. Esterhuizen is de schrijver van voorlopig tien dichtbundels, te beginnen met Stilstuipe (1986). In 2011 is hij voor de doorgecomponeerde bundel wat die water onthou bekroond met de Protea Poësieprys. Zijn debuut is genomineerd voor de Ingrid Jonkerprijs. De gedetailleerde bibliografie, die op de Wikipediapagina kan worden nagelezen, maakt verder melding van zijn betrokkenheid bij de totstandkoming van en de praktische beoefening van “Bekgevegte”, intussen een begrip in de Afrikaanse literaire wereld, en in den beginne een lange loopbaan in het onderwijs.

Afscheid van een icoon

Het afscheid van Louis Esterhuizen als boekhandelaar valt me zwaar. Zelden ontmoette ik zo’n bekwame en innemende boekverkoper – verkoper klinkt in deze context veel te mercantiel. Hij is een bezetene van het boek, een wandelende encyclopedie van literaire anekdotes en bibliografische weetjes, en vooral – zo leer ik uit zijn Facebookposts – een aanstekelijk speurende melomaan. Het is in Louis’ boekhandel prettig kuieren tussen uitpuilende boekenrekken en doorhangende planken waar ik elk jaar bij mijn doortocht nieuwe producties mocht ontdekken. Daarin begeleid door de warme sonore stem en de nimmer opdringerige aanwezigheid van de bestuurder. Mijn privécollectie Afrikaanse letteren heb ik mede te danken aan Protea Boekwinkel en is ingefluisterd door de belezenheid van de plaatselijke boekenchef. Het is frappant hoeveel Louis heeft gelezen, niet zomaar even geproefd of van op afstand verkend. Legendarisch zijn de zaterdagmiddaggesprekken in de boekhandel waar literaire auteurs, historici en andere schrijvers de revue passeren. Recent, in november, was John Miles er nog te gast. Ik vergaap me bij elk bezoek aan de uitnodigende boekenkasten waar fotocollages aan de zijkanten evenzovele warme herinneringen zijn aan druk bijgewoonde boekpresentaties. Met een glaasje Zuid-Afrikaanse wijn. Louis hield het zelf bij, zo merkte hij onlangs op: hij leidde honderden sprekers in, faciliteerde dialogen en verzorgde de promotie. De foto’s etaleren het kruim van de Afrikaanse letteren. Allemaal passanten in de boekwinkel van Louis Esterhuizen, en voor haar pensionering natuurlijk ook Marlise Joubert.

louis-2011b

Athol Fugard en Marlise Joubert
.

De vriendschappelijkheid staat mij voor altijd bij en is onlosmakelijk verbonden met het pand op Bergzicht Plaza in de Andringastraat. De boekhandelaar, samen met zijn bijzonder sympathieke crew, was er het uithangbord. Het wordt nu anders. Maar ik weet zeker dat Protea Boekwinkel een baken is voor het letterkundige leven in de Kaap. Dat stempel valt nu eenmaal niet uit te wissen. Althans dat is mijn vurige verlangen.

“Huis toe gaan, ja, ek wil huis toe gaan” (‘Soldatelied’)

Intussen gaat Louis Esterhuizen verder met dichten en vertalen. Ik wens hem vanuit mijn positie van binnenwaartse buitenstaander alle wind in de zeilen.

Voortaan richt mijn aandacht zich op het dichtwerk. De muzikale compositie Die afwesigheid van berge (2014), de jongste bundel, is voor mij zonder meer een hoogtepunt in het dichterlijke oeuvre. Niet alleen compositorisch of stilistisch is Louis Esterhuizen de schrijver van bijzonder werk. Ook vanuit transnationaal perspectief valt er veel over te zeggen. De (expliciete) intertekstuele verwijzingen in Esterhuizens poëzie naar de Lage Landen verdienen uitdieping en in een breder (discursief) perspectief te worden bestudeerd. Als een literair-institutioneel onderzoek in Zuid-Afrika zich richt op de beeldsturende functie van de boekwinkel voor de Afrikaanse literatuur, dan zullen Protea Boekwinkel in Stellenbosch en de charismatische “boekwinkelbestuurder” daarin een prominente plaats toebedeeld krijgen.

Louis komt thuis in de poëzie.

Vale, waarde vriend Louis.

louis-2011c

.

Versindaba byderhand. Mentorskap vir sowel die gevestigde as aspirant-digter

Monday, December 19th, 2016

images2

Versindaba byderhand

Mentorskap vir sowel die gevestigde as aspirant-digter

 *

Indien jy ‘n aspirant-digter is wat behoefte het aan skoling in die grondbeginsels van die ambag, is Versindaba byderhand vir jou.  Selfs vir die meer ervare digter wat ‘n kundige, objektiewe kommentator benodig vir die verdere verfyning van bepaalde gedigte, óf manuskrip, is Versindaba byderhand tot jou diens.

Daar is twee opsies beskikbaar:

Opsie 1: Gestruktureerde kursus

  • Hierdie kursus bestaan uit tien interaktiewe lesings.
  • Alle kommunikasie geskied via elektroniese media.
  • Jy werk dus in die gerief van jou eie blyplek en teen jou eie tempo, na gelang van omstandighede.
  • Elke les bestaan uit voorbeeldgedigte, beskrywende teks om die grondbeginsels van die betrokke onderwerp te verduidelik en opdragte wat self uitgevoer moet word.
  • Op elke opdragvers van jou sal jy uitvoerige kommentaar ontvang.
  • Na afloop van die kursus sal ʼn commendatio verskaf word.

 

Koste: R2,500. ‘n Deposito ter waarde van R1,250 sal vereis word ten tye van registrasie. Die balans sal betaalbaar wees na voltooiing van Les 3.

Skryf aan Versindaba byderhand indien jy belangstel om die gestruktureerde kursus te volg, of nog vrae het.

Opsie 2: Teksbegeleiding

Hierdie opsie is vir bedrewe digters wat reeds die grondbeginsels van die ambag onder die knie het en nogtans behoefte het aan ʼn objektiewe, onbetrokke beoordelaar om behulpsaam te wees met –

  • ‘n leesverslag;
  • die verdere verfyning van bepaalde gedigte;
  • manuskripontwikkeling, asook
  • taalversorging en redigering.

Stuur 5 van jou eie gedigte by wyse van voorlegging en oorweging tot verdere deelname. Indien jou gedigte van ‘n aanvaarbare gehalte is, sal jy genooi word om soveel gedigte as wat jy by wyse van Versindaba byderhand wil verfyn, in te stuur. Elke gedig sal uitvoerig behandel en van kommentaar voorsien word. Alle kommunikasie geskied via elektroniese media.

Koste: R250 per uur, of gedeelte daarvan, gewerk deur die teksbegeleier. Let wel: ‘n Deposito ten bedrae van 50% van die geskatte koste sal vereis word na die gedigte ontvang is. ‘n Faktuur vir die finale afrekening sal verskaf word nadat die opdrag afgehandel is.

Skryf aan Versindaba byderhand indien jy belangstel in enige van die interaktiewe dienste hierbo, of nog vrae het.

 

Louis Esterhuizen

INHOUDSBESTUURDER: Versindaba

 

(c) Versindaba / 2017

 

Pen Afrikaans Nuusbrief: November 2016

Sunday, December 4th, 2016

Beste lid van PEN Afrikaans

In die afgelope weke het ons drie groot geeste van die Afrikaanse woordkuns aan die dood afgestaan. Jaco Botha, Jans Rautenbach en Dot Serfontein het ons verlaat, maar gelaat met dankbaarheid vir hul onderskeie belangrike bydraes tot die groot en voortdurende gesprek van die Afrikaanse letterkunde en rolprentkuns. Ons taalgemeenskap het ook met verdriet en dank afskeid geneem van die taalkundige Jannie Earle en die letterkundige Piet du Toit.

Ons dink aan hul geliefdes en sê nogmaals dankie vir hierdie ryk lewens met ‘n vers wat Antjie Krog aan haar ma, Dot Serfontein, opgedra het:

ontwei

jy gly onder my uit, Ma, in hierdie virulentgeurende lente

vanoggend toe ek jou groet, klamp jy aan my vas

en byna te buite hou ek jou

.

hou jou lignemendheid jou werpwrakende woedebrokke

jou brak onuitblussende steenkooloë vegtend bloed-

veragtendvegtend    maar jy’s reeds sonder skouers

.

(here die gedagte aan ’n ontdagte-jy klief op my af    die weg-

glip van die vreesloosste priemhonger sillabe

van my lewe) – dis boggel wat ek

in my arms hou    newe-aards skots-skreef probeer jy

die inmekaarplons toeskoffel

die swetsende terdoodbrenging van slyt-

bare vlees soos voortgedryf deur pis deur die onwaardigheid

van skyt van herberglose breuke knoppe en fynmasige

wade van immerende onmagtigheidsmakings

.

maar altyd

.

altyd met die vlammende dapperswaard stip vooruit    dit robbel

en skree Ma    want hoe benaam ek jou tot leef tot nader-

baar bly as boegbeeld wat die aarde voor my kloof

.

torsende briefvellige vrou    morsend met jou nat grys hare

asof jy met moeite uit die grond geruk is    ek sien die wanhoop

in jou oë ons gryp na die enigste wat ons ken: die skrifgeluid van

.

skerwe    angsvallig tastend teen soveel vergruisende weerloosheid

om die dood te probeer indink tot die dood-in toe hoor ek jou

beier aan onverlore taal    jou woede spaar jy nie nog jou deernis

nog jou arms nog jou bors    in die truspieëltjie sien ek jou staan

staan in jou vooroorstortende lyf

.

alleen, onnoembaar mensonterend alleen    dodin van my wese

en trillende keelvel van my alfabet

Uit: Mede-wete (Human & Rousseau, 2014)

.

‘n Nuwe gedig van Breyten vir Afrikaans en Gelyke Kanse

.

die tongvervreemding

 .

wanneer jy die moedertong

in my mond laat verdor

neem jy die wêreld weg

verduister jy my geheue

maak jy dat ek as vreemdeling

en sonder ‘n eie paar skoene

die toekoms moet ondergaan

wat ek nie meer fatsoeneer nie

wat ek nog net interpreteer

en nie penetreer nie

.

wanneer jy die taal

van my wegneem

ruk jy die hart uit my drome

om dit te vervang

met die mondmaniere

van ‘n tong wat nog net

die blinde werk van miere kan doen

.

wanneer jy van my ‘n massasyfer maak

om soos ‘n gefuikte papegaai

te pik-pik na sy nabootsing

maak jy dat ek ‘n weesmens is

in die leë huis van my vaders

sonder taal om my afwesigheid te beween

.

breyten breytenbach

.

Breyten het hierdie gedig geskryf in solidariteit met die Gelyke Kanse-veldtog waarin hy ‘n aktiewe rol speel. Gelyke Kanse beywer hom vir die voortbestaan van Afrikaanse as akademiese taal – ‘n strewe wat die bestuur van PEN Afrikaans uiteraard ondersteun.

Gelyke Kanse het finansiële ondersteuning nodig om die Universiteit Stellenbosch se nuwe taalbeleid in die hof te beveg.

Ebbe Dommisse, voormalige redakteur van Die Burger en lid van PEN Afrikaans, verduidelik Gelyke Kanse se saak teen die US en die noodsaak vir ‘n fondsinsameling as volg:

Die jaar 2016 kan Afrikaans se noodlotjaar word as daar nie dringende en doelgerigte aksie kom om die aanslae teen Afrikaans as  onderrigtaal aan universiteite die hoof te bied nie. Daarom word GelykeKanse se veldtog met ‘n omvattende fondsinsameling uitgebrei.

Hoewel ‘n paar universiteite in Suid-Afrika voorheen Afrikaans as voertaal gebruik het, het die een na die ander die afgelope ruk verengels. Onlangs het die Universiteit Stellenbosch ‘n beleid aanvaar wat Afrikaans en Afrikaanse studente as  minderwaardig behandel en Engels tot die oorheersende doseertaal en administratiewe taal  verhef.

Mnr. Jannie van der Westhuizen, Rektor van Paul Roos Gimnasium, het uit die US Raad bedank omdat die beleid gelyke status vir Afrikaans en Engels kategories verwerp en selfs nie eens die huidige aanbod van Afrikaans wil waarborg nie.

Die uitfasering van Afrikaans gebeur ondanks die feit dat daar reeds in die Wes-Kaap – die bakermat van Afrikaans, met ‘n meerderheid Afrikaanssprekendes – drie ander Engelse  universiteite bestaan.

Die skade wat die US se taalbeleid na verwagting aan Afrikaanse skole gaan doen, kan vernietigend wees. Daar sal toenemend `n aandrang wees dat Afrikaans reeds op hoërskoolvlak deur Engels as voertaal vervang moet word aangesien die US nie meer  `n volle Afrikaanse aanbod maak nie. Stukrag sal verleen word aan die nadelige gevolge van ‘n proses wat gesaghebbende akademici deesdae as “Anglonormativity” bestempel.

Daar is al oor en oral bewys dat die beste skoling moedertaal-onderrig is. Opvoeding in die moedertaal anker die kind in sy gemeenskap, en bied hom of haar ‘n vertroude wegspringplek in die proses van volwassewording. Moedertaal staan dus sentraal in gemeenskapsontwikkeling. Dit beteken nie dat kennis van ander tale waardeloos is nie; net dat moedertaal van kardinale belang is.

Moedertaal-onderwys verg moedertaal-vaardige onderwysers. Hierdie vaardigheid ontwikkel hulle in hul opleiding by ons universiteite en kolleges. Hierdie argument is net so geldig vir talle ander beroepe, soos die opleiding van medici, wat hul pasiënte moet verstaan, regsgeleerdes in hul praktyk en in die howe, handelaars in sakeondernemings en so meer.

As verengelsing voortduur, sal ons skole nie meer in-moedertaal-opgeleide onderwysers kry nie en sal die studerende jeug nie meer in hul moedertaal onderrig kan word nie. ‘n Effektiewe mono-kultuur sal die samelewing verswak en laat agteruitgaan. Die meerderheid moedertaal-sprekers in Suid-Afrika – mense wat ander tale as Engels gebruik – sal op hierdie manier afgedruk word in ‘n situasie van tweedeklas burgerskap. ‘n Baanbreker-studie van Unesco oor moedertaal-onderrig in Afrika het juis bevind dat die gebruik van die voormalige koloniale tale slegs die elite baat en die oorgrote deel van Afrika se bevolkings benadeel. Dit is een van die vernaamste oorsake wat ontwikkeling in Afrika strem.

Ons het ‘n kragtige saak vir moedertaalonderwys, gerugsteun deur talle deskundige voorleggings. Ons wil Afrikaans in die besonder as onderrigtaal in tersiêre instellings behou en verder laat ontwikkel,  en moedertaal-onderrig in die algemeen bevorder.

In die geval van die US, wat selfs sy stigtingsvoorwaardes verwerp, is dit gebiedend dat sy nuwe taalbeleid deur die howe ongeldig verklaar moet word. Om hierdie rede het ons die beweging GelykeKanse gestig, waarvan die lede pas ‘n grondwet aanvaar het.

Ons eerste mikpunt is om R1 miljoen in te samel om deur middel van `n hofuitspraak die US te dwing om gelyke behandeling aan Afrikaans en Engels as voertaal en kommunikasietaal te gee.

Die hofsaak, wat waarskynlik in die Konstitusionele Hof sal eindig, behels klaarblyklik aansienlike koste. As ons hierdie belangrike en dringende toetssaak wen, op grond van wat ons as ‘n fundamentele grondwetlike kwessie beskou, sal Afrikaanstaliges en hul taal op ‘n veel vaster grondslag staan, en sal hulle nie meer as minderwaardige en tweedeklas burgers van die land beskou kan word nie. Hierdeur sal gemeenskapsontwikkeling deur moedertaal-onderrig veel sterker bevorder kan word in ‘n land wat, soos vele ander Afrika-lande, die koloniale taal vir die elite gebruik, tot nadeel van die oorgrote meerderheid van die bevolking wat agterlik bly. Verskeie gesaghebbendes, onder meer in Unesco-verslae, het bevind dat moedertaalonderrig net so ontsaglik belangrik is as ontwikkelingsinstrument.

Belangstellendes kan die volledige uiteensetting van ons saak vind deur op hierdie skakel te klik:
https://drive.google.com/drive/folders/0B8D16Js46-BsQmwzSWNMUWdVREk?usp=sharing

Die hofstukke wat GelykeKanse indien, sit volledig uiteen watter bedenklike en soms agterbakse metodes deur US in ‘n voortslepende proses van verengelsing aangewend is. Dit het verlede November begin, toe die US-bestuurspan ‘n nuwe beleid afgekondig het waarvolgens Engels die taal van onderrig, administrasie, kommunikasie en selfs koshuisvergaderings sou word. Die verengelsingsplanne is toe tydelik gestuit. US is gedwing om sy eie taalbeleid toe te pas en het in hofstukke erken dat in 268 modules aan 7 fakulteite van die taalbeleid afgewyk is.

Die holderstebolder deurdruk van die nuwe taalbeleid is ooglopend ʼn oorhaastige poging tot wettiging van die wederregtelike afwykings. Klaarblyklik is kwalik kennis geneem van meer as 500 voorleggings waarin besware uitgespreek is.

Die nuwe beleid stoot die Engelse aanbod op tot 100%, en dit bots bowendien regstreeks met die onlangse beleidsverklaring van die US-Raad waarvolgens die Afrikaanse aanbod nie verminder mag word nie. Alle verpligte studiemateriaal gaan in Engels wees, en in talle modules is Afrikaans ondergeskik aan Engels. Afgesien hiervan word reeds in aanstellings van dosente voorkeur aan Engelssprekendes gegee. Dieselfde geld vir werwing van studente, nadat die rektor verlede jaar trots verklaar het dat die Engelse komponent verder gaan toeneem. Verantwoordelikheid vir taalbeleid word ook afgewentel na die fakulteite, dus daar waar so drasties van die taalbeleid afgewyk is.

Na afloop van die hofsaak beoog ons om die insameling voort te sit ten bate van almal wat in Afrikaans onderrig wil word.  Ons glo sterk dat welslae met ons veldtog een van die vernaamste pilare van ‘n suksesland sal wees. Ons werf dus ook fondse vir die groter taak om die opleiding te verseker van onderwysers wat doeltreffend in Afrikaans-medium kan skoolhou en om behoeftige kinders te help wat in Afrikaans verder wil studeer.

Hiervoor het ons jou steun nodig sowel as die steun van honderde oud-Maties asook alle ander goedgesindes vir ons fondsinsameling, ‘n veldtog wat landwyd en internasionaal gevoer word. Dit geskied onder die vleuels van GivenGain, met sy Suid-Afrikaanse hoofkantoor op Stellenbosch, wat vir die doel die Stellenbosch-Antwerpen Trust gestig het.

Daar is drie groepe van skenkers:

KLINKERS – ‘n Klub van Honderd, wat reeds begin het om elkeen R10 000 by te dra. Hoekom KLINKERS? Omdat A,E,I,O,U staan vir: Afrikaans, Erfenis, Inklusief, Omgeetaal, Uniek.

KONSONANTE – ‘n Groep van Tienduisend, wat R1 000 elk of R100 per maand vir ’n jaar bydra.

STAATMAKERS  – skenkings van R250 of R500 of eie keuses.

Alle bydraes is welkom vir hierdie besondere verdienstelike saak. Enige persoon kan ook onder die drie kategorieë “anoniem” skenk. Die bankbesonderhede is:

Naam: Stb Antwerpen Trust
Bank: ABSA, Stellenbosch
Taknommer: 632005
Tjekrekening: 40-7258-3303

Donateurs kan ook vinnig en maklik hul skenkings aanlyn opstel op die bankveilige GivenGain-donasieblad, vanuit hul SA bankrekening of kredietkaart.

Gelyke Kanse se loodskomitee bestaan uit: Willa Boezak, Abraham H de Vries, Ebbe Dommisse, Abraham Phillips, Hermann Gilliomee, Rhoda Kadalie, Danie Marais, Danie Rossouw, Phillip Spies.*

*Onder die bekendes wat GelykeKanse se beswaarskrif onderteken het, tel die Nobelpryswenner J M Coetzee, Breyten Breytenbach, oud-pres. F W de Klerk, premier Helen Zille, lord Robin Renwick, Flip Smit, Dele Olojede, regter Fritz Brand, Sonja Loots, John Miles, Ampie Coetzee, Tony Leon, Eno Adams, Sarina, Tan Twan Eng, Dominique Enthoven, Theuns Eloff, R W Johnson, Rolanda Marais, Anton Goosen, Brendan Peyper, Dave Pepler, Marié Heese, John Cartwright, Sarah Theron, Albert Maritz, Dorothea van Zyl, Dan Sleigh, Deon Geldenhuys, Dine van Zyl, Francis Galloway, Frans Marx, Clive Keegan, Laurinda Hofmeyr, Danie van Wyk, David Welsh, Herman Binge, John Kane-Berman, Eloïse Wessels, Paul Colditz, Douglas Gibson, Dave Dalling, Theo du Plessis, Tertius Kapp, Elsa Joubert, Charles J Fourie, Pieter Louw.  (Sien die lys van meer as 4 000 name by http://gelykekanse.com/)

Is die SAUK steeds besig met sy boelietaktiek en sensuur?

Op 6 November 2016 publiseer City Press bewyse dat die SAUK-bestuur dreig om Thulani Msimang te skors omdat hy krities was oor die NVG se gebrek aan aksie teen president Jacob Zuma. Die kritiek is op Msimang se persoonlike Facebook-blad gepubliseer, daar was geen verwysing na die SAUK in die plasing nie.

PEN Afrikaans vind hierdie nuus onrusbarend. Deel asseblief ons verklaring ter ondersteuning van Msimang as jy saamstem en jou stem wil laat hoor.

Msimiang het vir Izak de Vries laat weet dat hy die solidariteit waardeer en ons op hoogte sal hou van verwikkelinge.

Ons versoek hiermee ook al ons lede om ons asseblief in kennis te stel wanneer hulle van dergelike vergrype en voorvalle bewus is. Stuur e-pos na penafrikaans@gmail.com of kontak ons via Facebook of Twitter.

Eerste leesverslae van Izak de Vries en Danie Marais op PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool vir belowende jong skrywers

In ons Oktober-nuusbrief het ons al ons lede hartlik uitgenooi om te gaan kyk na ons eerste aanlyn slypskool op ons LitNet-webportaal.

By hierdie skakel het ons die kortverhale van twee talentvolle jong skrywers, Elisha Zeeman en Jaco du Plooy, geplaas. Izak de Vries en Danie Marais het nou op hierdie verhale gereageer met leesverslae wat terugvoer en aanbevelings bevat. (Klik hiervir die kommentaar op Zeeman se kortverhaal; hier vir die kommentaar Du Plooy s’n.)

Ons sien uit om te lees wat dié twee skrywers van die aanbevelings gaan maak in hul geredigeerde verhale wat binnekort op ons portaal geplaas sal word. Intussen is ons lede welkom om aanlyn met kommentaar deel te neem aan die gesprek en ondersteuning van hierdie jong skryftalent.

Die Teksmark – ‘n opwindende nuwe inisiatief vir die Afrikaanse teater

Om te lief wees vir die teater en bekommerd te wees oor die welstand en voortbestaan van die teater gaan blykbaar, dekades lank al, hand aan hand.

Die nuwe Teksmark-inisiatief is daarom rede tot hoop en vreugde vir alle teaterliefhebbers.

Die Teksmark is ’n vars platform vir die skep van nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste, in Afrikaans, en is vanjaar vir die eerste keer aangebied. Skrywers kry hiermee die geleentheid om die verhoogmatigheid van tekste en idees vir tekste te toets, en met terugvoer van rolspelers in die bedryf, te voltooi. Die Teksmark is ‘n Kunste Onbeperk-projek, ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) en die Baxter Teatersentrum.

Hoekom die Teksmark-inisiatief?

Cornelia Faasen, die uitvoerende hoof van NATi verduidelik haar beweegredes vir die ondersteuning van hierdie projek as volg:

“Die Afrikaanse teaterbedryf word ’n geruime tyd bedreig deur ’n stille epidemie, ’n geneigdheid om bestaande en vertaalde werke op te voer. Dit laat ’n groot leemte vir oorspronklike stemme en kwessies wat hard en duidelik aangespreek word, soos net teater kan.

“Daarom is die Teksmark ’n uitstekende platform vir die slyp van nuwe (en ou) stemme, waar die fokus op die teks val. Skrywers word die ruimte gegun om op die werk te fokus en te skryf en skryf en herskryf. ’n Luuksheid wat ons selde gegun word. Dit is broodnodig om die fokus terug te skuif na die idee, die stem, die konsep, die boodskap. Daar is te veel druk op vervaardigers, regisseurs en geselskappe om voortdurend met produksies vorendag te kom wat bewese sukses oorsee behaal het, of om ou Afrikaanse klassieke werke op te diep. Dit is natuurlik nie verkeerd nie, maar dit sal wonderlik wees as ’n volgende generasie terugkyk op hierdie werk en met oortuiging kan sê ‘die Afrikaanse teaterskrywers het in 2016 verskriklik baie gehad om te sê’.”

Hoe het die Teksmark gewerk?

Alle skrywers, gevestig of opkomend, is genooi om voorstelle in te dien. Voorstelle is oorweeg om toe op Maandag, 31 Oktober en Dinsdag, 1 November 2016 as leesteater by die naweeklange Teksmark in die Baxter Teatersentrum in Kaapstad aangebied te word. Verteenwoordigers van teaters, feeste, vervaardigers en ander moontlike beleggers was teenwoordig. Skrywers het hier die geleentheid gekry om oor hul teks-idees te gesels. Die mark was oop vir enige van die belanghebbendes om met skrywers te onderhandel oor moontlike belegging in en verdere ontwikkeling van hul tekste.

Hoe is die Teksmark ontvang?

Mariana Malan het dit in Die Burger só gestel:

“Om in die loop van twee dae na uittreksels uit 14 nuwe tekste te kyk, was om soos ’n kind in ’n lekkergoedwinkel te wees. Die temas was so verskillend soos die flesse vol lekkers in die winkel.

[…]Dan is dit ook ’n ondervinding om die skrywers self aan die woord te hê om te verduidelik wat nog met die stuk beplan word en jou verbeelding te stimuleer met hoe die verhoog gaan lyk as alles klaar is.”

Ek, Danie Marais, het by die Teksmark ‘n paneelbespreking oor die uitdagings van tekste vir teater skryf in Suid-Afrika gelei. Die paneel het bestaan uit Saartjie Botha (direkteur van die Woordfees), Ismail Mahomed (hoofbestuurder van die Markteater), Amy Jephta (dramaturg en lektrise), Hennie van Greunen (dramaturg en teatermaker) en Lara Foot (uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Baxter).

Die gesprek was lewendig en stimulerend en ek is terug huis toe met ‘n gevoel van nuwe opgewondenheid oor ons teaterlandskap. Die Teksmark is vir my ‘n toonbeeld van ‘n innoverende projek ter bevordering van ons letterkunde en ondersteuning van ons skrywers; die paneelbespreking ‘n bevestiging dat dit presies hierdie soort inisiatiewe is wat nodig is vir Afrikaanse woordkunstenaars om meer aktief deel te neem ‘n groter nasionale gesprek.

Belangstellendes wat graag meer wil weet, kan vir Hugo Theart skryf na hugo@kunste.org.za of vir Cornelia Faasen na cornelia@nati.org.za

‘n Konferensie oor moedertaalonderrig in Eersterust, Pretoria

Van Saterdag 19 November tot Sondag 20 November vind ‘n konferensie met die tema “Moedertaalonderring: Gee Suid-Afrika se kinders hoop!” in Eersterust, Pretoria, plaas.

Die sameroepers van die konferensie is prof. Mbulungeni Madiba (UK) en prof. A-M Beukes (UJ), beide gerekende en bekende taalkundiges, en die XhosAfrika-netwerk. Die Afrikaanse Taalraad lewer ‘n sekretariaatdiens.

PEN Afrikaans is dankbaar vir die rol wat PEN Ghana gespeel het om kontak te bewerkstelling met prof. Kofi Agyekum van die Universiteit van Ghana wat as spesiale gas die konferensie sal toespreek oor moedertaalonderrig in Ghana.

Agyekum sal lig werp op die uitdagings en geleenthede vir moedertaalonderrig in Afrika en Ghana deur die rol en belang daarvan in ’n opvoedkundige sisteem en moedertaalonderrigbeleid in Ghana te ondersoek. Hy sal ook praat oor die tekort aan menslike hulpbronne en onderrigmateriaal, wisseling in regeringsbeleide, die negatiewe houdings jeens Afrikatale en die status gekoppel aan koloniale tale in Afrikalande.

Die bestuur van PEN Afrikaans hoop hierdie konferensie sal ‘n belangrike bydrae tot ‘n noodsaaklike gesprek lewer en die fondament lê vir groter samewerking tussen inheemse taalgroepe ter verwesenliking van die ideaal van gehalte-moedertaalonderrig vir alle Suid-Afrikaanse kinders.

Die program van die konferensie kan hier as Word.doc afgelaai word. Vir verdere inligting oor die konferensie kan belangstellendes skryf na Conrad Steenkamp, die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad en ook ‘n lid van PEN Afrikaans: conradisteenkamp@gmail.com

Belangrike besluite en verkiesingsresultate van die 82ste PEN International-kongres in Ourense, Spanje.

Tydens die 82ste kongres van PEN International is verskeie resolusies oor ‘n wye reeks kwessies dwarsoor die wêreld aanvaar. Die volledige lys van resolusies is nou saam met die inhoud daarvan op PEN International se webwerf beskikbaar: http://www.pen-international.org/resolutions-adopted-at-82nd-pen-international-congress-in-ourense-spain-in-2016/

Een van die belangrikste resolusies was die aanvaarding van die nuwe PEN International Kopieregmanifes – ‘n dokument wat opgestel is in reaksie op Australië se omstrede kopiereghervorming wat ook klaarblyklik ‘n invloed gehad het op plaaslike pogings om ons kopieregwetgewing te wysig.

PEN Afrikaans het reeds vantevore ons lede daarop gewys dat daar in hierdie verband uiters kommerwekkende verwikkelinge is. (Lees hier ons ondervoorsitter, Marga Stoffer, se verslag oor die stand van sake.) Ons is dus baie bly oor die aanvaarding van dié Kopieregmanifes deur al die PEN-sentrums wêreldwyd. Sou die regering hier voortgaan met sy kopiereghervormingsplanne wat verlede jaar uit verskeie oorde verdoemend gekritiseer is, sou ons ons saam met PEN South Africa dadelik in protes op hierdie dokument kon beroep. Daarmee sal ons ook op die steun van die internasionale PEN-netwerk kan reken. (Die PEN International Copyright Manifesto kan hier as PDF afgelaai word.)

In verkiesings wat by die kongres gehou is, was die volgende kandidate suksesvol:

  1. Kätlin Kaldmaa (Estonia PEN) is verkies as PEN International Sekrataris vir ‘n termyn van drie jaar.
  2. Thida (Myanmar PEN) is verkies as lid van die PEN International Raad, terwyl Anders Heger (Norway PEN) and Mohamed Sheriff (Sierra Leone PEN) tot die Raad herkies is, elk vir ‘n termyn van drie jaar. Gilwon Lee (Korea PEN) het die einde van sy termyn op die Raad bereik en uitgetree.
  3. Marjan Strojan (Slovenia PEN) is verkies as voorsitter van die PEN International Writers for Peace Committee, ook vir ‘n termyn van drie jaar.
  4. Takeaki Hori (Japan PEN) en Franca Tibertois is verkies as vise-presidente van PEN International.

Daarbenewens is Togo PEN amptelik deur die kongres as nuwe PEN-sentrum aanvaar en verwelkom.

Die volgende PEN-sentrums is egter deur die kongres dormant verklaar: African Writers Abroad Centre, Afar Speaking Centre, Iraq Centre, Roma Centre, Somali Speaking Centre, Tunisia Centre en Writers in Exile se Londen-tak.

Nuwe Afrikaanse boeke in November

Ten slotte is dit altyd ‘n plesier om die lys van nuwe Afrikaanse publikasies te deel. Baie geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het. November se publikasielys kan hier afgelaai word.

Een van ons lede, Riette Rust, se nuwe boek, Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (LAPA), het per ongeluk tydens ons Oktober-nuusbrief uitgeval. Ons vra om verskoning en sluit dit graag by November se publikasielys in.

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans

 

Gilbert Gibson behaal tweekuns met ATKV Woordveertjie-bekroning

Saturday, September 10th, 2016

index

Gilbert Gibson, het gisteraand (9 September) tydens die ATKV Woordveertjie-toekennings ‘n tweekuns deurdat sy vyfde bundel “Vry-” 2015: Human & Rousseau) met ‘n Woodveertjie bekroon is in die kategorie vir digkuns. In Junie vanjaar was dié bekroonde bundel ook met Media24 se Elisabeth Eybers-prys vir poësie bekroon. Volgens die commendatio, die volgende: “Die woorde is geweeg, die verse is geslyp en vernuftig in ‘n bundel aangebied wat op die oog af intellektueel voorkom, maar wat die leser ewenwel behaaglik innooi. Die gedigte smeek – inhoudelik, konseptueel en verstegnies – vir oor en oor lees. Dit is onder meer dié bemoeienis met die leser wat dié bundel bó uitsonderlik maak.”

Gibson het in 2001 in Nuwe Stemme 2 met 12 gedigte gedebuteer. Sy eerste bundel, Boomplaats, het in 2006 die Protea-poësieprys vir die beste Afrikaanse digbundel wat die vorige jaar verskyn het,  ontvang. Boomplaats was ook op die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Sy tweede bundel, Kaplyn, het in 2007 verskyn daarna het Oogensiklopedie in 2009 en [VII] in 2013 verskyn.

Vry-

Omslag

In sy resensie van die bekroonde bundel vir Versindaba, het Bernard Odendaal die volgende oor Gilbert Gibson se digkuns te sê gehad: “Gibson beoefen ’n digkunssoort wat eers intense intellektuele betrokkenheid van die leser verg, voordat die emosionele betekenislading in die leeshandeling oordraagbaar word. Dié digterlike werkswyse word tot taamlike uiterstes gevoer in gedigte met punktuasie wat soos selfstandig betekenende elemente (soos “woorde”) ingespan word – ’n skryfstyl wat herinner aan tekengebruik in die digitale omgewing, en wat sowel aaneenskakeling as (onder-)skeiding sinjaleer […] Na my mening sal die bundel beslis ter bekragtiging dien van Gibson se status as (tweemaal bekroonde) verteenwoordiger van die meer (“hermeties-”) geslote digkuns – een van die interessante tendense in die Afrikaanse digkuns sedert die millenniumwending.

Die ander genomineerde bundels op die kortlys was Daniel Hugo (Takelwerk, 2015: Human  Rousseau) en Marlise Joubert (Bladspieël, 2015: Human & Rousseau) Dieselfde bundels het ook om die Elisabeth Eybers-prys meegeding.

Van harte geluk aan Gilbert Gibson met hierdie uitsonderlike prestasie.

“Voices on Fire”. Gedigte in McGregor 26 tot 28 Augustus 2016

Tuesday, August 2nd, 2016

Voices on Fire

GEDIGTE IN McGREGOR 26 – 28 AUGUSTUS 2016

“VOICES ON FIRE.”

Kom en vier die hartskos van woorde saam met ons.

 

Gedigte in McGregor vind vanaf 26 tot 28 Augustus plaas. Daar is ’n groot verskeidenheid interessante en dinamiese digters wat vanjaar hul werke gaan deel. In die Afrikaanse kategorie kan gedigteliefhebbers uitsien na voorlesings deur onder andere Margot Luyt, Koos van der Merwe, Daniel Hugo, Diana Ferrus, Hermien de Vos en Lara Kirsten. Engelse digters sluit James Matthews, Patricia Schonstein, Kobus Moolman, Khadija Tracey Heeger, Harry OwenElisa Galgut en Vangile Gantsho in, om maar net ’n paar te noem. Louise Westerhout, die wenner van verlede jaar se gedigtekompetisie, is ook vanjaar op die verhoog. Daar is ook digters soos Margaret Clough en Stephanie Saunders wat jou eindeloos sal vermaak met hul fyn humor. Dan is daar ook ’n paar groepe wat gaan optree, onder andere UWC poetsLingua Franca, Spoken Word Movement en Mothertongue.

Al die betrokke digters bring iets baie spesiaal na Gedigte in McGregor.  Hier is ’n paar voorlesings om onder andere na uit te sien. Vir ’n volledige lys van al die digters wat gaan deelneem gaan na: https://mcgregorpoetryfestival.blogspot.co.za/

Lara Kirsten is ’n konsert-pianis en voordrag-digter. Sy kombineer dikwels haar digkuns met beweging, die visuele kunste, fotografie en musiek. Na die laaste twee jaar se voorlees by die McGregor Poetry Festival, keer Lara hierdie jaar terug met ‘n poëtiese dans aanbieding met gekalligrafeerde lyf, ink, as, papier en tong. ‘n Rituele soektog na poësie, betekenis en identiteit as vorm van bemagtiging. Woord word lyf. Lyf word woord. Voordrag in Afrikaans, met gedrukte Engelse vertalings.

Hermien de Vos het Drama studeer aan Stellenbosch en daarna oa gespeel in Nag vd 19de, Amalia en Villa Rosa.. , Radioteaters, vervolgverhale, `n boekvoorlesing en ’n weekliks kunsinsetsel op RSG. In 2011 het sy ’n dokumentêr “Op Theefontein” verfilm en in 2015 “Once upon a time”, ’n kortfilm oor die pikkewyne van Stony Point.  Die laaste paar jaar is Hermien ook nou verweef met Hermina Bamboesina – ’n karakter wat ontstaan het as kreatiewe kampvegter vir die wille natuur wat sy besing en waarna sy hunker. Van seekant af het Hermiena Bamboesina ’n walvisma  en van landkant af spruit haar ma vanuit die wingerdvelde van Nuy, Robertson & McGregor se vinke in vleie waar “water oor klippertjies klater” ,feetjies fluister, en voeltjies in riete tjierie tjierie twiet.

Koos van der Merwe se aanbieding heet “Hoekom dan gedigte?” Hoekom iets met ’n gedig wil sê? As jy dan kan e-pos, tweet, sms of gewoon net kan praat, hoekom dan gedigte? Koos reis saam met jou na plekke waar jy weet gewone woorde nie genoeg is nie. Soms voel die hart te diep om net gewoon te sê. Soms skyn die lig te helder vir ’n alledaagse sin, en soms is dit te donker vir praatjies maak. Die hart is só dat dit soms niks kan sê en niks kan hoor nie… as net gedigte. Bo en behalwe “Hoekom dan Gedigte?” sing Koos van der Merwe ook Bob Dylan in Afrikaans as deel van die naweek se program.

Margot Luyt sê oor haar voordrag: “Poësie voer my dikwels so ver weg dat my eie angs, verlange en melancholie verflou. Die woorde, die emosie ontvoer my na plekke wat ek nie ken nie, maar dikwels oor droom. Plekke waar ek myself kan omvou met die atmosfeer van die vers. Kom luister na verse oor liefde – alle soorte liefde. Liefde vir die ongebore kind maar ook liefde tussen volwassenes en bejaardes.

Die Mothertongue Jeugteater groep: Hierdie kreatiewe groep vermeng gedigte, musiek en dans in hulle voordrag. Al die materiaal is deur die groep self geskryf en saamgestel en word in Engels, Afrikaans en Xhosa aangebied. Sara Matchett is die direkteur van die groep wat bestaan uit Melenie Jakobs en Ashley Seconds (La Chasseur Farm), Jaydene Lekay (McGregor), Denise Gandu (Dwarswater), Sandile Kosana, Khayalethu Mkorwana en Simphiwe Mangqasa (Nkqubela).

McGregor is die perfekte dorpie vir die viering van digkuns. Die lokale is loopafstand van mekaar en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot ’n unieke ervaring. Die optredes sal plaasvind in die sielvolle tuine van Temenos, ’n lieflike agtertuin Amfiteater, die Wahnfried Teater, Edna Fourie Gallery, The Green Room en The Lion House. Carol`s Pub is die plek om te wees vir die VOICES ON FIRE kroeg-program. Terwyl jy ’n lekker glasie wyn drink, sal digters ’n klokkie lui en spontane voorlesings doen.

Daar is ook vanjaar weer ’n aanbieding van die gewilde ‘Open Mic’ sessies. Hierdie sessies word gelei deur Hugh Hodge (http://hahodge.blogspot.co.za/p/about-me.html). Enige iemand wat graag sy/haar gedigte wil voordra is welkom. Die wat wil meemaak kry ’n nommer en wanneer die nommer gelees word sal hy/sy ’n kans kry om ’n gedig te deel. As daar tyd is, kan dieselfde persoon ook meer as een gedig voordra. Almal is welkom om dit by te woon. Geen kaartjies of besprekings is nodig vir die “Open Mic” sessies nie.

Of jy nou oor akademie skryf of net oor hoe baie jy van jou koffie hou, jy en jou woorde is welkom. Kom kuier saam met ons en geniet die samesyn en woordkuns van ons land se wonderlike digters.

Akkommodasie: Bespreek vroegtydig by een van die volgende nommers:

Temenos Retreat: www.temenos.org.za / temenos@lando.co.za / 023 625 1871

McGregor Country Getaways: www.mcgregor-accommodation.co.za / info@mcgregor-accommodation.co.za / 023 625 1409 / 076 411 9477

McGregor Toeriste Bureau: www.tourismmcgregor.co.za  / info@tourismmcgregor.co.za / 023 625 1954

McGregor Backpackers: www.mcgregorbackpackers.co.za /083 206 8007

Robertson Toeriste Bureau: www.robertsontourism.co.za / info@robertson.org.za / 023 626 4437

Robertson Wyn Vallei: www.robertsonwinevalley.com / manager@robertsonwinevalley.com / 023 626 3167

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Web en sosiale media:

https://mcgregorpoetryfestival.blogspot.co.za/

https://www.facebook.com/McGregorPoetry/