Brieweboks

Tom Gouws wen ATKV-veertjie vir Poësie

Saturday, September 10th, 2011

 

Die ATKV se tweede Woordveertjie vir Poësie word vanjaar toegeken aan die digter Tom Gouws vir sy digbundel Ligloop. Verlede jaar se wenner was Gilbert Gibson.

Dié prestige geleentheid vir die ontvangers van Woordveertjies in 2011 het by Nooitgedacht op 9 September, net buite Stellenbosch, plaasgevind.

  Veels geluk, Tom!

 

Tom Gouws en gade by die toekennings-aand. Foto: Book SA

Tom Gouws en gade by die toekennings-aand. Foto: Book SA

Omslag

Omslag

“Met hierdie vierde bundel van hom in 20 jaar versterk Tom Gouws sy aansien as Afrikaanse digter van die Christelike, selfs Christelik-mistieke lewens- en werklikheidservaring. Dié belewing is sterk intellektueel getint, en literêr bewus - en herinner vandaar in bepaalde opsigte, soos al deur heelparty kritici uitgewys is, aan dié van ‘n T.T. Cloete in Afrikaans. “  Lees verder aan Bernard Odendaal se resensie oor Ligloop op hierdie webblad. Daar is ook ‘n interessante onderhoud wat met Tom Gouws gevoer is.

 

 

 

advent

 

“She said to me: ‘What an instrument your body!

            Single and perfectly distinct from everything else!

            What a tool in the hands of the Lord!

Only God could have brought it to its shape!”

            -D.H. Lawrence

 

2 Kor. 4:16

 

sy kyk stip na die troufoto teen die muur,

dan stip na hom waar hy stol as naakfiguur,

die los buiteflappe van sy vleestent weggeskuif.

“my bruidegom het nou ‘n middeljarige se lyf,”

sê sy hartseer bruid gedemp. met dowwe oë kyk

hy onwillekeurig na die spieël wat vaagweg lyk

soos hy, skaamherken die indertydse bruidegom,

maar veel, véél is anders nou aan hom:

die eens welige swart boskaas is nou asgrys yl;

die tande afgevyl deur tyd; die lyf wat soepel geil

en passievol kon buig, is seer en stadig, ‘n ou kolos

met wit deeg aan die flanke; uit ‘n woeste klos

snorbaard loer ‘n moeë leeu se droë snoet;

vel verlep tot ou skil, mangogeel-en-swart gesproet.

 

sy kyk stip na die bruidegom se gerinneweerde tent.

met dieper oë probeer sy sin sien in dié patent

van weerloosheid. diep binne eien sy dit wat latent

gloei, ‘n sagte lig wat dié ou lap sonder fondamente

openbaar: ‘n staning vol goud en edelsteen, talente

silwer, spesery … die lyf word ‘n sakrament

- beleë wyn en uitgespaarde brood - ‘n testament

sonder sediment. sy kyk stip na dié spotprent

van die Bruidegom en hoe óngesiens Hy Hom inent.

 

© Tom Gouws (Uit: Ligloop, 2010: Human & Rousseau)

 

 

 

Program: Versindaba op 23 & 24 September 2011

Monday, August 22nd, 2011

 

bied aan

Versindaba

Roer die snare!

23 en 24 September 2011

Ouditorium, J.S. Gericke-biblioteek | Ou Hoofgebou | De Kelder, Lanzerac

Toegang: R30 per sessie, tensy anders aangedui.

Spesiale dagkaart (alle sessies): R120.

 Kaartjies: Woordfeeskantoor (kamer 615, Lettere-gebou, US-kampus), Protea Boekwinkel, Stellenbosch, of by deur. Telefoniese besprekings: 021-808 3513.

 

 

Vrydag 23 September

  

D.J. OPPERMAN-GEDENKLESING

God, die magtige magneet: die religieuse motief in die poësie van D.J. Opperman - Lina Spies

Aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

Lina Spies

Lina Spies

In die 13de D.J. Opperman-gedenklesing verken prof. Lina Spies die godsdienstige inslag in die poësie van haar mentor en leermeester, met ‘n interessante visie gegrond op haar eie geloofsbeskouing. Die lesing word aangevul met boeiende digitale beelde verskaf deur die US se Dokumentesentrum. Geniet ‘n glasie wyn en ligte verversings agterna saam met die spreker.

19:00 vir 19:30 ● Ouditorium, J.S. Gericke-biblioteek ● Gratis

 

 

Saterdag 24 September 2011

 

ʼn Laaste gedagte tussen ons … Briewe van die Louw-broers

Met John Kannemeyer, Suzanne Bezuidenhout, Shané Kleyn, Catrina Aldrich en Marelize Ferreira.

NP van Wyk Louw

NP van Wyk Louw

In hierdie interessante gesprek lig J.C. Kannemeyer en van sy medewerkers die sluier oor die fassinerende gegewens in die korrespondensie tussen die digter-broers W.E.G. en N.P. van Wyk Louw in die periode na 1940, tot en met Van Wyk Louw se dood in 1970. Sensitiewe snare word geroer wanneer die broers in konfrontasie tree oor Van Wyk se veelbesproke verhouding met Sheila Cussons en onderlinge gevegte in die destydse literêre gemeenskap.

09:00 - 09:45 ● Ou Hoofgebou ● R30

 

Dana Mouton-gedenklesing: Marthinus Nijhoff se “Impasse”

Ronel Foster

Ronel Foster

Ronel Foster

Ideaal vir die ernstige poësie-liefhebber: prof. Ronel Foster werp ‘n boeiende blik op ouer en jonger literatore en digters in Suid-Afrika en Nederland, soos T.T. Cloete, Merwe Scholtz, K. Michel en Alfred Schaffer, se uiteenlopende reaksies op Nijhoff se bekende gedig “Impasse”.

10:00 - 10:45 ● Ou Hoofgebou ● R30

 

WOW Woelige werkswinkels

Ondersteun deur die ATKV

Die toekoms van die poësie lê klinkend in die mond van die jeug. Die Woordfees se Woorde Open Wêrelde (WOW)-projek bied ʼn opwindende werkswinkel aan waar laerskoolleerders van omliggende skole leer om verse te skryf, dit voor te dra en in lirieke om te sit.

10:00 - 13:00 ● Ou Hoofgebou ● Gratis vir genooide leerders

 

WOW Verf- en Vers-werkswinkel

Ondersteun deur die ATKV

By die prettige Verf- en Vers-werkswinkel word graad 1 tot 5-leerders se sluise van kreatiwiteit oopgetrek wanneer hulle gedigte en verfwerk kombineer om woordkunswerke te skep. Geheime word gedeel oor hoe om jou eie verf te maak waarin jy jou vingers kan doop om aan jou woorde vlerke te gee op papier. Wenners van die WOW-projek se Verf- en Vers-kompetisie word in 2012 by die Woordfees se WOORDtroFEES bekend gemaak.

10:00 - 13:00 ● Ou Hoofgebou ● Gratis vir genooide leerders

 

Floris Brown, die Worcester-troebadoer

Aangebied deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans

Floris Brown

Floris Brown

As digter pluk Floris Brown se poësie aan die hartsnare van heelwat poësieliefhebbers in Suid-Afrika en in Nederland. Charles Beukes en Michael le Cordeur salueer dié woordkunstenaar se lewe en loopbaan, waarna Brown self repliek lewer.

11:00 - 11:45 ● Ou Hoofgebou ● R30

 

Adam Small se kitaar en kruis

In samewerking met RSG, met Iris Bester

Adam Small

Adam Small

Byna twintig Afrikaanse digters bring hulde aan Adam Small met verse wat hulle spesiaal geskryf het vir dié geleentheid. Iris Bester verwelkom Lina Spies, Zandra Bezuidenhout, Johann Lodewyk Marais, Floris Brown, Martjie Bosman, Willem Fransman Jnr., Toast Coetzer, Andre Trantraal, Bibi Slippers, Marius Absalom, Pieter Odendaal, Izak de Vries, Elsibe Loubser, Anneleigh Jacobsen en Cas Vos. Gedigte van Joan Hambidge, Johan Myburg, Loit Sôls, Tom Gouws, Marius Swart, Diana Ferrus, Hein Viljoen en Fanie Olivier word ook voorgelees en ʼn keur uit Small se werk bekend gestel.

12:00 - 13:30 ● Ou Hoofgebou ● R30

 

Chris Chameleon aan die woord

Ondersteun deur Rapport Onderwysfonds (ROF)

Na die wegholsukses van Ek herhaal jou, spog Chris Chameleon met ‘n splinternuwe album, met nog toonsettings van Ingrid Jonker se verse. Louise Viljoen gesels met een van Afrikaans se trotse uitvoerprodukte oor As jy weer skryf. Die CD is ook by Versindaba te koop.

Rapport Onderwysfonds verleen finansiële hulp aan Afrikaanssprekende onderwysstudente deur middel van leningsbeurse. Kontak 073 122 8800 as jy ʼn verskil wil help maak.

14:00 - 14:45 ● Ou Hoofgebou ● R30

 

Musiek vir die ore!

Nasionale boekeredakteur Elmari Rautenbach stel digters bekend wat pas hul buiging in Afrikaans gemaak het. Sy verwelkom debutante Fourie Botha (Donkerkamer), Jasper van Zyl (Die lewe tussen pikkewyne), Anne-Ghrett Erasmus (Die lekkerste perske is ʼn vy), Andries Samuel (Wanpraktyk) en Nini Bennett (kodeks). Kom moedig die varsste digterstalent aan op hul opwindende nuwe pad.

15:00 - 15:45 ● Ou Hoofgebou ● R30

 

SLiP slaan toe!

Aangebied deur die nuwe Stellenbosch Literêre Projek

Khanyisile Mbongwa

Khanyisile Mbongwa

Die maandelikse InZync-poësiesessies in Kayamandi wys iets broei in die Boland: ‘n nuwe drif, ‘n ruwe poëtiese energie. Nou kan jy ook kom luister hoe praat podiumdigters uit die Kaapse townships en Stellenbosch-omgewing jou ore aan die brand. Adrian Different, Khanyisile Mbongwa, Pieter Odendaal en Mambesi Goje deel die verhoog in hierdie veeltalige, genre-oorskrydende vertoning.

16:00 - 16:45 ● Ou Hoofgebou ● R30

 

Digtersgala

Politika-Uitgewers nooi u uit na ʼn hoogtepunt op die jaarlikse poësie-kalender. ‘n Spoggeleentheid waar Lina Spies, Martjie Bosman, Marlise Joubert, Cas Vos, Bernard Odendaal, Johann Lodewyk Marais en Alfred Schaffer hulle gedigte kom lees. Luister ook hoe Joanie Combrinck en Marlo Minnaar verse van T.T. Cloete, Breyten Breytenbach, M.M. Walters, Hennie Aucamp, Joan Hambidge, Mari Grobler, Louis Jansen van Vuuren en Johann de Lange tot klank bring. Valiant Swart, wie se Toorwoorde roep my groot opslae maak, sorg vir die kombinasie van musiek en woord. Kom kyk ook wie ontvang die Ingrid Jonker- en Protea Poësiepryse.

18:30 vir 19:00 - 21:00 ● De Kelder, Lanzerac Hotel ● R50. Heerlike verversings ingesluit.

 

Verras!

Pieter Odendaal

Pieter Odendaal

By hierdie gewilde oop mikrofoon-geleentheid stel jong opkomende digters hul talente ten toon, met Pieter Odendaal (self ʼn inspirerende nuwe digter) as sjarmante gasheer. Ongepubliseerde digters wat wil deelneem, kan voor 20 September ʼn e-pos stuur aan woord@sun.ac.za.

21:00 - 22:30 ● De Kelder, Lanzerac Hotel ● Gratis

 

 

Ons groot dank en waardering aan die volgende donateurs wat Versindaba moontlik maak:

 

Naas Steenkamp

John Daneel

Caro Wiese

Politika-Uitgewers

Naspers

SBA

Rapport ROF

ATKV

Lapa

Protea Boekhuis

RSG

Departement Afrikaans en Nederlands

Universiteit Stellenbosch

Distell

WOW-projek

Lourensford-wyne

 

 

Breyten Breytenbach. Brief vir Daniel

Wednesday, August 17th, 2011

Beste Daniel

Dit was ‘n aangename verrassing om jou blog en die gedig (wat ek nie geken het nie) vanoggend op Versindaba te lees. Salf aan ou rowe. Dankie!

En dit het allerlei herinneringe weer wakker gemaak. In jou gedig verwys jy daarna dat jy my gevra het of daar destyds met die manuskrip van Voetskrif gepeuter is en dat ek jou vertel het dat die gedig “Help” uitgelaat moes word. Absurd, maar dis wat gebeur het. Verder het die bundel redelik ongeskonde anderkant uitgekom, behalwe dat dit natuurlik geskryf is onder die swaard van die wete dat Veiligheidsoë alles deeglik sou fynkam en interpreteer. ‘n Vreemde en donker kolk was dit alles - wat hulle daarmee wou bereik deur die publiksie te laat deurgaan; die ‘onderhandelinge’ wat daar seker was tussen Bartho Smit en die Gryskak; my eie verorberende behoefte om te kon kommunikeer met ‘buite’, om te sein dat ek nog leef, maar ook duidelikheid te kry en so helder moontlik te praat sonder om buite die spore van die toelaatbare te trap (nie ‘n slegte dissipline nie!); Bartho-hulle se geesteswroeginge sekerlik - hoe om nie gebruik te word deur die staat nie (en die staat was beman deur jou eie mense) en tog te sorg dat die man se goed verskyn. Ek is jammer dat ek nooit die kans gehad het om later van jare vir Bartho dankie te sê nie.

Hoekom het Kalfie Broodryk aangedring daarop dat die bundel aan hom opgedra word? Dit was ‘n opdrag van sy kant, nie ‘n versoek nie. Ydelheid, gewis. In opdrag van sy base of/en ‘n manier om die boek in die lewe te help? ‘n Manier om bekommerdes buite vet om die oë smeer? (Kyk, ons het die mak digter. Hy word goed opgepas en na omgesien, Hy kan selfs skryf en publiseer!) En onder die bekommerdes daar buite was daar mense met invloed: Olof Palme, bv., maar nog interessanter ook Leopold Senghor. Senghor, self digter maar ook president van Senegal was, net soos Houphouet-Boigny die Ivoorkus president, sleutelfigure in SA se berugte “détente” politiek in terme waarvan die isolasie van SA in Afrika omseil sou word. (Hulle had natuurlik ook ander gedeelde belange: ekonomie, wapenverkope, geldwassery, waarskynlik die gebruikmaak toe reeds van huursoldate.) Baie jare daarna, een winderige oggend op Gorée het Senghor se destydse Direkteur van die Presidensie, later ook Eerste Minister, my vertel hoe Senghor sy kabinet byeengeroep het en opdrag gegee het hulle moet in alle diskresie vir my in die bresse tree by Sitting Bull Vorster. Geen antwoord gekry nie. Weer geskryf en oplaas van die Ministerie van Buitelandse Sake ‘n mededeling gekry - was dit van Pik Botha? - met die versekering dat hulle my nie sou doodmaak nie. Tot sy eer moet gesê word dat Senghor nooit melding gemaak het van die insident nie. Van dit alles was ek salig onbewus.

Hierdie ‘vergunning’ om te skryf het gou soos mis voor Poestoria se son verdamp. Eers ná die tweede verhoor - ek dink dit was in 1977 of ‘78 - waartydens Ernie Wentzel en Johann Kriegler (my onwaarskynlike beskermengele) indringend gewag gemaak het van die omstandighede en buitensporige beperkings van my gevangeneskap - was ek weer toegelaat om te skryf met ‘n aantal belaglike voorwaardes. Toe ‘n Seisoen in die Paradys in Engels verskyn het, het die advokate ‘n vergunning kon beding dat ek kennis mog neem van die boek. Ek moes in ‘n gang sit onder bewaking van ‘n Boer (’n bewaarder) wat moes toesien dat ek deur die boek blaai maar nie léés nie. Dit moes binne ‘n halfuur geskied. Hulle wou nie hê dat ek blootgestel word aan gevaarlike en ondermynende materiaal nie! Inderdaad, allerlei passasies was in rooi onderstreep. 

Die skildery wat as afbeelding op die omslag van Voetskrif gebruik is, het ook ‘n storie. Tydens die maande van interrogasie en verhoorafwagting was die destydse BOSS aanwesig. Een van hulle was ‘n offisier wat glo ook ‘n pos aan die Universiteit van Pretoria beklee het. (Deel van die Afrikaners se Groot Vergeet - en nou Rasende Gebelgdheid - is hoe diep en ver die vrot van informante en agente en operateurs en knoeiers en sluipmoordenaars en Walter Mitties gestrek het. So was daar seker byna geen buitelandse korrespondent wat nie ook ‘n spioen was nie.) Hierdie BOSS-meneer was ‘n beskaafde kêrel met ‘n dogter wat belang gestel het in die skone kunste. Hy het toe gereël dat skildermateriaal by Beverly Hills ingesmokkel word sonder dat die Veiligheidspolisie daarvan weet, want hulle het nie ooghare vir mekaar gehad nie en dit sou onwettig wees, en ek sou drie skilderye maak: een vir hom, een vir my vrou, een vir my broer. Hy sou die werke met die hulp van die Seksieboer, sersant Arselow, weer uitsmokkel en sorg dat die twee wat nie syne is nie aan my broer besorg word. So gesê, so gedaan, maar omdat hy ‘n skelm was - waar sou ‘n spioen tog enige eerbaarheid vandaan kry? - het hy probeer om al drie te hou. En toe ek, ook maar onderduims, later verneem dat die werke nie hulle bestemming bereik het nie, het ek gedreig om hom by die Veiligheidspolisie te verkla. Die werk op die omslag is in sy besit (hulle het ook gehou van trofieë: in Broodryk se huis was daar o.a. foto’s van hoe hy een van dié was wat vir Bram Fischer in hegtenis geneem het) en my broer het ‘n foto daarvan kon neem. Die tweede werk het met ‘n ompad veel later wel by my vrou uitgekom. Die derde het ek baie jare daarna kon terugkry nadat dit op een van Stephan Weltz se veilings deur Sanlam aangekoop is. Dis ‘n ander onplesierige storie.

Punt is dat daardie werk die “help”-gedig bevat. Ek heg ‘n baie onduidelike foto’tjie hierby aan.

En oom Koot. So by my Koot! Kragtige broers, die Vorsters. En hoe is hulle nie na die mond gepraat deur van ons voorste skeppende intellektuele nie. Ek het in gedagte ‘n studie deur een van ons heel vroomste nasionale digters wat ‘n geleerde studie gemaak het vir die Veiligheidspolisie oor hoe ondermynend kommunisties André Brink en ek sou wees. Dit was natuurlik ‘vertroulik’. Vir André se kommunisme sal ek nou nie my hand in die vuur steek nie, want ek het maar net twee; my eie kommunistigheid het my al die jare bygebly soos ‘n lastige hoesie, en dit word net erger. Aan iets moet mens tog seker doodgaan? Ek probeer dit darem meesal agter die hand wegsteek.

Ek het nogal bewondering gehad vir die ou stormjaer vuurvreter Koot. Hy was ten minste pens en kootjies in sy eie kruistog. Goeie politieke dominee, al was hy seker meer blaas as koerasie. ‘n Goeie ding was dat hy en sy mede-vleespotoppassers hulle darem aan ons skrywertjies gesteur het (my pa het my vertel hoe daar van die preekstoel af teen die Sestigers gepreek is en toe hy dit agterkom - want hy het dwarsdeur die preek in die ouderlingbank sit en slaap - het hy summier uit die kerkraad bedank) - maar vandag? Dink jy die vreters aan bewind vat enige skrywer kop toe?

Nie dat ons so belangrik was nie. Ek sekerlik nié鮠 Maar hulle moes probeer om die geestelike en politieke hegemonie in stand te hou. Vandag sny die base net die beswaarmakers uit eie geledere se ligte en water af.

Nogmaals dankie. Ek hoop nie ek was te veel van ‘n verderflike invloed nie!

Groete,

Breyten

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Evette Weyers. Katarsis van die woord

Wednesday, August 17th, 2011

 

Nooit weer oorlog maak nie                                                      

                                                         

Soveel slanke meisies ontblaar                                                                 

Soos jong boompies. Ek gaan by almal verby     

Al staan hulle sy aan sy,                                          

Met glansende hoofde bymekaar.

 

Wat kan die gode my nou nog skeel,                                                                    

en in my dorpie die rooi aandgloed?                                                                     

Ek het ʼn honderd wonde en niks kan hulle 

                                                               genees nie.                                    

Ek het die dood gesien, so dikwels en so groot.

 

Die oë van kinders is soos goue reën.  

Versigtig dra hulle die bekers wyn.

Ek wil gaan lê en slaap langs die grootpad 

en nooit weer oorlog maak nie.

 

Hierdie gedig was in die negende eeu in Sjina geskryf en ons weet presies hoe hierdie man gevoel het. Poësie verwoord die onbeskryfbare dinge van die lewe. So het Wilfred Owen se oorlogsgedigte sekerlik vir baie soldate ʼn mate van emosionele ontlading en gemoedsrus gebring, deur die trefkrag van die woord. Hierdie trefkrag is nou nog meer nodig as ooit.

Elke week probeer gemiddeld vyf VSA soldate, wat in Irak en Afghanistan veg, om selfmoord te pleeg. In 2010 het 301 Amerikaanse soldate suksesvol selfmoord gepleeg. Om uit ʼn gevegseenheid terug te keer na ʼn gewone huishouding is baie moeilik. Die weermag het verskeie metodes gebruik om die soldate te help; terapie, akupunktuur, fietsry, videospeletjies, troetel diere ens., sonder sukses.

In die VSA het teater regisseur, Bryan Doerries, besef dat soveel van die geweld van die terugkerende soldate  wat in die koerante gerapporteer word, soos iets uit ʼn Sophokles toneelstuk klink van 2,500 jaar gelede. Miskien het Sophokles iets te sê wat hierdie soldate kon help. Sy teatergroep het vir 400 terugkerende soldate en hulle families uitgenooi om ʼn voorlesing van die stuk Ajax, van Sophokles by te woon. Ajax is ʼn soldaat wat in ʼn persoonlike hel neerdaal na ʼn oorlog waar hy deur ʼn offisier verneder was en hom wou doodmaak. Op die ou einde het Ajax selfmoord gepleeg.

Die stuk is aangrypend en uitmergelend, maar binne 3 minute was al die soldate volkome betrek by die stuk en het almal hulle selfone en Black Berries afgeskakel. Na die voorlesing sou daar ʼn bespreking van 45 minute wees, oor die effek van die stuk. Hulle het vir 3 ure lank gepraat. Toe die soldate gevra was, wie ken soldate wat selfmoord gepleeg het, het al 400 hulle hande opgesteek. Een trotse vrou wie se man en seun verskeie kere in Irak en Afghanistan geveg het, het toe opgestaan en vertel dat wanneer hulle terug kom van die oorlog sleep hulle onsigbare dooies saam huis toe en die huis word ʼn slagveld.

Sophokles het sy stukke geskryf in ʼn kode wat ons as burgerlikes nie volledig verstaan nie, maar dit spreek direk tot hierdie soldate wat soveel geweld eerstehands leer ken het. Na die voorlesing het een soldaat gesê hy voel asof hy weer vir die eerste keer in ʼn baie lang tyd, kan asemhaal. ʼn Ander het gesê dat hy baie beter gevoel het toe hy besef het dat sy pyn al 2500 jaar gelede deur soldate beleef was.

Hierdie teatergroep, Theatre of War, werk nou pal om terugkerende soldate te help integreer.  Hulle gebruik professionele akteurs. Die Pentagon het die teatergroep nou op lang termyn aangestel, om voorlesings te doen vir terugkerende soldate. Meer as 350,000 soldate en hulle families het die opvoerings al bygewoon.

In antieke Griekse dramas het die gehoor ʼn katarsis of ontlading beleef. Selfs nou 2,500 jaar later is hierdie Griekse dramas steeds helend. So ook die gedigte reeds gemeld. Dit is iets wat net digters, dramaturge en skrywers kan regkry. Om ʼn katarsis deur die woord te skep.

 

Data uit Pleidooi vir die Poësie van Eddie van der Vliet, en Theatre of War uit die Sunday Times van 6 Oktober 2010.

 

Daniel Hugo: Twee naskrifte by Voetskrif

Tuesday, August 16th, 2011

Naskrif 1

‘n Boek wat ‘n onuitwisbare indruk op my gemaak het, is Breyten Breytenbach se digbundel Voetskrif van 1976. Ek was toe ‘n vierdejaarstudent in die letterkunde.

In daardie jare van baksteenrooibundels met slegs letterwerk op die omslag is hierdie laaste boek van Breyten, voordat hy vir sewe jaar in die gevangenis verdwyn het, pragtig deur Perskor uitgegee.

Op die oorheersende swart agtergrond is ‘n klein vierkantige selfportretjie van ‘n geblinddoekte Breyten in die onderste linkerhoek geplaas. Hy is met ‘n soort leisel verbind aan ‘n bulhond wat baie soos die destydse eerste minister John Vorster lyk. Die skilderytjie lyk nie verniet soos ‘n selvenster nie, want die gedigte in Voetskrif is geskryf terwyl die digter in voorarres was op ‘n aanklag van terroristiese bedrywighede.

Ek onthou hoedat die besonder toeganklike gedigte in die bundel my meegevoer en ontroer het. Van Breyten se mooiste liefdesverse vir sy vrou staan daar. Die volgende reëls is van die vernuftigste en sjarmanste in Afrikaans: “… jy is die hitte van my palms / jy is die pitte van my dadels die hittete van my daad / jy is die asem van my lippe”. Daar staan ook van sy mees onthutsende verse, soos die een oor die terdoodveroordeeldes “wat sing asof julle lewens daarvan afhang / en julle weet dat julle lewens gaan hang”.

In my vertroetelde eksemplaar van Voetskrif is daar ‘n hele klomp vergeelde koerantknipsels uit daardie tyd. Benewens die lowende resensies van André P. Brink, Abraham H. de Vries en F.I.J. van Rensburg is daar ook ‘n knipsel uit Rapport waarin berig word dat dr. Koot Vorster (die eerste minister se bulhondbroer) die bundel as “snert” afgemaak het, sonder dat hy dit gelees het. Hy het gesê dis ‘n tragedie dat, terwyl Suid-Afrika se seuns aan die grens sterf, Breyten Breytenbach in die gevangenis sit en skryf.

Dr. Koot het nogal ‘n gawe gehad vir dramatiese retoriek, soos blyk uit die volgende aanhaling: “Die ink is skaars droog, dan word dit deur die pers gejaag en terwyl die drukkersink nog nat is, word hierdie onsin deur groot letterkundiges as kuns uit die boonste rakke opgehemel.” En dan volg ‘n uitspraak waaroor ek persoonlik te na gekom gevoel het: “Die naarste van alles is dat ons seuns en meisies aan ons universiteite dié snert vir soetkoek opeet.”

Die tirade van hierdie godsman het my finaal teen die kerk laat draai. Van daardie dag af luister ek veel liewer na die intieme woorde van digters as na die gedeklameer van predikante.

 

(”Boekmerk” in Beeld, 15 Augustus 2011)

 

 

Naskrif 2

 

Diensplig: Pretoria

 

Werksdae ry ek vanaf Sunnyside

na Voortrekkerhoogte - verby

die Sentrale Gevangenis waar Breyten sit

en al hoe dolender gedigte skryf.

Op kantoor lees ek ‘n Seisoen in die Paradys.

En die gevleuelde verse van Voetskrif,

verplig opgedra aan Kolonel Broodryk

en glo erg vermink deur tronksensuur

(so sê André Brink, so sê Ampie Coetzee).

 

Sewe jaar later het ek Breyten gevra

- by ‘n boekebeurs in Antwerpen -

Wat hy uit die manuskrip moes skrap:

“Net één kriptiese, klein gedig -

‘n selmuur-eggo: Help: Help!

Die owerhede het destyds gedink

dit is ‘n gekodeerde boodskap.”

 

In 1977 was ek buite en hy binne,

maar met offisiersuniform en al

was ek ‘n gevangene van die staat nes hy.

Ook my kreet moes sonder weerklank bly.

 

(uit Skeurkalender, Tafelberg, 1998)

Persverklaring. Ingrid Jonker-poësieprys vir 2011

Wednesday, August 10th, 2011

 

Melt Myburgh wen vanjaar die Ingrid Jonker Prys vir Afrikaanse poësie met sy digdebuut, oewerbestaan (Protea, 2010). Heilna du Plooy, Loftus Marais en Bernard Odendaal was die beoordelaars.

Een van die beoordelaars wys daarop dat die bundeltitel die deurlopende motief van Myburgh se debuut verwoord - ” ‘n bestaan aan die kant van die rivier, letterlik met verwysing na Upington en die Garieprivier, maar ook figuurlik as ʼn bestaan wat bewus is van grensgebiede, [...] van oorgang en buitestanderskap.” Hierdie beoordelaar prys Myburgh vir sy sterk visuele beelde en sensitiewe waarneming wat sonder sentimentaliteit in goed afgeronde verse tot uitdrukking kom. 

Volgens ‘n ander beoordelaar vermy Myburgh “die verleiding en slaggate van landelike poësie” met ‘n bundel wat “op bedrewe wyse die landelike/liriese met die kritiese/kontemporêre laat rym”. Dieselfde beoordelaar spreek waardering uit vir Myburgh se stembeheer en vaardige wisseling van toon: “Die elegiese verse wat eerlik en ontroerend is, die kontemporêre verse oor onderwerpe soos film en videospeletjies, die meer rasionele en selfbewuste metapoëtiese insigte, daar is ook ‘n speelsheid wat deurslaan. Tog is alles variasies van een perspektief, een stem. Hierdie vlak van beheersdheid en eenheid is prysenswaardig in ‘n debuutbundel.”

Die Ingrid Jonker Prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ‘n Engelse debuutdigbundel toegeken, die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het.

Myburgh sal op 24 September, tydens hierdie jaar se Versindaba op Stellenbosch, die prys by die Lanzerac Hotel in ontvangs neem.

Danie Marais is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander lede van die komitee is Ronel de Goede, Diana Ferrus, Finuala Dowling en Leon de Kock.

 

*** 

Melt Myburgh wins the 2011 Ingrid Jonker Prize

Melt Myburgh has been named the winner of the 2011 Ingrid Jonker Prize for Afrikaans poetry. Myburgh receives the prize for his debut volume of poetry, oewerbestaan (Protea, 2010). The judges were Heilna du Plooy, Loftus Marais and Bernard Odendaal.

One of the judges comments that the volume’s title expresses a consistent motif in Myburgh’s  debut volume  - “an existence on one side of a river, literally, with reference to Upington and the Gariep River, but also figuratively as an existence which remains aware of border-zones [...] of transition and of being an outsider”. This judge praises Myburgh for the visual strength of his images and his sensitive observations, which are expressed in well-finished verse and without sentimentality. 

Another judge writes that Myburgh avoids “the seduction and compromises of rural or pastoral poetry”. Myburgh’s volume “brings together the rural/pastoral and the lyrical on the one hand, and the critical and the contemporary on the other”. This judge expresses appreciation for Myburgh’s control of voice and his expert variation of tone: “There are elegiac poems, which are honest and moving; contemporary verses on subjects such as film and video games; more rational and self-conscious meta-poetical insights; and then there is a playfulness that also comes through. And yet all these moves remain variations on one perspective, one voice. Such a level of control and unity is praiseworthy in a debut volume of poetry.”

The Ingrid Jonker Prize is awarded annually, and in turn, to a debut volume of Afrikaans/English poetry, the two languages in which Ingrid Jonker wrote her poems.

Myburgh will receive his prize on 24 September at the Lanzerac Hotel, Stellenbosch, during this year’s Versindaba festival.

Danie Marais is the convenor of the Ingrid Jonker Prize committee. The other members of the committee are Ronel de Goede, Diana Ferrus, Finuala Dowling and Leon de Kock.

 

Namens: Ingrid Jonker-prys Komitee 2011

 

Melt Myburgh wen die Ingrid Jonker-prys vir 2011

Wednesday, August 10th, 2011

Protea Boekhuis het pas bekend gemaak dat Melt Myburgh se bundel, Oewerbestaan, bekroon is met die Ingrid Jonker-prys vir 2011. Dié prestigeprys is in die lewe geroep deur vriende van Jonker. Dit word al om die ander jaar aan Afrikaanse debuutbundels toegeken en gedurende die alternatiewe jare word Engelse debuutbundels bekroon.

Oor Oewerbestaan het die uitgewer die volgende te sê gehad: “Met Oewerbestaan lewer Melt Myburgh ‘n debuutdigbundel wat beslis aandag gaan trek. ‘n Groot aantal van die gedigte het te make met die landskap van die Noord-Kaap aan die oewers van die Oranjerivier waar die digter groot geword het. In die eerste afdeling word die tema ‘refleksies’ ontgin en verwys na sowel die weerkaatsings van die lewe in dié droë, warm wêreld as na die besinning oor die betekenis wat die gebied en sy mense vir die digter ingehou het. In die afdeling ‘om federico’ is ‘n aantal gedigte oor Spanje, waar die landskap sterk herinner aan dié van die Noord-Kaap, maar wat terselfdertyd ook onmiskenbaar die wêreld van die Spaanse digter Federico García Lorca is. In die afdeling ‘gesigte’ is gedigte oor visioene, onverwagse insigte en ook ontluistering, soos die gedig ‘‘n beeld raak los’ waarin een van die sementbeelde in die Uilhuis op Nieu-Bethesda afgetakel word tot net die skelet van bloudraad oorbly.Die laaste afdeling, “inkdood”, bevat gedigte oor dood en verval wat die digter met sy skryfwerk probeer besweer.   

Dis ‘n bundel hierdie vir die fynproewer. Die gedigte oor die Noord-Kaap vul ‘n leemte oor ‘n landskap wat nie dikwels in die Afrikaanse poësie aandag kry nie. Die homo-erotiese gedigte behoort aanklank by gay lesers te vind, maar dis beslis meer as ‘n bundel gay poësie.”

Melt Myburgh is tans die Woordkunsprojekbestuurder wat vir die jaarlikse Woordfees op Stellenbosch verantwoordelik is. Hy is ook die organiseerder van die jaarlikse Versindaba-poësiefees wat vanjaar op 23 en 24 September in Stellenbosch plaasvind.

Let wel: Die Ingrid Jonker-prys Komitee se amptelike persverklaring sal geplaas word sodra dit ontvang is.

Nog leestof:

Bernard Odendaal se resensie oor Oewerbestaan.

Die digstring oor die gedig “Toeval” uit die bekroonde bundel.

Die onderhoud wat met Melt Myburgh ten tye van Oewerbestaan se verskyning gevoer was.

 

oewerbestaan

oewerbestaan

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[Protea Boekhuis, R140.00 (BTW ingesluit) ISBN: 978-1-86919-369-0]

 

 

Aansoeke vir optrede by 2012 se US Woordfees nou oop

Tuesday, July 19th, 2011

Aansoeke vir optrede by 2012 se US Woordfees nou oop

 

Die US Woordfees wag aansoeke in vir woordkunstenaars wat in 2012 deel van dié besondere geleentheid op Suid-Afrika se kulturele kalender wil wees. In 2011 het dié snel groeiende fees meer as 71 000 feesbesoeke ontvang.

2012 se Woordfees vind plaas vanaf 2 tot 11 Maart. Die tema is “Groen”.

ʼn Aansoekvorm kan afgelaai word op die Woordfees se webwerf (www.woordfees.co.za). Indien belangstellendes ʼn aansoekvorm in Word-formaat wil hê, kan dit aangevra word by fees@sun.ac.za.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Augustus 2011.

Vir meer inligting, skakel 021-808 3513 of 021-808 2901.

 

Vrye Woord. Mediavrystelling

Monday, July 18th, 2011

Terwyl die verontwaardiging oor die persoonlike aanval op prof. Anton van Niekerk voortduur, wil Vrye Woord as ‘n skrywersgroepering ten gunste van spraakvryheid ons verdoeming van die aanval onomwonde stel. Geweld, intimidasie en ander onbeskaafde maniere om ‘n standpunt in te hamer hoort geensins tuis in ‘n vrye en demokratiese meningswisseling nie.

Die openbare debat toon dat dit nie slegs regses is wat teen prof. Van Niekerk se uitlatings oor die Afrikaner se voortgesette skuld gekant is nie. Dit is nietemin sy reg om sy standpunt op ‘n beredeneerde manier te stel. Insgelyks is dit die aanvaller, mnr. Abel Malan, se volle reg om ‘n regse standpunt daarteenoor te stel. Dit is die soort sterk onderlinge verskille wat aan ‘n gesonde demokrasie stukrag gee.

Die professor se bereidheid tot voortgesette gespreksvoering met ‘n regse, ook in sy eie kantoor, is lofwaardig. Wat egter daarna gebeur, is veragtelik: misbruik van sy gasvryheid, ‘n lessenaar wat op hom omgekeer word, fisieke aanranding en mediese behandeling daarna, ‘n wag wat die aanvaller vir die polisie in bedwang moet kry . . .

Dit is verblydend dat verskillende Afrikaanssprekendes, nie slegs “wit Afrikaners” nie, hierdie soort bullebakkery in die openbaar veroordeel. Dit is ‘n jammerte dat die militante “gespreksvoering” juis in Afrikaans gevoer is. Die soms gestereotipeerde taal en Afrikaners/Afrikaanssprekendes het dit nie nodig nie.



Charles Malan

Koördineerder, Vrye Woord

***

Vrye Woord

E-pos/Email: hermes@absamail.co.za

Posadres/Postal address: Berglaan 717, Florauna 0182

Blad op LitNet: http://www.litnet.co.za

Facebook:   http://www.facebook.com/home.php?sk=group_150765961636355

 

Vrye Woord is ’n losse groepering van hoofsaaklik Afrikaanse skrywers, akademici, uitgewers en ander belanghebbendes. LitNet is die gasheer vir die nuusbrief (http://www.litnet.co.za/). Ons hoofdoel is om spraak- en meningsvryheid teen toenemende bedreiging te beskerm en die belange van alle skrywers en ander woordwerkers in ‘n ope demokrasie te bevorder. Ons is aan geen politieke of belangegroep verbonde nie. Met die resensieforum wil ons alternatiewe menings naas dié in die media publiseer. Deur die sytak WikiLigni beoog ons om enige vorm van magsmisbruik en  korrupsie aan die kaak te stel nadat dit vertroulik aan ons onthul is.

Redaksionele raadgewers: Jeanette Ferreira, Charl-Pierre Naudé, Bernard Odendaal, Theresa Papenfus en Johann Rossouw.

Redakteur: Charles Malan (hermes@absamail.co.za).

 

Joan Hambidge. Voetnoot by die film “Howl”

Wednesday, July 6th, 2011

In die mokkie-dokkie oor Allen Ginsberg se “Howl” (2010) word daar ‘n belangrike polemiek gevoer in ‘n hofsaak oor die obseniteit van hierdie gedig.  “Howl” is ‘n grensverskuiwende gedig binne die wêreldletterkunde en soos enige omstrede en nuwe gedig, is daar teenstand. Ons weet almal hoe die kritiek onkant betrap was indertyd deur die nuutheid van Breytenbach se Die ysterkoei moet sweet. Vandag kyk ons terug na hierdie baken.

James Franco as Allen Ginsberg

James Franco as Allen Ginsberg

Die film “Howl” (deur Rob Epstein en Jeffrey Friedman, 2010) behels ‘n voorlesing van Ginsberg self en ‘n strip-voorstelling van die fantasie van die digter (vertolk deur James Franco). Tussendeur is daar hoftonele waar literatore in die obseniteit-hofsaak moet getuig of die gedig letterkunde is al dan nie. Hier word die pro- en anti-”Howl”-argumente uitgespeel. Diegene wat dit obseen vind (veral ‘n vroulike literator beskou die gedig as skokkend en non-literêr) teenoor kundiges wat die teks verdedig as geïntegreer, met ander woorde, as ‘n gedig wat om meer gaan as die “skokkende” homoseksuele aspek, maar ook ‘n gesprek voer met Blake se visioene en die Boeddhisme. In die film word die Moloch as god van offergawe goed voorgestel. Rondom die obseniteit-hofsaak van 1957 en die eerste voorlesing van die gedig in die Six Gallery word die komplekse vrae oor die gedig gestel. Die hoftonele is in kleur, die voorlesing in swart-en-wit om die illusie van die werklikheid weer te gee en hierteenoor word die digterlike voorlesing in animasie voorgestel.  Fantasie, New York, San Francisco. Die Beats as die San Francisco Renaissance word puik hier voorgestel met die belangrike punt: ‘n groot teks het teenstanders én ondersteuners. Dit bly, soos hierdie film uitwys, een van die groot gedigte van die twintigste eeu waarin angs en woede skitterend verbeeld word.

Todd Rotondi lewer ‘n puik vertolking van Jack Kerouac.

Ralph McIntosch (die akteur is David Straithairn) is die suur aanklaer.

Kritek was daar op die film, o.a. omdat Shig Murao uit die film gelaat is. Hy is gearresteer omdat hy Howl verkoop het, terwyl Ginsberg in Tangiers was…

Die film is ‘n huldeblyk.

Joan Hambidge

***

Lees gerus ook Jaco Barnard-Naudé se bydrae oor “Howl” wat op 30 Mei 2011 geplaas was. - Red.

 

 

Kennisgewing. Universiteit Gent se Somerskool vir Afrikaans

Wednesday, July 6th, 2011

Geachte collega’s,

Van 19 t.e.m. 23 september organiseert de Universiteit Gent de Somerskool Afrikaans. Dit Gentse initiatief bouwt verder op de zomerschool die collega Luc Renders jarenlang organiseerde aan de Universiteit Hasselt. Collega Ronel Foster is er enkele keren te gast geweest, samen met collega Louise Viljoen ook als docent.

Jacques van Keymeulen en ik hebben jullie al eerder op de hoogte gebracht van het evenement. Intussen is het programma nagenoeg gefinaliseerd zodat we alle belangstellenden willen informeren. Zou het mogelijk zijn op de website van uw departement Afrikaans-Nederlands alsook via de SAVN onderstaand programma ter kennisgeving te willen verspreiden? 

 

Dit is de url-link waar alle informatie te vinden is:

 www.Afrikaanse-somerskool.ugent.be

 

Met veel dank,

en vriendelijke groeten,

Yves T’Sjoen 

 

Afrikaanse somerskool

19-23 September 2011

Universiteit Gent - België

 

Dosente:          

- Elvis Saal (UNISA) vir Afrikaanse taalkunde (op 19-20 Sept.)

- Ciraj Rassool (Universiteit van die Wes-Kaapland) vir Geskiedenis van Suid-Afrika (op 21 Sept.)

- Andries Visagie (Universiteit van Pretoria) vir Afrikaanse letterkunde (op 22-23 Sept.)

 

Lesings deur:

 

Nina Botes, Kris Van De Poel (Universiteit Antwerpen)

Ena Jansen, Willy Martin (Vrije Universiteit Amsterdam/Universiteit Amsterdam)

Eep Francken, Robert Ross (Universiteit Leiden)

Timothy Colleman, Stef Slembrouck, Yves T’Sjoen, Annelies Verdoolaege (Universiteit Gent)

 

Behalwe lesse en lesings deur eksperte Afrikaans, ook kulturele aktiwiteite en geleentheid tot netwerking en interaksie met studente en dosente Afrikaans - ‘n moet vir elke liefhebber van Afrikaans!

 

Registrasie voor 15 Augustus 2011 (somerskool@UGent.be)

Deelnemersfooi vir lesse, aktiwiteite en maaltye: €40 per dag (studente €10)

 

 

 

 
 ProgrammaVoorlopig programma 

Maandag 19 september 2011

  9u-10u30: les taalkunde (Elvis Saal - Universiteit van Suid-Afrika)
  10u30-11u: koffiepauze
  11u-13u: les taalkunde (Elvis Saal - Universiteit van Suid-Afrika)
  13u-14u30:  lunch
  14u30-15u30: lezing taalkunde (Kris Van De Poel - Universiteit Antwerpen)
  15u30-16u30: lezing taalkunde (Timothy Colleman - Universiteit Gent)
  16u30-17u: koffiepauze
  17u-18u:  lezing taalkunde (Jacques Van Keymeulen - Universiteit Gent)
  18u-20u:   diner
  20u-22u:     filmvertoning Tsotsi

 

Dinsdag 20 september 2011

  9u-10u30: les taalkunde (Elvis Saal - Universiteit van Suid-Afrika)
  10u30-11u: koffiepauze
  11u-13u: les taalkunde (Elvis Saal - Universiteit van Suid-Afrika)
  13u-14u30:  lunch
  14u30-15u30: lezing taalkunde (Stef Slembrouck - Universiteit Gent)
  15u30-16u30: lezing taalkunde (Willy Martin - Vrije Universiteit Amsterdam)
  16u30-17u: koffiepauze
  17u-18u:  presentatie scriptie-onderzoek studenten taalkunde Universiteit Gent
  18u-20u:   diner
  20u-22u:     lezing Zuid-Afrikaanse auteur

 

Woensdag 21 september 2011

  9u-10u30: les Zuid-Afrikaanse geschiedenis (Ciraj Rassool - Universiteit van die Wes-Kaapland)
  10u30-11u: koffiepauze
  11u-13u: les Zuid-Afrikaanse geschiedenis (Ciraj Rassool - Universiteit van die Wes-Kaapland)
  13u-14u30:  lunch
  14u30-15u30: lezing geschiedenis (Annelies Verdoolaege - Universiteit Gent)
  15u30-16u30: lezing geschiedenis (Robert Ross - Universiteit Leiden)
  16u30-17u: koffiepauze
  17u-20u:  stadswandeling door Gent
  20u-22u:     laat diner

 

Donderdag 22 september 2011

  9u-10u30: les literatuur (Andries Visagie - Universiteit van Pretoria)
  10u30-11u: koffiepauze
  11u-13u: les literatuur (Andries Visagie - Universiteit van Pretoria)
  13u-14u30:  lunch
  14u30-15u30: lezing literatuur (Eep Francken - Universiteit Leiden)
  15u30-16u30: lezing literatuur (Yves T’Sjoen - Universiteit Gent)
  16u30-17u: koffiepauze
  17u-18u:  presentatie scriptie-onderzoek studenten literatuur Universiteit Gent
  18u-20u:   diner
  20u-22u:     bezoek Poëziecentrum en lezing Stefan Goossens

 

Vrijdag 23 september 2011

  9u-10u30: les literatuur (Andries Visagie - Universiteit van Pretoria)
  10u30-11u: koffiepauze
  11u-13u: les literatuur (Andries Visagie - Universiteit van Pretoria)
  13u-14u30:  lunch
  14u30-15u30: lezing literatuur (Ena Jansen - Universiteit van Amsterdam/Vrije Universiteit Amsterdam)
  15u30-16u30: lezing literatuur (Nina Botes - Universiteit Antwerpen)
  16u30-17u: koffiepauze
  17u-18u:  presentatie scriptie-onderzoek studenten literatuur Universiteit Gent
  18u-20u:   diner
  20u-22u:     afsluitende barbecue

 

 

Docenten en sprekers

Docenten

Afrikaanse taalkunde [ma 19.09 en di 20.09]:

  • § Elvis Saal (Vakgroep Afrikaans en Literatuurtheorie, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria)
    “Afrikageskiedenis van Afrikaans” en “die huidige variëteite van Afrikaans, hul oorsprong, taalkundige merkers, en taalpolitieke situering in die konteks van Standaardafrikaans”

Geschiedenis van Zuid-Afrika [woe 21.09]:

  • § Ciraj Rassool (Vakgroep Geschiedenis, Universiteit van die Wes-Kaapland)
    Onderwerp les: “

Afrikaanse literatuur [do 22.09 en vrij 23.09]:

  • § Andries Visagie (Vakgroep Afrikaans, Universiteit van Pretoria)
    Onderwerp les: “

Sprekers

Afrikaanse taalkunde: 

  • § Kris Van De Poel (Universiteit Antwerpen) [ma 19.09 - 14.30-15.30]
    “Inleiding en werkwinkel: Tekstredacteurs en teksten. Aan de slag”
  • § Timothy Colleman (Universiteit Gent) [ma 19.09 - 15.30-16.30]
    “Argumentstructuur in het Afrikaans”
  • § Jacques Van Keymeulen (Universiteit Gent) [ma 19.09 - 17.00-18.00]
    “Vlaams en Afrikaans: enkele fonologische parallellen”
  • § Stef Slembrouck (Universiteit Gent) [di 20.09 - 14.30-15.30]
    Titel lezing:
  • § Willy Martin (Vrije Universiteit Amsterdam) [di 20.09 - 15.30-16.30]
    “ANNA, een woordenboek met een naam (en alles wat erachter steekt)”

Geschiedenis van Zuid-Afrika:

  • § Annelies Verdoolaege (Universiteit Gent) [woe 21.09 - 14.30-15.30]
    “Post-apartheid Zuid-Afrika - de impact van de Waarheids- en Verzoeningscommissie”
  • § Robert Ross (Universiteit Leiden) [woe 21.09 - 15.30-16.30]
    “De metanarratieven van de Zuid-Afrikaanse geschiedenis”

Afrikaanse literatuur:

  • § Eep Francken (Universiteit Leiden) [do 22.09 - 14.30-15.30]
    “De muze van Jan Tafelberg - de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur”
  • § Yves T’Sjoen (Universiteit Gent) [do 22.09 - 15.30-16.30]
    Titel lezing: “
  • § Ena Jansen (Universiteit van Amsterdam/Vrije Universiteit Amsterdam) [vrij 23.09 - 14.30-15.30]
    “Slaven en dienstboden in de Zuid-Afrikaanse literatuur”
  • § Nina Botes (Universiteit Antwerpen) [vrij 23.09 - 15.30-16.30]
    “Vroulike subjektiwiteit in die Afrikaanse letterkunde, 1978-2008″

 

Organiserende komitee

 

Prof. Jacques Van Keymeulen (Universiteit Gent - Vakgroep Taalkunde)

Prof. Yves T’Sjoen (Universiteit Gent - Vakgroep Letterkunde)

Dr. Annelies Verdoolaege (Universiteit Gent - Vakgroep Afrikaanse talen en culturen)

Prof. Luc Renders (Universiteit Hasselt)

 

 

Meer inligting beskikbaar op

 

www.Afrikaanse-somerskool.ugent.be

 

 

Kongres: Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek

Tuesday, June 28th, 2011

Die sewende SAVN-kongres, ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, vind vanjaar van 11 tot 13 Julie plaas op die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland. Die 20ste bestaansjaar van die SAVN (Suider-Afrikaanse Vereniging vir Nederlandistiek, spog met ʼn opwindende kongresprogram en vieringaktiwiteite. Benewens ʼn groot aantal referate van hoogstaande gehalte wat gelewer word deur deelnemers uit Pole, Roemenië, Nederland, België en plaaslik, kan uitgesien word na die volgende hoogtepunte:

 

 

  • Op Maandag 11 Julie word die kongrestema ‘Intertaal en interteks’ ingelei deur Frits van Oostrom en die fokus val in besonder op die gesprek tussen Nederlands en Afrikaans, asook die voortgang van die neerlandistiek in die wêreld en in Suid-Afrika. Ander gespreksgenote is Stef Bos, Hennie van Coller, Ronel Foster, Eureka Barnard en Wannie Carstens.
  • Op Maandagaand tree Stef Bos op as gaskunstenaar by ʼn skemeronthaal by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands. Antjie Krog, Abraham de Vries en Alfred Schaffer lees voor uit eie werk.
  • Op Dinsdag 12 Julie is die vernaamste item op die program die eerste bekendstelling van die ANNA (Afrikaans/Nederlandse woordeboek) in Suid-Afrika, met Rufus Gouws en Willy Martin as die sprekers.
  • Op Dinsdagaand is daar ‘n gala-dinee ter viering van die SAVN se 20ste bestaansjaar. By dié geleentheid sal drie ere-lede (Jacques van der Elst, Wilfried Jonckheere en Rouston Gilfillan) vereer word en hulde word gebring aan Heinrich Grebe. Die ete by Van Rijn Brandewynkelder beloof om baie gesellig te wees, met musiek, brandewynproe en fynproewersgeregte.
  • Woensdag 13 Julie begin met lesings deur Antjie Krog en John Kannemeyer. Die slotlesing word gelewer deur Geert Buelens.

Lede van die publiek is welkom om die kongres by te woon. Dagbesoekers betaal R100 per dag vir etes. Die skemeronthaal saam met Stef Bos die Maandagaand kos R100 per persoon, en toegang tot die  gala-dinee die Dinsdagaand beloop R250 per kop. Belangstellendes kan bespreek by Janine Pekeur: jpekeur@uwc.ac.za | tel.021 959 2112.

 

PROGRAM | SEWENDE KONGRES VAN DIE SUIDER-AFRIKAANSE VERENIGING VIR NEERLANDISTIEK (111kb PDF)

                                                          besigtig aanlyn