Nuuswekker
Friday, September 3rd, 2010
 WS Merwin
Op die Los Angeles Times se webblad is daar ‘n wonderlike artikel te lees oor W.S. Merwin, die VSA se nuut-aangestelde poet laureate. Die 82-jarige Merwin se amptelike verpligtinge neem volgende maand ‘n aanvang en uiteraard is daar heelwat belangstelling in en nuuskierigheid oor presies hoe hy sy taak as laureate gaan benader.
Volgens Dean Kuipers, skrywer van die artikel, bestaan daar min twyfel dat Merwin hom ten volle met “groen”-projekte en bewaring van ekosisteme gaan bemoei nie. In dié verband haal hy Merwin aan wat die volgende te vertelle gehad het: “I said something about the conservancy to [Librarian of Congress] professor [James] Billington and he said, ‘Well, I hope you won’t make this political.’ I said, ‘James, every position is political. But I’m certainly not going to use the position to blow my own horn.’”
Billington, wat in sy hoedanigheid as Librarian of Congress verantwoordelik is vir die aanstelling van die poet laureate het immers hoeka sy keuse ten gunste van Merwin soos volg gemotiveer: “W.S. Merwin is making some of his most universal work right now. His environmental concerns are very powerful, but they grow out of an even deeper sensibility about human beings and their relation to life and the rest of nature itself.”
Gaan lees gerus die volledige artikel. Inderdaad is dit iets wat ‘n mens laat uitsien na Die Era van W.S. Merwin; inmiddels ‘n digter wie se werk al twee keer met ‘n Pulitzer-prys bekroon is.
Soos gebruiklik plaas ek as toegif ‘n toepaslike gedig van hom onder aan vanoggend se Nuuswekker.
***
Sedert gister het daar drie bydraes verskyn om aan te kondig: ‘n digstring deur Ilse van Staden oor haar gedig “Fluistering”, plus nuwe bydraes deur Eben Venter (oor Anne Carson se The beauty of the husband) en Jo Prins (oor Butch Lochner, die rugbylegende wat onlangs oorlede is).
En daarmee is dit reeds weer naweek. Laat hom punte tel …
Mooi bly.
LE
Unknown Bird
Out of the dry days
through the dusty leaves
far across the valley
those few notes never
heard here before
one fluted phrase
floating over its
wandering secret
all at once wells up
somewhere else
and is gone before it
goes on fallen into
its own echo leaving
a hollow through the air
that is dry as before
where is it from
hardly anyone
seems to have noticed it
so far but who now
would have been listening
it is not native here
that may be the one
thing we are sure of
it came from somewhere
else perhaps alone
so keeps on calling for
no one who is here
hoping to be heard
by another of its own
unlikely origin
trying once more the same few
notes that began the song
of an oriole last heard
years ago in another
existence there
it goes again tell
no one it is here
foreign as we are
who are filling the days
with a sound of our own
© W.S. Merwin
Thursday, September 2nd, 2010
 Anne Frank se boom
Ek het lank gewik en weeg of ek ‘n Nuuswekker hieroor moet pleeg aangesien dit nou nie rêrig met poësie te make het nie. Maar, nou ja. Danksy Lina Spies se voortreflike vertaling van Anne Frank se dagboek is sy en die kultus rondom haar darem nou ook ietsie meer as ‘n terloopse teenwoordigheid in ons letterkunde.
En natuurlik sal heelwat van ons lesers dalk eendag op besoek wees in Amsterdam en soos die grootste gros van ons, sal ook hulle besoek wil bring aan die Anne Frank-gedenkhuis te Prinsengracht 263. Dalk sal hulle selfs wil kyk na die kastaiingboom in die agterplaas waaroor die jonge Anne so gereeld geskryf het en waaraan sy soveel vreugde gehad het … Helaas, nou is hulle vir ewig te laat, want dié boom is enkele weke gelede glo tydens ‘n stormwind omgewaai. (Terloops, volgens ‘n berig op De Telegraaf se webblad was daar egter enkele ure ná die boom tot niet is, reeds stukke van die boom op Markplaats.nl te koop aangebied.)
Nietemin, De Contrabas berig soos volg oor dié besonderse aangeleentheid: De Anne Frankboom was jarenlang de stoffelijke vorm, waarin de Anne Frank-industrie zich kon manifesteren zonder de verdenking van commercialiteit op zich te laden. Hij was totempaal, sjibbolet en klaagmuur tegelijk. De boom stond in een eerbiedwaardige, maar gedateerde traditie van boomheiligdommen. Met het meisje Anne Frank, dat is verraden door een Nederlandse politieagent en vermoord in een Duits concentratiekamp, had en heeft het allemaal niets te maken, dat gedrentel rond een kastanje (die nog figureerde in een bloemlezing gemaakt door Nanne Nauta, overigens). Anne Frank schreef haar dagboek, deels als verslag en deels als een werk van verbeelding, kunst. Zij kon toen zij haar regels schreef niet vermoeden (gelukkig maar) dat ze het onderwerp zou worden van bedevaart en mythologie. Als ze uitkeek op de kastanjeboom, zag ze de boom die in haar gedachten was verbonden met vrijheid, met dromen waarvan het uitkomen haar niet is gegund. Ze zag iets, dat wij nooit, zelfs al lezen we haar dagboek vijftig keer en gaan we een maand in haar achterhuis wonen, met de luiken dicht en de lichten uit - iets dat wij nooit kunnen zien.”
En vir die digter? Wel, indien jy ‘n vers oor dié besonderse boom gepleeg het (soos ek), sal jy uiteraard jou vers na die verlede tyd moet herskryf. Met die nodige blosings en verleentheid plaas ek vir jou leesplesier my poging heelonder.
Sug. Is daar dan niks op deeske aarde wat stand kan hou nie?!
***
Sedert gister was dit maar aan die stillerige kant op die webblad. Desmond Painter het darem ‘n nuwe stuk geplaas oor twee besonderse boekwinkels in Londen. Jo Prins vermaak ons weer met ‘n spitsvondige waarneming op sy blogblad.
Inderdaad ‘n goeie geleentheid om in te haal op jou agterstallige leeswerk.
Geniet dit.
LE
in die agtertuin
nu is het voor alles te laat
Martinus Nijhoff (Uit: Het uur U)
binne die westerkerk se haarbreedte
te prinsengracht twee honderd drie-en-sestig
het eens ‘n kastaiingboom krom
in die agtertuin
van ‘n doodnormale huis
gestaan -
vanagter toegetrekte gordyne kon jy sien
hoe tydsaam dié boom sy pas makeer
tussen seisoene deur, maar helaas, geen kind
het dit na buite durf waag
om in sy koeltes
te speel
terwyl honderde mense daagliks op aandag
staan en wag om in geduldige linies
een vir een besoek te bring aan ‘n huis
waar niemand meer
tuis is nie
(c) Louis Esterhuizen
Wednesday, September 1st, 2010
 Daan Stoffelsen & kollegas
Net soos De Contrabas einde verlede maand 5 jaar op die internet gevier het, het nóg ‘n belangrike webtuiste hul vyfjarige bestaan in dieselfde tyd gevier. Dit is naamlik Recensieweb wat onder die redakteurskap van Daan Stoffelsen bestaan en tot op datum reeds ‘n 1,000 resensies oor nuwe publikasies geplaas het en boonop kan spog met ‘n maandelikse besoekerstal van ongeveer 30,000. Gewis laat hulle reg geskied aan hul motto van “Nieuwe literatuur, Nieuwe gidsen“.
In sy oorsig van dié 5 jaar maak Stoffelsen egter ‘n paar vreemde opmerkings ten opsigte van ‘n bepaalde gevoeligheid jeens kritiek op húl kritiek: “In de loop der jaren heeft Recensieweb zijn critici gehad, en een van de terugkerende kritiekpunten is het weinig vernieuwende karakter van de vorm van onze besprekingen. Ons is zelfs verweten te doen alsof we avant-garde zijn (met ‘nieuwe literatuur, nieuwe gidsen’) en niettemin niet allemaal piepjong te zijn. Daarvoor is zowel een positieve als een negatieve reden aan te wijzen. De positieve is dat we denken goed te zijn in deze traditionele besprekingen, met een kop en een staart, aandacht voor boek én taal en met een sluitende argumentatie, en dat we denken dat literaire kritiek in de basis zo hoort te zijn: geïnformeerde, informerende, argumenterende en beargumenteerde recensies.”
Mmmm, miskien moet iemand aan hom vertel van Danie Craven se antwoord toe die vraag aan hom gestel is hoe hy kritiek jeens hom hanteer. Sy antwoord het daarop neergekom dat daar in Afrikaans die spreekwoord bestaan dat hoë bome die meeste wind kry; maar, het hy bygevoeg, dit is ook so dat die meeste honde juis dié bome uitkies om hul been teen te lig. So, wanneer jy kritiek ontvang, moet jy maar besluit of dit die wind is wat deur jou takke waai en of dit gewoon ‘n hond is wat sy been lig …
Nietemin, vroeër vanjaar het Recensieweb ‘n paneelbespreking oor die kwessie van literêre kritiek en die rol wat die internet het om te speel, gereël. (Die foto hierbo is hoeka tydens dié geleentheid geneem.) Al die bydraes en besprekingspunte kan steeds hier op hul webblad gelees word. So, gaan kyk gerus indien hierdie onderwerp iets van belang is vir jou.
Terloops, die enigste punt van kritiek wat ek jeens Daan Stoffelsen en sy inisiatief het, is dat die digkuns darem maar ‘n bra terloopse teenwoordigheid op dié andersens indrukwekkende blad is. ‘n Meer opwindende ontwikkeling is dat De Contrabas pas bekend gemaak het dat hulle van Oktober af ‘n allianse met Poëzierapport vestig wat beteken dat soveel as twee poësie-resensies per week op hul webblad gaan verskyn. Inderdaad iets om na uit te sien …
***
Aangesien Desmond Pianter die afgelope tyd op reis is in Engeland het hy sy bydraes weens die tydsverskil later as wat die gebruik is, geplaas. Die gevolg is dat ek sy twee plasings weens ‘n bepaalde slaperigheid aan my kant gemis het. Graag vestig ek dus jou aandag op sy inskrywings oor ‘n ontroerende skildery en sekere ervarings wat hy tot nou toe in Londen gehad het … Dan is daar ook ‘n plasing deur Andries Bezuidenhout oor ‘n musikale geleentheid in die Musaion in Pretoria en ook ‘n brief in die Brieweboks deur Joan Hambidge oor die Ingrid Jonker-prys wat nie vanjaar toegeken gaan word nie.
En daarmee eers weer groet.
Mooi bly.
LE
Tuesday, August 31st, 2010
 Kumamoto Renshi 2010
Met die nuutste uitgawe van Poetry International Web, wat verlede week verskyn het, word daar gefokus op ‘n interessante projek wat gedurende Maart vanjaar in Kumamoto, Japan, plaasgevind het. Vier Japannese digters, te wete Hiromi Itō, Wakako Kaku, Shuntarō Tanikawa en Yasuhiro Yotsumoto het saam met Jerome Rothberg, ‘n Amerikaanse digter, in Kumamoto bymekaar gekom om ‘n reeks gedigte wat as “renshi” bekend staan, te skryf. Jeffrey Angels, as vertaler, en Earl Miner as renga-kenner, was ook by dié projek betrokke.
Volgens Jeffrey Angels se oorskouende artikel op Poetry International Web is die hele idee van sameldigte in die moderne digkuns op die agtergrond geskuif vanweë dit wat hy as die “romantic cult of individuality” beskryf: “(This is) no doubt in large part due to the ideal that the poet represents a sort of‘’seer’. Despite postmodern notions of the author as simply one part of a complex network of cultural and linguistic forces that form a text, the common conception of a poet as a visionary, somehow distinct from the impulses and thought patterns of mainstream society, persists today.”
Earl Miner, ‘n kenner van klassieke Japannese digkuns, beskryf die renga, wat ‘n middeleeuse voorloper van die ‘renshi’ is, soos volg: “In renga no stanza has a continuing semantic connection, as a discrete poetic unit, with anything other than its predecessor and successor.” Hierteenoor is die ‘renshi’ weer meer ‘n eietydse variasie op dié klassieke voorbeeld deurdat dit veeleer volgens jazz-beginsels funksioneer, aldus Angels: “One might think of renshi perhaps as being somewhat akin to a jazz improvisation. Several players appear on stage at once, gathered for a single purpose, but the players take turns performing their solos on different instruments - usually, in the case of renshi, different types and styles of poetic writing.”
Ter illustrasie kan jy hieronder die eerste agt bewegings van die Kumamoto renshi lees. Die res van die gedig kan hier op Poetry International Web gelees word.
***
‘n Besonderse plasing sedert gister is Jaco Barnard-Naudé se essay oor die digkuns as rouproses; by Wisselkaarten is daar ‘n nuwe bydrae deur Vrouwkje Tuinman, terwyl Andries Bezuidenhout en Philip de Vos eweneens nuwe insetsels in hul blogruimtes geplaas het.
Ten slotte - in die gedigtekamers is daar nuwe gedigte deur Daniel Hugo en Joan Hambidge.
Lekker lees.
LE
Connecting through the Voice (The Kumamoto Renshi)
[1]
Let us offer up a song, may the gods
Of these fields bear witness
The gods look down, the landowners
Plant the fields and are glad
(Hiromi)
[2]
The children form circles and play in the forests
Where the leaves of visitor’s language flourish
Even in the land of roots
There are seeds waiting to germinate
Or so my great-grandmother used to say
(Shuntarō)
[3]
the future rising
as does my name red mountain
summit high above
the earth below in darkness
hole the fathers called sheol
soon to be with you
on Aso not Death Mountain
in the other poem
beneath which looms the shadow
of a visionary fish
(Jerome)
[4]
Come, please,
My red, burning fluid!
From my crumbling bosom
Through my chest and arms
To the villages beneath the mountains
Things seen with the eyes
Washed away, burned to ashes
Bring a beginning to this world
Once again after so many times
(Wakako)
[5]
Standing before the diorama
Gazing at the mechanized plumes of smoke and flows of lava
My monthly visitor caught me off guard
There is another me who watches silently
As I let out a sigh of relief
(Yasuhiro)
[6]
What has been planted in this sacred field
Belongs to you
Unmistakably belongs to you
(Hiromi)
[7]
Still within my mother’s womb
I wait for language
The language of those who hate me
The language of those who will love me
(Shuntarō)
[8]
so that he starts again
until the mud
through which he walks
covers his body
starts again but robs him
of his breath
(Jerome)
(Uittreksel. vertaling deur Jeffrey Angels)
Monday, August 30th, 2010
 Doen dit!
Een van die uitgespelde doelwitte van hierdie webblad is om die prominensie van die Afrikaanse digkuns ook in die Nederlandstalige gebiede te verhoog. Pas het daar dan twee nuwe inisiatiewe vorendag gekom wat dit vir die Afrikaanse digter moontlik maak om sy of haar verse direk in die ander halfrond geplaas te kry …
Reeds is daar die onlangse uitnodiging deur Bernd Ebbo Visser wat Afrikaanse bydraes vra vir De Onbestemmeling, ‘n ‘benefietbundel’ oor huisloses. (Gaan lees gerus sy brief in die Brieweboks indien jy nog nie hiervan kennis geneem het nie.) Nou het De Contrabas ook bekend gemaak dat hulle vanaf 15 Oktober vanjaar begin met ‘n interaktiewe gedigteblad op hul webtuiste.
Dié blad sal deur Joris Miedema en Jürgen Smit bedryf word en bekend staan as die De Contrabas Gedichtenforum. Hulle beoog om elke twee weke twintig gedigte te plaas; elke week sal daar egter een vers uit dié groep gekies word as die “gedig van die week”. Aan die einde van die jaar sal dié 52 ‘weekgedigte’ deur De Contrabas in ‘n bloemlesing uitgegee word. Let wel: daar bestaan egter ‘n beperking van drie ten opsigte van die aantal gedigte wat per maand ingestuur mag word. Bydraes kan gestuur word na contrabasforum@live.nl.
Twee wonderlike inisiatiewe, inderdaad.
***
Sedert Vrydag het daar omtrent heelwat nuwe inhoud bygekom: by Wisselkaarten is daar bydraes deur Astrid Lampe en Ester Naomi Perquin; by Nuwe Stemme het Lewies Botha ‘n nuwe inskrywing geplaas en onder die vaste bloggers is daar bydraes deur Charl-Pierre Naudé en Carina Stander. Charl-Pierre se stuk is na aanleiding van die Nuuswekker oor Antwerpen wat ek verlede week geplaas het en bevat sowel sy gedig as Peter Holvoet-Hanssen s’n.
Lekker lees en mag die week vir jou opwindend verloop.
Mooi bly.
LE
Friday, August 27th, 2010
 Bakoven
Verlede week kyk ek en Marlise ‘n bietjie vooruit na die weervoorspelling vir die komende naweek en sien toe dat groot reën voorspel word. Aangesien ons albei enorme behoefte gehad het aan ‘n “wegbreek” besluit ek om ‘n dag of wat verlof te neem en ‘n bietjie see en rotse te gaan soek terwyl dit nog mooiweer is en so ry ons toe vir die dag uit na Bakoven wat een van ons gunsteling rotsplekke is.
Ter wille van die van julle wat nie weet nie: Bakoven is ‘n totaal afgesonderde stukkie see; jy kan nie eens met jou motor tot daar ry nie. Jy stap so tussen die huise deur en beland dan op hierdie allermooiste en reusagtig grote rotse. Geen swemplek; geen niks en niemand anders as jy, jou geliefde, see, son en rots nie.
Nietemin, op ‘n stadium maak Marlise ‘n doodgewone opmerking soos: “Daar’s ‘n skip op die horison” en ons besef dat dit net sowel ‘n reël in ‘n gedig kon gewees het. Later sê ek: “Van al die lekker dinge in die lewe / is die lekkerste / sekerlik ‘n varsgestopte pyp”. En ons begin praat oor die “ritmikaliteit” van dié gewoon-alledaagse sin en hoe poëties selfs die mees normale opmerkings in Afrikaans kan wees. Ook herinner ons ons aan Chris Coolsma, wat toe hy die eerste keer Afrikaans gehoor het, die opmerking gemaak het dat dit klink asof ons sing wanneer ons praat. (Ook ander besoekers van oorsee het al verwys na die melodieuse klanke en ritmes van Afrikaans.) En natuurlik, Gerrit Komrij, samesteller van die bloemlesing “Die Afrikaanse poësie in ‘n duisend en enkele gedigte” (1999: Uitgewery Bert Bakker), wat by geleentheid opgemerk het dat dit is asof Afrikaans vir die poësie ontwerp is … Voeg ook nog daarby die ervaring wat ons die vorige dag gehad het toe ons toevallig by die Breytenbach-sentrum op Wellington aangedoen het terwyl ‘n letterskilder besig was om eg-Afrikaanse woorde teen ‘n muur te skryf. Woorde soos “koester”, “werfetter”, “klinkklaar”, “pampoen”, “blikslaer”, “koesnaatjie”, ensovoorts. En ai, hoeveel vreugde het ons en die ander omstanders nie gehad om woorde uit te roep nie.
Inderdaad is ons taal ‘n kragtige instrument en watter voorreg is dit nie om jou daarmee op ‘n kreatiewe manier te kan bemoei nie. (Terloops, net vinnig ‘n slotgedagte: miskien is die sogenaamde “praatvers” waaroor daar so dikwels gedebatteer word inderdaad uniek vir Afrikaans en verskil dit tóg wesenlik van parlando en ander soortgelyke variante wêreldwyd. Júís omrede doodgewone spreektaal in Afrikaans reeds soveel poësie bevat.)
Ter illustrasie plaas ek Len S. Louw se “aftelrympie” onder aan vanoggend se Nuuswekker: doodgewone woorde, dog pure poësie.
***
In aansluiting by bogenoemde plaas ons die onderhoud wat ek onlangs met einste Len S. Louw gevoer het, terwyl Andries Bezuidenhout eweneens ‘n besonderse gedig in sy blog geplaas het en Desmond Painter ‘n inskrywing lewer oor ‘n werkswinkel betreffende die Vrye Afrikaanse Universiteit wat hy enkele dae gelede in Kaapstad bygewoon het. In die Brieweboks is daar ook ‘n spesiale versoek (pleidooi?) deur Dries Cillers. Kan iemand hom help?
En dan is dit alweer naweek. Maak of jy mal is en doen alles.
Mooi bly.
LE
Te voet
pienkvoet
kaalvoet
voor die voet
katvoet, vlugvoet
koevoet
sleepvoet
sesvoet
© Len S. Louw (aan’t stap, 2010: Hond Uitgewers)
Thursday, August 26th, 2010
 Reisigers na nêrens?
Twee weke gelede hou ek my rammetjie-uitnek en maak ingenome die opmerking dat, ten spyte van ons klein poësie-produksie, daar waarskynlik ‘n Afrikaanse ekwivalent is vir elke tipe poësie in Nederland. En net daar loop ek my enkele dae later vas in ‘n berig op De Contrabas oor die digter Han van der Vegt en sy gedig Exorbitants, ‘n epos van 1,200 reëls wat in 2006 by De Contrabas Uitgeverij verskyn het. Wat dié publikasie uitsonderlik maak, is dat dit pure wetenskapfiksie is: “Han van der Vegts Exorbitans is een van de opmerkelijkste gedichten van de laatste jaren. In ruim 1200 regels verhaalt het de reizen van het gelijknamige ruimteschip langs vele uithoeken van het heelal, waar haar bemanning vele ons onbekende en vaak nauwelijks voorstelbare wezens ontmoet: filosoferende kometen, wezens met uitneembare ziel en een ras van scheppers dat te werk gaat volgens de principes van de supersnaartheorie.” (Aldus die uitgewersnota.)
Han van der Vegt, ontdek ek toe tot my verbasing, is boonop ‘n gewaardeerde meeloper van daardie seerower des lettere, Peter Holvoet-Hanssen, wat tans stadsdigter van Antwerpen is en wie se brief oor sy “reuzenlied en reuzengedicht‘ tans in die Brieweboks gelees kan word. Reeds in 2000 het hulle ‘n gesamentlike manifes, “De vegtlijnen: pathos, kapsones en conflict“, uitgereik waarvolgens hulle ‘n pleidooi vir ‘n gans ánder benadering tot die digkuns bepleit.
Uit die omvattende oorsig deur Jeroen Dera wat pas op die internet geplaas is, haal ek die volgende paragrawe aan: “Wij vervelen ons al jaren in de Nederlandstalige poëzie, omdat die almaar haar best doet om de vooroordelen over gedichten te bevestigen. Men blijft zich krampachtig verschansen achter altijd dezelfde stellingen in uitgeholde loopgraven. Wij vervelen ons met de discussies (zo die al gevoerd worden), we vervelen ons met problemen (zo die al erkend worden), we vervelen ons met de gedichten (zo we die nog lezen). En we zijn zeker niet de enigen, want behalve dichters en critici is er vrijwel niemand meer die Nederlandstalige poëzie leest.”
Wanneer Dera egter die beginsels - soos uiteengesit in die reedsgenoemde manifes - op Van der Vegt se Exorbitants van toepassing maak, bereik hy die volgende slotsom: “Met zijn beroep op pathos en expansie heeft Van der Vegt zich in een prachtige positie gemanoeuvreerd: zijn gedichten gaan met hun aandacht voor nieuwe werelden en science-fictionelementen voorbij aan de poëzie die we gewend zijn, terwijl ze met hun herwaardering van het metrum tegelijkertijd herbezinnen op de periode die aan de moderne poëzie voorafging. Als het ruimteschip Exorbitans langs de vuurzee van een ster vliegt zonder te smelten, waant de lezer zich in een verre toekomst vol technologische hoogstandjes, maar tegelijkertijd geeft Van der Vegts vormvastheid hem of haar de sensatie iets ouderwets te lezen. Precies die spanning tussen een hoogst speculatieve inhoud en een metrische vorm is wat Exorbitans zo interessant maakt.”
Vir jou leesplesier plaas ek die eerste strofes van Han van der Vegt se epiese gedig hieronder. Lees gerus die volledige vers hier. (Op ‘n manier herinner dit nogal aan DJ Opperman se “Joernaal van Jorik“, is dit nie? Of is ek nou moedswillig? Of dalk eerder CJ Langenhoven se “Loeloeraai”? Mits laasgenoemde as gedig geeien kan word, natuurlik.)
Lekker lees.
***
In die Brieweboks is daar vanoggend twee belangrike kennisgewings. Ten eerste is daar die US Woordfees se persvrystelling oor die komende Versindaba-poësiefees, en tweedens ‘n uitnodiging deur Bernd Ebbo Visser wat bydraes versoek vir ‘n ’benefietbundel‘ oor straatlewe en - bewonders. En, indien daar gekyk word na die indrukwekkende lys digters wat reeds hiertoe bygedra het, is hierdie beslis ‘n inisiatief wat verdien om ondersteun te word.
Aan die blogkant van sake is daar eweneens twee bydraes: Karlien van der Merwe wat die lente met ‘n vers aankondig en Jo Prins wat sy woorde leer skik na omstandighede.
Weereens ‘n kruiwa vol vreugde. Geniet dit.
LE
Zingend, ronkend, zwanger van horizonten,
rook van haar geschubde flanken slakend,
zo hangt ze boven het dok, de vliezen kloppend,
de vensters geloken, wachtend tot men haar gaan laat.
Exorbitans is haar naam, want zij zal buiten
elke bekende baan het heelal ontsluiten.
Aan ons de taak haar daarbij terzijde te staan.
Aan elke pier van de grote ruimtehevel
die over de rand van het zonnestelsel rolt
ligt wel een schip te wachten op het sein van vertrek,
maar geen smacht zo reisbelust als het onze.
Materie en antimaterie, van elkaar
gescheiden in twee bollen, herscheppen de aanvang
van het universum in haar borst.
Door een luik tussen haar schouderplaten
glijden we een voor een naar binnen en komen
in een gangenstelsel: gerimpelde membranen,
overeind gehouden door ribbenbogen.
Boven ons wordt een lamp helderder
die ons, glijdend langs de nok, op de weg
voorgaat en ons naar de cockpit loodst.
(c) Han van der Vegt (Uit: Exorbitants, 2006: De Contrabas Uitgeverij)
Wednesday, August 25th, 2010
 Handwerpen
Volgens legende het ‘n reus genaamd Druoon Antigoon in die voorgeskiedenis van Antwerpen wydsbeen in die Schelderivier gestaan en tolgeld van alle verbygangers geëis. Tot ‘n romeinse soldaat met die naam Silvius Brabo die reus in ‘n magtige geveg verslaan het. Silvius Brabo het toe die reus se hand afgekap en dit oor die rivier gewerp na waar die stad (h)Antwerp(en) mettertyd tot stand gekom het. (Op die Grote Markt-plein is daar ‘n wonderlike beeld wat dié heroïese daad herdenk.)
Nietemin, my Nuuswekker vanoggend handel eintlik oor Peter Holvoet-Hanssen, Antwerpen se geliefde stadsdigter wat pas sy vyfde “stadsgedig” gelewer het. Die titel daarvan is “Reuzenlied” en is geskryf na aanleiding van die beroemde Franse steltlopers, Royal de Luxe, wat hierdie week op besoek in Antwerpen is. Volgens die berig op Antwerpen se amptelike webblad eindig dié gedig met “een slaapliedje voor de Kleine Reuzin, een berceuse met een knipoog naar Van Ostaijen en alle kinderen van de stad” en vanaf verlede Vrydag kan dié liedjie op 10 meterlange baniere gelees word wat op prominente plekke in die stad aangebring is.
Dié gedig is egter ook deur Walter Mets getoonset en kan hier beluister word. Inderdaad iets besonders …
‘n Verrassing op dié webblad is egter die verwysing na ons eie Charl-Pierre Naudé wat in Junie, op uitnodiging van Holvoet-Hanssen, aan die Felix-poësiefees in Antwerpen deelgeneem het. In reaksie op die stadsdigter se reuse-inisiatief het Charl-Pierre ‘n eweneens ‘n besonderse gedig geskryf wat via ‘n skakel op genoemde webblad gelees kan word. Aangesien dit ’n lang gedig is, plaas ek net die eerste twee strofes as lusmaker onder aan vanoggend se Nuuswekker. Maar dalk sal Charl-Pierre sy bydrae mettertyd volledig op sy blog plaas?
Mmm, die hoop beskaam nie.
***
Vanoggend is daar twee besonderse briewe in die Brieweboks. Eerstens, ‘n brief wat van NB Uitgewers ontvang is betreffende die wetsontwerp oor die beskerming van inligting en tweedens, ‘n brief van Peter Holvoet-Hanssen oor die pasafgelope fees van reuse in Antwerpen en die rol wat gedigte daarin gespeel het. (Terloops, dié fees is deur 800,000 mense bygewoon. Lees gerus die berig op De Morgen se webblad.)
Aan die blogkant van sake is daar twee blogs ontvang: deur Niel van Deventer en Andries Bezuidenhout en albei het losweg te make met ontstellende gebeure in die land tans.
Ten slotte - ons het ook gister die program vir vanjaar se Versindaba-poësiefees ontvang en dit lyk besonder indrukwekkend. Gaan kyk gerus hier en begin solank jou planne maak om dit by te woon … Dit gaan beslis iets baie spesiaal wees.
Mooi bly.
LE
Reusegedig
(Of Continental interface)
Vroeër was daar.
‘n Stad.
‘n Stad was daar.
Soldate het die mure
vol gate geskiet.
Hoe skitter die pokmerke
nie in die maanlig nie …
Soos die klinknaelpak
van Elvis Presley.
O, versiering!
O, dieper betekenis!
Van Berlyn
tot Maputo.
Katanga.
Die flitsende
pangas.
——————–
Vroeër was daar.
‘n Reus.
Die reus
het ‘n groot gebou
vol klein, klein handjies geplak.
Die handjies
was afkomstig
uit Afrika.
Klein, as jy ‘n reus is.
Reusagtig, as jy klein is.
‘n Kopbeen is al
wat nou van hom oor is.
Swart. Soos silwer.
Sterre. ‘n Skitterring.
Van muskiete.
Malaria! Aa, kinders.
Rat-a-tat!
In die sonlig
(sonlig!)
blink die wande
van die M.A.S.
soos die snykante
van diamante.
© Charl-Pierre Naudé
* Nota: M.A.S. = Museum aan de Stroom, Antwerpen-hawe
Tuesday, August 24th, 2010
 Poësieliefhebber?
Laat ek dit onomwonde stel: ek is nié aan ʼn uitgewery verbonde nie. Ek is wel ʼn boekhandelaar. Maar van tyd tot tyd pleeg ek ook ʼn vers wat (soms) in ʼn bundel neerslag mag vind, en dit is in dié hoedanigheid wat ek hierdie Nuuswekker skryf.
So sit ek enkele maande gelede en gesels met ʼn persoon wat na alle waarskynlikheid die mees ingeligte en kundige persoon oor die kwessie van publikasies en boekverkope is wat ek ken. Uiteraard begin ons praat oor die Afrikaanse poësieproduksie wat floreer ten spyte van onindrukwekkende verkope van digbundels. Hoe kan jy verwag dat die breë publiek, wat dikwels maar net ʼn terloopse belangstelling in die digkuns het, digbundels moet koop wanneer digters - wat immers ʼn geïnvesteerde belang by die digkuns het, nie eens nuwe bundels koop nie, word die vraag aan my gestel.
My onmiddellike reaksie was om dié vraag met skaamte te verwerp, want dat die digter as vakman nie sy lojaliteit jeens die uitbou en instandhouding van sy ambag waarmee hy gemoeid is, nakom nie, vind ek onverskoonbaar. (Ook jeens myself, aangesien ek eweneens nie alle bundels wat verskyn, koop nie …) Nietemin, sedert dié gesprek het ek subtiel by mede-digters gevis en wanneer die geleentheid hom voorgedoen het, selfs hul boekrakke bekyk … Tot my teleurstelling moet ek na dese my ingeligte vriend gelyk gee, want die meeste digters (lyk dit my) koop maar by uitsondering ʼn nuwe bundel en dan ook net dié digters van wie se poësie hulle hou; of hulle kry meestal ʼn kopie gratis. ʼn Voor-die-voet-benadering ten opsigte van die aankoop van alle bundels wat verskyn, bestaan klaarblyklik nie. (Ek het maar één so ‘n digter geken en hy is onlangs oorlede.)
Is dit nie immers noodsaaklik dat ons as digters op hoogte moet bly van ons ambag nie? En beteken dié “op hoogte bly” dan dat ons maar net selektief en lukraak kennis hoef te neem van dit wat in ons vakgebied gebeur? Uiteraard gaan ʼn mens nie “hou” van alles wat verskyn nie; vir watter rede ook al. Maar maak dit enigsins saak of jy daarvan “hou” of nie?
Dieselfde argument geld egter ook enige poësieliefhebber; of jy ʼn digter is al dan nie. Daar verskyn maar tussen 15 en 20 bundels per jaar in Afrikaans teen ʼn gemiddelde verkoopsprys van R130 tans. Is dit te veel gevra om dan maar EEN bundel per maand aan te skaf?! En, indien jy nié van die bundel hou nie, kan jy dit mos as geskenk aan iemand gee wat normaalweg nie ‘n bundel sou koop nie, of hoe?
Die punt is dat bykans AL die probleme wat tans in ons digkuns ervaar word, uit die weg geruim sal word indien die verkope van bundels verbeter. Uitgewers mag dan meer vrymoedigheid hê om ander, meer avontuurlike, dog riskante, bundels te publiseer; verdermeer, ánder uitgewers mag dalk ook die uitgee van digbundels as ʼn haalbare opsie begin sien en tot die mark toetree; iets wat die “risiko-faktor” ten opsigte van verkope oor ʼn dikker sny brood sal smeer … Ensovoorts, ensovoorts. Die voordele is voor die hand liggend.
En hierdie webblad? Watter rol het hierdie webblad om te speel? Soos ek al vantevore laat blyk het, is die daaglikse besoekerstal maklik tweekeer soveel as die gemiddelde oplaag van ʼn digbundel wat verskyn. Statistiek dui ook op ʼn groeiende lojaliteit onder dié besoekers. So het 7.35% van die afgelope maand se besoekers die webblad meer as 200 keer in dié tydperk besoek … En weereens is dit die gedigte-bladsye wat die meeste gelees is met ʼn totaal van 973 besoeke. Nou, as dít nie dui op ʼn enorme belangstelling ín en passie vír die digkuns nie, weet ek waaragtig nie.
Maar hoekom koop die mense dan nie die digbundels wat verskyn nie?! Elke bundel wat verskyn, is immers ʼn geloofsdaad en indien dit vir óns iets van belang is, behoort ons mos in dieselfde gesindheid daarop te antwoord, is dit nie? En die korrekte respons is om ons bereidwillig te verklaar om R130 per maand te spandeer aan iets wat géén rakleeftyd het nie …
Met apologie plaas ek vanoggend vir jou leesplesier ʼn ongepubliseerde impromptu-vers wat ek geskryf het by geleentheid van ʼn boekbekendstelling, toe van die mense gekla het oor die prys van ‘n betrokke boek.
***
Vanoggend is daar twee nuwe plasings om van kennis te neem. Eerstens is daar in Buiteblik ‘n nuwe bydrae deur Leon Retief oor oudword in Moose Jaw en onder die vaste bloggers ‘n besonder insiggewende stuk deur Johann Lodewyk Marais oor die Poeziecentrum in Gent waar die Ernst van Heerden-versameling gehuisves word.
Lekker lees aan alles en onthou om die ketel te stook! (Ons leef immers in opwindende tye.)
Mooi bly.
LE
Ken jy die boek …
(Met waardering aan Uys Krige se soortgelyke vers)
Ken jy die boek se ure, Meneer,
die ure deur sweet en wroeg verteer
wanneer die nag, slegs ‘n lamplig weg,
die skrywer met donker spooksels terg.
Dan sê jy nog, Meneer, die boek is duur.
Dié ure is drif, is doolgang en alleen,
is dae, jare selfs, ja, bykans ‘n lewe aaneen
waar die skrywer al skrywend spoor vind
in geskrifte om gedagte met woord te bind.
En jy sê nog, Meneer, die boek is duur.
En dan, die eerste produk, na uitgewer,
keurder en terug, alweer aan ure uitgelewer
om te hersien, herdink, weer en weer besleg
tot uiteindelik, almal besef: Nou is dit reg!
En jy sê nog, Meneer, die boek is duur.
Want nou is dit die ure van produksie,
die ure van redigeer, set en noukeurig lees
van ontwerp, verpakking en advertensie
vir hierdie gedrukte proewe van die gees.
Dan sê jy nog, Meneer, die boek is duur.
Was u al ooit in die ruimtes van rak en boek
waar verkopers u entoesiasties help soek
na daardie één eksemplaar wat u graag wil hê,
want jare terug het u dit glo iewers verlê.
Dan sê jy nog, Meneer, die boek is duur?
Weet u dat daar vir iedereen ‘n boek bestaan
wat u uitkyk kan verander, u kan laat verstaan
hoe heerlik die rykdom van gees kan wees,
en hoe plesierig hierdie ervaring van die lees.
Dan sê jy nog, Meneer, die boek is duur?
Maar hoe bepaal ‘n mens die waarde
van iets só raar, gevul met letsels en vuur
wanneer soveel mense ‘n lewe moet maak
uit hierdie afgekamde ambag van papier.
En steeds sê jy, Meneer, die boek is duur …
© Louis Esterhuizen
Monday, August 23rd, 2010
 Chrétien Breukers
“Vijf jaar geleden begon ik incidenteel te rommelen in het gezellige onderonsje, dat de vaderlandse poëziewereld is. Niet om er iets aan te veranderen, uiteraard, want dan kun je net zo goed meteen (of beter) tegen een blinde muur gaan praten, maar gewoon - omdat het kon. De steen in de vijver heeft in elk geval kringen gemaakt. Dat is altijd een fijn gezicht.”
So begin Chrètien Breukers die oorsig van die eerste 5 jaar van De Contrabas se bestaan op die internet. En watter segetog was dit nie vir hom en Jan Pollet en vele ander medewerkers nie! In dié bestek het De Contrabas hom nie net gevestig as een van die mees gerekende webtuistes vir die digkuns wêreldwyd nie, maar ook ‘n beduidende rol gespeel in die Vlaams-Nederlandse letterkunde en die debatte wat daar rondom ontstaan het en steeds gevoer word.
Met ‘n besoekerstal van rondom 50,000 per maand en ‘n totaal van 2.3 miljoen besoeke sedert hul vestiging op 21 Augustus 2005 is hulle beslis ‘n krag wat nié geïgnoreer kan word nie … Veral ook weens die feit dat hulle enkele jare gelede begin het met die uitgee van eie publikasies en veral vanjaar ‘n besonderse sukses hiermee behaal het soos ek in ’n vroeëre Nuuswekker berig het.
Op ‘n meer persoonlike vlak wil ek dan sommer hiermee erken dat De Contrabas vir my en Marlise ‘n belangrike inspirasie was met die vestiging van die Versindaba-webblad ‘n rapsie meer as ‘n jaar gelede, en groot was ons verbasing toe ons kort na ons eie vestiging ‘n brief van Chrètien en Jan ontvang het waarin hulle ‘n alliansie tussen ons webblaaie voorgestel het … ‘n Voorstel wat tot ‘n gesonde (en gewaardeerde) interaksie tussen ons onderskeie inisiatiewe aanleiding gegee het, want tans dui statistiek daarop dat bykans ‘n derde van ons eie besoeke uit die Laer Lande afkomstig is. As sulks is dit iets wat nie net op ‘n groter prominensie van die Afrikaanse digkuns in Nederlandstalige gebiede verseker nie, maar terselfdertyd help dit om die Afrikaanssprekende poësieliefhebber se kennis en insig van een van die mees dinamiese digkunste ter wêreld daadwerklik te verbreed.
En waar die interaksie aanvanklik bestaan het uit die plasing van skakels wedersyds, was daar mettertyd ook die toevoeging van maandelikse Nuusbriewe en meer onlangs, Chrètien en Jan wat as gereelde medewerkers tot Wisselkaarten toegetree het. Om nie eens te praat van die agter-die-skerms skakeling ten opsigte van bemoediging, raad en verskaf van kontakte nie.
Dankie, Chrètien en Jan … Julle is inderdaad ‘n inspirasie vir almal wat rondloop met hul eie droompies van nat vuurpyle. Ons klap saam met al jul ondersteuners hande hier aan die ander kant van die aardbol. Mag die volgende vyf jaar eweneens ‘n glorietydperk vir julle wees.
Saluut!
As huldeblyk plaas ek een van Chrètien Breukers se vroeëre gedigte onder aan vanoggend se Nuuswekker, en ook een van Jan Pollet se wonderlike “typetjes” van Pessoa wat hy onlangs in Wisselkaarten geplaas het.
***
Op hierdie heuglike Maandagoggend is daar drie nuwe plasings om aan te kondig. Aan die blogkant van sake is daar Philip de Vos se huldeblyk (met twee besonderse foto’s daarby) oor Fiona Coyne wat verlede week oorlede is en Desmond Painter wat skryf oor Hollywood en die toring van Babel.
Nog ‘n besonderse stuk om te lees is uiteraard die onderhoud, “Om op ver paaie te loop“, wat Costa André Georghiou met Johann Lodewyk Marais gevoer het.
Geniet dit en mag dié week in alle opsigte iets besonders wees.
Mooi bly.
LE
IMPASSE
We stonden in de keuken. Ik dacht:
‘Straks pak ik haar;’ maar pakken deed ik
niet. Mijn handgebaar verplaatste slechts
ijle waterdamp. Ik praatte oude
dichters na. Ik brabbelde wat over mijn
geschrijf, dat uit de dichte la. En zij,
zij speelde dat ze luisterde en keek
hoe wijzers op de klok verschoven
tot het voorgeschreven uur. Er moest,
er zou echt iets gebeuren. Maar mijn armen
hingen naar beneden. Mijn benen stonden stil.
Het werd avond. Het werd nacht. Het was
de tijd voor geesten en veredelde vermetelen.
Zwijgend stonden we. We waren al gestold.
© Chrétien Breukers, 2005
Typetje Pessoa
De toekomst zou de toekomst niet zijn als hij zich niet reeds
in deze kleurenprent had verstopt.
Meer zelfs: het echte leven heeft bezit genomen van deze afbeelding
die uit een stille droom geschapen is.
Ach wat doet het er toe.
De droom is de jas van het echte leven.
De toekomst is de paraplu boven de regen
die gisteren de straten van de stad schoonveegde.
En mijn lichaam is de envelop
die dit gedicht naar zijn bestemming brengt
De nachtwinkel waar iedereen vroeg of laat komt.
Niemand weet wanneer.
Zelfs niet ongeveer.
(c) Jan Pollet
|
|