Nuuswekker

Nuuswekker: Eredoktorsgraad vir Breyten Breytenbach

Wednesday, December 3rd, 2014

Die Universiteit Gent ken vanaand ‘n eredoktorsgraad toe aan Breyten Breytenbach. Dit vorm deel van die kongres oor die Afrikaanse lettere wat tans by dieselfde instelling aangebied word.

Goeie nuus is dat die verrigtinge direk via die internet gevolg kan word by hierdie skakel.

Die uitsending begin om 18:30, Suid-Afrikaanse tyd.

Nuuswekker. Alfred Schaffer benoem vir VSB Poësie prys 2015

Thursday, November 20th, 2014

Die VSB Poëzieprys word jaarliks aan die beste Nederlandstalige bundel van die voorafgaande jaar toegeken en beloop 25,000 euro, wat dit die grootste prys maak (in geldwaarde) wat ‘n digbundel in die Lae lande kan verower. Gister is die kortlys vir vanjaar se publikasies deur die keurkomitee bekend gemaak en dit verheug ons om te kan berig dat Alfred Schaffer, wat welbekend is aan die Afrikaanse poësieliefhebbers een van dié finaliste is vir sy bundel Mens Dier Ding. Die ander finaliste is Piet Gerbrandy (Vlinderslag), Sasja Janssen (Ik trek mijn species aan), Hester Knibbe (Archaïsch de dieren) en Peter Verhelst (Wij totale vlam).

Vir Piet Gerbrandy (1958), Sasja Janssen (1968) en Peter Verhelst (1962) is dit die eerste keer wat hulle genomineer word vir dié gesogte prys wat die eerste keer in 1994 toegeken was. Daarteenoor is dit Hester Knibbe (1946) se tweede nominasie en Alfred Schaffer (1973) se vierde keer. Vantevore was hy genomineer vir sy bundels Dwaalgasten (2002), Geen hand voor ogen (2004) en Kooi (2008).

Volgens die berig NRC se webtuiste die volgende: “Het samenstellen van de shortlist viel de jury zwaar. Dat valt op te maken uit het voorlopige juryrapport. De selectieprocedure zorgde voor ‘werkelijke spanning binnen de jury’. Een gevolg van de kwaliteit van de ingezonden bundels – die was hoog. Volgens de jury van een ‘verbluffend hoog niveau’ zelfs. In totaal werden er 107 bundels ingestuurd. Vernieuwingsdrift was in het gros van die bundels niet terug te vinden, vond de jury. Wel ‘humor, oorspronkelijkheid en kwaliteit’.”

Vorige wenners is onder andere digters soos Hugo Claus (1994), Leo Vroman (1996), Gerrit Kouwenaar (1997) en Leonard Nolens (2008).

Schaffer is natuurlik heel goed bekend aan Afrikaanse poësieliefhebbers danksy die bundel Kom in, dit vries daarbuite (2013: Protea Boekhuis) wat uit ‘n verskeuse deur die digter bestaan wat besonder treffend deur Daniel Hugo na Afrikaans vertaal is.

Oor die benoemde bundel, Mens Dier Ding, het Janita Monna haar in haar resensie soos volg uitgelaat: “Schaffer laat zien tot wat voor dierlijks een mens in staat is en hoe weinig een mensenleven soms waard is. Dat doet hij met humor, met schwung, teder en bedachtzaam; in poëzie waarin ‘bloeddorst’ eruit kan zien als een ‘massief brok pure chocolade’. De in Zuid-Afrika wonende Schaffer maakte al indruk met zijn vorige bundels – voor Kooi (2008) kreeg hij de kreeg hij de VSB Poëzieprijs. Mens Dier Ding grijpt je naar de keel, en dat gebeurt niet dagelijks bij poëzie.”

Omslag

Nog skakels wat jou mag interesser, is na die onderhoud wat Marlene Malan vroeër vanjaar met die digter gevoer het, en Yves T’Sjoen se insigegewende essay oor Schaffer se digterskap. Uiteraard vergesel ons beste wense heierdie skrywe en kan ons maar net hoop dat daar op 28 Januarie 2015 vreugdevure gestook gaan word op alle fronte wanneer die wenner in Rotterdam aangekondig word.

Vir jou leesplesier volg ‘n gedig uit Mens Dier Ding.

*

Sjaka die slaapt met zijn speer.

Staand.
Vogels, vlinders, alles wat beweegt sterft door zijn blik.
Bij vrije verkiezingen zou hij grandioos verliezen.
Wie hem liefheeft stuurt hij op een hopeloze missie.
Om te creperen onderweg
of om terug te keren, uitgemergeld.

En dan die vragen en die opdrachten.
Breng die berg daar naar mijn huis.
Breng mij een edelweis.
Hoeveel is 33.445.678 maal 17.578.798.906 gedeeld door 21.
Wie zou oorspronkelijk de mannelijke hoofdrol spelen
in Gone with the wind.

Waar denk ik aan op dit moment.

Niemand die een antwoord heeft
of aan de opdracht kan voldoen, behalve twee of drie –
ook die vinden de dood.

 

De perszaal blijft leeg.
Het hoofdkwartier verlaten
Geen mens die Sjaka’s daden nog bezingt
het vuur is bezig te doven.
Blazen beste onderdanen, blazen!

© Alfred Schaffer (Uit: Mens Dier Ding. 2014: De Bezige Bij)

Ekstreme voorbeeld van selfpromosie

Thursday, May 19th, 2011
Andrew Kessler

Andrew Kessler

In nog ‘n voorbeeld van bandelose selfpromosie het ‘n relatief onbekende Amerikaanse skrywer genaamd Andrew Kessler besluit om sy eie boekwinkel te begin met net één boek wat te koop aangebied word, naamlik sy eie. Aangesien hy nie wil toesien dat sy wetenskapsroman, Martian Summer, teen topverkopers soos Stephenie Meyer en Stieg Larson se boeke om rakspasie in algemene boehandels moet meeding nie, het hy besluit om sy eie winkel in Hudsonstraat, New York, te open met 3,000 kopieë van Martian Summer wat die rakke vul. ‘n Reklamebord voor die winkel verklaar “We have one book but we’re NOT scientologists”.

Monobookism

Monobookism

Monobookism noem hy hierdie inisiatief van hom; ‘n idee wat hy glo by ‘n frikadellesaak laer af in die straat gekry het: “I felt I was just going to send my book out in the world, close my eyes and hope for the best (with my two inches of shelf space at the local bookshop). I couldn’t do that,” het hy aan The Guardian gesê. “One day after a meatball dinner at a store on the Lower East Side that only sells meatballs, ‘The Meatball Shop‘. I stumbled outside, looked up and saw a church. And then I realised I could try to sell my book like a meatball. Monobookism was born.”

Volgens Kessler was die publiek se reaksie op sy balatante selfpromosie nogal interessant en gevarieerd: “You have to take some risk if you’re going to dream big. I do have a solid appreciation for all the commenters who’ve written me off as a ‘stupid hipster trust-fund kid’. But in the end it was the generous support of friends and fans of Martian Summer that really made it happen […] Some people come in and hug whomever happens to be working in the store because they love it. And some people demand to know – aggressively – how we could be so foolish. That makes for a pretty unique work environment.”

Nou ja, toe. Wat is volgende? Digters wat met ‘n mandjie vol eie publikasies by verkeersligte staan in ‘n poging om hul oplaag uit te verkoop?

Mmm, laat ‘n mens wonder, nè.

***

Sedert gister het die volgende bydraes op die webblad verskyn: Andries Bezuidenhout skryf oor die kerke van Winburg, terwyl Heilna du Plooy oor die kwessie van “Generasie Y”  besin met ‘n interessante inspeling op Gustav Mahler se 5de Simfonie; meer spesifiek die Adagietto-beweging.

Soos vroeër genoem is ons besig met nuwe inisiatiewe vir die webblad. Een daarvan is om die net vir Nuwe Gedigte ietwat wyer te gooi en danksy die bemiddeling van Luuk Gruwez en veral Jan Pollet het ons die afgelope paar dae sommer heelwat gedigte deur Vlaamse en Nederlandse digters ontvang. Digters wie se gedigte vanoggend gelees kan word, is Hans van de Waarsenburg, Fred Papenhove, Bart Plouvier en Bart Stouten.

Opwindende tye, inderdaad.

Geniet dit.

LE

 

 

Die noodwendigheid van selfpromosie

Wednesday, May 18th, 2011
Tony Perrottet

Tony Perrottet

Synde Verkiesingsdag maak ‘n Nuuswekker oor selfpromosie sekerlik sin. So het ene Tony Perrottet op New York Times se webblad die volgende opmerking oor die kwessie van selfpromosie deur skrywers gemaak: “As every author knows, writing a book is the easy part these days. It’s when the publication date looms that we have to roll up our sleeves and tackle the real literary labor: rabid self-promotion. For weeks beforehand, we are compelled to bombard every friend, relative and vague acquaintance with creative e-mails and Facebook alerts, polish up our Web sites with suspiciously youthful author photos, and, in an orgy of blogs, tweets and YouTube trailers, attempt to inform an already inundated world of our every reading, signing, review, interview and (well, one can dream!) TV ­appearance.”

En ja, dit is tans seker so dat enige uitgewer van ‘n betrokke skrywer se werk die verwagting koester dat die betrokke skrywer ook sal meehelp om die boek nie net te adverteer nie, maar ook te verkoop. Uiteraard is nie alle skrywers ewe gemaklik óf suksesvol hiermee nie; by sommige ontstaan daar veral ‘n bepaalde ongemaklikheid rondom kwessies soos selfvertroue en fatsoenlikheid. “In this era when most writers are expected to do everything but run the printing presses, self-promotion is so accepted that we hardly give it a second thought,” skryf Perrottet. “And yet, whenever I have a new book about to come out, I have to shake the unpleasant sensation that there is something unseemly about my own clamor for attention. Peddling my work like a Viagra salesman still feels at odds with the high calling of literature.”

In só geval is dit natuurlik sinvol om ‘n historiese kyk te gee na vroeëre skrywers en die maniere waarop hulle hul werke gepromoveer het. “For artists, the great problem to solve is how to get oneself noticed,” het Balzac in sy klassieke roman Lost Illusions kwytgeraak. Nog ‘n klassieke meester, Stendhal, het die volgende opmerking in sy outobiografie, Memoirs of an Egotist, gemaak:  “Great success is not possible without a certain degree of shamelessness, and even of out-and-out charlatanism.”

Ernest Hemingway

Ernest Hemingway

Maar dit is veral Ernest Hemingway wat waarskynlik nog steeds die standaard ten opsigte van selfpromosie stel, aangesien hy dit sy oogmerk gemaak het om in die advertensies vir bykans alle moontlike produkte te verskyn; om maar net enkeles te noem: advertensies vir maatskappye wat safari’s en hengel-ekspedisies adverteer, ‘n bier-advertensie (Ballantine Ale), Parker-penne, Pan Am, en nog vele ander. (Terloops, John Steinbeck het óók Ballantine Ale geadverteer.)

Maar dit is veral Perrottet se opmerkings oor resensies en die stryd om ‘n gunstige resensie en prominente ruimte te bekom, wat my aandag getrek het; veral nou dat die beskikbare ruimtes vir resensies in ons media onder ernstige druk verkeer. Weereens Balzac:  “In Lost Illusions, Balzac observes that it was standard practice in Paris to bribe editors and critics with cash and lavish dinners to secure review space, while the city was plastered with loud posters advertising new releases.” Guy de Maupassant het byvoorbeeld ‘n warmlugballon met ‘n groot banier waarop sy pasverskene roman, Le Horla, se titel verskyn het, oor die Seine laat dryf.

Walt Whitman

Walt Whitman

Daarteenoor het Walt Whitman hom weer tot die skryf van anonieme resensies oor sy eie publikasies gewend: “An American bard at last!” het hy in 1855 oor sy eie publikasie gegloei. “Large, proud, affectionate, eating, drinking and breeding, his costume manly and free, his face sunburnt and bearded.” En om ook nie te vergeet van George Simenon se reklame-foefie toe hy vir drie dae in die Moulin Rouge se vertoonvenster ten aanskoue van almal gesit het en ‘n boek binne 72 uur geskryf het aan die hand van voorstelle deur die publiek.

Ten slotte, weer terug by Tony Perrottet: “What lessons can we draw from all this? Probably none, except that even the most egregious act of self-­promotion will be forgiven in time. So writers today should take heart. We could dress like Lady Gaga and hang from a cage at a Yankees game – if any of us looked as good near-naked, that is.”

Nou ja, toe. Vir jou leesplesier volg RK Belcher se gedig “Poësie-aand” onder aan die Nuuswekker. Selfs ‘n digter het tog sy trots. Of wat praat ek nou?!

***

Ons webmeester is tans besig om bepaalde veranderinge op die webblad aan te bring. So is daar ‘n nuwe weblog vir Nuwe gedigte geskep.  Nuwe gedigte wat tans daar gelees kan word is dié van Melanie Grobler en Zandra Bezuidenhout. Van ATKV het ons die aansoek om inskrywings vir vanjaar se ATKV Woordveertjie-toekennings ontvang wat in die Brieweboks geplaas is. Aan die blogkant van sake is daar ‘n nuwe bydrae deur Desmond Painter oor die onwettige immigrante wat hul weg na Europese lande (probeer) vind en Pieter Odendaal wat vertel van MOJO-week en die stryd teen apatie.

Lekker lees en geniet die buitengewone rusdag wat deur die regering geskenk is.

Mooi bly.

LE

 

Poësie-aand

 

Sal ek vanaand in Dorpstraat se kafee

my siel ontbloot for everyone to see?

Hier tussen die geskinder en gepraat

my siel ophang soos aan ‘n doringdraad?

Met ander se geroggel en gerook

my sielsgeheim met nikotien bestook?

Hier tussen al die waaiers en die fans

myself beskinder saam met also-rans?

Nee, eerder lieg en skurwe rympies maak

oor snaakse goed wat ander siele raak

soos ghoffels wat kafoefel op ‘n trein

and other dear souls crying in the rain.

Maar smokkel met my siel se brood-en-jêm

voor al dié vreemde wesens? Not-a-dêm!

 

(c) Ronnie Belcher (uit: Van heidebos en klip, Suider-Kollege, 2000)

 

Driek van Wissen se trein ampertjies ontspoor

Tuesday, May 17th, 2011
Driek van Wissen

Driek van Wissen

Nou ja, kyk. Indien dit kom by die verering van digters, kan ons inderdaad ‘n paar lesse leer by ons kollega’s in die Noorde. So ook ten opsigte van die entoesiasme waarmee sodanige vereringsprojekte aangepak word.

Verlede week is daar byvoorbeeld begin met die opstel van ‘n petisie wat dit as oogmerk het om ‘n trein na Driek van Wissen, Nederland se voormalige Dichter des Vaderlands wat verlede jaar op 21 Mei oorlede is, te vernoem. Dié petisie word gerig aan die direksie van die Arriva-treindienste en wel met die volgende motivering: “Zoals Arriva-treinen mensen naar hun bestemmingen brengen, zo bracht de dichter en taalvirtuoos Driek van Wissen poëzie naar de mensen en mensen naar de poëzie. En – niet onbelangrijk – als hij naar een van z’n vele voordrachten ergens in het land reisde nam hij vrijwel altijd… de trein. Net zoals in de periode dat hij leraar Nederlands was aan het Dr. Aletta Jacobscollege in Hoogezand (1968-2005) en dagelijks pendelde van Groningen naar z’n leerlingen. Driek van Wissen (Groningen, 12 juli 1943 – Istanboel (Turkije), 21 mei 2010) was bekend door – naast z’n poëzie – z’n vele radio- en tv-optredens en natuurlijk ook door zijn Dichter des Vaderlandsschap, een functie die hij van 2005 tot 2009 met verve vervulde.”

Driektrein

Driektrein

Dit wil nou egter voorkom dat bepaalde ondersteuners ten gunste van dié inisiatief hul hand oorspeel het in ‘n poging om die publiek se aandag op dié lofwaardige projek te vestig. So moes die polisie van Groningen verlede week die dames op die foto hiernaas van die treinspore verwyder het; in dié mate dat die organiseerders van die petisie dit nodig geag het om hulle van diesulke optrede te distansieer: “In de omgeving van Groningen heeft de politie een aantal activisten van het spoor verwijderd die demonstreerden voor de Driek van Wissentrein. We distantiëren ons met klem van deze wijze van actievoeren.”

Mmm, ‘n mens kan maar net wonder watter aksie beplan sou word indien hulle ‘n trein na Boudewijn Buch wou vernoem … Nietemin, vir jou leesplesier volg daar ‘n toepaslike ‘snelsonnet’ deur Driek van Wissen onderaan die Nuuswekker. En, indien jy dit gemis het, kan jy sommer ook weer die blog lees wat Chris Coolsma vir Wisselkaarten geskryf na Van Wissen se afsterwe verlede jaar.

***

In die Brieweboks is daar vanoggend inligting oor vanjaar se Skrywerswerkswinkels om kennis van te neem; ook is ons webmeester besig om nuwe gedigte na ‘n kollektiewe blog om te skakel. Gaan kyk gerus hier en geniet dit … Nog ‘n nuwe inisiatief is Binneblik, waar ander verwante bydraes geplaas gaan word. Soos die skakel na Danie Marais se rubriek oor Suid-Afrika se vergete Beat-digter, Sinclair Beiles, wat verlede Saterdag in By verskyn het, maar nou met ‘n gedig daarby.

En dan, ten slotte,  het Andries Bezuidenhout ‘n kort verslag gelewer oor Saterdagaand se gedoente in Mamelodi.

Mooi bly.

LE 

 

Fijn met de trein (4)

Wie veel per trein reist, weet wat hem bedreigt:
Het is een lange zit en straks nog langer
En daarom wordt zo’n reiziger steeds banger
Dat hij trombose in zijn benen krijgt;

Iets wat onze NS goed blijkt te snappen,
Want straks mogen wij vaker overstappen.

© Driek van Wissen

 

 

Was Pablo Neruda dalk vermoor?

Monday, May 16th, 2011
Pablo Neruda

Pablo Neruda

Luidens ‘n berig op Yahoo se Nuusblad, heers daar tans in Chile groot ontsteltenis na aanleiding van uitsprake wat Manuel Araya, jarelange vertroueling van Pablo Neruda, onlangs gemaak het. Araya, wat nie net Neruda se sekretaris was nie, maar ook persoonlike assistent en bestuurder, het in bepaalde onderhoude die bewering gemaak dat Chile se kroondigter deur die militêre regime van Augusto Pinochet vermoor is, en dat die digter nié aan prostaatkanker oorlede is soos die amptelike weergawes dit wil hê nie.

Ek haal aan: “The Pablo Neruda Foundation still insists the poet died on September 23, 1973, from prostate cancer aggravated by emotional distress, after seeing Pinochet overthrow Neruda’s friend Salvador Allende in a coup 12 days earlier. But Manuel Araya, Neruda’s secretary, personal assistant and driver, has alleged in recent interviews that the poet was assassinated by the new military regime, which feared he would go into exile as a high-profile dissident: ‘Pinochet was a murderer. He killed Neruda so he wouldn’t leave the country, because he was an intellectual that (Pinochet) did not want to have as an opponent’,” het die 65-jarige Araya, verlede week aan AFP gesê.

Araya, wat voltyds aan Neruda se sy was tot enkele ure voor sy dood, het beweer dat Neruda gehospitaliseer was by die Santa Maria Kliniek in Santiago, nie weens gesondheidsredes nie, maar ter wille van sy persoonlike veiligheid. Neruda was glo baie gespanne en angstig; vas oortuig daarvan dat daar ‘n aanslag op sy lewe gaan wees as gevolg van sy noue band met Pinochet se voorganger, Salvador Allende. Hierdie angstigheid is verder verhoog nadat Neruda glo die nag voor sy afsterwe ‘n inspuiting deur ‘n onbekende dokter toegedien is. Skynbaar was Neruda van voorneme om op 24 September na Meksiko te vlug, maar is die dag tevore oorlede.

Die Pablo Neruda Foundation, wat alle regte op die digter se werk reguleer en verantwoordelik is vir sy nalatenskap, het Araya se bewerings verwerp: “There is no indication and no proof whatsoever that suggests that Pablo Neruda died of causes other than the cancer, at an advanced stage, that he had suffered from,” het hulle in ‘n amptelike verklaring reageer. “It does not seem reasonable to construct a new version of his death solely based on the opinion of his driver.”

Neruda, wat in 1971 met die Nobelprys vir Letterkunde vereer is, was in sy lewe ‘n senior lid van die Chileense Kommunistiese Party. Sy werk was tydens Pinochet se diktatuur van 1973 tot 1990 verban in Chile.

Vir jou leesplesier volg een van Neruda se onvergeetlike liefdesverse onder aan. En, indien dit jou interesseer, kan ‘n groot aantal van sy gedigte by PoemHunter.com gelees word.

***

Sedert Vrydag het Frances Lubbe ‘n bydrae gelewer oor die Londonse Boekebeurs, terwyl Andries Bezuidenhout ‘n stuk geplaas het oor Josh Ritter se weergawe van Der Erlkönig. Gister is Zandra Bezuidenhout se resensie van M.M. Walters se nuutste bundel, Braille-briewe, ook geplaas.

Mag hierdie week vreugdevol verloop vir jou.

Mooi bly.

LE

 

I crave your mouth, your voice, your hair.
 

I crave your mouth, your voice, your hair.
Silent and starving, I prowl through the streets.
Bread does not nourish me, dawn disrupts me, all day
I hunt for the liquid measure of your steps.

I hunger for your sleek laugh,
your hands the color of a savage harvest,
hunger for the pale stones of your fingernails,
I want to eat your skin like a whole almond.

I want to eat the sunbeam flaring in your lovely body,
the sovereign nose of your arrogant face,
I want to eat the fleeting shade of your lashes,

and I pace around hungry, sniffing the twilight,
hunting for you, for your hot heart,
like a puma in the barrens of Quitratue.

© Pablo Neruda (Vertaling deur Stephen Tapscott)

 

 

Meksikaanse digter lei protesoptog teen geweld

Friday, May 13th, 2011
Javier Sicilia

Javier Sicilia

Die Meksikaanse digter, Javier Sicilia, se 24-jarige seun, Juan Fransisco is einde Maart tydens voortslepende geweldpleging in Meksiko saam met ses ander vermoor. Dit het die digter genoop om hom van die digkuns te distansieer en sy aandag eerder op protesaksies teen die regering se onwilligheid om iets omtrent die geweldpleging, wat al sedert 2006 meer as 34,600 lewens geëis het, te doen.

“I’m not a political animal,” het Sicilia aan die BBC in Meksikostad gesê. “I’m a moral voice – I have to do this out of my moral convictions, because people have asked me to do it.” Volgens hom is hy genoodsaak om standpunt in te neem weens die oorweldigende media blootstelling wat op die dood van sy seun gevolg het: “I have to show my face for my son’s dignity, for all the sons who have died in this battle and those who will die in the future,” het hy gesê en beklemtoon dat sy optrede geen keuse is nie, maar ‘n noodsaaklikheid.

Protesoptog

Protesoptog

Een van die inisiatiewe waarmee hy vorendag gekom het, is ‘n driedaelange protesoptog van Cuernavaca, waar sy seun vermoor is, na Meksikostad. In totaal het bykans 150,000 mense hieraan deelgeneem.

Afgesien van die sterkbewoorde toesprake en artikels in verskeie publikasies waarmee Sicilia die media sedert sy seun se dood gebombardeer het, het hy ook op nogal dramatiese wyse afskeid geneem van die digkuns. “The world is no longer dignified enough for words,” het hy tydens ‘n voorlesing enkele dae na die tragedie gesê.  “This is my last poem, I cannot write more poetry. Poetry no longer exists inside me.”

En in ‘n ope brief aan die invloedryke tydskrif, Proceso, die volgende geskryf: “We do not want one more man, one of our sons, killed,” en vervolgens ook ‘n passievolle oproep gelewer vir  “a national movement that we must keep alive to destroy the fear and isolation put in our minds and souls by your incompetence, politicians and your cruelty, criminals.”

Lees gerus ook die berigte by The Washington Post en Poetry Foundation. Die laaste vers waarna hierbo verwys word, volg onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Sedert gister het Astrid Lampe ‘n bydrae tot Wisselkaarten gelewer. Dit handel oor Facebook. Ten slotte is daar ‘n nuwe vers deur Breyten Breytenbach in sy verskamer geplaas.

En daarmee is die week tot niet.  Ons hervat weer Maandag soos gebruiklik.

Mooi bly.

LE

 

The world is no longer worthy of the word
They suffocated it inside us
Like you (they asphyxiated)
Like you
they slashed your lungs
And pain won’t cleave from me
only a world is left
By the silence of the just
Only by your silence and by my silence, Juanelo.

(c) Javier Sicilia

Wêreld se boekehoofstad bou allemintige boeketoring

Thursday, May 12th, 2011
Toring van Babel

Toring van Babel

Die Argentynse hoofstad, Buenos Aires, is vir vanjaar aangewys as die wêreld se boekehoofstad. Om dié geleentheid te vier, is daar besluit om ‘n boektoring op te rig by die Plaza San Martín. Hierdie tydelike monument, wat ter ere van die kunstenaar Marta Minujin opgerig is, bestaan uit 30,000 boeke in vyftig verskillende tale wat hemelwaarts spiraal.

Luidens Hans Cottyn van De Papieren Man, die volgende: “Buenos Aires Capital Mundial del Libro organiseert tot in het najaar een rist aan activiteiten. Zo zijn er bijvoorbeeld literaire wandelingen uitgestippeld rond belangrijke schrijvers uit Buenos Aires zoals Roberto Arlt, Julio Cortázar en natuurlijk Jorge Luis Borges. Er worden lezingen gegeven en literaire prijzen uitgereikt, er zijn leesclubs, schrijfwedstrijden en boekontbijten …”

Logo

Logo

Die aanwys van die wêreld se boekehoofstad word gekoördineer deur die International Publishers Association (IPA), die International Booksellers Federation (IBF) en die International Federation of Library Associations and Institutions (IFLA). Vorige stede wat dié eer te beurt geval het, is: Madrid (2001), Alexandrië (2002), Nieu Delhi (2003), Antwerpen (2004), Montreal (2005), Turyn en Rome (2006), Bogotá (2007), Amsterdam (2008), Beiroet (2009) en Ljubljana (2010). Volgende jaar is dit die Armeense hoofstad, Yerevan, se beurt om onder die waaksame oog van die internasionale boekewêreld die belang van boeke in hul landstreek te promoveer.

***

Al wat sedert gister bygekom het, was die persverklaring oor Ziyawa wat Saterdagaand in Mamelodi plaasvind, wat deur Andries Bezuidenhout geplaas was; gewis ‘n geleentheid om by te woon indien jy jou in daardie omstreke bevind.

Mooi bly.

LE