Louis Esterhuizen

Carina van der Walt. Jeroen Bosch en sy Liefies (2)

Wednesday, March 13th, 2019

 

Marlene van Niekerk voeg haar met die volgende gedig se titel by die handjievol Afrikaanse digters wat ooit oor Jeroen Bosch se skildery De tuin der luste geskryf het. Net soos by D.J. Opperman se gedig JEROEN BOSCH is Van Niekerk se titel ook in blokletters.

 

TUIN VAN AARDSE VREUGDES

in hierdie tuin van aardse vreugdes
lê ek en jy soos soetkapok
in mekaar se hande wag-’n-bietjie
jantjiebêrend luister hoe roep
die wildegans saggies
iewers
ek en jy met klokkiesheide
om ons koppe
sy skud sowaar blink vissies
uit die water daar
ek en jy my bokgousblom om-adams-wil
laat die bokbaaivuur tog windaf hou
die wildegans se oog raak stil
ag beesbulletjie stadig-nou ek hoor
viole in my ore tjienkerientjee
wat maak die wildegans
in hierdie tuin van aardse vreugdes o-
genade-kyk sy trap hoog
met rooi bene
deur die riet!

uit: Sprokkelster (1977)

 

Sewe jaar na Krog se gedig BOKKIE weerklink die erotiese spel tussen “ek en jy” in bogenoemde gedig van Van Niekerk. Die viool se “fyngestemde snare” van Krog word hier ’n onomatopee van die wind deur die stammetjies van die tjienkerientjee en nie minder as drié liefdesname kom hierin voor: “jantjiebêrend” (reël 4), “bokgousblom” (reël 11) en “beesbulletjie” (reël 14). Die eerste deel in die saamgestelde naam “bokgousblom” beklemtoon die variasies in die Afrikaanse troetelname “Bokkie” en “Bokka”. Krog se “wilde riet” het by Van Niekerk plek gemaak vir ’n “wildegans” en haar “bloureën”, “aandblom” en “wit jasmyn” is vervang met Van Niekerk se “wag-’n-bietjie” – miskien -bos? – (reël 3), “klokkiesheide” (reël 7), “-gousblom” (reël 11), “bokbaai”-vygie (reël 12) en die giftige “tjienkerientjee” (reël 15). Is Van Niekerk se gedig ’n inenting op Krog se gedig of is hier tog sprake van wat Jung sinkronisiteit of sinvolle toevalligheid noem?

Waar Krog se liefdespel in BOKKIE gevaarlik word en gewelddadig eindig, speel Van Niekerk met verdeelde aandag die liefde uit. Sy beweeg met haar gedig nader aan hoe Bosch verleiding en lus in sy middelste paneel geskilder het. Met woorde soos “wag-’n-bietjie” (reël 3), “luister” (reël 4), “stadig-nou” (reël 14) en “o-/genade-kyk” (reëls 17-18) trek sy kort-kort die geliefde se aandag af.

Hierdie speelse erotiek wat Van Niekerk ingebou het in TUIN VAN AARDSE VREUGDES skep vir haar ruimte om ongeveer twintig jaar later terug te kom op dieselfde tema: erotiek waargeneem in Bosch se skildery De tuin der lusten vertolk na die smaakpapille van fynproewers. Binne die eerste twee bladsye van haar kortverhaal De vrouw die haar verrekijker had vergeten (uit Afrikaans vertaal deur Riet de Jong-Goossens) beskryf die hoofkarakter haar skrywersverblyf in vriendinne se huis in die noorde van Suid-Afrika – waar “Tchi-Venda” gepraat word en waar snags die geroffel van tromme gehoor word – as “een tuin van aardse lusten, welke soort lust je er ook wilt botvieren.” Die hoofkarakter is siek, gefrustreerd op soek na inspirasie, het alles onthou om in afsondering te kan skryf en “nu was ze op weg naar het paradijs”. Daarmee waaier die volledige middelste paneel van De tuin der lusten skielik soos ’n poustert oop vir die voëls van die hemel. Bosch se voëls is nie meer die groot verleiers nie. Hulle voer nie meer die mense brame en bessies nie (sien afbeelding bo-aan). In De vrouw die haar verrekijker had vergeten verlei die vrou die voëls. Húlle is die fynproewers. Sy voer hulle aanvanklik tropiese vrugte. Dit is ’n omgekeerde ekfrastiese vertaalslag van skildery na verhaal.

 

 

In die seringboom langs haar skrywershuis merk die bysiende skryfster ’n vreemde voël op met ’n rooi vlerkopslag. Sy besef met ’n skok dat sy iets essensieel vergeet het – haar verkyker. Sy herken tiptolle, tortelduiwe, geelvinke, ibisse en ’n uil. Vaagweg sien sy groot voëls in bloekombome, skrik sy vir ’n swerm (miskien kraaie?) wat uit die straat opvlieg en raak sy geïrriteerd met ’n lelike voël wat aanhoudend teen die kombuisvenster vasvlieg. Sy besluit om hulle te voer met papajas, avokado’s, piesangs, lemoene en appels wat sy soggens in die seringboom ophang. Later word dit grondboontjies, neute, sade, pitte, rosyntjies, gedroogte vrugterepies en selfs gekookte rys en lensies. Voëlsoorte soos janpierewiete, jangroentjies, suikerbekkies, tinktinkies, kraaie, flappe, tarentale, houtkappers en selfs reiers kom by. Met stukke spieëls in dieselfde boom vasgemaak kan sy nou die voëls intiemer bekyk as wat dit ooit moontlik was met haar verkyker. Sy laat haar intuïtief lei en leer om voëlgeluide te maak. Stelselmatig word sy ekstremer en bloeddorstiger met haar verleidingstaktiek. Sy het koorsdrome en slaap sleg. Sy wil ook roofvoëls nader lok met paddas, hoenderlewertjies, krieke, muise, akkedisse, slangetjies en selfs rou steak wat sy in die seringboom ophang. Haar nagte gaan daarin op om kos voor te berei vir die voëls. Sy het lankal die grens van rede oorskry en dink nie meer aan skryf nie. Sy het die mense van die dorp weggejaag. Die skryfster in De vrouw die haar verrekijker had vergeten word geïnspireer deur nuwe verleidingsmoontlikhede vir die voëls, terwyl haar eie ekstase toeneem. Sy word slagoffer van haar verrukking.

Uiteindelik transformeer die hoofkarakter van vrou na voëlvoer, waarvoor Van Niekerk al vroeg in die verhaal die nodige konteks gee. “Het was een toegang waarvan zij uit de literatuur wist dat een mens eerst zelf een transformatie moest ondergaan voordat het wachtwoord je gegeven, en de brug voor je neergelaten werd.”

Miskien lei Van Niekerk met die titel haar leser se aandag af van die oerbron van hierdie kortverhaal. Die vergete verkyker kan letterlik die tas met skryfpapier, balpuntpenne, 4B-potlode en uitveërs wees, wat die skryfster nou ver van haar eie wêreld gou uit die oog verloor en vergeet. Maar die vergete verkyker kan ook ’n metafoor wees vir die skryfster se verlange na “onthullende woorden” en “Die hele ijdele illusie” van ’n skrywerskap.

Van Niekerk se bekoring met voëls en vrugte as verleiding of verleiers op skilderye keer twintig jaar later weer terug in haar oeuvre. ’n Ander poustert staan oop en verstil in die digbundel In de stille achterkamer: Gedichten bij schilderijen van Adriaen Coorte en Jan Mankes (2018). Dit is onder andere bekendgestel in Poëziecafé Ongerijmd in Arnhem. Hierdie digbundel met Nederlandse vertalings by Querido is ’n samestelling van twee Afrikaanse digbundels wat in 2017 tegelykertyd gepubliseer is by Human & Rousseau. Gesant van die mispels: Gedigte by skilderye van Adriane Coorte ca. 1659-1701 en In die stille agterkamer: Gedigte by skilderye van Jan Mankes 1889-1920 fokus op die relatief klein en onbekende oeuvres van hierdie twee Nederlandse skilders.

 

 

Coorte skilder aktief op die draai van die sewentiende eeu en het ses-en-sestig skilderye gelewer. Mankes skilder aktief op die draai van die negentiende eeu. Sy oeuvre het honderd-en-vyftig skilderye opgelewer. Hierdie twee skilders se stillewes met vrugte en voëls word onderskeidelik tweehonderd en vierhonderd jaar na Jeroen Bosch se De tuin der lusten uit die vergetelheid ontruk deur Van Niekerk se ekfrastiese vertaalslae.

Ongelukkig gee die omslag van In de stille achterkamer min weg van die organiese verleiding met oorryp vrugte wat op die leser wag. Coorte het aspersies, mispels, perskes, appelliefies, appelkose, aarbeie en druiwe geskilder – soms in bakke, maar meestal lossies neergesit op ’n rak teen ’n donker agtergrond. Op die einste kliprakke het hy sy handtekening aangebring. Twaalf afbeeldings van Coorte se skilderye met twaalf gedigte van Van Niekerk en twaalf Nederlandse vertalings van haar en Henda Strydom verlei die Nederlandse lesers om hulle eie visuele erfgoed te herwaardeer. Op Vruchtenstilleven met perziken (ca.1680-1707) het Coorte ’n skoenlapper skuins bo die twee perskes met vrot plekkies geskilder. Van Niekerk dig so:

 

Het jy geweet die hemel-
sleutel groei omlaag as jy
hom ophang aan ’n balk
waar die admiraal hom
kan besoek? Miskien is dit
waarom die lospitperskes
op jou skilderye blus en
begin vrot – weens die on-
gewone hoek waaruit ’n
skoenlapper soos Gabriël
oopsplinter op jou doek?

 

Mankes het tweehonderd jaar na Coorte geen vrugte geskilder nie, maar veral voëls soos uile, lysters, hoenders, tarentale, kraaie en ’n enkele keer die skedel van ’n reier in Keulse pot met reigersneb (1915). Sy stillewe Olieflesje (1909) pryk op die digbundel se omslag. Onder sy enkele selfportrette tel ook Selfportret met uil (1911). Sou die simboliek van die uil as dwase voël wat tog intiem erotiese vergrype met wysheid aangekondig het teen Mankes se tyd al getransformeer het na ’n voël wat onheil en dood aankondig? Makes was sieklik, het tuberkulose gehad en sterf jonk op dertig.

Sommige soorte voëls bevolk aanhoudend Van Niekerk se oeuvre. Die wildegans uit die gedig TUIN VAN AARDSE VREUGDES vlieg as ’n eend met ’n soenende paartjie op sy rug by De tuin der luste in.

Van Niekerk se uiters noukeurige beskrywing van hoe ’n reier blink vis uit ’n dam vang, maar veral paddas uit die seringboom vreet in haar kortverhaal De vrouw die haar verrekijker had vergeten eggo haar gedig uit Sprokkelster en loop uit op ’n kopbeen van die reier, geskilder deur Mankes in De stille achterkamer. Die uil is oorvloedig aanwesig in Bosch se tuin, gaan kuier by die skrywer in De vrouw die haar verrekijker had vergeten en poseer saam met Mankes vir ’n portret In de stille achterkamer.

Dieselfde ontwikkeling geld met die kraai. Dit is opgeneem in die werk van Bosch, Van Niekerk en Mankes. Kraaie en rawe was nouliks onderskeibaar van mekaar in die Middeleeue. Die kraai het net soos die uil ook ’n simboliese transformasie deurgemaak. Aanvanklik was kraaie draers van kennis en welsprekendheid. Daarna het hulle simboliese daders van bedrog en diefstal geword. Uiteindelik is kraaie wat oor ’n landskap sirkel voorbodes van rusie en oorlog en dood. Mankes het minstens drie maal kraaie geskilder het. Watter simboliek van die kraai eien Van Niekerk vir haarself toe in die volgende gedig?

 

As ek ooit weer aan die bosrand ’n eenling-
kraai sien sit, sal ek ’n wye draai loop agter
om die berkebos, deur die laaste sloot
en stekels van die wilde braam, en presies
sy uitsig probeer soek op die son-oorgote
polder. Ek sal die verre doenighede van die swerm
en die opstal aan die einder probeer gadeslaan
met ’n gepaste lanfer van aandagtigheid.
En staande in die reuk van molm met skaduwee
reeds voorgeteken op ons rug die ritsel
en gedempte kug verneem van hom wat ons
as deelgenote ag, en so, al drie tesame,
met die breë kwas van gebrandskilderde glas
op die direkte voorgrond verf – één gemene
liggaam, subtiel gekonsentreer in iriserend
grys en git en steenkoolblou, terugkykend,
swygsaam, uit die voorportaal van Orbis alius,
sorgvuldig in die herfsblad en wit stamme
van ’n verbye vaderland geraam.

 

Wanneer die eerste gedig oor Jeroen Bosch se skildery, die kortverhaal en die inhoud van haar laaste bundel saamgevat word, lyk dit asof daar ’n rooi draad in Van Niekerk se ekfrastiese oeuvre kan wees. Hierdie spesifieke rooi draad is saamgevleg uit ’n belewing van sinnelike liefde deur middel van ’n gesonde belustigheid om iets in die mond te stop. Dit is ook baie herkenbaar by die gewone leser. Liefde wakker die eetlus aan. Alles proe beter. Intenser. En die aanwesigheid van kwetterende, geveuelde vriende met verleidelike lang snawels en sterte versterk die hele erotiese senario vanuit ’n Middeleeuse perspektief.

 

BIBLIOGRAFIE:

Bosch, J. 1503-1515. De tuin der lusten.
Jung, C.G. 1976. Synchroniciteit – Een beginsel van acausale verbondenheid. Rotterdam : Uitgeverij Lemniscaat.
Van Niekerk, M. 1977. Sprokkelster. Kaapstad : Human & Rosseau.
Van Niekerk, M. 1998. De vrouw die haar verrekijker had vergeten: Verhalen uit Zuid-Afrika. Amsterdam : Arena.
Van Niekerk, M. 2018. In de stille achterkamer: Gedichten bij schilderijen van Adriaen Coorte en Jan Mankes. Amsterdam / Antwerpen : Em. Querido’s Uitgeverij BV.

Louis Esterhuizen. Tibetaanse selfdood by wyse van protes

Tuesday, September 30th, 2014

“Die Boeddhisme is ‘n geloof en ‘n filosofie; bowenal is dit egter ‘n leefwyse”, skryf Rob Nairn in sy boek ‘n Stil gemoed – ‘n Inleiding tot die Boeddhisme en meditasie (1993: Kairon Press). Verdermeer is dit na alle waarskynlikheid die enigste godsdiens ter wêreld wat nog nooit by ‘n oorlog of enige vorm van militêre handeling betrokke was nie, ten spyte daarvan dat bykans elke godsdiens vrede en verdraagsame mededeelsaamheid propageer.

En tog is daar weinig godsdienste wat groter vervolging as juis die Tibetaanse Boeddhiste ervaar; grootliks vanweë die Chinsese besetting van hul grondgebied.  ‘n Mens sou wel kon dink dat die warboel in die Midde-Ooste tans verantwoordelik is vir die feit dat die wêreld se aandag elders gefokus is as op China se jarelange en entoesiastiese vergrype aan mensregte en verdrukking van ‘n weerlose volk, maar helaas. Ons weet uit ervaring dat geen wêreldmoontheid bereid is om China teë te gaan nie. Hiervan getuig ons eie regering se onlangse weiering van ‘n reispermit aan die Dalai Lama, byvoorbeeld.

Watter opsie by wyse van protes bly daar dan oor vir die Tibetane? Die mees afgryslike denkbaar …

Selfimmolasie of – verbranding.

Self-immolasie

En oor dié afgryse swyg die media soos oor bloedskande in die familie. Op ‘n webtuiste genaamd International Campaign for Tibet vind ek die volgende: “The Chinese authorities in Tibet have intensified measures to prevent information reaching the outside world about the self-immolations. This has been combined with a more aggressive and formalized response to the self-immolations, involving harsh sentencing and torture for those suspected of involvement, even if that is simply bearing witness. Due to this climate, it is impossible for this list to be fully comprehensive, and it is indicated on the list where circumstances of the self-immolations are not fully known.”

Dié betrokke webtuiste verskaf nie net ‘n lys van die 132 selfimmoleerders met hul biografiese besonderhede daarby nie, maar ook skakels na ander verbandhoudende webtuistes.

Nietemin, die volgende statistiek is van belang:

    131 van die 132 selfimmolasies het sedert 16 Maart 2011 plaasgevind.

  Hiervan was 111 mans en 21 vroue.

  24 van dié selfimmoleerders was jonger as 18 jaar.

  13 van die 132 was monikke van die klooster te Kirti in Ngaba.

  Twee van die 132 was nonne van die Mame Dechen Chokorling klooster in Ngaba.

Maar wat sê die digters? Op Big Bridge Press se webtuiste  kan ‘n bloemlesing met gedigte deur Tibetaanse digters gevind word, maar die treffendste is myns insiens die uitgeweke digter Gade Tsering se twee gedigte op High Peaks, Pure Earth; veral vanweë die skreiende reëls: “Afterwards, go to see the cold monastery that looks like / ruins. A monk /
One matchstick // The tears on / Your cheek turn to ice.”

Terloops, indien jy gedigte van Tenzin Tsundue – die Tibetaanse aktivis aan wie Gade Tsering sy twee gedigte opdra – wil lees, kan jy dit hier vind. Ek plaas hieronder die eerste van  Tsering se twee verse. (Gaan lees gerus die tweede een op die webtuiste.)

*

“My Tibetanness” By Gade Tsering
– Dedicated to Tenzin Tsundue

“Somebody said to me:
You are Tibetan, I am also Tibetan.”

“I am Tibetan.
But I am not from Tibet.

Never been there.
Yet I dream
of dying there.”

You once again speak the truth!

1

“In a place far away from Tibet,
In a dark corner, you
See an endless sight,
A dark faced girl’s yearning for me makes me
feel sad;
My whole life.”

Smiling mercifully
Just remembering makes me want to cry
How many close relatives disappeared there, never to return
And how many joys and sorrows
Continue here –

“My life’s root guru,
In this life before death I’ll cross paths with you. ”
Caring for each other silently
For the sake of the mission which disappointed us by falling below our expectations

“Within, my body has already tied down
These bloodline roots. ”

2

Strong wind screams –
Butter lamps flicker
“OM MANI PADME HUM”

So
Soul-stirring mantra
How can it pour out of a soul be tarnished?

Prostrate on the ground
I can only soak in an ethnic group on the verge of cultural assimilation, thinking about you … …
A group of refugees!

3

I am Tibetan
ID issued by the People’s Republic of China
Registration card issued by the People’s Republic of China
Fill out a form, and hand in a form
Nationality column, I need to write; “Tibetan!”
Occasionally, the leadership will say:
“Consistent with the Central Committee,”
I say “OK, leadership please relax!”
Can only leading such a life
be considered life?

Over the many years
I always think that I have been undergoing a great change
Always pray for tomorrow
Worry.

Each Spring Summer Autumn Winter
I have suffered so much pain. Could this be
worldly love?
Love of nationality?

4

“How is it possible that I do not understand the love in your heart.”

However,
Whose sigh interrupted
Our chat?

Our mother tongue
endured, like a small and weak organism –

Tibet, Tibet … …
Devil-ridden
A monk hurriedly returns to his residence
Rest.

– What is he frightened of?

5

A spirit of compassion
Living desperately

That illiterate pregnant girl
Once in a while told me using her eyes –

“I also live in desperation”

At this point,
A quiet dark sky
I actually have nothing to say

6

“Are you still OK?
At a dead end, I returned to Tibet
Needed again to unload the weight of my body.”
Suddenly wanted to ask you this

“What is Tibet?”
A government website told me
It’s the end of the railway line – the “Qinghai-Tibet railway”
(Launched at 9:00 on July 1, 2006, 1,142 km in length)
It’s the end of a highway –
Qinghai – Tibet highway (1214 km in length)
Xinjiang – Tibet highway (2841 km in length)
Sichuan – Tibet highway (Northern side 2412 km in length, Southern side 2149 km in length)
Yunnan – Tibet highway (714 km in length)
China – Nepal highway (2415 km in length)

What is Tibet?
It’s mineral resources:
At present, 101 kinds of mineral resources have already been discovered, 41 kinds of mineral resources have been identified, not withstanding the 100 reserves under exploration, not withstanding  2,000 mining points, 22 mines have been opened up for development. Tibet’s dominant minerals are, copper, chromium, boron, lithium, lead, zinc, gold, antimony, iron, and geothermal, mineral water etc, some minerals in the country account for an important position, mineral resources with the potential value of more than a trillion yuan. Reserves of mineral resources ranking top 5 are chromium, craft crystals, corundum, high-temperature geothermal, copper, clay, magnesite, boron, natural sulphur, mica, arsenic, and 12 other kinds of mineral water. There are also good prospects for oil at present.

What is Tibet?
The holy land of tourism
Because going to Tibet is also a kind
of trend.

What is Tibet?
“Tibet is home of different ethnic groups.”

What is Tibet?
It is “Three Valleys in Ngari, the West”
“Four Rivers in U-Tsang, the Center,”
“Six Mountain Ranges in Dokham, the East”

What is Tibet?

Can I lose hope?

7

“I’m waiting for someone.”

“It’s you!”
Why don’t you remove the shadow you have shouldered for a lifetime
Before that, I promised
To help you to sign your name in the rectangle characters,
Return trip to the hometown
Afterwards, go to see the cold monastery that looks like
ruins. A monk
One matchstick

The tears on
Your cheek turn to ice.

8

“Posters are everywhere in the city
Slogans are as numerous as sesame seeds
Like what a friend of mine said:
“Judgment day is this day, it’s actually every day.”
Obviously this belongs to
A typical discourse of violence
But for those who know the inside story
This is a warning; It is an account made within the bounds
permitted by the power

We have been constantly been in compliance
But the days are increasingly paling into insignificance
Losing meaning

“Am I still that Tibetan who hides the prayer beads in his heart?
A deep sense of shame! ”

9

“The real Tibet is like a slabstone,
Overwhelms me and makes me breathless. ”

I can only while myself away, in order to live in a little dignity.

10

“Those of us in Tibet
will we become refugees?”

(c) Gade Tsering / August 9, 2009

Louis Esterhuizen. ‘n Projek oor gedigte wat onthou word

Thursday, September 25th, 2014

Tydens die Britse Gedigtedagvieringe op 2 Oktober, word ‘n besonder interessante projek deur die Cambridge Universiteit van stapel gestuur. Dié universiteit het naamlik ‘n navorsingspan onder die voorsitterskap van Andrew Motion saamgestel met as opdrag om vas te stel watter gedigte almal in die kollektiewe geheue van die Britse volk vasgelê is …

In The Guardian se beriggewing word Motion soos volg aangehaal: “Had we been doing this research a hundred or even 50 years ago, the results would doubtless have been more predictable. Up until 1944, the memorisation and recitation of poetry was prescribed on the school curriculum, and children memorised certain ‘staple poems’,” het hy toegegee, maar vervolg dan: “But in the second half of the century, poetry learning became deeply unfashionable within education – the baby thrown out with the rote-learning bathwater. And yet, many people do still know a poem or two, for all sorts of reasons. So that’s what we’d like to know: what are the poems that live in people’s memories, at this moment, in October 2014?” Volgens die komitee gaan dit nie oor wat die betrokke gedig beteken nie, maar veeleer oor watter waarde die bepaalde gedig vir jou inhou en wat dit vir jóú beteken.

Interessant, inderdaad. In ‘n groot mate herinner dit dus ook aan ‘n soortgelyke projek wat enkele jare gelede hier ter plaatse deur Leserskring van stapel gestuur is; behalwe t daar toe op soek gegaan is na die 100 mees gewilde gedigte in Afrikaans … Aangesien die publiek hul mees gewilde gedigte moes nomineer, kan dus aanvaar word dat dié gedigte deel vorm van die Afrikaanse poësieliefhebber se kollektiewe geheue, dog met Andrew Motion se voorbehoud ten opsigte van die invloed wat vroeëre onderrigmetodes op die onthou van gedigte gehad het. Daarom dan ook dat daar – tot bepaalde kommentators se ontsteltenis – so min eietydse gedigte in dié uitverkore groep van 100 teenwoordig is.

Nietemin, Cambridge Universiteit se navorsingspan het reeds ‘n webtuiste, genaamd Poetry and Memory,  tot stand gebring. Besoek dit gerus indien jy daaraan wil deelneem.

Hieronder, by wyse van huldeblyk ter viering van die digter se 100ste verjaarsdag op 29 September vanjaar, volg ‘n gedig wat beslis deel vorm van die Afrikaanssprekende se kollektiewe poësiegeheue.

***

Sproeireën

 

My nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand..iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!

As ek ‘n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat ‘n vrou kan troos.

O my nooi is in ‘n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar’s iemand…iemand in anys,
daar’s ‘n vrou in elke geur!

 

© D.J. Opperman (Uit: Die gewildste Afrikaanse gedigte, 2013: Human & Rousseau)

Louis Esterhuizen. Verslag oor leespatrone in die VSA – jongeres lees meer …

Tuesday, September 23rd, 2014

Via ‘n skakel op Los Angeles Times se webblad lees ek ‘n artikel raak oor die leespatrone onder veral die sogenaamde “Millennials” (Amerikaanse jongmense tussen 16 en 29 jaar oud). Dié artikel bevat die navorsingsverslag wat deur die Pew Research Internet Project gedoen en pas gepubliseer is: “This report pulls together several years of research into the role of libraries in the lives of Americans and their communities with a special focus on Millennials, a key stakeholder group affecting the future of communities, libraries, book publishers and media makers of all kinds, as well as the tone of the broader culture.”

En hul bevindings is héél interessant. Soos byvoorbeeld die feit dat diegene jonger as 30 net soveel lees as diegene ouer as dertig, maar dat hulle beduidend meer bóéke lees as die nie-millenials; ten spyte daarvan dat hulle ten opsigte van tegnolgogie véél meer gevorder is as die 30-jariges plus: “Millennials are quite similar to their elders when it comes to the amount of book reading they do, but young adults are more likely to have read a book in the past 12 months. Some 43% report reading a book—in any format—on a daily basis, a rate similar to older adults. Overall, 88% of Americans under 30 read a book in the past year, compared with 79% of those age 30 and older. Young adults have caught up to those in their thirties and forties in e-reading, with 37% of adults ages 18-29 reporting that they have read an e-book in the past year.”

Ten opsigte van biblioteke en die benutting daarvan is die prentjie egter minder rooskleurig: “Here are the details: If their library were to close, 32% of people 30 and older say it would have a major impact on them and their families; only 19% of those younger than 30 say so. Asked if such a closing would have a major impact on the community, 67% of those 30 and older say it would, while the figure for people 30 and under was just 51%.” By wyse van gerusstelling wys die kommentators van PRIP egter daarop dat dié syfer na alle waarskynlikheid misleidend is: “Our library engagement typology found that Americans’ relationships with public libraries are part of their broader information and social landscapes, as people who have extensive economic, social, technological, and cultural resources are also more likely to use and value libraries as part of those networks. Deeper connections with public libraries are also often associated with key life moments such as having a child, seeking a job, being a student, and going through a situation in which research and data can help inform a decision. As a result, the picture of younger Americans’ engagement with public libraries is complex and sometimes contradictory, as we examine their habits and attitudes at different life stages.”

Aangesien ongeletterdheid sekerlik een van die grootste uitdagings is wat ons hier ter lande in die gesig staar en daar uiteraard groot kommer heers oor die lees- en begripsvermoë van ons jeug, is hierdie statistiek tot ‘n mate gerusstellend; ten spyte daarvan dat daar wêreldwyd ‘n groter (negatiewe) invloed van tegnologie en veral sosiale media en die impak daarvan op taalvaardighede, ondervind word. Wat ‘n mens egter bekommer is die afgelope jare se drastiese besnoeiings ten opsigte van biblioteekdienste; veral op skoolvlak. So bestaan daar talle skole waar daar hoegenaamd géén biblioteekfasiliteit beskikbaar is nie. En dít is onaanvaarbaar, veral gesien in die lig van die PRIP se bevindings hierbo.

Daarom – ondersteun asseblief PEN Afrikaans se loodsprojek wat dit ten doel stel om ten minste EEN skool van ‘n behoorlike biblioteek te voorsien.

Ter wille van die lesers wat nié lede van PEN Afrikaans is nie, plaas ek die toepaslike gedeelte uit Kerneels Breytenbach (voorsitter) se Nuusbrief volledig:

Dit is vir my aangenaam om besonderhede te kan bekend maak oor PEN Afrikaans se eerste groot boekprojek.  Die agtergrond hiervan is die agteruitgang van biblioteke by skole. Die toegang tot boeke – en veral Afrikaanse boeke – is kommerwekkend en veroorsaak dat baie leerlinge nooit bewus word van die voordele en verryking wat ’n leeskultuur bring nie.

Ons moet iewers begin om die probleem aan te pak , en om praktiese oorwegings het ons besluit om  dit te koppel een van ons bestuurslede se huidige betrokkenheid by gemeenskapswerk.

Bettina Wyngaard, ’n gekoöpteerde bestuurslid van PEN Afrikaans, het ’n opsomming van die huidige situasie in die Grabouw-distrik in die Wes-Kaap gemaak. Sy bevind:

  • Baie biblioteke word deur mediasentrums vervang, met rekenaars en dies meer;
  • Elke skool ontvang 50% van hulle begroting vir leerderondersteuning, en daarvan word 10% toegesê  aan biblioteke. Hulle word egter nie gemeet aan hulle biblioteke nie, maar wel aan goed soos wiskundegeletterdheid. Die meeste hoofde skuif dus daardie 10% na ander projekte, en veral instandhouding, wat onderbegroot is in die meeste skole;
  • Die skole wat wel een of ander vorm van biblioteek het, het nie personeel om dit te beman nie. Dit word dus aan elke onderwyser oorgelaat of hulle ekstra werk vir hulleself wil skep deur ook biblioteekdiens te doen. Die meeste stel nie belang nie. Die meeste hoofde plaas ook druk op hulle onderwysers om eerder op Wiskunde te konsentreer.
  • Baie skole het ook nie akkommodasie vir ’n biblioteek nie
  • Die gevolg is geweldige leesverarming. Hulle vind ook dat leerders in staat is om ’n stuk perfek te lees, maar hulle het g’n begrip van wat hulle lees nie, en kan nie verduidelik wat die stuk probeer sê nie.
  • Baie onderwysers het ook ondersteuning nodig, want hulle het ook nie ’n breë leeservaring nie.

Voorts moet ook rekening gehou word met plaasskole wat té ver uit die dorp is om met gerief van die dorp se biblioteke gebruik te kan maak; hoofde wat bereid is om ook ouers toegang tot die biblioteek te gee, sodat ouers en leerders dit kan gebruik; hoofde en onderwysers wat toegewyd is en bereid is om ekstra werk in te sit; huidige infrastruktuur; ’n verarmde gemeenskap en ten slotte die mate waarin ouers betrek kan word – en bereid is om betrek te word.

Uiteindelik het Bettina drie skole geïdentifiseer waar ons sou kon begin om betrokke te raak:

  • Dennegeur – hulle personeelkamer doen diens as biblioteek. Dit beteken kinders moet die fasiliteit gebruik terwyl onderwysers sit en eet, of merk, of wat ookal –  wat nie ’n gewenste toestand is nie. Daar is onvoldoende boeke, en niemand wat diens kan doen in die biblioteek nie.
  • De Rust skool – hulle het ’n mediasentrum/biblioteek. Die hoof het onlangs skenkings  van oorsee gekry om boeke aan te koop, en hy is ’n ywerige fondsinsamelaar. Ons mening is dat hulle ’n biblioteek op die been kan bring sonder ons hulp.
  • Maxonia –  hulle het nie akkommodasie vir ’n biblioteek nie en ook nie boeke nie. Daar is niemand wat verantwoordelikheid kan neem indien ’n biblioteek tot stand sou kom nie.

Om praktiese redes sal ons eerste op Dennegeur fokus.

Wat behels ons betrokkenheid? Volgens Bettina is dit heel eenvoudig: Alle lede van PEN Afrikaans in die Wes-Kaap word versoek om enige boeke wat hulle geskik ag te skenk. Laat weet eenvoudig per e-pos of jy sulke boeke het, en tussen my en Bettina sal ons ’n plan maak om dit te versamel en by Dennegeur te besorg.

Indien enige PEN Afrikaans-lede elders in die land ’n bydrae wil maak, sal dit verwelkom word. Tree net met my in verbinding daaroor.

Uiteraard sal die bestuur van PEN Afrikaans ook kyk na maniere om fondse te in vir die aankoop van boeke, maar ter wille van die vestiging van die projek as stelsel laat ons dit vir eers buite rekening.

Ek hoor graag van julle!

Want, soos dit algemeen aanvaar word dat daar ‘n plaas is iewers in die agtergrond van iedere Afrikaanssprekende, wil ek die stelling maak dat daar ‘n Biblioteek is in die agtergrond van elke intellektueel en/of boekliefhebber se lewe is.

Lank leef Die Biblioteek.

***

Louis Esterhuizen. Kyk, die wind het gewaai.

Wednesday, September 10th, 2014

 

Een van my allergunsteling digters is verlede Vrydag, 5 September, in sy huis in Amsterdam oorlede. Gerrit Kouwenaar (1923 – 2014) was 91 jaar oud. Afgesien daarvan dat hy ‘n bepalende rol in Nederlandse digkuns gespeel het vanweë sy betrokkenheid by die Vyftigers en ook Cobra, was hy ook die digter van vele digbundels en onder andere redakteur van Podium. Sy bundel De tijd staat open (1997) is met die VSB Poëzieprijs bekroon, terwyl Totaal witte kamer (2003) met die Karel van de Woestijne-prijs en ook die KANTL-poëzieprijs vereer is. In 2009 is die Meesterschapsprijs van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde aan Kouwenaar toegeken en in 1970 is sy werk met die P.C. Hooftprijs vereer. In 1989 is hy die ontvanger van die Prijs der Nederlandse Letteren. Volgens sy uitgewer, Querido, is hul in ‘n staat van rou “om een dierbare schrijver, een fenomenale dichter, die decennialang aan de uitgeverij verbonden was”.

In 2008 het die versamelbundel Vallende stilte verskyn; ‘n keuse deur die digter self ter viering van sy 85ste verjaarsdag. In nog ‘n interessante eerbetoon, tydens sy 90ste verjaarsdagvieringe, moes Kouwenaar se mededigters elk ‘n gunsteling uit sy ouevre kies. Ilja Leonard Pfeijffer se keuse was “Men moet”. By wyse van huldeblyk plaas ek dié gedig, gevolg deur Kouwenaar se kommentaar daarop.

Men moet

Men moet zijn zomers nog tellen, zijn vonnis
nog vellen, men moet zijn winter nog sneeuwen

men moet nog boodschappen doen voor het donker
de weg vraagt, zwarte kaarsen voor in de kelder

men moet de zonen nog moed inspreken, de dochters
een harnas aanmeten, ijswater koken leren

men moet de fotograaf nog de bloedplas wijzen
zijn huis ontwennen, zijn inktlint vernieuwen

men moet nog een kuil graven voor een vlinder
het ogenblik ruilen voor zijn vaders horloge –

Kouwenaar: ““Dit geldt als een klassiek gedicht, zelfs Gerrit Komrij heeft er eens een aardig stuk over geschreven. Het staat in alle bloemlezingen. Een gedicht als dit liet ik vaak maanden of een halfjaar liggen omdat drie woorden me niet bevielen. Tot ik dacht: dit is het. Precies dat is het moment dat ik nu niet meer heb. Dus publiceer ik niets meer. Als ik in een optimistische bui ben, schrijf ik wel. Een tijd geleden heeft een vriend een nieuw lint voor mijn typmachine gekocht. Ik heb veel aanzetten. Maar als ik het dan teruglees, denk ik: ik heb het zelf geschreven, maar het lijkt wel een imitatie.”

Een van die belangrikste – en beste – artikels wat ek egter oor Kouwenaar se werk kon vind, is die essay wat Rutger H. Cornets de Groot ten tye van Vallende stilte se verskyning oor die digter se lewe en werk geskryf het. By wyse van lusmaker, enkele aanhalings uit dié omvattende studie:

Vallende stilte

“Poëzie is, in de opvatting van Kouwenaar, naar aard en wezen totaal, absoluut, een beeld waarin de stroom van het leven tot stilstand wordt gebracht. Dat is één verklaring voor zijn vatbaarheid voor uitdrukkingen als volmaakt, volledig, totaal, voorgoed, van een superlatief als het blindst van de vlek, van ontkenningen als oneetbaar of zonder namen, en van een kleur als zwart dan wel totaal wit […] Kouwenaar aanvaardt dus dat poëzie geen adequate weergave van het voorbijtrekkende leven kan geven. Daarmee volgt hij een andere strategie dan iemand als Tonnus Oosterhoff, bij wie het vaak lijkt alsof wat je leest onder je ogen ontstaat. Dat is wat anders dan wanneer het moment waarop een gebeurtenis zich voordoet samenvalt met de waarneming ervan, zoals bij het nemen van een foto. De waarneming verwijdert zich dan van het waargenomene, en komt op eigen benen te staan. Kouwenaar dicht om zo te zeggen als een fotograaf, die meer belang stelt in zijn foto’s dan in de gefotografeerde werkelijkheid.”

Ten slotte plaas ek twee van my gunsteling Kouwenaar-gedigte.

***

Totaal witte kamer

Laten wij nog eenmaal de kamer wit maken
nog eenmaal de totaal witte kamer, jij, ik

dit zal geen tijd sparen, maar nog eenmaal
de kamer wit maken, nu, nooit meer later

en dat wij dan bijna het volmaakte napraten
alsof het gedrukt staat, witter dan leesbaar

dus nog eenmaal die kamer, de voor altijd totale
zoals wij er lagen, liggen, liggen blijven
witter dan, samen –

Uit: Gerrit Kouwenaar, Totaal witte kamer. Amsterdam: Querido, 2002, p. 38.

 *

Kijk, het heeft gewaaid

op het kleine bladstille plein
lagen groene bladeren die er niet hoorden

het was een zomer zoals het behoorde
totaal als de oorlog die elders woedde

terwijl de stad als een bom lag te dromen
moest er een droom zijn geweest die niet droomde

iets om even te schrikken, in woorden, terwijl
de rivier de vrienden voorbijstroomde

zij spraken over taalgebruik tandbederf aan
staande doden, schatten de roerloze tegenoever

prezen de dag tot diep in het donker, het was
zoals het altijd geweest was –

Uit: Gerrit Kouwenaar, De tijd staat open. Amsterdam: Querido, 1996, p.13

Louis Esterhuizen. Grzegorz Wróblewski, die passasier onderweg …

Tuesday, September 9th, 2014

Een van die opwindendste wêrelddigters tans is sekerlik die Poolse digter Grzegorz Wróblewski (Gdansk, 1962) wat sedert 1985 in Kopenhagen woonagtig is.  Met die verskyning van sy mees onlangse bundel, Kopenhaga (2013: Zephyr Press) het Piotr Gwiazda ‘n onderhoud met die digter gevoer vir die webtuiste Jacket2. Aangesien dit talle punte betrek wat tans ook in ons eie digkuns ter sake is, het ek gevoel om bepaalde aspekte van dié onderhoud te belig.

So is Wróblewski iemand wat dikwels daarvan beskuldig word dat sy verse meer prosa is as poësie. Vir Wróblewski gaan dit egter primêr om wat hy “formal integrity” noem. Op Gwiazda se vraag of Kopenhaga dan nie eerder as ‘n boek met prosagedigte as poësie beskou moet word nie, het Wróblewski soos volg geantwoord: “Yes, because it’s partly poetry and partly prose. Some texts are closer to poetry, others to prose. I myself have used the term “essays” [szkice] to emphasize the mixture of these two elements. But there is no reason to worry about definitions. You can choose any definition you want, as long as you can defend it.”

En dan staan Wróblewski ook ietwat krities teenoor die literêre opset in sy tuisland. Op die vraag of sy gedigte in die toekoms in Pole gelees sal word, het hy geantwoord: “Well, the earth keeps turning, keeps changing. In poetry, it’s always just one generation at a time. The same goes for poetry criticism. You can consider yourself lucky if your work survives for a few generations. It’s hard to talk about the future. I have no idea whether anyone will read my work in five or ten years. I have my doubts, because I am a Polish writer and there are strange things going on in Poland these days in terms of critical reception, the kinds of poetry that gets official support, etc.”

Nog twee vrae wat ek besonder interessant gevind het, is die volgende:

Gwiazda: Do you consider your poetry political?

Wróblewski: Yes, definitely, since it is poetry about the world. I don’t live on a desert island, even though I sometimes feel isolated from other people. Because my poetry is also about the life of the mind, and the state of one’s mind is a political matter, my poetry is both very hermetic and very social. It comprises these two elements. One doesn’t negate the other. On the contrary, by being isolated, you can see certain things more clearly. Because you can see more clearly, your poems are stronger in the political sense.

Gwiazda: Do you therefore view yourself as a kind of intellectual or moral authority?

Wróblewski: No, because I ultimately don’t know who reads my work. Sometimes I feel like I’m just here for the ride: you know, the passenger syndrome. Ultimately I have no idea what my role is as a poet. When I give readings, I meet and talk with different people, but I don’t know what I represent to them. Besides, I’m not in a position to offer advice. Especially advice on how to survive. I really don’t have any.

Ten slotte, die aanhaling wat na alle waarskynlikheid die rede is waarom ek besluit het om juis hierdie onderhoud vanoggend aan die groot klok te hang. Na aanleiding van sy antwoord hierbo het Gwiazda aan die digter gevra waar hy tans woonagtig is …

Wróblewski: In one sense, I live in Copenhagen. That is where my official address is since 1985. But I also live in a particular section of the city, Amager. This matters a lot. If I lived in another neighborhood, I would be a different writer. Location has a huge impact on the writer’s work.

But more generally, I live on planet Earth. Wherever I go, I see the same phenomena, the same absurdities. We are all humans, we exist to satisfy our physical and mental needs, often through illusions, self-deceptions, religions, other substitutes. It’s such a sad condition: going to work, earning money, watching TV, reading the newspaper, worrying about politics — nothing makes sense, to be honest. I think of the earth as a kind of insane asylum. You have to be an idiot to survive. If you are not an idiot, then the only choice is suicide. It’s the most obvious choice, intellectually.

Or maybe what makes sense is the possibility of human contact, a friendship, a meeting of the minds, perhaps through literature. Through literature you send signals to other people. Maybe someone in the universe who feels the same way as you do will receive them. This wouldn’t be a victory, but at least it would give you the strange satisfaction that you are not alone.

Gaan lees gerus die volledige onderhoud. Hieronder volg twee gedigte wat gevind kan word op Word Riot se webblad.

***

 

2 The first girl I fell in love with
told me incessantly
about her passion for preparing hens’ stomachs.

Even listening to Brahms
in the evenings didn’t help us.
Love evaporated in no time.

The second one ate tulips before going to sleep.
Then I began to ponder again
about the first one.

*

A Long-Haired Stranger

He tells the people coming out of the bank about travels

in time.

He touts the mastodon. (The mastodon is domesticated

and has long incisors but recently he succumbed to a serious

lung disease…)

You bear the responsibility for using defoliants in Vietnam.

I can absolve you but it has

its price– he persuades the interested old men.

They quickly take him out of 2005.

As he leaves, he distributes his curly locks:
Remember, I’ll be back soon

with the mastodon!

(c) Grzegorz Wróblewski (Uit Pools vertaal deur Adam Zdrodowski)

Louis Esterhuizen. Die boekhandelaar se vreugde

Tuesday, August 26th, 2014

Die afgelope maande was dit nogeens een van daardie sardientjietye in ons bedryf, in hoofsaak vanweë die akademiese verkope wat met die aanvang van die plaaslike universiteit (en skole) se tweede semester verband hou. Daarom dat een van die insiggewendste stukke wat ek in onlangse tye op die internet te lese gekry het, die digter, essayis en boekverkoper, Joors Baars, se stuk op hard/hoofd is wat ek via ‘n skakel op De Contrabas raakgesien het. En toegegee, synde boekhandelaar het Baars se uiteensetting van die verhouding tussen boekhandelaar en kliënt my buitengewoon geïnteresseer: “Boeken verkopen heeft meer met mensen dan met boeken te maken. Natuurlijk moet een boekverkoper van boeken houden, maar een boekverkoper die niet van mensen houdt, is reddeloos verloren. Wie van boeken houdt, weet wat een thriller is. Maar wie van mensen houdt, weet dat ieder mens met het woord “thriller” weer iets anders kan bedoelen, dat er in het woord “thriller” allerlei betekenissen over elkaar heen buitelen. Het is je taak een klant met voor hem de beste keuze naar buiten te laten gaan. Dan moet je dus niet alleen horen wat hij vraagt, maar onderzoeken wat hij écht met zijn vraag bedoelt.”

En dit is juis hierdie soeke van die “regte boek” om in die hand van ‘n “bepaalde kliënt” te plaas, wat die beroep van die boekhandelaar van soveel ander onderskei, want of dit nou ‘n argelose student is wat bereid is om etlike honderde rand te spandeer op ‘n item wat hy gewoon as “daardie geel boek met die vis op” kan beskryf, of iemand wat op soek is na ‘n geskenk vir ‘n sterwende vriend: jy kry met die persoonlikheid te make in soveel meer fasette as wat ‘n mens normaalweg sou verwag. Daardie óú lewenswaarheid: Wys my jou boeke en sê jou wie (of watter tipe mens) jy is: “Alleen door zich op de persoon tegenover hem te richten kan een boekverkoper omgaan met de eerdergenoemde paradox tussen het adviseren en het verkopen, skryf Joors Baars. “Wat de boekverkoper in werkelijkheid verkoopt is niet een boek, maar het juiste boek. Daar past geen bindend advies, geen leesautoriteit en met algoritmes kom je er al helemaal niet. Wat ervoor nodig is, is een gesprek. En in dat gesprek moet je als boekverkoper bereid zijn om je darlings te killen, of liever: je darlings door de klant te laten killen.”

‘n Gemaklike proses? Hoegenaamd nie, want watter boek die kliënt ook op die toonbank neersit om voor te betaal: dit is jóú taak as boekhandelaar om die kliënt te laat voel dat dit die heel belangrikste boek in die winkel is wat nou deur hom of haar aangekoop word; jou persoonlike voor – of afkeur ten spyt. Dog, vals kan jy ook nie wees nie, want jou geloofwaardigheid as handelaar en akkurate aanbeveling is al wat ‘n kliënt weer en weer sal laat terugkom vir verdere aanbevelings.

En dít is myns insiens die essensie van diens: Nié om ‘n produk aan ‘n kliënt (of klant) te verkoop nie, maar om daardie kliënt (of klant) weer terug te laat kom vir nog. Dit klink brutaal, maar dit is soos dit is. (Terloops, ek weet dat ek eintlik moet verwys na ‘klante’ aangesien ‘n handelstransaksie ter sprake is. ‘Kliënte’ het te make met dienslewering. En dit is júís omrede ek van mening is dat die boekhandelaar nie boeke verkoop nie, maar inligting wat gewoon in boekvorm verhandel word, dat ek volhard met die gebruik van die woord ‘kliënt’.)

Nietemin, ek dwaal af. Eintlik wou ek geskryf het oor die minder aangename kant van die simbiotiese verhouding tussen die boekhandelaar en sy kliënt: die egogedrewe, arrogante en onbedagsames; die onredelikes. Maar plotseling het al dié negatiewe gevoelentes verdamp, want my werk is inderdaad ‘n voorreg. En bowenal is dit ‘n werk waarvoor jy nie eens ‘n akademiese kwalifikasie nodig het nie; al wat nodig is, is ‘n bepaalde verdraagsaamheid jeens die mens en alles wat die mens interesseer.

En indien jy as bestuurder ‘n personeel aan jou sy het wat daartoe in staat is om dié uitdaging met kundigheid, entoesiasme en toewyding saam met jou aan te pak, bevind jy jou inderdaad in ‘n gunstige plek: tussen vriende. Waarvan sommiges selfs uit gebinde papier (mag) bestaan.

Daarom – watter beter gedig is daar om dié relaas mee af te sluit as onderstaande?!

*

Gedig vir my Seamus Heaney New Selected Poems 1966-1987

potloodnotas van ‘n vreemdeling wat blyk

katoliek te wees, ‘n koffievlek

‘n verdagte merk op “Digging” wat na ‘n snotkol lyk

‘n spinnekoppie platgedruk op bl. 203 –

o, dis poësie dié

die ganse wêreld is tweedehands te koop

die rug van die boek (isbn 0-571-14372-5)

is geplooi en daar val sand

uit die blaaie as ek skud

(god, van watter tuin of park of strand?)

kon ons maar woorde tussen vingertoppe vryf

soos swart stukkies turf

die boek in my hand sê woorde is restant –

die swart skeletjies van dooie idees

geperste memento’s van die eerstehandse dinge

meneer Heaney, u weet tog een van u moerasse

selfs vol subtiliteit en melodie

kan nie soos modder onder toonnaels vassit nie

ons kan jou plekname darem hoor

die wind in “Aarhus” en “Anahorish”

en in “Carrickfergus” die klank van oor nat turf stap

maar luister: die wêreld bars

uit alle metrum uit

‘n gedig bly slegs ‘n flou epitoom

meneer Heaney, voel:

selfs dié papier was eens ‘n boom

© Loftus Marais (Uit: Staan in die algemeen nader aan vensters, 2008: Tafelberg Uitgewers)

Louis Esterhuizen. Ritsos se dagboeke bekroon met vertaalprys

Thursday, July 31st, 2014

Archipelago Books het pas die blye nuus bekend gemaak dat een van hul publikasies, Yannis Ritsos se Diaries of Exile, wat deur Karen Emmerich en Edmund Keeley na Engels vertaal is, met die 2014 PEN Award for Poetry in Translation bekroon is.

Yannis Ritsos

Yannis Ritsos is natuurlik een van Griekeland se vernaamste digters; ‘n digter wie se lewensverhaal ten nouste verstrengel is met dié van sy geboorteland, soos dit dan ook duidelik blyk uit die drie dagboeke wat Ritsos in die jare 1948 tot 1950 gehou het en wat tans as Diaries of Exile gepubliseer is. Hierdie drie jaar is die tydperk kort na die Griekse burgeroorlog en dokumenteer Ritsos se jare as politieke gevangene in die berugte detensiekamp Makronisos op die eiland Limnos. Ten spyte van hierdie haglike omstandighede het Ritsos onverpoos voortgegaan met die daaglikse skryf van gedigte: “Ritsos dedicated his days to poetry, trusting in writing and art as collective endeavors capable of resisting oppression and bringing people together across distance and time. These poems offer glimpses into the daily routine of life in exile, the violence that Ritsos and his fellow prisoners endured, the fluctuations in the prisoners’ sense of solidarity, and the struggle to maintain their humanity through language,” aldus Archipelago Books se nuusbrief.

Stephanos Papadopoulos het in sy bespreking wat in die Los Angeles Review of Books verskyn het, die volgende te sê gehad: “”A beautiful translation…by Karen Emmerich and Edmund Keeley opens up this unique poetic memoir to an English audience. What is remarkable about these poems is that in spite of the critical situation, Ritsos managed to find moments of painfully accurate beauty in observation of his suffering, the mark of a true poet.” Inderdaad.

Nog ‘n treffende opmerking is deur David Ulin, eweneens in die Los Angeles Times: “Its power comes from the way it blends the diaristic with the poetic … There is no pity in the book, nor resignation, despite the circumstance.  That clarity … has to do with giving witness, with the idea of poetry as testimony. Again and again, Ritsos records the smallest moments, as if were he to leave out a single detail of his incarceration, the whole experience might disappear. This is what poetry can do: preserve the moments that would otherwise be forgotten, and in so doing, recreate the world.”

By wyse van lusmaker plaas ek graag die eerste strofes uit Yannis Ritsos se lang gedig wat as “Moonlight Sonata” deur Peter Green en Beverley Bardsley uit Grieks vertaal is. Die volledige gedig kan op Poetry International se webtuiste gelees word. Op YouTube kan daar geluister word na Lydia Koniordou se voordrag van dié besonderse vers.

*

Moonlight Sonata

A spring evening. A large room in an old house. A woman of a certain age, dressed in
black, is speaking to a young man. They have not turned on the lights. Through both
windows the moonlight shines relentlessly. I forgot to mention that the Woman in
Black has published two or three interesting volume of poetry with a religious flavor.
So, the Woman in Black is speaking to the Young Man:

Let me come with you. What a moon there is tonight!
The moon is kind – it won’t show
that my hair turned white. The moon
will turn my hair to gold again. You wouldn’t understand.
Let me come with you.

When there’s a moon the shadows in the house grow larger,
invisible hands draw the curtains,
a ghostly finger writes forgotten words in the dust
on the piano – I don’t want to hear them. Hush.

Let me come with you
a little farther down, as far as the brickyard wall,
to the point where the road turns and the city appears
concrete and airy, whitewashed with moonlight,
so indifferent and insubstantial
so positive, like metaphysics,
that finally you can believe you exist and do not exist,
that you never existed, that time with its destruction never existed.
Let me come with you.

(c) Yannis Ritsos (vertaal deur: Peter Green & Beverley Bardsley)