Blogs

Philip de Vos. Moaner Lisa

Tuesday, May 1st, 2012

As daar een woord is wat my irriteer is dit die Engelse woord SMILE. En hier praat ek uit ’n fotograaf se oogpunt. Wie op aarde dink hy gaan beter lyk net omdat hy tande wys? In Prehistoriese tye was dit in elk geval ’n teken van aggressie. En nie dat ons veel verder as destyds gevorder het as ek ons daaglikse koerante lees nie.
Om te glimlag is g’n kuns nie.

Ek ken ’n sangeres – dis altyd tande-wys, maar kyk bietjie na daai oë – dit staan stokstyf van die gebrek aan emosie. En daar is juis ook oor Nancy Reagan gesê: Her smile is a study in frozen insincerity.

Nee, ek hou van foto’s van mense wat smeul. Waar op aarde kry mens ’n foto van ’n glimlaggende James Dean of Marlon Brando of Greta Garbo?

Smile jy, verdwyn alle karakter. Kyk maar net ’n bietjie na die sosiale kolomme in die plaaslike koerant. Hulle lyk almal so dolgelukkig. Meanwhile, back at the ranch …

En wat van foto’s van ons vroeë Afrikaanse digters?

 

 

 

Eugène Marais lyk soos Max Collie wat jou wil hipnotiseer met daardie slang-oë van hom terwyl Jan F. E. Celliers daarenteen lyk soos iemand wat ek graag as oupa sou wou hê.

Dan is daar natuurlik dié wat wegkyk van die kamera asof hulle diep, diep woorde uitdink: A.G. Visser en Boerneef.

 

 

En D.J. Opperman. Met watter foto sou hy wou hê, moet ons hom onthou?

 

 

En die jonge Loftus Marais? Moet hy smile of smeul?

 

 

Of is ’n upside-down smile soos dié van Joan Hambidge miskien ’n beter opsie?

 

 

Toe ek vandag weer in my bokse rondkrap, ontdek ek ’n Engelse versie wat ek alreeds in 1985 geskryf het, pas ’n jaar nadat my eerste Afrikaanse versies gepubliseer is. En dit was juis deur Roald Dahl se Revolting Rhymes dat hierdie tipe versie geïnspireer is. En ek plaas die versie oor ’n vroumens wat agtergekom het om te smile is beter vir haar image, presies soos dit destyds geskryf is, warts and all:

 

MOANER LISA

Four centuries or so ago

there lived a maid in Florence.

Her conduct filled the Florentines

with loathing and abhorrence.

Her manners were atrocious.

Her manners were quite vile.

She moaned and scowled

the livelong day

and NEVER gave a smile.

She had a double-decker name:

they called her Moaner-Lisa.

To tell the truth - this was a name

that didn’t really please her.

All that anybody saw,

was just her stern exterior.

And no-one in that city knew

that Moaner felt inferior.

Moaner-Lisa had a dream -

she wished that she had fame.

Then everybody in this world

would talk about her name.

(It really is a pity

how parents sometimes name us.

And with a name like Moaner -

could any girl get famous?)

She was a simple-minded girl

who didn’t want prosperity.

The only thing that mattered

was her wish for some posterity

Then she had a bright idea:

I’ll have my picture painted

by Signor L. da Vinci.

With fame I’ll get acquainted!”

(She didn’t look quite half as good

as Marilyn or Bardot

Yet off she marched with angry scowl

to Artist Leonardo.)

He started in the morning,

and painted her all night

but still poor Moaner Lisa

looked an awful, sorry sight.

The reason was most surely

that nasty horrid scowl

that made her look exactly

like a mean old hooty-owl.

“Miss Moaner,” said Da Vinci then,

“Methinks that you should smile.

Otherwise some gentle folk

would surely run a mile!”

“Heigh ho! Hey nonny no!”

said Moaner with a frown.

“I do not want a grinning face

like joker, fool or clown!”

“Prithee, dearest maiden fair,

Pretty, pretty please!

Stretch those lovely lips of yours,

and then you can say: Cheese!”

“No!” screamed Moaner. “I refuse!

I think that I should go

and find another artist then

called Michael Angelo.

He is such a gentleman.

He’ll paint me on a ceiling

And that’s not all –

He’ll paint my scowl

with reverence and feelingl”

Poor Signor L. da Vinci

felt a little bit upset.

He had a funny feeling

that he’d make her famous yet.

Then he thought he’d tickle her

until she screamed and laughed.

But, with a frown, Miss Moaner said:

“Da Vinci! Are you daft?”

So he stood upon his head

and swung from ev’ry rafter.

Hoping that she would collapse

with giggles and with laughter.

He wore a funny face and hat.

He wore an eiderdown.

But all that he could notice,

was old Moaner-Lisa’s frown.

He told her funny stories.

He told her ev’ry joke.

But not one teeny-weeny smile

did any joke evoke.

Then poor old Leonardo thought:

And now for something worse.

So he recited on the spot

four simple lines of verse:

 

“Queen Daisy had a daughter.

Queen Daisy had two sons.

Queen Daisy had some apricots.

And then she had t he runs.”

 

He somehow thought

that Nonsense Verse

was really not her style

But then a great big miracle!

Miss Moaner gave a SMILE.

That smile made her so famous.

and took her to the Louvre,

because of good Queen Daisy

whose bowels once did move.

geskryf: 10 – 11 December 1985

 

En nou moet onse digters maar self besluit, want soos Shakespeare amper gesê het:

To smile or not to smile.

That is the question.

 

 

 

 

Louis Esterhuizen. Om vir ‘n fees totsiens te sê

Wednesday, April 25th, 2012

 

In welke mate jy toegelaat word om te doen. Hierdie gedagte draal die afgelope maande reeds soos ‘n voosgeluisterde refrein deur my gedagtes. En ja, natuurlik voel ‘n mens ietwat gedemp oor die US Woordfees se aankondiging dat die jaarlikse Versindaba poësiefees nie meer as ‘n aparte entiteit aangebied gaan word nie, maar voortaan by die Woordfees se omvattende program ingeskakel gaan word.

Daarom is dit seker nie onvanpas om voor die nostalgie te swig en ter wille van die rekord bepaalde momente rondom dié unieke fees, wat van 2005 tot 2011 elke jaar te midde van ‘n breë front van skeptici  en besonderse uitdagings plaasgevind het, neer te pen nie.

Wat jy toegelaat word om te doen. Hierdie “toelating” is uiteraard ‘n belemmering van sóveel uiteenlopende faktore: befondsing, infrastruktuur, entoesiasme, welwillendheid, gesondheid, ens. ens. Soms lé dié “toelating” in lieflike plekke en dan is die ywer en welwillendheid ‘n gegewe; daarenteen kan dit weer sodanig wees dat jy gestuit voel in jou entoesiasme. Maar, solank jy glo in die sinvolheid van dit wat jy probeer vermag, dwing jy vorentoe in die mate wat jy toegelaat word om te doen wat jy glo gedoen móét word.

So is dit gesteld met bykans alle ondernemings in die lewe. En beslis ook ten opsigte van die feestelikheid genaamd “Versindaba”.

Versindaba 2005

Versindaba 2005

Hoe goed onthou ek nie die besonderse Saterdag toe Marlise (Joubert) met die voorstel gekom het dat ons ‘n eksklusiewe poësiefees moet reël as vertoonkas vir die digkuns en haar digters nie … Saterdag, 11 September 2004. Ons staan saam met ‘n groepie digters buite die boekwinkel en gesels na afloop van die dié betrokke Saterdag se Boekpraatjie; ‘n bundel deur een van ons bekroonde digters wat uitgegee is met ‘n tweekleuromslag en gedruk is op blygemaakte fotostaatpapier.  Ek maak die opmerking dat die manier waarop dié bundel uitgegee is - ter wille van kostebesparing, natuurlik - ‘n belediging is vir die poësie wat op daardie bladsye gedruk is. En oombliklik: gróót gesprek oor hoe gemarginaliseerd die poësie is. Gevestigde uitgewers gee maar enkele digbundels uit (so min soos 2 titels per jaar); selde indien ooit jonger digters. Op die boekblaaie van koerante en tydskrifte verskyn daar hoogs by uitsondering ‘n resensie. Ensovoorts, ensovoorts.

Maar dan moet ons ‘n fees reël ten einde die digkuns te bemagtig, stel Marlise meteens voor; ‘n fees wat nuwe talent ontbloot en die wye verskeidenheid van die Afrikaanse digkuns demonstreer.

Vir die volgende klompie weke is dié voorstel weer en weer bepraat by die huis; met talle mense is daar in gesprek getree oor die moontlikheid van ‘n poësiefees. Deurgaans was die gevoel skepties, selfs toetentaal afwysend, om die minste te sê. Maar met die infrastruktuur van die Protea Boekwinkel wat ek en Marlise in 2002 op Stellenbosch gevestig het, en die meelewende ondersteuning van ons hoofbestuurder, Nicol Stassen, het ons kans gesien vir dié bepaalde uitdaging.

In welke mate jy toegelaat word om te doen. Uiteindelik het Jannie Mouton, hoofdirekteur van PSG, ingestem om dié fees in sy privaat hoedangheid te borg nadat die PSG direksie téén ‘n borgskap besluit het. Sy onderneming was egter om net dié eerste jaar te finansier; daarna sou ons op ons eie wees, finansieel gesproke. Dog, Jannie sou uiteindelik die fees finansieel bly steun selfs tot en met die laaste een verlede jaar …

Na dié skenking het die belemmerings in meer gunstige plekke begin val en op 4 Junie 2005 kon ons die volgende persverklaring uitstuur. Ek plaas dit volledig hieronder aangesien dit al die doelstellings van die fees bevat. 

‘n Indaba om die Verskuns opnuut vonk te gee!

Die Afrikaanse poësie word wyd beskou as die  genre wat waarskynlik oor die afgelope 100 jaar die meeste tot die status van die Afrikaanse letterkunde bygedra het. Dit is opvallend dat twee digters (N.P. van Wyk Louw en Breyten Breytenbach) vroeër vanjaar deur ‘n paneel letterkundiges uitgesonder is as die skrywers wat die meeste tot die Afrikaanse kulturele bewussyn/erfenis bygedra het.

En wat het ons behou van ons letterkundeklasse op skool?  Flertse verse, poëtiese beelde, dalk selfs ‘n hele gememoriseerde gedig, die toonsetting van ‘n Ingrid Jonker- of Boerneefvers. Sonder dat ons daarvan bewus is, is die Afrikaanse poësie deel van die meeste Afrikaanssprekendes se woordeskat en gedagtewêreld.

Tog wil dit voorkom of die Afrikaanse poësie oor die afgelope dekade aan status ingeboet het.  Bewyse hiervoor lê onder meer daarin dat gevestigde uitgewerye tans gemiddeld twee tot vier digbundels per jaar uitgee. Voorts is die ruimte wat in die gedrukte media aan boekbesprekings afgestaan word, ernstig ingekort.

Desnieteenstaande geniet Afrikaanse digters heelwat aansien in die internasionale arena en heelwat van ons digters word gereeld genooi om aan internasionale poësiefeeste deel te neem.

‘n Omvattende bloemlesing oor die Afrikaanse digkuns het ook enkele jare gelede in Nederland verskyn. Etlike Afrikaanse digters se verse word gereeld in ander tale vertaal en oorsee versprei.

In ‘n poging om die marginalisering van ons digkuns teen te werk, is daar besluit om ‘n Afrikaanse poësiefees te reël waartydens sowel ons voorste digters as jonger, ontluikende digters saam kan deelneem. Die oogmerk van hierdie fees is om as waarmerk te dien vir die stand van poësie in Afrikaans soos dit tans daaruit sien.

Daarom heers daar groot opgewondenheid by die organiseerders om die eerste poësiefees vanjaar  gedurende die naweek van 9 en 10 September 2005 in die HB Thomteater, Victoriastraat, Stellenbosch aan te bied. Die verrigtinge sal Vrydag om 18:00 begin. Die program bestaan uit drie sessies: Vrydag van 18:00 tot 22:30, Saterdag van 10:00 tot 17:15 en van 19:00 tot 23:30.

Tydens die gala-geleentheid Saterdagaand in die HB Thomteater sal ‘n nuwe prys vir die beste digbundel van die voorafgaan jaar oorhandig word. Die toekenning word deur Protea Boekhuis en die Jannie Mouton-Stigting geborg. Hulde sal voorts aan enkele senior digters gebring word.

Die program tydens die fees bestaan uit voorlesings deur digters, voordragte deur professionele woordkunstenaars, onderhoude, lesings, musiekitems, ‘n vasvra-kompetisie, ‘n bekgeveg en ook die dramatisering van gedigte. Dit beloof om ‘n gevarieerde en hoogs vermaaklike program te wees!

Twintig gevestigde en 8 opkomende digters word genooi. Verskeie vermaaklikheids-kunstenaars sal saam met hulle optree.

Die lys digters wat gaan optree, sluit in: Hennie Aucamp, Martjie Bosman, Marius Crous, Jan de Bruyn, Philip de Vos, Julian de Wette, Melanie Grobler, Daniel Hugo, Marlise Joubert, Trienke Laurie, Lucas Malan, Johann Lodewyk Marais, Petra Muller, Charl-Pierre Naudé, Henning Pieterse, Peter Snyders, Lina Spies, Marlene van Niekerk, Ilse van Staden en George Weideman.

Die opkomende digters wat deel van die program is, is Thérèse Bartman, Toast Coetzer, Erns Grundling, Ronel Kamfer, Tertius Kapp, Loftus Marais, Adolph van Coller en Johannes van Jerusalem.

‘n Bloemlesing bestaande uit enkele verse van die deelnemende digters sal spesiaal deur Protea Boekhuis gepubliseer word en by die fees te koop wees.

Van die musiekkunstenaars wat gaan optree, is Philip de Vos, Peter Snyders, Toast Coetzer en die Buckfever Underground, Marica Otto, Helena Conradie, Laurinda Hofmeyr, Ancient Men en André Howard wat ‘n liedsiklus “en skielik is dit aand“, bestaande uit toonsettings Wilhelm Knobel-gedigte deur Hendrik Hofmeyr sal sing.

‘n Breedvoeriger program asook ‘n naamlys sal mettertyd beskikbaar wees.

 ***

Die res is geskiedenis. Opsommenderwys kan die volgende tabel voorgehou word. (Let wel: dit reflekteer slegs die vyf feeste waarvoor ek en Marlise verantwoordelik was.)

JAAR

BEGROTING

GEVESTIGDE DIGTERS

ONTLUIKENDE DIGTERS

BYWONING

2005

R 63,582

20

8

517

2006

R 81,287

20

6

620

2007

R 97,905

11

4

425

2008

R 99,019

14

8

513

2009

R 85,726

10

5

378

TOTAAL

R 427,519

75

31

2,453

Verrassend genoeg het net die eerste fees ‘n verlies van R397 getoon. Met al die ander feeste het ons gelyk gebreek en selfs ‘n geringe wins getoon wat dan oorgedra was na die volgende jaar se fees. Nooit was die oogmerk om dié fees vir eie gewin aan te bied nie. Dít kon ons vermag deur éérs die program saam te stel met ‘n kosteberekening daarby. En dáárna is geld afgesmeek by instansies soos Het Nationale Fonds Jan Marais en die Hiemstra Trust. Ook by individue wat ons begroting anoniem help balanseer het. En hoe sekuur was Marlise nie in haar boekhouding nie … Elke jaar perfek in die kol.

Die amfiteater loop vol...

Die amfiteater loop vol...

In die proses is blootstelling gegee aan 106 digters vir wie geen onkoste ontsien is nie. Nie net was hul reis - en vliegkostes is ten volle betaal nie, maar hulle is ook vervoer en in luukse gastehuise gehuisves. Want dit was tyd vir die Afrikaanse digkuns om te pronk. Om aan die liefhebbers van die digkuns te wys wat die standaard en omvang daarvan is. Skaamteloos. Daarom dat die beleid van meet af aan was dat alle digters van wie daar ‘n digbundel in daardie betrokke jaar verskyn het, by die fees te betrek. Plus “ontluikende” digters soos hulle - meestal deur Marlise - geïdentifiseer is. Hieronder tel etlikes was sedertdien gedebuteer het en vandag as van ons vernaamste “jong stemme” gereken word: Loftus Marais, Ronelda Kamfer, Jasper van Zyl, Danie Marais, Carina Stander, Bernard Odendaal, Melt Myburgh, Johannes Prins, Jelleke Wierenga, Aniel Botha, Fourie Botha en Karen Kuhn. Ander stemme die sluimer egter nog en ‘n mens kan maar net kwylbek uitsien na hul debuutbundels: Pieter Odendaal, Bibi Slippers, Lou-Ann Stone, Annie Klopper, Therésè Bartman, Toast Coetzer, Tertius Kapp, Erns Grundling, Illona Edwards, Charlton Lee George, Jitsvinger, Suzanne-Louise Bezuidenhout, Marius Swart, Johan Swarts en nog vele ander.

Hartseer genoeg het ook ‘n hele aantal digters - en etlike van hulle dierbare vriende van ons - ons gedurende dié tydperk ontval: Jan de Bruyn, Ronnie Belcher, Barend Toerien, George Weideman, Lucas Malan. Almal van hulle wat met entoesiasme aan die feestelikheid deelgeneem het en vir my en Marlise by soveel geleenthede met welwillendheid en kommentaar ondersteun het. Want doen kan jy net doen in die mate wat jy toegelaat word om dit te doen.

Nietemin, die Versindaba-feeste was inderdaad ‘n geskakeerde feestelikheid wat die volle dinamika van die digkuns tentoongestel het. So wil ons graag glo. En dat dit al die doelwitte wat ons ons voor oë gestel het, gerealiseer het.

En dié feeste het onbedoelde winste tot gevolg gehad:

 

  • Met elke fees het daar ‘n geleentheidbundel verskyn wat deur Protea Boekhuis uitgegee is. Gedigte van al die digters wat by dié betrokke fees betrokke sou wees, is hierin opgeneem en vandag is elkeen van hulle ‘n besonderse tydsdokument.
  • Versindaba 2007 is deur entoesiastiese ondersteuners vir ons op DVD vasgelê en watter vreugde is dit nie om van tyd tot tyd hierna te kyk nie … Afgesien van die betrokke digters, ook nog besonderse items deur Anton Goosen (met my en Marlise wat feestelik agter hom en Schalk Joubert verby dans - óók haar idee gewees, bygesê!), David Ferguson, Jitsvinger, Riku Lätti en Niel Rademan.
  • Die groot aantal digters van wie daar in jare nie ‘n bundel verskyn het nie, wat plotseling weer hul terugkeer tot die digkuns maak …
  • Die toename in aantal debuutbundels wat per jaar verskyn; ook die aantal bundels deur meer gevestigde digters. Net duskant die 20 per jaar die afgelope tyd. Bykans elke bundel word geresenseer op die koerante (en tydskrifste) se boekbladsye.
  • En met haar verjaarsdag op 17 Desember 2008 ontvang Marlise as verjaarsdaggeskenk bykans onbeperkte bandwydte by ‘n oorsese diensverkaffer van haar skoonseun. En sy besluit om ‘n webblad te begin ten einde die fees in September te adverteer; ‘n gelyknamige webblad wat amptelik op 28 April 2009 op die internet gevestig is …
  • Binne enkele dae besef ons dat dié webblad baie groter wil wees as wat ons aanvanklik beoog het; trouens, dat dit ons in staat stel om ‘n nuwe uitdaging aan te spreek: enersyds om die plaaslike poësiegemeenskap attent te maak op oorsese verwikkelinge en andersyds mee te help om die Afrikaanse digkuns ook aan oorsese poësieliefhebbers bekend te stel.

 

Om te doen wat jy toegelaat word om te doen.

Ons moes ‘n keuse maak, want belemmeringe ten opsigte van wat moontlik is en wat nie, het ons genoodsaak om bepaalde individue te kry om ons te help met die Versindaba-reëlings. Ons kon gewoon nie die fees, die webblad (en in my geval die boekwinkel) te midde van ander (persoonlike) komplikasies behartig nie. Ons kon egter niemand vind om die fees saam met ons te help beplan en reël nie. Uiteindelik het ons besluit om die organiseerders van die US Woordfees te nader met die oogmerk om die fees in sy geheel oor te neem en as aparte, verdere Woordfees-projek te bedryf. (Daarom dat die aanvanklike naam “Versindaba” behoue gebly het.)

In welke mate jy toegelaat word om te doen.

Danksy die US Woordfees is die Versindaba-fees se lewensduur (en impak) met twee jaar verleng; twee besonderse geleenthede wat die fees wat in 2005 te midde van soveel doemprofete begin is, op ‘n verhoog geplaas het waartoe ek en Marlise gewoon nie in staat sou kon wees nie, vanweë ons eie tekortkominge ten opsigte van infrastruktuur en befondsing.

Maar, liewe leser, die persoon wat ten slotte ‘n handeklap verdien, is uiteraard Marlise Joubert. Vir haar visie, vir haar toewyding, haar ywer. Vir dit wat sy so spontaan en op so besonderse manier vir soveel jare reeds aan mede-digters bied. Sonder om ooit eie belang of erkenning daarvoor te verwag; gesigloos, agter die skerms, toegewyd.

Soos dit ook die geval is met hierdie webblad.

Nie net omdat jy toegelaat word om te doen nie; ook omdat jy moet kan glo in dit wat moontlik is en bereid moet wees om opofferings daarvoor te maak.

Dit is immers so maklik om gal te braak, fout te vind en te kritiseer. Die vraag is egter: Wat plaas JY teenoor dit wat jy kritiseer? Wat is JY besig om te doen in die mate wat dit vir JOU gegun is?

Maar wag, ek dwaal af. Ten slotte salueer ek almal wat by die sewe Versindaba-poësiefeeste betrokke was; in welke hoedanigheid ook al. 

Wat ‘n wonderlike klompie jare was dit nie! Watter onvergeetlike, onherhaalbare geleenthede wat elkeen so uniek en totaal Don Quixote-agtig was.

Soos die Portugese bosvegters tydens die grensoorloë graag gesê het: A luta continua. Die stryd duur voort.

By wyse van groet plaas ek graag die slotparagrawe uit Nicol Stassen se inleiding tot die Versindaba 2010-geleentheidsbundel hieronder. Die volledige inleiding kan gelees word by Essays. (Maar kóóp tog die geleentheidsbundels; sommer die DVD óók. Hulle gaan versamelaarsitems word …)

***

Hoewel daar vier gevestigde uitgewers van Afrikaanse poësie is, is daar nie eers vier boekwinkels in die land wat ‘n gesaghebbende aantal Afrikaanse digbundels aanhou nie. Uitgewers sal dus kreatiewe oplossings vir hierdie gebrek moet vind.

Die entoesiasme wat die vorige vyf Versindabas vir Afrikaanse poësie geskep het, kan nouliks onderskat word. Daar is min twyfel dat die sesde Versindaba, vir die eerste keer onder die bekwame bestuur van Stellenbosch se Woordfees, op hierdie tradisie sal voortbou en selfs ‘n nog groter sukses daarvan sal maak.

Dit is egter so dat die uitgee van digbundels nog geen uitgewer of digter al buitensporig ryk gemaak het nie en dat hierdie probleme, in die afwesigheid van groot bemarkingsbegrotings, besonder kreatief aangepak sal moet word. Gelukkig het uitgewers van Afrikaanse poësie nog nooit vir uitdagings teruggedeins nie!

(Uit: Versindaba 2010: Inleiding, Nicol Stassen)

Andries Bezuidenhout. Kanker

Tuesday, April 24th, 2012

1

Ek ry deesdae gereeld tussen Pretoria (of Tshwane) en Potchefstroom (of Tlokwe). Twee p’s vir twee t’s. ʼn Mens kan met die N1 suid ry en dan op die Kimberleypad klim, maar ek verkies ʼn roete wat effe langer neem – verby Carletonville en ʼn klein dorpie genaamd Welverdiend. By Welverdiend het pragtige rooibaksteen spoorweghuise en ʼn petrolstasie genaamd “Hi Way Motors” my eerste opgeval. Nou kan ek myself nie help om elke keer as ek daar verbyry met my kamera die plek in te boender nie.

Ek werk nou aan ʼn hele paar landskapskilderye van die omgewing. Ek het veral ʼn voorliefde vir bloekombome ontwikkel. Myne se skagtorings, mynhope, mielielande, bloekoms. Dis alles dinge wat ʼn landskap vir my mooi maak, my tuis laat voel.

2

Ek luister weer na Cowboy Junkies se “Trinity Sessions”. Dis ʼn opname in ʼn kerk. Margot Timmins sing met haar lieflike stem:

We are miners, hard rock miners
To the shaft house we must go
Oil bottles on our shoulders
We are marching to the slow

On the line boys, on the line boys
Drill your holes and stand in line
‘til the shift boss comes to tell you
You must drill her out on time

Can’t you feel the rock dust in your lungs?
It’ll cut down a miner when he is still young
Two years and the silicosis takes hold
and I feel like I’m dying from mining for gold

Yes, I feel like I’m dying from mining for gold.

Ek’s nie seker of hierdie liriek korrek is nie. Dis ʼn tradisionele lied. Dit laat my aan my oupagrootjie dink – Andries Jacobus Burger Rossouw. Hy’s op die ouderdom van dertig aan myntering dood.

3

Ek is deel van ʼn nuwe projek. Ons noem onsself die Vrye Radikales. Daar’s Drikus (of Brixton) Barnard op kitaar en stem en Marguerite Visser op klawerbord, kitaar en stem. Ek slaan ook kitaar en sing. Ons neem landskapskilderye deur ek en Marguerite saam, stal dit uit by plekke waar ons optree. Ons probeer om die musiek en skilderye met mekaar in gesprek laat tree, maar ek weet nie of dit altyd so suksesvol is nie. Dis veral lekker om by Nieu-Bethesda in die tennisklub se saal op te tree. Die mense daar kyk stip na die skilderye. Marguerite se pa wil weet hoekom ons die Vrye Radikales is. Dra ons dan nie klere nie?

 

4

Twee werke van Marguerite is deel van ʼn uitstalling by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn. Die uitstalling se titel is “Hangende tuine”. Marguerite se werke is van mynhope, met gruis en gras in klein botteltjies daarop gemonteer.

5

Op die Vrye Radikales se toer kom Hanné Koster saam om ʼn dokumentêre program te skiet. By plekke waar daar min mense opdaag is klubeienaars waarskynlik vriendeliker met ons as andersins, weens die kamera se teenwoordigheid. In Oudtshoorn gaan kyk ek saam met Hanné na ʼn uitstalling van Walter Meyer se landskapskilderye. Daar’s een van ʼn straattoneel in Prins Albert waarvan ek baie hou.

Soms wonder ek hoekom ek aanhou om musiek te maak en voor skraal gehore op te tree. Die Afrikaanse taalgemeenskap is te klein om die tipe musiek wat ek maak te regverdig. Hoekom sleep ek nog swaar luidsprekers en kitaarkiste rond?

maak die kis oop
haal jou snare uit
steek peule met jou stemvurk stukkend
skep, kou, sluk

g’n pêrels hier nie
g’n pêrels hier nie

6

“Hier’s net leë borde in die ondergrond,” sing Trike. Steak & Ale brand af. Ek gaan die gebou mis. Dis langs ʼn treinspoor, in Bothalaan. Koos du Plessis het destyds daar gesit, in die plek se voorganger. Naas Voëlvry se backdrop, deur Catharina Scheepers gemaak, was die skildery van James Philips agter Steak & Ale se verhoog seker een van mees klassieke backdrops in Suid-Afrikaanse musiek. Niemand weet wat van die Voëlvry-backdrop geword het nie. Steak & Ale s’n het afgebrand. 

7

Ek wonder of my oupagrootjie ook soos ek oor myne se skagtorings gevoel het. Seker nie. Die tipe nostalgie waaraan ek ly is waarskynlik generasiegebonde.

Pieter Odendaal. Lemn Sissay en die slawekerk in Langstraat

Tuesday, April 24th, 2012

Twee weke gelede hoor ek dat die wêreldbekende digter Lemn Sissay in Kaapstad gaan optree – en ek het nie ’n clue wie hy is nie. ’n Bietjie kwaliteit-tyd saam met Google maak my wys dat hy ’n sterk en vreemde mens is. Hy’s ’n lid van die Britse Empire (MBE), maar sy ouers kom van Ethiopië en Eritrea (ah, die ironie!). Hy’s aangeneem deur ’n wit familie in Engeland nadat sy ma terug is Ethiopië toe, maar die familie het hom na 12 jaar weggejaag en hom belowe dat hy hulle nooit weer sou sien nie: Hy is deur die duiwel besete, deur alles wat donker en onheilig is, het sy aanneemma vir hom gesê.

Hierna het hy van die een na die ander kinderhuis verhuis – hy was glo ’n vreeslike moeilike knaap gewees. Op ’n dag het hy vir een van die maatskaplike werkers in die kinderhuis gesê: “You are more institutionalized than I am. I will walk free when I’m eighteen. You will work here for the rest of your life.”

Hy het nooit hierdie dwarsheid laat vaar nie. Inteendeel, hy het sy dwarsheid oor die jare geslyp en kerf deesdae deur alle pretense en grense in sy poësie. Sy verse word gekenmerk deur integriteit en ’n bemoeienis met die betekenis van woorde soos familie, vryheid en onsekerheid.

Sy debuutbundel, Tender fingers in a clenched fist (1988), is oraloor geprys en het hom kitsroem besorg. Sedertdien het hy homself ook as dramaturg en filmmaker bekwaam. Hy is die eerste digter wat gekies is om ’n gedig vir vanjaar se Olimpiese Spele in Londen te skryf en sy verse pryk in verskeie publieke ruimtes in Brittanje. Ek het dus hoë verwagtinge gehad toe hy die afgelope Saterdagaand in die ou slawekerk in Langstraat opgetree het. Die aand is deur Badilisha Poetry X-change gereël en is baie goed bygewoon.

Die slawekerk is in 1804 voltooi en het die kern van Protestantse sendelingwerk onder slawe gevorm. Ons gaan die gebou binne. ’n Beligte SO SÊ DIE HERE-matjie hang oor die imponerende en verhewe kansel. ’n Vriend fluister dat die kerk se vloerteëls deur gevangenes op Robbeneiland gemaak is. ’n Gelade ruimte vir ’n poësievoorlesing dus. Ons skuifel by die kerkbankies in en wag saam met die res van die gehoor vir die vertoning om te begin.

Toni Stuart open die aand met een van haar kenmerkende sing-praat gedigte. Die gehoor word meegesleur en almal is op dieselfde golflengte wanneer Lemn Sissay die podium betree. Vir die eerste paar minute wonder ek of ons ’n parallelle heelal betree het waar stand-up comedy instaan vir poësie – so diagnoseer hy byvoorbeeld ons land met “NGO-itis” – hy het glo nog nooit ’n land gesien wat soveel tyd en aandag aan welsyn spandeer nie. Die gehoor bars uit van die lag (miskien eerder uit onsekerheid as enigiets anders) en Sissay vuur nog one-liners tussen die mense in.

Ten spyte van die grappies en die gesellighede weet die gehoor dat hierdie digter eintlik tot in sy wese ongemaklik met die wêreld en homself is. Sy eerste gedig bevestig dat hy iemand is wat baie versigtig met woorde omgaan omdat hy weet hoe kragtig hulle kan wees. Hy maak dit duidelik dat woede onvoldoende is om poësie te skryf – ’n mense het iets nodig wat dieper loop, iets wat wêrelde oopmaak en liefde kan kweek. Sy gedigte is sy enigste familie, sê hy, sonder ’n sweempie van sentimentaliteit.

Die verse wat volg is soepel en speels, hulle maak allerhande vreemde draaie en dit klink heeltyd of Sissay net-net in beheer van homself en sy woorde is. Sy voordrag is vol gapings en herhalings, hy begin oor, probeer weer. Dit is duidelik baie belangrik vir hom om die regte klank vir die gedig te kry, om die gedig op die regte manier aan ons voor te stel, sonder tierlantyntjies of verdraaiings. Hy is hoeka bekend vir sy uitsprake teen podiumpoësie waar die kwaliteit van die gedig dikwels ingeboet word ter wille van die performance. “It starts and ends with the words,” sê hy. Sy gedig “Suitcases in muddy parks” maak alles stil. Selfs die karre in Langstraat klink of hulle stadiger ry om na die woorde te luister.

Later is daar die gedig “Invisible Kisses”. Met toegknypte oë en ’n serp om die nek besing hy sy geliefde en die “necklace of invisible kisses” om haar nek. Daar is ’n suiwerheid, ’n vlambaarheid aan die gedig wat alle potensiële aanklagte van sentimentaliteit of clichés laat verdamp. Ook die gedig “Apple cart art” laat my regop sit – hierin spot Sissay met die tradisie van slam poetry en hoe maklik slams tot ’n kommodifikasie van die laaste rewolusionêre werktuig tot ons beskikking (lees: poësie) kan lei.

Een van Afewerk Tefle se bekende kunswerke

Een van Afewerk Tekle se bekende kunswerke

Sissay se mondhoeke trek skeef as hy oor die onlangse afsterwe van sy goeie vriend, die beroemde Ethiopiese kunstenaar Afewerk Tekle, praat. Tekle het nog in die gehoor gesit toe Sissay die gedig “Let there be peace” twee weke gelede in Addis voorgedra het. Die gedig gaan glo op die Britse Konsulaat se gebou in Addis Ababa aangebring word. Die hele stad sal die woorde kan sien. Ek word opgesweep in die eenvoud van die gedig se wens, voel weer die kerk se vloer onder my skoene, verlang na die dae toe ek nog so maklik die matjie teen die kansel kon glo.

Let there be peace
Lemn Sissay

Let there be peace
So frowns fly away like albatross
And skeletons foxtrot from cupboards;
So war correspondents become travel show presenters
And magpies bring back lost property,
Children, engagement rings, broken things.

Let there be peace
So storms can go out to sea to be
Angry and return to me calm:
So the broken can rise and dance in the hospitals.
Let the aged Ethiopian man in the grey block of flats
Peer through his window and see Addis before him
So his thrilled outstretched arms become frames
For his dreams.

Let there be peace.
Let tears evaporate to form clouds, cleanse themselves
And fall into reservoirs of drinking water.
Let harsh memories burst into fireworks that melt
In the dark pupils of a child’s eyes
And disappear like shoals of silver darting fish.
And let the waves reach the shore with a
Shhhhhhhhhh shhhhhhhhh shhhhhhhhhhh.

(’n Onderhoud met Lemn Sissay sal binnekort op SLiPnet verskyn.)

Marlies Taljard. Weerspieëling en Weerklank (1)

Monday, April 23rd, 2012

 

Gemeenskapsprojek: Skryfkuns

Weerspieëling en Weerklank (1)

 

 Ek is vanjaar bevoorreg om deel te wees van ‘n projek wat (onder andere) kreatiewe produksie onder jong kunstenaars in die plaaslike gemeenskap probeer bevorder. Hierdie projek is deel van ‘n groter projek: Weerspieëling en Weerklank: Tipografie, topografie en tipologie waaraan die vakgroepe Kunsgeskiedenis, Grafiese ontwerp en Skryfkuns van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus deelneem.

 

Bernard Odendaal

Bernard Odendaal

In die praktyk behels die projek waarvan ek deel is ‘n reeks werkwinkels waarin verskillende kreatiewe aktiwiteite aangebied word en waarin studente kans kry om oor die teorie en praktyk van kunsskepping te besin. Volgende keer berig ek meer oor die projek as sodanig, maar vandag se blog wy ek spesifiek aan die skryf- en poësiewerkwinkel van 14 April 2012 waartydens Franci Greyling en Bernard Odendaal hulle kundigheid op die gebied van prosa- en poësieskryf met die groep jong kunstenaars uit Promosa gedeel het. Ek het elke student gevra om kortliks sy of haar indruk van die werkwinkel neer te skryf. Ek plaas dit saam met foto’s van die kunstenaars en foto’s van aktiwiteite wat reeds plaasgevind het.

Shaday Hendricks

Shaday Hendricks

Shaday Hendricks:

Vandag was net vir my awesome!!! Om eerlik te wees ek het gedink dit is moeilik om ‘n gedig te skryf, maar dit is glad nie so moeilik nie. Jy as die skrywer moet net die leser kan laat verstaan. Dit is nogal interessant om na die dieper betekenis van ‘n gedig te kyk.
Andrea Chinian

Andrea Chinian

 Andrea Chinian:

Om gedigte te skryf, het eers vir my gevoel asof dit ‘n onnodige “las” in die lewe was. Ek het gevoel dat “poets” onnodige geld daarvoor verdien. Maar noudat ek self in die skryf deelneem vind ek dit interessant want ek kan myself uitbeeld en daar is niks soos ‘n verkeerde gedig of leesstuk nie. Niemand kan jou judge nie solank jy uitbeeld wat jy in jou gedagte het.

(…) So ek sou vir julle wat daar buite is wat graag wil skryf aanmoedig om te begin skryf en om nie anders se negatiewe sprake kop toe te vat nie, want as mens eenmaal begin het wil jy nie ophou nie.

 

Leonora van Rooyen

Leonora van Rooyen

 

Leonora van Rooyen:

Ek het ‘n liefdesverhaal om te vertel.

Ek wil my emosies uitdruk.

Om dit te doen skryf ek ‘n paar kort sinne wat soos musiek klink en daar het ek my gedig.

Dit was my eerste persepsie oor die gedig.

Alles goed en wel, maar toe word ek blootgestel aan wat die skrywers noem “skeppingselemente”. Toe ek na die skeppingselemente in my eie sogenaamde gedig gaan kyk, wel, toe lyk dit nie meer soos ‘n gedig nie.

By my volgende poging van gedig skryf kon ek my abstrakte emosies in konkrete beelde vasvang. Ek kon klank gee aan die beeld. Ek kon steeds die ritme en metrum in beeld hoor.

 

Janine Matthyse

Janine Matthyse

Janine Matthyse:

Ek het baie geleer oor skryfwerk. Dit help mens ook om jou gevoelens uit te beeld en dis verskriklik interessant. Ek het baie geleer oor gedigte ook dat mens net kan gaan sit en skryf maar jy moet ook weet wat jy doen. Dit het my terug gevat na my dae op skool graad 11 & 12 in my Afrikaans klas. Ek hou nogals daarvan om te skryf en ek het vandag se les baie geniet.

 

Godwin Leandro Willemse

Godwin Leandro Willemse

 

Godwin Leandro Willemse:

Vandag se werkswinkel “Poësie” ek kon vandag tog so baie leer by prof. Bernard, van poësie en die Ritme van ‘n gedig jy moet altyd dink aan jou lesers en probeer dit verstaanbaar te maak, dit kan ironies wees en sarkasties wees maar nie te veel nie. En kies jou woorde mooi. Die klasse is 100% die moeite werd.

 (Ek meen hier is ‘n paar goeie wenke wat digters gerus ter harte kan neem!)

Ons is nie skaam om te drama nie

Ons is nie skaam om te drama nie

 

Of te rap nie...

Of te rap nie...

 

Rame

Rame

 

Foto’s: © Marlise Taljard, 2012

Amanda Lourens. Op reis met die anima

Saturday, April 21st, 2012

Ek lees die afgelope week of twee al herkouende aan Cas Vos se jongste bundel, Weerloos lewe (2012). Die veertienreëlige gedig “my anima is my herder” is een van dié waaraan ek besonder stadig herkou, en bly wonder of ek hoegenaamd die regte gedagtes raaklees:

my anima is my herder, my beskermer,

sy lê my neer in dooie vlaktes,

lei my na waters van onrus en onvrede.

sy versondig my siel, verlei my

op nat steiltes van onreg en kwaad.

haar naam is bitter op my lippe,

in die skadu van my onderbewuste

is vrees my donker geesgenoot.

 

in my hart met sy trosse kamers

woon my broers en my susters:

hoogmoed, hebsug, wellus, woede,

vraatsug, afguns, luiheid –

die sewe wonders van my lewe,

van al my kortstondige dae.

 

Hierdie spesifieke gedig is vir my persoonlik een van die boeiendste verse in die bundel, maar ook een van die mees uitdagende – heel moontlik vanweë die dubbele lading in die gedig, naamlik die intertekstuele band met die bekende Bybelteks asook die psigoanalitiese stramien.

In ’n ander konteks verwys die digter self na die invloed van ’n oerteks soos Psalm 23, en gebruik die metafoor van Psalm 23 as die herinnering aan ’n flikkerende kers uit jou kinderdae.  Hy wys dan pertinent ook op hierdie teks se invloed op kunstenaars deur die eeue (Vos 2006).  Vos self sluit aan by hierdie tradisie van kunstenaars wat met die gegewe van Psalm 23 omgaan, en neem in Die afdruk van ons hande (2007) die gedig “Die Here is nie my herder nie” op:

 

Die Here is nie my herder nie

 

Die Here is nie my herder nie,

ek kom alles kort.

Hy lei my na leegtes,

laat my bloedsweet,

bring my na ’n woestyn

sonder manna se genade

op die deinende duine.

Hy lei my op omweë

om sy verlore eer te soek.

Ek kruip deur donker dieptes,

my hart skommel bang;

U het u hand teruggetrek,

ek kyk vas teen u rug.

U laat my aan ’n kruis hang

terwyl my vyande koggel.

U ontvang my soos ’n rower,

ek is oorlaai met skuld.

Al slaan u stilte my stom,

sal ek na U bly roep,

ek, u weggooilam.

 

Vos self bestempel hierdie gedig as eietyds en ironies, en dit is duidelik dat die siening van God hierin veel meer kompleks is as in die Bybelteks.

 

In “my anima is my herder” kom die leser voor  ’n groter uitdaging te staan.  Weliswaar is hierdie gedig, soos “Die Here is nie my herder nie”, ’n herskrywing van die oerteks, maar nou met die integrasie van elemente uit die Jungiaanse sielkunde.  Daarnaas is hierdie gedig nie bloot net ’n herskrywing nie, maar is dit heel moontlik ook ’n dekonstruksie van die Bybelteks met enorme implikasies, veral wanneer dit teenoor die vertroostende en sussende aanslag van die welbekende Psalmteks gestel word.Ek vermoed dat hierdie gedig ook ’n groot rol kan speel tydens ’n gesprek oor die aard van Vos se digkuns, onder andere wanneer daar besin word of hy as ’n religieuse digter in die tradisionele sin van die woord bestempel kan word.

 

Vos betrek dan in hierdie gedig die Jungiaanse konsep van die anima, wat enersyds dui op die anima as ’n aspek van die onbewuste van die individu, soos gestel teenoor die persona oftewel die buitenste aspek van die persoonlikheid, maar spesifiek dui op die vroulike aspek in die manlike psige.  Dit wil voorkom asof Vos op ’n bewuste wyse met die omskrywing van die anima omgaan – deurdat die anima as vroulik getipeer word deur die vroulike voornaamwoorde, maar ook deurdat die gedig duidelik ’n verkenning is van die diepste dele van die self. 

 

Die interessante vraag, sou ons Jungiaans oor die gedig dink, is natuurlik: Indien die anima/onbewuste ware self die sprekende subjek op ’n reis na onder meer onrus, verleiding en vrees neem (soos ons in die oktaaf lees), wat is die aard van die sprekende subjek dan?  Is dit die persona wat hier aan die woord gestel word? Of is dit die ego met sy sinsoekende aard wat hier as die slagoffer van die dieper en onbewuste self gesien word? Of sou ons kon sê dat dit eerder die ego is wat ’n reis onderneem na die onbewuste om – byna soos ’n Henry van Eeden – met sy eie diepliggende psigiese inhoude versoen te word?

 

’n Belangrike aspek van die anima (as die vroulike beginsel in die psige) is wel dat dit optree as mediator tussen die bewuste en die onbewuste, en as sodanig ook dikwels die sleutel hou tot die ontsluiting van kreatiwiteit (wat in die Jungiaanse denke in die onderbewuste setel). 

 

My lesing van die gedig dan (en nou sidder ek natuurlik omdat ek maar te goed besef watter gevaarlike terrein ’n mens betree wanneer jy jou lesing van so ’n komplekse teks aanbied): Moontlik kan ons die gedig lees as die sprekende subjek of ego wat aan die hand van die anima, as ironiese “beskermvrou”, ’n reis na die verborge aspekte van die self onderneem.  Die anima is dan juis eerder blootsteller, ontdekker of fasiliteerder, eerder as die “herder” van die Bybelteks wat ontstemmende emosies van die spreker weghou en eerder gerusstelling bied.  Nietemin is die anima hier, byna soos Brink se vrouefiguur in Die Ambassadeur (op sy beurt ’n herskrywing van Dante se Beatrice), die begeleidster deur die donker dele van die self. Die reis lei uiteindelik na die sekstet waar die verborge dele van die self (“my hart met sy trosse kamers”) aan die orde kom en waar die sewe doodsondes ook teruggevind word.

 

Merkwaardig egter, is dat hierdie oënskynlik dekonstruktiewe gedig in die slotreëls’n transformatiewe kwaliteit verkry: Die sewe doodsondes word nou bestempel as “die sewe wonders van my lewe,/ van al my kortstondige dae.”  Sou dit vergesog wees om hierdie reëls te interpreteer as ’n soort bereiking van die bestemming, as ’n aanduiding van individuasie wat voltrek is? Met ander woorde, sou die leser kon aflei dat die sondes/die donker areas van die self verken en aanvaar kon word, dat dit letterlik bloedfamilie kon word, soos die beeld “in my hart met sy trosse kamers / woon my broers en my susters” aandui?

 

In daardie geval kán die doodsondes erken word as “wonders”, in die sin dat die fasilitering van kreatiwiteit via kontak met die dieper self voorwaar ’n wonder van die menslike lewe is.

 Hierdie gedig is waarskynlik een wat nié volkome tuishoort in die oeuvre van ’n tradisioneel religieuse digter nie. Veel eerder is dit ’n gedig wat aansluit by die dinge wat die postmoderne mens se binnewêreld konstitueer, wat nie wegskram van die donker en onverkende domeine nie, maar dit eerder wil oopdig en die wonder van die volle spektrum van menswees kan erken.

 

Transpersonal Pioneers: Carl Jung.  Uittreksel uit Personality and Personal Growth (6de uitgawe).
Frager, R., & Fadiman, J. (2005). New York: PearsonPrentice Hall. pp56.
[Internet].Beskikbaar: http://www.itp.edu/about/carl_jung.php. [2012, April 20].

 

Vos, C. 2006. Preekhulp: Praedicatio: Psalm 23 – My herder en my vader. TEO Webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria [Internet].Beskikbaar: http://www.teo.co.za/wmprint.php?ArtID=368. [2012, April 20].

 

 

René Bohnen. As

Saturday, April 21st, 2012

Steak ‘n Ale het gisteraand afgebrand.

Baie gedigte is hier gebore tydens bekgevegte. Ander het asem gekry deur voorgelees te word. Verse is op die plek getoonset. Hertzog-pryswenners en wannabees het donker nagte deur gerook na dagbreek toe. What happens in Steakies stays at Steakies. Groot sangers het eens as onbekendes gratis hier opgetree. En nou is dit verby. Ons het net die stories oor.

En hulle het begin instroom. Ek het solank een foto van ‘n Oopmond-aand waar ons musiek en gedigte ingespan het om die winter te verjaag.

Louis Esterhuizen. Bloosparade van die literêre kritiek

Friday, April 20th, 2012

 

Via ‘n skakel op De Contrabas beland ek op ‘n omvattende artikel deur William Logan wat onlangs op New Criterion se webblad verskyn het; ‘n artikel wat in wese handel oor die verleentheid van literêre kritici wie se aanvanklike (negatiewe) oordeel met die agternakyk van jare later as ‘n totale mistasting beskou word: “When critics play parlor games, they imagine how they would have reviewed the controversial books of the past. Critics are later judged, not by the book they failed to pan, but by the book they failed to praise. Most are certain that, given the chance, they would have recognized the genius of Lyrical Ballads, or Leaves of Grass, or The Waste Land. We pour bile on the heads of the dolts of 1798 and 1855 and 1922 who didn’t realize what was on the desk before them.”

Met bogenoemde as inleidende paragraaf, ondersoek Logan dan pertinent die ontvangs wat bogenoemde drie bundels in hul tyd gehad het en hoe die kritici gewoon nie in staat was om dié drie digters - Whitman (foto), Wordsworth en Eliot - na waarde te skat nie. Fassinerende leesstof, inderdaad. En besonder amusant, terselfdertyd.

Neem byvoorbeeld die volgende oordeel wat Charles A. Dana, hoofredakteur van die New York Daily Tribune, oor Whitman se Leaves of Grass gevel het: “From the unique effigies of the anonymous author of this volume which graces the frontispiece, we may infer that he belongs to the exemplary class of society sometimes irreverently styled “loafers.” He is therein represented in a garb, half sailor’s, half workman’s, with no superfluous appendage of coat or waistcoat, a “wide-awake” perched jauntily on his head, one hand in his pocket and the other on his hip, with a certain air of mild defiance [...] His language is too frequently reckless and indecent. . . . His words might have passed between Adam and Eve in Paradise, before the want of fig-leaves brought no shame; but they are quite out of place amid the decorum of modern society, and will justly prevent his volume from free circulation in scrupulous circles. . . . The Leaves of Grass . . . are full of bold, stirring thoughts . . . but so disfigured with eccentric fancies as to prevent a consecutive perusal without offense.”

Sjoe. Ook Charles Eliot Norton, wat in latere jare hoofredakteur van die North American Review, sou word, het Charles Dana se oordeel ge-eggo met sy verwysings na “… a curious and lawless collection of poems, called Leaves of Grass, and issued in a thin quarto without the name of publisher or author. The poems, twelve in number, are neither in rhyme nor blank verse, but in a sort of excited prose broken into lines without any attempt at measure or regularity, and, as many readers will perhaps think, without any idea of sense or reason. The writer’s scorn for the wonted usages of good writing, extends to the vocabulary he adopts; words usually banished from polite society are here employed without reserve and with perfect indifference to their effect on the reader’s mind; . . . the introduction of terms, never before heard or seen, and of slang expressions, often renders an otherwise striking passage altogether laughable.”

Natuurlik staan die kritikus weerloos voor die ongenaakbare oordeel van die tyd; iets wat Logan duidelik stel in opmerking waarmee hy sdy omvattende artikel sluit: “The critics who got it wrong remind us that poets in whom we now see only virtues once seemed full of vices, and that, though we may value those vices differently, sometimes it is their presence that makes the virtues virtues.”

Gaan lees gerus; veral die mistastings rondom Eliot se The Waste Land was skrikwekkend; dog verstaanbaar … Of juis nié?!

En natuurlik kan ‘n mens nie verhelp om te wonder oor plaaslike voorbeelde nie … Kan iemand dalk help? Indien ek dit nie mis het nie, was DJ Opperman se oordeel van Peter Blum byvoorbeeld minder gunstig? Of het ek dit mis?

Nietemin, vir jou leesplesier plaas ek ‘n voorbeeld van die taalgebruik uit Whitman se Leaves of Grass wat volgens William Logan bykans al die kritici die harnas ingejaag het.

***

Limitless limpid jets of love hot and enormous . . . . quivering jelly of love . . .

white-blow and delirious juice,
Bridegroom-night of love working surely and softly into the prostrate dawn,
Undulating into the willing and yielding day,
Lost in the cleave of the clasping and sweetfleshed day.

 

© Walt Whitman

 

 

 

 

Louis Esterhuizen. Poëziecentrum in Gent verwissel van stuurman

Wednesday, April 18th, 2012

 

Luidens ‘n berig by Knack.be is dit pas bekend gemaak dat die 31-jarige Carl de Strycker (foto) vanaf 1 Augustus vanjaar die bestuur van die Poëziecentrum in Gent by Willy Tibergien gaan oorneem. In 2010 was die 67-jarige Tibergien al onder druk om afstand te doen van die dubbelpos as direkteur van die sentrum en ook as redakteur van Poëziekrant, die sentrum se vlagskippublikasie. Tibergien, wat die tydskrif en 1976 tot stand gebring het en die sentrum enkele jare daarna in 1980, het egter vasgeskop en volgens berigte daardie tyd aangedui dat hy beoog om eers in 2013 te tuig neer te lê.

Willy Tibergien

Willy Tibergien

Die kritek teen Tibergien twee jaar gelede het in wese daaroor gegaan dat hy uit pas was met die nuutste ontwikkeling en die Vlaamse en Nederlandse digkunste; in ‘n redaksionele brief daardie tyd het hy egter onderneem om die Poeziekrant se aanslag radikaal te hersien: “Wij willen af van het etiket ‘literair tijdschrift’ dat bij te veel potentiële lezers en vooral bij jongeren te veel weerstand oproept,” het hy gesê. “Wij willen van Poëziekrant een boeiend ‘maandblad voor poëzie’ maken. De stap is klein. De nuance groot. (…) Een nieuw lettertype en de frisse rustige full quadri lay-out moeten de leesbaarheid vergroten. Ook aan de inhoud is en zal nog gesleuteld worden.”

En dit het hy inderdaad gedoen.

Net so het hy die Poëziecentrum in Gent gevestig as sekerlik die mees dinamiese poësie-inisiatief in die Lae Lande. Nie net huisves die sentrum volgens Gerrit Komrij die grootste versameling Nederlandse en Vlaamse bundels nie, maar dit is ook die tuiste van die Ernst van Heerden-versameling wat allerweë gesien word as die grootste versameling Afrikaanse poësie buite ons landsgrense. Voeg daarby die boekwinkel en ook die uitgewery wat hulle by die sentrum bedryf, en jy besef dat Tibergien iets baie spesiaals tot stand gebring het …

De Strycker, daarenteen, is tans nog as dosent verbonde aan die Universiteit van Gent en  ook as gas-dosent aan die Universiteit van Münster. Hy is egter reeds vir etlike jare betrokke by Poëziekrant as kernredaksielid en op vryskutbasis by ander projekte van die sentrum.

Indien jy dit gemis het, kan jy hier en hier gaan kyk na vorige stukke wat ek geskryf het oor Willy Tibergien en die Poëziecentrum. 

 ***

Poëziecentrum

Poëziecentrum

 

 

 

 

 

 

 

 

René Bohnen. Genees bygelofies

Friday, April 13th, 2012

Dit is Vrydag die 13de en April is Poetry Month. Ek glo nie die storie dat 13 ‘n ongelukkige getal is nie, maar ek het sowat ‘n uur gelede dansksy Bibi Slippers die plan gekry om iets te doen wat dalk party ander mense se idee hieroor ook kan verander. Net miskien. Maar ek sal nooit weet nie (en dis die “beauty” daarvan).

Ek het in Desember 2011 ‘n paar Afrikaanse digbundels te koop gekry teen R2 elk. Nee, regtig. Ek het die arme bundels so jammer gekry dat ek almal gekoop het. Sommige het ek nou al uitgedeel aan vriende en ouetehuise. Maar ek het nog steeds vier of vyf “doubles” oor. En vandag gaan ek iets doen wat ek gewoonlik nie doen nie: Ek het nounet al die bladsye uit twee bundels geskeur.  Nou gaan ek na ‘n mall toe ry en ek gaan gedigte agter toiletdeure plak en in koffiewinkels se spyskaarte sit.

Laat die verse dan soos ‘n goeie knertsie val waar hulle wil op hierdie dertiende dag van die cruelest month.

Andries Bezuidenhout. ʼn Immergroen lied

Friday, April 13th, 2012

Ek het René Bohnen se blog oor herfs in Johannesburg baie geniet. In Pretoria is daar ook ʼn vars byt in die lug. Witstinkhoutbome teen die koppies se toppe word al geel. In die kar werk toe luister ek vanoggend na Bacchus Nel se “Herfsman”.

Die son sit wydsbeen oor my skouers vandag
en die wind waai my hare deurmekaar,
daar’s ʼn man met ʼn besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.

Dis Leonard Cohen wat in my kop rond dans
like a bird on a wire in a trance
net soos die man met ʼn besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.

Ek stig ʼn kommissie van ondersoek
na die welstand van my siel en van my gemoed
en die man met die besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.

Ek speel my kitaar by die toegeeteken,
hou jou geld dit is baie werd
net soos die man met die besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.

Begrafnisstoet kom verbygery.
“Die lewe is meer belangrik,” skreeu ek
vir die man met die besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai verward,
ja, die aarde draai ek is verward.

ʼn Kragonderbreking wat dit alles onderbreek,
maar die stadsraad s
ê
hulle weet van my probleem
van die man met die besem wat die herfs opvee
en die aarde draai en draai en draai en draai en draai,
ja, die aarde draai en draai en draai en draai en
stop, ek is verward.

Foto van Bacchus Nel deur Toast Coetzer.

Louis Esterhuizen. Die kitsvreugde wat FaceBook bring …

Friday, April 13th, 2012

 

Een van die meer amusante stukke wat ek die afgelope paar dae op die internet te lese gekry het, is Craig Santos Perez se blog op die Poetry Foundation se webblad. Met “I saw the best minds of my generation destroyed by Facebook” as opskrif het hy dit oor die vervlakkende (en verwoestende) effek wat Facebook op blog-inskrywings het. Volgens hom was blogs ‘n paar jaar gelede koning; die onderwerpe was gevarieerd en stimulerend en die kommentaar-fasiliteit by die meeste blogs het tot sinvolle debat aanleiding gegee …

Maar nou het die situasie volgens Perez drasties verander: “People stopped commenting on each other’s blogs. Threads died. Poets deleted their blogs and disappeared from public eye. Harriet shut down the comment box; later, Harriet shut down the group blogging. My Google reader grew silent. Noting this phenomenon, I wrote in 2010:  ”Facebook killed the blogger star.” (Terloops, Harriet is die kollektiewe blog van die Poetry Foundation …)

Nietemin, met bogenoemde as uitgangspunt gee hy dan ‘n nogal vermaaklike uiteensetting van sy Facebook-verslawing; digters wat hy bewonder het en wie hy via FB bevriend het, wat nou nie meer oor dit wat pertinent op die digkuns betrekking het, skryf nie, maar oor dit wat hy ‘food porn” noem: “I learned many new recipes. I also learned many intimate details about the former poet-bloggers I friended. And by intimate, I mean TMI, as in Too Much Intimate! And sometimes these details changed the way I perceived the poet. You know, it’s like when you first learn that Ezra Pound was a fascist, or that Wallace Stevens worked for an insurance company. Something breaks on the inside.”

Freneties het hy hom aan die adrenalien vloed van “liking” en “sharing” oorgegee; in dié mate dat sy FB-blad deurentyd op sy rekenaar oopgehou is ten einde nie ‘n nuwe plasing te mis nie. Alles buiten sy Facebook status het in belangrikheid afgeneem. “Now, I have 2649 Facebook friends. As I type this, I have a window open to my Facebook page. Between sentences, I snack on my feed. Oh look: Don Share shared a photo of a sexy stack of Poetry magazines (April 2012). Book porn. Three people like it. I just “liked” it. I’m not going to comment “Double Like” because I don’t like it that much.”

Kostelik. Die aanhaling wat egter soos ‘n goue draad deur Perez se relaas loop, is die volgende uitspraak deur William Carlos Williams: “It is difficult to get the news from poems.  Yet men die miserably everyday for lack of what is found there.”

Nou ja, toe. Laat ons fokus behou en nie soos dit die geval is in NP Van Wyk Louw se treffende gedig, Renboot, greep verloor op die vlak waters van Facebook se kitsromantiek nie …

Vir jou leesgerief plaas ek die gedig hieronder.

***

 

Renboot

 

My boot skiet rasend oor die see,

die vrees vlieg soos ‘n wit voël mee:

 

moet hy nie sink as hy gaan staan?

(iets donkers gryp-gryp onderaan).

 

My vaart is wankel ewewig

tussen swart see en hoë lig.

 

© NP Van Wyk Louw (Uit: Versamelde gedigte, 1981: Tafelberg / Human & Rousseau)

 

Louis Esterhuizen. Günter Grass se poëtiese aanval op Israeliese regering

Wednesday, April 11th, 2012

Vroeër vandeesweek het die bekende Duitse skrywer en Nobelpryswenner, Günter Grass (foto), ‘n erg betogende gedig in die Süddeutsche Zeitung gepubliseer wat sedertdien in omstredenheid gehul is vanweë die feit dat dit ‘n onverkwiklikke aanval op die Israeliese regering is. So moes Grass in ‘n opvolgverklaring na aanleiding van die kontroversie verduidelik dat die gedig, “Was gesagt werden muss“, hoegenaamd nie gemik is teen die Israeliese staat nie, maar teen die huidige regering en meer spesifiek hul aggressiewe beleid jeens Iran. ‘n Verdere komplikasie is uiteraard dat Grass ‘n eertydse lid van die gewraakte SS was; tot en met hul ontbinding in 1945.

Nietemin, die volledige debat, met die bydraes deur verskillende rolspelers is vir die gerief van hul lesers deur die Süddeutsche Zeitung byeengebring en kan hier gelees word.

Intussen is dié gedig van Grass binne enkele ure na dit verskyn het, deur Tom Ordelman in Nederlands vertaal en is dit op De Contrabas geplaas, met die volgende regverdiging deur Chrétien Breukers, redakteur van De Contrabas: “Tom Ordelman, bekend van de Facebookvertaalgroep, heeft het gedicht in het Nederlands vertaald. Omdat er copyright op rust, is een publicatie niet toegestaan zonder Grass om toestemming te vragen; we hebben deze regel deze keer omzeild, omdat het origineel overal al opduikt én omdat het gedicht een maatschappelijk geraas en getier op gang bracht en daarom ook interessant is voor Nederlandstalige lezers.”

Of dit ‘n goeie vers is? Mmm, getrou aan die aard van betogende verse is dit ernstig te betwyfel. Maar nou ja, indien daar op bliktromme geslaan word, bestaan daar teen die irritasie helaas geen verweer nie. Of wat praat ek nou?

Vir jou leesgerief plaas ek die gedig hieronder soos dit in Nederlands vertaal is deur Tom Ordelman. Oordeel maar self …

***

Wat gezegd moet worden

Waarom zwijg, verzwijg ik te lang, 
wat voor de hand ligt en in simulaties
geoefend werd, waarbij wij als overlevende
ten slotte op zijn best voetnoten zijn.

Het is het vermeende recht op de eerste aanval,
dat het door een schreeuwlelijk onderworpen
en tot georganiseerde jubel aangestichte
Iraanse volk zou kunnen wegvagen,
omdat in diens machtsbereik de bouw
van een atoombom vermoed wordt.

Maar waarom sta ik mijzelf niet toe
dat andere land bij naam te noemen,
waar al sinds jaren - hoewel geheimgehouden -
een groeiend nucleair arsenaal beschikbaar is,
maar uit de hand loopt omdat het voor 
geen enkele controle toegankelijk is?

Het algemeen verzwijgen van deze feiten, waaraan
zich mijn zwijgen ondergeschikt gemaakt heeft,
ervaar ik als belastende leugen
en dwang die straf in het vooruitzicht stelt
zodra ze genegeerd wordt;
het verwijt “antisemitisme” ligt voor de hand.

Maar nu, omdat men vanuit mijn land,
dat door oereigen misdaden,
die huns gelijke niet kennen, keer op keer 
wordt ingehaald en ter verantwoording geroepen,
wederom en op puur zakelijke gronden, zij het ook
met veel poeha tot restitutie bestempeld,
nòg een duikboot aan Israël
wil leveren, welks specialiteit 
het is allesvernietigende kernkoppen
daarheen te kunnen sturen, waar het bestaan 
van een enkele atoombom niet bewezen is, 
maar waarvoor de angst als bewijskracht moet dienen, 
zeg ik, wat gezegd moet worden.

Maar waarom heb ik tot nu toe gezwegen? 
Omdat ik van mening was dat mijn afkomst, 
waaraan nooit te verontschuldigen blaam kleeft, 
het mij verbood, het land Israël, waarmee ik verbonden
ben en wil blijven, als uitgesproken waarheid 
van dit feit te betichten.

Waarom zeg ik nu pas, 
oud geworden en met laatste inkt: 
De atoommacht Israël is een gevaar 
voor de toch al wankele wereldvrede? 
Omdat gezegd moet worden, 
waarvoor het morgen al te laat zou kunnen zijn; 
ook omdat wij - als Duitsers al genoeg belast - 
toeleveranciers zouden kunnen worden van een misdaad, 
die voorzien kan worden, zodat onze medeplichtigheid 
door geen van de gebruikelijke uitvluchten 
te verontschuldigen zou zijn.

En toegegeven: ik zwijg niet meer, 
omdat ik de hypocrisie van het westen 
zat ben; het is bovendien te hopen, 
dat velen zich van het zwijgen bevrijden, 
de veroorzakers van het herkenbare gevaar 
oproepen om af te zien van geweld en
tevens eisen,
dat een ongehinderde en permanente controle
van het Israëlische nucleaire arsenaal
en van de Iraanse atoominrichtingen
door een internationale instantie
wordt toegestaan door de regeringen van beide landen.

Alleen zo kunnen Israëlieten en Palestijnen,
ja, alle mensen die in deze
door waanzin geregeerde regio
dicht bijeen in vijandschap leven,
en uiteindelijk ook wijzelf worden geholpen.

© Günter Grass in die Süddeutsche Zeitung van 4 April 2012.
(Vertaling: Tom Ordelman, 7 April 2012)

 

Philip de Vos: 15 April 1912

Monday, April 9th, 2012

My obsessies oor die jare het gekom en gegaan: maar een het gebly:

Eers was daar die Little Lulu-comics wat ek so ywerig in die vyftiger-jare versamel het en toe aan my oom Paul geleen het. En toe hy twee weke later weer kom kuier, was dit met ‘n handvol Little Archie-comics wat hy by die Plaza bioskoop by ‘n skoolmaat omgeruil het vir my geliefde Little Lulu. Dit was ‘n verlies wat vir my jare geneem het om te oorkom. Elke paar maande vir dekades lank het ek gedroom dat ek hulle weer terug het, en in my drome het elke comic intussen gegroei tot die dikte van ‘n Statebybel – en hier word ek toe soggens op ouderdom 60 wakker en word ek weereens bewus van my verlies van vyftig jaar tevore.

In 2005 ontdek ek op die internet dat die volledige Little Lulu-reeks na al die jare deur Dark Horse Books herdruk word. En nou, begin 2012 sit ek met 29 koffietafel-volumes van meer as 200 bladsye elk van elke Lilttle Lulu-comic wat ooit gepubliseer is.

Maar nou besef ek dat my drome van destyds skielik êrens heen verdwyn het en ek wonder of dit liewers maar ‘n droom moes gebly het, in plaas van die ongelese volumes op my boekrak.

En dan was daar my obsessie met die films van Federico Fellini en hier sit ek nou met al die DVDs van sy films – behalwe die heel laaste La Voce della Luna wat nog nooit op DVD uitgereik is nie, en dalk is dit beter so, want anders is daar niks meer om oor te droom nie.

Maar die ander obsessie wat nou alreeds 59 jaar met my saamloop is die storie van die Titanic.

In 1953 het ek in Bloemfontein in die heel voorste ry van die Vaudette- bioskoop gesit en gesien hoe Clifton Webb vir Barbara Stanwick tot siens soen en dan saam met sy seun op die dek staan terwyl die skeepsorkes Nearer my God to thee speel voordat die skip wegsak in die dieptes van die Atlantiese Oseaan.

Dit was my eerste kennismaking met die gebeurtenis van 15 April 1912 en van toe af, vir jare lank, het ek elke boek oor die Titanic gekoop, en al die films gesien: A Night to Remember ; S.O.S. Titanic; Raise the Titanic; daarna ’n TV-reeks met en uiteindelik die bekende film Titanic met Leonardo di Caprio.

En in 2008 by die Titanic Artifacts Exhibition in die Science Centre in Londen koop ek ‘n nekhangertjie met ‘n stukkie steenkool uit die Titanic se ruim – die enigste artifak wat toegelaat is om aan die publiek verkoop te word.

En nou is dit April – en op 15 April presies 100 jaar gelede het hierdie weeldeskip met die rykste van die rykes en die armste van die armes op sy nooiensvaart gesink. Nes die Twin Towers-ramp is hierdie sekerlik die grootste ramp wat ons in moderne tye getref het.

En alreeds in 1912 het die eerste vers-bundels verskyn deur mense wat deur die ramp aangegryp is, baie van die gedigte maar vrotserig byna soos dié van die Briels oor die destydse Coalbrook-ramp of die prul wat baie sogenaamde digters op Facebook-blaaie plaas met ‘n kopiereg-teken, net asof iemand hulle braaksels sou wou steel.

Ek wil graag twee gedigte noem. Die eerste is van Thomas Hardy, meer bekend vir sy romanwerke soos Tess of the D’urbervilles en Far From the Madding Crowd.

 

THE CONVERGENCE OF THE TWAIN

(Lines on the loss of the ‘Titanic’)

In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly couches she.

Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhythmic tidal lyres.

Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls — grotesque, slimed, dumb, indifferent.

Jewels in joy designed
To ravish the sensuous mind
Lie lightless, all their sparkles bleared and black and blind.

Dim moon-eyed fishes near
Gaze at the gilded gear
And query: ‘What does this vaingloriousness down here?’…

Well: while was fashioning
This creature of cleaving wing,
The Immanent Will that stirs and urges everything

Prepared a sinister mate
For her — so gaily great –
A Shape of Ice, for the time far and dissociate.

And as the smart ship grew
In stature, grace, and hue,
In shadowy silent distance grew the Iceberg too.

Alien they seemed to be:
No mortal eye could see
The intimate welding of their later history,

Or sign that they were bent
By paths coincident
On being anon twin halves of one august event,

Till the Spinner of the Years
Said ‘Now!’ And each one hears,
And consummation comes, and jars two hemispheres.

 

Dit is tog wonderlik dat daar op die internet deesdae ontledings is van bekende gedigte. Van hierdie een is daar talle met slegs ‘n druk van ‘n knoppie by Google en die woorde: Poem Analysis: The Convergence of the Twain. Miskien is dit ‘n lui manier om ‘n gedig te verstaan, maar dit dien tog ‘n sekere doel.

Selfs ek het op ‘n stadium Titanic in een van my versies ingewerk – maar hier was dit beslis ‘n ligter aanslag en glad g’n gespottery nie, maar wel oor Hans Andersen se Klein Meermin wat baie jaloers geword het toe sy vir Leonardo di Caprio en Kate Winslett op die boeg van James Cameron se Titanic sien staan het.

woorde: Philip de Vos; illustrasie: Piet Grobler

En terloops, van die Klein Meermin gepraat, ‘n klompie jare gelede was ek en Peter in Kopenhagen en volgens die besoekersboek was die meermin-beeld ‘n moet vir alle besoekers. Reisgids in die hand het ons haar in die hawe gaan soek, maar nes die Titanic was daar niks op aarde te sien nie, behalwe ‘n klomp Japannese toeriste wat ywerig foto’s geneem het van ‘n doodgewone rots wat uit die water gesteek het.

Daardie aand moes ons in die plaaslike koerant lees: “Vandale het gisteraand die kop van die beroemde meermin-beeld afgesaag.”

Ja, so is die lewe: party rampe is mensgemaak, ander soos die sink van die Titanic, miskien nie – en ja, my obsessie met die Titanic is nog lank nie verby nie.