Philip de Vos

Philip de Vos: Wolfgang Gottlieb Mozart

Monday, May 14th, 2012
Wolfgang Gottlieb Mozart of Wolfgang Amadeus Mozart. Maak dit werklik saak?
 
What’s in a name?
that which we call a rose
by any other name would smell as sweet.
 
Reeds doerietyd het Juliet hierdie woorde laat een aand op haar balkon in Verona geprewel, en net hard genoeg vir die heer Shakespeare om te hoor en dit gou-gou met ‘n gansveer neer te pen voordat dié woorde die vergetelheid in verdwyn en voordat Juliet kon voortgaan met haar mymeringe.

 En dit laat my tog wonder: was Shakespeare regtig reg? Waarom klink die volgende dan so vreemd?

Daai pienk kakkerlak ruik darem lekker.

teenoor

Ek gril my dood: Daar kom daardie roos alweer. Trap hom pap of spuit hom poegaai met Doom.

So ’n naam-omruilery laat my nogal dink en juis as gevolg van stukkies trivia wat ek gedurende onlangse navorsing oor Mozart op afgekom het.

Mozart is gedoop op 28 Januarie 1756, ’n dag na sy geboorte en in die doopregister in die St. Rupert-katedraal in Salzburg staan die volgende name volgens destydse Katolieke kerkgewoontes in Latyn geskrywe:

Joannes Chrysostomus Wolfgangus Theophilus

 

 

Sy vreemde tweede naam Chrysostomus, verwys na 27 Januarie, die dag van die heilige St. Chrysostom.

Die interessante deel is egter sy laaste naam Theophilus wat vertaal kan word as Geliefde van God en dit is hier waar ons eintlike storie begin.

Skaars 12 dae na Wolfgang se geboorte skryf die trotse vader Leopold aan sy vriend Johann Jakob Lotter:

“Ek moet jou ook inlig dat op 27 Januarie om agtuur in die aand het my geliefde vrou geboorte geskenk. Die nageboorte moes verwyder word en sy was ongelooflik swak. Maar nou, goddank is beide sy en die baba wel. Ons seun se name is Joannes Chrisostomos, Wolfgang, Gottlieb.”

Verskillende name is aan Mozart gedurende sy leeftyd toegeken, maar die naam Wolfgang Amadeus soos ons hom vandag ken was nie een daarvan nie.

Die gebruik van name destyds het dikwels afgehang van die taal.

In Italië was Ludwig von Beethoven, bekend as Luigi von Beethoven en in Frankryk as Louis von Beethoven. Maar ek kan my nie juis indink dat Giuseppi Verdi gedurende die laat negentiende eeu in Engeland miskien bekend kon staan as Joseph Green nie.

Maar hoe het Wolfgang Mozart self sy briewe onderteken?

 

In ’n brief van 31 Oktober 1777 teken hy grappendewys: Joannes Chrisostomus sigismundus Wolfgang gottlieb Mozart en so ook op 14 Februarie 1778 Wolfgang gottlieb Mozart. (Let wel na gottlieb wat met ’n kleinlettertjie geskrywe is.)

 

Wolfgang se eerste briewe is geskrywe in 1770 gedurende sy reis na Italië saam met sy vader. Dikwels was dit slegs ’n naskrif tot een van van sy pa se briewe.

 

 

So sluit hy grappenderwys ’n brief van 10 Februarie 1770 af: Wolfgang in Germania, Amadeo in Italia De Mozartini .

In ’n ander brief noem hy homself sommer: Wolfgang de Mozart, Baron von Hochental.

In ’n brief aan sy suster Nannerl noem hy homself Franz von Bloedneus en in ’n stuitige brief aan sy niggie Maria Thekla as Sauschwanz. Wolfgang Amadè Rosenkranz (5 Nov 1777)

En ook ander onsinnighede kom later voor soos op 31 Januarie 1778 toe hy sy van agterstevoor spel as TRAZOM en in ’n latere brief homself Mozart Romatz noem.

Maar sy heel geliefde tekennaam was Wolfgang Amadè, ’n naam wat hy vir 14 jaar lank vanaf 1777 tot met sy dood in 1791 gebruik.

 

 

Segs in een enkele brief spot hy in ’n naskrif en gebruik hy die naam Amadeus: Johannes Chrisostomus Wolfgangus Amadeus Sigismundus Mozartus

 

 

En lees mens sy laaste briewe van 1790 en 1791 gebruik hy later slegs die enkele woord Mozart en só ook het hy sy heel laaste brief ondertteken.

 

 

Wolfgang het dus in sy leeftyd algemeen bekend gestaan as Wolfgang Amadè Mozart en so staan dit ook in ’n teaterprogram van Zauberflöte in 1791

Herr Wolfgang Amadè Mozart

Kapellmeister und Kammer-Compositeur

 

 

Op 5 Desember 1791 sterf hy en die Doodsregister van die St stephen-katedraal staan daar vir die heel eerste keer geskrywe: Herr Wolfgang Amadeus Mozart

Maar miskien sou hy self maar net soos in sy laaste briewe bekend wou staan as Mozart, maar vandag is daar nes met die name Marilyn en Elvis en Garbo slegs één AMADEUS.

 

 

Hier is ’n versie wat ek ’n klompie jare gelede geskryf het:

 

 

 
WOLFGANG AMADEUS

 

Wolfgang Amadeus

your lovely tunes they play us

everywhere – both near and far

I-pod, concert hall and car.

Can anything be finer

than your little Eine Kleine?

Your years on earth were five times seven.

Bet they play your tunes in heaven.

Meanwhile, buddy – cheerio!

I’ll hear you on my Stereo.

Philip de Vos. Moaner Lisa

Tuesday, May 1st, 2012

As daar een woord is wat my irriteer is dit die Engelse woord SMILE. En hier praat ek uit ’n fotograaf se oogpunt. Wie op aarde dink hy gaan beter lyk net omdat hy tande wys? In Prehistoriese tye was dit in elk geval ’n teken van aggressie. En nie dat ons veel verder as destyds gevorder het as ek ons daaglikse koerante lees nie.
Om te glimlag is g’n kuns nie.

Ek ken ’n sangeres – dis altyd tande-wys, maar kyk bietjie na daai oë – dit staan stokstyf van die gebrek aan emosie. En daar is juis ook oor Nancy Reagan gesê: Her smile is a study in frozen insincerity.

Nee, ek hou van foto’s van mense wat smeul. Waar op aarde kry mens ’n foto van ’n glimlaggende James Dean of Marlon Brando of Greta Garbo?

Smile jy, verdwyn alle karakter. Kyk maar net ’n bietjie na die sosiale kolomme in die plaaslike koerant. Hulle lyk almal so dolgelukkig. Meanwhile, back at the ranch …

En wat van foto’s van ons vroeë Afrikaanse digters?

 

 

 

Eugène Marais lyk soos Max Collie wat jou wil hipnotiseer met daardie slang-oë van hom terwyl Jan F. E. Celliers daarenteen lyk soos iemand wat ek graag as oupa sou wou hê.

Dan is daar natuurlik dié wat wegkyk van die kamera asof hulle diep, diep woorde uitdink: A.G. Visser en Boerneef.

 

 

En D.J. Opperman. Met watter foto sou hy wou hê, moet ons hom onthou?

 

 

En die jonge Loftus Marais? Moet hy smile of smeul?

 

 

Of is ’n upside-down smile soos dié van Joan Hambidge miskien ’n beter opsie?

 

 

Toe ek vandag weer in my bokse rondkrap, ontdek ek ’n Engelse versie wat ek alreeds in 1985 geskryf het, pas ’n jaar nadat my eerste Afrikaanse versies gepubliseer is. En dit was juis deur Roald Dahl se Revolting Rhymes dat hierdie tipe versie geïnspireer is. En ek plaas die versie oor ’n vroumens wat agtergekom het om te smile is beter vir haar image, presies soos dit destyds geskryf is, warts and all:

 

MOANER LISA

Four centuries or so ago

there lived a maid in Florence.

Her conduct filled the Florentines

with loathing and abhorrence.

Her manners were atrocious.

Her manners were quite vile.

She moaned and scowled

the livelong day

and NEVER gave a smile.

She had a double-decker name:

they called her Moaner-Lisa.

To tell the truth - this was a name

that didn’t really please her.

All that anybody saw,

was just her stern exterior.

And no-one in that city knew

that Moaner felt inferior.

Moaner-Lisa had a dream -

she wished that she had fame.

Then everybody in this world

would talk about her name.

(It really is a pity

how parents sometimes name us.

And with a name like Moaner -

could any girl get famous?)

She was a simple-minded girl

who didn’t want prosperity.

The only thing that mattered

was her wish for some posterity

Then she had a bright idea:

I’ll have my picture painted

by Signor L. da Vinci.

With fame I’ll get acquainted!”

(She didn’t look quite half as good

as Marilyn or Bardot

Yet off she marched with angry scowl

to Artist Leonardo.)

He started in the morning,

and painted her all night

but still poor Moaner Lisa

looked an awful, sorry sight.

The reason was most surely

that nasty horrid scowl

that made her look exactly

like a mean old hooty-owl.

“Miss Moaner,” said Da Vinci then,

“Methinks that you should smile.

Otherwise some gentle folk

would surely run a mile!”

“Heigh ho! Hey nonny no!”

said Moaner with a frown.

“I do not want a grinning face

like joker, fool or clown!”

“Prithee, dearest maiden fair,

Pretty, pretty please!

Stretch those lovely lips of yours,

and then you can say: Cheese!”

“No!” screamed Moaner. “I refuse!

I think that I should go

and find another artist then

called Michael Angelo.

He is such a gentleman.

He’ll paint me on a ceiling

And that’s not all –

He’ll paint my scowl

with reverence and feelingl”

Poor Signor L. da Vinci

felt a little bit upset.

He had a funny feeling

that he’d make her famous yet.

Then he thought he’d tickle her

until she screamed and laughed.

But, with a frown, Miss Moaner said:

“Da Vinci! Are you daft?”

So he stood upon his head

and swung from ev’ry rafter.

Hoping that she would collapse

with giggles and with laughter.

He wore a funny face and hat.

He wore an eiderdown.

But all that he could notice,

was old Moaner-Lisa’s frown.

He told her funny stories.

He told her ev’ry joke.

But not one teeny-weeny smile

did any joke evoke.

Then poor old Leonardo thought:

And now for something worse.

So he recited on the spot

four simple lines of verse:

 

“Queen Daisy had a daughter.

Queen Daisy had two sons.

Queen Daisy had some apricots.

And then she had t he runs.”

 

He somehow thought

that Nonsense Verse

was really not her style

But then a great big miracle!

Miss Moaner gave a SMILE.

That smile made her so famous.

and took her to the Louvre,

because of good Queen Daisy

whose bowels once did move.

geskryf: 10 – 11 December 1985

 

En nou moet onse digters maar self besluit, want soos Shakespeare amper gesê het:

To smile or not to smile.

That is the question.

 

 

 

 

Philip de Vos: 15 April 1912

Monday, April 9th, 2012

My obsessies oor die jare het gekom en gegaan: maar een het gebly:

Eers was daar die Little Lulu-comics wat ek so ywerig in die vyftiger-jare versamel het en toe aan my oom Paul geleen het. En toe hy twee weke later weer kom kuier, was dit met ‘n handvol Little Archie-comics wat hy by die Plaza bioskoop by ‘n skoolmaat omgeruil het vir my geliefde Little Lulu. Dit was ‘n verlies wat vir my jare geneem het om te oorkom. Elke paar maande vir dekades lank het ek gedroom dat ek hulle weer terug het, en in my drome het elke comic intussen gegroei tot die dikte van ‘n Statebybel – en hier word ek toe soggens op ouderdom 60 wakker en word ek weereens bewus van my verlies van vyftig jaar tevore.

In 2005 ontdek ek op die internet dat die volledige Little Lulu-reeks na al die jare deur Dark Horse Books herdruk word. En nou, begin 2012 sit ek met 29 koffietafel-volumes van meer as 200 bladsye elk van elke Lilttle Lulu-comic wat ooit gepubliseer is.

Maar nou besef ek dat my drome van destyds skielik êrens heen verdwyn het en ek wonder of dit liewers maar ‘n droom moes gebly het, in plaas van die ongelese volumes op my boekrak.

En dan was daar my obsessie met die films van Federico Fellini en hier sit ek nou met al die DVDs van sy films – behalwe die heel laaste La Voce della Luna wat nog nooit op DVD uitgereik is nie, en dalk is dit beter so, want anders is daar niks meer om oor te droom nie.

Maar die ander obsessie wat nou alreeds 59 jaar met my saamloop is die storie van die Titanic.

In 1953 het ek in Bloemfontein in die heel voorste ry van die Vaudette- bioskoop gesit en gesien hoe Clifton Webb vir Barbara Stanwick tot siens soen en dan saam met sy seun op die dek staan terwyl die skeepsorkes Nearer my God to thee speel voordat die skip wegsak in die dieptes van die Atlantiese Oseaan.

Dit was my eerste kennismaking met die gebeurtenis van 15 April 1912 en van toe af, vir jare lank, het ek elke boek oor die Titanic gekoop, en al die films gesien: A Night to Remember ; S.O.S. Titanic; Raise the Titanic; daarna ’n TV-reeks met en uiteindelik die bekende film Titanic met Leonardo di Caprio.

En in 2008 by die Titanic Artifacts Exhibition in die Science Centre in Londen koop ek ‘n nekhangertjie met ‘n stukkie steenkool uit die Titanic se ruim – die enigste artifak wat toegelaat is om aan die publiek verkoop te word.

En nou is dit April – en op 15 April presies 100 jaar gelede het hierdie weeldeskip met die rykste van die rykes en die armste van die armes op sy nooiensvaart gesink. Nes die Twin Towers-ramp is hierdie sekerlik die grootste ramp wat ons in moderne tye getref het.

En alreeds in 1912 het die eerste vers-bundels verskyn deur mense wat deur die ramp aangegryp is, baie van die gedigte maar vrotserig byna soos dié van die Briels oor die destydse Coalbrook-ramp of die prul wat baie sogenaamde digters op Facebook-blaaie plaas met ‘n kopiereg-teken, net asof iemand hulle braaksels sou wou steel.

Ek wil graag twee gedigte noem. Die eerste is van Thomas Hardy, meer bekend vir sy romanwerke soos Tess of the D’urbervilles en Far From the Madding Crowd.

 

THE CONVERGENCE OF THE TWAIN

(Lines on the loss of the ‘Titanic’)

In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly couches she.

Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhythmic tidal lyres.

Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls — grotesque, slimed, dumb, indifferent.

Jewels in joy designed
To ravish the sensuous mind
Lie lightless, all their sparkles bleared and black and blind.

Dim moon-eyed fishes near
Gaze at the gilded gear
And query: ‘What does this vaingloriousness down here?’…

Well: while was fashioning
This creature of cleaving wing,
The Immanent Will that stirs and urges everything

Prepared a sinister mate
For her — so gaily great –
A Shape of Ice, for the time far and dissociate.

And as the smart ship grew
In stature, grace, and hue,
In shadowy silent distance grew the Iceberg too.

Alien they seemed to be:
No mortal eye could see
The intimate welding of their later history,

Or sign that they were bent
By paths coincident
On being anon twin halves of one august event,

Till the Spinner of the Years
Said ‘Now!’ And each one hears,
And consummation comes, and jars two hemispheres.

 

Dit is tog wonderlik dat daar op die internet deesdae ontledings is van bekende gedigte. Van hierdie een is daar talle met slegs ‘n druk van ‘n knoppie by Google en die woorde: Poem Analysis: The Convergence of the Twain. Miskien is dit ‘n lui manier om ‘n gedig te verstaan, maar dit dien tog ‘n sekere doel.

Selfs ek het op ‘n stadium Titanic in een van my versies ingewerk – maar hier was dit beslis ‘n ligter aanslag en glad g’n gespottery nie, maar wel oor Hans Andersen se Klein Meermin wat baie jaloers geword het toe sy vir Leonardo di Caprio en Kate Winslett op die boeg van James Cameron se Titanic sien staan het.

woorde: Philip de Vos; illustrasie: Piet Grobler

En terloops, van die Klein Meermin gepraat, ‘n klompie jare gelede was ek en Peter in Kopenhagen en volgens die besoekersboek was die meermin-beeld ‘n moet vir alle besoekers. Reisgids in die hand het ons haar in die hawe gaan soek, maar nes die Titanic was daar niks op aarde te sien nie, behalwe ‘n klomp Japannese toeriste wat ywerig foto’s geneem het van ‘n doodgewone rots wat uit die water gesteek het.

Daardie aand moes ons in die plaaslike koerant lees: “Vandale het gisteraand die kop van die beroemde meermin-beeld afgesaag.”

Ja, so is die lewe: party rampe is mensgemaak, ander soos die sink van die Titanic, miskien nie – en ja, my obsessie met die Titanic is nog lank nie verby nie.

 

 

Philip de Vos: Adam Small

Thursday, March 29th, 2012
Nou met die skielike bohaai oor die Hertzogprys-toekenning aan Adam Small vir Kanna hy kô hystoe. het ek gister my kopie van Sê Sjibbolet uit die rak gehaal, Gesprekke met skrywers 2 met Ronnie Belcher se onderhoud met Small, en ook ’n paar vergeelde koerant-uitknipsels toe ek self in 1976 in ’n wit-produksie van Kanna hy kô hystoe opgetree het.

 

 

 

 

  Toe ek Gesprekke met Skrywers2 nadertrek, moes ek eers ’n bietjie stof wegblaas, want boeke op die rak, raak oor die jare vergete en bly alleenlik as décor agter.

In hierdie gesprek wat in 1972 gepubliseer is, praat Small oor die woord kleurling, sy kleurlinggedigte. asook natuurlik oor Kanna.

SMALL: “Ek wil nie te puntenerig wees oor ’n naam nie, maar jy weet ‘What’s in a name’ geld nie orals nie. Dit geld nie hier nie. As sekere mense maar weet hoe seer hulle jou maak deur jou ’n duisend maal ’n dag te oordonder met die klank van die woord ‘Kleurling!’ Jy voel saans vol kneusplekke. Die woord beteken altyd dat jy ’n ánder mens is wat daar ánderkant hoort. Dis ’n vervreemdingswoord. Nou ís ek natuurlik ’n ánder mens en wil dit wees – maar daar is ’n begrip van ’n ánder mens, en ’n begrip van ’n ánder mens”.

En van sy gedigte in ‘kleurling-Afrikaans’, praat hy self va sy patois-gedigte.

SMALL: “Jy weet, mense mag dit verrassend vind, maar my poësie staan my nie so na aan die hart soos my drama Kanna hy kô hystoe nie. Maar, mense wat my werk ken (ek ken dit self nie so goed nie – (miskien ken geen skrywer sy werk baie goed nie), sal weet dat ek heelparty gedigte in ‘gewone’ Afrikaans geskryf is. Van my beste verse, na my eie oordeel is in gewone Afrikaans gekryf… O ja, ek het my al dikwels vervies vir mense wat die patois-gedigte geniet, omdat dit sulke ‘tipiese’ beelde van die ‘Kleurling’ oproep.”

Dan noem hy self dat hy in Opperman se 1968 uitgawe van Groot Verseboek ‘Oppie Parara’ en ‘Doemanie’ sou weglaat en ‘Second Coming’ en ‘Sideshow’ sou insluit. Wat interessant is dat André P. Brink toe wel steeds beide ‘Oppie Parara’ en ‘Doemanie’ in Groot Verseboek 2000 ingesluit het maar ‘Sideshow’ weggelaat het.

Van Kanna hy kô hystoe gepraat:

SMALL: “O ja. Ja, ons kritici se ontvangs van Kanna en ons dramawêreld se ontvangs van Kanna, is vir my nou net mooi ’n bewys dat daar groot skroewe in ons letterkundige wêreld los is. Dié stuk – wat myns insiens die beste werk is wat ek gelewer het en, al sê ek dit nou self, die beste insig ooit gee in ons Suid-Afrikaanse werklikheid en, natuurlik, in ’n deel van die universele werklikheid van die armoede hier by ons… Toe het SUKOVS dit opgevoer, skynbaar met baie groot sukses. Wel, ek kon maar net die koerante lees (en terloops ons Afrikaanse pers in die Kaap was skynbaar onbewus van die toneelgebeure in Bloemfontein – g’n woord daaroor is is in Kaapstad gepubliseer nie.” (1971)

Op Ronnie Belcher se vraag oor letterkundige pryse.

SMALL: “Ek het die indruk dat daar so ’n rat-race aan die gang is in ons letterkunde om die pryse. As jy die prys-uitdelers en die pryswenners so bekyk, is dit duidelk – daar’s ’n intelery te bespeur, iets leliks wat ons geestelike wêreld gebreklik maak.”

In SUKOVS se 1976 program van ’n opvoering van Kanna skryf Small oor die feit dat sy werk voor gesegregeerde gehore opgevoer word:

SMALL: ” Dit is algemeen bekend dat ek uiters beswaar voel deur die feit van gedwonge gesegregeerde gehore. As kunstenaar egter mag ek my werk nie van enige gehoor weerhou nie, omdat ek glo dat kommunikasie van die wese van die kuns is wat met sy eie waardes sal probeer deurdring tot elke soort mens. Aldus stem ek toe dat Kanna hier opgevoer word.”

 

 (Vanaf 1973 tot 1977 was ek ’n vyskutoperasanger en het ek dwarsoor die land in klein, humoristiese operarolle opgetree. In 1976 was daar skielike stilte, en Johan Bernard van SUKOVS-toneel het my genooi om in bogenoemde produksie van Kanna as toneelspeler te kom optree.) Al wat ek nou nog van dé opvoering onthou was dat daar ’n skielike aardskudding in Bloemfotein was en dat ons wit toneelspelers almal buite toe gehardloop het: Babs Laker, Ernst Eloff, Marthinus Basson, Roelf Loubser, Nico Luwes… Dit was 1976 en ons was almal wit, vrolik en naïef.

 Uit een van die resensies: “Only a few among the company became Coloureds. The two guitar players looked typical white students and the girls could have paid a few visits to Ashbury to study appearances and mannerisms.”

Of Adam Small ooit uitgenooi is om hierdie uitvoering in die wit Stadskouburg te kom bywoon nie, sou ek nie meer weet nie. Miskien moet Adam Small maar self die laaste woord hê:

 

 Die poet,

wie’s hy?

Djulle het so baie bek oorie poet,

ma wie’s hy?

 

SMALL: Literêre pryse is nie vir my beskik nie, en ek is ook nie daarvoor beskik nie!

 

 Erkennings:

Gesprekke met skrywers 2 (Tafelberg 1972)

The Friend: Bloemfontein

Program: SUKOVS-produksie van Kanna (1976)

  

 

Philip de Vos: Op die Duineveld van Bloubergstrand

Sunday, March 18th, 2012

 

Ek moet seker weet wanneer om op te hou met my blog-skrywery veral nou dat my vorige blog-inskrywings’n boek geword het en straks beskou kan word as ’n lang egoïstiese monoloog.
 

 

Dit laat my amper dink aan die sopraan Cecilia Wessels se afskeidskonserte wat uiteindelik baie jare geduur het. Maar eendag is eendag dat ek werklik sal moet amen sê, maar tot dan sal ek maar die pot se bodem moet skraap en kyk wat daar nog te skrywe is.

So nou en dan word ek by dames-leeskringe gevra of ek nie dalk liefdesversies skryf nie, en dan kan ek duidelik sien hoe een of twee van die blou-hariges skalks in my rigting loer. En as ek nee sê, word daar ’n gemeenskaplike sug gesug wanneer ek sê dat die onderstaande die naaste is wat ek oor die liefde kan skrywe:

 

Hennetjie, my hennetjie.

Klein vere-kokkenennetjie.

Kiepie, kiepie

kom tog gou

Laat jou vlerke

om my vou.

Dan droom

ons tweetjies

snoesigsag

tot hoenderkaai se nuwe dag

 

Om een of ander rede het ek nog nooit persoonlike versies geskryf nie, die verspottes kom veel makliker en ongelukkig word die volgende versie waarkynlik as my grootse bydrae tot die Afrikaanse letterkunde beskou:

 

 

Hallo, walvis,

hoesie water?

Nat, ou pellie,

sien jou later.

 

Tog is daar een enkele persoonlike versie; ’n versie oor Bloubergstrand; ’n versie waarvoor ek liewer onthou sal wou word.

Maar die versie het ook ’n aanloop:

 

 

Net enkele van my vriende ken die ware storie. Vir die ander is die tien reëls sekerlik genoeg.

 

 

En dan is daar die pragtige toonsetting wat Albie Louw van hierdie versie gemaak het.

Vir dié wat dalk lus het om te luister, hier is ’n YouTube insetsel met my as sanger en Ean Smit as pianis. Tik net op die volgende skakel:

 

 

 

 http://www.youtube.com/watch?v=tM0z_OXwHqg&feature=youtube_gdata

Kop op ‘n Blok

Monday, February 27th, 2012

Philip de Vos se bloginskrywings, plus ander artikels en versies wat hy oor die jare geskryf het, is nou ‘n boek en word by die Woordfees bekendgestel in ‘n program van vertellings, foto’s, voorlesings en sang deur Philip de Vos self.

plek: Boektent - 5 Maart om  17:00     toegang R50

Philip de Vos. Sewe dae by die Liebersteins

Wednesday, February 15th, 2012

(tik op prent om te vergroot)

woorde: Philip de Vos

illustrasies: Lorcan White

Philip de Vos. Hoe vertaal mens ‘n Mozart-brief?

Friday, January 27th, 2012

 

Vandag, 27 Januarie, is Mozart se verjaarsdag.

 

 

Mozart – volgens baie – vir my inkluis, is die grootste komponis ooit.

Mozart, van wie gesê is:

God needed Mozart to let himself into the world. – uit Peter Shaffer se toneelstuk Amadeus.

Mozart is happiness before it has gotten defined – Arthur Miller.

I believe in God, Mozart and Beethoven – Richard Wagner.

Mozart is the greatest composer of all. Beethoven “created” his music, but the music of Mozart is of such purity and beauty that one feels he merely “found” it – that it has always existed as part of the inner beauty of the universe waiting to be revealed. – Albert Einstein

Maar daar is ander wat anders dink: If a man tells me he likes Mozart, I know in advance that he is a bad musician. – Frederick Delius.

 

 Oor die jare het heelwat persone probeer om die Mozart-briewe te vertaal – veral in Engels en Frans, en elke keer het die vertalers by sekere probleme vasgesteek.

In haar inleiding tot die eerste uitgawe van haar bekende The Letters of Mozart and his Family (1938) sê Emily Anderson: “It should not be necessary to offer any apology for an English edition of letters of Mozart and his family. The only existing translations – are to be found in two collections, one by Lady Wallace (1864) and the other by M.M. Bozman (1928)”

 

 In 1864 noem Lady Wallace: “Though the essential substance of the letters has already been made known by quotations from biographies by Nissen, Jahn and myself, still in these three works the letters are necessarily not only given very imperfectly, but in some parts so fragmentary, that the peculiar charm of this correspondence – namely the familiar and confidential mood in which it was written at the time – is entirely destroyed.”

En Max Kenyon in sy 1956 A Mozart letter Book voeg by: “All editors have to face the impossibility of printing Mozart’s letters as they were written: What about Mozart’s made-up languages, partly vulgar but amusing, childish and partly a sort of code? And what about the misspelling and backward spelling when in high spirits?

En veel later kom Robert Spaethling se Mozart’s Letters, Mozart’s Life (2000)

 

 ”Young Mozart never had any formal education: his only teacher was his father, who instructed him and his older sister in music, history, German and probably some Italian, French and Latin. This lack of schooling is evident in Wolfgang’s prose, especially in his early years, when the teenager wrote letters to his sister with little concern about language and spelling. In this new translation, I have striven to bring out Mozart’s own voice and diction … and even his phonetic spelling.”

Met vier verskillende vertalers word dit tog interessant om vertalings van dieselfde brief te beskou:

Een van die heel eerste briewe van die jong Mozart was in Januarie 1770 toe hy en sy vader Leopold deur Italië getoer het:

 

 Hier is hoe Lady Wallace dit in 1864 vertaal:

“The opera at Mantua was very good. They gave Demetrio. The prima donna sings well, but is inanimate, and if you did not see her acting and only singing, you might suppose she is not singing at all, for she can’t open her mouth and whines out everything, but this is nothing new to us.”

Emily Anderson in 1938, se vertaling is min of meer dieselfde:

The opera at Mantua was charming. They played Demetrio. The prima donna sings well, but very softly …

Dan egter kom daar probleme. Destyds tussen opera-bedrywe is selfs ballet-uittreksels bygevoeg of anders hansworsery wat so ’n teateraand etlike ure laat duur het. So byvoorbeeld word Mozart se beskrywing van ‘n hanswors-toneel deur Lady Wallace vertaal:

“There is a grotesco who jumps cleverly, but cannot write as I do – just as pigs grunt.”

Emily Anderson in die 30’s praat van: “A grotesco was there who jumps well, but cannot write as I do, I mean, as sows piddle.”

Robert Spaethling in die jaar 2000 kon dit seker nader beskrywe as enige van die ander: “There was a grotesco dancer who can’t write like me: as pigs piss.”

Later word die grotesco danser weereens deur beide Anderson en Spaethling genoem, maar in die laat 19de eeu was mense blykbaar ordentliker as dié van vandag en word die volgende toneel heeltemal verswyg en uit Lady Wallace se vertaling gelaat.

Hier is hoe Emily Anderson dit beskrywe:

“The orchestra was not bad. In Cremona it is good. The first violin is called Spagnoletto. The prima donna is not bad; she is quite old, I should say, and not good looking.”

Hier is Spaethling se vertaling van wat tussen bedrywe op die verhoog plaasgevind het.

Ook hou Spaethling hom by die oorspronklike gees van die briewe, spelfoute en al soos die veertienjarige Mozart dit beskrywe het:

“The opera in Mantua was nice, they played Denetrio, the prima Dona’s singing is good, but too soft, and if you didn’t see her act with her hands but only hearde her sing, you would think she is not singing at all becaus she doesn’t open her mouth and just whines everything out very softly, but this sort of thing is nothing new to us …The Orcchestro was not at all bad. The Cremono orchestro is good, the first violinist is called Spangoletto. The prima Dona not bad, pretty old I think, and unattractive, and doesn’t sing as good as she acts… A grotesco dancer was there as well; he let out a fart each time he jumped.”

Hierdie was een van die heel eerste briewe van die jong Mozart geskryf in 1770, en vir my is Spaethling se Engels seker die naaste aan hoe Mozart geskryf het en en word hy met al sy gebreke ’n mens van vlees en bloed.

 

 Nóg Anderson, nóg Spaethling verswyg Mozart se vulgariteite, veral in die briewe aan sy niggie Maria Thekla – ook bekend as Bäsle. En vir diegene wat dink dat die Mozart-vulgariteite in die film en toneelstuk Amadeus oordrewe is, kan gerus die Spaethling-vertaling gaan lees, en besef dat Schaffer tog na aan die waarheid gekom het.

 

 ’n Hoogtepunt van my 2½ maande toer deur Noord-Amerika was toe ek vir Robert Spaethling en sy vrou Ellen kon ontmoet.

Alles was blote toeval: ’n Paar jaar gelede begin ek gesels met ’n jong Amerikaanse skrywer Troy Ygnacio Soriano in die stoomkamer by die Virgin Active gym in Groenpunt, en toe hy my tuis besoek, sien hy die Spaethling-vertalings tussen my Mozart boeke. “I know him. He is the gentleman whom I saw in a shopping mall in San Francisco and then helped when he had problems with his cellphone.”

En so het ’n e-pos korrespondensie tussen my en Robert Spaethling begin. Ek het hom vertel van my novelle Tot siens Tommasino oor die 1770 vriendskap tussen Mozart en Thomas Linley en het hom my ongepubliseerde Engelse weergawe bloot vir sy eie genot gestuur. En hier is hoe hy dit beskryf het: “A love story without sex. Two wunderkinder in search of their own humanity.”

Op 28 September 2011 het Peter en ek by San Francisco se Ferry Building vir Robert Spaethling en sy vrou Ellen gewag. Hoe sou ons mekaar herken? Ek sou ’n rooi hemp dra, en hy ’n kierie en ’n strooihoed.

 

 Vir twee uur lank het ons gepraat en was ek bewus van die warm hand van ’n tagtigjare wat myne vashou. En met die weggaan het hy vir my gesê: “Leb Wohl! I know we will never meet again.”

Vir Robert Spaethling en Ellen sal ek onthou lank, lank nadat ek Old Faithful en Mount Rushmore vergeet het. En dit alles te danke aan Troy Soriano toe hy die Spaethling-vertalings van die Mozart-briewe op my rak gesien het.

 

Philip de Vos: Ons volksplanting (die ware verhaal)

Wednesday, January 11th, 2012

 

 

 

Gister het ek weer in dose rondgekrap, en skielik was dit weer Maart 2002 – ’n Maand wat ek miskien liewers sou wou vergeet.

 Vir ’n hele paar jaar lank het Piet Grobler en ek ’n strokie op De Kat se agterblad gehad en daarna van 1999 tot 2002 in Insig. Elke maand het ek ’n strokiesteks van 28 reëls geskryf – altyd in rym, en daarna was ek dikwels verras om te sien hoeveel stoutighede die wonderlike illustreerder Piet Grobler by my stories bygevoeg het.

En toe gebeur dit – een middag word ons genooi vir middagete by ’n restaurant naby die Mouillepunt-vuurtoring en deel die redakteur van Insig ons mee dat die strokies nie meer sou verskyn nie. Die rede was dat my tekste te eenvormig geword het: te veel geslagsdele en te veel toilethumor.

Om een of ander rede het hierdie nuus my destyds baie onkant gevang met die besef dat my werk nie meer goed genoeg is nie. Omdat ek partykeer reken dat dit my kreatiwiteit is wat my aan die gang hou, was dit  die sneller vir ’n terugkerende depressie wat my vir ’n week in die hospitaal laat beland het – alhoewel ek dit destyds aan niemand behalwe Piet Grobler erken het nie.

 In ’n laaste desperate poging het ek ’n nuwe strokiesteks geskryf, hopende dat ek sou kon voortgaan, maar weer is ek meegedeel dat dit nie kon nie – dit was studentikoos, vol rassisme, afbrekend vir die vroulike geslag en daarby veels te lank – vier keer langer as enige strokiesteks wat ek ooit geskryf het.

 Gister ontdek ek weereens die teks waarvan ek so lankal al vergeet het. En ek lag vir my eie grappies; vergeet van die week in die hospitaal en besluit om dit pens en pootjies, net soos dit destyds geskryf is op my blog te sit.

 Piet het nooit ’n kans gehad om dit te illustreer nie, en nou het ek maar sommer ’n paar foto’s net vir die lekkerte bygevoeg:

  

 

1651 (DIE WARE VERHAAL VAN ONS VOLKSPLANTING)

 

Deel Een

DAAR KOM DIE ALIBABA

 

 Drie en ‘n halwe eeu gelede

was die Kaap reeds nes die hede

met kullery en vloekery

korrupsie en gekroekery.

 

 

Die V.O.C * sê: Dis ons plig

om daar ‘n halfwegpos te stig

min wetend dat die K.A.K. *

ook planne had vir Afrika.

Vir hulle klink dit goed en juis

die plek vir ‘n casino-huis.

‘n Jaar eer met die Dromedaris

vanuit Nederland gevaar is,

het die Alibaba-skip

vroeg reeds suidwaarts weggeglip

met Jan van Skeurbuik - kommandeur:

(‘n groot gekonstipeerde heer)

plus vroulief: Meraai Kwellery

bekend vir kla en skellery)

 

 

Daar was ook kêrels vol bravade:

veral neef Wolraad Marmelade

Ook J.B.* plus nog tagtig manne

met yslikgroot casino-planne.

 

*(1) Vereenigde Oost-Indische Compagnie

 *(2) Korrupte Amsterdamse Komplotters

*(3)Jan Blom – 17de eeuse digter ook bekend as B.B.

 

Deel Twee

WAAR OU TAFELBERG SE KOP …

 

Op die skip vol dobbeltafels

bak neef Wolraad koek en wafels.

En maak ou J.B. simpel rympies.

(Word iemand seesiek sê hy: “Sjympies!”)

 

 

‘n Berg net soos ‘n tafeltop

rys vroeg-Maart uit die see uit op

en gee Van Skeurbuik sewe suggies,

want hy sien reeds casino-liggies.

 

 

Meraaia moan slegs: “Wee, o wee!

Wie’s dié verwelkomskomitee?”

Sê Van Skeurbuik: “Dis die sotte

Gerrie plus sy Snottentotte

met spraakgewoontes bra onkies:

Na elke sin word daar genies!”

 

 

En J.B. val toe byna flou

toe hy ‘n fraaie vrou aanskou.

Sy was beboud dog goedbehoue,

en heet alleenlik Krakatoa.

Van Skeurbuik was gevul met hoop

toe Gerrie hom die Berg verkoop

in ruil vir twak plus koperdraad

(‘n kullery? Ja, inderdaad!)

En Wolraad koop summier ‘n donkie

van ‘n Snottentotteklonkie.

Bileam het hy geheet

(‘n naam om nimmer te vergeet.)

 

Deel Drie

BOLANDSE NOOIENTJIE

 

Dié nag is daar maar min geslaap,

want vreemde klanke vul die Kaap:

Leeugebrul dryf op die bries

gevolg deur Snottentot-genies.

Neef J.B. het maar min gerus.

Hy’t grote planne, ja gewis.

‘n Dobbelplek bo-op die berg.

Ja, daarin glo die ou glo erg.

Sy droom? ‘n Lang-lang foefieslaaid.

en neurie hy: Here Comes the Bride.

oor darie liewe vrou der vroue:

die groot van agter – Krakatoa.

Een dag weet hy die tyd was ryp

toe hy haar agterstewe knyp.

 

 

Sy nies ‘n nies en gil toe EINA!

Sê J.B. gou: “Dit rym met BYNA!”

Sug Skeurbuik toe: “Dis glad geen pret

en wragtag teen die Ontugwet!

Jy weet tog goed dis soort soek soort.

En elk moet bly waar hy behoort.”

Aldus is J.B. (arme man)

na Robbeneiland toe verban

waar hy vir jare skoon en rein was

net oor sy droomvrou glad te bruin was!

 

Deel Vier

BY DIE RUWE KAAP VAN STORME

 

Maar - gou vergeet die ander manne

van hul groot casinoplanne;

lê heeldag in die son en braai

gaai-omhoog by Sandy Baai.

 

 

En Wolraad M. sit aangeklam

en snoesig langs sy Bileam.

Die Snottentotte het geween.

Hul twak was op; hul berg was heen.

En Krakatoa proklameer:

“My man is weg. My hart is seer!”

Toe’t Gerrie skielik boos geraak:

“Nou neem ons Snottentotte wraak!”

Met enkelringe wat bly klingel

het hul die wittes snel omsingel.

Toe gee die spul een GROTE nies!

Van Skeurbuik sê: “Nee wragtag, sies!!”

 

 

Meraaia moan: “Ek raak skoon gek.

Als, ja áls is snot-bedek!”

En almal was gewis oorstelp,

want skielik sê die donkie: “Help!”

 

 

Die dag daarna seil almal weg.

Vol griep en voel hul blerrie sleg…

En toe – presies twaalf maande later,

kom Jan van Riebeeck oor die water

En dít is hoe ons volk geplant is

en hoekom ons nog steeds astrant is.

 

 

 

Philip de Vos. Die Huis wat verdwyn het

Sunday, January 1st, 2012

 

Vroegoggend op Kersdag bel Deon Knobel my: “Het jy gehoor? John Kannemeyer is dood.”
En onmiddellik daarna gaan soek ek deur my ou negatiewe na die foto’s ek destyds van Kannemeyer geneem het, want ek het goed en wel besef, môre kry ek alweer ’n telefoonoproep van Die Burger se kunsblad oor my foto’s van ’n bekende wat dood is. En hierdie keer spring ek hulle voor en stuur dit sommer self.
Toe plaas ek sommer terselfdertyd die foto van John op my Facebook-bladsy met die woorde: J.C. Kannemeyer1939 – 2011

En kort daarna gee die eerste mense alreeds kommentaar. En so gooi elkeen sy of haar stuiwer in die armbeurs, dié wat met bewondering praat en met twee siniese opmerkings van die kunstenaar Clare Menck.

En met die terugplaas van die negatiewe van John Kannemeyer in hulle lêer, kry ek ’n bladsy wat sê: Dicky en Marikie - 4 April 1976.

En skielik besef ek, dit is nie net ’n bekende, wat ek gefotografeer het, wat uit my lewe weg is nie, maar twee vriende saam met wie ek 35 jaar gelede besluit het om in die Volkswagen te klim en te gaan foto’s neem.

En ek onthou dié herfsdag nog goed: Ek was steeds in my dertigs en hulle twee seker in hulle twintigs. Ons was jonk. Ek het ’n kamera gehad. Marikie ’n sak vol kostuums. En Dicky ’n snorretjie en loshangende syhemp – ‘n Jack Sparrow van die laat 70’s.

Ons was in Kaapstad en op pad êrens heen; en het self nie geweet waarheen nie.

Oorkant die ingang tot Kirstenbosch was ’n klipkerkie met verlate grafstene en grys graspolle. Marikie met ’n lang rok en ’n somerhoed, het rondgedwaal en na die verslete naamskrifte op die grafte gekyk; toe haar hoed eenkant toe gegooi en agter ’n graf gaan kniel vir die eerste foto’s van die middag.

 

 

Toe reeds was daar vir my ’n soort vreemdheid wat ek nie kon plaas nie.

 

 

Met die Volkswagen, oor Constantianek al met die pad langs na Houtbaai toe.

Langs die pad – die mure van ’n verlate huis, sonder deure, sonder vensters. Takke lê in die kamers rond, maar daar was ’n ligtheid terwyl Marikie weereens vir foto’s poseer met haar somerhoed in haar hand.

 

 

Foto’s geneem, ry ons oor Chapmanspiek na Noordhoek se kant toe. Wit perde wei rustig eenkant langs die pad. Ons ken die pad nie, en ry sommer net. Die teerpad word ’n sinkplaat-grondpad. Daar is donker bome alkant en weereens ’n leë huis met ’n groot nommer 17 op die voordeur geverf. ’n Ou sofa sonder stoffeersel staan op die stoep. Planke hout lê rond en ’n malvaplant sukkel teen die ogiesdraad op.

 

 

Marikie knoop ’n tulband om haar kop. Die kolletjiesrok van die kerkhof en die murasie het nou plek gemaak vir ’n gewaad met allerhande blink borduursels om die moue en om die loshangende soom.

 

 

Die binnekant van die huis het ’n soort donkerte. Op ’n houtrak lê leë bottels en verroeste blikke. ’n Heuningkleur strook hang van die plafon met ’n leërskaar dooie vlieë wat in die klewerigheid vasgevang sit. En eenkant op die vloer: ’n speelkaart onderstebo.

Dicky poseer by die oop deur waar iemand met wit kryt Peter bly Peter geskryf het.

 

 

Marikie leun oor die kombuisdeur met ’n bakpoeierblik in die hand met Dicky wat die speelkaart bokant haar kop hou.

 

 

Eenkant by raamlose venster staan ’n lendelam tafel. En hier het Marikie weer vir my poseer.

 

 

Toe ek op Kersdag die negatiewe langs dié van John Kannemeyer opspoor was daardie vreemde dag amper vir my soos gister.

En toe kom ek ook skielik agter hoeveel duisende foto’s ek oor die jare afgeneem het, maar nooit afgedruk het. Van daardie middag, slegs twee of drie. Deesdae met digitale kameras is dit so maklik om jou foto’s op die rekenaarskerm te beskou. Toe kon ek alleen maar die swart en wit negatiewe teen ’n lig ophou, en my dan indink hoe dit as foto-afdruk sou lyk. Om elke liewe foto wat ek ooit geneem het, af te druk, was in elk geval gans onmoontlik.

Maar gister met die ontdek van die negatiewe, verlang ek na Dicky, verlang ek na Marikie; verlang ek na die dae toe ons nog almal jonk en vol lag was.

Dicky het ek maar slegs eenkeer die afgelope tien jaar gesien. Marikie seker 25 jaar gelede. Maar êrens in my telefoonboek was hulle name tussen baie ander.

En toe ek vir Dicky bel en van die foto’s vertel, vra hy my: “Onthou jy nog die huis wat verdwyn het?” En met die tot siens sê, vra hy my: “Wanneer sien ons mekaar weer?”

Daarna was dit Marikie se beurt. Toe ek destyds gehoor het dat sy nie meer in Johannesburg woon nie, maar weer in die Wes-Kaap, het ek gedink – wonderlik! ’n Vriendskap kan weer voortgesit word. Maar selfs nou - na al die jare in die Kaap, is sy steeds maar net ’n adres in my boekie.

Toe ek haar bel en van die foto’s vertel, vra sy my: “Onthou jy die huis wat verdwyn het?” En toe ek vra wanneer ons mekaar weer sien, sê sy dat sy my eendag sal bel as sy weer in stad toe kom.

En voor ek tot siens sê, vertel ek haar dat die foto’s wat ek van haar geneem het, deel van my foto-essay Die Reis geword het, en dat sy een van die Wyse Vroue in dié foto-reeks geword het. “’n Wyse vrou?” het sy oor die foon gevra, en ek kon ’n bietjie twyfel in haar stem gewaar.

’n Maand na die foto’s van 4 April 1976 het Karel Schoeman Kaapstad besoek en soos gewoonlik het ek hom weer rondkarwei, want hy dit tog reeds destyds al aan my gestel dat dit die enigste rede was waarom ons vriende is.

En ek het hom van Dicky en Marikie en van die huis vertel en voorgestel dat ons Noordhoek toe ry, en op pad kan ek sommer foto’s van hom ook neem.

En ja, op pad het ek wel ’n murasie ontdek, van wat seker eenkeer ’n kerkie moes gewees het en hier het ek vir Karel afgeneem in ’n leë saal met ’n gebreekte sambreel wat om een of ander onverklaarbare rede verflenterd eenkant gestaan het.

 

 

En later daarna in ’n eenkantkamertjie met ’n gat in die dak, en ’n deur met ’n yslike kraak.

 

 

Waarom ek juis destyds so gefassineer was met leë huise, en waarom ek mense daar wou afneem weet ek tot vandag toe nie, want ek het dit nog nooit ontleed nie, en wil ook nie weet waarom nie.

 

 

Na die foto’s in die leë kerkie het ek en Karel Noordhoek toe gery. Die teerpad het ’n sinkplaat-grondpad geword. Daar was donker bome alkant en by die draai waar nommer 17 ’n maand tevore gestaan het, was daar nou absoluut niks. Nie ’n enkele verlate baksteen nie, nie ’n verrotte plank nie – slegs lang gras waar ek ’n maand tevore vir Dicky en Marikie afgeneem het. “Die huis het verdwyn,” was al wat ek vir Karel daardie middag kon sê. “Die huis het verdwyn.” En dit is presies wat ek glo daar gebeur het.

En ek onthou nog goed hoe Dicky in later jare aan my gesê het: “Daardie dag was tog vreemd. Daar het jy my afgeneem by ’n deur wat sê: Peter bly Peter. Met wat later met my gebeur het, klink dit vir my soos ’n soort voorbode? Ek sal seker nooit weet nie.”

As ek nou daaraan dink, was dit tog ’n vreemde dag: Marikie wat kniel agter ’n grafsteen. Later Marikie met ’n speelkaart wat bokant haar kop gehou word. Destyds nog was ek gefassineer met die lees van kaarte en het selfs die Tarot bestudeer. Maar op ’n dag het ek besluit, dat ek nie daarmee wou voortgaan nie. Ek het gevoel dat hierdie gawe maar liewers weggebêre moes word.

Ja, tot gister, kon ek nie van die negatiewe uitmaak watter soort kaart dit was wat Dicky vasgehou het nie. Met die negatief teen die lig gehou, het ek eers gedink dit is die tien van Hartens, maar toe ek die negatief skandeer, merk ek dat dit eintlik die tien van Skoppens was.

Het dit enige betekenis gehad? Deesdae met die internet waar mens deur die druk van ’n knoppie alles kan uitvind, het ek getik: “What does the ten of Spades signify?” en hier is een van die antwoorde wat ek gekry het: “It could just mean that something is coming to an end.”

En skielik besef ek dat daar tog miskien iets waar kan wees: Drie vriendskappe van destyds het aan ’n einde gekom en bestaan nie meer soos dit destyds was nie. Drie persone het dié dag nes daardie vreemde huis op een of ander manier uit my lewe verdwyn: Dicky en Marikie en Karel Schoeman.

(Tik op hierdie skakel vir die foto-essay Die Reis met Marikie as een van die Wyse Vroue): 

 
 
 
 

 

Philip de Vos: Phil du Plessis en die oue Nefertiti

Tuesday, December 20th, 2011

 Deur my eie tegniese lompheid het ek hierdie bloginskrywing wat alreeds op die Versindaba-blad verskyn het uitgevee, en voordat dit vir ewig en altyd in die kuberruim verdwyn, gee ek dit ’n nuwe titel. 

 Vroeg-oggend op die 28ste kry ek ’n e-pos van Deon Knobel.

Die digter, Phil du Plessis vanoggend in Constantiaberg Hospitaal, Kaapstad, oorlede na maande se swak gesondheid. Begrafnisreëlings by Constantiaberg Funeral Home, 0216712400. of 0836536536.

Niks verder nie, net dié paar woorde.

En nou is dit maar net my eie herinneringe waarop ek moet staatmaak. Phil du Plessis se dubbelverdiepinghuis langs die treinspoor naby die Kalkbaaihawe. Die geluid van treine sommer naby en die see daar ver onderkant. See en donker rotse. Skilderye en kunswerke oral in die skemer huis; ’n viool êrens in ’n donker hoekie en een van my versies wat ek op die graffitimuur in sy toilet gekrabbel het.

En verder – klein stukkies onthou van ’n persoon wat ek glad nie geken het nie, maar wel een of twee keer by Deon teëgekom het.

En toe ek vanoggend deur my ou negatiewe krap, kom ek agter dat ek wel vir Phil tweekeer gefotografeer het en tog kan ek niks verder onthou nie.

 

 Waaroor het ons gesels? Defintiief nie oor die poësie nie, want ek het nog al die jare van dié onderwerp weggeskram. Dit is sekerlik die rede dat ek nie werklik kunstenaars of skrywers of sangers onder my intieme vriendekring tel nie, want dis makliker (en lekkerder) om met my vriend Rob Kirsner na die Hollywood-musicals van die veertigs op die groot platskerm TV te kyk as om die jongste Breytenbach-bundel met ’n slim iemand te bespreek of dalkies oor Natalie Dessay se jongste opera DVD. Ek is ’n pleb en ek weet dit.

Dit was een aand in Milnerweg, Tamboerskloof by Roy Allen se huis.

Tussen die ander partytjiegangers het ek vir Phil du Plessis langs ’n ou dame sien sit: ’n Nefertiti soos sy straks in haar laat-sewentigs sou gelyk het. En soos soveel kere daarvoor en daarna vergeet ek alle ordentlikheid en gaan praat ek met Phil (vir wie ek glad nie geken het nie) en sê dat ek graag foto’s van sy metgesel wou neem. Later verneem ek sy is Fania Pocock en ’n skilder

Op hierdie manier het ek ook later vir die kunstenaar Beezy Bailey in die Virgin Active gym sommerso in die stoomkamer gesê: “Ek neem foto’s.” Die direct approach werk nogal partykeer alhoewel ek nie werklik voor op die wa is nie. En Beezy Bailey het toe wel ja gesê vir ’n foto wat toe later in my fotoboek Milieu verskyn het.

’n Ruk daarna is ek toe op pad Kalkbaai toe om Phil se vriendin af te neem. En later dié dag het ek toe wel vir hom ook afgeneem, want op my ou negatiewe is haar nommers op een strokie nommers 21 en 22 en syne nommers 25 en 26 en dit is alleen uit hierdie negatiewe wat ek die volgorde van dié middag kan uitpluis.

 Phil het my na haar woonplek geneem en in plaas van ’n ateljee vol esels en olieverf en die reuk van terpentyn neem hy my na ’n klein beknopte kamertjie in ’n ouetehuis; ’n onopgemaakte bed en eenkant op ’n leunstoel sit sy alreeds vir my en wag met ’n eksotiese tulband op haar kop; goue kettings en oorbelle en ringe en ’n sterborsspeld.

 

 In haar kamertjie in die ouetehuis het sy vir oulaas geglinster en moes ek my foto’s neem teen ’n grys-spikkelmuur. En voor ek wou huis toe gaan, het sy ’n kaslaai oopgetrek en ’n foto uitgehaal: “That was me when I was young and beautiful and still an artist.”

 

 Sy het nooit my foto’s gesien nie, en ’n maand daarna verneem ek dat sy oorlede is.

Fania Pocock se foto’s het tussen ander negatiewe in plastiese lêers beland en in 1978 vra Johan Bernard van SUKOVS-toneel of ek nie van my foto’s in die Sterrewag-teater bo-op Naval Hill in Bloemfotein wil kom uitstal nie.

Binne ’n week het ek ’n uitstalling uitgedink. Tussen my menige negatiewe het ek foto’s ontdek van vrouens wat ek oor die jare geneem het en so het die idee vir my foto-reeks Die Reis ontstaan. ’n Reisiger is in ’n woud op pad êrens heen. Waarheen weet hy self nie: En dit is deur drie Wyse Vroue dat hy hy uiteindelik die antwoord ontvang, en uitkom waar hy begin het.

 

 En in my donkerkamer het Fania ontsnap uit haar laaste vier mure en in ’n woud antwoorde probeer gee op vrae waarvoor daar geen antwoorde was nie.

Die hele reeks kan bekyk word deur op die volgende skakel te tik.

 http://www.facebook.com/media/set/?set=a.39275863173.51893.636813173&type=1&l=4eda4bc94a

 En voor ek vergeet – later dié middag het ek toe ’n klompie foto’s van Phil du Plessis ook geneem, maar dié foto-nemery is al lank vergete, maar Fania Pocock aan wie hy my voorgestel het, sal ek deur my foto-reis nog baie lank onthou.

 

Philip de Vos. Daar is maar baie min van ons oor

Monday, December 19th, 2011

 Elke keer wanneer ek ’n telefoonoproep van Laetitia Pople van Die Burger se kunsblad kry, is my eerste vraag gewoonlik: “Wie is nou weer dood?” En ek is gewoonlik reg ook.

 Oor die jare het ek baie dikwels foto’s van skeppende Suid-Afrikaners geneem. Waarom weet ek self nie. ’n Vriend het die ander dag suggereer: “Miskien is dit maar net ’n subtiele manier van names-dropping.” Maar ek hoop tog dit is nie regtig so nie. As ek dink aan my intieme vriendekring, het ek selde kunstenaarsvriende van watter aard ookal. Dit is vir my veel makliker om soos ’n soort groupie dié mense van ver-af te beskou.

Dit het reeds begin toe ek die wêreld-beroemde skrywer Mary Renault afgeneem het. Ek het haar werk leer ken deur The Charioteer van 1953 – een van klassieke romans van die vorige eeu. Toe ek hoor dat sy in Kaapstad woon, het ek my skaamheid in my sak gesteek en het ek ’n brief geskryf en gevra of ek haar kon fotografeer en dit is ook sy wat my later die grootste kompliment oor my fotografie gegee het: “You are the first photographer who ever made me relax.”

En hierdie woorde was seker omdat ek nooit ’n groot bohaai maak as dit by my fotonemery kom nie. Dit is maar net ek en die persoon en ’n kamera. Niks meer nie – g’n driepote of beligting nie. Dit is maar seker omdat ek eintlik niks van die tegniese sy van fotografie weet nie. Toe ek jare gelede onderwyser was by Cape Town High was ek ook in beheer van die kameraklub. Een seun met ’n peperduur Hasselblad was g’n fotograaf nie, een met ’n goedkoop Instamatic het die mees sensitiewe foto’s geneem. Op die ou end is dit die oog wat die belangrikste is en nie die feit of jou digitale kamera 20 miljoen pixels het nie.

En dit was nog altyd my werksmetode: ek neem selde net portretstudies, want soos Freda Linde eenkeer vir my gesê het: ’n Mens is nie net ’n kop en skouers nie; daarom neem ek mense in hulle eie milieu af en gebruik net natuurlike lig. En Milieu het dan ook die uiteindelike titel van my foto-boek geword.

Die ander dag kom kuier Michael Bubb, ’n nuwe vriend wat ek deur joga-klasse leer ken het, by my. Hy het nog nooit my foto’s gesien nie, en toe ons deur Milieu blaai kom ek agter hoeveel van die mense wat ek oor die jare afgeneem het alreeds vanaf 2006, toe die boek gepubliseer is, oorlede is:

Dit is seker nie die vrolikste manier om ’n blog van 2011 af te sluit nie, maar daar is tog ’n klompie skeppendes wat ek sal onthou, al is dit maar net deur die foto’s wat ek van hulle geneem het.

Die een foto wat altyd reaksie kry, is dié van Al Debbo en meer mense word daardeur beïndruk as oor die foto van Chris Barnard die hartsjirurg of dié van Breyten Breytenbach. Meer mense ken seker Al Debbo se Hasie as een van die gedigte uit Die Ysterkoei moet sweet.

 

En dit was juis Al Debbo wat reeds vroeg in my hart gekruip het in die veertigjare oor sy films met Frederik Burgers. En ek onthou nou nog hoe teleurgesteld ek was dat ek nie destyds Die Kaskenades van Dokter Kwak kon gaan sien nie, want daar was ’n skielike polio-epidemie en ons kinders moes almal met ’n knoffelsakkie om ons nek rondloop en wegbly uit bioskope. “Dit is om die kinderverlamming weg te hou,” is aan ons gesê en dié wat mal was oor bioskoop het toe besef dit is nie net Dracula wat bang was vir knoffel nie.

En Al Debbo se Hasie was ook een van die groot plesiere van my kinderjare, maar ek kon glad nie verstaan waarom een van die woorde so stout was nie:

Jou spinnekop, jou akkedis,

jou sprinkaanvoël, jou koue pis.

Jou pikkewyn, jou pruttelaar.

Ek slaan jou inmekaar.

 

Hasie, hoekom is jou stert so kort?

Hasie, hoekom is jou stert so kort?

Hasie, hoekom is jou stert so kort?

Wat het van jou stertjie geword?

 

Eers, baie jare later, het ek agtergekom dat hy eintlik van koue vis gesing het, en toe was ’n bietjie van die lekkerte van die lied daarmee heen.

Ewenwel,’n paar jaar gelede het ek vir my ma in Bloemfontein gaan kuier en terselfdertyd besluit om Al Debbo te nader vir foto’s.

Toe ek daar aankom, moes ek eers ’n rukkie wag, want Al Debbo was aan suurstof gekoppel. Was dit emfiseem? Ek het nie gevra nie, maar toe ek begin foto’s neem was dit weer die Al Debbo van my kinderjare met ’n snaakse hoedjie op sy kop.

Op 14 Julie vanjaar is hy oorlede en dít is wat sy seun Alec in die koerant te sê gehad het:

“My pa het in die tyd wat hy in die hospitaal was só diep in die harte van die verpleegpersoneel gekruip dat almal erg ontsteld was toe hy oorlede is, want hy het gereeld in die hospitaalbed sy treffer Hasie gesit en sing.

Vir dié wat wil luister, her is ’n uittreksel. Tik maar net op die skakel.

 http://instalyrics.com/artists/462883-al-debbo/lyrics/8595605-hasie

En in Bloemfontein het ek ook vir Lucas Maree afgeneem wat vanjaar op 19 Februarie oorlede is. Van die besoek kan ek niks onthou nie, behalwe dat ek gevlei was toe ek hoor dat Lucas soms van my versies by sy vertonings voorgelees het.

 

Ook die miljoen waarna hy gesoek het, was nooit te kry nie en kort voor sy dood het Mathys Roets 30 musikante en tegniese mense bymekaar gekry om ’n CD te maak om van Lucas se yslike mediese koste te help dek.

En in Lucas se eie woorde: “Ek word partykeer wakker, dan dink ek ek kan nie glo daar is mense wat soveel moeite vir my doen nie.”

Hier is ’n skakel:

 http://www.youtube.com/watch?v=xMdSN8qr13A

 Dan was daar Fanus Rautenbach wat op 29 Januarie oorlede is en wat self so ’n bietjie met die dood kon spot:

  “Ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep: 

Reisigers gaan heen

Jagters gaan bokveld toe

Kokke steek lepel in die dak

Die horlosiemaker se tyd het aangebreek

Die melkboer het die emmer geskop

Die tuinier is van die gras afgemaak

Die begrafnisondernemer sien sy gat

 Hier is ’n skakel:

 http://www.youtube.com/watch?v=pBhtRpJlTGs&feature=endscreen&NR=1

 

Toe die komponis Hubert du Plessis op 11 Maart oorlede is, het ek onmiddellik gedink aan sy woorde.

Omdat hy alreeds verswak was, het hy sy jarelange vriend Henry gestuur om ’n kopie van die foto-boek by die bekendstelling te kom kry.

 

 En daardie selfde aand het Hubert my gebel. “Eendag wanneer ek sterf, moet jy asseblief die foto wat in Milieu verskyn vir Die Burger stuur, want dit is hoe ek graag onthou wil word.”

Later het Hennie Aucamp se artikel oor Du Plessis as woordmens op die Versindaba-blad verskyn:

  http://versindaba.co.za/2011/03/15/hennie-aucamp-hubert-du-plessis-woordmens/

 Van Phil du Plessis kan ek maar min sê. Miskien moet Marié Blomerus dit maar liewers doen:

“Vir my sal hy altyd ’n gewaardeerde enigma bly; ’n besonderse mens met ’n besondere verstand en ’n buitengewone siening van die taal: ook maklik die persoon met die donkerste psige wat ek ooit geken het. Sy benadering van die skryfkuns was so anders as dié van die gewone digter en het bepaald met die onbegryplike duisternis waarmee hy geworstel het, te doen gehad, hoewel dit soms na maklike woordspelings gelyk het.”

Verlede week sien ek vir Deon Knobel en hy sê: “Ek was by Phil du Plessis se gedenkdiens en daar was nie ‘n enkele skrywer êrens te sien nie.”

En laastens was daar Lloyd Strauss-Smith wat dood is terwyl ek en Peter vanjaar op ons 2½ maande toer in die VSA en Kanada was. Lloyd – die enigste een wat werklik oor die jare ’n vriend geword het. Lloyd, wat dalk plaaslik seker die minste bekend was, maar wat in sy nederigheid tog soveel bereik het.

 

Toe ek in 1967 in Kaapstad aangekom het, het ek sangles by Adelheid Armhold gehad en 3 jaar daarna sê Deon Knobel vir my: “Jou stem was so oop en gemaklik toe ek jou eers hoor sing het, maar nou klink dit geknyp en geforseerd. Waarom gaan jy nie na Lloyd Strauss-Smith toe nie?”

En Lloyd het vir my gesê: “Jy maak jou mond oop en jy sing”, en net deur na hom te luister, kon ek weer sing, en nie soos in Adelheid Armhold se dae hier gedink, en daar gedink, en hier gedruk, en daar gedruk nie. Teoretiese kennis het nog nooit vir my gewerk nie.

Hier is wat Barry Smith oor Lloyd geskryf het:

“Sometimes we South Africans tend to forget all too easily some of our singers who pioneered a place in world music, especially in an age where we seem to recognise younger talent that has ‘made good’ abroad quickly. One of these much neglected figures is the tenor Lloyd Strauss-Smith. Part of this neglect is possibly due to the fact that the most active part of his career was spent in England and that, although he sang in more than 80 operas, he was primarily an oratorio and lieder singer, a field which attracts less attention than that of the opera world.”

En Lloyd het inderdaad met die grotes gesing: Joan Sutherland en Kathleen Ferrier en in hierdie snit saam met Leontyne Price in Richard Strauss se Die Liebe der Danae 1959

  http://www.youtube.com/watch?v=S_tJpI6VUiU

Ek sal altyd Lloyd se vrolike stem onthou wanneer hy die telefoon beantwood met: “Lloyd here!” 

En die woorde wanneer hy tot siens sê: “Pas jouself goed op, boetie. Onthou, daar is maar baie min van ons oor!”

Philip de Vos. Die Land van Melk en Heuning en MacDonalds

Saturday, November 5th, 2011

 

 DIE LAND VAN MELK EN HEUNING EN MACDONALDS
 
 
Ons was skaars ’n week met vakansie uit die land uit, toe ek skielik besef my Muse is dalk vir goed weg. Nooit weer gaan sy slim dinge in my oor fluister nie. ’n Paar jaar tevore het ek dit tog alreeds voorspel:
 
Na ’n diepte analise
oor die wese van die Muse
besef ek sy’s ’n mite
of by Hambidge op visite.
 

En daar sukkel-sukkel ek toe in New York te voet oor die Brooklyn Bridge met die besef dat ek binne ’n tydperk van 7 dae Museloos in ’n ou man verander het. Hinke-pink is ek verder en kon ek my alreeds voorstel met ’n kierie en grys klosse hare wat by my oorholtes uitpeul. En waar is al die diep gedagtes van my verlede dan heen?

Ek het gehoop dat daar ’n inspuiting met allerhande nuwe uitinge op my wag. Miskien êrens – by Mount Rushmore waar een van die President se klipkoppe vir my sal sê: Jy is ’n uitverkorene of ’n dobbelmasjien in Las Vegas, sal voorspel hoe die geld vir my gaan inrol, maar helaas toe onthou ek wat ek êrens gelees het:

Rhyme doesn’t pay

En selfs rympies klink vir my op die oomblik slegs soos iets uit my ryke en veelbewoë verlede.

Dis die probleem van skryf: na ’n paar maande van stilte, weet ek sowaar nie waar om te begin nie.

Miskien, soos die Bybel sê: In die begin was die Woord, of anders soos onse Julie Andrews in The Sound of Music kweel: Let’s start at the very beginning. A very good place to start.

Maar waar begin ek presies? Na meer as ’n jaar van bloginskrywings, het ek wel besef dat ’n blog my eintlik forseer om te dink. Ek kan tog seker nie die heeldag sit en luister na die Andrews Sisters of my geliefde Little Lulu comics lees nie.

En watter gerespekteerde skrywer sal ooit durf erken dat sy mees geliefde film The Wizard of Oz en nie The Discreet Charm of the Bourgeosie is nie – sekerlik nie my gewese vriend Karel Schoeman nie.

Oor The Wizard of Oz sal ek wel in ’n latere bloginskrywing ’n bietjie aandag gee, want ja, ek het toe sowaar Dorothy se ruby slippers in die Smithsonian-museum in Washington DC gesien en later die nuwe Lloyd Webber-produksie van Wizard of Oz in die Palladium-teater in Londen. En ek moet erken die ruby slippers het nou wel ’n bietjie van hulle 1939 glans verloor, en in plaas van op my knieë voor hulle neer te sak, kon ek maar net wonder hoekom hulle nie meer so mooi lyk nie, maar helaas, daardie ruby slippers is presies so oud soos ek, en selfs ek het al ’n bietjie Polyfilla nodig voor ek in die openbaar wil verskyn.

 

 

Waarheen hierdie blog presies heen lei, weet ek steeds nie.

Maar om te begin by die begin: die eerste drie weke was op ’n bustoer met ’n vrag van 53, meesal Australiërs wat by elke rus-halte behoorlik uit die bus geval het om eerste by ’n stalletjie uit te kom om poskaarte te koop van ’n plekkie in die grammadoelas waarvan hulle nog nooit van gehoor het, of ooit weer sal hoor nie. En natuurlik ’n T-hemp om hulle later aan hierdie onvergeetlike oomblik te herinner. Ja, want dit is so lekker goedkoop om as Australiër deur Amerika te toer, terwyl ek en Peter, as die enigste twee Suid-Afrikaners alle pryse met sewe moes vermenigvuldig en aanskou hoe die Australiërs hulle elke paar uur vergryp aan Triple Hamburgers en double thick malts ( en ja sowaar, daar was ’n paartjie saam met ons op toer. Hulle was op hulle wittebrood. Hy ’n aantreklike skepsel – tall dark and handsome – en sy – alreeds so groot soos ’n tenk. Hoe lank daardie huwelik gaan hou, weet ek nie, maar ek het haar tog hoor sê: As soon as ’n get back home, I am going on a diet of water for the next six months.

En om van vettes te praat. Ek het gereken dat al die Amerikaners gaan lyk soos Tom Cruise of onse eie Charlise Theron. Maar, helaas …

My ma het altyd gesê ’n mens spot nie met siekte nie. En nee, ek spot nie, maar soveel enorme waggelendes het ek nog in my hele lewe nie aanskou nie.

 

 

En dis regtig nie ’n gespot met siekte nie, want ek het my eie oë by Disneyland aanskou, hoe ’n vet pa en vet ma hamburgers en icecream by hulle kinders se keelgatte (of is keelgaaie ’n beter woord) af forseer presies soos daardie arme foi grass-ganse.

 

 

 

En by Mount Rushmore - die Mekka waarna ek op pad was – om my verlore Muse te gaan soek, en waar die dikkes met hul kameras en selfone na daai klippresidente gemik het, het ek met my eie kamera eerder onbeskaamd in die rigting van die bultende boeppense gemik, want as ek rêrig ’n foto van Mount Rushmore wou hê, kon ek net sowel ’n poskaart daarvan gaan koop – en ek het dit toe wel gedoen, maar dit was een van Mount Rushmore se agterkant – ’n gedeelte wat minder bekend is aan die gapende toeriste.

 

 

 

En, moet ek byvoeg – my Muse was glad nie daar te kry nie, maar daar was gelukkig ’n paar digitale beelde wat ek huis toe kon terugneem.

 

 

 

Ek het toe gedink sy wag dalk geduldig vir my in die dieptes van die Grand Canyon, maar selfs in daardie yslike donga was sy nie te kry, en al wat Old Faithful kon regkry, was om haar gereelde spoeg te spoeg, en that was that.

En toe reken ek, Las Vegas (die plek van drome – meestal helaas plastic) is miskien die plek waar sy vir my by ’n roulettetafel sit en wag. Maar al wat ek van Las Vegas oorhou, is dat daar minder vettes was, want mens moet tog mooi lyk as jy strakkies hier vir jou ’n man kom soek.

 

 

Van vetsug gepraat – volgens die jongste statsitieke van die National Health and Examination Survey kom die volgende

About one-third of U.S. adults (33.8%) are obese.

Of these approximately 17% (or 12.5 million) of children and adolescents aged 2 – 19 are obese.

 

 

 

 

En ek glo nie dis geneties nie, en het my eie oë gesien hoe hulle eet en soos iemand êrens gesê het: What goes through your lips will sit on your hips.

En in een van my versies sê ek juis:

 

Coca-Cola

bier

en

vleis

oliebolle

room

en

rys

kabeljou

en

kreef

en

snoek

hot dogs

Russians

Krismiskoek

macaroni

pienk polonie

tjips

spaghetti

Hallo, Vettie!

 

illustrasie: Piet Grobler

 

En nou na 2½ maande oorsee is ek terug in ons land van die minder dikkes, en deur die skrywe van my eerste bloginskrywing het ek agtergekom my Muse sit miskien nog altyd die hele tyd vir my hier en wag – en soos Dorothy juis in Wizard of Oz sê: There’s no place like Home.

En alleen ’n ware Friend of Dorothy sal ooit werklik hierdie wyse woorde verstaan.

 

 
 
  
 
  

 

 

 

 

Philip de Vos. ‘n Tyd om Koebaai te sê

Wednesday, August 3rd, 2011

 

‘n Tyd om Koebaai te sê                          illustrasie: Piet Grobler
 
 
Soos Koning Salomo 0p 18 April 2584 vC aan een van sy derduisende vrouens voor ’n aand van lepellê gesê het: “Daar is ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan, en vanaand is dit ongelukkig die tyd vir laasgenoemde, want selfs gepoeierde renosterhoring het vanaand sy effek verloor.”
En nou, nes, die wyse koning, weet ek is dit nou tyd om koebaai te sê, al is dit miskien net vir ’n klein rukkie.

 

Op 17 Augustus is ek op pad oor die groot waters (iets wat alreeds deur my frenoloog in 1957 voorspel is – lees gerus my eerste bloginskrywing;

 

  http://versindaba.co.za/2009/08/05/van-mooi-dinge-in-die-lewe/

 

Maar - as ek dalk genoegsaam deur Mount Rushmore en deur Disneyland geïnspireer word, is daar miskien teen einde Oktober weer ’n inskrywing of twee op hierdie blog om mense te laat weet watter diep dinge ek dink.
Intussen moet ek maar liewer soos my skapie sê:
 

 

Slaap kindjie slaap

daar buite

loop ’n skaap.

En as skapie

loop en mê,

wat wil skapie

eintlik sê?

“Kriewel

met jou vingers

deur my

warm

troetelwolletjies.

Moet my

net nie druk nie

anders los ek

tjoklitdrolletjies . . . ”

Slaap kindjie slaap

daar buite

loop ’n skaap.

Skapie blêr

en skapie mê . . .

Skapie het

sy sê

gesê.

 

En indien die VSA met al die MacDonalds en Colonel Sanders-hoenders my nuwe muse gaan wees, skryf ek dalkies weer my diep gedagtes op papier neer.

Maar as dit miskien nie gebeur nie, wil ek net noem dat my bloginskrywings begin volgende jaar as boek deur Proteaboekhuis gepubliseer gaan word. En hierdie is dalkies die omslag: