Philip de Vos
Monday, June 28th, 2010

(Gainsborough-skildery van Elizabeth Linley
en haar broer Thomas op ouderdom 12)
Hierdie inskrywing is maar slegs ’n toevoeging van dit wat ek alreeds oor Thomas Linley op hierdie blog geskryf het.
Sien ook:
en
Terwyl hy en sy vader Leopold in 1770 op reis was in Italië, ontmoet Wolfgang, die wonderkind van Salzburg, vir Thomas Linley, die wonderkind van Bath in Engeland; beide seuns slegs 14 jaar oud.
Dit gebeur op 2 April 1770 by die huis van die digteres Maddalena Morelli wat bekend was onder die skrywersnaam Corilla Olimpica. Vandag is sy vergete, maar Casanova het wel in sy memoirs geskrywe: “Dit word gesê dat as Corilla Olimpica met haar skeel oë na enige man in die geselskap kyk, sal hy sekerlik op haar verlief raak.”

Mozart het alreeds op ouderdom vyf sy eerste musiekstukke geskryf en selfs ’n opera op ouderdom 12.
Thomas Linley daarinteen het sy eerste vertoning op die verhoog as Puck in The Fairy Favour op ouderdom elf gemaak. Op 1768 toe Gainsborough ’n skildery van hom en sy suster Elizabeth. ’n skoonheid en uitstekende sopraan gemaak het, het hy alreeds 6 vioolsonatas geskryf waarvan net een vandag nog bestaan en in Florence het hy, onder die beroemde vioolmeester, Nardini, gestudeer.
Wolfgang Mozart se vriendskap met Thomas Linley het slegs vyf dae geduur en in in hierdie vyf dae het hulle saam musiek gemaak - nie soos seuns nie, maar soos mans, volgens sy vader se beskrywing in een van sy briewe.
Op 7 April het die Mozarts Rome toe vertrek en Thomas het bitter trane geween toe hy van hierdie vroeë afskeid verneem het en op die oggend van hulle vertrek, het hy vir Wolfgang ’n sonnet oorhandig wat hy namens hom die vorige aand deur Corilla Olimpica laat skryf het:

Merkwaardige oomblik, geseënd is die dag:
Ek het jou hoor speel, en het gode aanskou.
Vir my het geluk en die waarheid bly wag.
Toe kom die besef dat ek lief is vir jou.
Die dag was vol blydskap,vol vreugdes en lag.
O, mag ek dié oomblik vir ewig onthou..
Alhoewel die Mozarts van plan was om weereens Florence te besoek, het dit nie gebeur nie en het die twee seuns mekaar nooit weer gesien nie.
Vandag bestaan daar nog net een brief wat Wolfgang op 10 September 1770 aan Thomas geskryf het:
My liewe vriend,
Hier is uiteindelik ’n brief! Ek is wel laat met my antwoord na jou sjarmante brief wat ek in Napels ontvang het, wat ek eers gekry het twee maande nadat jy dit geskryf het … My vader se plan was om na Loreto te reis via Bologna en dan na Milan via Florence. Dan sou ons jou met ’n besoek verras het. Maar daar was ’n ongeluk met die koets. Een van die koetsperde het geval en my vader het sy been só beseer en hierdie ongeluk het ons geforseer om ons reisplanne te verander …
… Hou my in jou vriendskap en glo daarin dat my toegeneentheid vir jou vir ewig sal duur.
Jou liefdevolle vriend
AMADEO WOLFGANG MOZART
Agt jaar na die ontmoeting, op ouderdom 22 verdrink Thomas in die meer by Grimsthorpe Castle en word hy begrawe in die grafkelder van die Hertog van Ancaster in die nabye dorpie Edenham.
En in daardie agt jaar tussen 1770 1n 1778 skryf Mozart onder andere sy vroeë operas, sy Salzburg simfonieë en sy vyf vioolkonserte.
In daardie jare na sy terugkeer uit Italië word Thomas die eerste violis in sy pa (Thomas Linley snr) se orkes en gaan woon hulle later in Londen waar die vader ’n mede-eienaar word van die Drury Lane Teater. En hierdie was ook die tydperk van een van die groot skandale van die laat agtiende eeu met Thomas se suster se wegloophuwelik met die dramaturg Richard Sheridan.

Gainsborough-skildery van Elizabeth en Mary Linley)
In hierdie agt jaar skryf Thomas grootste werke vir koor en orkes. Werke soos sy Lyric Ode on the Fairies, Aerial beings and Witches of Shakespeare. Ook musiek vir The Tempest, drie kantates en sy laaste werk The song of Moses wat ’n jaar voor sy dood geskryf het.
Dan was daar musiek vir The Duenna, ’n opera waaraan hy met sy vader saam gewerk het. Ook 20 vioolkonserte. In ’n teaterbrand, iets wat algemeen was in die agtiende eeu, is negentien van hierdie konserte deur vlamme vernietig en vandag is daar maar ’n enkele vioolkonsert wat oorgebly het.
In Augustus 1778 het Thomas en sy jonger suster Mary Grimsthorpe Castle in Lincolnshire besoek, hy, as violis, en sy as sopraan.
Op 7 Augustus het Thomas en twee jong mansvriende op die meer gaan vaar.
Op die 11de Augustus het die Morning Chronicle in Bath berig “Thomas Linley at the tender age of 22 fell into a lake belonging to his Grace the Duke of Ancaster and was unfortunately drowned: he remained under water full forty minutes, so that every effort made use to restore him to life proved ineffectual.”

Kort daarna is Thomas in die grafkelder van die Hertog van Ancaster in Edenham begrawe
Mary moes na Londen toe reis om die verskriklike nuus aan haar ouers oor te dra. Die skok was so groot dat sy vir weke lank siek was. En die nuus van sy seun se dood was iets waarvan die vader nooit herstel het nie. ’n Paar maande daarna het een van sy leerlinge die volgende geskryf:
Mr. Linley was at the harpsichord during a rehearsal of a play. when Mr. Aicken gave an impressive description of a promising young man, Mr. Linley’s feelings could not be repressed, the tears of mental agony rolled down his cheeks; nor did he weep alone, the cause of his distress was too well known not to obtain the tears of sympathy from many who beheld his flow so fast.”
’n Paar maande daarna is sy agttienjarige seun Samuel wat die hobo bespeel het, aan koors oorlede, maar niks het hom soveel geraak as die dood van sy geliefde, talentvolle seun Thomas nie.
Thomas se dood het ook ander diep aangeraak. Sy suster, Elizabeth, het ’n broer verloor en die volgende reëls neergepen:

ON MY BROTHER’S VIOLIN
Sweet instrument of him for whom I mourn,
Tuneful companion of my Lycid’s hours,
How liest thou now neglected and forlorn.
What skilful hand shall now call forth thy powers?
Ah! none like his can reach those liquid notes,
So soft, so sweet, so eloquently clear,
To live beyond the touch, and gently float
In dying modulations of the ear.
En ’n anonieme persoon het A Monody geskryf – ’n epiese dertien bladsye gedig wat begin met Milton se woorde.
He must not float upon his watery bier
Unwept, and welter in the parching wind
Without the meed of some melodious tear.
Ek haal maar enkele reëls aan uit hierdie gedig van 13 bladsye met sy talle Mitologiese verwysings; na die Muse en eoliese winde, en waternimfe

MONODY
on the Death
of Mr. Linley
Ah me! What means these melancholy strains?
Why thus depressive sounds Apollo’s lyre?
Why from Caliope’s once cheerful brow
Is fled her wonted fire?
Why in that pensive posture does she sit,
Her lute, the source of melody thrown by?
And ev’ry Muse, through sympathetic woe,
Her pleasing talk forego?
Ah why?
…. Say, aged shepherd, say
What dire event has happened since this morn?
… Hast thou not heard? replied the hoary Sage,
Hast thou not heard the tidings Fame has brought
From sea-girt Britain’s shore?
The unsparing Fates cut short his vital thread,
And breathless he now lies on a cold wat’ry bed
In agtiende eeuse Engels word die verdrinking beskrywe toe Thomas met sy vriende op die meer gaan vaar het:
This morn, so Fame reports, the ill-fated youth,
Sported upon the glassy lake which lies
Within the extensive boundaries
of noble Ancaster’s paternal seat,
In a gay boat but ah! how void of truth!
For tho’ she looked so gay, so trim so neat,
Unfaithful to her trust, she yielded soon
to the rough blast of Aelous and e’er noon
Betrayed her treasure to his unseen foe,
In dié gedig is Thomas Linley die jong man wat met sy lier wat die waternimfe met sy spel kombetower.
As the young swain, the cause of our late woe
Skimmed over the lake, in the gay, faithless boat,
A band of beauteous Naiades gathered round
Enraptured by the music of his lyre,
But when they saw his fatal overthrow,
And on the waves his breathless body float,
They ceased their sport, and in their snowy arms
Conveyed him to their marble-paven hall
Beneath the lake; where free from further harms
They gently laid him on a mossy bed,
and with aquatic flowers raised high his languid head.
En na sy verdrinking neem die waternimfe hom na hulle onderwater-ryk en verrys hy in ’n nuwe vorm om steeds die mens met sy musiek te verryk
No less young Linlaeus joy’d to find his fate thus chang’d
Awhile in wonder lost around he gazed;
The fretted crystal roof he viewed amazed,
And o’er each sparkling gem his eyballs ranged.
But when his head he reared,
and saw of lovely nymphs, so fair a herd,
Transported he arose, and snatched his lyre,
which from his grasp no wind nor waves had torn;
Inflamed with all his radiant father’s fire,
And on the wings of fancy, tow’ring borne,
He raised such heavenly sounds as ne’er before …
In 1826 skryf die Engelse tenoor Michael Kelly wat oorpronklik die rol van Don Basilio in Die Huwelik van Figaro gesing het die volgende oor ’n latere ontmoeting met Mozart:
He (Mozart) conversed with me a good time about Thomas Linley, the first Mrs. Sheridan’s brother with whom he was intimate in Florence, and spoke of him with great affection. He said that Linley was a true genius; and he felt that, had he lived he would have been one of the greatesty ornaments of the musical world.
In 1791 het Mozart gesterf en in ’n arm-mansgraf begrawe. Waar, presies, weet niemand meer nie.
In 1909 is die kerker by Edenham, waar Linley begrawe is, oopgemaak en van die oorskot van Thomas Linley, die wonderseun van Bath was daar geen teken nie.
Toe ek in 1990 my novelle TRAZOM oor die Mozart/Linley-vriendskap geskryf het, het ek ’n plaket laat maak vir hierdie byna vergete komponis wat eenkeer saam met Mozart musiek gemaak het en vir vyf dae vriendskap kon ervaar.


Saturday, June 19th, 2010

Op 13 Desember 1769 vertrek Leopold Mozart en sy seun Wolfgang uit Salzburg op pad na Italië toe. Anders as met hulle vorige reise sou Wolfgang se moeder en sy suster Nannerl alleen agterbly.
Op 14 Desember skryf Leopold reeds huis toe en Wolfgang met spelfoute en skryf ’n kort boodskappie vir sy ma:
My liefste Mamma,
My hart is vol plesier want dit is so lekker op hierdie reis, en dit is so heerlik warm in die koets, en omdat die koetsier so vinnig jaag as wat hy kan wanneer die pad dit toelaat … Pappa het seker al al die nuus vertel, maar die rede waarom ek skryf, is omdat ek weet wat my plig as ’n gehoorsame kind is.
Met diepste respek
Wolfgang Mozart.
Die persoon wat hier skryf is ’n seun van 13 wat reeds twee operas Bastien und Bastienne en La finta semplice gekomponeer het; ’n seun wat reeds vanaf ouderdom ses saam met sy suster dwars oor Europa gereis het om die adel met hulle talente te beïndruk. Altesaam 5 en ’n half jaar weg van die huis af en nou weereens op pad.
Wolfgang Mozart en lewe is só goed gedokumenteer dat ons vandag 219 jaar na sy dood selfs weet wat hy op ’n sekere dag gedoen het, danksy briewe wat bewaar gebly het, en danksy Otto Erich Deutsch se Mozart a Documentary Biography, waarin hy alle bestaande dokumente en koerantberigte kon versamel sodat ons self weet dat hulle byvoorbeeld op 15 Desember Schwaz teen die middaguur bereik het en Innsbruck om 17h30 waar hulle toe by die Herberg van die Wit Kruis tuisgegaan het!
Vir my persoonlik het hierdie reis belangrik geword omdat dit deel van my navorsing geword het toe ek destyds TRAZOM geskryf het en wat later as Tot siens, Tommasino heruitgegee is.
Wat vir my eintlik interesseer is al die lofuitinge wat die jong seun op pad ontvang het na sy konserte voor die Italianers. En dikwels was hierdie lofuitinge slegs ’n paar versreëls, of sonnette om die wonderkind te besing.
So byvoorbeeld besing die Veronese digter Meschini hom in Italiaans in vroeg-Januarie:
VIR AMADEO MOZART
LIEFSTE KIND
EN MEES ELEGANTE
VERTOLKER
VAN ANTONIO MARIA MESCHINI
VAN VERONA
If Orpheus enraptured the forests.
if Tartarus he moved
Now thou stealest men’s hearts, child
and movest the stars
(Engelse vertaling uit Otto Deutsch)
En ’n paar dae daarna weereens ’n lofgedig van ’n Veronese digter, hierdie keer ’n sonnet van Zaccaria Betti
’N SONNET
VIR SIG AMADEO MOZART,
DIE BEWONDERINGSWAARDIGE
JONG SEUN:
If with his lyre from celestial heights
Cupid divine awakens lovely strains,
Then how can we on earth, with all our pains
And errors ever set our songs to rights?
Well may we, charming boy, accord thee praise,
If thou reformest music with thy art;
May nature shape for better in thy heart
The strains the god’s inspired plectrum plays.
You, who for years have struggled to attain
The blessing and the flavour of your art,
And hoped harmonious mastery to gain,
I am not wrong, you know it in your heart,
If I declare that his enchanting strain
Alone is godlike in its ev’ry part.
(Engelse vertaling uit Otto Deutsch)
En kort daarna ’n lang gedig van Signora Sartoretti, weereens met woorde om te sê hoe wonderlik hy is, tesame met pommade vir sy hande en ’n paar muntstukke:
See how his fingers move,
Here with what art
He makes the keys respond
In ev’ry part;
How he to you imparts
All his accomplished arts.
Na al die jare het hierdie gedigte seker alleenlik waarde vir die interessantheid daarvan.
Tog is daar een wat my ontroer en wat deel van my novelle geword het.
Mozart het tot sy dood ’n kind gebly. sy suster Nannerl het dit wel gesê. Tog was hy nooit werklik kind met kans vir kindervriendskappe nie.
En tog – op hierdie reis het hy vir Thomas Linley ontmoet – ’n 14 jarige wonderkind uit Engeland.
In Florence het die twee seuns ontmoet. Trouens in Otto Deutsch se biografie kan ons lees:
Op 2 April het die vader en seun die digteres Signora Morelli wat onder die naam Corilla Olimpica besoek waar hulle die jong violis Thomas Linley ontmoet het.
Op 4 April het Mozart en Linley duette gespeel by Herberg van die Arend.
Op 5 April het Mozart en Linley duette gespeel by die huis van Gavard.
Op 7 April het Linley vir Mozart ter afskeid ’n sonnet gebring wat namens hom deur Corilla Olimpica geskryf is.
In ’n brief aan sy vrou skryf Leopold oor hierdie sonnet:
Klein Tommasino (Thomas Linley) het ons huis toe vergesel en het bitterlik gehuil omdat ons die volgende dag sou vertrek… Hy het ons om negeuur die oggend besoek en het vir Wolfgang omhels en ’n sonnet gegee wat signora Corilla die vorige aand vir hom geskryf het:
OP DIE VERTREK VAN SIGNOR WOLFGANGO
AMADEO MOZART UIT FLORENCE
Die Noodlot bepaal dat ons twee nou moet skei
in drome alleen mag ek saam met jou reis.
Ons lag en ons blydskap word trane wat bly
en Hoop staan verslae in die ou Paradys.
Dis jóú melodieë wat harte so raak
en Eden vertoon deur die soet Harmonie.
In Hemelse sale sal ons dan ontwaak
dié skoonheid en vreugdes ken sterflinge nie.
Merkwaardige oomblik, geseënd is die dag:
ek het jou hoor speel en het gode aanskou.
Vir my het geluk en die waarheid bly wag.
Toe kom die besef dat ek lief is vir jou.
Die dag was vol blydskap en vreugdes en lag,
O, mag ek dié oomblik vir ewig onthou.
As teken van my agting en toegeneentheid
- Thomas Linley
(my eie Afrikaanse vertaling uit TRAZOM/Tot siens, Tommasino)
Wolfgang en Thomas Linley het mekaar nooit weer gesien nie en 8 jaar daarna het Thomas op ouderdom 22 verdrink.
Friday, June 11th, 2010
foto: Philip de Vos
Ek het gereken dat daar op my gevorderde leeftyd, niks is wat ek nie weet nie, niks wat ek nog nie gesien het, niks wat ek nog nie gedoen het nie, niks wat ek nog nie gehoor het nie.Dus wat bly nog oor?
Al die CDs en die DVDs wat ek nog altyd wou besit, het ek.
Wat skryf betref, het ek seker reeds my sê gesê en wat luister betref reeds my hoor gehoor van Abbadabba Honeymoon van my kinderjare tot Giovanni Paisiello se klavierkonserte.
Wat bly dan oor nou dat ek reeds die Engelse Bybel se Three Score and Ten bereik het? Wag vir die dood?
Gelukkig het ek nog goeie vriende wat my elke dag bewus maak van wondere wat ek nog nooit gehoor of gesien het nie.
Eers is daar my uiters talentvolle vriend Godfrey Johnson wat my gereeld Sms. What have you listened to today en dan kan ek terug Sms: Franz Liszt Totentantz.
Of anders het ek geluister na iets wat hy tydens een van sy besoeke op ’n stukkie papier neergekabbel het : Rachmaninov Vocalise en Bartók Microcosmos.
Toe hy dus weer op 3 Junie vir my vra waarna ek geluister het, kon ek met alle eerlikheid antwoord:
I think I had my overdose of culture for this week, so I listened to music that was written for Walt Disney’s The Jungle Book.
Dan is daar my vriend Roelof wat met sy goeie maniere my altyd terug vergesel na my motor toe wanneer ek vir hom gaan kuier en wat my gereeld bel en vra: “Het jy al Petronel Malan se Bach en Mozart Transfigured opnames gehoor?”
Dan vertel hy my ook sommer dat dié talentvolle Suid-Afrikaanse pianis vir ’n Grammy benoem is. Dankie Roelof! Nou voel ek ook so ’n klein bietjie slimmer.
Maar die stuk waarna ek deesdae die meeste luister is Paul Reade se Victorian Garden Suite - ’n 9-minute musiek stuk vir klarinet en klavier of harp. En dit nadat Roelof my vertel het dat hy hierdie toeganklike musiek op Fine Music Radio gehoor het.
En gisteraand het ek ’n amateur-uitvoering deur twee Japannese kunstenaars op Youtube raakgeloop. Luister maar self:
http://www.youtube.com/watch?v=rpzSJK8nSgA&feature=related
En tóé ’n ontdekking van twee dae gelede.My vriend Johannes wat in Robertson woon en wat ’n paar maande gelede sy lewensmaat van 40 jaar verloor het, het by ons kom oorslaap met ’n paar DVDs waarna hy wou hê, ek moet kyk.
En hier ontdek ek ’n juweeltjie: ’n kort film van 32 minute uit ’n TV-film If these Walls could talk oor ’n lesbiese verhouding van 1961 waarin ’n vrou skielik haar lewensmaat verloor en familie wat skielik aasvoëls word en haar “simpatiek” beroof van jare se herinneringe.
Vanessa Redgrave wat die een rol vertolk, lewer een van die hartroerendste oomblikke wat ek nog ooit op film beleef het.
En ek ontdek gister dat ook hierdie segment in vyf kort dele op Youtube te siene is. Tik maar op die volgende.
http://www.youtube.com/watch?v=Zh_5Hh0Vu50
http://www.youtube.com/watch?v=U7G_eFLH_tI
http://www.youtube.com/watch?v=cyJW-xi5NMU
http://www.youtube.com/watch?v=QkUBQ2At1c4
http://www.youtube.com/watch?v=Rta-eKMxifk
Hierdie week het ek agtergekom dat ek nooit te oud sal wees om te leer nie.
Thursday, June 3rd, 2010

So nou en dan, as iemand êrens dink jou skryfwerk is goed genoeg, kry jy dalkies ’n literêre toekenning wat jy òf kan laat raam en teen jou sitkamer-muur kan hang, waar jou minder talentvolle vriende dit kan lees, òf anders kan jy dit in ’n laai gooi en vergeet.
Eenkeer het ek wel ’n toekenning gekry, en die opdrag was dat die bedankings-speech nie langer as een minuut mag wees nie. Omdat my ma my ordentlik grootgemaak het, en ek altyd doen wat ander mense sê, was daardie speech presiés een minuut lank, en kan ek nou met grote beskeidenheid sê dat daardie een minuut vir die gehoor die hoogtepunt van die aand was.
Die skrywer voor my het ’n veel groter prys as ek gekry en dus kon hy vir ongeveer 5 minute praat, en daardie speech was amper ’n halfuur lank, waarin hy gesê het, waarom hy die prys om etiese redes eintlik nie moes aanvaar nie, maar dit wel sou doen.
Die volgende dag het die koerante wel sy speech genoem en dit het soveel koerantspasie opgeneem dat die verslaggewer ongelukkig nie gernoeg plek gehad om my een minuut van glorie te noem nie.
Wat bedankings betref, kan jy dit òf met vrees en bewende bene voorlees, want skrywers is eintlik gewoond aan die stilte van hulle binnekamers en nié aan groot verhoë met tienduisend oë wat hulle dophou nie, òf jy kan net dankie sê en loop, òf jy kan dit met ’n tong-in-die-kies manier doen soos die wonderlike Annie M.G. Schmidt toe sy die Hans Christian Andersen Prys in 1988 ontvang het:
Hier is wat sy te sê gehad het:
Dear Hans Christian,
I got your award!
Needless to say how happy I am.
Your fairy tales have been part of my life since I was a little girl. I laughed and cried over them when I was nine and they still inspire me. So I felt proud indeed when the news reached me in April. Later on however I got scared. I knew I had to fly all the way to Oslo. As you know we fly in aeroplanes nowadays, not on our own wings anymore.
Norway is a beautiful and wonderful country, they told me, although alcoholic drinks are difficult to get. However I was more scared because of the speech I had to make. In English. My accent is terrible, even worse than yours was when you read your story about the ugly duckling to Charles Dickens in London, do you remember?
It is a bit curious and frustrating to make a speech in English when my best books are not available in that language. The international jury had to read my work in German, Japanese and Danish, perhaps to their irritation. The Dutch IBBY (International Board on Books for Young People) kept saying, “Oh, she’s very popular in Holland.” “So is football,” the jury replied, “but because she has been on the nomination list since 1960, we’ll take the risk.” And so they did.
Dear Hans, I have been an ugly duck for a long time, now I am an old ugly swan. But still a swan.
Yours forever,
respectfully,
Annie M.G. Schmidt.
Dear Annie,
Congratulations on my award.
As for the alcoholic drinks: where I am now, they are even more difficult to get.
I remember quite well seeing you as a little girl of nine weeping over my little mermaid. I was touched. Yesterday I spoke about you with my friends Heinrich Heine and Charles Dickens. We agreed that you have some talent. So: Go on! Proceed! Try again!
Don’t go into playwriting. I did and I failed. So stick to silly old fairy tales, like I did.
As we are not without influence here, we shall try to punish the English and American publishers, who refuse to publish your best books.
On my video - yes, we have video in the conversation-room - I shall follow the IBBY congress. But believe me, I’ll turn it off the moment those professors start trying to convince me that the so-called media, all those chips and clips and floppy disks and disgusting pictures, will eventually prevail over literature, or replace literature.
Language is irreplaceable.
It is written in the Scripture: “In the beginning was the Word.” And in my opinion it will stay like that to the end, which could however be very soon, if you people down there go on destroying your own planet.
I hope you will enjoy it, and now I mean Oslo and all that.
See you later,
Your friend
H.C.A.
Monday, May 24th, 2010

Gisteraand op TV sien ek ’n uitmuntende produksie van Thornton Wilder se Our Town met Paul Newman en onmiddellik trek my gedagtes na die dorpie Llaregubb van Dylan Thomas en onthou ek my eerste kennismaking met die wonderlike eerste woorde van die radiodrama Under Milk Wood:
To begin at the beginning:
It is spring, moonless night in the small town, starless and bible-black, the cobblestreets silent and the hunched, courters’-and rabbits’ wood limping invisible down to the sloeblack, slow black, fishingboat-bobbing sea. The houses are blind as moles (though moles see fine tonight in the snouting, velvet dingles) or blind as Captain Cat there in the muffled middle by the pump and the town clock, the shops in mourning, the Welfare Hall in widows’ weeds. And all the people of the lulled and dumbfound town are sleeping now.
Dit was in die laat vyftigerjare dat ek met hierdie toneelstuk kennis gemaak het. Langspeelplate was ’n nuutjie en ek was lid van ’n plateklub wat elke maand ’n plaat gevraagd of ongevraagd vir jou aangepos het. ’n Maand voor die tyd het hulle reeds aangekondig wat die volgende plaat sou wees, en jy kon dit bestel of afwys. Die maand toe ek vergeet het om te beantwoord het Under Milk Wood ongenooid by my beland.
Alhoewel ek dikwels nie van die woorde verstaan nie, was dit dit dikwels die klanke en klankkombinasies en woordbeelde wat my betower het.
En toe ek begin luister na Richard Burton met ’n Walliese toneelgroep kon ek nie glo dat woorde so mooi kon wees nie. Die plaat was later byna deurgespeel en toe ek vir die eerste keer Europa besoek het ek seker elke woord reeds geken.
In 1971 was ek in Amsterdam by ’n opvoering van hierdie werk in vertaalde vorm. Tien spelers, almal swart aangetrek wat op hoë kroegstoeltjies sit, het die Nederlandse teks voorgedra. En ek kon geen enkele woord verstaan nie en het alleen geluister na die klanke. Is dit dus altyd nodig om elke woord te verstaan of moet jy maar soos met die luister na ’n stuk van Debussy net die klanke om jou laat spoel al weet jy eintlik niks van musiek af nie?
In 1992 is ’n TV-rolprent gemaak van hierdie spel vir stemme met Richard Burton, Elizabeth Taylor en Peter O’Toole. Beelde op ’n skerm moes nou kompeteer met Dylan Thomas se woorde en so het die woorde skielik tweede plek gespeel. Nee, Dylan Thomas het dit a play for voices genoem en dit is hoe dit, myns insiens, moes gebly het.
(foto: Philip de Vos)
’n Paar jaar na my ontdekking van Dylan Thomas, ontdek ek die kortverhale van Ray Bradbury. En hierdie keer was dit die omslag van ’n sagtebandboek I Sing the Body Electric wat ek tweedhands in die hande gekry het sonder dat ek enige iets destyds van hierdie skrywer geweet het.
’n Week of wat later het ek ’n naweek alleen in die Kommetjie-hotel deurgebring. Ek onthou dit was ’n koue nag en daar was nie genoeg komberse op die bed nie. Buite was dit mistig en elke keer was daar die blits van die vuurtoring teen my hotelvenster. En daardie aand het ek Ray Bradbury se woorde ontdek:
Die eerste kortverhaal was toevallig The Fog Horn.
Out there in the cold water, far from land, we waited every night for the coming of the fog, And it came, and we oiled the brass machinery and lit the fog light in the stone tower. Feeling like two birds in the grey skey, McDunn and I sent the light touching out, red, then white, then red again to eye the lonely ships. Then there was also our Voice, the great deep cry of our fog Horn shuddering through the rags of mist to startle the gulls away like decks of scattered cards and make the waves turn high and foam.
Die aand daar buite en die verhaal het alles so ’n eenheid gevorm en nou en dan was daar Bradbury se spel met woorde:
The ocean burned. Like lightning in the reversed sky of the sea it was aware. It was old and beautiful. Out of the deeps it came indolently. A shell, a wisp, a bubble, a weed, a glitter, a whisper, a gill. Suspended in its depths were brainlike trees of frosted coral, eyelike pips of yellow kelp, hairlike fluids of weed. Growing with the tides, growing with the ages, collecting and hoarding and saving unto itself identities and ancient dusts, octopus-inks and all the trivia of the sea.
Het ek my dit verbeel of was dit somtyds die stem van Dylan Thomas wat met ’n eenvoudiger, dog steeds poëtiese stem met my gepraat het?
Hoe dit ookal sy. ’n Rukkie later het ek twee bewonderaarsbriewe gekryf. (Die enigste ooit.)
Die eerste een was aan Annie M.G. Schmidt (’n brief wat nooit beantwoord is nie) – ek het in elk geval geen antwoord verwag nie en die tweede een was vir Ray Bradbury.
En voor in my uitgawe van The Stories of Ray Bradbury het ek steeds ’n poskaartjie uit Parys wat op 13 Julie 1994 deur hom aan my geskrywe is:
Thanks for your warm and loving words about my books. To have you mention me along with Dylan Thomas was superb! Bless you! Live long and prosper!
Ray Bradbury.
En al hierdie gedagtes net omdat ek gisteraand na ’n uitsending van Thornton Wilder se Our Town gekyk het.
Vir dié wat graag wil luister. Op You-tube lees Richard Burton die eerste paar minute van Dylan Thomas se Under Milk Wood oor ’n dag in die dorpie Llaregubb (wat agterstevoor gespel eintlik buggerall is)
http://www.youtube.com/watch?v=uuPO2Kvqlms
Wednesday, May 19th, 2010

In 1984 – ’n maand voordat my eerste versieboek O togga! ’n Gogga verskyn het, was ek in Amsterdam, opgewonde om op die ouderdom 45 my baba uiteindelik in my hande te kon vashou.
’n Aand voor my vertrek terug Kaapstad toe het ek ek vir Meinard Kraak (‘n sanger wat ek destyds in Suid-Afrika deur my pianis-vriend Carl Nietzshe ontmoet het) besoek.
En ek onthou hoe ek in 1971 gedurende ’n ses weke-verblyf in Amsterdam dikwels vir Meinard uit snoesige Amsterdamse winkeltjies gebel het en hoe dat ander in die winkel spitsoor geluister het na die vreemde taaltjie wat ek praat.
Nou was dit 17 jaar later en het ek vir Meinard in dieselfde taaltjie van my versies wat binnekort sou verskyn, opgesê.
Meinard vra my toe of ek die werk van Annie M.G. Schmidt ken. So geliefd was sy in Holland dat sy gereken is as hulle tweede koningin.
En dít was die begin van ’n liefdesverhouding wat tot vandag toe nog voortduur. Toevallig was daar daardie maand ’n groot Annie M.G. Schmidt-uitstalling in Amsterdam en ’n paar uur voor my vertrek terug Kaapstad toe het ek hierdie geliefde vrou se werk vir die eerste keer ontdek.
En so ook het ’n liefdestaak begin – om versies van Annie M.G. Schmidt in Afrikaans te vertaal. Dit was geen opdragwerk van ’n uitgewer nie en ek het destyds selfs nie eens aan publikasie van my vertalings gedink nie. Die versies het my sporadies vir ’n paar jaar aan die gang gehou selfs toe ek eenkeer vir depressie gehospitaliseer is en vertaling van die versies my weer in die hospitaal laat lig sien het.
Rym-vertalings het my nog altyd ewe veel plesier gegee as die skryf van my eie werk. Maar vertaalwerk bring sy eie probleme. en die grootste probleem lê seker by ’n taal se rymmoontlikhede.
Met my rymvertalings probeer ek altyd die ritme van die oorspronklike behou asook die oorspronklike gevoel. Woordelike vertaling bly onmoontlik.
Een van my geliefde Annie M. G. Schmidt-versies is juis Stekelvarkentjes-wiegelied.

STEKELVARKENTJES WIEGELIED
Suja, suja Prikkeltje, daar buiten schijnt de maan
Je bent een stekelvarkentje, maar trek het je niet aan.
Je bent een stekelvarkentje, dat heb je al begrepen
De leeuwen hebben manen en de tijgers hebben strepen
En onze tante eekhoorn heeft een rooie wollen staart
Maar jij hebt allemaal stekeltjes en dat is zo veel waard
Slaap, mijn kleine Prikkeltje, dan word je groot en dik
Dan word je net zo’n stekelvarken als je pa en ik.
Het olifantje heeft een slurf, de beren hebben klauwen
De papegaai heeft veren, van die groene, van die blauwe
En onze oom giraffe heeft een hele lange nek
Maar jij hebt allemaal stekeltjes en dat ik ook niet gek
Suja, suja Prikkeltje, het is al vrees’lijk laat
Je bent het mooiste stekelvarken dat er maar bestaat
De poezen hebben snorren en daar kunnen ze door spinnen
De koeien hebben horens en de vissen hebben vinnen
En onze neef de otter heeft een bruinfluwelen jas
Maar jij hebt allemaal stekeltjes die komen nog te pas
Suja, suja Prikkeltje, daar buiten schijnt de maan
Je bent een stekelvarkentje, maar trek het je niet aan.
My heel eerste probleem was: Kry mens krimpvarkies in Suid-Afrika? Miskien wel, maar ek was meer bekend met ’n ystervark. As kind het ons juis in die veertigerjare een aand na ’n besoek by my oupa en ouma in Kimberley teruggery Bloemfontein toe. In die donker het ons teen iets gebots en ’n paar myl verder het die kar skielik ’n pap wiel gehad. en toe ons ystervarkpenne in die vergasser sien vassteek, het ons besef wat gebeur het. En ’n paar jaar gelede het ek by World of Birds in Houtbaai ’n ystervark se snoet gestreel en dus het ek die vrymoedigheid gehad om die oorspronklike krimpvarkie in ’n ystervarkie te verander:

YSTERVARKIE-WIEGELIED
So ja, so ja Prikkeltjie. Daar buite skyn die maan.
Jy is ‘n ystervarkentjie, dit moet jy goed verstaan.
Jy is ‘n ystervarkentjie, dit weet jy tog ten volle.
Die leeu spog met ‘n maanhaar, en luiperd spog met kolle
en onse tante eekhoring het ‘n rooibruin wolhaar stert,
maar jy het net jou pennetjies, en dié is veel meer werd.
Slaap, my kleine Prikkeltjie, dan word jy groot en dik
soos Pappa en soos Mamma (en dít bring net geluk)
Die olifantjie het ‘n slurp, en beer spog met sy kloue,
en papegaai het vere: daar’s groenes en ‘n bloue,
en onse oom kameelperd het ‘n baie lang lang nek,
maar jy het net jou pennetjies, en dit is ook nie gek.
So ja, so ja Prikkeltjie, dit is al vreeslik laat.
Jy is die mooiste varkentjie waar mense oor kan praat.
Die ysbeer dra ‘n wolhaarpels vir warm-hou van binne,
en koeie spog met horings, en visse spog met vinne,
en onse neef, die otter het ‘n warm donker jas,
maar jy het net maar pennetjies en dié kom goed te pas.
So ja, so ja Prikkeltjie, daar buite skyn die maan,
Jy is ‘n ystervarkentjie, dit moet jy goed verstaan.
My eerste probleem met dié vertaling was die tiere met hul strepe:
Je bent een stekelvarkentje, dat heb je al begrepen
De leeuwen hebben manen en de tijgers hebben strepen
Afrikaanse rymwoorde, sou woorde soos repe en grepe en skepe wees. Geeneen wat by die vertaling sou pas nie. Dus word tiere, luiperds in my vertaling en die strepe word kolle:
Jy is ‘n ystervarkentjie, dit weet jy tog ten volle.
Die leeu spog met ‘n maanhaar, en luiperd spog met kolle
Dan kom ek by die volgende gedeelte:
De poezen hebben snorren en daar kunnen zij mee spinnen
De koeien hebben horens en de vissen hebben vinnen
Omdat ek ons kleintjies nie aan pornografie wou blootstel nie, het ek die poezen in ’n ysbeer verander, en hier is ek gelei deur die rymwoord vinne (vinne) wat rym met binne, En ysbere en visse woon hopelik taamlik na aan mekaar en behoort in my vertaling sin te maak.
Die ysbeer dra ‘n wolhaarpels vir warm-hou van binne,
en koeie spog met horings, en visse spog met vinne.
Oorspronklik het ek daaraan gedink om stekelvarkentje as ystervarkietjie te vertaal maar het uiteindelik saam met Marina le Roux besluit om stekelvarkentjie te gebruik, want dit klink heel vriendelik al sou dit ’n bietjie na die Nederlands toe neig.
Oor die feit dat sommige dele te Nederlands klink het Maritha Snyman die volgende in ’n resensie oor my vertalings geskryf:
Of hierdie vertaling aan Afrikaanse kinders dieselfde leesplesier sal verskaf om dieselfde redes as hierbo genoem, kan bevraagteken word. Enkele getuienis van kinders se reaksie op die boek spreek van nee. Die onbekende Europese konteks en kennis van verwysingstekste wat nie noodwendig deel van die Afrikaanse kind se verwysingsraamwerk uitmaak nie is, myns insiens, twee hindernisse. Daarom sal veel van die satire en sosiale kommentaar die Afrikaanse kind verbygaan - tensy dit natuurlik geduldig deur ‘n volwassene leser aan die kind uitgewys en verduidelik word. Verder hinder die deugaanse weglating van die dubbele ontkenning in De Vos se verse my - soos ook in sy ander publikasies - steeds. Veral hier klink dit “Nederlands” en skep dit verwydering met gesproke Afrikaans wat afstand tussen die kind en die teks kan teweegbring.
As skrywer praat ek nooit terug nie, maar wil net ietsie noem en dit het niks met jakkals prys sy eie stert te doen nie: n Jaar of drie gelede het ’n laerskoolonderwyser aan my genoem. “Besef jy hoeveel van jou versies word deur kinders by die plaaslike eisteddfods voorgelees?”
Ek is toe incognito saam met haar na een van hierdie eisteddfods. Die versies dié dag was die kinders se eie keuse. Van die 30 kinders teenwoordig het 27 van my versies opgesê en meer as die helfte was juis van my Annie Schmidt vertalings.
Op daardie dag het ek besef dat oor die kwessie van leesplesier Maritha Snyman miskien nie heeltemal reg was nie.
Ek sê maar net …
En vir dié wat lus het om te luister kan op die volgende tik:
Monday, April 12th, 2010

(klik op foto om te vergroot)
Hoe ver
moet ek reis
na Heuningkrans?
“Myle!”
skree die wildegans.
“Duisend!’
krys die tarentaal:
“Heuningkrans
sal jý nooit haal!”
“Naby!”
sing die geel kanarie:
“Reis net voort
tot Jannewarie!”
“Nee!”
sê die kraai:
“Verby! Verby!
Heuningkrans
sal jy nimmer kry!”
(uit my versamelbundel Mallemeuleman)
Monday, March 29th, 2010

Gister, sommer so uit die blou kry ek ‘n vroeg-oggend telefoonoproep – aan die ander kant die stem van ‘n ou dame: ” Is dit Philip de Vos, die sanger? Dis Louise Cronjé.”
Louise Cronje? En ek weet ek moet onmiddellik antwoord, want blykbaar ken die persoon my.
“Ons het albei gesing in Dido and Aeneas. Toe was ek nog Louisa le Roux-Cronjé.”
En skielik was ek weer terug in ‘n Bloemfontein van 47 jaar gelede. Twee jaar tevore het ek my eerste sangles gehad by miss Grace Butler wat saam met haar drie oujongnooi-susters in Koffiefontein in die Vrystaat grootgeword het en wat na byna 70 jaar nog geen Afrikaans kon verstaan nie.

Dit was deur Grace Butler wat ek my eerste sangrol gekry het. En ongelukkig was ek toe die tweede keuse, want Cor, die kurator van die plaaslike dieretuin sou die rol sing, maar toe word sy geliefde sjimpansee siek en in plaas van tyd vir repetisies, moes hy ma speel totdat sy geliefde gedierte weer fris en op die been was. En daar sing ek toe my heel eerste rol, dié van Samuel, die seerower in Gilbert and Sullivan se Pirates of Penzance. En wat gebeur? Toe die sjimpansee gesond word, kry dié ‘n rol en dit sowaar in die eerste toneel waar ek die Bloemfontein se gehoor moes wys dat ‘n nuwe ster op die toneel verskyn het. En wat gebeur? Die sjimpansee het al die shine gevang en niemand in die hele gehoor het eers van my bestaan geweet nie, en boonop het die sjimpansee so groot geskrik toe die gehoor begin handeklap, dat hy die verhoog papnat gepie het. Toe daar ‘n resensie in Die Volksblad verskyn, is my naam nêrens ooit genoem nie en ek glo nou nog dit was eintlik daardie kurator se werk, want hy wou eintlik die rol gehad het …
En ‘n jaar daarna kry ek ‘n telefoonoproep van professor Leo Quayle van die musiekkonserwatorium van die Vrystaatste Universiteit om te kom vir ‘n oudisie vir Purcell se Dido and Aeneas wat die volgende jaar in die plaaslike skouburg aangebied sou word.
En in een van die bokse lê daar nou nog foto’s van destyds toe ek die rol van Aeneas gesing het: foto’s wat my vandag laat lagkry. Geld vir rekwisiete was destyds seker maar min, want daar lê ‘n foto van my en Dido. Ek swaar-gegrimeer, soos dit geen Griekse held ooit sou betaam nie en die goue bekers

waaruit ek en Dido gedrink het, was duidelik styrofoam bekertjies wat gespuitverf is. En in een foto staan ek alleen met ‘n besemstok in my hand. My Griekse staf was duidelik nie gereed nie, maar dit was tyd vir foto’s neem, en tyd vir publiteit het kort geraak, en moontlik sou die Bloemfonteinse publiek verby die besemstok kyk en die verpiepte jongman en hulle verbeel dus ‘n gespierde jong Griek. (Gelukkig het darem destyds al mooi bene gehad van al die fietsry en dit was al genoeg).

Hoe dit ook al sy: dit was my heel eerste operarol en daarna was dit dertig jaar van mannetjies wat hakkel of ander wat ‘n bietjie na Notredame se Quasimodo lyk.
En na al die jare van operasing, luister ek deesdae nooit meer na opera nie, behalwe steeds na Dido and Aeneas waarvan daar seker 16 verskillende opnames op my Cd-rak staan, plus 4 Dvd-opnames van lewendige uitvoerings.
En waarom dan, het juis hierdie opera by my ’n obsessie geword?
Ek weet self nie waarom nie, en dis nie omdat ek Aeneas gesing het, nie want dié rolletjie is inderwaarheid piepklein, met slegs ‘n paar stukkies resitatief. Hierdie opera het vir my alles wat ‘n opera moet hê: liriese momente, ‘n hoofkarakter waarvoor ‘n mens omgee, kore en danse, en as mens mooi soek, ‘n stukkie humor, plus van die mees roerende arias wat ooit geskryf is, en dit alles binne bestek van 55 minute.
Die laaste element is wat my Gemini-temperament seker die beste pas. Dis gou en dis verby. Nie soos ‘n Wagner-opera waar jy ongeveer drie uur moet wag vir die eerste pouse nie. Soos iemand dit destyds gesê het: “I went to a Wagner opera. It started at six o clock and when I looked at my watch four hours later is was ten past six.”
En dan is daar die 17de eeuse Engels van Dido and Aeneas, want die opera het reeds in 1689 sy eerste uitvoering by Josua Priest se skool vir jong meisies gehad. Alhoewel ons min weet omtrent die ontstaan en eerste uitvoering van die opera, weet ons wel dat die die libretto deur Nahum Tate geskryf is met rymende teks vir die koorgedeeltes:
To the hills and the vales
to the rocks and the mountains
to the musical groves
and the cool shady fountains.
Maar ook rym vir die resitatiewe en arias soos in Dido se ontroerende When I am laid in earth:
Thy hand, Belinda, darkness shades me,
On thy bosom let me rest,
More I would, but death invades me;
Death is now a welcome guest.
When I am laid in earth,
May my wrongs create
No trouble in thy breast;
Remember me, but ah! forget my fate.
Remember me, but ah! forget my fate.
Rym het my nog altyd geïnteresseer veral waar dit teks is wat later gesing moet word. In een van my bokse lê die partituur wat ek destyds gebruik het met alleen my sanggedeeltes in potlood ingeskryf. Robert Mohr het dit destyds in Afrikaans vertaal, en óf dit goed óf sleg is, sal ek na soveel jare nie kan bepaal nie, en ek kan slegs oordeel aan die gedeeltes wat ek moes sing:
Hier is die oorspronklike Engels:
Jove’s command shall be obeyed.
Tonight our anchors shall be weighed.
But, ah! But, ah!
What language shall I try
My injured queen to pacify?
No sooner she resigns her heart,
But from her arms I’m forced to part:
How can so hard a fate be took?
One night enjoyed; the next forsook!
Yours be the blame ye gods,
For I obey your will,
But with more ease could die.
But with more ease could die.
En hier is Robert Mohr se Afrikaans:
Zeus beveel en ek moet gaan.
Ek volg my godsbestemde baan.
Maar a! Maar a!
Gewonde koningin
So gou verlaat, so kort bemin.
Haar liefde het sy pas gegee,
En liefdesdroom word liefdeswee!
Wat kan die brose hart beskerm,
Waar gode self hul nie ontferm!
Zeus, u het my vervloek!
’n Koning leef vannag,
maar liefde sterf vannag,
Maar liefde sterf vannag.
Op die oog af klink dit na ’n goeie vertaling totdat mens dit met ’n sangersoog beskou. Ek het vir baie jare karakterrolle in operas gesing, en weet dus watter klanke, in watter taal ookal singbaar is. ’n Vertaler of librettoskrywer moet altyd die sanger deeglik in ag neem.
Die klanke in die Engels is almal singbaar en Nahum Tate moes sangers geken het. Beskou slegs die volgende reëls:
Yours be the blame, ye gods
teenoor
Zeus, u het my vervloek
ook
But with more ease could die.
But with more ease could die.
teenoor die Afrikaans:
maar liefde sterf vannag,
Maar liefde sterf vannag.
In die Engels sing die sanger more op ’n hoë F.
In die Afrikaans is dit liefde op dieselfde noot.
Die ô klank is vir ’n sanger veel makliker as ie en wat op hoë note probleme begin gee.
Ook in die geval: Yours be the blame
teenoor die moeilike uu-klank van: Ze-us
Met hierdie voorbeeld wil ek slegs wys dat hoe goed ’n vertaling ookal is, daar gekyk moet word na watter klanke die beste op die oor gaan val.
Dido and Aeneas bly vir my die perfekte opera. Gaan luister gerus na Janet Baker se vertolking op Youtube of anders na ons eie Hannah van Niekerk se roerende vertolking van When I am laid in earth.

Wednesday, March 10th, 2010

Vir baie maande reeds word dit geadverteer dat Tim Burton se rolprent Alice in Wonderland wêreldwyd op 5 Maart 2010 sou begin draai met wonderlike foto’s om kykers alreeds ’n voorsmakie te gee.
Gisteraand dus, sit ek in ’n donker Ster Kinekor-teater met ’n grys 3D brilletjie om al die nuwe wondere van die tegnologie te aanskou. En onmiddellik was ek weer terug in Bloemfontein in 1953 in die Plaza met ’n groen en rooi brilletjie terwyl ek my doodgril vir Vincent Price in The House of Wax met allerhande dinge wat sommer reg uit die skerm spring en op my skoot beland.
En gister toe Alice by die erdvarkgat (het hulle erdvarke in Engeland?) af val tot by die wonderwêreld het ek eers ge-oe en ge-a, want daardie wêreld was amper nog wonderliker as die foto’s wat ek alreeds op internet gesien het: pratende blomme en ’n yslike pyp-rokende ruspe op ’n paddastoel, ’n Cheshire Cat wat soos ’n wasempie rook verskyn en verdwyn en ’n wonderlike Queen of Hearts met ’n kop wat lyk of jy haar deur ’n vergrootglas aanskou.
Maar teen die einde se kant, nadat ek alreeds een of twee keer vir ’n paar sekondes ingedut het, dink ek skielik aan my gunsteling rolprent van alle tye: The Wizard of Oz en wens ek dat ek liewer in Oz kan vertoef as in Alice se donker Wonderland.
Nou wonder ek, is dit miskien ’n teken van oud-word, want The Wizard of Oz is in 1939 uitgereik, die presiese jaar toe ek gebore is en is dit dalkies die reken waarom ek so ’n sagte plekkie vir hierdie rolprent het?
Die vytigerjare toe ek grootgeword het, was onskuldige jare met liedjies soos:
How much is that doggie in the window?
The dog with the waggley tale (woof! woof!)
of
She wore an itsy bitsy teeny-weeny
yellow polkadot bikini …
Deesdae is dit musiek wat doef-doef met woorde wat g’n mens kan uitmaak nie of Zef Side met Die Antwoord.
Nou dat ek kan terugsit en dink oor Alice en die land van Oz reken ek dat Oz my veel meer menslike warmte bied as wat Alice se wêreld my ooit kan gee.
The Wizard of Oz het inderdaad karakters vir wie ’n mens met liefde kan omgee. Dorothy Gale met haar:
Somewhere over the rainbow
way up high,
there’s a land that I heard of
once in a lullaby.
En drie karakters: een sonder hart, een sonder verstand, en een wat bra bangerig is. Karakters met wie mens kan identifiseer. In Alice is daar niemand met warmte vir wie ek kan omgee nie. Vir Alice leer ’n mens nie ken nie. The Mad Hatter (nee!) The White Queen (nee!) The Jabberwocky (beslis nee!) Die enigste karakter vir wie ek liefgekry het was ’n klein krimpvarkie wat deur die Queen of Hearts gedurende haar croquet-spel met ’n flamink gemoker word, maar dié toneel was binne drie sekondes verby.
The Wizard of Oz (ten spyte van sy kru effekte) is na 70 jaar nog steeds wêreldwyd geliefd. Ek twyfel of Tim Burton se Alice in Wonderland (met al sy oe- en a-effekte) steeds in 2080 met liefde onthou sal word.
Want The Wizard of Oz se menslike boodskap bly nog steeds There’s no Place like Home en dít is myns insiens waarom hierdie film oor 70 jaar nog êrens vertoon sal word.

Friday, February 26th, 2010

Stenig my, maar nuttelose kennis gee my oneindige plesier en hier is 15 dingetjies wat ek oor beroemde skrywers en digters en oor 4 Suid-Afrikaners uitgesnuffel het:
- PERCY BYSSHE SHELLEY (1792 – 1822) Toe hy per boot sy vriend Leigh Hunt in Italië wou verwelkom, het die boot gesink. en sy lyk het later op die strand uitgespoel met ’n volume van Keats se gedigte in ’n binnesak.
- LOUISA MAY ALCOTT (1832 – 1888) van Little Women faam is dood op die dag van haar pa se begrafnis.
- HANS ANDERSEN (1805 –1875) het in ’n materiaal-fabriek begin werk en het dikwels die ander werkers met sy mooi sopraanstem vermaak, totdat hulle op ’n dag sy broek afgetrek het om te sien of hy dalk ’n meisie was.
- DYLAN THOMAS (1914 - 1953) het hom letterlik dood gedrink.
- MARTIN LUTHER (1483 – 1546) skrywer van die 95 Leerstellinge het aan aambeie gely.
- EMILY DICKINSON (1830 – 1886) het rooi hare gehad.
- LEONARDO DA VINCI (1452 – 1519) was vegetaries
- VIRGINIA WOOLF (1882 - 1941) het daarvan gehou om te skryf terwyl sy regop staan.
- GUY DE MAUPASSANT (1850 - 1893) was glo wel bedeeld.
- MARK TWAIN was lief vir sigare en het gespog dat hy 1000 keer opgehou rook het.
- MIGUEL DE CERVANTES (1547 – 1616) skrywer van Don Quixote het net een arm gehad.
- C J LANGENHOVEN (1873 – 1932) As Onse Neelsie vandag nog gelewe het, sou hy 137 jaar oud gewees het.
- LINA SPIES (1939 - ) se geboortenaam is Carellina Pieternella Spies.
- KAREL SCHOEMAN (1939 -) se geboortenaam is Tromp
- JOAN HAMBIDGE (1956 - ) is nie regtig ’n man nie
Tuesday, February 16th, 2010

Ek was nog altyd gefassineer deur die pittigheid en humor van ligte versies veral dié van Ogden Nash, (seker omdat ek sy versies kon verstaan). Maar met die gedigte van De la Mare het daar egter ’n ander, vreemder wêreld vir my oopgegaan.
Weereens was dit verse, wat op die oor af miskien ’n bietjie outyds klink, maar tog’n vreemde melancholie het wat my bygebly het.
Waar, wanneer en hoe ek die gedigte van Walter de la Mare ontdek het, weet ek nou nie meer nie, maar met die rondkrap in kartondose kom ek tog op die volgende versie af wat ek op 3 November 1983 geskryf het, ’n jaar voor die publikasie van my eerste boek.
Petronella,
kokkerot.
Daar’s ’n melkkoei
in die pot.
Ek lig die deksel;
sy sê MOE!!!
Toe maak ek weer
die deksel toe.
En ek onthou nog dat hierdie lawwigheid definitief geïnspireer is deur die volgende kinderversie van De la Mare
ALAS, ALACK
Ann, Ann!
Come quick as you can!
There’s a fish that talks
In the frying pan.
Out of the fat,
As clear a glass,
He puts up his mouth
And moaned ‘Alas!’
Oh, most mournful,
‘Alas, alack!’
Theb turned to his sizzling,
And sank him back
Dan was daar die volgende kinderversie:
SOME ONE
Some one came knocking
At my wee, small door;
Some one came knocking,
I’m sure – sure – sure;
I listened, I opened,
I looked to left and right,
But nought there was a-stirring
In the still dark night;
Only the busy beetle
Tap-tapping in the wall,
Only from the forest
The screech-owl’s call,
Only the cricket whistling
While the dewdrops fall,
So I know not who came knocking,
At all, at all, at all.
’n Paar jaar gelede het ek ‘n versie geskryf, en nou wonder ek of dit dalk De la Mare was wat daardie dag oor my skouer kom loer het.
Die nagvoël skree
om middernag.
Wie is dit
wat buite wag?
Ek hoor iets roer.
ek hoor iets roep.
Ek hoor ’n voetstap
op my stoep.
Ek huiwer
by die vensterraam.
Buite hang
’n skewe maan,
maar daar is niks
wat ek gewaar:
alleen die roering
van ’n blaar.
Agter in my kopie van Walter de la Mare se Collected Rhymes and Verses het ek op die agter binneblad die bladsynommer 259 in potlood neergeskryf, sodat ek dié spesifieke gedig weer later maklik sou ontdek:
GONE
Where’s the Queen of Sheba?
Where King Solomon?
Gone with Boy Blue who looks after the sheep,
Gone and gone and gone.
Lovely is the sunshine;
Lovely is the wheat;
Lovely the wind from out the clouds
Having its way with it.
Rise up, Old Green Stalks!
Delve deep, Old Corn!
But where’s the Queen of Sheba?
Where King Solomon?
Dit was veral daardie eerste twee reëls oor die verganklikheid wat my ontroer het en verlede jaar toe ek Engelse sowel as Afrikaanse versies vir Moessorgski se Prente by ’n Uitstalling geskryf het,was dit veral De la Mare se versie wat ek onthou het.
DIE OU KASTEEL
Sal iemand weer die snare pluk
en sing om middernag?
Sal iemand weer die snare pluk
tot met ‘n nuwe dag?
Die ou kasteel
lê afgebreek
sy stene lê versprei:
Dis onkruid, gras
en disselplant.
Die blomtyd is verby.
Die mure het só trots gestaan.
Waar het die koning heen gegaan?
Wie sal óóit die koning mis?
Die tyd het alles
weggewis.
Monday, February 1st, 2010

Met my boks-uitpakkery kom ek gister op ’n skryfsel af, en na die deurlees daarvan, kom ek met ’n sug agter dat hierdie stuk nooit in druk die lig sal sien en daarom nooit oorweeg sal word om naas uittreksels uit Raka in Groot Verseboek te verskyn nie. Maar met die terugdink, was dit tog ’n groot plesierigheid wat ek onthou.
Twee jaar gelede is ek deur die ATKV genader om iets te skryf vir hulle jaarlikse Veertjies-toekennings. Dit moes juis oor die liefde wees, want ten spyte van my hoë ouderdom is daar verneem dat ek oud, maar nog nie koud is nie.
Die gevolg was toe Stories oor die Liefde – ’n lang vers wat ek moes skryf oor wat alles tussen die lakens gebeur het van Adam se tyd tot nou met onse Steve Hofmeyr toe.
Na ’n paar dae van skryf, en daarna dae van memorisering (selfs as ek by die gym my boeglam op ’n oefenfiets oefen) was ek gereed om my resitasie by die groot aand te gaan opsê.
Ek was bewus van ’n paar glimlagte en paar fronse by die uitgelese gehoor en het toe besef dat dit die laaste aanhoor van my meesterwerk gaan wees, want daar was ongelukkig geen resensente wat hulle indrukke op papier kon neerkrabbel nie.
Tog was daarna twee persone wat persoonlik hulle indrukke oor hierdie grootse werk aan my kom oordra het.
Eers was daar Helen Zille wat vir my kom sê hoe sy dit geniet het, en omdat ek alreeds van dié vrou se goeie smaak gehoor het, het ek elke woord geglo (net jammer oor al daardie Botox).
Toe was dit dr. Niel le Roux, uitvoerende hoof van die Suidoosterfees se beurt en hy was blykbaar vreeslik onsteld dat ek die woord moffie in die openbaar kon gebruik, en die ergste nog by ’n ATKV-geleentheid.
En daarna vra hy my ook sommer pertinent of ek ooit die gewraakte k-woord k++++r in die openbaar of selfs in skrif sou gebruik. “Nee, nooit!” het ek geantwoord, “want ongelukkig is daar geen rymwoorde wat ek vir dié woord sal kan opspoor nie.”
“Ja, soveel dae, soveel dinge.”
STORIES OOR DIE LIEFDE
Stories oor die liefde
is al jare lank by ons:
Stories wat jou sag laat ween,
of wat jou hart laat bons.
Al wil jy my nie glo nie;
al klink dit somtyds raar,
is elkeen van die stories
gewis en wragtag waar.
Ek weet wel in die Bybel
was daar g’n Koos of Mybel,
maar wel dat daar geliefdes was
en dat hul soms mekaar betas.
Adam kla glo meer of min:
“Jou appel het dit als begin!”
En sê vir Eva: “Jy’s ‘n luis.
Nou moet ons uit die Paradys.!”
Simson kuier by Delila.
(Hy’s harig nes ‘n bosgorilla),
Maar Lilla gril en sê: “Nee stop!”
En gee sy pounietyl die tjop.
Met Dawid en sy Jonatan
het dit ook soms maar woes gegaan.
Tot Koning Saul steun en kreun:
“Wat maak mens met ‘n moffieseun?”
Nou kom die res - al klink dit Grieks.
Ons storie raak nou opgemieks.
‘n Meisiekind genaamd Helena
had twee harig Griekse bene
en met haar volle lipstieklippies
lok sy gou ‘n duisend skippies.
En van almal daar in Troje
was Heleen die mooiste mooie.
Tog raak die manne siek en sat
oor sy alreeds ‘n boyfriend had.
En klim toe wragtag in ‘n perd.
“Wie wil trou met só ‘n tert?”
Nou reis ons na die sandwoestyn
waar plante van die droogte kwyn.
En hier het neef Antonius
en Cleopatra min gerus.
En al was hy alreeds getroud,
vind Cleo glad nie daarmee fout,
want al wat sy gereeld wou hê
was om met hom te lepellê.
Tog was hul einde ietwat goor:
‘n Dolk het vir Antoon deurboor.
En toe hy sterf het sy gesnik
en ‘n tuinslang teen haar bors gedruk.
Vir Romeo en Juliet
was daar net leed en glad niks pret.
Op haar balkon het sy gewag.
“Ai, waar’s die man? O, gee my krag.”
En gou het sy hom toegesnou:
“Oh, wherefore art thou Romeo?”
Nou raak ons storie minder laf.
Hul einde was besonder taf!
Juliet is eers vergiftig.
Sy laaste woord was glo: ” Genugtig!”
En nou ‘n storie wat erg naar is,
maar wat beslis en rêrig waar is:
Abelard wou Eloise
net nou en dan ‘n bietjie squeeze,
maar squeezery word vryery
en op en af geryery
en eindig met ‘n skree-bek bybie.
Ongetwyfeld en nié mybie!
Haar oom raak toe verskriklik vies
oor sy vir Abelard verkies.
En toe’t daai oom – ja, glo vir my
die ou se tottie afgesny.
Al was dié daad wel ongehoord
leef hulle liefde nou nog voort.
Nou kom ons by ‘n eeu gelede,
en kan ons ween met goeie rede:
Van Gogh sou nimmer-immer trou nie;
ken g’n liefde van ‘n vrou nie.
En sterwe later liefdeloos;
sonder warmte of troos.
Liefde deesdae is maar goor, ja
David Beckham en Victoria.
Tog is daar dié wat ons besiel
soos onse Frans en Sannie Briel.
Of anders lees ons Mills & Boon
waar almal druk en almal soen.
En is jy lief vir Ena Murray
hoef jy rêrig nie te worry.
Hierie antie kry geen rus –
Dis omnibus na omnibus
Hoeveel is daar? O, ja wragtag!
Niks minder nie as agt-en-tagtig!
Vandag se vryers is maar flou
en werklik niks om te aanskou.
Gee my liewer Cleopatra
as Mia Farrow en Sinatra.
Of Romeo en Juliet,
al was hulle einde sonder pret.
Plus Dawid en sy Jonatan
wat net kon druk soos manne kan.
Daai mense het geweet van soen
en ook hoe om die ding te doen.
Dus het ons deesdae goeie rede
om iets te leer uit die verlede.
En wil jy werklik leer wat vry is,
gaan leer by dit wat lank verby is.
Monday, January 25th, 2010

Met die rondkrap in bokse kom ek op allerhande dinge af:
’n Brief van Leon Rousseau gedateer 15 November 1978. En daar staan dit:
Geagte mnr. De Vos
Dankie vir u besoek aan ons kantoor Maandagmiddag.
Ek het u versies dadelik nagegaan en hier en daar aantekeninge gemaak.
En nou 31 jaar later moet ek nou my eie speurwerk maak en probeer uitwerk waarom ek uiteindelik versies begin skryf het en in 1978 aan Leon Rousseau voorgelê het.
Maar met hierdie speurtog, kom ek by die goeie en die slegte dae in my lewe uit. My skooljare het geen literêre talent getoon nie. Om die waarheid te sê in een van die bokse lê ’n opstelboek van toe ek in Std 9 was en my skryfsels was eintlik heeltemal vaal en verbeeldingloos.
Na my hoërskooljare beland ek op universiteit. Vandag weet ek self nie waarom nie. Want wat ek daar geleer het, het ek lankal vergeet behalwe dat Tromp (deesdae Karel) Schoeman gereeld langs my by lesings gesit en meer verveeld was as ek.
En toe kom die dae van skoolhou en op kinders skree. Maar gelukkig ontdek ek in die vroeg 1960’s ander belangstellings: fotografie en die feit dat ek ’n sangstem het.
Saans het ek foto’s in my ma se kombuis afgedruk, met roesmerke wat in haar opwasbak verskyn het en haar absoluut dronkgeslaan het. En ek kon dit nooit oor my hart kry om vir haar te sê dat dit die foto-chemikalieë was wat besig was om die kombuis te ruïneer nie. En na ’n dag van skoolhou, was daar sangles by Grace Butler en uiteindelik my eerste rol op die verhoog: die seerower Samuel in Gilbert and Sullivan se Pirates of Penzance.
En in 1967 uiteindelik die grootste besluit in die lewe: om van my ouers in Bloemfontein weg te trek en in Kaapstad te kom skoolhou. Ek wou oorspronklik in Johannesburg gaan woon, maar volgens my pa was dié bose stad suid-Afrika se Sodom en Gomorra. (Gelukkig het hy nie van Kaapstad geweet nie.)
In Kaapstad het ek steeds vir 6 jaar skoolgehou en saans opera-karakterrolle gesing totdat ek in 1972 Offenbach se Verhale van Hoffmann vier rolle vertolk het. Een aand was daar skielik die besef dat ek goed is – en dis nie blote grootpraat nie – ek besef toe dat ek nie net kon sing nie, maar kon toneelspeel, terwyl party van die ander sangers maar net rondstaan en mooi sing en mooi probeer lyk. Daar en dan besluit ek dat dit die einde van my skoolhou-jare was en dat ek van nou af net gaan sing.
Vir vyf jaar tot einde 1977 speel ek hakkelende mannetjies met boggels en besef dat die wonderlikste tyd van my lewe aangebreek het. Skielik was daar ’n vryheid en die besef word van my eie kreatiwiteit
En in die jare van vryheid besluit ek om te skryf. My kinderjare in Cricketstraat word na drie maande se skryf ’n boek met die titel Karel van Krieketstraat. En na die groot opwinding van skryf, lê ek my manuskrip aan Tafelberg-uitgewers voor met ’n brief wat ek op 8 April 1975 van mej. E. Badenhorst ontvang (ja, daardie brief is nog iets wat in een van daardie bokse versteek gelê het en wat ek onlangs weer ontdek het):
Geagte mnr. De Vos
Ek moet ongelukkig laat weet dat u manuskrip Karel van Krieketstraat nie vir publikasie aanbeveel is nie.
Die skryfstyl verraai soms die perspektief van ’n volwassene wat óór kinders skryf. ’n Ander probleem hier is dat dit nie duidelik is vir watter ouderdomsgroep die verhaal bedoel is nie.
Die feit dat die manuskrip afgekeur is, het nie saak gemaak nie. Die opwinding van skryf, was vir my die belangrikste, en skaars ’n maand na voltooiing van Karel, waai ’n koerant teen my bromponie vas terwyl ek op pad is na ’n repetisie by die Nico Malan-operahuis en is dit die skielike inspirasie vir my volgende boek:
Geskiedenis op Hoërskool Sentraal was ’n vervelige affêre. Ons moes paragrawe uit ons kop leer en in die klas kom opsê en die Voortrekkers is veral aan my voorgehou as ’n droë klomp biltonge. en deur my volgende boek met die mistroostige titel Oor Moedverloor se Vlaktes het ek vir my eie plesier die geskiedenis opgevrolik deur oor die Agtertrekkers te skryf.
En na die groot plesier van skryf, was daar weer dieselfde reaksie van die uitgewers HAUM en Tafelberg. Vir watter teikengroep probeer ek eintlik skryf?
My twee ongepubliseerde manuskripte het dus êrens in bokse beland vir anderdag se ontdek.
Die jare 1973 tot 1977 word jare van solo-uitvoerings in lieder en oratriums en operarolle in Kaapstad en Bloemfontein en operatoere dwarsdeur die land tot by die kleinste van klein dorpies.
En skielik vir ’n volle 3 maande was daar niks. My broer in Bloemfontein sê toe ek moet tydelik by hom in sy steenkoolbesigheid kom werk. Dit was winter en in sy besigheid se kantoor het die telefoon vir geen oomblik opgehou lui nie met kliënte wat intussen onophoudelik toustaan om hout en steenkool te kom koop.
My kreatiwiteit was vergete. Saans het ek uitgeput by my ma se woonstel uitgekom. En skielik op 38 jarige ouderdom het ek weer soos ‘n kind in die huis geword. My ma het my saans, soos destyds meer as 30 jaar tevore in Cricketstraat, in my komberse toegevou en aanhou gesê: “Jy kan nie met vryskutwerk voorgaan nie. Daar is geen toekoms vir jou nie. Daar is geen geld om van te lewe nie. Jy sal moet terug onderwys toe.”
Elke aand dieselfde. En toe was daar die droom: Ek was by my broer se steenkoolwerf en met ’n spuitkannetjie het ek swart steenkool in ’n reënboog probeer verander. Maar ek kon nie.
Die volgende oggend was ek weer terug in my broer se kantoor met die telefoon wat lui en kliënte wat toustaan om bedien te word
Ek het na my ma geluister, op die onderwys-gaset ingeteken, en aansoek gedoen om ’n pos in Kaapstad. My wonderlike 5 jaar van kreatiwiteit was verby.
En toe vir oulaas: Johan Bernard by SUKOVS-toneel vra my om foto’s in die Sterrewag-teater bo-op Naval Hill in Bloemfontein te kom uitstal. In Kaapstad het ek met ‘n laaste kreatiewe stuiptrekking ’n hele foto-uitstalling binne die kwessie van twee weke uitgedink. Die 20 foto’s toon ’n reisiger deur ’n nimmer-eindigende woud. Die reisiger wil weet waarheen hy reis. Drie wyse vroue wys die pad vooruit, maar op die ou end kom hy maar weer uit waar hy begin het.
http://www.facebook.com/photo.php?pid=1210430&l=5751ee05c9&id=636813173
Daarna ’n laaste operatoer vir KRUIK na die Noord-Kaap toe met Albie Louw, Virginia Oosthuizen, Oystein Liltveld en Stephen Tudor onder andere.
Ek het gedag dat hierdie toer, soos die fotouitstalling die einde van my kreatiwiteit was. Skielik op hierdie lang toer na die noord-Kaap begin ek halusineer. Gedagtes aan die dood het skielik my hele denke begin oorheers. In een van die klein dorpies sien ek ’n man straat-af loop met ’n kind se wit doodkissie op sy skouers.
In een van die Karoo-dorpies sien ek ’n babawiegie in die koelte onder ’n boom by die hotel-vierkant staan en ’n stem sê vir my: Jy moet die kind gaan doodmaak. Ek was vol vreemde gedagtes. Saans as Oystein Old Man River sing met die onheilspellende woorde: I’m tired of living, and scared of dying het ek daarna met Stephen Tudor in sy hotelkamer gepraat en, alhoewel Engels,het hy gesê die Afrikaanse woord selfmoord sê presies wat dit beteken:die vernietiging van my kreatiewe self.
Die rit met die kombi terug Kaapstad toe was ’n nagmerrie. By die hotel in Matjiesfontein het die
mense in die skilderye lewendig geword en hulle oë na my toe gedraai. Buite Matjiesfontein lê ’n begraafplaas. En al wat ek kan onthou is die busbestuurder se woorde: “We are now close to the dead centre.”
Terug in Kaapstad het ek in desperaatheid vir my ou vriend Deon Knobel gebel en deur sy toedoen het ek ’n paar dae in die hospitaal beland en nie ’n enkele van my operatoervriende het my besoek of kom hoor hoe dit gaan nie.
En in die hospitaal het ek aan my ma se woorde gedink; besef dat sy reg was en dat die onderwys miskien nie so sleg sou wees nie.
En die onderwys was ook nie so sleg soos ek gedink het nie. Aanvaarding het ’n soort berusting gebring en skielik was daar weer kontak met jonger mense.
Teen die einde van 1978 na byna ’n jaar van onderwys, krap ek weer in kartondose rond en ontdek ek my twee ongepubleerde manuskripte: Ek lees weer my Agtertrekker-storie; lag vir my eie grappies en besluit om dit aan Leon Rousseau by Human & Rousseau-uitgewers voor te lê. Êrens in ’n kartondoos lê die brief wat hy vir my geskryf het. Die inhoud kan ek wel onthou. Weereens was daar die twyfel oor ’n teikengroep, maar omdat daar drie kort rympies in die storie was, vra hy my of ek al ooit daaraan gedink het om kinderversies te skryf.
Het hy my nie gevra nie, het ek dit tot vandag seker nooit geweet nie. Maar ek het gaan sit en my heel eerste versie geskryf:
Wat is die verskil
tussen katte en muise?
Muise het sterte
en katte het luise.
Ja, muise het sterte
en so ook ’n kat,
maar geen muis
het ’n luis
of ’n kat op sý blad.
’n Muis
het ’n luis
en ’n stert
nes ’n perd,
en perde
het luise
maar ly nóóít
aan muise,
en katte
het luise
en lang
gladde sterte
en soms kyk
hul dromerig
dóér in die verte
na muise
en luise,
en perde
soos huise.
En dís
hoe jy weet
wat is katte en muise.
En toe kon ek nie ophou nie.
Op Maandag 13 November na 17 dae van skryf, het ek ongeveer 30 versies by Leon afgegee en twee dae later het ek sy brief ontvang:
Ek moet sê dat ek hoë verwagtinge van die rympies gekoester het en teleurgesteld was toe ek so min volle regmerke kon gee. Ek dink wel dit is die moeite om voort te gaan.
Probeer gekunstelheid en epigonie vermy, en ook elemente wat ’n aantal gedigte onaanvaarbaar maak, byvoorbeeld: “Wat is die verskil” (Lawwe verse het hulle eie logika, en dit ontbreek hier.)
Onsmaaklikhede: al die luise en weeluise en byvoorbeeld “Oupa en Ouma sit op die Stoep”.
Om een of ander rede het ek sy antwoord destyds as negatiewe terugvoering gesien, en al 30 versies het saam met die ander twee manuskripte in ’n boks beland om eers weer in 1983 ontdek te word.
Monday, January 18th, 2010

As ’n mens so in bokse rondkrap, kom jy op allerhande goed af waarvan jy al jare gelede vergeet het. Was ek meer georganiseerd, was dit seker êrens netjies in ’n boek vasgeplak, maar dit was nie, en het sommer onverwags sy verskyning gemaak.
Nóg op skool nóg op universiteit het ek iets kreatief geskryf. Ek het altyd die slim kinders by Hoërskool Sentraal bewonder wat jaar vir jaar iets in die jaarblad gepubliseer gekry het. Slim kinders soos Dawfré Roode. (Ja, selfs in die 1950s was daar Afrikaanse kinders met name met ’n aksent op die laaste letter). Dawfré wat kon klavierspeel, en rugby speel, en swem en hoogspring, hoofseun van die skool was en later met 22 onderskeidings in Matriek kon spog. Blanche Terblanche wat so mooi kon sing en Goethe Olwagen wat gedigte kon skryf en Alfa van der Walt wat selfs Engelse opstelle kon skryf. En dan was daar ek.
Maar Alfa van der Walt se storie het ook ’n nasleep. Ek onthou goed ’n Engelse opstel wat sy geskryf het wat in 1955 in die skooljaarblad verskyn het: En ja, ek het dié jaarblad nooit weggegooi nie, dit lê in ’n boks en daar staan dit op bladsy 57:
A DAY IN THE LIFE OF A “TRALIE”
In his Seven ages of Man, Shakespeare speaks of the schoolboy “with his shining morning face, creeping unwillingly to school.” The schoolboy of Central High today does not creep to school; he catches the bus round the corner and changes at Hoffmann Square, or speeds at the last moment on his three-speed velocipede.
Ja, dis hoe slim kinders by Hoërskool Sentraal was. Nie net kon Alfa Engels praat nie, sy het geweet wat se ding ‘n velocipede is.
My tweetalige woordeboek was nie van veel hulp nie, en uiteindelik het ek die woord in ’n dik woordeboek in die Bloemfontein-biblioteek ontdek. En al wat daar staan, was: velocipede = bicycle. Ek was destyds baie beïndruk dat Alfa sulke groot woorde ken. ’n Ruk gelede, baie, baie jare na daardie opstel in die 1955 jaarblad, ontdek ek die volgende stukkie inligting op die internet:
VELOCIPEDE: a version of the bicycle reinvented in the 1860s by the Michaux family of Paris. Its iron and wood construction and lack of springs earned it the nickname boneshaker. It was driven by pedalling cranks on the front axle.
Wel, Alfa se velocipede was egter om een of ander onverklaarbare rede three-speed en ek het gedink sy is die slimste meisie van wie ek nog ooit gehoor het.
Maar – wat gebeur? So 15 jaar gelede, nadat ek alreeds ’n paar boeke gepubliseer het, gaan kuier ek in Bloemfontein. In die Sand du Plessis operahuis se voorportaal storm ’n vrou op my af. “Onthou jy my nog? Ek is Alfa van der Walt en was saam met jou in matriek.” Na ’n rukkie se gesels sê sy vir my: “Ek is ’n groot bewonderaar van jou werk, maar hoe op aarde skrywe ’n mens ’n boek?”
My antwoord was min of meer die volgende: “Maar Alfa, jy het alreeds in 1955 sulke wonderlike Engelse opstelle geskryf. Veral daardie skitterende stuk oor die velocipede!”
En al wat Alfa vir my kon toevoeg, was: “Wat se ding is ’n velocipede?”
Ja, dis die tipe ding wat ek onthou, as ek begin bokse uitpak en begin dink aan die jare toe ek op hoërskool was en my hoogste punt 4 uit 10 vir ’n opstel was.
|
|