Uncategorized
Tuesday, August 31st, 2010
Geagte meneer
Ek wil graag vir Joan Hambidge gelukwens met haar uitstekende gedig oor Fiona Coyne. Wat ‘n intellek en medemenslike meelewing verg dit nie om so ‘n tragedie so treffend poëties te verwoord nie. Ek het ook al Hambidge se ander gedigte op die Versindaba gelees en vind al die werk daar ‘n stralende bevestiging dat sy ontwikkel het in een van die beste Afrikaanse digters, indien nie die heel beste nie. Haar werk het vir my ‘n nog groter poëtiese intensiteit en intellektuele onderbou as die gedigte van Van Wyk Louw en Elisabeth Eybers. Dit is ‘n skande dat Joan Hambidge nog nie met die Hertzogprys bekroon is nie. Hopelik is dit volgende jaar sulke tyd.
Ons moet ons nasionale skatte koester en al die lof en eer gee wat hulle toekom. Nie net as skrywer nie, maar ook as akademikus is Hambidge fenomenaal en het sy nie haar gelyke in hierdie land nie, in Afrikaans én Engels. ‘n Land wat geseën is met so ‘n enorme talent kan net geseënd voel.
Die uwe
Madeleine Gelderblom
Wednesday, August 25th, 2010
Ook hier in Pretoria is tekens van lente. Dit was inspirasie vir my jongste gedig.
Lente op die skoolgrond.
Dis weer lente. Vlieswolke wind piets
wit granaatpitte fynhael.
In die parkeerterrein kry ingesemente latte
lewe. Hulle bros sulke wit botsels.
Jy weet nie hoe vlak die beskawing by my is nie.
Soms is ek so alleen tussen skooltasse
dat ek kan huil.
Dan weer kry ek jou jammerder.
Omdat jy nie `n benul het van wat jy mis nie.
As ek by jou is, luister ek net en
my dink lê dik soos koffiemoer onder in die kan;
dit los nie op in lou water nie.
Karlien van der Merwe
Tuesday, August 24th, 2010
“…dis aaklig om te sien hoe die skaap-mentaliteit ons kry…”
Fokofpolisiekar – Tygerberg Vliegtuig
Daar was so paar jaar gelede ‘n moerse trend op ‘n kunstefees waar baie mense skielik ‘n hemp gedra het waarop daar staan: “niemand verstaan my nie, miskien is ek ‘n kunstenaar.”
Dit was aanvanklik vir my half snaaks, maar toe ek die sewende ou sien wat nounet sy two-tone kakie hemp vervang het met daardie hemp, toe het ek maar net ander pad gekyk en vinniger bier gedrink.
Die aanhaling waarmee hierdie blog begin is natuurlik een van die grootste ironië van ons tyd. Die feit dat Fokofpolisiekar as die oorspronklike predikers teen die skaapmentaliteit van Afrikaners een van die grootste sheep-followings tot gevolg gehad het wat ons seker nog onder ‘n jong generasie in hierdie land gesien het laat my lag.
Elke tweede ou probeer deesdae soos Francois van Coke lyk of sing. Die ander helfte ry nog rond op bakkies en soek slagoffers vir flaptrap. Of so voel dit baie keer vir my.
Waar los dit jong Afrikaners?
Ek weet nie, dit voel vir my of ons besig is met ‘n game Monopoly en konstant daardie verlammende kaartjie trek wat sê “gaan reguit tronk toe, moenie by begin verby skuif nie en moenie twee honderd rand insamel nie”
In ‘n gedig uit Danie Marais se bundel Al is die maan ‘n misverstand genaamd “Swart Spookasem” begin hy met die volgende lyne:
“Pathetic earthlings, who can save you now?
Evil Emperor Ming in Flash Gordon (The movie)
Ek was kwaad in my jonger dae,
maar nou is ek hatig.
My woede is ‘n uitgemaakte saak
ingelê in stilte –
‘n Bengaalsetier – fetus in ‘n konfytfles
op die rak.
Ek eet my woede soos swart spookasem
wanneer ek oorlog, armoede en Lotto kyk
op die 7 uur-nuus in Afrikaans…”
Dit is ‘n wonderlike gedig en ek dink elkeen wat hom nog nie gelees het nie, moet hom in die hande kry en lees!
Ek het die ander aand presies so gevoel toe ek op die 7 uur nuus in Afrikaans sien van die impak wat die stakings op onskuldige kinders en babas het. Ek het gewens dat daar meer mense kan wees wat vir hulle self kan dink en minder wat almal so in dieselfde rigting neuk as die voorste ou.
Aan die een kant voel ek vir die onderwysers in Suid Afrika, want ek dink al jare dat hulle salarisse skandalig is, maar aan die ander kant weet ek ook dat ek, as ek nog in die skool was, hierdie staking vir die res van my skoolloopbaan sou gebruik het as verskoning vir ‘n dag of twee af so elke dan en wan.
Ek het verlede jaar die Dinsdag oggend net na die Easter Oppikoppi gesit en die naweek se Rapport gelees en die volgende neergepen, dit is die tipe ding waarvoor ek kan tronk toe gaan as die nuwe voorgestelde mediawet deurgevoer word, so toe dog ek, ek plaas dit maar nou terwyl ek nog kan:
Manifesto in Blou
En nou kondig jy die einde so sonder seremonie aan.
Jy sê God het met jou gepraat.
Jy moet rigting kry en jou pad weer gelyk trek.
En ek tjek op die koerant dat hulle ook skepties is
oor Angus se geldmaak aksies.
En ek vra vir die skape waar ek verby ry omverskoning
dat ek mense soms met hulle vergelyk.
Die waarheid ruik nie lekker vanaand nie,
maar hy moet uit en ek drink maar verder whisky
met die hoop dat ek hom uitkots en vind tussen
whisky, gal en hopelik hoop.
Want dié het ook gefokof,
saam met PW, FW of Nelson
en ek het nie gedink ek sal ooit
‘n parallel tussen daai manne kan trek nie,
maar vanaand mis ek hulle almal as ek
Jacob soos ‘n slang sien smile.
God is ook weg en ek,
ek huppel maar so op my eie,
op my eie wysies, want dalk kruip
hy net weg vanaand agter rook,
agter die sterre of die maan.
Of dalk is hy inderdaad in Greytown,
by daai mighty men conference
en dis die dat hy my vanaand weer so
aspris ignoreer.
Monday, August 23rd, 2010
Woordfees
bied aan
Versindaba
Op die woord af
17 en 18 September 2010
Sasol Kunsmuseum
Ou Hoofgebou | De Kelder, Lanzerac
Toegang: R30 per sessie, tensy anders aangedui.
Spesiale dagkaart (alle sessies): R120.
Besprekings by Computicket vanaf 1 September 2010
Tel.: 083 915 8000, www.computicket.co.za. Kaartjies is
ook beskikbaar by die deur.
Vrydag 17 September 2010
Brief aan Suid-Afrika
Kollokwium aangebied deur die US se Departement Afrikaans en Nederlands
Die kollokwium van die Departement Afrikaans en Nederlands neem vanjaar ′n buitengewone vorm aan, naamlik ′n poësievoorlesing rondom ′n tema. Ons noem dit “Brief aan Suid-Afrika”. Marlene van Niekerk het etlike digters gevra om ′n antwoord of variasie, herdigting of vertaling te skryf van die berugte gedig van die beat-digter Allen Ginsberg waarin hy Amerika aanspreek met ʼn aantal vrae, aantygings en pleidooie. Ons hoop om op die manier ′n platform te skep vir die verwoording van ′n wydgevoelde onrustigheid oor die toekoms van ons land en om daarmee ′n bydrae te lewer tot die gesprek oor die politieke aktualiteit. Kom luister na digters soos Loftus Marais, Marius Crous, Diana Ferrus, Louis Esterhuizen, Melt Myburgh en Petra Müller se briewe aan Suid-Afrika, en bring u eie gedig saam vir die oop mikrofoon. Breyten Breytenbach het ook ʼn gedig gestuur wat voorgedra sal word deur Antoinette Kellermann. Distell sorg vir heerlike wyn.
19:00 - 21:00 ● Sasol Kunsmuseum ● Gratis
Saterdag 18 September 2010
Uys Krige: Die digter as briefskrywer
Uys Krige, die goue seun van die Afrikaanse digkuns, sou vanjaar 100 jaar oud geword het. Peet van Aardt gesels met uitgewer Petrovna Metelerkamp oor ʼn keur uit Krige se briewe: Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje, wat hy saamgestel het. Stemkunstenaar Nic de Jager bring Uys fassinerend tot lewe in sy voorlesings van die briewe.
09:00 – 09:45 ● Ou Hoofgebou ● R30
Dana Mouton-gedenklesing
Joan Hambidge, bekroonde digter en professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, lewer vanjaar die vyfde Dana Mouton-gedenklesing: “Die digteres as Lorelei: Ingrid Jonker se tweede lewe in enkele verse van Johann de Lange.” Drie groot digters in een lesing – ʼn belewenis!
10:00 – 10:45 ● Ou Hoofgebou ● R30
WOW Woelige werkswinkels
Ondersteun deur die ATKV
Die US Woordfees se Woorde Open Wêrelde (WOW)-projek bring die wonderwêreld van die poësie aan laerskoolleerders van omliggende skole, en laat die Afrikaanse verskuns sing in die monde van seuns en meisies! Jongmense leer om gedigte te skryf, dit voor te dra en lirieke daarvan te maak.
10:00 – 13:00 ● Ou Hoofgebou ● Gratis vir genooide leerders
WOW Verf- en Vers
Ondersteun deur die ATKV
By die prettige Verf- en Verswerkswinkel verander penne en kwasse in towerstaffies waarmee ʼn wêreld van kreatiwiteit ontsluit word. Graad 1 tot 5-leerders word touwys gemaak in tegnieke om kunswerke met woorde en verf te skep. Hulle leer boonop om self goedkoop verf te maak vir hul eie vingertekeninge. Hierdie werkswinkels berei hulle voor vir die WOW-projek se Verf- en Verskompetisie waarvan die wenners tydens 2011 se WOORDtroFEES aangekondig word.
10:00 – 13:00 ● Ou Hoofgebou ● Gratis vir genooide leerders
Groen koring: Die piemp-digters van Scottsville
Versindaba stel graag vir Thérèse Hulme en die jongmense van Scottsville naby Kraaifontein bekend. Die jong digters vertel aan Fiona van Kerwel hoe hulle oor vier jaar ontwikkel het in ʼn kreatiewe mentorskapprogram van Afrikaanse drama, teater en poësie, en lees van hul eie werk uit hul bundel Piemp.
11:00 – 11:45 ● Ou Hoofgebou ● R30
Xhosa en Afrikaans: Koos Oosthuysen en Antjie Krog
Koos Oosthuysen is ’n afgetrede Xhosa-Bybelvertaler en leraar van die VGK, wie se insig Antjie Krog ruimskoots gebruik het by haar Afrikaanse vertalings van Xhosa-gedigte. Hulle het saam deelgeneem aan ʼn geroemde voordrag van gedigte by die Spier-poësiefees in 2006. Met Antjie se aansporing is ʼn aantal van sy vertalings tussen Xhosa, Afrikaans/Nederlands en Engels nou uitgegee as Twintig verse in vertaling. Kom luister hoe Oosthuysen en Krog brûe slaan tussen Afrikaans en Xhosa in nog ʼn roemryke gesamentlike optrede.
12:00 – 12:45 ● Ou Hoofgebou ● R30
Wilhelm Knobel 75
Die digter Wilhelm Knobel, wat in 1974 oorlede is, het in sy kort lewe ʼn pragtige nalatenskap vir die Afrikaanse poësie byeengebring. Op 26 Oktober vanjaar sou hy 75 geword het. Dr. Marius Crous en prof. Deon Knobel bring hulde aan die digter met ʼn oorsig oor sy lewe en sy werk. By dié geleentheid word Wilhelm Knobel se dokumente amptelik aan die Dokumentasiesentrum van die US se J.S. Gericke-biblioteek oorhandig, waar dit vir die nageslag bewaar sal word.
14:00 – 14:45 ● Ou Hoofgebou ● R30
Kraakvars!
2010 het ʼn handvol Afrikaanse debuutdigters opgelewer. Ronel de Goede stel vir Melt Myburgh (Oewerbestaan), Martina Klopper (Nadoodse ondersoek) en die volgende Nuwe Stemme 4-digters aan die woord om verse voor te lees: Willem Jansen, Pieter Hugo, Bibi Slippers, Marius Swart, Lewies Botha, Annie Klopper en Jannie Malan. Niël Rademan en Rika Vermeulen kom wys hoe heerlik gedigte neerslag kan vind in kabaret en musiek.
15:00 – 15:45 ● Ou Hoofgebou ● R30
Digters en nagelate werk – uitdagings en probleme
Amanda Botha, verantwoordelik vir die nagelate werk van Sheila Cussons en I.L. de Villiers, gesels boeiend met Etienne Bloemhof en Wium van Zyl oor die besluite waarvoor ʼn letterkundige kurator te staan kom met veral ongepubliseerde en onvoltooide werk van die ontslape digter. Moeilike vrae vra hier om nog moeiliker oplossings: Moet alle nagelate verse wel gepubliseer word? Watter weergawe van ʼn vers mag opgeneem word? Mag dié verse geredigeer word? Indien wel, hoe moet dit aangebied word? Kom luister na dié interessante gesprek deur kundiges en kry ʼn ander kyk op sake.
16:00 – 16:45 ● Ou Hoofgebou ● R30
Digtersgala
Politika-Uitgewers is die gasheer van hierdie spoggeleentheid waar die room van die Afrikaanse digkuns optree. Dorothea van Zyl en Johann Nel bring hulde aan M.M. Walters wat vanjaar sy 80ste lewensjaar vier. Marlene van Niekerk, Louis Esterhuizen, Joan Hambidge, Tom Gouws, Floris Brown en Johann Lodewyk Marais lees voor uit eie werk, terwyl Johann Nel en Elsabe Daneel die stemme word uit die werk van Breyten Breytenbach, Fanie Olivier, Lina Spies, Kobus Lombard en Hans Pienaar. Die gewilde Lize Beekman sorg vir musikale plesier. By hierdie prestige-geleentheid word die Protea-prys vir Poësie toegeken en Woordfeesmedaljes oorhandig. Lourensford se heerlike wyn word geskink.
19:00 – 21:00 ● De Kelder, Lanzerac Hotel ● R50
Verras!
Jong, opkomende digters laat hul stemme hoor by hierdie jolige geleentheid waar hulle ʼn podium deel met sangeres Lize Beekman. Kom luister na gatskopverse van André Trantraal, Fourie Botha, Pieter Odendaal, Lou-Ann Stone, Pieter Botha, Karen Kuhn, Pieter du Toit en Aniel Botha. Bring gerus jou beste voorlees-gedigte saam, want die mikrofoon is oop vir die wye wêreld. Lourensford sorg vir die vrug van die druif.
21:30 – 23:00 ● De Kelder, Lanzerac Hotel ● Gratis
Ons dank en waardering aan die volgende donateurs wat
Versindaba moontlik gemaak het:
Mnr. Jannie Mouton
Naspers
Politika-Uitgewers
Protea Boekhuis
Fonds Neerlandistiek
Monday, August 23rd, 2010
Om een of ander rede is Moose Jaw ʼn gewilde aftreeplek. Moenie my vra waarom nie want dis nou nie juis asof ons ʼn subtropiese klimaat het nie. Die dorp is vol ouetehuise, die hoogste gebou in Moose Jaw (15 verdiepings) is ʼn ouetehuis skuins agter ons woonstelgebou.
Saam met ouderdom kom ook die onvermydelike aftakeling en ek sien elke week twee of drie pasiënte wat nie weet waar of wie hulle is nie. Ek staan soms verstom oor die handevol pille wat hierdie ou mense gebruik - en dan nie oor-die-toonbank pille nie maar medisyne wat net op voorskrif beskikbaar is. Dit wil my voorkom asof Kanadese dokters refleksief na die voorskrifboekie gryp wanneer ʼn pasiënt ʼn klagte het. Of Kanadese so oud word as gevolg van al die pille of te spyte daarvan weet ek nie…
Selfs in die middel van die winter sien mens soms ou mense stap met daardie looprame op wieletjies, hul emfisemateuse asems wat wit wolke voor hul gesigte blaas. Meestal word hulle deur die provinsiale departement van gesondheid se “Home Care Department” versorg en ek moet sê dat Saskatchewan baie goed na hul oumense omsien maar dit plaas natuurlik ʼn geweldige las op die provinsiale begroting. As die huidige tendense voortduur sal mediese sorg van die bevolking as geheel teen 2030 sowat 70% van die beskikbare finansies opslurp - ooglopend ʼn onhoudbare situasie.
Glen Sorestad, die Saskatoonse digter wie se verse ek al voorheen hier geplaas het, beskryf in sy bundel Today I belong to Agnes hoe hy sy moeder se stadige aftakeling beleef het.
Care Assessment
The woman from Home Care talks with Mother,
asks her various questions; Mother proffers
quite credible replies and everything is well
until the assessor asks how old Mother is.
“Oh, I’m a hundred years old,” Mother says
without the slightest hesitation; she’s eleven years
off the mark this time. “Really? One hundred?”
“Oh, yes,” Mother smiles her sweetest affirmation
as the other seeks corroboration in her files.
Now why has Mother decided that today
she will be a hundred years old? Was she
thinking of her favourite aunt who lived
to her hundredth birthday? Has she decided
if her aunt could do it why not she? Or is
Mother engaging in a bit of harmless sport
with this earnest woman, leading her on
before her laughter lets the other know
she’s been duped by an eighty-nine year old?
I’m leaning towards the latter when the woman
asks Mother to tell her what time it is. “Why?”
Mother wants to know, “Can’t you tell time?”
I sense a caginess from Mother that is beyond
the game she may be playing with her opponent.
“Yes, I can. What I want is for you to look
at that clock,” and she points to the wall,
“and tell me what time it is right now.”
Mother looks at the clock for a few seconds,
then turns to woman and says, “I don’t see
why I should tell you the time, if you can see
the clock perfectly well yourself.” Then she refuses
to play the match further. But perhaps she knows,
even at this moment, that time has made
an unexpected turn, one she’ll not set right,
no matter how she plays the game.
Gatherings
It’s been weeks, but seems years now
that we’ve been cleaning Mother’s apartment.
Now that she’s moved to a private care home
she has no need and less room for all
these possessions that have surrounded her -
reminders of who she is, where she’s lived.
At times these comfort objects become puzzles
she’d pick up and stare at: tangible links
to fading times, the confusion of years.
This burden of survival to her tenth decade
is that she sees parts of herself fall away
like dead skin: two husbands, a succession
of homes in different places, two children,
grandchildren, great-grandchildren - all
become many-faceted pieces grown
harder to fit in the jigsaw puzzle
that her life has now become.
But what are we to do with all these things?
At times despair mounts that I must be
the one to decide what shall be kept,
what discarded of this, my mother’s life,
part of me in the history of these keepsakes.
Of course, we too have gathered our own,
the incriminating evidence of a lifetime,
plot details of a fiction all too real.
Are we to leave four decades worth
of our own packratting to our children
so that they too must someday
lift and hold each item and agonize
over what has meaning or worth,
what is treasure and what is trash?
Dit is natuurlik nie net die bejaardes wat deur ouderdom en aftakeling geraak word nie maar ook hul kinders.
Visitors
1.
Each Thursday the tall
immaculate man arrives
without fail to visit
his mother, but only Thursdays.
Newly retired he now
looks for meaning in life
without work,
an organisation man
who has lived
a structured life
and will never
bend to chaos.
Still, I’d like to ask
him why it must be
Thursday only;
his mother would
be pleased to see him
any day, frequency
would do no harm,
especially since her days
are swiftly moving
to that moment when
one Thursday she
will no longer give
his afternoon its purpose
and the neat order
of his week will
collapse upon him.
2.
This woman must be a school teacher
because she wants to scold her mother:
sit up straight now! Where’s your hankie?
Tuck in your blouse! Are you listening?
Is this a daughter’s revenge on her mother?
Must it come to this? The daughter can
not help herself, it seems. No matter how
warm her greetings, no matter how much
or little they have to say to each other,
at some point the visit always comes to this.
Perhaps it is a kind of love, the only kind
These two have ever known, or ever shown.
4.
Each time this woman comes
she works so hard to hide
how her mother’s falling back
to childhood upsets her -
as if somehow this should
not be so, as if someone here
must be responsible for
what she sees happening.
She is not yet ready
to see herself
in her mother’s place,
refuses to see
what each of us must see.
Ou mense het nou maar eenmaal die manier om dood te gaan en baie sterftes beteken noodwendig baie begrafnisse. Die kombinasie van ysige winters en teraardebestellings kan soms nogal problematies wees. Sommige bejaardes stipuleer in hul testamente dat hulle nie veras moet word nie en dat hulle op die konvensionele manier ter aarde bestel moet word. Nou is dit so dat die grond hier in die winter sowat twee meter diep vries en dus lol dit maar om grafte te grawe. Niemand wil ʼn lyk maande lank in ʼn koelkas laat lê tot die grond ontdooi het nie, dus het die munisipaliteit van Moose Jaw ʼn spesiale apparaat aangeskaf wat die grond oor ʼn tydperk van ʼn paar dae ontvries sodat ʼn meganiese graaf dan die graf kan kom grawe.
Rosedale Cemetery, die eerste begraafplaas in Moose Jaw, is in die 1880’s in gebruik geneem en in daardie tyd was daar natuurlik nie sulke moderne gedoentes soos krematoria of meganiese grawe nie. Die Moose Javians van daardie tyd het ʼn eenvoudige en baie praktiese oplossing gevind: ʼn kapel is in die gronde van die begraafplaas gebou en van ʼn groot kelder voorsien. Voor die preekstoel was ʼn groot luik waarmee die kis na die roudiens tot in die kelder laat sak is. Wintermaande was die kelder koud genoeg om die lyke bevrore te hou totdat die grond genoegsaam ontdooi het om grafte te grawe. Ek neem aan dat daar destyds nie so baie bejaardes in Moose Jaw was as tans nie want vandag sal die kelder beslis nie groot genoeg wees nie.
Een van die grafte is dié van ʼn jong lid van die Heilsleër-orkes wat tydens die Titanic-ramp omgekom het en om een of ander onbekende rede in Moose Jaw sy laaste rusplek gevind het.
Soos die gewoonte destyds was kon net blanke Kanadese in Rosedale Begraafplaas begrawe word. Hierdie tradisie is in 1910 verbreek toe die eerste inheemse Indiaanse vrou, Tasinaskawin Brule (Kombersvrou van die Wit Maan) daar begrawe is. Of dalk klink dit beter in Engels: Blanket Woman of the White Moon.
Sy was lid van die Lakota-stam, wat tesame met die Santee en Yankton-groepe die Sioux-nasie gevorm het wat kolonel Custer in 1876 by Little Big Horn verslaan het. Na die veldslag het die Indiane na Kanada gevlug en in die omgewing van Moose Jaw gevestig. Tasinaskawin was die eggenote van Swart Bul, die plaaslike opperhoof. Toe sy besef dat sy sterwend is het sy versoek dat die flap van haar tepee oopgemaak moet word sodat sy vir die laaste keer die son kon sien opkom. Sy het al haar besittings (sewe ponies, ʼn wa, die tepee en ʼn kombers) bemaak aan ʼn blanke Kanadese vrou met wie sy bevriend was. Sy het ook versoek dat sy in Rosedale Begraafplaas ter ruste gelê moet word. Haar graf is die enigste een bekend van al die inheemse Indiaanse vroue wat sowat ʼn eeu gelede hier geleef en gesterf het.

Friday, August 13th, 2010
 Friedrich Engels
Het jy gedink Danie Marais was die eerste ou wat in Bremen oor die ekspat-ervaring en ekonomiese nomades uit Afrika aan die dig geraak het? Dink dan weer! Meer as ‘n 150 jaar voor hom het Friedrich Engels ook vir ‘n wyle in Bremen gewoon (hy was ‘n klerk by ‘n uitvoeronderneming), en sy eerste gepubliseerde skryfsel, ‘n gedig met die titel ’The Bedouin’, het op 16 September 1838 in die Bremisches Conversationsblatt verskyn. Hier is die gepubliseerde weergawe:
The Bedouin - deur Friedrich Engels
Now the bell rings, and suddenly
The silken curtain swift ascends.
And all in hushed expectancy
Wait for the evening to commence.
No Kotzebue commands the scene
To set the merry audience roaring.
No Schiller of the earnest mien
Steps forth, his golden words outpouring.
Sons of the desert, proud and free,
Walk on to greet us, face to face;
But pride is vanished utterly,
And freedom lost without a trace.
They jump at money’s beck and call
(As once that lad from dune to dune
Bounded for joy). They’re silent, all,
Save one who sings a dirge-like tune.
The audience, amazed and awed
By what these acrobats can do,
Applauds them, just as it applauds
The trumperies of Kotzebue.
Fleet nomads of the desert lands,
You’ve braved the sun’s fierce noontide rays
Through harsh Morocco’s burning sands,
Through valleys where the date-palms sway.
And through the garden paradise
Of Bled-el-Djerid once you swept.
You turned your wits to bold forays.
Your steeds to battle proudly stepped.
You sat there, where moon lustres spill
By rare springs in a palm-tree grove,
And lovely lips with gracious skill
A fairy-story garland wove.
Sleeping in narrow tents you lay
In love’s warm arms, with dreams all round,
Till sunrise ushered in the day
And camels made their bellowing sound.
They jump at money’s beck and call,
And not at Nature’s primal urge.
Their eyes are blank, they’re silent, all,
Except for one who sings a dirge.
***
Volgens Marx se biograaf Francis Wheen was hierdie gedig Engels se eerste gepubliseerde werk, maar ook sy eerste kennismaking met ‘the censoriousness of bourgeois editors.’ Inderdaad: die laaste strofe was nie deur Engels self geskryf nie, maar ‘n plaasvervangende invoegsel geskep deur die redakteur van die tydskrif! Volgens Wheen het die oorspronklike gedig ‘began by lamenting that the Bedouin - “sons of the desert, proud and free” - had been robbed of that pride and freedom, and were now mere performing exhibits for the amusement of tourists. It ended with a stirring battle-cry:
Go home again exotic guests!
Your desert robes do not belong
With our Parisian coats and vests,
Nor with our literature your song!
Die stanza waarmee die gepubliseerde weergawe eindig was sonder Engels se medewete of toestemming ingevoeg, en sy oorspronklike weggelaat. “Thus an angry exhortation was reduced to nothing more than a melancholy, rueful shrug of the shoulders. Engels was understandably displeased: in his primitive fashion he had already noticed that society is shaped by economic imperatives, but the editor would not allow him to name or condemn the culprits” (Francis Wheen, Karl Marx, 1999, Fourth Estate, London, pp. 77-78).
Tuesday, August 10th, 2010
Toe ek Vrydagaand uiteindelik uit die immer omringende wolk van werkgedagtes ontsnap en besef dis ‘n langnaweek, was my eerste gedagte dat ek dus tyd sou kry om weer ‘n slag ‘n blog vir Versindaba te skryf. Maandag, besluit ek toe, op Vrouedag, gaan ek my man staan en ‘n BLOG van ‘n blog skryf.
Plaas gerus alle skuld vir my maandelange blogstilte op my werk. Nee, eerder op my aanslag tot my werk. Of, nog beter, op Calvyn. Dis baie makliker om van Calvyn se geloof ontslae te raak as van sy werksetiek. Ek moet eerlik wees (alweer Calvyn!) en darem gedeeltelike verantwoordelikheid aanvaar, in soverre dit my ego en beroepskeuse aangaan. My ego maak my wys dat niemand die werk so goed soos ek kan doen nie, en hoe meer nie-calvinistiese staatsdienskollegas aangestel word, hoe harder laat my ego my werk. Voeg daarby dat ek in my laat-dertigs eers my perfekte beroep gevind het en dit nou dubbel geniet om te hard te werk: eerstens vir hoe lekker ek werk en tweedens om in te haal op al die verlore jare wat ek nie bibliotekaris was nie.
Maar moet nou nie uit hierdie hele relaas die afleiding maak dat ek nie aanpasbaar is nie. Ek het byvoorbeeld myself verbaas deur besonder opgewonde te raak oor sokker tydens die Wêreldbeker. Dit het my ook geluk om voor die tyd al te besluit om die uiters oncalvinistiese Spanjaarde te ondersteun. Dus kon ek as patriotiese Suid-Afrikaner aanvanklik opgewonde en uiteindelik realisties aanvaardend wees oor Bafana-Bafana se vertonings, toe as egte Afrikaan met reg verontwaardig wees oor Ghana se onregverdige uitskakeling, maar deurentyd en enduit, sonder manteldraaiery, die wenspan se segetog met toenemende entoesiasme volg. En dit alles van iemand wat drie maande gelede niks van sokker geweet het nie.
Ek wou natuurlik daaroor blog, en oor die feit dat ek nie ‘n TV besit nie en dus die openingswedtryd met Tshabazela Vuvulala se onsterflike doel oor die radio gevolg het. Oor hoe ek in Langa gekyk het hoe Bafana teen Uruguay die wedstryd en die toernooi verloor. Hoe almal oomblikke na die eindfluitjie stil was, tot een sê: “Eish, we’ve lost. Lets dance!” En toe dans ons dat die vloer kreun. Hoe ek in Namibië saam met my ma en haar Herero huishulp gekyk het hoe Bafana die Franse in die grond in speel en Adelaide aanmekaar in haar pragtige Namibiese Afrikaans sê: “Hoekom speel óns span nou eers so mooi? Hoekom het Bafana nie van die begin af so gespeel nie?” Hoe ons die laaste “fan walk” in ‘n oranje Hollandse vloedgolf meegemaak het en ek, al vuvuzelablasend, vir ‘n oomblik oorweeg het om selfs dankbaar te wees vir jare gelede se beuelblaastegnieke in die verskriklike patriotiese Afrikaner Nasionalistiese skoolkadette. En, natuurlik, hoe die Katolieke Spanjaarde kruis oor die bors slanend die Lutherse Duitsers en die Calvinistiese Hollanders uiteindelik getroef het.
Maar ek was so besig met die Wêreldbeker en werk, en toe Wêreldbeker en ‘n Namibiese vakansietjie, en toe Wêreldbeker en post-vakansie werkinhalery, en toe post-Wêreldbekerblues en ‘n paar groot krisisse, ekskuus, lekker groot uitdagings, by die werk, dat ek nooit by die blog uitgekom het nie.
Saterdagoggende is dit altyd spanwerktyd met huisskoonmaak by ons. Toe nie dié Saterdag nie. Die stofsuier het die gees gegee. En nee, dit was nie ‘n sonnet wat die suigpyp verstop het nie. Uitmekaargeskroef lê my vermoede toe in bevestigende stukke voor my. Daardie kardinale partjie sal ek nie kan vaslym nie. Ons glo nie aan die eerste die beste nie, want dit is nooit so nie. Dus word dit toe ‘n Stofsuierkoopsaterdag.
Tussen die hoeveelste en soveelste plek ry ons verby ‘n ou Ford Sierra stasiewa sonder ‘n agterbuffer. En ek kry oombliklik die oplossing vir die stukkende stofsuier. Ek het net daar omgedraai na die naaste hardewarewinkel en glasveselmat, resin en verharder gekoop.
As jy teen hierdie tyd al wonder wat ‘n Ford sonder ‘n buffer met Versindaba blogs en serendipity te doen het, hier kom dit. As bibliotekaris behoort ek te weet. Serendipity beteken om wonderlike ontdekkings per toeval te maak. Soos in ‘n biblioteek. Jy kyk deur die rakke op soek na ‘n spesifieke boek, maar op pad na hom sien jy drie ander boeke raak waarvan jy glad nie geweet het nie, maar wat jy net móét lees.
Die bufferlose Ford wat vir my die herstelplan vir die stofsuier gegee het, is dalk nie suiwer serendipity nie. Daar is ‘n naby verwante denkproses wat ek ompadassosiasie noem. Die twee is nie altyd maklik van mekaar te skei nie. Dit werk so. Ons het net so ‘n Ford Sierra stasiewa gehad. Die swart plastiek agterbuffer is eendag in stukke verongeluk. Na ‘n landwye vrugtelose soektog vir ‘n vervangingbuffer, nuut of tweedehands, het ek noodgedwonge die ou een begin regmaak. Dit was ‘n wekelange moeisame proses van die stukke aanmekaar las met glasvesel en die ding weer netjies met stopverf afwerk en spuitverf. Die eindproduk het my amper laat oorweeg om duikklopwerk as stokperdjie te begin doen. Sonder om al hierdie tussenstappe van herinnering bewustelik te beleef, het my kop onmiddelik ‘n serendipitiuese sprong gemaak van “Ford” na “maak die stofsuier met glasvesel reg”.
Dit word toe Stofsuierherstelsondag in die Hugohuis. (Calvyn sou nie omgegee het nie. Hy het immers Sondae vir plesier op die Genevemeer gaan seil.) Juis omdat dit ‘n klein partjie was, met bewegende parte wat deur hom moet werk, was dit nogal ‘n ingewikkelde stukkie werk. Dis baie makliker om groot gate in ‘n kano toe te glasvesel. Terwyl ek met die stink taai resin probeer om plastiekies so groot soos legkaartstukkies in ‘n meganies korrekte patroon te heg, dink ek hoe kardinaal serendipity en ompadassosiasie in die menslike denke is. Einstein het gesê sy beste insigte was nie die gevolg van berekening nie, maar het hom as briljante ingewings getref. Die berekeninge het daarna gekom om die ingewings te toets. Dit is hoekom daar nooit iets soos ‘n werklik intelligente masjien kan wees nie. Selfs die grootste, beste, “slimste” rekenaars is steeds maar presies net dit: REKENAARS. Hulle kan die ingewikkeldste berekeninge ongelooflik vinnig doen, maar hulle kan nooit ‘n eie, vars, nuwe insig kry nie. Selfs met al die beskikbare inligting, sou ‘n rekenaar nooit van “Ford” tot by “glasvesel” gekom het nie. ‘n Rekenaar ken nie van serendipity nie. ‘n Rekenaar kan nie ‘n oorspronklike gedig skryf nie. Want juis in die digkuns speel serendipity en ompadassosiasie ‘n onmisbare, maar dikwels onbewuste, rol. Dit is juis die heerlikheid van die veelvlakkige betekenis- en assosiasiespel wat gedigte so uitdagend en soms frustrerend maak, vir die digter sowel as vir die leser. (Sien, liewe leser, ek het selfs by die digkuns uitgekom. Dit is immers ‘n VERSINDABA blog.)
Teen Sondagaand skakel ek die stofsuier aan en, dank die hemel, ek wéét sommer ek het R1 000 op ‘n nuwe stofsuier gespaar. (Liewe leser, kyk hoe mooi bring ek die geloofsimboliek weer hier in, maar, in pas met die gees van ons tyd, is dit ineengestrengel met die materialistiese ekonomie.)
Maandag, Vrouedag, word toe ons huisskoonmaakdag. Al was die stofsuier sy ou effektiwiteit self, was ek teen die aand omring met ‘n wolk van toepaslike stof vir my groot BLOG. (Let op, liewe leser, hoe bring ek die simboliek van my openingsparagraaf weer hier in die vasknoopparagraaf in. Slim nê?) Maar, daar was net nie genoeg tyd oor nie. Dié dat ek nou eers, in ekstratyd, uiteindelik my doelwit bereik. (Gie-gie! Bietjie lomp, maar darem, bring ek op die ou end selfs die sokkersimboliek ook weer in.)
NS: Ek hoop jy het mooi opgelet dat ek, ten spyte van die gulde geleentheid wat Vrouedag daarvoor gebied het, veilig weggebly het van die debatspunt dat vroue beter is met serendipity as ons spul vervelige logiesdenkende mans…
Tuesday, August 10th, 2010
Ek wonder wat Freud sou gesê het oor my onvermoë om ‘n liefdesvers te skryf? Al rede waaroor ek enigsins oor Freud wonder, is omdat ek sielkunde geswot het en omdat Freud altyd ‘n goeie invalshoek vir enige stuk sinnelose, filosofiese skryfwerk (of te wel blog) is.
As ek sonder om te google of deur die groot verseboek te blaai ‘n mobiel van liefdesverse bo my bed moes hang. Watter verse sou geluidloos verbydryf, terwyl ek en my splinternuwe man skop-skop-skop om warm te word op ‘n yskoue hoëveldnag met Ponti ‘n verligte stalagmiet in die donker? Of terwyl ek teen hom opkrul soos die kat in die kinderboek wat uiteindelik ‘n huis gekry het en hy vir my lees van Odysseus en van Ariadne.
 Papierperd-ridder
Ek is verslaaf aan my klein vrou
ek sal uit haar tong drink
ons sal soos klipsalmanders op die kooi klouter
van die vensterbank tot op die eerste blink nok van die maan
Laat my tog een maal deur die heinings van jou oë breek,
sodat ek kan weet of dit vir my is vir wie jy wit jasmyne kweek.
My hart is ‘n toring sodat ek jou van ver kan sien kom.
God, U wat U besig hou met sonnestelsels, planete en engele luister na my: ek het ‘n gewone mens eindeloos liefgekry.
Liefste, jy is my son wat deur die diepste donker priem dat ek alles in die lig kan sien.
Liefdesverse is so bietjie soos amateurfoto’s van die maan, dit laat nooit reg geskied aan die oorspronklike prentjie nie. Byvoorbeeld (met apologie aan die digter, toe sy verlore-verlief was in Londen op 23)
Foto in my Bybel
Ek wil jou so onthou
so klein seuntjie-opgewonde
by die Britse dokke
met die tydlose op en neer
van donker water
en die boognekke van siervoëls
so in ‘n Londonsomer
met die son op jou skouers
die verbygaan van Connex-treine
en speelgoedvliegtuigie-boeings
wat die blou lug streep streep
so wil ek jou onthou in groen parke
waar jy my onverwags soen
sonder pretensie
en jou kop so duifskeef hou
as jy luister na my sinne
net so wil ek jou vir God gee
want ek het jou liefgekry in drie seisoene
en ek verbeel my
dat die maan iewers
ook deur jou venster
klouter met lang kielietone.
Beslis te veel “telling” en te min “showing” sal die geleerdes sê. En miskien “clichématig met geykthede”. Tog was die maan op daardie spesifieke aand die tower van ‘n Harry Potter-Londen en die bloeiselboom deur my venster gloeiend van genot.
Selfs groter as die vrees om nie reg te laat geskied aan die gevoel, die oomblik, die ekstase nie, is die vrees vir óórdoen, opdollie en soppy-klink. Soos wanneer iemand vir jou foto’s bring van die troukoeke wat hulle vir ‘n stokperdjie oor naweke versier en dit herinner aan die spaartoiletrol-balrokstiksels van die toilet in die dorpsbiblioteek waar jy grootgeword het. “Less is more” sê Nataniël. Dit dan ook die rede waarom pronkertjies my gunsteling blomme is. Minder aansit, aanstellerigheid en uitsoek en meer aardse geurigheid en oorvloed-rank.
Tog is dit liefdesgedigte wat die maklikste vloei terwyl ek in die bad lê met ‘n bloekomboom deur die venster of skeef geskryf oor die profiele van IK toetse of op die piepklein skermpie van my Nokia in die middel van die nag met die duvet oor my kop getrek – ‘n tentjie van af-en-toe-lig en woorde.
“Woorde maak my meer weerloos” skryf ek een aand in die vensterbank van Affies Meisieskoshuis terwyl ek teelepel in die ander hand ‘n soet papino uithol. Selfs aspirant-digters kan in die regte bui multi-task, en ek verbeel my die verse wat ek eendag, broos en geurig soos katjiepieringkelke in my ridder se saalsak sal versteek.
Jare later, meer streetwise en sku vir ridders save ek ‘n paar sinne uit die onderstaande een aand op my selfoon net vir ingeval. Min wetend dat ek dit eendag – op my troudag impromptu sal voorlees, oor my ridder een sterreaand uit die bladsy gallop het en oor ek tydelik my fobie vir liefdesgedigte oorkom het.
Ek hou die meeste van jou want daar hang ‘n tolbos in jou huis
wat snags sterrewag word, waar ek
dom-handjie-oor-die-een-oog my drome bespied.
Jy ruik na oggendson op ‘n geelhouttafel
en Spar se appelsjampoe,
jy bêre vir my ‘n veldkrimpvarkie in jou badkamer
sodat ek my oor die lente - spitssnoetjie kan verwonder.
Jy lag met baie plooitjies
en maklik soos botter smelt op ‘n braaibroodjie,
jy’s sonder opsmuk en pretensie
‘n vanself-groei witstinkhout.
Jy’s ritme en vreemde klanke
jy slaan nuwe hoofstukke in my kop oop
jy noem my Vlegseltjie
en ek bind die klink daarvan
elke more soos klokkies om my enkel.
Monday, July 26th, 2010
Die literêr-kritiese fokus op die “wit in die poësie”, op die segmentering van teks in versreëls en strofes waardeur selfs bepaalde drukbeeldkontoere op die wit bladsy kan ontstaan, is nie nuut nie. Ook nie in Afrikaans nie.
In 1952 skryf Van Wyk Louw in Die Huisgenoot (in ’n artikel getiteld “Altyd moeiliker poësie? – 3”, wat in 1958 in die essaybundel Swaarte- en ligpunte opgeneem is): “Die manier waarop die poësie hom aanbied [...] is van ingrypende betekenis vir die tekstuur van dié poësie. [...] As die gedig in die eerste instansie bedoeld is om voorgedra of gesing te word, sal dit ’n baie ander tekstuur moet hê as wanneer dit bedoeld is om in die stilte deur ’n afgeslote leser gelees te word. Hierdie feit van die medium van die poësie behoort net so duidelik te wees as die feit dat ’n beeldende kunstenaar ander tegnieke gaan gebruik al na gelang hy ’n fresco, ’n olieverfskildery, ’n ets, of ’n houtsnee wil maak.”
Op geraffineerde en indringende wyses gee Geggus (1961) en Gräbe (1984, tweede hoofstuk) in hul proefskrifte aandag aan hierdie aangeleenthede, met name aan wat Biermann (1992:559), op die spoor van Levin (1971:182-184), beskryf as “die spanning tussen twee teenstrydige kragte: die voorwaartse beweging wat deur die sintaksis afgedwing word en die sensasie van voltooidheid wat deur die verseinde teweeggebring word. Enjambement verbreek die verwagting dat daar ’n einde van een of ander aard aan die end van die vers sal voorkom omdat daar geen pouse is nie; die sesuur verbreek die verwagting dat die vers tot aan sy einde sal voortgaan, omdat daar ’n pouse binne die versreël voorkom (gewoonlik in die middel).”
In die slothoofstuk van haar proefskrif onderskei Geggus (1961:99) agt verskillende ‘soorte’ gedigte na gelang van die “grade van funksionaliteit van die wit” wat daarin benut word. Daar is naamlik gedigte
|
1
|
met rym,
|
reëlmatige ritme
|
en sonder enjambemente;
|
|
2
|
met rym,
|
reëlmatige ritme
|
en met enjambemente;
|
|
3
|
met rym,
|
onreëlmatige ritme
|
en sonder enjambemente;
|
|
4
|
met rym,
|
onreëlmatige ritme
|
en met enjambemente;
|
|
5
|
sonder rym,
|
reëlmatige ritme
|
en sonder enjambemente;
|
|
6
|
sonder rym,
|
reëlmatige ritme
|
en met enjambemente;
|
|
7
|
sonder rym,
|
onreëlmatige ritme
|
en sonder enjambemente;
|
|
8
|
sonder rym,
|
onreëlmatige ritme
|
en met enjambemente.
|
Sy gaan voort (Geggus, 1961:125): “Samevattend kan ons konkludeer dat die funksionaliteit van die wit minimaal is in gedigte wat suiwer en volle rymwoorde het, waarvan die ritmiese verloop ’n reëlmaat ten opsigte van die aantal en afwisseling van heffings en dalings per ritmiese eenheid vertoon, en waarin geen enjambemente voorkom nie en elke versreël met ’n interpunksieteken afgesluit word. [Gedigsoort 1 – BO.] Daarteenoor het die wit ’n maksimale funksionaliteit in gedigte sonder rymwoorde, met ’n ‘vrye’, wisselende ritme, en met versreëls wat enjambeer. [Gedigsoort 8 – BO.]”
Aan die een eindpunt dus gedigte van besonder vaste vorm wat geensins die segmentering in versreëls en strofes nodig het vir hulle effekte nie, en aan die ander eindpunt gedigte wat sonder die segmentering heeltemal nié as poësietekste herkenbaar sal wees nie.
As voorbeeld van gedigsoort 1 bespreek Geggus (1961:101-104) Peter Blum se “Ballade van die getroude bemindes” uit Steenbok tot Poolsee (1955), ’n gedig in die streng Franse balladevorm.
Ballade van die getroude bemindes
’n Wintervers vir twee stemme
Die blare val, die water gly;
ek sit by Tante en drink tee:
Sy het die jongste nuus vir my.
“Wat het geword van Elsabé?”
“Hy’t destyds al na haar gevry …
Nog bietjie koek, Piet?” “Dankie, nee.”
“Dit was die mooiste trouery …”
Wat het geword van Elsabé?
Die lug is koud en grys daarbo.
“Sy het nou onlangs eers getrou …”
My tante praat – dis sus of so.
“Wat het geword van Isabeau?”
“Op ’n groot plaas in die Karoo …”
Ek wonder of sy nog onthou.
“Skatryk …” “Ja-nee, ek wil dit glo.”
Wat het geword van Isabeau?
Dit is die winterwind wat waai.
Ja-nee, wat help dit om te kla?
“Hy’t maandelank by haar gedraai …”
“Wat het geword van Ursula?”
“Haar bruidsgoed was nou rêrig fraai …
Nog bietjie tee, Piet?” “Dankie, ja.”
“Borduurwerk op haar nagkabaai …”
Wat het geword van Ursula?
L’Envoi
Hul kiekies het ek nog behou.
Wat het geword van Ursula?
Ek sit by Tante en drink tee;
Die selfverwyt begin te pla.
Wat het geword van Isabeau?
Wat het geword van Elsabé?
Geggus skryf die hele gedig in prosaformaat oor – dus sonder versreël- en strofesegmenterings – om te demonstreer “dat die funksionaliteit van die wit hier minimaal is”. Sy meen die beklemtonende volle eindryme wat op reëlmatige afstande voorkom en wat telkens saamval met “’n sintakties voltooide en deur ’n interpunksieteken gemarkeerde frase”, stel duidelik herkenbare (selfs hoorbare) eenhede daar. Die “ritmiese verloop” van die teks in poësieformaat en in prosaformaat is dieselfde, want in beide funksioneer die woorde “onder [dieselfde] dubbele wetmatigheid: in die spanningsveld van die versreël én in dié van die sin en sy dele”.
Volgens haar funksioneer die wit in die poësieformaat van die teks “alleen as ’n hulpfaktor vir die lesende oog deurdat dit die bestaande (d.w.s. op ander maniere gekonstitueerde) eenhede ook visueel as versreëleenhede kenbaar maak. Dit gee nog ’n ekstra reliëf aan die rymwoorde, wat egter reeds reliëf kry deur die interpunksietekens agter hulle. [...] [D]aar is [...] geen moontlikhede vir ’n vermenigvuldiging van aanbod of ’n ingryp in die mededeling deur die aanwesigheid en werking van die wit nie. Die feitelike aanbod bly dieselfde – met én sonder die wit.”
Ook wat die funksionering van die “breër wit” waardeur die gedig in vier strofes verdeel word, kom Geggus tot dieselfde gevolgtrekking. Dit is “’n hulpfaktor wat vir die gerieflikheid van die lesende oog die strofes waaruit die gedig bestaan en die strofiese kenmerke sigbaar maak. Verder stem die verdeling in strofes ooreen met die verdeling van die mededelingsinhoud in ‘gedagte-eenhede’ (1. Elsabé, 2. Isabeau, 3. Ursula, 4. slot), wat egter ook telkens deur ’n kort mededeling oor die weer en ’n refreinagtige vraag (“Wat het geword van …?”) afgebaken word en dus ook sonder die breër wit herkenbaar is.”
Wat Geggus nie verreken nie, is dat die wit meer as net die segmentering tot versreëls en strofes sigbaar maak; ook die gedigvorm (dat “Ballade van die getroude bemindes” ’n geykte digvorm, naamlik die Franse ballade, behels) word daardeur sigbaar gemaak. (Ook Gräbe verreken net die versreël en die strofe in haar fokus op die wisselwerking tussen sins- en versbou.)
Cloete (1992: 573) praat in hierdie verband van die “visuele kommunikasie” wat teweeggebring word deurdat “die leser die woorde van die [poëtiese] literêre teks simultaan voor hom het [...] [H]y kan [...] woorde, hoe ver hulle ook al tekstueel van mekaar verwyder is, saamlees.” Die wit op die bladsy laat byvoorbeeld die leser die teks op daardie bladsy as ’n sonnet herken; ’n hoorder wat nie die teks op die bladsy voor hom het nie, sal daarsonder dalk selfs nie eers agterkom dat hy met ’n sonnet te doen het nie.
In die geval van Peter Blum se gedig is daar wel leksikale duiders in hierdie verband. In die titel figureer die woord “ballade”, terwyl die kenmerkende opdragstrofe aan die einde van die Franse ballade deur die merker “L’envoi” geïdentifiseer word.
Daar bestaan egter gedigte in die Franse balladevorm sonder enige sulke uitspellende tekens. Die Middeleeuse Franse digter François Villon se “Grafskrif” (in Afrikaans vertaal deur Uys Krige, en waarvan die slotstrofe egter wel, op kenmerkende wyse vir hierdie digvorm, met ’n aansprekingsfrase begin, naamlik “Prins Jesus…”) is ’n voorbeeld, soos ook Bernard Odendaal (2007) se “Koekie trou” in Afrikaans. In sulke gevalle is die drukbeeld van die woorde op die bladsy van groot belang om hulle as Franse ballades te help herkenbaar te maak – veral as hulle, soos die genoemde twee gedigte, bowendien heelparty sterk enjambemente bevat, sodat sintaktiese en versreëlsegmenterings meermale nie saamval nie en die versreëleindes relatief min reliëf kry (slegs via die eindryme).
Die herkenning van die vorm van dié gedigsoort versterk die indruk van “’n sekere fataliteit” (Grové, 1992:17), wat reeds weens die streng herhalingspatrone daarin gewek word.
Odendaal se “Koekie trou”, soos ook Breyten Breytenbach (1983) se “Ballade van ontroue bemindes” en Joan Hambidge (1990) se “Ballade van die ontroue vers”, speel via Blum se gedig in op François Villon se “Ballade van die dames van weleer” (wat eweneens deur Uys Krige in Afrikaans vertaal is, met as kwellende stokreël die retoriese vraag: “Maar waar’s die sneeu van voorverlede jaar?”).
Sodanige intertekstuele eggo’s, waar die leser daarvan bewus is, kan die genoemde fataliteitsindruk tot in die buurt van die belewenis van iets tragies-onafwendbaars voer – of, indien nie met vindingrykheid gehanteer nie, van die voorspelbare en ‘maklike’.
Bronverwysings
Biermann, Ina. 1992. Vers(reël). In: Cloete, T.T. (red.). 1992:556-560.
Blum, Peter. 1955. Steenbok tot Poolsee. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
Breytenbach, Breyten. 1983. (‘Yk’). Emmarentia: Taurus.
Cloete, T.T. 1992. Visuele momente in die literatuur. In: Cloete, T.T. (red.). 1992:572-575.
Cloete, T.T. (red.). 1992. Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr.
Geggus, R. 1961. Die wit in die poësie. ’n ondersoek na die funksionaliteit van die wit in die visuele aanbod van hedendaagse gedigte. Amsterdam: Uitgeverij Heijnis N.V.
Gräbe, Ina. 1984. Aspekte van poëtiese taalgebruik. Teoretiese verkenning en toepassing. Potchefstroom: Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.
Grové, A.P. 1992. Ballade. In: Cloete, T.T. (red.). 1992:17-18.
Hambidge, Joan. 1990. Die somber muse. Kaapstad: Jutalit.
Krige, Uys. 1987. Ballades van Villon. Kaapstad & Pretoria: Human & Rousseau.
Levin, S.R. 1971. The conventions of poetry. In: Chatman, S. (ed.). Literary Style: A symposium. London: Oxford University Press.
Louw, N.P. van Wyk. 1958. Altyd makliker poësie? – 3. In: Swaarte- en ligpunte. Benaderings van die literatuur 1. Kaapstad: Nasionale Pers . Bladsy 367 e.v.
Odendaal, B.J. 2007. Onbedoelde land. Kaapstad: Tafelberg-uitgewers.
Wednesday, July 21st, 2010
Op een willekeurig moment ben ik zo’n zes boeken aan het lezen. Er zit er een in de tas die mee de trein in gaat, er ligt er een naast de bank, eentje bij mijn geliefde, een in de keuken. De mix bestaat doorgaans uit een roman, een biografie, een dichtbundel en drie non-fictieboeken. Af en toe schiet er een thriller tussendoor. Op vakantie neem ik meestal alleen fictie mee. Maar als ik aan het schrijven ben, vermijd ik romans juist. Op de een of andere manier raakt mijn hoofd leeg, helder en open voor ideeën als ik non-fictie tot me neem.
De boeken die ik momenteel lees:
1. Roland Barthes: Camera Lucida. Vorige week las ik Barthes’ dagboek over de periode na de dood van zijn moeder. Nu het laatste boek dat hij schreef voor zijn eigen dood. Het gaat over fotografie en het beeld dat we van onszelf willen overbrengen.
2. Het afgelopen jaar heb ik uit persoonlijke interesse en voor een project waar ik aan werk, Wunderkammer, veel gelezen van en over Sigmund Freud. Een naam die ik daarin vaak tegenkwam is Lou Salomé, geliefde van beroemde mannen als Rilke, en vertrouwenspersoon en vakgenoot van Freud. In een antiquariaat in het Belgische Damme vond ik gisteren de biografie van H.F. Peters. Na het tikken van deze blog ga ik erin verder.
3. Een vriend die erg graag kookt en eet leende me vorig jaar Anthony Bordains Kitchen Confidential. Een krap jaar later was ik in Oxford, had ik te weinig leesvoer bij me voor de terugweg naar huis, en zag ik Kitchen Confidential liggen bij een ramsj-boekhandel. Sindsdien lees ik er af en toe een stukje in. Het is een hilarisch verslag achter de schermen van het restaurantwezen. Het leenexemplaar heb ik inmiddels, bij een etentje, teruggegeven.
4. Michael Chabon: Maps and legends. Dit boek gaat over lezen en schrijven. Dat is een onderwerp waar ik veel over lees, ook omdat ik erover lesgeef. Op de een of andere manier lukt het me nog niet om in dit boek te komen, terwijl ik toch bijna op de helft ben. Uit principe lees ik echter alles waaraan ik begin uit, en dat heeft al eerder tot verrassingen geleid, dus wie weet.
5. De eerste gedichten in Overwoekerd van Tsead Bruinja leken over mijzelf te gaan. Er staat een spade op de omslag en de dood is voortdurend dichtbij in deze bundel. Dat is de reden dat hij me raakt (ik ben de laatste anderhalf jaar erg gepreoccupeerd met de dood) en de reden dat ik nog niet verder heb gelezen (ik ben nog niet klaar met wat ik er zelf over wil schrijven).
Enkele van de boeken die klaar liggen:
1. De nieuwe Brett Easton Ellis, De figuranten.
2. De autobiografie van Stephen Spender, Binnenwereld.
Naast dit alles lees ik elke week Donald Duck.
|
|