Uncategorized

Joan Hambidge voortaan verantwoordelik vir Leeskring op RSG

Wednesday, June 29th, 2011

Joan Hambidge, bekend as resensent en letterkundige van die Universiteit van Kaapstad, sal binnekort vir gereelde besprekings tot die RSG-program Leeskring toetree. Sy sal van volgende maand af twee keer per maand die program aanbied. Hambidge is al jare lank ‘n gerekende resensent in vele publikasies, ook oor die radio.”

Leeskring is Dinsdae om 20:30 tot 21:00 op RSG 100-104 FM.

Willem de Vries se berig hieroor kan volledig gelees word op Die Burger se Boekeblok.

 

 

Julian de Wette se skrywersprofiel op LitNet/Skrywersalbum

Wednesday, June 29th, 2011

“Engels is net as meer beskaafd (as Afrikaans) beskou; dit was nie soseer ‘n suiwer politieke oordeel nie. Afrikaans is altyd as minderwaardig beskou. Jy is as ‘n beter klas mens beskou as jy Engels gepraat het. Ek sien dit nog steeds dat Afrikaanse mense hulself beter voordoen deur Engels te praat. Dis een van die redes waarom ons Napier toe trek - om weer ‘n slag onbevange met mense Afrikaans te praat.” - Julian de Wette

Gaan lees die res van Julian de Wette se skrywersprofiel op LitNet se SANLAM/ATKV/LitNet Skrywersalbum wat deur Erika Terblanche saamgestel en versorg word.

By wyse van lusmaker die onderstaande gedig gedig deur die digter.

Op Viljoenshof se stukkie rivier

 

Kyk hoe die visarend skielik die waters roer

‘n traerige in haar kloue gryp

uitreis bo die Breërivier

oor ‘n kwiksilwerding kom seëvier.

Meteens lê die troebel water weer stil -

fyn kreukels platgestryk -

verskerp deur die son lui die voël se gil.

Skaam is sy - selde kom die visarend weer

na waar die oog dit wil sien, waar die hart dit begeer.

 

Voordat ek die reuk van vis kan kry

verbeel ek my glad hoe die visarend vlie

van bo oor die wingerd tot digby die see

na die nes van takkies met mis vasgewerk

waar sy die angs op ‘n krans balanseer

haar arendjie voed vir die soveelste keer.

 

Uit: Versindaba 2006, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2005

 

Danie Marais. Om te vry buite jou lingua franca

Monday, June 13th, 2011
AG Visser

AG Visser

In BY van Saterdag, 11 Junie, het Danie Marais ‘n rubriek gelewer met as titel: “Om te vry buite jou lingua franca“. Dié betrokke stuk handel oor AG Visser se gedig “Amakeia“  en meer spesifiek Sindiwe Magona se kommentaar daarop: “(Sedert) ek in 2009 Sindiwe Magona se huldeblyk aan A.G. Visser se ‘Amakeia‘ in Rapport Boeke gelees het, wonder ek met wie praat die digters van ‘n taal wat niemand meer hoef te leer nie, en is die woord “post-koloniaal” vir my ‘n groter werklikheid.”

Die volledige berig kan op Beeld se webtuiste gevind word.

Vir jou leesgerief volg die betrokke gedig volledig hieronder.

 

 

 

 

 

 

Amakeia

 

In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:

“Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver.”

Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.

Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia’s
vrind’lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.

“Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan.”

Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
“Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek sy
met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
“Sterf of gee die wit kind hier!”
“Oor my lewelose liggaam …”
antwoord Amakeia fier.

“My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas.”

“Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!”

*
In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
“Tula - Tula - stil, my kind!”

 

- A.G. Visser

 

 

 

Debuutbundel: Donkerkamer

Friday, June 10th, 2011

Donkerkamer

 

 

 

 

 

 

 

 

Donkerkamer

Fourie Botha

 

Donkerkamer is ‘n debuutbundel oor beelde en oor kyk: na foto’s en kunswerke, na die ongediertes wat in drome skuil en na jeugherinnerings ingeprent op die film van die geheue. Dier- en voëlbeelde vertel van geweld, die verlies aan onskuld en weerloosheid, maar ook van begeerte en lyflikheid. Dié bundel voer aan dat kyk en oorvertel nie onskuldig kan wees nie, dat ‘n foto in ‘n donker kamer tot beeld ontwikkel. Fourie Botha het in Nuwe Stemme 4 gedebuteer.

(ISBN 9780795800221, Queillerie, R150)

(mj)

Marius Crous. Voorblaaie en Spivak se bestuurslisensie

Thursday, March 17th, 2011

1

Diorama

Diorama

Een van die mooiste omslagontwerpe is seer sekerlik die op Johann Lodewyk Marais se Diorama. Ek onthou toe ek destyds my eerste bundel voorgelê het vir publikasie het ek ewe kordaat genoem dat ek graag ’n Keith Alexander-skildery voorop wou hê.  Maar Nichol & kie was slim genoeg om op die kaartontwerp te besluit.

Diorama spog met ’n swoele oerwoudstoneel met ’n bruisende waterval en in die helderste kleure. Poster-agtig mooi. Sommige mense kan dit as kitsch afmaak, maar vir my is dit ’n koloniale landskapskildery wat bo ’n kaggel hoort; ’n Edeniese aanklag teen die mensdom.

Wie onthou nog uit hul studiejare daardie klein geel Duitse boekies? Was dit van Reclam Verlag? Piepklein en in sulke helder kerriegeel omslae. Voorts was daar ook die kartonbuiteblaaie van die ander Duitse tekste met sulke lyntekeninge op.

In Afrikaans dink ek was die voorbladontwerp nog altyd ’n tipe van ’n lokmiddel om die koper (en hopelik leser) aan te spoor. Met die klassieke kortverhaalreeks van Human & Rousseau word hiervan wegbeweeg en is die voorblaaie, byna nes Eybers se digbundels al die jare, gestroop van enige ontwerp.

Gaan dit om die inhoud? Die naam van die skrywer? Of moet uitgewers mense lok met voorbladontwerpe? En hoekom was ons al die jare nog so sku vir slapbandboeke? Romans in sierlike blink harde omslae met foto’s en kunstige ontwerpe. Mense koop immers met die oog.

J P Smuts se Burgerband was altyd vir my een van die boeke met die onooglikste voorblaaie. Voorop, ‘n man met ‘n geweer wat skiet na flappende oop boeke. Hoekom dan tog? Mooi voorblaaie was daar tog vele: die skelet op Die anatomie van melancholie, die ontwerpe van Agaat en Die sneeuslaper of Die hemel help ons. Te veel om op te noem. En die gewaagdste? Onthou jy nog As die nood hoog is?

Vuurwiel

Vuurwiel

Ek wil ook nog die interessante gesprek ondersoek tussen die omslae van Carol Anne Duffy se Rapture en Joan Hambidge se Vuurwiel. Die leë beddens. Die lakens. Die tematiese ooreenkomste.

Ewe interessant is die keuse van omslag vir die Engelse vertaling van ‘n roman. Watter nuwe “betekenisse” word geaktiveer? Hoe word die keuses gemaak met die oog op ‘n buitelandse mark? Triomf met sy miniatuurskildery teenoor die Bagdad Café-agtige helder voorblad van die Amerikaanse uitgawe. Nogal ‘n heel opwindende tekstuele speletjie wat mens kan speel met omslae en hoe hulle met elke herdruk verander.

Julia Kristeva

Julia Kristeva

 

Dan is daar ook die omslae van Julia Kristeva se vroeëre akademiese boeke. Lesers van Kristeva se werk het deur die jare gewoond geraak aan die jong meisie met die vasgebinde hare en die skerp, skraal gesig. Op latere boeke is die senior Kristeva in pakkie (seker Chanel?) en met gestyfde hare.

 

2

Spivak

Spivak

Ek lees in ‘n onderhoud met Spivak (Public Culture 13(1), 2001) in antwoord op die vraag oor haar eie ervaring as vertaler: Toe sy in 1967 haar toets vir haar bestuurslisensie moes aflê, het sy filosofies gewonder oor die antwoorde op haar vrae. Volgens haar het sy gefaal in ‘n lae-vlak epistemiese vertaling wat die Iowa Motorlisensiedepartement aan haar gestel het, maar kon as jong akademikus wel Derrida se Of grammatology vertaal. Spivak gebruik hierdie voorbeeld om aan te toon dat alle leeswerk eintlik ‘n vorm van vertaling is. Probeer en tref.

Mens kan jou net die filosofiese kammagesprek tussen Mr Cop en die jong Indiese intellektueel voorstel; die filosofiese gesprekke oor die nut van driepuntdraaie en die epistemologie van die blindekol.

  

Melanie Grobler (3)

Wednesday, March 2nd, 2011

Fotobeeld

Lees gedigte deur Melanie Grobler

Album 1, 23

St Markusplein, Venesië. Melanie regs

St Markusplein, Venesië. Melanie links

Melanie in gesprek met 'n priester in die Russiese platteland

Melanie in gesprek met 'n priester in die Russiese platteland

In 'n somergesprek met 'n Amerikaner. Aisen Fjord Puerto Chacabuco, teen hange van die Andes gebergtes, Chili

Melanie regs. Aisen Fjord Puerto Chacabuco teen die hange van die Andes gebergtes, Chili

'n Berber tee-seremonie in die Atlasberge. Marokko. Melanie regs.

'n Berber tee-seremonie in die Atlasberge, Marokko. Melanie regs.

 

Trappe na 'n Boeddhistiese tempel, Macau, Sjina

Trappe na 'n Boeddhistiese tempel in Macau, Sjina

Mekong Delta, Vietnam

Mekong Delta, Vietnam

Melanie & Piet in Ilja Negra, Pablo Neruda se huis, oos van Valpariaso, Chili

Melanie & Piet in Ilja Negra, Pablo Neruda se huis, oos van Valpariaso, Chili

Melanie in haar skryfkamer, Waterblommetjies, Pringlebaai. Foto: Dine van Zyl

Melanie in haar skryfkamer, Waterblommetjies, Pringlebaai. Foto: Dine van Zyl

 

 

Kopiereg © 2011 Melanie Grobler  (Privaatversameling)

Geen foto’s hier op Fotobeeld/versindaba.co.za mag sonder verlof van die digter gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopieëring of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of verspreiding nie.

 

Jelleke Wierenga. Klaaglied vir ’n padda

Wednesday, February 16th, 2011

Die lewe is bepaald nie ’n lied nie, al het jy voor in die paddakoor gesing. Nou die dag toe ek my foto-albums onder uit die boekrak haal, spring dié gedagte my so letterlik in die oog dat ek my skoon in ’n hoofpyn inskrik.

“Spring” is nie eintlik die aangewese werkwoord nie. Daar agter in die nou ontblote hoekie van die stowwerige boekrak sit ’n padda doodstil, oftewel die mummie van ’n padda, oftewel ’n uitgedroogde paddalyk, met die een handjie so in die lug. Dis of hy met sy laaste kragte ’n hulpbehoewende armpie uitgesteek het.

Natuurlik is ek gewond tot in die agterkamertjies van my gewete. Dis my skuld dat die padda so aaklig aan sy einde gekom het: vasgekeer, verhonger, verdors, verdor, die hele verskriklike lot. Ek moes sy hulpkwake gehoor het. Ek moes meer gereeld daar agter my foto-albums skoongemaak het. Ek moes my paddavriend gemis het.

Ons was vrinne, as dit nou dieselfde padda is wat laas somer so gereeld by die deur ingehop het. Soms het hy homself ingenooi by die Franse deure op die agterstoep. Hulle staan altyd oop. Ek sal nog so gemesmeriseerd na die rekenaarskerm staar, dan vang ek uit die hoek van my oog ’n hoppende iets op die plankvloer. Dis Plonsie, soos ek hom gedoop het, wat kom kuier. Hy’t nie veel erg aan my nabye teenwoordigheid gehad nie – as ek van aangesig tot aangesig ’n bietjie wou gesels, het hy ontsteld weggehop. Dalk ’n groot aanhanger van Kahlil Gibran se “let there be spaces in your togetherness”.

Meer dikwels het Plonsie deur die oop badkamerdeur binnegekom. As die deur toe was, het hy geklop: plop, plop, plop. (Ek het hom nooit gesoen nie, helaas.) In die badkamer het hy reguit na Kattebol se waterbak gehop en met ’n taamlike gesukkel ingespring. Kattebol se waterbak was nie jou gewone troeteldier-waterbak nie, want g’n kat van sypaadjie-stand drink uit so iets nie. Jy spring óf in die bad en lek die druppels van die lekkende kraan op óf jy lek in modderige waterpoele buite óf jy spring op die voëlbak en gee verskeie voëls hartaanvalle. ’n Kompromis tussen my en Kattebol was ’n groot blou emaljebeker met ’n tuit wat altyd vol water onder die wasbak in die badkamer gestaan het.

Staan ek die oggend op en die water in die beker is slymerig, weet ek Plonsie het gebad. Lê die rottangmandjie met die gebruikte snesies op sy sy, weet ek Plonsie het misgespring. Skrik ek vervaard in die nag wakker van vreemde geluide in die badkamer, sukkel Plonsie sy padda-alie af om uit die gladde beker te kom.

Ek het hom gereeld na die dammetjie net so ’n paar hoppies van die agterdeure geneem. Myns insiens was en is dit steeds ’n heel aangename dammetjie. Dit het vastrapplek vir inspring en uitklim (ek beween die vele paddas wat in damme en fonteintjies spring en nooit weer kan uitkom nie), klam, groen varings en wuiwende palms, oulike Australiese viooltjies, murmelende water en ’n kabouter uit die blaaie van Wil Huygen en Rien Poortvliet se kabouterboek. Maar wat weet ek, aardgebonde tweebeen wat net deur longe asemhaal, wat kwalifiseer as aangenaam vir ’n padda van die klas van Plonsie.

Noudat ek terugdink, onthou ek dat ek maande gelede ’n paddagekwaak in die omgewing van die kombuis gehoor het. Ek het oral rondgesoek. Agter die yskas en agter die kastrolle en menigte kombuisgoed op die oop rakke van die kombuistoonbank. Ek het die swaar ou geel-en-groen GEC-emaljestoof weggesleep, die boks met die herwinningsgoed uitgepak. Maar g’n spoor van ’n padda wat kwaak of nie kwaak nie.

My gewete gesel my: Hóékom het jy nie agter die foto-albums op die boekrak in die sitkamer gaan soek nie! Plonsie het hom hees gekwaak vir jou, tot sy laaste padda-asemtjie toe.

Maar Plonsie, rêrig, hoekom moes jy jou dáár inwurm, van alle plekke? As jy geleerdheid daar tussen die boeke gesoek het, waarom nie my bedkassie nie, waar stapels boeke in die oop lug toring? Ek sou tot die blaaie vir jou omgeblaai en gedigte voorgelees het.

Plonsie, gewese slymerige vriendjie, jy is nog aldag in my gedagtes, want jy sit hier op my lessenaar by die kat, die verkleurmannetjie, die drie geitjies, die teddies met die verbande, die reisende donkie, die glimlaggende skaap, die stout seuntjie wat albei hande verloor het, die vrolike feëtjies (hulle kan ook engele wees), die meisie met die rooi mus en die hangende teddies van die kerk se Kersbasaar. Jy is in goeie geselskap.

En noudat ek mooi kyk, dalk sê jou handjie nie “Help my!” nie, maar “Tot siens en vaarwel ek moet gaan.”

Só, saam met Plonsie die padda, wuif ek tot siens met hierdie blog.

Plonsie in sy grafkelder agter in die boekrak

Plonsie in sy grafkelder agter in die boekrak

Jelleke Wierenga (3)

Saturday, February 12th, 2011

 

Fotobeeld

Lees gedigte deur Jelleke Wierenga

Album 1, 23

 

29 September 2009. By die bekendstelling van my debuutdigbundel Bloot mens by Protea Boekwinkel in Stellenbosch.

29 September 2009. By die bekendstelling van Jelleke se debuutdigbundel Bloot mens by Protea Boekwinkel in Stellenbosch.

 

2009. Op voortrap van haar huis op Montagu. By Marike, oorlede sus Kiki se dogter, wat in Doebaai werk as lugwaardin vir die lugdiens van die Arabiese Emirate.

2009. Op voortrap van haar huis op Montagu. By Marike, (regs) oorlede sus Kiki se dogter, wat in Doebaai werk as lugwaardin vir die lugdiens van die Arabiese Emirate.

 

Jelleke by die Kaapse Boekeskou in 2010. Sy ontvang Maskew Miller Longman se letterkundepryse vir Kat in die pan vir die Fransman en ’n Bosluis red die koningshuis. By haar is Steve Cilliers, besturende direkteur van MML.

Jelleke by die Kaapse Boekeskou in 2010. Sy ontvang Maskew Miller Longman se letterkundepryse vir Kat in die pan vir die Fransman en ’n Bosluis red die koningshuis. By haar is Steve Cilliers, besturende direkteur van MML.

 

Januarie 2011. Jelleke kuier by Pa Henk by sy aftreehuisie in Bloemfontein.

Januarie 2011. Jelleke kuier by Pa Henk by sy aftreehuisie in Bloemfontein.

 

 

Terug na Album 1

 

Kopiereg © 2011 Jelleke Wierenga  (Privaatversameling)

Geen foto’s hier op Fotobeeld/versindaba.co.za mag sonder verlof van die digter gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopieëring of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of verspreiding nie.

 

 

Marlise Joubert (3)

Tuesday, February 1st, 2011
 

Fotobeeld

Lees gedigte deur Marlise Joubert 

Album 1, 23, 4

 

Foto geneem tydens die Poësiekring (die bidure) in Pretoria

Foto geneem tydens die Poësiekring (Die sogenaamde Bidure) in Pretoria, 1968

Saam met dramaturg & uitgewer Bartho Smit, tydens die viering van die debuutbundel in 1971.

Saam met dramaturg & uitgewer Bartho Smit, tydens die viering van debuutbundel in 1971. Bartho word 'n lewenslange vriend tot met sy afsterwe.

 

Saam met Chris Barnard tydens 'n vergadering van die letterkundige tydskrif Kol waarin eerste verse verskykn het. 1969.

Saam met Chris Barnard tydens 'n vergadering van die letterkundige tydskrif Kol waarin eerste verse gepubliseer is, Johannesburg.

Met die verskyning van Domus, die 2de digbundel, in 1973

Met die verskyning van Domus, die 2de digbundel, in 1973

 

Op Onrus se strand

Op Onrus se strand. 1974

'n Kuier saam met Marjorie Wallace op Vermont, Onrus

Kuier saam met Marjorie Wallace op Vermont, Onrus.

 

Personeel by Kunsdept. US 1985. Marlise links agter. Timo Smuts langsaan en Ingrid Winterbach sit voor in die middel.

Personeel by Kunsdept. US 1985. Marlise links agter. Timo Smuts langsaan en Ingrid Winterbach sit voor in die middel.

Saam met seun Pierre

Saam met seun, Pierre van Vuuren, 5jr oud. Warmbad 1976

60ste verjaarsdag. Hier saam met Pierre op boot in die Waterfront.

'n Verjaarsdag-viering. Hier saam met Pierre op 'n boot in die Waterfront. 17 Desember.

Saam met dogter Marcelle in Westville,1979

Saam met dogter, Marcelle Olivier, in Westville,1979. Foto geneem deur die koerant Tempo, na die verskyning van haar roman Klipkus.

Saam met Marcelle by haar gradeplegtigheid in Oxford, Engeland. 2006

Saam met Marcelle by haar gradeplegtigheid in Oxford, Engeland. 2006

 

Vang graag vis.

Vang graag vis. Hier op Infanta.

 
Die beste tydverdryf.

Skaakspeel - die beste tydverdryf.

Op 'n herbesoek aan die waterval uit die jeugjare in die Waterberge.

Op 'n herbesoek aan 'n waterval uit die jeugjare, Waterberge.

 

 

 

 

Kopiereg © 2010 Marlise Joubert  (Privaatversameling)

Geen foto’s hier op Fotobeeld/versindaba.co.za mag sonder verlof van die digter gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopieëring of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of verspreiding nie.

 

 

 

 

 

 

Marlise Joubert (4)

Tuesday, February 1st, 2011

 

Fotobeeld

Lees gedigte deur Marlise Joubert

Album 1, 23, 4

 

 

 

 

Troue in Stellenbosch, 2001
Troue met Louis Esterhuizen in Botaniese Tuine, Stellenbosch.
Die Versvreters maak gereed vir 'n Bekgeveg. Louis is links en Ronnie Belchers regs.
Die Versvreters maak gereed vir ‘n Bekgeveg by die KKNK. Louis links en Ronnie Belcher regs. 2002
In Boedapest. 2006

In Boedapest. 2006

In Praag. Moeg geloop. 2008

In Praag. Moeg geloop. 2008

Saam met eerste kleinkind, Xander van Vuuren. Maart, 2008

Heel eerste foto saam met eerste kleinkind, Xander van Vuuren. Roodepoort, 2008

Kunsuitstalling by KKNK, 2009
Kunsuitstalling van waterwerwe by die KKNK, 2009. Links is Louis & Marlise. Regs staan haar dogter Marcelle & haar man, Robert Schumann
 
Saam met Xander. Langs Eersterivier. Jan. 2010
Saam met Xander. Langs Eersterivier. Stellenbosch. Jan. 2010
In Kampsbaai, saam met Louis. 2010

In Kampsbaai, saam met Louis. 2010

 

 

 

Kopiereg © 2010 Marlise Joubert  (Privaatversameling)

Geen foto’s hier op Fotobeeld/versindaba.co.za mag sonder verlof van die digter gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopieëring of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of verspreiding nie.

 

 

 

 

Stilet

Saturday, January 22nd, 2011
STILET

STILET

Stilet is die amptelike lyfblad van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV). Die tydskrif word geheel gewy aan die wetenskaplike studie van die Afrikaanse literatuur in die vorm van navorsingsartikels, literêre analises, kommentaar oor aktuele literêre vraagstukke en ALV-kongresreferate.
Stilet verskyn twee keer per jaar.

Eindredaksie
Redakteur: Prof. HP van Coller (Universiteit van die Vrystaat)
Subredakteur: Prof. BJ Odendaal (Universiteit van die Vrystaat)

Bestellings & Korrespondensie
Dr. MP Human
p/a Departement Afrikaans
Universiteit van Johannesburg
Aucklandparkkampus
Posbus 524
Aucklandpark
2006

E-pos: thysh@uj.ac.za

Subskripsiegeld
R50 per uitgawe (plaaslik)
R100 per jaar (twee uitgawes - plaaslik)
R150 per jaar (oorsee)

 

Nuutste uitgawes

 

Stilet nr 22(1), Maart 2010

Johann Lodewyk Marais: Geskiedenis en literatuur in N.P. van Wyk Louw se Germanicus  (p 1-14)

Marni Viviers: ruimte, identiteit en representasie in george Weideman se ’n Staning onder sterre (p 62-80)

 

 

Stilet nr 22(2), september 2010

Heilna du Plooy: Narratiwiteit in liriese verse (p 1-35)

Heilna du Plooy: Veelvlakkig vertel: Narratiewe strukture en tegnieke in kleur kom nooit alleen nie (p36-62)

Bernard Odendaal & Hennie van Coller: Die liriese intrige in Antjie krog se Lady Anne (63-88)

Marlies Taljard: “terugskeur uit die dood”: narratief en poësie in Antjie Krog se bundel kleur kom nooit alleen nie (p 89-110)

Adéle Nel: Ruimtelike konfigurasies as narratiewe tegniek in Danie Marais se In die buitenste ruimte (p144-168)

Hein Viljoen: Groot avonture in die (onlangse) Afrikaanse poësie

 

Stilet XXI:2 September 2009

INHOUDSOPGAWE

Hennie van Coller en Bernard Odendaal: Inleidende opmerkings

Heilna du Plooy: Die argeologie van die teken: Taal en diskoers in Niggie en Die boek van toeval en toeverlaat van Ingrid Winterbach

Hennie van Coller en Cilliers van den Berg: Trauma, verlies en die semiotiese bewussyn in Karoliena Ferreira en Niggie van Ingrid Winterbach

Andries Visagie: Horrelpoot (2006) van Eben Venter: ‘n Verkenning van die grense tussen utopie en distopie

Louise Viljoen: Die dagboek as narratiewe strategie in Marlene van Niekerk se Agaat

Franci Greyling: Avontuur: ‘n Praktykgebaseerde verkenning van intermedialiteit en materialiteit in ‘n boekprojek

Bernard Odendaal:Narratiewe elemente in Danie Marais se debuutbundel in die buitenste ruimte (2006)

H.P. Grebe: Aantekeninge by die vertaling van Bordewijk se Bint - Onder ‘n tug van staal

F.I.J. van Rensburg: Van Wyk Louw en die Nederlande                

Susan Meyer: Ver van die huis, maar naby die grond: die rol van die natuur ten opsigte van krisishantering in die vreemde in Stiltetyd (Marita van der Vyver) en Sabbatsreis (Annelie Botes)

Lys van keurders 2009                                       

Voorskrifte aan skrywers                                               

STILUS

Intekening op Stilet

Publikasies (2)

Saturday, January 22nd, 2011

 Publikasies vervolg… (2)                                                                       Terug na 1 (nuwe bundels)

 

Onversadig   

T.T. Cloete

 

Onversadig

Onversadig

Onversadig verken opnuut verskeie hooftemas van Cloete se oeuvre, onder meer ‘n verwondering oor die natuur, en ‘n soeke na sintese tussen wetenskap, religieuse impulse en die grense van taal. Hy verwoord op tegnies vernuftige wyse die onvermoë van die mens om die misterie van die skepping en sy eie bestaan te deurgrond. Hy slaag daarin om iets van die wonder vas te vang, sonder om die enigma te reduseer tot ‘n eenduidige slotsom of “betekenis”. En dit doen hy in gestroopte, helder taal.

Daar is ook intieme verse oor vertwyfeling en die onlangse verlies van ‘n lewensmaat. In sy jongste bundel bou T.T. Cloete sy merkwaardige digterskap op treffende wyse uit. (Tafelberg, ISBN: 9780624049036, R 155.00, 152pp, 2011)

 

 

 

 

Visums by verstek 

Joan Hambidge

 

Visums by verstek

Visums by verstek

Hierdie keur uit die digter se reisverse lewer bewys van haar verstommend ruim verwysingswêreld en plaas die fokus op die mens as reisiger, uit eie wil én teen wil en dank. Die bundel doen verslag oor reisindrukke, maar die bestemming is telkens die ruimte vir emosionele en rasionele verwerking van menslike ervaring (reiswaarneming, dus, wat dikwels teruglei na die sélf). In dié sin sluit die bundel aan by die werklike groot reisbundels binne die literatuur, veral internasionaal. Visums by verstek is ‘n sterk bundel waarin die spreker se weerloosheid op ‘n eerlike, ontroerende manier blootgelê word. Dis ook toeganklike gedigte wat terselfdertyd vir die vernuftige leser komplekse verwysings en intertekste bied om na te speur:

 

 

 

 

Die siel is ‘n paleis vol geheime:

met elke reis demistifiseer

ons ‘n vroeër ongesiende plek.

Die siel is ‘n paleis vol geheime,

legendes en mites - heerlike

juwele vir ontdek.

 

Joan Hambidge is een van die bekendste literêre figure in Suid-Afrika. As kritikus en resensent skroom sy nie om in die letterkundige bokskryt te klim om haar oortuiginge te verdedig nie. Sy het al ‘n twintigstuks digbundels op haar kerfstok en verskeie romans. Sy is professor in Afrikaanse Letterkunde en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.   (Human & Rousseau, R150.00, 96 pp., ISBN 978-0-7981-5481-9, 2011)

 

 

2010 Publikasies

 

Tempermes

Louis Jansen van Vuuren
Tempermes

Tempermes

Die wisselwerking tussen teks en beeld is iets wat Louis van Vuuren nog altyd gefassineer het. Tydens ‘n uitstalling van die digter se kunswerke in 2010 wat die gedigte in sy debuutbundel Tempermes  komplimenteer, was dit nie net met woord en beeld bekendgestel nie, maar ook met klank. Sekere van die skilderye is visuele voorstellings van sy gedigte en ander is nostalgiese uitbeeldings van helde uit sy kindertyd.

Volgens Dr Riana Scheepers is Louis Jansen van Vuuren is ‘n digter wat dit regkry om sy lesers te beheks, om soos ‘n wilde, jong wolf die hekke van digterlike konvensies oop te huil, en dit boonop in oeroue digvorme soos die sestina, die aubade en die hooglied. “Met ‘n stortvloed van sintuiglike waarnemings teken dié skilder-digter in vers ná vers flambojante, gespierde en elegante figure: mitologiese karakters, kunstenaars, ‘n kind, ‘n engel, ‘n vrou in sis en robyn, die beminde, almal geplaas in landskappe van emosie. Die verse is weelderig en barok, maar in wese bevat elke gedig ‘n Pierrot-moment - wanneer die baldadige, tuimelende beelde en die driftige gebare van die harlekyn stol tot ‘n stil en skerp pyn.”  (Queillerie, ISBN 9780795800214, 2010)

 

Onder die appelboom

Rutger Kopland

Vertaal deur  Daniel Hugo

Onder die appelboom

Onder die appelboom

Onder die appelboom is ‘n vertaalde keur uit die poësie van die Nederlandse digter Rutger Kopland. Daniel Hugo, die vertaler, het hom in sy keuse eerstens laat lei deur die vertaalbaarheid van die verse, maar ook probeer om die Afrikaanse leser ‘n oorsig te bied van hierdie veelbekroonde digter se werk. Die oënskynlike eenvoud van Kopland se werk, die gevoelige manier waarop hy die alledaagse verwoord en Hugo se puik vertaling behoort hierdie bundel baie gewild onder Afrikaanse lesers te maak. ‘n Enkele strofe uit die titelgedig gee ‘n aanduiding van Kopland se sobere, maar beeldende verse:

 

 

 

 

toe word dit langsamerhand te mooi

om waar te wees, die dinge

van die dag verdwyn voor die geur

van hooi, daar lê weer speelgoed

in die gras en verweg in die huis

lag die kinders in die bad

tot waar ek sit, tot

onder die appelboom  

 

Rutger Kopland is die skrywersnaam van die Nederlandse digter en gewese hoogleraar in psigiatrie,  Rutger H. van den  Hoofdakker. Hy is reeds vyf keer vir sy poësie bekroon en het ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit voor Humanistiek ontvang. / Daniel Hugo was ‘n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. In April 2008 is hy aangestel asdirekteur van die Huis der Nederlanden in Pinelands en sedert April 2010 is hy deel van Protea Boekhuis se uitgewerspan. Daar het reeds 13 poësiebundels uit Hugo se pen verskyn.. As vertaler het hy reeds die werke van Tom Lanoye, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, Karel Glastra van Loon en David van Reybrouck uit Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie keur bevat toeganklike poësie wat die algemeen-menslike verwoord. [R140.00;  ISBN: 978-1-86919-404-8, 90p., Protea Boekhuis, 2010]

 

 

Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte

Fanie Olivier

Omslag

Omslag

Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het. Daar is ‘n nuttige outeursregister bygevoeg, sodat lesers steeds die werk van ‘n spesifieke digter kan opsoek. Die nuwe uitgawe bevat 328 gedigte deur 100 digters en het ‘n pragtige nuwe omslag.
“Met so ‘n bloemlesing liefdesgedigte kan ‘n uitgewer net so min ‘n fout maak as ‘n bakker wat besluit om ‘n brood te verkoop” het Abraham de Vries by die verskyning van die eerste uitgawe gesê. En, “‘n Pragtige geskenk - vir minnaars en ander mense” was Cecile Cilliers se woorde by die tweede uitgawe in 1992. [R195.00, ISBN: 9780798151825, Sagteband, 256pp; Human & Rousseau, 2010]

 

 

 

 

Toe dit nog vroeg was 

Mari Grobler

toe dit nog vroeg was

toe dit nog vroeg was

Hoe het hulle geleef, en wat het hulle gevoel - daardie oermense wat langs ons Suidkus geleef het, wie se nasate ons die San en die Khoi noem? Wie kan saampraat met hulle, die “eerste mense” van wie ons net oorblyfsels van groot mites, tergende rotsprente en enigmatiese artefakte het? Eintlik is dit net die digkuns wat dit kan waag om in hulle stiltes in te beweeg.

(R 130.00, ISBN: 9780624049425, Formaat: Sagteband, 96pp, Tafelberg Uitgewers, 2010)

 

 

 

 

 

 

Uit die wit lig van my land gesny

T.T. Cloete

 

Omslag

Omslag

Uit die wit lig van my land gesny  bevat ʼn versameling reeds gepubliseerde gedigte, asook nege tot nog toe ongepubliseerde gedigte aan Anna, die vrou van TT Cloete, wat in 2007 oorlede is.  “Sy was die digter in my sonder dat sy self ooit ʼn enkele vers geskryf het.” Die gedigte is voorsien van ʼn begeleidende inleiding geskryf deur TT Cloete en word in chronologiese volgorde geplaas soos dit in die opeenvolgende digbundels verskyn het.  (R180, Pooka, 2010)

 

   Ek herken jou voetstap in ʼn besige straat

   in ons dorp van baie ver. Die beste het gebly.

Ek hoor jou stem sonder dat jy praat.

 

Kyk ek sonder jou, is daar skille

oor my diep oogkasse, ek

kyk sonder pupille.

Ek soek jou omtrek om my getrek,

ek soek jou in die appel van my oog.

 

Kyk ek na die melkweg, in die gras,

in die water, na die boog

van die aarde, altyd iewers is jy ingepas.

 

(Uit die gedig Anna, in Uit die wit lig van my land gesny, TT Cloete; p 71, 2010.)

 

Toevallige tekens

Martjie Bosman

Toevallige tekens

Toevallige tekens

Toevallige tekens is Martjie Bosman se tweede digbundel en volg op Landelik (2003). Om die verse in hierdie digbundel te lees is soos om spore te volg. In die eerste afdeling word die verwoestende gevolge op veral vroue en kinders van die oorlog en armoede in Mosambiek en Rwanda getoon. Die tweede afdeling word gekenmerk deur bedreigings wat elke Suid-Afrikaner ervaar: Jou handsak word uit jou motor gesteel, ‘n indringer wil die veilige hawe van jou huis betree, die dood wag dalk op die snelweg wat jy elke dag ry. Ná die aanslag van die bose van afdelings 1 en 2, word afdeling 3 gekenmerk deur mooi en gerusstellende herinneringe van ‘n verblyf op ‘n rustige dorp. In afdeling 4 kom kunstenaars, musikante en musiek aan die bod. Die bundel word afgesluit met die laaste afdeling waar tekens van nuwe lewe, seisoene en tye getoon word. Bosman toon in hierdie bundel tekens van die dood en verval aan, maar ook tekens van hoop, lewe en onverwagse skoonheid. [R150; ISBN: 9781869194000, Sagteband; Protea Boekhuis, 2010]

 

 

 

Tydelose gety

Lina Spies

Tydelose gety

Tydelose gety

In Tydelose gety lewer Lina Spies verse wat spreek van ‘n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg “bo alles wat vals is en stereotiep”. Selfs vir die sewentigjarige hou die lewe nog ‘n volheid in en kan die vervulling van die liefde beleef word. Sy bring hulde aan groot figure soos Nelson Mandela, weer eens aan Anne Frank en aan ‘n onbekende oorlewende van die holocaust wat met oop gordyne slaap om elke nuwe dag te verwelkom. Vir Spies is daar geen twyfel nie dat die Afrikaanssprekende nog ‘n plek in Suid-Afrika het en hier sinvol en gelukkig kan lewe. Die beheerste lewensvreugde van die laaste verse spreek van ‘n oorwoënheid en soberheid wat aan Elisabeth Eybers se laaste gedigte herinner. Vir die eerste keer neem Spies ook enkele vertaalde gedigte in ‘n bundel op waardeur sy ‘n bydrae lewer tot die bekendstelling van wêreldpoësie in Afrikaans. (R140, Sagteband, ISBN: 978-1-86919-383-6; Protea Boekhuis, 2010)

 

 

 

 

Ligloop

Tom Gouws

Ligloop

Ligloop

Tom Gouws se vierde bundel bestaan uit vier afdelings: “delftse doek”; “tentatief”; “kroniek van elia in afrika” en “jerusalemgangers revisited”. In “delftse doek” val die fokus op die Delftse skilder Vermeer se werke. Christenskap, die “tentatiewe” aard van die liggaamlike en die Christen en Afrikaner se rol in Afrika vorm verdere deurlopende motiewe in die bundel. Die styl is kenmerkend Gouws s’n. Die intellektuele en visioenêre speel ‘n belangrike rol en die digter maak gebruik van klankspel, woordspel, die benutting van vaste vorme en intertekstuele verwysings, toespelings en aanhalings.

Tom Gouws se vorige bundels is diaspora, troglodiet en Syspoor. Hy doseer aan die Universiteite van Potchefstroom, Pretoria, Bophuthatswana en Noordwes en is tans verbonde aan die JC Group of Companies in Pretoria. Tom en sy vrou Retha en hul ses kinders woon op ‘n plasie in Hartbeespoortdam. (R145, ISBN 9780798152396; Human & Rousseau, 2010)

 

Versindaba 2010 

US Woordfees (samesteller)

Versindaba 2010

Versindaba 2010

Die bundel Versindaba 2010 verskyn by geleentheid van Versindaba 2010 wat op 18 September in Stellenbosch plaasvind en bestaan uit ‘n keuse van gedigte en bekendstelling van die digters wat aan hierdie poësiefees deelneem. Vanjaar word Versindaba vir die sesde keer aangebied, tans in samewerking met die Woordfees van die Universiteit van Stellenbosch. Dit is ‘n ware fees van gedigte, voorlesings, toonsettings en gesprekke en die bloemlesing wat daarmee saam verskyn, bied graag iets van die plesier van die Afrikaanse poësie. Onder die bekende en geliefde Afrikaanse digters wat vanjaar in die bundel opgeneem is, is Louis Esterhuizen, Tom Gouws, Johann Lodewyk Marais, Marlene van Niekerk, M.M. Walters en die Namibiër Kobus Lombard. Ander bydraers is digters van wie daar onlangs ‘n bundel verskyn het, of van wie binnekort ‘n bundel gaan verskyn. ‘n Nuwigheid is dat enkele vertalings ook in hierdie bundel opgeneem is.

            Die debutante wie se werk in Versindaba 2010 verskyn, sluit in Pieter W. Botha, Pieter du Toit, Karen Kuhn, Lou-Ann Stone en André Trantraal. Van hulle het reeds hulle buiging in die Nuwe stemme-reeks gemaak.  [Protea Boekhuis; PRYS: R140.00; ISBN: 978-1-86919-401-7] 

 

 

Nadoodse ondersoek

Martina Klopper 

Nadoodse ondersoek

Nadoodse ondersoek

Nadoodse ondersoek is Martina Klopper se debuutbundel. Die beeld van die nadoodse ondersoek word op die bundel as geheel toegepas met temas soos geweld, pyn, bloedskande, en self-straf wat uitgewerk word. “In die digbundel word ‘n hoofsaaklik eerlike, ontluisterende en onthutsende, selfs grillerige blik op die eie digterskap, op die self en op die verhoudings wat die ‘ek’ met ander het, gewerp. Daar word duidelik weggestuur van sentimentaliteit en selfvertroeteling. Die stewige stilistiese en vormlike greep oortuig ‘n mens verder van die digterlike potensiaal van Klopper.” [Bernard Odendaal]
“Dit is my indruk dat ‘n mens hier te doen het met ‘n digter wat daarin slaag om hewige emosionele intensiteit in te bou in besonder beheerste en goed afgewerkte verse.”
[Louise Viljoen].

[Human & Rousseau, 2010, ISBN: 9780798152242 Prys R145.00; Sagteband, 76pp]

 

 

 

aan’t stap

Len S. Louw

omslag

omslag

Hierdie besonderse debuutbundel is ‘n keuse uit die gedigte van Len Louw oor ‘n periode van 40 jaar. Louw se sober maar aangrypende poësie het keurders en medewerkers aan dié bundel beïndruk en ontroer. Temas soos gesins- en familielede, herinneringe en sy verblyf in Nieu-Seeland kom daarin aan die bod, en is dit ‘n onthou-boek met rede. Daar is egter ook dié met ‘n somber, amper siniese ondertoon veral in die laaste afdeling waar temas soos ‘n siektetoestand ook aangespreek word. aan’t stap  is ‘n leeservaring wat waardeer kan word deur meer as net hulle wat vir Louw ken. 

Len Louw is gebore en het grootgeword op ‘n skaapplaas in Damaraland in wat toe nog Suidwes-Afrika was. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en later ook Universiteit van die Vrystaat. In die laat tagtigs woon en werk hy in Nieu-Seeland en vanaf 1996 as spesialisnarkotiseur in Worcester tot sy uittrede vroeg in 2009.  [R100, Hond Uitgewers, 2010, ISBN - 9781874969174. Beskikbaar by Protea Boekwinkels.]

 

 

DIE DONKER HET DROOMSPORE

Die donker het droomspore:

net die vae voetval van ‘n nagsê-naam.

sy haal nagbriesie asem,

effens bloekompies

ritsel sy in die blinde kamer.

Die uiltjie vou die donker met komberse in,

buk oor die bed, soos

Vicks op die bors.

Dis die diep donker weet

dié voetval in ‘n droom.

 

OORGEPLANTE HART

                                                                              

My kind

vir my is jy ‘n oorgeplante hart

myne maar nie myne nie

 

dus pas ek jou beter op

en vind

ek’s nie meer dieselfde nie

jy maak my anders

en dra my voort

verby die dood.

 

 

Diorama  

Johann Lodewyk Marais

Diorama

Diorama

 

Met hierdie bundel sluit Marais aan by sy bundel Aves wat uitsluitlik oor voëls gehandel het, maar in Diorama val die klem op diere. Marais is bekend daarvoor dat sy gedigte respek het vir wetenskaplike kennis: Die wetenskaplike name van spesies word by die gedigte gegee, die feite moet korrek wees en die habitatte waarin die diere, plante en voëls voorkom, word versigtig uitgebeeld. Hierdie bundel bevat ook gedigte oor die paleontologie en navorsers soos Jane Goodall, Richard Leakey en die Suid-Afrikaanse paleontoloog Philip Tobias. In ‘n aantal gedigte kom aktuele kwessies soos grondhervorming en plaasaanvalle en die soms skreiende gevolge daarvan aan die bod:

 

 

 

                        En uiteindelik het ook ek

                        een van die uitgestorwenes geword.

 

                        Met ‘n ruwe mes, ‘n Okapi,

                        het hulle na my hart gesteek

                        en het ek stadig doodgebloei. …

 

                       Tot hierdie stof sal ek terugkeer.

Johann Lodewyk Marais is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel, Die somer is ‘n dag oud. Hy het reeds ses bundels gepubliseer en stel ook twee bundels omgewingspoësie en een ter herdenking van die verskyning van “Wintersnag” saam. Marais is bekend vir “groen” skryfwerk en vir sy navorsing oor Eugène N. Marais oor wie hy gereeld artikels skryf. Sy nuwe bundel sal aanklank vind by liefhebbers van natuurpoësie en die buitelewe. Dis ook relevant vir omgewingsbewustes. [Protea Boekhuis,  2010, R140.00, ISBN: 978-1-86919-365-2,  88 p.]

 

 

Oewerbestaan 

Melt Myburgh

Oewerbestaan

Oewerbestaan

Met Oewerbestaan lewer Melt Myburgh ‘n debuutdigbundel wat beslis aandag gaan trek. ‘n Groot aantal van die gedigte het te make met die landskap van die Noord-Kaap aan die oewers van die Oranjerivier waar die digter groot geword het. In die eerste afdeling word die tema “refleksies” ontgin en verwys na sowel die weerkaatsings van die lewe in dié droë, warm wêreld as na die besinning oor die betekenis wat die gebied en sy mense vir die digter ingehou het. In die afdeling “om federico” is ‘n aantal gedigte oor Spanje, waar die landskap sterk herinner aan dié van die Noord-Kaap, maar wat terselfdertyd ook onmiskenbaar die wêreld van die Spaanse digter Federico García Lorca is. In die afdeling “gesigte” is gedigte oor visioene, onverwagse insigte en ook ontluistering, soos die gedig “‘n beeld raak los” waarin een van die sementbeelde in die Uilhuis op Nieu-Bethesda afgetakel word tot net die skelet van bloudraad oorbly.Die laaste afdeling, “inkdood”, bevat gedigte oor dood en verval wat die digter met sy skryfwerk probeer besweer.   

Dis ‘n bundel hierdie vir die fynproewer. Die gedigte oor die Noord-Kaap vul ‘n leemte oor ‘n landskap wat nie dikwels in die Afrikaanse poësie aandag kry nie. Die homo-erotiese gedigte behoort aanklank by gay lesers te vind, maar dis beslis meer as ‘n bundel gay poësie. [Protea Boekhuis, 2010, R140.00 (BTW ingesluit) ISBN: 978-1-86919-369-0]