Vertalings

Hanna Arendt. Vertaling in Afrikaans

Tuesday, September 5th, 2017

Hanna Arendt. Vertaling uit Duits in Afrikaans deur Helize van Vuuren.

 

Droom

 

Swewende voete in patetiese gloed.

Ekself,

ook ek dans,

bevry van die swaarheid

in die donker, in die leegte.

Gedronge ruimtes van vergange tye,

deurskrede wydtes,

verlore eensaamhede

begin om te dans, te dans

 

Ekself,

ook ek dans.

ironies uitgemeet,

ek het niks vergeet,

ek ken die leegte,

ek ken die swaarheid,

ek dans, ek dans

in ironiese gloed.

  • Hanna Arendt (vert. HvV, 22 Aug 2017)

 

*

 

[Geen woord breek die donker]

 

Geen woord breek die donker –

geen God hef die hand –

waarheen ek ook kyk

in die toringende land.

Geen vorm, wat sig oplos

geen skadu, wat sweef.

en immer nog hoor ek dit:

Te laat, te laat.

  • Hanna Arendt (vert. HvV 22 Aug 2017)

*

Traum

 

Schwebende Füsse in pathetischem Glanze.

Ich selbst,

Auch ich tanze,

Befreit von der Schwere

Ins Dunkle, ins Leere.

Gedrängte Räume vergangener Zeiten,

Durchschrittene Weiten,

Verlorene Einsamkeiten

Beginnen zu tanzen, zu tanzen

 

Ich selbst,

Auch ich tanze.

Ironisch vermessen,

Ich hab nichts vergessen,

Ich kenne die Schwere,

Ich tanze, ich tanze

In ironischem Glanze

  • Hanna Arendt

Fernand Florizoone – Vertaling in Afrikaans

Thursday, May 4th, 2017

Fernand Florizoone – vertaal deur Hans du Plessis

 

HOTAZEL

(Koksijde, Fernand Florizoone)

.

Volstrys en akkeldis

skryf Hotazel innie sand,

ennie son breek dae

in troppe lammerse yt,

Klaas Skawagter bêre hom hoed,

oener oerdyne sand

vee bokklokke die dae

oor onse kalari weg,

in ou strate vannie tyd

spryt spriete dyngras yt,

en vylskemer flytie wind

’n waterslang.

 

dag loop op nag se rig

dies wat kom en dies wat gan

dié keer aljimmers trig

 

***

 

KOKSIJDE

Een kokkel en een zee

schrijven in het zand Koksijde,

de zon waait de dagen open

in een schaakspel baadsters,

de laatste paardenvisser

hangt zijn net te drogen,

onder acht eeuwen zand

luidt de abdij het getij

over het land,

op de zandeeuwen

priemt jonge helm duingras

en achter het duin zingt de wind

een zeemeermin.

 

Eb en vloed,

wie kwam

komt altijd weer.

 

Fernand Florizoone

Uit: De grens is geen begrenzing (1978)

Joachim Ringelnatz. Vertaling in Afrikaans

Tuesday, April 11th, 2017

Joachim Ringelnatz  (1883 – 1934) – Vert. in Afrikaans deur Robert Schall.

JOACHIM RINGELNATZ

Uit: Die Schnupftabakdose: Stumpfsinn in Versen und Bildern (1912)

 

 

Drieledige alliansie

 

Eendag vreet weer wat hulle kan

ʼn wolf, ʼn beer, asook ʼn man.

Oplaas was niks oor om te eet,

toe het die drie mekaar gevreet:

Die wolf die beer, die beer die mens,

en hy die wolf – boep staan die pens!

Wat oorbly: Stank van sous-nat snoete,

klomp blou-lig liggies, drie pap broeke.

Dít was die boedel van die drie.

Die een se naam was ANC.

 

 

Es trafen sich von ungefähr

Ein Wolf, ein Mensch, sowie ein Bär,

Und weil sie lange nichts gegessen,

So haben sie sich aufgefressen.

Der Wolf den Menschen, der den Bär,

Der Bär den Wolf. – Es schmeckte sehr

Und blieb nichts übrig als ein Tuch,

Drei Haare und ein Wörterbuch.

Das war der Nachlass dieser drei.

Der eine Mensch, der hieß Karl May.

 

 

(c) Joachim Ringelnatz (Hans Gustav Bötticher; 1883 – 1934)

Karl Jenkins. Stabat Mater (Vertaling in Afrikaans)

Monday, April 3rd, 2017

Vertaling uit Latyn van Karl Jenkins se Stabat Mater deur Cas Vos.

 

Stabat Mater

 

1 Cantus Iacrimosus

Tranesang

 

By die kruis het sy vasgestaan,

moeder van smarte, aangedaan

oor haar Seun wat moedig sterf.

 

Die swaard het haar sugtende hart,

treurend en gevul met diep smart

deurboor, haar gekwes, gekerf.

 

O hoe treurig en neergeslaan

geseënde Moeder, aangedaan

oor haar Seun, vlees uit haar skoot.

 

Sy was bedroef, sy het gely,

heilige as Moeder gewy,

haar lofryke Seun gaan dood.

 

2 Incantatio

Inkantasie

 

Bid vir ons,

o heilige Maria,

o kind van God,

o maagd van maagde,

bid vir ons.

 

3 Vidit Jesum in tormentis

Sy het Jesus in sy foltering aanskou

 

Wie sou nie aanhoudend ween

wanneer hy die Moeder alleen

in diep ellende sou sien?

 

Wie weerhou die mens se hart

om te deel in haar groot smart

as sy na haar Seun omsien?

 

Vir al sy volk se sonde

sien sy Jesus se rou wonde,

oorgegee aan kastyding.

 

Haar geliefde het pyn verduur,

verlate in sy sterwensuur

tot Hy sy gees laat uitkring.

 

Moeder, fontein wat liefde skenk,

laat u stroom van pyn my deurdrenk

dat ek saam met u kan treur.

 

Gee dat my hart ’n gloed uitsprei

om só self meer troos te verkry

deur die liefde van my Heer.

 

4 Lament (Carol Barratt)

Weeklaag

 

As ons al die pyn en verdriet voel,

is ons harte en gedagtes vol verdriet

trane wag om te vloei as verdriet oral oor

veel meer is as wat ons kan dra.

 

Ons hoor hoe die kinders huil,

dood val skadu’s oor hul harte en gedagtes

as moeders in hulle rou staan, huilend, treurend,

treurend, huilend,

huilend, treurend oor hierdie wêreld.

 

Op ons doringbed moet sulke verdriet eindig,

ons trane kan só al die sonde afwas,

geen trane en verdriet, verdriet, trane,

trane, verdriet, verdriet in hierdie wêreld.

 

5 Sancta Mater

Heilige moeder

 

Heilige Maagd, deurboor my hart

met wonde dat my Heer se smart

ook letsels op my nalaat.

 

Deel met my die pyn en lyding

van u Seun se stil verwonding,

in my plek is Hy verlaat.

 

Gee dat ek vroom saam met u ween

oor die Gekruisigde alleen

al die dae wat ek ontvang.

 

Ek smeek, pleit van harte om saam

met u by die kruis te bly staan,

saam te treur met klaagsang.

 

6 Nou treur selfs my lewe

 

Nou treur selfs my lewe

soos ’n kers wat smelt en bewe,

soos ’n fluit is my klagte ’n lied.

 

7 En die Moeder het gehuil

 

Die Moeder het gehuil.

 

8 Virgo virginum

Maagd van maagde

 

O Maagd, verheerlikte vrou!

Ek versoek u liefdevol nou:

Gee tog dat ek ook mag treur.

 

9 Is jy buite in duisternis verlore?

 

Is jy buite in duisternis verlore?

Is slaap en stilte jou beskore?

Is my stem te ver om te hoor?

 

10 Ave verum

Wees gegroet o ware

 

Wees gegroet, o ware wese,

uit die maagd Maria verlos,

waarlik aan die kruis verwese,

ons het u lewe gekos.

Toe ’n skerp spies aan u sy raak,

het water en bloed gevloei.

Wees tog vir ons ’n voorspraak

as die dood ons laat leegbloei.

 

Soete Jesus! Vrome

Jesus, seun van Maria.

Amen.

 

11 Fac, ut portem Christi mortem

Gee dat ek Christus se dood dra

 

Gee dat ek Christus se dood dra

en mag ek my deel van sy slae,

sy wonde opnuut onthou.

 

Gee sy wonde vir my as vrug,

gee dat die kruis my versadig,

my begeester met sy bloed.

 

12 Paradisi Gloria

Die heerllikheid van die paradys

 

Mag die vlamme my nie brand nie,

O maagd, hou my vas in u hand.

Bewaar my op die oordeelsdag.

 

Christus, wanneer my reis begin,

laat u Moeder my tog bemin

en ek die lourierkrans kry.

 

Wanneer my liggaam die dood vrees,

hou my vas en gee aan my gees

die paradys se glorie. Amen.

Halleluja.

 

 

Uitgesaai deur RSG.

 

Yannis Ritsos – vertaling in Afrikaans

Tuesday, December 27th, 2016

Yannis Ritsos – vertaling deur Melanie Grobler & Waldemar Gouws

 

Twee verse van Yiannis Ritsos (1909-1990)

 

Graderings van Sensasie

 

Die son het gesak, pienk, oranje. Die see,

donker, asuur, groen. Daar ver, ‘n boot –

‘n swart wiegende kol. Iemand

het op sy voete gekom en uitgeroep: “’n Boot, ‘n boot.”

Die ander, by die koffieplek, het hul stoele gelos, en het gekyk.

Daar was ‘n boot, verseker. Maar die een wat uitgeroep het,

asof nou skuldig, onder die streng kyke van die ander,

het sy blik laat sak en in ‘n lae stem gesê: “Ek het vir julle gejok.”

 

Uit: Getuienisse A (1963)

Vertaling deur Waldemar Gouws

*

Onvoltooid

 

Wolke op die berg. Na wie kan ‘n vinger gewys word? Wat? Stil, moeg,

kyk hy voor hom, hy draai om, hy loop, hy buk af.

Die klippe is onder, die voëls is op. ‘n Waterbeker

in die venster. Dissels in die vallei. Hande in die sak.

Voorwendsels, voorwendsels. Die gedig vertraag. Leeg.

Die woord word beteken deur wat dit wou verhul.

 

Uit: Klippe (1968)

 

Vertaal deur Waldemar Gouws uit die Engels van Nikos Stangos

*

 

Die Dans

 

Die tou glip-gly deur sy vaardige vingers

wat hom terug sal neem na die sagtheid

van haar vel, asof dit van haar af kom

die effense labiale reuk wat hom op en uit neem

ʼn klammigheid in die lug wat die klipblinde

man na die lig lei.

Asterios is dood, sy opgefrommelde horing

sy snoet bebloed.  By Delos het hul gestop, Theseus

en die jong Athener om na die altaar van horings te stap

om daar te dans, ‘n onleesbare dans behalwe vir dié

wat reeds die leë meander van die labirint geloop het.

En dit was middag: ‘n skel son, die gloed van hul naaktheid

die glans van herhalings, die verblindende opkoms

van die son, die reuk van dennenaalde en die hiasinte…

Dinge verander: nuwe passies, nuwe dreigemente, nuwe vrese.

Nuwe gevolge ook.  Starend na die opkomende jaar op die strand

van Naxos dink ons nie meer aan Theseus, die Minotaurus of Ariadne nie.

Maar mense dans nog daardie dans, gewone mense

wat sy-skop dans by troues en begrafnisse, kroeë

en by die waak van dodes in kiste, asof hoop en hart

tog kan ontmoet, asof hul hulself uit die duisternis kan dans.

– Yannis Ritsos

(Vertaling: Melanie Grobler. April, 2011)

Robert Schall. Vertaling: Novalis (1772 – 1801)

Sunday, December 18th, 2016

novalis-friedrich-von-hardenberg-1772-1801

 

Uit: Geistliche Lieder (1802)


Sou almal dan ontrou word

 

Sou almal dan ontrou word,

so bly tog ék getrou,

dat darem één van vele

die dankbaarheid onthou.

Vir my het U gesterwe,

U het vergaan in smart,

ek gee vir U met vreugde

vir altyd, dus, my hart!

 

Ek is bedroef en dikwels

treur ek oor al U leed,

en oor die talle mense

wat van U wil vergeet.

Beweeg alleen deur liefde

het U so veel gewaag,

maar dít wat U gedoen het,

het immers nou vervaag.

 

U staan met troue liefde

nog altyd almal by,

en bly ook niemand by U,

getrou sal U tog bly.

Die trouste liefde seëvier,

en, soos ʼn kind teen my,

sal sy met bitter trane

oplaas haar teen U vly.

 

O moet my nooit verlaat nie,

ek het U dan gevind,

ek bly vir ewig by U –

bly U aan my verbind!

Eendag sal selfs my broers

hul ontrouheid berou,

dan sê ook hulle harte:

Ons bly aan U getrou!

 

*

 

Wenn alle untreu werden

 

Wenn alle untreu werden,

so bleib ich dir doch treu,

dass Dankbarkeit auf Erden

nicht ausgestorben sei.

Für mich umfing dich Leiden,

vergingst für mich in Schmerz,

drum geb ich dir mit Freuden

auf ewig dieses Herz!

 

Oft muss ich bitter weinen,

dass du gestorben bist,

und mancher von den Deinen

dich lebenslang vergisst!

Von Liebe nur durchdrungen,

hast du so viel getan,

und doch bist du verklungen,

und keiner denkt daran!

 

Du stehst voll treuer Liebe

noch immer Jedem bei,

und wenn dir keiner bliebe,

so bleibst du dennoch treu.

Die treuste Liebe sieget,

am Ende fühlt man sie,

weint bitterlich und schmieget

sich kindlich an dein Knie.

 

Ich habe dich empfunden,

o lasse nicht von mir,

lass innig mich verbunden

auf ewig sein mit dir.

Einst schauen meine Brüder

auch wieder himmelwärts,

und sinken liebend nieder,

und fallen dir ans Herz.

 

(c) Novalis (Friedrich von Hardenberg; 1772–1801)

– vertaal deur Robert Schall

George Weideman – vertalings in Duits

Wednesday, November 23rd, 2016

George Weideman – vertaal deur Robert Schall

 

Aus: Verskombuis (2006)

 

 

Erste Mangos

 

Rühr sie nicht an.

Nicht jetzt schon.

Lass ihnen Zeit zum Erröten

und sich vom Grünlingsgrün

in reifere, gelbere, rötere, süßere Früchte zu wandeln …

Oh nein! Gefoppt! Da fliegt

iNcuncu, mit seinem flammroten Latz.

 

Und dann, auf einmal, eines Morgens früh

sind sie da. Ein Zwilling.

Rote Wangen; rehgelb

zwischen dem grünen Laub. Als hätte Matisse

oder Gauguin sie gemalt.

 

Finger weg. Rühr sie nicht an.

Nicht jetzt schon. Warte bis sie älter sind,

auch wenn sie genau so lüstern aussehn wie du.

Auch wenn sie schon massig an ihren Stengeln pendeln.

Auch wenn sie sich dir so willig servieren.

 

Beim Anbruch eines neuen Tages,

wenn der Sonnvogel rot von seinem Nest auffliegt,

geh nackt

zu ihnen. Nimm sie

unter die Hände. Geben sie etwas nach,

bist du noch immer da, wo Tantalus war.

Dann kannst du nur schauen

wie die üppigen Früchtchen so brünstig da hängen –

fleischig, mit klebrigen Harztränen

wie Tropfen schlüpfrigen Schweißes.

 

Schnapp sie dir! Schnapp sie dir! Jetzt sind sie recht!

Setz dich, die Füße in den moosigen Schatten gestreckt

und lass das tiefreif-orangegelbe Fleisch

Besitz nehmen von dir. Mangos essen

ist reine Pornographie.

Geh nackt.

 

*

 

Eerste mango’s

 

Moet hulle nie aanraak nie.

Nie nou al nie.

Laat hulle toe om te begin bloos

en van jangroentjiegroen te verander

tot ’n ryper, geler, rooier, soeter vrug …

O nee! Gefop! Daar vlieg

iNcuncu, met sy vlamrooi borslap.

 

En dan, eensklaps, een oggend vroeg

ís hulle daar. ’n Tweeling.

Rooi wange; seemgeel

tussen die groen loof. Matisse

of Gauguin kon hulle geskilder het.

 

Moenie aanraak nie. Moet hulle nie aai nie.

Nie nou al nie. Wag tot hulle ouer is,

al lyk hulle net so belustig soos jy.

Selfs al wieg hulle swaar aan hul lote.

Selfs al bied hulle hulself so geredelik aan.

 

Met die aanbreek van ’n nuwe dag,

met die sonvoël wat rooi van sy nes opvlieg,

gaan jy naak

na hulle toe. Kry hulle

onder jou hand. Gee hulle effens mee,

is jy steeds waar Tantalus was.

Jy kan maar net toekyk hoe speuls

hang die wulpse vruggies daar –

vlesig, met taai harstrane

soos druppels wufte sweet.

 

Gryp hulle! Gryp hulle! Hulle is bekwaam!

Gaan sit met jou voete in die drassige skaduwee

en laat die diepryp oranjegeel vlees

van jou besit neem. Om mango’s te eet

is suiwer pornografie.

Gaan naak.

 

————————–

 

Glucke

 

Nichts launischer als eine Glucke.

Stunde auf Stunde sitzt sie, eine gefiederte Sphinx,

ihr Blick von einem Gras- oder Strohhalm

gefesselt. Dann, ohne Anlass,

torkelt sie aus ihrem Nest, mit einem Furienschrei

der durch den Hof sticht.

Völlig verhext ist sie jetzt,

ihr Rock aus schwarzem Chiffon

ringsum gelüftet. Sie schimpft, sie keift, sie krittelt;

sie scharrt im losen Sand und bestreut

sich mit Asche und Ruß. Fliegt

plötzlich auf. Lässt einen Spritzer Mist

und gluckt zurück ins Nest. Closet Feminist.

 

*

 

Broeis hen

 

Niks so buierig as ’n broeis hen nie.

Uur na uur sit sy, ’n geveerde sfinks,

haar blik geboei deur ’n halmpie gras

of ’n stukkie strooi. Dan, sonder rede,

tuimel sy uit haar nes, met ’n feeksskreeu

wat die werf deurpriem.

Behoorlik beheks is sy nou,

haar rok van swart sjiffon

wyd gelig. Sy vit, sy vloek, sy laster;

sy werskaf in die los sand en bedek

haarself met as en roet. Vloog

plotseling op. Los ’n blerts mis

en kloek terug nes toe. Closet feminis.

 

————————–

 

Morgenkaffee

 

schau, die Sterne sind durchgebrannt

im Osten glüht die Asche

morgenummantelt setzt du Wasser auf

und brichst den Mostzwieback

wenn du dich über mich bückst

sehe ich den Schimmer deiner Haut

draußen kräht der rostbrüstige Hahn

fernab blinzelt der Morgenstern

ich schmecke den Kaffee auf deiner Zunge

und wittere wilden Rosmarin und Anis

ich schnüffle auf deiner Rehkitzspur

der Umriss der Nacht löst sich auf

 

*

 

Opstaankoffie

 

kyk, die sterre het deurgebrand

in die ooste gloei die as

gekamerjas sit jy ketel op

en breek die mosbeskuit

wanneer jy buk oor my

sien ek die glimming van jou vel

buite kraai die roesbors haan

verlangs knipper die môrester

ek proe die koffie op jou tong

en snuif anys en wilderoosmaryn

ek snuffel oor jou bokkiespoor

die nag se buitelyn vervaag

 

Rita Dove – vertaling in Afrikaans

Wednesday, November 23rd, 2016

Rita Dove – vertaal deur Maria Snyman

 

Getuigskrif

 

Terug toe die aarde nuut was

en die hemel slegs ’n gefluister,

terug toe die name van dinge

nog nie tyd gehad het om vas te sit nie;

 

terug toe die ligste briesie

die somer in herfs laat smelt het,

toe al die populiere soet in rye en orde

geritsel het,

 

het die wêreld geroep, en ek het geantwoord.

Elke aanblik het ’n aanstaring aan die brand gesteek.

Ek het na my asem gesnak en dit lewe genoem,

bedwelmd tussen lepelsvol suurlemoen sorbet.

 

Ek was pirouette en prag,

ek was filigrein en vlam.

Hoe kon ek my seëninge tel

as ek nie hul name geken het nie?

 

Terug toe alles nog moes gekom het,

het geluk oral uitgelek.

Ek het my beloftes aan die wêreld gegee,

en die wêreld het my daarheen gevolg.

 

*

 

Testimonial

 

Back when the earth was new

and heaven just a whisper,

back when the names of things

hadn’t had time to stick;

 

back when the smallest breezes

melted summer into autumn,

when all the poplars quivered

sweetly in rank and file . . .

 

the world called, and I answered.

Each glance ignited to a gaze.

I caught my breath and called that life,

swooned between spoonfuls of lemon sorbet.

 

I was pirouette and flourish,

I was filigree and flame.

How could I count my blessings

when I didn’t know their names?

 

Back when everything was still to come,

luck leaked out everywhere.

I gave my promise to the world,

and the world followed me here.