Vertalings

Onlangse Afrikaanse digkuns nou beskikbaar in Engelse vertaling

Wednesday, May 1st, 2013

 

Aangesien dit een van Versindaba se uitgespelde doelwitte is om nie net die stand van die Afrikaanse digkuns te reflekteer nie, maar ook om die Afrikaanse digkuns internasionaal te bevorder, is daar in 2010 begin met ‘n projek waarvolgens 31 genooide digters, van wie daar in die vorige vyf  jare  digbundels verskyn het, se gedigte deur ‘n paneel bewese vertalers na Engels te laat vertaal met die oogmerk om dié manuskrip oorsee te laat publiseer.

Ten spyte van ‘n uiters entoesiastiese en meelewende literêre agent in die persoon van Sonia Land, van Sheil Land Associates, en enkele uitgewers in die VSA wat wel waardering getoon het, het dit ons helaas nie geluk om ‘n uitgewer vir dié geskakeerde manuskrip te vind nie.

Daarom is daar besluit om die manuskrip,  In a Burning Sea – Contemporary Afrikaans Poetry in Translation, in sy geheel op die webblad te plaas ter viering van Versindaba se vierde bestaanjaar. (Die webblad is op 28 April 2009 op die internet gevestig.) Op dié manier is die vertalings tog wel tot die beskikking van die internasionale poësiegemeenskap en kan belangstellendes dus met groot vrymoedigheid hierheen verwys word. Hopelik word daar ook ‘n e-boek later beskikbaar gestel om gratis af te laai.

Ten slotte, ‘n woord van dank aan alle betrokke uitgewers en digters wat toestemming hiertoe gegee het; ook aan André P. Brink wat die oorsigartikel geskryf het, die digter Marlise Joubert, wat nie net as projekleier opgetree het nie, maar ook die voorwoord geskryf het. En natuurlik, ‘n spesiale woord van dank aan die Fonds Neerlandistiek (Suid-Afrika), Versindaba se hoofborg, wat die hele projek gefinansier het.

By wyse van ‘n lusmaker, die volgende twee aanhalings, gevolg deur die titelgedig wat deur Breyten Breytenbach geskryf is.

Marlise Joubert. Foto: Philip de Vos

“in a burning sea: Contemporary Afrikaans Poetry aims to address a long-standing need to introduce Afrikaans poetry to a local as well as an international audience. While a number of translated works have in recent years been made available to the wider South African readership, only a handful of high-profile individuals continue to enjoy international recognition. This anthology is a collection of poems from contemporary poets actively writing and publishing whose work is a good reflection of the current trends evident in Afrikaans literature. We hope it will go some way in remedying the present lack of exposure and encourage future publications offering translated writing also representative of the broader traditions of historical and twentieth century Afrikaans poetry. ” (Marlise Joubert)

 

“{…} it makes sense to compile a somewhat more representative anthology from the veritable volcanic explosion of recent poetry in Afrikaans. Inevitably, it is still only a very small sample of the rich and varied work produced in the post-apartheid years. In an image that has become current in the language, it is no more than ‘the ears of the hippopotamus’; even so, a number of characteristic tendencies and themes are already becoming evident. Even if from time to time traditional lyrical features like rhyme or balladesque repetition recur, the international trend away from metre and formalised patterns towards free verse has become dominant. “   (André Brink)

***

in a burning sea

 

how often were we wrapped in coolness on the floor

the smell of turpentine and fire

the canvases white to our empty eyes

night’s indifference

and the moon a smile somewhere outside

out of sight

days decompose like seasons beyond the panes

leaves of rain, a face, a cloud, this poem

I wanted to leave my imprint on you

to brand you with the flaming hour

of being alone

no fire sings as clear

as the silver ashes of your movements

and your melancholy body

I wanted to draw that sadness from you

so that you might be revealed

the way a city opens

on a bright landscape

filled with pigeons and the fire of trees

and silver crows also out of sight in the night

and the in a burning sea moon a mouth that one can ignite

and then I wished that you could laugh

and your body bitter

my hands of porcelain on your hips

your breath such a dark-dark pain

a sword at my ear

how often were we here

where only silver shadows stir

only through you I had to deny myself

through you alone I knew I had no harbour

in a burning sea

 

(From: Windcatcher: New & Selected Poems, 1964-2006, Harcourt, 2007)

(Tr. by the author)

 

(Redaksie: Versindaba 1 Mei 2013 )

Wislawa Szymborska – vertaling in Afrikaans

Wednesday, April 17th, 2013

Wislawa Szymborska - vert. deur Zandra Bezuidenhout & Henning Pieterse

 

AANTEKENING

 

Die lewe – die enigste manier

om oortrek te raak met blaartjies,

na asem te snak op die sand,

jou vlerke te sprei

‘n hond te wees,

of oor sy warm pels te streel;

 

pyn te onderskei

van alles wat dit nie is nie;

 

jouself na ‘n gebeurtenis te skik,

jou te verwonder aan ‘n vergesig,

te waak teen klein vergissings.

 

‘n Uitsonderlike kans

om vir ‘n oomblik te onthou

waaroor gepraat is

by die uitdoof van ‘n lamp;

 

en om jou minstens een keer

teen ‘n klip te stamp,

sopnat te reën,

sleutels te soek in gras;

 

met die oog ‘n vonkie in die wind te volg;

 

en aljimmers iets belangriks

nie te weet nie.

 

(Vert. deur Zandra Bezuidenhout, via ‘n Nederlandse vertaling uit die Pools deur Gerard Rasch in Het moment (2003).

 

 

  

OOR DIE DOOD, SONDER OORDRYWING

 

Hy het geen sin vir humor nie;

weet niks van sterre, brûe,

weefwerk, mynbou, landerye,

die bou van skepe of die bak van terte nie.

 

As ons oor die dag van môre praat,

kom hy met ‘n laaste

en misplaaste woord.

 

Sy hande ken nie eens die kunsies

van sy eie vak nie:

grafte grawe,

kiste timmer,

opruim waar hy doenig was.

 

Hy wy hom voltyds aan die dood,

maar altyd half onhandig,

sonder sisteem of plan.

Asof hy elke keer deur ons moet leer.

 

Al wen hy meermale die stryd,

kos dit hom talle nederlae,

mislukte pogings

en nuwe aanslae!

 

Soms is sy kragte selfs te power

om in die niet ‘n vlieg te vang.

En in die wedloop van die kruipers

steek menige ruspe hom verby.

 

Alle knolle en peule,

voelspriete, lugweë, vinne,

paringsgewaad en winterpels

verklap sy agterstand

en halwe werk.

 

Kwade bedoelings skiet te kort

en selfs ons hulp in oorlog en geweld

bly voorlopig onvoldoende.

 

In elke dooier klop ‘n hart.

Babaskelette word gevorm.

Sade stoot hul eerste dubbelblaartjies uit,

groei soms tot hoë bome aan die horison.

 

Wie beweer dat hy almagtig is,

lewer self die lewende bewys:

sy onmag spreek vanself.

 

Daar bestaan geen lewe wat nooit

onsterflik was nie,

al het dit maar ‘n oomblik lank geduur.

 

Die dood

kom altyd net daardie een oomblik te laat.

 

Vergeefs ruk hy aan die knop

van die onsigbare deur.

Wat iemand agterlaat,

kan hy nooit terugneem nie.

 

De mensen op de brug. 1986

 [Hervertaal deur Zandra Bezuidenhout aan die hand van Gerard Rasch se Nederlandse vertaling uit die Pools.]

 

 

Foto van 11 September

 

Hulle het van die vlammende verdiepings gespring -

een, twee, en toe nog ‘n paar,

hoër, laer.

 

Die foto het hulle lewend verstil

en hou hulle nou vas

bokant die aarde, op weg na die aarde.

 

Elkeen is nog volledig,

met `n eie gesig

en die bloed goed verberg.

 

Daar is genoeg tyd

vir hare om los te raak,

vir sleutels en munte

om uit sakke te val.

 

Hulle is nog binne die lug se bereik

binne die omvang van plekke

wat pas oopgegaan het.

 

Ek kan vir hulle net twee dinge doen -

hierdie vlug beskryf

en die laaste reël ongeskrewe laat.

 

[Uit die Pools in Engels vertaal deur Clare Cavanagh and Stanislaw Baranczak.

In Afrikaans hervertaal deur Zandra Bezuidenhout.  16 Sept. 2010.]

Wislawa Szymborska, “Photograph from September 11″. Monologue of a Dog. (Houghton Mifflin Harcourt, 2005)

 

 

Geen titel benodig nie

 

Dit het gebeur: ek sit onder ’n boom

langs ’n rivier

op ’n sonnige oggend.

Dis ’n onbenullige gebeurtenis

wat nie opgeteken sal word in die geskiedenis nie.

Dis nie soos oorloë of verdrae

waarvan oorsake noukeurig ondersoek word,

of merkwaardige tirannemoorde nie.

 

En tog sit ek langs hierdie rivier, dis ’n feit.

En omdat ek hier is,

moet ek van êrens af gekom het,

en voor dit

moet ek in vele plekke verskyn het,

net soos die oorwinnaars van koninkryke

voordat hulle uitgevaar het.

 

Selfs ’n vlietende oomblik het sy vrugbare verlede,

sy Vrydag voor Saterdag,

sy Mei voor Junie.

Sy horisonne is net so werklik

as dié wat ’n maarskalk se verkyker mag bespied.

 

Hierdie boom is ’n populier met oeroue wortels.

Die rivier is die Raba; dit het nie gister ontspring nie.

Die pad deur die ruigte

is nie verlede week gebaan nie.

Die wind moes die wolke eers hierheen waai

voordat hy hulle kon wegwaai.

 

En alhoewel niks gewigtig hier naby gebeur nie,

is die wêreld daardeur nie behoeftiger aan besonderhede nie.

Dit is net so begrond, net so noukeurig

as toe nomade dit oorwin het.

 

Sameswerings is nie al wat in stilte gehul word nie.

Optogte van redes sleep nie slegs agter kronings aan nie.

Herdenkings van revolusies mag aanrol,

maar so ook spoelklippies wat die baai omsirkel.

 

Die tapisserie van omstandigheid is verwikkeld en dig.

Die mier se soom in die gras.

Die gras gestik in die grond.

Die patroon van ’n golf geborduur deur ’n tak.

 

So gebeur dit net dat ek is en ek kyk.

Bokant my fladder ’n wit skoenlapper deur die lug

met vlerke wat heeltemal syne is,

en die skaduwee wat deur my hande skeer

is slegs dit, niemand anders s’n nie, net syne.

 

Wanneer ek sulke dinge sien, is ek nie meer so seker

dat wat belangrik is meer belangrik is as die onbelangrike nie.

 

[Vertaal deur Henning Pieterse]

 

Pablo Neruda – vertaling in Afrikaans

Tuesday, March 19th, 2013

Pablo Neruda – vertaal deur De Waal Venter en Johann Lodewyk Marais

  

ʼn Klompie gediertes

Dit was die aand van die likkewaan.

Van sy reënboogkleurige kroon
sy tong soos ‘n werppyl
weggesink in die groenigheid,
die monnikagtige miervreter
het met musikale voete deur die oerwoud gestap,
die guanaco, delikaat soos suurstof
in die wye bruin hoogtes
het gaan wandel in sy goue stewels,
terwyl die lama sy onskuldige oё
geopen het vir die fynheid
van ‘n wêreld gevul met dou.
Die ape het ‘n eindelose
erotiese tou gevleg
langs die dagbreek-kus,
mure van stuifmeel afgetrek
en die pers vlug
Van Muzo se skoenlappers verskrik.
Dit was die nag van die kaaimanne,
die suiwer, polsende nag
die snoet wat uit die slym steek
en uit die sluimerende moerasse
die dowwe geruis van skubplate
wat terug gaan na die oorsprong van die aarde.
Die luiperd het die blare aangeraak
Met sy gloeiende afwesigheid,
die puma hardloop deur die ruigtes
soos ‘n verterende vuur
terwyl in hom die alkoholiese oë
van die oerwoud brand.
Ratels krabbel op die oewer
van die rivier, snuif aan ʼn nes
vol sidderende lekkernye
wat hulle met rooi tande gaan verslind.

En in die diepte van die groot waters
soos die sirkel van die aarde,
is die reuse anakonda
bedek met seremoniële klei,
verslindend en religieus.

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter. (Die gedig “Algunas bestias” kom uit sy bundel “Cantos General” en is besonder interessant omdat dit getoonset is deur Mikis Theodorakis as ‘n oratorium.  Jy kan hier kyk en luister na die canto.)

 

 

voorheen Klippe van die hemel

 

Hier is die boom in suiwer klip,

onomstootlik, in soliede prag,

oor tien miljoen jaar opgebou.

Agaat en kornalyn en altaarlamp

die hout en sap is omgesit

tot die reuse stam

bestand was teen die verrotting van water

en dit soos ‘n standbeeld begin lyk het:

die lewende blare

het hulleself vernietig

en toe dit omgedruk is,

vlammende bos, brandende stofwolk.

hemelse asse het dit omhul

tot tyd, en die lawa ‘n geskenk

geskep het van deursigtige klip.

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

  

Poësie

 

En dit was op daardie ouderdom … poësie het gekom

om my op te soek. Weet nie, weet nie waarvandaan

dit ontstaan het nie, uit die winter of ‘n rivier.

Weet nie hoe of wanneer nie.

nee, dit was nie stemme, dit was nie

woorde, nie stilte nie.

Maar ek is uit ‘n straat geroep

uit die takke van die nag,

skielik tussen die ander uit,

uit gewelddadige vlamme

of alleen teruggekom,

daar is ek sonder gesig

en dit het my geraak.

 

Ek het nie geweet wat om te sê nie, my mond

het nie geweet

hoe om te praat nie.

my oë was blind,

en iets was aan die klop in my siel,

koors of verlore vlerke,

en ek het alleen geraak,

daardie brand

ontsyfer,

en ek het die eerste vae reël geskryf,

vaag, sonder liggaam suiwer

nonsens,

suiwer kennis,

van hom wat niks weet nie,

en skielik

die lug sien

onthul

en oopgaan,

planete,

polsende saailande,

deurdronge skaduwees,

deurspek

met pyle, vure en blomme,

die oorstelpende nag, die heelal.

 

En ek, die kleinste wese,

bedwelm deur die grootse niks

sterrestelsels,

die beeltenis

van geheimenis,

het myself suiwer deel gevoel

van die leegte,

draaiend saam met die sterre

my hart losgebreek in die wind.

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

 

Ode aan ‘n groot tuna in die mark     

ODA A UN GRAN  ATÚN EN EL MERCADO

Uit: Tercer libro de las odas [1955-1957] (1957)

 

In ‘n groentemark,

‘n koeël

uit die dieptes

van die oseaan,

‘n swemmende projektiel,

het ek jou raakgeloop,

dood.

 

Oral om jou

was daar slaaikoppe

seeskuim

van die aarde,

wortels,

druiwe,

maar

die waarheid

van die see,

van die onbekende,

van die

onbepaalbare

skadu,

die waters

se dieptes,

die afgrond

wat net jy oorleef het

‘n pikswart, glansende

getuie

van die diepste nag.

 

Net jy, donker koeël

uit die afgrond,

akkuraat,

verniel

net aan een punt,

voortdurend

herbore,

geanker in die stroming,

sy gevleuelde vinne

vinnig

waaiend

in die vlug

van

die

skadu

van die see

soos ‘n treurende pyl

pylpunt van die see,

vreeslose olyf.

 

Ek het jou daar dood gesien,

‘n gestorwe koning

van my eie oseaan

lewenskragtige

groen, silwer

ondersese

den

kern

van getygolwe,

daar,

oorblyfsels van die dood,

in die mark

sien ek

egter

was jou vorm

die enigste een met ‘n doel

tussen

die verwarrende warboel

van die natuur:

jy was

tussen die delikate groentes,

soos ‘n skip

vin en boeg swart en geolie,

asof jy nog steeds

die voertuig van die wind was,

die enigste

en suiwere

masjien

van die see:

ongeskonde, varende

op die waters van die dood.

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

Arme ouens

(Pobres muchachos – Pablo Neruda)

Wat kos dit op hierdie planeet
om mekaar lief te hê in vrede:
die hele wêreld ondersoek die lakens,
almal bemoeilik jou liefde.
En hulle sê vreeslike goed
van ‘n man en ‘n vrou
wat, na baie rondval,
en baie oorweging,
iets onvervangbaars doen,
saam op ‘n bed neerval.

Ek vra myself af of die paddas
hulleself dophou, hulleself geringskat,
of hulle fluister in dammetjies
teen onwettige paddas
teen die genietinge van hulle soort.
Ek vra myself af of die voëls
voëlvyande het
en of die bul luister na osse
voor hy begin vry na die koeie.

Nou het die strate oë,
die parke het polisie,
die hotelle het geheime,
die vensters skryf name af,
troepe en kanonne word uitgestuur
vasbeslote teen die liefde,
onophoudelik aan die werk
die kele en die ore,
en ‘n ou en sy meisie
word gedwing om te blom
terwyl hulle vlug op ‘n fiets.

(Uit Spaans vert. deur De Waal Venter)

 *

 

Jou voete
(Tus pies – Pablo Neruda)

Wanneer ek nie na jou gesig kan kyk nie
kyk ek na jou voete.

Jou voete met benige boë
jou harde klein voete.

Ek weet hulle dra jou,
en dat jou lieflike gewig
gelig word op hulle.

Jou middel en jou borste,
die dubbelpers
van jou tepels,
die holtes van jou oë
wat pas weggevlieg het,
jou breë vrugtemond,
jou bos rooi hare
my klein toring.

Maar ek is lief vir jou voete
juis omdat hulle geloop het
op die aarde en op
die wind en op die water
tot hulle by my uitgekom het.

(Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter)

 

*

EK SAL TERUGKEER

 

‘n Ander keer, man of vrou, reisiger,

later, wanneer ek nie meer lewe nie,

kyk hier, soek na my

tussen klip en oseaan,

in die lig stormend

deur die skuim.

Kyk hier, soek na my,

want hierheen sal ek terugkeer, woordeloos,

sonder stem, sonder mond, suiwer,

hierheen sal ek terugkeer om die gekarring

van die water te wees, of

sy ongebroke hart,

hier, sal ek ontdek en verlore wees:

hier, sal ek, miskien, klip en stilte wees.

 

(vert. Johann Lodewyk Marais, 2012)

 

 *

 

Werkwoord

 

Ek gaan hierdie woord frommel.

ek gaan dit wring,

ja,

dis heeltemal te glad

dis of ‘n reuse hond of groot rivier

sy tong daaroor gelek het of water

oor baie jare.

 

Ek wil dít in die woord hê

dat die ruheid gesien word.

die ystersout

die tandelose krag

van die aarde,

die bloed

van hulle wat gepraat het en hulle

wat nie gepraat het nie.

 

Ek wil die dors sien

binne die sillabes:

ek wil raak aan die vuur

in die klank:

ek wil die donkerte voel

van die skreeu. Ek wil

woorde hê, ru

soos maagdelike rotse.

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

 

Liefde

Vrou, ek het jou seun geword
deur die melk van jou borste te drink,
soos uit ‘n fontein.
deur na jou te kyk, langs my te voel
en jou te besit in ‘n goue lag, die stem van kristal.
Deur jou te voel in my are soos God in die riviere
en jou te aanbid in treurige beendere van stof en kalk,
omdat jy sonder pyn langs my verbygegaan het
en weggegaan het deur die strofe – sonder enigiets sleg -
 
Hoe sal ek weet om jou lief te hê vrou, hoe sal ek weet
om jou lief te hê, lief te hê soos niemand ooit nie!
Om te sterf en steeds
jou meer lief te hê.
En steeds
jou meer lief te hê
en meer.
 
Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter
 
Nota: Hierdie vertaling probeer nie om die klankpatroon van die oorspronklike te volg nie. Dit het ‘n eie klankpatroon wat anders tot uiting kom in Afrikaans. Hier is geen eindryme nie, maar eerder interne klankherhalings.

 

*
 

 
Die kat se droom

 

Hoe netjies slaap ‘n kat nie,

slaap met sy pote en gravitas,

slaap met sy wrede kloue,

en sy bloeddorstigheid,

slaap met al die ringe

soos ‘n reeks gebrande sirkels

wat die geologie vorm

van ‘n stert die kleur van sand.

 

Ek sal daarvan hou om te slaap soos ‘n kat

met die hele pels van tyd,

met ‘n tong van vuurklip

met die droë drif van vuur

en nadat ek met niemand gepraat het nie,

strek ek myself uit oor die wêreld

met intense vasbeslotenheid

om die rotte van die droom te jag.

 

Ek het gesien hoe hy golwend

slaap, die kat: die nag

vloei deur hom soos donker water,

en miskien val hy,

of daal neer op

ontblote sneeubanke.

Miskien word hy slapend

so groot soos ‘n tier se oupagrootjie,

en spring in die donker oor

dakke, wolke en vulkane.

Slaap, slaap kat van die nag

met biskoplike seremonie,

en jou snor van klip:

orden al ons drome,

beheer die obskuriteit

van ons sluimerende talente

met jou bloeddorstige hart

en die yslike waaier van jou stert.

 

(Die gedig SUEÑO DE GATOS, uit Spaans vertaal deur De Waal Venter)

 

Pablo Neruda (12 Julie 1904 – 23 September 1973) was die skywersnaam en later die wettige naam van die Chileense digter, diplomaat en politikus Neftalí Ricardo Reyes Basoalto. Hy het die naam gekies na aanleiding van die Tjeggiese digter Jan Neruda.  

Neruda het in verskeie style geskryf – erotiese liefdesgedigte, surrealistiese werk, historiese eposse en onbeskaamde politieke manifesto’s. In 1971 wen hy die Nobelprys vir Letterkunde. Die Colombiaanse romanskrywer Gabriel García Márquez het hom eenkeer “die grootse digter van die Twintigste Eeu in enige taal” genoem. Neruda het altyd in groen ink geskryf wat sy persoonlike kleur van hoop was. -DWV

 

*

 

Ode aan die tamatie

 

Die straat

het vol tamaties geword,

middag,

somer,

lig word in die helfte

gesny

soos

‘n

tamatie,

die sap

loop

deur die strate.

In Desember,

onverpoos

val

die tamatie

die kombuis binne,

met middagete kom hy in,

vat

dit gemaklik

op kombuiskaste

tussen glase,

botterbakke,

blou soutpotte.

Hy skyn

met sy eie lig,

goedaardige majesteit.

Ongelukkig moet ons

hom vermoor:

die mes

sak weg

in lewende vlees,

rooi

binnegoed,

‘n koel

son,

verhewe, onuitputlik,

bevolk die slaaie

van Chili,

gelukkig getroud

met die helder ui,

en om dit te vier,

gooi

ons

olie oor,

essensiële

kind van die olyf,

op die helftes,

peper

gee

ekstra geur,

sout gee magnetisme:

dit is die troue

van die dag,

pietersielie

hys

sy vlaggies,

aartappels

kook lekker,

die geur

van die braaiboud

klop

aan die deur,

dis tyd!

komaan!

en op

die tafel in die middel

van die somer,

die tamatie,

ster van die aarde,

herhalende

en vrugbare

ster,

vertoon

sy vouinge,

sy kanale,

met sy merkwaardige volheid

en oorvloed,

geen pit

geen doppe,

geen blare of dorings,

bied die tamatie

sy gawe

van vurige kleur

en volkome varsheid.

 

 

“Oda al Tomate” – Pablo Neruda

Vert. De Waal Venter, 2012

                 …

Judith Herzberg. Vertaling in Afrikaans

Wednesday, February 20th, 2013

Judith Herzberg –  vertaal deur Zandra Bezuidenhout

 

GRYS, TRAPSGEWYS

 

Die eerste grys haar was ‘n grap. Ek pos dit Londen toe

waar my geliefde dit nie raaksien in die brief

waarin dit toegevou was nie, sodat dit op die grond beland

sonder dat iemand daarvan weet. Neem een van myne,

bied ‘n ouer dame aan, maar

‘n haar van my was toe nog vir hom kosbaar!

 

Die tweede grys haar sou die haarkapper ontdek.

Sal ek hom maar laat bly, of wil u hê

dat ek dit vir u uittrek? Dat hy my “u” noem, was

al snaaks genoeg; ek laat hom dit maar wegneem, maar

weet meteens dit was ‘n fout,

en so besluit ek daar en dan om met die derde een,

indien dit ooit verskyn, tog beter kop te hou.

 

Die derde het gekom, of ek nou wou of nie.

Ek het my hare rooierig laat kleur

maar J. het niks daarvan gehou nie, en hy

sou weet, want hy was kort tevore byna dood;

en dus, toe ek die vierde en die vyfde een gewaar,

moes ek teen wil en dank die stryd gewonne gee.

 

Nou het ek honderde daarvan, en raai,

dit gee my nogal toegang. Tot koppe wat presies so wit,

of nie so wit soos myne is nie, tot lyne

wat geheel en al sou kon verdwyn.

Ek voel nou deel van hierdie tussentint-brigade

wat af en toe totaal vergeet, en somtyds alles weet,

en sonder om ‘n oog te knip kan lieg soos tandetrekkers.

Dié wat nie grys is nie, weet niks.

En hulle wat hul hare kleur, het iets gemis.

 

(“Grijstrap” deur Judith Herzberg (Uit Botshol, 1980 – 
vert. deur  Zandra Bezuidenhout)

 

NP van Wyk Louw – vertaling in Duits

Tuesday, December 4th, 2012

NP van Wyk Louw– vertaal deur Robert Schall

 

XII.  Mai-fest in Amsterdam

 

Der Erste Mai ist weiß und blau

und jede blüte lacht

und jedermann hat seinen hund

hier in den park gebracht

um unter dieser lauen luft

zu kacken wo er will,

doch ich sing leise vormichhin:

mein fest ist im April.

Ich feire es für die finsteren

die von der fülle zehren,

wie ehepaare die sich kühl

dem doppelbett zukehren;

die Wahrheit ist schon älter:

unser wort wogt und wird still;

mein wort war nie die wahrheit:

mein fest ist im April.

 

Ich feire es feuchter als das fest

von ‘Tristan’, ‘Lanzelot’! –

sie, die dem kitzel der hormone

getreu warn bis zum tod.

Unser bestes ist recht ordinär.

Gott hat ein kodizil:

ein narr kann noch zum klügsten werden:

mein fest ist im April.

 

Dies feire ich hier im lokal

das dunkel wird von wein

mit meinen zähnen weiß von milch

und milch ist neu und rein:

ich preise wer des samens kraft

bloß im gebet verspielt

vom Mai kehr singend ich zurück:

mein fest ist im April.

 

(XII. Mei-fees inAmsterdam. Uit: NP van Wyk Louw. Tristia, Human & Rousseau, 1975)

 

 

XXVI.  Tausend töchterchen hab ich

 

Tausend töchterchen hab ich

mädelchen mit hellebärdchen

unter tausend nädelchen

brennen hunderttausend herdchen

 

rotschopf steht bei ihrem rot:

kann wie Luther auch nicht anders:

rotbuschtee für ächselchen

rotbart-rotbarett auf wacht

rot-mit-eleganz vorm tor

 

schwarzkopf hat was andres vor

schließt mit blaubart den akkord

könig? kaiser? kappuziner?

liaison in seidenhose

schnurr-und-schwarz-bart vor dem port.

 

(XXVI. Duisend dogtertjies het ek. Uit: NP van Wyk Louw. Tristia, Human & Rousseau, 1975)

 

 

XXXIX.  Karoo-Dorf: Sommerabend

 

Der Nachmittag ist Rahm geworden

und Züge die fern rattern

und ein weiß-brauner Wächterling

hält Wacht auf seinen Gattern

 

und Rauch der aus der Siedlung raucht

und beim Dorfsteich Sang

und Leute in Tenniskleidern gehn

am Abendrot entlang

 

da … weit weg auf der Autobahn

fahrn Autos fast unhörbar, fahl;

Ohm-Appie-Schlachtkraals altes Rad

kommt, stellt sich selbst, müd, vor’s Lokal:

 

Die-Tante-mit-dem-Krebs kommt raus

sitzt auf dem Bänkchen vor dem Heim:

heut Abend hören wir sie noch

zum Herrgott und den Eulen schrein.

 

(XXXIX. Karoo-dorp: someraand. Uit: NP van Wyk Louw. Tristia, Human & Rousseau, 1975)

 

 

LXVI.  Satan-Helios

 

Auf die Kraalmauer ist plötzlich

ein schwarz gescheckter Ziegenbock gesprungen;

behende aus dem Steinkraal hochgefedert

hat er lässig seine Klauen auf den Stein gesetzt,

sich nur ein wenig umgeschaut, mit schiefem Bart

sein Kaugummi im Maul zurechtgeknetet;

dann mit rauhen Knien sich auf der Mauer hingekniet

und in den Schein der Mittagsglut gebetet.

 

(LXVI. Satan-Helios. Uit: NP van Wyk Louw. Tristia, Human & Rousseau, 1975)

 

Jorge Luis Borges – vertaling in Afrikaans

Monday, July 16th, 2012

Jorge Luis Borges – vertaal deur De Waal Venter

 

Aan ‘n muntstuk

 

Koud en stormagtig die nag toe ek uit Montevideo gevaar het.

Om die Cerro,

gooi ek van die boonste dek

‘n munt wat glinster en wegraak in die modderige water,

‘n stukkie lig vasgevang deur die tyd en donkerte.

Ek het die gevoel gekry dat ek ‘n onomkeerbare daad gepleeg het,

wat die geskiedenis van die planeet aangevul het

twee aaneenlopende reekse, parallel, moontlik oneindig:

my bestemming,  gevorm uit angstighede, liefde en futiele moeilikhede,

en van daardie metaalskyfie

oorgegee deur die water aan die sagte dieptes

of na die verre seë wat nog steeds

knaag aan die oorblyfsels van die Saksers en die Fenisiërs.

Elke oomblik van my, slapend of wakker

pas by ‘n oomblik van die gesiglose munt.

Partykeer voel ek berou

en partykeer afgunstig

op jou, wat bestaan, nes ons, in tyd en sy doolhof,

sonder om dit te weet.

 

[Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter]

  

Jorge Luis Borges

Jorge Francisco Isidoro Luis Borges (24 Augustus 1899 – 14 Junie 1986), bekend as Jorge Luis Borges, was ‘n Argentynse kortverhaalskrywer, essayis,  digter en vertaler, gebore in Bueno Aires. Kenmerkend van sy oeuvre is die “eienskap van onwerklikheid in alle literatuur”. 

Sy kortverhale word met mekaar verbind deur temas soos drome, labirinte, biblioteke, spieëls, diere, fiksieskrywers, filosofie, godsdiens en God. Hy het bygedra tot die fantasie-genre, ‘n genre wat gereageer het teen die realisme en naturalisme van die negentiende eeu.

Octavio Paz – vertaling in Afrikaans

Saturday, June 2nd, 2012

Octavio Paz – vertaal deur De Waal Venter  

 

In Galeanastraat

(POR LA CALLE DE GALEANA)

vir Ramón Xirau

 

Octavio Paz

 

Hamerhoue bokant

verpoeierde stemme

van die hoogste punt van die namiddag

kom die bouers reguit af

 

Ons is tussen blou en goeienaand

hier begin die kaal erwe

‘n bleek poeletjie ontvlam skielik

die skadu van ‘n heuningvoëltjie het dit aan die brand gesteek

 

By die eerste huise

oksideer die somer

iemand het die deur toegemaak iemand

praat met sy skaduwee

 

Dit word donker daar is nou niemand in die straat nie

nie eers hierdie hond nie

skrikkerig om alleen hierdeur te loop

mens is te bang om jou oë toe te maak

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

Ramon Xirau Subias (Spaans: [ra'mon ʃi'ɾau], Catalaans: [rə'moɲ ʃi'ɾaw]) (in Barcelona gebore op 20 Januarie 1924) is ‘n Meksikaanse digter, filosoof en literêre kritikus.

Professor Xirau is mostly known in the English speaking world as the co-author of The Nature of Man along with Erich Fromm.

Die kritikus Carlos Pereda skryf die volgende oor Ramon Xirau:

Die Meksikaanse filosoof en digter, Ramon Xirau, is ‘n brug tussen tale, tradisies en dissiplines, maar ook ‘n brug tussen ‘n veelvoud van teenoorgestelde belange.

Xirau het lank in “Galeanastraat” (Calle de San Angel, Meksiko Stad) gewoon. Die straat met sy geluide en klanke, vuurlig en skaduwees, is miskien vir Octavio Paz ‘n metafoor van “die straat van die lewe”.

 

 

Die skoenlapper

  

vlieg toe tussen die motors.

Marie-José sê vir my: dit moet Xhuang Tzu wees

op pad New York toe.

Maar die skoenlapper

het nie geweet dat hy ‘n skoenlapper was

wat gedroom het dat hy Chuang Tzu was nie

of Chuang Tzu

wat gedroom het dat hy ‘n skoenlapper was.

Die skoenlapper het nie getwyfel nie.

Hy vlieg toe weg.

 

(La Mariposa , Octavio Paz : uit Spaans vertaal deur De Waal Venter )

 

From Wikipedia

Octavio Paz Lozano (Spanish pronunciation: [ok'taβjo pas lo'sano]; March 31, 1914 – April 19, 1998) was a Mexican writer, poet, and diplomat, and the winner of the 1990 Nobel Prize for Literature.In 1963, he married Marie-José Tramini, a French woman who would be his wife for the rest of his life.

Zhuangzi or Chuang Tzŭ was an influential Chinese philosopher who lived around the 4th century BCE during the Warring States Period, a period corresponding to the philosophical summit of Chinese thought – the Hundred Schools of Thought, and is credited with writing-in part or in whole-a work known by his name, the Zhuangzi. His name Zhuangzi (English “Master Zhuang”, with Zi being an honorific) is sometimes spelled Zhuang Tze, Zhuang Zhou, Chuang Tsu, Chuang Tzu, Chouang-Dsi, Chuang Tse, or Chuangtze.

Another well-known part of the book (titled Zhjuangzi), which is also found in Chapter 2, is usually called “Zhuangzi dreamed he was a butterfly“.

Once Zhuangzi dreamt he was a butterfly, a butterfly flitting and fluttering around, happy with himself and doing as he pleased. He didn’t know he was Zhuangzi. Suddenly he woke up and there he was, solid and unmistakable Zhuangzi. But he didn’t know if he was Zhuangzi who had dreamt he was a butterfly, or a butterfly dreaming he was Zhuangzi. Between Zhuangzi and a butterfly there must be some distinction! This is called the Transformation of Things”. (2, tr. Burton Watson 1968:49)

This hints at many questions in the philosophy of mind, philosophy of language, and epistemology. The name of the passage has become a common Chinese idiom, and has spread into Western languages as well. It appears, inter alia, as an illustration in Jorge Luis Borges’ famous essay “A New Refutation of Time”, and may have inspired H. P. Lovecraft’s 1918 short story “Polaris”. It also appears in Victor Pelevin’s 1996 philosophical novel Buddha’s Little Finger.

 

 

Tussen gaan en bly

(Entre irse y quedarse)

 

Die dag huiwer tussen gaan en bly

verlief op sy deursigtigheid.

 

Die sirkelvormige namiddag is nou ‘n baai

waarin die wêreld stilweg wieg.

 

Alles is sigbaar en alles ontwykend

alles is naby en alles onaanraakbaar.

 

Papiere, ‘n boek, ‘n glas, ‘n potlood

rus in die skadu van hulle name.

 

Die polsende tyd in my slape herhaal

dieselfde onversetlike sillabe van bloed.

 

Die lig verander die onverskillige muur

in ‘n spookagtige teater van weerkaatsings.

 

Ek ontdek myself in die middel van ‘n oog;

ek sien myself in daardie staring.

 

Die oomblik verdwyn. Bewegingloos,

ek kom en gaan: ek is ‘n pouse.

 

(Octavio Paz: Entre irse y quedarse

-vert. De Waal Venter)

 

Nota:

Octavio Paz het in 1990 die Nobelprys vir Literatuur ontvang.

‘n Kritikus het die volgende te sê oor Paz: ” His later work shows an ever-deepening intelligence and complexity as it investigates the intersection of philosophy, religion, art, politics, and the role of the individual. “Wouldn’t it be better to turn life into poetry rather than to make poetry from life,” Paz asks. “And cannot poetry have as its primary objective, rather than the creation of poems, the creation of poetic moments?”  Poets.org

Joan Hambidge – vertaling in Engels

Monday, April 30th, 2012

Joan Hambidge – vertaal deur/translated by Jo Nel, Charl JF Cilliers & the author 

              
Joan Hambidge
Joan Hambidge

Joan Hambidge is Professor of Afrikaans Literature & Creative Writing at the University of Cape Town. Her latest volume of poems is Visums by verstek (2011). She is a regular book reviewer and writes articles on literature and films. She conducts MA courses in Creative Writing at the University of Cape Town. Joan has two doctorates. She has also published several satirical and non-satirical novels such as Die Judaskus, Palindroom and Kladboek. Die buigsaamheid van verdriet (2006) is a volume of selected poems. She is also known for her essays on literary theory. For her poetry she was awarded the Eugène Marais Prize and the Litera Prize.  Another volume of poetry, Lot se vrou, will be published shortly.

 

Meditation

 

So hard to download all the rememberings.

The internet connection is unstable

and the files are too large for my inbox.

What is more, I’m struggling to delete them.

An answering machine warns of heavy traffic…

Oh how I abhor the use of words

such as files, delete and traffic!

Technical concepts that interrupt my poem,

like you for whom meditation means

emptying, cleaning out, a clear mind.

So hard to download all the memories.

How much less complicated was it not

before the internet. Now we are at the mercy

of the babblings of a hasty sms,

the siege of an e-mail, warfare on a blog and, dammit,

that one connection

that can end in instability, in peril.

The whole day I have been exploring

reasons for our temporisation.

And in a different light I meditate

on a connection in a poem downloading slowly

and causing a whole system to freeze.

 

(Tr.by Charl JF Cilliers)

 

 

 

Tokio, A Meditation

 

Does silence have a structure?, your late-night email

asked me here in the light of another time zone

while I struggled with wifi in a room of the Shiba Park hotel.

My reply kept getting stuck, skittish, floundering

like a fish that was about to lose its ki.

Just behind the hotel there was a funeral parlour,

a karaoke bar and a park for indolent walks.

This email’s like a smouldering fire, I reply.

I still cannot get an on-line connection.

Yesterday at the temple, washed my hands, left a coin.

Like me, the gods here are silent in all the conflicting languages.

In an unsent email there is a scorching soundlessness.

 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

New York

 

 

Tonight I double-lock the door

and in my memory see your majestic skyline.

The city – like this traveller -

grows more guarded, but not more silent;

nothing can ever supersede

your imposing, tumbling Twin Towers:

in their very absence doubly absent.

In Chinatown the small call boxes still boast

their petite pagoda roofs and Harlem remains in darkness,

an expanse of hatred, malice and insurgency.

In Greenwich Village people give an account of how

it happened: in slow motion, as if in a dream,

first one and then another blast.

Armageddon. Descent into Hell. Doomsday.

You have seen other wars come and go,

have become a haven for soldiers fighting

in the old world; have drawn strangers to your bosom;

for guests from far and near you skyscraper ever higher.

You become the whole world in a city.

In 1927 you rejoiced when Charles Lindbergh

completed a breath-catching solo flight from here to Paris.

In 1929 you lived through Wall Street,

a state of total loss, a black depression.

So it is then: a city of high points, beacons, an Empire State,

a Statue of Liberty, while a deep subway keeps murmuring and toiling.

Much-celebrated city, with a heart called Central Park:

Once more I walk down 5th Avenue, see ships on the Hudson,

hear yellow cabs restlessly idling close to Greenwich Village.

So many poets have sought sanctuary in you.

One even foretold this last onslaught upon you:

“we must love one another or die…”

Is Deep Throat still showing on 42nd?

And does a deadbeat still call out: “Spare me a dime?”

I stand in Times Square and wonder who

on Broadway tonight will play out

the American Dream in cryptic shards of sound?

A Brooklyn Bridge across which survivors, coated in dust, keep fleeing?

A David Mamet with hot-blooded dagger thrusts?

An exuberant restaging of Hair or Oh, Calcutta!

would strike a false note, be out of place…

City of many names: forest of stone,

the Big Apple

the city that never sleeps,

“the city so nice they named it twice”…

Make me your Fiorello la Guardia,

an honorary citizen, an ambassador,

for you who remain standing,

in spite of adversity.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

Kervansaray

 

A small matchbox

kervansaray international holiday courts

packed with memories and impressions.

In so many cities a collected memento:

from Havana, soap, its fragrance lost, a fold-up toothbrush

from Acapulco’s Zen Hotel, a tube of toothpaste from Kyoto.

I play at  Alice In Wonderland: grow larger and smaller

in front of all the travel doors of memory.

There was a time when I drowned in my tears: a tolling bell

of parting, rejection, the end of a relationship,

impelled the journey. The ginger cat’s smile lingers.

One late summer afternoon I drove into Edinburgh,

amazed at the pink tinge of a city

ablaze with the colours of sunset.

Now it is an inward journey in the knowledge that all

my impressions are imaged in such a small matchbox.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

 

London

You find no man, at all intellectual, who is willing to leave London. No, Sir, when a man is tired of London, he is tired of life; for there is in London all that life can afford. – Samuel Johnson

Lowonidonjon,

or rather, river too wide to be

controlled. In 1666 a fire devoured

your heart. You survived, were rebuilt,

endured plagues, wars, invasions, deaths.

Yet you have never gripped my imagination. I am

merely tarrying here, viewing your landmarks such as the Thames,

Westminster, Buckingham Palace, too many to recount.

You are, have always been, merely a gateway to other cities,

en route to Dublin, Glasgow, Vienna. A meal ticket.

Forgive me! This is, in the first place (and the last),

about me, not you. I do not find myself in Mexico

longing for Granada; nor singing the praises of Petticoat Lane

in a cold city with a Tube that stretches far and wide.

(and hidden from sight, evils walk round at night, like Jack the Ripper.)

I hate your Cockney sounds, your double-decker buses,

your detachment, your ruefulness, your haughtiness.

An Englishman in New York, my foot!

But wait. There is indeed something that lifts you above

others (apart from strange sounds and colours):

Madam Tussauds.

Imitation, cloning, likenesses.

Here I stand, a visitor to the house of spent passion,

love that has flown; The Tales of Hoffman is playing,

but there is no more life.

Here you take me back to the bluebeard room,

to all the wax images of my lost, heart-rending relationships.

Fortunately my head – like that of the Madam – is not being chopped

off. Your detachment thus commemorated.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

Santiago de Chile

 

O beloved, tormented city:

I know of your distress,

your Costanero Norte cut off,

Santiaguinos trapped in

your dark underground and Estacion.

In my mind I walk across

the Alameda and wonder if Sanhattan

is still standing. Is the snow on the Andes melting?

Is the Cordillera de la Costa

aware of your setback? Is the Mapoche flourishing?

Is the Tupungato volcano

dormantly spluttering?

O beloved, tormented city:

La Chascona, that monument,

is hopefully unscathed?

“Beyond the country’s walls,

beside the snow’s crystal lattice,

behind the river’s green leafiness,

under the nitrate and thorns

I came upon drops of blood,

and every drop burned

like fire.” The words of the poet

of La Chascona remain

alive in me all the way to Machu Picchu

and the morning glow of the Urubamba’s

spluttering soleful sounds of longing.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

Bangkok

Krung Thep Mahanakhon

 

City of Angels,

Big City ,

Eternal City of Jewels,

Impenetrable City,

how does one evoke you in my language,

not in Pali or Sanskrit?

In your words you are called

Krung Thep Mahanakhon Amon Rattanakosin Mahinthara Yuthaya Mahadilok Phop Noppharat Ratchathani Burirom Udomratchaniwet Mahasathan Amon Phiman Awatan Sathit Sakkathattiya

Witsanukam Prasit

apparently the longest name on earth,

according to The Lonely Planet.

My poetry needs something more passionate, more urgent:

For me you are the Venice of the East

with your rivers and canals properly protected

against inundations and floods and other calamities.

Who watches over you?

In my imagination I see

children sailing over klongs

during jubilant festivities,

and on Queen Sirikit’s birthday,

so it is said, there are cheerful decorations and lights

in her honour. Angelic, bounteous, I am told,

as the leave granted, during a Brahmin festive season,

for frenzied rice-picking,

and for perhaps gaining some fleeting

understanding of you?

Without ceremony

or long-windedness,

your excess articulated in your name.

I do not understand you:

could never get you trimmed

down: even though I was there.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

Translator: 

Charl JF Cilliers  was born in 1941 in Cape Town. Initially he went into the field of electronics and lectured for 4 years. He then joined Parliament as a translator in 1968 and retired in 1998 as Editor of Hansard. His first volume of poems West-Falling Light appeared in 1971, to be followed by Has Winter No Wisdom in 1978. His Collected Poems 1960 – 2008 appeared in 2008 and The Journey in 2010. His latest volume of poetry , A momentary stay.  was published in 2011. He also published a volume of children’s poems, Fireflies Facing The Moon, in 2008. He has retired to the Cape West Coast where he continues to write.

 

My sweet old etcetera

 

It’s through Latin

Etruscan becomes comprehensible -

and even Egyptian hieroglyphics

are effortlessly deciphered

by experts; now explicable.

But who will someday grasp

the alphabet of our ruins?

 

Mysteriously you construct

a plastic model ship

of the Titanic – while I drift

on the Dead Sea

anticipating deliverance.

Archaelogical research

cannot simplify

the destruction

which you multiply.

 

(Tr. by Jo Nel)

 

 

One night-stand

  

The scène is always the same:

intro-drink-seduction-bed.

 

The next day constantly a mind fuck:

guilt-silence-longing

and regret.

 

To fall in love is like placing a bet.

 

(Tr. by the author)

 

 

 Writing as fucking

 

To write a sapphic verse

close before midnight

leads to many problems

(ignoring “vicious mathematics” …)

to find a non-off-beat image

for our for(ever)ness:

the pen is mightier than the sword:

does not work; too phallic, sexist,

sounds like penis-envy…

when two lips speak together:

does not reveal much of our softness/tenderness;

rubyfruit jungle:

is false, fruit-

less romanticism;

dark labyrinth:

too desperately literary;

bitter lemons:

cute poetic cunninglingus.

 

To write a (love)poem

like this, creates

coldness/logic/guilt

about that which merely is.

  

(Tr. by the author)

 

  

Domanda

For Margaret Rosabel Mezzabotta

  

Untimely, premature your exit

to an unknown region.

The soul, I remember this morning,

needs the slow maturation of wine.

If hastily uncorked or poured

wine suffers bottle shock.

You would have been able to verify

this for me: an obscure reference

to the Egyptian Book of the Dead.

But to comprehend your death

is an undecodable hieroglyphic

in a dark impassable alleyway.

Death reverses the order of words,

it makes us look back, remember, even

seize small moments of chance -

like my cleaning your glasses once,

discussing dark symbols with you.

For this funeral oration, or rather declamation –

as a poet I am completely unprepared,

no, undeclared, undeserving…

The so-called consolatio or comfort

of a medium (Look, she sends you a rose)

or the flickering of a candle,

undoes nothing. What does “passing away”

mean? That you had to leave – in my book

anyway – far too rapidly

for heaven? That your soul was forced out

seemingly without warning. That roses fade,

candles cease to flicker…

Still I wanted to ask:

“Who scratched out Nefertiti’s one eye

so that she was blinded on the other side?”

 

(Tr. by the author)

 

 

My parents

  

i

 

From my birdlike mother,

I inherited my unhappy, dissatisfied, unpleasing nature:

Yesterday, was a better day.

From my forceful, burly father,

my dreamy, romantic, undaunted disposition.

 

The one can place words like blocks;

the other’s dreamy nature almost blocked

by others…

 

And me?

Their heirloom?

The one part of the Janus head

looks back to what was;

the other half to what words

may unblock.

 

ii

 

Oh it was always so effortless, so easy

to turn away from you my parents,

the eternal addressees

of this poem and my prayers.

 

This is an elegy

before you leave for the other side

and because a funereal poem might be inappropriate

at this time of deadly silence.

 

For her my crooked old mother

for him my burly father

something which is shorter than a letter

worthier than a legacy

more lasting than a gravestone

more reliable than an insurance policy

more worthy than a family ring.

 

Every poem which stems

from me with affection

due to them.

 

Her voice the metre of my verses

his hand the form of my words.

 

iii

 

They are the salt of the earth

yes, the salt of the earth

because their tears

their tears

stream like salt

like salt

over their cheeks

They are the salt of the earth

my parents

lamenting in silence

over their children’s tears

streaming like salt

like salt

over their cheeks

 

iv

 

Mother:

tonight I recall a letter to you

written in my niggling handwriting

from a faraway country:

 

It is winter in New Haven

at night I hear the silence

of the snow falling

like the wings of departing swallows

 

O Mother

I carry the heavy burden

of feeling the descending words

the feathers of a departing swallow

 

O Mother

O Mother

I carry the heavy burden

of words descending on me

like black swallows.

 

v

 

Tonight I suddenly recall

how you called

out: “Everything is against me!”

and about three decades later

I realise

Dad

how you struggled

to fit us all in

on your 30 Day Old Mutual

calendar.

 

Another policy

another late shift

an extra work load.

 

And I?

 

I keep myself busy with a policy

with almost no investment value.

It fails to fit on a normal calender,

it prefers the unpredictable hour

and yes, it does not protect you

against disillusion

or similar feelings

as a published poem betraying the poet.

 

vi

 

When I was younger

and oh so unsure

 

they were merely in the way

 

but now I return

incessantly to them

my parents so sure

and understanding,

prepared to stand surety

 

Does a pun lurks there

in being “sure” and “stand surety”

if merely in a poem?

 

vii

 

Dad

I carry you

a graft on my body.

I dreamt of you last night:

you are playing in an orchestra

with your old cronies

at a small, village wedding

with many dirty, stacked plates.

You hand me a glass of wine…

 

How real, tangible

the dream feels which according to Cirlot

might indicate an approaching death.

Yes, my father presents me with a glass

from which I pour life

with full abundance.

 

viii

 

My mother prefers

Not to be mentioned in my verses.

Yet my first searching, rambling poem

written in a faraway USA

in cold winter snow, was addressed to her.

 

Previously I spoke to her through

other woman poets in my letters.

Poetry learnt by heart

now written from the heart.

My mother prefers

not to be mentioned in my verses.

Yet all words stem

from the restrained, confined mother womb.

 

Oh mother forgive me this tres-

pass, this intrusion

of your privacy,

due to the unsevered umbilical cord.

 

ix

 

Look at them, my parents,

sitting as a young engaged couple

on a sofa in a Jewish studio.

You smile with a little hat on your head

holding Dad’s hand.

Many decades later I realise:

we choose undoubtedly our parents

prenatal and astral.

 

Here they are, my parents,

waiting

the two old wrecks

in a poem by their second eldest.

I see them after being 50 years together:

on that day I phone them up

from a faraway place.

 

I place them neatly

- as if for a photo shoot -

for a final analysis,

for an unharmed version,

in a thankful cadeau.

A coup de chapeau!

 

(Tr. by the author)

 

 

Rome

 

Although I lost my religion long before my virginity

 

yes it was traumatic   to copy others

in this process   me I copycat    could I understand in Rome

the first original shall we say, most original city

of the arts understand why artists create

represent passion in a painting hanging upside

down from roofs   everything for art’s sake

I must confess: I even cried

 

when I saw Michelangelo’s Pieta

 

as it becomes more than a mother

not comprehending the death

of her beloved firstborn   look at the fingers

they are stretched out   searching    

the son’s cold broken knee

the head backwards   the loin cloth unravel-

ling  how long will it take before the body de-

composes?  the muscles breaking down

  

Even the holes in hand and foot

recalled in breathtaking detail

(Remember: He was pierced)

 

For me death here becomes colder than marble

 

(Tr. by the author)

 

 

Tomas Tranströmer – vertaling in Afrikaans

Tuesday, March 20th, 2012

Tomas Tranströmer – vertaal in Afrikaans deur De Waal Venter

 

Weeklag

 

Hy het sy pen neergesit.

Dit lê doodstil op die tafel.

Dit lê doodstil in die leë kamer.

Hy het sy pen neergesit.

 

Te veel wat nóg geskryf kan word nóg onderdruk kan word!           

Hy is lamgeslaan deur iets wat verweg gebeur

alhoewel die wonderbaarlike knapsak klop soos ‘n hart.

 

Buitekant is dit voorsomer.

Uit die groenigheid kom fluitgeluide – mense of voëls?

En die bloeiende kersiebome troetel die vragmotors wat tuisgekom het.

 

Weke gaan verby.

Langsaam kom die nag.

Motte gaan sit op die ruit:

klein bleek telegramme van die wêreld.

 

Uit: Den halvfärdiga himlen V – 1962

 

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

 

 

Lamento

 

Tomas Tranströmer

 

Han lade ifrån sig pennan.         

Den vilar stilla på bordet.           

Den vilar stilla i tomrummet.       

Han lade ifrån sig pennan.         

 

För mycket so varken kan skrivas eller förtigas!  

Han är lamslagen av något som händer långt borta          

fast den underbara kappsäcken dunkar som ett hjärta.    

 

Utanför försommaren.                            

Från grönskan kommer visslingar – människor eller fåglar?                      

Och körsbärsträd i blom klappar om lastbilarna som kommit hem.  

 

Det går veckor.             

Det blir lånsamt natt.                 

Malarna sätter sig rutan:

små bleka telegram från världen.

           

Uit: Den halvfärdiga himlen V – 1962 p130

 

DPM Botes (1937- ) het gedebuteer met Wat is ‘n gewone man (1965) en dit twee jaar later opgevolg met (1967). Twee jaar na die verskyning van Klein grys telegramme het R Schutte in ‘n Standpunte-artikel, “Moderne Sweedse poësie in Afrikaans”, Botes se plagiaat van gedigte van Tomas Tranströmer en Sandro Key-Aberg uitgewys (1969:10-13)

 

Alkaiskt

 

‘n Woud in Mei. Hier spook my hele lewe:

onsigbare vrag meubels. Voëlgeluide.

In die stil poele, muskietlarwes -

jy sien die woes dansende vraagtekens.

 

Ek ontsnap na dieselfde plekke, woorde.

koue bries van die hawe, ysdrake lek

aan my nek terwyl die son neerbak.

Die swaar meubelvrag  brand met koel vlamme.

 

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

 

Nota:

‘n Alkaïese strofe is vernoem na die vyfde eeuse vC Griekse digter, Alkaios. Dit is ‘n tipe ode bestaande uit vier rymlose reëls. Die eerste twee reëls bevat elf sillabes elk, die derde het nege en die vierde het tien.

Alkaios was ‘n tydgenoot van die digteres Sappho. Daar word gesê dat hulle minnaars was. Hulle het dikwels saam hulle werk uitgevoer in die stad  Mytilene op die eiland Lesbos waar hulle albei gewoon het.

 

 *

 

Die reis se formules

 

Resans formler

(från Balkan -55)

Tomas Tranströmer

 

I

‘n Geruis van stemme agter die ploegman.

Hy kyk nie om nie. Die leë lande.

‘n Geruis van stemme agter die ploegman.

Een na die ander glip die skadu’s los

en stort in die somerlug se afgrond.

 

II

Daar kom vier osse onder die lug.

Geen hoogmoed aan hulle nie. En die stof

dik soos wol. Insekte se penne skraap.

 

‘n Gewemel van perde, maer soos

in die allegorieë van peste.

Niks mak aan hulle nie. En die son verdwaas.

 

III

Dorpie met klein hondjies ruik soos ‘n stal.

‘n Party-agent op die markplein

in die dorpie met wit huise wat ruik soos ‘n stal.

 

Sy hemel volg hom: dit is hoog

en nou soos binne ‘n minaret.

Slapvlerk dorpie op die heuwel.

 

IV

‘n Ou huis het homself in die voorkop geskiet.

Twee seuntjies skop ‘n bal in die skemer.

‘n Swerm vinnige eggo’s – skielik skyn die sterre.

 

V

Op die roete ‘n lang donkerte. My polshorlosie

gloei hardkoppig met die tyd se gevange insek.

 

Die vol kompartement is dig van stilte.

In die donker stroom die lande verby.

 

Maar die skrywer is halfpad in sy beeld

en reis daar, terselfdertyd mol en arend.

 

(Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter)

 

Hierdie gedig is tipies van Tranströmer se oeuvre in die sin dat dit handel oor oorgange en ‘n toestand van tussenin-wees. Mens kan die gedig lees asof die verteller op ‘n treinrit deur die Sweedse landskap is. Die geploegde lande en klein dorpies stroom verby. Die dag gaan skielik oor in die nag.

“‘n Swerm vinnige eggo’s – skielik skyn die sterre”

En dan vat die laaste twee reëls hierdie konsep pragtig saam:

“Maar die skrywer is halfpad in sy beeld

en reis daar, terselfdertyd mol en arend.”  (DWV. 20.3.2012)

 

 *

 

 

 Nagreis

 

Dit swerm onder ons. Treine vertrek.

Hotel Astoria sidder.

‘n Glas water langs die bed

skyn die tonnels in.

 

Hy het gedroom hy is ‘n gevangene in Svalbard.

Rommelend wentel planete.

Glinsterende oë flits oor die ys.

Die skoonheid van wondere is gevind.

 

Nattlig Resa, uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter 

Aantekening: 

Svalbard is ‘n eilandgroep tussen die Arktiese Oseaan, Barentssee, Groenlandsee en Noorweegse See. Dit is die noordelikste deel van Noorweë en baie afgeleë. 

“Drömde mig en dröm i natt”

“Ek het ‘n droom gedroom laasnag” is die woorde van ‘n Deense volkslied.  Dit is in runeskrif aangeteken in die Codex Runicus – ‘n transkripsie van die Skåne – ‘n wet wat rondom 1300 geskryf is. Die lied gaan oor ‘n meisie wat droom dat sy ryk word.

Die Codex Runicus ‘n manuskrip wat in runeskrif op perkament geskryf is. Dit is geskryf rondom die jaar 1300 en bevat verskeie Deens wette wat die beste bewaar is Skåne Wet. Die Codex Runicus word in in Kopenhagen bewaar.

 

*

 

Eensaamheid

 

I

 

Hier het ek amper omgekom een nag in Februarie.

My motor het sydelings op die ys gegly, uit

op die verkeerde kant van die pad. Die aankomende verkeer -

hulle ligte – het nadergekom.

 

My naam, my dogters, my werk

het losgeglip en stil agtergebly,

al hoe verder. Ek was niemand

soos ‘n seun op ‘n speelgrond omring deur vyande.

 

Die aankomende verkeer se ligte was geweldig.

Helder lig op my terwyl ek beur aan die wiel

in ‘n deurskynende angs, vloeiend soos eierwit.

Sekondes word langer – skep ruimte daar -

word groot soos hospitale.

 

Ek kon amper net so bly

en ‘n oomblik asemhaal

voor ek verpletter word.

 

Toe kom daar ‘n vastigheid: ‘n bietjie helpende sand

of ‘n wonderlike  windvlaag. Die kar kom los

en swaai dwars oor die pad.

‘n padteken skiet op en knak – ‘n skerp knal -

vlieg die donkerte in.

 

Toe is daar stilte. Ek sit terug in my gordel

en kyk hoe iemand aankom deur die warrelende sneeu

om te sien wat oorgebly het van my.

 

 

II

 

Ek het lank rondgedwaal

in die bevrore Oos-Gotlandse veld.

G’n mens was in sig nie.

In ander dele van die wêreld

word mense gebore, leef en sterf

in ‘n onophoudelike drukte van mense.

 

Om altyd sigbaar te wees – te lewe

in ‘n swerm van oë -

moet daar ‘n spesifieke gesigsuitdrukking wees.

Gesig bedek met klei.

 

Die murmeling styg en daal

terwyl hulle onder mekaar verdeel

die lug, skadu’s, sandkorrels.

 

Ek moet alleen wees

tien minute in die oggend

of tien minute in die aand,

-        Sonder ‘n plan.

 

Baie.

 

Een.

 

  

(Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter)

 

 

Spår

Spoor

 

Twee-uur in die oggend: maanskyn. Die trein staan

in die veld. Ver ‘n dorp se liggies

wat koud flikker teen die horison.

 

Soos wanneer jy so diep in ‘n droom wegsak

jy nie eers kan onthou jy was daar

wanneer jy terugkom nie.

 

Of wanneer jy so diep wegsak in ‘n siekte

dat jou dae ‘n swerm flikkerende spikkels word,

yl en koud teen die horison.

 

Die trein staan doodstil.

Twee-uur: helder maanskyn, yl sterre.

 

 

April Och Tystnad

April en stilte

 

 

Die lente lê verlate.

Die fluweelswart watersloot

kruip hier langs my

sonder weerkaatsings.

 

Die enigste iets wat glinster

is geel blomme.

 

Ek is geborge in my skadu

soos ‘n viool

in sy swart kas.

 

Die enigste ding wat ek wil sê

glinster buite bereik

soos silwerware

in ‘n pandjieswinkel.

 

 

Två Städer

Twee stede

 

Elk aan sy eie kant van die smal see, twee stede

die een verdonker, beset deur vyande.

In die ander brand ligte.

Die skitterende kuslyn hipnotiseer die donker een.

 

Ek swem uit in ‘n beswyming

op die glinsterende donker waters.

‘n Dowwe tuba-klank dring in.

Dit is ‘n vriend se stem, vat jou graf en gaan.

 

 

Sorgegondolen nr 2

Droewe gondel

 

I

 

Twee ou mans, skoonvader en skoonseun, Liszt en Wagner, bly by die Groot Kanaal

saam met die rustelose vrou wat getroud is met koning Midas

wat alles verander wat hy aanraak in Wagner.

Die see se koue groen stoot op deur die paleisvloere.

Wagner is gemerk, sy beroemde Punch-profiel is moeër as voorheen

sy gesig ‘n wit vlag.

Die gondel is swaar gelaai met hul lewens, twee retoer en ‘n enkel.

 

II

 

‘n Venster in die paleis vlieg oop en mense frons in die skielike trek.

Buite op die water verskyn die vullisgondel geroei deur twee eenspaan-bandiete.

Liszt het ‘n paar akkoorde neergeskryf, so swaar dat hulle eintlik weggestuur moet word

na die mineralogie-instituut in Padua vir analise.

Meteoriete!

Te swaar om te dryf kan hulle net sink en sink reg deur die toekoms

tot die Bruinhemde-dae.

Die gondel is gelaai met die toekoms se opgehoopte klippe.

 

 

III

 

Loergate op 1990.

 

25 Maart. Angs vir Litaue.

Gedroom ek besoek ‘n groot hospitaal.

Geen personeel. Almal was pasiënte.

 

In dieselfde droom ‘n pasgebore dogtertjie

wat volsinne gepraat het.

 

IV

 

Langs die skoonseun, ‘n man van sy tyd, is Liszt ‘n motgevrete grand seigneur.

Dit is ‘n vermomming.

Die diepte, wat verskeie maskers aanpas en verwerp, het hierdie een net vir hom gekies -

die diepte wat in mense wil opstyg, sonder om ooit sy gesig te wys.

 

V

 

Abbé Liszt is gewoond om self sy tas te dra deur sneeu en sonskyn

en wanneer sy tyd kom om te sterf sal niemand hom by die stasie ontmoet nie.

‘n Ligte bries van begaafde konjak voer hom mee te midde van ‘n opdrag.

Hy het altyd opdragte.

Twee duisend briewe per jaar!

Die skoolseun wat sy spelfout honderd keer oorskryf voor hy kan huis toe gaan.

Die gondel is swaar gelaai met lewe, dis eenvoudig en swart.

 

VI

 

Terug na 1990.

 

Gedroom ek ry oor ‘n honderd myl tevergeefs.

Dan vergroot alles. Mossies so groot soos henne

het so hard gesing dat my ore toegeslaan het.

Gedroom ek teken klavierklawers

op die kombuistafel. Ek het op hulle gespeel, geluidloos.

Die bure het kom luister.

 

 

VII

 

Die klavier wat stilgebly het deur die hele Parsifal (maar geluister het) kan uiteindelik iets sê.

Sugte … sospiri …

Wanneer Liszt vanaand speel, hou hy die see-pedaal ingetrap

sodat die see se groen krag opstyg deur die vloer en saamvloei met al die klippe in die gebou.

Goeienaand pragtige diepte!

Die gondel is swaar gelaai met lewe, dit is eenvoudig en swart.

 

VIII

 

Gedroom ek moes skool toe, maar kom te laat.

Almal in die kamer se gesigte was wit maskers.

Wie die onderwyser was, kon niemand sê nie.

 

 

Ansikte mot ansikte

Van aangesig tot aangesig

 

In Februarie het die lewe tot stilstand gekom.

Voëls het gesukkel om te vlieg, en die siel

het teen die landskap geskuur soos ‘n boot

teen die brug waaraan dit vas is.

Bome het gestaan met weggedraaide rûe.

Sneeudiepte is gemeet aan dooie gras.

Voetspore het oud geword in die sneeukors.

Onder ‘n seil, vervagende taal.

Op ‘n dag kom iets na die venster.

Werk word gestaak, ek kyk op.

Kleure brand, alles keer om.

Die grond en ek spring na mekaar.

 

 

 © De Waal Venter. 2011

Gabriela Mistral – vertaling in Afrikaans

Tuesday, February 28th, 2012

Gabriela Mistral – vertaal deur De Waal Venter

 

Die huis

 

(Fragment)

 

Die tafel, seun, is gedek

met die stil witheid van room,

en op die vier mure glinster

die blou van breekware.

Hier is die sout, hier die olie

en in die middel die brood wat amper praat.

Goud pragtiger as die goud van brood

is nie in vrugte of in besemgras nie,

en sy geur van koringare en oond

gee vreugde wat nooit ophou nie.

Ons breek dit, seuntjie, saam,

met harde vingers, sagte palms,

en jy staar verwonderd

dat die swart aarde so ‘n blom oplewer.

 

Laat sak jou hand na die kos,

jou moeder laat hare ook sak.

Koring, my seun, is van lig,

en van die son en die skoffel;

maar hierdie brood, “gesig van die Heer”

kom nie op elke huistafel nie.

En as ander kinders dit nie het nie,

is dit beter, my seun, dat jy nie daaraan raak nie,

en beter dat jy dit nie vat

met beskaamde hande nie.

 

(vert. De Waal Venter)

Bron: Civic Reflection

 

Die Chileense digter Gabriela Mistral (1899 – 1957) het in ‘n klein dorpie in die Andes berge grootgeword. Sy is die eerste Latyns-Amerikaanse skrywer wat die Nobelprys ontvang het, in 1945.

Sy was ‘n opvoeder en het die regte van vroue en kinders bevorder, asook die arm boorlinge van Latyns-Amerika. Sy praat dikwels van hulle in haar gedigte. In “Die huis” praat ‘n vrou met haar jong seun oor die varsgebakte brood wat hulle wil eet. Die digter noem in ‘n voetnota dat brood in Chili dikwels “die gesig van die Heer” genoem word.

In plaas van haar seun die brood te laat eet, sê sy dat die seun liewer sy hande moet laat sak sodat hulle nie beskaamd kan wees terwyl daar soveel armoede om hulle is nie.

Henrik Nordbrandt – vertaling in Afrikaans

Monday, February 13th, 2012

Hendrik Nordbrandt – vertaal deur De Waal Venter

 

Seilvaart

 

Na die liefdesspel lê ons styf teen mekaar

en terselfdertyd met afstand tussen ons

soos twee seilbote wat hulle eie lyne so geniet

wat hulle intens sny in die donker water

dat hulle rompe feitlik oopbars van pure vreugde

in hulle renvaart, uit in die bloute

onder seile wat die nagwinde vul

met blomgeurende wind en maanskyn -

sonder dat enige van die twee op enige tydstip

probeer om weg te seil vir die ander

en sonder dat die afstand tussen hulle

hoegenaamd verminder of vermeerder.

 

Maar daar is ander nagte waar ons drywe op ‘n plek

soos twee helder verligte passasierskepe

langs mekaar, motore afgeskakel, onder ‘n vreemde sterrelug

sonder ‘n enkele passasier aan boord:

op elke dek speel ‘n vioolorkes

ter ere van die glansende golwe.

En die see is vol ou, afgeleefde skepe

wat ons gesink het in ‘n poging om na aan mekaar te kom.

 

Uit Deens vertaal deur De Waal Venter

 

Henrik Nordbrandt (Denmark, 1945) het ‘n unieke plek in die Deense literatuur. Hy het die grootste deel van sy lewe oorsee deurgebring, en afwisselend in Turkye, Griekeland en Italië gelewe. Sy digkuns is vol van die dorpe, landskappe en klimate van die Mediterreense streek, gevul met daardie wêreld se kleure, lig en skaduwees.

Lucas Malan – vertaling in Engels

Friday, February 10th, 2012

Lucas Malan – translated by/ vertaal deur Charl J.F. Cilliers & outeur/author

 

Lucas Malan

Lucas Malan

Born in Nylstroom on the 19th July 1946 in the Northern Transvaal, now known as Limpopo, Lucas Cornelis Malan was the fifth of six children born to a cabinet maker and his wife. His humble beginnings did not foretell his significant academic career or the prodigious literary success and influence he would bring to bear on the development of Afrikaans language teaching and the nation’s literature.After schooling in Pietersburg (Polokwane), Malan acquired the BA degree and Higher Education Diploma at the University of Pretoria and started teaching in Johannesburg, while reading for a BA Hons degree at the (then) Rand Afrikaans University. This was followed by a MA degree in Afrikaans poetry at the University of the Witwatersrand, and another BA Hons degree in Applied Linguistics at the Rand Afrikaans University. Finally he completed a D.Litt. on the poetry of Ernst van Heerden at the University of Pretoria in 1988.
For some 30 years Malan’s involvement as an educator of Afrikaans as a second language inspired and enlivened his contribution as a poet and compiler of several text books, and related literary texts. His poems, articles and reviews have appeared in a number of literary journals, newspapers and anthologies.
Lucas Malan has published six volumes of poetry to date – ‘n Bark vir die ontheemdes (A Barque for the Displaced Ones) in 1981; Tydspoor (Time Trail) in 1985; Edenboom (Eden Tree) in 1987; Kaartehuis (House of Cards) in 1990; Afstande (Distances) in 2002; and Vermaning (Exhortation) in 2008. Additionally, he wrote the epic meditative work Hongergrond (Hunger Ground), which appeared in 1994.
The latter deals in selected historical images and fragments with human greed and lust, political intrigue and violence as manifested throughout history and particularly in Southern Africa during the last decades of the twentieth century. His other volumes contain themes of nature, love and death as densely interwoven dominant motifs.
On the death in 1997 of Ernst van Heerden, a major literary figure on the Afrikaans poetry landscape, Malan was appointed the literary executor of Van Heerden’s estate and was bequeathed his private library. Malan donated the entire collection of Afrikaans poetry to the Poëziecentrum in Ghent.
Malan retired to the country town of Darling in the Western Cape in 1997. He died there in 2009.

In contrast to the often amorphous poetry of many of his contemporaries, Malan wrote a relatively conventional kind of verse, with fixed stanzas, rhyme schemes and metre, and with a notable precision and sensitivity as regards his selection of words. In those instances where his verse becomes freer, the unit-forming integrity is conveyed by a fine network of imagery and sound correspondences.
- J.C. Kannemeyer & Liesl Jobson  (Translated by Charl-Pierre Naudé)

 

8 April 2001

 

 

Slowly from outside the slanting light comes in,

pollinating rooms with a transparent dust,

bringing the vague sense that what has been neglected

must now be relinquished. No special circumstance,

alas. Just one more segment of a year you must

 

write off. Thus comes the short season of decay

that brings leave-takings wafting through the room.

You sense it and resign yourself, increasingly inclined

not to murmur so much about what could have been,

how infrequent joys were; what threatens peace of mind.

 

It’s autumn. Less and less often you toss

and turn about things left undone, time wasted.

You know by now: the greatest certainty

- throughout – was loss.

 

(Tr. by Charl F Cilliers, 2012)

 

 

Calendar

 

The time, the year, the day – that specific day

slowly approaches; diffidently clothed

in leaves, green as the tree rustling there,

the ash tree planted ten years previously.

Single-handed, trenching with pick and shovel,

a bag of compost and every expectation

that she would anchor underground, become

a sturdy presence proffering her shade -

 

a many-branched shelter in which birds would sing

and insects scurry about. And now, years later,

that is what she is, the white-bark ashwood

in the corner of the plot where, given

the slope of the terrace, one less often comes.

 

Look to the one who shares your plot; take note

that ever more urgently her arms reach up,

how birds have gone to seek shelter elsewhere -

listen how the afternoons diminish in sound

as her shadows plummet deep into the ground. 

 

(Tr. by Charl F Cilliers, 2012)

 

 

Diary

 

A farmhouse, oil-filled lamps

and a frolicksome Labrador

are witness to the night wind

in the garden.

 

A plover calls; it’s time

for milk and bread. Against the guest

room walls ghost figures are dancing.

 

     In the night unfailingly

     I heard you sigh

     your longing, turning over -

 

A fig tree, lemon orchard’s serried ranks

blue gums beside the dam;

a morning-long respite -

 

     Later on the dog went

     missing, you declared,

     the fig tree was cut down.

 

But if you look carefully,

every evening as the sun goes down,

you’ll see the great source of our regret

tail-wagging its way home.

 

(Tr. by Charl F Cilliers, 2012)

 

House 1

 

From the deserted house comes the reproach

that it is empty now, devoid of  bustle and laughter

at bedtime and breakfast; divested of flickers of light

on glassware and amber-polished floors stands

the ramshackle building stripped of all flashes of wit -

also bereft of its sighs and deep throaty moans

in the night, it crouches low and its gaping door

mutely asks the urgent question:

 

will you make sure the roses are watered?

 

In the house that has been vacated echoes still ring

out that those who slept here were lonely

between the walls supported by the voices and names       

of those who lived in rooms with beds and blankets

and splashes of water. Now the gleaming passageways      

are darkened, a hovel that cries to the roofbeams:

I am forsaken. Listen, all

who are leaving -

 

and make sure that the roses are watered

 

(Tr. by Charl F Cilliers, 2012)

 

 

New Year 2007

 

The year has just ended, but unperturbed

a dignified moon rose again, liver spots

and all. An ochre radiance on her cheek

rained light down on the earth, proclaiming

that not one iota of her status was lost.

 

Only late at night would gravity drive

her morosely down into the backyard

where a mob of hangers-on had gathered;

thelayabouts who, every century or so,

can be replaced by something whose use of gas

is less than what the sun no longer will allow.

 

Under the moon, on the blue and green planet,

the same also pertains. As monarchs come

and go, always there will be the multitudes

who complain of their unfavourable existence,

too little done for their distress. The monarch,

as the centuries turn, remains coldly aloof. 

 

(Tr. by Charl F Cilliers, 2012)

 

 

Rock Art 2

 

Our forebears on this continent,

apart from calabash and eland hide,

used stone for the delineation of their thought:

caught in earthy pastel shades a pastoral scene

of a hunting party in ceremonial mien

around a campfire. A curious contingent

of figures can actively be seen

 

depicting history in the brush strokes of a dance.

But even stranger was the incident,

where the Brandberg rose like a solid slab,

of a woman of much lighter pigment

taking up her bow and with Penthesilean stride

giving the ponderous granite a nimble jab.

 

(Tr. by Charl F Cilliers, 2012)

 

***

 

IN CAMERA 1

 

Ensconced in Duchess Court she managed to retain
some antique furniture and a precarious dignity:
and after fifty years as midwife also the knack
of charming people. Here she preserves photographs,
old journals and her pain in specific detail.
The Royal Albert tea service (picked out
at Anstey’s as a bride) she uses only
for teas such as this – and all the snacks I made myself.
Now, this is the lounge where we will have our tea.

But let me show you something at the back
- please excuse the mess round here, I am
a dressmaker too, you know – designer stuff -
the place gets terribly untidy; and then, of course
Lindy’s always underfoot. Sit down! Now sit!
She gets so worked up, you see. And this gate
I had installed for my security. But just take a look
out there: You can almost see eternity. Now,
have you ever seen a view like that?

This gown I made for Marguerite. She came
round here this morning – Miss South Africa of ’68.
Never married, do you know? And still
as beautiful, although she’s put on weight.
Poor girl. I wonder, though . . . Oh, never mind,
that’s, after all, the way things go. Now come,
let’s have some tea. Do you know this? Earl Grey,
which Gavin brings from London, always fresh.
He’s with SAA, a gentleman and very kind -

The sun is shifting, she makes more tea. We speak
of this and that: My husband died in ’83, how sad
for me who had no kith or kin. But then, you see,
the Lord provides: my tiny Lindy here
is like a child and always such a joy. But what
is to become of her if I – She speaks, and all the while
the light around us fades. It’s getting late,
she notes, but don’t go yet! You have to see
the view at night. I go along with her to look:

Like a sea the city lies, incandescently inflamed
in outgrowths round the core, the outskirts -
like a nocuous yellow flicker along the seam
dividing elite and deprived neighbourhoods:
a Milky Way torn off by gravity. This is a place
of people, of passion and loneliness. She looks:
You know what this reminds me of? I listen
and then leave. But embedded in that metaphor
(a cemetery alight) I see an old placenta
splayed out – black and terminal with blight.

 

© Translation: 2009, Charl J.F. Cilliers & Lucas Malan
Publisher: First published on Poetry International Web, 2009

 

***

 

MEDITATION

 

Pigeons have come to nest again. Untidily,
as they usually do. Peacefully here
on the stoep, in the latticework of a vine,
amongst leaves making themselves at home. Briefly.

They sleep now in pairs, as they should. Serenely.
Listen to the whole neighbourhood considering their fate,
our modest neighbours who can sleep safely tonight;
perhaps for the whole season, only just protected,

lightly held in half a calabash of sticks and grass.
(Who still remembers the four who were here last year?)

Here they sleep now, the soft blue-feathered ones,
able to drink all night from the wholesome Milky Way
in motionless dreams of their progeny unscathed,
whilst the Southern Cross unwaveringly plummets.

 

 

© Translation: 2009, Charl J.F. Cilliers
From: First published on Poetry International Web

 

***

 

NIGHT SHIFT

 

Gradually, as the sun goes down,
the night staff clock in for duty.
Punctually the sister too, formally attired
in her uniform, wearing red epaulettes -
emblem of her authority – signs herself in
for the night shift. She smiles;
it’s what’s expected of senior personnel.

Peeks into the private ward. All going well?
she asks, endearingly unconcerned. I’m sorry,
but the nightcap will have to wait for now,
we’re detoxing you. Ticks off an item.

Shortly thereafter, pushing a trolley,
she brings medication, records the status
of the drip, maternally gesturing: Swallow it
now, you oaf; down the passage there are eight
or so more awaiting my ministrations -

and so on the night sea her patients drift away,
each in turn chemically anaesthetized
and intravenously cleansed of – snugly
taken care of for six hours at least.

Until the outside morning light licks at
the dawn’s grey membrane,
waking those asleep to feel once more
the throbbing of their wounds and be aware
of the most dreadful of horrors
waiting out there.

 

 

© Translation: 2009, Charl J.F. Cilliers & Lucas Malan

 

***

 

SELF-PORTRAIT

 

This genre was perfected by Rembrandt van Rijn
of Jodenbree Street who so deftly drew
flattering portraits on canvas time and again,
firstly of the wealthy, then his own likeness too.

He painted so often that proud figure there
of a preening nobleman, clothes richly hung
on his haughty frame, eyes holding all who stare
at his lustrously rendered attire. Picturesquely young.

Now, as an example, take the final two,
comparing them with any one of those:
There find a pitiful old man so close
to tears. Just concentrated sorrow confronting you.

Page through your own albums now. Note the face and profile.
How masterfully you are recreated in the Rembrandt style.

 

 

© Translation: 2009, Charl J.F. Cilliers & Lucas Malan
Publisher: First published on Poetry International Web, 2009

 

***

 

THE STARS FORETELL

 

When the Zodiac revolves towards
the sign of the Bull, the nights grow still
and the earth grows cold. The rank wild grape
gradually curls up in her blush of bashfulness,
timidly casting off her ineffectual robes
of leaves. Fruitless was this vine’s year
and piecemeal she is now burning down.

The bulb, the shrub, the tree and flower
have a concern with the position of the sun;
but the smaller one, the silverling
of the night, our frivolous moon – what
ha’penny’s worth can she bring?

Ah, she titivates herself to please
the Bull. At night it’s time for humble
pie, full-rounded, and she goes her way;
as always she behaves respectfully
- as befits a fastidious lady
who knows of greater things; she who chastely
keeps waiting for the coming of the Ram.

 

 

© Translation: 2009, Charl J.F. Cilliers
From: First published on Poetry International Web

 

***

 

VISA

 

The murmur of the sea in a shell
is in truth – as we all know – the echo
of the push and pull of the body’s
tough and most enduring spasm.
Just a murmur, by purposeful design.

Do not take too much notice of this sound,
no matter what it says; it is merely a clue
to your candidacy – as time comes round -
for the burden-free journey across the Styx
to a realm of moon and stars far older than you.

 

 

© Translation: 2009, Charl J.F. Cilliers
Publisher: First published on Poetry International Web

Jacques Roubaud – vertaling in Afrikaans

Tuesday, February 7th, 2012

Jacques Roubaud – vertaal deur De Waal Venter

 

 

Tussen baie gedigte

  

Tussen baie gedigte

Was daar een

Wat ek nie meer kon onthou nie

Behalwe dat ek dit aanmekaar gesit het

Eenkeer

Toe ek in hierdie straat afgestap het

Aan die kant met gelyke nommers

In die helder vloeiing van die oggend

‘n Straat met winkeltjies wat vasklou

Tussen die verwonde Seine en die hospitaal

‘n Gedig geskryf met my voete

Soos ek altyd my gedigte aanmekaarsit

In stilte, en in my kop, terwyl ek stap

Maar ek kan niks onthou nie

Behalwe die lig en die toevalligheid

Wat in die gedig laat verskyn het

Die woord “respek”

Wat ek nie gewoonlik laat tril

In die gedagteblaaie van poësie nie

Maar behalwe dit is daar niks

En hierdie woord hierdie onbeweeglike woord wat nie roer nie

Getuie van die straat se einde

Soos ‘n boom vergete in die ruimte

 

 

© Parmi beaucoup de poems, Jacques Roubaud (1932); uit die Frans vertaal

deur De Waal Venter

 

In Swede is Någonting svart gekies as die beste versameling in 2008. Die digter was uiters verbaas want dit is ‘n vertaling van Quelque chose noire wat oorspronklik in 1986 verskyn het. In die bundel druk Roubaud sy smart uit oor die dood van sy vrou, Alix Cléo. Die krag van die gedigte lê in die hoogs uiteenlopende poëtiese benadering tot die geheimenis van die dood. Roubaud is voorturend besig om nuwe vorms te ontwikkel gebaseer op bestaandes wat hy aantref in die liedere van troebadoers, antieke Japanese poësie en meditasie-spreuke. Hy word as een van Frankryk se belangrikste lewende digters beskou. – DWV

Fernando Pessoa – vertaling in Afrikaans

Monday, January 30th, 2012

Fernando Pessoa – vertaal deur De Waal Venter

 

Simbole                       

 

Simbole? Ek is siek vir simbole …

Party mense vertel my alles is simbole.

Hulle vertel my niks.

 

Watter simbole? Drome …

Laat die son ‘n simbool wees, goed …

laat die maan ‘n simbool wees, goed …

laat die aarde ‘n simbool wees, goed …

Maar wie dink aan die son behalwe wanneer die reën ophou

en dit breek deur die wolke en dit wys agter sy rug

na die blou lug?

En wie sien die maan sonder om dit te bewonder

die pragtige lig, nie die maan self nie?

En wie sien die aarde raak waarop ons loop?

Ons sê aarde, maar dink aan die veld, bome en berge

ons verklein dit instinkmatig,

want die see is ook aarde …

 

Goed, laat al hierdie dinge simbole wees …

maar wat is die simbool, nie die son, nie die maan, die aarde nie,

maar in hierdie voortydige sonsondergang in die vervagende blou,

met die son gevang in uitrafelende wolke,

die maan reeds sigbaar, mistiek, aan die ander kant van die lug

en die laaste oorblyfsel van die dag

verguld die kop van die naaldwerkster wat huiwer op die hoek

waar sy altyd gesels het (sy woon naby) met die man wat haar verlaat het?

Simbole? … ek wil nie simbole hê nie …

Al wat ek wil hê – arme swak en verlore persoontjie -

is dat die minnaar terugkom na haar.

 

*

 

- Símbolos; Álvaro de Campos (Fernando Pessoa) –   

Uit Portugees vertaal deur De Waal Venter

 

 

Fernado Pessoa (13 Junie1888, Lissabon – 30 November 1935, Lissabon) is een van die groot digters van die twintigste eeu. Lesers vind dit partykeer verwarrend dat hy onder ‘n reeks ander name geskryf het – hy het dit “heteronieme” genoem.Die gedig “Simbole” staan juis onder die naam van “Álvaro de Campos”

Sy vader het vroeg gesterf en sy moeder het weer getrou. In 1896 het hulle Durban toe getrek. Hy het daar skoolgegaan en sy matriekeksamen aan die “University of the Cape of Good Hope” afgelê, wat later de Universiteit van Kaapstad geword het. Sy eerste literêre werk was kortverhale in Engels. Later het Pessoa na Portugal verhuis. – DWV