Corne Coetzee

Corne Coetzee

Corné Coetzee het in Pretoria grootgeword en in biblioteke gewerk voordat sy joernalis, teaterresensent en subredakteur geword het. Ná kinders het sy begin tydskrifartikels skryf oor veral die omgewing. Sy het in 2015 ’n MA (kreatiewe skryfkuns) by die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy woon saam met Hans Pienaar en een van hul dogters in Johannesburg.

Van haar gedigte het in My ousie is ‘n blom (2006), Karapaks 6 (2008) en Nuwe Stemme 4 (2010) verskyn. Coetzee debuteer in 2017 met die digbundel nou-hier.

Bookmark and Share