illona edwards
Illona Edwards woon in Bonteheuwel, Kaapstad. Sy is ’n finalejaar regstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland en is tans in diens van Pick ’n Pay. Verskeie van haar gedigte is gepubliseer in bundels van die Poetry Institute en ook in Contrast. Die nuutste werk is opgeneem in Nuwe stemme 3. Sy neem gereeld deel aan die skryfskole wat deur LitNet aangebied word. Sy skryf ook graag kortverhale en hou van lees en van diere.
|
Ek sit op iets met wiele
waarvan die wiele aangedryf
kan word met ’n stuk draad
waarmee kaalvoet kinders myle kan hardloop,
waarvan die armleunings gebruik kan word
om gebreekte arms en bene te stut.
My hand raak per ongeluk aan die boekrak.
Stofdeeltjies klou aan my vingerpunte
soos parasiete wat elke tikkie bloed
uit my liggaam wil suig.
covers van romantiese boeke
maar van porn? Moet my nie eens vra nie.
Bene verstrengel en uitgebeeld
op maniere waarvan die kunsliefhebbers
nou nog probeer uitvind of portrette
en die gooi van verf enigsins ter sprake moet wees.
En die celebrity status van borste
die gewig dra, of ’n man kan styf raak of nie.
En die gejaagde asems van Homo sapiens.
Die aandag trek van dié wat conveniently aan geheueverlies ly
as daar gepraat word van seks.
Maar hier sit ek
en soms in my kak.
En waar die kos soos ’n dripping tap
van my bek afval
en selfs dwaal na die bekende blow-up balloon
wat meisies allerhande kreatiewe flirts demonstrate
en waar die waarheid my klap
soos ’n rejected man wat dink hy’t ge-score
maar styf raak is nie vir my beskore nie.
Uit: Versindaba 2006. Marlise Joubert (samesteller), Protea Boekhuis, 2006