Louis Esterhuizen. Komrij se huis in Portugal nou ‘n herberg vir digters

May 14th, 2013

 

Na maande waartydens ek deur werksdruk en ander vreugdes onderwater gesleep is, kan ek uiteindelik darem weer kop optel en na die berge kyk. Uiteraard het bepaalde dinge agterweë gebly en is daar berigte en/of gebeurlikhede wat ek so soort van agterna sal moet byhaal; soos die berig oor Gerrit Komrij, wat verlede jaar op 5 Junie oorlede is, se huis in Portugal, “Villa Pouca”, Lees meer

Johann Lodewyk Marais aangewys as feesdigter vir Innibos se 10de verjaarsdagviering

May 13th, 2013

 

Nelspruit se Innibos-kultuurfees vier vanjaar hul 10de bestaansjaar en om dié geleentheid nog daardie tikseltjie ekstra plesier te gee, is dit die afgelope naweek bekend gemaak dat Johann Lodewyk Marais as feesdigter aangewys is. Die aanwys van ‘n feesdigter is natuurlik wêreldwyd ‘n algemene instelling met feeste, maar na die beste van my wete is dit die eerste keer dat daar ‘n fees hier ter Lees meer

Joan Hambidge. Analepsis

May 12th, 2013

Analepsis

 

Verslaaf aan die parentese, dit is ek,

wagtend op die finale punt, ook dit is ek.

Niks word ooit ópgehef, niks word vergeet,

aan herinneringe vasgebind soos jy weet.

Ons skeiding (’n soeke na rus) word ’n kommapunt.

Eer ek opnuut begin, tel ek sillabes, dalk ’n amfibrag?

Anadiplosis? Herhaling, liewe leser, my knelpunt.

Geen Pindarus, geen anti-strofe, net ek wag.  

Ek is … Lees meer

Hannalie Taute. Orde

May 9th, 2013

Ek kyk op en af na die insekte….waar sal my hulp vandaan kom?

In my hunkering na ‘orde’ asook my seunskinders se nuuskierigheid en opgewondenheid oor insekte het ek nie te lank gelede ʼn reeks insekte (15) uit elke ‘orde’ geborduur.  Die reeks was ook geinspireer deur die boek “Ons eie insekte’ maar voor dit nog deur die boek “Siegfried” deur … Lees meer

Joan Hambidge. Matriks

May 8th, 2013

Matriks

 

Ek is ek is op

my eie sofa

my eie analis

luisterend

na die analisant

vis na klarigheid

Ek is ek is op

soek na stilte

dansend Derwies

Rumi in ‘n sirkel

Ek is ek is op

weg van pyn

mislukking

ingeslukte woorde

my tong uitgesny

Ek is ek is op

pad om te sien

hoe die digkuns

se matriks

die gietvorm

moedervorm

deur Lees meer

De Waal Venter. Jy hou alles

May 8th, 2013

 Jy hou alles

 

Hou my hand
sodat ek die warm bruin grond
kan voel
waaruit die grasieuse grasse groei,
die byt van die maroela, die geknarste druif se smaak,
die sensuele skugterheid van die perske, die grenadella se suggestie.

Hou my hand
sodat ek kan hoor
hoe die wind rusplek soek in die geelhout boom,
hoe water sag systap om klippe in die fontein,… Lees meer

Andries Bezuidenhout. Geoff Dyer en die ding met skryf

May 7th, 2013

ʼn Paar jaar gelede het die bestuurder van my gunsteling boekwinkel in Johannesburg Geoff Dyer se “Jeff in Venice, Death in Varanasi” aanbeveel. Dankie tog vir boekwinkelbestuurders wat hul klante ken! Nou die dag loop ek Dyer se volgende werk in ʼn ander boekwinkel in Johannesburg raak – “Zona: A Book About a Film About a Journey to a Room”. Oor die ander boekwinkel: Dis … Lees meer

Blikvanger: Die narratief van verlies – Die Bloubaardnarratief as interteks in “Die burg van hertog Bloubaard” deur H.J. Pieterse

May 7th, 2013

 

Artikel op LitNet Akademies  deur Ihette Jacobs, Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Unisa.

*

Die Bloubaardnarratief – veral die Bloubaard-opera van Béla Bartók, Herzog Blaubarts Burg – dien as prominente interteks van H.J. Pieterse se bundel Die burg van hertog Bloubaard (2000). In hierdie artikel word daar in die lig hiervan betoog dat dié interteks die verwerking van (outobiografiese) verlies heterologies en Lees meer

Delphine Lecompte. Rond een kuststad.

May 7th, 2013

 Rond in een kuststad

 

Ik loop rond in een verrukkelijke kuststad met een kloppende kinderwens.

Om de wens te onderdrukken ga ik een hengelsportwinkel binnen. Ik koop niets, maar ik toon mijn borsten aan de uitbater met de hazenlip.

Hij zegt: ‘Het aas voor de karpers is in afslag.’

Ik verlaat de winkel, en kom vijf minuten later mijn ex-dermatoloog tegen. ‘Heb je aas voor Lees meer

Jaap Goedegebuure. Roland Holsts zwanenzang

May 6th, 2013

Op een goede dag, ergens in de jaren zeventig van de vorige eeuw, begaf de vermaarde uitgever Geert van Oorschot zich naar Bergen aan Zee, om een bezoek af te leggen aan de minstens zo vermaarde dichter Adriaan (voor vrienden ‘Jany’) Roland Holst (*1888). De oude bard, die een opdringerige bewonderaar kort tevoren nog had laten weten dat hij het zat was om al vele … Lees meer

Resensie: Rangeer (Clinton V. du Plessis)

May 6th, 2013

 

Clinton V. du Plessis. Rangeer. Ama-coloured Slowguns, 2013. (ISBN 978-0-620-55604-0, Sagteband, 142 pp. Prys R150, Ama-coloured Slowguns, 2013.

 Resensent: Dr Amanda Lourens

I

Rangeer is die sewende bundel uit die pen van Du Plessis, wie se debuut in 1984 by Perskor verskyn. (Sy debuut is dan ook die enigste van sy bundels wat by ’n hoofstroomuitgewer verskyn het.) Die digter se vorige bundel, talk show Lees meer

Dansende Digtersfees. Die onafgehandelde dinge van gister

May 6th, 2013

 

Uiteindelik is die Dansende Digtersfees op hande en hier op die nippertjie ontvang ons een van die mees indrukwekkende publikasies wat met die oog op dié fees bestel is: die Nederlandse digter Hans van de Waarsenburg se eerste publikasie in Engels, The Past is Never Dead; vars van die pers af en pragtig uitgegee (in hardeband, nogal!) deur Eyewear Publishing. (Die boek het … Lees meer

Nuusvrystelling: ATKV- Woordveertjies (Inskrywings)

May 3rd, 2013

 
ATKV-WOORDVEERTJIES  2013  –  INSKRYWINGS

Woordkunstenaars word die sesde keer vereer tydens die jaarlikse ATKV-Woordveertjies wat op Vrydag, 13 September 2013 by D’Aria in Durbanville aangebied word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag, 5 Junie 2013.

Die reglemente en inskrywingsvorms is beskikbaar by www.atkvprojekte.co.za

Daar kan in die volgende kategorieë ingeskryf word vir die ATKV-Woordveertjies:

  • - ATKV-Prosaprys
  • - Prys vir Dramateks
  • - Prys vir Liefdesroman
  • -
  • Lees meer

Luuk Gruwez. Verbijsterend heelal

May 2nd, 2013

 

Deze recensie verscheen eerder in ‘De Standaard der Letteren’.

Luuk Gruwez. VERBIJSTEREND HEELAL

De auteur: zo langzamerhand een van de prominentste Nederlandse dichteressen.

Het boek: dichtbundel van iemand die zich voortdurend beraadt op haar positie in het haar omringende heelal en daar soms bang van wordt.

ONS OORDEEL: prachtig gecomponeerde bundel.

De recentste bundel van Maria Barnas vertoont een cyclische structuur. Hij begint met Lees meer