Posts Tagged ‘Add new tag’

Philip de Vos. Moaner Lisa

Tuesday, May 1st, 2012

As daar een woord is wat my irriteer is dit die Engelse woord SMILE. En hier praat ek uit ’n fotograaf se oogpunt. Wie op aarde dink hy gaan beter lyk net omdat hy tande wys? In Prehistoriese tye was dit in elk geval ’n teken van aggressie. En nie dat ons veel verder as destyds gevorder het as ek ons daaglikse koerante lees nie.
Om te glimlag is g’n kuns nie.

Ek ken ’n sangeres – dis altyd tande-wys, maar kyk bietjie na daai oë – dit staan stokstyf van die gebrek aan emosie. En daar is juis ook oor Nancy Reagan gesê: Her smile is a study in frozen insincerity.

Nee, ek hou van foto’s van mense wat smeul. Waar op aarde kry mens ’n foto van ’n glimlaggende James Dean of Marlon Brando of Greta Garbo?

Smile jy, verdwyn alle karakter. Kyk maar net ’n bietjie na die sosiale kolomme in die plaaslike koerant. Hulle lyk almal so dolgelukkig. Meanwhile, back at the ranch …

En wat van foto’s van ons vroeë Afrikaanse digters?

 

 

 

Eugène Marais lyk soos Max Collie wat jou wil hipnotiseer met daardie slang-oë van hom terwyl Jan F. E. Celliers daarenteen lyk soos iemand wat ek graag as oupa sou wou hê.

Dan is daar natuurlik dié wat wegkyk van die kamera asof hulle diep, diep woorde uitdink: A.G. Visser en Boerneef.

 

 

En D.J. Opperman. Met watter foto sou hy wou hê, moet ons hom onthou?

 

 

En die jonge Loftus Marais? Moet hy smile of smeul?

 

 

Of is ’n upside-down smile soos dié van Joan Hambidge miskien ’n beter opsie?

 

 

Toe ek vandag weer in my bokse rondkrap, ontdek ek ’n Engelse versie wat ek alreeds in 1985 geskryf het, pas ’n jaar nadat my eerste Afrikaanse versies gepubliseer is. En dit was juis deur Roald Dahl se Revolting Rhymes dat hierdie tipe versie geïnspireer is. En ek plaas die versie oor ’n vroumens wat agtergekom het om te smile is beter vir haar image, presies soos dit destyds geskryf is, warts and all:

 

MOANER LISA

Four centuries or so ago

there lived a maid in Florence.

Her conduct filled the Florentines

with loathing and abhorrence.

Her manners were atrocious.

Her manners were quite vile.

She moaned and scowled

the livelong day

and NEVER gave a smile.

She had a double-decker name:

they called her Moaner-Lisa.

To tell the truth - this was a name

that didn’t really please her.

All that anybody saw,

was just her stern exterior.

And no-one in that city knew

that Moaner felt inferior.

Moaner-Lisa had a dream -

she wished that she had fame.

Then everybody in this world

would talk about her name.

(It really is a pity

how parents sometimes name us.

And with a name like Moaner -

could any girl get famous?)

She was a simple-minded girl

who didn’t want prosperity.

The only thing that mattered

was her wish for some posterity

Then she had a bright idea:

I’ll have my picture painted

by Signor L. da Vinci.

With fame I’ll get acquainted!”

(She didn’t look quite half as good

as Marilyn or Bardot

Yet off she marched with angry scowl

to Artist Leonardo.)

He started in the morning,

and painted her all night

but still poor Moaner Lisa

looked an awful, sorry sight.

The reason was most surely

that nasty horrid scowl

that made her look exactly

like a mean old hooty-owl.

“Miss Moaner,” said Da Vinci then,

“Methinks that you should smile.

Otherwise some gentle folk

would surely run a mile!”

“Heigh ho! Hey nonny no!”

said Moaner with a frown.

“I do not want a grinning face

like joker, fool or clown!”

“Prithee, dearest maiden fair,

Pretty, pretty please!

Stretch those lovely lips of yours,

and then you can say: Cheese!”

“No!” screamed Moaner. “I refuse!

I think that I should go

and find another artist then

called Michael Angelo.

He is such a gentleman.

He’ll paint me on a ceiling

And that’s not all –

He’ll paint my scowl

with reverence and feelingl”

Poor Signor L. da Vinci

felt a little bit upset.

He had a funny feeling

that he’d make her famous yet.

Then he thought he’d tickle her

until she screamed and laughed.

But, with a frown, Miss Moaner said:

“Da Vinci! Are you daft?”

So he stood upon his head

and swung from ev’ry rafter.

Hoping that she would collapse

with giggles and with laughter.

He wore a funny face and hat.

He wore an eiderdown.

But all that he could notice,

was old Moaner-Lisa’s frown.

He told her funny stories.

He told her ev’ry joke.

But not one teeny-weeny smile

did any joke evoke.

Then poor old Leonardo thought:

And now for something worse.

So he recited on the spot

four simple lines of verse:

 

“Queen Daisy had a daughter.

Queen Daisy had two sons.

Queen Daisy had some apricots.

And then she had t he runs.”

 

He somehow thought

that Nonsense Verse

was really not her style

But then a great big miracle!

Miss Moaner gave a SMILE.

That smile made her so famous.

and took her to the Louvre,

because of good Queen Daisy

whose bowels once did move.

geskryf: 10 – 11 December 1985

 

En nou moet onse digters maar self besluit, want soos Shakespeare amper gesê het:

To smile or not to smile.

That is the question.

 

 

 

 

Marlies Taljard. Weerspieëling en Weerklank (1)

Monday, April 23rd, 2012

 

Gemeenskapsprojek: Skryfkuns

Weerspieëling en Weerklank (1)

 

 Ek is vanjaar bevoorreg om deel te wees van ‘n projek wat (onder andere) kreatiewe produksie onder jong kunstenaars in die plaaslike gemeenskap probeer bevorder. Hierdie projek is deel van ‘n groter projek: Weerspieëling en Weerklank: Tipografie, topografie en tipologie waaraan die vakgroepe Kunsgeskiedenis, Grafiese ontwerp en Skryfkuns van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus deelneem.

 

Bernard Odendaal

Bernard Odendaal

In die praktyk behels die projek waarvan ek deel is ‘n reeks werkwinkels waarin verskillende kreatiewe aktiwiteite aangebied word en waarin studente kans kry om oor die teorie en praktyk van kunsskepping te besin. Volgende keer berig ek meer oor die projek as sodanig, maar vandag se blog wy ek spesifiek aan die skryf- en poësiewerkwinkel van 14 April 2012 waartydens Franci Greyling en Bernard Odendaal hulle kundigheid op die gebied van prosa- en poësieskryf met die groep jong kunstenaars uit Promosa gedeel het. Ek het elke student gevra om kortliks sy of haar indruk van die werkwinkel neer te skryf. Ek plaas dit saam met foto’s van die kunstenaars en foto’s van aktiwiteite wat reeds plaasgevind het.

Shaday Hendricks

Shaday Hendricks

Shaday Hendricks:

Vandag was net vir my awesome!!! Om eerlik te wees ek het gedink dit is moeilik om ‘n gedig te skryf, maar dit is glad nie so moeilik nie. Jy as die skrywer moet net die leser kan laat verstaan. Dit is nogal interessant om na die dieper betekenis van ‘n gedig te kyk.
Andrea Chinian

Andrea Chinian

 Andrea Chinian:

Om gedigte te skryf, het eers vir my gevoel asof dit ‘n onnodige “las” in die lewe was. Ek het gevoel dat “poets” onnodige geld daarvoor verdien. Maar noudat ek self in die skryf deelneem vind ek dit interessant want ek kan myself uitbeeld en daar is niks soos ‘n verkeerde gedig of leesstuk nie. Niemand kan jou judge nie solank jy uitbeeld wat jy in jou gedagte het.

(…) So ek sou vir julle wat daar buite is wat graag wil skryf aanmoedig om te begin skryf en om nie anders se negatiewe sprake kop toe te vat nie, want as mens eenmaal begin het wil jy nie ophou nie.

 

Leonora van Rooyen

Leonora van Rooyen

 

Leonora van Rooyen:

Ek het ‘n liefdesverhaal om te vertel.

Ek wil my emosies uitdruk.

Om dit te doen skryf ek ‘n paar kort sinne wat soos musiek klink en daar het ek my gedig.

Dit was my eerste persepsie oor die gedig.

Alles goed en wel, maar toe word ek blootgestel aan wat die skrywers noem “skeppingselemente”. Toe ek na die skeppingselemente in my eie sogenaamde gedig gaan kyk, wel, toe lyk dit nie meer soos ‘n gedig nie.

By my volgende poging van gedig skryf kon ek my abstrakte emosies in konkrete beelde vasvang. Ek kon klank gee aan die beeld. Ek kon steeds die ritme en metrum in beeld hoor.

 

Janine Matthyse

Janine Matthyse

Janine Matthyse:

Ek het baie geleer oor skryfwerk. Dit help mens ook om jou gevoelens uit te beeld en dis verskriklik interessant. Ek het baie geleer oor gedigte ook dat mens net kan gaan sit en skryf maar jy moet ook weet wat jy doen. Dit het my terug gevat na my dae op skool graad 11 & 12 in my Afrikaans klas. Ek hou nogals daarvan om te skryf en ek het vandag se les baie geniet.

 

Godwin Leandro Willemse

Godwin Leandro Willemse

 

Godwin Leandro Willemse:

Vandag se werkswinkel “Poësie” ek kon vandag tog so baie leer by prof. Bernard, van poësie en die Ritme van ‘n gedig jy moet altyd dink aan jou lesers en probeer dit verstaanbaar te maak, dit kan ironies wees en sarkasties wees maar nie te veel nie. En kies jou woorde mooi. Die klasse is 100% die moeite werd.

 (Ek meen hier is ‘n paar goeie wenke wat digters gerus ter harte kan neem!)

Ons is nie skaam om te drama nie

Ons is nie skaam om te drama nie

 

Of te rap nie...

Of te rap nie...

 

Rame

Rame

 

Foto’s: © Marlise Taljard, 2012

Philip de Vos: 15 April 1912

Monday, April 9th, 2012

My obsessies oor die jare het gekom en gegaan: maar een het gebly:

Eers was daar die Little Lulu-comics wat ek so ywerig in die vyftiger-jare versamel het en toe aan my oom Paul geleen het. En toe hy twee weke later weer kom kuier, was dit met ‘n handvol Little Archie-comics wat hy by die Plaza bioskoop by ‘n skoolmaat omgeruil het vir my geliefde Little Lulu. Dit was ‘n verlies wat vir my jare geneem het om te oorkom. Elke paar maande vir dekades lank het ek gedroom dat ek hulle weer terug het, en in my drome het elke comic intussen gegroei tot die dikte van ‘n Statebybel – en hier word ek toe soggens op ouderdom 60 wakker en word ek weereens bewus van my verlies van vyftig jaar tevore.

In 2005 ontdek ek op die internet dat die volledige Little Lulu-reeks na al die jare deur Dark Horse Books herdruk word. En nou, begin 2012 sit ek met 29 koffietafel-volumes van meer as 200 bladsye elk van elke Lilttle Lulu-comic wat ooit gepubliseer is.

Maar nou besef ek dat my drome van destyds skielik êrens heen verdwyn het en ek wonder of dit liewers maar ‘n droom moes gebly het, in plaas van die ongelese volumes op my boekrak.

En dan was daar my obsessie met die films van Federico Fellini en hier sit ek nou met al die DVDs van sy films – behalwe die heel laaste La Voce della Luna wat nog nooit op DVD uitgereik is nie, en dalk is dit beter so, want anders is daar niks meer om oor te droom nie.

Maar die ander obsessie wat nou alreeds 59 jaar met my saamloop is die storie van die Titanic.

In 1953 het ek in Bloemfontein in die heel voorste ry van die Vaudette- bioskoop gesit en gesien hoe Clifton Webb vir Barbara Stanwick tot siens soen en dan saam met sy seun op die dek staan terwyl die skeepsorkes Nearer my God to thee speel voordat die skip wegsak in die dieptes van die Atlantiese Oseaan.

Dit was my eerste kennismaking met die gebeurtenis van 15 April 1912 en van toe af, vir jare lank, het ek elke boek oor die Titanic gekoop, en al die films gesien: A Night to Remember ; S.O.S. Titanic; Raise the Titanic; daarna ’n TV-reeks met en uiteindelik die bekende film Titanic met Leonardo di Caprio.

En in 2008 by die Titanic Artifacts Exhibition in die Science Centre in Londen koop ek ‘n nekhangertjie met ‘n stukkie steenkool uit die Titanic se ruim – die enigste artifak wat toegelaat is om aan die publiek verkoop te word.

En nou is dit April – en op 15 April presies 100 jaar gelede het hierdie weeldeskip met die rykste van die rykes en die armste van die armes op sy nooiensvaart gesink. Nes die Twin Towers-ramp is hierdie sekerlik die grootste ramp wat ons in moderne tye getref het.

En alreeds in 1912 het die eerste vers-bundels verskyn deur mense wat deur die ramp aangegryp is, baie van die gedigte maar vrotserig byna soos dié van die Briels oor die destydse Coalbrook-ramp of die prul wat baie sogenaamde digters op Facebook-blaaie plaas met ‘n kopiereg-teken, net asof iemand hulle braaksels sou wou steel.

Ek wil graag twee gedigte noem. Die eerste is van Thomas Hardy, meer bekend vir sy romanwerke soos Tess of the D’urbervilles en Far From the Madding Crowd.

 

THE CONVERGENCE OF THE TWAIN

(Lines on the loss of the ‘Titanic’)

In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly couches she.

Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhythmic tidal lyres.

Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls — grotesque, slimed, dumb, indifferent.

Jewels in joy designed
To ravish the sensuous mind
Lie lightless, all their sparkles bleared and black and blind.

Dim moon-eyed fishes near
Gaze at the gilded gear
And query: ‘What does this vaingloriousness down here?’…

Well: while was fashioning
This creature of cleaving wing,
The Immanent Will that stirs and urges everything

Prepared a sinister mate
For her — so gaily great –
A Shape of Ice, for the time far and dissociate.

And as the smart ship grew
In stature, grace, and hue,
In shadowy silent distance grew the Iceberg too.

Alien they seemed to be:
No mortal eye could see
The intimate welding of their later history,

Or sign that they were bent
By paths coincident
On being anon twin halves of one august event,

Till the Spinner of the Years
Said ‘Now!’ And each one hears,
And consummation comes, and jars two hemispheres.

 

Dit is tog wonderlik dat daar op die internet deesdae ontledings is van bekende gedigte. Van hierdie een is daar talle met slegs ‘n druk van ‘n knoppie by Google en die woorde: Poem Analysis: The Convergence of the Twain. Miskien is dit ‘n lui manier om ‘n gedig te verstaan, maar dit dien tog ‘n sekere doel.

Selfs ek het op ‘n stadium Titanic in een van my versies ingewerk – maar hier was dit beslis ‘n ligter aanslag en glad g’n gespottery nie, maar wel oor Hans Andersen se Klein Meermin wat baie jaloers geword het toe sy vir Leonardo di Caprio en Kate Winslett op die boeg van James Cameron se Titanic sien staan het.

woorde: Philip de Vos; illustrasie: Piet Grobler

En terloops, van die Klein Meermin gepraat, ‘n klompie jare gelede was ek en Peter in Kopenhagen en volgens die besoekersboek was die meermin-beeld ‘n moet vir alle besoekers. Reisgids in die hand het ons haar in die hawe gaan soek, maar nes die Titanic was daar niks op aarde te sien nie, behalwe ‘n klomp Japannese toeriste wat ywerig foto’s geneem het van ‘n doodgewone rots wat uit die water gesteek het.

Daardie aand moes ons in die plaaslike koerant lees: “Vandale het gisteraand die kop van die beroemde meermin-beeld afgesaag.”

Ja, so is die lewe: party rampe is mensgemaak, ander soos die sink van die Titanic, miskien nie – en ja, my obsessie met die Titanic is nog lank nie verby nie.

 

 

René Bohnen. In die miernes

Thursday, February 23rd, 2012

 

Een van die eienaardige dinge wat gebeur as mens die familielid is wat in Suid-Afrika agtergebly het tydens ons moderne diaspora-verskynsel (mag ek dit so noem?), is dat jy toerleier speel vir die jonger geslag wat ons land herbesoek. En dan gaan doen hulle dinge die hele Afrika vol – dinge waarvan jy maar net kan droom, want hulle geldeenheid is ongeveer tien keer sterker as joune! En agterna kyk jy na hulle vakansiefoto’s met ʼn heel nuwe perspektief. Húlle perspektief. Want hulle is nou Aussies.

 En tog is ek ook maar permanent ʼn toeris in die stad waar ek woon. Ek weet in elk geval nie hoe lank ek hier moet woon voor ek nie meer ʼn “inkommer” is nie (sê ek ook maar net hálf skertsend), ek ervaar Wespark en die Carlton Sentrum byvoorbeeld albei as plekke waarvan ek jare lank gehoor het voor ek dit gesien het. So vaar ek en vyf meisies onder twintig dus die stad in en ek dink ek kan met sekerheid verklaar dat die proses vir my net so opwindend was as vir hulle.  

Verskeie groepe mense in Johannesburg het heerlike oplossings gevind vir die feit dat mens nie meer orals alleen kan rondstap nie. “Safety in numbers” is dalk ʼn valse veiligheid, maar dis ook baie lekker!  

Die Joburg Photowalkers kom amper elke naweek bymekaar, enigeen is welkom, dis gewoonlik gratis en die uitstappies is baie uiteenlopend. Mark Straw is meesal die koördineerder en het in die laaste paar maande toegang verkry tot die gronde van ʼn privaatskool met lieflike ou geboue, tot ʼn gemeenskapssentrum en die strate van Soweto, tot die kleedkamers van die Staatsteater en die opening van die gerestoureerde biblioteek (waaroor Andries Bezuidenhout in sy blog http://versindaba.co.za/2012/02/16/andries-bezuidenhout-soms-goeie-nuus-ook/ geskryf het)

 Verder is daar twee ander groepe wat ek al meegemaak het. Die Ancient Secrets staptoere wat gelei (en gereël) word deur Ishvara Dhyan, besoek die Muti-mark (en dan blog van die stappers agterna http://2summers.net/2012/02/20/traditional-african-culture-in-a-modern-african-city/ ) of Fordsburg, Chinatown en Yeoville. Ishvara is ʼn veelberese sjef met ʼn diepe waardering vir elke kultuur se uniekheid. Hy ken die meeste van die gemeenskapsleiers en dikwels ook die hele gemeenskap (hy woon baie jare al in die middestad), dus word hy en sy groep met vertroue toegelaat by plekke wat nie eintlik aan buitestaanders bekend is nie. So het ons ʼn daktempel besoek in die middel van woonstelgeboue en daar het ʼn sewentigjarige man op antieke musiekinstrumente die mooiste klanke voortgebring. Ek het ook geleer dat al die sekuriteitskameras wat ek waargeneem het in daardie spesifieke buurt nie was om kriminele te vang nie, maar om die polisie te sien aankom. Baie mense is nog onwettig hier, sommige leef in haglike omstandighede hul drome uit om ʼn lewe te bou in ʼn vreemde land. 

Dan is daar ook nog Past Experiences, gelei deur Jo Buitendach. Haar staptoere was onlangs na Newtown en die middestad, waar sy gefokus het op die kwessie van public art.  Sy neem mense op inkopietogte na die middestad, na die Kwai Mai-Mai Mark, die spore van ou Sophiatown en die opelugmark in Fordsburg (dis nie die Oosterse Plaza nie). Mense blog en berig oor hulle ervarings hiervan ook, soos bv hier http://www.smh.com.au/travel/joburg–for-an-urban-jungle-full-of-surprises-20120119-1q810.html   Jo reël ook jogasessies op die dakke van sekere geboue in die middestad en mens kan deelneem aan vroegoggend 5km fiksblystappe deur (ek hou van die woord) “downtown”.  Mense daag op met yslike groot kameras of met selfoonkameras, hulle kom met tattoos of met spierwit hare en stapkieries – ons is oral nog net met ope arms en vriendelikheid begroet – al het ek maar van die manne wat in Joubert Park lê en “slaap” goed sien rondloer onder hulle kepsies deur. 

So far so good, ons dra al ons toerusting oop en bloot saam. Liefdadigheid en uitreikaksies vorm deel van die aktiwiteite en sommige uitstappies is spesifiek na skooltjies of ouetehuise waar portrette geneem word en aan die persone geskenk word. Baie van hulle het nog nooit foto’s van hulself gehad nie. 

Ek het in 2009 begin om gedigte oor Johannesburg te versamel, net vir die interessantheid. En omdat ek nou al ʼn uitgebreide graffiti-reeks in my foto-album het.  

Luister hier http://www.youtube.com/watch?v=YH7O-Q7tQds na Ian Gregory Robinson (aka Ewok) se 2009 Berlyn Poësiefees-voordrag van die gedig “That’s Joburg.” 

Twee ander gedigte oor Johannesburg het my hierdie week weer vir verskillende redes opgeval:

PALOMAR PLACE, OBSERVATORY

         Now the wind, once in our sails, blows the washing dry

-          Matthew van der Want

 

hoe verduidelik ek hoe populierblare tril voor hulle tuimel

sal ek sê die takke is heksekloue wat brandend na wolke gryp?

-          troos die ketter die winter kom om die geknetter te blus –

hoe beskryf ek hoe wit die skemer agter bome blink

hoe kan ek jou vertel van marmer wat die maan oor blare skink?

 

ag wat weet hierdie uitkykpunt van hekse sterre die maan?

 

nou gee die aarde die son ʼn koue skouer

hou die wasmasjien uiteindelik op tuimel

buite stap ʼn vrou met ʼn sak op haar kop

hark ʼn man gedwee nog blare op

 

25 April 2009                   (Andries Bezuidenhout)

 

En dan die (vir my) hartverskeurende Wopko Jensma-gedig:

 

MY TA SE TA

 

my ta se ta het lank gelede ook

in die miernes, joburg gejob

hy was ʼn klein mier

en hy’t gebewe as die baas met hom praat

hy was die kleinste mier

wat in die carlton centre se kantore

vloere en vensters gewas het

en onder in die kelder

het hy vir homself lê-plek gemaak

klein-lê want hy was klein

 

toe die fighters of freedom nes semels

saam met die wind deur die ou sif geloop het

het hy gesê : - nee, hy loop nie saam nie

hy’s bang vir die baasdaarbo

(miskien het hy sy baas chris gemeen)

Maar die fighter-miere het vir hom gesê:

-          nou toe, jy’s klein, jy kan spaai…

maar hy was bang vir die baasdaarbo

en hy’t in sy lê gaan wegkruip

maar die miere wat vir die freedom fight

het hom daar gekry en gelag:

-          jy’s klein en bang, of treiter jy?

en omdat hy so klein en niks was

het die freedom miere hom gegaffel

en toe, snaaks genoeg, my ta se ta

hy’t toe nes sy baas chris

sy arms oopgegooi tot water uit sy sy

die kruis in die fighters se oë gespyker het

al was hy so klein, was hulle nou bang…

het hulle verstaan toe die donker val?

en toe die ingevoerde bokhaarkombers –

reg voor in die carlton se vertoonvenster

in twee stukke geskeur het

en toe sjaka se stat nes brood gerys het

op dieselfde ou miernes, joburg

                              (uit Sing for our execution)

 

Philip de Vos. Hoe vertaal mens ‘n Mozart-brief?

Friday, January 27th, 2012

 

Vandag, 27 Januarie, is Mozart se verjaarsdag.

 

 

Mozart – volgens baie – vir my inkluis, is die grootste komponis ooit.

Mozart, van wie gesê is:

God needed Mozart to let himself into the world. – uit Peter Shaffer se toneelstuk Amadeus.

Mozart is happiness before it has gotten defined – Arthur Miller.

I believe in God, Mozart and Beethoven – Richard Wagner.

Mozart is the greatest composer of all. Beethoven “created” his music, but the music of Mozart is of such purity and beauty that one feels he merely “found” it – that it has always existed as part of the inner beauty of the universe waiting to be revealed. – Albert Einstein

Maar daar is ander wat anders dink: If a man tells me he likes Mozart, I know in advance that he is a bad musician. – Frederick Delius.

 

 Oor die jare het heelwat persone probeer om die Mozart-briewe te vertaal – veral in Engels en Frans, en elke keer het die vertalers by sekere probleme vasgesteek.

In haar inleiding tot die eerste uitgawe van haar bekende The Letters of Mozart and his Family (1938) sê Emily Anderson: “It should not be necessary to offer any apology for an English edition of letters of Mozart and his family. The only existing translations – are to be found in two collections, one by Lady Wallace (1864) and the other by M.M. Bozman (1928)”

 

 In 1864 noem Lady Wallace: “Though the essential substance of the letters has already been made known by quotations from biographies by Nissen, Jahn and myself, still in these three works the letters are necessarily not only given very imperfectly, but in some parts so fragmentary, that the peculiar charm of this correspondence – namely the familiar and confidential mood in which it was written at the time – is entirely destroyed.”

En Max Kenyon in sy 1956 A Mozart letter Book voeg by: “All editors have to face the impossibility of printing Mozart’s letters as they were written: What about Mozart’s made-up languages, partly vulgar but amusing, childish and partly a sort of code? And what about the misspelling and backward spelling when in high spirits?

En veel later kom Robert Spaethling se Mozart’s Letters, Mozart’s Life (2000)

 

 ”Young Mozart never had any formal education: his only teacher was his father, who instructed him and his older sister in music, history, German and probably some Italian, French and Latin. This lack of schooling is evident in Wolfgang’s prose, especially in his early years, when the teenager wrote letters to his sister with little concern about language and spelling. In this new translation, I have striven to bring out Mozart’s own voice and diction … and even his phonetic spelling.”

Met vier verskillende vertalers word dit tog interessant om vertalings van dieselfde brief te beskou:

Een van die heel eerste briewe van die jong Mozart was in Januarie 1770 toe hy en sy vader Leopold deur Italië getoer het:

 

 Hier is hoe Lady Wallace dit in 1864 vertaal:

“The opera at Mantua was very good. They gave Demetrio. The prima donna sings well, but is inanimate, and if you did not see her acting and only singing, you might suppose she is not singing at all, for she can’t open her mouth and whines out everything, but this is nothing new to us.”

Emily Anderson in 1938, se vertaling is min of meer dieselfde:

The opera at Mantua was charming. They played Demetrio. The prima donna sings well, but very softly …

Dan egter kom daar probleme. Destyds tussen opera-bedrywe is selfs ballet-uittreksels bygevoeg of anders hansworsery wat so ’n teateraand etlike ure laat duur het. So byvoorbeeld word Mozart se beskrywing van ‘n hanswors-toneel deur Lady Wallace vertaal:

“There is a grotesco who jumps cleverly, but cannot write as I do – just as pigs grunt.”

Emily Anderson in die 30’s praat van: “A grotesco was there who jumps well, but cannot write as I do, I mean, as sows piddle.”

Robert Spaethling in die jaar 2000 kon dit seker nader beskrywe as enige van die ander: “There was a grotesco dancer who can’t write like me: as pigs piss.”

Later word die grotesco danser weereens deur beide Anderson en Spaethling genoem, maar in die laat 19de eeu was mense blykbaar ordentliker as dié van vandag en word die volgende toneel heeltemal verswyg en uit Lady Wallace se vertaling gelaat.

Hier is hoe Emily Anderson dit beskrywe:

“The orchestra was not bad. In Cremona it is good. The first violin is called Spagnoletto. The prima donna is not bad; she is quite old, I should say, and not good looking.”

Hier is Spaethling se vertaling van wat tussen bedrywe op die verhoog plaasgevind het.

Ook hou Spaethling hom by die oorspronklike gees van die briewe, spelfoute en al soos die veertienjarige Mozart dit beskrywe het:

“The opera in Mantua was nice, they played Denetrio, the prima Dona’s singing is good, but too soft, and if you didn’t see her act with her hands but only hearde her sing, you would think she is not singing at all becaus she doesn’t open her mouth and just whines everything out very softly, but this sort of thing is nothing new to us …The Orcchestro was not at all bad. The Cremono orchestro is good, the first violinist is called Spangoletto. The prima Dona not bad, pretty old I think, and unattractive, and doesn’t sing as good as she acts… A grotesco dancer was there as well; he let out a fart each time he jumped.”

Hierdie was een van die heel eerste briewe van die jong Mozart geskryf in 1770, en vir my is Spaethling se Engels seker die naaste aan hoe Mozart geskryf het en en word hy met al sy gebreke ’n mens van vlees en bloed.

 

 Nóg Anderson, nóg Spaethling verswyg Mozart se vulgariteite, veral in die briewe aan sy niggie Maria Thekla – ook bekend as Bäsle. En vir diegene wat dink dat die Mozart-vulgariteite in die film en toneelstuk Amadeus oordrewe is, kan gerus die Spaethling-vertaling gaan lees, en besef dat Schaffer tog na aan die waarheid gekom het.

 

 ’n Hoogtepunt van my 2½ maande toer deur Noord-Amerika was toe ek vir Robert Spaethling en sy vrou Ellen kon ontmoet.

Alles was blote toeval: ’n Paar jaar gelede begin ek gesels met ’n jong Amerikaanse skrywer Troy Ygnacio Soriano in die stoomkamer by die Virgin Active gym in Groenpunt, en toe hy my tuis besoek, sien hy die Spaethling-vertalings tussen my Mozart boeke. “I know him. He is the gentleman whom I saw in a shopping mall in San Francisco and then helped when he had problems with his cellphone.”

En so het ’n e-pos korrespondensie tussen my en Robert Spaethling begin. Ek het hom vertel van my novelle Tot siens Tommasino oor die 1770 vriendskap tussen Mozart en Thomas Linley en het hom my ongepubliseerde Engelse weergawe bloot vir sy eie genot gestuur. En hier is hoe hy dit beskryf het: “A love story without sex. Two wunderkinder in search of their own humanity.”

Op 28 September 2011 het Peter en ek by San Francisco se Ferry Building vir Robert Spaethling en sy vrou Ellen gewag. Hoe sou ons mekaar herken? Ek sou ’n rooi hemp dra, en hy ’n kierie en ’n strooihoed.

 

 Vir twee uur lank het ons gepraat en was ek bewus van die warm hand van ’n tagtigjare wat myne vashou. En met die weggaan het hy vir my gesê: “Leb Wohl! I know we will never meet again.”

Vir Robert Spaethling en Ellen sal ek onthou lank, lank nadat ek Old Faithful en Mount Rushmore vergeet het. En dit alles te danke aan Troy Soriano toe hy die Spaethling-vertalings van die Mozart-briewe op my rak gesien het.