Posts Tagged ‘Adonis’

Nobelprys vir Bob Dylan?!

Thursday, October 1st, 2009
Bob Dylan

Bob Dylan

Op sy onlangse blog het Desmond Painter my ietwat voorgespring met ‘n bespiegeling rondom kandidate vir vanjaar se Nobelprys vr Letterkunde wat oor ongeveer twee weke van nou af aangekondig word. Oudergewoonte is die internet boepensdik van al die heerlike bespiegelinge oor wie se naam vanjaar uit die hoed getrek gaan word. Onwillekeurig dink ‘n mens aan digters soos Ernesto Cardenal (Nicaragua), Roberto Juarroz (Argentinië), Adonis (Sirië) en Hans Magnus Enzensberger (Duitsland). Om nie eens te praat van ons eie twee kandidate wat vanjaar (so glo ek graag) ‘n besonder sterk kans het nie … En wat van prosateurs soos Amos Oz, Carlos Fuentes, Philip Roth, Haruki Murakami en ‘n magdom ander? Selfs Bei Dao (China/VSA) is elke jaar ‘n sterk gunsteling, maar net soos dit die geval is met Salman Rushdie sal só ‘n toekenning waarskynlik met té veel politieke bagasie gepaardgaan. (En wat van Tomas Tranströmer?!)

Nietemin, groot was my verbasing toe ek op De Contrabas lees dat niemand minder as Bob Dylan op dié stadium as gunstige kandidaat bejeën word nie. Volgens die Deense literator, Anne-Marie Mai, gaan die toekenning na alle waarskynlikheid vanjaar na ‘n Amerikaanse skrywer gaan; veral na aanleiding van die Akademie se voormalige hoofsekretaris, Horace Engdahl, se gewraakte uitspraak jeens die Amerikaanse letterkunde verlede jaar. Volgens The Guardian se berig van 1 Oktober 2008 het hy gesê dat die Amerikaanse skrywers  te selfgesentreerd is.  ”The US is too isolated, too insular. They don’t translate enough and don’t really participate in the big dialogue of literature,” het hy glo gesê. Later het sekretaris Engdahl dié bewerings probeer ontken en beweer dat dit ‘n misverstand is. Maar nou ja, die skade was gedoen.

Verdermeer word die argument dat Bob Dylan voordeel mag trek uit ‘n regstellende stem ten gunste van ‘n Amerikaanse bekroning, word ook op Knack se webblad gevoer. Ook hulle haal Anne-Marie Mai aan wat beweer dat Dylan se nominasie al vir etlike jare voor die komitee dien, maar telkens oor die hoof gesien word; skaamteloos lewer sy egter nou ‘n betoog ten gunste van bekroning vir hom, aangesien hy “de experimentele romantische en modernistische tradities van de wereldliteratuur verder gevoerd en met populaire uitdrukkingsvormen versmolten (heeft).” Na haar mening kan Dylan op dieselfde vlak geplaas word as skrywers soos Alexander Poesjkin, Charles Baudelaire, Walt Whitman, Johann Wolfgang Goethe en John Keats.

Nou ja, toe. Indien ‘n liriekskrywer bekroon moet word, is ek dit heeltemal eens dat onse Bobbie ‘n besonder sterk kandidaat is … En selfs wanneer sy lirieke met die Amerikaanse digkuns vergelyk word, staan hy waarskynlik ‘n neuspunt voor die meeste ander … Maar ‘n bekroning vir hom ten koste van soveel ander onvergeetlike skrywers?! Sjoe, darem seker nie, of hoe?

Hoe dit ook al sy, solank ons net kan aanhou met asemhaal, sal ons mettertyd wel weet.

As toegif vanoggend plaas ek die laaste strofe uit “A Hard Rain’s A-gonna Fall” wat waarskynlik as Bob Dylan se mees beroemde liriek beskou kan word. Die res van die liriek - asook al die ander - is hier te lees.

***

Maak ook net seker dat jy Yves T’Sjoen se nuwe blog te lese kry; dis absoluut fassinerend. Cas Vos ‘n huldeblyk vir IL de Villiers gestuur en Hennie Aucamp gesels alte heerlik met Bernard Odendaal in die Brieweboks oor die Liedteks as deel van die poësieskat in Afrikaans. Intussen het Jakkie van der Colff sy (of haar) beswaar teen Bernard Odendaal se resensie van Jelleke Wierenga se bundel, Bloot mens, na LitNet geneem en hom (of haar) tromop geloop teen twéé geïnspireerde reaksies, naamlik die van Koos Sas en Marna Duvenhage. Gaan lees gerus. Ai, ai, dis altyd só jammer wanneer mense hoor maar nie luister nie.

Nietemin, ‘n lekker (musikale) dag word jou toegewens.

Mooi bly.

LE

Oh, what’ll you do now, my blue-eyed son?
Oh, what’ll you do now, my darling young one?
I’m a-goin’ back out ‘fore the rain starts a-fallin’,
I’ll walk to the depths of the deepest black forest,
Where the people are many and their hands are all empty,
Where the pellets of poison are flooding their waters,
Where the home in the valley meets the damp dirty prison,
Where the executioner’s face is always well hidden,
Where hunger is ugly, where souls are forgotten,
Where black is the color, where none is the number,
And I’ll tell it and think it and speak it and breathe it,
And reflect it from the mountain so all souls can see it,
Then I’ll stand on the ocean until I start sinkin’,
But I’ll know my song well before I start singin’,
And it’s a hard, it’s a hard, it’s a hard, it’s a hard,
It’s a hard rain’s a-gonna fall.

 

© Bob Dylan (uit: A Hard Rain’s A-gonna Fall)

Vredesdigter in tye van konflik

Wednesday, August 12th, 2009

 

Mahmoud Darwish

Mahmoud Darwish

Waar die Oos-Europese digkunste sowat ‘n dekade gelede ongekende blootstelling en erkenning geniet het, het die fokus die afgelope jare nogals ietwat verskuif met veral die Midde-Oosterse digters wat al hoe meer aan internasionale aansien begin wen. Met digters soos Adonis, Mahmoud Darwish, Yehuda Amichai, Dan Pagis en Dahlia Ravikovitch in hul geledere is dit ook geen verrassing nie. Tragies genoeg was dit Sondag, 9 Augustus, presies ‘n jaar gelede dat een van hul mees begaafde digters, Mahmoud Darwish, weens komplikasies na hart-chirurgie in Houston, Texas, gesterf het. Hy was 67 jaar oud.

Gebore in Al Birweh, Palestina, moes Darwish se ouers met hul gesin na Labanon vlug tydens die vestiging van die Israelse staat in 1948. Na vele omswerwinge het hy in 1996 na Israel teruggekeer en hom by Ramallah aan die Wes-Oewer gevestig. Meer as dertig bundels het na sy debuut in 1964 verskyn en hy was ongetwyfeld die mees prominente Palestynse digter; danksy die groot getal bundels wat na Engels vertaal is. Hieronder tel die volgende: Unfortunately, It Was Paradise: Selected Poems (2003), Stage of Siege (2002), The Adam of Two Edens (2001), Mural (2000), Bed of the Stranger (1999), Psalms (1995), Why Did You Leave the Horse Alone? (1994), en The Music of Human Flesh (1980). Die mees onlangse, The Butterfly’s Burden (Copper Canyon Press, 2006) is skitterend vertaal deur Fady Joudah en is sonder twyfel ‘n móét vir enige ernstige poësie-liefhebber. (Terloops, dié lywige bloemlesing van 326 bladsye se verkoopprys is ‘n skaflike R250.00 …)

Oor Mahmoud Darwish se werk het Naomi Shihab Nye die volgende te sê gehad: “Mahmoud Darwish is the Essential Breath of the Palestinian people, the eloquent witness of exile and belonging, exquisitely tuned singer of images that invoke, link, and shine a brilliant light into the world’s whole heart. What he speaks has been embraced by readers around the world-his is an utterly necessary voice, unforgettable once discovered.” Amen. Ek kan ten volle hiermee akkoord gaan. So, snuffel gerus op die internet rond en lees meer oor dié formidabele digter wat ons ‘n jaar gelede ontval het. Gaan kyk veral na Darwish se buurman, Raja Shehade, se ontroerende stuk wat hier te lese is.

Meteens besef ek hoeveel van die vernaamste digters in wêreldpoësie hul werk juis te midde van ontheemding en verbanning gelewer het (of steeds lewer): Adonis, Bei Dao, César Vallejo, Pablo Neruda, Faiz Ahmed Faiz, Josph Brodsky, Osip Mandelstam en Paul Celan. Om natuurlik ook nie van Breyten Breytenbach te vergeet nie! Miskien het dit te make met iets wat Luigi Pirandello by monde van ‘n karakter in een van sy drama’s gesê het: “For never is man so introspective as when he suffers.”

Maar wag, nou begin ek babbel. Hieronder is ‘n vers van Mahmoud Darwish uit The Stranger’s bed (1998), soos vertaal deur Fady Joudah.

En bly tog uit die greep van die struikrowers vandag.

Mooi bly.

LE

 

SONNET V

 

I touch you as a lonely violin touches the suburbs of the faraway place

patiently the river asks for its share of the drizzle

and, bit by bit, a tomorrow passing in poems approaches

so I carry faraway’s land and it carries me on travel’s road.

 

On a mare made of your virtues, my soul weaves

a natural sky made of your shadows, one chrysalis at a time.

I am the son of what you do in the earth, son of my wounds

that have lit up the pomegranate blossoms in your closed-up gardens.

 

Out of jasmine the night’s blood streams white. Your perfume,

my weakness and your secret, follows me like a snakebite. And your hair

is a tent of wind autumn in color. I walk along with speech

to the last of the words a bedouin told a pair of doves.

 

I palpate you as a violin palpates the silk of the faraway time

and around me and you sprouts the grass of an ancient place-anew.

 

© Mahmoud Darwish (vertaling: Fady Joudah)