Posts Tagged ‘Afrikaans’

René Bohnen. Databasis van skrywers

Thursday, May 17th, 2012

Ek wou so graag ‘n ordentlike stuk oor hierdie projek geskryf het, maar dit sneuwel elke keer weens tydsfaktore. Nou plaas ek maar net kortliks, sodat dit aan die gang kan kom.

Die webwerf van http://www.literarytourism.co.za/ benodig name en inligting van Afrikaanse skrywers met KZN-verbintenisse. Hier is ‘n uittreksel uit die brief wat ek van die baie vriendelike Lindy Stiebel ontvang het.

we welcome writers in any language and if we’re light on the Afrikaans writers then please help add to the list! We work on suggestions from people and will get DJ Opperman and Riana Scheepers added to the ‘to-do’ list. In fact if you have the time and energy, you could construct the profiles yourself ? Go to www.literarytourism.co.za for some examples: we need a short bio (which highlights KZN connections if possible), a photo of the writer, a relevant or typical extract from their work and a list of works published. We would acknowledge your contribution.

We are busy with an entry on Laurens van der Post in his capacity as the Afrikaans editor for Voorslag (with Campbell and Plomer) but there’s clearly a gap in the Afrikaans language writers on the website and I am grateful you have picked this up.”
Dit sal wonderlik wees as Afrikaanse skrywers meer volledig verteenwoordig word op hierdie webwerf - Lindy is besonder gewillig en entoesiasties oor enige inisiatiewe en geleenthede rondom die literatuur, sy help met blootstelling en beriggies in die koerante, alles.
Dankie!

Andries Bezuidenhout. Die storie – vertaling van ʼn gedig deur Michael Ondaatje

Thursday, December 8th, 2011

i

Vir veertig dae ontvang ʼn kind
drome uit vorige lewens.
Reise, kronkelpaaie,
ʼn honderd beskeie lesse
en dan word die verlede uitgevee.

Party skreeu met geboorte,
ander dwaal teruggetrokke
die verlede in – daardie winterbusrit,
skielike aankoms
by ʼn nuwe stad in die donker.
Ook afskeid van familiebande,
laat d
í
t wat verlore is en benodig word agter.
Die kind se gesig ʼn oppervlak
van vlietende wolke en emosies.

Laaste kans vir die self se helder geskiedenis.
Al ons moeders en grootouers hier,
ons gesloopte kindwese
in die verlede se bouwerk.

Grootse dagdroom van veertig dae
voor ons die kaarte begrawe.

ii

Daar kom ʼn oorlog, sê die koning vir sy swanger vrou.
In die doodsnikke sal sewe van ons
die rivier ooste toe oorsteek
en onsself in landerye vermom.
Ons sal mark toe gaan
en toumakers bevriend. Onthou dit.

Sy knik en streel die baba in haar buik.

Na ʼn maand sal ons weer
daardie koning se sale binnegaan.
Dowwe lig uit klein, ho
ë
vensters.
Ons het sonder wapens gekom,
net mandjies vol tou.
Vir jare het ons geoefen,
om suutjies te beweeg, onsigbaar,
nie ʼn lit te laat kraak nie,
asem te laat blaas nie,
selfs in verligte kamers,
sodat ons in hierdie gebou,
waar bewakers in skemerlig wag, kan verdwyn.

Op ʼn sekere nag
moet die sewe by ʼn horisonstale deur ingaan.
Onthou dit, koponderstebo,
soos met geboorte.

Dan (sê hy vir sy vrou)
is daar ʼn gang van druppende water,
luidrugtige reën, ʼn gevoel
van gediertes wat om jou voete krioel.
Ons gaan n
ó
g donkerder sale binne,
bibbernat tussen vyandige krygers.
Ons doof die laaste lig uit om hulle te kan uitoorlê.

Na die skermutseling volg ons ʼn ander pad
en vermy alle deure noorde toe…

 (Die koning kyk af
en sien sy vrou slaap
in die middel van die avontuur.

Hy buig neer en soen die kind
in sy vrou se lyf deur haar vel.
Albei droom. Hy l
ê
daar,
kyk na haar gesig soos sy inasem.
Hy trek ʼn lok oor haar oog terug
en byt dit af. Vleg dit
in sy eie hare in, raak dan langs hulle aan die slaap.)

iii

Met die geskiedenis se geswenk
kan ek my jou toekoms nie verbeel nie.
Sou dit wou droom, jou
in jou tienerjare sien, soos ek my seun kon sien,
jou nukke wat reeds diepsinnig
teen die stad se vaart skaaf.
Oor ʼn toekoms raai ek nie meer nie.
Weet nie hoe ons eindig nie,
of waar nie.

Alhoewel ek, vir jou, ʼn storie oor kaarte ken.

iv

Na die dood van sy vader
lei die prins sy krygers
na ʼn ander land toe.
Vier mans en drie vroue.
Vermom reis hulle
deur plase, lande met rape.
Hulle is ingeto
ë
en skaam
op ʼn vreemde, onbevange manier.

In veselmarkte
maak hulle vriende.
Hulle is dansers
wat ligweg tuimel as hulle beweeg,
lang hare wild in die lug.
Hul skaamte glip weg.

Betower met die begeerte in hulle.
Hulle word aan hul danse geken.

Een aand verlaat hulle hul beddens.
Vier mans, drie vroue.
Hulle steek braak velde oor, waar niks groei nie
en swem deur kil riviere
die stad in.

Suutjies, onsigbaar tussen wagte
gaan hulle die horisontale deur binne
onderstebo sodat giflemme
nie aan hul raak nie. Dan
deur die reëntonnels.

Dis ʼn ou storie – een van hulle
onthou die pad na binne.
Hulle gaan die laaste skemer kamer binne
en blaas die lamp uit. Hulle beweeg
in die duisternis soos dansers
in die middel van ʼn doolhof,
gewaar die vyand voor hulle
met die donker kleed van hul tog.

Daar is geen manier om jouself na oorwinnings te gedra nie.

*

En wat nou moet gebeur is vergete.

Daar staan die sewe.
Een van hulle, die een wat daardie baba was,
kan nie die res van die storie onthou nie
– die storie wat sy vader geken het, onvoltooi
daardie nag, sy ma aan die slaap.

Ons onthou dit as ʼn teer storie,
alhoewel hulle miskien vergaan.
Die pa se lenige arm oor
die kind se vorm, die proe
van die haarlok in sy mond…

Die sewe omhels mekaar in die vernielde kamer
waar hulle sal sterf sonder
om van ontsnapping te kan droom.
Ons weet nie wat gebeur het nie.
Vanuit ho
ë
vensters is die toue
nie lank genoeg om tot by die grond te kom nie.
Hulle vat die vyand se messe
en sny hulle lang hare en vleg dit
aan een tou vas en hulle klim af
en hoop dis lank genoeg
tot in die duister nag.

Oorspronklike gedig:
“The Story”, deur Michael Ondaatje, Handwriting (2011, Cape Poetry), bls. 55-60.

Charl-Pierre Naudé. Mistastings oor taal bedreig Afrikaans se oorlewing

Friday, December 31st, 2010

 

Op grondvlak groei Afrikaans. Daar is passie vir die taal. So waarom dan bekommerd wees? Vergun my ‘n argument waarom.

‘n Taal is soos ‘n ekologie, ‘n bio-sosiale veld waarin betekenisse van ‘n oorkoepelende samehang afhanklik is. Hierdie feit word onderskryf deur elke denkbare taalfilosoof of taalkundige tot op hede. Voortbestaan van die taal word nie bepaal deur indiwiduele deelname nie maar deur die gehalte van kollektiewe deelname. En dís wat geskend word deur die huidige taalbestuur in die land.

Dis die middelpuntvliedende samehang, oftewel integriteit, van ‘n taalveld wat ‘n taal se bruikbaarheid as betekenisdraer bepaal.

Die argument gaan ook nie oor Afrikaans se voortbestaan as lieflike demotiese kommunikasiemiddel nie (dis intak) maar oor die gelyktydige voortbestaan as ontwikkelde, moderne taal. Demotiese taalvariante is van aard geperforeer, vaag en hoofsaaklik emotief in betekenis. Dis die sjarme daarvan. Dit kan egter nie instaan vir die rolle van ontwikkelde taal nie en ‘n opbloei in kletsrymgroepe wat Afrikaans gebruik beteken nie die taal as ontwikkelde medium word in stand gehou nie.

As die integriteit van ‘n taalveld weens óf politieke óf ander faktore verval sal sprekers hulself naderhand onttrek nes diere ‘n streek verlaat as die ekologie verval. Weens verskeie faktore verbrokkel die integriteit van Afrikaans as taalveld ondanks die passie van tallose indiwidue op grondvlak.

Ek staan nou die dag by ‘n partytjie en dink: Ek hoor sewe tale om my, gelyk! Dit was nie in die ou dae so nie. Dit is wonderlik. Maar hierdie geskenk uit die nuwe Suid-Afrika was ‘n rewolusionêre omverwerping wat die “natuurlike” integriteit van die plaaslike tale (helaas nie die eerste nie) en dit verg behoorlike ingrypingsbestuur. In stede het ons Gods water wat oor Gods akker loop. 

In terme van my analogie: Weens die feit van menslike ingryping in die natuur, iets wat ons lewens eindeloos verryk het, moet natuurbewaring helaas self ‘n ketting van voortdurende ingrypings wees. Menslike ingryping is die rede vir die verval, maar dit is terselfdertyd die enigste manier van bewaring.

Soortgelyk met tale. Meeste van die ingrypende faktore wat Afrikaans bedreig kan inderwaarheid verrykend wees as verdere ingrypingsbestuur op taalvlak daarmee gekombineer word. Hoe lyk die prentjie van Afrikaans se taalintegriteit in werklikheid?

  • Taalkohesie op streeks- en buurtvlak het sedert die einde van apartheid in vele plekke drasties in duie gestort, soms op geforseerde wyse.
  • Die gewone taalkombinering van mense wat oor taalgrense heen trou en kinders kry het met die verstrooiing van Afrikaanse mense in die buiteland (weens politieke redes meestal) oorgegaan in taalvervanging - ten koste van Afrikaans.
  • Die oorgelewerde, organiese taalkohesie van die werkplek of maatskappy is verboten weens rassekwota’s.
  • Dieselfde verlies aan samehangende taalveld kenmerk sport- en ontspanningsklubs, kerke, skole sowel as die sosiale dampkring, wat almal histories taalbindende terreine was.
  • Die media se rol in Afrikaanse taalkohesie, veral op ontwikkelde taalvlak, het drasties verval. Dis amper uitsluitlik demotiese taalvariante wat bevorder word.

In die lig van bogenoemde, is dit werklik soveel gevra dat een Afrikaanse universiteit klasse in onversnyde en onverknoeide Afrikaans doseer? Ons praat hier van die mees ontwikkelde inheemse taal wat Afrika tot dusver opgelewer het en ‘n taal wat groter is as byvoorbeeld Noors of Deens of moderne Hebreeus.  

Op haas elke lewensterrein moet Afrikaanse sprekers  na Engels of straatafrikaans oorslaan “ter wille” van ‘n medeburger.

Wat op aarde goeie ingrypings vir taalbestuur sal behels weet ons nog nie duidelik nie, maar dis ‘n begin om oorkoepelend na die stand van sake te kyk soos hierbo.

Wat nié goeie taalbestuur is nie weet ons wel uit feitelike bewyslewering wêreldwyd. Dis nié die T-opsie van brabbeltaal/Engels wat Stellenbosch Universiteit nou inslaan nie. Dit versnipper die taalveld doelbewus en sistematies. Die allerlaaste, nederige aandrang op Afrikaanse taalkohesie word so van die tafel gevee.

Dis ‘n saak wat die toekoms van die betekenissisteme van die hele kontinent ten nouste raak.   

 

 

(Nota: Hierdie is die oorspronklike weergawe van ‘n essay wat vroeër in Beeld verskyn het. - CPN )

 

 

Chris Coolsma. Wat betekent Afrikaans voor mij? (1)

Sunday, August 8th, 2010

Mijn overgrootvader was zendeling. Hij reisde naar Nederlands Indië omstreeks 1865 om Soendanezen te bekeren tot het (Protestants-)Christelijke geloof. In ‘De Geschiedenis van de Nederlandse Zendingseeuw’ beschrijft hij, hoe moeizaam het werk was. Uit de zieltjesboekhouding blijkt dat menige bekeerling terugbekeerde zodra de zendeling op verlof was. De jonge Sierk besloot om de Bijbel toegankelijker te maken voor de Soendanezen. Hij vertaalde het nieuwe Testament en stelde een woordenboek Seondaneesch-Nederlands-Soendaneesch(1884) en een Soendaneesche spraakkunst (1913) samen.
In mijn jeugd was ik trots op die avontuurlijke voorvader, die het van arme boerenzoon uit Friesland toch maar tot taalkundige had gebracht en later, dankzij een legaat, tot directeur van Schoonenberg, de Nederlandsche zendingsschool. Hij had zich nuttig gemaakt voor geloof en vaderland. Hij verspreidde de zegeningen van de Christelijke waarden en in een moeite door ook die van het moderne Westen. Er was in die dagen geen twijfel aan de morele juistheid van zijn zendingsarbeid. Hij dokterde trouwens ook nog en verstrekte kinine aan de bevolking. Dat moest wel een goed mens zijn.
Hij had begrepen dat taal een belangrijke brug is naar het hart van de ander. Hij had niet begrepen dat culturele identiteit zo diep geworteld is, dat die zich uiteindelijk zal ontworstelen aan elke vorm van onderdrukking. Hij zag zichzelf helemaal niet als onderdrukker, trouwens. Hij bracht heil en zegen, beschaving en vooruitgang. Daarom moest ook de belangrijkste van alle boodschappen vertaald worden, denk ik. En daarom waren we trots op hem. Boven de werktafel van mijn grootvader hing een klein glas-in-lood raampje, met een huldigingstekst gewijd aan Sierk Coolsma. Nee, over de daden van deze voorvader bestond geen twijfel.
Het duurde tot halverwege de twintigste eeuw, voordat het heroïsche beeld van mijn overgrootvader begon te wankelen. Ongeveer in de jaren dat ik ging studeren, begon het koloniale stelsel definitief in te storten. Indonesia had zich al in 1948 terecht ontworsteld aan de Nederlandse overheersing en in de twintig jaren daarna werd de bevrijding voltooid. De kleine oorlog in Nieuw Guinea was de laatste stuiptrekking. Drie eeuwen onderdrukking en uitbuiting werden afgesloten. Met de Nederlanders verdween het Nederlands daarginds spoedig, afgezien van wat leenwoorden.
Ongeveer in dezelfde tijd dat weldenkende Nederlanders begonnen te begrijpen dat de periodes van de Verenigde Oostindische Compagnie en de Zendingseeuw niet alleen een toonbeeld van ondernemendheid en heldendom waren geweest, waren minder weldenkende afstammelingen van de Nederlanders op een ander continent bezig, zich tot steeds wredere onderdrukkers te ontpoppen. Dat ook nog met een beroep op het geloof van mijn overgrootvader. Het superioriteitsgevoel werd verder opgeblazen en de Christelijke boodschap werd geperverteerd tot onderdrukkingsideologie. Het beeld van mijn overgrootvader veranderde en ik ging de Boeren ook anders zien. Dat ging niet van harte, want ze waren in mijn jeugd onze helden geweest. Ik moet nog ergens een voor kinderen geschreven boekje hebben, waarin moedige en standvastige Boeren zich slim verzetten tegen verraderlijke Engelsen en bloeddorstige Kaffers. De lading van dat scheldwoord besefte ik nog helemaal niet.
De betekenis van Afrikaans veranderde voor mij. Eerst was het een dierbaar deel van mijn jeugd, verbonden met trots en geloof in de goedheid en dapperheid van mijn voorvaderen. Nu werd het de taal van onderdrukkers, die het woord apartheid tot het beruchtste Nederlandse woord hebben gemaakt. Afrikaans werd besmet doordat juist die taal door het apartheidsregime was gestolen om als staatstaal te dienen. Zoals de liefde voor het Duits in mijn familie na de tweede wereldoorlog enige tijd sterk bekoelde, bekoelde de liefde voor het Afrikaans nu ook.
Niet dat ik de ingewikkeldheid van de situatie in de jaren zeventig echt begreep. We boycotten Outspan, tankten niet meer bij Shell, stortten geld op de rekening van het verzet, maar beseften niet - ik niet in elk geval - hoe gehaat ook de taal van de onderdrukkers geworden was. Ik besefte nog veel meer niet. Dat Afrikaans vaak de taal van de bruinmense is, naast die van de witmense. Dat Afrikaans ontstond als lingua franca, omdat het stijfkoppig plechtstatige Nederlands zo moeilijk was. Dat taal in het nieuwe beleid van de nieuwe regering zo’n belangrijke rol zou gaan spelen. Dat de oude wonden na de geweldloze ommekeer niet zomaar zouden genezen. Dat het ANC niet uit louter Mandela’s bestaat, alleen al omdat Mandela een uniek mens is, met een zelden voorkomende wijsheid. Dat mensen zich vastklampen aan hun welvaart en zekerheden en niet zomaar bereid zijn, solidair te zijn met de voormalige vijand. Dat onderdrukte mensen, die stelselmatig waardeloos zijn verklaard, niet van de ene dag op de andere in staat zijn om zich weer waardig te voelen en te gedragen. Zodat de kloof tussen wit/rijk en zwart/arm niet kleiner is geworden, en bruin nog steeds in die kloof ligt. Dat daar de kloof tussen zwart/rijk en zwart/arm nog bij zou komen.
Afrikaans was enige tijd besmet geraakt, maar erg diep zat de afkeer niet. Het is moeilijk om afscheid te nemen van je identiteit (wat ook omvat: diegenen met wie je je identificeert). Afrikaans is bovendien een levende taal van levende mensen. De taal zelf is even schuldeloos als het landschap waarin een bloedbad werd aangericht. De mensen die een taal spreken, die in het verleden misbruikt is door onderdrukkers, zijn niet opeens verachtelijk of schuldig omdat het hun taal is. Alleen als ze die taal nog steeds op dezelfde manier gebruiken, inclusief de verderfelijke begrippen en betekenissen van destijds en zonder te begrijpen wat dat gebruik heeft aangericht. Alleen als ze de taal gebruiken om zichzelf hoger te plaatsen, om anderen buiten te sluiten. Maar voor degenen die onderdrukt werden, zijn dat landschap waar het concentratiekamp stond, of dat gebouw waar de geheime politie martelde en moordde, of de taal die de onderdrukker sprak, nog heel lang schuldig. Zeker twee, misschien wel drie generaties kan het duren, voordat de wonden geheeld zijn, de schuld terugbetaald of vergeven is. Althans, zo luidt een algemeen verkondigd inzicht. Het kan nog veel langer duren, als de oude haat levend wordt gehouden door mensen die daar hun macht of hun identiteit aan ontlenen. Zo werd in voormalig Joegoslavië een atavistische wrok uit lang vervlogen tijden uitgevochten in een afschuwelijke burgeroorlog. En nog is het niet voorbij, wat de jeugd ook wil. Zo steekt antisemitisme steeds weer de walgelijke kop op. En zo zijn er vele diep met de ziel van miljoenen vergroeide xenofobische wortels van uit de hand lopende conflicten. De lijst is lang.
Ik ontleende noch macht, noch identiteitsversterking aan het nog langer verafschuwen van Afrikaans. Ik had geen last van xenofobie op afstand. Ik zie niet dagelijks de etterende wonden van een nog niet werkelijk opgelost conflict om me heen. Ik hoef niet elke dag bang te zijn dat ik wordt vermoord voor een selfoon. Ik zit niet in een te klein huis zonder water en elektriciteit te midden van een stadsoorlog werkeloos te wachten tot mijn regering doet wat ik dacht dat me beloofd was. Woning, water, werk, elektriciteit, gezondheidszorg, veiligheid. Ik zit niet gevangen tussen mijn wil om geduld te hebben met een democratisch gekozen maar niet democratisch werkende regering en mijn dagelijkse woede over een falend beleid en de daarmee gepaard gaande angst voor Zimbabwaanse toestanden en alledaags geweld. Ja, ik voel plaatsvervangende schaamte voor mijn kolonialistische voorouders met hun misplaatste superioriteitsgevoel en ethnische hoogmoed, maar wie ben ik om ze te veroordelen? Ik kan beter naar mijn eigen falen kijken en naar wat er in mijn eigen samenleving aan het gebeuren is. Wat zou ik dan tegen Afrikaans hebben en tegen de mensen wiens taal het is?
Het ging toch de goede kant op? Er was een nieuw begin gemaakt in Zuid Afrika. Een burgeroorlog was voorkomen. In het nieuwe land zouden de verschillen worden overbrugd. Er was een grondwet die moderner en democratischer was dan de onze. Daarmee was Afrikaans sinds 1994 voor mij een taal geworden als alle andere, zelfs een beetje meer, want toch ook een afstammeling van Nederlands. De mensen daarginds waren zich aan het verzoenen. Engels was de officiële taal geworden (diep in mij roerde zich de worm van de gekwetste trots). De andere volkstalen werden erkend.
Op een dag las ik bij toeval een gedicht in het Afrikaans.

Taalstereotipering en liggaamlikheid

Monday, May 24th, 2010
Kalkoen

In ’n Cape Monitor van 1875 lees ek ‘n beskrywing van Afrikaans: “Afrikaans cramps your thoughts. It impedes your energies. It brings the blush to every modest woman’s cheeks, and makes the educated recoil with disgust too often. It corrupts the morals of your children, and befouls their innocent expressions…”

Hierdie is maar een, vroeë voorbeeld in ‘n baie lang tradisie van stereotipering en denigrasie van Afrikaans — ‘n praktyk, natuurlik, wat nie beperk was tot Engelssprekendes nie, maar waartoe baie Afrikaanssprekendes, wat die taal destyds as bloot ‘n gebrekkige dialek van Hooghollands beskou het, ryklik bygedra het.

Die dehumanisering van die Khoisan tale strek selfs verder terug in tyd. Oor een van die Khoikhoi tale (so lees ek in Noël Mostert se fenomenale boek Frontiers) laat ‘n Europese reisiger uit die sestiende eeu hom soos volg uit: “When they speak they fart with their tongues in their mouths.” John Davys, so vroeg as 1598, skryf dat “their words are for the most part inarticulate, and, in speaking, they clocke with the Tongue like a brood Hen, which clocking and the words are both pronounced together, verie strangely.” John Milward maak ‘n soortgelyke ”observasie” in 1614: “These people are most miserable, destitute of religion in any kind, as farre as we can perceive, and of all civility; their speech is a chattering rather than language…” En in 1634 beskryf die reisiger Thomas Herbert die Khoikhoi tale as “rather apishly than articulately sounded.” 

Ek weet nie of iemand al ‘n sistematiese studie gemaak het van die aard en inhoud van stereotipiese en negatiewe taalvoorstellings in Suid-Afrika nie, maar dit sal fassinerende leesstof wees. Wat my veral sal interesseer in so ‘n studie, is ‘n analise van die rol van liggaamlikheid (of van liggaamlike metafore) in negatiewe taalvoorstellings…

Afrikaans, ras en nasionaliteit: Deel 2

Tuesday, May 11th, 2010
Filologie

Filologie

So ‘n rukkie terug het ek met groot gewigtigdoenery aangekondig dat ek elke nou en dan hier notas sou plaas oor ‘n referaat wat ek moet skryf oor taal, ras en nasionaliteit in Suid-Afrika. Intussen het ek die stroomversnelling van eksamens, merkwerk en puntelyste getref, en ek kon my klein kajak skaars regop hou…

In plaas van akademiese notas het ek inmiddels toe dus maar ’n paar versies geplaas, goed wat ek so tussen die werk deur opgemaak of gesteel het – meestal met stilswye begroet, natuurlik… Ugge-um! (As jy nou sleg voel oor jy nie voldoende op my digterlike keelskoonmake gereageer het nie, gaan lees gerus weer hier en hier en hier!)

Maar terug na my referaat. Een van die kwessies wat ek wil aanspreek is die verband tussen taal en ras, veral die ideologiese verstrengeling van Afrikaans met verskillende projekte (en projeksies) van “witheid”, “bruinheid” en “swartheid”.

Moet my nie verkeerd verstaan nie: ek wil nie probeer aanvoer Afrikaans is “eintlik wit” of “eintlik bruin” nie. Ek wil juis agterkom hoe dit moontlik geword het (en hoe dit moontlik bly/onmoontlik word) vir Afrikaans om betrek te word by prosesse en diskoerse van “rassisifikasie” — en met “rassifikasie” verwys ek spesifiek na die ideologiese konseptualisering van menslike verskille in terme van “ras”.

Wat dus duidelik moet wees, is dat ek ook nie veronderstel dat verskillende “rasse” bloot onproblematies as entiteite bestaan nie. In hierdie sin is ek “konstruksionisties”: ek beskou “ras” (die spesifieke verbeelding van menslike verskille in terme van “ras”) as ‘n sosiale konstruk, die produk (en dikwels korrelaat) van historiese prosesse. Anders gestel: ‘n mens sou ook anders kon dink oor menslike verskille, en in ander terme as die wat deur ras-diskoerse aan ons verskaf word…

Gevolglik stel ek ook belang in die spesifieke wyse waarop ‘n bepaalde samelewing sigself in terme van ras (en in rasse-terme) verbeel. Dit is tog duidelik dat, selfs al blyk dit asof diskoerse oor ras nou universeel is, nie alle samelewings op presies dieselfde manier in rasse-terme verbeel word nie. (Omdat ek dit glo, glo ek natuurlik ook dat dit, ten minste teoreties, moontlik is om ‘n samelewing nie-rassig te verbeel… En, moet ek byvoeg, ek sal dit aanhou glo selfs al is ek uiteindelik die laaste nie-rassige Suid-Afrikaner!)

As verskillende samelewings verskillend in terme van ras, en in verskillende rasse-terme, verbeel word, kan ‘n mens jouself afvra: wat is die rol wat taal (taal as ‘n merker van verskil of ook ‘n spesifieke taal soos Afrikaans) gespeel het of steeds speel in die spesifieke manier waarop hierdie samelewing of gemeenskap in terme van ras tot stand gekom het en funksioneer? 

“Ras” (as begrip) het natuurlik self ook deels ‘n talige geskiedenis. Daar word dikwels van “kulturele” rassismes gepraat asof dit ‘n “nuwe” rassisme is, een wat die retoriek van biologiese verskille vervang met verwysings na “kulturele” verskille. ‘n Geneologie van die rasbegrip maak dit egter duidelik dat dit, voordat dit nog biologies geartikuleer is, reeds in die filologie in terme van taalverskille en “taalfamilies” betekenis verkry het en ‘n fundamentele impak gehad het op hoe verskille tussen mense verbeel en bedink is. Die “nuwe” kulturele rassisme is dus in ‘n sekere sin eintlik die “ouer” vorm van rassisme; en die konseptualisering van taal as sodanig het van meet af aan ‘n rol gespeel in die ontwikkeling van rasse-denke…

Volgende keer meer.

Dorothy Parker – vertaling in Afrikaans

Thursday, December 3rd, 2009

Dorothy Parker - vertaal deur Daniel Hugo

 

 

Partial Comfort

Dorothy Parker

 

 

Whose love is given over-well

Shall look on Helen’s face in hell,

Whilst they whose love is thin and wise

May view John Knox in paradise.

 

 

 

 

Waarskuwing

Dorothy Parker

 

 

hy wat die liefde bedryf as ‘n spel

sal vir Madonna ontmoet in die hel

maar diegene wat moreel is en wys

sal met Calvyn klets in die paradys.

 

 

(Uit: Monnikewerk, Tafelberg, 1995)

 

 

*

 

 

Sanctuary

Dorothy Parker

 

 

My land is bare of chattering folk;

The clouds are low along the ridges,

And sweet’s the air with curly smoke

From all my burning bridges.

 

 

 

 

Toevlugsoord

Dorothy Parker

 

 

Ver van skinder en skarrel

is ek alleen in hierdie land

waar die rook vertroostend dwarrel

van al my brûe wat so brand.

 

 

*

 

 

Résumé

Dorothy Parker

 

 

Razors pain you;

Rivers are damp;

Acids stain you;

And drugs cause cramp.

Guns aren’t lawful;

Nooses give;

Gas smells awful;

You might as well live.

 

 

 

 

Samevatting

Dorothy Parker

 

 

’n Lem brand seer,

riviere is klam,

suur kan jou ontsier

en pille maak lam.

’n Geweer is onwettig

’n strop kan glip en gly,

gas is ver van prettig –

jy kan liewer aan die lewe bly.

 

“Maar hulle is Afrikaans (lees: die Afrikaner) nie goedgesind nie”

Thursday, October 8th, 2009

Laat ek dit dan maar op rekord hier in my klein hoekie sê. Ek vind waarmee mede-digter Jelleke Wierenga besig is afstootlik. Lees hier. Ek bevraagteken nie haar reg om te sê wat sy wil sê nie, of om op te tree waar sy wil optree nie. Maar haar tirades teen swart sprekers van Afrikaans en oproepe vir mense om by spesifieke politieke partye aan te sluit is iets wat benede die openbare rol van ʼn Afrikaanse digter behoort te wees. Digters het uit die aard van die saak ʼn politieke stem, maar oproepe om by spesifieke partye aan te sluit? Ek weet nie so mooi nie…

Om Jan Rabie aan te haal, uit die boek Halala Afrikaans:

“Afrikaans is die grootste nie-rassige prestasie in ons Suiderland sover. Gesamentlik geskep deur mense van drie vastelande – Afrika, Asië en Europa. En daarom is dit nie die besit van eensydige politieke partye nie, maar behoort dit aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. En daarom ook is my taal my beste wapen teen rassisme.”

As die taal dan kwansuis besig is om te sterf, is hiérdie tipe pogings om Afrikaans (weer) vir Afrikaners te kaap die grawe wat die vinnigste in ses voet se rigting spit.

ʼn Liriek vir Soweto-dag

Tuesday, June 16th, 2009

Vreemde ervaring hierdie naweek in Belavista Lounge in Troyeville. Die kroeg het ʼn uitsig oor Hillbrow. Bloedskande, ʼn nuwe Afrikaanse rockband het gespeel. Ook die Couch Potatoes, ʼn band van Pretoria wat crossover rock en jazz doen. Ek sal Sondag in my rubriek in Rapport meer uitvoerig daaroor skryf, maar hier is ʼn voorsmakie van Jan Smart, Bloedskande se sanger en kitaarspeler, se lirieke:

kind van die voorstad
met verveeldheid in sy kop
grootgemaak deur coupland
pahlaniuck en lynch

kind van die grootstad
met die woede in sy kop
vervolmaak deur orwell
huxley en lang

kinders roer die koffie
die bitterheid gaan dalk weg
afrikaans hang aan die galg
kom ons partytjie terwyl dit sterf
(julle volk het saam met apartheid gesterf!)

die skip gaan sink!
die skip gaan sink!
die skip gaan sink!
die! skip! gaan! sink!

Tot sover. Nou ja toe. ʼn Vrolike Jeugdag vir u.