Posts Tagged ‘Battery 9’
Wednesday, March 17th, 2010

Die een ding wat my steeds van Koos du Plessis verstom, is hoe hy musikale grense in Afrikaanse musiek oorbrug. Dink maar aan sy lied “Gebed,” wat keer op keer deur gospelsangers gesing word. Die mees oortuigende weergawe daarvan, dink ek, is egter Dozi s’n. Sy stem dra iets van die ware kwaliteit van die lied oor: ʼn Desperate kreet om hulp van ʼn alkoholis wat ”elke afdraaipaadjie” kén - “elke keer het U my iewers kom haal, maak dit, Heer, die laaste maal.” Maar hy wéét dis nie die laaste maal nie.
Maar dis nie net skoolkore en gospelsangers wat deur Koos du Plessis betower word nie. Een van my gunsteling interpretasies van ʼn Koos Doep is Battery 9 se weergawe van “Kouevuur”. Paul Riekert gooi die wysie weg en werk net met die ritme van die liriek, een wat jy kan spoeg en grom. Absoluut asemrowend. Luister hier, sommer ook na “Lie if you have to”.
Dan het Johannes Kerkorrel ʼn hele CD met Koos du Plessis covers opgeneem. Hy het dit weer op sy manier geïnterpreteer, iets waaroor ek baie dankbaar is, aangesien Kerkorrel een van die groot geeste van een van die ander rewolusies in Afrikaanse musiek was. Ek is bly hy het op so ʼn manier hulde gebring aan ʼn voorganger.
Dan is daar natuurlik Gert Vlok Nel se pragtige afskeid aan Koos du Plessis - “Waarom ek roep na jou vanaand”… “Gert bo die grond roep na Koos onder die grond, kom in Koos, kom in, kom in…”
En nou voeg Francois van Coke ʼn nuwe generasie se stem by die res van die left field koor wat Koos du Plessis se songs laat aanhou sing. Nóg een van die voorlopers van ʼn nuwe rewolusie in Afrikaanse musiek. ʼn Nuwe interpretasie van “Skadu’s teen die muur” is te vinde op Van Coke Kartel se pas uitgereikte CD Skop, skiet en donner. Van Coke Kartel is die meer ongeskikte off shoot van Fokofpolisiekar, maar met hierdie album doen hulle amper wat die Fokofs met Monoloog in stereo gedoen het. Hulle gebruik akoestiese kitare en minder aggressiewe klanke. In sommige gevalle gebruik hulle geprogrammeerde perkussie en ander klanke. Ek dink ek hou daarvan.
Benewens “Skadu’s teen die muur” is daar twee ander covers - vreemde keuses - “Maniac”, wat in die 80s in fliek Flashdance te hore was, en JJ Cale se “Cocaine” uit die 70s. Ek weet nie heeltemal hoe diep Van Coke Kartel se tonge in hulle kieste met hierdie keuses sit nie, of selfs in wie se kieste hulle hul tonge ingedruk het nie. Maar van een ding is ek seker. Ek hou baie van hulle weergawe van “Skadu’s teen die muur”. Hulle maak ʼn anthem van ʼn bitter siniese liriek.
Wednesday, November 18th, 2009
1
En die sixpack skree: Kom hier! Kom hier! Kom hier!
2
Hy ry weer huis toe. Met Empireweg tot in Louis Bothalaan. Skuins deur Hillbrow. Draai by Yeoville in. Met Ecksteinstraat verby Sacred Heart College. Dan in Kloofstraat af tot by die woonstel. Hy luister na Battery 9 se “Kom hier!”

3
ek sien hom te laat om te probeer
briek
sy lyf kraak dof en dit maak
my siek
toe ek sien hoe hy spat na die kant van
die pad
en ek kan sien sy lyf is nat
van die bloed wat gesmeer is oor
die bonnet van my kar
ek raak baie ongemaklik want sy oë
het verstar
in ‘n waas in ‘n waas soos ‘n blinde haas
4
Jos, die hoofkarakter in Harry Kalmer se “Die man met die dertien kinders”, ry ook ʼn man dood. Hy en sy vrou neem die man se kinders aan. Die Molois. Dis deels hoekom hulle dertien kinders het. Dis een van sy gunstelingboeke. Jos is ook ʼn alkoholis.
5
o my fok wat op aarde nou
wat de moer gaan ek sê vir sy kinders en sy vrou
wat sal ween sal praat en sal aanhou haat
en ek kyk oor my skouer want dis
dalk te laat
maar die vlakte gaap kaal asof
niks gebeur het
asof dit sê “so much vir jou groot probleem”

6
Soho Eckstein ry óók ʼn man raak. Hy het glad nie verwag om iets van Suid-Afrika daar raak te loop nie. Dit was in die Tate Modern. Hy onthou hoe hy “The History of the Main Complaint” van William Kentridge die eerste keer gesien het. Daar was ʼn donker kamer afgesonder vir die animasiefilm, wat oor en oor gewys het. Steenkool rofweg gekrap, uitgevee, afgeneem, film van gemaak. Tydsame proses. Hy het op die vloer gaan sit. Dit vyf keer gekyk.
7
met hierdie nuwe insig klim ek terug in my kar
maar my hande bewe en ek is in die war
wat was sy naam? waar kom hy vandaan?
ek raak paranoid dat die kar sal gaan staan
en elke sekonde ry ek verder weg
en voel bekommerd en bedonnerd
selfs die bier smaak sleg
die son brand my oë
dis heeltemal te vroeg vir nog ‘n bier
maar die sixpack skree:
kom hier! kom hier! kom hier!
8
“Die man met die dertien kinders” is in Japan te koop.
9
kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hier! kom hiiiiiiieeeeeeeeeeeeeeeeerrrrrrrr!
10
Bronne:
Battery 9. 1995. “Kom hier!” Protskrog. Klankopname, Tic Tic Bang/One F Music.
Harry Kalmer. 1998. Die man met die dertien kinders. Kaapstad: Queillerie.
William Kentridge. 1996. History of the Main Complaint. Animasiefilm.
Tuesday, October 13th, 2009

Groete uit die lieflike stad Windhoek. Ek luister musiek op my rekenaar. By Aardklop stop Angola Badprop my ʼn CD in die hand: “Twintig Jaar Later: Van Voëlvry tot Fokof.” Laasgenoemde verwys natuurlik na Fokofpolisiekar.
Angola, oor bekend as Jaco Nel, het veertig songs versamel om Afrikaanse rock die twintig jaar na die Voëlvrytoer te verteenwoordig. Ek skat hy is reg as hy Fokofpolisiekar as die grootste fenomeen ná Voëlvry beskryf. My eie projek – die Brixton Moord & Roof Orkes – kry ook darem ʼn plekkie in die geskiedenis.
Die kassie bevat twee CD’s. Die eerste een verteenwoordig die rock bands voor daar video’s op MK (aanvanklik MK89) was. Dit sluit mense soos Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel, Anton Goosen, Gert Vlok Nel, Jan Blohm, Bacchus Nel, Karen Zoid, Beeskraal, Diff-olie, Trike, Riku Lätti, ens. in. My orkes word ook hier ingegooi. Op die tweede CD is die meer onlangse rebelle, soos Fokofpolisiekar, Straatligkinders, Zinkplaat, Foto Na Dans, Willim Welsyn en NuL. Sommige van die ouer en standhoudende bands, soos Battery 9 en Kobus!, is op albei CD’s verteenwoordig.
Dis natuurlik altyd moeilik met die samestelling van sulke versamelings. CD’s kan net ʼn beperkte massa data akkommodeer. Wie sluit jy in, wie laat jy uit? Van wie sluit jy meer as een song in? Ek hou nogal van die keuses – van my persoonlike gunstelinge is daar, soos Bacchus Nel se “Herfsman” en Piet Botha se “Goeienag Generaal.”
Ek wonder egter oor een ding. Soos Mr Mac and the Genuines destyds uit die Voëlvry-geskiedenis gelaat is, vind ons ook byvoorbeeld nie vir Prophets of da City, Brasse vannie Kaap, of Kallitz in die versameling nie.
Is dit omdat hip-hop nie as rock beskou word nie? Ek wonder maar net.
Gaan luister ʼn bietjie na Kallitz hier.
Tags: Angola Badprop, Anton Goosen, Bacchus Nel, Battery 9, Beeskraal, Brasse vannie Kaap, Brixton Moord & Roof Orkes, Diff-olie, fokofpolisiekar, Foto Na Dans, Gert Vlok Nel, Jan Blohm, Johannes Kerkorrel, Kallitz, Karen Zoid, Kobus!, Koos Kombuis, Mr Mac and the Genuines, Nul, Piet Botha, Prophets of da City, Riku Latti, Straatligkinders, Trike, Twintig jaar later: Van Voëlvry tot Fokof, Willim Welsyn Posted in Andries Bezuidenhout | Lewer kommentaar »
Add this post to Del.icio.us - Digg
|
|