Posts Tagged ‘Benjamin Britten’

Desmond Painter. Musikale herinnering aan Wilfred Owen

Thursday, February 23rd, 2012
Wilfred Owen

Wilfred Owen

Ek luister vanmiddag na Benjamin Britten se War Requiem — die beroemde Decca opname wat in 1963 uitgereik is. (Die eerste uitvoering van die werk, terloops, het in 1962 in die Coventry Katedraal plaasgevind.) Britten dirigeer self, en sy lewensmaat, die legendariese tenoor Peter Pears, sing op die opname – saam met ‘n ander legende: die bariton Dieter Fischer-Dieskau.

Ek is mal oor Britten: hy is waarskynlik my gunsteling Britse komponis. Hy is beroemd vir sy operas, maar moenie sy orkes- en kamermusiek afskeep nie. Sy strykkwartette, veral, kry myns insiens nie genoeg aandag nie. Ek kan nie genoeg na hierdie boeiende, broeiende werke luister nie. En Britten was ook ‘n fassinerende, komplekse persoonlikheid; gaan lees maar die mooi hoofstuk oor hom in Alex Ross se The Rest is Noise

Britten se War Requiem bly ‘n dramatiese, ontroerende werk. Dit is natuurlik veral beroemd vir die wyse waarop Britten die tradisionele Latynse teks afwissel met toonsettings van Wilfred Owen se oorlogsgedigte. Onder meer hierdie een:

*

On Seeing a Piece of Our Heavy Artillery Brought into Action

– Wilfred Owen

 

Be slowly lifted up, thou long black arm,

Great Gun towering towards Heaven, about to curse;

Sway steep against them, and for years rehearse

Huge imprecations like a blasting charm!

Reach at that Arrogance which needs thy harm,

And beat it down before its sins grow worse.

Spend our resentment, cannon, — yea, disburse

Our gold in shapes of flame, our breaths in storm.

 

Yet, for men’s sakes whom thy vast malison

Must wither innocent of enmity,

Be not withdrawn, dark arm, thy spoilure done,

Safe to the bosom of our prosperity.

But when thy spell be cast complete and whole,

May God curse thee, and cut thee from our soul!  

Wat is jare? Elliott Carter se baie lang lewe

Tuesday, August 3rd, 2010
Eliott Carter

Elliott Carter

Die meeste van ons hoop seker heimlik om gesond en produktief oud te word, maar min van ons sou selfs in ons wildste drome daarop hoop om Elliott Carter sy produktiewe langlewendheid na te doen. Dit sou buitensporig wees; ‘n soort hubris!

Hierdie groot Amerikaanse komponis is op 11 Desember 1908 gebore. Hy word dus binnekort 102 jaar oud… Wat dit meer verstommendend maak, is dat Carter nog strykdeur nuwe werk produseer en laat uitvoer. En nie drupsgewys nie. Tussen sy 90ste en 100ste verjaardae het hy nie minder nie as 40 werke gekomponeer. Sedert hy 100 geword het, al om en by vier groot nuwe werke… Sy mees onlangse komposisie is skaars twee maande gelede by die Aldeburgh Musiekfees (deur Benjamin Britten tot stand gebring) in Engeland uitgevoer.

Carter was nog altyd lief daarvoor om Amerikaanse digters se werk te toonset, maar dit lyk of hy hom in onlangse tye hierop toegespits het. Drie van sy jongste werke, Poems of Louis Zukofsky (2008), On Conversing With Paradise (2008) en What Are Years? (2009), is liedersiklusse bestaande uit toonsettings van Amerikaanse gedigte – van Zukofsky, Ezra Pound en Marianne Moore onderskeidelik. Ek het Moore (1887-1972) se gedig “What are years?” nie geken nie, en dit toe gegoogle. ‘n Pragtige vers; ek kan nie wag om Carter se toonsetting hiervan te hoor nie:

What Are Years?
by Marianne Moore

What is our innocence,
what is our guilt? All are
naked, none is safe. And whence
is courage: the unanswered question,
the resolute doubt, -
dumbly calling, deafly listening - that
in misfortune, even death,
encourages others
and in its defeat, stirs

the soul to be strong? He
sees deep and is glad, who
accedes to mortality
and in his imprisonment rises
upon himself as
the sea in a chasm, struggling to be
free and unable to be,
in its surrendering
finds its continuing.

So he who strongly feels,
behaves. The very bird,
grown taller as he sings, steels
his form straight up. Though he is captive,
his mighty singing
says, satisfaction is a lowly
thing, how pure a thing is joy.
This is mortality,
this is eternity.