Posts Tagged ‘Bruce Springsteen’

Springsteen en Pinsky: Die Ontmoeting

Friday, May 7th, 2010
Bruce Springsteen

Bruce Springsteen

So ‘n rukkie terug het ek geskryf oor die Fairleigh Dickinson Universiteit se jaarlikse Word and Music Festival (Wamfest 2010) in New Jersey, waar Bruce Springsteen en die digter Robert Pinsky geskeduleer was om ‘n verhoog te deel. Intussen het hierdie ontmoeting tussen twee ikoniese Amerikaanse woordkunstenaars reeds plaasgevind, en na alle aanduidings was dit ‘n fassinerende geleentheid. Ek weet nog nie of iemand dit al op video opgeneem het sodat ‘n mens op Youtube daarna kan kyk nie, maar jy kan solank hier en hier berigte oor die geleentheid lees. Hier is ‘n lusmaker: “While playing his guitar, Bruce Springsteen recited a passage from ‘An Explanation of America,’ a poem by Robert Pinsky: ‘I love a car — a car, I guess, is like / One’s personality, corrupt and selfish, / Full of hypnotic petty pains and joys.’ The recitation then blended into an acoustic version of Springsteen’s ‘Born to Run.’ [...] Springsteen said poetry and songwriting are similar in the way they concisely convey emotions — and that he needs to resist the urge to use Pinsky’s words on his next album. ‘We could get some co-writing going, I’m telling you, man,’ Springsteen said.”

Bruce Springsteen en Robert Pinsky

Tuesday, April 20th, 2010

Dit is klaarblyklik nie net hier by ons waar digters en rock ‘n rollers saam kers opsteek by woordfeeste nie. Bruce Springsteen, hoor ek vanoggend, tree in Mei op by die Fairleigh Dickinson Universiteit se jaarlikse Word and Music Festival (Wamfest 2010) in New Jersey. Die sanger gaan deelneem aan ‘n gesprek met die Amerikaanse digter, Robert Pinsky (geb. 1940). Die program beloof, benewens gesprek, ‘a few songs and a few poems’. Ai, ek sou deur vulkaniese as vlieg om daardie praatjie by te woon… Hier is ‘n pragtige gedig van Robert Pinsky:

 

The Night Game - by Robert Pinsky

Some of us believe
We would have conceived romantic
Love out of our own passions
With no precedents,
Without songs and poetry–
Or have invented poetry and music
As a comb of cells for the honey.

Shaped by ignorance,
A succession of new worlds,
Congruities improvised by
Immigrants or children.

I once thought most people were Italian,
Jewish or Colored.
To be white and called
Something like Ed Ford
Seemed aristocratic,
A rare distinction.

Possibly I believed only gentiles
And blonds could be left-handed.

Already famous
After one year in the majors,
Whitey Ford was drafted by the Army
To play ball in the flannels
Of the Signal Corps, stationed
In Long Branch, New Jersey.

A night game, the silver potion
Of the lights, his pink skin
Shining like a burn.

Never a player
I liked or hated: a Yankee,
A mere success.

But white the chalked-off lines
In the grass, white and green
The immaculate uniform,
And white the unpigmented
Halo of his hair
When he shifted his cap:

So ordinary and distinct,
So close up, that I felt
As if I could have made him up,
Imagined him as I imagined

The ball, a scintilla
High in the black backdrop
Of the sky. Tight red stitches.
Rawlings. The bleached

Horsehide white: the color
Of nothing. Color of the past
And of the future, of the movie screen
At rest and of blank paper.

“I could have.” The mind. The black
Backdrop, the white
Fly picked out by the towering
Lights. A few years later

On a blanket in the grass
By the same river
A girl and I came into
Being together
To the faint muttering
Of unthinkable
Troubadours and radios.

The emerald
Theater, the night.
Another time,
I devised a left-hander
Even more gifted
Than Whitey Ford: A Dodger.
People were amazed by him.
Once, when he was young,
He refused to pitch on Yom Kippur.

Teen die sotheid: Anti-Digter van die Week

Friday, April 9th, 2010

Steve Hofmeyr

Ek wil begin om elke Vrydag ‘n ‘Anti-digter van die Week’ te benoem. Die benoeming sal gaan aan iemand wat die afgelope week verbeeldingloos en destruktief met die taal (enige taal) omgegaan het, op so ‘n manier dat sy of haar woorde die wêreld kleiner, meer geslote, en ‘n bietjie meer gemeen gemaak het. Julius Malema is ‘n aanspraakmaker op ‘Anti-Digter van die Week’ elke keer as hy sy mond oopmaak. Die Afrikaanse vermaaklikheidspersoonlikheid (’sanger’?) Dozi is hierdie week ook ‘n sterk aanspraakmaker, met sy rassistiese uitbarsting in Oudtshoorn.

Maar Anti-Digter van die Week is myns insiens ‘n man wat nie die verskoning het van ‘maar ek is ‘n politikus’ of ‘maar ek was dronk’ nie: Steve Hofmeyr. Dit is altyd vir my ironies dat Hofmeyr so uitvaar teen Julius Malema, want hulle is kraaie wat eenders krys. Vergelyk maar: Hulle opportunistiese uitbuit van politieke sentimente; hulle opdringerige, dikwels selfdienende mediateenwoordigheid; hulle selfregverdigende, onboetvaardige houding teenoor opponente; en hulle vervelige ‘tough guy’ houding. Ag, daar is so baie van hierdie manne in Suid-Afrika, dit is ‘n epidemie. Hulle laat my dink aan Nick Cave se woorde (uit ‘Darker with the Day’):

Amateurs, dilettantes, hacks, cowboys, clones
The streets groan with little Caesars, Napoleons and cunts
With their building blocks and their tiny plastic phones
Counting on their fingers, with crumbs down their fronts

Maar waarom vir Steve Hofmeyr benoem as ‘Anti-Digter van die Week’? Hy verdien dit myns insiens vir sy kommentare (soos gerapporteer in Die Burger) hierdie week oor Dozi en oor die dood van Eugene Terre Blanche. Dit is moeilik om te besluit watter van die volgende twee stellings die domste is: ‘Miskien was Dozi reg’, of [oor sy toespraak vandag by Terre Blanche se begrafnis]: ‘Ek wil in ‘n land woon waar mense baklei’. 

Die digterlike woord is nie altyd sag en koesterend nie; dit kan ook uitdagend, gewelddadig en selfs afbrekend wees. Ek dink egter nie die digterlike woord het ten doel om (soos ek in die eerste paragraaf geskryf het) die wêreld doelbewus meer geslote en gemeen te maak, om ons ervarings en persepsies in te perk en te verhard nie. Bruce Springsteen sing: ‘Well, sir, I guess there’s just a meanness in this world.’ Die digterlike woord maak myns insiens van hierdie ‘meanness’ ‘n teiken. Of soos Czeslaw Milosz (in ‘Ars Poetica?’) skryf:

And yet the world is different from what it seems to be
and we are other than how we see ourselves in our ravings.
People therefore preserve silent integrity
thus earning the respect of their relatives and neighbors.

The purpose of poetry is to remind us
how difficult it is to remain just one person,
for our house is open, there are no keys in the doors,
and invisible guests come in and out at will.

Hoe ek tot die digkuns verlei is…

Monday, February 1st, 2010

Ernst van Heerden

Ernst van Heerden

Ek het nie besef, toe dit begin gebeur het, dat ek tot die digkuns verlei word nie… As ek het, het ek dalk beter weerstand gebied!

Maar nee, ek was jonk, ek was weerloos, en ek het nie van beter geweet nie.

Dit het alles met musiek begin – eers (in chronologies orde) Anton Goosen, David Kramer, en Bruce Springsteen; en toe, deur hulle toedoen, Bob Dylan, Jim Morrison, Leonard Cohen en ‘n rits ander troebadoere – en al te gou het dit gelei tot gesteelde uurtjies in die dorpsbiblioteek, ‘n stadig groeiende persoonlike versameling digbundels, en, natuurlik, die skryf van selfbewuste gediggies op bladsye wat ek versigtig uit my skool-skryfboeke geskeur het…

Oor hierdie klas vergrype het ek natuurlik aanvanklik maar by die skool en op rugbytoere geswyg – ‘n mens kon spog dat jy U2 se nogals poëtiese The Joshua Tree besit het, maar nie juis dat jy Ernst van Heerden se Amulet teen die vuur op uitverkoping by die CNA aangeskaf het nie… ongeag hoe bitter gelukkig daardie aanwins jou ook al gemaak het!

Toe ek David Kramer, Anton Goosen en daarna Bruce Springsteen ontdek het (tydens my laaste jaar of twee op laerskool), was dit van meet af aan die lirieke, wat hierdie kunstenaars met blote Afrikaanse en Engelse woorde kon vermag, wat hulle vir my onderskei het van die popgroepe wat ek aanvanklik saam met die kudde na geluister het: Wham!, Duran Duran, Modern Talking, A-ha – ja-ja, wat kan ek sê, ek is ‘n kind van die 1980s!

Maar dat dit poësie was wat hierdie kunstenaars gepleeg het – dít het ek glad nie besef nie. Ek was ‘n niksvermoedende slagoffer! Popmusiek was toe wél gevaarlik, soos hulle op skool soms gewaarsku het, maar vir geheel en al ander redes: dit was ‘n soort Trojaanse Perd wat die poësie losgelaat het in my binnekamer; wat my verbeelding aangetas het en woorde vreemd gaan staan en maak het!

Dus, al ek het dit nie geweet nie, dit was ‘n klomp folksangers en rock ‘n rollers wat my verlei het tot die digkuns, nog lank voordat ek besef het gedigte, soos hokkie, klavierlesse en die debatsvereniging, is nie net vir bleeksiele nie. (Wel, ek moet bieg, ek is nou nog nie seker oor die debatsvereniging nie.)

Die saadjie was dus geplant, en al wat dit gekos het om dit te laat ontkiem, was daardie onafwendbare, onthutsende eerste ontmoeting met Breyten Breytenbach in Opperman se geel (as ek reg onthou) Verseboek in Standerd 6.

Ja, my storie begin ook, soos so baie Afrikaanse lesers van ‘n sekere ouderdom s’n, by BB en ‘n bietjie Krog; trouens, die eerste digbundels wat ek ooit vir myself gekoop het, was Breytenbach se Katastrofes (ja, dit is ‘n digbundel!) en Die huis van die dowe.

En tog was dit nie Breytenbach wat my die spreekwoordelike doodskoot gegee het nie. Dit was ‘n ander, miskien minder vanselfsprekende Afrikaanse digter wat seker gemaak het dat my aanvanklike belangstelling in die digkuns nie beperk sou bly tot ‘n tydelike kultus van persoonlikheid nie, maar sou lei tot ‘n langdurige belangstelling en liefde: die reeds genoemde Ernst van Heerden.

Ek weet nie meer presies hoe dit gebeur het nie, maar ek het ‘n versameling van sy eerste ses bundels in een band, Die kleur van donkerte, in die hande gekry en obsessief begin gelees. Ek weet nie presies wat die aantrekkingskrag was nie, maar Die kleur van donkerte het my as 14-jarige heeltemal onkant betrap. Skielik was ek nie net gefassineerd deur ‘n digter nie, maar deur gedigte en die skryfproses self. Skielik het ek besef woorde kan sing; en dat ek hulle dalk ook kan laat sing.

‘n Jaar of twee later het ek Amulet teen die vuur (ja, op uitverkoping) in die hande gekry… Ek het daardie bundel seker meer as enige ander bundel gelees, en probeer om daardie uitgesponne, filosofiese vrye vers-gedigte na te doen. Met min sukses, ongelukkig!

Ek lees nie juis meer die gedigte in Kleur van donkerte nie. Baie van hulle neig na die sentimentele, is dalk ietwat selfbewus verestetiseerd, of vertoon gewoon swak teen die beste verse wat Opperman, Van Wyk Louw, Eybers en ander op daardie stadium geproduseer het. Van Heerden het sy blywende bydrae (en dit is nie ‘n geringe bydrae nie) tot die Afrikaanse poësie, myns insiens, met sy latere bundels gelewer – rofweg, die bundels vanaf Tyd van verhuising.  

Hoe ook al, Ernst van Heerden is steeds disproporsioneel verteenwoordig op my boekrak; sy digbundels en ook sy outobiografiese werke en reisverhale, was ‘n konstante teenwoordigheid gedurende my skooljare. En of ek dit nou lees of nie, Die kleur van donkerte, met sy nou reeds gebleikte blou omslag, staan trots tussen al die ander bundels wat ek sedertdien gekoop en gelees het.

Dit herinner my aan ‘n vroeë verleiding.

Die dinge wat jou vashou

Thursday, October 22nd, 2009

Born in the USA

Bruce Springsteen se kommersieel mees suksesvolle album, die ikoniese Born in the USA, is vanjaar 25 jaar oud. ‘n Hele kwarteeu; kan jy dit glo?

Ek was nog altyd, sedert my vroeë tienerjare, ‘n groot aanhanger van Springsteen. Nee, meer as ‘n aanhanger: hy het die klankbaan van my lewe geskryf; ‘n voorstedelike, middelklaslandskap gekarteer wat net sowel Brackenfell, Bellville en Gordonsbaai kon wees.

Nie vir mý die klaagliedere van Kurt Cobain en sy geslag uitsiglose grungers nie. Teenoor hulle selfopgelegde isolasie, Springsteen se drang na gemeenskap en sy lofliedere aan vriendskap; teenoor hulle studentikose melancholie, Springsteen se bereidwilligheid tot ‘n volwasse vreugde; teenoor hulle selfkoesterende angst, Springsteen se hoopvolle, mobiliserende woede; teenoor hulle eentonige vokale geneul, die volle register van Springsteen se stem, van die bloedstollende kreet op Born in the USA tot die gefluisterde twyfel van Cautious Man.

Ja, ja, dit is ‘n teologiese debat hierdie, nie sommer song and dance nie!

Maar juis omdat Born in the USA kommersieel so suksesvol was, het ek gedoen wat alle tienerjarige rock-snobs doen: aangedring dat USA sy swakste album was, ‘n tree te ver op die pad van 80s popproduksie en kommersiëlering. Enige self-respekterende aanhanger, so het ek geglo, koop eerder Born to Run, The River, Darkness on the Edge of Town en Nebraska; klassieke albums, een en almal, met geen nut vir vertonerige musiekvideos en treffersnitte nie.

En om jouself regtig uit te sonder van die sommerso-Springsteenbewonderaar, moes jy jou tande gesny het op sy tweede, kommersieel natuurlik totaal onsuksesvolle album uit 1973, The wild, the innocent and the E Street shuffle: ‘n teer en uitbundige album deurdrenk van roekelose romantiek en windverwaaide karakters; nog steeds een van die bes bewaarde geheime in rockmusiek.   

Maar ek het onlangs in ‘n bietjie van ‘n romanse met Born in the USA gewikkeld geraak. Die rede is dat ek besef het dat ek nou net so oud was as Springsteen toe hy hierdie musiek opgeneem het! Vyf-en-dertig. Jonk genoeg om nog groot drome te droom; oud genoeg om te weet hoe maklik hierdie drome ontspoor, en die tyd verbyvlieg. En dít is presies die bestaansdilemma wat hierdie album op amper elke snit verwoord: ‘But time slips away/ and leaves you with nothing, mister/ but boring stories of/ glory days…’

As Born in the USA een van Springsteen se meer ongefokusde album is, ‘n skynbaar arbitrêre versameling liedjies eerder as ‘n koherente narratief, lirikaal veel yler as die albums voor dit en die bestes daarna, is dit tog ook ‘n fantastiese dokument van die soort dinge wat op hierdie ouderdom by mense, en veral mans, begin spook: die eerste roeringe van nostalgie vir ‘n jeug wat verby is; die eerste paartjies in ‘n vriendekring wat skei; vriende wat onherroeplik afdwaal, buite sig, buite hoorafstand; die eens ononderhandelbare hartstogte wat roetine word en hulle glans verloor; en die gemengde gevoelens oor daardie dinge wat ten spyte van alles ook tog dieselfde bly: ‘n tuisdorp met ‘n hoofstraat en ‘n kafee; ‘n werk en ‘n kar; ‘n Sondagoggend met ‘n koerant; vaders en seuns.

Die dinge wat jou vashou.

Reise van Tom Joad

Tuesday, July 14th, 2009

Dis vreemd hoe ʼn fiktiewe karakter uit ʼn boek, deur ʼn fliek, tot in ʼn aantal lirieke sy verskyning kan maak. Neem nou maar die geval van Tom Joad, die antiheld uit John Steinbeck se boek Grapes of Wrath, wat in 1939 gepubliseer is. Dit gaan oor persoonlike skades en storms, maar ook oor armoede en sosiale ongeregtigheid. Tom Joad en sy familie is van Oklahoma en reis met die Route 66 Kalifornië toe op soek na werk. Die storie illustreer hoe Kaliforniese boere hul trekarbeiders in armoede gehou het, sodat hulle van goedkoop arbeid verseker is.

Die boek was destyds nogal kontroversieel en is deur lede van die Amerikaanse establishment as kommunistiese propaganda afgemaak. Alhoewel Steinbeck deur die FBI dopgehou is en die boek op verkeie plekke verban en verbrand is, is Grapes of Wrath darem met die Pulitzerprys bekroon, en dit het later ʼn belangrike rol gespeel het in die toekenning aan van die Nobelprys vir Letterkunde aan hom.

Onmiddellik na die boek se publikasie, is daar aan ʼn filmweergawe begin werk. Reeds in Januarie 1940 kon gehore dit sien, met Henry Fonda in die rol van Tom Joad. Woody Guthrie is só deur die film aangegryp dat hy dadelik daarna sy “The Ballad of Tom Joad” geskryf het. Die lied is opgeneem en op die plaat Dust Bowl Ballads in Julie 1940 vrygestel.

Hier is een van die weergawes van die Guthrie-liriek wat ek kon opspoor:

The Ballad of Tom Joad
(Woody Guthrie)

Tom Joad got out of the old McAlester Pen
There he got his parole
After four long years on a man killing charge
Tom Joad come a walking down the road, poor boy
Tom Joad come a walking down the road

Tom Joad he met a truck driving man
There he caught him a ride
He said: “I just got loose from McAlester’s Pen
On a charge called Homicide, a charge called Homicide.”

That truck rolled away in a cloud of dust,
Tommy turned his face toward home,
He met Preacher Casey and they had a little drink,
But they found that his family they was gone,
He found that his family they was gone.
He found his mother’s old fashion shoe
Found his daddy’s hat.
And he found little Muley and Muley said:
“They’ve been tractored out by the cats,
They’ve been tractored out by the cats.”

Tom Joad walked down to the neighbours farm
Found his family.
They took Preacher Casey and loaded in a car
And his mother said “We got to get away.”
His mother said “We got to get away”

Now the twelve of the Joads made a mighty heavy load
But Grandpa Joad did cry.
He picked up a handful of land in his hand
Said: “I’m stayin’ with the farm till I die.
Yes, I’m stayin’ with my farm till I die”

They fed him short ribs and coffee and soothing syrup
And Grandpa Joad did die.
They buried Grandpa Joad by the side of the road,
Buried Grandma on the California side,
They buried Grandma on the California side.

They stood on a Mountain and they looked to the West
And it looked like the promised land.
That bright green valley with a river running through,
There was work for every single hand, they thought,
There was work for every single hand.
The Joads rolled away to Jungle Camp, There they cooked a stew.
And the hungry little kids of the Jungle Camp Said:
“We’d like to have some too.” Said: “We’d like to have some too.”

Now a Deputy Sheriff fired loose at a man
Shot a woman in the back.
Before he could take his aim again
Preacher Casey dropped him in his track.
Preacher Casey dropped him in his track.
They handcuffed Casey and they took him to Jail
And then he got away.
And he met Tom Joad on the old river bridge,
And these few words he did say, poor boy,
These few words he did say.

“I preached for the Lord a mighty long time
Preached about the rich and the poor.
Us workin’ folks got to all get together,
Cause we ain’t got a chance anymore.
We ain’t got a chance anymore.”

The Deputies come and Tom and Casey run
To the bridge where the water run down.
But the vigilante they hit Casey with a club,
They laid Preacher Casey on the ground.
They laid Preacher Casey on the ground.

Tom Joad he grabbed that Deputy’s club
Hit him over the head.
Tom Joad took flight in the dark rainy night
A Deputy and a Preacher lying dead, two men,
A Deputy and a Preacher lying dead.

Tom run back where his mother was asleep
He woke her up out of bed.
Then he kissed goodbye to the mother that he loved
Said what Preacher Casey said, Tom Joad,
He said what Preacher Casey said.

“Ever’body might be just one big soul
Well it looks that a way to me.
Everywhere that you look in the day or night
That’s where I’m gonna be, Ma,
That’s where I’m gonna be.”

Wherever little children are hungry and cry
Wherever people ain’t free.
Wherever men are fightin’ for their rights
That’s where I’m gonna be, Ma.
That’s where I’m a gonna be.

Ek vind dit nogal interessant hoe vinnig ʼn karakter reeds toe deur Amerikaanse populêre kultuur kon reis. Van die publikasie van die boek in April 1939, ʼn fliek in Januarie 1940 en ʼn plaat in Julie 1940.

Die 1930s was natuurlik die tyd na die Groot Depressie, wat eers werklik aangespreek is deur ʼn kombinasie van Roosevelt se New Deal en die klaskompromie wat tussen werkers en kapitaliste na die Tweede Wêreldoorlog aangegaan is. Vir ʼn tyd lank het Tom Joad ʼn historiese karakter geword.

Daardie kompromie tussen werkers en hul base, en die Noordelike welsynstaat, is natuurlik deur mense soos Ronald Reagan en Margaret Thatcher ongedaan gemaak. ʼn Nuwe era – die nuwe wêreldorde van globalisering – het aangebreek. Dis nie vreemd dat Tom Joad juis tóé weer uit die vergetelheid opgestaan het nie en weer op die verhoog van populêre kultuur ʼn rol kom speel het.

In 1995 maak Bruce Springsteen ʼn plaat met die titel The Ghost of Tom Joad. Sy liriek tree direk met Guthrie in gesprek. Springsteen is lank reeds die stem van die Amerikaanse werkersklas en reeds in Ronald Reagan se tyd klink sy protes helder (al het Reagan self sy “Born in the USA” verkeerdelik vir ʼn patriotiese lied aangesien).

Tom Joad se spook kom in die 1990s aan en Springsteen se liriek roep hom op om Steinbeck se boek se boodskap vir kontemporêre tye aan te pas. Die liriek gaan só:

Ghost of Tom Joad
(Bruce Springsteen)

Men walkin’ ‘long the railroad tracks
Goin’ someplace there’s no goin’ back
Highway patrol choppers comin’ up over the ridge
Hot soup on a campfire under the bridge
Shelter line stretchin’ round the corner
Welcome to the new world order
Families sleepin’ in their cars in the southwest
No home no job no peace no rest

The highway is alive tonight
But nobody’s kiddin’ nobody about where it goes
I’m sittin’ down here in the campfire light
Searchin’ for the ghost of Tom Joad

He pulls prayer book out of his sleeping bag
Preacher lights up a butt and takes a drag
Waitin’ for when the last shall be first and the first shall be last
In a cardboard box ‘neath the underpass
Got a one-way ticket to the promised land
You got a hole in your belly and gun in your hand
Sleeping on a pillow of solid rock
Bathin’ in the city aqueduct

The highway is alive tonight
But where it’s headed everybody knows
I’m sittin’ down here in the campfire light
Waitin’ on the ghost of Tom Joad

Now Tom said “Mom, wherever there’s a cop beatin’ a guy
Wherever a hungry newborn baby cries
Where there’s a fight ‘gainst the blood and hatred in the air
Look for me Mom I’ll be there
Wherever there’s somebody fightin’ for a place to stand
Or decent job or a helpin’ hand
Wherever somebody’s strugglin’ to be free
Look in their eyes Mom you’ll see me.”

The highway is alive tonight
But nobody’s kiddin’ nobody about where it goes
I’m sittin’ downhere in the campfire light
With the ghost of old Tom Joad

Gaan luister gerus hoe klink die lied. ʼn Mens kan dit op Youtube kry. Die amptelike video daarvan bevat pragtige fotografie uit middel-Amerika (ek het twee voorbeelde uit die video hier bo tussen die teks geplak). Daar is ook ʼn baie mooi lewendige opname daarvan in ʼn ateljee. Aan die einde van 1998 het Rage Against the Machine dit ook opgeneem, wat verdere gewildheid aan die karakter verleen het. Gaan kyk gerus na ʼn lewendige opname daarvan. Bruce Springsteen en Tom Morello van Rage Against the Machine het die lied in ʼn stadium (in ʼn stadion) saam aangepak en die resultaat is aangrypend.

Springsteen was baie aktief in die pogings om Barack Obama as president verkies te kry. Sy mees onlangse album is liries en musikaal veel vroliker as The Ghost of Tom Joad en Magic, wat oor George Bush se kulkunsiepolitiek gegaan het. Maar dis ʼn onderwerp vir ʼn ander keer.