Posts Tagged ‘Carol Ann Duffy’

Louis Esterhuizen. Nuwe bloemlesing met gedigte van Sylvia Plath nou beskikbaar

Tuesday, November 20th, 2012

 

In haar dertigjarige leeftyd het Sylvia Plath (foto), wat op 11 Februarie 1963 gesterf het, net twee van haar eie publikasies onder oë gehad, te wete The Colossus and Other Poems in 1960 en haar roman The Bell Jar kort voor haar dood. Ten spyte van die skrale aanloop is sy teenswoordig nie net ‘n ikoniese digter (vir watter rede ook al) nie, maar een van die digters wie se werke wêreldwyd van die beste poësieverkopers is.

Daarom dat dit hoegenaamd nie vreemd is dat daar pas nog ‘n bloemlesing van haar gedigte verskyn het nie.   Sylvia Plath – Poems chosen by Carol Ann Duffy (Faber & Faber) is inderdaad ‘n besonderse versameling wat deur die Britse poet laureatte, Carol Ann Duffy byeengebring is. Op The Guardian se webtuiste is daar ‘n uitgebreide uiteenseeting deur Duffy oor haar bewondering vir Plath se digkuns en dan meer spesifiek oor die “hoe” en die “waarom” van hierdie bloemlesing.

 

Omslag

In die gedeeltes waarin sy haar waardering jeens Plath laat blyk, word sowel Ted Hughes as Seamus Heaney betrek: “Plath, like all great poets, is ruthless in her pursuit of the poem. Although, as in the case of Oscar Wilde, say, or the war poets, we cannot think of the work without the life: she had a kind of lunar detachment that ultimately sets her poems free of herself. That is why they continue to have life. In his introduction to her Collected Poems (1981), Hughes writes: ‘Her attitude to her verse was artisan-like – if she couldn’t get a table out of the material, she was quite happy to get a chair, or even a toy.’ And of the Ariel poems, Seamus Heaney comments: ‘They are full of exhilaration in themselves, the exhilaration of a mind that creates in some sort of mocking spirit, outstripping the person who has suffered. They move without hesitation and assume the right to be heard; they, the poems, are what we attend to, not the poet.’

Maar gelees gerus die volledige teks op The Guardian se webblad. Dit is omvattend, met vele persoonlike anekdotes en insiggewende kommentaar oor veral die Britse en Amerikaanse vrouedigters en die invloed wat Plath op hulle gehad het.

Ten slotte, die twee paragrawe waarmee Duffy haar essay afsluit, gevolg deur enkele reëls uit Plath se bekende gedig “Lady Lazarus”.

“Poets are ultimately celebrators, of life and of poetry itself. A vocational poet like Plath gives life back to us in glittering language – life with great suffering, yes, but also with melons, spinach, figs, children and countryside, moles, bees, snakes, tulips, kitchens and friendships. There can be a chilling detachment about Plath’s poetic personality – like Yeats, she casts “a cold eye / On life, on death” – but she also deploys a comic playfulness, a great appetite for sensuous experience, a delight in the slant rhymes and music of her verse, bravado, brio, a tangible joy in the unflowering of her genius.

In my selection for Faber, intended to sit alongside Selected Poems (1985), roughly chronological to shadow her progress, I have tried to walk through the landscape of Plath’s poetry as though for the first time, 50 years older than I was when she died. In doing so I have experienced afresh the almost physical excitement I felt when I first read this bold, brilliant, brave poet who changed the world of poetry for us all.”

***

I have done it again.
One year in every ten
I manage it –

A sort of walking miracle,
my skin Bright as a Nazi lampshade,
My right foot

A paperweight,
My face a featureless, fine
Jew linen.

Peel off the napkin
O my enemy.
Do I terrify? –

© Sylvia Plath (Uit: Lady Lazarus, 1965: Ariel)

 

 

Louis Esterhuizen. Komrij pluk Duffy se stertvere

Thursday, September 22nd, 2011

In ‘n onlangse blog het ek berig oor Carol Ann Duffy, Brittanje se poet laureate, wat die bewering gemaak het dat die sosiale media bevorderlik is vir die digkuns; trouens, sy redeneer dat sms-taal in wese poëties van aard is en derhalwe die digkuns steun. Nou onlangs het Gerirt Komrij, voormalige Dichter des Vaderlands van Nederland, hom egter ten sterkste van hierdie sienswyse gedistansieer in sy weeklikse blog op NRC Handelsblad: “‘Gedichten zijn een soort sms’jes’, zei Carol Ann Dufy, de Engelse Poet Laureate. Ja, paardenkarren zijn een soort auto’s. Kralen zijn een soort dollars. ‘t Is wonderlijk wat mensen allemaal verzinnen om bij de tijd te lijken,” skryf hy. “En het is heus wel aandoenlijk van haar. Dat aanprijzen van poëzie is een verslavende bezigheid. Zaaiers gaan uit om te zaaien. Het veld is dor en onmetelijk dor. Wie nog hersenen heeft of een vingerhoedje talent móet in de gigantische stupiditeitsmarkt en toonloze massa’s wel een goudmijn zien. De domheid en de tekortkomingen van de mens vormen de basis van alle evangelisten en miljardairs. Dichters, pik uw graantje mee.”

Volgens Komrij hou dit alles verband met die bemagtiging wat hedendaagse tegnologie aan die individu bied; die sogenaamde ‘cult of the amateur’ waarna telkens verwys word: “Zelfwerkzaamheid in de poëzie is een gruwel en dient hevig onderdrukt te worden. Dat gedichten een soort sms’jes zouden zijn valt als bemoedigingspraatje voor scholieren nog wel te begrijpen, maar erger is het dat Carol Ann Dufy de zaak omdraait – een sms’je is al een soort van kant-en-klaar gedicht. Want wat is een gedicht? Volgens The Guardian ziet ze een gedicht als ‘een manier om meer te zeggen met minder woorden.’ Als een manier om ‘gevoelens en ideeën in zeer compacte vorm samen te vatten’. Een gedicht is, net als een sms’je, ‘de originele tekst’. Ze wil duidelijk het modewoord authentiek vermijden. Maar modieus blijft het. De jongen die ‘boe’ roept naar een oud vrouwtje op straat, de verklede Indiaan die ‘ugge ugge’ doet op feestjes, de vijand die je een ‘val dood’ toewenst, allemaal dichters in de dop. Allemaal mensen die hun gevoelens en ideeën in zeer compacte vorm samenvatten. WTF, het complete werk van Shakespeare in drie letters.”

Nou ja, toe. Soveel dae, soveel dinge. En wat maak dit saak? Solank daar digters is wat aanhou skryf en lesers wat aanhou lees, sal die digkuns bly voortbestaan. In welke vorm ook al. Of wat praat ek nou?

***

 

 

Marcelle Olivier. So stil soos die graf: Die Poetry Society, die vreemde bedankings, en die rooi kruiwa vol name

Monday, July 4th, 2011

Nuus uit Brittanje: So stil soos die graf: Die Poetry Society, die vreemde bedankings, en die rooi kruiwa vol name

.

Die afgelope twee weke daag daar elke dag of twee ‘n briefie van Kate Clanchy in my epos-boksie op wat my op die hoogte hou van onlangse verwikkelinge by die Poetry Society. Want daar is groot probleme.

Kate Clanchy - 'n besige digter

Kate Clanchy - 'n besige digter

Vir die wat nie weet nie, die Poetry Society is die grootste van sy soort in Brittanje. Gestig in 1909, en met ‘n lidmaatskap van amper 4 000, sorg die Poetry Society dat digkuns binne die nasionale bewustheid bly. Hulle publiseer onder andere ‘n joernaal, Poetry Review, en nuusbrief vier maal per jaar, asook menigte tematiese bloemlesings wat gewoonlik goed verkoop. Hulle het hulle eie spasie in London waar hulle voorlesings en lesings organiseer en werkswinkels aanbied. Die Poetry Society deel beurse uit, bied persoonlike ‘poetry surgeries‘ aan, en doen baie (en baie goeie!) werk onder skoolkinders. Hulle is verantwoordelik vir die Nasionale Poësie-kompetisie (asook die jeug-weergawe daarvan) wat werklik ‘n kompetisie vir almal is – die Poet Laureate, Carol Ann Duffy, het in 1983 gewen, en Ruth Padel in 1996, maar die 2010 wenner was byvoorbeeld ‘n ongepubliseerde digter genaamd Paul Adrian. (Jy kan sy wengedig hier lees).

‘n Paar weke gelede, uit die bloute, het die Poetry Society se president, die vername Jo Shapcott, haar bedanking ingedien. Daar is stories in die rondte dat sy uitgeforseer is, en verskeie teorieë: dat die gewaande spandering van ‘n regeringstoelae van meer as £100 000 aan die Poetry Society die onmin veroorsaak het; dat die inhoud van die Review problematies is en dat daar deesdae te veel kommentaar en te min digkuns gepubliseer word; dat die Review besig was om elitisties te word en dringend meer ‘jong bloed’ benodig. Wat presies Shapcott se mening hieroor en rol hierin was, is duister, omdat die Poetry Society – so tussen die facebook- en Twitter bespiegelings deur – hulle hortjies styf toegetrek het en Shapcott self nie eens ‘n openbare verklaring gemaak het nie.

Skaars was hierdie nuus koud, toe volg woord van die bedankings van die finansiële direkteur, Paul Ranford, en die Poetry Society se hoofdirekteur, Judith Palmer, waarvolgens dit toe blyk dat Palmer reeds in Meimaand uitgeloop het ná ongelukkigheid oor die gebruik van die Arts Council-geld. Fiona Sampson, die redakteur van die Review, word toe skielik ook betrek as gevolg van haar sterk opinies oor wie en wat in die Review gepubliseer kan word. Nog steeds is daar geen publieke persverklaring nie, maar daar verskyn ‘n notatjie op die webwerf en ‘n e-pos word aan lede uitgestuur (‘Judith Palmer resigned as Director of the Poetry Society on 20 May 2011. The Board accepted her resignation with regret. Judith’s resignation and her reasons for resigning have since been the focus of some press attention and speculation. In light of ongoing discussions with Judith, the Board deems it inappropriate to comment on Judith’s reasons for resigning‘). Die koerante volg die storie op, en ‘n paar blogs begin persoonlik raak – Carrie Etter se blog word verwyder nadat die kommentare wat verskyn het, so lasterlik raak dat daar werklik ‘n kans was dat iemand sou dagvaar. En, om alles te kroon, kom die bedanking laat-Junie van die voorsitter van die raad, Peter Carpenter. Weereens sonder redes. Einde verlede maand kry lede nog ‘n e-possie om te noem dat ‘n interim direkteur, Amande Smethurst, aangestel is; dat Laura Bamford oorgeneem het as waarnemende voorsitter, en dat alles voortgaan soos normaal. Jane Holland doop die hele affêre ‘poetrygate‘.

Poetry Society No More - Jo Shapcott

Poetry Society No More - Jo Shapcott

Die goeie nuus, selfs al is dit vir die verkeerde redes, is dat die lidmaatskap van die Poetry Society oor die afgelope twee weke bietjie gegroei het. Dit danksy Kate Clanchy. Sy het ‘n petisie begin om uit te vind presies watter knelpunte binne die echelons van die Poetry Society veroorsaak het dat al hierdie mense bedank het. Volgens die grondwet kan ‘n ‘Extraordinary General Meeting’ (EGM) aangekondig word as 10% van die lede dit vereis. Clanchy het voelers uitgesteek; weereens het facebook en Twitter begin brand, en haar groepie ondersteuners het vinnig begin groei. Party digters hernu hulle lidmaadskap wat verval het, andere praat openlik oor die feit dat hulle voel dat die Poetry Society dinge vererger deur te swyg.

Alastair Niven, OBE, en onder andere voormalige hoof van literatuur vir die British Council, skryf: ‘I have signed this requisition because I don’t know the ins and outs of what has been happening at the Poetry Society and believe therefore that there needs to be open discussion about the situation through an EGM. The Poetry Society is a national organisation charged with promoting every kind of poet, but it has a particular remit to educate and inform. This includes providing information about itself. I had thought that the days of in-fighting at the Society, which bedevilled it in my early years as Director of Literature at the Arts Council, were well and truly behind it, but sadly no. On the face of it the resignations of the President, Director and Finance Director of the Poetry Society are an utter tragedy. It is not only the members of the Society who deserve an explanation of what is going on, but so do the general public whose money makes possible the Society’s biggest provider, Arts Council England.’

Gillian Clarke, wat die posisie van nasionale digter vir Wallis beklee, sê wat baie dink: ‘We don’t want to know who quarrelled with whom. We do want to know what the disagreement is about. If there is a shift in emphasis in Poetry Society work, and how money is to be spent, tell us please. This cannot be kept under wraps. The truth will out, so let’s talk about it openly now.’ En die poet laureate, Carol Ann Duffy, het die volgende te sê: ‘As poet laureate, everywhere I’m going people are asking ‘What’s going on at the Poetry Society?’ and I don’t know […] We need some clarity, we need to know what is happening.” In haar kommentaar noem sy ook dat die vergadering moet fokus op ‘what the future holds, and the use of the grant […] We all want to be proud of the Poetry Society’.

Terwyl daar aan die bewoording van die rekwisisie gewerk word, laat weet die Poetry Society dat hulle ‘n algemene vergadering reël ‘to outline the future strategy of The Poetry Society and to receive members’ input‘. Verskeie blogs spekuleer dat dit slegs gedoen word om hulle die verleentheid van ‘n offisiele rekwisisie te spaar. Nietemin stuur Kate Clanchy op die 1ste Julie ‘n ope brief aan die Poetry Society, op daardie stadium onderteken deur 365 lede, insluitende Carol Ann Duffy, Gillian Clarke, George Szirtes, Alastair Niven, Vicki Feaver, Neil Astley, Imtiaz Dharker, en Michael Schmidt. Clanchy deel Laura Bamford se effe teleurstellende antwoord met al die ondertekenaars in ‘n e-pos en ‘n paar advokate onder die lidmaadskap gee kommentaar; veral verassend is dat Bamford se terugvoer glad nie die issue van ‘n die EGM aanraak nie. Dit is ‘n probleem, want die grondwet vereis dat ‘n EGM gehou moet word as 10% van die die lede daarvoor vra.

Carcanet Press se Michael Schmidt

Carcanet Press se Michael Schmidt

Op die 4de Julie, lees die rekwisisie soos volg: We, the undersigned, constituting as we believe ten percent of the members of The Poetry Society, having learnt of the resignation of the Chair of the Board of Trustees and the Director, the Finance Manager and the President of the Society, and in order to determine whether, in these extraordinary circumstances, the Board of Trustees has our continuing confidence, require the Board to hold an Extraordinary General Meeting, with a Chair elected by that meeting, to provide an explanation of the practices, policies and changes in policy which led to these resignations, and to answer questions on this matter from the floor. In order to avoid unreasonable expense to the Society, we require the Extraordinary General Meeting to be held before or instead of the General Meeting called by the Society at 2pm on 22 July 2011. Daar is meer as 400 ondertekenaars.

Kate Clanchy en kie sal op die 5de Julie die rekwisisie persoonlik by die Poetry Society se hoofkantoor aflewer. Dit is, voel mense, as Bamford se oorsponklik antwoord in ag geneem word, die enigste manier om die EGM te verkry sonder om regsgeleerdes in te bring. Clanchy dink ook dat dit belangrik is om fisies te wys hoe baie 10% van die lidmaadskap is: iemand het ‘n rooi kruiwa geskenk, en daar word beplan om elke naam uit te druk, die kruiwa vol te stop, en dit dan deur London se strate tot by die Poetry Society se voordeur te stoot. Clanchy verduidelik dat dit nie ‘n ‘press stunt‘ is nie, maar ‘more a way of celebrating what we have done with a cheerful and poetic symbol. Because, even though there are aspects of this which are a nasty bureaucratic squabble, the campaign for openness in itself has gathered people together in a spirit of humour and affection for each other and the Poetry Society.’

Hou maar ‘n ogie op die Britse pers om te sien wat verder gebeur – poetrygate is nog lank nie klaar nie. As jy toevallig ook ‘n lid van die Poetry Society is en graag die kruiwa wil ondersteun, kan jy tot en met middernag GMT op die 4de Julie (Dinsdag-oggend 5 Julie om 01:00, SA-tyd) ‘n e-pos aan kateclanchy@gmail.com stuur, met jou naam en lidmaadskapnommer. En as jy graag wil lid word, is daar ‘n aanlyn-vorm wat jy kan invul; jy kan dan dadelik ook jou stem uitbring indien jy sou wou.

….

The Red Wheelbarrow

deur William Carlos Williams

.

so much depends

upon

.

a red wheel

barrow

.

glazed with rain

water

.

beside the white

chickens.

 

Marcelle Olivier. Somer (i)

Friday, June 11th, 2010

Gedagtes uit Brittanje: Somer (i)

Blykbaar is dit somer in Engeland. Dis nou volgens die seisoenale kalender, maar hier reën dit konstant en dis koud genoeg vir jas dra as jy uitgaan. So drie weke gelede was daar wel ‘n naweek van sonskyn toe die Britse gepeupel hulle skouers en neuse flenters verbrand het, en almal instant barbeques gekoop en hulle varkworsies gaan braai het langs die Diana, Princess of Wales Memorial Fountain in Hyde Park.

Vir dié wat nie weet nie, ‘n ‘instant barbeque’ is ‘n vierkantige, A4-grote pannetjie van harde foelie gemaak, met kitskole onderin en ‘n draad-roostertjie bo-oor; jy kan dit by elke supermark vir so R60 koop. ‘n ‘Varkworsie’ is wat mense hier op hulle braai sit – in sy mees bekende gewaad ‘n om-en-by 12cm-lange silinder van pulperige pienk vleis (binne) en bros swartverbrande vel (buite). Dis amper soos regte wors, maar glad nie. Die ‘Memorial Fountain’ is ‘n vlak, ovaalvormrige granietvoor op ‘n mooi stuk gras in London, gebou ter herinnering van Prinses Diana. Daar is polisie om te sorg dat jy nie in die stroompie loop nie, want soos met baie dinge in Engeland is die gevaar dat jy sal omval en nat word veels te groot; partykeer kan jy darem jou voete in die water rus as jy veilig op die rand sit. Ek weet nie of Prinses Diana van varkworsies gehou het nie, en instant barbeques was seker na haar tyd, maar ek’s seker sy sou baie bly wees om te weet dat mense haar oor somernaweke met ‘n braaivleis en ‘n bier in die son eer.

Somer langs die Diana, Princess of Wales Memorial Fountain

Somer langs die Diana, Princess of Wales Memorial Fountain

Alhoewel dit op die oomblik buitekant my venster sous, sal dit volgens die weervoorspelling Saterdag-middag vir ‘n paar minute ophou reën en effens warmer word, so verkope van instant barbeques sal weereens die hoogte inskiet. Dit is ook goeie nuus vir Diana se skoonma, Koningin Elizabeth, wat vanjaar haar offisiële verjaarsdag op Saterdag die 12de Junie vier (haar regte verjaarsdag is eintlik in April, maar nou ja, as jy monarg is…) en dus nie ‘n sambreel na die tuinpartytjie hoef saam te sleep nie. Die Britse pers meen dat daar vanjaar minder mense langs die pad gaan staan om die perde en baniere, die koets en die klein handjie wat statig uit ‘n goudgeraamde venster waai, te kom sien: iets van ‘n voetbalwedstryd of drie waarna mense op die televisie sal wil kyk? In elk geval, Elizabeth sal soos gewoonlik ook hierdie Saterdag nuwe ridderskappe en ander rojale titels aan diegene wat dit verdien, uitdeel. Tydens verlede jaar se Birthday Honours is ‘n ridderskap aan Andrew Motion, ons vorige Poet Laureate, toegeken, onder meer in ruil vir die agt koninklike gedigte wat hy gedurende sy tien jaar in Haar Majesteit se diens geskryf het. Volgens hom was die taak van komponeer vir die Koningin sy moeilikste ooit, en sy opvolger, Carol Ann Duffy, het alreeds ontdek hoe maklik dit is om kritiek op te gaar as jy so ‘n publieke amp beklee. En aangesien ons nou alreeds die sokker genoem het, hier is haar gedig oor David Beckham se arme enkel, wat gemengde reaksies van die literati ontlok het:

Achilles

(for David Beckham)

Myth’s river – where his mother
dipped him, fished him, a
slippery golden boy flowed on,
his name on its lips.

Without him, it was prophesied,
they would not take Troy.

Women hid him, concealed him
in girls’ sarongs; days of
sweetmeats, spices, silver songs …

But when Odysseus came, with an
athlete’s build, a sword and a shield,
he followed him to the battlefield,
the crowd’s roar,

And it was sport, not war,
his charmed foot on the ball …

But then his heel, his heel, his heel …

Duffy se pa was bestuurder van Stafford Rangers en sy is ‘n groot aanhanger van die sport. Ek neem aan sy gaan Saterdagaand die Beckham-lose Engelse span ondersteun, en het dus vroegtydig ‘nee’ gesê vir verjaarsdagkoek saam met Elizabeth II, ten spyte van haar Laureate-verpligtings. Ek self verwag natuurlik nie ‘n uitnodiging na die Koningin se partytjie nie. Ek het haar in 2003 ontmoet en dinge het nie glad verloop nie. Om die waarheid te sê, ‘ontmoet’ is nie heeltemal die regte woord nie. ‘Beledig’ sou meer akkuraat wees. Nie aspris nie, moet ek haastig byvoeg, maar ek is seker dat as dit die jaar 1674 was, is ek vir hoogverraad in die tronk gestop. In Maart van 2003 is ek uitgenooi na die Britse Statebond Dag seremonie in Westminster, en is saam met ‘n paar ander beurshouers langs die Koningin se roete deur die katedraal gestasioneer; Tony Blair en sy blink hare het so skuins oorkant my gesit. Toe die Koningin voor my stop om ‘hallo’ te sê het ek my so verkyk omrede die feit dat sy nes my ouma lyk dat ek geensins aandag gegee het aan haar vraag nie. Selfs erger – ek het hopeloos vergeet om te curtsy! En toe ek uiteindelik onthou het, het Tant Bettie al moed verloor dat ‘n antwoord ooit sou kom en aanbeweeg na ‘n volgende onderdaan, en my knieknik was outomaties vir ‘n glurende man in ‘n swart pak wat, ek is seker, gedink het ek maak ‘n erg-onvanpaste anti-koloniale verklaring teen die geskiedenis en/of die monargie. Maar dit was net haar oulike, piepklein tweestuk-pakkie wat my in vervoering gehad het! Soos my ouma s’n. Somerson-geel, as ek reg onthou.

Ag, ja – die somer tog. Hier moet ek dan ook bely dat ek al self ‘n instant barbeque gekoop het (maar ter verdediging was dit vir ‘n egte vleisbraai op ‘n leë strand en ‘n visbraai op ‘n verlate heuwel vol heide, doer in die noordweste van ‘n herfserige Skotland waar ons eenmaal gekampeer het). En ook dat ek self drie weke gelede ontdek het dat my vel aan die effe rooi kant van bruin verhit is na daardie naweek in die son, en verdwaas op die internet moes soek vir ‘n tuisgemaakte remedie vir die vreemde on-Afrika-tipe seer van my skouers. Ek blameer natuurlik die voorafgaande agt maande van serpe en langmoutruie dra, maar dalk het my oordeel al so ver-Engels dat ek, soos almal hier, heeltemal kop verloor as die son uitkom. Wie weet, oor vyf jaar sien jy my dalk selfs my bierblikkie in Prinses Diana se watervoortjie afstuur soos ‘n doodgewone Brit. En miskien, net miskien sal die Koningin my dan vergewe vir my misstap – blykbaar was sy nie ‘n groot Diana-fan nie.

Hierdie Koningin-storie herinner my ten slotte aan ‘n veel beter staaltjie wat die Ierse digter en kenner van Middeleeuse Engelse literatuur, Bernard O’Donoghue (‘n aktiewe ondersteuner van Manchester City se voetbalklub, as iemand daar buite belangstel in ‘n bietjie (ir)relevante trivia) verdig het:

Bernard O'Donoghue

Bernard O'Donoghue

History

Then they talked together until Dunstan spoke about St Edmund, as Edmund’s sword-bearer told the story to King Æthelstan, when Dunstan was a young man and the sword-bearer was a very old man.’ – Ælfric’s preface to ‘The Life of King Edmund

Magie Din Beag, aged four in 1865,

was lifted on to her father’s shoulders

at Abraham Lincoln’s funeral.

Her father said to her: ‘Never forget

that you were at Abraham Lincoln’s funeral!’

He said it at the time, she told me, and again

at intervals throughout the rest of this life.

She told it to me in 1956

when I was ten, and said: ‘Never forget

that you once knew an old woman

who had been at Abraham Lincoln’s funeral

when she was four.’ Fifty years ago now;

so what I say to you is: never forget

that you once read something by someone

who said they had known when they were young

someone who said their father told them

they had been to Abraham Lincoln’s funeral,

or something. Which they probably hadn’t.

Marcelle Olivier. Die Driepennie-opera inderdaad

Tuesday, May 25th, 2010
Marcelle Olivier

Marcelle Olivier

Marcelle Olivier is ‘n digter en argeoloog wat haar tans in Cambridge, Engeland bevind, waar sy in ‘n herboude eende-skuur in ‘n appelboord op die wal van die Cam Rivier bly. Ná skool op Stellenbosch het sy BDram en Engels honneurs by Maties studeer, en daarna by Oxford Universiteit meesters en doktorale navorsing in feminisme en prehistoriese rotskuns gedoen. Sy het klasgegee in menslike evolusie en argeologiese teorie by Oxford en Cambridge Universiteite, maar werk deesdae as vryskutskrywer en deeltyds ook as hoofeksaminator vir Afrikaans vir University of Cambridge International Examinations. Sy dig meestal in Engels, en jy kan van haar werk lees in onder andere New Contrast, Carapace, Oxford Poets, en The May Anthologies.

 

 

Nuus uit Brittanje: Die Driepennie-opera inderdaad

Die onlangse Britse eleksie is nie eintlik die tema waarmee ek op Versindaba sou wou begin blog nie, maar dalk skuil daar tog wel iets poëties daarin. The Guardian het die afgelope paar weke baie oor Gordon Brown se tyd as Eerste Minister geskryf, en Lucy Mangan het dit wonderlik tragies opgesom toe die nuwe Konserwatiewe-LibDem goewerment uiteindelik verklaar is: ‘[The Conservatives] are easy to laugh at. And you are a better person for laughing at them. Laughing at Gordon Brown always felt wrong. It made you as unhappy as he is. Was. Is.’

Gordon Brown se opgang en ondergang in die VK Arbeidersparty was inderdaad iets wat ou Will Shakespeare kon geskryf het. Na jare se wag in die ante-kamers wat Tony Blair se skaduwees so sonder skaamte om homself gegooi het, en met ‘n relatiewe suksesvolle en stabiele tydjie as Kanselier agter die rug, het Brown die mantel, sonder nasionale eleksie natuurlik, van Blair oorgeneem en probeer om ‘n beter man as sy voorganger te wees. Die tragedie is dat dit vanselfsprekend altyd ‘n ramp sou wees – êrens in die agtergrond was daar ‘n heks, ‘n gatekeeper of fool, wat alreeds die hele storie in ‘n driepootpotjie of glas port sien uitspeel het, Brown iewers in die stegies van Westminster voorgekeer het, en die boodskap van sy toekoms enigmaties aan hom voorgelê het. Dalk met behulp van ‘n stokkie ‘n prentjie in die ekstra-netjiese Engelse roosbeddings geteken het, of ‘n Harrods-spieël voor hom opgehou het en gesê het: Kyk mooi! Wat sien jy? Of, eintlik: Wat sien jy nie?

Want dit was nie Gordon Brown se politiek wat die Arbeidersparty so erg omver gewerp het dat hulle die 2010 eleksie verloor het nie. Dit was sy totale onvermoë om charismaties met die media te kon werk wat hom (en seker maar die publiek ook) nagte lank wakker gehou het. En ‘n gebrekkige gevolg wat heeltyd rondom hom Grieks-koor ‘Glimlag! Glimlag!’ in die dwase hoop dat Brown eendag net so oppervlakkig-natuurlik soos Blair met ‘n groep kettingrokende tiener-ma’s in ‘n sement-parkie in een of ander godsverlate noordelike voorstad kan omgaan. Brown se hele verhouding met die media kan in sy pre-stemdag faux pas vasgevang word; Blair was, soos hulle sê, savvy genoeg om sy eie vooroordeel goed van die kameras te kan kamoefleer.

Toe Brown die week voor laas die laaste keer by 10 Downing Street uitstap (o, en gaan loer gerus na hierdie foto en die meegaande analise van Brown se laaste minute in die ‘oorlogskamer’ in Downing Street), met sy twee klein seuntjies hand aan hand, het almal gewonder hoekom hy so lank op hierdie pakkie dinamiet gesit het – almal weet tog dat familie-foto’s van gelukkige ouers en oulike kinders stemme win! En tog het die feit dat hy en sy vrou hulle gesin so diep agter die swart deur weggesteek het dalk sy hele houding teenoor sy pos geïllustreer. Dalk wou hy net sorg dat die land aanhou funksioneer; deur al die simpel Afganistan- en Irak-gemors, die wêreldwye finansiële krisis, en die parlementêre-skandale kon kom sonder om te veel internasionale gesag te verloor. Dat dit nie oor sy persoonlikheid (of te wel sy tekort aan ‘n populêre persoonlikheid) sou wees nie. En dalk het hy gehoop, ten spyte van die orakel se waarskuwings, dat die noodlot hom nie vooruit beseël is nie. Dit is in elkgeval hoe baie dit sou wou sien. Hoe dit ook al sy, ek het nooit een keer gedurende my dekade-lange vertoef hier in die VK Brown naastenby so ontspanne gesien as toe hy saam met sy gesin die pad vat weg van Downing Street af om, in een van daardie eksentrieke Britse tradisies, die Koningin te gaan vra of hy maar liewers nie meer EM kan wees nie. Nou dat ek weer daaroor dink, miskien is dit nie ‘n ware tragedie nie – Gordon Brown is dalk blind, maar wees – soos arme Lear of Malvolio – is hy definitief nie.

David Cameron, ons nuwe EM (Nick Clegg, die LibDem-leier, is sy adjunk), is uiteraard Blair-gereïnkarneer, met ‘n media-gerigte charisma wat die stemme laat inrol het. Cameron het al dieselfde vooroordele van Tony Blair (en ‘n hele paar meer natuurlik – moet tog nie vergeet hy is ‘n Konserwatiewe man nie!) maar steek hulle net so goed weg soos Blair. Hy het ook die vermoë om skynbaar ontspanne en gelukkig voor te kom maak nie saak of hy met een voet in die graf en die ander in Clegg se mond staan nie, om ernstig te lyk en ernstig te klink wanneer hy oor ernstige dinge debatteer, en het ‘n kaalvoet, swanger vrou wat sopas haar werk opgegee het om, so neem ons aan, in die 10 Downing Street kombuis te gaan staan en kos kook. Soos dit ‘n goeie eggenote betaam. Dit is dus nie verrassend dat Jan Publiek eerder vir ‘Dave’ as vir Gordon Brown op hulle koerant se voorblaaie wou sien nie. En wat presies ons gaan maak met die Nick Clegg-effek – SuperClegg, soos party koerante hom gedoop het – in terme van persoonlikheid, sal net die volgende vyf jaar van koalisie-regering ons kan leer. Hy het wel onlangs genoem dat die lewende persoon wat hy die meeste bewonder JM Coetzee is, terwyl beide Brown en Cameron (en omtrent elke ander MP in Westminster) Nelson Mandela gekies het. Dalk is die pad wel korter as wat dit op die oomblik lyk…

'n Natuurramp?

Vir die rekord, die koalisie tussen die Konserwatiewe en LibDem Partye het ‘n groot bohaai veroorsaak, veral onder die jong, idealistiese Britte wat voel dat Nick Clegg hulle verraai het. Ek sit self nog en wonder oor die presiese redes hoekom hy langs Cameron in die bed ingekruip het (ek hoop heimlik dis deel van ‘n groter plan om die Tories permanent êrens in ‘n ou skoorsteen in te sement), maar dalk is my immigrant-perspektief effens anders as dié wat hier onder die waterige son gebore en getoë is. Dis opsigself ‘n interessantheid op sy eie – ek wat kan stem omdat Brittanje óf nog steeds skuldig voel oor kolonialisme óf op ‘n agterbakse manier graag ‘n vinger in die Commonwealth-pastei wil hou (en kom ons sit maar nou die tragiese Shakespeare-verwysings finaal opsy; en ja, ek weet dis nie werklik so simplisties nie – die Commonwealth is ‘n vreemde ou dierasie…). Dus, op die 6de Mei 2010 het Suid-Afrikaanse ek, soos met elke plaaslike en nasionale eleksie die afgelope tien jaar, afgehuppel na ‘n dorpsaaltjie iewers in die land en my reg om ‘n kruisie met ‘n stomp potlood te trek, uitgeoefen. En soos dinge hier in Engeland maar werk daag jy sommer net op, of jy nou jou ID by jou het of nie, sê jou/’n naam vir die outjie of vroutjie by die tafel en wys met jou vinger na jou/’n adres op die lysie, en siedaar! – ‘n stembriefie in die hand. Ek kon maar eintlik enigiemand gewees het, Gordon Brown-glimlag of te not. Ware demokrasie, as jy my vra. Aan die ander kant, die honderde mense wat nog in toue gestaan en wag het toe die deure om 10nm op stemdag in hul gesigte toegeslaan is, het heelwaarskynlik ‘n ander siening van ‘ware demokrasie’.

Wat my terugbring na die quasi-romantiek van die Brown-affêre. Nie dat ek ooit eintlik van die man gehou het nie, maar soos Lucy Mangan het ek altyd effens skuldig gevoel wanneer ek vir hom gelag het. Mens moenie eintlik lag as iemand dit nie kan help nie. Of dalk net blootweg: as iemand nie kon help nie. Om die bekoorlike Dorothy Parker hier aan te haal: ‘They were progressive days. We thought we were going to make the world better – I forget why we thought it, but we did.’ Brittanje het ‘n fantastiese reputasie vir politiek-gerigte satiriese komedie, en ek moet sê dat ek so baie daarna uitsien om vir ‘n verandering weer vir ‘n Eerste Minister te kan lag sonder om die kwilt oor my kop te gooi en net so met een oog deur die hekel-gaatjies na die televisie te loer. Selfs ons stoere Poet Laureate, Carol Ann Duffy, weet dat ‘n bietjie swart humor ongoddelik belangrik is, en publiseer die dag na die eleksie die volgende gedig:

Democracy

Here’s a boat that cannot float.

Here’s a queue that cannot vote.

Here’s a line you cannot quote.

Here’s a deal you cannot note …

and here’s a sacrificial goat,

here’s a cut, here’s a throat,

here’s a drawbridge, here’s a moat …

What’s your hurry? Here’s your coat.

Dalk het die storie van die Konserwatiewe MP Douglas Hogg, wat meer as £2,000 (dis ‘n goeie R23,000) van die Goewerments-pot geeis het om die grag rondom sy herehuis (onder wie se vorige bewoners die skoonsuster van Geoffrey Chaucer tel!) te laat skoonmaak, tog die Suid-Afrikaanse koerante gehaal? Daar was ook die £1,600 eis vir ‘n drywende eend-huisie van Peter Viggers (nog ‘n Konserwatiewe MP) en ‘n £10 kwitansie vir twee blou films wat Jacqui Smith, MP vir die Arbeidersparty, se manlief van die internet af gelaai het. Die lysie is nimmereindigend, en die messe in rûe erg tragies. Tragies? Wat sê ek tog! – ek bedoel: snaaks. Erg snaaks. Ja-nee, die parlementêre skippie gaan maar sukkel om by die hawe uit te kom, maar ten minste lyk dit of die vermaaklikheidsentrum op die HMS Westminster se Lido-dek in goeie werkende orde is.

 

 

Carol Ann Duffy. Answering back

Friday, April 2nd, 2010

  

Living poets reply to the poetry of the past

Living poets reply to the poetry of the past

Onderstaande Nuuswekker het ek bykans ‘n jaar gelede geplaas en aangesien dit perfek met vandeesmaand se Blogfokus verband hou, plaas ek dit graag weer. (Daarom, indien jy dit herken – veels geluk, jy’s een van ons vroegste besoekers. En indien dít jou grief: Jammer, maar dis langnaweek …)

Nietemin, intertekstualiteit is nogals iets waaroor vry algemeen in ons digkuns gepraat word, hetsy in entoesiastiese óf geïrriteerde toon . (Gaan lees byvoorbeeld Daniel Hugo se analise van ’n Johann de Lange-gedig by “Artikels & Lesings” rondom die kwessie van intertekstualiteit met die grote N.P. Van Wyk Louw.)

In ’n boek, Answering back – Living poets reply to the poetry of the past wat twee jaar gelede onder die redakteurskap van Carol Ann Duffy by Picador verskyn het, word hierdie tendens tot ’n bykans banale vlak gevoer.  Die konsep is eenvoudig: vyftig digters, waaronder bekendes soos Dannie Abse (Walter de la Mare), Gillian Clarke (Edward Thomas), Carol Rumens (Philip Larkin), Nina Cassian (Dylan Thomas), Paul Muldoon (D.H. Lawrence), Roger McGough (Edna St Vincent Millay), Billy Collins (W.H. Auden), en vele ander, kies elkeen ’n ouer digter (in hakies aangedui hierbo) en skryf ’n eie vers in antwoord op die gekose vers.

Hierdie “gesprek oor tydsgrense heen” behoort vir enige literêre kommentator wat hou van literêre speurlees ure van genot te verskaf, want per definisie wemel hierdie verse van eksplisiete (sowel as verskuilde) verwysings en intertekstuele spel. Wat my in die besonder geïnteresseer het, is juis die keuses; waarom sou die bekende Roemeense digter, Nina Cassian, byvoorbeeld ’n klassieke Britse digter soos Dylan Thomas as haar gespreksmaat kies? Maar wees gewaarsku – nie ál die “gesprekke” is myns insiens geslaagd nie; soms raak die netwerk van intertekstuele spel te verwikkeld vir iemand wat maar ’n sydelingse kennis van die Engelse poësie het. Wanneer dit egter slaag, soos byvoorbeeld in Theo Dorgan se “gesprek” met C.P. Cavafy (Ithaka / Ithacafor), en veral Paul Muldoon se antwoord op D.H. Lawrence se gedig Humming-Bird, lei dit werklik tot ’n besonderse leeservaring. 

 ***

Lekker lees en geniet die langnaweek wat reeds gebukkend voor jou deur staan. Nuuswekker beplan wel om weer Maandag te hervat. En laat komdaardie inskrywings vir die Blogfokus …

Mooi bly.

LE 

 

Carol Ann Duffy se kersfeesvers

Monday, December 14th, 2009
Carol Ann Duffy (Foto: Rii Schroer)

Carol Ann Duffy (Foto: Rii Schroer)

Na ‘n week van omswerwinge is ons weer terug uit die land van melk en heuning, letterlik bedoel. (Ons het ten minste 12 plekname met “melk” daarin getel en 8 met “heuning”!) Nietemin, Nuuswekker behoort darem hierdie week weer hopelik met groter reëlmaat te verskyn …

Vanoggend, synde twaalf dae voor Kersfees, fokus ek jou aandag op Carol Ann Duffy, die Britse poet laureate, se kersfeesvers wat verlede week in die Britse media verskyn het. Maar helaas, vreugdevure en kersboomliggies is nou nie juis vir dié poging aangesteek nie, aangesien die gedig, wat sy op die voorbeeld van die bekende “The twelve days of Christmas” geskryf het, volgens die meeste kommentators bra neerdrukkend en strydig met die gees van die feesgety is.

The Telegraph het byvoorbeeld soos volg gereageer: “Tear down the tinsel, chop up the tree and throw the King’s College Choir out on its ear! Carol Ann Duffy, our Poet Laureate has spoken, and Christmas is officially cancelled, sunk without trace in a quagmire of gloom. Duffy’s Yuletide offering is called The Twelve Days of Christmas, but it could perhaps be subtitled Kick Away The Chair And Let Me Swing, so bleak are her pronouncements on the war in Afghanistan, climate change, corrupt MPs and the parlous state of modern Britain.”

Judith Palmer, direkteur van die Poetry Society, het darem die volgende fluistering ter regverdiging van Duffy kwytgeraak: “I don’t think it’s one of Carol Ann’s best poems. She’s actually a very funny person, with a fantastic sense of humour, and I think in the months and years to come the public will discover what a versatile poet she is.”

Nou ja, toe. Myns insiens weier Carol Ann Duffy gewoon om afstand te doen van die voorneme wat sy uitgespreek het met haar aanstelling as volksdigter: “I will write what needs to be written. I wouldn’t write a poem if it felt forced. But if something occurred at a public or political moment, and it genuinely felt truthful to me, then I would do it.”

En ja, uiteraard geld dit ook vir die jubilasies van ‘n aangewakkerde feesgety. Vir jou leesplesier plaas ek die eerste strofe uit dié gedig hieronder. Die volledige vers kan gelees word op Radio Times se webblad.

***

Dan is dit ook pas bekend gemaak dat Alfred Schaffer se nuutste bundel, Kooi, met die Jan Campert-prys vir poësie bekroon is. Die prysgeld beloop 5,000 euro en sal op 6 Maart volgende jaar tydens ‘n spesiale fees in Den Haag oorhandig word. Meer inligting (asook skakels) sal later vandag op die tuisblad beskikbaar wees. Veels geluk, Alfred – dit is inderdaad ‘n enorme prestasie en ons is saam met jou verheug daaroor!

***

Op ons webblad het daar sedert my laaste Nuuswekker sommer baie nuwe materiaal bygekom wat jy (hopelik) alles reeds gelees het. Maar, ter wille van volledigheid, daar is die volgende: De Contrabas se nuutste Nuusbrief, Willem Fransman se huldeblyk aan Peter Snyders wat vroeër vanjaar 70 geword het, plus nuwe blogs deur Andries Bezuidenhout, Johann Lodewyk Marais, Melt Myburgh en Ilse van Staden. Ook het daar intussen sommer ‘n hele paar nuwe briewe bygekom in die Brieweboks.

Lekker lees aan alles en geniet die feesgety wat op hande is.

Mooi bly.

LE

 

ON THE FIRST DAY OF CHRISTMAS,
a buzzard on a branch.

In Afghanistan,
no partridge, pear tree;
but my true love sent to me
a card from home.
I sat alone,
crouched in yellow dust,
and traced the grins of my kids
with my thumb.
Somewhere down the line,
for another father, husband,
brother, son, a bullet
with his name on.

 

© Carol Ann Duffy (The twelve days of Christmas 2009)

 

‘n Nuwe prys vir die Britse digkuns

Tuesday, July 14th, 2009
Carol Ann Duffy in Buckingham Palace

Carol Ann Duffy in Buckingham Palace

Carol Ann Duffy, die Britse poet laureate, het pas nadat sy op besoek was by die Britse Koningshuis, aangekondig dat sy haar jaarlikse toelaag van £5,750 as ‘n prys gaan aanwend. Dié prys, wat as die Ted Hughes Award bekend sal staan, sal jaarliks toegeken word aan die digter wat die mees opwindende bydrae tot die digkuns gelewer het in die betrokke jaar; in welke sub-genrè ook al. Haar motivering vir dié ongewone stap vloei voort uit ‘n uitspraak wat sy kort na haar aanstelling as laureate in Mei-maand gemaak het: “I didn’t want to take on what basically is an honour on behalf of other poets and complicate it with money. I thought it was better to give it back to poetry.” Die Poetry Society sal digters nomineer waaruit die wenner aangewys sal word deur ‘n paneel van drie beoordelaars. Duffy sal dié paneel saamstel. Volgens Judith Palmer, hoofdirekteur van die Poetry Society sal die eerste wenner in Maart 2010 aangekondig word. “It’s been great fun devising this exciting new initiative with her (Duffy), which we believe will make a significant impact in raising awareness of the range and vitality of contemporary poetry,” het Palmer gesê. Die reaksie van Duffy se kollegas was uiteraard deurgaans positief: “”Surely this is the prize many have been waiting for,” het Moniza Alvi byvoorbeeld gesê. “Its width is wonderful: it sheds light on areas of poetry which are so deserving of general recognition, for example, poetry books published for children and works in translation.” (Die volledige berig kan hier op The Guardian se webblad gelees word.)

Ten slotte, plaaslike nuus. Die Volksblad Kunstefees vind van vandag tot Sondag in Bloemfontein plaas en daar is sommer heelwat interessante woordprogramme op die spyskaart. So is een daarvan die Allooi-kunsprojek waaroor Bernard Odendaal op sy blog skryf. En dan móét jy eenvoudig sy sms-haikoes lees wat in sy gedigtekamer geplaas is. Nog ‘n besonderse item is die bekendstelling môremiddag van die Nuwe Kinderverseboek waarby Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh betrokke is. Voorspoed ook aan al die ander digters wat aan hierdie fees meedoen.

Dan moet jy ook onthou om vanaand om 22h00 na Margot Luyt se program Vers & klank te luister. Dolf van Niekerk is haar gas en hy gaan verse voorlees uit Lang reis na Ithaka wat onlangs verskyn het (2009: Protea Boekhuis). Die van julle wat hom al hoor voorlees het, weet watter meester hy is met voorlesings … Beslis iets om na uit te sien. (Terloops, indien jy nog nie vir Dolf van Niekerk hoor voorlees het nie, kan jy na die videogreep hier op sy webblad gaan luister.)

Laat jou paaie gelyk wees vandag en mag die son nie éénkeer in jou oë skyn nie.

Mooi bly.

LE