Posts Tagged ‘César Vallejo’

César Vallejo – vertaling in Afrikaans

Wednesday, January 13th, 2010

César Vallejo – vertaal deur Charl-Pierre Naudé

 

 

“Die moment as die tennisspeler…”
(“En el momento en que el tenista…”)

                      
Die moment as die tennisspeler met groot gesag
sy koeël afslaan, is hy besete met dierlike onskuld; 
die moment
as die filosoof  ‘n nuwe waarheid verras,
is hy volledig rund.                                
Anatole France het bevind
dat religieuse gevoel
die funksie van ‘n spesiale orgaan in die menslike liggaam is,
tot dusver heeltemal misken en aldus
kan mens ook postuleer
dat die presiese moment as so ‘n orgaan
ten volle funksioneer
die gelowige so van Kwaad gesuiwer is
‘n mens kan hom ‘n groengewas ag.
O siel! O Denke! O Marx! O Feuerbach!

 

*

 

Geweld van die ure
(La violencia de las horas)
 

       Almal is dood.

       Dona Antonia, die skril een, wat altyd goedkoop brood in die dorp gebak het, is dood.

       Ou priester Santiago is dood, wat daarvan gehou het as die jong manne sowel as die meisies hom groet sodat hy sonder onderskeiding kan teruggroet: “Goeie more, José! Goeie more Maria!”

       Daardie jong blondine, Carlota, is dood, en het ‘n baie klein kindjie agtergelaat, wat toe ook dood is, agt dae na sy ma.

       My Tante Albina, wat oor die platteland en gebruike uit die jaar toet gesing het, is ook dood. Sy wat op die binnehof se lang stoepe sit en borduur het, vir Isadora, die bediende van professie, daardie eerbaarste van vroue.

       ‘n Ou een-oog man het doodgegaan, sy naam ontglip my, maar hy’t in die son geslaap op ‘n stoeltjie voor die deur, van die blikslaer, op die hoek.

       Rayo, die hond my grootte, is dood, geskiet deur die Vader-weet-wie.

       Lukas is dood, my swaer, gesterf in die vrede van die heupe, wie ek onthou as dit reën en daar niemand is om my ervaring te deel nie.

     My moeder het gesterf in my rewolver, my suster in my vuis, en my broer in my bloederige ingewande, die drie van hulle deur ‘n treurige soort droefheid saamgebind, in die maand van Augustus van opeenvolgende jare.

       Die musikant Mendez het gesterf, ‘n boontjierank en baie dronk, wat melankoliese toccatas op sy klarinet kon sol-feggio, wie se presiese artikulasie die buurt se hoenders laat slaap het, lank voor sononder.

       My ewigheid het gesterf, en ek hou die waak.

 

Vredesdigter in tye van konflik

Wednesday, August 12th, 2009

 

Mahmoud Darwish

Mahmoud Darwish

Waar die Oos-Europese digkunste sowat ‘n dekade gelede ongekende blootstelling en erkenning geniet het, het die fokus die afgelope jare nogals ietwat verskuif met veral die Midde-Oosterse digters wat al hoe meer aan internasionale aansien begin wen. Met digters soos Adonis, Mahmoud Darwish, Yehuda Amichai, Dan Pagis en Dahlia Ravikovitch in hul geledere is dit ook geen verrassing nie. Tragies genoeg was dit Sondag, 9 Augustus, presies ‘n jaar gelede dat een van hul mees begaafde digters, Mahmoud Darwish, weens komplikasies na hart-chirurgie in Houston, Texas, gesterf het. Hy was 67 jaar oud.

Gebore in Al Birweh, Palestina, moes Darwish se ouers met hul gesin na Labanon vlug tydens die vestiging van die Israelse staat in 1948. Na vele omswerwinge het hy in 1996 na Israel teruggekeer en hom by Ramallah aan die Wes-Oewer gevestig. Meer as dertig bundels het na sy debuut in 1964 verskyn en hy was ongetwyfeld die mees prominente Palestynse digter; danksy die groot getal bundels wat na Engels vertaal is. Hieronder tel die volgende: Unfortunately, It Was Paradise: Selected Poems (2003), Stage of Siege (2002), The Adam of Two Edens (2001), Mural (2000), Bed of the Stranger (1999), Psalms (1995), Why Did You Leave the Horse Alone? (1994), en The Music of Human Flesh (1980). Die mees onlangse, The Butterfly’s Burden (Copper Canyon Press, 2006) is skitterend vertaal deur Fady Joudah en is sonder twyfel ‘n móét vir enige ernstige poësie-liefhebber. (Terloops, dié lywige bloemlesing van 326 bladsye se verkoopprys is ‘n skaflike R250.00 …)

Oor Mahmoud Darwish se werk het Naomi Shihab Nye die volgende te sê gehad: “Mahmoud Darwish is the Essential Breath of the Palestinian people, the eloquent witness of exile and belonging, exquisitely tuned singer of images that invoke, link, and shine a brilliant light into the world’s whole heart. What he speaks has been embraced by readers around the world-his is an utterly necessary voice, unforgettable once discovered.” Amen. Ek kan ten volle hiermee akkoord gaan. So, snuffel gerus op die internet rond en lees meer oor dié formidabele digter wat ons ‘n jaar gelede ontval het. Gaan kyk veral na Darwish se buurman, Raja Shehade, se ontroerende stuk wat hier te lese is.

Meteens besef ek hoeveel van die vernaamste digters in wêreldpoësie hul werk juis te midde van ontheemding en verbanning gelewer het (of steeds lewer): Adonis, Bei Dao, César Vallejo, Pablo Neruda, Faiz Ahmed Faiz, Josph Brodsky, Osip Mandelstam en Paul Celan. Om natuurlik ook nie van Breyten Breytenbach te vergeet nie! Miskien het dit te make met iets wat Luigi Pirandello by monde van ‘n karakter in een van sy drama’s gesê het: “For never is man so introspective as when he suffers.”

Maar wag, nou begin ek babbel. Hieronder is ‘n vers van Mahmoud Darwish uit The Stranger’s bed (1998), soos vertaal deur Fady Joudah.

En bly tog uit die greep van die struikrowers vandag.

Mooi bly.

LE

 

SONNET V

 

I touch you as a lonely violin touches the suburbs of the faraway place

patiently the river asks for its share of the drizzle

and, bit by bit, a tomorrow passing in poems approaches

so I carry faraway’s land and it carries me on travel’s road.

 

On a mare made of your virtues, my soul weaves

a natural sky made of your shadows, one chrysalis at a time.

I am the son of what you do in the earth, son of my wounds

that have lit up the pomegranate blossoms in your closed-up gardens.

 

Out of jasmine the night’s blood streams white. Your perfume,

my weakness and your secret, follows me like a snakebite. And your hair

is a tent of wind autumn in color. I walk along with speech

to the last of the words a bedouin told a pair of doves.

 

I palpate you as a violin palpates the silk of the faraway time

and around me and you sprouts the grass of an ancient place-anew.

 

© Mahmoud Darwish (vertaling: Fady Joudah)