Posts Tagged ‘Con Robinson’

Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 2)

Friday, July 3rd, 2015

In Deel 1 het ek gebruik gemaak van ’n Boeddhistiese invalshoek om Indra se Net aan te dui, ’n sentrale metafoor rondom Interkonneksie (Interconnectedness of Interconnection). Verder het ek hierdie metafoor aangewend om die verband tussen ’n sosiale medium soos facebook en Interkonneksie  aan te dui. Die fenomenale interkonneksie tussen fb-gebruikers is op ’n kragtige wyse geïllustreer deur die volgende uitdaging, wat poësie behels het: om vir vier dae ’n gedig elke dag op jou fb-status te plaas en terselfdertyd vier ander mense elke dag uit te nooi om dieselfde te doen. Hierdie ‘oefening’ in Interkonneksie het gedigte soos ’n virtuele wegholbrand laat versprei. Kommentare van die fb-netwerk het ingestroom en hierdie oorweldigende positiewe reaksie dui op ’n geweldige hongerte van poësie-liefhebbers om iets anders as net “no make-up selfies” of afgesaagde status updates te deel. Hier dink ek byvoorbeeld aan een van Breyten Breytenbach se skilderye, getiteld “Selfkop”. Die self of ego verskans die werklikheid van “the interconnectedness of all”. Alhoewel die deel van poësie op die prinsipe van persoonlike keuse gebaseer is, draai dit tog weg van fb-jeremiades (ek sluit myself geensins uit nie) op facebook wat die idee van die individu as afgesonderde en afsonderlike entiteit markeer. Daarom kan uitdagings soos hierdie die uitgebreide netwerk beklemtoon en die self effens met rus laat.

Kom ons kyk na nóg gedigte:

Marlise Joubert, digter, waterverf-kunstenaar en webmeester van Versindaba skryf só oor haar Dag 1 en wyle Ronnie Belcher en plaas ook ’n foto waarop sy, Louis Esterhuizen en Ronnie verskyn:

“Wat ’n spesiale en vermaaklike mens was hy nie! Hy was een van onse Bekgeveg maats (Die Versvreters) toe ons destyds opgetree het by die KKNK. Wie kan dit nog onthou? Ek haal dus ’n versie van hom aan wat spesiaal is in dié konteks. Ons het saam met hom die aand opgetree by Dorpstraat toe hy dié sonnet sommer so uit sy mou skud vir die gehoor. Sy poësie dek ’n wye spektrum wat wissel van humoristies-tragiese volkskwatryne tot die tradisionele vorme soos die sonnet, waarvan hy sekerlik as een van die voorste beoefenaars in Afrikaans beskou word”.

Poësie-aand

Sal ek vanaand in Dorpstraat se kafee
my siel ontbloot for everyone to see?
Hier tussen die geskinder en gepraat
my siel ophang soos aan ’n doringdraad?
Met ander se geroggel en gerook
my sielsgeheim met nikotien bestook?
Hier tussen al die waaiers en die fans
myself beskinder saam met also-rans?
Nee, eerder lieg en skurwe rympies maak
oor snaakse goed wat ander siele raak
soos ghoffels wat kafoefel op ’n trein
and other dear souls crying in the rain.
Maar smokkel met my siel se brood-en-jêm
voor al dié vreemde wesens? Not-a-dêm!

Uit: Van heidebos en klip

Dag 2: (Slegs die eerste gedeelte uit hierdie gedig word aangehaal, maar dalk kan dit op ’n later stadium op versoek as ’n geheel op Versindaba geplaas word. Met Buiteblaf se goedkeuring, natuurlik).

“Ek kies ’n Breyten-gedig wat vir my een van die allermooiste (en skreiende) verjaarsdaggedigte is aan ’n jarelange vriend. Daar is natuurlik honderde ander aangrypende verse wat ek sou kon kies van BB. Die gedig is lank, maar die moeite werd om deur te lees. Hoop julle geniet dit”.

paginamagina

(verjaardagaantekening as ode aan Ampie Coetzee)

Ouboet, ek sit my beste gesig op
om hierdie gedig vir jou te skrywe
want jy, liewe maatjie, word ’n fris sewentig

(let daarop hoe spoor die rym na gewig)
en wanneer lig en lied ons laat staan

en ons skeef gaan lê met die stil kreet
van protesvreugde in die hart
is ons wat jonk is van dae en nagte
(meesal omdat ons die tyd se gewrigte vergeet het)
dit aan ons weggaan verskuldig
om mekaar van die wal in die sloot te help
en so die koei van verbeelding in die put te versuip

en omdat ek lief vir jou is
kom: ons drink die wyn en eet die brood
en tjoeftjaf is ons albei dood […]

(Julie 2009)

Dag 3: “Ek is ’n groot bewonderaar van Gilbert Gibson (medikus van beroep) se verse. Hy verras my immer met oorspronklike en vernuwende metafore en beelding! Soos in hierdie ‘liefdesvers’. Talle gedigte spreek my aan, (selfs al verstaan ek almal nie heeltemal nie), maar ek plaas een wat sal illustreer wat ek bedoel. Terloops, sy volgende bundel Vry- sal einde Julie verskyn. Iets waarna ek baie uitsien”.

[14]

jou oë lê soos dooie vullens bokant
jou wange na ’n uitbraak van perdesiekte
die wenkbroue daaroor die kleur van brommers
in die son. soos klippe in die veld
lê jou oë, en ’n wind wat die aanheg
van gras tot skaduwee roer, waai deur jou mane.
jou oë dryf in die bloed onder jou voorkop
die wimpers geril tot inkennigheid

ek wil jou ribbe inval soos runderpes, die lyf
infekteer en stilletjies wegsluip voor die vlerkklap
van aasvoëls. ek neem jou besit soos ’n slaak
van verligting, jou oë ’n gestorwe graal:
jou keel is blinkvos
jou mond ’n splinternuwe saal

© gilbert gibson. Uit: [vii]: 2010.

Dag 4: “Ek kies ’n kort vers (in Afrikaans vertaal) oor ’n boom van die Meksikaanse digter Octavio Paz wat in 1990 die Nobelprys ontvang het vir sy literêre werk. Paz is een van die digters wat ek gereeld lees en wat onteenseglik altyd die kreatiewe prosesse aan die gang sit in my eie onbewuste. Rodney Williamson vertolk die betekenis van die boom in die gedig soos volg: Uit: The writing in the stars – A Jungian Reading of the Poetry of Octavio Paz. “The tree symbol so prominent in this poem and central to the volume to which it belongs, Arbol adentro, is the image par excellence of this correspondence of innerness and outerness. The tree is an element of nature, planted by the other, contemplated by the poet, and as we have seen in the circular poems of phase four, an icon closely identified with the poet’s childhood. But it is also an interior mental tree, Jung’s ‘philosophical tree’ or ‘tree of knowledge,’ a concrete symbol of growth of the psyche and of the self”:

Die boom hierbinne

’n Boom het in my kop gegroei,
’n boom het ingegroei.
Sy wortels is are,
senuwees sy takke,
sy deurmekaar blare die gedagtes.
Jou blik steek dit aan die brand
en sy skadu-vrugte
is bloedlemoene,
vlammende granate.
Die dag breek

in die nag se liggaam.
Daar binne, in my kop,
praat die boom.
Kom nader, kan jy dit hoor?

(Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter)

Nicolette van der Walt, maatskaplike werker wat op die hoofbestuur van die ACVV dien asook digter, (Floriskoop) se vier dae is soos volg:

Dag 1:

 

           To drink

I want to gather your darkness
in my hands, to cup it like water
and drink.
I want this in the same way
as I want to touch your cheek-
it is the same-
the way a moth will come
to the bedroom window in late September,
beating and beating its wings against cold glass;
the way a horse will lower
his long head to water, and drink,
and pause to lift his head and look,
and drink again,
taking everything in with the water,
everything.

– Jane Hirshfield

Dag 2: Nicolette haal “Dunes” deur die Sloweense digter, Taja Kramberger (Mobilisations: 2004) aan (vertaal deur Ana Jelnikar). Vanweë die lengte van hierdie gedig, word slegs Deel 1 aangehaal:

Allí
donde mi presencia es esperada me hago realidad.
(Jorge Pimentel, Balada para un Caballo)

I.
No heavenly body nor an earthly one,
no gliding between them.
No sleepless head drooping above or below the bed.
No abdication of territory or status – not a chance.

Your real hand leading to the origin of mine,
this very chair here you and I in turn sit on – is enough:
tout à sa place.

Here you are, here I am, here is all
we need,
here are
two large dunes that fold into one,
and then rain and then passion and then the ground beneath our feet.

Two large dunes from all that is familiar, but from four very concrete
and independent hands, four eyes, ten toes and fingers.

Two dunes out of a myriad sand granules touching
each other, each of them communicating with all the rest.

Dunes, two curves closed into a circle by a gentle embrace of love.
Dunes, two inner worlds seeping into one in a gentle embrace of love.

Nicolette skryf die volgende oor Dag 3: “Ek was in Graad 8 toe J C Steyn se debuutbundel verskyn het. As ’n plaaskind uit die Klein-Karoo, waar droogtes ’n algemene verskynsel is, het hierdie gedig my altyd gefassineer. Ek neem aan dat vir die tyd dit moontlik ’n kontroversiële gedig was! Dit laat my steeds glimlag”:

Verbitterde boerseun bid

Ja, ek weet ons moet glo
gló, en bid ook, glo
en hóóp: dit bring glo
“in ons leed versagting”.
Die geglo sal glo die westewind laat draai –
Orraait, maar dan val natuurlik weer die hoop water
dat al die gesaaides spoel in hul maai.
En daardie lekker vrypas agterna
van “laat maar u wil geskied”.

Laat maar. U wil geskied.
Om reën bid ons donners verniet.

– Uit: Die grammatika van liefhê (1973)

Dag 4 sluit ’n gedig van Nicolette in, getiteld “Bloeiwyse” (Floriskoop:2015) wat op Soundcloud deur Eva Mouw vertolk word. Eva het ook “Bloeiwyse” getoonset. Die kombinasie van Eva se stem en Nicolette se woorde is treffend en kan op Soundcloud geluister word:

https://soundcloud.com/evie-m/bloeiwyse-n-gedig-deur-nicolette-van-der-walt


Con Robinson, wat by Protea Boekwinkel in Bloemfontein werk (hy verrig wonderwerke met boekbestellings) en graag in sy vrye tyd skilder en skryf, se Dag 1 word ingelei deur een van sy eie gedigte:

Stom

Ek het nie meer woorde
hulle laat my in die steek
my boodskap gaan verlore
as ek struikel oor my woorde

Op Dag 2 en 4 deel Con ook twee van sy eie gedigte. Lesers kan sy poësie-blog volg op: http://sapphomuse.blogspot.com/2014/12/untitled.html.

Dag 3:

Sonnet XVII

I do not love you as if you were salt-rose, or topaz,
or the arrow of carnations the fire shoots off.
I love you as certain dark things are to be loved,
in secret, between the shadow and the soul.

I love you as the plant that never blooms
but carries in itself the light of hidden flowers;
thanks to your love a certain solid fragrance,
risen from the earth, lives darkly in my body.

I love you without knowing how, or when, or from where.
I love you straightforwardly, without complexities or pride;
so I love you because I know no other way

than this: where I does not exist, nor you,
so close that your hand on my chest is my hand,
so close that your eyes close as I fall asleep.

-Pablo Neruda

Louis Esterhuizen, bekende en bekroonde digter, is deur Con Robinson genooi om aan wat Louis “’n poësiebrander” noem, deel te neem. Ek ontleen dus ’n gedeelte van my blog-titel aan Louis se term.

Louis skryf oor sy Dag 1: “Hieronder volg my eerste gunstelingvers; ’n gedig wat 1,200 jaar gelede in Sjinees geskryf is en via Eddie van Vliet se boek Pleidooi voor de Poëzie manjifiek deur Heilna du Plooy in Afrikaans vertaal is. (Die Afrikaanse vertaling van Van Vliet se essay het in 1998 by Protea Boekhuis verskyn)”:

Nooit weer oorlog maak nie

Soveel slanke meisies. Ontblaar

soos jong boompies. Ek gaan almal verby

al staan hulle sy aan sy,

met glansende hoofde bymekaar.

Wat kan die gode my nou nog skeel,

en in my dorpie die rooi aandgloed?

Ek het ’n honderd wonde en niks kan hulle genees nie.

Ek het die dood gesien, so dikwels en so groot.

Die oë van kinders is soos goue reën.

Versigtig dra hulle die bekers wyn.

Ek wil gaan lê en slaap langs die grootpad

en nooit weer oorlog maak nie.

Dag 2:

Reën in die voorwinter

Vier mure teen die Suidewind-
my swartoogvrou, my blondhaarkind.

Kareehoutstompe in die vuur,
ketel en kaggel brons geskuur.

My bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.

Soet deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.

Die wendam stoot sy uitloop oor-
blink breek my ploeg die middelvoor…

– G.A. Watermeyer

Dag 3: 

Gift

A day so happy.
Fog lifted early I worked in the garden.
Hummingbirds were stopping over honeysuckle flowers.
There was no thing on earth I wanted to possess.
I knew no man worth my envying him.
Whatever evil I had suffered, I forgot.
To think that once I was the same man didn’t embarrass me.
In my body I felt no pain.
On straightening up, I saw the blue sea and sails.

-Czeslaw Milosz

Dag 4: “Vandag is my laaste bydrae tot die poësiebrander wat deur Gisela Ullyatt begin is. Dankie daarvoor. En op ’n manier is ek hartseer, want nie net is dit ’n fantastiese inisiatief nie, maar daar is nog SOVEEL gedigte wat ’n mens sou wou plaas. Nietemin, my laaste plasing is vir my ongelooflik spesiaal omrede dit alles bevat waaroor poësie handel. Vir my gaan ’n gedig oor kontekstualisering (die “wie”, “wat” , “waar”, “wanneer”, waarom” en met “watter magsterkte” van die lewe) PLUS resonansie; dit wat ek ook “melancholie” noem. Sappho vermag dit binne die bestek van enkele woorde. Wat ’n kragtoer! (En ek vertaal vrylik)”:

Dit is al lank na middernag.
Alleen lê ek en wag.
Jy het nie gekom nie.

 

Haal solank jou verkyker uit vir die volgende skuimende Poësiebrander op Versindaba. En oefen daardie Umlauts….