Posts Tagged ‘Dolf van Niekerk’

Dolf van Niekerk – vertaling in Engels

Wednesday, December 7th, 2011

Dolf van Niekerk - vertaal deur/translated by Tony & Gisela Ullyatt

 

Dolf van Niekerk

Dolf van Niekerk

Dolf van Niekerk was born in Edenburg in the Free State, and completed his schooling there. He studied at various universities, and, in 1982, was awarded a doctorate in Philosophy from the University of Pretoria.  He began his career at the SABC as an announcer/producer. He joined the Department of Agriculture’s radio service (Landbouradio) and subsequently became Director of the Department’s Information Service, a post he held until his retirement in 1994. Originally Van Niekerk wrote radio plays and feature programmes. His first poem appeared in 1954 in Standpunte. His first prose work, Gannavlei, came out in 1958. His oeuvre encompasses all genres: prose, poetry, and drama. Apart from prizes for his radio work, Van Niekerk has won the Eugene Marais prize, the Scheepers prize, and the M.E.R. prize. The latest of his four volumes of poetry, Lang reis na Ithaka, was published by Protea Book House in 2009.

 

 

Stripping the layers                                    

 

I strip the layers

of its trunk, the

heart shapes on its bark;

leafing through its open book

searching for all

the words I want for you.

But I riffle myself to a standstill

in the fibres of time -

doubting

whether you will remain

a quiver for my heart

in this arid land

 

(From: Lang reis na Ithaka, Protea Boekhuis, 2009)

(Tr. by Tony & Gisela Ullyatt)

 

 

Mahler is our travelling companion  

 

Mahler is our travelling companion,

his heart’s agony composing clouds over mountains -

mirages of rocks and streams,

birdsong and cedar trees;

a song of the earth, a song of loss

he travels along all the roads

that have no destination or place

he can arrange for day or night.

The only home for longing

is the cycle of the seasons -

eternally, eternal spring and summer, autumn

and winter, eternally in the merciless

variation of light and dark,

of coming and going, of life and death.

 

(From: Lang reis na Ithaka, Protea Boekhuis, 2009)

(Tr. by Tony & Gisela Ullyatt)

 

 

My autumn garden is mourning                    

 

My autumn garden is mourning;

autumn is purple, close to the blue

that you so like

but closer to almost knowing

how we can reconcile yesterday

lastingly with now -

finally, only humility 

from love’s early death

binds in with our prayers

while leaves fall all around us.

 

(From: Lang reis na Ithaka, Protea Boekhuis, 2009)

(Tr. by Tony & Gisela Ullyatt)

 

Translators:

 

Tony Ullyatt was born in Nottingham, and educated in India, Sudan, and Kenya before coming to do an undergraduate degree in English and French in Durban, South Africa. After finishing a Master’s degree in English at the University of Auckland, he wrote a PhD on American poetry at Unisa. He has further Master’s degrees in Psychology, Myth Studies, and Applied Language Studies. He also has a PhD in Myth Studies. He has won prizes for his radio drama and poetry as well as the FNB/Vita Award for Translation. He is currently a Research Fellow at the University of the North-West’s Potchefstroom campus.

Gisela Ullyatt was born in Bloemfontein, where she studied at the University of the Free State. After completing an Honours degree and a Master’s degree in German, she finished a Master’s degree in English (Applied Language Studies) as well as a Certificate in Teaching English as a Foreign Language. Her poetry has appeared in journals both locally and internationally, and she is a prize-winning short-story writer. Through the University of the North-West, she is currently working on a PhD which undertakes a Buddhist reading of Mary Oliver’s poetry.

Lang reis na Ithaka

Sunday, August 9th, 2009

Lang reis na Ithaka.  Dolf van Niekerk. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys R100.00

 

Lang ries na Ithaka
Lang ries na Ithaka

Dolf van Niekerk se prosa- en radiowerk het hom talle toekennings besorg. Sy bydrae op die terrein van die digkuns het in 2006, met die verskyning van Nag op ‘n kaal plein, ook weer onder die aandag gekom.

Met Lang reis na Ithaka, sy vierde digbundel, vier Van Niekerk sy tagtigste geboorteherdenking vanjaar.

Die oud-Griekse verhale oor Odusseus se gebeurtenisvolle reis na sy tuisstad Ithaka en na sy vrou Penelope, ná afloop van die slag om Troje, vorm die sentrale gegewe van die lang titelgedig aan die einde van die bundel. Dié mitiese vertellinge dien egter ook ‘n metaforiese funksie in die res van die bundel, naamlik om die “ek” se laat lewenspad, onderweg na die verlangde hereniging met die geliefde in die uiteindelike tuiste van die dood, aan te dui.

In wese gaan dit in die bundel oor die lewensfeit dat ons almal net “in onbepaalde tyd [...] vertoef”. Kenmerkend verkeer die “ek” in hierdie gedigte meestal op die grense tussen, aan die een kant, droom, herinnering en verlange en, aan die ander kant, die werklikheid. Lewe en dood is geen duidelike teengesteldes meer nie. Wat oorbly, is eintlik net die begeerte “[o]m stil te wees, / die self in self te keer / en tuis te kom in tuistelose / ruimtes van die gees” (slotgedig). In ‘n sekere sin is die bundel opgebou om hierdie reis, algaande weg van die reële, aktuele wêreld af, te weerspieël.

Die openingsafdeling heet “Pellafolio”. Pella was die antieke hoofstad van koning Argelaus van Masedonië, maar ook die geboorteplek van Aleksander die Grote. Dit roep dus enersyds die antieke Griekse werklikheid op wat in ‘n aantal van hierdie gedigte (”folio” sinjaleer waarskynlik die skryfgegewe), maar ook later in die bundel figureer. Pella is egter ook ‘n pleknaam in die Noord-Kaap. En inderdaad val verwysings na plekke en geografiese verskynsels uit die dorre, meer verlate dele van ons land op in hierdie afdeling. ‘n Fisiese reis word gesuggereer, hoewel byna deurgaans gepaardgaande met herinnerings- en hunkeringsreise.

In “Historia”, die tweede afdeling, staan (die rekonstruering van) die verlede voorop. Die vroeëre evolusionêre bestaan in water word te berde gebring, ook die geboorte van die “ek”. Maar veral die bestaan saam met die geliefde staan in die kollig, naamlik soos dit (her-)beleef word in herinneringe en drome. Om te dig daaroor word gesien as ‘n poging om gestalte aan die ervaring te gee en sodoende iets daarvan “tasbaar en begryplik” te maak (”dié hunkering”).

Van fisiese reise is daar egter geen sprake meer nie. Trouens, die waarnemingswerklikheid is beperk tot ‘n wêreld agter glas (waarskynlik binnenshuis) en tot die daarbuite betragte tuin met sy seisoene (veral herfs en winter).

In die slotafdeling verdwyn die ek-as-digter en die aktuele werklikheid dan heeltemal. Odusseus word aan die woord gestel om oor sý wedervaringe van vanslewe te vertel.

Die neiging na stilistiese vervaging in die bundel hang met die uitbeelding van ‘n grensbestaan saam. ‘n Mens sien dit reeds in die feit dat, op die slotgedig na, geen van hierdie verse getitel is nie. Ook kom helder, tekenende beelding selde voor. Trouens, die beeldspraak is eerder meer geyk, meer simboliserend van aard. Meermale word abstrak benoemend of betogend te werk gegaan. Vergelyk die slotsin van die gedig “365 dae rek ek die ure”: “Die hart moet maar / ‘n ompad vind, die brein sy onmag / toedig aan die verste ster. / Maar ek het mos vergeet: / Die wonder van liefde is idee.”

Onbepaaldmakend, selfs vertroebelend, is voorts die feit dat dit soms moeilik word om te onderskei wie of wat deur voornaamwoorde soos “ek”, “hy”, “jy”, “sy” en “ons” aangewys word. Wie of wat is byvoorbeeld die “jy”  in die gedig op bladsy 46 (naas die implikasie dat dit die gestorwe geliefde kan wees)? ‘n Piet-my-vrou, soos afgelei sou kon word van die eggo uit Elisabeth Eybers se bekende gedig oor dié voël wat ‘n mens in die uitdrukking “drie note” hoor?

‘n Hele aantal verdere sintaktiese en beeldtroebelhede is aan te stip. In “Die najaar gly” word byvoorbeeld eers beskryf hoe die najaarsbome hulle blarekleed verloor. Dan vervolg die digter met die volgende beeldopstapeling oor die ontketende liefdesverlange, myns insiens sónder dat die verband tussen die seisoensverandering en die ontketende liefdesverlange, óf die metaforiese spronge vanaf winterkaalbome na liefdeswortels-in-die-lug na migrerende voëls na “die magneetveld van die hart” noodwendig (genoeg) gemaak word: “en liefde maak wortels / in die lug, / nêrens vas nie, sweef op die rug / van voëls en duiwe, / sonder horison / maar  gebind aan die / magneetveld van ‘n hart.”

Ook ontgaan die implikasie van die slotreëls van die gedig “Hierdie stilte oplaas” my: “Ek verbeeld die Groot Knal / sonder knal waar klank / gebind is in ‘n heelal, / maar toe ‘n konstellasie breek / ontsnap daar klank oor ‘n planeet.”

Van Niekerk ontkom nie aan die wesenlike gevaar van mistifikasie wat die bepaalde tematiek en die genoemde vervagende tegnieke inhou nie. Boonop ontgin hy die idee van die onbepaalde grensbestaan nie diepgaande genoeg om deurgaans boeiende verskuns daar te stel nie.

 

  • Resensie deur Bernard Odendaal, departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat

C. Buddingh-prys vir Mischa Andriessen

Tuesday, June 23rd, 2009
Mischa Andriessen

Mischa Andriessen

Tydens die pasafgelope Poetry International-fees te Rotterdam is bekend gemaak dat Mischa Andriessen (1970) vanjaar die C. Buddingh-prys vir beste digdebuut ontvang vir sy bundel Uitzien met D. Die hoofbeoordelaar, Wim Brands, het Andriessen beskyf as die ‘meester van het ongezegde’ wat die vermoë het om die leser ‘bij de haren mee te slepen, tot nadenken aan te zetten en te laten lachen.’ Volgens die NRC se korrespondent beweeg Andriessen se poësie op die gens tussen prosa en poësie. Hieroor het die pryswenner hom tydens sy ontvangstoespraak soos volg uitgelaat: “Het echt lyrische lag mij nooit. Toen ik deze vorm vond op de grens van poëzie en proza dacht ik: dit is het. Ik ben geen schaver, veel van mijn werk is ontstaan toen ik forensde en de dag begon met dagboekmijmeringen.” In sy voorskou tot die oorhandiging het Arie van den Berg die volgende oor die uiteindelike pryswenner se debuut te sê gehad: “Uitzien met D. van Mischa Andriessen lijkt evenmin zonder citaten te kunnen. Welgeteld tienmaal nam de dichter een fragment uit de wereldliteratuur als motto. Die motto’s zijn net zo overbodig als de titels van de afzonderlijke gedichten. Samen vormen de verzen een verhalende cyclus, die ook of juist zonder titels een intrigerende spanning oproept. Andriessens taalgebruik balanceert op de grens tussen proza en poëzie, maar naarmate het verhaal zijn vorm krijgt blijkt steeds duidelijker dat hier een dichter aan het woord is. Het allerdunste kan dan al overtuigen, zoals in: ‘Zo lichtvaardig, / verlangen naar storm / onder een stolp. Maar het is vooral de steelse samenhang tussen de verzen die de cyclus kracht geeft. En ook de eenvoudige, maar steeds rake taal die dit drama van zoiets ongewoon gewoons als een relatie tussen twee mensen woorden geeft. Uitzien met D is een overtuigend debuut.” (Lees gerus die NRC se volledige berig op hul boekeblad.) Die bundel het by De Bezige Bij verskyn en Alfred Schaffer was die redakteur daarvan. Veels geluk, Alfred! Mag daar sommer nog baie pryswenners onder jou redakteurshand vorm aanneem …

Interessant genoeg staan hierdie toekenning lynreg gefokus op twee belangrike gesprekspunte wat tans in ons eie geledere gevoer word: die kwessie van die sogenaamde “andekdotiese” vers (of “vertelvers” soos soms daarna verwys word) en die (oormatige) gebruik van literêre aanhalings en intertekstuele verwysings soos deur Lucas Malan geopper in sy kommentaar op Johann de Lange se Die algebra van nood. Vir jou leesplesier plaas ons hieronder een van Andriessen se verse; oordeel gerus self of hierdie (goeie) poësie is.

En onthou - vanaand om 22:00 kan jy na Vers & Klank op RSG luister. Nic de Jager lees dan gedigte uit Dolf van Niekerk se nuutste bundel Lang reis na Ithaka voor. Die program staan onder die bekwame leiding van Margot Luyt. (Volg gerus die skakel na “Publikasies” op die tuisblad indien u ietsie meer oor dié bundel wil lees, of besoek Dolf van Niekerk se gedigtekamer waar daar ook ‘n videogreep is van ‘n vers wat hy self voorlees.)

Geniet die dag!

LE

 

 

Ontrouw 

D is ontrouw gebleken.
Opeens duurt de zomer hem te lang,
hij wil iets anders; in een open rijtuig
door de straten het plebs toewuiven,
bruiswijn drinken, met de pink omhoog.
De vraag is waar ik blijf,
in dit nieuwe leven van D.
Het voelt vreemd niet te weten
wie er over je lot beschikt,
naast iemand te zitten
die twijfel noch wroeging kent
en zich oefent in het buigen.

 

© Mischa Andriessen (Uit: Uitzien met D., De Bezige Bij, 2008)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Donderdag, 7 Mei 2009

Thursday, May 7th, 2009

 

Nou ja, toe. Uiteindelik het Babu sy pad teruggevind van vulkaniese hoogtes en by ’n rekenaar uitgekom … En watter plesier is sy blog-inskrywing nie! Jimmel, dit was beslis die moeite werd om voor te wag. Lekker lees daaraan. Ook Johann Lodewyk Marais het van hom laat hoor; weliswaar van ’n internetkafee, maar die elektronika ken mos geen skaamte nie … Sy inskrywing het my nogal laat wonder – watter gedig is die eerste wat ék as die begin van my poëtiese “bewuswees” sou beskou? Waarskynlik Reën in die voorwinter deur G.A. Watermeyer. En vir jou?! (Vertel sommer hier onder by ”kommentaar” watter gedig jóú tot die poësie bekeer het.)

 

Vervolgens, ’n paar tegniese punte –

 

’n Hele aantal mense het navraag gedoen oor Twitter. Twitter is in wese ’n elektroniese posman. Gaan na http://twitter.com/versindaba en registreer. Dit is ‘n gratis diens. Al wat verlang word, is jou gebruiksnaam (username) en e-pos adres. Twitter sal jou dan via ‘n kort beriggie in kennis stel wanneer daar nuwe materiaal op die webblad geplaas word. Boonop is jou e-pos adres vertroulik. Jy sal dus géén laspos (spam) ontvang as gevolg hiervan nie. Dit bly gewoon ‘n maklike (en praktiese) manier om op hoogte te bly van wat op die webblad gebeur.

 

Nuuswekker is spesiaal geskep vir jóú om kommentaar te lewer. Plaas hier enige kommentaar wat jy wens by te dra. Daar is heelwat insette op die webblad waar kommentaar nie moontlik is nie (artikels en onderhoude, byvoorbeeld), maar by Nuuswekker kan jy jou mening lug. Aangesien hierdie webblad maar nog ‘n suigeling is, is terugvoer uiteraard vir ons van enorme belang. Ontwikkel sommer ook die gewoonte om daagliks net eers vinnig by Nuuswekker in te loer voordat jy elders heen kuier op die blad; hierdie is die ruimte waar ons van tyd tot tyd belangrike inligting na jou as poësieliefhebber wil kommunikeer. So – lees, raak opgewonde en neem deel!

 

En moenie vergeet om te gaan kyk (en luister) na Dolf van Niekerk se voorlesing tydens Versindaba 2007 nie. Hoogtepunte van dié betrokke fees, wat steeds op DVD beskikbaar is, sal met verloop van tyd deur ons webmeester op die webblad geplaas word.

 

Ten slotte, ’n mooi aanhaling:

 

A good poem is a contribution to reality. The world is never the same once a good poem has been added to it. A good poem helps to change the shape and significance of the universe, helps to extend everyone’s knowledge of himself and the world around him. (Dylan Thomas)

  

Mag jou skoene bling gevryf word waar jy ook al staan in die stof vandag.

 

Mooi loop.

 

LE