Posts Tagged ‘Dylan Thomas’

Louis Jansen van Vuuren. Kantlynkernkyk

Sunday, April 10th, 2011
Selfportret in die Apriltuin
Selfportret in die Apriltuin

                           

( met verlof en dank aan Breyten Breytenbach)

 

Paginering van ‘n Aprilpsalter

April is ‘n boek met dertig jubbelbloublaaie. Elkeen is genommer en getitel vir die spesiale dag se gang. Op die eerste blad is ‘n vreugdelied opgeteken wat in golwende verse hulde bring aan die natuur se oopmaakeskepades.

April is ook ‘n maand van dinge doen. Uitgooi, oopgooi, opbind en oplei.  Plant en saai en van feesvier. Aan die gewyde kant is daar Paasfees met ‘n hoofletter  geskryf. Lekker ou tradisies en heerlike familie-etes. Lentelam, wilde aspersies en eiergeregte. Sedert die 12de eeu word alle kerkklokke stil gemaak op Goeie Vrydagoggend…les cloches volent en  gaan weer op Paas-Sondag  aan’t luie…les cloches de Pâques . Hierdie beierende klokkespel is veronderstel om ‘n magdom heerlikhede vir die kinders oop te lui, soos sjokelade-eiers, soetkoekies en versuikerde vrugtelekkers….  Daar is ook guitige feeste soos die Grande Eaux Musical de Versailles wat ‘n skouspelagtige fonteinfees is waar als wat kan spuit en babbel wyd oopgedraai  word. April is ook die verjaardagmaand van Boeddha en van Vryheidsdag in Suid Afrika.      

                                                      

Aprilis is die Romeinse vierde maand en groei etimologies van die Latynse woord  aperire  wat om oop te maak, beteken. Seker verwysend na die magdom blare en blomme wat nou deur die lenteson ‘oop’ gemaak word. Dit laat my ook dink aan die oopmaak of oopslaan van enige klapper met  ‘n blaai of pagina. Wees dit ‘n versbundel, ‘n sakboek, ‘n leenboek, ‘n ruilboek, ‘n kladboek, ‘n dagboek, ‘n handboek, ‘n memorieboek, ‘n notaboek, ‘n sketsboek, ‘n reisjoernaal of ‘n notaboek. Of sommer net ‘n boek. Daar’s altyd iets Aprils aan ‘n boek vir my. Dis nie net die oopmaak daarvan en die rondblaai in die boek nie, maar dis ook die wyse waarop ‘n boek dit regkry om dinge in jou oop te maak.

Dis offisieel lentemaand In Frankryk en als word met geesdrif aangepak. Hope vol gees en baie vol drif. Energieke jaagtogte deur doekse eekhoringpaartjies weerspieël die ander sy van drif. Op en af hol hulle teen  mosbegroeide boomstamme. Ogies onnatuurlik blink. Als wat tjilp, kloek en koer, krys en kwaak, doen dit met  rekbekoorgawe. In die groentetuin is die oopmaakproses (wat later die inmaakproses word) ook ‘n vrolike gebeurtenis. Mooi om byvoorbeeld te sien hoedat die rubarbersteeltjies  hulself ligroos uit ‘n donkergroen krul oopvou. Die  kleurskakerings van die stele lyk presies soos hulle proe… Sag en soet en suur tegelyk.

Ek wou sonder hullaballoo ‘n rubarbertert-resep tussen die skryfsels inglip maar het myself betyds bedink.

Die brokante is in April reeds in volle swang en winskopiejag word ‘n groot tydverdryf oor naweke in die platteland. Elke dorp kry een Sondag per jaar die geleentheid om so ‘n feesdag aan te bied. Antieke handelaars kom van heinde en verre met hulle ware en dan kry die dorpenaars ook ‘n beurt vir spring cleaning… ‘n vide grenier of solderskoonmaakdag. Daar loop alewig gerugte rond dat iemand pas ‘n rol Picassotekeninge of ‘n raar Lalique-vaas vir ‘n appel en ‘n ui opgetel het. Dit sorg ook vir gees en drif.

Verlede week het ek op ‘n buurdorpie ‘n houtkissie met drie  swart notaboekies daarin gekoop.  Ek was eintlik net agter die kissie aan maar  by aanskoue van die boekies het iets in my  oopgegaan. Soos ‘n  venstertjie wat op ‘n lewe inkyk. Kantlynkyk.  ‘n  Oomblik, gelaai met ‘n terugblik in die lewe van ‘n kleindorpse  meisie. In die binneblad van elke boekie is haar naam netjies in sierletters opgeskryf. Inéz Clairefontaine.1972. En die dorpie se naam, Saint- Severe. Daaronder en onderlyn staan geskrywe:

Publius Ovid Naso

Amores

Dié boekie was vir  haar skoolwerk gebruik.  Lang Latynse vertalings in haar netjiese handskrif. Plek-plek in rooi  deur ‘n onderwyser  reggemaak. Wat my opgeval het is ‘n  byskriffie in groen ink. ‘n Ander handskrif. Iemand anders, of miskien geskryf met ‘n sterker emosie daaragter.  Iets so diep dat dit jou kan transformeer. Laat beef en brand.  Meer drif en baie gees. Wie weet?  Sappig groen is die ink soos dié van ‘n blaar wat wil oop krul van genot…Me miserum! Certas habuit puer ille sagittas. Uror et in vacuo pectore regnat Amor.

Vrylik en lossies uit die Franse vertaal : “Ek is Misrabel! Die jong man se pyle tref sekuur. Ek brand van die liefde wat seëvier in my eens leë bors.”

Wandskilderye, getitled Amores

Wandskilderye, getitled Amores

Die liefdessug uit ‘n veraf gister het soos ‘n donker voël op my skouer kom sit…  die verganklikheid van dae en dinge ….  ‘n plat gedrukte sakdoekie wat uit die boekie val het my nog ‘n entjie verder laat kantel. Ek dog ek  kan nog ‘n sweempie Shalimar daarop ruik. Verbeel ek my? Vol lentegeure en die belofte van metamorfoseer? 

Hier volg ‘n paar reëls uit Meneer Ted  Hughes(1930-1998) se verwerking  van  Ovidius se Metamorfose.

Now I am ready to tell how bodies are changed
Into different bodies.

I summon the supernatural beings
Who first contrived
The transmogrifications
In the stuff of life.
You did it for your own amusement.
Descend again, be pleased to reanimate
This revival of those marvels.
Reveal, now, exactly
How they were performed
From the beginning
Up to this moment 

Tales from Ovid

(24 Passages from the Metamorphoses. Ted Hughes:

Farrar, Straus and Giroux 1999)

 

Die Morgan Library and Museum in New York bied tans ‘n opwindende tentoonstelling van notaboekies en joernale aan: Diary: Three centuries of  Private Lives. Dis ‘n keur uit die Morganbiblioteek se verstommende versameling. Daar is notaboekies van Charlotte Bronte (1816-1855), John Newton(1725-1807), Tennessee Williams (1911-1983),  John Steinbeck(1902-1968), Albert Einstein (1879-1955), Bob Dylan (1941-) en ook ‘n dagboek van Napoleon (1796-1821).

Mark Twain -1835-1910, notaboek

Mark Twain (1835 - 1910). Notaboek

 

Ernst Hemmingway (1899-1961). Notaboek

Ernst Hemmingway (1899-1961). Notaboek

 

Hector  Louis Berlioz (1803-1869) was ‘n seun van elf jaar toe Napoleon op ‘n triomftog deur sy geboortedorpie beweeg het. Hy het die skouspel in sy sakboekie aangeteken en die inskrywing het hom later geinspireer om die tafereel in musiek om te sit. Le Nuits d’eté, (H.81,op 7.) is ‘n reeks gedigte wat  hy getoonset het en waarvan die eerste van die reeks lieder Villanelle genoem word. Die lied is op die oorspronklike model van ‘n villanelle geskoei: ‘n landelike danslied met geen vaste vorm nie. Die boerelieder is uit volle bors deur Renaissance troebadoers gesing.  Luister gerus na Régine Crespin wat die siklus sing.( en op YouTube na Ann Sophie van Otter – Villanelle ) 

Ook gedurende die Renaisance-periode het die digter Jean Passerat (1534-1602) die villanelle as ‘n vaste versvorm daargestel met sy gedig ‘Jai perdu me tortorelle’ ( Ek het my tortelduif verloor).

J’ai perdu ma tourterelle; Est-ce point celle que j’oy?

Je veux aller après elle.

 

Tu regrettes ta femelle,

Hélas! aussi fais-je moy.

J’ai perdu ma tourterelle.

 

Si ton amour est fidelle,

Aussi est ferme ma foy;

Je veux aller après elle.

 

Ta plainte se renouvelle,

Toujours plaindre je me doy;

J’ai perdu ma tourterelle.

 

En ne voyant plus la belle,

Plus rien de beau je ne voy;

Je veux aller après elle.

 

Mort, que tant de fois j’appelle,

Prends ce qui se donne à toy!

J’ai perdu ma tourterelle;

Je veux aller après

 

Die ou Franse digvorm  het in die 19de en 20ste eeu ‘n oplewing beleef en baie digters het die vaste vorm as uitdaging gesien en pragtige voorbeelde van die villanelle het tot stand gekom. Daar bestaan vele aanpassings en verbouings van die digvorm maar gewoonlik werk dit as volg: Dit is ‘n 19-reël gedig met twee herhalende ryme en twee refreine. Die vorm is saamgestel uit 5 tersette of driereëlige stansas wat gevolg word deur ‘n slotkwatryn. Die eerste en derde reël van die eerste stansa word alternatiewelik herhaal in die laaste reëls van die opvolgende stansas; dan in die laaste stansa word die refrein as die gedig se laaste twee slotsinne gebruik. Hoofletters dui op die refreine en kleinletters op die ryme: A1bA2/abA1/abA2/abA1/abA2/abA1A2

‘n Skitterende voorbeeld is die villanelle van Dylan Thomas (1914-1953)

Do not go gentle into that good night

Do not go gentle into that good night,
Old age should burn and rage at close of day;
Rage, rage against the dying of the light.

Though wise men at their end know dark is right,
Because their words had forked no lightning they
Do not go gentle into that good night.

Good men, the last wave by, crying how bright
Their frail deeds might have danced in a green bay,
Rage, rage against the dying of the light.

Wild men who caught and sang the sun in flight,
And learn, too late, they grieved it on its way,
Do not go gentle into that good night.

Grave men, near death, who see with blinding sight
Blind eyes could blaze like meteors and be gay,
Rage, rage against the dying of the light.

And you, my father, there on the sad height,
Curse, bless me now with your fierce tears, I pray.
Do not go gentle into that good night.
Rage, rage against the dying of the light.

Fragment uit Thomas se notaboek

Fragment uit Thomas se notaboek

En …

 

Denouement

Sylvia Plath (1932-1963)

The telegram says you have gone away
And left our bankrupt circus on its town;
There is nothing more for me to say.

The maestro gives the singing birds their pay
And they buy tickets for the tropic zone;
The telegram says you have gone away.

The clever wolly dogs have had their day
They shoot the dice for one remaining bone;
There is nothing more for me to say.

The lion and the tigers turn to clay
And Jumbo sadly trumpets into stone;
The telegram says you have gone away.

The morbid cobra’s wits have run astray;
He rents his poisons out by telegram;
There is nothing more for me to say.

The colored tents all topple in the bay;
The magic sawdust writes: address unknown.
The telegram says you have gone away;
There is nothing more for me to say.

Sylvia Plath - notas vir Ariel

Sylvia Plath - notas vir Ariel

 

My brokkie brood op die water vir Miss Plath:

 

Stillewe

vir Sylvia Plath

 

Lelik lag sy lelies,

luidrugtige oopmondkoor

vol stuifmeel en stampers,

staangemaak in ‘n obsene fles.

Stingels en stele kriewel en skif.

 

Hier gelos as ‘n klaaglike soenoffer,

bitsige bos langs my bed

weerkaatsend op die vierkant tafel

op vier rooi rubberwiele wat kan draai.

Spookasems vloek op die vleklose staal.

 

Uit die krankhuis se kliniese kamer

kom die dodende boodskap

vol vermaning wat babbel en bloei.

Dat hy, soos Jason, wreed gaan saai

oor berge, maar veral oor haar dale.

 

Hul trouklere het ek vergewe

met vratappels en arseen,

geel gedokterde rabarberpoeier,

en eet alles wat voorkom

gulsig en suinig voor hom op. 

 

Ek koors en kerm in die verligte saal

op twee melkwit kussings,

wagtend op die bitter ampule.

My naam is Medea,

hare sissend uitgekam. 

 

Ek sien my seëvierend op ‘n sierwa sit

livor mortis oor my lippe.

 

(LJVV Tempermes)

           

William (Billy) Collins (1941-) is een van die meesterdigters van Amerika en was onder andere Poet Laureate of the USA 2001-2007. Hy  het jare gelede die Paradelle ‘ontdek’ wat hy glo in Franse geskifte uit die elfde eeu raak geloop het. Dit het ook ‘n forme fixe bestaande uit vier ses-reël stansas waarvan die eerste en tweede reëls, sowel as die derde en vierde reëls identies moet wees in die eerste drie stansas. Die vyfde en sesde reëls moet al die woorde van die voorafgaande reëls gebruik. Geen ander woorde word bygevoeg nie. Die laaste stansa moet al die woorde van al die voorafgaande stansas gebruik, en slegs die woorde wat daarin gebruik is.

Dit het later geblyk dat Collins ‘n gawe grap  gemaak het en dat hy die paradelle as ‘n parodie vir die villanelle geskep het. Ongeag van die die tong-in-die-kies oorsprong is die paradelle as digvorm  gevestig.  Theresa Welford het in 2006 ‘n bundel saamgestel met die titel The Paradelle.

 

Voorblad van The Parabelle

Voorblad van The Paradelle

 

Paradelle for the Prairie

Laurel Morris 2008

 

Branches turning green this rainy spring,
Branches turning green this rainy spring.
Grass, seeds, birds like kites overhead,
Grass, seeds, birds like kites overhead.
Overhead branches, rainy green grass kites
this turning spring. Birds like seeds.

A town without walls hearing wind calling,
A town without walls hearing wind calling.
Writing sidewalks with midnight footsteps,
Writing sidewalks with midnight footsteps.
A midnight wind with writing, calling without hearing.
Footsteps, walls, sidewalks: a town.

This is all green, all dark and new,
This is all green, all dark and new.
Floods of starry flowers down the plains,
Floods of starry flowers down the plains.
Dark down plains, all starry floods of green
and the flowers, this is all new.

This, a wind, floods spring with green green seeds.
New-hearing birds calling starry footsteps down
grass plains without sidewalks.
Kites writing overhead, and walls of the town
like rainy branches turning dark.
This midnight is all all flowers.

 

Skrywers en kunstenaars is gedurig aan’t vroetel in boekies en op blaaie en los flenters papier. Dit word ‘n ryk erfenis vol gedagtes en sketse waardeur ons soms ander aspekte van die skrywer/kunstenaar kan ontmoet. Hom miskien onverhoeds betrap, op iets inkyk wat ons ‘n dieper blik van die kunstenaar bied. Iets minder formeel, meer intiem soos ‘n gesprek op ‘n oorvol bus.

Dink aan die broos blaaie van ‘n Michelangelo (1475-1564). Als in spieëlbeeld, agterstevoor geskryf om die snuffelaar om die bos te lei. Die boekies is vol verbeeldingryke objekte wat kan duik en vlieg. Daar is die roerende dagboek van die jong Anne Frank (1929-1945), die elegante Marokkaanse reisjoernale van Eugène Delacroix (1798-1863), die soms hartverskeurende onthullings van Vincent van Gogh (1853-1890) en die passievolle verse van Paul Verlaine (1844-1896).

       Ek het nou die dag ‘n nuwe boek ontvang, Marilyn Monroe, Fragments, waarin gedigte, briewe en persoonlike noterings uit haar notaboekies en ander papiere verskyn.

Marilyn Monroe fragments

Marilyn Monroe fragments

‘n Notaboek wat my aandag hou is die van Wallace Stevens (1879-1955). Daar is ‘n hele paar van die notaboekies, elkeen met sy eie titel. Soos “dagia” en “Pieces of Paper“.  Eersgenoemde is gebruik vir die opskryf van sy meer introspektiewe gedagtes. Versies gewoonlik in puntvorm neergeskryf. Laasgenoemde is ‘n boekie vir, soos hy dit noem, ‘klein gedagtetjies en klein versies’. Hierin het hy ook ‘n paar honderd gedigtitels aangeteken wat hy nooit gebruik het nie. Soos:

 

‘The Halo That Would Not Light’

‘Still Life with Aspirin’

‘Morgue near Heaven’

en ‘The Identity of the Bridegroom”

 

Hierdie  versameling verstitels inspireer steeds digters om ‘n vers te skryf om by die gegewe titel te pas. Soos die een van Lucie Brock-Broido (1956-)

 

The Identity of the Bridegroom

 

One night you will walk into a fume

Of the great Mississippi River with your blue

 

Malthusian urge, in a gluey

                               Great-coat of a great

 

Inertia, and go down into the runnelled

Underworld, standing still as a pale suitor

 

Handing blossoms to a girl with queen

 

Yellow jackets in her hair I swear

You will. I am tired

 

Of woman who are sad. I am tired

                              Of men who are tired.

 

You are unwholesome mantling

The river in this

                              Ochre-wedded light.

 

 

(Lucie Brock-Brodie. Trouble in Mind. Alfred A. Knopf. 2010)

 

Ook in Wallace Stevens se boekie ‘Pieces of Paper’  vind mens die volgende opmerking:

 

Qualities of a poem

 

                                interesting

                                indigenous to a person

                                d’un daemon

                                felt words

                                capable of infuriating

                                with

                                poetry emotion

                                to come from an ever

                                free source

                                esser [sic]:essor (Fr.); swarm or group flight]

                                effortless

                                contagious

 

 

Ter afsluiting die versie van N. P. Van Wyk Louw:

 

                           * 

Nog eenmaal wil ek in die skemeraand

weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,

weer met my rek óp in die donker skiet,

en luister, en al word ek seer en dof,

hoe die klein klippie ver weg in die riet

uit donker in die donker water plof.

                           *

(Nuwe Verse. NP van Wyk Louw. Tafelberg.1954)

 

Uit: LJVV sketsboek, Parys. Die inspirasie vir hierdie Buiteblik-blog

Uit: LJVV sketsboek, Parys. Die inspirasie vir hierdie Buiteblik-blog

 

 

Brittanje se gunstelingdigters

Monday, October 12th, 2009
TS Eliot

TS Eliot

Na ‘n maandelange veldtog en 18,000 stemme om die mees gewilde digter in die Britse digkuns te bepaal, het die BBC verlede Donderdag tydens hul Nasionale Gedigtedag bekend gemaak dat TS Eliot die meeste stemme gekry het. Hy word gevolg deur John Donne, Benjamin Zephaniah (‘n rastadigter van Birmingam), Wilfred Owen, Philip Larkin, William Blake, WB Yeats, John Betjeman, John Keats en Dylan Thomas. Opvallende name wat ontbreek in dié lys van gunstelingdigters is uiteraard eietydse digters oos Seamus Heaney en Carol Ann Duffy (tans poet laureate); asook immergewilde digters soos Sylvia Path, Ted Hughes en WH Auden.

Die 3de plek wat Benjamin Zephaniah inneem, kom nogals vreemd voor aangesien die hele fenomeen van rastafariërs met hul gepaardgaande rap poetry a la Linton Kwesi Johnson in ons eie digkuns maar skaars is … Waarskynlik is die enigste voorbeeld wat ons hiervan het, die enigmatiese Jitsvinger (Quintin Goliath) uit die Kaapse Vlakte en Yabadaka Shamah, wie se verse in My ousie is ‘n blom (2006: Snailpress, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé) opgeneem is. (Toegegee, die verse in die bloemlesing is waarskynlik nie die suiwerste voorbeeld van Yabadaka se rasta-gerigtheid nie, maar sy impromptu optrede tydens die Versindaba van daardie jaar was beslis onverdunde rap.) Aan die Engelse kant van die draad is daar natuurlik meer voorbeelde, met Lesego Rampolokeng as die onbetwiste kroonprins van die spoegpraters; soos Andries Bezuidenhout en ander wat by die onlangse Bekgeveg by WITS betrokke was, waarskynlik sou agtergekom het. Dié man is in ‘n klas van sy eie, vermoed ek. Veral wanneer hy musiek met sy voordrag begin kombineer …

Nietemin, as voorbeeld van Benjamin Zephaniah se digkuns volg daar ‘n vers, Dis poetry, heelonder. Maar is dit?! Persoonlik wil ‘n mens amper binnebeks grom: Dis g’n poetry. Of wat praat ek nou?!

***

Ten slotte – nuwe toevoegings sedert Vrydag op die webblad is Carl-Pierre Naudé se inskrywing wat hy in reaksie op Neville Alexander en Gerrit Brand se deelname aan die pasafgelope Roots-kunstefees geplaas het; ook Andries Bezuidenhout se entoesiastiese vertelling van hoe plesierig Oopmond inderdaad was terwyl Johann Lodewyk Marais wat weer vra of die Afrikaanse digkuns dalk te moeilik is.

Mmm, lekker lees en geniet die week wat op hande is …

Mooi bly.

LE 

Dis poetry

Dis poetry is like a riddim dat drops
De tongue fires a riddim dat shoots like shots
Dis poetry is designed fe rantin
Dance hall style, big mouth chanting,
Dis poetry nar put yu to sleep
Preaching follow me
Like yu is blind sheep,
Dis poetry is not Party Political
Not designed fe dose who are critical.
Dis poetry is wid me when I gu to me bed
It gets into me dreadlocks
It lingers around me head
Dis poetry goes wid me as I pedal me bike
I’ve tried Shakespeare, respect due dere
But did is de stuff I like.

Dis poetry is not afraid of going ina book
Still dis poetry need ears fe hear an eyes fe hav a look
Dis poetry is Verbal Riddim, no big words involved
An if I hav a problem de riddim gets it solved,
Iove tried to be more romantic, it does nu good for me
So I tek a Reggae Riddim an build me poetry,
I could try be more personal
But you’ve heard it all before,
Pages of written words not needed
Brain has many words in store,
Yu could call dis poetry Dub Ranting
De tongue plays a beat
De body starts skanking,
Dis poetry is quick an childish
Dis poetry is fe de wise an foolish,
Anybody can do it fe free,
Dis poetry is fe yu an me,
Don’t stretch yu imagination
Dis poetry is fe de good of de Nation,
Chant,
In de morning
I chant
In de night
I chant
In de darkness
An under de spotlight,
I pass thru University
I pass thru Sociology
An den I got a dread degree
In Dreadfull Ghettology.

Dis poetry stays wid me when I run or walk
An when I am talking to meself in poetry I talk,
Dis poetry is wid me,
Below me an above,
Dis poetry’s from inside me
It goes to yu
WID LUV.

(c) Benjamin Zephaniah