Posts Tagged ‘Edgar Allan Poe’

Nini Bennett. Digterlike bloudrukke

Saturday, May 26th, 2018

        

Die hoofkarakter in Stieg Larsson se Millennium-trilogie het ’n onuitwisbare indruk op die hedendaagse zeitgeist gemaak. Die Sweedse aktrise Noomi Rapace vertolk die rol van ’n swaar getatoeëerde Lisbeth Salander in die 2011-film, The girl with the dragon tattoo. Selde was daar so opwindende protagonis soos Salander in moderne fiksie – sy is ’n kuberkraker en ly aan Asperger-sindroom; beskik oor ’n fotografiese geheue; is afsydig, biseksueel, onafhanklik, avontuurlustig en wraaksugtig. Sinoniem met die karakter is ’n tatoeëermerk van ’n draak op haar rug: dit vorm deel van Salander se ikoniese beeld.

Alhoewel die gebruik van tatoeëermerke 5000 jaar oud is, beleef ons die afgelope dekade werklik eers ’n tatoe-renaissance. “Waar het jy daardie mooi tatoe gekry?” skerts ’n vriendin van my onlangs. En sy antwoord laggend haar eie vraag: “Twaalf jaar vir messteek in Pollsmoor.” Dit som in ’n sekere sin die stereotipering, en sy tweeling, vooroordeel, jeens die dra van tatoeëermerke op. Studies rondom die aanbring – en die sielkundige dryfvere – rondom tatoeëermerke word gereeld geloods; dit is veral ’n gewilde onderwerp binne die populêre sielkunde. Hierdie bevindinge moet egter met omsigtigheid benader word. Die dae wat tatoes leuenverklikkers was vir ’n individu se promoskuïtieit, kriminele, verslawende of emosioneel labiele gedrag, is lankal verby. Tatoeëermerke is stadigaan besig om hulle sosiale taboes, wat bloot veldiep is, af te skud. Soortgelyk aan die mites rondom die terugspeel van langspeelplate wat kwansuis obskure, bose boodskappe bevat. Vandag is tatoeëermerke waarskynlik niks meer as ’n teken van selfekspressie of mode nie. Om Johnny Depp aan te haal: “My body is my journal, my tattoos are my story.”

Die woord “tatoe” is afgelei van die Tahitiaanse woord “tatu”, wat streep of vlek beteken, en behels ’n vorm van liggaamsmodifisering waar naalde gebruik word om ink onder die opperhuid aan te bring om die vel se pigment te verander. Die simboliese waarde van tatoes verskil van kultuur tot kultuur en van individu tot individu. Tatoes is onder meer tekens van liefde, assosiasie, stam en etnisiteit, beskerming, dapperheid, godsdiens, rang of seksualiteit. Die nagatiewe konnotasies verbonde aan tatoeëermerke is deels te wyte aan die volgende historiese faktore: (1) Keiser Konstantyn die Grote het in 330 n.C. die tatoeëering van gesigte verbied, terwyl die Tweede Konsilie van Nicea in 787 die tatoeëering van enige deel van die liggaam as ’n heidense praktyk verklaar het. (2) Slawe en gevangenes is met tatoes ‘gemerk’, byvoorbeeld die identifikasie van Jode in konsentrasiekampe deur die Nazi’s, asook die gesigstatoeëermerke wat die Zhou-dinastie in China aan gevangenes en slawe aangebring het. (3) Die negatiewe assosiasies rondom tatoes het later jare van China na Japan oorgespoel. Seevaarders, op hul beurt, het tatoeëerkuns na Europa gebring. ’n Mens kan vandag net jou kop skud oor die ondergrondse ateljees van daardie jare, die angs en die opwinding oor die verbode yk…en die onhigiëniese toerusting wat plek gemaak het vir moderne bio-elektriese werktuig en ’n groter toleransie jeens individualiteit. Baie ateljees is egter steeds laatnag of deurnag oop, omdat voornemende kliënte ná ’n partytjie of ’n paar drankies (waarskynlik heel impulsief) besluit om ’n tatoeëermerk te laat aanbring.

Die joernale van idividue se lewens verskil inderdaad: so sal die narratiewe van hulle liggaamskuns ook verskil. Literêre tatoes is al lankal nie meer ’n nuutjie nie, maar die aanvraag na boek- of poësietatoes het vinnig begin toeneem. Nadat ek honderde fotobeelde van literêre tatoeëermerke bekyk het, het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom: literêre tatoes bestaan uit ikoniese tatoes, wat vir die individu ’n subjek of simbool rondom ’n vers of boek beliggaam; en literêre tatoes kan bestaan uit aanhalings, hetsy reëls uit ’n betrokke boek of vers, asook die hele vers, of ’n kombinasie van grafika en aanhalings.

Voorbeelde van ikoniese literêre tatoeëermerke    

Die gesig van Ernest Hemingway:

Die groen lig in The Great Gatsby:

Die vyeboom – en die siening rondom keuses – is geïnspireer deur die onderstaande gedeelte in Sylvia Plath se roman, The Bell Jar. Plath is ’n gunsteling onder vroue as dit by die keuse van literêre tatoeëermerke kom.

“…I saw my life branching out before me like the green fig tree in the story.

From the tip of every branch, like a fat purple fig, a wonderful future beckoned and winked. One fig was a husband and a happy home and children, and another fig was a famous poet and another fig was a brilliant professor, and another fig was Ee Gee, the amazing editor, and another fig was Europe and Africa and South America, and another fig was Constantin and Socrates and Attila and a pack of other lovers with queer names and offbeat professions, and another fig was an Olympic lady crew champion, and beyond and above these figs were many more figs I couldn’t quite make out.

I saw myself sitting in the crotch of this fig tree, starving to death, just because I couldn’t make up my mind which of the figs I would choose. I wanted each and every one of them, but choosing one meant losing all the rest, and, as I sat there, unable to decide, the figs began to wrinkle and go black, and, one by one, they plopped to the ground at my feet.”

Literêre tatoeëermerke: aanhalings en verse

Valentina Tagliabue het die hele Annabel Lee van Edgar Allan Poe op haar rug laat tatoeëer. Tydens ’n onderhoud op Contrawise. org vertel sy meer van die ervaring:

“The tattoo took me about eighteen hours, divided into three days plus one more afternoon to redo some letters. The font is called litos script. Why did I want the entire poem on me? Because my first love in this life is poetry; because when I met the brilliant works of Poe – his novels but especially his poems – they burned my soul so deeply that I wanted a sign of this feeling forever engraved also on my body. The whole text, because you never should break a poem in half or more: all, or nothing.” Tatoeëerkuns van Poe se werk is veral gewild onder aanhangers van die Gotiese subkultuur.

Klik gerus op die volgende skakel om die bekende  Annabel Lee te lees:  https://www.poetryfoundation.org/poems/44885/annabel-lee

Hierdie dame het die volgende aanhaling uit Charles Bukowski se vers op haar ribbes laat tatoeëer.

all theories

like clichés

shot to hell,

all these small faces

looking up

beautiful and believing;

I wish to weep

but sorrow is

stupid.

I wish to believe

but belief is a

graveyard.

we have narrowed it down to

the butcherknife and the

mockingbird

wish us

luck.

Die man in die onderstaande foto het ’n fragment uit Allen Ginsberg se vers, America, op sy arm laat tatoeëer.

Klik gerus op die skakel om die hele gedig te lees. https://www.poetryfoundation.org/poems/49305/america-56d22b41f119f

En vervolgens Robert Frost: die immergroen Stopping by woods on a snowy evening.

Whose woods these are I think I know.

His house is in the village though;

He will not see me stopping here

To watch his woods fill up with snow.

My little horse must think it queer

To stop without a farmhouse near

Between the woods and frozen lake

The darkest evening of the year.

He gives his harness bells a shake

To ask if there is some mistake.

The only other sound’s the sweep

Of easy wind and downy flake.

The woods are lovely, dark and deep,

But I have promises to keep,

And miles to go before I sleep,

And miles to go before I sleep.

*

Die gewilde Maya Angelou, soos die refrein, “Still I rise”, op hierdie vrou se arm getuig:

Still I rise

You may write me down in history

With your bitter, twisted lies,

You may trod me in the very dirt

But still, like dust, I’ll rise.

Does my sassiness upset you?

Why are you beset with gloom?

‘Cause I walk like I’ve got oil wells

Pumping in my living room.

Just like moons and like suns,

With the certainty of tides,

Just like hopes springing high,

Still I’ll rise.

Did you want to see me broken?

Bowed head and lowered eyes?

Shoulders falling down like teardrops,

Weakened by my soulful cries?

Does my haughtiness offend you?

Don’t you take it awful hard

‘Cause I laugh like I’ve got gold mines

Diggin’ in my own backyard.

You may shoot me with your words,

You may cut me with your eyes,

You may kill me with your hatefulness,

But still, like air, I’ll rise.

Does my sexiness upset you?

Does it come as a surprise

That I dance like I’ve got diamonds

At the meeting of my thighs?

Out of the huts of history’s shame

I rise

Up from a past that’s rooted in pain

I rise

I’m a black ocean, leaping and wide,

Welling and swelling I bear in the tide.

Leaving behind nights of terror and fear

I rise

Into a daybreak that’s wondrously clear

I rise

Bringing the gifts that my ancestors gave,

I am the dream and the hope of the slave.

I rise

I rise

I rise.

Onderskeidend is natuurlik die betrokke individue en tatoeëerkunstenaars se vertolking van gekose literêre tatoes. “There is a bluebird in my heart that / wants to get out” van Bukowski word onder meer verbeeld as ’n anatomiese hart met ’n gevange voëltjie voel binne-in, of bloot net grafika van hierdie blou lyster. Die grootte en lettertipe, en die spesifieke lokalisering op die liggaam speel ’n intieme rol in die subjektiewe interpretasie van die idee of beeld. Die draers van literêre tatoes is diskreet in die keuses van hulle kuns (en verkies meesal net één (literêre) tatoe; smaakvol, en aggressie is opvallend afwesig.) Oor die redes vir hierdie liggaamskuns kan ’n mens lank spekuleer. In baie gevalle funksioneer die tatoeëermerke as ’n herinnering aan ’n moeilike tydperk in die persoon se lewe: die tatoe “merk” die persoonlike swaarkry as ’n liminale gebeurtenis, wat op sy beurt dien as tipe trofee vir die persoon se deursettingsvermoë. Hierdie herinnering dien dan as motivering om sterk of moedig te wees later. Die rol van die sosiale media lei tot nabootsing in die keuse van tatoes onder verbruikers, soos dit blyk uit die voorbeelde wat ek bekyk het via Google Image, Tumblr, Pinterest en Instagram. Die koste verbonde aan ’n tatoe, asook die beskikbaarheid van goeie of bekwame tatoeëerkunstenaars, is deurslaggewend in die finale keuse. Die populêre kultuur van die dag beïnvloed eweneens mense se sienswyses (byvoorbeeld Harry Potter), alhoewel aanhalings van Shakespeare steeds gewild blyk te wees. Sommige literêre tatoes signalleer bloot aangename herinneringe, soos die voorliefde vir Alice in Wonderland-tatoeëerkuns. Om die woorde van ’n vers te laat vervlees, of om ’n bloudruk daarvan op jou liggaam te ets vra vir diéper bepeinsing as ’n tatoeëermerk wat terloops na ’n verloopte partytjie bekom is.

Verwysings:

https://en.wikipedia.org/wiki/Tattoo

https://www.psychologytoday.com/us/blog/swim-in-denial/201310/if-tattoos-could-talk

https://www.poetryfoundation.org/poems

Nini Bennett. Digters in die filmkuns, deel 2.

Sunday, November 15th, 2015

poe bo blog

Reeds in 2008 wys Leti Kleyn op die hernude belangstellings in die ouer Afrikaanse digters se werk, soos byvoorbeeld die herdrukke, vertalings en geleentheidsbundels van onder meer Ingrid Jonker en Eugène Marais se oeuvres. Met die onlangse verskyning van Vlam in die sneeu, ’n bestekopname van liefdesbriewe tussen Jonker en André P Brink, asook Carel van der Merwe se Donker Stroom oor Eugène Marais, blyk dit duidelik dat Jonker sowel as Marais steeds gewild bly onder die leserspubliek – soos ook die groeiende korpus metatekste rondom hulle werk getuig. Die rolprente Black Butterflies en Die Wonderwerker bevestig in ’n sekere sin hierdie ikoniese status. In die eerste deel van die blog is daar gekyk na die Ars poetikale invalshoeke en tendense in die filmkuns wat oor die lewens en werk van historiese digters handel (http://versindaba.co.za/2015/10/11/nini-bennett-digters-in-die-filmkuns/). In hierdie tweede aflewering van die blog word daar ’n vernouende fokus op Suid-Afrikaanse digters gestel.

Black Butterflies (2011)

In laasgenoemde Nederlandse filmproduksie wat in Engels vervaardig is, word Jonker se verhouding met Jack Cope, ander minnaars, haar vader, Abraham Jonker, en haar digterskap as uiting van protes teen die Apartheidsregime belig. Alhoewel die rolprent gemengde reaksie plaaslik en in Nederland ontlok het, ontvang Carice van Houten die filmprys as beste aktrise tydens die 2011-Tribeca-filmfees in New York. Die prent is ook genomineer vir nege SAFTA-toekennings en kry ’n gunstige resepsie in The New York Times. Dit is egter jammer dat die film werklikheidsgetrouheid moes inboet deur ’n “fiktiewe” André P Brink in die karakter van “Eugène Maritz” in die biografiese narratief in te skryf. Ironies genoeg fokus dit juis die aandag op Brink! Sommige literêre kritici, soos JC Kannemeyer, spreek hulle twyfel oor die (moontlik oorskatte) oeuvre van Jonker uit, en deel die mening dat dit inderwaarheid Jonker se kultusstatus is wat generasies lesers bly aangryp. In ‘n onlangse studie word Jonker se lewe as ’n argetipe van die sprokie, Die Rooi Skoene, geanaliseer (http://www.litnet.co.za/was-ingrid-jonker-n-slagoffer-van-die-rooi-skoene/). Die skeptisisme ten spyt, is Jonker se werk onder meer vertaal in Zoeloe, Hindi, Pools, Duits en Russies. Brink verwys na haar klein, maar seminale bydrae as digter, en dat sy verse skryf wat sing in die universele hartsaal van die mens. Jonker is by verre die gewildste digter op die sosiale media, en heelwat van die huldigingsbladsye en inisiatiewe om haar nagedagtenis te herdenk, word deur haar dogter, Simone Garcia Marques, geadministreer.

Die Wonderwerker (2012)

marais minnaar

In 1908 daag Eugène Marais, siek aan malaria, op by die Van Rooyen-gesin in die Waterberg in Limpopo, waar hy vertoef en sy navorsing oor termiete en bobbejane doen. Marais se digterskap word verbeeld as deel van ’n groter, maar rustelose intellektuele soeke. Dawid Minnaar skitter in die hoofrol as ’n charismatiese Marais wat die lewens van ’n boeregemeenskap verander; hy word die klassieke Buitestaander, ’n enigmatiese vreemdeling en ‘dokter’ wat siekes in die distrik genees en “mesmeraais”. Die besondere kinematografie verdien vermelding, byvoorbeeld die tonele waar ’n termietnes oopgemaak word. Die prent herinner aan visuele poësie, en Marais se gedig, Winternag, word geplaas teen die groter tafereel van dié digter en natuurkenner se gedagtewêreld. Ben Ludik sorg eweneens vir ’n mooi klankbaan. Ten spyte van die kritiek van enkele literêre kommentators op die internet, is dit belangrik om te onthou dat ’n Suid-Afrikaanse rolprent soos hierdie (met ’n veel kleiner begroting as sy oorsese eweknieë) suksesvol kon kompeteer met ’n gunstige IMDb-gradering (7.2/10); ’n rolprent waarvoor Leon van Nierop sonder huiwering 9/10 gegee het.

Total Eclipse (1995)

rimbaud iii

In hierdie biografiese drama val die soeklig op die verhouding tussen die Franse digters, Paul Verlaine en Arthur Rimbaud. Leonardo DiCaprio oortuig in die hoofrol as die genie en infant terrible, Rimbaud, en die draaiboek herinner plek-plek aan ‘n manlike weergawe van Nabokov se meesterroman, Lolita. Verlaine tree sadisties en manipulerend op teenoor sy sewentienjarige swanger vrou, ’n siklus van emosionele geweld wat die sestienjarige Rimbaud op sy beurt weer teenoor Verlaine voortsit. Beide Verlaine en Rimbaud is labiel en eindelik disintegreer hulle psigologies – en beland Verlaine in die gevangenis nadat hy Rimbaud tydens ’n onderonsie in die hand skiet. Die prent gee ’n onthutsende kyk op die ontstuimige aard van Rimbaud se kreatiwiteit, gevoed deur anargie en die minagtiging van sosiale kodes. Rimbaud se dig- en skryfwerk het ’n groot invloed uitgeoefen op generasies skrywers, digters, skilders en musici, en kan ook as ’n voorloper van Surrealisme en Dadaïsme (naas sy invloed op Simbolisme) gesien word. Vervolgens die gedig, Eternity van Rimbaud wat in die slottoneel van die film genoem word.

It has been found again.

What ? – Eternity.

It is the sea fled away

With the sun.

 

Sentinel soul,

Let us whisper the confession

Of the night full of nothingness

And the day on fire.

 

From human approbation,

From common urges

You diverge here

And fly off as you may.

 

Since from you alone,

Satiny embers,

Duty breathes

Without anyone saying : at last.

Here is no hope,

No orietur.

Knowledge and fortitude,

Torture is certain.

 

It has been found again.

What ? – Eternity.

It is the sea fled away

With the sun.

The Raven (2012)

Hierdie bonatuurlike riller handel oor ’n reeksmoordenaar wat figmente uit die skrywer-digter, Edgar Allan Poe se gruverhale gebruik om “leidrade” vir volgende moorde te verskaf, en só kat-en-muis met die polisie en Poe begin speel. Biografiese verwysings in die film is die uitbeelding van Poe se laaste dae, en die sinistêre omstandighede waaronder hy dood aangetref is op ‘n parkbank. Die intrige is fyn en slim bedink, en werk verruimend deur die verhaalgebeure self as ’n Gotiese gruverhaal aan te bied (Poe was ’n groot eksponent van Gotiese literatuur). Ten spyte van kritiek, is dit ’n film wat getuig van waagmoed en byvoorbeeld nie huiwer om die soeklig op Poe se vermeende nekromanie te laat val nie. Die rolprent sluit dan ook gepas met die eerste strofe uit dié treffende gedig van Poe (A Dream within a Dream) ná sy eienaardige dood.

Take this kiss upon the brow!

And, in parting from you now,

Thus much let me avow-

You are not wrong, who deem

That my days have been a dream;

Yet if hope has flown away

In a night, or in a day,

In a vision, or in none,

Is it therefore the less gone?

All that we see or seem

Is but a dream within a dream.

En van donker Gotika na die eindpunt van die skaal: Songs from the Second Floor (2000) is ’n nihilistiese rolprent wat swaar dra aan invloede van Cinema Noir, en waarin eksistensie en sin uitgedaag en negeer word. In skrille kontras hierteenoor staan Shakespeare in Love (1998), ’n genietlike en verglansde voorstelling van ’n jong Shakespeare se liefdesintriges, geldnood, ensomeer. Van skeppende invalshoeke rondom die tematiek van digters, biografies of fiktief, en digterskap in al sy fasette ontbreek dit filmvervaardigers nie. Tog moet die impak van Dead Poets Society (1989) nie onderskat word nie. Ná Robin Williams se selfdood  verlede jaar het huldeblyke en elegieë van digters en bewonderaars bly instroom na nuus- en ander elektroniese netwerke: Williams is ikonies tot lewe gewek na analogie van sy rol as die geliefde onderwyser, John Keating (O Captain! My Captain!). In bykans alle digfilms is dié fokale punt teenwoordig: digters word voorgestel as (dikwels masochistiese) beoefenaars van digkuns, met al die verrukkinge en verdriet – en die ewige spanning tussen die binêre kragte van noodlot en wonder – wat die kunsvorm vergesel. Vir diegene wat meer wil lees of na ander films oor die onderwerp wil kyk, hier volg ’n meer volledige lys. (http://www.imdb.com/list/ls050659361/).

Bibliografie

Kannemeyer, J.C. 1983. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. Pretoria, Kaapstad & Johannesburg: Academica.

Black Butterflies. IDTV & Cool Beans. Riba Film International (rolprent). 2011

Die Wonderwerker.  Sonneblom Films (rolprent). 2012

The Raven.  Filmnation Entertainment. Relativity Media (rolprent). 2012

Total Eclipse. Fine Line Features (rolprent). 1995

http://www.poemhunter.com/  (Besoek 10 November 2015).

http://www.litnet.co.za/n-ander-bestekopname-van-die-afrikaanse-po-e-sie-2004-2007/ (Besoek 11 November 2015).

http://www.nytimes.com/2012/03/02/movies/black-butterflies-a-biopic-about-the-poet-ingrid-jonker.html?_r=0  (Besoek 11 November 2015).

“Nevermore, nevermore …” vrees die mense

Thursday, February 4th, 2010
Poe se graf

Poe se graf

Volgens ‘n berig in The Guardian het die legendariese “Poe Toaster” nie verlede maand soos gebruiklik sy opwagting gemaak by Edgar Allan Poe se graf soos hy die die afgelope 60 jaar gedoen het nie. Sedert 1949 het dié onbekende bewonderaar elke jaar gedurende die nag van 18 en 19 Januarie hom met ‘n halwe bottel duur Franse cognac en drie bloedrooi rose op Poe se verjaarsdag by die graf by Westminister Hall aangemeld en ‘n tyd daar vertoef terwyl hy die bottel cognac klaar drink.

Die ritueel word etlike jare reeds deur honderde nuuskieriges dopgehou, so ook vanjaar, maar helaas, die in swart geklede figuur het nié sy opwagting gemaak nie … Volgens Jeffrey Savoye, voorsitter van die Edgar Allan Poe Society het die drinker normaalweg tussen middernag en 5 uur aangekom, maar vanjaar – die 201ste herdenking van Poe se geboortedag – moes die nuuskieriges hul tyd verwyl met voordragte van Poe se werk.

Presies wat die afwesigheid tot gevolg gehad het, is natuurlik ‘n ope vraag. Sommiges reken dat dit gewoon te moeilik geraak het vir die geheimsinnige om die graf ongesiens te bereik; enkele jare gelede was daar blykbaar selfs ‘n gestoeiery in ‘n poging om die donker figuur se mantel van hom af te pluk. Ander, natuurlik, vrees die ergste en wonder of Poe se beroemste gedig “The Raven” se refrein van “Nevermore, nevermore” nie dalk op ‘n ongemaklike manier waar geword het nie …

Nietemin, vir jou leesplesier plaas ek vanoggend die laaste drie strofes uit dié gedig van Poe.

***

Die afgelope maande was die DBNL (Digitale Bibliotheek van de Nederlandse Letteren) besig om hul boekvoorraad digitaal voor te berei vir plasing op die internet en gister het hulle die skakels na al die klassieke Afrikaanse brontekste aan ons gestuur. Inderdaad ‘n magdom boeke oor sowel Afrikaans as die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Wat ‘n ongelooflike skat is dit nie wat hierdeur beskikbaar gestel word nie! Die volledige indeks kan hier bekyk (en gelees!) word.

Nog nuwe plasings op die webblad is ‘n inskrywing oor “lost causes” deur Andries Bezuidenhout en Charl-Pierre wat ‘n skakel geplaas het na sy rubriek oor taalkwessies wat gister in Beeld verskyn het. In die vertaalkamers is die gedig “Vleis” deur August Kleinzahler in die Afrikaanse vertaling van Johann de Lange geplaas.

En maak tog seker dat jy nie vandag té veel aan jou gewoontes torring nie; dit ontstel die mense.

Mooi bly.

LE

 

Prophet!’ said I, `thing of evil! – prophet still, if bird or devil!
By that Heaven that bends above us – by that God we both adore –
Tell this soul with sorrow laden if, within the distant Aidenn,
It shall clasp a sainted maiden whom the angels named Lenore –
Clasp a rare and radiant maiden, whom the angels named Lenore?’
Quoth the raven, `Nevermore.’

`Be that word our sign of parting, bird or fiend!’ I shrieked upstarting –
`Get thee back into the tempest and the Night’s Plutonian shore!
Leave no black plume as a token of that lie thy soul hath spoken!
Leave my loneliness unbroken! – quit the bust above my door!
Take thy beak from out my heart, and take thy form from off my door!’
Quoth the raven, `Nevermore.’

And the raven, never flitting, still is sitting, still is sitting
On the pallid bust of Pallas just above my chamber door;
And his eyes have all the seeming of a demon’s that is dreaming,
And the lamp-light o’er him streaming throws his shadow on the floor;
And my soul from out that shadow that lies floating on the floor
Shall be lifted – nevermore!

 

(c) Edgar Allan Poe (Uit: The Raven, 1845)